wat se ding is dit? bloemhofs as sendelinge€¦ · parys1983 om die mooi franse taal baas te raak....

2
Nuusbrief 3 2019 Die dominee vra vir die kinders in die kerk : “Wie kan my sê wat is ʼn sendeling?Na ʼn stilte, steek ʼn seuntjie sy hand huiwerig op. “Ds. dit is iemand wat ʼn mens nie ken nie.Na 36 jaar in die Franse Sendingveld is ons uit die oog vir baie wonderlike vriende in Christus, maar verseker nie uit die hart nie. Hierdie keer so bietjie familienuus om julle op datum te bring wie ons is drie geslagte later deur God se goedheid en genade alleen. Ons ontvang ʼn duidelike roeping na die Franse wêreld. Agt jaar Teologie en Antropologie is agter die rug. Die Roepstem is duidelik : “Nie in ‘n gewone plaaslike SA gemeente nie maar in die Sendingveld.Ons gaan na Parys om die mooi Franse taal baas te raak. Maar ons moet ook leer om slakke en perdevleis te eet akkultureer Frans word. ʼn Deur gaan oop in die Olimpiese Spele stad Grenoble om in ʼn Franse gemeente te help. Toe by ʼn tweede gemeente in die Suide naby die Middellandse see in Montpellier. Daarna vir 18 jaar Nasionale Direkteure vir CEF (Kinderevangelisasie) en die laaste 12 jaar in die ontwikkeling van nuwe streke en Internet kinderbedieninge. VERITAS Kollege opleiding van lidmate en kerkleiers vir die laaste paar jaar het bygekom. Een baba in die arms toe ons vaarwel sê aan ons geliefde moederland. Vir hoe lank? Ons weet nie. Maar ons is bereid om alles op die altaar te lê vir ons Koning en Redder. Drie jaar later duik ʼn ernstige krisis op vir die geloofsending - die RSA randwaarde verswak drasties. Ons worstel voor die Here : “Moet ons nou terug na SA ?” Die Here antwoord : Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg”. Ps. 37:5 God bly getrou en voorsien jaar na jaar om te lewe en te werk. Daarna is nog drie babas gebore. Deur God se genade neem elkeen van ons kinders Jesus persoonlik aan: Jean die oudste op 3½ jaar hy dien God, bied nou Veritas- klasse aan en preek gereeld in hulle kerk / Marcel gee sy lewe oor aan Christus toe hy 5 jaar oud was tydens ‘n opelug evangelisasie by die Middellandse see. Hy gaan nou voor in eredienste en help met jeugbedieninge / Timothée neem Jesus aan toe hy 10 jaar is en wy sy volwasse lewe aan die Here toe / Hélène-Laure kom as tiener tot bekering by ʼn kamp in Korsika en staan uit vir Jesus op baie maniere. Twee ken reeds Christus toe ons kinders in hulle begin belangstel. Die ander twee kom kragtig tot bekering nadat ons seuns besef het hulle sit nie geestelik langs dieselfde vure nie en die verhoudings t.w.v. Christus verbreek het. Dus is al agt gelowiges en praat die hele gesin dieselfde geestelike hartetaal, al praat party die hemelse taal, ander die mooi Franse taal of Amerikaans. Wat se ding is dit? Bloemhofs as Sendelinge PARYS 1983 2019 Klein kinders - almal reeds in die skool (vanaf 3jr) Ons kinders 1991

Upload: others

Post on 29-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Wat se ding is dit? Bloemhofs as Sendelinge€¦ · Parys1983 om die mooi Franse taal baas te raak. Maar ons moet ook leer om slakke en perdevleis te eet – akkultureer – Frans

Nuusbrief 3 – 2019

Die dominee vra vir die kinders in die kerk : “Wie kan my sê wat is ʼn sendeling?” Na ʼn stilte, steek ʼn seuntjie sy hand huiwerig op. “Ds. dit is iemand wat ʼn mens nie ken nie.” Na 36 jaar in die Franse Sendingveld is ons uit die oog vir baie wonderlike vriende in Christus, maar verseker nie uit die hart nie. Hierdie keer so bietjie familienuus om julle op datum te bring wie ons is drie geslagte later deur God se goedheid en genade alleen. Ons ontvang ʼn duidelike roeping na die Franse wêreld. Agt jaar Teologie en

Antropologie is agter die rug. Die Roepstem is duidelik : “Nie in ‘n gewone plaaslike SA gemeente nie maar in die Sendingveld.” Ons gaan na Parys om die mooi Franse taal baas te raak. Maar ons moet ook leer om slakke en perdevleis te eet – akkultureer – Frans word. ʼn Deur gaan oop in die Olimpiese Spele stad Grenoble om in ʼn Franse gemeente te help. Toe by ʼn tweede gemeente in die Suide naby die Middellandse see in Montpellier. Daarna vir 18 jaar Nasionale Direkteure vir CEF (Kinderevangelisasie) en die laaste 12 jaar in die ontwikkeling van nuwe streke en Internet kinderbedieninge. VERITAS Kollege opleiding van lidmate en kerkleiers vir die laaste paar jaar het bygekom.

Een baba in die arms toe ons vaarwel sê aan ons geliefde moederland. Vir hoe lank? Ons weet nie. Maar ons is bereid om alles op die altaar te lê vir ons Koning en Redder. Drie jaar later duik ʼn ernstige krisis op vir die geloofsending - die RSA randwaarde verswak drasties. Ons worstel voor die

Here : “Moet ons nou terug na SA ?” Die Here antwoord : “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg”. Ps. 37:5 God bly getrou en

voorsien jaar na jaar om te lewe en te werk. Daarna is nog drie babas gebore. Deur God se genade neem elkeen van ons kinders Jesus persoonlik aan: Jean die oudste op 3½ jaar – hy dien God, bied nou Veritas-klasse aan en preek gereeld in hulle kerk / Marcel gee sy lewe oor aan Christus toe hy 5 jaar oud was tydens ‘n opelug evangelisasie by die Middellandse see. Hy gaan nou voor in eredienste en help met jeugbedieninge / Timothée neem Jesus aan toe hy 10 jaar is en wy sy volwasse lewe aan die Here toe / Hélène-Laure kom as tiener tot bekering by ʼn kamp in Korsika en staan uit vir Jesus op baie maniere.

Twee ken reeds Christus toe ons kinders in hulle begin belangstel. Die ander twee kom kragtig tot bekering nadat ons seuns besef het hulle sit nie geestelik langs dieselfde vure nie en die verhoudings t.w.v. Christus verbreek het. Dus is al agt gelowiges en praat die hele gesin dieselfde geestelike hartetaal, al praat party die ‘hemelse taal’, ander die mooi Franse taal of Amerikaans.

Wat se ding is dit? Bloemhofs as Sendelinge

PARYS

1983

2019

Klein kinders - almal reeds in die skool

(vanaf 3jr)

Ons kinders 1991

Page 2: Wat se ding is dit? Bloemhofs as Sendelinge€¦ · Parys1983 om die mooi Franse taal baas te raak. Maar ons moet ook leer om slakke en perdevleis te eet – akkultureer – Frans

DEPUTASIE: DV sal ons Suid-Afrika in 2020 besoek. Die Wes-Kaap 12/1 tot 9/2 en Gauteng 16/2 tot 9/3 om te vertel wat God in Sy goedheid en genade in Frankryk doen en om dankie te sê vir julle vriendskap, gebede, belangstelling en vir almal wat opofferend oor jare vir God se Koninkryksaak in Frankryk gee. Indien iemand

kan help met vervoer in die Wes-Kaap sal ons dit opreg waardeer. Skryf asb. aan : [email protected]

ʼn Hoogtepunt is om jaarliks saam te kamp rondom ʼn geestelike tema. Onlangs was dit huisgodsdiens en persoonlike stiltetyd (Psalm 1). Die doel is om mekaar te bemoedig, vir mekaar te bid en te versterk in die geloof. Daar word tot ou-nag toe gekuier en gelag. Baie sport tussendeur: sokker, swem, vlugbal, tafeltennis ... ʼn Goeie spreker het die aktualiteit elke oggend uit die Bybelboek Ester uitgelê. Ons kon elke oggend tydens die week ʼn wonderlike vreugdevolle hemelse erediens met lofprysing en aanbidding saam met ander Christene beleef. ʼn Hoogtepunt aan die einde van die week was die kinders se “koor”. Wat ʼn groot stuk genade van Bo ! Al die eer en lof aan God. ‘n Paar foto’s daarvan:

BYDRAES PER TJEK:

Maak asb. uit aan : “Child Evangelism Fellowship” Spesifiseer asb: VIR “ds J. F. Bloemhof Nr 30” Stuur asb. u tjek-bydraes aan : CEF posbus 3139 Somerset-Wes 7129

BANK/INTERNET of STOPORDERS Bank: FNB Rek. naam: Child Evangelism

Fellowship; Verwysing: Meld asb. u NAAM en VAN en sê:” VIR ds J.F. Bloemhof nr 30” Rek. nr.: 53 800 042 847 Takkode: 200912 Stuur ʼn afskrif van u inbetalings aan [email protected] of

Faks 086 540 6700 vir ʼn amptelike kwitansie.

Navrae: Dr Ernest van Zyl Tel 0817367679 E-pos:

[email protected]

DEBIETORDERVORMS, Nuusbriewe en Gebedsversoeke: beskikbaar by [email protected] Tel +33160861989 Sel +33649422585

Ons dank die Here dat die nuwe interaktiewe webblad vir kinders nou klaar is. Bid

dat baie kinders so die Goeie Nuus sal hoor.

Corinne RUHLAND is op 1 September benoem as

die nuwe Nasionale Direkteur van CEF

Frankryk. Bid dat die Here haar seën en gebruik.

‘n Nuwe “Goeie Nuus” (sitkamerklub) reeks van 34

programme is ontwikkel : Bybellesse, visuele hulpmiddels, liedere, Bybelverse, hersiening-

speletjies... Agt nuwe klubs is al begin – bid asb. vir nog baie ander.

Kyk wie is in Ouma en Oupa se bed ! Franse ‘Boere’- mark Verjaarsdagmeisie

Simon met die nierprobleem God se groot genade vir ons gesin Lofsang kinderkonsert