wel en wee van die militêre veterane : berig 11/2017 en wee van... · * during may 1979 a group of...

13
WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 WEE VAN DIE VETERANE 1. Afsterwe van Lt-genl JJ Viktor van die SAP Paul Els verwittig met leedwese “… dat genl Viktor op 05/07/2017 oorlede is. Hy is ’n veteraan van die SAP/SALM-aanval op SWAPO (PLAN) se opleidingsbasis in Wes-Owambo te Ongulumbashe op 26/08/1966 en is na aftrede as die Kommissaris van die Ciskei Polisie aangestel. Hy was baie van ons se vriend en ons salueer sy nagedagtenis”. 2. Afsterwe van Tim Krynauw van die SA Leër Ds Nic Ackermann verwittig met leedwese “… dat Tim op 06/06/2017 weens kanker oorlede is. Hierdie gewaardeerde en jarelange vriend van my is op 09/06/2017 vanuit die NG Gemeente Pierneef begrawe. Sy vrou, Jeanette, se telefoonnommer is 012-329 5196”. 3. Afsterwe van Polly Duvenhage van die SALM Johan Bauer van die SALM verwittig met leedwese “…van die skielike heengaan van Polly op 23/06/2017. Polly was ‘n Tegniese Offisier en die gedenkdiens het op 28/06/2017 by die Hervormde Gemeente Swartkop in Eldoraigne plaasgevind. Sy eggenote, Sannie, kan op 083 450 0083 of op 012-654 5246 gekontak word”. 4. Afsterwe van Tiko Brink van die Kavallerie en Parabats * Paul Els verwittig met leedwese “…dat Tiko op 06/07/2017 oorlede is. Tikco was een van die 14 lede wat gekies was om valskermopleiding saam met genl WP Louw in 1960 in England te ondergaan. Die lugaflewerbare Tiko-karretjie hieronder is na Tiko vernoem”. * Johan Brink van Personeel voeg by dat Tiko in Sep 1963 die eerste SA valskermsoldaat was wat met ‘n valskerm tydens ‘n vertoning op Ysterplaat, Kaapstad gespring het. Tiko het voor sy dood aan Alzheimer se Siekte gely en het saam met sy eggenote, Daphné, in ‘n inrigting in sy aftreedorp, Wellington, gewoon. Daphné se nommer by die huis is 021-873 2998”.

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 WEE VAN DIE VETERANE 1. Afsterwe van Lt-genl JJ Viktor van die SAP Paul Els verwittig met leedwese “… dat genl Viktor op 05/07/2017 oorlede is. Hy is ’n veteraan van die SAP/SALM-aanval op SWAPO (PLAN) se opleidingsbasis in Wes-Owambo te Ongulumbashe op 26/08/1966 en is na aftrede as die Kommissaris van die Ciskei Polisie aangestel. Hy was baie van ons se vriend en ons salueer sy nagedagtenis”. 2. Afsterwe van Tim Krynauw van die SA Leër Ds Nic Ackermann verwittig met leedwese “… dat Tim op 06/06/2017 weens kanker oorlede is. Hierdie gewaardeerde en jarelange vriend van my is op 09/06/2017 vanuit die NG Gemeente Pierneef begrawe. Sy vrou, Jeanette, se telefoonnommer is 012-329 5196”. 3. Afsterwe van Polly Duvenhage van die SALM Johan Bauer van die SALM verwittig met leedwese “…van die skielike heengaan van Polly op 23/06/2017. Polly was ‘n Tegniese Offisier en die gedenkdiens het op 28/06/2017 by die Hervormde Gemeente Swartkop in Eldoraigne plaasgevind. Sy eggenote, Sannie, kan op 083 450 0083 of op 012-654 5246 gekontak word”. 4. Afsterwe van Tiko Brink van die Kavallerie en Parabats * Paul Els verwittig met leedwese “…dat Tiko op 06/07/2017 oorlede is. Tikco was een van die 14 lede wat gekies was om valskermopleiding saam met genl WP Louw in 1960 in England te ondergaan. Die lugaflewerbare Tiko-karretjie hieronder is na Tiko vernoem”. * Johan Brink van Personeel voeg by dat Tiko in Sep 1963 die eerste SA valskermsoldaat was wat met ‘n valskerm tydens ‘n vertoning op Ysterplaat, Kaapstad gespring het. Tiko het voor sy dood aan Alzheimer se Siekte gely en het saam met sy eggenote, Daphné, in ‘n inrigting in sy aftreedorp, Wellington, gewoon. Daphné se nommer by die huis is 021-873 2998”.

Page 2: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

5. Afsterwe van Jurg Crouse van die TDK Kobus Serfontein van Loggistiek verwittig met leedwese dat Jurg se broer, Kraai Crouse van die TDK, vir hom laat weet het “… dat Jurg op 28/06/2017 in die Strand naby Kaapstad oorlede is. Die begrafnis het op 07/07/2017 in Durbanville plaasvind. Kraai se selno is 083 505 0575”. 6. Afsterwe van Johann Cloete van die Geskut * Johann Hechter van die Geskut verwittig met leedwese dat Johann op 05/07/2017 oorlede is. Hy was oorspronklik ‘n lid van die TSA. Hy was die eerste lid van die BM wat as Bev 18 Ligte Regt van 44 Valsk Bde aangestel is en het aan Op Savannah deelgeneem nadat hy die Valskermkursus voltooi het. * Jos Rabie van die Parabats voeg by dat hy “… ook die slegte nuus oor die afsterwe van ons kameraad ontvang het. Hy is oorlede na meer as ses jaar se stryd met pankreaskanker. Die gedenkdiens word om 11:00 op Dinsdag 11/07/2017 by die NG gemeente Elarduspark gehou. Hy was ‘n goeie Gunner, ‘n goeie vriend en gesinsman en ons gaan hom mis”.

7. Regstelling : Afsterwe van Izan Leibbrandt van die Infanterie Verlede week is vermeld van Izan se afsterwe, maar ongelukkig het ‘n breinfloute en drukkersduiwel veroorsaak dat Izan se van as ‘Botha’ aangedui is. Chris Geldenhuys van die Kavallerie en verskeie ander lede het op die fout gewys en verskoning word aangebied.

8. Terugslag vir Willie Strydom van die SAV Koos Louw van die SAV noem “… dat Willie in 1971 by die SAV aangesluit het, maar later saam met sy vrou, Annalien, ‘n suksesvolle gastehuis in Simonstad bedryf het. Willie is nou egter met aggressiewe kanker gediagnoseer, dit gaan nie goed nie en hy word by sy huis in Vishoek verpleeg. Willie se selno is 083 305 2600. Stel voor dat slegs ‘n SMS gestuur word aangesien hulle Willie se siekte privaat hanteer. Vrydag was my sieketroostersdag en dit was nie lekker nie. Die Hollanders vat dit goed saam as hulle sê ‘…van het concert des levens krygt niemand een program”.

Page 3: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

9. Terugslag vir Neville Greyling van die SALM Daar is reeds voorheen genoem at Neville ernstig siek is en deur Heila aan huis verpleeg word. Jurie Bosch van Af Inl verwittig nou “... dat ons ou maat steeds swaar kry maar onder die omstandighede goeie moed hou. Hy bly in ons gebede!” 10. Terugslag vir Marius Pheiffer van Afd Inl Verlede week het Marius se seun, Meyer, gerapporteer dat Marius ernstig siek is en in ‘n kritieke maar stabiele toestand in Hoësorg by Unitas Hospitaal verpleeg word. Meyer verwittig nou “… dat Marius se toestand steeds nie bevredigend is nie en dat hy steeds in ICU is. Hy kan nou ‘n bietjie praat, maar ons is nie optimisties op volkome herstel nie. My selno is 082 595 7741”. 11. Oogoperasie vir Paul Els “Daar is katerakke op beide my oë, terwyl die deel agter my linkeroog besig was om te verkalk. ’n operasie is op 06/07/2017 by die Kliniek in Queenswood deur prof Paul Roux gedoen wat goed afgeloop het. Ek kan nou net ‘n halwe boodskap stuur want ek kyk net met een oog! 12. Operasie vir Piet Moolman van die Infanterie Piet verwittig dat hy op 01/08/2017 ‘n rugoperasie in Polokwane, waar hy woon, of by 1 Mil Hosp sal ondergaan en vir ongeveer 12 weke buite aksie sal wees. Piet se e-posadres is [email protected]. HULDEBLYKE 13. Huldeblyk aan Izan Leibrandt van die Infanterie

Gert du Toit van die Infanterie verklaar dat hy “... met groot hartseer van Izan se afsterwe kennis geneem het. Ons het die pad saam gestap en het saam by die SA Leër Gevegskool swaar gekry. Dit was egter lekker dae waar ons vriendskappe gebou het wat nooit herhaal kan word nie. Aan Magda wil ek die vertroosting van die Vader toebid en vir Izan, ‘n kameraad wat nog vir lank onthou sal word, as ‘n vriend salueer”.

PERSOONLIKE BOODSKAPPE 14. Meegevoel met die Mense van Knysna en Omgewing Koos Louw van die SAV betuig sy “… meegevoel en bede vir die inwoners van hierdie gebied wat groot skade weens die brande gely het. So het onder andere Tony Elliot van die SAV, wat daar afgetree het, sy huis en alles daarin verloor. Uit ‘n Portugese Seevaardersgebed kom ‘n stukkie troos aan hulle, naamlik ‘… Liewe Heer laat ons by die golwe leer, na elke terugslag gee U ons weer die krag om vorentoe te beur”. 15. Genl Ben Raubenheimer van Finansies “Ek wil voorstel dat daar met elke uitgawe ‘n stukkie oor die legendes van die SAW geplaas word. Ons raak mos nou lekker oud en nostalgies. Veral die senior Veterane moet hier die leiding neem”.

Page 4: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

16. Gerhard Venter van die Kavallerie se Heimwee “Die vorige Nuusbrief het weer goeie herinneringe by my aangewakker. Daar is ‘n mooi boodskap van genl Reg Otto wat as ‘n majoor die NDP Vleuelbev was toe ek my eerste dienspligjaar by die SA Pant Skool gedoen het. Die foto van genl Meyer, as Bev Pantserskool en RSM Ben van Baalen in my eerste jaar, het my ou Pantserhart lekker laat klop. Ek sal nooit vergeet hoe kol Meyer my tydens die keurraad vir KO ondervra het nie, asook RSM van Baalen se hondjie, Vlenters. Toevallig het ek onder my makkers dieselfde bynaam gekry, maklik afleibaar van my van en die feit dat ek nogal vlugvoetig soos ‘n Foxterriër was. Die manne lyk nog goed en dis vir my ‘n seën om hulle in lewende lywe te sien. Ek het aangesluit by die Pantserbond en het onlangs ook weer vir Oom Buks Nel gesien wat ook goed lyk en sien darem periodiek ook vir Chris Gildenhuys, Alwyn van Niekerk en Gerhard Louw. Beide Gerhard en Chris was NDPs in dieselfde groep as ek by die SA Pant Skool en ook later by 1 SDB. Ek het sommer ‘n traan gepik”. 17. Jakes Jacobson van die SAV kom Kuier “Ek beplan om vanaf 15 tot 28/07/2017 in Pretoria te wees en om ook ‘n professionele besoek by my broer, Martin, af lê, want tandheelkunde is baie duur in NZ ‘n Retoer-vliegtuigkaartjie van Auckland na Johannesburg kos omtrent dieselfde as om een kroon hier in NZ te laat doen! Baie Kiwis gaan na Thailand vir tandheelkundige dienste. Indien ek vir MS du Toit van die Infanterie en Afd Inl te siene kry, sal ek hom graag aan sy woorde ‘…are you wif me’ wil herinner. Ek het hom die eerste keer ontmoet toe hy as jong kaptein ons klomp skoolkadette in Kaapstad kom dril het. Ek was by Hoërskool Zwaanswyk (HZ) op skool en in my vyf jaar op hoërskool het ek meer marsjeer as in my 19 jaar in die SAV. Een jaar was Kmdmt WP deur HZ se drilpeloton en Wynberg Boys High (WBHS) se orkes by die nasionale kadetkompetisie verteenwoordig. MS du Toit was in bevel en het een aand vir ons ‘n motiveringspraatjie gelewer, maar dit moes in Engels weens die Engelse seuns van WBHS wees en dit was duidelik dat MS nie Engels gereeld gepraat het nie. Ek het hom 18 jaar later by Afd Inl raakgeloop net nadat hy na brigadier bevorder is. Ludwig Kemper het vir my een dag vir middagete saam met MS genooi en nog voor ek die storie van die ‘wif’ kon vertel, toe vertel MS dit self vir Ludwig!” MILITêRE AANGELEENTHEDE 18. Pentagon's Nuke-proof 'Doomsday' Planes Damaged by Tornado In Angel’s MN it is reported that two of the Pentagon's specially reinforced ‘Doomsday’ planes, designed to withstand the heat from a nuclear blast, were grounded after being damaged by a tornado. The E4-B Boeing 747s, built in the 1970s during the Cold War, were damaged on 16/06/2017 at Offutt Air Force Base in Nebraska when a tornado whipped through the area with little advance warning. They are essentially flying command centres that can refuel in the sky and are designed to remain airborne for days on end in times of crisis. The USAF has four E4-Bs, which also shuttle the Secretary of Defence around the world.

Page 5: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

EIETYDSE MILITêRE GESKIEDENIS 19. Professional Flying by the SAAF. Tinus de Klerk of the SAAF states that the following two items come out of de-classified files, which show that our pilots had nerves of steel and guts: * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South of Xangongo, then still known as Rocades. Two Impalas flew in, saw a truck with troops under a tree and after confirmation from the Recces the truck was engaged with cannon fire and rockets. After the truck burst into flames the Impalas continued on low level to look for the other truck when one of the Impalas was struck by either a missile or rocket. Back at AFB Ondangwa it was discovered that the tail cone was damaged. The next morning two Pumas were tasked to pick the Recces up, which were now in two groups. The landing zone was confirmed, but all four the main rotor blades struck a tree and also damaging the HF aerial mounting, but the Puma still managed to extract the first group of Recces. Still flyable they proceeded to the second group of Recces, extracted them and made it safely back to AFB Ondangwa. * In Dec 1980 one of two Pumas was hit by small arms fire in the South of Mozambique. One round went through a tail rotor blade, one round through a main rotor blade and one round through the co-pilot’s window lodging in the roof of the cabin. The Pumas completed their mission and returned safely to the RSA. 20. Heldedaad van Hennie le Roux, HC, van Leërinligting * Hennie Heymans van die Berede ZARPe het navraag gedoen oor “... die verhaal van Hennie le Roux wat die HC vir dapperheid ontvang het deurdat hy ʼn lid van Koevoet, wat sy been in ʼn mynveld verloor het, onder groot gevaar uitgehaal en sy lewe gered het deur hom vir 100 meter deur ʼn gebied vol landmyne na ’n Puma helikopter te dra”. * Paul Els reageer en vertel dat die volle verhaal in Ian Uys se boek, Cross of Honour, ingesluit is. Die foto is van Hennie se blad op Facebook afkomstig.

21. Voorval op Walvisbaai Charles Wentzel van die Geskut vertel van die keer “… toe die eerste Lang Skietkunskursus Walvisbaai in 1965/66 besoek het met die opdrag om al die 25 Ponder geskut aldaar te kalibreer. Die week het meedoënloos verloop met voorbereidings, berekenings, skote, waarnemings en probleme eie aan die soort van bestoking. Saterdag kom en ons is van vroeg af met die afvuur van skote, verstellings en so meer besig. Die atmosfeer word skielik versteur deur iemand wat ‘… vliegtuig, vliegtuig gil!’. En sowaar ‘n groot vliegtuig kom lynreg op die rigting van vuur aan op lae- hoogte; ‘n Shackelton van die SALM op kuspatrollie! Ek dink die ‘… stop,stop’

Page 6: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

van JJ Bischoff kon in die vliegtuig gehoor word en ‘n doodse stilte het op die stelling neergedaal toe die Shackelton sekondes later oor ons swiep. Jy kon die wit van die bemanning se oë sien! Ons was daar en het gelukkig nie ‘n groot tragedie te beleef nie”. 22. US Casualties in WW2 Angel reports that seeing things in perspective can change beliefs or perceptions. It is fascinating to comparing the fatal casualties among US Merchant Mariners during WW2 compared to other Armed Forces and then to realize that only the last four groups got any medals: * Merchant Marine: 1 in 26 * Marines: 1 in 34 * Army: 1 in 48 * Navy: 1 in 114 * Coast Guard: 1 in 421 MILITêRE MEDIESE VERSORGING 23. Michal Grobbelaar van die SAV * Verlede week het Michal vertel dat hy in Johannesburg werk en ‘n probleem het om sy voorskrifte vir herhaal-medikasie gedurende werksure by 1 Mil Hosp in te handig. Die klagte is na dr Lourens Smith by die SMMVF verwys, wat dit op sy beurt na die SAGD aangestuur het. * Michal rapporteer dat die Hoof van Aptekerswese by 1 Mil Hosp, kol Nortje, hom gekontak het. Daar is aan Michal verduidelik dat die apteek op die 1ste vloer by 1 Mil Hosp tussen 16:00 en 19:00 as Noodapteek funksioneer, voordat dié funksie vanaf 19:00 na die Apteek op die 2de vloer oorgedra word. Michal is aangesê om sy oorspronklike voorskrifte voor 19:00 in te handig en die medisyne die volgende aand af te haal. Die Nagstaf sal die voorskrifte persoonlik aan kol Nortje oorhandig, wat sal sorg dat dit die volgende dag by die Noodapteek beskikbaar sal wees. 24. Changes to the Systems Applied at the Regular Force Medical Continuation Fund (RFMCF) * The RFMCF issued a letter to members of the Medical Continuation Fund on 30/06/2017, informing them of certain changes that would be applied in future. The letter deals with the use of generic medicines, use of an e-mail address for complaints, suspension of membership if payment of membership contributions are received after the 15th of the month and implementation of a stale claims period. * Jan Henning wrote a letter protesting against the changes, which was sent to Dr Lourens Smith at the RFMCF, who forwarded the letter to the Acting Principal Officer, Dr A. Jamuna. Lourens points out that the e-mail address that Dr Jamuna refers to, namely [email protected], should in fact be [email protected]. The letter could be obtained from Jan’s e-mail address at [email protected]. TOEKOMSTIGE OORLOë 25. New Drone Project Could Change Naval Warfare Forever Angel reports in his MN that the USMC intends to develop a group of large unmanned aerial vehicles (UAVs) with armed capabilities, capable of attacking targets from varying distances but also capable of undertaking defensive roles. The project could ultimately render aircraft carriers obsolete. if everything goes according to plan, an operational system will not be ready before 2026. The new system would significantly change the capabilities of the USN

Page 7: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

and USMC and would represent a move away from the era of manned strike aircraft, and possibly from the era of aircraft carriers. The photo shows Scan Eagle, an unmanned aerial vehicle, launching from the flight deck of USS Ponce.

NUWE MILITêRE BOEKE 26. Cuito Cuanavale: Twelve Months of War that Transformed a Continent Gert Minnaar reports that the above book by Fred Bridgland has been revised and updated and is available at all good bookstores at a recommended price of R290. Annie Olivier of Jonathan Ball Publishers supplied the book cover here below and describes the book as follows: “Cuito Cuanavale: Twelve Months of War that Transformed a Continent is a timeless Border War classic. Originally published in 1990, it has now been updated by the author. It tells of the last, fierce battles of the war around the Angolan town of Cuito Cuanavale. Thousands died in the fighting, vividly and dramatically retold by Bridgland. Thirty years later the question of who won the war still leads to vigorous debate’.

Page 8: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

27. Boekbekendstelling van Ratels op die Lomba/Ratels on the Lomba Gert Minnaar van 61 Meg Bn Gp se Veteranevereniging nooi alle Militêre Veterane uit na die boekbekendstelling van Ratels op die Lomba, asook die Engelse ekwivalent op 18/08/2017 in Pretoria by die Centurionteater te Amkorweg 123 in Centurion.

Gert sê dat die skrywer, Leopold Scholtz, die verhaal vertel van 61 Meg Bn Gp se C Eskn tydens Op Modular en die boek sal hiertydens te koop wees. Lede wat wil hê dat hulle boek deur die skrywer en die makkers daar teenwoordig geteken word, kan hulle plek op Facebook by https://www.facebook.com/events/1262090110494613/?acontext=%7B%22action_history%22%3A%22null%22%7D bespreek, of kan ‘n e-posberig stuur aan [email protected] om te verseker dat hulle naam op die bywoningslys is”.

PAUL ELS SE BOEKE 28. Boek oor Walvisbaai “Nadat ek my boek oor Owamboland op 20/02/2017 voltooi het, het ek onmiddellik met ’n boek oor Walvisbaai begin en trek reeds by 200 bladsye. Dit is veral te danke aan ‘n paar afgetrede offisiere en ’n sersant wat my amper met informasie oorweldig het. Het detail vanaf lede van die SAV gekry, maar ongelukkig niks oor die SALM nie. ’n Seiner het vir my ‘n pragtige storie oor Op Wydkyk gestuur, maar ek wag nog steeds vir die name van die bevelvoerders en RSMs van die Seineskadron. Daar is steeds baie beloofde stories en foto’s wat ek voor wag en hoop maar net dat dit nie ’n droom is wat verlore gaan nie”. 29. Ongevalle in die SS Mendi * Weet iemand wat die Afrikaanse vertaling vir die Native Military Corps van WO1 is? * Dr Jan Picard van Taaldienste sê dat sover hy weet dit die Militêre Naturellekorps was, terwyl prof Deon Fourie van die Kavallerie noem dat die kenteken wat hulle gedra het die letters ‘NEAS’ dus ‘Non-European Army Services’ op het, wat na die NMC, Kaapse Korps, Indian and Malay Corps vewys.

Page 9: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

30. SAV se Betrokkenheid in Walvisbaai Koos Louw stel voor dat die SAV “… se gebruik van Walvisbaai as voorsieningsbasis tydens vis- en ander patrollievaarte in Paul Els se boek oor hierdie dorp ingesluit word. Ek kan ‘n paar staaltjies verskaf, maar Angel kan die navorsing doen oor die aantal patrollies en die skepe wat deelgeneem het verskaf, terwyl Ian Manning en andere die Vlootbasis se geskiedenis kan gee. Jan en Nic Vorster kan ook waardevolle bydraes maak”. WERKGROEP VIR DIE BESKERMING VAN ONS PENSIOEN 31. Funksionering van die Dagbestuur van die GEPF Moniteringsgroep Errol Massey-Hicks van die SAV is die Sekretaris van die groep en noem dat daar 'n paar veranderinge in die bestuur van die GEPF Moniteringsgroep plaasgevind het. Die Dagbestuur is met 'n Nasionale Bestuur vervang, terwyl 'n President ook aangestel is. Die Bestuur bestaan nou uit die volgende lede: * President. AP Stemmet. * Nasionale Bestuur Voorsitter. Albert van Driel Addisionele Lede Andries van Vuuren. Hennie Roux . Errol Massey-Hicks. 32. Monthly Edition of the GEPF Monitor The editors of the publication advises that the latest and fourth edition of the News Letter is available on request from Hennie Heymans ([email protected]) or Errol Massey Hicks at [email protected]. ALGEMENE ASPEKTE 33. Trauma van die Grensoorlog Genl Joffel van der Westhuizen van die Geskut verklaar dat hy “... na ʼn program van 1½ uur op Kyknet se Kanaal 145 gekyk het wat deel is van ʼn reeks genaamd ‘... ʼn Lewe met ...’ wat oor die trauma van die Grensoorlog gehandel het. Die program het veral rondom Op Smokeshell gewentel en die aanbieder, Ruda Landman en 61 Meg Bn, verdien lof vir hulle rol in die program. Die Militêre Veterane kan gerus na ‘n heruitsending daarvan kyk”. 34. Skade aan 31 Bn se Gedenknaald by die Voortrekkermonument (VTM)

* Paul Els het die foto hieronder verskaf van die Gedenknaald wat na vore oorhel en daar was gevrees dat vandalism die oorsaak is. * Die kwessie is onder Gert Opperman (vorige HUB van die VTM) se aandag gebring en Gert rapporteer op 05/07/2017 dat “... die gedenknaald waarskynlik vanaf sy voetstuk oorhel omdat die gom wat dit heg losgekom. Die VTM se onderhoudspersoneel is reeds besig om die Naald te herstel. Die

Ebo Trust sal help met die befondsing daarvan, alhoewel dit nie veel behoort te wees nie”.

Page 10: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

35. Veterane van die SAW in Afrika Koos Louw vertel vanuit Lubumbashi dat hy in sy “... reise in Afrika dikwels oud-makkers raak loop en is trots om te sien wat die manne vermag. In die wagkamers op lughawens drink ons gereeld ‘n drankie saam en ruil nuus uit en herroep herinneringe. Ek weet van helikoptervlieëniers in Nigerië, ‘n hele Duikspan van ses waarvan slegs een nie in die SAV opgelei is nie, Pine Pienaar van Afd Inl wat ’n paar honderd pantservoertuie beheer om al die kontant in Lagos en die res van Nigerië te versprei, bevelvoerders van patrollievaartuie en Steven King van die Mariniers wat die hoof van sekerheid by ‘n reuse myn in die DRK is met 1000 wagte en 100 busse om 6 000 mense elke dag by die werk te kry, om net maar ‘n paar van sy pligte te noem. Op dieselfde myn is ‘n Sapper in beheer van ‘n groot voertuigherstelwerkplaas, wat my vertel dat sy vrou rustig in Kolwesi tussen die plaaslikes bly sonder hoë heinings en alarms en ook sy diep waardering betuig vir wat hy tydens diensplig in die Geniekorps geleer het. Dale, die leier van die Duikspan hierbo genoem, is ‘n gewese duikbootvaarder wat ook duikeropleiding ondergaan het. Hy bevestig dat dit sy Pa is wat in beheer van een van die SAV se skepe se masjienkamer was, alom bekend en bemind as Pappa Dale, ‘n doodstil man in Simonstad, maar as ons Walvisbaai binnevaar dan kry hy ‘n vonkel in die oog. Terug in die hawe skouer hy die Flamingo Hotel se kroegdeure oop, bestorm die kroegtoonbank met sy arms in ‘n sirkel asof dit om ‘n dier se nek is, stamp teen die kroegtoonbank, spring op die naaste tafel en roep uit met ‘... big Jake is back in town and I have just parked my buffalo’. Sy seun sê hy het nooit werklik sy Pa geken nie, want hy was altyd ter see en hoe hy my storie oor Pappa Dale waardeer. Diegene wat hierdie makkers opgelei het, kan trots wees op hulle produk, want hulle en hulle vroue het steeds pioniersbloed in hulle are en staan uit waar jy hulle ook al teëkom”. 36. Newsletter of the Naval Officers’ Association of Southern Africa Angel states that the latest Newsletter is available and can be requested from the Secretary, John Lamont, at [email protected].

37. Pictures of the New Boeing 797 Airliner * Last week an article on the so-called new Boeing 797 was included that was purported to carry 1 000 passengers and fly 16 000 km at 1 046 km/h. * Gen Ben Raubenheimer of Finance reacted by stating that it is fake news, while Johan Fourie and Ben Foord stated that legitimate news on the development of supersonic airliners can be found on the link at

Page 11: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

http://money.cnn.com/2017/06/20/news/companies/boeing-797-paris-first-peek/index.html, while the false reports on the so-called Boeing 797 are refuted on the links at http://www.hoax-slayer.com/boeing-797-hoax.shtml and http://www.snopes.com/photos/airplane/boeing797.asp. 38. Popular Mechanics Genl Raubenheimer noem ook dat volgens die World Book Encyclopaedia, Volume 21, bladsy 419, het hierdie gewilde en geloofwaardige weekblad in hulle uitgawe van Mrt 1904 oor die Wright-broers se eerste suksesvolle vlug in 1903 gerapporteer. Hierdie weekblad berig ook op die skakel by http://www.popularmechanics.com/flight/a23382/race-build-supersonic-airliner/ oor die ontwikkeling van supersoniese passasiersvliegtuie. 39. Application for Partial Remission of Rates and Taxes in Tshwane Municipality Edward Ruziecki of Logistics and a number of other Veterans have advised of a pensioner’s rebate in the 2017/2018 financial year if you are over 60 years of age. If you meet the conditions and requirements you could qualify for a rebate on your municipal rates and taxes if you live in the Tshwane municipal area. The City Council does a financial assessment to determine if one qualifies for the rebate. The application form is available from Ed’s e-mail address at [email protected]. 40. News from Walfish Bay Lynn Potgieter reports from a cold Walfish Bay that the Winter Galjoene with their delicious fat layers have not arrived yet, due to the weather being a bit mixed up. Some days it is cold, then cool, with even a bit of Oosweer in between. 41. Improving the Number of Contributions to the Newsletter Jock Harris of the Infantry and previous OC 32 Bn suggests that “… the number of contributions could be improved if a specific theme is selected for every three months, where members share their memories of something like ‘Memories of my Training at the SA Mil Col’ or ‘Practical Jokes during Training’ or something similar. It should make for amazing reading” WELSYNSINISIATIEWE 42. Hulp aan die Hulpeloses Chris Wehrmann van die Infanterie noem dat hy tans “…wyd betrokke is om mense in nood te help. Ek was in ‘n stadium betrokke by ‘Africa Food for the Hungry’, waar ons hulp aan Blanke plakkerskampe verleen het. Op daardie stadium was daar 75 sulke kampe rondom Pretoria. Ek lewer ook kos saam met Oom Adriaan Vlok in Danville en Olivenhoutbos af. Verder is ek betrokke met rekonsiliasie-aksies en gesprekke met Boere saam met AfriForum se Projek Nehemia wat plaasmoorde bekamp. Met die SAWV is ons besig om ‘n kommunikasie netwerk landwyd te ontwikkel waardeur ons ‘Komops’ kan bedryf. Ek konsulteer, gee raad en gee lesings by ‘House Regeneration/XTreme Freedom (XF)’ van dr Ado Krige. Hierdie sentrum is net buite Pretoria op die Molottopad. Ado is ‘n lid van die SAWV en die beste dwelmkenner in die RSA. Sy sentrum se suksessyfer is meer as 70% teenoor ander wat onder 10% is. XF se behandeling is gebasseer op geloofsterapie en genesing is dus van binne-na-buite en baie meer effektief. Ek ontvang geen vergoeding vir hierdie werk nie. My boek, NOODLYN, Die Meesterplan vir die Mens in Nood, of LIFELINE, The Masterplan for Mankind in Crisis, is my rigsnoer”.

Page 12: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

SOEKTOGTE 43. NTR. GELEENTHEDE, FUNKSIES EN KURSUS- EN ANDER RE-UNIES 44. Algemene Jaarvergadering (AJV) van 61 Meg Bn se Veteranevereniging Gert Minnaar van die vereniging verwittig dat “… die AJV vanaf 08:00 by die Ditsong Museum vir Nasionale Krygsgeskiedenis in Saxonwold, Johannesburg, plaasvind, gevolg deur die gedenkdiens en parade om 10:00. Vanaf 12:30 word aanbiedings oor Op Moduler en die veldslae van 1987 en begin 1988 aangebied, waarvan FP Senekal dit op DVD sal verewig. Roland de Vries gaan oor die verloop van die Bosoorlog praat en verduidelik hoe die SAW verhoed het dat die konflik na streeksoorlogvlak ontwikkel. Daarna volg aanbiedings deur Kobus Smit oor die aanval op 47 Bde, Leon Marais oor die aanval op 16 Bde en Jan Malan oor die aanval op 21 Bde. Daar is sitplek vir 176 mense en dit sal wys wees om bywoning vroegtydig op 61 Meg Bn se blad op Facebook onder EVENTS op https://www.facebook.com/groups/www.61Mech.org.za/ te bespreek. Na die aanbiedings gaan daar ‘n biertuin by die museum wees waar kos gekoop en lekker saamgekuier kan word“. 45. Infanteriste is Plesierig Albert Peters van die Vereniging nooi “… al die Infanteriste en hulle vriende na die maandelikse middagete wat vanaf 12:00 op 02/08/2017 by die Bronberg Wynlandgoed in Lynwood plaasvind. Koste is R80 per person vir ‘n heerlike ete en drankies teen Army-pryse. Skakel 083 305 5147 of op [email protected] vir navrae”. 46. Stig van Ondersteuningsgroep en Sosiale Klub in Robertson Emma Schoeman van Personeel beplan om ‘n Ondersteuningsgroep en Sosiale Klub onder die vaandel van die SAW Vereniging (SAWV) in Robertson te stig. Veterane wat wil inskakel kan vir Emma op haar e-posadres by [email protected] kontak. 47. Tweede Byeenkoms van Centurion se Ete-groepie Centurion se ete-groepie het op 15/06/2017 vir die eerste keer by die Pepperchair Restaurant in Lytteltonweg saam geëet en die volgende ete word vir die derde Donderdag in Jul 2017, naamlik op 20/07/2017, saam met die gades by die Dros Restaurant in Jeanlaan beplan. Daar is ‘n afslag van 10% gereël en Veterane wat wil inskakel kan op die e-posadres by [email protected] reageer. NETWORKING 48. NTR. ADMINISTRASIE 49. Vermiste Lede. Die e-posadresse an die volgende lede is nie meer aktief nie en steun sal waardeer word om hulle weer op te spoor: * RB du Preez van die Infanterie en die Trekklaffiergilde. * Ludwig Kempen van Afd Inl.

Page 13: WEL EN WEE VAN DIE MILITêRE VETERANE : BERIG 11/2017 EN WEE VAN... · * During May 1979 a group of Recces requested an extraction after being chased by the enemy in trucks South

LAASTE LAWWE (EN SOMS ERNSTIGE) STUKKE 51. Beware! Do not trust everything you see. Even salt looks like sugar. 52. Pret in die Koninklike Koets Gert du Toit van die Infanterie noem dat een van sy onbetroubare bronne aan hom vertel dat met president Mandela se besoek aan Ingeland, hy ’n toer saam met die koningin Lizzie in die goue koets onderneem het. Een van die perde was in nood en kraak ‘n potente okkerneut waarvan die walms oor die koets heen waai. Haar Majesteit verklaar toe blosend dat “... I am sorry about that Mr Mandela, but there are some things in life that even the queen of England cannot control”. Die ou heer antwoord toe met “... your Majesty, until you mentioned it, I thought it was the horse!” 53. Moeilikheid in Namakwaland Doepie du Plessis van die Infanterie vertel die twyfelagtige verhaal van die boer wat per ongeluk in Namakwaland met sy 4x4 van agter in ‘n donkiekar vasgery het. Dis net stof, vlieënde wiele, geween van tande en toe doodse stilte. Die stof gaan lê en die Boer klim uit sy bakkie, sien een donkie, bloed aan die neus en bene gebreek en gaan haal sy geweer en verlos die donkie van sy lyding. Hy sien die ander donkie is nog erger en verlos hom ook. Hy soek die drywer en vind hom waar hy in die grensdraad vassit, bebloed, gekneus en kreunend. Die Boer vra toe of hy die man is wat die leisels vasgehou het. Die ou Griekwa is skielik benoud as hy na sy dooie donkies kyk en toe die Boer vra hoe hy voel, toe antwoord hy met “… ek het nog nooit so goed gevoel nie!" 54. Warning to the Powers to Be Any society that would give up a little liberty to gain a little security will deserve neither and lose both - Benjamin Franklin SLOT 55. And on that cautionary note, word u sterkte toegewens en gebede vir die Proteas versoek. Johann VRYWARINGSKLOUSULE 56. Hierdie Nuusbrief bevat die uiteenlopende en diverse persoonlike menings van Militêre Veterane en die Opsteller van die Nuusbrief kan nie in sy persoonlike hoedanigheid daarvoor verantwoordelik of aanspreeklik gehou word nie.