woordstudies - karel nelkarelnel.co.za/skryfwerk/studies/2004/woordstudies.doc  · web viewop...

44
Woordstudies Aarde (Ge) Aarde as bewerkbare land (grond): Matt 13:5 : Die saad wat val waar daar nie baie grond (aarde) is nie Matt 13:8 : Sommige saad val in die goeie grond (aarde) en dra vrug Mt 13:23 : By wie in goeie grond gesaai is is hy wat hoor en verstaan en vrug dra Die materiaal waaruit die eerste mens gemaak is - stel broosheid voor 1 Kor 15:47 : Die eerste mens was uit die aarde aards, maar die tweede mens (Jesus) was die Here uit die hemel Die aarde in geheel in teenstelling met die hemel of hemele Matt 5:18 : Niks van die wet sal verbygaan nie voor die hemel en aarde verbygegaan het nie. Matt 5:35 : Moenie by die aarde sweer nie, dis die voetbank van die Here - ook nie by die hemel nie Matt 6:19 : Moenie op die aarde skatte bymekaar maak op die aarde waar mot en roes verniel (removes) en waar diewe inbreek en steel (dig through) nie, maar maak eerder in die hemel bymekaar. (Aarde is plek van verganklikheid en swakheid) Kol 3:2 : Bedink die dinge wat daarbo is en nie wat op die aarde is nie. Joh 3:31 : Johannes kom van die aarde en spreek van die aardse - Jesus kom van die hemel en is bo almal Kol 3:5 : Maak dood julle lede wat op die aarde is - hoerery, onreinheid, bose luste begeerlikheid wat afgodediens is. (Sfeer van die bose) Die bewonde aarde: Lk 21:35 Diew ederkoms van die Here sal kom soos ‘n strik (snare) oor almal wat op die aarde woon (sitting on the face of the earth) Hand 1:8 : julle sal my getuies wees tot by die uiterstes van die aarde Hand 8:33 : Die Hofdienaar van Ethiopië lees uit Jesaja dat Sy (Jesus se ) lewe van die aarde weggeneem word Hand 10:22, 11:6: Die laken wat Petrus sien bevat al die viervoetige diere van die aarde Hand 17:26 : Paulus se rede op die Aeropagus: God het uit een bloed al die nasies gemaak om oor die hele aarde te woon. Hand 22:22: By Paulus se gevangeneming skreeu die mense : Weg van die aarde met so ‘n mens - hy behoort nie te lewe nie Heb 11:13 : Die profete het die beloftes nie evrkry nie maar het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op die aarde was. Op 13:8 : Almal wat op die aarde woon en wie se name nie in die boek van die lewe was nie het die dier aanbid. Tussen mense: Lk 12:49 Jesus sê Hy het gekom om vuur op die aarde te stuur Lk 18:8 : Sal die Seun van die mens geloof op die aarde vind as Hy terugkom? Jn 17:4 : Jesus sê dat Hy God op die aarde verheerlik het

Upload: others

Post on 19-Oct-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Woordstudies

Aarde (Ge)Aarde as bewerkbare land (grond):Matt 13:5 : Die saad wat val waar daar nie baie grond (aarde) is nieMatt 13:8 : Sommige saad val in die goeie grond (aarde) en dra vrugMt 13:23 : By wie in goeie grond gesaai is is hy wat hoor en verstaan en vrug draDie materiaal waaruit die eerste mens gemaak is - stel broosheid voor1 Kor 15:47 : Die eerste mens was uit die aarde aards, maar die tweede mens (Jesus) was die Here uit die hemelDie aarde in geheel in teenstelling met die hemel of hemeleMatt 5:18 : Niks van die wet sal verbygaan nie voor die hemel en aarde verbygegaan het nie.Matt 5:35 : Moenie by die aarde sweer nie, dis die voetbank van die Here - ook nie by die hemel nieMatt 6:19 : Moenie op die aarde skatte bymekaar maak op die aarde waar mot en roes verniel (removes) en waar diewe inbreek en steel (dig through) nie, maar maak eerder in die hemel bymekaar. (Aarde is plek van verganklikheid en swakheid)Kol 3:2 : Bedink die dinge wat daarbo is en nie wat op die aarde is nie.Joh 3:31 : Johannes kom van die aarde en spreek van die aardse - Jesus kom van die hemel en is bo almalKol 3:5 : Maak dood julle lede wat op die aarde is - hoerery, onreinheid, bose luste begeerlikheid wat afgodediens is. (Sfeer van die bose)Die bewonde aarde:Lk 21:35 Diew ederkoms van die Here sal kom soos ‘n strik (snare) oor almal wat op die aarde woon (sitting on the face of the earth)Hand 1:8 : julle sal my getuies wees tot by die uiterstes van die aardeHand 8:33 : Die Hofdienaar van Ethiopië lees uit Jesaja dat Sy (Jesus se ) lewe van die aarde weggeneem wordHand 10:22, 11:6: Die laken wat Petrus sien bevat al die viervoetige diere van die aardeHand 17:26 : Paulus se rede op die Aeropagus: God het uit een bloed al die nasies gemaak om oor die hele aarde te woon.Hand 22:22: By Paulus se gevangeneming skreeu die mense : Weg van die aarde met so ‘n mens - hy behoort nie te lewe nieHeb 11:13 : Die profete het die beloftes nie evrkry nie maar het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op die aarde was.Op 13:8 : Almal wat op die aarde woon en wie se name nie in die boek van die lewe was nie het die dier aanbid.Tussen mense:Lk 12:49 Jesus sê Hy het gekom om vuur op die aarde te stuurLk 18:8 : Sal die Seun van die mens geloof op die aarde vind as Hy terugkom?Jn 17:4 : Jesus sê dat Hy God op die aarde verheerlik het‘n Land of gebied:Lk 4:25 In die tyd van Elia het die droogte 3jaar en 6 maande oor die aarde gekomJn 3:22 : Jesus wat by Sy dissipels aankom in die landstreek JudeaOp die grond:Matt 10:29 : Hoewel 2 mossies vir ‘n stuiwer verkoop word, sal nie een van hulle op die grond val sonder die Vader nie.Mk 4:26 : Die koninkryk van God is soos wanneer iemand saad in die grond gooi.Land:Mk 4:1 : terwyl Jesus op die skuit aan die kant van die see was, was die skare op die land by die see.Jn 21:8,9 : Met die wonderlike visvangs na Jesus se opstanding was die dissipels se bote nie vêr van die land nie en het hulle Jesus met kole en gebraaide vis op die land gekry.

Bedrog : (Dolos):Hoofsaaklik ‘n lokaas (bait), ‘n strik,, daarom skelmheid, misleidning

Page 2: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Mk 7:22 : Uit die hart van die mens kom allerhande boosheid en bedrog.. Dit kom van binne en maak die mens onreinRom 1:29 : Hulle (heidene) is vervul met allerhande boosheid… en bedrog..

Eerste beginsels (Elements/ rudiments) ( Stoicheion):Word in die meervoud gebruik. Dui die eerste item in ‘n ry of in ‘n samestelling aan. Die eerste beginsel / element in ‘n reeks (Van stoichos: ry). (werkwoord : stoicheo : om in gelid te marsjeer). Gebruik van die letters van die alfabet as samestellende dele van spraak In die NT word dit gebruik as volg:Die stof waarvan die wêreld gemaak is:2 Pet 3 : 10-12: Met die wedekoms van die Here sal die elemente brand en vergaan; brand en versmelt.Die verleidende speklasies van heidense kultusse en Joodse teorieë: Hierdie dinge was in Kolosse hoër ge-ag as die geloof in Christus; hulle het ook geglo dat die sterre lewende hemelse wesens was of beheer was deur lewende wesens.Kol 2:8: Pas op dat niemand julle as buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding ine, volgens die oorlewering van mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld, en nie volgens Christus nie.Die basiese elemente van godsdiens - Joods of heidens.Kol 2:20: As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge soos raak nie, smaak nie roer nie aan nie.Gal 4:3: Toe ons kinder was , was ons in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld Gal 4:9 :Maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van vooraf wil dien? Julle neem dae en maande en tye en jare waar. (Weak and poor/beggarly elements) (Impliseer ‘n juk van slawerny)Die elementêre openbaring van God in die O.T. Heb 5:12 :Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat mens julle die eerste beginsels van die wworde van God moet leer., en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.

Genade (Grace) : CharisDit wat plesier verskaf of wat gunstige oorweging te weeg bring., byv die skoonheid of grasie van ‘n persoonLk 2:40: En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol wysheid . En die genade van God was op Hom.Op handeling:2 Kor 8:6: Sodat ons Titus versoek het dat hy, net soos hy tevore begin het, so ook by julle nog hierdie liefdedaad( charis) moet volbringOp woorde:Lk 4:22: En almal het vir Hom getuienis gegee en was verwonderd oor die aangename woorde( words of grace) wat uit Sy mond kom; en hulle sê: Is Hy nie die seun van Josef nie?Kol 4:6: Laat julle woord altyd aangenaam(let your speech always be in grace) wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.Kan subjektief gebruik word- aan die kant van die gewer die vriendelike sagmoedige goedhartigheid in die algemeenHand 7:10 : en het hom uit al sy verdrukkings verlos en hom guns (favor, charis) en wysheid geskenk voor Farao, die koning van Egipte, en die het hom goewerneur gemaak oor Egipte en oor sy hele huis.

Spesifiek Goddelike guns en genade, met die klem op die vryheid en universaliteit daarvan, die spontane karakter daarvan - soos met die verlossende genade- en die vreugde en blydskap wat Hy vir die ontvanger beplan.:Hand 14:26: En daarvandaan het hulle weggevaar na Antiochië waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.Dit staan in kontras met skuld:Rom 4:4: Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste(debt)

Page 3: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Rom 4:16: Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens die genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almalGekontrasteer met werke:Rom 11:6 :En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.Gekontrasteer met die wet:Jn 1:17 Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.Rom 6:14,15 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.Wat dan? Sal ons sonde doen,omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee stellig nieGal 5:4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.Aan die kant van die ontvanger beteken dit ‘n ervaring van guns wat toegereken is, ‘n gevoel van dankbaarheidRom 6:17: Maar ons dank God (grace, thanks to God) dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,Dit beteken ook om dankbaar te wees:Luk 17:9 : Bedank hy (Charis) daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.1 Tim 1:12 : En ek dank (Charis) Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het,Die geestelike toestand wat die beleef wat genade ervaar hetRom 5:2: deur Wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.1 Pet 5:12: Deur Silvanus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan2 Pet 3:18: Maar julle oet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.‘n Bewys daarvan in praktiese gevolge - dade van genade:1 Kor 16:3: En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring2 Kor 8:6, 19:2 Kor 9:8Die krag en toerusting vire bedieningRom 1:5:Rom 12:6:Rom 15:151 Kor 3:10:Gal 2:9:Ef 3:2,7

Geregtigheid (Righteousness) : Dikaiosune:Die karaktertrek of eienskap van om reg of regverdig te wees Dit word gebruik om ‘n eienskap van God uit te wys: Sy getrouheid en waarheid wat in ooreenstemming is met Sy karakter en beloftes.Rom 3:5: Maar as ons ongeregtigheid dan die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie?Hy toon Sy geregtigheid in die dood van Christus wat genoeg is om te toon dat omgee oor ons sonde en dit nie ligtelik opneem nie, maar dit demonstrer Sy heiligheid wat uitdrukking vind in Sy veroordeling van sonde.Rom 3:25&26: Hom het God voorgestel in Sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om Sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God - om Sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy Self regverdig kan wes en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.

Page 4: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

In die spreuke van Jesus word die woord gebruik mbt alles wat reg en regverdig op sigself is, wat ookal ooreenstem met die geopenbaarde wil van GodMt 5:6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.Mt 5:10 : Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.Mt 5:20: Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as die van die skrifgeleerdes en Fariseers is nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.Jn 16:8 en as Hy kom sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.Jn 16:10 : van geregtigheid aangesien Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie.Wat ookal deur God aangestel is om deur die mense gehoorsaam te word:Mt 3:15:Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervulMt 21:32: Want Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en die hoere het Hom geglo. En julle het dit gesien entog nie later berou gekry gekryom hom te glo nie.Die somtotaal van God se vereistes:Mt 6:33: Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.Godsdienstige pligte soos liefdadigheid, bid en vas:Mt 6:1 : Pas op dat julle nie julle liefdadigheid (righteousness) voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.Dieselfde betekenis in die sendbriewe:Jak 1:20: Want die toorn van ‘n man bewerk nie die geregtigheid voor God nieJak 3:18:En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.Die regverdige handeling van God met sonde en sondaars:2 Pet 1:1: Simon Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ‘n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus.Die Evangelie en die Skrifte oor die Evangelie waarin alle aspekte van die geregtigheid van God verklaar word:Heb 5:13: Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is.Korrekte optrede:Rom 6:13: En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dood lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van GodRom 6: 16: Weet julle nie dat aan wie julle julle self as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie- of van die sonde tot die dood, of van die gehoorsaamheid tot die geregtigheid?Rom 6: 18:en, vrygemaak van die sonde , het julle diensbaar geword aan die geregtigheidRom 6:19:Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.Rom 6:20:Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.Ef 6:14: Staan dan vas , julle lendene met die warheid omgord, met die borswapen van geregtigheid aanDie grootste deel van Romeine hanteer geregtigheid egter as die genadige gawe aan mense waarmedeur almal wat glo in Jesus Christus in ‘n regte verhouding met God gebring word. Hierdie geregtigheid kan nie bereik word deur gehoorsaamheid aan enige wet nie, of deur enige selfverdienste, of enige ander voorwaarde as geloof in Christus nie - die mens wat glo word die geregtigheid van God in Hom - dws hy word in Christus alles wat God wil hê ‘n mens moet wees, alles wat hy nooit in homself kon wees nie.2 Kor 5:21: Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word die geregtigheid van God in Hom.Omdat Abraham die woord van God aanvaar het en dit sy eie gemaak het deur geloof, en hom aan die beheer daarvan onderwerp het, het God hom aanvaar as iemand wat al Sy vereistes vervul het:Rom 4:3: Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gerekenGeregtigheid word toegereken:Rom 4:6 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God die geregtigheid toereken sonder werke:

Page 5: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Rom 6:11En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nognie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word.Rom 4:5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.Rom 4:9: Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.Rom 4:22: Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gerekenUitgeoefende geloof bring die siel in vereeniging met God in Christus, en bring geregtigheid van lewe, voldoening aan die wil van God.

Gesindheid,Verstand, Doel, Oordeel, Opinie: GnomeFilemon 14: Maar sonder jou goedkeurning (opinion, mind) wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.Op 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier

Hart (Kardia)Die hooforgaan van fisiese lewe. Dit beslaan die mees belangrikste plek in die menslike stelsel. Deur ‘n maklike oorgang het dit begin staan vir die mens se hele gemoed- en morele aktiwiteit - rasionele en emosionele elemente. Hart word gebruik vir die verborge oorspronge (hidden springs) van die persoonlike lewe. Die Bybel beskrywe menslike korrupsie as in die hart- want sonde is ‘n beginsel wat sy vastrapplek in die senter van die mens se innerlike lewe het, en dan die hele lewensloop vervuil en besmet.Matt15:19-20: Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. Dit is hierdie dinge wat ‘n mens onrein maak…Die Bybel beskou ook hart as die sfeer van goddelike invloed : Rom 2:15 : wat toon dt die werk van die wet in hul harte geskrywe is, terwyl hul gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense sal oordeel deur Jesus Christus.Hand 15:9 : God het geen onderskeid gemaak tussen Jode en heidene nie, want Hy het hulle harte gereinig deur die geloof.Die har, wat diep binne verborge lê, bevat die verborge mens, die werklike mens1 Pet 3:4 : Julle versiering moet in die verborge mens van die hart wees in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees wat baie kosbaar is voor God.Dit bevat die ware karakter, maar verbloem dit. In die NT beteken dit:Die sentrum van fisiese lewe:Hand 14:17 : God wat ons harte vul met kos en blydskap..Jak 5:5 : Julle het op die aarde ‘n weelderige en losbandige lewe gelei en julle hart vet gevoer soos op ‘n slagdag. (veroordeling van die rykes)Die sentrum van ons morele lewe, geestelike lewe en ons droefheid:Jn 14:1: Laat julle harte nie ontsteld word nie, glo in God, glo ook in MyRom 9:2 :Dit is vir Paulus ‘n onophoudelike smart in sy hart.2 Kor 2:4 :Want uit groot verdrukking en benoudheid van hart het Paulus geskrywe, en onder baie traneDie setel van vreugde:Jn 16:22 : Jesus sê hulle hart sal bly word en niemand neem hulle blydskap weg nie.Ef 5:19 : Sing en psalmsing in julle hart tot eer van God (psalms, hymns, songs spiritual, singing and psalming with the heart- making melody)Die begeertes:Matt 5:28 : : Elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.2 Pet 2:14 : Hulle het ‘n hart geoefen in hebsugSetel van die gevoelens:

Page 6: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Luk 24:32 : En hulle sê: Was ons harte nie brandende in ons terwyl Hy saam met ons op die weg was nie..Hand 21:13 : En Paulus sê: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? (Weep and to break my heart; weakening my heart)Setel van persepsies:Jn 12:40: Hy het hulle oë verblind en harte verhard dat hulle nie sien en verstaan en hulle bekeer nie.Ef 4:18 : (heidene) wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart. (Ignorance in them due to the hardness of their hearts)Setel van die gedagtes Matt 9:4 : Jesus het hulle gedagtes geken en gesê: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?Heb 4:12 : Woord van God is lewend en kragtig en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart (thoughts & intentions)Die verstand Mt 13:15 :Die hart van die volk het stomp geword (waxed gross).. sodat hulle nie miskien… met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.Rom 1:21: Omdat hulle God nie as God verheerlik of gedank nie, het hulle dwaas geword in hul oorlegginge (imaginationings/ reasonings) en hul onverstandige hart is verduister.Die redenasievermoëMk 2:6 :Sommige van die Skrifgeleerdes wat daar gesit het en in hul harte geredeneer het..Lk 24:38 : Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel (thoughts) in julle harte op?Die verbeelding:Lk 1:51 : Hoogmoediges het Hy in die gedagtes van hulle hart verstrooi.Gewete :Hand 2:37 : Toe hulle dit hoor is hulle diep in die hart getref (pricked/ stung)1 Jn 3:20 : As ons harte ons veroordeel, God is groter as ons harte en weet alle dingeDie voornemens / intentions:Heb 4:12 : Woord skerper as enige tweesnydend swaard en dring deur tot die skeiding van siel en gees …en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hartDoel:Hand 11:23 : en hy het almal vermaan om met hartlike voorneme (with purpose of heart) aan die Here getrou te bly (cleave unto the Lord, remain with the Lord)2 Kor 9:7 : Laat elkeen gee soos h hom in sy hart voorgeneem het.Die wilRom 6:17: Julle het van harte gehoorsam geword aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is.Kol 3:15 : Laat die vrede van God in julle harte heers..Geloof Mk 11:23 : Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle wie vir hierdie berg sal sê… en nie in sy hart twyfel nie…Rom 10:10: Want met die hart glo ons tot geregtigheid, en met die mond bely ons tot reddingHeb 3:12 : Sorg daarvoor dat daar nie nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie..Die hart in sy morele betekenis in die OT sluit emosies, verstand en wil in.

Hart : (Psuche):Beteken eerder siel of lewe.Ef 6:5 & 6 : opregtheid van hart (kardia - singeleness of heart)… wat die wil van God van harte (psuche - doing the will of God from the soul) doen..Kol 3:23 : Wat julle ookal doen, doen dit van harte ( from the soul work ye)

Hart - Verhardheid van : (Sklerokardia) (Skleros - hard, kardia - hart)Matt 19:8 : Weens die verhardheid van julle harte (hardness of your hearts/ obduracy) julle toegelaat het om van julle vroue te skei..maar van die begin af was dit nie so nie.Mk 10:5 : Vanweë die hardheid van julle hart het hy vir julle die wet geskrywe.. (hardheartedness)Mk 16:14 : En Hy het hulle hulle ongeloof en hardheid van hart verwyt

Page 7: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Hart - Om die hart te ken (Kardiognostes):‘n Kenner van harte (Ginosko - om te weet)Hand 1:24 : En hulle het gebid en gesê :cU, here, wat die harte van almal ken (Heart-knower) , wys uit hierdie twee sie een aan wat U uitverkies het.Hand 15:8: : En God wat die harte ken (heart-knower), het vir hulle getuienis gegee..

Heerlikheid : Doxa:Afgelei uit dokeo - om voor te kom; verteenwoordig ‘n opinie, ‘n warde-hegting, en daarom die eer wat kom uit ‘n goeie opinie.Word gebruik ivm die handelinge en aard van God in Sy self manifestasie, nl wat Hy in wese is en doen, en wat vertoon word in watter wyse Hy Hom ook ook openbaar, en spesifiek in die persoon van Christus, in Wie Sy heerlikheid uitgestraal is, en altyd sal doenJn 17:5 : En nou Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.Jn 17:24 : Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees sodat hulle My heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.Heb 1:3 : Hy, wat die afskynsel is van Sy heerlikheid (radiance, brightness of His glory) en die afdruksel van Sy wese en alle dinge dra deur die woord van Sy krag…Dit is vertoon in die handelinge en karakter van Christus gedurende Sy aardse omwandeling;Jn 1:14 : En die Woord het vlees geword en het onder ons kom woon en ons het Sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom- vol van genade en waarheid.Jn 2:11: Hierdie eerste een van Sy tekens het Jesus te Kana in Galilea gedoen; en Hy het Sy heerlikheid ge-openbaar, en Sy dissipels het in Hom geglo. (In Kana het Hy sy genade en mag ge-openbaar en dit verteenwoordig Sy heerlikheid)Jn 11:4: En toe Jesus hoor dat hy siek was sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.Jn 11:40 : Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo sal jy die heerlikheid van God sien nie?Die heerlikheid van God vertoon in die opstanding van Jesus:Rom 6:4: Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.Ook in Sy hemelvaart en verhoging:1 Pet 1:21: julle at deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek het, en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.Ook op die berg van Verheerliking:2 Pet 1:17:Want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is My geliefde Seun in Wie Ek ‘n welbehae het.Rom 1:23 : en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en van viervoetige en kruipende diere.Die gemanifesteerde volmaaktheid van Sy karakter byvoorbeeld Sy geregtigheidRom 3:23: Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van GodSy mag, wat tekenend is van Sy heerlikheid:Kol 1:11 en met alle krag bekragtig word volgens die mag van Sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap.Ef 1:6 :tot lof van die heerlikheid van Sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die GeliefdeEf 1:12: sodat ons kan wees tot lof van Sy heerlikheid , ons wat reeds tevore op Christus gehoop het.Ef 1:14 : HG… wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van Sy heerlikheidEf 1:17 : dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee. (Die Vader as die Bron vanwaar alle heerlikheid kom)Die karakter van God soos dit sigbaar word deur Christus en deur gelowiges:2 Kor 3:18: En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Page 8: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

2 Kor 4:6 :Want God wat gesê dat daar uit die duisternis lig moet skyn - dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.Die toestand van geseëndheid wat gelowiges sal belewe hierna deurdat hulle soos Christus verander sal wees:Rom 8:18: Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.Rom 8:21: in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.Fil 3:21: Christus.. wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan Sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.1 Pet 5:1 : Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek ‘n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus, wat ook ‘n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:1 Pet 5:10: En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot Sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tydjie gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!Op 21:11: (Nuwe Jerusalem) en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.Die bonatuurlike helderheid en heerlikheid at uit God straal - soos die shekinah heerlikheid in die wolkkolom en vuurkolom en in die allerheiligsteLk 2:9 En meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.Hand 22:11 Toe ek dan weens die glans (glory) van daardie lig nie kon sien nie, is ek deur my metgeselle by die hand gelei en het in Damaskus gekomRom 9:4: Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes.2 Kor 3:7: En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses vanweë die heerlikheid van sy aangesig, at tog moes vergaan…Jak2:1: My broeders,laat julle geloof in Onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met die aanneming van die persoon nie.Gebruik mbt Christus se terugkeer:Tit 2:13 : terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus.Natuurlike heerlikheid - soos die van hemelse liggame: 1 Kor 15:40, 41 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as die van die aardse. Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.

Goeie reputasie, aanprysing, eerLk 14:10: Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer (glory,worship) hê voor die wat saam met jou aan tafel is.Jn 5:41 : Eer (glory, honour) neem Ek van die mense nie aan nie.Jn 7:18 : Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer (glory); maar hy at die eer soek van die Een wat hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.Jn 8:50: En Ek soek nie My eer (glory) nie; daar is Een wat dit soek en wat oordeelJn 12:43:Want hulle het die eer (glory, praise) van mense meer liefgehad as die eer van God.2 Kor 6:8: deur eer(glory) en oneer deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtigFil 3:19: Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dingeHeb 3:3 :Want Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namate hy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis.Die mens as verteenwoordiging van die gesag van God:1 Kor 11:7 :Want ‘n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.

Page 9: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

1 Thess 2:6 :Ook het ons nie eer van mense, of van julle of van ander gesoek nie, al kon ons as apostels van Christus met gesag optree.Die woord word gebruik in die lofprysing tot God:Lk 17:18: Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik (to give glory to God) behalwe hierdie vremdling nie?Jn 9:24 : hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer (glory); ons weet dat hierdie man ‘n sondaar is.Hand 12:23 En onmiddelik het ‘n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; hy is deur wurms verteer en het gesterwe.Gal 1:5 : aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigehid! Amen.Op 1:6: En ons gemaak het konings en priesters vir Sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Hemel (Ouranos):Verwant aan ornumi - om op te ligAtmosferiese hemel:Matt 6:26 : Kyk na die voëls van die hemel - hulle saai en maai nieMatt 8:20 : Jakkalse het gate en die voëls van die hemel het neste - maar die Seun van die mens het nie ‘n plek om Sy hoof neer te lê nieHand 10:12 , 11:6: In die laken wat Petrus gesien het was allerhande voëls van die hemelJak 5:18 : Elia wat gebid het en die hemel het reën gegee en die aarde het vrug voortgebringSterrehemel:Matt 24:29 , Mk 13:25 : Na die verdrukking sal die son en die maan verduister en die sterre uit die hemel valMatt 24:35, Mk 13:31 : Hemel en aarde sal verbygaan maar Jesus se woorde nooitHeb 11:12 : uit Abraham spruit daar ‘n menigte van kinders soos die sterre van die hemelOp 6:14 : En die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat opgerol word en al die berge en eilande is uit hul plek versitOp 20:11 : Die hemel en aarde het weggevlug voor Hom wat op die wit troon sit.Hemel is geskep deur die Seun en die Vader:Heb 1:10 : Die hemele is die werke van Jesus se handeOp 10:6 : ‘n Engel wat sweer by die Een wat ewig lewe en wat die hemel en alles wat daarin is gemaak het.Die ewige woonplek van God:Matt 5:16 : Laat julle lig so skyn voor die mense dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is verheerlikMatt 12:50 : Die wat die wil van My Vader wat in die hemele is , doen is My broer en suster en moeder.Op 3:12: Die nuwe Jerusalem wat uit die hemel neerdaalOp 11:13 : Mense wat God in die hemel verheerlik na ‘n aardbewing.Op 16:11 : Mense wat die God van die hemel laster oor hulle swere.Op 20:9 : Na die duisend jaar van vrede met die oorlog stuur God vuur uit die hemel om die vyande van God te verteer.Die plek vanwaar die Seun na die aarde gekom het:Jn 3:13 : Niemand het in die hemel opgegaan nie, behalwe die Seun van die mens wat daarvandaan kom.Jn 3:31 : Johannes sê dat die Een wat van die hemel kom (Christus) , is bo almalJn 6:38 : Jesus sê Hy het afgekom van die hemel af nie om Sy wil te doen nie, maar die wil van die Een wat Hom gestuur het.Jn 6:42 : Jode vra of hulle nie Jesus se vader en moeder ken nie, hoe is dit dat Hy sê Hy het uit die hemel neergedaal?In Sy opvaart het Christus deur die hemele deurgegaan:Heb 4:14 : Terwyl ons ‘n groot hoëpriester het wat deur die hemele gegaan het, Jesus, laat ons die belydenis vashou. (passed into the heavens)Ef 4:10 : Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.Heb 7:26 : So ‘n hoëpriester betaam ons, een wat heilig, onskuldig (harmless), onskuldig, onbesmet, afgesonder van die sondaars is en wat hoër as die hemele geword het. (was made; became)

Page 10: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Heb 8:1 : Ons het ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regetrhand van die troon van die Majesteit in die hemele.1 Pet 3:22 : Jesus het heengegaan na die hemel en is aan die regterhand van God waar engele en magte en kragte aan Hom onderworpe isSedert Sy hemelvaart is dit die plek van Jesus se huidige lewe en aktiwiteit:Rom 8:34 : Wie is dit wat ons veroordeel? Dit is Christus wat vir ons gesterwe het, opgevaar het na die hemel en nou aan die regterhand van God is en wat vir ons intree (make intercession) Heb 9:24 : Christus het in die hemel self ingegaan om voor die aangesig van God vir ons (on our behalf) te verskyn.Dit is van daar dat die HG gekomhet op Pinksterdag:1 Pet 1:12: Die evangelie is verkondig in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is.Woonplek van die engele:Matt 18:10: Oppas (see that) dat julle nie een van die kleintjies verag nie want hulle engele in die hemele sien altyd die aangesig van die Vader wat in die hemele is.Matt 22:30 : Met die opstanding gaan daar nie huwelikke wees nie, maar sal (die mense) soos die engele in die hemel wees.Dis die plek waarheen Paulus opgeneem is:2 Kor 12:2: Hy weet nie of dit in die liggaam of buite die liggaam was nie, maar hy is weggeruk in die derde hemel.Dit sal ook die ewige woonplek wees van die heiliges in heerlikheid:2 Kor 5:1 : Ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word dan het ons ‘n huis van God, nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.Van daar sal Christus neerdaal om Sy heiliges te ontvang (Wegraping)1 Thess 4:16 : Die Here sal self van die hemel neerdaal met ‘n geroep…Fil 3:20,21 :Ons burgerskap is van die hemele vanwaar ons die here Jess verwagHy sal ook hiervandaan kom met Sy heiliges in die tweede koms:Matt 24:30: Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, al die nasies sal rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel af2 Thess 1:7 : Met die openbaring van Jesus uit die hemele, met Sy magtige engele, sal daar verligting van verdrukking ees vir die vervolgde kinders van GodDit is tans die streek van die geestelike burgerskap van gelowiges:Fil 3:20 : Ons burgerskap is van die hemeleHierdie hemel en aarde gaan verby:2 Pet 3:10: Die dag van die Here sal kom soos ‘n dief waarin die hemele sal brand en vergaan (dissolve) en die aarde en die werke daarop sal verbrand (will be discovered)2 Pet 3:12 : Ons verwag en verhaas die koms van die Here waardeur die hemele met vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.Op 20:11 : Ek het gesien ‘n groot wit troon en Een wat daarop gesit het , vor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het.‘n Nuwe hemel en aarde sal geskep word:2 Pet 3:13: Volgens Sy belofte kyk ons uit vir nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.Op 21:1 : En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en aarde het verbygegaan.Lk 15:18,21 : verlore seun wat vir sy vader sê hy het gesondig teen die hemel(God) en sy pa.

Hemel (Mesouranema):Beteken : In die middel van die hemel. (Mesos = middel)Op 8:13: Die engel wat vlieg in die middel van die hemel en uitroep: Wee, wee, wee aan die inwoners van die aarde.Op 14:6 : ‘n Engel wat in die middel van die hemel vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondigOp 19:17: Engel wat vir die voëls in die middel van die hemel uitnooi om bymekaar te kom vir die feesmaal.

Hiper Oorwinnaar (Hupernikao)Om ‘n oortreffende oorwinning te behaal;

Page 11: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Rom 8:37 : Ons is meer as oorwinnaars ; we overconquer; we are pre-eminently victorious; deur die Een wat ons liefgehad het.

Iemand/ Mens : TIS Iemand, ‘n Sekere persoon - word soms met man of mens vertaalMatt 22:24 : en sê: Meester, Moses het gesê, As iemand (a man in KJV/ any man )sonder kinders sterwe..Mk 8:4: En Sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal ‘n mens (whence can a man, anyone) hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?Mk 12:19: Meester, Moses het ons voorgeskrywe: As iemand (anyone a brother) se broer sterwe en ‘n vrou agterlaat en geen kinders nalaat nie, moet sy broer sy vrou neem en kinders vir sy broer verwek.Jn 3:3,5 : Jesus antwoord en sê : As iemand nie weergebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.; Voorwaar, Ek sê vir julle, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy nie die koninkryk ingaan nie.Jn 6:50: Dit is die brood van die hemel, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.Jn 14:23 : Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy My woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê, on Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.Jn 15:6 :As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrandJn 15:13 :Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.Hand 13 :41 : Kyk dan julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie.1 Tim 1:8 : Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik2 Tim 2 :5 : En verder as iemand aan ‘n wedstryd deelneem (wrestles), word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.2 Tim 2:21 : As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.Jak 2:14: Wat baat dit my broeders as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Die geloof kan hom tog nie red nie?Jak 2:18: Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. (Shew me thy faith without thy works, and I will shew thee my faith by my works)1 Pet 2:19 : Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.1 Jn 4:20 : As iemand sê Ek het God lief - en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

Lewe: ZoeDie beginsel van lewe; Lewe in absolute sin . In die Skrif is Zoe die meer edel woord wat uitdrukking gee die hoogste en beste wat die heiliges in God besit.Jn 5:26: Soos die Vader in Homself het, en wat Hy aan die Seun gegee het om in Homself te hê.1 Joh 1:2: die lewe wat by die Vader was is aan ons ge-openbaar - ge manifesteer deur die Seun. Ons het dit gesien.Ef 4:18: Heidene is verduisterd in verstand (intellek) en vervreemd van die lewe deur onkunde wat in hulle is vanweë verharding van hart.. Joh 3:15: Elkeen wat in Hom glo kan die ewige lewe hê - word deelgenote aan die ewige leweHand 3:15: Jesus word genoem die Leidsman tot die lewe. The Prince of Life. Author of life. Die Een wat die leiding neem in, of die eerste voorsiening maak vir die lewe.Kol 3:4 : Christus is ons lewe, en as Hy ge-openbaar word, sal ons ook saam met Hom in heerlikheid openbaar word.Joh 6:35: Hy is die brood van die lewe - en elkeen wat na Hom kom sal nooit meer honger kry nie, en wie in Hom glo sal nooit dors kry nie. Hy onderhou dus die lewe ook.Joh 6:63: Die woorde wat Jesus spreek is gees (pneuma) en is lewe.

Page 12: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Joh 5:24 : Wie Jesus se woord hoor, en Hom glo wat Hom gestuur het het (besit reeds) die ewige lewe en het oorgegaan uit die dood in die lewe( Ook 1Jn 3:14 -oorgegaan uit dood in lewe omdat ons die broeders liefhet). Kom ook nie in die oordeel (condemnation) nie.2 Kor 5:4 : Ons in die tentwoning voel beswaard totdat die sterflike deur die lewe verslind sal word. Die ewige lewe sal ook later op die liggaam van toepassing word.2 Tim 1:10: Jesus Christus het die dood tot niet gemaak en die lewe en onsterflikheid aan die lig gebring.Hand 17:25 : God gee self aan mense lewe en asem en alles (all things)I Joh 5:16 : As iemand vir sy broer bid wat sonde doen kan hy hom die lewe gee.Luk 16:25 : Abraham sê vir die ryk man hy het sy goeie dinge in sy leeftyd op aarde ontvang, Lasarus eers na die dood.1 Kor 15:19 : As ons slegs in hierdie lewe op Christus hoop is ons die ellendigste van alle mense1 Tim 4:8: Godsaligheid (godliness, piety) is nuttig vir hierdie lewe en die toekomstige.1 Pet 3:10 : As ons die lewe liefhet moet hy sy tong bewaar van verkeerde dinge en bedrogHand 5:20 : Die engel sê Petrus-hulle moet die woorde van die lewe (die Evangelie) in die tempel gaan vertel.Dood kom deur die sonde, wat rebellie teen God is. Hierdeur is lewe prysgegee en skeiding van God veroorsaak. Hierdie skeiding kan slegs verwyder word deur ‘n offer waar die Offer en die offeraar geidentifiseer word. Vergieting van bloed sien op gee of neem van lewe. Jesus het geen sonde gehad nie, daarom was Sy dood vrywillig en versoenend. 2 Cor 5:21 Hy word sonde vir ons sodat ns kan word die geregtigheid van God.. In Sy offer verduur Hy die oordeel van menslike sonde. Daardeur kan die gelowige deel kry aan sy ewige lewe deur die opstanding en bewustelike en ewige gemeenskap met God hê.

Lewe : BiosHandel oor die periode of duur van ons lewe,die manier waarop ons lewe, m.a.w. ons morele gedrag en die middele waardeur ons lewe en onderhou word.1 Pet 4:3 :Die afgelope lewenstyd wat deurgebring is volgens die wil van die heidene twongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en afgoderye.Luk 8:14 : Saad wat in die dorings val en verstik word - word deur die sorge, rykdom en genietinge (pleasures) van die lewe verstik en dra geen ryp vrug nie.2 Tim 2:4 : Geen soldaat bemoei hom met die werksaamhede van sy lewensonderhoud nie.1 Tim 2:2 : Bid vir konings en hooggeplaastes sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan hê (manier van lewe)1 Joh 2:16 :Die grootsheid (pride of life, vainglory of life) van die lewe is uit die wêreld.Mk 12:44, Luk 21:4: Die arm weduwee se 2 geldstukkies was haar haar hele lewensonderhoud (all her living). Alles wat sy gehad het om van te lewe.Luk 8:43 : Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het het haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het (Spent all her living)Luk 15:12, 30 : Die vader het tussen die twee seuns die goed verdeel (Divided the living between them) en die verlore seun het dit deurgebring. Lewensbesit. Lewenserfenis.1 Joh 3:17 : Wie die goed van die wêreld het (means of life of the world) en sy hart vir sy broer toesluit het nie die liefde van God in hom nie.

Lewe : PsucheBeteken die asem van die lewe, naamlik die natuurlike lewe en ook die setel van persoonlikheid. Beteken gewoonlik die lewe van die individu - die lewende wese terwyl zoe sien op die lewe van die wese. Ps 66:9 God gee aan ons siel(psuche) die lewe (zoe). Beteken ook hart, gemoed en siel.Mat 2:20 : Josef kan terugkeer na die land want die wat die lewe (psuche) van die kind gesoek het was dood.Matt 6:25 : Moenie julle kwel oor julle lewe nie (wat julle sal eet of drink), die lewe is meer as die voedselMk 10:45 : Seun van die mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om Sy lewe (psuche) te gee as ‘n losprys vir baie.Luk 12:22: Jesus sê vir die dissipels om hulle nie te kwel oor hulle lewe - wat hulle sal eet nieJoh 12:25 : Die wat hulle lewe liefhet in hierdie wêreld sal dit verloor, maar wie dit haat sal dit vir die ewige lewe (zoe) bewaar (keep it).Hand 20:10 : Paulus wat sê Eutichus se lewe is nog in hom.

Page 13: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Op 8:9: ‘n Derde van die wesens in die see wat lewe het, het gesterwe (That have souls - interlinear)Op 12:11: Die oorwinnaars het hulle lewe tot die dood toe nie liefgehad nie.Luk 9:24,25 : Wie sy lewe wil red sal dit verloor, maar wie dit om Christus se ontwil verloor, sal dit red. Vers 25 sê hy wen die wêreld maar verloor homself.Jn 10:10,11 : Hy het gekom dat ons lewe (zoe) kan hê, en daarvoor lê Hy Sy lewe (psuche) af.

Loskoop (Redeem) Exagorazo:‘n Versterkte vorm van agorazo - om te koop. Om uit te koop - spesiaal om ‘n slaaf te koop met die oog op sy vryheid.Gal 3:13:Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word - want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang-Gal 4:5: om die wat onder die wet was los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.(Hierbo word dit metafories gebruik van die Joodse christene se loskoop van di wet)Om op te koop vir iemand self :Ef 5:16: Koop die tyd uit omdat die dae boos is.Kol 4:5 : Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.

Loskoop : Lutroo:Om vry te laat na ontvangs van ‘n losprys.In die natuurlike sin van verlosing:- byv Israel se verlossing van Romeinse heerskappy.Lk 24:21: En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.In die geestelike sin: Van die werk van Christus om mense te verlos van boosheid (self - wil en wetteloosheid wat die wil van God verwerp)Tit 2:14 Wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos (to ransom, to redeem) van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.1 Pet 1:18::Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is ie,…(Die ood vnn Chriostus is die loskoopmiddel)(Exagorazo dui nie op die werklike vrykoop nie, maar op die prys wat betaal word. Lutroo is die werklike verlossing - die vrystelling.

Man (Aner) :Word nooit gebruik van die vroulike geslag nie. In teenstelling met vroue: Hand 8:12 : Maar toe hulle die prediking van Fillipus geglo het aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.1 Tim 2:12 : Maar ek laat die vrou nie toe om te leer of oor die man te heers nie.As eggenoot:Matt 1:16: .. Josef was die man van Maria, uit wie Jesus gebore is, wat die Christus genoem is.Jn 4:16 : En Hy sê vir haar : Gaan roep jou man en kom hierRom 7:2 : Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe is sy ontslae van die wet van die man.Tit 1:6 :As imand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie (kinders)In teenstelling met ‘n seun of ‘n baba:1 Kor 13:11: Toe ek ‘n kind was…, maar nou dat ek ‘n man geword het..Metafories in Ef 4:13: totdat ons almal kom tot die eenheid van geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man,tot die mate van die volle grootte van Christus.Saam met die byvoeglike naamwoord of naamwoord:Luk 5:8: En Petrus het op sy knieë geval en gesê: Gaan weg van my Here want ek is ‘n sondige man (‘n man ‘n sondige )Luk 24:19: En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom:Die dinge aangaande Jesus, die Nasarener, wat ‘n profeet was (who was a man prophet) kragtig in wrk en woord voor God en die hele volkAanspreekvorm:

Page 14: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Hand 1:16: Broeders, (men brothers) hierdie Skrif moes vervul word…Hand 13:15: En die heersers van die sinagoge het gesê : Boeders (Men brothers) as julle ‘n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan! (Sinagoge in Pisidië)Hand 13:26: Broeders (Men brothers) , kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur.Hand 15:7 :Petrus het opgestaan en gesê: Broeders (men brothers) julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die word van die evangelie sal hoor en gelowig word.Hand 14:15: en gesê: Manne , waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense (anthropos) soos julle. (‘n groep manne sonder enige beskrywende term)‘n Sekere man:Lk 8:41: En daar kom ‘n man wie se naam Jairus was en hy was ‘n owerste van die sinagoge; en hy val voor die voete van Jesus neer en smeek Hom om na sy huis te kom

Mens (Man) : (Anthropos)Menslike wes (man of vrou) sonder om geslag of nasionaliteit te verwysMatt 4:4: .. dit is geskrywe : Die mens sal nie van brood alleen lewe nie..Matt 12:35 : Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en dioe slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. (Hart kom nie voor in die oorspronklike nie)Jn 2:25 : En Hy het nie nodig gehad dat iemand van die mens sou getuig nie, want Hy self het geweet wat in die mens is.In onderskeid met God:Matt 19:6 : Hulle is nie langer twee nie, maar een vlees, wat God dan saamgevoeg het mag geen mens skei nieJn 10:33 : En die Jode het gesê : Dis nie oor die goeie werke wat ons U stenig nie, maar omdat U wat ‘n mens is Uself God maak.Gal 1:11 : Maar ek maak julle bekend broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.Kol 3:23: En wat julle ookal doen, doen dit van harte (from the soul) soos vir die Here en nie vir mense nie.In onderskeid met diere:Luk 5:10: : Moenie vrees nie, van nou af sal julle vissers van mense word (Na die wonderlike visvangs) (Though shall catch men; men thou willt be taking alive)In die meervoud van mans en vrouens:Matt 5:13 : As die sout dan laf geword het, deug dit nêrens meer as om onder voete gegooi en deur die mense vertrap te word nie.Matt 5:16 : Laat julle lig so skyn voor die mense dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Hemelse Vader verheerlik.Mk 11:2 Julle sal ‘n eselsvul vind waar geen mens ( no one of men)nog op gesit het nie.1 Tim 6:16 : die Here wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig (inhabiting light unapproachable) bewoon wat geen mens gesien het of kan sien nie..Verwysing na die mens se broosheid en onvolmaaktheid1 Kor 2:5 : Dat julle geloof nie sal wees in die wysheid van mense nie, maar in die krag van God..Hand 14:15 : En gesê : Manne waarom doen julle hierdie dinge, want ons is mense soos julle (Men of like nature; men of like passions)In die frase : soos mense, volgens die gewoonte van mense:, volgens die menseDie gebruike van die gevalle mensdom:1 Kor 3:3 : Want as daar onder julle nog jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?Enigiets van menslike oorsprong:Gal 1:11: Maar ek maak julle bekend broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.Die wette wat die administrasie van geregtigheid onder mense reël:Rom 3:5 : As ons ongeregtigheid dan God se geregtigheid uitwys is Hy nie onregverdig nie - ek sprrk menslikerwys (according to man I say)

Page 15: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Die standaard algemeen aanvaar onder mense:Gal 3:15 : Broeders, ek spreek menslikerwys, selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie.‘n Illustrasie nie uit die Skrif geneem nie:1 Kor 9:8: Sê ek dit miskien menslikerwys, of sê die wet dit nie ook nie?Figuurlik gesproke:1 Kor 15:32: As ek op menslike wyse in Efese met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my?In die frase ‘die innerlike mens’- die wedergebore mens se geestelike natuur verpersoonlik, die innerlike self van die gelowige:Wat die wet van God goedkeur Rom 7:22 : Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mensDie sfeer van die vernuwende krag van die HG:Ef 3:16 dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van Sy heerlikheid om met krag versterk te word deur Sy Gees in die innerlike mens2 Kor 4:16 : Al vergaan ons uiterlike mens ook word die innerlike mens dag na dag vernuwe. (Die uiterlike mens word geken deur die sintuie. Die innerlike mens is dieselfde as die verborge mens van die hart1 Pet 3:4 Julle versiering moet nie uiterlik wees nie.. maar die verborge mens van die hart in die onvergankilke versiering van ‘nsagmoedige en stille gees.Die ou mens/ nuwe mens (word net in Paulus se geskrifte gebruik) - die vorige posisie van die onwedergebore natuur - as die vorige self - wat in Christus gekruisig isRom 6:6 : terwyl ons dit weet dat ons ou mens met Hom gekruisig is, dat die liggaam van sonde tot niet gemaak word en ons voorts nie die sonde sou dien nie.Die oue mens moet afgelê word as die bron van sonde:Ef 4:22 : dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens wat deur die begeerlik van die verleiding te gronde gaan.Kol 3:9 Lieg nie vir mekaar nie aangesien julle die oue mens met sy dade afgelê het.Die nuwe mens staan vir die nuwe natuur - die gelowige se wedergebore self, ‘n natuur geskep in geregtigheid en heiligheid van waarheid:Ef 4:24 : En beklee julle met die nuwe mens wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.Ons is beklee met wedergeboorte en moet prakties beklee word deur die uitlewing van die feite.:Kol 3:10 : en julle julle met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper.Soms gekoppel met ‘n ander naamwoord:Matt 11:19 Die Seun van die mens het gekom - Hy eet en drink, en hulle sê : Daar is ‘n mens wat ‘n vraat en ‘n wynsuiper is. ( a man gluttonous)Matt 13:52 : Toe sê Hy vir hulle : Daarom is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ‘n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring. (Is as a man - a housemaster)Matt 18:23: Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met ‘n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken (kingdom of heavans likened to a man a king)Beteken eenvoudig ‘n persoon - man of vrouHand 19:16: Toe spring die man (mens) in wie die bose gees was, op hulle en oormeester hulle..Rom 3:28 : Ons neem dan aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.Gal 2:16 : terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus…Jak 1:19 : So dan my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.Jak 2:24 : Julle sien dus dat ‘n mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie.Jak 3:8 : Maar die tong kan geen mens tem nieVerwys na ‘n spesifieke persoon:Matt 12:13, Mk 3:3-5: Toe sê Hy vir die man, steek jou hand uit.Met die aanwysende voornaamwoord:

Page 16: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Matt 12:45: Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hyself met hom saam… en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.Lk 14:30 : En hulle sal sê Hierdie man (mens) het begin bou en kon nie klaarkry nie..In die sinsnede : Die man van God., nie ‘n amptelike aanduiding nie,of aanduiding van ‘n spesiale klas van gelowiges nie, maar spesifiseer wat elke gelowige behoort te wees,, naamlik ‘n persoon wie se lewe en gedrag God se gedagte en wil vervul.2 Tim 3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.1 Tim 6:11 : Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag na die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.

Misdaad, Oortreding (Trespass} : Paraptoma:‘n Valse stap, ‘n fout, verwant aan parapipto - om weg te val, letterlik ‘n val langs. Eties gesproke beteken dit ‘n oortreding, ‘n afwyking van opregtheid en waarheid.Mat 6:14 : Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.Mk 11:25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.Rom 4:25 : wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.Rom 5:15 : Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die een baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword (kontras met die vrye gawe van geregtigheid)Rom 5:17: Want as ten gevolge van die misdaad van een die dood geheers het deur die een, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur Een, Jesus Christus.Rom 5:18: Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. (kontras tussen daad van regverdiging en misdaad - vergelyk die twee dade)Rom 5:20 :Maar die wet het daar by gekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade meer oorvloedig geword.2 Kor 5:19: naammlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van versoening aan ons toe te vertrou.Ef 1:7: In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genade.Ef 2:1 : En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en sondesEf 2:5 : Ook toe ons dood was deur die misdade, lewendgemaak saam met Christus - uit genade is julle gered-Kol 2:13: En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergewe het,Verwys na die werke van die vlees, as die gelowige nie op sy hoede is nie, buit die misdade dit uit:Gal 6:1: Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy nie ook versoek word nie.Rom 11:11,12: Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val (Trespass) het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak. En as hulle val (trespass) die rykdom van die wêreld is, en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie. ( Hulle afwyking van die gehoorsaamheid aan God en van die vervulling van Sy wil)

Misleiding (Deceit, deceitful)( Apate)Misleiding of verleidelikheid. (verwant aan apatao - om te bedrieg). Dit wat ‘n valse indruk gee, deur voorkoms, stelling of invloed. Byvoorbeeld rykdom.Matt 13:22 :By wie in die dorings gesaai is - sorg van hierdie wêreld en verleiding van die die rykdom verstik die woord.Mk 4:19 : Sorge vd wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede … verstik die woord.

Page 17: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Sonde Heb 3:13: Bemoedig mekaar elke dag sodat niemand deur die verleiding van die sonde verhard kan word nie.Ef 4:22 : Die ou mens wat deur die begeerlikhede van dieverleiding tot niet gaan.2 Thess 2 :10 : Die antichris kom met allerhande verleiding van ongeregtigheid (alle soorte bose woorde en dade daarop gerig om te mislei)Kol 2:8 : Nietige misleiding : Misleiding sonder enigiets winsgewend daarin.

Niemand : OudeisGeeneen, geenmensMatt 6:24 : Niemand kan twee here dien nie.; want of hy sal die een haat en die ander liefhê, of hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God en Mammon dien nie.Matt 9:16 :En niemand sit ‘n nuwe stuk lap op ‘n ou kled nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom ‘n erger skeur.Matt 24:36 :Maar van die dag en die uur weet niemand nie, ook nie die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleenJn 1:18: Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.Jn 3:2 : En Nikodemus het in die nag na Jesus gekom en gesê:… niemand kan hierdie tekens doen as God nie met hom is nieJn 3:13 : En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.Jn 2:32 : En wat Hy gesien en gehoor het die getuig Hy, en niemand neem Sy getuienis aan nie.. Jn 14:6 : Jesus sê vir hom : Ek is die weg en die waarheid en die lewe - niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.Jn 16:22:Julle het dan ok nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie.2 Kor 7:2 Maak vir ons ruimte in julle harte. Ons het niemand onreg aangedoen nie, ons het niemand benadeel nie,ons het op niemand voordeel behaal nie.Heb 12 :14 : Jaag die vrede na met almal en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.1 Jn 4:12: Niemand het God ooit gesien nie. As ons mekaar liefhet woon God in ons en het Sy liefde in ons volmaak geword.OP 2:17: .. Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op die steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvangOp 5:3 :En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.Op 5:4 :En ek het baie geween omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.Op 3:7 :Dit sê die Heilige , die waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie.

As verbod: : Medeis:Matt 8:4 : En Jesus sê vir Hom, pasop dat jy dit aan niemand vertel nie…Hand 9:7 : En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.Rom 12 :17 : Vergeld niemand kwaad vir kwaad jie; bedink wat goed is voor alle mense1 Kor 3 :18 : Laat niemand homself mislei nie. As iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld laat hom ‘n dwaas word sodat hy wys kan word.Ef 5:6 Laat niemand julle mislei met ydele woorde nie… Kol 2:18 : Laat niemand julle van julle prys beroof nie….1 Tim 4:12 : Laat niemand jou jonkheid verag nie..Op 3:11 : Kyk Ek kom gou. Hou vas wat jy het sodat niemand jou kroon kan neem nie.

Oorvloed: Perisseia:‘n Oorvloedige maat, meer as die gewone.Rom 5:17 : Oorvloed van genade wat heers deur Jesus Christus

Page 18: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

2 Kor 8:2: Die Macedoniërs wat ten spyte van baie beproewinge en verdrukking oorvloedige blydskap gehad het en oorvloedig en milddadig gegee het.Jak 1:21 : Doen afstand van alle vuilheid en oorvloed van boosheid..

Oorvloed: PerisseumaOorvloed in ‘n meer konkrete vorm.2 Kor 8:13,14: Die Korinthiërs moet uit hulle oorvloed gawes gee vir die armes in Judea sodat daar gelykheid kan wees.Matt 12:34 : Uit die oorvloed van die hart spreek die mond. Addergeslag kan nie goeie dinge praat terwyl hulle sleg is nie.Luk 6:45 : Uit die oorvloed van die hart praat die mond.Mk 8:8 : Oorskot van brokstukke (Excesses of fragments); Dit wat oorgebly het nadat almal versadig is.

Oorwinnaar / Oorwinning : NikaoOp 2:7: Die wat oorwin sal eet van die boom van die leweOp 2:11 : die wat oorwin sal deur die tweede dood geen skade ly nieOp 2:17 : Die wat oorwin sal eet van die verborge manna en sal ‘n wit keursteen ontvang met ‘n nuwe naam daaropOp 2: 26 : Die wat oorwin sal mag oor die nasies kryOp 3: 5: Diew at oorwin sal beklee word met wit klere, naam sal nooit uitgewis word uit die boek van die lewe nieOp 3:12 : Die wat oorwin sal ‘n pilaar wees in die tempel van God, en die naam van God sal op hulle geskrywe wordOp 3:21 : Aan hom wat oorwin sal Jesus gee om saam op die troon te sit, net soos Hy oorwun het en saam met Sy Vader op die troon gaan sit het. Op 5:5 : (Overcome) Een van die ouderlinge sê dat die Leeu uit die stam van Juda, die Wortel van Dawid oorwin het om die boek oop te maak en sy seëls te breekOp 6:2 : Die Ruiter op die wit perd met die boog en die kroon - hy het uitgegaan as oorwinnaar en om te oorwinOp 12:11 : Oorwin deur die bloed van die Lam en die woord van hulle getuienis - het tot die dood toe nie hul lewe liefgehad nie.Op 15:2 : Die oorwinnaars oor die dier en sy beeld en sy teken wat in die hemel staan.Op 21:7 : Hy wat oorwin sal alles erf - Ek sal vir hom ‘n God wees en hy sal vir My ‘n seun wees.Op 11:7, 13:7 : Die dier wat die heiliges oorwinRom 3: 4 : (prevail) regsterm - God is geregverdig in Sy woorde en oorwin wanneer Hy gerig hou. - wanneer Hy tot oordeel kom - Wanneer God as Regter gaan oordeel sal die beskuldigdes moet erken dat Sy oordeel regverdig is.Rom 12:21: Laat jou nie die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie1 Jn 2:13,14: (Overcome) : Johannes skrywe aan die jong manne omdat hulle sterk is, die Woord van God in hulle bly en hulle die bose oorwin het.1 Jn 4:4 : Julle (ons) is uit God en het die valse profete/ geeste oorwin omdat Hy wat in ons is groter is as hy wat in die wêreld is.1 Jn 5:4,5 : Alles uit God gebore (begotten of God) oorwin die wêreld: Geloof is die oorwinning wat die wêreld oorwin (victory that overcomes); Hy wat glo dat Jesus die Seun van God is oorwin die wêreld.Joh 16:33: Christus sê ons kan in Hom vrede hê, in die wêreld verdrukking - maar Hy het die wêreld oorwin.Sien ook Hiper oorwinnaar .

Oorlewering/ Tradisie (Paradosis):Beteken : Om aan te gee. Verwant aan paradidomi - om te oorhandig of oor te gee.Tradisie - die leringe van die rabbi’s die interpretasies van die WetMatt 15: 2,3 : Daar word gevra aan Jesus hoekom sy dissipels die oorlewering van die ou mense oortree, en Jesus vra hoekom hulle die gebod van God oortree ter wille van hulle oorleweringMatt 15:6 : So maak hulle die gebod kragteloos ter wille van hulle oorlewering.Mk 7:3 : Die Fariseërs wat nie eet sonder dat hulle die hande deeglik gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorleweringe van die ou mense.

Page 19: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Mk 7:5 : Waarom wandel u dissipels nie ooreenkomstig die oorlewering van die ou mense nie, maar eet brood met ongewasde hande?Mk 7:8,9 : Hulle laat die gebod van God na, maar hou vas aan die oorlewering van mense vas : was kanne en bekers; Hulle verstaan goed om die gebod van God opsy te sit en so oorleweringe te onderhou.Mk 7:13 : Maak die woord van God kragteloos deur die oorlewering wat hulle bewaar het.Gal 1:14 : Paulus wat uitgestyg het bo sy tydgenote terwyl hy ‘n yweraar was vir die oorleweringe van sy voorvaders (being exceedingly zealous of the traditions of my fathers)Kol 2:8 : Oppas dat julle nie mislei word deur filosofie.. die oorleweringe van die mense..Die apostoliese lering:1 Kor 11:2 : Hulle dink in alles aan Paulus en hou aan die oorleweringe vas wat hy hulle geleer het.(reëlings tov die vergaderings van gelowiges).2 Thess 2:15: Staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is.. (traditions) Christelike leer in die algemeen. Hy gee te kenne dat sy lering geinspireerd is.2 Thess 3:6 : Onttrek julle van elke broeder wat onordelik wandel, en nie volgens die oorlewering wat hy ontvang het nie.. (Gebruik tov elke dag se gedrag)

Regverdiging (justification) - DikaiosisBeteken ‘n daad van regverdigverklaring of vryspraak. Word slegs 2 keer in Rom aangetref en beteken daar die vestiging van ‘n persoon as regverdig deur vryspraak van skul.Rom 4:25: wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.Beteken dat alles wat nodig was aan God se kant vir ons regverdigmaking is vervul in die dood van Christus. Op grond hiervan is Hy opgewek uit die dood. Nadat die versoening voltooi is , was de opstanding die bevestigende teendeel.Rom 5:18:Daarom dan, net soos dit vir alle mense deur een misdaad tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid (dikaiomatos) vir alle mense tot regverdigmaking (dikaiosin) van die lewe.Beteken wat lewe tot gevolg het. Die feit dat God aan die gelowige sondaar regverdigheid toereken het te make met God se vrye gawe van die ewige lewe in Christus.

Regverdigmaking - Dikaioma:Beteken ‘n konkrete uitdrukking van regverdigheid - ‘n verklaring dat ‘n persoon of ‘n ding regverdig is en daarom die gevolg is van die regverdigmakingsproses of -daad. Drie betekenisse.‘n Gebruik: Dit is wat God reg verklaar het, verwysende na Sy oordeel.Luk 1:6: En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte (dikaiomasin - ordinances)) van die Here onberispelik gewandelRom 1:32 : mense wat - al ken hulle die verordening (ordninace, judgement) van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien - die dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.Rom 2:26: As die onbesnedene dan die verordeninge ( ordinances) van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie? (die regverdige vereistes deur die wet gevra)Rom 8:4: sodat die reg (ordnances, righteousness) vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (Kollektief - al die voorskrifte van die wet - alles wat dit as ritueel verlang)Heb 9:1 : So het dan die eerste verbond sowel verordeninge (ordinances) vir die erediens, asook sy aardse heiligdom gehad. ( Voorskrifte gekoppel met die tabernakel ritueel)Heb 9:10: Omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot die tyd van herstelling.Die oordeel van vryspraak waardeur God mense vryspreek van hulle skuld op die voorwaardes van Sy genade in Christus deur Sy soenoffer en hul aanvaarding van Christus deur geloofRom 5:16: En nie soos deur een wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit een tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.‘n Regverdige daad :Rom 5:18: Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.Woord beteken nie karakter nie., maar die dood van Christus as ‘n voldane aksie in ooreenstemming met God se karakter en raad.. Kan beteken ‘n dikreet van geregtigheid - maar staan hier eerder vir die daad.

Page 20: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Op 15:4: Wie sal U nie vrees nie Here, en U Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat U regverdige dade (ordinances) openbaar geword het.OP 19:8 : En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade (righteous deeds, righteousness) van die heiliges

Sinne, Verstand, Gedagte : NoemaGedagte, ontwerp2 Kor 3:14:: Maar hulle sinne (thoughts) is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.2 Kor 4:4 : naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die Evangelie van die heerlikheid van Christus , wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.2 Kor 11:3: Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne (thoughts, minds) miskien so bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.Fil 4:7 : En die vrede van God, wat alle verstand ( Nous) te bowe gaan, sal julle harte (kardia) en sinne (thoughts, minds , noemata) bewaar in Christus Jesus

Vergifnis (Remission) : Aphesis:‘n Ontslag, ‘n vrylating - gebruik in verband met die vergewing van sondes.Mt 26:28: Want dit is My bloed, die bloed van die Nuwe Testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.Mk 1:4: Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.Lk 1:77: om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes.Lk 24:47: en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.Hand 2:38: En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.Hand 5:31: Hom het God as Leidsman en Verlosser deur Sy regterhand verhoog, om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.Hand 10:43: Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sonde deur Sy Naam ontvang.Hand 13:38: Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdigkon word nie.Hand 26:18: om hulle (die heidene) oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.Heb 9:22: En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.Heb 10:18: Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.

Vergewe - Remit (Aphiemi):Om weg te stuur (apo - vanaf, hiemi - stuur) Jn 20:23: As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.Dit beteken nie die vorreg van kwytskelding word aan die mense toegeken nie, dis die vorreg van God. Daar is geen voorbeeld in die NT waar die apostels so opgetree het nie. Dit moet gesien word in terme van die effek van hulle bediening. Hulle kon nie sondes vergewe nie.Om skuld kwyt te skeld - geheel en al te kanselleer.Mt 6:12 : en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergeweMt 18:27 :En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.

Page 21: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Mt 18: 32,33 : Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld omdat jy my gesmeek het; moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?Om sondes vry te spreek: Beteken die vryspraak van die straf agv sondige gedrag asook die verwydering van die oortreding deur die soenoffer van Christus. In die OT is die versoenende offer en vergifnis dikwels ge-assosieer.Mt 9:2: En hulle het ‘n verlamde man wat op ‘n bed lê na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien. Sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.Mt 9:5 : Want wat is makliker, om te sê: Die sondes is jou vergewe! Of om te sê : Staan op en loop? Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe - toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.Mt 12:31,32:: Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. Elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.Hand 8:22: Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.Rom 4:7 : Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.Jak 5:15 : En die gebed van geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.I Jn 1:9 : As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.I Jn 2:12: Ek skryf aan julle my kinders, omdat die sondes julle vergewe is on Sy Naam ontwil.Hierdie woord word in die NT gebruik met betrekking tot:Oortredinge (trespasses): Mt 6:14,15: Want as julle die mense hule oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.Sondes : Lk 5:20: En toe Hy hulle geloof sien sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.Skuld ; Mt 6:12: En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.Gedagte van die hart: Hand 8:22: Sien hierbo.Menslike vergifnis moet soortgelyk wees aan Goddelike vergifnis - sien Mt 6:12 hierbo.Met sekere voorwaardes vervul is daar geen beperking aan Christus se wet van vergifnis nie, die voorwaardes is berou en bekering.Mt 18:21,22 : Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie maar tot sewentig maal sewe toe.Lk 17:3 : Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.Die grense van God se vergifnis. Sien Mt 12:31,32 hierbo.

Vergewe : Charizomai:Om onvoorwaardelik guns uit te deel of toe te ken. Word gebruik van die daad van vergifnis Goddelik of menslikEf 4:32: Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.Kol 2:13: En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees. Het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het.Kol 3:13: Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle ook vergeef het, so moet julle ook doen.Lk 7:42,43: En omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê? En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel dié een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg ge-oordeel.2 Kor 2:7,10: sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur alte groot droefheid verteer word nie. Aan wie julle iets vergewe, vergeef ek ook; want wie ek ook vergeef het- as ek iets vergeef het- dit was om julle ontwil voor die aangesig van Christus, sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie;

Page 22: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

2 Kor 12:13 Want wat is daar waarin julle oortref word deur die ander gemeentes, behalwe dat ek persoonlik julle nie lastig geval het nie? Vergeef my hierdie onreg.

Verlossing (Redemption) : Lutrosis:In ‘n algemene sin die verlossing van die volk Israel asook die verlossende werk van Christus wat vrymaking bring deur Sy dood, van die skuld en mag van sonde:Lk 1:68 :Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy Sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeg gebring het.Lk 2:38: En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het.Heb 9:12: ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met Sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeg gebring.

Verlossing, Bevryding (deliverance): Apolutrosis:‘n Versterkte vorm van Lutrosis. Beteken ‘n vrylating na die betaling van ‘n losprys.Verlossing van fisiese marteling:Heb 11:35: Vroue het hul dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ‘n beter opstanding te kan verkry.Die bevryding van God se mense by die Wederkoms van Christus met die heiliges:Lk 21:28: En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op omdat julle verlossing (redemption) naby isHierdie verlossing word vervul met Sy wederkomsVergifnis en regverdigmaking en vrymaking agv die werk van Jesus Christus Dit kom deur die verlossing wat in Christus Jesus is:Rom 3:24: En hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus isDie vergifnis van ons oortredinge: dui aan die vrymaking van die skuld en verdoeming van sonde en die inlywing in ‘n lewe van vryheid.Ef 1:7 : In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van Sy genadeKol 1:14 In wie ons die verlossing het deur Sy bloed, naamlik die vergifnis van ons sondesHeb 9:15 : En daarom is Hy Middelaar van ‘n Nuwe Testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van ‘n ewige erfenis kan ontvang. (Verlos van die oortredinge self - nie van die gevolge van die oortredinge nie)Die verlossing van die gelowige van die teenwoordigheid en mag van sonde, en van sy liggaam van slawerny aan korrupsie by die wederkomsRom 8:23: En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing (redemption) van ons liggaam.1 Kor 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.Ef 1:14: Wat die onderpand is (HG) van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van Sy heerlikheid.Ef 4:30 :En bedroef nie die Heilige Gees deur Wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

Versoen (reconcile) : Katallasso:Beteken om te verander of te verwissel - spesiaal geld. Mense wat verander van vyande tot vriendskap is om te versoen. Mbt die verhouding tussen God en die mens word die woord gebruik om te wys wat God bereik het op grond van Christus se soenoffer2 Kor 5:19 : naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

Page 23: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Om die rede word mense in hul sondige toestand en vervreemding van God genooi om met Hom versoen te word. Dws om hull houding te verander en die voorsiening wat God gemaak het aanvaar waardeur hulle sondes kwytgeskeld kan word en hulleself regverdig gestel kan word in Sy oë.Rom5:10: Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van Sy Seun, veel meer sal ons deur Sy lewe gered word nou dat ons versoen is.Vyande van God beteken nie net dat ons ‘n vyandige gesindheid teenoor God het nie, maar ook dat ons onder God se toorn is. Die dood van Sy Seun is waardeur God hierdie kwessie verwyder, en so ontvang ons versoening. God se houding van guns teenoor ons. Ons ontvang nie ‘atonement’ nie, dit is die daad van opoffering van Christus onder die Goddelike oordeel - ons ontvang ‘reconciliation’ - dis die produk van ‘atonement’Die Die verwydering van God se toorn oortree nie Sy onveranderlikheid nie. Hy tree altyd op volgens Sy onveranderlike geregtigheid en liefde, en dis omdat Hy nie verander nie dat Sy relatiewe houding teenoor die wat verander, wel verander. Al Sy dade wys dat Hy lig en liefde is. Toorn, waar daar geen persoonlik element betrokke is nie, is ‘n teken van morele gesondheid wanneer dit vergesel word met hartseer. Daar kan ware liefde wees, saam met regverdige verontwaardiging, maar liefde en vyandskap kan nie saambestaan nie. Dit is belangrik om toorn en vyandskap te onderskei. Die verandering in God se relatiewe houding tot die wat versoening ontvang bewys maar net Sy werklike onveranderlikheid. God word nie versoen nie - die vyandskap was net aan ons kant. Dit was ons wat versoening met God nodig gehad het, nie andersom nie. Katallasso is eensydige versoening - diallasso is versoening na wedersydse vyandskap.2 Kor 5:19-20 : naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hull misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante on Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil : Laat julle met God versoen. 1 Kor 7:11 : en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie verstoot nie

Versoen - Apokatallasso:Om volledig te versoen; Om van een toestand na ‘n ander te verander , deur alle vyandigheid te verwyder en om geen verhindering teen eenheid en vrede te laat oorbly nie.Ef 2:16: en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.Kol 1:20,21: en Hy het deur Hom alles met Homself versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis - ek sê deur Hom - die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele. Ook julle wat vroeër was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen. Hierin is die verandering in die gelowige in sig wat op grond van vervreemding en vyandskap van God, agv sonde na versoening met God. Dit is die Goddelike doel om op grond van Christus se werk wat bereik is aan die kruis die hele skepping, behalwe die rebelse engele en die ongelowige mens, in volle eenheid met God se plan te bring

Versoen - Diallasso:Om ‘n verabdering te veroorsaak, om uit te ruil en so te versoen. In gevalle van wedersydse vyandskap om toe te gee aan wedersydse ooreenkom.Mt 5:24: laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

Versoen (Propitiate) : Hilaskomai:Is onder die sekulêre Grieke gebruik om die betekenis om die gode goedgunstiglik te stem, om hulle te paai, aangesien dit nie hulle basiese natuur was nie - maar iets wat eers verdien moet word. Dit word egter nie in die NT so gebruik nie. Dit word nooit gebruik van enige handeling waardeur die mens God in ‘n gunstige verhouding of genadige posisie moet bring nie. God word versoen deur die die regverdiging van Sy heilige karakter waardeur Hy deur Sy voorsiening in die versoenende offer van Christus met sonde afgereken het sodat Hy genade aan die gelowige sondaar kan bewys in die verwydering van sy sonde en sy skuld.Lk 18:13 : En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: O God, wees my, sondaar genadig (propituous; merciful) (Om genadig te wees mbt ‘n persoon)

Page 24: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Heb 2:17: Daarom moes Hy in alle opsigte aan Sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. (to make propitiation, to make reconciliation)Reconciliation is hier die verkeerde woord. God moet nie versoen word met die mense nie, maar die mense met God. Die vyandskap bestaan nie aan God se kant nie, maar aan die mens se kant. God is onveranderlik en Sy houding teenoor manse verander slegs relatief - afhangend of hulle na Hom kom in die versoenende werk van Christus. Die versoenende werk aan die kruis is die die metode waardeur die hindernis wat sonde gebring het afgebreek word. Deur Sy lewe as ‘n offer te gee maak Christus die mag van sonde tot niet om die gelowige en God te skei.In die OT is die woord kaphar wat gebruik word in verband met ‘n bedekking, ‘n brandoffer, ‘n skuldoffer, vrede-offer. Ook die ram wat ge-offer word met die toewyding van die hoëpriester, en die bloed op die altaar wat versoening doen vir die sile van die volk . Die mens het sy lewe prysgegee as gevolg van sonde en God het die enigste weg gegee waardeur ewige lewe verkry kan word, naamlik die vrywillige neerlê van Sy Seun se lewe, onder Goddelike straf.

Versoening (Propitiation) - Hilasterion:Word van Christus self gebruik:Rom 3:25: Hom het God voorgestel in Sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om Sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God (Christus, deur Sy versoenende dood is die persoonlike metode waardeur waardeur God die genade van Sy regverdigende genade aan die gelowige sondaar bewys. Bloed staan vir die vrywillige opgee van Sy lewe.

Versoening(Propitiation) - Hilasmos:Verwant aan hileos (genadig, versoenend). ‘n Boetedoening waardeur sondes bedek en betaal word. Word van Christus gebruik wat aandui dat Hy Self deur sy versoenende offer die weg is waardeur God genade betoon aan die sondaar wat glo in Christus as die Een wat daarvoor voorsien is.1 Jn 2:2:En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook van die van die hele wêreld. (Beteken dat voorsiening gemaak word vir die hele wêreld sodat niemand deur Goddelike verkiesing uitgesluit word van die omvang van God se genade nie; die werklikheid van versoening word egter net werkend op die wat glo.1 Jn 4:10: Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy Seun gestuur het as ‘n versoening van ons sondes.

Versoening (Reconciliation , atonement) - Katallage:‘n Uitruiling wat ‘n versoening aandui. ‘n Verandering by een party, veroorsaak deur ‘n aksie van ‘n ander party. In die NT die versoening van mense met God deur Sy genade en liefde in Christus.Rom 5:11 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.Rom 11:15 : Want as hulle verwerping die versoenoing van die wêreld is, wat sal hulle aanneming (reconcilliation, receiving) anders wees as lewe uit die dode?2 Kor 5 :18, 19 : En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van versoening aan ons toe te vertrou. (Hierdie bediening en woord van versoening is nie bloot die lering oor die onderwerp nie - maar die smeking om by mense aan te dring om met God versoen te raak op grond van wat God gedoen het in Christus)

Verstand, Gedagte (Mind) : Nous:Beteken die oorsprong van nadenke, bewussyn, bestaande uit die vermoëns van persepsie en begrip, gevoel, be-oordeling en besluitneming.Die oorsprong van om te weet en begrip:Luk 24:45 : Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaanRom 1:28 : En omdat hulle dit nie die moeite werd ge-ag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee (gave them up) aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie..

Page 25: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Rom 14:5: Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen dan in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.1 Kor 14 : 15: Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.1 Kor 14:19 : Maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, asook tienduisend woorde in ‘n taal. Ef 4:17 : Dit sê en betuig ek in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie- mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;Fil 4:7 : En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan sal julle harte en sinne (the thoughts of you) bewaar in Christus Jesus.Kol 2:18: Laat niemand jou van jou prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en vereing van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid…1 Tim 6:5 :.. nuttelose stryery van mense wat verdorwe in in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.2 Tim 3:8 : .. so staan hierdie mense mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand onbetroubaar tov die geloof..Tit 1:15 Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.Op 13:18 : Hier kom die wysheid te pas. Wie verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens;Op17:9 : Hier kom die verstand wat wysheid het te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.Raadgewinge / Doel:Rom 11:34 : Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was Sy Raadsman gewees?Rom 12 2: En word verander deur die vernuwing van julle gemoed sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.1 Kor 1:10 : Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening. (Opinion)1Kor 2:16 : Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kon onderrrig? Maar ons het die sin van Christus. (Die gedagtes en raadgewinge van God)Ef 4:23 : en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed.Die nuwe natuur wat ons deel is na die wedergeboorte, gekontrasteer teen die vlees as die bose beginsel wat gevalle mens beheersRom 7:23 Maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede isRom 7:26: So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde..2 Thess 2:2: - om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie - Die voorneme om standvastig te bly te midde van swaarkry deur vast te hou aan die verwagting van Christus se wederkoms.

Verstand/ sinne : Dianoialetterlik om te deurdink, oordink,mediteer, nadinkDie setel van kennis begrip en oordenking In bose sin : ‘n bewussyn gekenmerk deur ‘n perverte morele impulsEf 2:3 : Onder wie ons ook almal vroeër gewandel hetin die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne (understandings) gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.Ef 4:18 Mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hule hart.In die goeie sin : Vernuwe deur die Heilige GeesMatt 22:37: En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met jou hele verstand.

Page 26: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Mk 12:30: en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.Lk 10:27: En Hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.Heb 8:10 : Want dit is die verbond wat Ek na die dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal My wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.Heb 10:16: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit na die dae, spreek die Here verder: Ek sal My wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,1 Pet 1:13: Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus1 Jn 5:20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in Sy Seun Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.Sentiment, houding - nie as ‘n funksie nie, maar as produk in bose en goeie sin:Luk 1:51: Hy het deur Sy arm kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes (understanding, imaginations) van hulle hart het Hy verstrooi.2 Pet 3:1 : Dit is reeds die tweede brief, geliefdes wat ek aan julle skrywe. In albei wil ek deur herhinnering julle suiwere gesindheid opwek…

Verstand (Ennoia):‘n idee, ‘n gedagte, voorneme1 Pet 4: 1: Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle julle ook wapen met dieselfde gedagte, (mind) dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,

Vriend : Philosgeliefd, dierbaar, vriendelikMatt 11:19 .. ‘n vriend van tollenaars en sondaars.Jak 2:23 : en Abraham is ‘n vriend van God genoemJak 4:4 : Egbrekers en egbreeksters weet julle nie dat vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.

Vriend : HetairosKameraad, metgesel, deelgenoot - druk kameraadskap uit en nie liefde soos hierbo nie.Matt 20 :13 : Maar hy antwoord hom : Vriend, ek het jou geen onreg aangedoen nie, het jy nie met my ooreengekom vir ‘n penning nie?Matt 22:12 : En hy sê vir hom: Vriend hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed..?Matt 26:50 : En Jesus sê vir hom (Judas): Vriend, hoekom het jy gekom?

Wêreld - Kosmos:Beteken: Orde, rangskikking, ornament, versiering.1 Pet 3:3 :Versiering met klere (Nie duidelik in Afrikaans)Beteken : Die wêreldMatt 3:15: Na die gelykenis van die mosterdsaad en die suurdeeg word gesê dat Jesus deur gelykenisse spreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.Jn 21:25 : As alles van jesus beskrywe sou word, sou di wêreld self nie al die boeke kon bevat nieHand 17:24: Paulus op die Areopagus sê dat God die wêreld gemaak het en alles daarin - Hy die Here van hemel en aarde leef nie in menslike tempels nie.Rom 1:20 : Sy onsigbare dinge, naamlik Sy ewige krag en goddelikheid kan van die begin van die skepping van die wêreld in Sy werke verstaan en duidelik gesien word. Kan hier ook beteken die hele skepping a.g.v. die orde daarin sigbaar.1 Tim 6:7 : Ons het niks in die wêreld ingebring nie, ons kan ook niks daaruit wegdra nie.Heb 4:3 : God se werke is volbring van die grondlegging van die wêreld af.

Page 27: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Heb 9:26 : Christus het nie soos ‘n aardse hoëpriester Homself herhaaldelik ge-offer nie want dan moes Hy dikwels gely het sedert die grondlegging van die wêreld - Hy het nou net eenmaal verskyn in die voleinding van die eeue.1 Jn 3:17 Aarde in kontras met die hemel: Wie sy broeder sien gebrek ly terwyl hy die goed van die wêreld het - hoe bly die liefde van God in hom?Rom 4:13 : Die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees het Abraham deur die geloof verkry en nie deur die wet nie.Beteken : Menslike ras, mensdom:Mt 5:14: Dissipels is die lig van die wêreldJn 1:9 : Jesus die ware lig wat elke mens verlig was aan’t kom in die wêreldJn 1:10 (3X) Hy was in die wêreld en die wêreld het deur Hom ontstaan en die wêreld het Hom nie geken nieJn 3:16 : So lief het God die wêreld gehadJn 3:17 : (3X) God het die Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan wordJn 3:19 : Dit is die oordeel - die lig het in die wêreld gekom maar die mense het die duisternis liewer gehad as die lig want hulle werke was boos.Jn 4:42 : Die Samaritane wat vir die vrou sê dat hulle nou self weet dat Jesus die Redder van die wêreld isHeidene onderskeid van Jode:Rom 11:12: Die Jode se val het beteken die rykdom van die wêreld, en hulle tekort die rykdom van die heidene - hoeveel te meer sal hulle volheid nie wees nie?Rom 11:15: As hulle verwerping die versoening van die wêreld beteken het, is hulle aanneming lewe uit die dood.2 Kor 5:19 : God het in Christus die wêreld met Homself versoen deur hulle misdade nie toe te reken nie en die woord van versoening in ons te plaas.Die toestand van menslike sake - vervreemding en opposisie van God:Jn 7:7 Jesus sê vir Sy broers : Die wêreld haat hulle nie, maar dit haat Hom want Hy getuig dat die werke boos is.Jn 8:23 : Jesus sê vir die Jode in die tempel: Julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.Jn 14:30 :Jesus sê vir die dissipels Hy sal nie meer baie dinge vir hulle sê nie want: Die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.1 Kor 2:12: Ons het nie die Gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is sodat ons kan weet watter dinge God ons vryelik (uit genade) geskenk het.Gal 4:3 : Toe ons kinders was was ons verslaaf (in diensbaarheid onder) die eerste beginsels van die wêreld (eerste beginsels van die wêreld)Gal 6:14 : Paulus sê hy mag nooit roem nie, behalwe: In die kruis van Jesus deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreldKol 2:8 : Pas op dat niemand julle wegvoer deur wysbegeerte (philosophy), nietige misleiding(vain/empty deceit), oorleweringe van die mense (tradition of men), eerste beginsels (rudiments/ elements) van die wêreld en nie volgens Christus nie.Jak 1:27 :Reine en onbesmette (pure) godsdiens voor God is om wese en weduwes te besoek en jou vlekkeloos (unspotted) te bewaar van die wêreld.1 Jn 4:5 (3X) : Johannes sê van die valse profete dat hulle:is uit die wêreld, daarom praat hulle uit die wêreld, en luister die wêreld na hulle.1 Jn 5:19 : Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die (mag van) Bose lêDie som van tydelike besittings:Matt 16:26 : Wat sal dit ‘n man baat as hy die hele wêreld wen en sy siel (psuche) verloor of wat sal hy gee in ruil vir sy siel?1 Kor 7 :31 : Ons moet die wêreld gebruik asof ons dit nie ten volle gebruik nie want die gedaante (fashion) van die wêreld gaan verby (Omdat die tyd kort is)Metafories van die tong - aanduidend van die omvang en verskeidenheid Jak 3:6 : Die tong is ‘n wêreld van ongeregtigheid (iniquity) en ‘n vuur onder die lede van die liggaam.

Wêreld - Aion:

Page 28: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

‘n Eeu, ‘n periode van tyd. In NT gebruik het dit meestal geestelike of morele eienskappe en word somtyds vertaal as ‘wêreld’Die wêreld se sorge:Mt 13:22 :By wie in die dorings gesaai is - die sorg van hierdie wêreld (age) en die verleiding van die rykdom verstik die woord.Die seuns van die wêreld:Luk 16:8: Die heer het die onregverdige bestuurder geprys - kinders van die wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die ligDie heersers:1 Kor 2:6 :Ons wysheid is nie van hierdie wêreld of van die heersers van hierdie wêreld (wat besig is om tot niks gebring te word nie) nie.1 Kor 2:8 : Geen van die heersers van hierdie wêreld het die wysheid van God geken nie.Wysheid van die wêreld:1 Kor 1:20 : het God nie die wysheid van hierdie wêreld (age) dwaasheid gemaak nie?1 Kor 3 : 18: As iemand meen dat hy wys is in die wêreld - laat hom dwaas word.Die wêreld se mode / gebruikeRom 12:2 : Moenie gelykvormig word aan hierdie wêreld nie.Karakter van die wêreld:Gal 1:4: Hy het Homself gegee om ons uit te red uit die teenwoordige bose wêreldDie god van die wêreld:2 Kor 4:4: Die god van hierdie wêreld het in die ongelowiges die sinne verblind sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus nie op hulle skyn nie.1 Kor 10:11 : Die dinge het Israel oorgekom as voorbeelde vir ons oor wie die eindes van die eeue (world) gekom het.Einde van die eeue/wêreld beteken eerder die vervulling van die Goddelike doelwitte tov die eeue.Heb 11:3 : Die wêreld (ages) (worlds) is deur die woord van God toeberei (were framed by the word of God; to have been adjusted)Heb 1:2 : Jesus is as erfgenaam van alles aangestel - en deur Hom het God ook die wêreld (worlds/ ages) gemaakEf 2:2 : Hulle het tevore gewandel volgens die loop (aina /course / age) van hierdie wêreld (kosmos/ world)

Wêreld : OikoumeneDie bewoonde aarde. (Inhabited world)Matt 24:14 :Evangelie van die koninkryk verkondig in die hele wêreld, tot ‘n getuienis vir die nasiesLk 4:5 : Die duiwel lei Jesus op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreldLk 21:26 : Mense se harte beswyk van die vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom.Rom 10:18: Die evangelie het uitgegaan tot die eindes van die aarde.Op 3:10: Omdat jy die woord van God se lydsaamheid bewaar het, sal Hy jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld (Oikoumene) kom om die bewoners van die aarde (Ge) op die proef te stelOp 16:14 : Geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die hele wêreld om hulle te versamel vir die oorlogHand 19:31 : God het ‘n dag bepaal waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dood op te wek.Op 12:9 : Die draak wat die hele wêreld (Oikoumene) mislei is neergewerp op die aarde (ge) en sy engele saam met hom.Die Romeinse ryk; Die wêreld soos die skrywer dit sienLk 2:1 : In die tyd van Augustus moes die hele wêreld ingeskryf word om belas te word.Hand 11:28: Agabus wat deur die Heilige Gees geprofeteer het van ‘n groot droogte wat oor die wêreld kom.Hand 24:5 : Aanklag teen Paulus deur Tertullus voor die goewerneur dat hy die Jode opsweep deur die hele wêreld en is ‘n verwekker van oproer.Die bewoners van die aarde:Hand 17:6 : In Thesselonika word Paulus-hulle beskuldig dat hulle die hele wêreld omkeer.Hand 19:27 : In Efese praat hulle van die goding Artemis/ Diana wat deur die hele wêreld vereer word.

Page 29: Woordstudies - Karel Nelkarelnel.co.za/skryfwerk/Studies/2004/Woordstudies.doc  · Web viewOp 17:13: en hulle (die tien horings/ konings) het een gesindheid (mind) en sal hulle krag

Die bewoonde aarde van die toekomstige eeu:Heb 2:5 : Aan die engele is die toekomstige wêreld nie onderwerp nie.

Wysbegeerte (Filosofie) : (Philosophia) :Die liefde vir en navolging van wysheid. Die ondersoek van waarheid en die natuur.Kol 2:8 : Die sg filosofie van valse leraarsDit is eintlik ‘n Griekse woord, maar kom in in Joodse kringe > Josefus praat van Joodse sektes as filosofieë. Vir die Grieke het dit die hoogste poging van die intellek verteenwoordig. Hier is die enigste plek in Paulus se geskrifte wat dit voorkom. Dit word onvoldoende beskou in vergelyking met die Evangelie - tov kennis of praktyk.