web view-veldtog: 'n jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en...

31
VrydagNuus 29 AUGUSTUS 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF Hierdie is die laaste VrydagNuus ... ... waarvan ek (Ben du Toit) as lid van die redaksie deel is. Met die oog op my en ander PSD’s se aftrede volgende jaar, het daar in die afgelope maande 'n sinodale herstruktureringsproses plaasgevind – wat onder andere tot gevolg het dat Marieta Visagie vanaf 1 September die pos van Kommunikasiebeampte van die Kaapse Kerk opneem. VrydagNuus (oa as deel van kommunikasie) is dan haar volle verantwoordelikheid onder Diensgroep Ondersteuningsdiens. My beste wense vergesel haar met hierdie verantwoordelikheid. Ons as kerkfamilie kon in haar nie 'n beter keuse gedoen het nie. Vir meer oor die geskiedenis van VrydagNuus as eerste elektroniese nuusbrief in die NG Kerk, lees hier verder . SINODALE NUUS 1. Nuwe verwikkelinge op Gesamentlike Bedieningspad Die NGK Wes-en-Suid-Kaapland en VGKSA Kaapland is sedert 2011 besig om hulle gesamentlike bedieninge olv 'n gesamentlike ad hoc-taakspan te herskik. Na uitgebreide gesprekke, indaba’s en onderhandelinge maak die kerke goeie vordering met die proses. Onderaan is meer oor hierdie nuwe ontwikkelinge . (Sien ook die volgende berig). 2. PSD: Teologiese Navorsing – 'n Nuwe Pad Die gesamentlike VGKSA en NGK Sinodale Kommissie/Taakspan vir Leer en Aktuele Sake is verantwoordelik vir die navorsingswerk van die sinodes. Hiervoor is 'n nuwe PSD-pos (Teologiese Navorsing) geskep, met dr Ben du Toit wat hierdie verantwoordelikheid oorneem met

Upload: trinhkhuong

Post on 30-Jan-2018

249 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

VrydagNuus29 AUGUSTUS 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

Hierdie is die laaste VrydagNuus ...... waarvan ek (Ben du Toit) as lid van die redaksie deel is. Met die oog op my en ander PSD’s se aftrede volgende jaar, het daar in die afgelope maande 'n sinodale herstruktureringsproses plaasgevind – wat onder andere tot gevolg het dat Marieta Visagie vanaf 1 September die pos van Kommunikasiebeampte van die Kaapse Kerk opneem. VrydagNuus (oa as deel van kommunikasie) is dan haar volle verantwoordelikheid onder Diensgroep Ondersteuningsdiens. My beste wense vergesel haar met hierdie verantwoordelikheid. Ons as kerkfamilie kon in haar nie 'n beter keuse gedoen het nie. Vir meer oor die geskiedenis van VrydagNuus as eerste elektroniese nuusbrief in die NG Kerk, lees hier verder.

SINODALE NUUS1. Nuwe verwikkelinge op Gesamentlike BedieningspadDie NGK Wes-en-Suid-Kaapland en VGKSA Kaapland is sedert 2011 besig om hulle gesamentlike bedieninge olv 'n gesamentlike ad hoc-taakspan te herskik. Na uitgebreide gesprekke, indaba’s en onderhandelinge maak die kerke goeie vordering met die proses. Onderaan is meer oor hierdie nuwe ontwikkelinge. (Sien ook die volgende berig).

2. PSD: Teologiese Navorsing – 'n Nuwe PadDie gesamentlike VGKSA en NGK Sinodale Kommissie/Taakspan vir Leer en Aktuele Sake is verantwoordelik vir die navorsingswerk van die sinodes. Hiervoor is 'n nuwe PSD-pos (Teologiese Navorsing) geskep, met dr Ben du Toit wat hierdie verantwoordelikheid oorneem met ingang 1 September. 25% van hierdie posbekleër se werk is vir die NGK se Algemene Sinode gekontrakteer. Lees gerus onderaan wat Kobus Gerber en Heerden van Niekerk hieroor skryf.

3. Bybelsondag 31 Augustus 2014Eerskomende Sondag, 31 Augustus, kry baie Suid-Afrikaners die geleentheid om opnuut op die Bybel te fokus. Verskeie kerkgenootskappe in die land vier dan Bybelsondag en gebruik dié dag om die Here veral te dank vir die Bybel in hulle moedertaal. Die Bybelgenootskap se verklaring hieroor is aangeheg. Lees dit ook op www.kaapkerk.co.za – klik hier.

Page 2: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

4. NGK Navorsing oor Jongmense en GeloofZander van der Westhuizen (projekleier) stuur nuus oor die grootste

navorsingsprojek van sy aard in kerklike geskiedenis. Sekere NG-gemeentes is gekies is vir deelname, wat tussen September en Oktober 2014 plaasvind en die profiel en persepsies van jongmense (16-35 jaar) in

die kerk in detail wil beskryf en navors. Beslis iets om van kennis te neem! Lees asseblief meer op die Algemene Sinode se webblad, of kry die dokument hier.

5. NGK Wes-en-Suid-Kaap RingsittingsOns vra graag voorbidding vir ringsittings wat gedurende die volgende weke plaasvind. Uiteenlopende sake word hanteer. Tulbagh het die eerste gesamentlike Ringsitting met die VGK Ring van Tulbagh (12 September); Durbanville se ring (1 September) fokus op leierskap in gemeentes, met 'n verslag deur Ian Nell (US Praktiese Teologie en Missiologie), terwyl Quintus Heine by Swellendam se Ringsitting (7 September) gesels oor artikel 1, Belhar en kerkhereniging. Klik hier vir meer oor van die ander ringsittings.

ALGEMENE NUUS EN INLIGTING1. “Like” die Sinode en Praat saamOnthou asseblief van die sinode se Facebook-blad waar inligting oor verskillende gebeure in ons sinode te krye is. Soek ons by NG Wes-Suid-Kaap. Jy kan die sinode ook volg op Twitter by @WSKaap.

2. US Teologie: Konferensie oor Waarheid en VersoeningBy die WVK in 1997 het verskillende Christelike kerke en ander geloofsgemeenskappe voorleggings gedoen oor hul rol in die geskiedenis van ons land en hul verbintenis tot die toekoms. In die gees van 20 jaar van demokrasie word geloofsgemeenskappe genooi om hul rol in versoening in SA vandag by hierdie konferensie te bespreek. Die WVK-herverhoor sal gelei word deur die Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu as voorsitter en vind op 8-9 Oktober in Stellenbosch plaas. Bevestig teenwoordigheid teen 1 Oktober. Lees hier.

3. NIMSA Jaarvergadering dink Nuut oor GemeentebedieningAlle persone van enige kerklike denominasie wat op die een of ander manier (as leraar of brugleraar) by gemeentebediening betrokke is, word hartlik uitgenooi om die Network for Interim Ministry in Southern Africa (NIMSA) se jaarvergadering op 2 Oktober in Johannesburg by te woon. Bossie Muller (NG Op-die-Berg, Ceres en NIMSA-voorsitter) sien daarna uit om Kaapse kollegas ook daar te sien! Aangeheg is meer.

4. Artikel 1-proses se Inligting bymekaar

Page 3: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Vir gemeentes (en ringe) wat in hierdie dae besig is met gesprekke en die proses rondom die wysiging van artikel 1 van die Kerkorde: die inligting wat van die Wes-en-Suid-Kaap sinode se kant aan gemeentes uitgestuur is, is alles bymekaar beskikbaar op www.kaapkerk.co.za – Aktueel – Artikel 1 se Wysiging. Klik hier om daarna te kyk.

5. Badisa se “One More” raak sommer “A Lot More!” Uit die Koue-Bokkeveld kom 'n spesiale storie, netjies in pas met Badisa se One More-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg saam met sy vriende kan kuier nie. Hy hét egter teruggegaan én al sy rugby vriende oorgehaal om saam met hom die drank te los! Verder het hy sy pa gemotiveer om hulp vir sy eie middelafhanklikheid te kry én hy is besig om die ander kinders ook hiermee te help. One More? Nee, A Lot More ... wat begin met een druppel in die emmer!

PREDIKANTENUUS1. Toringkerk verwelkom Jana VisagieJaco Thom van die NG Toringkerk laat weet dat ds Jana Visagie op Sondag 24 Augustus in die gemeente bevestig is. Haar diensaanvaarding begin amptelik op 1 September en Jana het al die pad van NG Secunda-Oos (Hoëveld Sinode) by ons in die Kaap kom aansluit. Belangstellendes kan hier klik vir Toringkerk se span. Mag die nuwe werkkring baie seën inhou – Red.

2. Met simpatie ... ds Philip McDonaldOns het die hartseer nuus ontvang van die onverwagse afsterwe van ds Philip (PH) McDonald op Sondag 24 Augustus. Hy laat sy vrou, Huibrecht, en twee seuns agter. Ds McDonald was van 1991-2001 dosent by die Murray Theological College op Morgenster, Zimbabwe en na sy aftrede onder meer voorsitter van NG George-Suid se Getuieniskommissie en lid van die kerkraad, 'n meelewende en gewaardeerde lidmaat! Die dankdiens is Donderdag om 11:00 vanuit NG George-Suid en word gelei deur ds Floors Meyer. Ons opregte simpatie aan sy familie en die gemeenskap met dié groot verlies – Red.

GEMEENTES BIED AAN1. NG Gemeente Welgemoed: Kerk in die Publieke ArenaOp Sondag 31 Augustus om 18:30 belig dr Braam Hanekom, nou PSD: Publieke Getuienis, die rol wat Christene kan speel met betrekking tot • die konflik in Palestina • armoede • versoening. Hy belig ook die eenheid van die kerk as faktor in die getuienis wat ons lewer. Gaan luister gerus na hierdie insiggewende gesprek.

2. NG Gemeente Stellenbosch-Wes: Preek van die Leek

Page 4: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Stellenbosch-Wes, in samewerking met ’n groep teoloë wat aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Teologie en gemeentes in Stellenbosch verbonde is, bied vanjaar weer Preek van die Leek-geleenthede aan. Sekere openbare figure sal gedurende September op Sondagaande om 18:00 in die kerkgebou van Stellenbosch-Wes (hoek van Alexander- en Papegaaistraat) as lekepredikers optree. Vir meer oor die proses, datums en wie reeds deelname bevestig het – klik hier.

3. NG Gemeente Sonnekus: EenheidsweekVanaf 8-12 September vergader die Roomse Katolieke Kerk, die Anglikaanse Kerk, die Presbiteriaanse Kerk, die Metodiste Kerk, die Baptiste Kerk en die NG Kerk van Milnerton elke aand vanaf 19:00 by die NG Gemeente Sonnekus vir Eenheidsweek, gebaseer op 'n publikasie van John Orton. Belangstellendes is welkom – lees onderaan meer.

EKOLOGIE Gemeentes en die Spekboom-projekIn April vanjaar het die moderatuur gemeentes versoek om elk teen die einde van Augustus 'n spekboom op die kerkterrein te plant as simboliese gebaar van ons verbintenis tot verantwoordelike omgang met die aarde. Gemeentes word uitgenooi om te laat weet hoe julle spekboom-projekte verloop het. Foto’s is baie welkom vir 'n nuwe galery daarvoor op www.kaapkerk.co.za – Galery. Sien https://www.facebook.com/KommissieGetuienisaksie waar die KGA ook hieroor inligting deel.

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE Hefsiba: Welkom, Ivan Stevens!Ivan Stevens is sedert 15 Junie op Vila Ulóngúe, om in die groot voetspore van Kruger en Antoinette Kruger te stap. Hy was die afgelope 14 jaar deel van NG Albanie op Grahamstad, maar voel reeds tuis as volwaardige lidmaat van die Igreja Reformada em Mozambique. Lees gerus sy eerste indrukke van 'n tuiskoms in die Hefsiba-nuusbrief van 24 Augustus.

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. NG Gemeente La Belle: BasaarLa Belle hou basaar op Saterdag 30 Augustus om 09:00 op die gronde van NG De la Bat vir Dowes (Herta Louwstraat 29, Loumar). Gaan geniet al jou basaargunstelinge: heerlike gebak, pannekoek, poeding, hamburgers, handwerk, groente en vrugte, drinkgoed en vele meer. Daar is selfs snoek en patat op die spyskaart! Vir meer inligting skakel Anita by 021 945 2810.

2. NG Gemeente Stellenbosch-Wes: Basaar

Page 5: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Stellenbosch-Wes hou hulle jaarlikse basaar op Saterdag 30 Augustus vanaf 09:00 op die kerkgronde (Alexanderstraat 3, Stellenbosch). Vrydag vanaf 18:00 is heerlike potjiekos te koop. Gaan geniet al die lekkernye gerus saam met hulle! Hulle volkleur pamflet is hier.

3. NG Gemeente Kraaifontein-Noord: BasaarOp Saterdag 6 September vanaf 09:00 hou Kraaifontein-Noord basaar by Laerskool Fanie Theron in Bosmanstraat Kraaifontein. “Alles wat jy by 'n basaar soek, sal daar wees,” below Alta. Dit sluit trompoppies en perdjies vir die kinders in. Gaan ondersteun hulle asseblief. Vir meer inligting kontak Alta by 021 988 3384 of ds Heinrich Götze 021 988 1688.

4. NG Stellenberg en Vosburg hou weer Vleisfees!Die bekende Vosburg Vleisfees en kontreimark, met al wat 'n skaap- en wildsvleissnit is, vind weer op Vrydag 12 September vanaf 14:00 by Stellenberg plaas. Kwaliteit vleis, netjies verpak, gaar braaivleis en ander lekkernye, demonstrasies vanaf 17:00, konfyte, atjar, gebak en vele meer! Sien die volkleur pamflet hier. Kom vroeg, nooi hulle.

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webbladHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is is op Kerkbode se webblad by Meer – Vakatures.

1. Missie Japan: Nuwe SendelingpaarUit die Vrystaat Sinode ontvang ons nuus dat daar begin is met die proses om 'n nuwe sendelingpaar na Japan uit te stuur. Meer oor die profiel en verantwoordelikhede is onderaan. Reageer asseblief voor 31 Oktober 2014.

2. Badisa Huis Uitvlucht: VerpleegkundigeHuis Uitvlucht (tehuis vir Bejaardes in Montagu) is 'n program van Badisa, 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk Wes-en-Suid-Kaapland en die VGKSA Kaapland. Hie is tans 'n vakature vir 'n verpleegkundige. Onderaan is meer oor die vereistes en voordele; reageer voor 30 September 2014.

3. NG Noordelike Sinode: Bedryfskoördineerder Sinodale Ondersteuning Hierdie is ’n nuwe pos wat deur die Sinodale Diensraad (SDR) van die Noordelike Sinode goedgekeur is om die doelwitte van die Noordelike Sinode en die samewerking tussen ringe en die sinode se strukture te koördineer en leiding te gee. Die proses om 'n kandidaat te identifiseer geskied deur nominasie deur SDR-lede en die sluitingsdatum vir nominasies is reeds 10 September. Klik hier om meer te lees.

Ten Slotte

Page 6: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Vir my laaste bydrae as deel van die redaksie van VrydagNuus wil ek graag met die volgende verstommende positiewe brokkie nuus afsluit. Verlede week was ek en Tiana Bosman (NG Gemeente Pinelands) bevoorreg om die werk van Cease Fire in die Kaapse Vlakte te besigtig. In 'n tyd waarin ons so maklik (en met reg dalk) moedeloos word oor al die negatiewe dinge in ons SA-gemeenskap, is hierdie soos 'n helder, suiwer stroom water uit die berge. Klik hier en gaan kyk gerus ook na die video.

Ben du Toit

En – Ten Laaste Dit is 'n groot voorreg én verantwoordelikheid om by kommunikasie in die NG Kerkfamilie betrokke te wees. 'n Voorreg om by Ben te leer van versigtig formuleer, van die konteks in ag neem as jy skryf, van empatie. Om iets van sy werk en bydrae as (onder andere) Direkteur: Kommunikasie in woorde saam te vat, is haas onmoontlik. Daarom volstaan ek met Ben se eie woorde – in die onderstaande gebed, maar ook in die aangehegte blik op sy betrokkenheid by die NG Kerkfamilie se kommunikasie. Maak gerus tyd om dit te lees; jy sal nie spyt wees nie.

Marieta Visagie

Sentrum vir Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 021 957 7197 [email protected]

-------------------------------------------------------------

VRYDAGNUUS EN INTERNET-KOMMUNIKASIEAs deel van die besluite van die Sinode van Wes-en-Suid-Kaap in 1999 is die totstandkoming van die Sentrum vir Kommunikasie in die vooruitsig gestel. Ek is in Junie 2000 aangestel as eerste Direkteur vir Kommunikasie en sou ook as argivaris en Parlementêre Lessenaar funksioneer met Leer en Aktuele Sake as PSD-verantwoordelikheid.

Met die ontstaan van die Sentrum vir Kommunikasie is die samestelling, tik en verspreiding van Internos getermineer ten gunste van 'n nuwe weeklikse elektroniese kommunikasie medium/nuusbrief. Van die begin af is dit gesien en bedryf as 'n kommunikasie-aksie van die NG Kerkfamilie en nie net 'n NG Kerk aangeleentheid nie. Dit kan gesien word in die naam vir die internet-domein wat gekies is, naamlik www.kaapkerk.co.za (en nie iets soos byvoorbeeld “www.ngkerk.co.za” nie). Die bedoeling was duidelik: dit het gegaan oor die kerk in die Kaap waarby beide VGK en NGK hulleself tuis sou kon voel.

Page 7: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Die naam VrydagNuus het spontaan inslag gevind omdat dit op gemeentes gerig was wat voor of op Vrydag hulle aankondigings wou finaliseer met die oog op die deurgee van inligting vanuit die nuusbrief op Sondag. Al gou is besef dat dit te laat is om hierdie kommunikasie op Vrydag te ontvang en is die huidige ritme geskep dat VrydagNuus op Donderdae uitgestuur word (met die afsny-tyd vir berigte en inligting Woensdae om 12:00).

VrydagNuus was die eerste elektroniese nuusbrief in die NG Kerkfamilie ooit. Daarna het ander sinodes geleidelik gevolg. Uiteindelik het al 10 sinodes van die NG Kerk weekliks 'n elektroniese nuusbrief uitgestuur, terwyl VrydagNuus vir die VGK-Kaapland die enigste sinode van die VGK was wat weekliks hierdie kommunikasie medium gehad het.

Om dit moontlik te maak vir VGK-dominees (gemeentes) om VrydagNuus en ander elektroniese kommunikasie te ontvang, het die Sinodale Kommissie vir Kommunikasie (SKK) met 'n maatskappy (NWO) wat rekenaars hernu, gekontrakteer om volledige rekenaars wat alreeds vir internet aangepas is teen 'n nominale bedrag aan die VGK-lede beskikbaar te maak. In baie gevalle is dit volledig geskenk uit 'n goedgekeurde begroting van die NG Kerk-administrasie.

Die bedoeling van VrydagNuus was/is drieërlei: Verspreiding van inligting en nuus wat spesifiek op gemeentes betrekking

het Die blootstelling van gemeentes aan die kerkverband en groter Christelike

gemeenskap. Pastorale betrokkenheid by die gemeentes in terme van hulle wel en wee.

Dit was my voorreg om as redakteur en later as deel van die redaksie met Marieta Visagie hierdie kommunikasie-medium uit te bou tot die doeltreffende voertuig van inligting en nuus wat dit vandag is. Veral die pastorale inslag was vir my van die begin af belangrik. Ook die feit dat, as ons hierdie nuusbrief saamstel, ons daarvan bewus is dat die lesers daarvan hulself binne die hele NG Kerkfamilie bevind, maar ook nasionaal en internasionaal is. Tans word VrydagNuus (en ander kommunikasie soos SinodeInligting, asook mediaverklarings deur die kerk) weekliks aan meer as 1,800 e-posadresse gestuur.

My heel beste wense aan Marieta vir die uitdagings van die pad van kommunikasie vorentoe. Ons samewerking, wedersydse begrip en aanvulling van mekaar, was die mees buitengewone wonderlike en kreatiewe ervaring van my bediening.

Zikomo en ... salani bwino!

Ben du Toit29 Augustus 2014

Page 8: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

NUWE VERWIKKELINGE IN DIE GESAMENTLIKE SINODALE BEDIENINGSPLAN

Die NG Kerk Wes-en-Suid-Kaapland (NGK) en VGK Kaapland (VGKSA) is sedert 2011 besig om die gesamentlike bedieninge van die twee kerke te herskik. Hierdie proses geskied onder leiding van 'n gesamentlike ad hoc-taakspan. Na uitgebreide gesprekke, indaba’s en onderhandelinge maak die kerke goeie vordering met die proses. Die doelwit is om die proses af te handel teen Maart 2015. In die proses word die strategiese doelwitte van die sinodes ondersteun met werkskapasiteit, werksaamhede van die Diensgroepe en Taakspanne verder belyn en geïntegreer, die eenheid van die kerke verinnig en besparings aangebring aan uitgawes.

Die volgende aanpassings is onder meer gemaak:

1. Diensgroepe vir Armoede en Sorg

1.1 Die 50% PSD pos (NGK) vir Armoede en Sorg is uitgebrei na 'n voltydse pos.

Ds Leon Venter is beroep en in die pos aangestel.Daar is reeds ver gevorder met die uitbreiding van die 50% PSD pos (VGK)

na 'n voltydse pos. Verdere besluite hieroor sal eersdaags geneem word.1.2 In plaas van die hospitaalleraars gaan 'n bedieningsnetwerk o.l.v. 'n netwerkkoördineerder geskep word. Hospivision word hierby betrek. Die huidige leraars is verantwoordelik vir die implementering van hierdie plan.

2. Toerusting

2.1 Teologiese Navorsing'n Nuwe PSD-pos is geskep vir teologiese navorsing. Dr Ben du Toit is in

hierdie pos aangestel. Die gesamentlike VGKSA Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake (SKLAS) en NGK Sinodale Taakspan vir Leer en Aktuele Sake (STLAS) is verantwoordelik vir die navorsingswerk van die sinodes. Dr du Toit sal verantwoordelik wees om self navorsing te doen, maar ook om netwerke te skep en saam met dosente en studente navorsing te inisieer en te doen. 25% van hierdie posbekleër se werk is vir die NGK se Algemene Sinode gekontrakteer met die oog op ondersteuning van die Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake. Hierdie pos begin reeds funksioneer op 1 September 2014. Dr du Toit sal ook verantwoordelik wees vir die strategiese bestuur van die Kerklike Argief in Stellenbosch. 2.2 Kerklike Opleiding

'n PSD-pos vir kerklike opleiding is geskep. Dr Frederick Marais word in hierdie pos aangestel. Die pos word eers geaktiveer op 1 Julie 2015. Dr Marais

Page 9: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

sal verantwoordelik wees vir die VBO (Voortgesette Bedieningsontwikkeling) werk, die werk van die NG Kerk Kuratorium asook die werk van 'n nuwe Taakspan vir Dissipelskapvorming. Daar is ook 'n nuwe pos geskep van koördineerder. Mev Wilma le Roux word in hierdie pos aangestel. Sy sal onder andere verantwoordelik wees vir die bestuur van die VBO-programme. Verdere ondersoek word gedoen na meer ondersteuningspersoneel vir die Diensgroep. Die 20X 50% predikantsposte wat tans verantwoordelik is vir die werk van die Kuratorium word uitfaseer.

3. Kommissie vir Getuienisaksie (KGA)3.1 'n Nuwe taakspan binne die KGA, nl vir Publieke Getuienis, is aangewys.

Daar is ook 'n PSD-pos vir publieke getuienis geskep. Dr Braam Hanekom is in hierdie pos aangestel. Die Taakspan is saamgestel uit verteenwoordigers van die NGK en VGKSA se moderature, KGA, Leer en Aktuele Sake, Armoede en Sorg en die Algemene Sinodes. 3.2 Die parlementêre werk van die kerke sal voortaan onder toesig van hierdie Taakspan verrig word. Dr Ben du Toit sal verantwoordelik wees vir die uitvoering van die werk.3.3 Die bestuurderspos van Taakspan 1 van die KGA is opgradeer na 'n PSD-pos. Dr Kobus Odendaal is bevestig as 'n PSD. 3.4 Die ondersteuning van die bediening aan die Jode sal vanaf 1 Junie 2015 op 'n nuwe wyse geskied en nie meer soos tans deur die gedeeltelike finansiering van 'n predikantspos nie.

4. GemeentebedieningDaar word verder gedink oor die bedieningsbedeling binne hierdie

Diensgroep. Daar ontstaan met Dr Marais se verskuiwing 'n vakature in Julie 2015. Verdere besluite hieroor sal in Maart 2015 gedoen word.

5. Ondersteuningsdienste5.1 Die twee poste van Goeie Hoop Behuisingsmaatskappy (GHBM) van mnr Marius Wethmar en me Antoinette Joubert word vanaf 1 Maart 2015 na die GHBM oorgeplaas. Die posbekleërs was tot dusver in diens van die NG Kerk. 5.2 'n Taakspan vir Kommunikasie word binne die Diensgroep geskep. Die Taakspan sal voortaan verantwoordelik wees vir die bestuur van die kommunikasiestelsels van die NGK. 5.3 'n Nuwe NGK-pos van kommunikasiebeampte is geskep. Mev Marieta Visagie is in hierdie pos aangestel vanaf 1 September 2014. Sy sal al die interne kommunikasie in die sinode van die NG Kerk bestuur. 5.4 Die Moderatuur sal verantwoordelik wees vir alle kommunikasie na buite. Hulle sal gebruik maak van al die Diensgroepe en PSD’s om hulle daarin te ondersteun.5.5 Verdere gesprekke tussen die moderature sal gevoer word oor die belyning van die VGKSA en die NGK se kommunikasie-kapasiteit.

Enige navrae oor die bogenoemde besluite en prosesse kan aan die voorsitter van die ad hoc-taakspan vir Struktuurontwikkeling en Posvoorsiening, Nelis Janse van Rensburg, by [email protected] gerig word.

Page 10: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

DR BEN DU TOIT BETREE 'N NUWE BEDELING IN DIENS VAN DIE ALGEMENE SINODE

Die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland se herstrukturering en die skep van 'n pos vir teologiese navorsing maak nuwe deure vir die werk van die Algemene Sinode oop. Dr Ben du Toit beklee die pos vanaf 1 September 2014 en 25% van die kapasiteit word deur die Algemene Sinode uitgekoop met die oog op die werk ten opsigte van leerstellige, etiese en aktuele sake. Vir die Algemene Sinode beteken dit 'n toegespitste werkwyse wat in die verlede tussen baie ander werk deur moes gebeur. En met groot dank aan die Kaap kan ons ook steun op die res van die navorsing wat hier sal plaasvind.

Dr Ben du Toit is die ideale eerste bekleër van die pos. Hy is 'n uitstekende sistematiese teoloog, wyd belese, baie goeie skrywer/formuleerder en iemand met 'n fyn aanvoeling vir die kompleks nuanses van die talle sake wat die NG Kerk se aandag vra. Hy ken die NG Kerk ook deur en deur en is lief vir hierdie kerk en haar mense.

Dr du Toit sal ook nog betrokke bly by die taakspan wat aandag gee aan die NG Kerk se parlementêre skakeling.

Vir my sal dit net 'n voorreg wees om hierdie nuwe pad saam met dr du Toit te stap in diens van die Algemene Sinode. My gebed is dat hy veel vreugde sal vind in die toegespitste besigwees met die teologie waarvoor hy so lief is.

Dr Kobus GerberAlgemene Sekretaris Nederduitse Gereformeerde Kerk

26 Augustus 2014

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

PSD: TEOLOGIESE NAVORSINGDR BEN DU TOIT

Page 11: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Dr Ben du Toit beklee met ingang 1 September 2014 'n nuwe pos, naamlik PSD: Teologiese Navorsing. Die dagbestuur van die gesamentlike NGK en VGKSA Sinodale Taakspan/Kommissie Leer en Aktuele Sake is dankbaar dat juis dr du Toit in hierdie pos, met die klem op teologiese navorsing, aangestel is. Die vestiging van dié pos vereis visie, skerpsinnige kundigheid en die vermoë om baanbrekerswerk te verrig. Hierdie kwaliteite is op 'n unieke wyse in dr du Toit gesetel – daarom vat die span van Leer en Aktuele Sake stewig hande met hom sodat nuwe grond tydig gebreek kan word.

Daar is talle uitdagings wat wink: Die huidige tydsgewrig roep na genuanseerde navorsing oor eie kerklike teologie (bv belydeniskwessies), deurdagte teologiese standpuntinname, 'n uitgebreide inligtingsdiens aan die kerk en hulp met teologiese opleiding ten aansien van kerk-eie teologiese aksente.

Ben, ons ondersteun jou. Trek nuwe ploegvore en vestig 'n volgende akker met die kenmerkende styl waarmee jy dit met VrydagNuus gedoen het:• Elke woord word geweeg, maar die eindproduk is nie ingewikkeld nie;• Daar word oor 'n wye verskeidenheid sake gerapporteer, maar groot en klein belang vorm 'n eenheidsgesang;• Veelkantige sake word ontrafel, maar daar word nie uitgerafel!• Die belydenis-eie word bely, maar die hereniging- en ekumeniese strewe gedy;• Daar word ewewigtig geskryf, maar die leser sal nie sonder rigtingpylers bly;• En, laaste, maar nie die minste nie: Daar word feitelik korrek geskryf, maar nie sonder pastorale sensitiwiteit nie.

Welkom in die nuwe pos! Ben, dít is die tyd, híér is die plek, jý is die man!

Heerden van NiekerkLeer en Aktuele Sake

26 Augustus 2014

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

BYBELSONDAG 31 AUGUSTUS 2014MEDIAVRYSTELLING

DANKBAAR VIR DIE BYBEL IN ONS TAAL

Eerskomende Sondag, 31 Augustus, kry baie Suid-Afrikaners die geleentheid om opnuut op die Bybel te fokus. Verskeie kerkgenootskappe in die land vier dan Bybelsondag en gebruik dié dag om die Here veral te dank vir die Bybel in moedertaal.

Page 12: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Nie net kan Afrikaners die Here dank dat die Afrikaanse Bybel reeds vir 81 jaar beskikbaar is nie, maar elke spreker van een van Suid-Afrika se amptelike tale kan Hom dank vir die Bybel in hulle taal. Sedert 2012 met die publikasie van die isiNdebele Bybel, beskik elk van die 11 amptelike tale oor 'n volledige Bybel.

Wêreldwyd is daar egter miljoene mense wat steeds geen toegang tot die volledige Bybel in hulle eie taal het nie. Teen die einde van 2013 was die Bybel in slegs 491 tale beskikbaar, waarvan 196 Afrikatale is.

'n Deel van die taak van die 146 Bybelgenootskappe in die wêreld wat in sowat 200 lande en gebiede werksaam is, is om die Bybel vir mense in hulle eie taal beskikbaar te stel.

Van die byna 7 000 tale wat in die wêreld gepraat word, beskik sowat 2 551 tale tans oor ten minste een Bybelboek.

Die taak is dus nog lank nie voltooi nie. Meer as 4 000 tale in die wêreld beskik nog oor geen Bybelboek nie.

Bybelgenootskappe werk tans aan Bybelvertalings wat die potensiaal het om die lewens van 4 miljard mense aan te raak en te verander. Dit is twee uit elke drie mense wat vandag op aarde leef.

Dit is nie net eerste vertalings nie, maar ook hersienings of nuwe vertalings. In Suid-Afrika word daar tans gewerk aan 'n nuwe vertaling in Afrikaans, waarvan die Nuwe Testament en Psalms in Maart gepubliseer is, aan 'n nuwe Zulu vertaling asook aan 'n Engelse vertaling vir Dowes.

Bid saam met Bybelgenootskappe dat meer taalgroepe God in hulle eie taal sal kan hoor praat.

Kontak: Mims TurleyTel: 021 930 2042

www.bybelgenootskap.co.za

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

RINGSITTINGS 2014Die Ring van Durbanville vergader op Maandag 1 September by NG Kraaifontein-Noord. Vanjaar fokus dié Ring op leierskap in gemeentes. Prof Ian Nell (US Praktiese Teologie en Missiologie) gesels hieroor na aanleiding van

Page 13: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

onlangse navorsing wat hy in die Ring gedoen het. Belangstellendes kan sy verslag (tydens 'n internasionale kongres in Nederland voorgehou) hier lees.

Die Ring van Calvinia vergader op Maandag en Dinsdag (1-2 September) by NG Nieuwoudtville. Frederick Marais en Bossie Minnaar besoek hulle; Frederick om aandag te gee aan die probleme waarmee kleiner wordende plattelandse gemeentes worstel, terwyl Bossie oa praat oor artikel 1 en die stemproses. Daar gaan ook aandag gegee word aan enkele sake wat op die pasafgelope vergadering van die Moderamen op die tafel gekom het.

“Vir ons dominees van uitgestrekte plattelandse gemeentes wat mekaar omtrent net by Ringsittings sien, is dit iets om na uit te sien. Die Ringsitting is gewoonlik 'n lekker saamkuier geleentheid”, laat weet Nico van der Westhuizen, Calvinia se ringskriba.

Die Ringsitting van die Ring van Bellville vind elke aand vanaf 18:00 op 1 en 2 September by NG Bellville-Riebeeck plaas. Op 3 September word 'n Ringskonferensie om 19:00 gehou. Leiers, kerkraadslede en lidmate uit die verskillende gemeentes is genooi om dit saam met die predikante by te woon. Die tema is Ons is bedoel vir mekaar en die Ringsitting word in die vorm van 'n erediens aangebied, skryf Wouter Olivier, ringskriba.

Die Ring van Kaap die Goeie Hoop vergader Dinsdagaand 2 September en Woensdagaand 3 September by NG Sonnekus in Milnerton. Ds Riaan Esterhuyse (plaaslike leraar) gaan met die Ring gesels oor leierskap in gemeentes.

Riversdal se Ring vergader op Vrydag 5 September in Ladismith. Frederick Marais deel inligting oor sy navorsing oor die Stand van Gemeentes. 'n Interaktiewe gesprek word hierby ingesluit. Bossie Minnaar gesels oor die hantering van die proses rakende die wysiging van artikel 1 van die Kerkorde.

“Die Ring poog hiermee om 'n relevante byeenkoms te hê waar daar 'n wisselwerking tussen afgevaardigdes onderling en ook sinodale verteenwoordigers kan wees,” sê Deon Beyers, ringskriba.

Friedrich Claassen, ringskriba, laat weet dat die Ring van Swartland van 7-8 September by Du Vlei Konferensiesentrum vergader. Riebeek-Kasteel tree as gasheer op.

Ook op 7-8 September kom die Ring van George by NG Outeniqualand in Glentana byeen. Hulle sien uit na 'n ronde tafel-gesprek rondom die toekoms – onder leiding van Sep Serfontein, personeelkonsultant.

7en 9 September is die datums van die Ring van Swellendam se byeenkoms. Op Sondag 7 September om 18:00 gesels Quintus Heine by NG Ashton oor artikel 1, Belhar en kerkhereniging. Die Ringsitting op Dinsdag 9 September begin om 18:00, ook by NG Ashton.

Page 14: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Clanwilliam se Ring vergader op Maandag 8 September vanaf 08:30 by die NG Gemeente Vredendal. Hulle tema is Versorging, met die idee om saam te gesels en by mekaar te leer oor die versorging van gemeentelede en veral ook die versorging van predikante.

Die Ring van Mosselbaai vergader op Dinsdag 9 September by die NG Gemeente Mosselbaai-Suid. Gedurende die oggend-konferensie tree Johan Botha van die KGA as spreker op met die tema: Die NG Kerkfamilie en ons gesamentlike roeping in SA vandag. 'n Spesiale uitnodiging is aan die vier VGKSA gemeentes in die Ring van Mosselbaai (Friemersheim, Kwanonqaba, Mosselbaai en Groot-Brakrivier) gerig om saam met 'n afgevaardigde van hul kerkraad die Ringsitting by te woon.

Die Ring van Tulbagh het hierdie jaar die eerste gesamentlike Ringsitting met die VGK Ring van Tulbagh. Daarom staan op die agenda soos volg: “Agenda van die eerste gesamentlike Ringsitting van die VGK en NGK Ringe van Tulbagh soos gehou op 12 September 2014. (Honderd-drie-en-veertigste gewone vergadering van die NGK Ring van Tulbagh en spesiale Ringsitting van die VGK Ring van Tulbagh).” Die sitting vind plaas by NG Goudini in Rawsonville en die Taakspan vir Gemeente Begeleiding sal oa 'n gesprek fasiliteer, terwyl raakpunte ook gesoek sal word vir die gesamentlike funksionering van die twee Ringe.

Brackenfell se Ring vergader op 15-16 September by NG Brackenfell-Wes met die fokus op Missionêre Ekklesiologie. Die inleier is Francois Preiss van Heidekoppie-gemeente. Die Ring wil erns maak met hulle roeping om die evangelie te laat grondvat. “Ons is gestuurdes na die wêreld. Ons is veral gestuurdes na ons dorp waar ons moet kerk wees,” sê Anton Roux, ringskriba. Aandag word ook gegee aan die proses rakende artikel 1.

Wouter van Velden, ringskriba, voeg by: “Ons het ook 21 September op Tulbagh 'n feesviering om hierdie eenheid te vier en hoop om ten minste 30 persone van elke Ringsgemeente daar teenwoordig te hê.”

Die Ring van Caledon vergader vanjaar op 28 en 29 September as verenigende ring by Arniston. Daar heers groot opgewondenheid om as verenigende ring in die bekende Arniston hotel oor te slaap en deur hulle bederf te word vir die twee dae. Hulle beplan om die herenigingsproses 'n treetjie verder te neem deur daadwerklike planne op die tafel te sit en ook van stapel te stuur, laat weet Barend Smit uit Napier.

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

FAKULTEIT TEOLOGIEKONFERENSIE-AANKONDIGING

Page 15: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

HERVERHOOR VAN GELOOFSGEMEENSKAPPE SE AANBIEDINGS AAN DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) – MET ‘N SPESIFIEKE FOKUS OP

VERSOENING IN POST-WVK SUID-AFRIKA

Aangebied deur die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch in samewerking met die Desmond & Leah Tutu Legacy Foundation

Datum: 8-9 Oktober 2014

Tyd: 09:00-16:00 (albei dae)

Lokaal: Hofmeyrsaal, Kerkstraat, Stellenbosch

Die doelwitte van die herverhoor van geloofsgemeenskappe soos deur die WVK:By die Waarheid-en-Versoeningskommissie se Geloofsgemeenskappe-verhoor in 1997 het verskillende Christelike kerke, sowel as ander geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika, voorleggings gedoen oor hul rol in die geskiedenis van ons land asook hul verbintenis tot die toekoms. In die gees van 20 jaar van demokrasie word geloofsgemeenskappe weer genooi om hul rol in Suid-Afrika vandag te bespreek.

Die doelwitte van die herverhoor is:- Om die proses van versoening weer terug op die hoof-agenda van alle geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika te plaas;- Om ʼn bydrae te maak tot versoening en nasionale eenheid in die huidige Suid-Afrikaanse konteks;- Om by te dra tot die ontwikkeling van verantwoordelike en realistiese versoeningstrategieë vir geloofsgemeenskappe, en om praktiese voorstelle te maak oor hoe die uitdagings van versoening en nasiebou in ons land aangespreek kan word.

Struktuur van die program: Die WVK-herverhoor sal gelei word deur die Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu as voorsitter, bygestaan deur sommige van die WVK kommissarisse.

Dag 1 en die oggend van Dag 2 sal bestaan uit bydraes van die godsdiensleiers wat in 1997 voor die WVK getuig het, gevolg deur bydraes oor versoening deur huidige godsdiensleiers.

Tydens die middagsessie van Dag 2 sal plaaslike en internasionale deelnemers voorleggings doen.

Die laaste sessie op Dag 2 sal fokus op voorstelle vir die pad vorentoe.

Let wel:

Page 16: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Tee/koffie sal bedien word. Konferensiegangers is verantwoordelik vir hul eie etes.

Parkering: Beperkte parkering is beskikbaar op die gronde van die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.

Kontak:Vir verdere inligting, kontak:Prof Christo Thesnaar, e-pos [email protected]; Helette van der Westhuizen, e-pos [email protected] of skakel 021 808 9560 gedurende kantoorure.

Dit is noodsaaklik om u plek te bespreek. RSVP by Lee-Anne Roux per e-pos [email protected] voor of op 1 Oktober 2014.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NIMSA (NETWORK FOR INTERIM MINISTRY IN SOUTHERN AFRICA)

UITNODIGING NA JAARVERGADERING

Alle persone van enige kerklike denominasie wat op die een of ander manier (as leraar of as brugleraar) by gemeentebediening betrokke is, word hartlik uitgenooi om NIMSA se jaarvergadering by te woon. Die besonderhede is soos volg:

Datum: 2 Oktober 2014.Plek: NG Kerk Greymont, Johannesburg (Rigtingaanwysings sal voorsien word by inskrywing). Die terrein is naby die N1-snelweg en naby Rosebank-stasie van die Gautrein).Tyd: Registrasie begin 09:30. Die vergadering duur van 10:00 tot 19:00.Koste: R 100,00 per persoon (sluit alle koste en etes is).Tema: Gemeentebediening vindingryk bekyk.

Spreker: Ds Hannes J van Rensburg van die Ned Hervormde Kerk, Zuurfontein. Hy het die voorreg gehad om die onlangse konferensie van die Interministry Network in St Louis, Missouri by te woon waar oor die eietydse bediening en gemeente-wees nuut gedink is. Die onderwerp is van groot waarde vir die brugbediening, asook vir elke leraar se gewone bediening en help om eietydse kerk-wees te verstaan.

Vir meer besonderhede oor NIMSA kan u na die webblad gaan kyk: www.nimsa.co.za

Page 17: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Laat weet asseblief so gou moontlik as u sou belangstel om dit by te woon. Kontak dr Martin Lazenby by [email protected] of by 079 493 4957.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE STELLENBOSCH-WESDIE PREEK VAN DIE LEEK

Die preek van die leek is ’n inisiatief wat in Nederland ontstaan het en wat verlede jaar die eerste keer ook in Suid-Afrika, en wel in Stellenbosch geloods is. Vroeër het predikante groot invloed op die samelewing gehad. Hierdie rol word in 'n moderne samelewings dikwels deur skrywers, komediante, joernaliste, politici en wetenskaplikes oorgeneem, veral wanneer dit kom by die kweek van ʼn profetiese bewussyn oor brandende kwessies in die samelewing.

Die NG Kerk Stellenbosch-Wes skep graag weer hierdie jaar 'n ruimte vir persone uit hierdie omgewings met ʼn Bybelteks in die hand om op die kansel te klim. Ons is nuuskierig om te sien hoe die optrede van so ʼn persoon binne die ruimte van ʼn kerkdiens kan tuiskom waar daar gebid, gesing, gelees en gepreek word.

Die openbare figure wat gaan preek, is nie gekies op grond van hul religieuse geloofsoortuigings nie, maar op grond van hul dapper en kreatiewe deelname aan openbare debatte en hul invloed in die samelewing.

Ons verwelkom hierdie jaar dan ook graag die volgende persone as predikers:7 September om 18:00 – Jannie Durand (Hoof Uitvoerende Beampte van Remgro)14 September om 18:00 – Martelize Brink (RSG Omroeper)21 September om 18:00 – Jean Oosthuizen (Oud-nuusredakteur van Kerkbode)28 September om 18:00 – Louise du Toit (Professor in Filosofie aan die US)

Die preekgeleenthede sal plaasvind op Sondagaande om 18:00 in die kerkgebou van Stellenbosch Wes-gemeente (op die hoek van Alexander- en Papegaaistraat).

Meer inligting oor die projek is te vinde by:www.preekvandieleek.co.za ofhttps://www.facebook.com/PreekvandieLeek

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

Page 18: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

NG GEMEENTE SONNEKUSEENHEIDSWEEK

Vanaf 8-12 September vergader die Roomse Katolieke Kerk, die Anglikaanse Kerk, die Presbiteriaanse Kerk, die Metodiste Kerk, die Baptiste Kerk en die NG Kerk van Milnerton elke aand vanaf 19:00 in die kerkgebou van die NG Gemeente Sonnekus.

'n Geestelike aanbieding met die tema geneem van die boek van John Orton getiteld If you want to walk on water, you must get out of the boat word elke aand deur 'n ander leraar van een van die kerke aangebied.

Daar word ook elke aand heerlik saamgesing en musiek gemaak deur die onderskeie kerke.

Na die aanbieding word tee, koffie en verversings in die kerksaal verkoop. Die inkomste van die kollektes tydens die byeenkomste en die verkoop van die verversings gaan aan behoeftige kinders van die gemeenskap van Milnerton.

Almal word uitgenooi na die geleenthede.

Byeenkoms te NG Kerk Sonnekus, hoek van Ceres-en Parklaan, Milnerton.

Navrae: 021 552 2689 of [email protected].

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

MISSIE JAPANʼn Vennootskap tussen die NG Kerkfamilie en die Reformed Church in Japan.

In biddende afhanklikheid wil Missie Japan begin met ʼn proses om nuwe sendelinge na Japan uit te stuur.

Profiel: • Gelegitimeerde leraar van die NG Kerkfamilie (verkieslik getroud),• of ʼn gekwalifiseerde onderwyser (of getroude egpaar) met ondervinding. • Tussen 25 en 40 jaar oud. • Oortuigde sendingroeping - om sendeling in Japan te wees, is ʼn lewenslange roeping.• Nederigheid, aanpasbaarheid en deursettingsvermoë, veral in ʼn kruiskulturele konteks. • Bereidheid om Japannees aan te leer.

Page 19: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

• Verankering in die gereformeerde (en evangeliese) tradisie, met sensitiwiteit vir ander geloofstradisies, godsdienste en kulture.

Rig navrae voor 31 Oktober 2014 aan: Dr Gideon van der WattMissie Japan Kantoor Posbus 11412 Universitas 9321

E-pos: [email protected] Tel: 051 406 6729 (k)

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

BADISAHUIS UITVLUCHT, MONTAGU

VERPLEEGKUNDIGE

Huis Uitvlucht in Montagu is 'n tehuis vir Bejaardes, 'n program van Badisa, die gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk Wes-en-Suid-Kaapland en die VGKSA Kaapland.

Vereistes/Take

● Geregistreer by SAVR● Goeie menseverhoudings● Moet in spanverband kan saamwerk● Bestuur van verpleegpersoneel● Geldige rybewys● Eie indemniteit doen● Rekenaarvaardig wees.

Voordele:Mededingende Salaris13 de TjekMedies en PensioenBaie aangename werksomstandighede

Rig volledige CV aan: Die BestuurderPosbus 14Montagu 6720

Page 20: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Navrae: 023 614 1480 of e-pos na [email protected]

Aansoeke sluit op 30 September 2014.

Terug na Hoofblad.

-------------------------------------------------------

NOORDELIKE SINODEBEDRYFSKOÖRDINEERDER:SINODALE ONDERSTEUNING

Hierdie is ’n nuwe pos wat deur die SDR van die Noordelike Sinode goedgekeur is om die doelwitte van die Noordelike Sinode en die samewerking tussen ringe en die Sinode se strukture te koördineer en leiding te gee.

Die ideale kandidaat sal:1. ’n Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wees2. In staat wees om leiding te neem in die prosesse oor bemagtiging van ringe in die Noordelike Sinode met inbegrip van opstel en bestuur van samewerking-ooreenkomste tussen ringe en die Sinode.3. Die bemarking van die Sinode se werksaamhede te koördineer4. Die vermoë hê om leierskap te ontwikkel met klem op mentorskap van jong leraars in samewerking met ringskommissies, 5. Die vermoë hê om sinodale werksaamhede te koördineer met inbegrepe van skribaat van sinode.

’n Volledige posbeskrywing is by Hermien Swart beskikbaar by [email protected], tel: 012 440 6525

Die proses om ’n kandidaat te identifiseer geskied deur nominasie deur SDR-lede. Ringskommissies en individue word genooi om met enige SDR-lid te skakel met die oog op persone aan die SDR-lede deur te gee vir nominasie ('n SDR-kontaklys is ook by [email protected] beskikbaar).

’n Vergoedingspakket binne Sinodale riglyne word aangebied en ooreenkomste oor die datum van werk aanvaarding sal met die suksesvolle persoon wat deur die SDR aangestel word onderhandel word.

LW: Sluitingsdatum vir nominasies is reeds 10 September 2014

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

Page 21: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

ATHLONE EN HANOVER PARKMaandag 18 Augustus 2014

Tiana Bosman NG Gemeente Pinelands

Tydens die vergadering van die Conventus van Gereformeerde Kerke vroeër vanjaar in Athlone (by die Calvynse Protestantse Kerk as gasheer-kerk) het die gedagte by my ontstaan om as 'n gemeente aan die ander kant van die N2 in Pinelands betrokke te begin raak by die lewens van ons susters en broers in Athlone en Hanover Park. Wat my veral ontroer het, was die voorval van die 16-jarige seun wat treë van waar ons vergader het, doodgeskiet is terwyl die vergadering aan die gang was. Dit was die Dinsdag voor Aswoensdag en die predikante het ons genooi om die waak (vigil) by te woon wat op Aswoensdag sou plaasvind, maar ek moes toe reeds 'n diens by ons eie kerk lei. Ek is weer genooi en wéér genooi om by die gemeente te gaan preek, en op Sondag 17 Augustus was ek toe daar aan die woord. Die gemeente het my met ope arms en baie liefde verwelkom.

Op uitnodiging van die gemeente besoek ek en Ben du Toit op Maandag 18 Augustus die gebied en ontdek die Cease Fire inisiatief. Pastoor Craven Engels van die Pinkster Protestantse Kerk in Hanover Park bestuur hierdie projek. Daar word deurgaans van Engels terminologie gebruik gemaak om die projek te beskryf. Van die terme sal noodwendig deel vorm van hierdie verslag.

Cease Fire is gerig daarop om bendegeweld in Athlone en Hanover Park aan bande te lê. Dit is gebou op 'n epidemiologiese model. Geweld en middelafhanklikheid (veral tik en heroïen) word gesien as 'n epidemie of siekte (disease). Die bendelede is die “transporters of violence”, die draers van geweld. Hulle kontamineer ander deur hoe hulle praat, hoe hulle leef op straat en aan wie hulle verbonde is (byvoorbeeld 'n bendelid se jonger boetie staan 'n groot kans om “aan te steek” by die broer en so ook in die bendekultuur betrokke te raak).

Met hul 5 Pilare-Plan poog Cease Fire om die hele gemeenskap by die minimalisering van bendegeweld getrokke te kry – en dit behels die volgende:1. Interrupter (sien na 5 hieronder vir omskrywing)2. Outreach worker (sien na 5 hieronder vir omskrywing)3. Mobilisasie van die gemeenskap (community mobilization). Die geloofsleiers se betrokkenheid is van kardinale belang. As 'n geloofsleier 'n negatiewe boodskap oordra, kompliseer dit Cease Fire se werk. Indien die geloofsleier egter 'n positiewe boodskap oordra (verkondig), dan help dit vir Cease Fire. Bendelede steur hulle nie veel aan wat die polisie sê nie, maar hulle het wel nog baie respek vir die pastoor of die Imam. 4. Opvoeding en onderrig aan die gemeenskap (public education). Kursusse soos konflikbestuur en effektiewe kommunikasie word onder meer gedurende die

Page 22: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

week op Cease Fire, se perseel maar ook by hul rehabilitasiesentrums aangebied. In Hanover Park het hulle 'n rekenaarkamer met internet toegang waar skoolkinders smiddae hul navorsing vir skoolprojekte kan kom doen.5. Evaluering (monitoring and evaluation). Universiteit Kaapstad is betrokke by Cease Fire se projek. Hulle doen eksterne navorsing. Hulle bied ook kursusse aan in kriminologie – van Cease Fire se werknemers is self ingeskryf vir hierdie kursusse.

Interrupters is eks-bendelede (kwalifikasies behels onder meer dat hulle in die tronk moes wees; iemand geskiet het, of self geskiet is, ens) wat hulle lewens verander het, genees is van die bende-epidemie, opleiding ontvang het deur Cease Fire, met 'n minimum van 80% geslaag het, en nou aangestel is as publieke gesondheidswerkers (public health professionals).

Die interrupter tree tussenbeide in 'n konflik situasie, en plaas 'n transporter/ kontamineerder (bendelid) in kwarantyn, dws sonder hom af in 'n kamer, woonstel of huis om alleen met hom te praat. Die interrupter stel dan 'n ander alternatief op die lewe voor: “Los die dwelms, los die bendes, word gesond, kry 'n werk – ONS SAL JOU HELP EN DIT SAL NIKS KOS NIE. Ons sal jou nie los totdat jy gereed is om op jou eie voete te staan nie.”

Indien die persoon “inkoop” in die hulp wat aangebied word, as hy dus wil verander, doen 'n outreach worker 'n assessering op hom. Hierdie assessering word professioneel gedoen en die inligting word in 'n databasis gestoor. Verskillende programme is beskikbaar vir die gerehabiliteerde bendelid: Daar is die werkgereedsheids-program, die halfway house, programme vir die ontwikkeling van vaardighede en dies meer. Die persoon word weer geïntegreer in 'n werk. Hy/sy is nie meer aansteeklik nie en kan daarom nie meer die kiem oordra nie.

Interrupters werk die hardste tussen 10:00 en 03:00 wanneer die bendes op hul aktiefste funksioneer.

Cease Fire werk met skiet-response (shooting responses) en rou-response (grieving responses). Eersgenoemde is nodig wanneer daar onderling tussen die bendes geskiet word. Cease Fire se mense (interrupters) wat via selfone wat mekaar ge-netwerk word en deurlopend vanuit die operasionele beheerkamer met GPS gemoniteer word, word in kennis gestel van die skietery, die straat of straathoek waar dit plaasvind, wie op wie skiet, watter bendes betrokke is, of iemand dalk al doodgeskiet is, alles. Interrupters word onmiddellik daarheen ontplooi. Terwyl een met die skieter gaan onderhandel, is daar gewoonlik vyf ander op stand-by. Die tegnologiese ondersteuning van die sisteem is werklik indrukwekkend.

'n Rou-respons is wanneer iemand wel doodgeskiet is. Die identiteit van die persoon word dadelik vasgestel, familie word in kennis gestel en mense gaan uit om daar berading te doen, Cease Fire evalueer die moontlike onmiddellike gevolge van die gebeurtenis – is daar dalk 'n volgende teiken wat uit hierdie

Page 23: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

dood sal voortspruit (die broer van die boetie wat geskiet is, wil dalk die suster van die skieter gaan skiet), en opgeleide mense gaan daarheen om te help.

Cease Fire doen ook gang mediation. Dit is wanneer hulle met die betrokke bendes onderhandel vir 'n skietstilstand in 'n spesifieke area vir 'n bepaalde tyd, byvoorbeeld 'n 100 dae skietstilstand sodat kontrakteurs kan inkom om herbouings aan 'n skool te doen of om sypaadjies te herstel. Cease Fire het insae in die werkgeleenthede wat deur hierdie ingekontrakteerde projekte gedoen word. Indien die bendes dus instem om hulle te verbind tot 'n skietstilstand vir daardie termyn, dan onderneem Cease Fire om aan soveel as moontlik van hulle familielede (broers, pa’s, ooms…) werkgeleenthede te gee vir daardie tydperk. (Die bendelede werk nie self nie. Hulle dryf handel met dwelmmiddels en hulle steel. Verder maak hulle staat op die inkomste van hul meisies en hul families om hulle te onderhou.)

Die werknemers van Cease Fire se kredietwaardigheid onder die bendelede word hoog op prys gestel. Om die respek van die bendes te verdien en te behou dra die interrupters nie bulletproof vests nie. Hulle infiltreer ook nie die areas waar hulle voorheen toe hulle nog self bendelede was as die vyand beskou is nie. 'n Eks-28er sal dus nooit as interrupter gaan werk in die gebied van die Playboys nie, en omgekeerd. Die protokol van die konteks word gehonoreer.

Cease Fire net nog nie een werker deur geweld verloor nie – wat boekdele skryf vir hulle kredietwaardigheid.

Jongmense wat aan verslawing ly of 'n hoë risiko loop om by dwelms en bendes betrokke te raak, kriminele oortreders en bendelede wat hul lewens wil verander, kry die geleentheid om na een van twee rehabilitasiesentrums te gaan: Camp Mercy en Camp Joy, beide in Strandfontein. Hier bly hulle vir 'n tydperk van ses weke, hulle gaan deur die aanvanklike proses van genesing, detox, terapie en groepsessies. Camp Mercy fokus op die sagter oortreders of die persone wat nog nie ernstig in die kultuur van dwelms en geweld opgeneem is nie, maar wat wel 'n groot kans staan om daarvan deel te word. Vir hulle kos dit R 3 200 om vir ses weke by Camp Mercy te wees. Niemand word egter ooit weggewys weens 'n gebrek aan geld nie. Camp Joy huisves die ernstiger oortreders en middelafhanklikes, geweldenaars, mense op parool… Hierdie mense betaal niks om na die kamp te gaan vir ses weke nie. Die uitgangspunt is dat hulle reeds baie siek is en dat beide hulle sowel as die gemeenskap sal baat by hul genesing. Dit is dus van kardinale belang om bywoning van die kamp so toeganklik as moontlik te maak – mense wat so siek is en so ernstig hulp benodig, moet nie nog daarvoor betaal ook nie…

Dit het deur die loop van die dag vir ons duidelik geword dat Cease Fire 'n projek is wat wérk. Ons het dit gesien. Ons het die mense ontmoet wie se lewens deur hierdie program verander is. Ons het dit nie net in hulle woorde en verhale gehoor nie, maar ook in hulle handdrukke en omhelsings gevoel, en meeste van alles het ons dit in hulle oë gesien. Daar ís lewe, daar ís hoop. Die uitdrukking “mens kan dit nie oorvertel nie” is hier van toepassing. Ek het selfs gedink “dis

Page 24: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

te goed om waar te wees”. Die verhaal van hoop binne Athlone en Hanover Park (deel van die Cape Flats) en die rol wat Cease Fire speel, is iets wat nie voldoende met woorde oorgedra kan word nie.

Mens moet dit self sien om dit te glo. Ek sou so graag meer geloofsleiers en gelowiges wil aanmoedig om te gaan kyk wat alles aan die gebeur is, sodat, nadat die skille van ons eie oë afgeval het, ons dalk op 'n nuwe anderste manier kan saampraat oor vennootskappe bou, hande vat en betrokke raak by inisiatiewe wat reeds die koninkryk in die Kaapse Vlakte sigbaar maak. Intussen kan mens ook meer te wete kom deur na die volgende video te gaan kyk om te ontdek hoedat hierdie projek deur die Kaapse stadsraad ondersteun word. Klik hier https://www.youtube.com/watch?v=no_IS29fpKo en kyk die video tot op die einde om te sien hoe die vervaardigers hiervan op hierdie blootstelling reageer het.

Die huidige inwoners van Camp Mercy en Camp Joy is so trots op hul eie genesing en ontwikkeling en groei, dat hulle vir my en Ben genooi het om ons maats saam te bring en hulle gradeplegtigheid op 19 September by te woon. Ons het hulle gesien op hul pad na genesing. Nou gaan ons die geleentheid hê om hulle te sien wanneer hulle die kamp verlaat en met hoop in hulle oë teruggaan na 'n gemeenskap wat hulle nie sal los nie.

Terug na Hoofblad.

-------------------------------------------------------

GEBEDHere ons God, ons kom bid vir mekaar.Ons kom saam dankie sêvir die wonders van die lewe.Ons bid saam met en vír diegenewat sukkel om te bly gloomdat dit nie lyk of dit help nie,en omdat hulle - en ons - nie verstaanhoekom verkeerde dinge gebeurin 'n wêreld wat U reg geskep het nie.Ons vra dat daar tog elke dag vir elkeen van onsoomblikke van herkenning sal weeswanneer ons u werklike teenwoordigheidin ons lewens kan raaksien -en kan voortgaan om te glo.Amen

Uit Gebedeboek vir die Lewe 2007 (p 252)(Ben du Toit, na aanleiding van Lukas 24: 15 – 31)

Page 25: Web view-veldtog: 'n Jong man, gerehabiliteer vir middelafhanklikheid, word met sy terugkeer en nasorg deur die maatskaplike werker gewaarsku dat hy nie meer in die kroeg

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------