afrikaansgraad10.files.wordpress.com  · web viewontspanningsdanse wat vir die pret gedoen word,...

12
PUNTE: 40 TYD: 1 uur GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL TOETS 2 SEPTEMBER 2012

Upload: truongthuan

Post on 24-Mar-2019

212 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: afrikaansgraad10.files.wordpress.com  · Web viewOntspanningsdanse wat vir die pret gedoen word, is volksdanse en danse soos die wals. Volksdanse het na die Tweede Wêreldoorlog

PUNTE: 40TYD: 1 uur

GRAAD 10

AFRIKAANSEERSTE ADDISIONELE TAAL

TOETS 2

SEPTEMBER 2012

Page 2: afrikaansgraad10.files.wordpress.com  · Web viewOntspanningsdanse wat vir die pret gedoen word, is volksdanse en danse soos die wals. Volksdanse het na die Tweede Wêreldoorlog

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELINGS A, B en C.

AFDELING A: Leesbegrip (15 punte)

AFDELING B: Opsomming (10 punte)

AFDELING C: Taal (15 punte)

2. Beantwoord ALLE vrae.

3. Begin elke afdeling op ‘n nuwe bladsy.

4. Nommer presies soos op die vraestel.

5. Nommer in die middel van die bladsy en laat ‘n reël oop tussen jou antwoorde.

6. Gee besondere aandag aan spelling en sinsbou.

7. Skryf netjies en leesbaar.

Eksaminator: M. M. Rass Moderators: F. Manuel/G. Hessler 2

Page 3: afrikaansgraad10.files.wordpress.com  · Web viewOntspanningsdanse wat vir die pret gedoen word, is volksdanse en danse soos die wals. Volksdanse het na die Tweede Wêreldoorlog

AFDELING A

VRAAG 1

Lees onderstaande teks deeglik deur en beantwoord dan die vrae.

Dans vertel ’n storie

1.Of dit by ’n matriekafskeid, teater, of om ‘n kampvuur in die Kalahari gebeur, mense van regoor die wêreld dans! Wanneer ons dansbewegings maak, druk ons ons emosies en idees wat ’n storie vertel, uit. Om dit te kan doen, gebruik jy ritmiese bewegings op die maat van musiek of ritmiese klanke.

2.Die oermense het gedans omdat hulle nog nie kon lees of skryf nie. Op hierdie manier het hulle hul tradisies aan die kinders oorgedra.

3.Ontspanningsdanse wat vir die pret gedoen word, is volksdanse en danse soos die wals. Volksdanse het na die Tweede Wêreldoorlog nuwe lewe gekry. Daar is toe klubs, kursusse en internasionale byeenkomste gereël, handboeke geskryf en musiek verkoop.

4.By jongmense se danspartytjies soos sokkies en disko’s help dans die jeug om van hulle opgehoopte energie ontslae te raak. Daar is egter ook jongmense wat dansplekke as probleemareas beskou en dit vermy.

5.Rituele danse speel ’n groot rol in baie godsdienste. Mense gebruik dié danse om gode te vra vir reën, om siek mense gesond te maak of om te vra vir vrugbaarheid van mense, landerye en diere. In Borneo dans hulle die hele nag deur om die reëngeeste wakker te maak. In die Zoeloe-kultuur wys die rietdans op die skoonheid en reinheid van die ongetroude vroue.

6.Ná 35 jaar as internasionale dansers wou Twala en Nyandeni hul ervarings, kennis en geld in die Suid-Afrikaanse jeug terugploeg. Dit is hoe die saadjie vir die musiekblyspel, Umoja, in die tagtigerjare gesaai is. Deur ’n mengsel van musiekstyle, almal eie aan Afrika, vertel Umoja vir die mense oorsee hoe ons lewe. Umoja vertel van die lewe op ons platteland én in die stad, van tradisionele danse tot die leefstyl in Sophiatown.

[Verwerk uit: Huisgenoot, 9 Junie 2006 en Rapport, 19 Junie 2006]

1.1 Skryf 5 agtereenvolgende woorde uit die eerste paragraaf neer wat beteken dat alle volke in dans belangstel. (1)

1.2 Noem een ding wat ’n danser oor homself/haarself aan die gehoor vertel. (paragraaf 1) (1)

1.3 Skryf ’n definisie van dans uit paragraaf 1 neer. Begin so: Dans is .. (1)

Eksaminator: M. M. Rass Moderators: F. Manuel/G. Hessler 3

Page 4: afrikaansgraad10.files.wordpress.com  · Web viewOntspanningsdanse wat vir die pret gedoen word, is volksdanse en danse soos die wals. Volksdanse het na die Tweede Wêreldoorlog

1.4 Wat was die rede waarom oermense gedans het? (1)

1.5 Kies die korrekte antwoord:

‘Volksdanse het na die Tweede Wêreldoorlog nuwe lewe gekry’ beteken dit het ...

A weer populêr gewordB uitgesterfC doodgegaanD lewendig geword (1)

1.6.1 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? (1)

Alle jongmense dans hul energie by sokkies en disko’s uit.

1.6.2 Haal EEN sin aan om jou antwoord te bewys. (1)

1.7 Noem EEN rede waarom mense rituele danse uitvoer. (1)

1.8 Wie bring die reën volgens die mense van Borneo? (1)

1.9 Watter woord in paragraaf 6 sê vir ons dat verskillende musiekstyle inUmoja saamgevoeg is? (1)

1.10 Stem jy saam dat dans ’n effektiewe vorm van kommunikasie is? Motiveer.(1)

[11]

VRAAG 2

Eksaminator: M. M. Rass Moderators: F. Manuel/G. Hessler 4

Page 5: afrikaansgraad10.files.wordpress.com  · Web viewOntspanningsdanse wat vir die pret gedoen word, is volksdanse en danse soos die wals. Volksdanse het na die Tweede Wêreldoorlog

Kyk na en lees onderstaande spotprent deeglik deur en beantwoord dan die vrae.

[Uit Beeld, 1 Oktober 2011]2.1 Watter visuele bewys in die strokiesprent is daar dat Nols ’n rugbyondersteuner is? (1)

2.2 Kies die korrekte antwoord:

Die masjien waarmee Nols die gras moet sny, is ‘n (grassnyer/grasmasjien) (1)

2.4 Hoe weet ons dat Nols se vrou ongelukkig oor die lang gras is? (1)

2.5 Dink jy Nols het hom aan sy vrou gesteur? Skryf JA/NEE en motiveer dan jou antwoord. (1)

[4]/15/

AFDELING B: OPSOMMING

Eksaminator: M. M. Rass Moderators: F. Manuel/G. Hessler 5

Page 6: afrikaansgraad10.files.wordpress.com  · Web viewOntspanningsdanse wat vir die pret gedoen word, is volksdanse en danse soos die wals. Volksdanse het na die Tweede Wêreldoorlog

VRAAG 3 Lees die tydskrifartikel oor Aardklop-feeswenke aandagtig deur. Skryf SEWE nuttige WENKE vir feesgangers neer om die feeservaring

aangenamer te maak. Skryf elke wenk in ’n goeie volsin neer. Jy mag slegs een sin oor elke wenk skryf. Skryf jou sinne PUNTSGEWYS van nommer 1 tot nommer 7 neer. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. Dui die getal woorde aan die einde van die opsomming aan. Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 70 woorde skryf of as jy nie die getal

woorde aandui nie.

Aardklop-feeswenke [AANGEPAS UIT: HUISGENOOT 4 Oktober 2011]

Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom is hier. Om seker te maak dat jy voorbereid is, is daar ’n paar nuttige wenke vir feesgangers om die feeservaring nog aangenamer te maak.

Koop sommer met die intrapslag ’n feesgids (beskikbaar teen ’n skamele R30). Dit is nie net ’n herhaling van die brosjure nie. Dit bevat rolverdelings sodat jy kan weet wie is wie en in die geval van klassieke uitvoerings die volledige programme.

Bestudeer die kaart van Potchefstroom en die Puk-kampus (agter in die feesgids) noukeurig. Maak seker dat jy genoeg tyd inruim om van een produksie na die ander te kom. Dit is wenslik om ’n wye draai om die Aardklop-sone rondom die feesterrein te ry (duidelik gemerk op die kaart) – so vermy jy verkeersknope.

Moenie onwettig parkeer nie. Dit veroorsaak versperrings en mag dalk net daartoe lei dat jou motor geskut word. Amptelike parkeerterreine word op die kaart aangedui. Of nog beter – maak gebruik van die pendeldiens (by die Computicket-kaartjieskantoor in Borcherdstraat oorkant Dingo’s se fietswinkel). Op dié manier ondersteun jy ook die plaaslike gemeenskap.

Eksaminator: M. M. Rass Moderators: F. Manuel/G. Hessler 6

Page 7: afrikaansgraad10.files.wordpress.com  · Web viewOntspanningsdanse wat vir die pret gedoen word, is volksdanse en danse soos die wals. Volksdanse het na die Tweede Wêreldoorlog

Maak seker dat jy genoeg vitamiene (en kopseerpille) saambring. Die fees kan nogal sy tol eis.

Pak iets warms in. Vroegoggend en later in die aand kan dit nogal koelerig wees in Potchefstroom. Hou die baadjie of trui sommer in die motor se kattebak om seker te maak dat dit byderhand is wanneer jy dit nodig kry.

Wees waagmoedig. Bespreek ’n kaartjie vir ’n produksie wat jy nie normaalweg sal kies nie. Jy mag dalk net aangenaam verras wees.

En behou jou humorsin. Dit is immers ’n feestelike geleentheid waar almal byeenkom om die uitvoerende kunste te beleef en in goeie gees saam te kuier.

TOTAAL VIR AFDELING B: 10

AFDELING C: TAAL IN KONTEKSVRAAG 4Lees en kyk na die onderstaande illustrasie en feite oor swangerskap onder tienersmeisies en beantwoord die vrae.

Eksaminator: M. M. Rass Moderators: F. Manuel/G. Hessler 7

Page 8: afrikaansgraad10.files.wordpress.com  · Web viewOntspanningsdanse wat vir die pret gedoen word, is volksdanse en danse soos die wals. Volksdanse het na die Tweede Wêreldoorlog

(4.1)14 en swanger

VRAE

4.1 Skryf die nommer 14 voluit neer. (1)

4.2 Skryf die intensiewe vorm van vinnig neer. (1)

4.3 Kies die korrekte antwoord:

Die antoniem vir toegeneem is (afgeneem/opgeneem/aangeneem). (1)

4.4 Skryf die onderstreepte afkorting voluit neer:

Baie meisies raak swanger a.g.v. verskillende sosiale omstandighede. (1)

4.5 Skryf die persoonsnaam van speel neer. (1)

4.6 Skryf die meervoud van risiko neer. (1)

4.7 Gebruik die woord arm in ‘n sin waarin die betekenis verskil van dié in die leesstuk. (1)

4.8 Vervang slegs met ‘n gepaste sinoniem. (1)

4.9 Kies die korrekte woord:

Eksaminator: M. M. Rass Moderators: F. Manuel/G. Hessler 8

(4.2)VINNIGE FEITE OOR SWANGER TIENERS Die (4.3)aantal swanger leerders het tussen 2004 en 2008 (5.4)toegeneem. Die meeste tieners wat swanger raak, is tussen 17 en 19 (5.5)jaar oud. Sosiale omstandighede, waaronder armoede en die teenwoordigheid al dan nie

van die ouers, (5.8)speel 'n groot rol in 'n tiener se (5.9)risiko om swanger te word.

Swangerskap is meer algemeen in skole met minder hulpbronne, asook in (5.10)arm gemeenskappe.

(5.11)Slegs 3% van aborsies wat op tieners gedoen word, is wettig. 'n Derde van tienerma's gaan terug skool toe nadat hul (5.12)baba gebore is.

Page 9: afrikaansgraad10.files.wordpress.com  · Web viewOntspanningsdanse wat vir die pret gedoen word, is volksdanse en danse soos die wals. Volksdanse het na die Tweede Wêreldoorlog

Tienermeisies (wat/wie) se kêrels hulle bystaan, het baie meer selfvertroue.(1)

4.10 Voltooi die hoe-sin deur die sin korrek oor te skryf..

Hoe (arm) die gemeenskap is, hoe (groot) is die aantal tieners wat swanger raak. (1)

4.11 Skryf die onderstaande sin in die ontkennende vorm:

Alle tienerma’s gaan na hul baba se geboorte terug skool toe. (1)

4.12 Skryf die onderstaande sin in die infinitief oor:

Tienermeisies moet meer verantwoordelik wees.

Begin so: Tienermeisies behoort.... (1)

4.13 Skryf in die indirekte rede:

Charissa sê: “Ek dink die beste oplossing is om te wag vir die huwelik.” (1)

4.14 Verbind die onderstaande sinne d.m.v. die voegwoord “omdat”: (1)

Tieners moenie voorhuwelikse seks hê nie. Dis te veel verantwoordelikheid.

4.15 Skryf die volgende sin in die lydende vorm: (2)

Baie tieners vermy voorhuwelikse seks .

[15]

TOTAAL 30 + 10 + 40 = 80

Eksaminator: M. M. Rass Moderators: F. Manuel/G. Hessler 9