rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/kandelaar-17-februarie-2019.docx  · web...

15
Die Kandelaar – 17 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134 E-pos: [email protected] WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste ROOIKERK-EREDIENSTE 09:00 Hannes Teks: Jesaja 55:1-6 Tema: Sink 'n put of span draad 09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe 18:00 Hannes (Luisterdiens) Teks: Johannes 4:5-43 Tema: Bloei die pomp Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds Volgende Sondag 09:00 Frans Oosthuizen (Hannes Gebedsbediening “Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape,

Upload: lamdan

Post on 19-Feb-2019

226 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/Kandelaar-17-Februarie-2019.docx  · Web viewTema: Bloei die pomp. Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds. Volgende

1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die

Kan

dela

ar –

17

Febr

uari

e 20

19Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-WesAbsa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134

E-pos: [email protected]: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes

Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00

Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is.

ROOIKERK-EREDIENSTE

09:00 HannesTeks: Jesaja 55:1-6Tema: Sink 'n put of span draad

09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe

18:00 Hannes (Luisterdiens)Teks: Johannes 4:5-43Tema: Bloei die pompDeurkollekte: Teologiese Studente-

Ondersteuingsfonds

Volgende Sondag

09:00 Frans Oosthuizen (Hannes preek by Striata)

Gebedsbediening“Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig,

kom ons kniel voor die Here ons SkepperHy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape,

deur sy hand versorg.”Psalm 96:6 en 7.

Page 2: rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/Kandelaar-17-Februarie-2019.docx  · Web viewTema: Bloei die pomp. Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds. Volgende

VERJAARDAEBaie geluk aan elkeen wat vandag of in

die volgende week verjaar.17 Febr Zeané Haywood 0514331407 Corné Huisamen 0725654727 Nicolene Liebenberg 0845225904 Estelee Tolken 0725948868 Trudie van Niekerk 081429712518 Febr Henry Botes 0824502597 Chris Johan Steenekamp Willie Steyn 0828049020 Francois Wannenburg

076428506219 Febr Danél Fick 0835326297 Laureen Oosthuizen 0824443462 Roelie Opperman 0718950992 Issie Strauss 083301766520 Febr Sally Joubert 0813058675 Kayle Spalding 21 Febr Carina Dippenaar 0798826151

Marietjie Klopper 0823760662 Bianca Koen 0834627009 Janet Vorster 071157381222 Febr Domonic Basson 0722700396 Berta Booysen 083703181923 Febr Dup du Preez 0725930392 Grobbie Grobler 0832806203 Rina-Mari le Roux 0781038788

2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

WELKOM

Besoekers en nuwe lidmate, kom ontmoet die Nuwelidmatespan ná die erediens by

die Inligtingstoonbank.

LIEF EN LEED Kom ons bid vir ons siek mense in die gemeente – vir dié op die lys asook vir die wat nie hier gelys is nie. Ons vra voorbidding vir hulle en hulle gesinne.Stern Visagie sterk tuis aan.Sophie Potgieter sterk tuis aan na 'n operasie.Lindi Muller het ʼn skildklieroperasie gehad.Jozè Ebing, wat in Februarie vir kankeroperasie gaan.Bossie Knoetze is tans in die hospitaal. Johannie Coertz sterk tuis aan.

***Ons dink met leedwese aan die familie van Hannes Steynberg van Kwaggafontein wat oorlede is. Sy begrafnis was reeds in die week.

Sou jy vir Hannes wou skakel, sy selnommer is 062 127 5300.

Die Kerkkantoor is besig om ʼn lys te maak van persone wat kans sien om die koster af te los. Dis nou Sondae en deur vakansies. Indien jy kans sien kan jy jou naam by Johannie of Esmé deurgee. Vir meer spesifieke inligting kontak gerus die Kerkkantoor.

Page 3: rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/Kandelaar-17-Februarie-2019.docx  · Web viewTema: Bloei die pomp. Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds. Volgende

3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Rooikerk-Dagboek Februarie 2019 22-23 Februarie Oefenkamp vir Musiek & Liturgie

24 Februarie Leiersbyeenkoms

Rooikerk-Dagboek Maart 2019 1 Maart Wêreldbiddag vir Vroue om 10:00 by Striata se saal.

Spreker: Rolyn du PlessisTema: Kom – alles is gereed.

2 Maart Wêreldbiddag vir Mans

3 Maart 09:00 Kindernagmaal en -dankoffer

Tee vir Nuwe Lidmate

18:00 Jeugdiens onder die hemeldak

6 Maart Aswoensdag

9 Maart 08:30 1 Dag-Stilweesretraite

Fliekaand

15 Maart Skole sluit

Kyk asb op bl 6

Page 4: rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/Kandelaar-17-Februarie-2019.docx  · Web viewTema: Bloei die pomp. Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds. Volgende

4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Indien jy dalk al gewonder het wat by die omgeegroepe van die gemeente aangaan, daag ek jou uit, kom meld by die inligtingstoonbank aan en word deel daarvan. Dit is ʼn plek waar jy saam met ander gelowiges kan kuier, geestelik verryk word en gehelp kan word om jou roeping in die wêreld te kan uitleef.

Hier is twee splinternuwe groepe:

1) dié vir getroudes met jong kinders. Hierdie groep word gelei deur Conrad de Reuck by 061 547 5049; en

2) dié van Marietjie Daffue by 060 336 3759 (sien hieronder)

Skakel Kobus by 051 4461168 of 083 423 0391 vir meer inligting. Hy is die leier met kennis oor al die omgeegroepe.

Anika Sanders (die nuwe teologiese student in die gemeente) het die Omgeegroep vir Jong Volwassenes by Thania oorgeneem. Sy nooi almal uit vir die afskop 15 Februarie 2019 om 18:00 hier by die kerk.

Kom ontmoet haar na die diens in die koffiekroeg vir meer inligting of skakel Anika 078 566 6089.

Om

geeg

roep

e O

mge

egro

epe

Daar is ʼn nuwe omgeegroep wat binnekort begin. Almal wat worstel met depressie of angs, of iemand ken wat daarmee worstel, is welkom. As jy voel jy was in die situasie maar jy is nou op die wenpad is jy net so welkom om ander te kom ondersteun.

Almal wat belangstel om in te skakel, kontak of Whatsapp Marietjie by 060 336 3759.

Daar word nuut gedink oor die Rooikerk se tuin. Stel jy belang om deel te vorm van die beplanning? Wil jy die planne help uitvoer? Het jy kennis of wil plante skenk?

Kom beplan en dink asb saam.

Datum: Donderdag 21 Februarie. Tyd: 18:00.Plek: Rooikerk.

Page 5: rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/Kandelaar-17-Februarie-2019.docx  · Web viewTema: Bloei die pomp. Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds. Volgende

FINANSIëLE STAND VAN DIE GEMEENTE VIR DIE TYDPERK:1 MAART 2018 – 31 JANUARIE 2019 (Striata ingesluit)

Werklik tot op datum

Begroot tot op datum

Verskil tot op datum

INKOMSTE 2,553,489.28 2,463,349.01 -90,140.27Min: UITGAWES 2,707,548.89 2,534,228.25 -173,320.64 * Bedryfsuitgawes 835,497.08 721,750.29 -113,746.79

* Gemeentevisie/ Sending- en Uitreikaksies 396,696.96 468,415.01 71,718.05 * Salarisse en Lone 1,475,354.85 1,344,062.95 -131,291.90(-Tekort) / Surplus -154,059.61 -70,879.24

Kontak Cobus 083 632 2422 vir enige navrae.

5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Februarie se spesiale koevertinsameling gaan vir die

Carpe Diem-Jeugsorgsentrum.

FINANSIES FINANSIES FINANSIES

Vanaf 1 April 2019 gaan alle debietorders met 10% eskaleer. Indien jy dit nie so aanvaar nie, kan jy voor of op 15 Maart 2019 die inligting skriftelik deurgee aan die Esmé by die Kerkkantoor (e-pos: [email protected])

Page 6: rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/Kandelaar-17-Februarie-2019.docx  · Web viewTema: Bloei die pomp. Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds. Volgende

6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VAKATURE : ALGEMENE WERKER

UNIVERSITAS-WES GEMEENSKAPSENTRUM

wat die Rooikerk- en Striata-bedieningspunte insluit

Indien jy oortuig is dat die Here deur die onderstaande inligting met jou praat, word jy genooi om met ons kontak te maak aangesien die gemeente op 1 Februarie 2019 twee vakature sal hê.

Die gemeente word gekenmerk deur ʼn warm, gasvrye en informele bedieningstyl. Die kern van die bediening geskied deur een leraar, ʼn pastorale hulp by die aftreeoord, Striata, en ʼn aantal Teologiese studente, tesame met ʼn span toegeruste leiers.

Die gemeente is ʼn waardegedrewe, missionale gemeente binne ʼn breëre Bloemfontein-gemeenskap met die uitdagings waartoe ons GEROEP, versamel, gevorm EN GESTUUR word deur die Here.

Posvereistes:

1. Beskik oor uitstekende interpersoonlike vaardighede, entoesiasme en presiesheid tov werksmetodes.

Werksure: Maandae tot Vrydae 08:00 tot 14h00

Salaris: Onderhandelbaar na gelang van kwalifikasie en ondervinding.

Indien die Gees deur bogenoemde aan jou raak, stuur vir ons ʼn volledige CV, drie verwysings met kontakbesonderhede aan : [email protected]

Vir meer inligting, kan jy met die volgende persone gesels:

a. Danie Strauss – Voorsitter Diensverhoudinge: 0825535971b. Johannie Coertz – Admin Bestuurder: 051 522 2547c. Esmé Sinden – Finansies beampte: 051 522 2547

Jy kan ook nog verdere inligting kry deur te lees op die webwerf: www.rooikerk.co.za.

Sluitingsdatum: Vrydag 22 Februarie om 12h00

Ons behou ons die reg voor om nie noodwendig ʼn aanstelling te maak vanuit die aansoeke wat ontvang is nie.

Page 7: rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/Kandelaar-17-Februarie-2019.docx  · Web viewTema: Bloei die pomp. Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds. Volgende

7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Ons het tans die volgende vakante pos beskikbaar:Invorderings Klerk (Dame)Voltydse posBesigheid is geleë in BainsvleiSkakel met kliente om uitstaande betalings en kolleksie van voltooide werk te reël.Algemene Admin take.

Stuur asb CV’s na [email protected]

Page 8: rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/Kandelaar-17-Februarie-2019.docx  · Web viewTema: Bloei die pomp. Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds. Volgende

`

8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

GELUK MET JOU VERJAARSDAG.Sondag 17 Februarie Barend van der Berg – VE, Dinsdag 19 Februarie Anna Bekker – EW7, Donderdag 21 Februarie Marie du Toit – woning 143 en Ina Rawstorne – VE, Vrydag 22 Februarie Jackie Cronjé – VE en Johan Raath - 148Mag jy geseënd wees. Mag jy jou lewe lank lewe! Charles Huddon Spurgeon (1834-1892). Karl Barth het ook gesê dat “om “geseënd te wees” nie beteken dat alles noodwendig voorspoedig sal wees nie, maar dit beteken wel dat ʼn geseënde mens kan uithou en aanhou ten spyte van uitdagings ......

“As dit nie vir die Here was nie!“Vandag: 10 Februarie 2019Erediens word gelei deur Frans OosthuizenTeks: Klaagliedere 3:21-33Tema: Geloof is om “miskien” te mag sêVolgende Sondag (24 Februarie 2019) is kanselruiling: Hannes preek by Striata en Frans by die Rooikerk. Ons sien daarna uit om weer vir Hannes by ons te verwelkom!

Striata-Kerkwees-program

Page 9: rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/Kandelaar-17-Februarie-2019.docx  · Web viewTema: Bloei die pomp. Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds. Volgende

9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Ons vra voorbidding virJohan Maritz, Bossie Knoetze, Louise Barnaschone, Apie en Ria Pretorius asook Marieta Fourie en familie met die afsterf van Hannes. Ons mense wat deur moeilike tye gaan. Kom ons bid vir elkeen wat jy van weet wat siek is en spesiaal ook vir die mense in die versorgingseenheid en wat huisgebonde is. Ons is lief vir julle!

GESAMENTLIKE BYBELSTUDIE Dinsdag 10:00 in die saal. Ons begin met Hebreërs en Professor Hermie van Zyl gaan inleidend met ons die mooi agter die boek kom deel. Dit gaan baie spesiaal wees en ALMAL (OOK VAN ROOIKERK) is baie welkom. Prof Hermie is ʼn kenner, moet dit nie mis nie!WYKSBYEENKOMS Woensdag 20 Februarie om 15:00 by Grieta Smit (Woning 127).

Page 10: rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/Kandelaar-17-Februarie-2019.docx  · Web viewTema: Bloei die pomp. Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds. Volgende

10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

ʼn PAAR LOS GEDAGTES RONDOM VANDAG SE TEMADie probleem met die wêreld is dat dit die gekke en fanatici is wat so seker is van hulleself, terwyl die wyses so sukkel met twyfel. ʼn Mens kry twee soorte twyfel: Ongeloofstwyfel, wat ver weg van God af is, en wat die teenoorgestelde van geloof is. Maar geloofstwyfel is iets totaal anders. Dit is maar net geloof wat sukkel, geloof wat in die middel van die nag is en nie kan sien wat aangaan nie. dit is ʼn soort twyfel wat nie teenoor geloof staan nie, wat jou nie buite die lewe met God plaas nie, maar wat wesenlik deel van die geloofspad is – Coenie BurgerSelfs al knoop jy met God ʼn “stryd” aan oor dinge wat jy nie verstaan nie, beteken dit ten minste nog dat jy glo Hy bestaan, en meer nog: dat Hy vir jou belangrik genoeg is om oor die waarheid van dinge te argumenteer – Robbert DavidsonDaar is ʼn groot verskil tussen twyfel en ongeloof. Twyfel sê: “Ek kan dit nie glo nie”. Twyfel sê: “Ek wil dit nie glo nie”. Twyfel is eerlik. Ongeloof is koppig – Henry Drummond (1851-1897)Hulle wat min weet en selde dink, betwyfel niks nie - Franse spreekwoord

Page 11: rooikerk.co.zarooikerk.co.za/.../uploads/2019/02/Kandelaar-17-Februarie-2019.docx  · Web viewTema: Bloei die pomp. Deurkollekte: Teologiese Studente-Ondersteuingsfonds. Volgende

11 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

ʼn PAAR LOS GEDAGTES RONDOM VANDAG SE TEMADie probleem met die wêreld is dat dit die gekke en fanatici is wat so seker is van hulleself, terwyl die wyses so sukkel met twyfel. ʼn Mens kry twee soorte twyfel: Ongeloofstwyfel, wat ver weg van God af is, en wat die teenoorgestelde van geloof is. Maar geloofstwyfel is iets totaal anders. Dit is maar net geloof wat sukkel, geloof wat in die middel van die nag is en nie kan sien wat aangaan nie. dit is ʼn soort twyfel wat nie teenoor geloof staan nie, wat jou nie buite die lewe met God plaas nie, maar wat wesenlik deel van die geloofspad is – Coenie BurgerSelfs al knoop jy met God ʼn “stryd” aan oor dinge wat jy nie verstaan nie, beteken dit ten minste nog dat jy glo Hy bestaan, en meer nog: dat Hy vir jou belangrik genoeg is om oor die waarheid van dinge te argumenteer – Robbert DavidsonDaar is ʼn groot verskil tussen twyfel en ongeloof. Twyfel sê: “Ek kan dit nie glo nie”. Twyfel sê: “Ek wil dit nie glo nie”. Twyfel is eerlik. Ongeloof is koppig – Henry Drummond (1851-1897)Hulle wat min weet en selde dink, betwyfel niks nie - Franse spreekwoord