rooikerk-erediensterooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 ng...

13
1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Die Kandelaar – 17 Maart 2019 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134 E-pos: [email protected] WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is. ROOIKERK-EREDIENSTE TWEEDE SONDAG VAN LYDENSTYD 09:00 Hannes Teks: Filippense 3:3-14 Tema: Reis lig Geen Baba-, Peuter- en Kinderkerk Geen Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe 18:00 Anika Teks: Filippense 3:17-4:1 Tema: byVOORBEELD Deurkollekte: Alimentasie Volgende Sondag 09:00 Hannes 18:00 Frans Sou jy vir Hannes wou skakel, sy selnommer is 062 127 5300.

Upload: others

Post on 28-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die

Kan

del

aar

– 1

7 M

aart

20

19

Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134

E-pos: [email protected]

WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:

Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00

Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is.

ROOIKERK-EREDIENSTE

TWEEDE SONDAG VAN LYDENSTYD

09:00 Hannes

Teks: Filippense 3:3-14 Tema: Reis lig

Geen Baba-, Peuter- en Kinderkerk

Geen Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe

18:00 Anika

Teks: Filippense 3:17-4:1

Tema: byVOORBEELD

Deurkollekte: Alimentasie

Volgende Sondag

09:00 Hannes

18:00 Frans

Sou jy vir Hannes wou skakel, sy selnommer is

062 127 5300.

Page 2: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VERJAARDAE

Baie geluk aan elkeen wat vandag of in die volgende week verjaar.

17 Mrt Jahnu Bester 0515227163 Johan de Vries 0823450016 Zano Lourens 18 Mrt Gerda van Zyl 0835838967 19 Mrt Eduan J v Rensburg 0828230250 Eva De Bruyn 0723774197 JJ Vorster Lydia van Rooyen0823294382 Velesca Steyn 0842144806 Vinessa Grove 0836771500 20 Mrt Jannie Gunter 0833952125 Marita Maartens 0844781122 Tharina Annandale 0795613688 Theresa de Jonge 0833309165 21 Mrt Esmarie Prinsloo 0828280844 Riana Kruger 0822024369 Ruda Maartens 0836378562 Michael Pansegrouw 0834627082 Nico Slabber 0515222727 Werner Spalding 23 Mrt Andre du Plessis 0628851234 Arné Fourie 0515228415 Nina Mari Slabbert Tronel Barnard 0832252585

LIEF EN LEED

Kom ons bid vir ons siek mense in

die gemeente – vir dié op die lys

asook vir die wat nie hier gelys is

nie. Ons vra voorbidding vir hulle en

hulle gesinne.

Stern Visagie. Bossie Knoetze Sophia Potgieter Anèl Potgieter Lindie Muller Carmen Daffue

WELKOM

Besoekers en nuwe lidmate, kom ontmoet die Nuwelidmatespan ná die erediens by

die Inligtingstoonbank.

Braam en Anja Jordaan het

oorgekom van NG Gem Bethal–

Oos met hulle drie kinders

Francelle, Merigen en JW.

Ons is op soek na ʼn rekenaar. As enige iemand ʼn ou rekenaar by die huis het wat nie meer gebruik word nie, sal ons dit met liefde van hulle hande afneem. Jy kan dit

ook by die Kerkkantoor afgee.

ʼn Egpaar is dringend op soek na ʼn 2-slaapkamereenheid in Wilgehof/

Gardeniapark/Hospitaalpark. Kontak Jan 079 687 3727 of Lizette

0644603368

Page 3: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Lydenstyd 2019: ’n Reis na hoop

Lydenstyd is die tyd 40 dae voor Paasfees. Dit begin by Aswoensdag en eindig met Paassondag. Reeds vanaf die jaar 313 n.C. het gelowiges hierdie 40 dae gebruik om op Jesus en sy lydingspad te fokus. Om hierdie “pelgrimsreis” saam met die Here te stap is daar sekere geloofsgewoontes wat ons kan help. Hierdie geloofsgewoontes help ons om ons alledaagse lewens as heilig te beleef en om ons fokus daagliks terug te bring na God. Daar is tradisioneel sewe gewoontes, maar daar is veral drie waarop ons gedurende hierdie 40-dae-reis gaan fokus, nl.:

Bid, vas, gee.

Prakties beteken dit dat ons gedurende lydenstyd gereelde tyd in ons daaglikse lewe inrig om te bid. Wanneer ons ’n reis saam met iemand aanpak praat ons mos met mekaar. Net so is dit ondenkbaar om die reis saam met Jesus aan te pak en nie met Hom te praat op die pad nie.

Om te vas is ’n Bybelse beginsel en gaan veral daaroor dat jy jou van iets lekker, of iets wat na aan jou hart is, ontneem wat jou gereeld herinner aan Jesus se lydingspad. Bv.

As ek vas van suiker in my koffie, dink ek elke keer wanneer ek die bitter koffie proe aan die bitter lydingspad wat Jesus vir my geloop het. Dit kan letterlik enige iets wees wat jou gaan raak en daagliks terugvat na die Here toe. Vb. hiervan kan wees...

Facebook, radio (al is dit dalk net wanneer jy bestuur), televisie, verskillende kosse of drinkgoed wat vir jou lekker is ens.

Gedurende hierdie 40 dae probeer ons ook iets van onsself gee. Dit kan tyd, liefde, geld of wat ook al die Here op jou hart lê wees. Ons gee omdat ons iets van God se oorvloed op hierdie pad beleef. Ons stap dikwels met sakke vol geskenke terwyl ander op die pad krepeer.

Al drie hierdie gewoontes is ’n persoonlike saak tussen jou en die Here. Die idee is nie om daarmee te spog, of om skuldig te voel omdat jy dit nie reg of genoeg doen nie. Dit gaan hier oor gewoontes wat jou help om vir 40 dae op ’n spesiale manier op die Here te fokus.

Die 40 dae loop uit op Paasfees waartydens daar groot feesviering en vreugde is... maar later meer hieroor.

Groete.

Hannes

Page 4: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Daar word ook toebroodjiesmere vir die seuns se broodjies vir skool ens. ingesamel. Indien jy iets kan skenk,

plaas jou bydrae in die boks by die Inligtingstoonbank asook voor in die Kerk..

Kontak Alta 0836870543 vir enige verdere navrae.

Baie dankie aan elkeen wat ‘m bydrae gegee het. Baie dankie vir julle

getroue ondersteuning. Ons het groot waardering.

Maart se spesiale koevertinsameling gaan vir die

Diensgroep vir Finansies

Page 5: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

FINANSIëLE STAND VAN DIE GEMEENTE VIR DIE TYDPERK: 1 MAART 2018 - 28 FEBRUARIE 2019 (Striata ingesluit)

Werklik tot op datum

Begroot tot op datum

Verskil tot op datum

INKOMSTE 2,742,729.82 2,658,317.24 -84,412.58

Min: UITGAWES 3,010,910.33 2,818,179.08 -192,731.25

* Bedryfsuitgawes 1,000,278.56 805,844.82 -194,433.74

* Gemeentevisie/ Sending- en Uitreikaksies 418,375.88 512,900.64 94,524.76

* Salarisse en Lone 1,592,255.89 1,499,433.62 -92,822.27

(-Tekort) / Surplus -268,180.51 -159,861.84

Kontak Cobus 083 632 2422 vir enige navrae.

Page 6: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Global Leader Summit (GLS) 2019

Twee geleenthede word vir die gemeente geskep om GLS 2019 by te woon

17-20 Oktober 2019 – PORT ELIZABETH

Daar is 20 plekke beskikbaar vir persone om die GLS in Port Elizabeth by te woon.

Die koste verbonde is R1400 pp wat dan insluit inskrywingsfooi, reisgeld, verblyf en etes vir die 3 dae. Slegs 20 plekke beskikbaar.

25-26 Oktober 2019 - BLOEMFONTEIN

Daar is 15 plekke beskikbaar vir persone om die GLS in BLOEMFONTEIN by te woon. Koste beloop R100, vir die eerste 15 persone wat inskryf, vir die BLOEMFONTEIN GLS.

Kontak Esme by die kerkkantoor vir ‘n inskrywingsvorm en om die betaling te maak.

40-DAE-VELDTOG 2019 14 Augustus – 15 September

In die derde kwartaal word daar weer die 40-DAE-VELDTOG

(Tema: LUISTER, GEROEP en GESTUUR) vir die hele gemeente aangebied. Kom word deel van die span of kom

lewer jou bydrae vir die veldtog.

Enige persoon wat graag wil deel wees van die span wat materiaal skryf vir jeug en volwassenes, bemarking doen,

groepe hanteer, poppekas, kuns, ensovoorts is welkom om ons te kontak en in te skakel.

Kontak Steyn (082 566 5938) of die kerkkantoor

Page 7: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Ons neem verantwoordelikheid vir ons omgewing!

1. Die Diensgroep vir Omgewingsake doen 'n beroep op alle inwoners binne die tradisionele gemeente-grense om die sypaadjies en middelmannetjies in hulle omgewing skoon en netjies te hou, asseblief.

2. Die Gemeenskappolisiëringsforum (GPF) vergader elke eerste Woensdag van die maand om 18:00 by Dr Böhmer-Skool. Die bestuur van die GPF is inwoners wat sonder enige vergoeding hul tyd en insette tot almal se voordeel beskikbaar stel. Woon asseblief die maandelikse vergaderings gereeld by.

Skakel Diek 082 440 7875

Ons beplan ……Fase 1-Kerktuin

1 Kruise gepak met klip en plaveiselrand 2 Vierkante om kruise, verskillende, plat vetplante Kontak Gerty by 083 609 8007 of Sally 081 305 8675 om betrokke te raak

Page 8: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

STRIATA-BEDIENINGSGELEENTHEDE

VRIENDE VAN DIE VERSORGINGSEENHEID

ʼn Kuiertjie, al is dit net ʼn minuut of twee.

Ons benodig iemand wat ʼn musiekinstrument kan bespeel vir

sangoggende.

Wat van ʼn ou naaldwerkie saam met hulle? Dinsdag- en Donderdagmiddae

word spesiaal daarvoor uitgesonder.

Elke Vrydag is dit fliekoggend. Kom geniet dit saam met hulle.

Wees bereid om met een van hulle te gaan stap of met rystoel buite te

stoot.

Kom verf bietjie naels. Maandag- en Vrydagmiddae.

Speel Maandagmiddag saam met hulle Bingo.

Ons benodig iemand wat bereid is om vir hulle te lees. Storie, Bybel,

dagstukkies, drama of net wat jy wil. Meer is altyd beter. Dit kan enige dag

of tyd gereël word.

Daar is paar mense wat nie meer kan/mag bestuur nie. As jy dalk bereid is

om van hulle op te laai om te gaan inkopies doen, doktersafspraak of wat ook al nodig is, sal dit baie help.

Vir enige navrae of inligting, kontak Emma Delport.

0827605800/0515227656

Vriende van die Versorging – Striata

Baie dankie vir die mense wat op ons oproep om hulp gereageer het. Twee het aange-bied om mense te vervoer, twee het aangebied om na mense te kom luister en Anika asook Trunette het aangebied om die Bybelstudie by die versorgingseenheid aan te bied. Mag julle die waarde van die belofte dat dit meer geseënd is as om te gee as om te ontvang, in julle lewens ervaar.

Indien jy geroepe voel om op enige wyse betrokke te raak, kan jy vir Emma Botha kon-tak: 0827605800. God seën!

Page 9: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VAKATURE : ADMINISTRATIEWE BESTUURDER

UNIVERSITAS-WES GEMEENSKAPSENTRUM wat die Rooikerk- en Striata-bedieningspunte insluit

………………………………………………………………………………………

Indien jy oortuig is dat die Here deur die onderstaande inligting met jou praat, word jy genooi om met ons kontak te maak aangesien die gemeente op 1 Mei 2019 ʼn vakature sal hê.

Die gemeente word gekenmerk deur ʼn warm, gasvrye en informele bedieningstyl. Die kern van die bediening geskied deur een leraar, ʼn pastorale hulp by die aftreeoord, Striata, en ʼn aantal Teologiese studente, tesame met ʼn span toegeruste leiers.

Die gemeente is ʼn waardegedrewe, missionale gemeente binne ʼn breëre Bloemfontein-gemeenskap met die uitdagings waartoe ons GEROEP, versamel, gevorm EN GESTUUR word deur die Here…

Posvereistes:

1. Minimum Graad 12 2. Rekenaarvaardigheid (Microsoft Word, Excel en Outlook) 3. Kennis van Winkerk sal tot voordeel van aansoek strek 4. Beskik oor uitstekende interpersoonlike vaardighede, entoesiasme en

presiesheid tov werksmetodes.

Werksure: Maandae tot Vrydae 08:00 tot 13:00, met kantoordiens elke tweede Sondag direk na die Erediens.

Salaris: Onderhandelbaar na gelang van kwalifikasie en ondervinding.

Indien die Gees deur bogenoemde aan jou raak, stuur vir ons jou volledige CV, drie verwysings met kontakbesonderhede aan: [email protected]

Vir meer inligting, kan jy met die volgende persone gesels:

a. Danie Strauss – Voorsitter Diensverhoudinge: 082 553 5971 b. Johannie Coertz – Admin Bestuurder: 051 522 2547 c. Esmé Sinden – Finansies beampte: 051 522 2547

Jy kan ook nog verdere inligting kry deur te lees op die webwerf: www.rooikerk.co.za.

Sluitingsdatum: Sondag 24 Maart om 12:00

Ons behou ons die reg voor om nie noodwendig ʼn aanstelling te maak vanuit die aansoeke wat ontvang is nie.

Page 10: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VAKATURE: ALGEMENE MANLIKE WERKER

UNIVERSITAS-WES GEMEENSKAPSENTRUM wat die Rooikerk- en Striata-bedieningspunte insluit

………………………………………………………………………………………

Indien jy oortuig is dat die Here deur die onderstaande inligting met jou praat, word jy genooi om met ons kontak te maak aangesien die gemeente op 1 Mei 2019 ʼn vakature sal hê.

Die gemeente word gekenmerk deur ʼn warm, gasvrye en informele bedieningstyl. Die kern van die bediening geskied deur een leraar, ʼn pastorale hulp by die aftreeoord, Striata, en ʼn aantal Teologiese studente, tesame met ʼn span toegeruste leiers.

Die gemeente is ʼn waardegedrewe, missionale gemeente binne ʼn breëre Bloemfontein-gemeenskap met die uitdagings waartoe ons GEROEP, versamel, gevorm EN GESTUUR word deur die Here…

Posvereistes:

5. Minimum Graad 12 6. Rekenaarvaardigheid (Microsoft Word, Excel en Outlook) 7. Kennis van Winkerk sal tot voordeel van aansoek strek 8. Beskik oor uitstekende interpersoonlike vaardighede, entoesiasme en

presiesheid tov werksmetodes.

Werksure: Maandae tot Vrydae 07:00 tot 14:00, met kantoordiens elke tweede Sondag direk na die Erediens.

Salaris: Onderhandelbaar na gelang van kwalifikasie en ondervinding.

Indien die Gees deur bogenoemde aan jou raak, stuur vir ons jou volledige CV, drie verwysings met kontakbesonderhede aan: [email protected]

Vir meer inligting, kan jy met die volgende persone gesels:

d. Danie Strauss – Voorsitter Diensverhoudinge: 082 553 5971 e. Johannie Coertz – Admin Bestuurder: 051 522 2547 f. Esmé Sinden – Finansies beampte: 051 522 2547

Jy kan ook nog verdere inligting kry deur te lees op die webwerf: www.rooikerk.co.za.

Sluitingsdatum: Sondag 24 Maart om 12:00

Ons behou ons die reg voor om nie noodwendig ʼn aanstelling te maak vanuit die aansoeke wat ontvang is nie.

Page 11: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

11 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

`

“As dit nie vir die Here was nie!“

Vandag: 17 Maart 2019

Erediens word gelei deur Frans Oosthuizen

Teks: Prediker 3: 1-15

Tema: Leef in die oomblik!

Seisoene van die lewe

Na die somer kom die herfs, dan die winter om na die lente weer plek te maak vir die somer

Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds. God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het (vers 15)

Niks op aarde bly verewig nie

Die tussentyd is ons tyd om te lewe

Tussen die tyd van geboorte en sterwe lê die geleentheid om te mag lewe

Geboorte en lewe word deur God vasgestel. Die strepie tussen geboorte datum en sterwens datum dui op die tyd waarin jy keuses kan uitoefen oor hoe jy jou lewe inrig. Gebruik dit! KAN JY ASB VIR MY ‘N FOTO VAN ‘N GRAFSTEUN MET ‘N GEBOORTE EN STERF DATUM HIER OPSIT.

Leef nou!

In somer kry jy warm en wag op die winter. In die winter trek jy warm aan en wag op die winter. In ‘n tyd van seer wag jy op heling. In ‘n tyd van vreugde staal jy jou vir die lewe.

Mag jy jou lewe lank lewe! Charles Hudson Spurgeon (1834-1892)

Page 12: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

12 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

GELUK MET JOU VERJAARSDAG.

Maandag 18 Maart Gerda Van Zyl

0835838967Striata 156

Mag jy geseënd wees. Mag jy jou lewe lank lewe! Charles Hudson Spurgeon (1834-1892). Karl Barth het ook gesê dat “om “geseënd te wees” nie beteken dat alles noodwendig voorspoedig sal wees nie, maar dit beteken wel dat ʼn geseënde mens kan uithou en aanhou ten

spyte van uitdagings.

Ons vra voorbidding vir Apie en Ria Pretorius, Johan en Maria Ferns asook ander van ons mense wat deur moeilike tye gaan. Kom ons bid vir elkeen wat jy van weet wat siek is en spesiaal ook vir die mense in die versorgingseenheid en wat huisgebonde is. Ons is lief vir julle!

Page 13: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/03/Kandelaar-17... · 2019-03-22 · 1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Tema: e – rt 2019 Telefoon en faks: 051 522

13 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

ʼn PAAR LOS GEDAGTES RONDOM VANDAG SE TEMA

God het tyd gemaak. En die mens het haas gemaak. Ierse

spreekwoord

Baie mense ervaar tyd as tyd-sonder-toekoms. Geen hoop, geen

vooruitsig, geen toekoms, geen verlossing nie. Net maar sleur.

Herhaling. Voorspoed en teenspoed in nimmereindigende

afwisseling. Elke dag soos die vorige een. Tot die dood toe leeg.

Maar die Christelike geloof leef van die oortuiging dat God ook daar

is. Dat die tyd van God kom, dat God in die tyd is. En dat daar ‘n

toekoms is met God. Nuutheid. Verassing. Nuwe lewe. Krag. Barbara

Johnson.

Die tyd is altyd te stadig vir die wat wag; te vinnig vir die wat vrees;

te lank vir die wat treur; te kort vir die wat gelukkig is. Maar vir die

wat liefhet, is daar glad geen tyd nie. Henry van Dyke

God se tyd is regtig nie soos ons tyd nie. Daarom moet ons leer wag

en vertrou. In die Bybel kan ons sien hoe God met sy mense werk.

Dink maar aan Noag, Moses, Abraham, Dawid, Daniël, Hanna.

Hoeveel dae moes Noag in die ark afmerk voordat hy die reënboog

kon sien? Hoeveel tree moes Moses deur die woestyn loop voor hy

op die beloofde land kon afkyk? Hoeveel sterre het Abraham getel

voordat hy sy beloofde seun in sy arms kon hou?

Maar almal was lewende getuies van God se trou. Cheri Fuller

Jesus moes self in die tuin van Getsemane op God se antwoord wag.

Dit was ‘n tyd van bloedsweet. En die antwoord was nie maklik nie.

Om te moet wag is dikwels ook vir ons van die mees intens pynlike

ervaringe wat ons ken. Dit stroop ons van ons selftevrede sekerhede,

op oppervlakkige waardes en kleinlike behoeftes. Wat werp ons

volkome op Hom op wie ons wag. WH Vanstonet