· web viewword dus aanbeveel dat meer fokus geplaas moet word op die hantering van foute wat...

5
PROVINSIE: DISTRIK: SKOOL: NAAM VAN OPVOEDER: DATUM: TYDSDUUR: 1 Uur 1. OPSKRIF: Heelgetalle (Integers)Tel, ordening en vergelyking van heelgetalle (Les 2) 2. KONSEPTE EN VAARDIGHEDE OM TE BEMEESTER: Aan die einde van die les moet leerdes heelgetalle uit ken, orden en vergelyk. 3. HULPMIDDELS DBO werkboek 1, Sasol-Inzalo Boek 1 en Handboeke. Bladsy 1 van 5 Graad 8 Lesplan: 1 + 4 Intervensie – Kwartaal1 HEELGETALLE: Tel, ordenning en vergelyking met heelgetalle (Les 2) (Voorbeeld) WISKUNDE LESPLAN GRAAD 8 KWARTAAL 1: JANUARIE – MAART

Upload: buiduong

Post on 18-Sep-2018

217 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

PROVINSIE:

DISTRIK:

SKOOL:

NAAM VAN OPVOEDER:

DATUM:

TYDSDUUR: 1 Uur

1. OPSKRIF: Heelgetalle (Integers)Tel, ordening en vergelyking van heelgetalle (Les 2)

2. KONSEPTE EN VAARDIGHEDE OM TE BEMEESTER:

Aan die einde van die les moet leerdes heelgetalle uit ken, orden en vergelyk.

3. HULPMIDDELS DBO werkboek 1, Sasol-Inzalo Boek 1 en Handboeke.

4. VORIGE KENNIS Tel vorentoe en terug deur heelgetalle met enige intervalle

tel van links na regs op ‘n getallelyn

klassifiseer nommers

5. NASIEN EN VERBETERING VAN TUISWERK (voorgestelde tyd: 10 minute)

Tuiswerk bied onderwysers ‘n geleentheid om leerders se vordering in die bemeestering van wiskunde

konsepte te kan nagaan en om probleem areas wat onmiddelikke aandag benodig, te identifiseer. Dit

Bladsy 1 van 4Graad 8 Lesplan: 1 + 4 Intervensie – Kwartaal1

HEELGETALLE: Tel, ordenning en vergelyking met heelgetalle (Les 2)(Voorbeeld)

WISKUNDE LESPLAN GRAAD 8

KWARTAAL 1: JANUARIE – MAART

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1HEELGETALLE: Tel, ordenning en vergelyking van heelgetalle (Les 2)

(Voorbeeld)

word dus aanbeveel dat meer fokus geplaas moet word op die hantering van foute wat later tot

wanbegrippe kan lei.

6. INLEIDING (Voorgestelde tyd: 10 Minute)

Herinner leerders aan die volgende:Getalle wat groter as 0 is, word positiewe getalle genoem. Getalle kleiner as 0, is negatiewe getalle. Die versameling positiewe getalle, 0 en negatiewe getalle word heelgetalle genoem.

Negatiewe getalle word daagliks gebruik:

−6m beteken 6m onder seevlak. −4 ° C beteken 4 grade Celsius onder vriespunt −R200 beteken jy skuld die bank R200.

Laat die leerders toe om heelgetalle te gebruik om die getallelyn te voltooi:

7. LES AANBIEDING/ ONTWIKKELING (Voorgestelde tyd: 20 minute)

Onderwyser aktiwiteiteLeerder aktiwiteite

(Van leerders word verwag om:)

AKTIWITEIT 1: Versoek leerders om in pare te werk en die volgende vrae te

beantwoord. Hulle mag ‘n getallelyn gebruik om te toon dat hulle die

begrippe verstaan op bl. 32, Sasol-Inzalo boek 1.

Vergelyk heelgetalle:

Vul in ¿ ; ¿ of ¿

a) 15 -6

b) 10 15

c) 12 15

d) -16 -1

in pare te werk, te bespreek en aktiwiteit 1 te voltooi.

Bladsy 2 van 4

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1HEELGETALLE: Tel, ordenning en vergelyking van heelgetalle (Les 2)

(Voorbeeld)

Die getallereeks moet vermeerder word wanneer die

begripsverstandhouding van heelgetalle ontwikkel is. Tydens die fase

moet leerders geleidelik ontmoedig word om ‘n getallelyn te gebruik om

getalle te vergelyk.

AKTIWITEIT 2a) Rangskik die getalle in dalende orde:

4 ;−7 ;15 ;−33 ;56 ;32;−22

b) Rangskik die getalle in stygende orde:

230 ;−342;125 ;−140; 0; 43 ;−156

Individueel te werk om die volgende aktiwiteit te voltooi.

8. KLASWERK AKTIWITEITE (Voorgestelde tyd: 15 minute)a) Skryf die volgende drie getalle in elk van die volgende reekse neer:

i. 10 ;6 ;4 ;…;…;…

ii. −55 ;−50;−45;…;…;…

iii. 150 ;50 ;−50 ;…;…;…

b) Sasol-Inzalo Boek 1 bl. 39 nr. 1

9. VASLEGGING/ SAMEVATTING EN TUISWERK (Voorgestelde tyd: 5 minute)

a) Beklemtoon dat: Wanneer ons getalle rangskik van klein na groot, skryf ons dit in stygende orde. Wanneer ons

getalle van groot na klein skryf, skryf ons dit in dalende orde.

Elke heelgetal, het ‘n inverse getal. Die inverse (teenoorgestelde getal) van 9 is -9 en die van 13

is -13. Die getalle word optellingsinverses genoem.

b) Tuiswerk:Die primêre doel van tuiswerk is om leerders ‘n geleentheid te gee om te demonstreer of hulle die wiskunde vaardigheid wat in die klas onderrig was, te bemeester. Tuiswerk moet doelgerig wees en die beginsel van ‘Minder is beter’ word aanbeveel. Gee leerders min hoë kwaliteit aktiwiteite wat ‘n verskeidenheid vaardighede verskerp eerder as aktiwiteite wat nie leerders se konseptuele ontwikkeling beklemtoon nie. Kies versigtig gepaste aktiwiteite uit die Sasol-Inzalo boeke, werkboeke en of handboeke vir leerders se tuiswerk. Die gekose aktiwiteite moet verskillende kognitiewe vlakke adresseer.

i. Vul die ontbrekende getalle in die volgende reekse in:

a) 3+(−5);3+(−7);3+¿) ; ______ ; ______; _____

b) +7 ;0 ;−7 ;+8 ; ____ :_____;______

c) −5 ;1;7 ; _____ ; _____; ______

Bladsy 3 van 4

Graad 8 Lesplan: 1+4 Intervensie – Kwartaal 1HEELGETALLE: Tel, ordenning en vergelyking van heelgetalle (Les 2)

(Voorbeeld)

ii. Vul in ‹ ; › of = :

a) 18−9

b) −16−23

c) −1515

d) −16−11

e) −120−120

iii. Omkring die grootste getal in elke paar:

a) −234 ;−235

b) −3 ;0

c) 120 ;135

d) 135 ;145

e) −125 ;124

Bladsy 4 van 4