2014 jaarverslag v&a

41

Upload: hoerskool-brandwag

Post on 05-Apr-2016

280 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Jaarverslag 2014

TRANSCRIPT

Page 1: 2014 jaarverslag v&a

 

Page 2: 2014 jaarverslag v&a

2

HOËRSKOOL BRANDWAG JAARVERSLAG 2014

Page 3: 2014 jaarverslag v&a

3

INHOUD 1. Voorwoord 2. Personeel 3. Finansies 4. Fisiese Geriewe 5. Bestuursliggaam 6. Oudskolierebond 7. Koshuise 8. Raad van Leerders 8.1 Verslag van Raad van Leerders 8.2 Junior Stadsraad (Alpha Leo Club) 9. Akademie 9.1 Getalle 9.2 Fisiese Wetenskap-Winterskool 9.3 Wiskunde-Lenteskool 9.4 Wêreldkennis-Olimpiade 9.5 Wetenskap Aktiwiteite 9.6 Toerisme 10. Kultuur 10.1 Anibrandfees 10.2 ATKV 10.3 BrandwagFM 10.4 Fotografieklub 10.5 Interact 10.6 Koor 10.7 Mnr. en Mej. Brandwag 10.8 Musiek 10.9 Skoolkoerant 10.10 Toneelaand 10.11 Woordkuns 11. VCSV (Verenigde Christelike Studente Vereniging) 12. Sport 12.1 Atletiek 12.2 Gholf 12.3 Hokkie 12.4 Krieket 12.5 Landloop 12.6 Netbal 12.7 Rugby 12.8 Skaak 12.9 Tennis 12.10 Nie-skoolsport 13. Meegevoel 14. Bedankings

Page 4: 2014 jaarverslag v&a

4

1. VOORWOORD

Dit is vir my voorwaar ’n groot voorreg om Brandwag se 77ste jaarverslag aan u voor te hou. Vir ’n meer geseënde jaar kon ons seker nie gevra het nie. Op akademiese, sport en kultuurgebied het ons uitsonderlik presteer en ons dank ons Hemelse Vader vir Sy groot genade oor Brandwag uitgestort. Ek wil graag hulde bring aan die personeel van die skool vir hul reuse aandeel in die sukses en positiewe vorming van ons kinders. Dankie ook aan al die leerders van Brandwag vir hul toewyding en positiewe gesindheid. U as ouers kan regtig trots wees op hulle. Liewe personeel, ouers en leerlinge: Kom ons vat hande en gaan die toekoms tegemoet met ’n gees van optimisme. Ons moet ook altyd onthou dat dit wat jy vir ’n kind doen, nooit tevergeefs is nie. T. KOEKEMOER SKOOLHOOF

2. PERSONEEL

Die onderstaande personeel is tans vir die opvoedingstaak in ons skool verantwoordelik:

Skoolhoof: Mnr. T. Koekemoer

Adjunkhoofde: Mnr. H. von Willigh Departementshoofde: Mnr. F. Anker

Mnr. P.F. Baxter Mnr. J. Meyer Mnr. E. du Plessis Mev. E. Roux

Onderwysers: Mev. K. Basson Mev. L. Britz Mnr. H.J. Cloete Mev. A. Conradie Mev. H. Currie Mev. M.S. du Toit Mev. A. Duvenhage Mnr. J.P. Erasmus Mev. M. Hattingh Mev. E. Huisamen Mnr. C. Hurter Mev. E. Kleinhans Mev. Z. Koekemoer Mev. N. Kriel

Page 5: 2014 jaarverslag v&a

5

Mev. R. Landman Mej. M. Loock Mev. A. Marais Mej. I. Maritz Mev. A. Meyer Mnr. M. Meyer Mev. S. Nel Mej. K. Pienaar Mev. I. Scheepers Mev. K. Schonken Mev. J. Smith Mnr. S. Terblanche Mnr. A. van der Merwe Mev. L. van der Walt Mev. C. van der Westhuizen Mnr. D. van der Westhuizen Mnr. P. van Kampen Mnr. C. van Schalkwyk Mej. C. von Willigh Mnr. D. Williams Student Onderwysers: Mnr. F. Britz

Buitemuurse Organiseerder: Mnr. J. Haylock-Lyons Administratiewe Personeel: Mev. C. Hermans Mej. C. Laubscher

Mev. C. Stallenberg Mev. C. Swanepoel Terreinbestuurders: Mnr. H. Hayward Mnr. F. Swanepoel

Die volgende personeellede was ook betrokke by die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Mev. E. Kleinhans Senior nasiener:

Rekenaartoepassingstegnologie Mnr. P. Baxter Moderator: Skeinat HG Vr. 1

Moderator: Fisiese Wetenskap Vr. 1 Eksaminator: Fisika (Graad 12 Provinsiaal)

Mev. L. Britz Senior nasiener: Wiskunde Mev. A. Duvenhage Senior nasiener: Besigheidstudies Mev. Z. Koekemoer Adjunkhoofnasiener: Wiskunde Mev. A Conradie Adjunkhoofnasiener: Engels Mev. E Huisamen Adjunkhoofnasiener: Wiskundige

Geletterdheid Mnr. F. Anker Senior nasiener: Geografie

Page 6: 2014 jaarverslag v&a

6

Mnr. C. Hurter Nasiener: Ingenieursgrafika en Ontwerp

Mev. K. Schonken Nasiener: Afrikaans Mnr. M. Meyer Adjunkhoofnasiener: Geskiedenis Mev. L. van der Walt Nasiener: Lewenswetenskappe Vr. 2

Verskeie personeellede het weer prestasies op verskillende terreine behaal. Mev. A. Duvenhage Dien op Graderingsraad vir OP-

skeidsregters SA “A” skeidsregtersgradering & SA netbalskeidsregter-gradeerder. FNB “Varsity Cup” Skeidsregter

Mnr. M. Du Toit Bestuurder OP-skaakspan na nasionale toernooi.

Mev. C. v.d. Westhuizen OP o.17-netbalkeurder

Mej M. Loock OP o.18-hokkiekeurder Dien op OP-Hokkiekomitee Mej I. Maritz Nasionale kleure in kragoptel SA-kragoptelafrigter Mev. I Scheepers Begelei die OP-Jeugkoor Mev. K. Schonken SA "B" skeidsregtersgradering en

OP o.19-keurder Nasionale netbalafrigting vlak III

Mnr C. van Schalkwyk Rugby: OP-Hoërskole bestuur OP o.18 Cravenweek-keurder OP o.18 Cravenweek-afrigter (voorspelers) Afrigtingskursus SA vlak II

3. FINANSIES

Graag lewer ek verslag oor die afgelope jaar se finansies. As persoon in beheer van finansies, met die taak om te sorg dat begrotings klop en daar nog steeds ’n konstante kontantvloei is om lopende rekeninge – water, elektrisiteit, telefoon, belasting, bestuursliggaamposte, brandstof, ens. – te betaal, is my taak beslis nie maklik nie. Dit is egter ’n uitdaging wat ek vir niks sal verruil nie en wat ek glo met die volgehoue samewerking van die ouers, algaande makliker sal word.

Page 7: 2014 jaarverslag v&a

7

Graag bedank ek alle ouers wat gereeld en stiptelik hulle skoolfonds betaal het. Julle dra die skool in ’n tydperk waar baie mense gebuk gaan onder groot finansiële druk. Die skool kan nie funksioneer sonder u as ouers nie, daarom is u samewerking in hierdie verband van uiterste belang. My dank aan mev. Swanepoel en mej. Laubscher wat die finansiële kantoor met ywer en toewyding beman. Mev. Swanepoel behartig die ontvangs van alle gelde, doen die betalings en rekonsilieer die banksaldo op ’n weeklikse basis. Mej. Laubscher hanteer die skoolfondsrekeninge en administrasie daarvan en volg agterstallige betalings op. Sonder die deeglike manier waarmee hierdie twee dames hulle werk aanpak, sou ons nie die mas kon opkom nie.

Die finansiële komitee vergader kwartaalliks. Die doel van hierdie vergadering is nie net vir terugvoer nie, maar om aanpassings en probleemsituasies aan te spreek. ’n Finansiële Reglement-Dokument is opgestel om te sorg dat ’n beleid in plek is om die skool se finansies te hanteer. Hierdie maatreëls dra by tot die professionele hantering van skoolgelde. My dank aan almal wat op hierdie komitee dien vir waardevolle insette. ’n Spesiale woord van dank aan mev. M. Janse van Rensburg as finansiële voorsitter. Enkele aspekte waarvan u moet kennis neem: Skoolfonds is vooruitbetaalbaar voor die 7de van elke maand.

Agterstallige onderriggeld word aan ons prokureurs oorhandig vir

invordering. Aansoek vir vermindering van skoolfonds moet met volledige

dokumentasie aan die einde van die vorige jaar gemaak word.

Hierdie vermindering sal volgens ’n glyskaal toegestaan word ná verifiëring van feite.

Ten slotte wil ek my dank teenoor mnr. T. Koekemoer en die personeel uitspreek vir hulle oordeelkundige hantering van die begroting en hulle ywer met die verskeie fondsinsamelings. My dank aan mev. Swanepoel en mej. Laubscher, my regterhande, vir puik werk.

Dankie aan ons Hemelse Vader, sonder wie hierdie skool nie sou kon funksioneer nie.

J. MEYER

Page 8: 2014 jaarverslag v&a

8

4. FISIESE GERIEWE Die meeste van die instandhoudingsprojekte is binne die begroting afgehandel. Die belangrikste projekte wat voltooi is, is die oordoen van die netbalbane en die aankoop van ’n nuwe trekker. Die alledaagse instandhouding, wat insluit verfwerk, herstelwerk en skoonmaak, word deur mnre. Frans Swanepoel en Henry Hayward gedoen. A.g.v. talle inbrake is die slotte en sleutels vervang. Daar is ook ’n gemonitorde ligstraal voor die kantore aangebring om dié probleem te bekamp. Kameras sal ook op strategiese plekke aangebring word. Die begroting vir 2015 is reeds ingedien. Ons opregte dank gaan aan mnre. Swanepoel en Hayward vir hul uitstekende dien op die skoolterrein. Dankie ook aan mnr. Rudi Thirion (op die Beheerraad) vir sy belangrike insette tot die welstand van die skool. Brandwag sê ook dankie aan talle ouers en instansies in die gemeenskap vir hul bydrae. Mnr. Kitty Hurter neem vanaf 2015 oor as voorsitter by mnr. E. du Plessis wat einde Desember 2014 aftree. Ons beste wense vergesel mnr. Hurter met hierdie taak. Die Fisiese Geriewe-komitee is daarop ingestel om hul beste vir die skool te lewer. E. DU PLESSIS

5. BESTUURSLIGGAAM

2014 was ’n jaar van kontraste - aan die eenkant die ongelooflike sukses wat die leerders op baie verskillende terreine behaal het en aan die ander kant die uitdagings wat hanteer moes word. Baie dankie aan almal, personeel en leerders, wat hul deel gedoen het. Ons is trots op al ons leerders se prestasies en sien uit na die koerant-advertensie wat die skool as gevolg van die “Vasvra-span” se sukses kry. Die proses vir die aanstelling van die nuwe skoolhoof behoort binnekort afgehandel te wees. Ons vertrou dat hy sy besondere talente sal gebruik tot voordeel van Brandwag. Mag 2014 se matrieks voortbou op die ander prestasie van die jaar en sorg vir uitslae waarop die skool trots kan wees. Baie sterkte vir jul voorbereiding.

Page 9: 2014 jaarverslag v&a

9

Namens die Beheerliggaam wens ek almal ’n Geseënde Kerstyd toe en ons vertrou dat 2015 nog ’n kleurvolle jaar in die Brandwag geskiedenis sal wees. Brandwag-groete B. CONRADIE

6 OUDSKOLIEREBOND

Die jaarlikse Sport- en Reünienaweek het van 28-31 Augustus plaasgevind. Vanjaar is die kultuuraand op Donderdag 28 Augustus as deel van die Reünienaweek bemark. Dié hoogs suksesvolle aanbieding het verskeie produksies van leerders ingesluit, asook die onderwysers in aksie op die verhoog, vir die eerste keer in jare. Nuut op die reünie-spyskaart het die Oudskolierebond vanjaar die Vrydagaand ’n viergang ete en dans in die skoolsaal aangebied. Oudskolier Jay Oelofse van die TV-kookprogram Kokkedoor het die spyskaart vir die geleentheid saamgestel en sy Kokkedoor-kollega Renette Vosloo was aan die stuur in die kombuis, of te wel, die Gasvryheidstudies-klas. Die erediens is soos gebruiklik op Sondag 31 Augustus is in die NG-Kerk Uitenhage-Noord gehou. Mev. Corné van der Westhuizen, hoofmeisie van 1993, het as gasspreker by die Stigtingsdagbyeenkoms opgetree. Oudskolier past. Gerrit Basson het die Skriflesing en gebed waargeneem en Ronald Neveling uit die 1954-jaargroep het ’n boodskap van sy klasmaat, Ton Vosloo van Media24, voorgelees.

Sonder die hulp en ondersteuning van die bestuurslede, die skoolhoof, personeel en betrokke leerders sou die geleentheid nie ’n sukses gewees het nie. Namens die Oudskolierebond ’n woord van dank ook aan alle borge, skenkers en ondersteuners. Ons hoop om in die komende jaar ons skool se leuse van U dienswillige dienaar uit te leef, en sodoende ’n positiewe bydrae tot die skool te kan lewer. Voorspoed vir al die matrieks van 2014 met hul eindeksamen en hul lewenspad vorentoe.

V. NAUDE

Page 10: 2014 jaarverslag v&a

10

7 KOSHUISE

Die jaar 2014 nader nou vinnig sy einde en Hoërskool Brandwag se koshuise kan weer terugkyk op ’n jaar vol herinneringe. Die jaar het afgeskop met die ontvangs van nuwe leerders wat vinnig hul voete in die koshuis-milieu moes vind. Met die hulp van die “ou hande “ het al die nuwelinge sommer gou tuis gevoel en by die koshuis en skool se bedrywighede ingeskakel. Dit is ook die jaar waarin ons drie nuwelinge in die toesig-personeelkorps verwelkom het, by name mej. Suné du Preez, mej. Moolman en mev. Isabella Scheepers (baie onlangs). Danksy die getroue bydraes van lojale ouers en vriende van die koshuis kan ons met trots sê dat die koshuise se begroting baie mooi geklop het. Die koshuisbasaar, met al die meegaande aktiwiteite, was ook weer ’n reusesukses en ons spreek weer ons innige dank uit teenoor almal wat daarby betrokke was. Dankie aan die ouers, personeel en leerders vir die opofferings wat gemaak word ter wille van verhurings van die koshuise. Ons versoek tog vriendelik ons ouers om ons as personeel te help om toe te sien dat die goeie gedrag van ons koshuisleerders ’n prioriteit bly, sodat die koshuis-omgewing ’n veilige woonplek en sinvolle leeromgewing kan bly. Baie dankie in dié verband aan die oorgrote meerderheid van ons kosgangers wat altyd hulle kant bring by die handhawing van gesonde dissipline in die koshuise. Van die koshuis se kant wil ons darem ook net baie geluk sê aan mnr. Pieter van Kampen en mnr. Christiaan van Schalkwyk met hulle onlangse huwelike. Mag die Here hulle ryklik seën. Ons koshuisleerders het weereens ’n reusebydrae gelewer tot die skool se suksesse en dra baie by tot die positiewe bemarking van ons skool. Hier dink ons aan die volgende prestasies: Hanekam: Erich de Jager (OP o.18 Cravenweek rugby); Kaden Prince (OP o.18 Cravenweek rugby); Morney Moos (OP o.18 Cravenweek rugby); Shevaan Hendricks (OP. o.18 sewes rugby); Malan Olivier (OP o.16 Grant Khomo rugby); Herman Geissler (OP o.16 Grant Khomo rugby); Levert Pieterse (Senior Raad van Leerders, OP o.17 atletiek na SA’s en deel van SA-atletiekoefengroep vir die Junior Wêreldspele); Llewellyn Janse van Rensburg (Akademie Top 10); Hein Janse van Rensburg (Senior Raad van Leerders); Corné de Ridder (OP Bofbal); Denmar Transell (OP Bofbal); Zane Barnard (OP Bofbal); Sebastian Janse van Rensburg (Akademie Top 10). Jakaranda: Natasha Kovacs (Senior Raad van Leerders); Mothira Mohammad (OP o.15 netbal en OP o.15 atletiek); Kylie Janse van Rensburg (Senior Raad van Leerders); Mieke van den Bosch (OP-groep vir gholf); Danieel van Greunen (Senior Raad van Leerders); Karli Serfontein (Senior Raad van Leerders); Suné Hayward (Akademie Top 10, Senior Raad van Leerders, OP netbalskeidsregter); Chanté Smith (Senior Raad van Leerders); Bronwyn Marshall (Junior Raad van Leerders); Cayla Colling (OP gimnastiek); Lisa Horn (OP Atletiek en landloop); Lurica Pasques (OP netbalskeidsregter, ATKV halfeindrondte redenaars).

Page 11: 2014 jaarverslag v&a

11

Eike: Lauren Hayward (Akademie Top 10); Eliska Büchner (Akademie Top 10); Elmé de Jager (Akademie Top 10); Carol Drake (Akademie Top 10); Marelize Clasen (Akademie Top 10); Emma Hayward (Akademie Top 10); Nadene van der Mescht (Akademie Top 10); Lizandré Mulder (OP Atletiek); Marelize Clasen (OP Netbalskeidsregter, "C" gradering); Kayla-Lee MacGregor (OP Netbalskeidsregter, "C" gradering). Graag wil ons ook van die geleentheid gebruik maak om die volgende persone te bedank vir hulle insette in die gladde verloop van die koshuiswiele: me. Millie Janse van Rensburg (voorsitter van die koshuiskomitee) en die ouer-verteenwoordigers op die koshuiskomitee, mnr. Tinus Koekemoer (huidige skoolhoof), me. Karen Erasmus (hoofmatrone) en al haar assistent-matrones en werkers van die koshuise, me. Carmen Hermans (sekretaresse belas met koshuissake), huisouers van die drie koshuise en al die toesighouers. Laastens ook baie dankie aan al ons koshuisleiers en -leerders wat ons as personeel se taak soveel vergemaklik met hulle insette en gedrag. Dit alles word opreg waardeer. Spesiale voorspoedwense aan mnr. Wilhelm Meyer en sy gesin met sy aftrede. Mag God sy wakende en helpende hand oor hulle hou en hulle seën vir al die insette wat hy in Brandwag se koshuise spesifiek gelewer het. Die hemelse Skepper was vir ons baie goed in 2014 en ons loof die Here vir sy groot genadehand wat oor ons koshuise uitgestrek bly. J. ERASMUS

8. RAAD VAN LEERDERS

SENIOR RAAD VAN LEERDERS - 2015 HOOFMEISIE Elrike Hugo

HOOFSEUN Stefan Janse van Vuuren

ONDERHOOFMEISIE Jodie de Vos

ONDERHOOFSEUN Kevin Higgs

DOGTERS SEUNS Ané Anker Frans-Hendrik Badenhorst Marianka Gerber Clifford Bartman Suné Hayward Ferdinand Burger Alycia Jacobs Hayden Davis Kylie Janse van Rensburg Erich Deysel Natasha Kovacs Frank Fourie Marelize Lessing Hein Janse van Rensburg Jamie-Lee McCarthy Clinton Koeries Mikyla McLeod Candice Pearce

Page 12: 2014 jaarverslag v&a

12

Karli Serfontein Chanté Smith Nienke Strydom Caro Swanepoel Danieel van Greunen Eldi van Wyk Ané Anker Marianka Gerber

JUNIOR RAAD VAN LEERDERS - 2015

GRAAD 11 Tilana Bezuidenhout Darren de Wit Chanél Krantz Wilhelm Meyer Sharezaan Zeelie

GRAAD 10 Cassandra Jerling Kevin Botha Emelda Moses Franco Saayman Amber Strydom

GRAAD 9 Leandri Botha Kenneth (KJ) Botha Kyla Steffens Daniël Lotter Cortney van der Merwe

8.1 VERSLAG VAN RAAD VAN LEERDERS: 2014

Reeds sedert ons inhuldiging in 2013 was ons bewus van die groot eer en verantwoordelikheid wat aan ons toegestaan is. Ons was skrikkerig oor die groot skoene wat ons sou moes volstaan, maar het ongelooflik uitgesien na die jaar wat voorgelê het. Ons het ons termyn afgeskop met ’n prettige opleidingskamp te Bushpig Adventures, net buite Port Elizabeth. Onder die bekwame leiding van mnr. Baxter en mev. Koekemoer het die raad mekaar beter leer ken, sowel as geleer hoe om as ware leiers op te tree. Ons is werklik baie goed voorberei vir ons taak. Die leerlingraad het in 2013 al begin woeker en ’n braai by die lapa gehou vir al die voornemende matrikulante. Die klas van 2014 het die geleentheid vreeslik geniet en die groep het goed gees gebou. Kort daarna is die tradisionele stoepoorneming gehou, wat georganiseer is deur die raad. ’n Massa-dans, wat die hele graad ingesluit het, is deur raadslede gechoreografeer en geïmplementeer.

Page 13: 2014 jaarverslag v&a

13

Die vier hoofleiers was bevoorreg om ’n hoofleier-simposium aangebied deur die ATKV by Goudini Spa in die Wes-Kaap te kon bywoon. Hier is die hoofleiers bederf met warmwater swembaddens en talle lekkernye, terwyl hulle ook met die wyshede van verskeie sprekers geseën is. Die vriendskapsbande wat gevorm is met medehoofleiers van regoor Suid-Afrika sal ons verewig saamdra. Die Senior Raad het reeds vroeg in 2014 die jaar op ’n hoë noot afgeskop met ’n baie suksesvolle gr. 8-voorstellingsdag en -kenmekaar-sokkie. Ons het ook, onder meer, ’n Mnr. en Mej. Sot en ’n gr. 8-waterkaskenadesdag gehou. Die raad het ook regdeur die jaar Brandwag se karakter-pilaarprojek geïmplementeer, deur byvoorbeeld vierkantopening by die onderwysers oor te neem een Maandagoggend vir Verantwoordelikheid as tema, asook met ’n “Free Hugs”-inisiatief vir Omgee-maand. Die raad het deur die loop van die jaar vele gemeenskapsdiensprojekte aangepak, onder meer ’n uitreik na die Uitenhage Provinsiale Hospitaal se kindersaal, asook om vir ons Medebrandwagters Tekkiedag aan te bied, waar geld ingesamel is vir die Metro se ACVV. Nasionale Boomplant-week is ook deur die leerlingraad ondersteun en ons het ’n geelhoutboom op die skoolperseel geplant. Dit is alombekend dat Brandwag ’n skool is wat groot waarde heg aan tradisies. Die raad het verseker dat talle skooltradisies, soos die Brandwag-myl, weereens ’n sukses was. Die raad het ook buiten sy talle verpligtinge seker gemaak dat daar genoeg tyd was vir pret. ’n Oornag-uitstappie is gehou by Emmé Swart se plaas naby Kirkwood, waar die raad baie gerus het, en ook ’n toer na ’n plaaslike sitruspakhuis meegemaak het. Die jaarlikse leerlingraadsbal te Barklystraatteater was ook ’n groot hoogtepunt op elke raadslid se kalender. Met smullekker happies en lieflike geselskap is die Senior Raad van 2014 se termyn op ’n hoë noot afgesluit. Ons wens die Raad van Leerders van 2015, onder leiding van Stefan Janse van Vuuren en Elrike Hugo, alles van die beste toe vir die pad vorentoe. Ons het volkome vertroue dat hulle ook die Band van Grys en Groen trots sal maak in die jaar wat voorlê. Nogmaals dankie aan ons twee skoolhoofde deur die jaar, mnre. W. Meyer en T. Koekemoer, en aan die personeel vir hul hulp oor die afgelope termyn. Dit was van onskatbare waarde. Ons sê ook graag spesifiek dankie aan mnr. Baxter en mev. Koekemoer vir hul leiding en ondersteuning regdeur die jaar. Ons laat u graag met een van Brandwag se kredo's: die beste skool van dink en doen, is die skool met die band van grys en groen. U dienswillige dienaar

LLEWELLYN JANSE VAN RENSBURG EN EMMA HAYWARD HOOFLEIERS 2014

Page 14: 2014 jaarverslag v&a

14

8.2 JUNIOR STADSRAAD (ALPHA LEO CLUB)

Altesaam ses leerders van Brandwag was die afgelope termyn lede van die Alpha Leo Club, voorheen bekend as die Junior Stadsraad. Dit was ’n groot eer dat Brandwag se Alana-Leë Daniell as President vir die termyn 2013 - 2014 verkies is. Sy het haar puik van haar taak gekwyt en ons is baie trots op haar. Alana-Lee Daniell en De Wet Bester (matriek) tree uit as lede. Baie dankie vir julle belangrike insette oor die afgelope drie jaar. Die ander lede is Caro Swanepoel en Bjorn Bester (gr. 11); Caitlin Tamboer en Sharezaan Zeelie (gr. 10). F.J. Swanepoel en René Schonken wat as subkomiteelede sal dien, is ingelyf tydens ’n prestige geleentheid op 1 Oktober 2014 in Riebeek se skoolsaal. Die Alpha Leo Club bestaan uit hoërskoolleerders van Uitenhage en Despatch en vergader elke tweede week, gewoonlik by die President se skool. Die leerders het hoofsaaklik geld ingesamel vir die finansiering van hulle aktiwiteite, asook vir welsynsorganisasies, met projekte soos ’n Talentaand en die jaarlikse debutantebal. Besoeke word gebring aan tehuise en hulp met sopkombuise word verleen. Elke lid het waardevolle ondervinding in ondernemingsgees opgedoen en die Alpha Leo Club het hulle die geleentheid gebied om hulle leierseienskappe te ontwikkel en uit te dra. Die Brandwagters het weereens bewys dat daar altyd op hulle staatgemaak kan word en word hartlik bedank vir hulle toegewydheid en volgehoue ywer. Julle het ’n verskil gemaak. Voorspoed aan elke lid met sy/haar werksaamhede. C. VON WILLIGH

9. AKADEMIE

Brandwag is trots op sy akademiese prestasies en veral op die deurlopende goeie matriekuitslae wat ons handhaaf. Streng oorhoofse beheer, toesig oor alle akademiese aktiwiteite en deurlopende monitering is die wenresep vir goeie uitslae. Voeg daarby onderwysers wat op eie inisiatief en sonder vergoeding ekstra hulp aanbied in ’n wye verskeidenheid vakke en dis duidelik waarom Brandwag ’n gerekende skool op akademiese gebied is. Ons wil hulde bring aan ons toegewyde onderwysers, vakhoofde, graadhoofde en standerdhoofde vir hulle onvermoeide ywer om elke leerder tot akademiese uitnemendheid te begelei. ’n Groot dankie ook aan die topstruktuur vir oorhoofse beheer.

Page 15: 2014 jaarverslag v&a

15

Brandwag beloon die afgelope paar jaar die top 10 akademiese kandidate in elke graad met ’n “bederf-dag”. Hiermee wil ons van die skool se kant af vir die groep leerders ons waardering wys vir hulle volgehoue harde werk en ywer in akademie. Ons “bederf-dag” het al uitstappies na die Kwantu-wildreservaat en Addo ingesluit en in 2014 het die groep uitgesoektes ’n dag op ’n plesierboot deurgebring. Brandwag ken aan die einde van elke jaar drie akademiese beurse toe aan die drie toppresteerders in elke graad. Die beurswenners word bepaal na aanleiding van volgehoue prestasie deur die jaar en die beurs bestaan uit ’n 100%, 75% en 50% afslag op skoolgeld respektiewelik vir die volgende akademiese jaar. Gr. 8-leerders kom ook in aanmerking vir akademiese beurse. Enige gr. 8-leerder kan kwalifiseer vir ’n beurs indien hy/sy ’n minimum gemiddelde persentasie van 90% in gr. 7 behaal EN indien die leerder as Dux-leerder van sy/haar laerskool aangewys is.

Die matriekuitslae van 2013 verdien weer spesiale vermelding:

100% Slaagsyfer. 8 Gemiddelde A-kandidate 1 Leerder verwerf 8 A-simbole 1 Leerder verwerf 7 A-simbole 3 Leerders verwerf elk 6 A-simbole 3 Leerders verwerf elk 5 A-simbole 131 A-vaksimbole.

Altesaam 98 leerders (60,5%) kry toelating tot graadstudie, 61 (37,7%) kry toelating tot diplomastudie en 4 kry toelating tot sertifikaatstudie. Ons is besonder trots op die feit dat ALLE graad 12’s van 2013 wel verder kan gaan studeer indien hulle sou wou. Daar is vanjaar weereens aandag gegee aan die modernisering van onderrighulpmiddels in klaskamers met die installering van nog ’n aantal dataprojektors wat nie net die onderrig in klasse moderniseer en vergemaklik nie maar aansluit by die leerders se leefwêreld sowel as akademiese tyd bespaar. Daar is tans 20 dataprojektors, die meeste met Internet toegang, in klaskamers. Die gr. 9 Wiskunde-leerders het weer hierdie jaar die geleentheid gehad om weekliks ’n wiskunde-huiswerk-hulpklas by te woon. Leerders kon onder toesig van ’n leerkrag hulle wiskunde-huiswerk voltooi terwyl hulle waardevolle individuele aandag en hulp kry. In gr. 10-12 word daar steeds verpligte Wiskunde-klasse ná skool aangebied om seker te maak dat die leerplanne betyds afgehandel word. Baie dankie aan die betrokke personeel wat hulle kosbare tyd opoffer om gehalte onderrig te verseker.

’n Groot poging is hierdie jaar aangewend om beide gr. 9-leerders en hul ouers in te lig met betrekking tot vakkeuses en universiteit toelatingsvereistes. Die oorweldigende opkoms by die gr. 9-oueraand bewys

Page 16: 2014 jaarverslag v&a

16

weereens dat Brandwag die akademiese behoeftes wat bestaan, raaksien en aanspreek. Onder leiding van die akademiese hoof, mev. E. Roux, word daar in ’n span saamgewerk om Brandwag se akademiese prestasies op ’n hoë standaard te hou.

E. ROUX

9.1 GETALLE

Brandwag ontvang jaarliks meer aansoeke as wat ons kan hanteer. Die skool handhaaf ’n streng toelatingsbeleid. In oorvol klasse kan die kind nie tot sy volle potensiaal ontwikkel nie. Kleiner klasse vergemaklik ook beheer en dissipline en het beter akademiese prestasie tot gevolg. Getalle 2013: Gr. 8 167 Gr. 9 184 Gr. 10 172 Gr. 11 176 Gr. 12 185 884

Seuns 309 Meisies 575

9.2 FISIESE WETENSKAP-WINTERSKOOL Hierdie jaar is die Fisiese Wetenskap-Winterskool weer tydens die laaste week van die Julievakansie by Brandwag aangebied. In totaal het 31 leerders die Winterskool bygewoon, onder andere van Brandwag, HTS Daniel Pienaar en Hoërskool Uitenhage. Dit word jaar na jaar bewys dat bywoning van die Winterskool ’n leerder help om sy maksimum potensiaal in hierdie vak te bereik. Ons wil graag alle Fisiese Wetenskap-leerders uitnooi om in die toekoms hierdie Winterskool by te woon ter voorbereiding van die September Voorbereidingseksamen en die November Eindeksamen in gr. 12.

P. BAXTER

Page 17: 2014 jaarverslag v&a

17

9.3 WISKUNDE-LENTESKOOL

Die Brandwag Wiskunde-Lenteskool is vir baie jare reeds ’n instelling by Brandwag en is vanjaar weer van 6 tot 10 Oktober aangebied. Ongeveer 50 gr. 12-leerders van Brandwag en buurskole het dit bygewoon en is in twee klasse ingedeel.

In tien sessies van twee ure elk word die hele gr. 11- en 12-sillabus deurgewerk. By elke module word ’n stel notas, saamgestel deur die aanbieders, aan die leerders verskaf en word die beginsels betrokke by elke onderwerp, deeglik ingeoefen.

Die aanbieders vanjaar was mevv. L. Britz, E. Huisamen en Z. Koekemoer. Dit is ’n suksesvolle wiskunde-week wat beslis bydra tot beter uitslae vir elke leerder wat dit bywoon en voluit saamwerk. ’n Besondere woord van dank aan bogenoemde dames vir die organisasie, aanbieding en opoffering. Z. KOEKEMOER

9.4 WÊRELDKENNIS-OLIMPIADE Brandwag-leerders van alle grade het weereens aan die Wêreldkennis-

olimpiade deelgeneem. Leerders van gr. 8 tot 12 kry die geleentheid om aan hierdie olimpiade deel te neem.

Elke leerder wat aan die Olimpiade deelneem, ontvang ’n sertifikaat van die

Universiteit van die Vrystaat. Deelnemers het veelkeusevrae en oop vrae oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe beantwoord.

Vanjaar het Alana-Lee Daniell in gr.12 Brandwag trots gemaak deur die

beste prestasie in gr.12 in die Oos-Kaap te behaal. Ons hoop dat nog meer leerders in 2015 aan die Olimpiade sal deelneem. A. CONRADIE 9.5 WETENSKAP AKTIWITEITE Jaarliks woon die Brandwag gr. 10 Fisiese Wetenskap-leerders die Mol-dag

vieringe by. Tradisioneel word hierdie dag gevier om 06:02 op 23 Oktober. As gevolg van eksamens is dit egter verskuif na Augustus. Dit is hierdie jaar op 14 Augustus by Hoërskool Alexander Road gehou. Brandwag-leerders het die geleentheid bygewoon en hulle opgemaak soos elemente van die Periodieke Tabel.

Page 18: 2014 jaarverslag v&a

18

Aan die begin van die derde kwartaal het van die gr. 11 Fisiese Wetenskap-leerders die Ekspo-uitstalling by Volkswagen bygewoon. Interessante elektroniese apparaat is uitgestal en die werking daarvan gedemonstreer.

In Augustus het gr. 11 Fisiese Wetenskap-leerders die Energie-simposium

by die Nelson Mandela Bay Science & Technology Centre op Uitenhage bygewoon. Die rol van Energie in ons samelewing is verduidelik en deur van die leerders ervaar.

P. BAXTER

9.6 TOERISME GTTP-SA bied elke jaar ’n Nasionale Toerisme-kompetisie vir gr.10 tot 12

leerders aan. Leerders kan in verskillende kategorieë deelneem. Daar os onder meer ’n foto-afdeling en ’n afdeling vir ’n reisberig oor ’n minder bekende bewaring- of toerismestreek in jou omgewing.

Landon Coleske in gr.12 het vanjaar die tweede plek in die land ingepalm

met sy reisberig in Engels geskryf oor die Seaview Leeupark. Hy het ’n kontantprys van R1000 ontvang en ’n sertifikaat is by die Toerisme-ekspo in Oos-Londen aan hom oorhandig.

As deel van die prys ontvang sy onderwyser, me. C. von Willigh, ook ’n

subskripsie vir ’n reistydskrif van haar keuse. C. VON WILLIGH

10. KULTUUR 10.1 ANIBRANDFEES Die Anibrandfees se sesde jaar het weer getoon dat dit ’n suksesvolle fees is en dat daar beslis groei-potensiaal vir ’n fees van hierdie standaard op Uitenhage is. In samewerking met die leerders van Brandwag, het ons ’n paar duisend blikkies ingesamel. Uitstallers en feesgangers het ook bygedra tot hierdie projek. Die kos is uitgedeel aan 8 skole in Uitenhage, Despatch, Kwanobuhle en Kamesh. Sarah Theron het die volwassenes op Valentynsaand vermaak as voorloper tot die Anibrandfees. DJ Ossewa het by die openingsfunksie die bykans 650 besoekers by die Donderdagaand-afskop in die biertent vermaak.

Page 19: 2014 jaarverslag v&a

19

Topgehalte Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Jay en Kurt Darren het op die Castle-verhoog opgetree. Daar was 140 uitstallers op die terrein met topgehalte produkte wat deur ’n streng keuringsproses goedgekeur is. Ds Stümke was verantwoordelik vir die baie suksesvolle kunsuitstalling in die Barklystraatteater. Die ATKV-Jeugtak Dinamika, Brandwag se ATKV-tak, het Grey en Framesby se takke vir ’n vasvra tydens die fees op die Coke-verhoog genooi. Dinamika se span het gewen. Ons hoop hierdie sal ’n jaarlikse instelling word. Emo Adams het die ATKV-tak tydens die fees toegespreek en meer oor sy lewe vertel. Altesaam 40 gr. 11-leerders het as Sparkies opgetree vir hulp op die terrein. Hulle help met die uitleg van die terrein, die plasing van uitstallers op hulle regte plekke en verleen bystand waar nodig. Personeel betrokke by die organisasie van die Anibrandfees is: mev. K. Basson, mnr. F. Terblanche, mev. C. Swanepoel en mev. A. Marais.

K. BASSON

10.2 ATKV-JEUGTAK

Die eerste bestaansjaar van die ATKV-tak by Brandwag was baie besig en suksesvol. Hierdie is een van die grootste jeugtakke met 70 lede. Om die baie lede almal te betrek, is hulle in groepe verdeel en elke groep het ’n taak gery om te verrig. Elke groep het ’n komiteelid as leier. Groepe was verantwoordelik wees vir:

Opdatering van die kennisgewingbord wat spesiaal vir die ATKV opgerig is.

Die bestel en verkoop van T-hemde. Die opstel en hantering van die vasvra. Die Fotografie-kompetisie se inskrywings, beoordeling en die wenners se

pryse. Die Gr. 9 Liedjie-skryfkompetisie. Die Afrikaanse Sokkie. Die Kultuuraand. Woorde van die week.

WOORDE VAN DIE WEEK: Elke Maandagoggend is daar ’n idioom of nuwe Afrikaanse woord aan die skool bekend gemaak: Woord van die Week. Hierdie woorde of idiome is oor die hele skool opgeplak vir ’n week. Elke week was daar ’n nuwe woord. Aan die einde van die kwartaal is ’n kompetisie gehou of ’n toets geskryf oor die woorde en idiome van die afgelope kwartaal.

Page 20: 2014 jaarverslag v&a

20

KWARTAAL 1: Januarie tot Maart FOKUS: Anibrand vir Afrikaans Takvergadering: 22 Januarie 2014

1. 1 Maart 2014: (tydens die Anibrandfees) ’n Vasvra-uitdaging tussen ATKV-Jeugtakke by die Anibrandfees. Die Greysnare en Framesby is uitgenooi. Die vasvra was oor idiome, spelling en het ’n noot-vir-noot deel ingesluit.

2. Emo Adams spreek Dinamika toe by die Anibrandfees – 1 Maart om 15:00, net vir taklede.

3. T-Hemde word gemaak vir taklede met die slagspreuk: Dinamika: Ontplof vir Afrikaans.

4. Die Gr. 9 Liedjie-skryfkompetisie in samewerking met die Kuns en Kultuur leerkragte. Dis deel van die skoolkurrikulum, maar met ATKV-lede as beoordelaars en ATKV-lede wat die wenner aandui. Al die gr. 9-klasse is verplig om deel te neem.

KWARTAAL 2: April tot Junie FOKUS: Ons kan Sokkie in Afrikaans Takvergadering: 14 April 2014

1. Viering van Jeugdag: ’n Afrikaanse sokkie met sokkies. 2. Fotografie-kompetisie: Beeld die Brandwag-gees die beste uit. 3. Vasvra-uitdaging: Matrieks teen gr 11’s (idiome, spelling en noot-vir-

noot).

KWARTAAL 3 Julie tot September FOKUS: Verskeidenheid in Afrikaans Takvergadering: 28 Julie 2014

1. Nasionale Vrouedag: 28 Augustus Toneelaand: Verskillende genres is opgevoer. Die ATKV-tak het die aand gereël; was betrokke by oudisies, het self opgetree, gehelp met oefeninge en die aand se verrigtinge.

2. Vasvra uitdaging: Kapteins van eerste sportspanne teen ATKV-lede (idiome, spelling, noot-vir-noot).

KWARTAAL 4 Oktober tot Desember FOKUS: Afrikaans vir almal Takvergadering: 14 Oktober 2014

1. Onderwysdag: Vasvra-uitdaging: Onderwysers teen leerlinge (idiome, spelling, noot-vir-noot).

K. BASSON

10.3 BRANDWAGFM

BrandwagFM is ’n internet-radiostasie wat die belange van Brandwag op die Die radiostasie is gemik op die bemarking van die skool en om geld te genereer deur middel van advertensies.

Page 21: 2014 jaarverslag v&a

21

Hierdie stasie gaan meertalig moet wees, met Afrikaans as hoofvoertaal en met Engels en Xhosa bykomend. Opvoedkundig: Akademies kan enige vak bespreek word of behandel word. Voorgeskrewe werke kan byvoorbeeld opgevoer word of gedigte kan voorgelees word. Besprekings hieroor kan ook uitgesaai word. Vakke kan identifiseer hoe hulle hulp kan bied op die radio. Die idee is dat kinders ander kinders help. Bemarking van die skool: Dit is belangrik om die skool te bemark sodat almal kan weet wat hierdie besonderse skool aanbied. Programme kan onder meer die volgende insluit: Alle uitslae van al die sportgebeurtenisse van die naweek kan gelees en bespreek word. Onderhoude kan met die kapteins van spanne gevoer word. Die stasie kan alles adverteer of noem wat weekliks by die skool aangebied word. Meer aandag kan so gegee word aan aktiwiteite wat tans min aandag kry, soos byvoorbeeld skaak; debatte en redenaars, kultuuraande ensovoorts. Algemene nuus van die leerders en personeel kan ook uitgesaai word. Opleiding: Leerders word opgelei om omroepers te wees. Hulle moet self die programme kan opstel, navorsing doen en uitvoer. Leerders moet self die speellys van musiek saamstel. Volwassenes betrokke bied ondersteuning, doen kwaliteitsbeheer en beskerm die etiese kodes van die skool. Om te kan hardop lees en mooi suiwer te praat, is baie belangrik en moet gereeld geoefen word. Leerders word ook opgelei as tegnici om die radioprogram gereed te maak om uitgesaai te word. Om na BrandwagFM te luister, besoek www.brandwagfm.co.za of laai die Nobex Radio-skakel af op jou slimfoon.

K. BASSON

10.4 FOTOGRAFIEKLUB Te midde van ’n legio ander aktiwiteite wat geskikte tye vir vergaderings bemoeilik, bly Brandwagters uitblink met hulle kameras. Benewens wat leerders geleer het tydens besprekings en met die neem van foto's, is daar talle geleenthede vir klublede om by die skool as fotograwe op te tree. In Maart het die lede van Fotografieklub weer as amptelike feesfotograwe by die Anibrandfees opgetree en goeie werk gelewer. Vanjaar het Chrisanda de Jager by verskeie geleenthede haar slag met die videokamera bewys en met haar stilfoto's ’n vryskutwerk by Volkswagen losgeslaan. Ander klublede soos Estée Skein en Elmé van de Vyver het ook reeds hulself bewys as professionele fotograwe met die neem van troufoto's.

Page 22: 2014 jaarverslag v&a

22

Klublede het 33 foto's vir die Despatch-Kunsfees ingeskryf en ’n verskeidenheid van toekennings verower. Tydens klubvergaderings het lede onder meer die werk van Clark Little en Alfred Stieglitz leer ken. Die werk van klublede is weereens by die gr.7 Ope-Aand uitgestal.

K. PIENAAR 10.5 INTERACT Onder die bekwame leierskap van Emma Hayward het Brandwag se Interact-klub vanjaar weer ’n suksesvolle jaar van gemeenskapsdiens beleef.

Tydens die eerste kwartaal het die klem geval op fondsinsameling vir die stryd teen kanker. Die klublede het soos in die verlede almal beurte gemaak met die bak en verkoop van kolwyntjies. Lede het ook munte ingesamel. Interact het weereens kerse by die jaarlikse swemgala aangesteek ter nagedagtenis aan slagoffers van dié siekte. ’n Oomblik van stilte is ook as eerbetoon gehandhaaf. Groot bedrag geld is ingesamel danksy almal se harde werk en toewyding.

Die klub het op 12 Februarie die Aandmymering Tehuis vir Bejaardes besoek. Lede het tyd saam met die inwoners deurgebring en ook vir hulle liedjies gesing. Kolwyntjies en kaartjies is aan al die bejaardes gegee.

’n “Geutvreet” is vir die klublede gereël om hulle te bedank vir hulle toewyding en harde werk. Die lede het dié bederf baie geniet. Klublede moes elkeen ’n “I care”-pakkie opmaak. Elke lid moes benodighede vir ’n volwassene of ’n kind bymekaar maak en in ’n mooi houer verpak. Altesaam het die lede 30 pakkies bymekaar gemaak. Klublede het op Mandela-dag (18 Julie) in samewerking met die Despatch-tak van die ACVV die pakkies aan minderbevoorregte mense in die plaaslike gemeenskap oorhandig. Die personeel het ook weereens deelgeneem aan die jaarlikse Loslitdag en so geld ingesamel vir persone met gestremdhede. Die Interact-klub het ou klere ingesamel. en aan die ACVV geskenk vir verspreiding onder behoeftige mense in die gemeenskap. Klublede het ook elkeen 'n beurt gekry om toebroodjies vir Brandwag se voedingsprogram te maak. Die broodjies word elke oggend vir mev. Landman gegee; sy gee die broodjies pouses vir leerlinge wat nie self kos kan bekostig nie.

Page 23: 2014 jaarverslag v&a

23

Die jaar het weereens vinnig verbygegaan, maar lede het tydens 2014 die meeste gemaak van elke geleentheid om Interact se leuse van "service above self" uit te leef. A. CONRADIE 10.6 KOOR Die koor groei steeds en behou ’n hoë standaard. Die koor het vanjaar deelgeneem aan die Despatch-Koorfees en die Despatch-Kunstefees waar hulle ’n goue sertifikaat behaal het. Die jaar is afgesluit met Brandwag se eie koorfees vir omliggende skole op 14 Augustus 2014 en die toneelaand waarvan hul deel gevorm het. Die koor is baie gewild en behou sy plek as kultuurreus in die skool. I. SCHEEPERS 10.7 MNR. EN MEJ. BRANDWAG

Die Mnr. en Mej. Brandwag-kompetisie het op Woensdag 13 Augustus 2014 in die Brandwag-skoolsaal plaasgevind en was weereens ’n lus vir die oog. Terwyl die gehoor tydens vanjaar se verkiesing van Mnr. en Mej. Brandwag getrakteer is met uittreksels uit Chicago, het die beoordelaars kopgekrap om waardige draers vir hierdie titel aan te wys. Frans-Hendrik Badenhorst en Anandi Botha het as aanbieders opgetree en hul goed van hul taak gekwyt.

Die glansaand het ’n hoogtepunt bereik met die aankondiging van die wenners: Mej. Brandwag Senior: Abongile Phezisa

Eerste Prinses: Lisa Horn Tweede Prinses: Ezelle Verwey Mnr. Brandwag Senior: Morney Moos Eerste Prins: Corné Heunis Tweede Prins: JP van der Merwe

Mej. Brandwag Junior: Karla Venter Eerste Prinses: Inge Ferreira Tweede Prinses: Erin Ferreira

Die Mnr. en Mej. Oos-Kaap kompetisie het op 6 September in die Vodacom Amfiteater by die Boardwalk plaasgevind waar van die Brandwag-finaliste deel was van die opening en Gitte Alberts die mense getrakteer het met haar pragtige sang. Van die Brandwag-deelnemers het Emmé Swart onder die

Page 24: 2014 jaarverslag v&a

24

finale top vyf van Mej. Oos-Kaap geëindig. Vier van die vyf seuns in die finale finaliste vir Mnr. Oos-Kaap was Brandwagters en Morney Moos is gekroon as Mnr. Oos-Kaap 2014.

M. DU TOIT EN E. KLEINHANS

10.8 MUSIEK Die musiek as vak het vanjaar altesaam sewe leerders gehad. Daar was drie in gr. 12 en vier in gr. 11. Die gr. 12-leerders se praktiese eksamen vir die Nasionale Senior Sertifikaat word op 20 Oktober afgelê. I. SCHEEPERS 10.9 SKOOLKOERANT Redakteur Anandi Botha was vanjaar aan die stuur van ’n dinamiese span redaksielede. Anandi het ook weereens vanjaar diens gedoen as ’n Jong Joernalis (JJ) vir Die Burger se jeugbylaag, Jip. Tydens die tweede kwartaal het Media24 webredakteur Tanya van Zyl redaksielede kom oplei om berigte te skryf vir die UD Nuus se webwerf. Na afloop van dié opleiding het Kelly Dowling haar slag gewys as sportjoernalis en twee van haar stories is op die UD Nuus-webwerf gepubliseer. Sy volg in die spore van Emma Hayward en Lurica Pasques wat ook verlede jaar op die wyse stories gepubliseer het. Sedert die begin van die jaar word Brandwag se skoolkoerant op die Internet ook gepubliseer. Vanaf Brandwag se eie webwerf is ’n skakel na ’n publikasie-webwerf genaamd ISSUU waar alle Brandwag-publikasies onder Brandwag se profiel verskyn. ISSUU het ook ’n toep (app) vir slimfone waarmee ’n mens maklik op jou selfoon die koerant kan deurblaai. Ouers kan ook omsendbriewe, eksamenroosters, die jaarverslag en die skooldagboek op ISSUU lees. Volg die ISSUU-skakel onder aan Brandwag se tuisblad of gaan direk na http://issuu.com/hsbrandwag. Soos almal het die redaksie ook vanjaar die druk van knypende finansies gevoel, wat gelei het daartoe dat die tweede kwartaal se uitgawe effens later as gewoonlik verskyn het. Sêma'so is egter ’n aanpasbare publikasie, soos Internet-publikasie reeds bewys het. Die totale koste van drukwerk vir die vier uitgawes van die jaar is reeds vanjaar met sowat 25% verminder danksy voortgesette

Page 25: 2014 jaarverslag v&a

25

onderhandelings met diensverskaffers en toenemende kompetisie in die mark.

Onderhoude vir die aanstel van die redaksie vir 2014 vind vroeg in die vierde kwartaal plaas. K. PIENAAR

10.10 TONEELAAND Op 28 Augustus is ’n toneelaand aangebied in die Uitenhage Binnenshuise Sportsentrum. Die toneelaand is aangebied deur BrandwagFM en ATKV - Jeugtak Dinamika. Professionele klank en beligting is gebruik en die verhoog is gedrapeer om gordyne te vorm. Die toneelaand het bestaan uit 23 verskillende items wat die verskillende genres ingesluit het. Daar was toneelspel, dans en sang items. Hierdie aand was ook die bekendstelling van die BrandwagFM-radiostasie en die omroepers het as aanbieders opgetree. Die tema van die aand was ’n radioprogram wat ’n aand by die filmteater aangebied het: Brandwag by die Movies. Die hoogtepunt van die aand was die toneelstuk wat aangebied is deur die personeel van Brandwag. "Die aand voor die Biologietoets" is geskryf deur me. K. Pienaar en gr.12-leerder Anandi Botha en afgerig deur me. Pienaar. Meer as 700 mense die aand bygewoon en die geld wat ingevorder is met die kaartjieverkope is gebruik om al die kostes te dek. Personeel betrokke by die organisasie van die Toneelaand was: meve. K. Basson, I. Scheepers, N. Smith, S Nel en mnr. J Cloete. K. BASSON 10.11 WOORDKUNS Daar is in dinge wat soveel breinkrag, toewyding en senuwees van staal verg en vir soveel opwinding sorg, as die woordkuns. Benewens die interne redenaarskompetisie waar Lurica Pasques as die Beste Senior Redenaar en F.J. Swanepoel as die Beste Junior Redenaar aangewys is, het vier van ons leerders ook aan die eerste rondte van die Nasionale ATKV-Redenaarskompetisie deelgeneem. Lurica Pasques en Caro Swanepoel (as seniors) en F.J. Swanepoel en Lauren Hayward (juniors), het deurgedring na die semifinale rondte.

Page 26: 2014 jaarverslag v&a

26

Vier Brandwag-debatspanne het vanjaar aan die eerste rondte van die Nasionale Debatskompetisie deelgeneem. Van hierdie spanne, was twee senior spanne (Caro Swanepoel en Bianca Scheepers; en Alana-Lee Daniell en Lune-Mari Bezuidenhout) en twee junior spanne bestaande uit René Schonken, Kayla Delport en F.J Swanepoel, asook Chanri Strydom, Martelize Kruger en Stefan Strydom. Beide junior spanne en een senior span, (Caro Swanepoel en Bianca Scheepers) het deurgedring na die semifinale rondte in George. Chanri Strydom, Martelize Kruger en Stefan Strydom, is aangewys as derde in dié rondte, asook die enigste Oos-Kaapse span in die top vyf. Groot opgewondenheid heers oor 2015 en al hierdie sprekers is gereed om weer hulle stemme te laat hoor. SA NEL 11. VCSV Brandwag is sinoniem met Christelike waardes en norme. Daarom staan ons nie net uit op akademiese en sportgebied nie, maar styg uit bo die res a.g.v. ons sterk geestelike karakter. Talle mense dink dat ’n skool die beste sendingveld is om te bedien en almal wil graag na die skole toe kom met talle idees en voorstelle, maar staan telkens verbaas oor wat reeds by die skool gevestig is. Brandwag se VCSV staan baie sterk en het weereens ’n geseënde jaar beleef. Ons het die jaar begin met 51 kringleiers wat gereed was om die geestelike leiding in die skool te neem. Liani Nell was die voorsitter wat die geestelike sake hanteer het en Karla Redelinghuys (Pikkie) was my regterhand by die neem van besluite en al die administratiewe reëlings. Die betrokkenheid van spesifiek seuns is regtig ’n riem onder die hart omdat meisies tradisioneel op dié ouderdom hierdie rol vertolk. Ons koffiekroeë was weereens die hoogtepunte van die jaar. Daar is gewoonlik tussen 250 en 300 kinders by so ’n aand. Ek glo ons sukses lê in die feit dat die kringleiers self die koffiekroeë hanteer. Dit sluit alles in van die dramas skryf en danse uitwerk tot die opmaak van die saal. Die terugvoering wat ons van die leerders kry, getuig van groot seën. Die Brandwag-kerkdienste bly ’n wenner. Ons poging is om jong mense terug in die kerk te kry en vir hulle te wys hoe lekker dit is om die Here te dien. In hierdie dienste het die kringleiers, asook van die leerders, nie net bakhand gestaan om iets te ontvang nie, maar het hulle self getuig en gepoog om iets vir iemand anders te beteken. Ons het aan die begin van die jaar ’n kringleier-opleidingskamp by Welgelegen gehad, waar die kringleiers gemobiliseer is vir die groot taak wat op hulle gewag het. Dit was ’n wonderlike ervaring om saam met die leiers

Page 27: 2014 jaarverslag v&a

27

deur die Woord te stap en te sien hoe nou hulle in verhouding met die Here staan. Die VCSV-orkes gaan van krag tot krag. Nienke van Jaarsveld en Beane Weyers het aan die stuur van sake gestaan en elke leerder kan getuig dat hulle tot groot seën is. Die orkes tree ook by verskeie gemeentes op en ek voorspel nog groot dinge vir hulle. Dit is wonderlik om te sien hoeveel talent daar verskuil is onder die jongmense en dat hulle hul talente binne ’n Christelike raamwerk kan uitleef. Elke Dinsdag het ons kringe by die skool. Die pouse word so ’n bietjie langer gerek en as die tweede klok lui, skarrel almal om by hulle betrokke kringe te kom. Elke kringleier het ’n relevante les wat hulle die dag met hulle kring deel, waarna hulle sommer net lekker saam bid en die pouse in mede- Christene se teenwoordigheid geniet. Tweede pouses is bidtyd en daarom sal kamer 6 nooit gesluit wees gedurende die pouse nie. Vir baie leerders is dit ’n veilige hawe waar hulle in die teenwoordigheid van die Here kan asem skep en net weer perspektief oor die dag of oor hulle probleme kan kry. Daar sien jy hoe leerders mekaar se laste dra en vir mekaar bid en regtig omgee vir mekaar. Bid asseblief saam met ons, dat ons in alles wat ons doen die Here behaag en Sy koninkryk uitbrei en nooit ons eie nie. Ek wil afsluit met die bekende Ps. 127:1 “As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.” Kom ons leef elke dag voluit vir Hom. R. LANDMAN

12. SPORT 12.1 ATLETIEK ’n Skool na ’n somervakansie is bietjie soos ’n baie groot voertuig wat amper skokbehandeling nodig het om dit aan die gang te kry – daarna gaan dit klopdisselboom. Daar is geen beter manier om die jaar aan die gang te kry, as die Interlaer Atletiek-byeenkoms (kleuresport) wat Brandwag nog vroeg- Februarie met styl aanbied – kompleet met rasieleiers (dirigente noem ons hulle deesdae), innoverende optogte en die blou, rooi en groen ingekleurde gesigte van Kruger-, Retief- en De Wet-laer se ondersteuners, wat jillend en singend hul maats en helde op die baan aanmoedig.

Page 28: 2014 jaarverslag v&a

28

Op die veld het ons nog massa deelname – nou wel nie almal op dieselfde vlak nie – waar nuwelinge skouers skuur met geoefende atlete en waar rugbyspelers en diesulkes solank hulle merk wil maak vir die komende seisoen. Ten spyte van topatlete wat deur dekades mekaar hier die stryd aangesê het, val daar tog jaarliks van die ou rekords – weliswaar teen ’n stadiger pas. So hou Yolandé Willemse nou al die Brandwag gewigstootrekords, nadat sy die o.19 een dié jaar verbeter het. Levert Pieterse het ook die o.16 100m hekkiesrekord verbeter. Levert is dan ook die Senior Victor Ludorum – die veelsydigste seunsatleet – nadat hy die 100m hekkies, 100m, 200m, verspring en driesprong gewen het. Yolandé, wat die o.19 diskus en gewigstoot gemaklik gewen het en aan die spiesgooi deelgeneem het, was dan ook die Senior Victrix Ludorum. Die Junior Victrix Ludorum was die veelsydige Mothira Mohammad (o.15) wat in gewigstoot, spiesgooi en 100m hekkies presteer het. Gavean Ruiters was die veelsydigste Junior Seunsatleet op die dag. Yolandé Willemse se era in Brandwag kom hier tot ’n einde. Dit was ’n vrugbare era wat getuig van toewyding – iets waarop jonger atlete kan voortbou. Natuurlik ‘a hard act to follow’. Tans staan die skoolrekords vir gewigstoot o.14 – o.19 in Brandwag agter haar naam, asook rekords vir diskusgooi. Verder hou sy die huidige Distrik- en Sone-rekords en talle OP- rekords staan agter haar naam. Haar naam verskyn verder in die rekordboeke van groot byeenkomste soos die Cradock Top 10-byeenkoms en Bloemfontein se Jim Fouché-byeenkoms. Yolandé is tans die tweede beste gewigstoot hoërskoolatleet in die land en in die Top 4 van SA vroueatlete in diskusgooi en gewigstoot. Haar veelsydigheid word gereflekteer deur die feit dat sy ook lid van die skool se eerste netbalspan en van die SA Skole Netbalspan is. Sy is pas ’n sportbeurs deur Maties aangebied. Uitsonderlik. Levert Pieterse, verlede jaar se SA o.15 100m-hekkieskampioen, is op grond van sy prestasies in die oefengroep vir die Jeug-Wêreldspele ingesluit. Voorwaar ’n eer waarvoor hy goeie media-dekking ontvang het. Hy kon ongelukkig nie na die finale span deurdring nie, maar het goeie ondervinding en motivering opgedoen. Hy is tans weer goed op vorm, soos sy oortuigende oorwinnings in die 110m hekkies en die 100m onlangs by die Hirsch Shield- byeenkoms duidelik toon. Om terug te keer na die groter prentjie. Na die kleure sportbyeenkoms, het ongeveer 100 atlete deelgeneem aan die streekbyeenkoms wat by die Despatch Sentrale-veld aangebied is. Ten spyte van die baanoppervlak wat nie op standaard was nie, geniet die atlete die dag en weereens dring baie deur na die volgende rondte, die sg. Metro-byeenkoms wat by die Oval aangebied is. Uiteindelik kwalifiseer die meeste atlete wat potensiaal het, vir die Oos-Kaap-kampioenskappe, waar atlete van die 9 streke van die Oos- Kaap wedywer om deel te wees van die Oos-Kaap-span na die SA Hoërskool-kampioenskap in Polokwane. Ander atlete neem weer deel aan die OP Junior kampioenskap, waar hulle kwalifiseer vir die SA Junior- kampioenskap (ASA) gedurende April-maand in Stellenbosch. Die o.19’s neem hier bv. ook teen universiteit-studente deel – taai maar opwindend.

Page 29: 2014 jaarverslag v&a

29

Die volgende atlete van Brandwag het gekwalifiseer vir en deelgeneem aan die 2014 SA Hoërskole Kampioenskap (USSASA) in Polokwane en die SA Juniors (ASA), Stellenbosch:

• Yolande Willemse (o.19) Junior Vroue - Gewigstoot & Diskus (Polokwane & Stellenbosch) • Lisa Horn o.19 Junior Vroue - 3000m Hindernis (Stellenbosch) • Lizandré Mulder o.17 Dogters - 2000m Hindernis (Stellenbosch) • Lune-Mari Bezuidenhout o.19 dogters - 800m (Polokwane) • Levert Pieterse o.16 seuns 110m Hekkies en 100m (Polokwane & Stellenbosch) • Dean Jordan – o.15 seuns 110m Hekkies & Verspring (Polokwane & Stellenbosch) • Zoë Marais o.15 Dogters – Verspring (Polokwane) • Jana Vermaak o.16 Dogters 100m Hekkies (Polokwane) • Johlene van Eyk o.16 Dogters - 400m Hekkies (Polokwane) • Mothira Mohammad o.15 Dogters – Gewigstoot & Spiesgooi (Polokwane& Stellenbosch) • Carryn-Ann Howard o.14 Dogters – Hoogspring (Polokwane)

Einde kwartaal 3 en gedurende die 4de kwartaal word die atletiekseisoen natuurlik hervat. Dit is vir baie ’n kort seisoen, weens die nasionale gr. 11 en matriek-eksamens wat eersdaags begin. Behalwe ons deelname aan die Top 10 Cradock-byeenkoms (18 Oktober), waar Brandwag tradisioneel goed presteer en die Jim Fouché-byeenkoms (25 Oktober, Bloemfontein) is die EPA (OP Atletiek-unie) hard aan die werk om atletiek in die OP (spesifiek die Metro) na sy eertyds glorie te herstel. Een van die poging, is die Friday Night Lights Series wat gedurende Oktober alternatiewelik by NMMU en die Oval aangebied sal word. Daar is ook ander mid-week byeenkomste by hierdie bane, wat geleentheid bied vir die atlete om hulself op te skerp. Uit hierdie verslag kan afgelei word dat daar nog heelwat lewe in atletiek in Brandwag is, aangevuur deur gewillige en kundige afrigters. Dit bly maar moeilik, met die veelsydige leerders wat al hoe meer voor moeilike keuses ten opsigte van deelname geplaas word, in die lig van ander ‘kompeterende’ sporte. Die seisoene oorvleuel al meer – die o.14 se nasionale netbaltoernooi is bv. in Desember. Ons sal egter aanhou om te poog om die kinders te help om hulle skedules te laat klop en atletiek deel te maak van hulle mondering. Dit help as die afrigters van spansporte besef dat die vaardighede en fiksheidsvlakke wat bv. ’n hoogspringer, ’n hekkiesatleet, naelloper of superfikse 800m atleet opbou in ’n atletiekseisoen, net tot baat van die spelers en die span kon wees. Waar is die dae toe die sukses van die eerste rugbyspanne soos DP en Brandwag voorspel kon word uit die uitslag van die o.19 seuns afloswedloop by die OP hoërskole-byeenkoms? Dit blyk dat gimnasium werk die plek daarvan (probeer) vat. Brandwag het sy voorneme om atletiek tot die hoogste vlak te bedryf einde September getoon, toe ons gasheer gespeel het vir die tradisionele (baie gesogte) Hirsch Shield-byeenkoms by Brandwag se veld aanbied. Die byeenkoms wat al van 1917 af jaarliks aangebied word vir seunskole uit die OP en Grens (meestal Engelse privaatskole soos Selborne en Queens) is

Page 30: 2014 jaarverslag v&a

30

baie suksesvol aangebied op ons velde, met 15 skole wat deelgeneem het. Voorwaar ’n skouspel! Danksy die reën en ons knap instandhoudingspan, kon die besoekers nie uitgepraat raak oor ons pragtige velde en geriewe nie. J. CLOETE

12.2 GHOLF Tydens 2014 het Brandwag se gholfspan deelgeneem aan die gholf-liga en goed presteer met die beperkte aantal spelers tot ons beskikking. Die span het ook deelgeneem aan die Karoo Skole Gholf-Uitdaging en Rickus Strydom, Minette Olivier, Malan Olivier en Mieke van der Bosch het goed gespeel en goeie ervaring opgedoen. Volgende jaar word baie van hierdie gholfspelers verwag. Minette Olivier en Mieke van den Bosch het goeie gholf deur die jaar gespeel en is vereer deur die OP op verskeie vlakke te verteenwoordig. Die jaarlikse Brandwag Ope Gholfdag is hierdie jaar aangebied op 13 September. Almal wat gespeel het en deelgeneem het aan die dag se verrigtinge was dit eens dat hierdie gholfdag die beste borgdag op die Uitenhage Gholfklub se kalender is. ’n Vol veld van 220 spelers het hierdie geslaagde dag terdeë geniet. Ons wil ons dank uitspreek teenoor al die borge, ondersteuners, personeel, ouers en spelers wat dié dag ’n groot sukses gemaak het. Laastens wil Brandwag Gholf vir mnr. Etttienne du Plessis bedank vir jare lange betrokkenheid en die opbou van gholf as ’n sport by die skool. Dit is deur sy toedoen dat Brandwag ’n krag in OP skole-gholf geword het. Brandwag Gholf wens hom ’n geseënde aftrede toe. P. BAXTER 12.3 HOKKIE Die 2014-seisoen het vroeg in Maart afgeskop met ’n o.16-hokkiefees by Riebeek College. Ten spyte daarvan dat dit nog eintlik atletiek- en krieketseisoen is (en afrigters nog daarby betrokke is), neem die o.16A-groep daaraan deel. As voorbereiding vir die toer na Bloemfontein neem die eerste span deel aan die Despatch-fees. Gedurende die Maart/April-vakansie het die o.16- en eerste span ’n geslaagde afrigtingskursus in Bloemfontein bygewoon en waardevolle afrigting gekry en wedstrydoefening opgedoen.

Page 31: 2014 jaarverslag v&a

31

Omdat spanne grootliks aan die einde van 2013-seisoen gefinaliseer is, was byna alle spanne gereed om vroeg in die tweede kwartaal wedstryde te speel. Tien spanne speel in die onderskeie ligas en kompeteer goed. Die afrigting van o.14-spelers begin reeds in Maart en twee o.14-spanne het vanjaar goed gekompeteer. Dankie aan entoesiastiese afrigters vir ekstra moeite met o.14’s. Die opwindende “Brandwag Sevens”, ’n sewe-aan-’n-kant-kompetisie het weer vanjaar baie opwinding veroorsaak. Nege spanne het oor drie dae sake uitgespook en die wenspan was die Rooibokkies. Spanne is deur organiseerders aangewys, maar het hul eie klere, naam en krete gekies. Elke span moes elke wedstryd met ’n doelwagter speel. Dié kompetisie het weereens ongekende opgewondenheid tot gevolg gehad en baie toeskouers gelok. Ons sien uit na nog ’n jaar se “Sevens”. Brandwag se hokkiemeisies is bevoorreg om nog deur onderwysers, wat ’n passie vir kinders en sport het, afgerig te word. Baie dankie vir jul opoffering en entoesiasme: me. M. Loock, C. von Willigh, A. Meyer, N. Smith en mnre. H. von Willigh, F. Terblanche, J. Meyer, D. Williams, P. Baxter en J. Haylock- Lyons. Baie dankie aan al Brandwag se hokkieborge vir lojale finansiële ondersteuning. Dankie hokkiebokkies vir die entoesiasme waarmee julle oefen en speel. To play hockey is good, to win is better, but to love hockey is the best.

A. MEYER

12.4 KRIEKET

Krieket by Brandwag groei jaarliks van krag tot krag. Nuwe projekte word jaarliks aangepak en met groot sukses afgehandel. Die eerste span neem jaarliks deel aan ’n toernooi gedurende die September-vakansie te Mosselbaai. Die ses Brandwag krieketspanne het almal weer in die topliga gespeel. Die junior spanne speel goeie krieket en dit toon mooi beloftes vir die toekoms. Baie dankie ook aan ons borge. Dankie aan ons seuns vir goeie gedrag, dissipline en toewyding. Verskeie Brandwag-spelers neem deel aan eerste rondte en finale OP- proewe en na afloop hiervan word André Conradie gekies vir die Northern Knights o.17 streekspan.

Page 32: 2014 jaarverslag v&a

32

Baie dankie aan al die afrigters vir harde werk en toewyding. Sonder mnre. J. Erasmus, P. Van Kampen, F. Terblanche, C. Van Schalkwyk, F. Anker en F. Britz se hulp en afrigting, kan daar ook nie presteer word nie. Dankie ook aan ons buitemuurse organiseerder mnr. J. Haylock-Lyons. Ons sien met opwinding en afwagting uit na die nuwe seisoen.

J. MEYER 12.5 LANDLOOP Landloop kan seker deur sommige as effe enigmaties beskou word – ’n groepie van so 10 tot 12 vergader getrou, kom son, reën of wind, 4 dae ’n week voor die lapa, waarna hulle op die pad, in die veld in of in ’n skoolbussie in verdwyn, om ’n uur later weer te verskyn, aansienlik moeër maar tog vrolik. Tussenin verskyn foto’s op die landloop-aansteekbord van die groepie seuns en dogters, wat wissel van 13 tot 17 jaar, in eksotiese plekke soos berge met kristalhelder poele, vreemde strande en seetonele. Altyd in ’n hegte groepie. Dis hoe landloop in Brandwag bestuur word – harde, toegewyde oefening, wat altyd interessant gehou word, om die koppe gefokus te hou. Met die beloning van onvergeetlike toere en naweek-ekskursies om die moraal hoog te hou en verhoudings te bou. Wat hulle in gemeen het, is ’n liefde vir hardloop en ’n ervaring dat hierdie sport hul elkeen ’n unieke identiteit gegee het. Een wat hulle dikwels selfvertroue gee wat hulle miskien nie anders sou gehad het nie - wat hulle dikwels deurdra na ander aspekte van hulle lewens. Hulle het ook al lankal die respek van hul spanlede en mede- leerders verdien, deur in wedlope soos die Brandwag Straatmyl te wys dat hulle in hulle veld nie maklik geklop kan word nie. Baie is ook gesog in ander sporte, omdat hulle hoë algemene fiksheid die spanne verryk. Die kompetisie-seisoen wat direk uit die atletiekseisoen vloei, bestaan eerstens uit twee-weeklikse distrikswedlope wat gewoonlik om die Strelitzia- dam plaasvind, oor afstande van 4-8km. Hier is Lisa Horn en Lizandré Mulder alternatiewelik streekskampioene in die o.19 en o. 17 ouderdomsgroepe. Die o.17 dogterspan van 4 lede het dan ook die spankompetisie in hulle ouderdomsgroep gewen. Daarna volg die OP (Metro) Kampioenskap wat by St. Albans beslis is. Hier het die volgende atlete die OP-span gehaal: Clinton Koeries o.19, Karlo Pretorius o.15, Lune-Mari Bezuidenhout o.19, Lisa Horn o.19, Eldi van Wyk o.17 en Lizandré Mulder o.17. ’n Paar kon weens eksamenverpligtinge nie gaan nie, maar Clinton, Karlo en Lisa het daarna in Bizana, Transkei aan die Oos- Kaap-Kampioenskap deelgeneem. Dit het goed gegaan daar, alhoewel ons nie verlede jaar se prestasies kon herhaal deur atlete in die Oos-Kaap-span na die SA kampioenskappe te kry nie.

Page 33: 2014 jaarverslag v&a

33

Ander hoogtepunte van die 2014-landloopseisoen was soos gewoonlik die toer na die Knysna Oesterfees Sportweek. Die SWD Unie het soos gewoonlik ’n goeie program aangelê, wat uit ’n landloopkompetisie, ’n 5 & 10km padwedloop, 4 x 1km aflos en ’n straatmyl bestaan het. Hier het die Brandwagters goed gevaar teen plaaslike atlete maar ook ander toergroepe soos Framesby, Outeniqua, Oudtshoorn en selfs Brackenfell van die Kaap. Die hoogtepunt soos altyd, was deelname aan die ikoniese Salomon Featherbed Trail Run wat atlete van alle ouderdomme – die sg. ‘adrenaline junkies’ - van oor die hele land trek. Dit word oor ’n taai roete - wat ’n stel steil kliptrappe, kronkelende bergpaadjies en ’n treinspoorbrug oor die water insluit - in ’n natuurbewaringsgebied gehardloop. Die wedloop, wat op DSTV vertoon word, trek op die dag ongeveer 600 atlete in totaal. Lisa Horn het weereens die algemene tweede plek op die dag behaal en Clinton Koeries was ook 2de in die middagwedloop en 4de algemeen op die dag. Die landloopseisoen is verby, maar die atlete hardloop nog steeds, die keer om ’n baan oor afstande van 400m tot 5000m. Verder is hulle bekende gesigte in die vele padwedlope in die Metro en Oos-Kaap-omgewing. Die mikpunt is natuurlik uiteindelik om lewenslange langasems te kweek wat ons hopelik eendag in die Comrades en Two Oceans-marathons sal sien hardloop. Sovêr is ons voorbereiding daarvoor goed op peil. J. CLOETE 12.6 NETBAL Die Brandwag-netbalseisoen het vanjaar effens wankelrig begin as gevolg van twee baie bekwame afrigters wat uit die onderwys getree het. ’n Groot dankie aan een van ons ouers, me. Michelle Stadler, wat bereid was om twee van ons spanne af te rig. Die o.18A-netbalspan het vanjaar ’n baie geslaagde seisoen gehad. Van die 22 wedstryde wat hulle gespeel het, het hulle slegs 2 wedstryde in twee toernooi-finale verloor. Wat die res van die seisoen betref, het hulle met al die ander spanne afgereken en hul seisoen onoorwonne afgesluit. Dit gebeur slegs moontlik deur baie harde werk, samewerking en goeie spangees. Baie dankie aan elkeen van hierdie speelsters wat bereid was om 132 uur van hul kosbare tyd af te staan om dit moontlik te maak. Die o.18B-netbalspan het vanjaar baie goed gevaar. Hulle het ses van hul sewe wedstryde gewen. Hulle het ook ’n hele aantal vriendskaplike wedstryde teen spanne in hoër ligas gespeel waarin hulle ook goed gevaar het.

Page 34: 2014 jaarverslag v&a

34

Ons is baie trots op ons o.18C-span wat vanjaar nie een wedstryd verloor het nie en dus onoorwonne is. Baie geluk. Sterkte aan die gr. 12’s wat ons verlaat. Voorspoed vir die toekoms. Julle is ’n besonderse groep en dit was ’n wonderlike voorreg om julle af te rig. Julle het diep spore in ons harte getrap en dit was wonderlik om te sien hoe elkeen as speler en jongmeisie ontwikkel het. Die o.16A-netbalspan het ook ’n baie geslaagde seisoen gehad. Nie net het hulle die klubtoernooi gewen nie, maar hulle het slegs een van hul wedstryde met 1 punt verloor. Baie dankie vir julle harde werk en volgehoue ondersteuning aan die eerste span. Die o.16B-span het ’n seisoen gevul met baie gees gehad. Hierdie span het baie goed gevaar, maar het egter drie van hul wedstryde verloor. Die span het baie potensiaal en sal in die toekoms nog beter vaar. Met die hele span se ouers as ondersteuners, kon hulle nie anders as om goeie netbal te speel nie. Baie dankie vir al julle opofferings en saam lag - dit het van hierdie seisoen een gemaak om te onthou. As gevolg van vele beserings, het die o.16C-span swakker gevaar as wat hulle kon en het die uitslae nie die harde werk wat hulle ingesit het, weerspieël nie. Met meer toewyding, kan hierdie speelsters in die toekoms baie beter vaar. Die o.16D-span se samespel het weekliks verbeter en hulle het die vrugte gepluk deur op ’n hoë noot af te sluit en Nico Malan te klop. Knap gedaan! Die o.14A-netbalspan het ’n baie geslaagde seisoen gehad. Elke speelster in die span se vaardighede en spel het so mooi ontwikkel. Dit is die rede waarom hul dan ook gekroon is as die Oos-Kaap wenners wat Desember in Pretoria aan die SA-kampioenskap gaan deelneem. Hulle het met al die omliggende skole afgereken en hul seisoen onoorwonne afgesluit. Die o.14B-span het net so ’n geslaagde seisoen gehad. Die span het slegs een wedstryd verloor. Die samewerking en samespel tussen die A en B-span was die rede tot die sukses van albei netbalspanne. Dit gebeur slegs deur baie harde werk en deursettingsvermoë. Baie dankie aan elkeen van hierdie speelsters wat bereid was om baie ure aan netbal te bestee en ook vir die mooi gees wat op en van die netbalbaan geheers het. Die o.14C-span het ten spyte van ’n teleurstellende aantal wedstryde hul kant gebring en getrou vir elke oefening opgedaag. Ons is baie trots op jul mooi prestasies en spangees. Soos gewoonlik het Brandwag weer ’n hele aantal Oos-Kaap-speelsters opgelewer wat gedurende die Junie-vakansie aan die nasionale toernooi in Margate deelgeneem het. Hulle is:

Page 35: 2014 jaarverslag v&a

35

o.18: Robyn Titus en Yolandé Willemse o.17: Mikyla McLeod en Marelize Lessing o.16: Jana Vermaak o.15: Zoë Marais (Mothira Mohammed moes ongelukkig as gevolg van ’n besering onttrek.) Tydens hierdie toernooi is twee van ons speelsters, Robyn Titus en Yolandé Willemse, in die nasionale groep opgeneem. Ons is voorwaar baie trots op hierdie twee uitvoerprodukte! Vanjaar het Brandwag ses OP-gegradeerde skeidsregters opgelewer wat gereeld gevra word om met die skeidsreg van skolewedstryde sowel as klubwedstryde te help. Die leerlinge is: Marelize Clasen Kayla-Lee MacGregor Suné Hayward Lurica Pasques Danica Rudman Zilke van Zyl Brandwag-skolier en -speelster, Beane Weyers, is die eerste skolier wat haar SA-skeidsregtersgradering ontvang het. Sy het gedurende die USSA- kampioenskap te Port Elizabeth haar SA-skiedsregtersgradering verwerf. Dit is voorwaar ’n prestasie om op trots te wees! Ons is ook die enigste skool in die Oos-Kaap wat oor twee onderwyseresse beskik wat hul SA-skeidsregtersgradering ontvang het: mev. Schonken, SA B-gradering en mev. Duvenhage, SA A-gradering. Baie dankie aan mev. Duvenhage vir die reël van die skeidsregterseksamen en -gradering van ons eie speelsters en afrigters om sodoende aan hulle geleenthede te bied wat min ander speelsters kry. Ons opregte dank gaan aan al ons borge wat dit vir ons speelsters moontlik gemaak het om geleenthede te benut waaraan kostes verbonde was. Al die ekstras word beslis raakgesien en dit het ’n groot verskil gemaak. Al die netbalprestasies is egter nie moontlik sonder afrigters wat meer as hul kant bring nie. Baie dankie vir al die ure wat die afrigters opoffer om daartoe by te dra dat Brandwag een van die top netbalskole in die Oos-Kaap is. Ons grootste dank aan ons Hemelse Vader wat aan ons die wonderlike netbaltalent gegee het en al ons spanne gedurende die seisoen gedra het. Ons sien uit na ’n wonderlike 2015-netbalseisoen. K. SCHONKEN

Page 36: 2014 jaarverslag v&a

36

12.7 RUGBY Brandwag-rugby ervaar ’n uiters suksesvolle rugbyseisoen met junior en senior rugbyspanne wat weereens skitterend presteer. Die eerste rugbyspan wen vir die 6de uit die laaste 7 keer die “Classic Clash” stryd teen Daniël Pienaar. Voorwaar ’n puik prestasie! Ons wen boonop Die Burger-Kompetisie vir medium skole. Die eerste rugbyspan was ook telkens ter sprake wanneer die top 20 rugbyskole onder bespreking was. Ook die o.15A, o.16A en 3de rugbyspanne vaar uitstekend deur slegs twee ligawedstryde te verloor. Ons sê baie dankie aan al die afrigters wat vanjaar betrokke was by die junior en senior spanne. Die 1ste en o.16A-rugbyspanne het vanjaar onderskeidelik teen Oakdale (Riversdal) en Union High (Graaff-Reinet) gespeel en hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. Mnr. Christiaan van Schalkwyk verdien ook ’n klop op die skouer met sy bydrae tot die suksesvolle OP-Cravenweekspan wat vanjaar die toernooi onoorwonne afgesluit het. Hy het diens gedoen as o.18-keurder en as hulpafrigter. Die volgende spelers het ook onderskeidings behaal deur vir provinsiale spanne gekies te word: OP o.18 Cravenweekspan: Morney Moos Kaden Prince Erich de Jager Stefan Janse van Vuuren OP o.16 Grand Khomo-span: Malan Olivier Hermann Geissler Al Brandwag se rugbyafrigters het ’n Vlak 1 of Vlak 2 afrigters-kwalifikasie en het vanjaar die Boksmart-kursus suksesvol voltooi. Dankie ook aan die SA-noodhulpliga vir hulle bydrae asook die OP- Hoërskole Rugbyunie wat skeidsregters verskaf het vir al ons tuiswedstryde. Die goeie ondersteuning van ons ouers en ondersteuners was voorwaar ’n riem onder die hart. Brandwag-rugby lyk kerngesond en ons kan met vertroue en entoesiasme uitsien na 2015. F. ANKER

Page 37: 2014 jaarverslag v&a

37

12.8 SKAAK Die Brandwag Ope-skaaktoernooi het op 7 en 8 Februarie 2014 plaasgevind. Brandwag se A-span wen A-liga en die B-span wen die B-liga van die Oos- Kaap. Brandwag o.18 Ope-span wen die Uitenhage-distrik Skaakkampioenskap wat deur die departement gereël is. Daarna wen Brandwag die Nelson Mandela Metro-uitdunne en wen in Oos-Londen teen ander Oos-Kaap- streekwenners. Brandwag is die Oos-Kaap Top Hoërskole Skaakkampioen wat vanaf 9 tot 16 Desember aan die Nasionale Skaakkampioenskap in Pretoria gaan deelneem. Brandwag se o.18 span het in Desember 2013 aan die Nasionale Skole- toernooi in Bloemfontein deelgeneem en ’n 2de plek in SA gewen. Brandwag en Alexander Road was gesamentlik wenner van die Span Skaakkompetisie. Ferdinand Burger, André Conradie en Walt Deysel neem aan die SA Geslote Kompetisie deel en André Conradie word as SA-speler gekies en gaan gedurende Desember in Hongarye aan die o.16 Olimpiade deelneem. Walt Deysel en André Conradie neem deel aan die Wêreld Jeug Kampioenskap in Durban. Die volgende Brandwag-spelers is OP-spanne gekies. Stefan Strydom o.16 André Conradie o.18 Ferdinand Burger o.18 Walt Deysel o.18 Dean Erasmus o.18 Caro Swanepoel o.18 FJ Swanepoel o.18 Ricardo Beling o.20 Bogenoemde spelers gaan die Oos-Kaap verteenwoordig by die SA Nasionale Skaakkampioenskap wat vanaf 2 Januarie in Kimberley plaasvind. M. DU TOIT 12.9 TENNIS Brandwag-tennis is kerngesond en 2014 was weereens ’n goeie jaar vir die Brandwag-tennisspelers. Ons spanne was soos oudergewoonte uiters

Page 38: 2014 jaarverslag v&a

38

suksesvol en het weereens bewys dat ons ’n krag is om mee rekening te hou. Brandwag beskik oor drie seuns en drie meisiespanne wat in die eerste, tweede en derde skoleligas meeding. Gedurende die eerste kwartaal word daar hoofsaaklik op die enkelspel-formaat gekonsentreer terwyl die tweede en derde kwartale vir die dubbelspel-formaat gereserveer is. Ons eerste spanne het vanjaar in die 1A- en 1B-ligas kompeterend vertoon terwyl die tweede en derde spanne verrassend goed gevaar het. Ons spanne het goed gevaar teen skole soos: Framesby, Pearson, Alexander Road, Collegiate, DP, Westering, Nico Malan en Grey. Die derde span dogters het vanjaar die dogters 3de liga gewen terwyl die derde span seuns in die 3de Liga met die louere weggestap het. Al ons spanne het gemiddeld tussen 60% en 80% van hul ligawedstryde vanjaar gewen. Gedurende die tweede kwartaal het ons Hoërskool Grens in Oos-Londen besoek en het al ons spanne het teen hulle gespeel. Dit was ’n taai stryd waarin die spelers dubbels asook gemengde dubbels moes speel. Ongelukkig het swaar reën die tweede rondte se wedstryde beëindig. Brandwag het die eerste rondte se wedstryde in die gemengde dubbels 7-4 verloor. Jandré Lessing, kaptein van die eerste seunspan, het vanjaar besonder puik presteer. Hy het drie OP-tennistoernooie in die enkelspel Mans Ope- Afdeling gewen asook twee tennistoernooie in die dubbelspel Mans Ope- Afdeling. Jandré is ook vanjaar Despatch-Tennisklub se enkels- en dubbels- kampioen in die Ope-Afdeling. Hy is ook die afgelope 3 jaar aangewys as die OP-speler van die jaar. Hy verteenwoordig OP te George in ’n o.17- Toernooi waar hul WP, Boland en SWD maklik wen. Jandré het ook die OP by die SA Kampioenskap verteenwoordig en is weereens vir die SA- Skolespan na Skotland gekies. In die Keyhealth-toernooie te Oos-Londen en Johannesburg haal hy die enkelspel-finaal in die o.16-afdeling. In die Keyhealth toernooi te Kaapstad haal hy die semi-finaal in die enkels. Jandré wen ook die dubbels in die Keyhealth-toernooi te Oos-Londen en in die SA Kampioenskap haal hy die semi-finaal in die dubbelspel. Op ’n minder gelukkige noot, moet ons vanjaar afskeid neem van die volgende matrieks wat oor die afgelope vyf jaar Brandwag-tennis getrou en toegewyd ondersteun het. Hulle gaan voorwaar ’n leemte in Brandwag- tennis nalaat: Rickus Strydom, Neels van Tonder, Estée Skein, Lurica Pasques en Calinka Rossouw. ’n Spesiale woord van dank gaan aan die volgende personeel vir hul hulp met vervoer van spelers, toesig en die tref van reëlings agter die skerms: mevv. Alicia Conradie, Hanlie Currie, Esmé Kleinhans, Retha Landman, mnre. Jonathan Haylock-Lyons en Morné Meyer asook mev. Renate Welgemoed as afrigter.

M. MEYER

Page 39: 2014 jaarverslag v&a

39

12.10 NIE SKOOLSPORT Baie geluk aan die volgende leerders wat provinsiale en/of nasionale kleure verwerf het in sportsoorte wat nie deur die skool aangebied word nie. Potspel Jason Banks SA o.18 mix. Hy wen vanjaar die SA o.18 potspel-kampioenskap in Polokwane en toer later saam met die o.18 SA span na Engeland. Stoei Jarren Hartnick SA vroue Skopboks Melissa Engelbrecht SA Kleiduifskiet Clifford Bartman OP senior span Anja du Preez OP vroue span Jeugkoor Chenaé Oosthuysen OP Gitte Alberts OP Saalperd Wayne Minnie OP Gimnastiek Cayla Colling OP Kragoptel Freddie Bezuidenhout SA mans Rochelle de Beer SA vroue - Sy woon die wêreld- kampioenskap in Potchefstroom by en behaal ’n 4de plek. 13. MEEGEVOEL Die afgelope jaar moes ons ook dikwels rondom ’n oop graf vergader. Ons opregte en innige meegevoel namens die skool aan almal wat aan die skool en gemeenskap verbonde is wat in die jaar ’n geliefde aan die dood moes afstaan. Mag die Here met u wees, op sy tyd die wonde genees en ook die Groot Vertrooster wees. 14. BEDANKINGS

Aan die einde van 2014 sê ons dankie. Ons is dankbaar teenoor almal wat ons ondersteun en onderskraag, ons aanmoedig, verstaan en vir ons bid. Baie dankie aan ouers en instansies, verenigings en inrigtings wat op een of ander wyse die skool ondersteun. ’n Meer persoonlike dank aan:

o Die Departement van Onderwys, Distrikskantoor, Bestuursliggaam, Koshuiskomitee en die Oudskolierebond vir hul ondersteuning;

Page 40: 2014 jaarverslag v&a

40

o Die personeel van die Hoërskool Brandwag; o Die Junior en Senior Raad van Leerders; o Die lojale ouers en leerders van ons skool; o Die opsigters en terreinwerkers; o Die administratiewe- en koshuispersoneel; o Ons Hemelse Vader - aan Hom kom al die eer en lof toe.

Aan die einde van nog ’n goeie jaar wil ons dankie sê. Ons is dankbaar teenoor almal wat ons ondersteun en onderskraag, ons aanmoedig, verstaan en vir ons bid. Baie dankie aan ouers en instansies, verenigings en inrigtings wat op een of ander wyse die skool ondersteun. Ek dank u T. KOEKEMOER SKOOLHOOF Oktober 2014

“Jy kan mense huur om vir jou kinders se geleerdheid te sorg; vir hul opvoeding moet jy self instaan.”

C.J. Langenhoven

Page 41: 2014 jaarverslag v&a

41