2020 | namakwaland - gerrie pretorius...belangrik: onthou jou id / rybewys vir die vlugte. dit is...

7
2021 | NAMAKWALAND Datums: 31 Augustus 2021 – 5 September 2021

Upload: others

Post on 21-Oct-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 2021 | NAMAKWALAND

    Datums: 31 Augustus 2021 – 5 September 2021

  • BELANGRIK:Onthou jou ID / rybewys vir die vlugte. Dit is altyd beter om met jou rybewys tevlieg.

    • Lede van ‘n mediese fonds: onthou om ‘n mediese reisversekeringsbrief van jou mediese fonds af te kry, wat die reisperiode dek.

    • Voel vry om peuselhappies en alkoholiese drankies vir persoonlike gebruik te pak. Alkohol is egter vryelik beskikbaar, sou jy nie saambring nie.

    • Indien jy vatbaar is vir hooikoors in stowwerige gebiede, bring asseblief die nodige medikasie.

    • Jou deposito bevestig jou bespreking en jou plek saam met Gerrie op hierdie wonderlike toer.

    • Die deposito van R6 000-00 is nie terugverhaalbaar nie en is betaalbaar met bespreking. Die uitstaande bedrag is betaalbaar 60 dae voordie

    vertrekdatum van hierdie toer.

    • Hierdie pryse is gebaseer op EFO-betalings. Indien jy verkies om met `n kredietkaart te betaal, sal ons die koste hiervoor aan jou deurgee.

    • Die reisplan kan wissel na gelang van die besluit van die reisoperateurs en ook gebaseer op veiligheid.

    • In die verlede het ons net heerlike weer beleef - maar bring maar klere vir koeler aande en skielike verandering in die weer.

    • Gebruik asseblief die korrekte verwysing: BLOM21/NAAM EN VAN.

    KOSTE: • R15 900/PER PERSOON WAT DEEL• R19 500/PER PERSOON IN ‘N ENKELKAMER

    Datums: 31 Aug – 5 Sept 2021

    2021 | NAMAKWALAND

  • DAG 1: DINSDAG, 31 AUG 2021Ons vlieg relatief vroeg vanaf O.R. TamboLughawe na Kaapstad. Wees betyds en

    geniet `n rustige koffie voor ons vertrek. Onthou, ‘n binnelandse vlug is

    ingesluit in die prys van die toer, dus kan jy van elders ook na Kaapstad vlieg en

    ons daar ontmoet.

    In die Kaap staan ons luukse bus gereed en vertrek ons dadelik na die

    Weskus Nasionale Park. Behalwe vir plate blomme, is die Park ook die tuiste

    van baie diere soos die bergkwaggas, rooihartebeeste en elande. Flaminke

    word ook gereeld op die meer gewaar.

    Ons gaan al die buitengewoon-mooi plekke in die park besoek, van

    Preekstoel tot Potsberg. Jy gaan pragtige foto’s neem wat jou vriende groen

    van jaloesie gaan maak! Ons geniet ons eerste ligte middagete (`n piekniek

    of iets soortgelyk) in die park en leer ken mekaar beter.

    Nota: Sorg asseblief self vir ontbyt, op die lughawe, óf aan boord van die

    vliegtuig. Na ‘n heerlike kuier, ry ons verder langs die Weskus tot by ons

    eerste blyplek in Saldanhabaai - die pragtige Blue Bay Lodge & Resort reg

    langs die see. Aandete word by die Blue Bay Lodge met `n uitsig oor die see

    geniet.

    DAG 2: WOENSDAG, 1 SEPT 2021Vanoggend vat ons dinge rustig en eet eers ‘n luilekker ontbyt, terwyl ons die

    skoonheid van Saldanhabaai geniet.

    Daarna pak ons die bus en begin die tog na Kromrivier - in die hartjie van die

    Cederberge (‘n wêreld-erfenis gebied) en ons tuiste vir die volgende twee

    aande.

    Op die bergpas hou ons ons oë geskil vir die blomme en plantlewe so uniek aan

    hierdie gebied terwyl ons oor die Olifantsrivier en verby die Algeria

    Bosboustasie ry.

    Ons proe die heerlike wyn van David Nieuwoudt, eet Louis Leipoldt se

    gunsteling waterblommetjie bredie en sien ons selfs egte sederhoutbome!

    Jy is ook welkom om bietjie boetiekbier te proe en koop by Cederberg Park

    Kromrivier waar ons die aand gaan oornag.

    2021 | NAMAKWALAND

  • Hulle maak die bier met die vars bergwater van die Cederberge. Gaan verken dieplaas en stap lekker in die natuur, of skop jou skoene uit en geniet net die varsKromrivier lug! Ons geniet vanaand ‘n lekker braai.

    DAG 3: DONDERDAG, 2 SEPT 2021Ons spandeer die dag by Kromrivier. Hier is so baie aktiwiteiete wat jy kan

    doen, en in so ‘n mooi area, hoekom sal ons ooit huistoe wil gaan?

    Ons braai weer saam vanaand.

    DAG 4: VRYDAG, 3 SEPT 2021Na ontbyt gaan ‘n “Uber”-rit vir jou nuwe betekenis kry, maar dít bly ‘n

    verrassing. Sodra die son lekker warm skyn en die blomme begin oopmaak,

    vat ons die pad, op soek na plate en plate blomme. Die roete hang af van

    waar die mooiste blomme is. Op pad tel ons vir Adriaan Nieuwoudt, 1984 se

    Kubuskoning, op. Hy gaan vir ons meer van die omgewing vertel. Adriaan

    ken die veld en sy blomme soos die palm van sy hand. Hy gaan

    2021 | NAMAKWALAND

    “sy Namakwaland” met jou deel en jy gaandinge sien en hoor waarvan min

    mense weet. Middagete is `n piekniek iewers in die veld. Vanaand hou ons

    groot makietie met ‘n boere-orkes en kuier saam met die “locals”. Ons eet

    braaivleis, afval en skaapkop, vir die brawes onder ons. Onthou om ons

    vroegtydig in te lig as jy kans sien vir skaapkop - Gerrie sal jou mooi wys hoe

    om dit te eet. Ons oornag in Garries by Sophias Gastehuis.

    DAG 5: SATERDAG, 4 SEPT 2021Na ontbyt besoek ons Garies se bekende Toeristestal waar jy handgemaakte

    items en snuisterye, eie aan die streek, kan koop.

    Daarna ry ons die Kamiesberge in, oor twee asemrowende bergpasse tot in

    Kamieskroon.

    Ons besoek die graf van die bekende Engelse luitenant Darter, wat tydens

    die oorlog daar gesterf het. Engeland het vandag nog eiendomsreg op dié

    stukkie grond. Die grootste aantrekking vandag is Skilpad Nasionale Park, ‘n

    Mekka van

  • veldblomme. Maak jou reg vir ‘n skouspel van gousblomme, vygies, perdeblomme, gansogies, Piet-snotte, moederkappies, katsterte, sporries, koringblomme om

    maar net ‘n paar te noem. Middagete is `n piekniek in die veld.

    Ons keer dan terug na die kus en eet vaanaand heerlike seekos by Elandsbaai hotel. More oggend is dit effe vroeër uit die vere vir die blommeskou die volgendedag.

    LET ASB OP: ROETES KAN VERANDER NA GELANG VAN WAAR DIE BLOMME IS EN ONS MAG DALK SEKERE GEBEURE OMRUIL OF UITHAAL, OM SEKER TE MAAK

    JY HET DIE BESTE TYD VAN JOU LEWE.

    DAG 5: DAG, SON 5 SEPT 2021Clanwiliam het ons belowe hulle bied die jaarlikse veldblom skou aan. Dit is n feesviering van die hele streek se blomme alles onder een dak! Ons vertoef hier

    vir ‘n wyle en geniet hierdie blomme wat jy nooit weer sommer in jou leeftyd gaan sien nie en gaan jy ‘n magdom verskillende spesies van nader leer ken. Ons

    kuier dan ‘n laaste keer saam by Evita se Perron. Ons het al so baie hoogtepunte en lekker tye saam gehad maar hierdie gaan verseker vir baie van ons vriende ‘n

    groot bederf wees. Van hier af ry ons reguit na kaapstad vir ons vlug huiswaarts. Die tyd vir groet en gaan ons huistoe met veel meer as bloot fotos want by

    Leef Jou Reis maak ons vriende vir ‘n leeftyd.

    2021 | NAMAKWALAND

  • WAT OM NOU TE DOENStappe om te volg om jou bespreking te verseker:

    Stap 1: Laat ons weet dat jy by ons wil aansluit vir hierdie

    opwindendetoerdeurjoue-posadresenselnommeraanbookings@

    gerriepretorius.co.za te stuur. Ons stuur dan die besprekingsvorm

    wat jy moet invul en terugstuur, saam met ‘n afskrif van jou ID /

    paspoort en die bewys van betaling van jou deposito.

    Stap 2: Hierdie reisplan is baie volledig en behoort al die inligting

    te bevat wat jy gaan benodig. Ons stig nader aan die tyd a

    Whatsapp groep vir verdere kommunikasie. Maak dus asb seker

    dat jy jou regte selfnommer verskaf. Indien jy enige vrae het stuur

    gerus ‘n epos of ‘n Whatsapp na 0829233626,ons helpgraag.

    Stap 3: Raak solank opgewonde en begin uitsien na die mees

    fassinerende vakansie van jou lewe!

    PRYSR15, 900-00 per persoon wat deel tweepersoonskamers.

    R19,500-00 per persoon in ‘n enkelkamer.

    •Let daarop dat die aantal enkelkamers beperk is en in sommige

    gevalle mag dit nie moontlik wees om ǹenkelkamer te bespreek

    nie

    •Toerpryse word bereken deur gedeelde tariewe as ‘n basislyn te

    gebruik.

    •Depositoverwysingsnommer: BLOM21/NAAM EN VAN.

    •Betaal aan:

    GJ Pretorius, ABSA, Takkode 632 005, Rekeningnommer: 2078183449

    •Stuur betalingsbewys aan [email protected].

    2021 | NAMAKWALAND

    mailto:[email protected]

  • VIR MEER INLIGTING KONTAK ONS GERUS:

    Selfoon: +27 82 923 3626 Epos:

    [email protected]

    Webwerf: www.gerriepretorius.co.za | www.goingplacesnow.com

    Leef jou Reis met Gerrie Pretorius

    Leef jou Reis Vriende @GerrieOfficial @Gerriepret

    mailto:[email protected]://www.gerriepretorius.co.za/http://www.goingplacesnow.com/