3 die mens se kultuuropdrag - christelikemedia.org gr 4 les 3.pdf · wees. dit waarvoor god die...

3
12 3 Die mens se kultuuropdrag Aktiwiteit Kyk mooi na die onderstaande foto’s: 1 Hoekom dink jy is dit belangrik dat hierdie beroepe beoefen word? 2 Watter beroepe mag ‘n gelowige nie beoefen nie? Leerinhoud God se opdrag aan die mens Na God die skepping voltooi het, praat Hy met die mens. Adam ontvang van God ‘n opdrag: “Wees vrugbaar, vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en al die diere wat die aarde kruip” (Gen 1: 28). Hierdie opdrag noem ons die mens se kultuuropdrag, dit waarmee die mens hom moet besig hou.

Upload: others

Post on 19-Oct-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 3 Die mens se kultuuropdrag - christelikemedia.org Gr 4 Les 3.pdf · wees. Dit waarvoor God die mens geskep het, maak plek vir die mens se eie hebsug. Daarom breek daar chaos uit

12

3 Die mens se kultuuropdrag

Aktiwiteit

Kyk mooi na die onderstaande foto’s:

1 Hoekom dink jy is dit belangrik dat hierdie beroepe beoefen word?

2 Watter beroepe mag ‘n gelowige nie beoefen nie?

Leerinhoud

God se opdrag aan die mens

Na God die skepping voltooi het, praat Hy met die mens. Adam ontvang van God ‘n opdrag: “Wees vrugbaar, vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en al die diere wat die aarde kruip” (Gen 1: 28). Hierdie opdrag noem ons die mens se kultuuropdrag, dit waarmee die mens hom moet besig hou.

Page 2: 3 Die mens se kultuuropdrag - christelikemedia.org Gr 4 Les 3.pdf · wees. Dit waarvoor God die mens geskep het, maak plek vir die mens se eie hebsug. Daarom breek daar chaos uit

13

Adam spring dadelik aan die werk. In opdrag van God ondersoek hy al die diere en gee elkeen ‘n naam wat by hom pas (Gen 2: 20). Die tuin van Eden word deur Adam bewerk en bewaak. As Adam agterkom dat hy geen maat het wat by hom pas nie, bou die Here uit sy rib vir hom ‘n vrou.

Die invloed van die sondeval

Met die sondeval word alles stukkend geskeur. Die mens wat moes heers, het sy selfbeheersing verloor. In pleks daarvan om God te dien, wil die mens nou soos God

wees. Dit waarvoor God die mens geskep het, maak plek vir die mens se eie hebsug. Daarom breek daar chaos uit. So slaan Kain sy broer Abel dood.

Gelukkig los God nie die mens in sy sondige bestaan nie. God bestuur alle dinge so dat Hy steeds sy doel bereik. Daarom moet ons altyd vra wat wil God hê, en dit doen.

Kultuur

Alles wat die mens maak of doen, noem ons kultuur.

Kultuur is nie net iets van die verlede nie, maar juis ook dit wat nou gebeur. Wat ons

As gelowiges moet ons op ‘n verantwoordelike wyse met die skepping te werk gaan

Die Here gee aan ons die opdrag om die skepping te bewaar

Page 3: 3 Die mens se kultuuropdrag - christelikemedia.org Gr 4 Les 3.pdf · wees. Dit waarvoor God die mens geskep het, maak plek vir die mens se eie hebsug. Daarom breek daar chaos uit

14

eet, hoe ons aantrek of watter vermaak ons geniet, vorm alles deel van ons kultuur. Die mens skep ‘n kultuur waarin hy homself verhef in eie krag of hy volg ‘n kultuur van gehoorsaamheid aan Gods Woord.

Dit mag dalk lyk of die gelowige en ongelowige presies dieselfde kultuur navolg. Beide trek byvoorbeeld dieselfde tipe klere aan. Die rede hoekom hulle dit doen, kan egter radikaal van mekaar verskil. Waar ‘n ongelowige byvoorbeeld netjies sal aantrek om ander mense te beïndruk, sal ‘n gelowige netjies aantrek omdat God eis dat ons ons liggame goed moet beklee.

Ons kultuuropdrag vandag

As gelowiges is ons doel in die lewe om te kyk in hoe ‘n mate ons ons denke en optredes (die kultuur wat ons beoefen) kan inrig volgens die wil en die wet van God. Dus kyk ons met ander oë na ons besittings, die skool, die werk wat ons verrig, die land se regering, ens. Ons eie belang staan in hierdie sake nie meer voorop nie, maar die eer van God.

As ons die taak wat die Here ons gee, reg begryp, sal ons hard werk. Dan besef ons dat ons God se rentmeesters is. As sy verteenwoordigers moet ons so optree dat dit wat ons doen, sal strek tot die uitbouing van sy koninkryk hier op aarde.

Vrae

1. Watter opdrag gee God aan ons as mense in Gen 1: 28?

2. Wat beteken dit om ‘n rentmeester van God te wees?

‘n Raffinadery. Die Here gee aan ons die vermoë om uit dit wat Hy geskep het nuwe dinge te bou