afrikaans gr 4 werkboek 1 - boek - christelikemedia.org · gebruik ‘n bandmasjien en maak in jou...

14
24 Leseenheid 2 Aktiwiteit 1: Kom ons luister Luister aandagtig na die voorgelese advertensie(sien addendum, bl. 67). Beantwoord dan die volgende vrae: 1. Watter produk word geadverteer? 2. Wie kan die geadverteerde produk gebruik? 3. Noem drie eienskappe van die produk wat dit so wonderlik maak. 4. In hoeveel geure is die produk verkrygbaar? 5. Waar kan jy die produk koop? 6. Waarvoor gebruik ‘n mens die produk wat geadverteer word? (Noem twee gebruike.) 7. Waarvan word hierdie produk vervaardig? Aktiwiteit 2: Kom ons praat Groepopdrag Gebruik ‘n bandmasjien en maak in jou groep ‘n soortgelyke advertensie. Stel dan vyf vrae met die antwoorde oor julle advertensie op. Lees dit in op die bandmasjien. Ruil met ander groepe en luister na hul advertensies. Beantwoord dan hulle vrae in groepverband. Aktiwiteit 3: Kom ons lees hardop Gedeelde lees: luidlees Goggas en goeters Insekte is gewoonlik baie klein “diertjies”. Sprinkane, motte, skoenlappers, bye, kewers, naaldekokers, vlieë en miere is insekte. Insekte het ses bene, een paar voelers en gewoonlik een of twee pare vlerke. Die liggaam van ‘n insek bestaan uit drie dele - kop, middellyf en agterlyf. Hulle haal asem deur hulle velle wat na lugbuisies toe lei. Bye en miere lewe saam in groot families. Hulle is wat ‘n mens sal noem “sosiale” insekte. Sommige insekte is skadelik vir die mens en ander help die mens. Insekte dra stuifmeel van die een blom na die ander. Huisvlieë versprei kieme.

Upload: others

Post on 14-Oct-2019

10 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

24

Leseenheid 2

Aktiwiteit 1: Kom ons luister

Luister aandagtig na die voorgelese advertensie(sien addendum, bl. 67). Beantwoord dan die volgende vrae:

1. Watter produk word geadverteer?2. Wie kan die geadverteerde produk gebruik?3. Noem drie eienskappe van die produk wat dit so wonderlik maak.4. In hoeveel geure is die produk verkrygbaar?5. Waar kan jy die produk koop?6. Waarvoor gebruik ‘n mens die produk wat geadverteer word? (Noem twee

gebruike.)7. Waarvan word hierdie produk vervaardig?

Aktiwiteit 2: Kom ons praat

Groepopdrag

Gebruik ‘n bandmasjien en maak in jou groep ‘n soortgelyke advertensie. Stel dan vyf vrae met die antwoorde oor julle advertensie op. Lees dit in op die bandmasjien. Ruil met ander groepe en luister na hul advertensies. Beantwoord dan hulle vrae in groepverband.

Aktiwiteit 3: Kom ons lees hardop

Gedeelde lees: luidlees

Goggas en goeters

Insekte is gewoonlik baie klein “diertjies”. Sprinkane, motte, skoenlappers, bye, kewers, naaldekokers, vlieë en miere is insekte. Insekte het ses bene, een paar voelers en gewoonlik een of twee pare vlerke. Die liggaam van ‘n insek bestaan uit drie dele - kop, middellyf en agterlyf. Hulle haal asem deur hulle velle wat na lugbuisies toe lei.

Bye en miere lewe saam in groot families. Hulle is wat ‘n mens sal noem “sosiale” insekte. Sommige insekte is skadelik vir die mens en ander help die mens. Insekte dra stuifmeel van die een blom na die ander. Huisvlieë versprei kieme.

25

Die skoenlapper, onder andere, het saamgestelde oë - elkeen van die twee groot oë bestaan uit honderde klein ogies. Skoenlappers lê hulle eiertjies op plante. Ruspers kom uit die eiertjies uit. Die ruspers gooi verskeie kere hulle velle af (vervel). Die rusper verander later in ’n papie. Die vel van die papie bars oop en ‘n skoenlapper kom weer uit.

Miskruiers doen ‘n baie belangrike werk terwyl hulle hul bolletjie mis met hul agterpote aanrol. Hulle verwyder opgehoopte mis, vernietig eiers van vlieë en parasiete in die mis en keer dus dat siektes versprei. Hulle breek ook verrottendemateriaal af, help so om die grond te bemes en stel saadjies uit die mis vry om te ontkiem. Die tonneltjies wat hulle in die grond maak om eiers te lê en voedsel te berg, vorm ondergrondse waterkanaaltjies vir beter dreinering.

‘n Mamma-miskruier lê op ’n slag vyf eiers aan die punt van ‘n diep tonnel wat sy self ondergronds grawe. Die eiers word in mis ingebed, wat hulle warm hou en ook as voedsel dien vir die larwes sodra hulle uitgebroei het. Na ‘n hele paar dae van harde werk gaan sy en Pa Miskruier in die boonste kamer rus. Na ses dae broei die eiertjies uit en word vet larwes, wat soos wurms lyk en die mis waarin hulle gelê het, begin eet.

Vier maande later word die larwes papies. Na nog ‘n maand kom daar volwassemiskruiers uit die papies. Die eerste goeie reën is vir die groot miskruiers die teken om onder die grond uit te kruip en dadelik te begin rondvlieg, op soek na vars mis ... ‘n Nuwe lewensiklus het begin.

26

Kyk na woordherkenning en tempowisseling.

Opdrag

Beantwoord nou die volgende vrae mondeling:

1. Watter soort insek het jy al in julle tuin gesien?2. Watter kenmerke het ‘n insek?3. Kon jy sien dat die insekte deur hulle velle asemhaal?4. Is daar af en toe vlieë in julle huis?5. Wat doen julle om hulle te bestry?6. Waarom moet ons hulle bestry?7. Waarom word bye en miere “sosiale” insekte genoem?8. Watter kleure skoenlappers is volop in ons omgewing?9. Hoe plant skoenlappers voort?10. Het jy geweet ’n mens kan skoenlappers versamel?11. Hoe gaan mens te werk om dit te doen?12. Waarom is hier in die stad so min miskruiers?13. Het jy al gesien hoe werk ‘n miskruier?14. Watter belangrike rol speel miskruiers in die grond?15. Waarmee dink jy grawe miskruiers die tonnels?16. Watter gogga ken jy wat baie soos ‘n miskruier lyk?17. Van watter ander kruier het jy al gehoor?18. Wat noem ons die seisoen wanneer die eerste reëntjie val?19. Dink jy die miskruier sien uit na hierdie seisoen? Waarom?20. Wat is ‘n lewensiklus?

Aktiwiteit 4: Ons skerp leestegnieke in

Stilleesvaardighede

Opdrag: Begripsoefening en kernwoordherkenning:

a. Lees weer die teks oor goggas en goeters by Aktiwiteit 2 en beantwoord dan die volgende vrae deeglik in vol sinne:

1. Waarom sê die skrywer insekte is gewoonlik klein?2. Hoe verskil insekte se asemhaling van die mens s’n?3. Wat beteken die woord “sosiale”?4. Noem 2 maniere hoe insekte die mens help?5. Hoe is die skoenlapper se oë saamgestel?6. Is ‘n rusper ‘n eier of ‘n wurm?7. Kies die regte volgorde vir die skoenlapper se lewensloop?

• eier rusper papie skoenlapper• papie eier skoenlapper rusper

27

8. Noem drie goeie dade wat miskruiers doen.9. Waarin lê miskruiers hul eiers?10. Hoe lank neem ‘n miskruier se eier om uit te broei?11. Lyk larwes en wurms eenders?12. Die eerste goeie reën gee vir die miskruiers ‘n opdrag. Sê in een goeie sin wat

die opdrag is.

b. Sluitingslees: Vul die korrekte woorde in die spasie in: Jy mag jou antwoorde uit die volgende woordbank kies:

troepemag gaan stilstand heiligleër soldate mis miskruier bevel leier strate optog doodstil troepemag staan padstad

Miskruiers

Het jy geweet dat miskruiers vir die Egiptenare ______________ was? Ja, ‘n klein miskruiertjie kon ‘n groot ___________ tot stilstand bring. Daar word vertel dat ‘n Egiptiese ____________ deur die ____________ van ‘n groot ____________ ‘n ______gehou het. Skielik het die ___________ die leër tot _____________ geroep.Die agterste ____________ kon nie sien waarom nie, maar het _______________ bly _________. Voor het ‘n _________________ ewe rustig sy bolletjie ______________oor die _____________ gerol! Eers toe hy verby is, het die __________ die _____________ gekry om voort te ___________________!(Dink ‘n oorspronklike naam uit vir die leesstukkie.)

Aktiwiteit 5: Ons lees verskillende tekste - fabels

Opdrag

Lees die fabel wat aan jou uitgedeel word en beantwoord dan die vrae daaroor:

1. Het die fabel mense- of dierekarakters?2. Is daar verskille, botsing of rusies (stryd) tussen party karakters?3. Watter les wou die fabel vir ons leer?4. Het die les vir jouself, ons klas of skool waarde? Waarom?5. Uit watter land of kultuurgroep kom hierdie fabel?6. Het julle van die fabel gehou? Gee soveel moontlik redes vir jou antwoord.7. Gebruik nou een paragraaf van jou fabel en haal ‘n aantal kernwoorde uit die

teks.8. Ruil nou jou paragraaf met iemand anders s’n en vul mekaar se kernwoorde in.

Ruil terug en merk dit volgens die oorspronklike teks.

28

Aktiwiteit 6: Ons lees fabels

Opdrag: Gedifferensieerde lees in vaardigheidsgroepe

1. Lees die fabel wat aan jou uitgedeel is stil en met aandag deur.2. Lees ook hierdie sappige brokkie miskruiernuus uit Japan vir jou plesier.

Suid-Afrikaners steur hulle nie veel aan miskruiers nie. Vir

ons is hulle maar net die goggas wat yslike bolle mis - meestal veel groter as hulself - aanrol. Maar in Japan is dit ‘n gans ander storie. Daar is die nederige miskruier ‘n gerekende insek en word dit behoorlik vertroetel. In Japan se oorvol stede mag die meeste mense wat in woonstelle bly nie katte of honde aanhou nie. Pleks daarvan hou hulle insekte aan. En onder die insekte is die miskruier loshande die gewildste. Hulle kry spesiale kos en vita-miene om hulle vetter en blinker te maak en die Janpaners skroom nie om duisende rande vir ‘n miskruier te betaal nie. Telers deurkruis die platteland, grawe gate in die grond, krap blare weg en soek onder die bas van bome na die gesogte insekte. Miskruiers wat in die natuur gevang word, is gewilder en dus ook duurder as dié wat geteel word. Tokio en ander groot stede het almal markte waar jy miskruiers kan koop. Ryk versamelaars sal ver reis op soek na die regte mis-kruier. Hulle is so gewild dat Japannese kinders soms maande lank hul sakgeld sal spaar om ‘n larwe te koop wat hulle dan in deursigtige houers laat uitbroei so-

dat hulle behoorlik ‘n dagboek van hul troeteldier se lewe kan hou. Kinders speel ure lank met die miskruiers en laat hulle op hul arms en gesigte rondkruip. Die insekte is beslis nie goed-koop nie. Een wat so groot soos ‘n R5-muntstuk is, kan tot R3 000 kos. Vir ‘n werklik reusagtige miskruier sal ‘n ryk versamelaar tot R50 000 betaal. Omdat daar so ‘n groot aanvraag vir die goggas is, koop baie mense kleinjies goedkoop, voer hulle dan vet en verkoop hulle weer teen ‘n yslike wins. Daar is geen tekort aan kopers nie. Soos een Japannese kewer-handelaar sê: “Dit lyk asof almal miskruierkoors het.” Die kewers is beslis nie mooi nie. Hulle het harde vet lywe, horings aan hulle koppe, dun beentjies wat ‘n skuurgeluid maak wanneer hulle loop en hulle ruik nie juis aange-naam nie. Mense wat maklik gril, kan die goggas nie verdra nie, maar vir die

Japanners is hulle amper so dier-baar as wat hondjies vir ons is. Kiosji, ‘n 31-jarige uitvoerende amptenaar van ‘n groot firma in Tokio, teel al tien jaak lank mis-kruiers. Hy gaan elke aand na werk na ‘n gebou naby sy huis waar hy sy versameling van duisende kosbare kewer huisves. Hulle word in ‘n spesiale vertrek gehou waar die temperatuur altyd tussen 21 en 24 grade is - die ideale temperatuur as jy miskruiers wil teel.

My dierbare diertjie - ‘n miskruierIn die woonstelle van hul oorvol stede is katte en

honde taboe. Pleks daar-van hou talle Japanners

miskruiers aan!

‘n Klant bekyk ‘n gogga voordat hy besluit of die “troeteldier” hom geval

29

Aktiwiteit 7: Ons lees in ons vaardigheidsgroepe

Opdrag

1. Julle werk in julle leesgroepe en lees julle verskillende fabels aan mekaar voor.2. Kies die gewildste fabel.3. Stel ‘n sluitingsleesopdrag vir ‘n ander groep met hierdie fabel op en ruil dit met

hulle opdrag. Lees mekaar se fabels en vul betekenisvolle woorde in.

Aktiwiteit 8: Ons lees gedigte

Opdrag

Elke leerling lees die gedig selfstandig

Wim Wolf en die bye -Karl Schmidt-

Joekie Jakkals en Wim Wolfkuier saam by Donkie Dolf,sit en grootpraat heelnag lankop ou Dolf se riempiesbank.

“Wie is bang vir Barend By!”spot Wolf, en blaas die rook opsy.“net die ding wat ek na soek,”sê Joekie Jakkals: “’n heuningkoek”.

Emmer aan sy arm en met stomp knipmeswerskaf Wolf in die byenes.Maar, oe! Dit kriewel in sy broekwaar Barend en sy maters steekplek soek.

Bo van die leer tuimel Wim Wolf afas die by hom steek en die honde blaf.En gwarr! Klink Boer se haelgeweer.O, eina! O, eina sy lyf is so seer.

30

Opdrag

1. Sê in een sin wat die hoofgedagte van die gedig is.2. Luister wanneer Juffrou die gedig lees en beantwoord daarna die vrae:

Vrae:

1. Vertel die gedig ‘n storie?2. Sê die titel vir jou waaroor die gedig handel?3. Watter tyd gebeur hierdie dinge en waar?4. Het Joekie Jakkals vir Wim Wolf ‘n poets gebak? Hoe?5. Noem die karakters in die gedig se name.6. Kyk mooi na die strofes. Watter een verskil van die ander en hoe?7. Klink Wolf en Dolf dieselfde?8. Soek nog woorde in die gedig wat dieselfde klink. Ons sê dit rym.9. Watter woord verduidelik ‘n klank van ‘n geweer?10. Waarmee het Wim Wolf vir die heerlike heuningkoek betaal?

Lees ook die volgende gediggie:

Op die bed kreun Wolf van pyn, Donkie Dolf dokter met asyn

Op die bank in die ander hoeklê Joekie en eet sy heuningkoek -Die enigste wat Wim uitgehaal het en soveel lyfpyn voor betaal het.

Miskruier-Piet Swanepoel-

Miskruier, arrie jy’s vroeg op die beenEn kastig so haastig en hard aan die hol.Miskruier, sê my, waar draf jy tog heenmet daardie klein bolletjie wat jy so rol?

Luister, Chris Meyer, as jy dan moet weet,die misbol so geurig, so bruin en so rond,Dit is die kos wat my kinders moet eetDie dag as hul uitbroei diep onder die grond..

31

Aktiwiteit 9: Ons leer ons taal

Opdrag

1. Kyk na die gedig “Miskruier”.2. Skryf al die klinkers in versreël twee neer. (Ons noem dit ook vokale.)3. Kan jy sien watter klinkers word lank gesê en watter kort?4. Woorde bestaan meestal nie net uit klinkers nie. Skryf nou al die medeklinkers

van dieselfde versreël neer. (Ons noem dit ook konsonante.)5. In strofe twee se eerste versreël (versreël vyf), is daar klanke soos ui en y. Luister

mooi wanneer jy die klanke sê. ‘n Mens hoor twee klanke, maar as hulle saam in een lettergreep staan, hoort hulle saam. Sulke klanke word tweeklanke of diftongegenoem.

6. Soek nou nog diftonge in hierdie gedig en skryf dit neer7. Klinkers kan in drie klinkergroepe verdeel word. Klinkergroepe is daar om ons

te help om reg te spel. Trek drie kolomme in jou boek en skryf elke keer die woord onder die regte klinkergroep:

mot mier by vlieg sprinkaan

Miskruier, miskruier, sê my nog net,En rêrig waar Oompie, ek soek nou nie skoor,Trouens, dit lyk my na baie groot pret,Maar waarom stoot jy dit dan agterstevoor?

Luister, Chris Meyer, kom buk hier en ruikEn dan sal jy weet dis nie sommer ‘ n nuk.Ek moet my hande vir vastrap gebruikEn dus het ek niks om mee neus toe te druk.

32

Aktiwiteit 10: Ons ken ons taal

Opdrag

1. Kyk na die twee gedigte by Aktiwiteit 8.2. Skryf alle woorde neer wat die naam van iets of iemand is.3. Kyk na die woorde wat dinge se name is en kyk hoeveel van hulle se meervoud en

verkleining jy kan sê.

4. Kyk nou weer na die leesstuk by Aktiwiteit 3 , “Goggas en goeters” en skryf al die selfstandige naamwoorde neer:

Aktiwiteit 11: Ek verstaan my taal

Opdrag:

1. Lees die onderstaande gedeelte deur en skryf al die selfstandige naamwoorde (woorde wat iets of iemand benoem - ‘n naam gee) neer.

2. Skryf nou al die woorde wat iets of iemand beskryf neer.

Het jy geweet?

• Die name van mense, diere, dinge, lande, riviere, berge, dorpe ens. noem ons selfstandige naamwoorde.

• Ons kan toets of dit ‘n selfstandige naamwoord is deur:• ‘n “’n” of ‘n “die” reg voor die woord te gebruik.• van die woord ‘n meervoud of verkleining te maak• te toets of ons dit met ons sintuie kan waarneem• te toets of dit dalk ‘n manlike of vroulike vorm kan kry.

Anansi

My naam is Anansi en ek is ‘n spinnekop. Dit kan jy sien, want ek het agt lang pote. Party mense sê ek is slinks, maar ek is nogal slim. Ek het ‘n goeie vriend. Sy naam is Moeli.

Storieverteller

Moeli was ‘n klein, wollerige bruin muisie. Sy stert was lank en het gekrul en hy het twee klein, klein pienk oortjies gehad. Die lang, wit hare van sy snorbaard het liggies gebewe as hy bang word.

33

3. Lees die gedeelte oor skerpioene. Skryf vyf woordjies neer wat die skerpioen beskryf.

4. Sê ook watter spesie is die gevaarlikste en waarom?

5. Lees die stukkie oor spinnekoppe en skryf ses woorde neer wat spinnekoppe beskryf.

6. Maak nou met drie van hierdie woorde jou eie spogsinne.

Het jy geweet?

• Woorde wat vir ons dinge beskryf van iets of iemand noem ons byvoeglike naamwoorde. Byvoorbeeld: die growwe dikstertskerpioen is die gevaarlikstespesie.

• Hierdie woorde maak ons taal ryk en dit is belangrik dat ons baie van hulle ken en dit gereeld gebruik.

• Baie van hierdie woorde kan trappe van vergelyking kry. Byvoorbeeld: grof > growwer > grofste

Goggamanewales

Skerpioene

Die Richtersveld Nasionale Park is ‘n absolute paradys vir skerpioene. Die growwe dikstertskerpioen is die gevaarlikste spesie. Dit is vir ‘n paar ure na sononder aktief en ‘n hele paar mense het al van sy steek gesterf. Die vaalbeengraafskerpioen is die grootste spesie en word tussen 11 en 14 cm lank. Hulle is baie sterk, maar hoewel hulle ook steek is hul gif nie gevaarlik nie.

Spinnekoppe

Die wit dame, wat in die Richtersveld Nasionale Park aangetref word, is ‘n baie interessante spinnekop. Wanneer hy bedreig word, tree hy baie aggressief op. Hy lig sy lyf tot op die punt van sy tone en voer ‘n soort “dans” uit. Tog is hy nie gevaarlik nie. Hierdie spinnekop is pienkerig van kleur in gebiede waar die sand rooi of oranje is, maar op vaalwit sand is hierdie kalant so te sê spierwit. Die horingbobbejaanspinnekop is nog ‘n voorbeeld van ‘n woestynspinnekop. Hy is betreklik groot en het ‘n opvallende swart horing op sy rug. Hierdie spinnekoppe is gesogte “troeteldiere” in sekere oorsese lande en weens hierdie handel het hulle getalle sorgwekkend gedaal.

34

Aktiwiteit 12: Ek praat my taal

Opdrag

Gaan soek in ‘n tydskrif na ‘n prent oor enige insek. Berei voor en kom beskryf die insek aan jou maats deur sinne met beskrywende woorde (byvoeglike naamwoorde) te gebruik.

Aktiwiteit 13: Ek kommunikeer in my taal

Opdrag

Lees die volgende inhoud:

Jean-Marie Neethling, kleinsus van die Olimpiese sweheld, Ryk Neethling, is vanjaar in matriek, maar sy is klaar besig om die swemwêreld te verower. Verlede jaar het sy aan die Statebondspele deelgeneem , in Italië drie medaljes verower in die San Marino-uit-daagbyeenkoms en sy is deur die tydskrif Seventeen aangewys as die sportiefste tiener in Suid-Afrika.

HOE LYK ‘N GEMIDDELDE DAG IN JOU LEWE?Tydens ‘n skoolkwartaal swem ek in die oggend van agtuur vir 90 minute (4,5 km) en woon dan skool by om werk in te handig of toet-se te skryf. My skool, Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, is baie behulpsaam met my swemskedule en laat toe dat ek in die oggend oefen soos dit my program pas. Daarna oefen ek ‘n uur in die gym tot twalfuur. Dan woon ek die res van die skooldag by tot tweeuur, gaan vinnig huis toe om te eet en dan volg my tweede swemsessie (6 km). Die res van die middag sal ek skoolwerk klaarmaak en rus.

WAAROM HET JY SWEM AS SPOTSOORT GEKIES?Ek het al van ‘n jong ouderdom asma en ek het albei my bene ook gebreek; so dit maak dit vir my baie moeilik om te hardloop. En die meeste sportsoorte behels hardloop. Ek het ook vir ‘n paar jaar dans, trompoppies en gimnastiek gedoen. My broer het my al aangemoedig om te begin swem toe ek nege jaar oud was en van daar het swem voorkeur gekry. Dit is vir my ‘n wonderlike sport. Ek is mal oor die water en om net in die water te wees, is vir my ongelooflik.

WATTER ROL SPEEL JOU BROER IN JOU SWEMLOOP-BAAN?‘n Baie groot rol. Hy en my ma is albei my afrigters, hoewel hy in Pretoria woon. Hy stuur daagliks vir my swemprogramme en hoor agterna hoe ek voel. Hy is ook altyd daar om vir my advies te gee wanneer ek in moeilike situasies is - hy was al soveel keer deur dieselfde situasies en weet hoe om dit te hanteer. Ek is ongeloof-lik bevoorreg om hon as my broer te hê.

VOEL DIT NIE SOMS VREEMD OM EEN VAN DIE BEROEMDSTE BROERS IN DIE LAND TE Hê NIE?Dit voel soms vreemd om my broer se lyf of gesig op vriende se selfone te sien of selfs wanneer ou tannies benoud vir sy handtek-ening vra in winkelsentrums of eetplekke. Maar ten spyte van als... bly hy my broer, Rykie van Bloemfontein.

WAT WAS TOT DUSVER DIE HOOGTEPUNT VAN JOU SWEMLOOPBAAN?Die Statebondspele in Melbourne in Maart 2006. Ek was die jongste spanlid, ek het twee finale gehaal in die 200 m- individuele wisselslag die senior SA-rekord verbeter en ‘n sesde plek behaal.

HOE LYK JOU PLANNE VIR NA SKOOL?Ek gaan in 2008 na Tucson, Arizona (Amerika) se universiteit om te swem en studeer. Ek wil graag sportfisiologie en sportsielkunde studeer.

SWEM IS IN HAAR BLOED

35

Groepopdrag

• Kyk in julle groepe na ‘n video van ‘n onderhoud.• Bespreek hoe daar te werk gegaan word om ‘n onderhoud te voer.• Dink watter tipe vrae gestel word.

Opdrag

1. Voer nou ‘n onderhoud met jou maat. Dink aan ander vrae wat jy kan vra om die persoon beter te leer ken. Byvoorbeeld:• Is jy nuuskierig?• Wat is jou grootste uitdaging?• Wat maak jou hartseer?• Wat is jou grootste wens?• Jou grootste kosvoorliefde?• Hoe ontspan jy?• Wat maak jou baie gelukkig?

2. Soek in jou tydskrif na nog ‘n voorbeeld van ‘n onderhoud. Skryf nou drie sinne oor die persoon met wie daar ‘n onderhoud gevoer is.

3. Voer ‘n onderhoud met een van jou onderwysers om hom/haar beter te leer ken. Skryf die onderhoud (vrae en antwoorde) in jou skrif neer.

Aktiwiteit 14: Ons skryf ons taal

Opdrag

1. Dit is kort voor ‘n lang naweek, die paaie gaan weer baie besig wees. Skryf ’n verkeersverslag (vir die radio) vanuit die helikopter om padveiligheid te bevorder. Jy kan van die volgende woorde gebruik maak:

verkeerspolisie vloei sy brandstof het opgeraakverkeer ontwrig verkeersknoopoplos verbysteek verkeersbeamptevoort verkeerslig waarskubeweeg spoed jaagsnelstrik spitstyd bufferhaas teen sentraledagtaak eienaar saamryklubbehoort bespaar dikwelspendelaars buurdorpe verkeersreëlsoortree rookmis hangswaar aftrek snelheidsgrensbeboude gebied rybewys dagvaarding

36

2. Skryf kort aanwysings om na die naaste kafee te gaan.3. Jy het ‘n nuwe klasmaat. Skryf aanwysings om vir hom/haar te verduidelik waar

jy woon.

Aktiwiteit 15: Ons skryf skematies

Groepopdrag

Kyk in julle groep na die weerkaart en bespreek al die inligting wat jy daarop kan sien.

WEERVOORSPELLING

5 Februarie 2007Kaapse Skiereiland, die Boland en die Overberg

Bewolk en matig met motreën, maar later miskolle wat opklaar oor die Skiereiland. Wind matig tot taamlik sterk suidwes tot suid. Die maksimum temperatuur by Kaapstad internasionale lughawe sal sowat 24 grade C wees.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele donderbuie.

Vrystaat

Bewolk en baie warm en verspreide donderbuie.

KwaZulu-Natal

Warm en bedompig.

37

Opdrag

1. Stel jou eie weerskema vir môre se weer op. Gebruik van die volgende woorde:matig motreën latermiskolle opklaar matigtaamlik sowat gradegedeeltelik enkele bedompigbewolk maksimum temperatuurverspreide donderbuie

2. Skryf kort aanwysings vir een van die volgende: Hoe om:• ‘n wegloopvoertuig tot stilstand te bring• ‘n reuse toebroodjie te maak• ‘n druif af te skil• spaghetti te eet• vir ‘n dag lank gelukkig te wees.

0-10°C 11-15°C 16-20°C 21-25°C 26-30°C 31-35°C 36-40°C Bo 40°C

S son

Gb ged.bewolk

B bewolk

Lr ligte reën

D donderbuie

R reën

M mis

Sn sneeu

Die weer in Beeld

15

10

25

20

35

2015

40

30

25

Windhoek08/27 S

Walvisbaai10/20 S,M

Keetmanshoop08/27 S

Springbok07/17 Gb, M

Upington04/24 S

Calvinin06/16 Gb

Kaapstad11/18 B, Lr

Worcester11/19 B, Lr

Beaufort-Wes08/20 Gb

George09/18 B

Port Elizabeth11/29 B

Cradock05/21 Gb

Oos-Londen12/21 B

Umtata08/22 Gb

Durban15/22 B

Pmb12/21 Gb

Bloemfontein02/20 S

Kimberley03/23 S

Klerksdorp06/27 S

Vereeniging08/28 S

Jhb07/27 S

Pretoria09/30 S

Ladysmith09/21 S

Ermelo08/23 S

Nelspruit11/30 S

Phalaborwa03/32 S

Messina10/34 S

Pietersburg09/30 SEllisras

09/33 S

Welkom06/23 S

Bethlehem03/21 S