3 februarie 2019 - ng kerk durbanville-bergsig · 2019. 2. 1. · bergsig boodskap 3 februarie 2019...

6
Bergsig Boodskap 3 Februarie 2019 08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager 10:00 Informele diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager Glow Kidz Diens (Saal) Stephanie Steenkamp 18:00 @6 Diens Arno Mattheus Deuroffer: Alta du Toit Nasorg 10 Februarie 2019, Preekreeks TRINITEIT: VADER 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo 10:00 Informele diens Ouditorium Ds.Mizelle Prinsloo Glow Kidz Diens (Saal) Stephanie Steenkamp 18:00 @6 Diens Ds. Mizelle Prinsloo Deuroffer: Gemeentehulpfonds 3 Februarie 2019, Doop Preekreeks TRINITEIT: VADER Week van Gebed 3 - 6 Febr: Week van Gebed 8 Febr: TGIF Manne konfe- rensie: Jou identiteit in Christus 12 & 13 Febr: Veritas Bybel- skool loodsing 15 Febr: Uitreikgeleentheid 16 Febr: Betesda-mark 19 Febr: Doopkategese 23 Febr: Historymaker-kamp 25 Febr: Kerkraadsverg. 28 Febr: Seniorgroep Eienskappe van God Hy is magtig En dit terwyl ons God in die hemel is! Alles wat Hy wil, doen Hy. Psalms. 115:3 Skep moed hieruit: jy is dalk swak, maar jou God is nie. Maar om te weet dat jou God almagtig is, behoort jou siel te laat moed skep wanneer jy te staan kom voor iets wat onmoontlik lyk. Hy is teenwoordig Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Jesaja. 41:10 Daar is n groot verskil tussen God wat oral is en God wat by jou is. Hierdie laasge- noemde stuk waarheid verslaan al jou vrese en troos jou in jou eensaamheid. Die teenwoordigheid van God die Vader gee rus en hoop te midde van al die dinge wat vrees in die harte van mans en vroue laat vasslaan. Hoe bid ons? – Bid tot ons God wat sien – El Roi Hagar, Sarai se slavin het God El Roi genoem, toe Hy haar bedien het in die woestyn. El Roi het haar be- dien met ʼn Woord van hoop, want Hy is die God wat ons sien en raaksien en ons wil hoop gee. Genesis 16: 13-14 Hoe luister ons? – Bid oor die volgende vrae: Wat leer die naam El Roi vir my van God? Wat leer die naam El Roi vir my van myself? Wat kan ek nou gaan doen, omdat ek God se naam El Roi beter verstaan? Hoe leef ons? Bespreek en dink na oor die volgende: God sê vir Israel: Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.Jesaja. 41:10 Hierdie is ʼn verbintenis wat God al met Abraham gemaak het. Dit is ʼn belofte wat God met my en jou ook wil maak. Hoe is God teenwoordig in jou lewe? In watter eienskappe van God openbaar Hy sy teen- woordigheid in jou lewe? Is jou geestelike sintuie oop vir God se teenwoordigheid, hoe ookal, in jou lewe? God is magtig & teenwoordig Verleen ondersteuning aan hulpbehoewende gemeentes wat vanweë verminderde lidmaattalle, natuurrampe, ontvolking en swak sosio- ekonomiese toestande nie meer hulle begrotings kan laat klop nie. Geestelike bedienings word in stand gehou en dit word nie vir kapitale werke/reparasies aan fasiliteite gebruik nie. God is Teenwoordig. Ons elkeen ervaar en verstaan God op verskillende maniere, daarom praat ons ook elkeen anders met Hom. Die week van Gebed gaan ons help om ons eie per- soonlike konneksie met God beter te ontwikkel en te verstaan. Week van Gebed begin Sondag 3 Februarie as deel van die Eredienste en daar sal gedurende die week Gebedstasies wees van Maandag tot Woensdag 09:00 - 14:00 & 18:00 - 20:00.

Upload: others

Post on 20-Feb-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Bergsig Boodskap 3 Februarie 2019

    08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager

    10:00 Informele diens

    Ouditorium

    Dr. Kobus de Jager

    Glow Kidz Diens (Saal) Stephanie Steenkamp

    18:00 @6 Diens

    Arno Mattheus

    Deuroffer: Alta du Toit Nasorg

    10 Februarie 2019, Preekreeks TRINITEIT: VADER

    08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo

    10:00 Informele diens

    Ouditorium

    Ds.Mizelle Prinsloo

    Glow Kidz Diens (Saal)

    Stephanie Steenkamp

    18:00 @6 Diens

    Ds. Mizelle Prinsloo

    Deuroffer: Gemeentehulpfonds

    3 Februarie 2019, Doop Preekreeks TRINITEIT: VADER Week van Gebed

    3 - 6 Febr: Week van Gebed

    8 Febr: TGIF Manne konfe-

    rensie: Jou identiteit in

    Christus

    12 & 13 Febr: Veritas Bybel-

    skool loodsing

    15 Febr: Uitreikgeleentheid

    16 Febr: Betesda-mark

    19 Febr: Doopkategese

    23 Febr: Historymaker-kamp

    25 Febr: Kerkraadsverg.

    28 Febr: Seniorgroep

    Eienskappe van God

    Hy is magtig

    En dit terwyl ons God in die hemel is! Alles wat Hy wil, doen Hy. Psalms. 115:3

    Skep moed hieruit: jy is dalk swak, maar jou God is nie. Maar om te weet dat jou God almagtig is, behoort jou siel te laat moed skep wanneer jy te staan kom voor iets wat onmoontlik lyk.

    Hy is teenwoordig

    Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Jesaja. 41:10

    Daar is ’n groot verskil tussen God wat oral is en God wat by jou is. Hierdie laasge-noemde stuk waarheid verslaan al jou vrese en troos jou in jou eensaamheid. Die teenwoordigheid van God die Vader gee rus en hoop te midde van al die dinge wat vrees in die harte van mans en vroue laat vasslaan.

    Hoe bid ons? – Bid tot ons God wat sien – El Roi

    Hagar, Sarai se slavin het God El Roi genoem, toe Hy haar bedien het in die woestyn. El Roi het haar be-dien met ʼn Woord van hoop, want Hy is die God wat ons sien en raaksien en ons wil hoop gee. Genesis 16: 13-14

    Hoe luister ons? – Bid oor die volgende vrae:

    • Wat leer die naam El Roi vir my van God?

    • Wat leer die naam El Roi vir my van myself?

    • Wat kan ek nou gaan doen, omdat ek God se naam El Roi beter verstaan?

    Hoe leef ons?

    Bespreek en dink na oor

    die volgende:

    God sê vir Israel: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.” Jesaja. 41:10

    Hierdie is ʼn verbintenis wat God al met Abraham gemaak het. Dit is ʼn belofte wat God met my en jou ook wil maak. Hoe is God teenwoordig in jou lewe? In watter eienskappe van God openbaar Hy sy teen-woordigheid in jou lewe? Is jou geestelike sintuie oop vir God se teenwoordigheid, hoe ookal, in jou lewe?

    God is magtig & teenwoordig

    Verleen ondersteuning aan

    hulpbehoewende gemeentes wat

    vanweë verminderde lidmaattalle,

    natuurrampe, ontvolking en swak

    sosio-ekonomiese toestande nie

    meer hulle begrotings kan laat klop

    nie. Geestelike bedienings word in

    stand gehou en dit word nie vir

    kapitale werke/reparasies aan

    fasiliteite gebruik nie.

    God is Teenwoordig. Ons elkeen ervaar en verstaan

    God op verskillende maniere, daarom praat ons ook elkeen anders met

    Hom.

    Die week van Gebed gaan ons help om ons eie per-soonlike konneksie met God beter te ontwikkel en te

    verstaan.

    Week van Gebed begin Sondag 3 Februarie as deel van die Eredienste en daar sal gedurende die week

    Gebedstasies wees van Maandag tot Woensdag 09:00-14:00 & 18:00 - 20:00.

  • Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

    Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as

    jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na

    [email protected]

    Ons is baie opgewonde om bekend te maak dat in 2019

    Bergsig begin met ’n aanbidding- en musiekakademie.

    Die “Worship Collective: Aanbidding en Musiek Akade-

    mie” se doel is om musikante, oud en jonk, geleentheid

    te gee om te leer hoe om ’n musiekinstrument te speel

    en dit aan te wend in ’n lof- en aanbiddingsbediening.

    By die “Worship Collective Akademie” sal die volgende

    gebied word:

    Onderrig in ’n verskeidenheid musiekinstrumente en

    vaardighede deur ’n ervare onderwyser in aanbiddings-

    bediening.

    Onderrig om ’n verskeidenheid aanbiddingsmusiek te

    speel en te kan toepas in verskeie musiekstyle.

    Plaas studente volgens vaardighede en ontwikkeling in

    verskeie “band” groepe om “band” dinamika te leer,

    asook om as “band” saam te kan speel.

    Indien jy enige vrae rondom die Worship Collective het

    kan jy gerus met Arno Mattheus gesels. Jy kan ook www.worshipcollective.co.za besoek of ’n e-pos stuur

    na [email protected].

    Getuienis van die Here se goedheid.

    Sondag, 27 Januarie vra Bergsig se sopprojek vir ‘n vrieskas in die BB (Bergsig Boodskap)

    Die Here werk in die harte van lidmate en Maandag, 28 Januarie, skenk hulle vir ons die vrieskas.

    Baie, baie dankie!

    Louise Kotze (Koördineerder)

    Selfoon: 071 157 7601

    House of Grace Ons benodig baie dringend iemand om verjaar-dagkoeke te bak. Ons gaan een koek een keer per maand vir die maats wat daardie maand verjaar het, gee. Jy kan ook ‘n koek borg. Jy hoef ook nie die hele jaar se koeke te bak nie, jy kan deel vorm van ‘n groep en een of meer bak soos jy kans sien.

    Ons benodig persone om ons te help met die vervoer van die ses Hoërskoolkinders na die aand erediens.

    Die projekspan wil baie graag iemand identifiseer om weekliks na die plaas te gaan en die gesin geestelik te versorg (kleingroep), bid asb. hieroor en laat ons weet indien jy belangstel. Die hoofdoel is om die kinders almal te doop en te laat aanneem.

    Die bussie breek konstant en het dringende herstelwerk nodig. Hiervoor benodig ons baie fondse.

    Vir meer besonderhede oor enige van bogenoemde punte kontak asb vir Leonette by 0824405662

    Sopprojek

    ATTIE VAN WYK PRIMERE PLAASSKOOL Die graad 1 klassie by Attie is dringend op soek na ’n Tannie of Oom wat bereid sal wees om op ’n Woensdag oggend vir hulle ’n Bybelstorie te kom ver-tel? As die Here jou roep vir hierdie taak, kontak asseblief vir Nelda Rousseau by [email protected] of via whatsapp of SMS op 083 235 1400

    Ons benodig toiletware vir die mense wat by die kerk kom stort en vir mense wat in nood is. Enige iets soos seep, tandepasta, tandeborsels, shampoo, waslappies en deodorant sal waardeer word en uitgedeel word waar nodig.

    Dit kan by die kerkkantoor afgegee word. Kontak vir Liezl, [email protected] vir verdere navrae.

    mailto:[email protected]:[email protected]

  • Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]

    Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

    Op soek na 4 mense wat Lourens Olivier op ’n Sondag

    (altyd 4de week van ’n maand) help met ere-

    diensontvangs. Dus mense gasvry ontvang, nuusbrief

    uitdeel, offergawes opneem en Nagmaal bedien.Elize

    021 9764106 / [email protected]

    R446 552

    Ons mikpunt is R750 000 (teen Febr 2019)

    Durbanville-Bergsig Gemeente verwelkom met bewys van lidmaatskap: Judy de Beer (nou Watson) en dooplidmate Amy Rose Watson en Michael John Watson vanaf Pretoria-Oosterlig

    Catharina Fredrika Strydom (nou Otto) vanaf Ned Herv Gemeente Nelspruit

    Riaan van Tonder, Janine Smit (nou Van Tonder), Mieké en Zander Jurie van Tonder vanaf Bellville-Uitsig

    Maria Francina van der Vyver (nou De Wet) vanaf Riviersonderend

    Katryn Petro van den Berg (dooplidmaat) vanaf Pellissier

    Hendrik Johannes Theron vanaf Wonderpark

    Petrus Jacques du Toit vanaf Stellenberg

    Retch Fourie vanaf Mosselbaai-Suid

    Joan Rita Fontyn (nou Visser) vanaf Wellington-Noord

    Willem Hendrik Rademeyer, Lourenta Helen Badenhorst (nou Rademeyer), Elizabeth Nicole en Gysbert Andries Rademeyer

    vanaf La Rochelle

    Jurgen Johann Eksteen en dooplidmate Marieta Elise en Jacobus Kotzé Eksteen vanaf Kenridge

    Jacques Steyn, Nadine Barnes (nou Steyn) en Sebastiaan Steyn (dooplidmaat) vanaf Waverley Emily Jacoba Jordaan (nou Theron) vanaf Parke Gemeente

    Johan en Jossie Bester Botterblomstr. 113, 072 776 8769 Dogter oorlede Troos en bemoediging

    Iris Bester Greenwoodweg 28, 021 976 5907 Seun oorlede Troos en bemoediging

    Hanlie Ferreira Madeliefiestraat 6, 082 727 0214 Man oorlede Troos en bemoediging

    Dewald Botha Gladstonbestr. 31, 083 657 0594 Operasie Herstel en bemoediging

    Carel en Carli Venter Kapokbergsingel5, 083 440 9640 Vrou en ma oorlede Troos en bemoediging

    Tania Vivier en kinders Botterblomstraat 59, 082 992 3199 Man en pappa oorlede Troos en bemoediging

    Thys, Marisna en Joané von

    Solms Dagbreek w/s 2, 083 776 6977 Seun oorlede Troos en bemoediging

    Wouter Grové (13 jaar oud) Lesliesingel 71, 021 982 7322 Op waglys vir

    hartoorplanting Herstel en bemoediging

    Knieltyd

    Durbanville-Bergsig is BAIE AGTER met die Kon-

    inkrykinsameling! Ons vra dat lidmate biddend hul

    bydrae sal oorweeg. Hierdie is ’n bo en behalwe

    bydrae vir God se Koninkrykswerk.

  • Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

    Om vrywillig deel te word van die kerk se

    algemene WhatsApp ‘broadcast’ groep

    stuur jou naam en van na:

    071 529 9491

    Ons is BAIE opgewonde

    dat die Veritas Bybel-

    skool weer hierdie jaar by

    Bergsig aangebied word.

    Dit word tans in 26 lande

    aangebied en dra inter-

    nasionale status. Die

    hooffokus van Veritas is

    om lidmate toe te rus met

    die basiese vaardigheid

    om die Bybel verant-

    woordelik te kan lees,

    van toepassing te maak

    in jou alledaagse lewe en

    bedieningsvaardighede

    te leer.

    Jy kan verwag om

    geweldig te groei in jou

    verhouding met Jesus

    omdat jy God se stem

    baie duideliker leer

    onderskei vanuit die

    Woord.

    Module 1 word die jaar

    by Bergsig aangebied op

    Woensdagoggende om

    09:00-11:00 en Module 1

    & 2 Woensdagaande

    19:00 – 21:00 vanaf 13

    Februarie. Module 4 word

    aangebied op Dinsdag-

    oggende om 09:00 –

    11:00 vanaf 12 Februa-

    rie.

    Die kursus strek tot Ok-

    tober. (Hou kalender dop

    vir af tye /oor langnaweke

    en vakansies.)

    Die koste vir die hele

    jaar: R450 pp & R700 per

    paar.

    Kontak Ds. Johan Els vir

    verdere navrae by

    [email protected]

    Inligtingspamflet by deure

    beskikbaar. Lees meer:

    www.veritascollege.org

    Ek is baie opgewonde om as jeugleraar ’n pad saam

    met die belydenisklas te kan stap. Die belydenisjaar is

    vir ons baie belangrik omdat dit dié jaar is waarin die

    jongmense finaal moet seker maak wat hulle glo oor

    God, die kerk en die roeping van jou lewe.

    Om ’n suksesvolle jaar af te lê is vir volgende

    belangrik:

    Bywoning van @6 dienste op Sondagaande

    Belydenisklas Kleingroepe op Sondagaande, 19:15 – 20:00

    Bywoning van belydeniskamp saam met Historymaker 22 – 24 Februarie

    Inskrywing op ‘n aparte vorm sluit 17 Februarie

    Aankoop van die G8 belydenisklas boek (teen R 70)

    Persoonlike gesprek met my deur die jaar (ek sal dit reël op geleë tyd)

    Daar is 8 kontaksessies

    met die predikante in

    Kleingroeptyd wanneer ons

    aan die hand van die G8

    boekie gaan gesels oor die

    essensie van geloof,

    gebed, die karakter van

    God, die sakramente en

    die gawes van die Gees.

    Ons gaan ook vra wat

    maak die Christelike geloof

    uniek en hoe weet ons die

    Bybel is waar?

    Die res van die sessies in

    die aande gaan die

    Kleingroepleiers met hulle praat

    oor hulle identiteit in die Drie-

    Enige God vanuit die materiaal

    “Beelddraer in God: word wie jy

    reeds is.”

    Ons gaan ook in die jaar ’n

    plaaslike uitreik in Durbanville

    meemaak.

    Daar is in 2020 drie geleenthede

    in die jaar om tydens die aand

    eredienste belydenis van geloof af te lê. Jongmense

    wat hiervan gebruik wil maak moet vroeg volgende

    jaar die aansoekvorm van die kerkkantoor kry en invul

    asseblief.

    Die Graad 10 – 12 het ’n opsie om hulle gewone

    Kleingroep te verlaat en Veritas module 1 te doen in

    Kleingroeptyd op Sondagaande. Die koste is R 250 vir

    die jaar. As daar belydenisklas kinders is wat Veritas

    doen gaan ek apart die G8 sessie met hulle opvang.

    Ouers is welkom om my persoonlik te kontak met

    navrae. Ds Johan Els 084 672 0626 of

    [email protected]

    BELYDENIS VAN GELOOF NUUS

    #EkwilEkkanEksal 2019 Of jy nou ʼn sakeman, tuisbly-ma, entrepreneur of ’n

    kreatiewe siel met tonne idees is, #EkwilEkkanEksal is vir

    jou! Hierdie eendagkonferensie sal jou aanvuur om met

    passie te werk en te leef. Saam bekyk ons ons prioriteite,

    skep ’n visie vir ons lewe en besigheid en maak dit dan

    vas met praktiese doelwitte en riglyne.

    Vanjaar is die tema “Maak dit gebeur. Maak dat dit saak

    maak”. Die konferensie is nie vir sissies nie, want dit bied

    geen kitsoplossings nie. Dis vir almal wat regtig moeite wil

    doen om te verander, te groei en hulle volle potensiaal

    wil ontgin.

    Wêreldklas sprekers soos Gustav Gous, Lynette Beer,

    Wouter Snyman, Bill Price en Lise Swart deel hoe jy ʼn

    vervullende lewe kan skep eerder as om net te bestaan.

    Bekendes deel stories uit hulle lewe. Nadia Beukes ken

    die vreugdes van die liefde, ma-wees en sukses, maar sy

    verstaan ook depressie en alleenwees. Dinge werk nie

    altyd uit soos jy beplan nie, maar daar is altyd ’n groter

    plan, glo Nadia. Tracey Lange moes leer om anders oor

    haarself te dink. Sy is gekonfronteer met mense se

    vooropgestelde idees en vyandigheid. Sy het by haar

    ma geleer om niemand te blameer nie, maar te besluit

    hoe sy gaan reageer.

    Koop nóú jou kaartjie. Kliek op kalender.voelgoed.co.za

    KAAP | Saterdag 16 Februarie | NG Vredelust

    Tyd | 07:00 vir 08:00

    mailto:[email protected]://www.veritascollege.orgmailto:[email protected]://kalender.voelgoed.co.za/

  • NUWE LIDMATE

    Kom sê hallo by die ontvangstoonbank!

    Kontak die kerkkantoor as jy wonder hoe om

    lidmaat te raak [email protected]

    05:45 Vrydagoggende - Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za

    Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

    BABA- EN KLEUTERFASILITEITE

    Langs die damesbadkamer op-pad na die galery is ’n

    lokaal ingerig vir ouers met babas tot een jaar. Die erediens kan steeds gevolg word deur eenrigting-glas.

    Vir ons peuters (1-3 jaar) het ons ’n speellokaal ag-ter die verhoog van die ouditorium. Die lokaal is spe-

    sifiek ingerig vir peuters met ouderdomstoepaslike speelgoed en ’n familiebadkamer met ’n doekruilstasie (baba’s is ook welkom daar). Die diens word uitgesaai na hierdie lokaal. Ouers kan ook van ons oppasdiens gedurende die klassieke en informele diens gebruik

    maak in die lokaal. Elke peuter sal ’n nommer ontvang sodat, indien nodig, ’n ouer gedurende die diens in ken-

    nis gestel kan word sou sy/haar kind hom/haar be-nodig. Oppassers is vrywilligers uit die gemeente wat

    op hierdie manier dien.

    Word deel van 'n Kleingroep in 2019.

    Individue, egpare, gesinne, vriendegroepe

    ensovoorts, kan hier registreer om deel te

    word van 'n kleingroep by Durbanville-Bergsig NG Kerk. Die indeling

    sal vroeg in 2019 plaasvind.

    Kliek op hierdie skakel of scan die QR code: http://bit.do/registreer

    KLEINGROEPE 2019

    HUWELIKS- EN VERHOUDINGBEDIENING (Huweliksvoorbereidingsklasse)

    (’n Inisiatief van Durbanville - RING - Almal welkom!)

    Die doel is om persone wat gaan trou voor te berei. Paartjies wat huweliksvoorbereiding wil deurloop kan Francois Swart vir meer inligting kontak: 082 781 6854 Paartjies kan kies of hulle indiwidueel as ’n paar of in ’n groep die voorbereiding wil ontvang.

    Januarie 2019 Dr Friedel Olckers

    Februarie/Maart 2019 Dr Francois Swart April/Mei 2019 Dr Friedel Olckers Junie/Julie 2019 Dr Francois Swart Augustus/September 2019 Dr Friedel Olckers Oktober/November 2019 Dr Francois Swart Desember 2019 Dr Friedel Olckers Kontak Francois Landlyn 021 919 2697 Selfoon 082 781 6854

    MAMMA OMGEEGROEP Enige mamma (met babas & peuters) wat wil kom saamkuier is welkom. Ons bid saam, ondersteun mekaar in uitdagings en is saam opgewonde oor

    mylpale en klein dingetjies wat saak maak.

    Ons is saam kreatief en geniet mekaar se talente. Kom geniet ’n warm koppie tee.

    Kontakpersone: Mareli Benson 072 620 1626 en Christa Odendaal 083 354 3527.

    Woensdae vanaf 9:00 tot waneer jy wil huis toe gaan - op die laaste 12:00.

    Chris Botma word 40!

    Chris is Elize Botma (administrasie) se seun en werk al

    15 jaar by Bergsig Gemeente. Hy is baie spesiaal en het

    verlede week 40 geword. Ons seënwense is met jou.

    http://bit.do/registreer

  • NG Kerk Durbanville-Bergsig 021 976 4106 • [email protected]

    www.bergsigdv.co.za

    Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

    Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551

    Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

    24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning [email protected]

    S33 48.966 O18 39.728

    Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

    https://pos.snapscan.io/qr/ALS0527

    POTJIEKOS IS ‘N LEKKER DING Bergsig is opsoek na jou smullekker potjiekosresep. Jou beste skaap-, bees-, hoender- of ribpotjieresep waar-mee jy altyd jou gesin, familie of vriende hulle vingers laat aflek.

    Ons wil die beste resepte kies, wat natuurlik beloon sal word, om dan vir die Plaasfees Potjiekosmakers te gee om potjies te maak, wat BY die plaasfees verkoop gaan word, volgens jou resep.

    Bergsig wil dan ook na die Plaasfees ʼn resepteboek met al julle potjiekos resepte uitgee.

    Stuur asseblief julle resepte in ʼn “Word formaat doku-ment” aan [email protected] of kom gee ʼn harde kopie by die kerkkantoor af met jou naam en telefoon nommer en e-posadres.

    Koop nou al jou Durbanville Plaasfees Computicket kaartjies – ook in die week en op Sondae beskikbaar by kerkkantoor.

    BENODIGDHEDE:

    Plaasfees kontant bydraes spesifiek vir:

    140kg Maalvleis, 20kg rys, 80kg suiker,

    Kontant donasie vir broodaankope (wat ons @ ‘n goeie prys kry), Flora Margarine 17kg

    BLIKKIES KOMPETISIE PRYS geborg deur www.thetops.co.za

    Met dank

    https://pos.snapscan.io/qr/ALS0527mailto:[email protected]