bb 21 augustus 2016 - ng kerk durbanville-bergsig€¦ · bergsig boodskap bladsy 3 voorbidding bel...
TRANSCRIPT
NUUSFLITS:
21 Aug: Nagmaal 22 Aug: Kerkraadsvergadering 25 Aug: Seniors basaar 26 - 28 Aug: Bevrydingskursus 29 Aug: Gebedsvuur 2-4 Sept: #elkEEN fees (sien bl.4) 6 Sept: Ringsitting 17 Sept: Groentetuin-kursus & TGIF Mannekamp 18 Sept: Matriekdiens
21 Augustus 2016 1 Augustus 2016 Bergsig Boodskap
08:15 Klassieke diens Ouditorium Pieter Henning
10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Eric Swanepoel
GLOW Kidz (Saal)
Bea Pretorius
18:00 Aanddiens Arno Mattheus
Deuroffer: Christelike Lektuur-fonds
28 Augustus 2016, Veldtog: Doen 15 BYBELSONDAG
Die 30 hoofstukke in die Ek
Glo boek word in drie oor-
hoofse temas verdeel: Dink, Doen en Wees (leef) soos
Jesus. Daar word gefokus
op 10 sleutelgeloofsbe-lydenisse van die Christe-like geloof (DINK het ons
afgehandel), 10 sleutel-gewoontes van ’n vol-geling van Jesus (ons is
vanaf 14 Aug. met DOEN besig) en 10 sleuteldeug-de wat iemand kenmerk
wat meer soos Jesus begin
word. Ons preek elke kwartaal oor 5 temas uit die
10. Jy is welkom om al 10
self deur te werk in jou per-
soonlike stiltetyd en saam
met jou Kleingroep.
Die temas wat ons in die kerk behandel met DOEN, is: * Ek aanbid (14 Aug.)
* Ek doen Bybelstudie (21 Aug.)
* Ek gee my volkome oor
(28 Aug.)
* Ek gebruik my geestelike
gawes (4 Sept.) *Ek gebruik my hulpbronne
(11 Sept.)
Ons persoonlike intimiteit met
God groei deur sy
Woord te leer ken.
Ek doen Bybelstudie
SLEUTELGEDAGTE: Ek bestudeer die Bybel om God en sy waarheid te leer ken en om leiding in my daaglikse lewe te ontvang.
SLEUTELVERS: Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as ’n swaard wat twee skerp kante het. Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese, tot in ons gewrigte en murg. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop. Hebreërs 4:12
21 Augustus 2016, Veldtog: Doen 13 NAGMAAL
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els
10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els
GLOW Kidz (Saal)
Bea Pretorius
18:00 Aanddiens Ds. Johan Els Oppasdiens vir kinders
Deuroffer: Paarlskool
BOEGOEBERG HIER KOM ONS! Die TGIF mannekamp vind weer by Boegoeberg plaas (naby Clanwilliam ±203km van hier) oor die naweek van 16 - 18 Sept. Pieter du Toit van Jireh Consulting Services is die spreker. Die fokus van die mannekamp is geestelike verdieping. Die koste van die kamp is R600 vir die naweek wat twee ontbyte en 'n spitbraai
die Saterdagaand insluit. Vir meer inligting oor hoe om te betaal, kampreëlings en wat om te pak besoek die TGIF webblad by die skakel TGIF mannekamp.
Manne gebruik die stil-word tyd met God, maar ook saam met ander ge-lowiges om te belê in jou geestelike lewe om weer versterk terug te kom!
Die EK GLO veldtog gaan oor in DOEN
2-4 September
GGO-DEELNAME-UITNODIGING
Die 2016/17 GGO-loodsing het verlede Sondag (14/08/16) tydens beide oggend-dienste plaasgevind.
Indien u dit misgeloop het omdat dit nie vir u moontlik was om een van die twee oggend-dienste op 14/08/16 te kon bywoon nie, is hier nog ’n kans om deel te word.
Indien u ook graag ’n GGO-donateur in die komende jaar wil wees, kan u bloot ’n GGO-
beloftevorm by een van die kerkdeure bekom, dit toepaslik voltooi en by die kerkkantoor inhan-dig.
Baie dankie.
“My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”
Joh. 15:8
Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy
betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]
Bergsigprojekte op ons voorstoep
Vanuit die Uitreikkantoor ...
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
BETESDA-BOEKRAK
Die Betesdaprojek vir gestremdes verkoop goeie tweedehandse boeke en DVD’s teen billike pryse.
Gemeentelede kan gerus hiervan aankoop. Hoe meer
gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou
kans om die nuutste fonds op te raap.
Die boekrak is te vind in die vertrek op pad na die dameskleedkamer. Boeke kan heelweek gekoop word.
UITREIKPROJEKTE
Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag wil inskakel by bestaande projekte, skakel die uitreike-
kantoor deur die loop van die week.
Beskikbaar vir vervoer van bejaardes:
Inkopies/ haarsalon/ dokters ens.
Philip Fourie 079 951 8172 / 082 495 3979.
(Betroubare lidmaat wat self afgetree is engraag wil help.)
Straatuitreik:
Volgende Straatuitreik is 26 Aug. Ons kom 18.30 by FCD se kantore by die taxistaanplek bymekaar om teen 19.00 te begin met ons uitreik (soos wat dit op die kalender verskyn).
Lesotho Uitreik – Sept. skoolvakansie:
Kort ’n dubbelkajuitbakkie (hoef nie 4x4 te wees nie) of eni-ge SUV/Kombi. ’n 7 sitplek sal ideaal wees, maar ons sal kan doen met ’n dubbelkajuit – dan hoef ons nie ’n sleepwa te vat nie. Skakel direk vir Jaco van Vuuren – 021 979 2225.
House of Grace
Soos voorheen berig, is Geraldo Mouton van House of Grace gekies vir die SA Hip Hop span. Hierdie kompetiese het reeds plaasgevind, maar daar is steeds ’n tekort aan fondse. Ons benodig ook fondse vir kos vir die huis. Enige iemand wat bereid is om te help kontak asb vir Leonette Burger – 082 440 5662.
Boeke vir Afrika Goeie tweedehandse boeke word weggegee @ R10.00 by die Betesda Uitreikprojek vir gestremdes se maandelikse Kos-en-Kunsmark op Saterdag 27 Augustus by Bergsig se Kerksentrum in Bolandweg, Vierlanden, Durbanville van 8:30-14:00. Die projek ondersteun volwassenes en kinders in die ge-meenskap wat een of ander gestremdheid het. Organisasies wat ondersteun word is die huis vir persone met kwadruple-gie in Uitzicht en die Yarden Children’s Enrichment Centre vir ernstig gestremde kinders in Vierlanden. Die projek finansier Perdepret, ‘n terapeutiese aktiwiteit met perde, vir kinders van Durbanville Kinderhuis en kinders in die gemeenskap wat binne die Outistiese Spektrum is. Eetgoed soos pannekoek, boereworsrolle, koeksisters, beskuit, pasteie en ander gebak word te koop aangebied. Kom geniet die eetgoed saam met ‘n koppie koffie of tee. Boekskenkings word dringend benodig. Vir meer inligting m.b.t die mark skakel Hans Human by 082 549 0518.
Trooskos Die Bergsig vroue wil graag Jesus se hande en voete wees
deur hulp te verleen tydens tye van trauma. Trooskos
verskaf ’n warm bord kos wanneer die hande wat gewoonlik
daarvoor verantwoordelik is, met dringender sake besig is.
Dit kan iemand binne of buite ons gemeente wees wat jy
dink kan doen met die helpende hand.
As jy weet van so ’n traumasituasie waar ons kan Trooskos lewer of as jy wil help met die bediening, kontak gerus vir
Jouke 083 55 77 476 of [email protected]
Lidmate en kleingroepe wat meer oor spe-sifieke uitreike wil weet is welkom om die
kantoor te skakel vir meer inligting.
BENODIG u ’n HUISHULP/TUINMAN?
Ons doen “screening” in samewerking met MES by die sopkombuis. Ons volg die verwysings op en maak seker
daar is geen oortredings nie.
Ons kan u van hulp wees teen ’n minimale donasie.
Vir meer inligting bel Niel Kotze by 076 400 8392 of
e-pos: [email protected]
BETESDA MARK
BERGSIG
27 Aug.
8:30 - 14:00
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Voorbidding
Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te
word of e-pos na: [email protected]
KNIELTYD: 21 Augustus NAAM ADRES REDE BID VIR
Eddie Esterhuysen Breinkanker Troos en bemoediging
Vickie Esterhuysen Manor on Lordswalk 1 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Jean Kruger Crestview 9, 083 743 5086 Man oorlede Troos en bemoediging
Helena Lückhoff La Gratitude 38, 021 976 3385 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Hugo Kotze Hermonstraat 21, 021 975 6678 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Juliana Snyman Hibiscuspark 11, 021 975 3801 Operasie Herstel en bemoediging
Bernie Brandt De Keurlaan 80A, 083 232 6702 Beroerte Herstel en bemoediging
Herman Erasmus Lindenbergweg 8, 021 976 3321 Ernstige motorongeluk Herstel en bemoediging
Alouette Kühn De Keurlaan 37, 021 975 3511 Kanker Herstel en bemoediging
Pierre Cloete (seuntjie) Crownsingel 2, 021 976 0055 Negatiewe diagnose Bemoediging
Alida Nel La Gratitude 25, 082 554 9904 Voortdurende pyn Verligting van pyn
Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 082 371 2542 Mediese behandeling Dank vir beterskap
Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging
Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Beenmurgoorplanting Volkome herstel
Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging
Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging
BID VIR DIE PLAASLIKE SAPD VIR KALMTE EN BEMOEDIGING (Hulle is onder geweldige druk a.g.v. toenemende misdaad.)
Bid vir Bergsig kinders wat antwoorde soek op geestelike en emosionele gebiede.
Persone met verslawingsprobleme. Ons bid vir bevryding, wysheid en insig.
Persone in gemeente met huislike probleme. Ons bid vir versoening en geluk.
Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig.
Bid vir die Regering en leiers van ons land.
Bid vir bekering van misdadigers en geweldenaars in ons omgewing en land.
Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106
Ek aanbid
Sleutelgedagte:
Ek aanbid God vir wie Hy is en vir wat Hy vir my
gedoen het.
Ek bid
Sleutelgedagte:
Ek bid tot God om Hom te leer ken, om die regte pad vir my lewe te ontdek en my versoeke aan
Hom voor te lê.
Bladsy 4 Bergs ig Boodskap
elke dag is ’n Fees saam met God ...
Die vraag wie God is en hoe ons Hom behoort te aanbid is ’n komplekse vraag. Verskillende mense verstaan God verskillend en verskillende men-se gee op verskillende maniere uitdrukking aan hulle verstaan van God.
Hierdie verskeidenheid bied egter aan ons die geleentheid om God op ’n meer omvattende manier te probeer verstaan en Hom te aanbid. Hiervoor het ons mekaar nodig. Om te groei in my verstaan en aanbidding van God is veral die volgende van belang:
• Ek moet bewus wees van my eie spiritualiteit. Ek moet dit aanvaar en geniet en moeite doen om dit verder te ontgin.
• Ek moet tegelyk aanvaar dat ander mense ander spiritualiteite kan hê en dat hulle ook daardeur vir God kan leer ken en
aanbid.
• Ek moet doelbewus pogings aanwend om myself bloot te stel aan ander spiritualiteite en op so ’n manier sal my eie
verstaan van God en my aanbidding verryk word.
Ons hou van 2-4 September die #elkEEN Fees in Bergsig en sien vreeslik baie uit daarna om as een gemeente bymekaar te kom. Sien die volledige program van die fees:
WIE WOON BY?
Paartjies
RSVP voor 29 Aug.
Mizelle Prinsloo
021 976 4106 of by
VRYDAGOGGEND Datum: 2 September Tyd: 10:00 Spreker: Kobus de Jager Plek: Saal Tema: Om God saam te ervaar. (Tee en eethappies word bedien)
VRYDAGAAND Datum: 2 September Tyd: 19:00-21:00 Plek: Saal Koste: R100 p.p Tema: Net ek, jy en ’n kers! (Ete ingesluit)
SATERDAGOGGEND Datum: 3 September Plek: Ouditorium Spreker: Marié Britz Tema: In ons andersheid leer ons van mekaar. Program: 08:30 – 11:00 08:30 – Koffie en Tee 09:00 – Lofprysing 09:30 Spreker 09:30 Poppekas vir Kinders 10:30 Beweeg na verskillende ruimtes
Oriënteer jouself – hoe jy God ervaar • Kop • hart • simbolies/mistiek • hand
Marié Britz verduidelik verskillende maniere hoe ons God ervaar en beweeg na ruimtes
SONDAGOGGEND Datum: 4 September Tyd: 08:15 Erediens Plek: Ouditorium (#elkEEN bring ’n item vir ’n minderbevoorregte) 09:15 Ons reik uit na: Green pastures Aftree-oord, St Stevens Kerk in Kaapstad, Morn-ing Star VGK, Fisantekraal, Diemersdal, Welgegund, Kuilsrivieropruiming
(Elke persoon/gesin moet vooraf besluit waarheen hulle die Sondag uitreik – Ons kom almal 09:15 by die kerk bymekaar en vertrek dan na die uitreikpunte met eie motor.)
DAAR IS ’N
BORD IN DIE BINNEHOF
VUL ASB. JOU NAAM
DAAROP IN OM AAN TE
DUI WAAR JY BETROKKE
WIL WEES GEDURENDE
DIE NAWEEK.
WIE WOON BY?
Seniors
RSVP voor 29 Aug.
Elize Botma
021 976 4106 of by
WIE WOON BY?
Almal
RSVP
Nie nodig - kom woon
net by.
WIE REIK UIT?
Almal
RSVP voor 29 Aug. by
Aansteekbord of Mizelle
Prinsloo 021 976 4106
Bladsy 5 Bergs ig Boodskap
Die week se program:
Gebruik jou foon om ’n bydrae te maak:
’n Rommelopruimingsaksie vind op
Sondag 4 September 2016 om 09:00
plaas om ’n klein gedeelte van die
Kuilsrivier skoon te maak as ’n simbo-liese geestelike moment om die rivier
as skepping van God weer terug te wen en te herstel as uitdrukking van sy
Koninkryksheerskappy op aarde.
Alle gemeentelede en kinders wat lief vir die natuur is en die Here ook op hierdie besondere wyse wil dien en eer is welkom om mee te doen.
Trek gemaklike klere aan en water-skoene (Gum Boots) as jy het. Bring asseblief ook ’n paar besker-mende handskoene saam. Maak voorsiening vir sonbrand. Sakke sal op die terrein voorsien word.
Ons ontmoet mekaar om 09:00 op die parkeerarea van Wagner’s Pitch & Putt, H/V De Bronweg en Fairtreesweg, net onderkant die Glen Garry winkelsentrum. Navrae:
Sydney Saayman, 076 556 7397 of [email protected]
KUILSRIVIER - OPERASIE ROMMELOPRUIMING
DURBANVILLE / BERGSIG SENIOR GROEP
Ons hou BASAAR op Donderdag 25 Augustus 2016 om 9:00 by Durbanville Gemeente.
Kom geniet ’n lekker kuieroggend.
Pannekoek, poeding, gebak en die gunsteling, kerrie-en-rys, sal te koop wees.
Lede wat die uitstappie op Vrydag 23 September 2016 na Evita se
Peron, Darling wil meemaak, moet op 25 Augustus hul R100 betaal.
Die tyd het nou gekom om vanuit die gemeente ’n loodsspan saam te stel vir die planting van ’n nuwe geloofsgemeenskap in Graanendal waar ons ’n erf gekry het. Ons vra almal wat belangstel om vir Ds Johan Els ([email protected] 084 672 0626) te kontak teen 12 Septem-ber. Ons het mense nodig wat sal kan help met Kinderbediening, Gasvry-heid, Logistiek, Gebed, Navorsing, Lofbediening en Kleingroepe. Om deel te word van die span is ’n twee- jaar verbintenis en daar sal volledige opleiding en ondersteuning wees. Bid asseblief daaroor en word deel van hierdie nuwe opwindende reistog!
Dit sal baie waardeer word indien gemeentelede ons
asseblief kan help met die volgende items:
Gebruikte plastiek-inkopiesakkies
Ou, gebruikte skadunette
Bogenoemde is nodig vir die gemeente se volgende groen-
tetuin-werkswinkel.
Kontak vir Sydney Saayman by 076 556 7398 of green4en-
[email protected] indien jy kan help.
BENODIGHEDE VIR GROENTE- TUIN-WERKSWINKEL
Durbanville Gemeente versoek vriendelik hulp met behuising vir lidmate:
• ’n woonstel (teen vergoeding) vir ’n egpaar (senior lidmate) wat, teen einde Augustus 2016 uit hul woonstel moet trek.
• ’n woonstel vir ’n pa en seun (10jr) in Durbanville (hy kan ± R5000 betaal)
• ’n bekostigbare (ouma) woonstel vir ’n weduwee.
Skakel asb vir Esther Blackaller by 021 975 6370.
La Gratitude versorgingseenheid
bied 24 uur kwaliteit versorging
aan verswakte bejaarde persone.
Kontak Marlene
021 976 5943
083 256 4084
18:00
NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure
H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106
Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606
S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]
[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za
Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
Bergsig se vrouebediening nooi elke vrou van jonk tot oud om in te skakel by ons 3-ling mentorgroepies.
Hier hoor ons dat ons elkeen ’n plek het om gelyk langs ander te mag staan. Ons hoor dat ons geliefd is en ons volle
menswees kan omarm. Ons maak ons vlerke los!
Ons nooi jou saam op hierdie
geloofsreis. Om saam geestelik te
groei is deel van ons dissipelskap-
fokus in Bergsig.
Ons rus vrouens toe om geestelik
sterker op te staan.
Kontak Marelize Krige by
[email protected] vir meer
inligting.
Vroue met vlerke