28 oktober 2018 - bergsigdv.co.zabergsig boodskap bladsy 3 bel ds. mizelle by 083 394 1101 om deel...
TRANSCRIPT
Bergsig Boodskap 28 Oktober 2018
28 Okt: Nagmaal &
Hervormingsfees
2 Nov: Charge
4 Nov: Doop
11 Nov: Preekreeks: Advent
19 Nov: Kerkraadsvergadering
20 Nov: Doopkategese
24 Nov: Betesda-Mark
25 Nov: KERSSANGDIENS
29 Nov: Seniors Kersete
Die hawens in Saldanhabaai,
Kaapstad en Mosselbaai is van
die poorte na die wye wêreld -
na ander lande, vastelande en
verre eilande. Vanaf die Biblia-
kiosk in die hawe word Bybels,
Skrifgedeeltes, asook ander
geestelike literatuur en hulpmid-
dels aan verbyvarende seelui
beskikbaar gestel. Skepe word
besoek om die Blye Boodskap
met die bemanning te deel en
hulp te verleen in onvoorsiene
omstandighede.
KONINKRYKSTYD - Môre maak saak
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els
10:00 Informele diens
Ouditorium
Ds. Johan Els
Glow Kidz diens (Saal)
Poppekas
18:00 @6 Diens
Arno Mattheus
Deuroffer: Biblia/Hawesending
28 Oktober 2018, Nagmaal HERVORMINGSFEES
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz
10:00 Informele diens
Ouditorium
Ds. Philip Scholtz
Glow Kidz diens (Saal)
Stephanie Steenkamp
18:00 @6 Diens
Ds. Johan Els
Deuroffer: Plaaslike VGK
4 November 2018, DOOP
Ons Koninkrykstyd preekreeks strek oor drie weke. Die eerste tema het gehandel oor: Minder is meer. Om vrywillig minder te hê/vergader SODAT ons meer het om vir ander te gee en te sorg. Iets om te oordink. Die opvolgtema die week is: Tema: Gee is Goed Handelinge 20:35 “Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.” Die laaste tema is op 28 Oktober met ds. Johan Els - Tema: Môre maak saak Spreuke 21:20 “In die woning van ’n wyse mens is daar altyd kosbare besittings en olie; ’n dwase mens bring sy goed deur (gebruik alles op wat
hy in sy huis het NLV)).
” (NAV)
Ander tekste: Spreuke 6: 6 - 8 Strekking van die preek: “We live in a me-first culture, but investing in the future will change not only your life but the lives of those who depend on you. Whether you’re digging out of debt or planning for your future, now’s the time to invest in a foundation that endures.” Die dag van more is dus belangrik - nie net hier op aarde nie, maar in terme van die Ewigheid. “Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op aarde vind? Lukas 18:8 Wanneer ons ernstig is oor hoe ons leef as een van God se Koninkryk-bestuurders val die klem daarop om: ons lewe, tyd, talente, vermoëns, besittings, finansies en die verkondiging van die Evangelie verantwoordelik
te bestuur. Dis nie ‘n roekelose leefstyl nie, maar een waar môre nog saak maak. Ons neem die reeks van Graig Groeschel in ag wat fokus op HOE ons die verandering maak sodat ons finansies nie alles oorheersend is nie, maar daar ruimte is om asem te haal omdat môre saak maak. Jy kan die volledige preekreeks kry by die volgende skakel: https://open.life.church/resources/2749-making-change?search_id=12435311 As jy nie die reeks kan oopmaak nie, registreer net vinnig op die webwerf, dis gratis. Party is ryk omdat hulle nié gee nie, ander is ryk juis omdat hulle gee. Dit is nie dié wat baie het, wat waarlik ryk is nie, maar hulle wat baie gee. Erich Fromm
A-KOORD Nuus
Die A-koord spanne is elke Sondag
van die kwartaal bedrywig by die koffie
en tee tafel.
Bergsig bedank al die vroue wat vry-
willig betrokke is en bydraes maak en
die tafel elke Sondag so gasvry be-
dryf. Dit is heerlik om so saam met
julle te kuier.
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]
KOEPONS:
Koop gerus van die koepons om vir straatpersone te gee. Een koepon kos R5 en ’n boekie kos R50. U kan dit in u motor hou, en uitdeel soos persone u nader vir geld. Alle wins wat gemaak word met die boekies, word weer teruggeploeg in die dienslewering aan ons eie mense op straat. Koop gerus u boekie by Bergsig kerkkantoor, Aurora Spar, by die Green Grocer of ook Sondae by die A-Koord tafel.
Die sopkombuistrokkie is 100% funksioneel vanaf die week Ma-Vry by die Morningstar rugbyklub oorkant die kliniek.
ATTIE VAN WYK SKOOL Ons bid en glo dat die Here dit alreeds op 2 per-sone se harte gelê het om die liefde van God met die kinders by Attie van Wyk se Graad R en 4 klassies te kom deel. Indien jy voel dat dit jy is wil jy my nie asseblief kontak op 083 235 1400 of [email protected] nie. Baie dankie dat jy saam met ons bid vir arbeiders in God se koningkryk.
SPES BONA GELOOFSGEMEENSKAP Ons beplan n huismarkie op Spes Bona die 26ste Okt-ober as fondsinsameling vir ons jaarlikse Kersete wat op 9 Desember gaan plaasvind. As daar enige iets groot of klein in jou huis is wat jy nie meer gebruik nie en vir ons sal skenk sal dit n groot ver-skil maak in ons bediening. Baie dankie dat jy ook vir ons bid terwyl jy die boodskap lees Alles wat julle dink ons sal kan gebruik en nog in goeie werkende toestand is kan voor of op 25 Oktober by die
kerk afgelewer word. Merk dit asb duidelik aan Spes Bona of kontak my by [email protected] of 083 235 1400 dat ek dit kan kom afhaal!
MAGDALENAHUIS:
Die aantal swanger vroue wat gehelp word, het baie toegeneem en daarom het Magdalenahuis groot be-hoefte aan kosvoorraad. U kan skenkings gee van enige nie-bederfbare kruideniersware en skoonmaak-middels tot en met 15 November 2018.
Merk asb dit duidelik “Magdalenahuis” en laai dit af by die Kerkkantoor. Enige vrywilligers wat betrokke wil raak, kan Magdalenahuis skakel by 021-948 3637 en met die maatskaplike werksters Stephny en Anneke gesels.
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]
www.bergsigdv.co.za
05:45 Vrydagoggende
Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za
Koos Veldsman Murraystraat 107, 074 327 5412 Hartomleiding Herstel en bemoediging
Wouter Grové (13 jaar oud) Lesliesingel 71, 021 982 7322 Op waglys vir hartoorplanting Herstel en bemoediging
Magriet Roeland Fairtrees 12, 072 715 1881 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Joan Fourie Manor on Lordswalk 22, 021 976 2052 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Vickie Esterhuyse Manor on Lordswalk 1 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Jannie Nieuwoudt (skoonseun
van Pikkie Louw) Pikkie selfoon 082 681 9557
Jannie ernstige vrag-
motor ongeluk Herstel en bemoediging
Christo Bezuidenhout Meerenbosch Huis 61 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Johan Marais Fairtrees 44, Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Bemoediging
JC Smith Richterstraat 8., 082 563 0408 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Babs Schoeman Summer Places 2, 021 975 4965 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Dirk Carstens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging
Johan Haasbroek Vierlandenstraat 24, 021 976 0425 Beroerte Herstel en bemoediging
Alida Nel La Gratitude 25 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging
Danie en Alida Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging
Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106
INBETALINGS vir KHAYELITSHA-BRANDE
Diaconia sê opreg dankie vir die aanbiedings van skenkings vir die slagoffers van Khayelitsha se brande. Hiermee hulle bankbe-sonderhede vir in-betalings:
Bank: Nedbank
Rekeningnaam: Diaconia
Rekeningnommer: 113 590 0337
Takkode 198 765
VERWYSING: Merk inbetalings met individu/gemeentenaam + Khayelitsha Rampfonds sodat donasies direk daarvoor geoogmerk kan word.
(Foto: met dank en erkenning aan Die Burger van 22 Oktober.) Kom ons bid as Gemeente vir die mense wat deur ‘n baie moeilike tyd gaan.
Bladsy 4 Bergs ig Boodskap
Jesus is op reis na
Jerusalem. Net toe hy
‘n sekere dorpie wou
binnegaan, kom tien
melaatse mans Hom
tegemoed. Op ‘n af-
stand roep hulle
hardop, “Jesus, Here,
ontferm U oor ons”
Jesus sien hulle en sê
vir hulle, “Gaan wys
julle vir die priesters”
Op pad daarheen
word hulle gesond.
Een van die tien besef
dat hy genees is. Hy
draai om en hardloop
terug en val voor Je-
sus se voete neer en
bedank en prys Hom.
Hierdie man was ‘n
Samaritaan
Toe sê Jesus. “Was
daar nie tien wat
gesond gemaak is
nie, waar is die ander
nege dan? Is daar
niemand anders wat
omgedraai het om
God die eer te gee
nie, behalwe hierdie
man wat nie eers ‘n
Jood is nie” Jesus sê
toe vir die man.
“Staan op en gaan
huistoe. Jou geloof
het jou gered”
Offergawes begin by
‘n stilword oomblik en
terugkyk na God se
voorsiening. Om te
herleef watter verskil
God maak en dan
Hom te loof met die
dankoffers wat ons
gee. Dit is in die
eerste plek ‘n tasbare
dankie-sê geleen-
theid.
Die gee van offer-
gawes is dus ‘n reak-
sie op die groeiende
bewussyn dat God
deel van my lewe is.
Dus ‘n praktiese
uitdrukking van die
feit dat ek ‘n dissipel
van Christus is.
Baie dankie aan
elkeen wat sovêr tot
hierdie Kon-
inkryksveldtog by-
gedra het. Die fondse
word aangewend
regoor die spektrum
van bedieningswerk in
Bergsig. Wanneer jy
‘n elektroniese in-
betaling doen, merk
asseblief duidelik
“Koninkryk” vir ons
om dit van die nor-
male dankoffer te
onderskei.
Die fokus op hierdie veldtog is Okober, November en Desem-ber en strek tot in Februarie 2019
R160 610
Durbanville / Bergsig Senior Groep
Ons maandelikse vergadering vind plaas op:
Donderdag: 25 Okt 2018
Tyd: 9:30
Plek: Bergsig
Tema: Sang en Musiek
Lede word herinner dat hul R130 per lid vir ons populêre
kersete by Eensgezind op 29 Nov 2018 by bogenoemde
geleentheid betaalbaar is.
D’Urbanvale: Splinternuwe
eenslaapkamer tuinwoonstel met
ingeboude kaste, kombuis, woon-
vertrek en badkamer. Ingesluit mo-
torhuis. Geleë in landelike
omgewing. Ideaal vir enkel person.
Vir meer inligting kontak
Marietjie Mostert by 083 412 7191
’n Storie uit Lukas 17
Little Stars Nasorg 2019
4 Plekke beskikbaar vanaf graad 4-7
Goedgevestigde geregistreerde nasorg vir die
afgelope 17 jaar.
Ons skep ‘n huislike atmosfeer vir ons kinders
klein groep van nie meer as 8 kinders nie.
Ons fokus hoofsaaklik op die voltooi van
huiswerk en voorbereiding van eksamen. Ek
het ‘n goeie assistant wat heerlike etes
voorberei asook ‘n middag v ersnappering.
Ek is slegs skoolkwartale oop en is 200 meter
van die skool geleë.
Indien jy belangstel en jou kind/kinders nie in
groot groepe aanpas is ek jou antwoord.
Skakel my so gou as moontlik om in te skryf vir
volgende jaar. Verwysings beskikbaar.
Dalene de Bruin, 21 Aandblomstraat
071 606 4572
Bladsy 5 Bergs ig Boodskap
Hou die datum oop! Dit is wanneer ons gemeente weer as ’n span saamwerk by die
Durbanville Plaasfees.
Ons stel bekend Dave Gilbert (met die rooi hoed in die middel) - nuwe koördineerder
Durbanville Plaasfees! Kontak hom gerus as jy betrokke wil raak of belangstel in ’n
borgskap 060 768 0356 / [email protected].
Ds. Mizelle Prinsloo (regs in groen raam) hanteer die interne kos stalletjies van die Ge-
meente (en dit is waar ons ook ons geld in-
vorder). Indien jy haar wil bystaan en jou hulp
wil aanbied kontak haar by
Indien jy dalk ’n eksterne stalletjie wil be-
spreek om iets in die laan te verkoop kontak:
Stephanie Steenkamp (regs)
[email protected] of gebruik die
skakel om jou vorm in te vul:
http://bit.do/plaasfees
AANDAG ALLE BESIGHEDE:
Indien jy graag in die Ekspo
area jou besigheid wil bemark
kontak vir Jana Louw (regs in
pers raam) om jou plek
VROEGTYDIG te bespreek
Enige voorstelle om die Durbanville
Plaasfees nog beter te maak kan gestuur
word na Alida Vorster:
NG Kerk Durbanville-Bergsig
021 976 4106 • [email protected] • www.bergsigdv.co.za
Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550
Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551
Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.
GASVRYHEID BRAAI
Die erediensontvangs spanne braai lekker saam. Enige
kerk het spanne nodig om Sondae te help by ere-
dienste en Bergsig wil graag dankie sê aan al die vry-
willigers wat hiermee help. Die spanne is by die eerste
diens en tweede diens en help met die uitdeel van die
Bergsig Boodskap, Nagmaal, opneem van dankoffer en
so meer.
Ons soek nog so 10 mense om aan te sluit by die
bestaande spanne asseblief. E-pos Alida om deel te
word by [email protected]
Liewe Seniorlidmaat, al is dit vir ons onmoontlik om by elkeen persoonlik besoek af te lê wil ons tog saam met jul tyd spandeer.
Dit is tyd vir ons 2de Huisbesoek-kuiertee, dit vind plaas op Donderdag,1 November 2018, by NGK Bergsig om 9:30.
By die geleentheid verwelkom ons alle seniors wat gebore is in die jare 1938(80 jaar) tot 1942(76 jaar). Indien jul kan saamkuier kan jul asb. die kerkkantoor laat weet voor of op 29 Oktober 2018. Onthou: indien jou gade nie in die ouderdomsgroep val nie is BEIDE BAIE WELKOM.