bb 3 sept 2017 - ng kerk durbanville-bergsig · 2018-12-05 · bergsig boodskap bladsy 3...
TRANSCRIPT
Bergsig Boodskap 3 September 2017
Oorsig: Die “Nuwe Beweging” van Jesus wat die “Tempelmodel” vervul, is radikaal ge-fokus op liefde vir ander mense. Waar die “Tempelmodel” op die self gefokus is, is die nuwe verbond gefokus op die persoon langs jou. Hoe sal hierdie radikale liefde van die naaste lyk as ons Jesus se nuwe beweging van harte sou uitleef? Die liefdesgebod van Je-sus het geen kortpaaie of skuiwergate nie. Dit vat moeite en energie.
Is jy nie bly dat Jesus ook nie kortpad gevat het in sy liefde vir jou nie? Hoe sou hierdie tipe liefde lyk in die kruide-nierswinkels, op die paaie of op die sportveld? Die moeilike ding is om prakties te doen wat die liefde elke dag van ons vra. Teks: Matteus 25:40 “En die Koning sal hulle antwoord: Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die gering-ste van hierdie broers van My gedoen het, het
julle dit aan My gedoen.”
NUUS:NUUS:NUUS:NUUS:
10 Sept: Kerkraadbevestiging,
Oupa-en-Oumadag
16 Sept: Leiersberaad 17 Sept: Brand New Veldtog
afsluiting om 9:00
19 Sept: Damesaand
23 Sept: Betesda-mark 26 Sept: Nuwe lidmaat-toerusting
29 Sept: Skole sluit
Doofheid beperk ʼn dowe so-
danig dat hulle nie oor ’n ge-
noegsame woordeskat beskik om enige Bybel te verstaan
nie. Lees op bladsy 4 verder.
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk
Deuroffer: Bediening aan Dowes
10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo
Glow Kidz Diens (Saal)
Bea Pretorius
18:00 Aanddiens Ds. Wynand Breytenbach
3 September 2017, DOOP3 September 2017, DOOP3 September 2017, DOOP3 September 2017, DOOP Brand NewBrand NewBrand NewBrand New4444
08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager
Deuroffer: Bediening Melaatses
10:00 Informele diens Ouditorium Arno Mattheus
Oupa-en-Oumadag (Saal)
18:00 Aanddiens Arno Mattheus
10 September 2017, 10 September 2017, 10 September 2017, 10 September 2017, Brand NewBrand NewBrand NewBrand New5555
MelaatsMelaatsMelaatsMelaats----SondagSondagSondagSondag
Wat liefde van ons vra
LET WEL:
SONDAG 17 SEPT.
9:00
VELDTOGAFSLUITING
17 Sept. binne uitreik Moenie die kalender se tyd volg nie. Die tyd verander na 9:00!
Dis BRAND NEW se veldtogafsluiting.
Die jaar bou ons anders ... ons het na binne gekyk, sodat ons weer vars kan kyk na buite.
“As die Here die huis nie bou nie ...” Psalm 127
Die Bergsig huis is deel van God se Koninkryk en ons het gekyk wat dit beteken om aan:
“Die kerk te behoort” en die kerk op te bou soos Nehemia se mense die muur help bou
het. Nehemia het sonder ophou gebid. Hy het biddend gewerk en al werkend gebid. God se huis bestaan nie net uit leiers en individue nie, maar uit mense wat saam volhard in die
geloof en die dienswerk van God. Ook dink ons na oor die nuwe gebod wat ons gekry
het: “Julle moet mekaar liefhê ... Daaraan sal almal weet dat julle dissipels van My is”
(Joh. 13 : 34-35). Omdat Christus ons vrygemaak het staan ons vas onder die nuwe vry-
heid. Ons liefde gaan oor tot dade.
EN DIT IS WAT ONS GAAN BELEEF OP 17 Sept. in ons eie kerk, MAAR weet jy ooit wat
Bergsig alles doen en waar ons betrokke is?
Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]
Bergsigprojekte oor grense BETESDA-BOEKRAK
Baie dankie vir almal wat die projek/mark so mooi onder-steun! Die Betesdaprojek vir gestremdes verkoop goeie
tweedehandse boeke en DVD’s teen billike pryse. Gemeen-
telede kan gerus hiervan aankoop. Hoe meer gereeld jy by
die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die nuutste fonds op te raap. Die boekrak is te vind in die ver-
trek op pad na die dameskleedkamer.
Boeke kan heelweek gekoop word.
Bergsigprojekte op ons voorstoep
Vanuit die Uitreikkantoor ...
KOEPONS: Koop gerus van die koepons om vir straatpersone te gee. Een koepon kos R5 en ’n boekie kos R50. U kan dit in u motor hou, en uitdeel soos persone u nader vir geld. Alle wins wat gema-ak word met die boekies, word weer teruggeploeg in die diensle-wering aan ons eie mense op straat. Koop gerus u boekie by Bergsig kerkkantoor, Aurora Spar of by die Green Grocer.
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap B ladsy 2 Bergs ig Boodskap
Thailand heuningverkope: Bloekomheuning te koop in die uitreikekantoor @ R65/botteltjie. Ten bate van Thailand uitreike, Klasie en Ida van Heerden.
Shiloh naaldwerk
Ons het ’n lieflike naaldwerkprojek by ons twee skole in Wallacedene begin. Daar is goeie opkoms en almal is gretig om te leer om ’n inkomste vir hulleself eendag daaruit te kan maak, maar ons het julle hulp nodig… ons soek materiaal en vra vir voorbidding!!
In dié stadium is enige materiaal wat gemeentelede na ons kant toe kan gooi baie welkom...wol vir brei en hekel ook asb. Groot asb. ons wil nie die outjies se spoed nou breek omrede ons nie fondse vir materiaal het nie…
Delene 072 370 7198
Aandag Projekleiers
Enige projekleiers wat wil deelneem aan 17 September se geleentheid kontak Annamaré sodra moontlik.
House of Grace Ons soek hulp met die aanry van kinders op ’n Sondagaand
na die @6 aanddiens by Bergsig kerk. Bel Leonette as jy
navrae het of kan help: 082 440 5662
Sentrum van Hoop Wat het ons nodig?
Warm sokkies, warm tops, skoene (asb. nie ou skoene sonder maats of skoene wat jou hond al gekou het nie.)
Frontida nuusbrief te lese by: https://frontidathailand.blogspot.com/2017/08/never-dull-month-august-2017.html
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Voorbidding
Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
KNIELTYD: 3 September 2017
Biddag vir dowes
Mense hoef nie te hoor om te weet ons bid vir hulle nie!
Veral mense wat regtig doof is, het ons gebede nodig.
Neem vandag tyd en bid saam vir hulle.
Gebedsvuur se woorde Op 28 Augustus het ons by die kerk gebid vir verskeie onderwerpe van belang. Vir die wat nie kon bywoon nie, hier is die woorde. Bid saam met ons asseblief.
GODSDIENS (Die kerk, bedienings en ander gelowe)
• Bid vir die Heilige Gees se salwing op alle kerke, in Dur-banville, ongeag die denominasie.
• Bid vir bedienings wat betrokke is in evangelisasie en dissipelskap insluitend buitelandse sendingaktiwiteite.
• Bid vir alle gelowe en godsdienste dat hulle die waarheid van die Evangelie van Jesus Christus sal raaksien.
• Bid dat Christene met vrymoedigheid sal getuig.
• Bid vir Bergsig.
Bergsig Leiersberaad 16 September Elke jaar beplan Bergsig se leierskap vir die volgende ka-
lenderjaar. Beplanning begin gewoonlik in Julie/Augustus
en die ernstige planne word in September/Oktober gefina-liseer.Ons vra voorbidding sodat Bergsig God se stem kan
hoor. Ons wil God se planne vir ons tot uitvoering bring.
Philip Scholtz De Tygerstraat 17, 083 665 9973 Moeder oorlede Troos en bemoediging
Hanli Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Joy Laker en kinders Meerenbosch G5, 021 976 3116 Man en pa oorlede Troos en bemoediging
Ria Erasmus Villa Cortona A207, 021 975 0164 Beroerte Herstel en bemoediging
John Beel (062 233 2006 ) Sedgefield (Voorheen Bergsig) Zuna oorlede Troos en bemoediging
Ilonja Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 8426 Moeder oorlede Troos en bemoediging
Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging
Doreen de Villiers W/S 229, Legato, 021 976 0914 Bloeding op brein Herstel en bemoediging
Danie Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging
Carinne Coetzee Columbinestraat 3, 021 976 2224 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Marietjie Mostert Bishopsingel 6, 021 975 9558 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Elena Kriel Skilpadvleiweg 5, 021 976 8868 Kankerdiagnose Herstel en bemoediging
Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging
Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging
Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106
Beskerm ons huwelik Here, dankie vir ons huwelik, dankie vir my maat.
Ons bid dat U ons huwelik sal beskerm teen enigiets wat dit kan beskadig of vernietig. Beskerm dit teen ons eie selfsug en ego’s; teen potensieel gevaarlike situasies; teen ander se bose planne en begeertes.
Bewaar ons van die drempel van skeiding waar die werklikheid van egskeiding begin. Gee dat daar geen sweem van egskeiding of ontrouheid in ons gedagtes of toekoms sal wees nie. Help ons om beheers te leef volgens
Mal.2:15&16. Maak ons vry van die verlede, van emosionele pyn van onrealistiese en onredelike verwagtinge van mekaar.
Bewaar ons van invloede soos dobbelary, wellus, pornografie, dwelms, alkohol of obsessies wat ons huwelik kan bedreig. Help ons om ons prioriteite reg te leef dat U altyd eerste sal wees; dat ons gereeld tyd alleen by mekaar sal spandeer om ons huwelik te
voed, koester en verryk. Trek ons steeds nader aan U, want so leef ons ook nader aan mekaar.Ons bid dat ons liefde elke dag sterker sal word; dat ons huwelik ’n nalatenskap sal word van ’n heilige liefdesverbintenis tot eer van God.Dankie dat ons huwelik vir U belangrik en kosbaar is; dat ons dié
gebed kan bid. In Jesus Naam Amen
Vind en “like” ons
Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
HET JY ’n PREEK GEMIS? Ons poog om alle preke op die web beskikbaar te stel vir lidmate om te
luister. Met groot uitsondering ondervind ons soms tegniese probleme en is dit nie moontlik nie. Gaan luister gerus by skakel MEDIA/preke.
Bladsy 4 Bergs ig Boodskap B ladsy 4 Bergs ig Boodskap
GEMEENTE-BYBELSTUDIE VIR SENIORS Ons nooi alle Seniors om deel te wees van die twee-weeklikse Bybelstudie in skool-kwartale. Dit word gelei deur dr. Kobus de Jager. Jul kan enige tyd kom aansluit. Ons groei en kuier saam rondom die Woord, 09:30-10:30.
Die datums vir die tweede semester is:
5 & 19 Sept, 10 & 24 Okt, 7 & 21 Nov, 5 Des.
Skakel met die Kerkkantoor of dr. Kobus (083 230 7124) indien u belangstel om in te skakel, of kom sommer net!
ZAPPER &
SNAPSCAN Bergsig het Zapper en Snapscan as betaal-
metode geïmplementeer om bankkollektes en dankoffers te betaal.
Koninkrykstyd en kerk finansies
Die totale Inkomste vir die jaar word vooruitgeskat op R130,000 laer as begroting, maar word gebalansseer met geskatte Bedryfskostes wat ook R92,000 laer is as be-groting.
Dus voorsien ons ‘n feitlik gelykbreek situasie vir Bedryfs-inkomste teenoor bedryfsuitgawes.
Die tekort op Bedienige vir die jaar word geskat op R125,000.
Baie dankie Bergsig dat julle getrou is met jul dankoffers.
Mag God deur ons bydraes werk tot eer van Sy Koninkryk.
Deuroffer vir Bediening aan Dowes
Vervolg van voorblad ...
Daarom kan hulle as godsdienstig gestremd beskou word.
Dowes word tans as predikante en pastore opgelei om die
meer as 400 000 moeilik bereikbare Dowes in Suid-Afrika met die Woord te bedien.
‘n Kollekte vir die Bediening aan Dowes is ons opdrag om
die Woord van die Here aan die Dowes te bring.
“En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het
nie?” (Rom 10:14).
BABA- EN
KLEUTER-
FASILITEITE Naby die damesbadkamer onder die galery is ’n lo-kaal ingerig vir pasgebore babas tot 1 jaar oud en hul ouers. (Doekomruilstasie beskikbaar in dames-badkamer)
Ons tweede moeders-kamer is agter die litur-giese ruimte vir 1-2 jariges. ’n Familiebadkamer is daar beskikbaar met ’n doekom-ruilstasie. Beide lokale het klank en beeld. Gebedskamer onder trap vir ma’s wat voed.
Bladsy 5 Bergs ig Boodskap B ladsy 5 Bergs ig Boodskap
Kaartjies by 3 Claasensstr kontant / kaart
Nuwe Kerk-raadslede:
Op ’n vergadering van die
kerkraad gehou op 21 Augustus is die volgende
lidmate verkies as kerk-raadslede:
Paul Louw
Danie Tolken
Pieter Truter
Amelia Potgieter
Indien u enige besware het, kontak die gemeentebe-
stuurder
Uit die Beek
Bestellings vir Uit die Beek 2018 – Prys R175 kan nou geskied. Vir elke bestelling van 5 kry die gemeente een gratis en kan die afslag aan u deurgegee word.
Die skrywer is Dr. Barend Vos. Hy is ’n bekende Christen-skrywer en predikant. Hy is onlangs met ’n ATKV-veertjie vir een van sy Lig-stories bekroon. Hy is die skrywer van verskeie boeke, van dagstukkies tot fiksie en romans met Bybelverhale as agtergrond. Plaas u bestelling by Elize (021 976 4106)
Bergsigvroue
Ons damesaand is die jaar op 19 Sep-
tember 18:30 vir 19:00. Skryf solank in
jou dagboek. Bring jou vriendinne!
Dis is die week Nasionale Huweliksweek
www.sahuweliksweek.co.za
NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure
H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106
Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606
S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]
[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za
Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
Wanneer die polisievroue saam met ons kom kuier Dit is dan wanneer ’n klomp
interessante goed gebeur.
Eerstens, sien mens hulle is
net gewone vroue wat baie hard werk in ’n baie moeilike
omgewing.
Tweedens, sien mens dat
hulle lekker kan lag, wanneer
hul mag!
Die Vlytige Vrydag Vroue
bied al jare lank dié ontspan-
dag aan en ek dink die wete
dat hulle elke jaar daarna kan uitsien gee klaar hoop aan
oorlaaide werkers.
Wat maak die uitreikprojek
werk? Dalk die feit dat dit her-
haaldelik aangebied word. Dis nie ’n tref-en-trap sus jou
gewete projek nie.
Daar is verhoudings gebou.
Daar word gelag en ontspan.
Dit bring vreugde.
Ons sien dat konsekwente
eenvoud ’n groot sukses-resep is vir ’n projek.
Bea Pretorius getuig:
“Die voorbereiding om die
projek moontlik te maak is
partykeer baie spanningsvol,
omdat ons nooit weet of die
SAPD vroue van ons tema gaan hou nie.
Tog wanneer ons sien dat al
die verskillende kulture en
gelowe lekker saam kuier en
bande gebou word onderling en met ons, weet ons dit is
die moeite werd.”
Die junior jeug span vir 2 tot 3
jariges onder leiding van Ilse
Lammers het ’n lekker besige
pret– en leerprogram. Dit is
vir ons vreugdevol dat Berg-
sig se dankoffers help om die
kinders in God se Woord te
onderrig. Dankie, Bergsig!