11 november 2018 · 2018-12-05 · bergsig boodskap bladsy 3 bel ds. mizelle by 083 394 1101 om...
TRANSCRIPT
Bergsig Boodskap 11 November 2018
11 Nov: Preekreeks: Advent
18 Nov: Biddag Beskermings-
dienste
19 Nov: Kerkraadsvergadering
20 Nov: Doopkategese
24 Nov: Betesda-Mark
25 Nov: KERSSANGDIENS,
Sertifikaatsondag & Durbanville
Plaasfees loodsing 2019
29 Nov: Seniors Kersete
Fondse word aan die be-
diening gestuur om te ge-
bruik.
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo
10:00 Informele diens
Ouditorium
Ds. Mizelle Prinsloo
Glow Kidz diens (Saal)
Stephanie Steenkamp
18:00 @6 Diens
Arno Mattheus
Deuroffer: Sending aan Melaatses
11 November 2018, Preekreeks: Advent - Krip
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo
10:00 Informele diens
Ouditorium
Ds. Mizelle Prinsloo
Glow Kidz diens (Saal)
Stephanie Steenkamp
18:00 @6 Diens
Arno Mattheus
Deuroffer: Japan
18 November 2018, Preekreeks: Advent - Kruis Biddag Beskermingsdienste Geure omring ons ge-
durig. Dit betower ons ... Dit herinner ons ... Dit nooi ons ... Dit stoot ons af. Ons wêreld is vol reuke en reuke lok ‘n herinnering uit soos niks anders nie. Dit het iets te doen met jou brein se limbiese stelsel wat direk gekoppel is aan jou reuksintuig, met ander woorde, daar is geen filter nie. Reuke roep 'n beeld of emosie by ons op. Pierre du Plessis kry dit reg in sy boek: Jesus ruik na mirre en stof ... om "... 'n vars perspektief op Jesus, en op die lewe self ..." te skep volgens die bekende teo-loog en skrywer Stephan Joubert. Leonard Sweet, teoloog, kerkhistorikus en skrywer, het iewers tien jaar terug in ‘n werksessie gevra: “Soos wat ruik Jesus?” Hy woon op Orca Eiland in Washington in die VSA. Pierre en Stephan Joubert het by Leonard gaan kuier en by hom geleer om kerse op te steek en wierook te brand, omdat ’n
kerk darem na iets moet ruik … Die boek verras omdat dit Jesus in gewone taal beskryf, wat elke mens verstaan en mee kan as-sosieer. Jesus is baie keer so ver en “geestelik” dat dit moeilik is om met Hom te assosieer en om Hom te ken. Pierre het besef dat Jesus ook soos ons na sweet geruik het of na stof, na ’n dag se stap op ’n grondpad. Die reuke in Jesus se lewe maak Hom mens. Sy menswees is tog die wonder van die Evan-gelie. Ds. Mizelle Prinsloo hanteer die preekreeks
ADVENT wat oor drie Sondae 11, 18 & 25 Nov. strek. Op 11 Nov is die tema – Krip, 18 Nov - Kruis en 25 Nov – Kerk. Elke tema het sy eie REUK. Advent beteken letterlik koms – ons lewe opnuut in die wonder van die mens-wording van Christus – ons berei ons voor om die Verlosser in ons lewens te verwelkom met vreugde en afwagting – dis nie net ’n voorbereidingstyd en herinnering aan Christus se eerste koms nie, maar help ons geduldig wag op die Here se wederkoms.
KERSSANGDIENS 25 Nov om 19:00
Vervolg op bl 5
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke
wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]
KOEPONS:
Koop gerus van die koepons om vir straatpersone te gee. Een koepon kos R5 en ’n boekie kos R50. U kan dit in u motor hou, en uitdeel soos persone u nader vir geld. Alle wins wat gemaak word met die boekies, word weer teruggeploeg in die dienslewering aan ons eie mense op straat. Koop gerus u boekie by Bergsig kerkkantoor, Aurora Spar, by die Green Grocer of ook Sondae by die A-Koord tafel.
Die sopkombuistrokkie is 100% funksioneel vanaf Ma-Vry by die Morningstar rugbyklub oorkant die kliniek 9:00.
ATTIE VAN WYK SKOOL Ons bid en glo dat die Here dit alreeds op 2 per-sone se harte gelê het om die liefde van God met die kinders by Attie van Wyk se Graad R en 4 klassies te kom deel. Indien jy voel dat dit jy is wil jy my nie asseblief kontak op 083 235 1400 of [email protected] nie. Baie dankie dat jy saam met ons bid vir arbeiders in God se koninkryk.
MAGDALENAHUIS: Die aantal swanger vroue wat gehelp word, het baie toegeneem en daarom het Magdalenahuis groot be-hoefte aan kosvoorraad. U kan skenkings gee van enige nie-bederfbare kruideniersware en skoonmaak-middels tot en met 15 November 2018.
Merk asb dit duidelik “Magdalenahuis” en laai dit af by die Kerkkantoor. Enige vrywilligers wat betrokke wil raak, kan Magdalenahuis skakel by 021 948 3637 en met die maatskaplike werksters Stephny en Anneke gesels.
WELGEGUND PLAASDIENSTE Elke jaar is daar ’n Kersafsluitingsgeleentheid by Welgegund Plaas. Hierdie jaar is dit Sondagoggend 25 November om 10:00. Daar word Kersliedere gesing, die Sondagskoolkinders tree op en daar word ook ’n Kersboodskap gebring. Daarna kuier die lidmate, kinders en besoekers almal gesellig saam.
Ons wil soos in die verlede vir die Sondagskoolseuns en-dogters en ook die ander kinders bederf met ’n spesiale verrassingspakkie. Jy kan hierdie uitreik ondersteun deur ’n finansiële bydrae te maak voor of op 18 Novem-ber 2018. Betaal in by die Kerkkantoor en merk dit “Welgegund Kersdiens”.
As jy die Kersdiens wil bywoon of enige verdere navrae het, kontak vir Peter Montgomery by sel 084 299 6697.
House of Grace House of Grace benodig dringend ’n losstaande klerekas vir een van die dogters. Indien daar iemand is wat kan help hiermee, kontak asb. vir Leonette Burger by 082 440 5662.
Khayalitsha
Soos jy weet was daar vernietigende brande in Khayalitsha. Twee vroue van die gemeenskap het my kom sien. Hulle vra vir enige klere – veral vir kinders - sowel as enige huisware soos potte en panne. Die Stad het blykbaar gehelp met huisstrukture en komberse. Hierdie twee vroue is bereid om enige werk te doen. Kontak Annamaré indien jy wil help. Indien jy donasies by die kerk aflaai merk duidelik: Khayalitsha brand.
Spesiale straatuitreik: Op 23 Nov hou Ds Wynand Breytenbach van Dur-banville Moedergemeente ‘n straatuitreik vir Hoër-
skoolkinders.
Hulle gaan oorslaap by Moedergemeente se kerk-gebou en die aand met volwasse toesig uitreik op die straat. Die uitreikers gaan bymekaarkom vanaf 18.30 met hul slaapgoed, by Moedergemeente se
hoofhek.
Vir verdere inligting kontak vir Ds. Wynand by 071 640 9797.
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]
Elize Haasbroek Vierlandenstraat 24, 021 976 0425 Man (Johan) oorlede Troos en bemoediging
André von Solms Dagbreek w/s 2, 083 776 6977 Immuunsiekte Herstel en bemoediging
Heidie Botes Proteaweg 25, 083 399 2013 Vader oorlede Troos en bemoediging
Koos Veldsman Murraystraat 107, 074 327 5412 Hartomleiding Herstel en bemoediging
Wouter Grové (13 jaar oud) Lesliesingel 71, 021 982 7322 Op waglys vir
hartoorplanting Herstel en bemoediging
Magriet Roeland Fairtrees 12, 072 715 1881 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Joan Fourie Manor on Lordswalk 22, 021 976 2052 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Vickie Esterhuyse Manor on Lordswalk 1 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Jannie Nieuwoudt
(skoonseun van Pikkie
Louw)
Pikkie selfoon 082 681 9557 Jannie ernstige vrag-
motorongeluk Herstel en bemoediging
Christo Bezuidenhout Meerenbosch Huis 61 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Johan Marais Fairtrees 44, Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Bemoediging
JC Smith Richterstraat 8., 082 563 0408 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Babs Schoeman Summer Places 2, 021 975 4965 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Dirk Carstens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging
Alida Nel La Gratitude 25 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging
Danie en Alida Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging
Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106
JUNIOR EN SENIOR KATEGESELEIERS GESOEK
Bel Arno 072 955 0670 Bel Stephanie 083 278 7111
Bladsy 4 Bergs ig Boodskap
As elke lidmaat op Bergsig
se register R100 ’n maand
skenk aan die kerk hoef
die kerk die minimum
fondse te in om liefdadig-
heidswerk te doen.
Die kerk is die tus-
senganger na die wêreld
wat poog om verant-
woordelik om te gee en
volhoubaar ‘n verskil in die
gemeenskap te maak.
Bergsig werk al vir 36 jaar
in die harte van gelowiges,
maar ook in die gemeen-
skap en met minder-
bevoorregte mense.
Offergawes begin by ‘n
stilwordoomblik en terug-
kyk na God se voor-
siening. Om te herleef
watter verskil God maak
en dan Hom te loof met
die dankoffers wat ons
gee. Dit is in die eerste
plek ’n tasbare dankie-sê
geleentheid.
Die gee van offergawes is
dus ’n reaksie op die
groeiende bewussyn dat
God deel van my lewe is.
Dus ‘n praktiese
uitdrukking van die feit dat
ek ‘n dissipel van Christus
is.
Baie dankie aan elkeen
wat sover tot hierdie Kon-
in-kryksveldtog bygedra
het. Die fondse word
aangewend regoor die
spektrum van bedien-
ingswerk in Bergsig. Wan-
neer jy ’n elektroniese in-
betaling doen, merk
asseblief duidelik
“Koninkryk” vir ons om dit
van die normale dankoffer
te onderskei.
Die fokus op hierdie veldtog is Oktober, No-vember en Desember en strek tot in Februarie 2019.
Op die stadium is ons ag-ter teen 2017 toe ons reeds op R454 683 gestaan het. Ons sal moet wikkel om die mylpaal van R750 000 te maak.
Bid gerus eers oor jou bydrae.
R260 047
Dink bietjie anders
OTHELLO AFTREEOORD TE HUUR:
Othello Aftreeoord, Brackenfell - Nuwe 2 slaapkamer grondvloer woonstel – 60m
2, luukse afwerking,
garage en parkeerarea, 24-uur sekuriteit, inwoners ouer as 50, rustige omgewing, vele aktiwiteite,
eetsalon, dameskroeg, biblioteek, haarsalon, vervoer na winkelsentrums, uitstappies. Elsorg tuis-
verpleging R160 p/m. 3-gang maaltye @ R55 4 verpligte etes p/m. Beskikb: 1 Des '18. R8,000.
Navrae: Irma Skinner 083 247 8832
Huweliksvoorbereidingklasse vir alle voornemende paartjies wat gaan trou.
Vind plaas 5 - 7 November om 20:00 by NGK Bell-ville-Uitsig, Mountainviewrylaan 17, Ridgeworth.
Skakel Francois by 082 781 6854 vir meer inligting
HUIS ARISTEA verswakte
afdeling seniors
Help om 23 dames en 7 mans te ondersteun met
die lysie wat ons van Suster Wessels ontvang
het by huis Aristea.
Volledige pakket se onkoste (± R250).
Belangstellendes se keuses:
1. Doen lysie aankope self en plaas in 'n oop geskenksak (vir nog
bydraes)
2. Skenk enige items op die lysie
3. 'n Finansiële bydrae, dan doen hul self die
aankope
Aflewering van
pakkies 10 Des.
Enigeen welkom
om saam te kom.
083 265 4240
Christina
Besoek die Christelike Lektuurfonds se nuwe webblad en
laai hulle nuwe toep (“app”) af.
www.clf.co.za
OMHELS EN BRING HOOP
AAN ’N SENIOR
DURBANVILLE / BERGSIG SENIORGROEP
Lede wat nog die Kersete wil bywoon moet voor
19 Nov. vir Sarel kontak by 021 975 4780.
Lede moet vroegtydig aandui of hulle eie vervoer
of die bus gaan gebruik. Die bus vertrek op Do. 29
Nov. om 11:00 vanaf Bergsig Gemeente.
STOOM SKOONMAAK
Ons spesialiseer in die skoonmaak van MATTE,
BEKLEEDSEL, MEUBELS, MOTORS, ens. Met
industriële masjiene en spesiaal geformuleerde
middels. Ondervinding & DIENS - u waarborg -
gehalte werk! Skakel Christine van Wyk
021 - 976 284 / 082 439 1206
www.bergsigdv.co.za
05:45 Vrydagoggende
Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za
Bladsy 5 Bergs ig Boodskap
Ons is baie opgewonde om bekend te maak dat in 2019 Bergsig begin met ’n aanbidding- en musiekakademie. Die “Worship Collective: Aanbidding en Musiek Akade-mie” se doel is om musikante, oud en jonk, geleentheid te gee om te leer hoe om ’n musiekinstrument te speel en dit aan te wend in ’n lof en aanbiddingsbediening. By die “Worship Collective Akademie” sal die volgende gebied word:
Onderrig van ’n verskeidenheid musiekinstrumente en
vaardighede deur ‘n ervare onderwyser in aanbiddings-
bediening.
Onderrig im ’n verskeidenheid aanbiddingsmusiek te
speel en te kan toepas in verskeie musiekstyle.
Kombineer ’n student volgens vaardighede en ontwik-
keling in verskeie “band” groepe om “band” dinamika te
leer, asook om as “band” saam te kan speel.
Indien jy enige vrae rondom die Worship Collective het
kan jy gerus met Arno Mattheus gesels. Jy kan ook
www.worshipcollective.co.za besoek of ’n e-pos stuur
Vervolg van bl 1 25 Nov se Kerssangdiens is die hoogtepunt van die ADVENT preekreeks met die tema: Die reuk van Kersfees. Ons sing nie net lekker saam tot eer van God nie, maar ons dink ook na oor die konsep van REUK in ons geloof. Israel se godsdiens was byvoor-beeld deurtrek met allerlei geure. Hul geloof was ruikbaar en proebaar. Het ons vergeet om ons geloof te ruik ... en om sommer self ook die regte geloofsgeure af te gee? Ons moedig julle aan om die tyd ANDERS as die wêreld te spandeer en nie opgeneem raak in die dol gejaag nie, maar stil en rustig te raak. Dink anders oor Kersfees. Jesus se geure van ge-nade, liefde en omgee word op soveel maniere uitgedruk in die Bybel - ons kan Hom inasem deur par-fuum, mirre, hout, klip,
kruis, stof, sweet, skape, bloed, wyn, kos - noem dit maar die geur kleef aan Jesus vas. Tussendeur leer ons om self die regte geure af te gee - ons begin sommer by die Kerssang-diens en maak dit een van ons voornemens vir 2019. Jesus nooi almal, letterlik almal om deel te wees van sy etenstafel – selfs vreemdelinge … Ons almal was al by tye ’n VREEM-DELING … nie ‘n lekker gevoel nie, behalwe as iemand GASVRY optree - wanneer iemand vriendelik met ons begin praat, ons innooi – dis hoe ons naas-teliefde uitleef en dit is ‘n sigbare kenmerk dat ons volgelinge van Jesus is. Die kerk moet soos vreemdelinge ruik – dit is immers een van die min organisasies wat amper uitsluitlik vir die voordeel van nie-lede bestaan. Met God se genade is ons as kerk die lig vir die wêreld – die tussenganger.
VUURLELIES
Iemand het die week in die uitgebrande plantasie
(George omgewing) geloop en van die pragtige
vuurlelies gesien.
Die bol rus in die grond en intense hitte laat dit blom.
Hoe wonderlik is die almag van die Here om nuwe lewe
uit die as te laat verskyn.
Soms laat die moeilike hitsige tye ons ook blom!
SENIOR BYBELSTUDIEGROEP DRA BY TOT
DIE BURGER KERSFONDS Hul het die pragtige bedrag van oor die R1 222,30
ingesamel deur die jaar en geskenk. Baie dankie!
NG Kerk Durbanville-Bergsig
021 976 4106 • [email protected] •
www.bergsigdv.co.za
Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550
Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551
Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.
24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning [email protected]
S33 48.966 O18 39.728
Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
KOEKIES VIR KERSFEES 2018 TUSSEN 2008 – 2017 VERSPREI ONS 10 009 PAKKIES
Begin bak? So gou as wat die bak-lus jou tref!
Afleweringsdatum: 25 Nov (Kerssangdiens ) 2 Des by die Kerkkantoor
Verpak: Kom help asb. op 4 Desember om 09:00 “Vele hande… Ligte werk”
Kom ons verbly eensames en minderbevoorregtes met koekies en ’n
vredesboodskap vir die Kerstyd.
Kontak Ilse Fritz by kerkkantoor vir navrae
Koekies word afgelewer onder andere by : Huis Aristea, Huis Kraaifontein, Huis Ravenzight, Dienssentrum Kraaifontein, Siekeboeg by Fairtrees, La Gratitude, Villa Corto-
na, Polisiestasie, Nooddienste, Brandweer, Badisa kantoorpersoneel, Nag-skuiling, House of Grace, New Beginnings, ens.
DAG DATUM REIS PROGRAM OORNAG
1
Sa
16/03
Ontmoet mekaar by die by Turkish Airways toonbank van Kaapstad Internasionale Lughawe om 14:00. Groet familie en vriende. Vertrek met Turkish Airways om 17:20.
Aan boord
vliegtuig 2
So
17/03
Aankoms in Istanbul om 05:05. Bly in transito tot u vlug vertrek na Tel Aviv om 06:40. Russtop te Sed Boker en route na Eilat [4 ure reis]. Daar is tyd om die Rooi see te geniet.
Eilat
3
Ma
18/03
Vandag besoek Timna Park, hierna reis ons na die gebergte van Sodom waar ons die sout pilaar van Lot se vrou besoek. Ons word oorgeplaas na ons hotel op die Walle van die Dooie See,
Ein Bokek
4
Di
19/03
Vandag besoek ons die vesting van Masada wat ons d.m.v. ʼn Kabelkar bestyg. Hierna die Ein Gedi Natuur Reservaat. Ons reis verder na Qumran waar die Dooie See Perkament rolle in 1947 gevind is en besoek Bethabara, oorspronklik plekke waar Jesus gedoop was. Ons reis via Bet Sean waar ons die opgrawings besoek en hierna na Tiberias waar ons vir die volgende drie nagte oorbly.
Tiberias
5
Wo
20/03
Ons besoek vanoggend Kursi. Hierna reis ons na Kuneitra op die grens tussen Israel en Sirië. Dit word opgevolg deur ʼn besoek aan Banias, die Jordaan rivier waterval en die Dan Natuur Reservaat. Laastens besoek ons Har Bental en reis ons deur die Hulah Vallei terug na Tiberias.
Tiberias
6
Do
21/03
Wat ʼn wonderlike dag wat vir ons voorlê. Ons besoek die Plek van die Berg Predikasie. Hierna Tabga, Mensa Kriste en Kapernaum. Ons geniet ʼn heerlike bootvaart op die See van Galilea. Hierna besoek ons die Nasaret nedersetting en keer terug na Tiberias.
Tiberias
7
Vr
22/03
Ons reis vandag deur die vallei van Megiddo en besoek Tal-Megiddo. Hierna besoek ons Muhraqa op die Gebergte van Karmel en reis na Caesarea. Ons reis deur die Sharon Vallei na Joppe waar ons die oudste hawe in die wêreld, Simon die leerlooier se huis en die standbeeld van geloof besoek. Ons reis na Jerusalem om te oornag.
Jerusalem
8
Sa
23/03
Ons besoek die Olyfberg, bewandel die Palm Sondag weg, besoek die Traan Druppel Kerk, die Tuin van Getsémané, die Haankraai Kerk, Die Bad van Betesda, St. Anna Kerk, en die Die Tuin Graf. Na aand ete kan u die “Shuk”” (Joodse Mark) of die Ben Yehudah Straat besoek.
Jerusalem
9
So
24/03
Ons begin die dag deur te wandel op die Mure van Jerusalem vanaf die Japha Poort tot by die Sions Poort. Ons besoek die Oppersaal die graf van Dawid, die Kardo, die Joodse gedeelte van die Ou Stad wat die Burnt House en die Temple Treasures in sluit. en die Westelike Muur. (Hier is ʼn bietjie tyd vir inkopies in die Ou Stad) Ons reis deur die vallei van Elah op pad na die Lughawe vir ons vlug na Istanbul om 21:45.
Aan boord
vliegtuig
10
Ma
25/03
Aankoms in Istanbul 00:05. Bly in transito tot 01:55 vir ons vlug terug na Kaap Stad. Aankoms in Kaap Stad 12:10 na ʼn heerlike toer in Israel met ʼn groot nuwe vriendekring. Mag die woorde op ons lippe wees; “Volgende jaar weer in
Jerusalem. In eie bed