8/2016 - hoërskool menlopark
TRANSCRIPT
8/2016
Liewe Ouers,
Ek lees onlangs ‘n stukkie raak wat ‘n perfekte
beskrywing is van ma’s in Maart: iemand wat ‘n bus
(sonder remme en buitebeheer) vol lewendige kuikens
bestuur wat agteruit beweeg teen ’n styl, klipperige pad
in die Andesgebergte terwyl sy lewendige, kleurvolle en
informatiewe kommentaar lewer oor alles wat in ‘n
blitssekonde verby haar suis en terselfdertyd spoeg-
spoeg aan die vladderende kuikenvere wat oral
neerreën soos manna!
Daar is ‘n rede waarom ma’s nege maande lank kinder-
lyfies koester, beskerm en dra - ons kinders is ons
hartklop en vat jy aan ons kinders, dan vat jy aan elke ma se hartklop en rede vir opstaan en gaan slaap. Dit is
dán wanneer selfs die allerliefste ma binne sekondes in
‘n guerrilla-voetsoldaat verander wat ‘n juffrou, meneer,
faktotum, hekwag, sluitkassie-juffrou, maters van gr. R
en selfs (op ‘n ekstreme dag) die kwartels in die Menlo-
kou sal stormloop en verpulp! As kinders ná ‘n besige
skooldag kom stoom afblaas by die huis en ma’s hoor
van Wiskunde- en FW-toetse, berge huiswerk wat nim-
mereindigende waansin veroorsaak en van gesiglose
mense in Maart wat hulle kinders bedreig, dan word
daar ‘n feniks uit die as gebore voor wie elke lewende
wese liefs moet padgee as hy die môrelig nog wil
aanskou! En dán wil ma’s bestuur, want ma’s in Maart
wil assblief beheer terugkry! Hulle wil elke ekstraklas in
die suidelike halfrond in plek kry en alle studiegidse van
hier tot in Timbaktoe aankoop en instudeer, want hoe
anders kan hulle help?
Ma’s neem hulle taak nog ernstiger op in Maart as in
ander maande en maak korte mette met een en elkeen
wat in die pad kom: ma’s se taak is om sáám te dra aan
die swaar en om seker te maak die swaar word weer
lig. In Maart is ons ma’s regger as reg vir enige verpulp-
aksie, want in Maart word kinders bleker as bleek en
die ure in die dag word minder élke dag. Ma’s se kiewe
trek saam as hulle hoor van onverwagse assesserings en
bladsye en bladsye huiswerk. Tussendeur kners ma’s op
hulle tande, want ‘n ma se werk is haar werk en terwyl
sy haar kuikens vervoer, oral heen volg en die kuiken-
histeries probeer hanteer, help sy ook om haar kinders te leer om behendig rondom die slaggate op die le-
wenspad te swenk, want hoe meer ons fokus op die
vaardigheid om óm die slaggate te swenk, hoe veiliger
raak ons daaglikse roete. Maar, dit vereis ‘n feniks-ma
van formaat om die verpulp-aksie te vervang met ‘n be-
stuursles om die slaggate.
So jaag ek (natuurlik hoogs behendig soos net ma’s
kan), na ons meisiekind (nou eers in gr. 6) se dramaklas
en ek raas so tussendeur oor tydsbestuur en huiswerk
neerskryf die oomblik wat sy dit kry en om die “O ja
mamma . . . ons moet môre . . .” halfagt in die aand
summier onder kwarantyn te kry. Ons stop en sy spring
so half verlig uit dat sy nie dié tirade verder hoef te be-
leef nie en huppel die klas in. Ek is eintlik nog lank nie
klaar nie, maar kyk af na die karsitplek en vries. Op die karsitplek is ‘n klossie blonde hare – ‘n klossie so dik
soos twee vingers en ek sterf sewe dode. Deur my kop
skiet woorde soos vreeslike vreemde siekte of onbekende
sindroom, want wat anders sal so baie hare gelyk laat
uitval? Ek bid die drama-uur om en toe sy terughuppel
en inspring gryp ek haar haardos, wat tot op die
skouers hang, met beide hande vas en pluk effe buite-
beheer (soos die bus teen die Andesgebergte) haar
blonde hare verwoed om te kyk of nog uitval. Sy roep
verstom: “Mamma, wat maak jy?” “Sus, waar kom die
klos hare vandaan?”, is al wat ek kan uitprewel. Sy dink
vir 3 sekondes, wat soos 30 minute voel, en toe kom
dit: “Genugtig mamma! Ouma het vanoggend die rekkie
uit my hare probeer sny toe sy ‘n koekerasie voor
skool veroorsaak het met my bolla. Sy het seker meer
as die rekkie raak gesny!” Ek gryp haar vas en druk haar
styf teen my hart en vergeet sommer van
“verantwoordelikheid neem” en “tydsbestuur” soos die
verligting oor my spoel. Eers baie later die aand, nadat
alles rustig geraak het, besef ek dat daar iewers op die
koppie ‘n vreeslike gat moet wees ... maar selfs vir dit
sien ek skielik in Maart kans!
Absolut Maart! Ons woel ons kinderlywe flinker as
flink teen ons vas en agter ons in, want ons kinders in
gesonde lywe besweer alle kuikenhisteries in ‘n japtrap
wanneer ons weer onthou: “Don’t sweat the small stuff!”
Kom ons spoeg Maart se kuikenvere uit en koester die
kuikens teen ons hart totdat hulle weer rustig kloek!
Annieka Moolman
Baie dankie aan Oryx Aqua wat ons Parkiebal ruim geborg het en gesorg het dat ons kinders se dors
geles word met waters wat proe soos fonteinwater!
11/03
Tennis: Seuns Senior GN-liga begin
Muurbal: KZN Junior ope en GN-Ope
Debat: Uitdunrondtes
12/03
Wintersport: Tuksreeks vs Marais Viljoen (weg)
13/03
Koor: Optrede by NG Gemeente Lynnwood (08:00
aanmeld; 09:00-10:00 erediens)
14/03
Koor: Soirée (Skoolsaal, 19:00)
15/03
Netbal: Vriendskaplik vs Helpmekaar (weg)
18/03
Dogtershokkie: Eerstespan vs Roedean (tuis)
LET WEL: Donderdag, 17 Maart se toetse skuif na
Woensdag, 16 Maart a.g.v sporttoere wat reeds
Donderdagoggend vertrek.
Kom bid saam elke Donderdagoggend van ± 07:30 af in die
sitkamer van die koshuis. “Ma's wat omgee" @ 083 543 3959
Jer. 17:7,8 (Ou vertaling)
“Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is
hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.”
Saamrygeleentheid
Betroubare drywer het plek vir twee kinders se veilige vervoer. Leerlinge moet in areas tussen Silver Lakes en Menlopark woonagtig wees. Vir meer inligting kontak asb mnr. Ephraim Monama
Sel: 060 670 7222
Absolut dankie vir die lafenis
RUGBY-OUERS
Hiermee absolut verskoning vir ‘n tikfout aan ons
kant! Ons bevestig graag die bankbesonderhede vir
elektroniese inbetalings ten opsigte van die vele be-
plande rugbytoere in die skool se rekening. Dit is die
normale rekening waarin skoolfonds ook betaal
word. Sommige korrespondensie het ‘n fout met die
laaste syfer in die rekeningnommer gehad:
Bankbesonderhede:
Rekeningnaam: Die Hoërskool Menlopark
Bank: Nedbank Besigheidsrekening
(Pretoria)
Rekeningnommer: 149 712 4069
Takkode: 149 745
Verwysing: Voorletter + van +14B
(bv. ABotha14B) – let wel
dat hierdie verwysing van
span tot span verskil.
Bewys van betaling: Aan afrigter – let wel dat
hierdie e-pos-adres van span
tot span verskil.
Absolut trots
Ons is baie trots op ons talentvolle Menlo-musiekonderwysers. Twee van hierdie onnies, me. Colleen Maré en me. Trix Klopper, het sertifikate van UNISA ontvang vir uitstaande onderrig en uitslae in teorie in 2015. Welgedaan met die suksesvolle kombinasie van klawers, kinders en klavierteorie.
Absolut musiek-akademie!
Ons nooi u graag uit na die jaarlikse Menlo-soirée wat hierdie jaar plaasvind op Maandagaand, 14 Maart in die Skoolsaal om 19:00. Kaartjies is beskikbaar by die Menlo-ontvangs @ R50,00 per persoon en ons kuier gesellig saam om tafels in die “Barnyard”-styl waar u u eie piekniekmandjie bring met glase,
bordjies en eet– en drinkgoed.
Moenie hierdie spesiale aand misloop nie - ons kuier graag saam na al die harde oefensessies en
werkswinkels hierdie kwartaal!
Tydens die Eskom Nasionale Wetenskapekspo, wat verlede jaar plaasgevind het tydens die Oktobervakansie, het Nicole Barwise, tans ‘n graad 10-leerder, ‘n goue toekenning ingepalm met haar innoverende projek “A Toilet Battery”. Gedurende die toekenningsplegtigheid is Nicole aangewys as een van slegs tien finaliste regoor Afrika om deel te neem aan die eervolle kompetisie, The 9th Annual African Energy Awards. Dié tien finaliste is weereens onderwerp aan verskeie uitdunrondtes gedurende Februarie 2016 om die beste vier projekte te kies. Nicole is een van net vier leerders wat onlangs gekies is om deel te neem aan die finale rondte van hierdie gesogte kompetisie, wat verlede Vrydag, 4 Maart, plaasgevind het. Die uitslae van die kompetisie word Dinsdag, 15 Maart, bekend gemaak. Absolut Nicole! Absolut Wetenskap! Ons hou albei ons
duime vas, Nicole!
Wintersport: Tuksreeks-skole
Die eerste kragmeting (teen Hoërskool Garsfontein) in hierdie reeks het op Saterdag, 5 Maart op Menlo-bodem plaasgevind en die uitslae lyk as volg:
o/15A Menlo wen 17-5 o/15B Menlo wen 15-5 o/15C Menlo wen 32-5
o/14A Menlo wen 15-5
o/14B Menlo wen 8-7
o/14C Menlo wen 26-21
o/16A Menlo wen 28-22 o/16B Menlo verloor 8-13 o/16C Menlo wen 19-0
1ste Menlo verloor 17-58 2des Menlo verloor 3-20
Wintersport: Tuksreeks-skole vs Garsfontein
Mila Hartig - onthou dié naam! Hierdie nommer een speler van Menlo, het die
afgelope week deelgeneem aan ‘n internasionale ITF-toernooi in
Potchefstroom. Hier moes sy haar pad oopspeel teen spelers van onder andere
Ierland, Tanzanië en Israel. In die een finaal het sy te staan gekom teen Neri Cohen
van Amerika en wen met ‘n oortuigende 6/1 en 6/2. In die tweede finaal klop sy vir
Minette van Vreeden van Suid-Afrika. Met hierdie dubbele wen, skuif Mila nou
gemaklik op, op die ITF-juniorranglys en is tans no. 11 op die SA-Tennis vroue ope
ranglys. Mila, ons is so trots op hierdie pragprestasie van jou waar jy op eie bodem
met selfs internasionale spelers afreken! Jou harde werk en talle opofferings om
Menlo se naam hoog te hou op die tennisbaan is absolut fenomenaal! Absolut Mila!
Wintersport: Tuksreeks-
skole vs Garsfontein
o/14A Menlo wen 28-21
o/14B Menlo wen 20-15
o/15A Menlo verloor 13-20
o/15B Menlo verloor 19-22
o/16A Menlo wen 28-13
o/16B Menlo wen 22-10
o/17A Menlo wen 18-17
o/17B Menlo verloor 11-13
1stes Menlo wen 31-20
2des Menlo wen 28-15
o/16A Menlo gelyk 0-0
o/16B Menlo gelyk 1-1
1stes Menlo wen 1-0
2des Menlo wen 3-2
o/14A Menlo verloor 2-0
o/16A Menlo wen 4-1
o/16B Menlo gelyk 1-1
1stes Menlo verloor 2-1
Dogtershokkie
o/14A Menlo wen 5-0
o/14B Menlo wen 5-0
o/15A Menlo wen 6-0
o/15B Menlo wen 5-1
Seunshokkie
Oopwaterswem
Hanré van Geffen is ’n Menlo-man wat geen probleem ondervind om te alle tye kop bo water te hou nie. Hy hou Menlo se naam oudergewoonte hoog en eindig in die derde plek (3 km-afdeling) en in die vierde plek (5 km-afdeling) tydens die onlangse Nasionale Oopwater-kampioenskappe wat op 5 Maart by die Eikenhofdam in
Grabouw gehou is.
Absolut
Ruan!
Ruan Breyten-bach (gr. 8) is genomineer as een van die finaliste vir die Sportster van die jaartoeken-ning vir sy 2015 prestasies en is aangewys as die topatleet van die jaar in die laerskool-afde-ling! Baie geluk
Ruan!
Absolut
Renate!
Ons Renate van Ton-der (gr. 12) is verlede week by Gauteng Noord Atletiek se toekenningsfunk-sie aangewys as die Beste Vroue Veldatleet van die jaar (seniors en juniors) tydens ’n glans-funksie by Union Ca-terers. Akane Simbine is aangewys as beste baanatleet en Wenda Nel beste vroue baan-
atleet. Absolut Renate!
Die volgende Menlo-swemmers gaan onderskeidelik aan die SSA vlak 1, 2 en 3 Nasionale
ouderdomsgroepkampioenskappe deelneem:
Vlak 1 (1-3 April 2016 by die Germiston swembad in
Johannesburg):
Emugene Botha, Joanette Cameron, Sean Loock,
Danielle Markram, Hercu Rossouw en Kian Taljaard
Vlak 2 (28-31 Maart 2016 by die Ellispark-swembad in
Johannesburg):
Dirk Bonnema, Melissa Carney, Karla Grobler, Jade Penning, Kiara Pieterse, Hanré van Geffen, Luc van
Rooyen, Jani Visagie en Rick Wentzel
Vlak 3 (18-22 Maart 2016 by die Newton Park
swembad in Port Elizabeth):
Benard Becker, Ruan Breytenbach, Chanté Cornelius, Natasha Cornelius, Lané de Meyer, Tiaan Fourie, Deorg Lategan, Hendrich Muth, Zania Pieterse, Andrew Ross, Reuben Stoltz, Emil van Heerden, Etienne van Heerden,
Suné van Jaarsveld, Rossouw Venter en Lizanne Viljoen
Baie sterkte – ons is asbolut trots op julle!
Baie geluk aan ons krieketmanne wat asbolut lopies
ingryg!
Finsbury-finaal: Menlo 1ste XI vs W/kloof 1ste XI
Menlo: 207 almal uit (Dean Foxcroft 77, Graeme
McCreath 46)
Waterkloof: 66 almal uit (Sebastian van Rooyen 5/11) Menlo wen met 141 lopies!
Finsbury-finaal: Menlo o/15A vs Waterkloof o/15A
Waterkloof: 201/7 (Reinhardt Hamann 3/26)
Menlo: 200 almal uit (Stephan Kruger 76, Tiaan Lotter
46)
Waterkloof wen met 1 lopie.
Menlopark 1ste XI vs Newlands Cricket School
Menlo: 190 almal uit (Eddie Stephens 59)
Newlands: 120 almal uit (Graeme McCreath 3/19)
Menlo wen met 70 lopies!
Menlopark 1ste XI vs Paul Roos Gimnasium
Paul Roos: 155/7 (Dean Foxcroft 5/25)
Menlo: 156/6 (Willem Britz 55, Dean Foxcroft 45)
Menlo wen met 4 paaltjies!
Menlopark 1ste XI vs Wynberg Boys’ High
Wynberg: 220 almal uit (Willem Britz 3/20)
Menlo: 158/9 (Dean Foxcroft 46)
Wedstryd eindig onbeslis.
Menlopark o/14A vs Affies o/14A
Affies: 116/6 (Sebastian Strydom 2/9, Jandre Verster
2/11)
Menlo: 117/5 (Eduard van der Walt 30*, Johnny van
der Schyff 37*)
Menlo wen met 5 paaltjies!
Die jaarlikse Dunlop Menlopark Junior Ope wat gedurende die naweek van 26
– 28 Februarie 2016 plaasgevind het, het weereens spelers van regoor Suid-
Afrika gelok. Aangesien spelers van so ver as Pietermaritzburg, Nelspruit, Parys
en Bloemfontein kom deelneem het, kon die eerste wedstryde eers
Vrydagaand begin. Dit het gesorg dat die MMA-span dié toernooi op ‘n
hoogtepunt begin, omdat almal die Parkies se 15de sege by die A-bond
atletiekinterhoër kon gadeslaan!
Ongelukkig het daar nie baie van die provinsies se topspelers aan die toernooi
deelgeneem nie, omdat dit presies tussen twee groot toernooie val, wat
noodsaaklik is om vir die SA-ranglys te kwalifiseer. Dit was egter 'n eerste
toernooi vir baie van die nuwe MMA-spelers, wat hulself terdeë geniet het. Die
o/19-seunsafdeling is deur ons MMA-kaptein, Heinrich Groenewald gewen met
Chris Minnaar in die tweede plek.