afrikaans eerste addisionele taal vraestel 2 ......8.2 charles barbier b die jaar waarin louis...

13
ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ASSESSERINGSTAAK 3 NOVEMBER 2014 GRAAD 8 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. PUNTE: 60 TYDSDUUR: 2uur

Upload: others

Post on 26-Sep-2020

19 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 2

ASSESSERINGSTAAK 3

NOVEMBER 2014

GRAAD 8

Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

PUNTE: 60

TYDSDUUR: 2uur

Page 2: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

AFRIKAANS FAL GRADE 8 NOVEMBER 2014

2

INSTRUKSIES:

x Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

AFDELING A: Begriplees [30]

AFDELING C: Taal in konteks [20]

x Volg die instruksies bo-aan elke afdeling.

x Lees al die vrae versigtig voordat jy dit beantwoord.

x Beantwoord al die vrae op die antwoordblad, nie op die vraestel nie! x Begin elke afdeling op „n nuwe bladsy.

x Werk netjies en leesbaar.

Page 3: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

AFRIKAANS FAL GRADE 8 NOVEMBER 2014

3

AFDELING A – BEGRIPLEES VRAAG 1 - TYDSKRIFARTIKEL

Lees die onderstaande leesstuk aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop

volg.

Vingers wat sien

1. Louis Braille was „n seuntjie van drie toe hy eendag in sy pa se werkswinkel „n

messie optel en daarmee begin werk. Sy pa was ‟n saalmaker en hulle het in

‟n klein dorpie naby Parys gewoon. Louis se hand het gegly en die messie

het hom per ongeluk in die oog gesteek. Die wond het infeksie gekry en ‟n

rukkie daarna was hy in albei oë blind.

2. Die dorpie se priester het vir die eensame seuntjie stories uit die Bybel

voorgelees en die wondere van die natuur beskryf. Hy het vinnig geleer en toe

hy sewe was, is hy by die gewone skool in die dorpie toegelaat.

3. Louis was baie intelligent, en al moes die ander kinders alles vir hom

voorlees, was hy steeds eerste in sy klas. Maar na ‟n ruk het hy ongeduldig

begin raak. “Moet iemand anders dan áltyd vir my lees?” het hy keer op keer

vir sy ouers gevra.

4. Op tien is hy na die Instituut vir Blindes in Parys. Uiteindelik kon hy self boeke

lees, want daar was 14 boeke wat in vet, verhewe alfabetletters gedruk is.

Alhoewel dit moeilik was om te lees, het Louis gou almal deurgelees. Daarna

moes ander mense wat kon sien, maar weer vir hom voorlees. Hy was

Page 4: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

AFRIKAANS FAL GRADE 8 NOVEMBER 2014

4

verveeld en gefrustreerd.

5. “Sonder boeke kan blindes nooit lees nie,” het hy gesê en begin wonder. “Is

daar nie ‟n beter manier om boeke vir blindes te maak nie?” Sy vinnige brein

het dadelik begin dink aan „n makliker alfabetstelsel vir blindes.

6. Op „n dag het Louis ‟n weermagsoffisier, kaptein Charles Barbier, ontmoet en

van sy alfabetkode met verhewe dotjies gehoor. Die kaptein het ‟n kode

ontwerp waarmee boodskappe snags in die donker gelees kon word deur

verhewe dotjies op karton met die vingers te voel. Louis het geweet: dít is die

sleutel tot die alfabet wat hy moet uitdink. Hy het dag en nag daaraan gewerk.

Sy grootste ideaal was om ‟n skrif te ontwikkel wat blindes kon lees.

7. Die hoof en personeel van die Instituut vir Blindes kon skaars glo dat ‟n kind

dit uitgedink het. Tog het die instituut die gebruik van die alfabet verbied. Die

braille-skrif is eers in 1847 deur die instituut aanvaar. Louis het toe eers, 23

jaar later, erkenning vir sy wonderlike uitvinding gekry.

8. Louis Braille is in 1852 dood. ‟n Borsbeeld is by die skool vir hom opgerig. Die

Braille-alfabet is daarna oral in die wêreld gebruik en vandag nog “sien”

blindes met hulle vingers as hulle die braille-skrif lees.

WOORDELYS

werkswinkel – work shop

saalmaker – saddle maker

per ongeluk – by accident

eensame – lonely

ongeduldig – impatient

verhewe – raised

verveeld – bored

gefrustreerd – frustrated

weermagoffisier – army officer

ontwerp – design

boodskappe – messages

ontwikkel – develop

erkenning – recognition

uitvinding – invention

borsbeeld – bust

opgerig – erected

Page 5: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

AFRIKAANS FAL GRADE 8 NOVEMBER 2014

5

VRAE:

1. Sê of die volgende WAAR of ONWAAR is. Gee ’n rede vir jou antwoord.

1.1 Louis Braille was blind in sy een oog nadat ‟n mes hom in die

oog gesteek het.

1.2 Toe Louis sewe jaar oud was, het hy by ‟n normale skool begin

skoolgaan.

lees. (4)

2. Watter WOORD sê vir ons watter beroep Louis se pa beoefen het? (1)

3. Hoekom het Louis blind geword? Verduidelik in JOU EIE WOORDE wat

met hom gebeur het. (2)

4. Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die NOMMER van die

KORREKTE ANTWOORD neer.

4.1 Die eerste persoon wat vir Louis stories voorgelees het, was:

A ʼn klasmaat.

B sy fasiliteerder.

C die dorpie se priester.

4.2 Hoekom was Louis gou verveeld by die Instituut vir Blindes?

A Hy het die 14 boeke wat in vet, verhewe letters gedruk is, gou

deurgelees en niks meer gehad om te lees nie.

B Hy het nie maats daar gehad nie.

C Hy kon nie self die spesiale boeke vir blindes lees nie. (2)

5. Vyf van die volgende antwoorde is KORREK. Watter een is NIE KORREK NIE?

„n Mens kan uit die volgende aanhaling uit die teks aflei dat Louis Braille

baie slim en begaafd was.

A “baie intelligent”

B “blindes „sien‟ met hulle vingers as hulle braille-skrif lees”

C “vinnige brein”

D “was hy eerste in sy klas”

E “vinnig geleer”

F “gou almal deurgelees” (1)

Page 6: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

AFRIKAANS FAL GRADE 8 NOVEMBER 2014

6

6. Haal „n voorbeeld van personifikasie uit die teks aan. (1)

7. Louis Braille het in „n klein dorpie naby Parys gewoon. In watter LAND

het hy gewoon? (1)

8. Pas die sinne in KOLOM B by die regte name, datums en plekke in

KOLOM A

Skryf SLEGS die NOMMER en LETTER van die KORREKTE antwoord

neer.

MOET NIE DIE HELE SIN NEERSKRYF NIE! BV. 8.11 - K

KOLOM A KOLOM B

8.1 Louis Braille A Louis Braille se pa.

8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is.

8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die

Instituut aanvaar is.

8.4 Braille D Sien met vingers.

8.5 1847 E Skrif vir blindes.

8.6 1852 F Die plek waar Louis Braille op driejarige

ouderdom gewoon het.

8.7 Instituut vir Blindes G „n Weermag offisier wat „n alfabetkode met

verhewe dotjies ontwerp het.

8.8 ‟n Klein dorpie naby

Parys

H Plek waar mense wat nie kan sien nie ,

leer lees en skryf.

I Die man wat ‟n skrif vir blindes ontwikkel

het, wat vandag nog wêreldwyd gebruik

word.

(8)

Page 7: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

AFRIKAANS FAL GRADE 8 NOVEMBER 2014

7

VRAAG 2 Beantwoord die vrae deur na die volgende sketse te kyk.

2.1 Hoeveel kolletjies word gebruik om die alphabet te vorm? (1)

2.2 Watter woord word gevorm uit al die kolletjies? (1)

2.3 Noem twee woorde wat gevorm word deur kolletjies te gebruik? (2)

2.4 Hoeveel kolletjies word gebruik om die letter G te vorm? (1)

[25]

Ek kan dié sin lees,

kan jy?

Page 8: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

AFRIKAANS FAL GRADE 8 NOVEMBER 2014

8

VRAAG 3 – SPOTPRENT Kyk na die volgende spotprent en beantwoord dan die vrae wat gestel is.

VRAE:

3.1 Watter bewys is daar in die spotprent dat die kind nie kan lees nie? (1)

3.2 Noem twee aktiwiteite wat die seun moontlik in sy vrye tyd beoefen. (2)

3.3 Waarom sê die pa dat die seun ekstra klasse nodig het? (1)

3.4 Hoe weet ons dat hy nog nie met die ekstra klasse begin het nie? (1)

[5]

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 9: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

AFRIKAANS FAL GRADE 8 NOVEMBER 2014

9

AFDELING B – TAAL IN KONTEKS

VRAAG 4 4.1 Verander die volgende sin in ʼn vraag sodat die antwoord “ja” of

“nee” is.

4.1.1 Louis het altyd vir al die kinders stories vertel. (2)

4.2 Veranderdie volgende sin in ʼn vraag sodat die onderstreepte

gedeelte die antwoord is.

4.2.2 Die kaptein het ‟n skrif vir soldate ontwerp. (2)

VRAAG 5 Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede. Begin elke keer soos aangedui. 5.1 Die hoof van die Instituut sê: “Ons kan nie jou Braille skrif aanvaar nie”.

Die hoof van die Instituut sê ________________. (2)

5.2 Louis vra: “ Hoekom is daar so min leesstof vir blindes?”

Louis het gevra _________________________. (2)

VRAAG 6 Gee die intensiewe vorms van die woorde tussen hakies.

Louis Braille was nog 6.1 (jonk) _________ toe hy 6.2 (blind) _________ geword het. (2)

VRAAG 7

Herskryf die volgende sinne en vul die korrekte leestekens in.

7.1 Die seuns Johan Wouter en Bongani bly in parys. (2)

7.2 Sy naam is nico en hy koop elke dag piesangs appels en pere. (2)

7.3 die groot vraag wat hy vra, is hoekom is die vrugte so duur (2)

Page 10: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

AFRIKAANS FAL GRADE 8 NOVEMBER 2014

10

VRAAG 8 Verbind die sinne in die blokkie met die voegwoord, soos aangedui.

8.1 Louis het blind geword. Die wond in sy oog het infeksie gekry.

____________________________ omdat _____________________ (2)

VRAAG 9 Skryf die volgende sin oor in die ontkennende vorm.

(asof dit NIE so is NIE.) 9.1 Daar was iemand wat vir die seun sy verhale kon voorlees. (2)

VRAAG 10 10.1 Skryf die volgende sin oor, maar begin met „gister”.

Al die blinde mense kan begin lees. (2)

10.2 Skryf die volgende sin oor, maar begin met “more”.

Hy het die weermagoffisier ontmoet. (2)

VRAAG 11 Kies die korrekte vorm van die woorde tussen hakies. 11.1 „n Blinde persoon lees die braille skrif ( met / oor ) hulle vingers. (1)

11.2 Braille bestaan ( met / uit ) opgehewe knoppies. (1)

VRAAG 12 Gee die meervoud van die onderstreepte woorde. 12.1 Daar is baie kind wat nie goed kan sien nie. (1)

12.2 Verskeie borsbeeld is opgerig ter ere van Louis Braille. (1)

VRAAG 13 Skryf die volgende jaartal in woorde uit. 13.1 1847 (2)

TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 60

Page 11: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 2

TAAL EN BEGRIP

JUNIE 2014

MEMORANDUM

GRAAD 8

Page 12: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

AFRIKAANS FAL GRADE 8 NOVEMBER 2014

2

AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG ANTWOORD PUNTE VRAAG 1 - ARTIKEL 1 .1 Onwaar √ – Hy was blind in albei oë. √ 2 1 .2 Waar √– Hy is by ‟n gewone skool in die dorp toegelaat. √ 2 2 Saalmaker √ (een woord) 1 3 Sy hand het gegly√ met ‟n messie in √ en sy oog uitgesteek. √ 2 4.1 C√ – die dorpie se priester. 1 4.2 A √ – Hy kon nie self die spesiale boeke vir blindes lees nie. 1 5 B √ – “blindes „sien‟ met hulle vingers as hulle Braille-skrif lees” 1 6 “Vingers wat kan sien” √ 1 7 Frankryk 1 8.1 I 1 8.2 G 1 8.3 D 1 8.4 E 1 8.5 C 1 8.6 B 1 8.7 H 1 8.8 F 1 (8) VRAAG 2 2.1 6 / SES 1 2.2 for 1 2.3 5 / vyf 2 2.4 and / for / of / the / with 1 (5) VRAAG 3 - SPOTPRENT 3.1 Hy hou sy boek onderstebo √ 1 3.2 Hy ry skaatsplank √en kyk televisie. √ 2 3.3 Sy Wiskunde punte op sy raport is swak√ 1 3.4 “oorweeg” √ 1 (5) TOTAAL AFDELING A 30 AFDELING B MEMORANDUM: TAAL IN KONTEKS VRAAG ANTWOORD PUNTE VRAAG 4 4.1 Het Louis altyd vir die kinders stories vertel? √ 1 4.2 Wie het „n skrif vir die soldate ontwerp? √ 1 (2) VRAAG 5 5.1 Die hoof van die Instituut sê dat hulle √nie sy √Braille-skrif kan

aanvaar nie. √ 2

5.2 Louis het gevra hoekom daar so min leesstof vir blindes was. √ 2 (4) VRAAG 6 6.1 Bloedjonk√ 1

Page 13: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 ......8.2 Charles Barbier B Die jaar waarin Louis Braille oorlede is. 8.3 Blindes C Die jaar waarin die braille-skrif deur die Instituut

AFRIKAANS FAL GRADE 8 NOVEMBER 2014

3

6.2 Stokblind√ 1 6.3 skatryk√ 1 (3) VRAAG 7 7.1 √

Die seuns Johan, √ Wouter en Bongani bly in Parys.

1

7.2 √ √ Sy naam is Nico en hy koop elke dag piesangs, appels en pere.

2

7.3 √ √ Die groot vraag wat hy vra, is hoekom is die vrugte so duur?

2

(5) VRAAG 8 8.1 Louis het blind geword, omdat die wond in sy oog infeksie

gekry het.√ 1

(1) VRAAG 9 9.1 Daar was niemand √wat vir die seun sy verhale kon voorlees nie.√ 2 (2) VRAAG 10 10.1 Gister kon √al die blinde mense begin√ lees. 2 10.2 More sal √hy die weermagoffisier ontmoet. 1 (3) VRAAG 11 11.1 met √ 1 11.2 uit√ 1 (2) VRAAG 12 12.1 Kinders √ 1 12.2 borsbeelde √ 1 (2) VRAAG 13 13.1 Agtien – sewe – en – veertig / Agtien sewe en veertig √√ 2 TOTAAL AFDELING B: 30 GROOTTOTAAL : 60