afrikaans tweede addisionele taal graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/afr tat gr...

36
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 Hersieningsoefeninge Leesbegrip 2020 Bronne: Provinsiale Eksamenvraestelle en Nasienriglyne Erkenning word hiermee verleen aan die volgende samestellers van die Graad 11 Afrikaans Tweede Addisionele Taal Vraestelle en Nasienriglyne: Mpumalanga Departement van Onderwys Noord-Wes Departement van Onderwys

Upload: others

Post on 27-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11

Hersieningsoefeninge

Leesbegrip

2020

Bronne: Provinsiale Eksamenvraestelle en Nasienriglyne

Erkenning word hiermee verleen aan die volgende samestellers van die

Graad 11 Afrikaans Tweede Addisionele Taal Vraestelle en Nasienriglyne:

Mpumalanga Departement van Onderwys

Noord-Wes Departement van Onderwys

Page 2: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

2

OEFENING 1

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1 TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae

Gee kos geur met speserye (spices)

Vandag kan jy jou skaars ʼn lewe indink sonder speserye, maar vroeër was die geurmiddels nie om elke

hoek en draai te kry nie.

1. Vir die meeste van ons is die speserye in die kombuiskas maar net geurmiddels wat die kos smaakliker maak. Tog was daar ʼn tyd toe

speserye so kosbaar (precious) was dat mense oorlog gevoer en lang seereise aangepak het om dit

in die hande te kry. Dit was juis die mens se lus vir speserye wat gelei het tot die ontdekking (discovery) van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap in 1652.

2. Speserye-handel het teen 2000 v.C. in Suid-Asië en die Midde-Ooste met kaneel en peper begin. Uit die

kunswerke (art) en geskrifte (writing) van ou beskawings kan ons sien mense het eeue gelede al speserye gebruik. Daar is in die hiërogliewe in die piramides van Egipte en die Bybel verwysings (references) na speserye.

3. Die vroegste gebruik van speserye was om kos te geur (flavour), te kleur, sag te maak en te bewaar

(preserve). Dit moes ook help om ou kos beter te laat smaak (taste).

4. Anders as vandag, kon die mense destyds nie hul kos in die yskas (fridges) bêre nie (want yskaste was nog nie uitgevind nie!) en speserye het kos help bewaar en beter laat smaak. Later het mense gegeurde kos verkies (prefer), of dit oud was of nie. Uitgrawings in Sirië wys naeltjies is al teen 1700 v.C. gebruik in

huise om kos gaar te maak. Baie jare lank is verskillende soorte medisyne van speserye vervaardig (produced).

5. In China, Korea en Indië is bewyse (evidence) gevind dat speserye as medisyne gebruik is. Teen 400 v.C.

het die Griekse dokter Hippokrates tussen 300 v.C. en 400 v.C. soorte medisyne aangeteken wat van

speserye en kruie gemaak is.

6. Speserye was ook belangrike bestanddele in parfuum, seep en skoonheidsprodukte, en is dit vandag nog. Vroeër is van die speserye as wierook (incense) gebrand en was dit deel van godsdiensrituele (religious). Die ou Egiptenare het speserye gebruik om die mummies te balsem en te laat lekker ruik. Sekere speserye

is ook gebruik om klere te kleur.

7. Speserye was die duurste (most expensive) en gesogste (popular) produk in die Middeleeue. Die belangrikste was beslis swartpeper, naeltjies, neutmuskaat, gemmer en kaneel. Mense het in die tyd geglo

dit kan die liggaam gesond hou en bose geeste weghou.

8. Tot die 18de eeu het die Republiek van Venesië die monopolie in die speseryehandel gehad. Venesië het die enigste hawe gehad wat met die Midde-Ooste handel gedryf het. Die ryk stad het jaarliks

1000 ton peper ingevoer. Peper is in die verlede as ruilmiddel gebruik en was ʼn gesogte spesery wat dit ook as “swart goud” bekend laat staan het. Dis hoekom onsvandag nog sê iets is peperduur.

Page 3: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

3

1.1 Wat beteken die uitdrukking “om elke hoek en draai”?

(1)

1. 2 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.2) en die letter (A-D) neer.

Watter woord uit paragraaf 1 dui aan dat speserye baie skaars en duur was?

A Smaakliker B Kosbaar C Oorlog D Lus

(1)

1.3 Waarom dink jy is daar ʼn verversingspos aan die Kaap gestig?

(2)

1.4 Watter twee speserye gaan die verste terug in die geskiedenis?

(2)

1.5 Waar is daar vir die eerste keer oor speserye geskryf? (Noem TWEE)

(2)

1.6 Noem 2 dinge waarvoor mense speserye in die vroegste tye gebruik het?

(2)

1.7 Voltooi die sin deur EEN woord uit paragraaf 3 in te vul.

Omdat mense nie yskaste gehad het nie, het hulle speserye gebruik om kos te ...

(1)

1.8 Watter DRIE lande in die Ooste het speserye as medisyne gebruik?

(3)

[Verwerk uit: Huisgenoot skooltake 2015]

Swartpeper

Page 4: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

4

1.9 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.9) en die letter (A-D) neer.

Hippokratus was ʼn bekende ... dokter

A Indiese B Siriese C Oosterse D Griekse

(1)

1.10 Speserye is nou nog ʼn belangrike bestandeel in ..., ... en ...

(3)

1.11 Waarvoor het die Egiptenare speserye gebruik as mense dood gaan?

(2)

1.12 Wat het die mense in die Middeleeue oor speserye geglo?

(2)

1.13 Haal EEN WOORD uit paragraaf 8 wat vir ons sê slegs Venesië het speserye gekoop en verkoop aan Europa.

(1)

1.14 Waarom dink jy sê ons vandag iets is peperduur?

(1)

Page 5: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

5

TEKS B: VISUELE TEKS Bestudeer die teks en beantwoord die vrae.

SESAME bruin rolletjies SESAME bruin rolletjies

Energiehupstoot: Hoog in energie – begin jou dag met energie!

[Verwerk uit: Rooi rose, April 2014]

1.15 Wat doen die meisie in die advertensie? (1)

1.16.1 Hoe voel die meisie in die advertensie?

(1)

1.16.2 Waarom voel sy so?

(1)

1.17 Watter bewyse is daar in die advertensie dat Albany se broodroletjies gesonde kos is?

Noem TWEE. (2)

GOEDGEKEUR AS DEEL VAN DIE HARTSTIGTING SE EETPLAN

Page 6: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

6

1.18 In die sin: “Vir ‘n smaaklike hoë-energie hupstoot, elke dag, enige tyd, enige plek!” maak die adverteerder gebruik van ... A vergelyking. B herhaling. C stereotipering. D klanknabootsing. (1)

TOTAAL VAN AFDELING A: 30

Page 7: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

7 OEFENING 2

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae.

OM BETER

TE SIEN

1 Jy beskerm jou lyf met sonbrandroom. Maar wat van jou oë? Wat is die voor- en nadele van ʼn leesbril wat jy oor die toonbank koop? Boonop moet jy op jou rekenaarskerm ook kan sien. Hier is antwoorde op jou vrae.

2 Die son se UV-strale is een van die hoofredes vir oogprobleme. Dit kan

katarakte veroorsaak. Ook velkanker rondom jou oë. Dit kan ook jou visie wat nodig is vir lees, fyn kyk en motorbestuur, verdof. Dit alles kan maak dat jy jou sig verloor.

3 Dit is daarom baie belangrik dat jy ʼn sonbril dra. Maar bly weg van die

goedkoper soorte, sonder UV-beskerming, sê oogkundige Werner Fourie. Dit kan jou oë meer beskadig as om glad nie ʼn bril te dra nie.

4 Wanneer jou oë aan sonlig blootgestel word, trek jou pupille saam sodat

die minimum lig dit binnestroom. Dit maak dat minder UV-strale by jou oë ingaan.

5 Laat toets jou oë voordat jy ʼn sonbril aanskaf. Maak seker jou voorskrif-

sonbril het UV-beskerming. Fotochromiese lense van plastiek is gewilder omdat dit ligter en ook veiliger is as glas, wat kan breek.

6 ʼn Sonbril oor die toonbank is goedkoper as die een wat vir jou gemaak

word. Jy hoef nie vir ʼn oogtoets te gaan nie. Dit is oral beskikbaar en is een-grootte-pas-almal.

7 Jy kan maklik die verkeerde leesbril dra. Simptome daarvan sluit in oog-

ooreising, rooi oë, hoofpyn, naarheid en dowwe visie.

Page 8: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

8

8 As jy ʼn leesbril nodig het, is dit beter om ʼn oogkundige te gaan

sien. Jou oogkundige kan ʼn bril voorskryf waarvan die ontwerp vir jou spesifieke behoefte aangepas is.

1.1 Noem TWEE dinge wat in paragraaf 1 genoem word, waaroor

die tydskrifartikel gaan handel.

(2) 1.2 Waarom sê die skrywer in paragraaf 1 “Hier is antwoorde op

jou vrae”?

(1) 1.3 Noem TWEE oogprobleme wat die son se UV-strale meebring?

(Paragraaf 2)

(2) 1.4 Noem DRIE redes waarom jy jou visie nodig het. (3) 1.5 Waarteen word die leser in paragraaf 3 gewaarsku? (1) 1.6 Waarom sal jy na Werner Fourie luister? (1) 1.7 Wat veroorsaak ʼn goedkoper sonbril? (1) 1.8 Wat doen die mens se oë om dit teen die son te beskerm? (2) 1.9 Wat beveel die skrywer in paragraaf 5 aan? (1) 1.10 Fotochromiese lense ...is ... “ligter en ook veiliger as glas,”

(Paragraaf 5)

1.10.1 Waarom is fotochromiese lense ligter as glas? (1) 1.10.2 Waarom is fotochromiese lense veiliger as glas? (1) 1.11 Hoe VERSKIL ʼn sonbril oor die toonbank van die een wat vir

jou gemaak word?

(2) 1.12 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die

korrekte antwoord neer.

In paragraaf 6 beteken die woord “een-grootte-pas-almal” (groot brille is vir almal gemaak/die bril is gemaak om vir

almal te pas.)

(1)

Page 9: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

9

1.13 Verduidelik waarom die volgende stelling ONWAAR is. Volgens die tydskrifartikel word ʼn leesbril slegs vir lees gebruik. (1) 1.14 Hoe sal jy weet wanneer jy die verkeerde leesbril dra? Noem

TWEE dinge.

(2) 1.15 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer

(1.16) en die letter (A-D) neer.

Die titel van die teks herinner ʼn mens aan ʼn sprokie uit jou

kindertyd, naamlik...

A

B C D

Hansie en Grietjie jakkals en wolf Rooikappie Hennetjie

(1) 1.16 Waarom, dink jy, is die teks gepas vir ʼn graad 11-leerder? (1)

Page 10: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

10

TEKS B: VISUELE TEKS

Bestudeer die teks hieronder en beantwoord die vrae.

Klein stede sukkel ook met

verkeer

1 Mense in Suid-Afrika se grootste stede is elke

oggend en aand moedeloos oor die verkeer wat so ophoop op pad huis toe. Maar dit is nie net die groot stede wat sukkel nie. Volgens TomTom se 2016-verkeersindeks het Oos-Londen en Bloemfontein die derde en vierde grootste verkeersprobleme in die land. Die verkeersopeenhopingsvlak in Kaapstad is 30%. Dit beteken ’n rit neem 30% langer in spitstyd.

2

3 4

1.17 Waaruit bestaan die bevolking volgens die prent? (1)

1.18 Watter plek, volgens die prent, het die minste mense? (1)

Page 11: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

11

1.19 Hoe lank sal die rit in Tswane neem as dit nie spitstyd is nie? (1)

1.20 Wat sou jy sê, waarom sukkel Buffolo City en Mangaung met

’n hoër opeenhopingsvlak?

(1)

1.21 Wat dink jy kan Johannesburg en Kaapstad doen om die verkeersopeenhoping te verminder? Noem TWEE.

(2)

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 12: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

12

OEFENING 3

Afdeling A: Leesbegrip Vraag 1: Leesteks

Lees die onderstaande stuk en beantwoord die vrae wat volg.

Teks A

Die nuwe Openbare Beskermer (Public Protector)

1. Advokaat Busisiwe Joyce Mkhwebane is deur die President van die Republiek van Suid-Afrika as die nuwe Openbare Beskermer( Public Protector) aangestel. Sy begin amptelik op 16 Oktober 2016 in haar nuwe amp.

2. Sy is in Bethel, Mpumalanga, gebore en in 1988 voltooi sy haar matriek by Mkhephuli

Sekondêre skool.

3. Haar kwalifikasies sluit in ʼn B.Prok- en LL.B- grade (degrees) wat sy albei van 1989 tot 1994 by die Universiteit van Limpopo verwerf (obtain) het. Sy sit haar studies by die Universiteit van Johannesburg voort, waar sy diplomas in koöperatiewe- en belastingreg behaal.

4. Adv. Mkhwebane het twintig jaar ondervinding in verskillende bestuursposisies (management

positions). Sy het as Direkteur en waarnemende (acting) Hoofdirekteur (Chief Director) by die Departement van Binnelandse Sake gewerk. Sy het ook as immigrasiebeampte (immigration official) by die Suid-Afrikaanse ambassade (embassy) in China diens gedoen. Sy het as senior ondersoekbeampte (investigator) by die kantoor van die openbare beskermer en as senior navorser (researcher) by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gewerk.

5. Die kantoor van die openbare beskermer is kragtens (in terms of) die grondwet van Suid-

Afrika geskep (established). Die doel van hierdie kantoor is om klagtes teen regering- agentskappe (agencies) en amptenare te ondersoek. Die openbare beskermer ontvang en ondersoek klagtes van die publiek teen regering- agentskappe en amptenare. Die Kantoor kan ook remediërende stappe aanbeveel en verslae uitreik. Geen persoon of staatsinstelling (state) mag met die werksaamhede van die openbare beskermer inmeng nie.

6. Die dienste van die openbare beskermer is gratis (free) en beskikbaar tot almal. Waar jy ʼn

klag lê, sal jou naam sover as moontlik vertroulik (confidential) gehou word.

7. Die openbare beskermer is onafhanklik (independent) van die regering en politieke partye en kan die volgende ondersoek:

die regering op enige vlak. Dit sluit in die Nasionale en Provinsiale regering,

staatsdepartemente (state departments) en plaaslike regering (local government). enige persoon wat ʼn openbare funksie (public function) verrig. Dit sluit in enigeen wat

amptelike (official) pligte (duties) wat ʼn invloed op Suid- Afrikaners het, verrig. Dit kan byvoorbeeld ʼn staatsamptenaar, polisieman of verkiesingsbeampte wees.

Maatskappye (companies) waar die staat betrokke is, byvoorbeeld Eskom en Telkom.

8. Die openbare beskermer is by magte om sake waar mense onregmatig benadeel is, te ondersoek. Dit kan die volgende insluit:

Magsmisbruik (abuse of power) Skending van menseregte (human right violation) Wanadministrasie (maladministration) Onbehoorlike verryking (improper enrichment) Onbehoorlike bevoordeling (improper advantage)

Page 13: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

13

9. Hoe kan ʼn klag by die openbare beskermer gelê word?

Praat direk met die amptenare wat geïmpliseer (implicated) word en as dit nie help nie, skryf na hul seniors.

Jy kan ook jou parlementslid (member of parliament) Nasionaal of Provinsiaal kontak. As die probleem nie opgelos kan word nie, dan kan jy ʼn voorlegging (submission) aan

die openbare beskermer maak. (Vertaal en vewerk uit Healthy News Edition Aug – Sept 2016)

1.1 Wie is die nuwe openbare beskermer? (1) 1,2 Deur wie is die openbare beskermer aangestel? (1) 1.3 Wanneer het die openbare beskermer in haar pos begin? (1) 1.4 In watter dorp het die openbare beskermer gematrikuleer? (1) 1.5 In watter provinsie is hierdie dorp? (1) 1.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.6) en die letter (A-D) neer. ʼn Persoon wat B.Prok- en LLB-grade het, is ‘n…

A. prokureur B. onderwyser C. verpleegster D. polisieman

(1) 1.7 Verduidelik waarom die volgende stelling ONWAAR is. Die openbare beskermer het nooit verder gestudeer nie. (1) 1.8 Waarom, dink jy, word die kwalifikasies en ondervinding van die openbare beskermer gegee? (1) 1.9 Hoeveel jaar ondervinding het die openbare beskermer gehad? (1) 1.10.1 In watter land het die openbare beskermer as ʼn immigrasiebeampte gewerk? (1) 1.10.2. Wat is die werk van ʼn immigrasiebeampte? (1) 1.11 Waarom is die volgende stelling ONWAAR? Die kantoor van die openbare beskermer is slegs vir private persone gestig. (1) 1.12 Waarom is die kantoor van die openbare beskermer gestig? (1)

Page 14: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

14

1.13 Dink jy dat Suid-Afrika ʼn openbare beskermer nodig het? Motiveer jou antwoord (1) 1.14 Watter twee belangrike funksies, volgens paragraaf 5, word deur die kantoor van die openbare beskermer verrig? (2) 1.15 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Die kantoor van die openbare beskermer is volgens die (parlement/ grondwet) gestig. (1) 1.16 Skryf een woord uit paragraaf 6 neer waaruit ons kan aflei dat daar nie vir die dienste van die openbare beskermer betaal word nie. (1) 1.17 Waarom, dink jy, word die mense wat klagte lê, se name vertroulik gehou? (1) 1.18 Hoe weet ons dat daar nie met die werksaamhede van die openbare beskermer ingemeng word nie. (1) 1.19 Kies die korrekte antwoord wat NIE by die volgende pas NIE. Skryf net die vraagnommer (1.19) en die letter (A-D) neer. Die kantoor van die openbare beskermer kan die volgende instellings ondersoek.

A. Nasionale regering B. Afrika regerings C. Provinsiale regerings D. Plaaslike regerings. (1)

1.20 Noem enige twee maniere hoe ʼn klag by die openbare beskermer gelê kan word. (2) 1.21. Wat beteken die kantoor van die openbare beskermer vir jou? (1)

Page 15: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

15

Teks B: Visuele teks Bestudeer die teks hieronder en beantwoord die vrae.

Page 16: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

16

1.22 Hoeveel graad 11-leerders kyk na al die verskillende sepies? (1) 1.23 Watter sepie het die meeste kykers? (1) 1.24 Kies die korrekte antwoord tussen hakies Die graad 11-leerders kyk die minste na (7de laan/Skeem Saam) (1) 1.25 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.25) en die letter (A-D) neer. Vir watter kanaal moet jy ekstra betaal?

A. DSTV B. TV 1 C. TV 2 D. ETV (1)

1.26 Waarom, dink jy, het 7de Laan net tien kykers? (1) 1.27 Hoeveel televisie-kanale is op hierdie teks? (1) Totaal Afdeling A: (30)

Page 17: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

17

OEFENING 4 AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TYDSKRIFARTIKEL

Lees die artikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

'n Klein stukkie paradys in Langa

1. Mnr. Ntsikelelo Gum (43) was nog altyd baie lief vir die natuur en hy het plante en ou emmers versamel sodat hy sy eie stukkie paradys by sy huis kon skep.

2. Ondanks sy gemeenskap se aanvanklike twyfel dat dit kán gebeur, het 'n man van

Langa ses jaar gelede vir hom 'n tuin aangelê. En vandeesweek is sy harde werk beloon toe hy aangewys is as kategoriewenner in die landwye Garden of Pride-kompetisie.

3. Nóú inspireer hy sy bure wat eens op 'n tyd so 'n pes aan sy komposmakery gehad

het. "Almal was teen die idee dat ek 'n tuin skep, maar nou dat die tuin aan die ontwikkel is, stel almal daarin belang."

4. Gum, wat voorheen werkloos was, het onlangs sy eie tuindienste-onderneming in

Langa begin en help nou ook sy bure om hul erwe te verfraai. "Dit is moeilik om in die township te werk, want hier is nie baie tuine en werk nie. Ek is 'n opkomende entrepreneur wat nog sukkel met dinge soos kwotasies, maar het my onderneming darem al gaan registreer," het hy gesê.

5. Gum sê as hy moet kies, is die bloulelie (die agapant) sy gunstelingblom. "Ek is mal

oor inheemse plante en werk glad nie met vreemde plante nie." 6. Gum het in 2017 ook aan die Garden of Pride-kompetisie deelgeneem, maar daar was

toe nog nie 'n township-kategorie nie. "Ek moes met die gevestigde, groot tuine in Constantia en sulke plekke meeding. Die beoordelaars het toe my potensiaal raakgesien en 'n kategorie vir township-tuine geskep."

7. Deel van Gum se prys is 'n reis na Engeland – sy eerste oorsese reis – waar hy die

beroemde Chelsea-blommeskou sal besoek. 8. "Dit is 'n goeie geleentheid, en ek is baie opgewonde, maar dit is ook 'n uitdaging. Ek

sal my vaardighede kan ten toon stel en met die beste in die wêreld meeding. As ek my eie stalletjie gehad het ... Sjoe, ek sou kreatief gewees het ..."

9. Volgens 'n verklaring deur die beoordelaars is Gum se tuin "uitsonderlik". "Hy het op

skeppende wyse gebruik gemaak van ou emmers en blikke wat mooi geverf is as blompotte, uitheemse bome afgekap om tuinmeubels van te maak en weggegooide plante op vullishope gered. Sodoende het hy 'n buitengewone vlak van verbeelding getoon en terselfdertyd sy liefde vir plante uitgeleef." [Aangepas uit Die Burger, 31 Maart 2018]

Page 18: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

18

LET WEL: Beantwoord AL die vrae. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.

1.1 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Volgens die opskrif is ‘n paradys ‘n (aaklige/aangename) plek om

in te woon. (1)

1.2 Hoe oud is mnr. Gum?

(1)

1.3 Waarvoor was Gum baie lief volgens paragraaf 1? (1)

1.4 In watter woongebied bly Gum?

(1) 1.5 Skryf EEN woord uit paragraaf 2 neer wat aandui dat Gum se

gemeenskap nie geglo het in sy werk nie. (1)

1.6 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.6) en

die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.6 E. Die woorde “tuin aanlê” beteken om ‘n tuin … A te bemes. B uit te meet. C te begin.

D water te gee. (1) 1.7 Hoe is Gum se werk beloon in die Garden of Pride- kompetisie

volgens paragraaf 2? (1)

1.8 Waarvoor dink jy word kompos gebruik? (1) 1.9 Verduidelik waarom die stelling hieronder ONWAAR is. Paragraaf 3.

Al die mense het hom van die begin af ondersteun om tuin te maak. (1) 1.10 Haal ‘n gedeelte van ‘n sin uit paragraaf 3 aan wat wys dat sy bure hul

siening verander het. (1) 1.11 Skryf EEN woord uit paragraaf 4 neer wat aandui dat Gum nie

voorheen ‘n werk gehad het nie. (1)

Page 19: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

19

1.12 Watter soort besigheid het Gum nou? (1)

1.13 Verduidelik waarom die stelling hieronder ONWAAR is. Paragraaf 4.

Meneer Gum help nie graag sy bure met hul tuine nie. (1)

1.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.14) en

die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.14 E. Die woord entrepreneur in paragraaf 4 beteken iemand wat ‘n … A nuwe idee begin. B ou besigheid se kwotasies doen. C besigheid registreer.

D tuin se inhoud waardeer. (1)

1.15 Van watter soort blom hou Gum die meeste?

(1) 1.16 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Die woord inheems beteken eie (aan jou land/aan die oorsese lande). (1) 1.17 Waarvoor het die kompetisie nie voorsiening gemaak in 2017 nie?

(paragraaf 6) (1)

1.18 Waarom, dink jy was die tuine in Constantia in 2017 beter kandidate

om die kompetisie te wen? (1)

1.19 Na watter land sou Gum gaan as deel van sy prys? (1) 1.20 Haal ‘n gedeelte van ‘n sin aan om te wys dat Gum nog nie oorsee was

nie? (Paragraaf 7) (1) 1.21 Skryf EEN woord uit paragraaf 9 neer wat die beoordelaars gebruik

om Gum se tuin te beskryf. (1)

1.22 Wat het Gum gebruik as blompotte? Noem TWEE. (2) 1.23 Hoe dink jy kan ‘n mens weggegooide plante (paragraaf 9) red? (1) [24]

Page 20: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

20 VISUELE TEKS: GIFTIGE PLANTE IN JOU TUIN

Teks B:

Bestudeer die tabel en die teks en beantwoord die vrae wat volg.

Naam Foto Beskrywing Giftige plantdeel

Simptome

Varkoor/Aronskelk Wit lelieagtige plant

Stele Keel swel toe

Selonsroos/ Oleander

Groen struike met wit of pienk blomme

Blomme en houtagtige dele

Hoofpyn en erge diaree

Sering

Groot bome met roomkleurige bessies

Bessies Irritasie van die spysverterings-kanaal Erge stuiptrekkings

Wolfsboontjie/ Lupien

Groen plante met wit, geel, pers blomme

Peule Koeie se kalwers word misvormd gebore

Olieboom

Groen breëblaar onkruid met wit blomme en stekelrige sade

Pitte Ernstige maag- en slymvliesont-steking wat kan lei tot die dood.

1.24 Noem die naam van die wit lelieagtige blom waarvan die stele uiters giftig is. (1) 1.25 Watter deel van die seringboom veroorsaak stuiptrekkings en irritasie van die spysverteringskanaal? (1) 1.26 Gee ‘n ander naam wat ook gebruik word vir die wolfsboontjie. (1) 1.27 Wat gebeur met koeie wat te veel sade van die Wolfsboontjie vreet? (1) 1.28 Watter woord dui aan dat die olieboom nie ‘n plant is wat jy in jou tuin sal plant nie. (1)

Page 21: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

21

1.30 Het jy enige iets uit hierdie statistiek oor giftige plante geleer? Verduidelik. (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30

Page 22: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

22

OEFENING 5

Afdeling A: Kyk- en leesbegrip Vraag 1: Tydskrifartikel Teks A Lees die volgende artikel aandagtig en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Verander Suid-Afrika – een leier op ’n slag 1 Met ’n groot tekort aan Wiskunde-onderwysers en gedurige stakings het die 16-

jarige Miranda Nyathi, ’n leerling aan die Ndzondelelo Hoërskool naby Port Elizabeth, besluit om self iets te doen. Miranda het begin om middagklasse te gee en haar maats ook op Saterdae met Wiskunde te help.

2 Sy het besef sy moet die program uitbrei om ander vakke soos Geografie en

Wetenskap in te sluit. En hoewel sy al haar vrye tyd opoffer om die klasse aan te bied, is Miranda ’n aktiewe deelnemer aan die Ubuntu Education Fund se gemeenskapsprogramme. Sy is nou ook besig om ’n Wetenskap-klub op die been te bring naby haar huis in Kwa-Zakhele, waar sy saam met haar ouma woon.

3 Op ’n vraag met wie sy graag vir een dag sal wil plekke ruil, sê sy: “Die Minister

van Onderwys, Angie Motshekga. Ek sou graag veranderinge wou aanbring as ek in haar posisie is. Ek sal na die infrastruktuur kyk en sorg dat dit bevorderlik vir leer is. Ek sal sekuriteit by skole verbeter sodat leerders veilig kan voel met beskerming teen korrupte leerders. Sy wil ook sorg dat idees om die onderwys te verbeter, uitgevoer word.”

4 Miranda gaan nou een van die leerders aan die African Leadership Academy

word. Fred Swaniker, die stigter van die skool, sê: “Afrika het ’n paar duisend Mirandas nodig om sy potensiaal te bereik.” Die skool gaan veral leerders oplei in leierskap en entrepreneurskap.

5 Die skool hoop dus om een leier op ’n slag op te lei wat oor ’n paar jaar sy of

haar kennis sal terugploeg in die land en so dan ’n verskil sal maak.

[FINWEEK, 19 Junie 2017, bl. 76. Verkort en aangepas]

1.1 Watter woord in die opskrif van die artikel sê vir ons dat sake nie dieselfde gaan bly nie? (1)

1.2 Kies die KORREKTE woord tussen hakies om die sin te voltooi.

As daar ’n tekort aan onderwysers is, beteken dit dat daar te (veel/min) onderwysers is. (1)

1.3 Gee TWEE redes waarom Miranda self besluit het om Wiskunde-klasse

te gee. (2)

Page 23: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

23

1.4 Hoe oud is Miranda? (1) 1.5 Naby watter dorp is Miranda se hoërskool? (1) 1.6 Wanneer bied Miranda Wiskunde-klasse aan? (2) 1.7 Gee een rede waarom die volgende stelling ONWAAR is. Miranda help net met Wiskunde-klasse. (1) 1.8 Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf net die vraagnommer (1.8) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.8 E. In paragraaf 2 word gesê dat Miranda ‘n klub op die been gebring het. op die been bring beteken om iets te … A begin B versorg C laat staan D leer. (1)

1.9 By wie bly Miranda? (1) 1.10 Met wie sou Miranda graag plekke wil ruil? (1) 1.11 Waarom wou Miranda met die persoon in Vraag 1.10 plekke ruil? (1) 1.12 Hoe sou Miranda leerders laat veiliger voel? (1) 1.13 Kies die woord tussen hakies wat pas.

Sekuriteit het te doen met (verbetering, beskerming, verandering). (1)

1.14 Volgens jou, wat doen leerders wat korrup is.

Noem TWEE voorbeelde. (2) 1.15 Kies die woord tussen hakies wat die beste pas.

Die stigter van die skool is die persoon wat die skool (begin, beëindig) het. (1)

1.16 Dink jy Miranda voel dat die idees om onderwys te verbeter nou uitgevoer word? Motiveer jou antwoord. (1) 1.17 Waarin gaan kandidate aan die Academy opgelei word? Noem TWEE aspekte.

(2)

Page 24: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

24

1.18 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.18) en die antwoord (A–D) neer, byvoorbeeld 1.18 E.

Hoeveel kandidate gaan op ‘n slag opgelei word? A verskeie B geen C een D tien (1) 1.19 Haal EEN woord uit paragraaf 5 aan wat bewys dat die leerders dit wat hulle by die

skool leer, eendag aan die land sal teruggee. (1) 1.20 Dink jy Miranda is ‘n goeie leerder? Motiveer jou antwoord. (1) [24] TEKS B: PRENT Bestudeer die prent en die teks en beantwoord die vrae wat volg.

1.21 Watter woord in die opskrif sê dat SA goeie herwinning doen?

(1)

1.22 Watter produk word die meeste herwin?

(1)

1.23 Watter land herwin die minste glas?

(1)

1.24 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Die % - simbool stel die (persentsie/afkorting) voor. (1)

Page 25: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

25

1.25 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.25) en die letter (A - D) neer, byvoorbeeld 1.25 D.

Die doel van die visuele teks is om vir ons te wys hoeveel herwinning van sekere produkte in … gedoen word. A die wêreld B ander lande C Suid-Afrika D die VSA

(1)

1.26 Waarom noem ons hierdie teks ‘n visuele teks? Gee EEN rede. (1)

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 26: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

26

NASIENRIGLYNE

OEFENING 1

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

VRAAG ASSESSERINGSRIGLYNE PUNT VLAK 1.1 Op baie plekke/ mens kan dit oral kry 1 3 1.2 B (kosbaar) 1 3 1.3 sodat die skepe wat speserye gaan koop in die Ooste (√) daar

kon stop vir vars kos en water (√) 2 1

1.4 Naeltjies / swartpeper / neutmuskaat / gemmer / kaneel. (Enige TWEE)

2 1

1.5 Piramide van Egipte Bybel

2 1

1.6 Kos te geur/ kos te kleur/ kos sag te maak/te bewaar / vir medisyne (Enige TWEE)

2 1

1.7 Bewaar 1 2 1.8 China,

Korea en Indië

3 1

1.9 D (Griekse) 1 1 1.10 Parfuum,

seep, skoonheidprodukte

3 1

1.11 Om mummies te balsem en lekker te laat ruik

2 2

1.12 Dit kan bose geeste weghou en die liggaam gesond hou

2 1

1.13 Monopolie 1 3 1.14 Omdat peper so duur en skaars in die ou dae was 1 3

TEKS B: ADVERTENSIE

VRAAG ASSESSERINGSRIGLYNE PUNT VLAK 1.15 Hardloop/draf/oefen 1 1 1.16.1 Energiek/gesond/gelukkig/sterk/fiks 1 2 1.16.2 Sy eet Albanybroodrolletjies. 1 1 1.17 Goedgekeur as deel van die hartstigting se eetplan.

Hoog in vesel. Ryk aan energie. Het sesame in. Dis bruinbrood.

(Enige TWEE)

2 2

1.18 B herhaling 1 3

Page 27: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

27

TOTAAL AFDELING A [30]

Page 28: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

28

OEFENING 2

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

1.1 die voordele (van ʼn leesbril wat jy oor die toonbank

koop)

(1)

1

die nadele van ʼn leesbril wat jy oor die toonbank koop (1) 1

die beskerming van jou oë.

(Enige TWEE)

1.2 Twee vrae word in paragraaf 1 gevra. (1) 3

Die skrywer weet dat die vrae wat in paragraaf 1 gevra word deur baie mense gevra word.

Mense ken nie die voor-en nadele van ʼn leesbril wat oor die toonbank gekoop word nie.

(Enige EEN of soortgelyk)

1.3 Die son se UV-strale kan...

katarakte veroorsaak. velkanker rondom jou oë veroorsaak. jou visie verdof.

(Enige TWEE)

(1) (1)

1 1

1.4 Visie is nodig vir ...

lees, fyn kyk motorbestuur.

(Enige TWEE)

(1) (1) (1)

1 1 1

1.5 Bly weg van...

die goedkoper sonbril. die sonbril sonder UV-beskerming.

(Enige EEN)

(1) 3

1.6 Werner Fourie...

is ʼn oogkundige. is ʼn kenner. werk met oë. weet waarvan hy praat. sal nie lieg nie.

(1)

4

Page 29: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

29

(Enige EEN)

1.7 (Dit kan) jou oë (meer) beskadig.

(Of soortgelyk) (1) 3

1.8 Wanneer jou oë aan sonlig blootgestel word, trek jou

pupille saam... sodat die minimum lig dit binnestroom.

(ALTWEE)

(1) (1)

3 3

minder UV-strale by jou oë ingaan. (Enige TWEE of soortgelyk)

1.9 Laat toets jou oë voordat jy ʼn sonbril aanskaf. (1) 3

Maak seker jou voorskrif-sonbril het UV-beskerming. (Enige EEN of soortgelyk)

1.10 1.10.1 (Dit is) ligter. (1) 1 1.10.2 (Dit) breek nie. (1) 1 1.11 ʼn Sonbril oor die toonbank is goedkoper.

Jy hoef nie vir ʼn oogtoets te gaan nie. Dit is oral beskikbaar. Dit is een-grootte-pas-almal.

(Enige EEN of soortgelyk)

(1) (1)

3 3

1.12 die bril is gemaak om vir almal te pas. (1) 3 1.13 C

Rooikappie C Rooikappie (Enige EEN)

(1)

1

1.14 Dit word ook gebruik om op die rekenaar se skerm te sien.

(Of soortgelyk)

(1)

3 My oë sal rooi wees.

Ek sal hoofpyn hê. Ek sal naar wees. Ek sal dowwe visie hê.

(Enige TWEE of soortgelyk)

(1)

4

Page 30: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

30

1.16 C Rooikappie C Rooikappie (Enige EEN)

(1)

3

1.17 Graad 12-leerders...

sal die regte keuse maak wanneer hulle ʼn bril koop. hou van sonbrille. dink dat dit koel is om ʼn bril te dra. Loop baie en die son.

(Enige EEN of soortgelyk)

(1)

5

TEKS B: VISUELE TEKS

1.18 mans en vroue manlike en vroulik beide geslagte

(Enige EEN)

(1)

1

1.19 Mangaung (1) 2

1.20 16% korter (as in spitstyd) (1) 3

1.21 Baie mense ry met hulle eie motors. Hulle openbare verkeerstelsel is nie so goed nie. Hulle infra-struktuur nie so goed nie. Daar is nie baie busdienste nie.

(Enige EEN of soortgelyk)

(1)

4

1.22 spoorlyne ontwikkel wat ondergronds ry.

meer busdienste ontwikkel.

goedkoop/bekostigbare busdienste en treine kry,(sodat

mense hulle motors by die huis los.)

(Enige TWEE of soortgelyk)

(2)

5

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 31: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

31

OEFENING 3

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Vraag Moontlke antwoord/e Punt Denkvlak 1.1 Advokaat Busisiwe Joce Mkhwebane.

1 1

1.2. Die president van die Republiek van S.A Die President President Jacob Zuma

1 1

1.3 16 Oktober 1 1

1.4. Bethel. 1 1 1.5 Mpumalanga 1 1

1.6 Die kantoor was die openbare beskermer is vir almal

1 2

1.7. A Prokureur

1 2

1.8 Sy het haar studies by die Universiteit van Johannesburg voortgesit.

1 2

1.9 Om te wys dat sy vir die pos kwalifiseer. Om te wys dat sy ‘n bekwame persoon is.

1 3

1.10 Twintig jaar 20 jaar

1 1

1.11 China 1 1

1.12 ‘n ander land 1 2

1.13 Om mense se klagtes/probleme te ondersoek. 1 2

1.14 Ja, om korrupsie hok te slaan. Om weerlose mense teen die staat te beskerm. Om seker te maak dat die land reg bestuur word. Nee, dit sal die staat baie geld kos. Partydige mense sal aangestel word.

1 3

1.15 Kan remediërende stappe aanbeveel. Kan verslae uitreik.

2 2

1.16 grondwet 1 1

1.17 Gratis 1 1 1.18 Sodat hulle nie geïntimideer kan word nie.

Sodat hulle nie omgekoop kan word nie.

1 3

1.19 Die openbare beskermer is onafhanklik. 1 2

1.20 B-Afrika regerings. 1 2

1.21 Praat direk met die amptenaar Skryf na helle se werk . Kontak jou parlementslid.

(enige twee)

2 1

Page 32: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

32

1.22 Om demokrasie instand te hou. Om weerlose mense meer mag te gee. Om staatsbronne te beskerm. (Enige twee)

1 3

1.23 Honderd 100

1 2

1.24 Generations 1 1

1.25 Skeem Saam 1 1

1.26 A Generation en Scandal

2 2

1.27 Min mense kyk na 7de laan.

mense hou nie van 7de laan nie

Omdat dat dit miskien ‘n Afrikaans sepie is.

1 3

Totaal Afdeling A 30

Page 33: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

33

OEFENING 4

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: ‘n Klein stukkie paradys in Langa.

VRAAG

ANTWOORD

PUNT

DENK-

VLAK

(Barret)

1.1 aangename 1 3

1.2 43/drie en veertig 1 1

1.3 Die natuur 1 1

1.4 Langa 1 2

1.5 twyfel 1 3

1.6 C

C – te begin

te begin

(Enige EEN)

1

3

1.7 Hy was die kategoriewenner. 1 1

1.8 Dit word in die grond ingewerk sodat plante goed kan groei.

(Of soortgelyk)

1

4

1.9

Almal was teen die idée dat hy ‘n tuin skep

Die mense het nie gedink dat hy ‘n tuin kan maak nie.

(Of soortgelyk)

1

3

1.10 stel almal daarin belang 1 3

1.11 werkloos 1 2

1.12 ‘n tuindienste-onderneming 1 1

1.13 Hy help sy bure om hul erwe te verfraai.

Hy help sy bure om hul tuine mooi te maak.

(Of soortgelyk)

1

2

Page 34: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

34

1.14 A

A – nuwe idee begin

nuwe idee begin

(Enige EEN)

1

3

1.15 Die bloulelie/agapant 1 1

1.16 aan jou land 1 3

1.17 ‘n Township-kategorie 1 2

1.18 Hul het beter hulpmiddels, water ens.

Die mense het meer geld om plante aan te koop.

Hul het gevestigde tuine.

(Enige EEN of soortgelyk)

1

4

1.19 Engeland 1 1

1.20 sy eerste oorsese reis 1 3

1.21 uitsonderlik 1 1

1.22 Emmers en blikke 2 1

1.23 Plant die plante in die grond.

Gee die plante water.

(Enige EEN of soortgelyk)

1

5

TOTAAL: [24]

TEKS B: VISUELE TEKS

1.24 Varkoor/Aronskelk 1 3

1.25 Bessies 1 3

1.26 Lupien 1 3

1.27 Hulle kalwers word misvorm gebore. 1 3

1.28 onkruid 1 3

1.29 Ja.

Ek het gesien hoe giftige plante lyk.

Page 35: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

35

Ek het geleer om nie enige plant in my tuin te plant nie.

Nee.

Ek stel nie belang in plante nie.

(Enige EEN of soortgelyk)

1

5

TOTAAL AFDELING A: [30]

Page 36: AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Graad 11 ...taalarsenaal2.yolasite.com/resources/Afr TAT Gr 11... · van die seeroete na Indië en die stigting van ʼn verversingspos aan die Kaap

36

OEFENING 5

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

AFDELING A: BEGRIPSLEES TEKS A: LEESTEKS VRAAG ANTWOORD PUNT VLAK

1.1 Verander 1 1 1.2 min 1 3 1.3 Tekort aan onderwysers

Gedurige stakings

2

2

1.4 16/sestien 1 1 1.5 Port Elizabeth 1 1 1.6 Middagklasse

Saterdae

2 1

1.7 Sy help ook met Geografie en Wetenskap-klasse 2 1 1.8 A/ begin 1 3 1.9 Haar ouma 1 1

1.10 Minister van Onderwys/Angie Motshekga 1 1 1.11 Sy sou veranderinge aanbring in die onderwys 1 3 1.12 Sy sou sekuriteit verbeter 1 1 1.13 beskerming 1 3 1.14 Hulle steel.

Hulle koop en gebruik dwelms. (Of soortgelyk)

1 1

5

1.15 begin 1 3 1.16 Nee, sy wil ook sorg dat idees om die onderwys te verbeter,

uitgevoer word. (OF soortgelyk)

1

4

1.17 Leierskap Entrepreneurskap

1 1

1

1.18 C/een 1 3 1.19 terugploeg 1 3 1.20 JA Sy help ander mense/ gee ekstra klas.

Stig ‘n klub NEE Sy werk te veel (OF soortgelyk)

1

5

SUBTOTAAL: 24 TEKS B: VISUELE TEKS

1.21 voorlopers 1 3 1.22 Koeldrank- en bierblikkies 1 3 1.23 VSA 1 3 1.24 persentasie 1 3 1.25 C/ Suid-Afrika 1 3 1.26 Daar is nie baie woorde om te lees nie.

‘n Mens sukkel nie met moeilike woorde nie. Daar is prentjies waarmee jy inligting kan sien. (Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)

1

5

SUBTOTAAL: 6 TOTAAL AFDELING A: 30