afrikaanse kerke kláár met anc

3
TUSSENKERKLIKE RAAD (SEDERT 1943) OPE BRIEF AAN DIE ANC 1 Junie 2015 Geagte mnr Mantashe en lede van die ANC-leierskap Insake die ANC-uitnodiging tot gesprek op 9 Junie 2015 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK), Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) en die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) het kennis geneem van u uitnodiging om op Dinsdag 9 Junie 2015 met die leierskap van die African National Congress (ANC) in gesprek te tree. Ons het daarvan kennis geneem dat die uitnodiging ook aan ander Afrikaanse burgerlike organisasies gerig is. Die drie Kerke het besluit om nie individueel op die uitnodiging te reageer nie, maar wel gesamentlik deur middel van die Tussenkerklike Raad (TKR). Sedert 1943, met die totstandkoming van die Interkerklike Kommissie, is die NGK, NHKA en GKSA formeel met mekaar in gesprek. Die eenheid wat tussen die Kerke bestaan, word sigbaar in gestruktureerde samewerking op verskillende terreine, onder andere in ons openbare getuienis. Sedert 2004 word die Kerke se gesamentlike optrede en getuienis deur die TKR gekoördineer. Alhoewel n baie groot deel van hierdie drie Kerke se lidmate uit Afrikaanse en blanke lidmate bestaan, het ons ook lidmate uit ander taal-, kulturele en etniese gemeenskappe. Ons is nie maar net deel van die Afrikaanse burgerlike samelewing nie. Die TKR het na ontvangs van u uitnodiging by verskeie geleenthede besin oor deelname aan die gesprek. Ons is diep bewus van die kerk se profetiese roeping. Die kerk móét getuig van die versoening in en deur Jesus Christus en die implikasies daarvan vir die Suid-Afrikaanse

Upload: netwerk24

Post on 17-Sep-2015

6.682 views

Category:

Documents


21 download

DESCRIPTION

’n Groep voorste Afrikaanse kerke het onttrek aan ’n beplande vergadering met die ANC omdat die “morele ineenstorting” van die regering ’n sinvolle gesprek onmoontlik maak.

TRANSCRIPT

  • TUSSENKERKLIKE RAAD

    (SEDERT 1943)

    OPE BRIEF AAN DIE ANC

    1 Junie 2015

    Geagte mnr Mantashe en lede van die ANC-leierskap

    Insake die ANC-uitnodiging tot gesprek op 9 Junie 2015

    Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK), Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

    (NHKA) en die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) het kennis geneem van u

    uitnodiging om op Dinsdag 9 Junie 2015 met die leierskap van die African National Congress

    (ANC) in gesprek te tree. Ons het daarvan kennis geneem dat die uitnodiging ook aan ander

    Afrikaanse burgerlike organisasies gerig is. Die drie Kerke het besluit om nie individueel op

    die uitnodiging te reageer nie, maar wel gesamentlik deur middel van die Tussenkerklike

    Raad (TKR).

    Sedert 1943, met die totstandkoming van die Interkerklike Kommissie, is die NGK, NHKA

    en GKSA formeel met mekaar in gesprek. Die eenheid wat tussen die Kerke bestaan, word

    sigbaar in gestruktureerde samewerking op verskillende terreine, onder andere in ons

    openbare getuienis. Sedert 2004 word die Kerke se gesamentlike optrede en getuienis deur

    die TKR gekordineer.

    Alhoewel n baie groot deel van hierdie drie Kerke se lidmate uit Afrikaanse en blanke

    lidmate bestaan, het ons ook lidmate uit ander taal-, kulturele en etniese gemeenskappe. Ons

    is nie maar net deel van die Afrikaanse burgerlike samelewing nie.

    Die TKR het na ontvangs van u uitnodiging by verskeie geleenthede besin oor deelname aan

    die gesprek. Ons is diep bewus van die kerk se profetiese roeping. Die kerk mt getuig van

    die versoening in en deur Jesus Christus en die implikasies daarvan vir die Suid-Afrikaanse

  • samelewing, onder andere die handhawing van reg, geregtigheid en menswaardigheid.

    Daarom het die TKR aanvanklik besluit om die uitnodiging tot gesprek te aanvaar.

    Die jongste verwikkelinge rondom die Nkandla-verslag het die TKR genoodsaak om sy

    deelname aan die gesprek van 9 Junie te heroorweeg. Die misbruik van regeringsinstellings

    om die persoonlike verryking van pres Zuma vanuit openbare fondse te kondoneer en hom

    van persoonlike aanspreeklikheid te vrywaar, is na ons mening immoreel en bevorder

    sistemiese korrupsie in staatsinstellings. Die ANC se gebrek aan morele leierskap met di

    aangeleentheid bemoeilik die komende gesprek, omdat die TKR slegs op grond van bepaalde

    morele uitgangspunte met u in gesprek sou kon tree. Wedersydse erkenning van basiese

    morele uitgangspunte is na ons mening noodsaaklik vir enige toekomstige gesprek tussen die

    ANC, kerke en burgerlike organisasies. In die lig hiervan het die TKR besluit om nie u

    uitnodiging tot gesprek te aanvaar nie.

    Die TKR is diep verontrus oor die morele ineenstorting wat die afgelope tyd toenemend in

    staatsinstellings sigbaar word. Die TKR is verder bekommerd oor die ANC-regering se

    onwilligheid om die morele krisis met konkrete handelinge aan te pak. Voorbeelde wat die

    huidige moraliteitskrisis illustreer, is die volgende:

    Xenofobiese uitsprake teenoor minderheidsgroepe in Suid-Afrika, onder andere

    wanneer ANC-leiers na sulke groepe verwys as the other, colonialists of a special

    kind en die oorsaak van al die probleme in Suider-Afrika sedert 1652.

    Uitsprake van ANC-leiers ondermyn grondwetlike meganismes soos die Openbare

    Beskermer.

    Minagting van uitsprake van die hof bring die onafhanklike funksionering van die

    regbank en die bestaan van Suid-Afrika as regstaat in die gedrang.

    Politieke inmenging en magsmisbruik in burgerlike organisasies en semi-

    staatsinstellings is aan die orde van die dag.

    Die TKR is diep verontrus oor ANC-uitsprake wat die gesag van die Grondwet van Suid-

    Afrika, ingeslote die Handves van Regte, ondermyn. Die huidige morele krisis lei tot

    gebrek aan inklusiewe taal en sosiale kohesie, die stelselmatige agteruitgang van

    infrastruktuur, toename in rassekonflik, sistemiese korrupsie en swak administrasie wat onder

    andere die lewering van maatskaplike en ander dienste aan die armstes van die armes ernstig

    benadeel.

  • Die TKR beplan om die gesprek oor moraliteit en integriteit met ander kerke in Suid-Afrika,

    ekumeniese liggame asook burgerlike organisasies voort te sit en hulle op te roep tot

    mobilisering in di verband.

    Die TKR sou bereid wees om met die ANC in gesprek te tree indien bogenoemde sake

    wesenlike deel van die agenda sal uitmaak en die gesprek met ons as Kerke plaasvind. Ons

    wil u graag in di verband uitnooi.

    Vriendelike groete

    Prof Nelus Niemandt en dr Kobus Gerber namens die Nederduitse Gereformeerde Kerk

    Dr Wim Dreyer en ds Leon Geel namens die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

    Ds Cassie Aucamp en prof Nico Vorster namens die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika