526 1. waar daar liefde is, en deernis, waar daar liefde is, daar is god die heer

Post on 12-Jan-2016

231 Views

Category:

Documents

3 Downloads

Preview:

Click to see full reader

DESCRIPTION

526 1. Waar daar liefde is, en deernis, waar daar liefde is, daar is God die Heer. 2. Ubi caritas et amor Ubi caritas Deus ibi est. 523 1. Goddelike liefdebande bind in Jesus mense saam, bind uit alle wêreldlande die verlostes in sy Naam: één in gees, geloof en doop, - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

5261. Waar daar liefde is, en deernis,

waar daar liefde is,daar is God die Heer.

2. Ubi caritas et amorUbi caritas Deus ibi est.

5231. Goddelike liefdebande

bind in Jesus mense saam,bind uit alle wêreldlandedie verlostes in sy Naam:

één in gees, geloof en doop,één in keuse, liefde, hoop.

4. Laat ons liefde en gebedevir mekaar ons hegter bind.

As Hy kom, die vors van vrede,mag Hy ons só werksaam vind.Kom, ja kom, so roep die bruid

en die Gees verlangend uit.

5241. God roep ons om met woord en daad,

vir Hom te leef en werk.Hy roep ons deur sy Woord en Gees

en maak van ons sy kerk.Hy kies, bewaar en onderhou;

Hy inspireer en bou.Geloof wat deur die liefde werk,hou aan, bly groei, maak sterk.

3. Ek hoor U roep; ek ken u stem;ek luister na u woord.

Laat, Here, ons gehoorsaam wees,U dien soos wat dit hoort.

Waar kan 'n groter vreugde wees,o Vader, Seun en Gees?

Deur omgee en met uitreik, Heer,gaan ons met blydskap voort.

5321. Ons Vader, neem ons hande

en maak ons een.Versterk u self die bande -

gee ons u seën.Bind ons in u genade aan U, o Heer,

en leer ons om met dade u Naam te eer.

3. Leer ons mekaar vergewe,mekaar vertrou.

Laat ons die hele leweop liefde bou.

Laat heers oor ons u vrede,en bind ons saam.

Verhoor tog ons gebedein Jesus Naam.

2121. Loof die Heer, Hy is goed,

loof sy heilige Naam;laat alles in die groot heelal

die Here loof. 

Ek wil die Here loof(ek wil die Here loof),loof met my hele hart

(loof met my hele hart)Hy gee hul wat roep,

weer nuwe krag.

2. Hy't my sonde vergeefen Hy maak my sy kind -

laat alles in die groot heelaldie Here loof.

 Ek wil die Here loof

(ek wil die Here loof),loof met my hele hart

(loof met my hele hart)Hy gee hul wat roep,

weer nuwe krag.

3. Loof, o hemel, die Heer,al die engele saam -

laat alles in die groot heelaldie Here loof.

 Ek wil die Here loof

(ek wil die Here loof),loof met my hele hart

(loof met my hele hart)Hy gee hul wat roep,

weer nuwe krag.

Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons

geregverdig kan word uit die geloof.

Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n

tugmeester nie.

Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus

Jesus Gal 3:24 - 26

Gal 6 : 1 - 10

MEKAAR

Basis

• Aanvaar mekaar (Rom 15:7)• Verdra mekaar (Efes 4:2)

Liefde in praktyk• Leef in vrede met mekaar

(Kol 3:15b)

• Wees onderdanig aan mekaar

(Efes 5:21)

• Vergewe mekaar (Kol 3:13)

• Wees lief vir mekaar (Kol 3:14)

• Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar (Efes 4:32)

Gee om• Dien mekaar (Gal 5:13)

• Dra mekaar se laste (Gal 6:2)

• Sorg vir mekaar (1 Kor 12:25)

• Help mekaar (1 Pet 5:5)

• Sien om na mekaar (Heb 10:24)

• Praat mekaar moed in (1 Tess 5:11)

• Spoor mekaar aan (Heb 10:24)

Sondes

• Bely sondes teenoor mekaar (Jak 5:16)

Gebed

•Bid vir mekaar (Jakobus 5:16)

Groei

• Leer en onderrig mekaar (Kol 3:16b)

Sou jy dit graag wou beleef ?

Sou jy dit vir ander wou moontlik maak?

Alles wat julle wil hê dat die mense

aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle

doen. Dit is tog waarop dit neerkom

in die wet en die profete.

Matt 7:12

Waar sou dit kon gebeur?

Kerk - erediens

Werk

Huis

Sportklub

Die kleingroep is die plek waar dit

by uitnemendheid kan gebeur!

Wat gebeur in diekleingroep?

MENS

WêRELD

GOD

MENS

Die mekaar-opdragteis aan die

gelowiges gegee

Wil jy dit nie oorweeg om deel te

wees van ‘n kleingroep nie?

Die Twaalf Artikels

Ek glo in God die Vader, die Almagtige die Skepper van die hemel

en die aarde.En in Jesus Christus, sy eniggebore

Seun, ons Here;wat ontvang is van die Heilige Gees,

gebore is uit die maagd Maria;

wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is

en ter helle neergedaal het;wat op die derde dag weer opgestaan

het uit die dode;Wat opgevaar het na die hemel en sit

aan die regterhand van God, die almagtige Vader,

van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf

het.

Ek glo in die Heilige Gees.Ek glo aan 'n heilige algemene,

Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;

die vergewing van sondes;die opstanding van die vlees en 'n

ewige lewe.

Gebed

MENS

WêRELD

GOD

MENS

5231. Goddelike liefdebande

bind in Jesus mense saam,bind uit alle wêreldlandedie verlostes in sy Naam:

één in gees, geloof en doop,één in keuse, liefde, hoop.

2. Ja, 'n groot verloste skaresien ons op sy roepstem kom;groter groei dit met die jare:

alle volke huldig Hom!Kinders by hul Vader tuis -vreugde, oral, vul sy huis!

3. Groot is sy geduld en liefde -Jesus Christus, God en mens.In ons wek Hy naasteliefde -stuur ons na ons medemens.

Mense eensaam, honger, naak,dié kom Hy ons naastes maak.

4. Laat ons liefde en gebedevir mekaar ons hegter bind.

As Hy kom, die vors van vrede,mag Hy ons só werksaam vind.Kom, ja kom, so roep die bruid

en die Gees verlangend uit.

top related