die kosmos - sawa€¦ · in die deur kom hy tot stilstand. hy kyk na al die netjies geklede...
Post on 23-Aug-2020
4 Views
Preview:
TRANSCRIPT
DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 18
Die KOSMOS
Jaargang 35 Uitgawe 5 Januarie 2014
Jaargang 35 uitgawe 6 Februarie 2013
IN DIE PYPLYN
FONDSINSAMELING
Ons beplan ‘n fondsinsameling projek om meer geld in te samel vir ons
35ste verjaarsdagviering met ons AJV in Augustus. Kom deel in die pret!
Lees meer daaroor later in die jaar.
SOETDORING KAMP BESOEK
Ons kamp in Mei maand by Soetdoring en het die afgelope naweek die oord
besoek. Hier is ‘n paar fotos net om julle lus te maak vir kamp. Maak asb ‘n
aantekening in jul dagboek hiervoor !
DIE KOSMOS BLADSY 2 VAN 18
OORDENKING
WAARIN DIE KRAG IS
LEES: Efesiërs 2: 11 – 18: “Julle wat vroeër ver
van God gelewe het, het nou naby gekom deur
die bloed van Christus. Christus is ons vrede…
(13,14).”
Roy McClain vertel hoe `n bekende advokaat in
een van Suid-Amerika se strate deur `n bedelaar genader word vir `n aalmoesie. Die advokaat kyk skerp in die ongeskeerde gesig en sê dan: “Ken ek jou nie van iewers af nie?” Die bedelaar antwoord: “Jy behoort. Ek is jou ou klasmaat. Onthou, tweede vloer, Old Main Hall.” “Natuurlik, Sam, verseker onthou ek jou.” Sonder `n verdere woord skryf die advokaat `n groot tjek vir hom uit. Die storie sê $100, maar dit is baie jare gelede en in ons geldwaarde, moes dit `n groot bedrag gewees het. “Neem dit,” sê die advokaat. “Ek gee nie om wat met jou gebeur het nie, maar neem hierdie geld en gaan kry vir jou iewers `n nuwe begin.” Trane kom in die bedelaar se oë en hy stap na die regte bank toe. In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na sy eie vuil toiïngs. Sy moed begewe hom. “Hulle sal dit nie van my aanvaar nie,” dink hy. “Hulle sal dink ek het dit vervals. Ek pas nie hier nie.” Hy draai weg. Die volgende dag loop hy en die advokaat mekaar weer raak. “Wat het nou gebeur, Sam?” roep die advokaat uit. “Wat het jy met my tjek gemaak? Het jy die geld weggedobbel of weggedrink?” Sam trek die tjek uit `n binnesak uit en wys dit vir die advokaat en vertel hom hoekom hy dit nie ge-wissel het nie. “Kyk, my vriend,” sê die advokaat ernstig. ”Wat daardie tjek waarde gee is nie jou voorkoms of klere nie. Dit is my handtekening! Gaan nóú dadelik en wissel daardie tjek.”
Dit is die krag van óns redding en óns nuwe lewe: Jesus se handtekening op die tjek van God se genade – sy bloed wat Hy aan die kruis gestort het. Die Heilige Gees bring God se vergifnis, die reiniging van Jesus se bloed, en die nuwe geestelike lewe, in ons lewens in, op grond van Jesus se kruisdood. Ons swakheid, ons onrein-heid, ons skandes kan dáárdie krag nie kanselleer nie.
Geskryf deur Manie Colyn
INHOUDSOPGAWE
Voorblad Nuus............................1
Oordenking……….…............…..2
Redaksie………..…………..........3
Van die Voorsitter………..….......3
Voogdelys…………….….…........4
Verjaarsdae……………...............5
Huweliksherdenkings…..............5
Lief en Leed................................5
Terugvoer vanaf NUB.................6
Lekkerbek……..….……...…........7
Streeks Baadjies.........................8
Voorraad.....................................8
Uit God se Apteek.......................9
Uit die Natuur………………..….10
Saamtreknuus……….…...........11
Blokkiesraaisel..........................13
Tegnies.....................................14
Tieners......................................15
Senior Burgers..........................16
Kleuters……………...…….…....17
Jaarprogram………..………......18
DIE KOSMOS BLADSY 3 VAN 18
‘n PAAR WOORDE
VAN ANDRE
Dagsê Vriende
Die nuwe jaar het begin en is al
klaar ‘n maand oud. Ja nee, tyd
staan nie stil nie.
Ons eerste kamp van die jaar was
groot pret en ek dink almal wat
saam gekamp het, het dit terdeë
geniet. Die kamp het plaasgevind
gedurende Januarie by Tamboti
Vreugde. Daar 7 waens en drie
tente en lekker nat weer. Maar dit
het ons nie gekeer om lekker te
kuier nie.
Ek en Marianne moes ook oop
NUB toe gaan die naweek
daarna, so ons is nou al goed
ingelyf vir kamp die jaar.
Ons volgende klamp is by Loskop
dam 21-23 Februarie so ek hoop
om julle daar te sien. Kom ons
maak 2014 ‘n jaar van lekker
kamp en ‘n jaar waar ou vriende
weer mekaar ontmoet by ‘n kamp,
dis immers hoekom ons aan
SAWA behoort, om saam te kan
kuier.
Sien julle by die volgende kamp
Vriendelike Groete
Andre Erasmus
REDAKSIE
Hallo Sawanante
Ek hoop julle nuwejaars voornemens
het gehou en nie by die eerste
heuweltjie gesneuwel nie! Byt vas!
Nou ja, die eerste maand van 2014
is verby en ons het ons eerste kamp
vir die jaar gehad. Ons was nogal 7
waens wat by die kamp was en dit is
nogal ‘n oulike kampplek. Daar was
tot ouens van Country Life tydskrif
wat ons besoek het. Ons gaan dalk
in die tydskrif verskyn – so kyk uit
daarvoor!
Ek het op die voorblad een van ons
kampe vir die jaar ingesit. Julle kan
gerus die kamp kom bywoon. Lyk
nogal heel prettig daar. So maak ‘n
aantekening in julle dagboeke.
Nog ‘n kamp wat julle kan aanteken
is die Presidente in April wat by
Klipdraai gaan plaasvind. Kom help
asb met die kamp en kom deel in die
pret wat hulle beplan. Hoe meer,
hoe beter. Nog meer belangrik is die
AJV wat in Augustus beplan word.
So maak asb ‘n groot aantekening in
jul dagboek daarvoor!
Ek hoop ons sien jul by die volgende
kamp!
Marianne
DIE KOSMOS BLADSY 4 VAN 18
VOOGDELYS
Andre en Marianne Erasmus (Tel Andre 0833007706; Marianne 0828902019) e-pos Adres: erasmums@gmail.com; Straatadres: Middelbultstr 25, Secunda
Martiens en Alta Grobler (Tel Martiens 0824668110; Alta 0812708916) e-pos Adres: maralt@telkomsa.net; Straatadres: Kleynstraat 2, Secunda
Johan en Karin Burger (Tel Johan 082 923 5614) e-pos Adres: johan.burger@telkomsa.net; Straatadres: Vermeerstraat 18, Secunda
David en Rea van As (Tel David 071 867 0129) e-pos Adres: dawid.vanas@sasol.com; Straatadres: Waterberg straat 9, Secunda
John en Yolanda Brummer (Tel Yolanda 079 883 6226) e-pos Adres: Yolanda.brummer@worleyparsons.com; Straatadres: Waterson straat 11, Secunda
Andre en Annemarie Fourie (Tel Annemarie 082 852 0657 ) e-pos
Adres: Annemarie.fourie@sasol.com; Straatadres: Krokodilrivierstr 7,
Secunda
Lance & Retha Batts; Hennie & Monica Oosthuyzen; Gregor & Ria van Deventer; Paul & Anriëtte van Schalkwyk; Neil & Henriëtte van Wyk en Henry Viviers
Kobus & Annatjie Bester; Peet & Elsie Jonker; Corné
& Christa Thirion; Chris & Thiana Bornman; Alta van
Heerden en Peter & Vernice Richard
Francis & Marlize Hodgeman; Edwin & Rene Sieberhagen en Francois & Mariane Ueckermann en Johan & Magda van Dyk
Ronnie & Magda Moorcroft; Theo & Elize Saayman;
Frans & Ohna Steyn; Brad & Astrid Blake en Neil &
Marietta Parks
Nico Botha; Danie & Annelie Meyer en Sakkie &
Gretha Mocke en Gerhard & Ankia van Niekerk
Jacques Fourie; Pierre Fourie; Div & Bella de Villiers;
Wimpie & Rita Meintjes; Gert & Lena van Rensburg
DIE KOSMOS BLADSY 5 VAN 18
VERJAARSDAE
Februarie
13 – André Fourie 26 – Sakkie Mocke
HUWELIKSHERDENKINGS
Januarie
01 - Hanco Meintjes 02 – Vernice Richard 05 – Ronnie Moorcroft 05 – Gert van Rensburg 07 – Jacques Fourie 17 – Frans Steyn 19 – Alta Grobler 25 – Nicola Saayman 27 – Christa Thirion 29 – Johan van Dyk 30 – Rene Sieberhagen 30 – Henriette van Wyk
30 - Martiens Grobler
LIEF EN LEED
LEED
Dit is wonderlik om te noem
dat ons nie bewus is van
enige leed in ons streek nie.
Miskien is ons dalk net on-
ingelig, of miskien is ons net
geseënd?
LIEF
Baie geluk aan Andre en Annemarie
Fourie wat hul 36 ste huweliks-
herdenking gevier het die 10de
Desember.
Andre Erasmus is verkies as die
gebieds Penningmeester.
Michele Parks het ‘n rekord gebreek
in middelafstand atletiek.
Februarie
01 – Ronnie & Magda Moorcroft 02 – Gregor & Ria van Deventer 14 – Francis & Marlize Hodgman
Januarie
02 - Chris & Thiana Bornman
03 - Peet & Elsie Jonker
DIE KOSMOS BLADSY 6 VAN 18
TERUGVOER VANAF DIE NUB
Oop NUB gehou te Koppisol die naweek van 31 Jan – 2 Feb 2014
Net n paar gedagtes en terugvoer vannaf die NUB van 01 Februarie 2014:
Ons moet trots wees op ons amptelikke SAWA drag en embleme en nie
sommer net weggee aan enige persoon, of los op die woonwa as ons dit
verkoop nie. Daardie persone dra nie SAWA se belange op hul hart nie en skep
‘n valse beeld aan die publiek.
Stuur asseblief jul bydraes aan die SAWA webwerf. Raak betrokke en stuur
enige nuus of storie of wat ook al betrekking het tot kamp aan Diana Fourie.
Daar gaan ‘n senior burger toer wees net ná die Presidente na die Oos Kaap.
Enige een is welkom. Kontak gerus ons President, Nico Spaumer vir verdere
inligting.
Besprekings vir die Presidente 2014 is oop. Kontak gerus vir Juliana of jou voog
as U belangstel om saam te kamp gedurende die Paas naweek te Klipdraai.
(Jukskei word bygevoeg gedurendre die boeresport daai naweek ek dink ons
moet ‘n span inskryf)
Dan het ons ook die nuus ontvang dat ons Nasionale Voorsitter, Jurie Dreyer en
die nasionale Sekretaris Willie Bronkhorst, albei kennis gegee het dat hulle gaan
uittree uit hulle poste die jaar by die kongres na vele jare se diens op
dagbestuur. Sterkte aan albei en ons sê baie dankie vir hulle waardevolle en
wonderlikke bydrae gedurende hul jare op dagbestuur.
Daar gaan weer ‘n groot TV, ysmasjien en hoëtrou stel uitgeloot word die jaar.
Die trekking sal plaasvind gedurende 2014 se Kongres. Koop gerus vir julle ‘n
paar kaartjies, kontak julle voog of vir my as u belangstel.
SAWA groete
Andre Erasmus
Hier kamp ons
saam met Andre en
Peet van Luiperds
gedurende oop
NUB by Koppisol
DIE KOSMOS BLADSY 7 VAN 18
LEKKERBEK – Hawermout Piesangbrood
Resep uit Liplekker – Ingestuur deur Frika
BESTANDELE: 2 eiers 250 ml sagte bruinsuiker 50 ml sonneblomolie 50 ml heuning 250 ml hawermout 375 ml koekmeel 5 ml bakpoeier 2 ml sout 5 ml gemengde speserye 125 ml melk 3 oorryp piesangs, baie fyn gedruk 15 ml vars suurlemoensap METODE: Stel die oond op 180 grade C. Smeer groot of 2 kleiner broodpanne/muffinpanne baie goed met botter of margarien of bespuit met kleerwerende middel. Klits die eiers, suiker, olie en heuning saam tot dit goed gemeng is. Gooi die hawermout, meel, bakpoeier, sout, speserye em melk by en meng dit goed. Roer die piesangs en suurlemoensap by. Skep die beslag in die broodpan of panne en bak dit 45 minute tot goudbruin en gaar. Laat dit rukkie in pan afkoel en keer dit op draadrakkie uit om heeltemal af te koel
DIE KOSMOS BLADSY 8 VAN 18
STREEKS BAADJIES
Sawanante
Ons is baie opgewonde oor die nuwe baadjies vir die die Streek. Sien foto onder.
Plaas asseblief so gou moontlik jul bestellings by Martiens en Alta Grobler
S - L XL – 2XL 3XL – 5XL
Mens All weather jacket
R 250
Ladies All weather jacket
Bogenoemde prys sluit die koste van die borduur uit. Kontant met alle bestellings
asb.
VOORRAAD
Voorraad Beampte: Annemarie Fourie
Sweetpakke Boshoed Sirkel & Snorre Windjakker Windjakker (Waterdig) Oosvaalhemde Oosvaalpette Alle verkope – Kontant met bestelling
Ons beplan om ‘n nuwe
streeks hempie vry te
stel. Sal julle op hoogte
hou!
DIE KOSMOS BLADSY 9 VAN 18
UIT GOD SE APTEEK – Hawermout
Artikel uit TUISAPTEEK van Anna Eksteen
Hawermout is een van die beste bronne van inositol wat uitstekend is vir bloedcholesterolvlakke.
Hawermout is hoog aan oplosbare vesel wat hardlywigheid teenwerk en dit stel energie stadiger vry, wat jou lus na kos beheer.
Volgens 'n bekende voedingkundige Sally-Ann Creed is hawermout 'n anti-depressant wat stres en senukwale op 'n natuurlike manier kan behandel. Dit help om jou bloedsuiker stabiel te hou, wat gemoedskommelinge voorkom.
Dit bevorder die produksie van die hormoon asetielcholien, wat swak konsentrasie en spanning teenwerk.
Dit voorsien jou van sink, magnesium, yster en vitamien E en die B-vitamiene, wat help om bene en tande sterk te maak en uitstekend is vir die herstel en vernuwing van velweefsel.
Studies het getoon dat hawermout ook blykbaar die seksdrang aanwakker. Blykbaar aktiveer hawermout die manlike sekshormoon testosteroon.
Dit versterk jou bene en tande.
Dit is goed vir diabete en hoë suikervlakke in die bloed.
UIT GOD SE APTEEK – Kiwivrug
Artikel uit TUISAPTEEK van Anna Eksteen
DIE KOSMOS BLADSY 10 VAN 18
UIT DIE NATUUR - Die Langbeen Korhaan
Uit: Wikipedia
The Black-bellied Bustard is 58–65 cm (23–26 in) long. The bill and legs are dull
yellow. The male's upperparts have black and brown marks on a tawny buff
background; the underparts are black. The head is boldly patterned with black, white
and buff. The neck, long and thin for a bustard, is buffy brown with a thin black line
down the front that joins the black breast. The tail is brown and buff with four or five
narrow dark brown bands. The upper surface of the wings is white with a brown
triangle at the base; the flight feathers have black tips except for the outer secondary
feathers. The white of the wings is visible when the bird stands, contrasting with the
black underparts
The female is plain buff, cryptically marked with darker brown mottling on the back
and vermiculation (narrow wavy bands) on the neck and breast. The juvenile is duller
and darker, with a dark grey crown and buff spots on the wing. The neck and rump
patterns of both sexes, the male's white chin and lores, and the female's vermiculation
are points that distinguish this species from its close relative, Hartlaub's Bustard.
Range and habitat
It is found in woodland and tall open grassland in Sub-Saharan Africa. It prefers
higher rainfall than Hartlaub's Bustard and in many areas occurs only following heavy
rain
Behavior
In feeding habits it resembles other bustards. In courtship display the male retracts his
head to his back, giving "a short rising wheezy whistle, zhweeeeee", pauses in that
position, and slowly raises his head, giving "a popping quock or plop followed by soft
gurgling".
DIE KOSMOS BLADSY 11 VAN 18
SAAMTREK NUUS
Tambotie Vreugdeplaas
24 tot 26 Januarie 2014
Tamboti kampterrein
Geen selfoon opvangs, moet gebruik
maak van rookseine
David & Rea ons Kampkommendante
Oosvalers kuier lekker saam
.
Ons het lekker geëet die naweek met ons
professionele kokke, Paul & Jaco
Die geld word ordentlik getel. Johan het hulp
van Potch Universiteit ontbied, dankie Jorika
Nou ja as jy wil lekker slaap op ‘n bed in jou
wa moet jy ‘n sleutel hê. Martiens ontvang die
groot BooBoo! omdat hy sy woonwa sleutel
by die huis vergeet het.
DIE KOSMOS BLADSY 12 VAN 18
SAAMTREK NUUS…Vervolg
Tambotie Vreugdeplaas
24 tot 26 Januarie 2014
Andre oorhandig Kampkommendant
plaatjie aan David en Rea van As
Johan & Karin Burger ontvang hulle
welkom plaatjie by SAWA as Senior
Burgers. Pas nogal by hul van!
Johan & Magda van Dyk ontvang die
ster van die naweek plaatjie. Johan het
van Saudi Arabia huistoe gekom en
besluit hulle gaan kamp. Hulle woon
tans in Potchefstroom. Baie dankie vir
die opoffering van julle kosbare tyd.
Ja ons eerste kamp is agter die rug en ek
moet sê dit was ‘n baie lekker kamp.
Ons was altesaam 7 woonwaens en drie
tente by Tamboti Vreugde plaas gedurende
die naweek van 24-26 Januarie 2012.
Die kamp is sowat 40 km noord van Pretoria
in die hartjie van die bosveld. ‘n Baie rustige
en mooi oord omring deur ‘n natuur
reservaat met sy eie “Safari Mall” vir die wat
hou van inkopies doen!!!
Dit heerlik gereën gedurende die naweek
maar het glad nie enige invloed op die
atmosfeer van die naweek gehad nie. Al vir
wie dit ‘n bietjie gepla het was vir die groep
wat gaan wild kyk het op die wildkyk
voertuig en so bietjie nat geword het.
Ons kampkommendante David & Rea het
ons mooi versorg en soos altyd was daar
weer ‘n oorvloed van kos, een van SAWA se
beste tydverdrywe is om te kuier rondom die
kospotte.
Weereens ‘n baie lekker naweek saam met
baie vriendelike en goeie mense, baie dankie
aan almal vir’ n heerlike kamp.
Ons volgende kamp is by Loskopdam 21-23
Februarie 2014. Kom ons gaan kamp lekker
saam met die kampkommendante vir die
naweek Johan & Karin Burger.
Sien julle by Loskop
Lekker kamp
Andre Erasmus
DIE KOSMOS BLADSY 13 VAN 18
BLOKKIESRAAISEL
Soek die name van 25 blomsoorte:
A E I L E O F R E F N A K G F T B E R G B I E T O U
A R F L Y G A S O N T A S
P A A O S A N V Y G I E G
A N N U D D G Y M S P O O
N G S R P I E P G S B E U
T I V E L T L L L O O K S
H P A E Y R I E A R E E B
U A A N S E E E S T R E L
S N L A B E R G T E E P O
W I S S E I U L E A J G M
H I A S I N T E E A A N T
E E P A R M L O B H S I O
U P A P I E R B L O M R P N E P A S S T O U R Y E M
I N E G E P O S O A N I E
N S L I E K Y L A S S P O
G I L T R E S E V T O E N
B E N D I T E L Y E L I M
L S A N D U I I R R B J E
O A G S T R R E K L A T O
M S M A L P G N I S R A N
S A N O D E O G I O O K R
DIE KOSMOS BLADSY 14 VAN 18
Om ‘n woonwa te sleep, kan aan die begin redelik vreesaanjaend wees.
Hierdie volgende sleepwenke sal bydra tot ‘n genotvolle, ontspanne en veilige
reis:
Hou voldoende volgafstand om die verkeer vorentoe in gedagte te hou.
Steek slegs ander voertuie verby, veral vragmotors, wanneer jy seker is
dat daar genoeg plek en tyd is om dit te doen. Moet nooit probeer jaag
om ‘n voertuig verby te steek nie!
Wanneer jy groot voertuie soos vragmotors en busse verbysteek, wees
bewus van die trekkrag. Aerodinamika sal jou na die vragmotor toe trek,
terwyl jy verbysteek en nadat jy die beweging uitgevoer het, sal jou
voertuig in die teenoorgestelde rigting getrek word.
Kyk gereeld na die verkeer agter jou om bewus te wees van ander
voertuie wat wil verbysteek.
As jy ‘n lang ry motors agter jou sien, veral op bergpaaie vol draaie,
gebruik die afritte om hulle te laat verbygaan.
Wanneer jy draai, onthou om wyd te draai. ‘n Vinnige kyk in die spieëltjie
sal help om dit reg te kry.
As jou woonwa begin swaai, bly kalm. Moenie rem trap nie maar neem
jou voet weg van die petrolpedaal om spoed te verminder. Wanneer die
geswaai opgehou het, vermeerder geleidelik jou spoed. Onthou: ‘n
swaaiende woonwa word altyd veroorsaak deur ‘n slegte kombinasie van
oorlading, swak verspreiding van die vrag, te hoë spoed en sterk wind.
Wanneer jy bestuur of parkeer, oorweeg altyd die hoogte, lengte en
wydte van die woonwa om botsing met voorwerpe langs, bo of agter jou
te voorkom.
“Met sorg, versigtigheid en voorbereiding kan jou woonwa en kampeerdery ‘n
genotvolle ervaring wees en ‘n wonderlike manier om die agterpaaie te ontdek.
TEGNIES
Sleepverantwoordelikheid
DIE KOSMOS BLADSY 15 VAN 18
Tieners, hormone en die
res van die kwessies
Koppe stamp is deel van ’n normale
gesinslewe. Dit is hoe ons as ma’s
van nuwe dinge leer en hoe ons
tieners staatmaker-wyshede hoor.
En uiteindelik raak ons almal
slimmer.
MA SÊ Die Pil verbeter die aknee op jou ken, my kind. En dan is jy veilig ook ...
MEISIEKIND SÊ Nee dankie. Die Pil maak jou net vet.
Daar ís goeie redes om te wag met die Pil én goeie redes om die Pil te gebruik, sê prof Igno Siebert, fertiliteitspesialis aan die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Gesondheidswetenskappe. “Deesdae word die Pil onverdiend gekritiseer. Dit bly die beste manier om swangerskap te keer; twee uit elke drie mense sit nié gewig aan nie; vir meisies wat baie swaar of ongereeld menstrueer en sportmeisies en
dansers is die lewe op die Pil makliker;
en aknee verbeter dikwels op die Pil.
Om moontlike, hoewel klein,
langtermynrisiko’s te verminder gee
ons nie graag die Pil vir meisies met
familie met beroerte of
hormoonverwante siektes nie. En dis
beter dat jong diabete die Pil vermy,
omdat dit met hul bloedsuiker
inmeng.”
Is die Pil dus ’n goeie plan vir meisies
sonder die genoemde probleme?
“As jy ’n goeie rede het en goed vaar
daarop, kan jy net wen. Maar ek glo jy
moet twee keer oor ligter probleme
dink. Vandag val die klem op
lewenstyl eerder as pille. Ons werk
aan ons gesondheid met ’n gesonde
leefstyl en/of ons liggame kans te gee
om self probleme op te los, eerder as
om na pille te gryp. Net so met die Pil.
Dalk ís dit beter dat jou dogter ligte
aknee en wisselvallige of swaar
menstruasie die eerste paar jaar
aanvaar, eerder as regstelling met die
Pil. ‘Nee’ bly die beste beskerming
teen vigs en swangerskap. Of dan
kondome, wat ook teen STD’s
beskerm.”
Uit: Rooi Rose 20 Februarie 2013
DIE KOSMOS BLADSY 16 VAN 18
SENIOR BURGERS
Herrie se kerrie:
DIE vindingrykheid van ’n gesoekte bende dopsmokkelaars het grensbeamptes verstom.
Tydens ’n roetine-ondersoek op die grens tussen twee voormalige Sowjet-republieke is op ’n pypleiding van 2km lank en 20cm in deursnee afgekom waarmee drank - vermoedelik hoofsaaklik vodka, van Kazakstan na Kirgisië gesmokkel is.
Oom Herrie se slim vriend, Matie, sal die sommetjie kan maak oor presies hoeveel dop in dié pyp moes in voordat die eerste druppel anderkant uitgekom het.
Daar is regtig vernuftig te werk gegaan. Die pyp was op ’n spoor op die rivierbodem geanker, want alkohol neig mos om ’n pyp bo die water te laat uitkom - het oom Herrie gehoor.
Of, om ’n grillerige idee te gee: Daardie pyp is net so dik soos die rioolpyp wat Herrie se woonbuurt - so groot soos Parys - se “ammunisie” rioolplaas toe vat.
Kirgisië moet seker pure woestyn wees dat die mense daar so vreeslik dors word.
Maar as mense lus is... Oom Herrie sien nou die dag ’n opskrif van ’n Russiese dokter wat dwelmmiddels uit ’n pasiënt se maag gesteel het. Wat word tog van die wêreld as ’n eerbare dwelmsmokkelaar nie eens meer die dokter kan vertrou nie?
Van vertrou gepraat. Omtrent 60 jaar lank al beweer talle dat die Amerikaners ’n geheime basis nie ver van Las Vegas af het nie, waar saam met ruimtewesens gewerk word aan nuwe tegnologie én probeer word om gestrande VVV’s se tegnologie na te boots.
Dié basis, bekend as Area 51, is pas deur die CIA bevestig, maar steeds sonder om te erken dat ET en sy maats ook daar in die gedeeltelik ondergrondse kompleks doenig is.
Samesweringverslaafdes reken dit is net ’n kwessie van tyd voordat almal bevestiging kry dat daar ondergronds lekker telepaties met ET geklets word en dat daar gekloon word dat dit klap.
Omdat Liewe Heksie in Bethlehem gebore is, aldus haar “ma” Verna Vels, gaan koning Rosekrans se ruimtestasie iewers in die Oos-Vrystaat, Kaap Karnaval, seker binnekort vir besoekers oopgestel word
Herman Toerien
DIE KOSMOS BLADSY 17 VAN 18
VIR DIE KLEUTERS
Hier volg nou ‘n skets van ‘n toneeltjie in die Kirstenbosch Botaniese Tuin waarop ons ‘n
klompie diere sien. Kyk of julle die diere kan identifiseer met behulp van die
raaiselrympies. Voorsien dan die sketse van die diersoorte van byskrifte:
Eekhorinkie: Sy stert is wollerig en dik, daar sit hy in die boom se mik. Vinnig en rats is dié klein
knaap, maar nie familie van die aap!
Brilwewer: Kyk net hoe vlytig weef en vlieg hy. Sowaar, sy nes hang oor die water. Sy sorg en
vernuf verbaas my: veilig bly sy kuikens later!
Tarentaal: Sy lyf is groot en bont gespikkel, tog vlieg hy sonder ‘n gesukkel. Sy kop is kleurvol en
mooi helder. In die Kaap sien jy hom baie en nie selde!
Muishond: Sy koppie is klein en sy beentjies is kort, maar die lyf en stert kan nogal lank word. Sy
jassie is grys en sy kloue is swart; hy woon onder die rots of sommer in ‘n gat.
Dassie: ‘n Mens sou kon sê hy is vet, Let op dat hy geen stertjie het! Hy sit nou en bak in die son
op ‘n klip, maar as die son skuif, sal hy agterna wip.
DIE KOSMOS BLADSY 18 VAN 18
KONTAK ONS
SAWA Webwerfadres - http://www.sawa.org.za/
SAWA eposadres - sawa.saca@gmail.com
Die KOSMOS word uitgegee deur Streek Oosvaal van die SA Woonwa-Assosiasie (SAWA). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word
deur die Redakteur verantwoord.
OOSVAAL BANK
BESONDERHEDE
Penningmeester:
Johan Burger
Bank : Standard Bank,
Secunda
Rekeningnommer : 137501072
Takkode 05344
Nuusblad van Streek
Oosvaal van die Suid‐Afrikaanse Woonwa‐Assosiasie
Redakteur en bladuitleg:
Marianne Erasmus,
Posbus 5666, Secunda, 2302
Tel: 082 890 2019 (Sel)
Epos: erasmums@gmail.com
Drukwerk en verspreiding: Andre en
Marianne Erasmus
Oosvaal 2014 jaarprogram
Datum Plek Tarief
24 – 26 Jan Tamboti Vreugdeplaas Verby
21 – 23 Febr Loskopdam R190 per nag
21 Mrt – 4 Apr
Wildtuin Toer Onder Sabie 21-25 Maart Maroela 26-29 Maart Swadini 30 Maart – 5 April R218 per nag
17 – 21 Apr Presidente (Klipdraai) R150 per nag
23 – 25 Mei Soetdoring R250 per nag
27 – 29 Junie Badplaas R190 per nag
Tarief nie bevestig nie
18 – 20 Julie Natal Spa R110 per nag
15 – 17 Aug AJV Malonjeni R200 per nag
Tarief nie bevestig nie
19 – 21 Sept Nasionale Kamp (Koppisol)
24 – 26 Okt Riverside Lodge R160 per nag
21 – 23 Nov De Voetpadkloof R230 per nag
NB: Ons sal die tariewe insit soos dit beskikbaar kom
top related