etiek, professionele gedrag en bestuur - learning - homelearning.ufs.ac.za/fst309_on/resources/2...
Post on 16-May-2019
213 Views
Preview:
TRANSCRIPT
J. Human
2012
Inleiding,
professionele
gedrag en etiese
beginsels.
Etiek, professionele gedrag
en bestuur
• Inleiding
• Definisies
• Professionele en etiese gedrag
• Professionele en etiese kodes
• Etiek, moraliteit en mediese etiek
• Etiese beginsels
• HPCSA, SASP en WMA
Geraamte vir hierdie lesing:
Suid-Afrika word in die grondwet gedefinieer as ‘n
demokratiese land en ons grondwet is gebaseer op
die beginsels om menseregte, waardigheid en die
oppergesag van die reg te beskerm.
As fisioterapeute wat in Suid-Afrika werk is dit ons
verantwoordelikheid om bewus te wees van die
wette, regulasies en riglyne wat ons praktyke en
handelinge regeer.
Ons moet begrip toon vir hoe bio-etiese beginsels
bepaal hoe ons ons navorsing uitvoer en hoe
interaksie met ons kliënte en die gemeenskap
geskied.
Gedrag wat ooreen stem met aanvaarde sedelike
beginsels – wat as reg en verkeerd beskou word.
In ooreenstemming wees met die reëls en
standaarde vir aanvaarbare gedrag of praktyk
(standaarde van ‘n professie)
Etiese gedrag
Verwys na ‘n
versameling gebruiklike
beginsels en
verwagtinge wat
bindend is vir enige
persoon wat ‘n lid is
van ‘n spesifieke groep.
Gedragskode
‘n Professie is “’n verklaring, belofte of
verbintenis wat in die openbaar aangekondig
word. Pellegrino, ED. Medical professionalism: Can it, should it survive? J Am Board Fam Pract 2000; 13(2):147-149
Professionele gedrag verwys na die regulering
van lede van professionele liggame, wat onder
statutêre of kontraktuele magte optree.
Wikipedia. 2012. Professional conduct. http://en.wikipedia.org/wiki/Professional_conduct
Accessed on 15 January 2012
Noodsaaklike komponent van enige professie
- Handhaaf standaarde vir die individue binne die
professie.
- Bring aanspreeklikheid, verantwoordelikheid en
vertroue mee aan die individue wat deur die
professie gedien word.
Professionele gedrag
Versameling riglyne
• ontwerp om aanvaarbare gedrag vir die lede van
‘n spesifieke professie daar te stel.
• kan vertroue in ‘n organisasie verhoog
(lede is verbind tot basiese etiese riglyne terwyl hul
hul werk doen.)
Etiese kode
Hoe moet ‘n 1ste graadse hamstring spierskeur behandel word?
Hoe sal jy posturale dreinering vir ‘n aangetaste posterior basale
lob toepas?
Hierdie is wetenskaplike of tegniese vrae
Jy gaan egter daagliks gekonfronteer word met
vrae oor jou eie gedrag en besluitneming.
Vrae oor:
• waardes,
• regte en
• verantwoordelikhede.
Sommige vrae is relatief maklik
om te beantwoord (daar bestaan goed-ontwikkelde konsensus oor die korrekte
manier om op te tree in die situasie)
Ander vrae is moeiliker
Jy is die fisio van ‘n provinsiale
rugbyspan. ‘n Pasiënt bel jou om 8
in die aand en kla van ‘n
opgeswelde enkel. Na evaluering
kom jy tot die gevolgtrekking dat die
pasiënt ‘n graad 1 skeur van sy ant
talofibulêre liggament het. Hoe sou
jy hierdie pasiënt behandel?
Die pasiënt versoek dat jy hom moet
‘strap’ en pleit dat jy nie iets aan die
spanbestuur moet noem nie. Hy is
bekommerd oor sy insluiting vir die
volgende wedstryd en het die geld
dringend nodig. ‘Strapping’ behoor die
probleem voldoende te beheer… Wat
sal jou besluit wees?
Etiek is die studie van sedelikheid
Dit is ‘n sistematiese refleksie en
analise van sedelike besluite en
gedrag, ongeag of dit in die verlede,
hede of toekoms geskied.
Sedelikheid gee ‘n “waarde” aan
menslike besluitneming en gedrag.
Sedelikheid sluit in:
• ‘regte’,
• ‘verantwoordelikhede’
• ‘deugde/vaardighede’
• ‘goed’ en ‘sleg’,
• ‘reg’ en ‘verkeerd’,
• ‘regverdig’ en ‘onregverdig’.
• respek vir persone,
• ingeligde toestemming
• konfidensialiteit
Is basies tot die fisio-pasiënt
verhouding.
Etiese beginsels
Toepassing van hierdie beginsels in spesifieke
situasies kan soms problematies wees,
Persone wat betrokke kan wees in hierdie situasie
(fisioterapeute, pasiënte, familielede en ander
gesondheidspersoneel) mag verskil oor wat
die korrekte aksies in die situasie is.
Etiese beginsels
‘Health professional council of South Africa (HPCSA)’
(Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika - GBRSA)
-PROFESSIONELE RAAD van FISIOTERAPIE, PODIOTRIE
EN BIOKINETIKA
(Die raad is saamgestel uit 4 Fisioterapeute, 2 Podiotriste, 2
Biokinetikuste,1 persoon wat die Departement van Gesondheid
verteenwoordig en 3 gemeenskapsverteenwoordigers.)
Wie bestuur fisioterapeute se professionele en
etiese gedrag?
HPCSA. 2012. Welcome to HPCSA. http://www.hpcsa.co.za
Accessed on 15 January 2012
Die ‘Health Professions Council of South Africa’
(HPCSA of die Raad) is ‘n stututêre liggaam, gestig
onder die Gesondheids Professies Akte No. 56 .
Hulle is verbind daartoe om die publiek te dien en te
beskerm en leiding te gee aan geregistreerde
gesondheidspraktisyns.
HPCSA. 2012. Welcome to HPCSA. http://www.hpcsa.co.za
Accessed on 15 January 2012
Registrasie by die HPCSA is verpligtend as jy in
fisioterapie in Suid-Afrika wil praktiseer.
HPCSA. 2012. Welcome to HPCSA. http://www.hpcsa.co.za
Accessed on 15 January 2012
Wie is die SASP?
Die SASP is verbind om ‘n dinamiese, professionele
en innoverende organisasie te wees, wat sy lede
effektief verteenwoordig en ‘n pro-aktiewe rol speel
in die formulering en implementering van
gesondheidsorg-beleid in Suid-Afrika.
Wie is die Wêreld Mediese Assosiasie?
“Die doel van die WMA is om die mensdom te dien
deur te streef om die hoogste internasionale
standaarde in Mediese Opleiding, Mediese
Wetenskap, Mediese Kuns en Mediese Etiek te
bereik, asook Gesondheidsorg vir alle mense in die
wêreld.”
“Die Wêreld Mediese Assosiasie
(WMA) is ‘n internasionale
organisasie wat geneeshere
verteenwoordig. Dit is gestig op 17
September 1947.”
World Medical Association. 2009. Medical ethics manual.
Wie is die Wêreld Mediese Assosiasie?
Het die Hippokratiese Eed vir 20ste
eeu gebruik aangepas Verklaring
van Geneva.
Aanvaar in 1948 (gereeld hersien)
Ontwikkel ‘n Internasionale Kode vir
Mediese Etiek
Aanvaar in 1949 (gereeld hersien)
Ontwikkel riglyne vir navorsing op menslike
voorwerpe Verklaring van Helsinki.
Aanvaar in 1964 (gereeld hersien)
World Medical Association. 2009. Medical ethics manual.
top related