uitgawe desember 2019 admin@skuilkrans skuilkrans final.pdf · bobaas landlopers jaydon van gend en...
Post on 05-Aug-2020
1 Views
Preview:
TRANSCRIPT
UITGAWE # 2
Desember 2019
ADMIN@SKUILKRANS.COM
Bladsy 1
Hestie van Wyk Op 9 Julie 2019 het Laerskool Skuilkrans
die nuut aangestelde hoof, Meneer
Wouter Rothmann verwelkom. Meneer
Rothmann het ‘n onvergeetlike eerste
indruk op die leerders gemaak toe hy met
sy aankoms in ‘n bloedrooi sportmotor by
die hekke van Laerskool Skuilkrans inry.
Die skool het hom vriendelik en hartelik
verwelkom terwyl die voorsitter van die
beheerliggaam, Meneer Ralton Naidoo ‘n
bybel (ook bekend as die skool se sleutel
tot sukses) aan hom oorhandig het.
Meneer Rothmann het in die Vaaldriehoek
in Vereniging groot geword waar die
grondslag van sy familie waardes en
hegte verhoudings geleë is. Hy
matrikuleer in Kroonstad waarna hy sy
onderwys opleiding by die ou NKP
ontvang. Meneer Rothmann het vir drie
hoofposte aansoek gedoen en al drie
hierdie poste is vir hom aangebied. Na ‘n
pad van gebed het hy leiding ontvang om
die pos by Laerskool Skuilkrans te
aanvaar. Die pad wat hy geloop het om tot
hierdie besluit te kom is vir ons by
Skuilkrans ‘n groot gerusstelling, want
hiermee weet ons dat ons Hemelse Vader
self, hom hierheen gestuur het.
Meneer Rothman is ‘n mense mens vir wie
verhoudings baie belangrik is. Sy visie vir
Laerskool Skuilkrans is om ‘n veilige en
geborge omgewing vir kinders te skep,
gebaseer op goeie verhoudings tussen
kinders, onderwysers en ouers. Skuilkrans
het Meneer Rothmann leer ken as ‘n man
wie se identiteit sonder twyfel in Christus
gevestig is, ‘n man wat luister en doen en
‘n merkwaardige hoof wat tyd het vir
almal. In sy eie woorde sal hy alles in sy
vermoë doen om sy visie en roeping vir
ons skool uit te leef, maar met die vaste
wete en vertroue dat die mens sy eie pad
beplan, maar dat God bepaal waarheen jy
sal gaan.
Johann Moller en Franco May
Die Skuilies vier saam met Meneer Wouter Rothmann sy eerste verjaarsdag as hoof by
Laerskool Skuilkrans. Meneer Hansie Olivier sorg vir heerlike partytjie musiek terwyl
leerlinge en onderwysers smul aan heerlike verjaardagkoek. Die woorde GELUK MENEER!
staan lewensgroot op ‘n verskeidenheid van koeke. Uit volle bors word daar vir Meneer
Rothmann gesing en die waardering kan duidelik gesien word soos ‘n groot glimlag verskyn
op sy lippe.
Die dag se energie vlakke styg nie as gevolg van die suiker nie, maar as gevolg van die
versiersuiker geveg wat uitbreek onder die onderwysers! Ons hoop dat dit die eerste van
vele verjaarsdae is wat Meneer saam met die Skuilies sal vier.
Bladsy 2
Dis heerlike Lente,
die Winter's verby
Woutrine Van Der Bijl en Genevieve Prinsloo Op 6 September 2019 het die Skuilies met opgewonde harte, sakke vol energie en gereedskap skool toe gekom. Op dié dag is Laerskool Skuilkrans se tuine, letterlik en figuurlik omgedop en elke onderwyser en Skuilie het geblom waar hulle geplant is. Mevrou Susan Mouton is nie net ‘n Afrikaanse onderwyseres nie maar ook ‘n bobaas tuinier.
Mevrou Mouton se hande staan vir niks verkeerd nie en in samewerking met die skoolhoof, Meneer Wouter Rothmann het sy elke bedding en elke aksie van die dag haarfyn beplan. Deur saam te hark, leiding te bied en te verseker dat die dag se aktiwiteite seepglad verloop het sy gewys dat haar vingers werklik groen is. Sakke vol kunsmis, klippies en ‘n verskeidenheid van blomme en plante is lank voor die groot dag ingesamel om nes die skool se tema van 2019 te verseker dat nuut wel goed kan wees. Elke leerder van Graad 1 tot 7 sowel as die onderwysers het saam geplant, gespit, gehark en gewerk om nuwe lewe aan die skool se tuine te bied. Elke graad is ‘n spesifieke bedding gegee waar hulle dadelik
aan die werk gespring het en soos die tuine begin glimlag het met nuwe lewe, so het elkeen wat die dag saam gewerk het, breed geglimlag en hulself ten volle geniet.
Hop-Lig-DANS Cara Breet en Mia Bothma
Die Hop-Lig-Dans op 6 September 2019 word deur die
Skuilies beskryf as een van die beste geleenthede van die
jaar. Graad 1 tot 7 is die geleentheid gebied om die aand
saam hul vriende te geniet. Daar is aan elke graad ‘n
spesifieke tydsbeperking gegee om te verseker dat daar
genoeg spasie was om heerlik te kan dans. Die leerders het
wit aangetrek sodat die helder ligte die inkleur werk kon
verrig.
Honderde foto’s is in die voorportaal geneem sodat elke Skuilie ‘n herinnering van die
fantastiese aand saam met hulle huistoe kon neem. ‘n Dans kompetisie is gehou om te
bepaal watter Skuilie die beste danser in die skool is. Almal het hulle bes probeer maar aan
die einde van die aand was dit Armand Pretorius Graad 7 en Stephanie Smith Graad 6 wat
die beste danspassies kon verrig. Die Skuilies het hulself vuurwarm gedans en wanneer
hulle nie gedans het nie, het hulle uit volle bors saam gesing of saam met vriende gesellig
verkeer. Heerlike kosstalletjies, yskoue koeldranke en allerhande lekkernye was ook die
aand beskikbaar. Volgens ons was die Hop-Lig-Dans nie ‘n lekker dans nie, maar wel ‘n
AWESOME dans.
Bladsy 3
Chloe Bruins en Marizelle Harmse
Die son het skaars begin skyn oor die
oggend van 18 September 2019 toe die
Graad 7 leerders en hul ouers die
skoolgronde betree om gereed te maak vir
die langverwagte entrepreneursdag. In die
vak, Ekonomiese Bestuurswetenskap
(EBW) word leerders geleer wat dit alles
behels om ‘n suksesvolle entrepreneur te
wees, hoe om ‘n effektiewe begroting op
te stel en hoe om jou produk/diens
suksesvol te bemark.
Met ‘n tikkie kreatiwiteit en dinamiese
denke het elke Graad 7 leerder van 2019
probeer bewys waarom hulle stalletjie as
wenner van die dag aangekondig moes
word. Gewapen met rubrieke en sonskerm
het Meneer Junior Roux, Mevrou Elzie
Eek, Mejuffrou Angelique van Coller en
Mejuffrou Nidia Els die soektog begin vir ‘n
wenner tussen die see van helder kleure,
heerlike kos en kreatiwiteit. Elke stalletjie
is deeglik ondervrae en geϊnspekteer
opsoek na ‘n wenner.
‘n Verskeidenheid van kosstalletjies,
lekkernye, speelgoed hoekies, waterballon
kaskenades, kreatiewe uitrustings en selfs
die geleentheid om Fortnight te speel het
Skuilies van Graad 1 tot 7 en selfs die
onderwysers in rep en roer gehad. Hestie
van Wyk se “Shooter” stalletjie het egter
die meeste aandag getrek en sy is later
gekroon as algehele wenner van die dag.
Die “shooters” behels egter toe geen
alkohol nie maar eerder ‘n verskeidenheid
van heerlike nageregte wat sy self
voorberei het en kreatief genoeg geplaas
het in klein kelkies. Sy het blitsvinnig
uitverkoop en het deur middel van
professionalisme en oorspronklikheid die
prys reg onder almal se neuse
weggeraap.
‘n Tikkie kreatiwiteit en
dinamiese denke
Bladsy 4
Angeline Holder
Elke jaar in Suid-Afrika word Erfenisdag gevier op 24 September. Suid-Afrika is ‘n diverse
land wat uit verskeie kulture, tradisies en tale bestaan. Dit is belangrik vir ons as Suid-
Afrikaners om te onthou dat elke Suid-Afrikaner ongeag hulle ras, taal of geloof
gerespekteer moet word. Albus Dumbeldore het gesê: “While we may come from different
places and speak in different tongues, our hearts beat as one.”
Voor 1994 het Erfenisdag as Shakadag bekend gestaan. ‘n Demokratiese Suid-Afrika
hernoem die dag, Erfenisdag. Dit het ‘n dag geword waarop alle kulture hulle erfenis kan
herdenk en die dag moet gebruik word om te onthou en te vier wie en wat hulle is. Laerskool
Skuilkrans het die dag gevier in samewerking met die Voortrekkers deur aan verskeie
boeresporte deel te neem. Mevrou Marita van der Merwe het die dag beplan en verseker dat
die dag en aktiwiteite seepglad verloop.
Leerders uit verskillende registerklasse het die geleentheid gekry om teen mekaar tou te trek
en eiers rond te gooi. Sommige leerders moes wel hulself gaan skoonmaak na ‘n heerlike
geel eier hul getref het. Op so ‘n warm dag was die waterkaskenades verseker die lekkerste
en die sakresies het gesorg vir hope gees onder die Skuilies. ‘n Dag gevul met pret, gees en
gesonde kompetisie het gesorg vir ‘n gesellige Erfenisdag by Laerskool Skuilkrans.
Bladsy 5
Elana Koekoemoer en Zenica Grobler
Die Graad 7 leerders van 2019 was in rep en roer regdeur die skooljaar om genoeg geld in
te samel om ‘n heerlike afsluiting te geniet by die sonnige Sun City. Die graadhoof, Mejuffrou
Angelique van Coller in samewerking met die vier skakel Mammas van Graad 7, Nel Van
Der Bijl, Lynette Rippel, Cindy Labuschagne en Suzette Ellis het gesorg dat daar verskeie
fondsinsamelings plaasgevind het.
Een van die grootste fondsinsamelings het plaasgevind op 9 Augustus 2019 om 09:00. Die
bogenoemde hardwerkende spannetjie het met die blink idee voorendag gekom om
tweedehandse goedere op die skoolgronde te verkoop. Verskeie vergaderings is gehou en
baie ure se beplanning het gesorg dat die koop en verkoop insameling ‘n groot sukses was.
Genoegsame sekuriteit is gereël sodat die dag op ‘n veilige manier kon geskied, die
gemeenskap is betrek deur middel van advertensies en verskeie besighede was genooi om
hulle produkte en dienste uit te stal.
Uitstekende insameling en organisering van produkte is aangepak deur hardwerkende ouers
en Graad 7 leerders. Die rugbyveld is die Vrydag oggend in ‘n winkel omskep, talle Graad 7
leerders het reggestaan om ‘n helpende hand te bied en angstige verkopers het tou gestaan
in afwagting vir die skoolhekke om oop te maak. Ten danke aan bekwame ouers wat die
finansies hanteer het, het niks verlore gegaan nie en was die dag ‘n reuse sukses.
Bladsy 6
Bladsy 7
Klara Wimmers
Die kransklop kaskenades en kaskarresies belowe om elke jaar sakke vol pret te wees vir
elke Skuilie - jonk en oud. Die kaskar resies het vroeg afgeskop op Vrydag oggend, die
25ste Oktober. Registerklasse was slaggereed om te wys waarvan hul gemaak was deur die
dag te begin met ‘n spoggerige parade. Elke klas is ‘n dier gegee en moes daarvolgens ‘n
liedjie kies, aantrek en/of ‘n kort dansie uitwerk. Heerlike musiek het gesorg vir ‘n prettige
atmosfeer en die Skuilies het hulself moeg gehardloop om te verseker hul klas word gekroon
as die wenners van die dag.
Die volgende oggend, is die Skuilies weer vroeg uit die bed om reg te maak vir al die pret en
plesier wat Kransklop kaskenades bring. ‘n Groot verskeidenheid van waterkaskenades,
adrenalien ritte en speletjies is geniet. Gesellige kuiers, heerlike kosstalletjies, glimlagte en
spookasem was aan die orde van die dag. Die dag het skaars begin toe sak die
langverwagte reën oor die skoolgronde neer. Ouers en leerders het vinnig skuiling gesoek
onder die pawiljoen se afdakke en met goeie gees en ‘n bietjie geduld gewag tot die
sonnetjie weer sy verskyning gemaak het.
Na afloop van die heerlike reën het almal weer gestroom na die verskeie kosstalletjies en
aktiwiteite. My gunsteling herinneringe van die dag was die suiwer klanke van almal se lag
en hoe al die Skuilies mekaar rondgejaag het met “silly string.” Baie dankie aan Mevrou
Marlene Botha en haar span vir die reël van ‘n uitstekende Kransklop!
Bladsy 8
Bladsy 9
Bobaas Landlopers
Jaydon van Gend en Gerhard Du Preez
Uithouvermoë pomp in Leon Stolz Graad 5 en Bianca Stolz Graad 4 se are. Hierdie boetie
en sussie het ‘n absolute passie vir landloop. Hulle oefen 6 dae ‘n week en het beide die S.A
span behaal. Leon en Bianca neem ook graag deel aan talle ander sportsoorte.
Die Stolz familie doen graag 5 kilometer parkwedlope vir ontspanning
tydens naweke of neem deel aan klub landloop kompetisies. Tydens die
deelname aan klub landloop word daar verwag dat deelnemers onder die
eerste 18 atlete kwalifiseer in 3 uit 4 wedlope. Deelnemers kwalifiseer
dus so vir die Gauteng-Noord span waar hulle by Hoërskool Uitsig in
Centurion deelneem - Leon en Bianca het beide Laerskool Skuilkrans se
naam hoog gehou en die volgende uitslae behaal:
Liga 1 by Eduplex: Bianca 4de en Leon 9de
Liga 2 by Uitsig: Bianca 6de en Leon 12de
SA‘s: Bianca 9de en Leon 46ste
Welgedaan! Ons is baie trots op julle… hou bene hou!
Sagtebal Span: Ywerige Ysters
Laerskool Skuilkrans se 0/12 sagtebalspan word
afgerig deur Mevrou Elize Steenkamp en Mevrou
Sarita Bester. Tydens die afgelope vyf jaar is dit die
enigste span by die skool wat nie net die Tswane
Kampioenskappe gewen het nie, maar ook die
Noord-Wes spanne stof in die oë geskop het. Die
span is ook aangewys as die sagtebalspan van die
jaar by die jaarlikse sport meriete-aand.
Die span se pitcher, Jade Soltau-Swart het keer op keer haar talente bewys wanneer sy die
een na die ander kolwer van die veld afgestuur het. Cara Bouwer en Danika Dimitrova in die
ywerige yster span ontvang ook Gauteng Northerns en word deur hulle afrigters beskryf as
baie goeie kolwers. Mevrou Steenkamp beskryf die span as uiters verantwoordelik, toegewy,
positief en as spelers wat sakke vol spangees besit.
Voor ‘n wedstryd trek die span die volle wapenrusting van God aan en na ‘n wedstryd sluit
hulle af met ‘n gebed. Die afrigters verduidelik dat die span se moeilikste wedstryd teen
Laerskool Generaal Hendrik Schoeman van Noord-Wes was en alhoewel die wedstryd ‘n
tameletjie was het die Skuilies steeds 4-1 geseëvier. Laerskool Skuilkrans is baie trots op
hierdie ywerige yster sagtebalspan.
Bladsy 10
Anton van Wyk en Armand Pretorius
Vir die van julle wat nie geweet het nie, ons het twee uitstekende sportsterre in ons midde.
Hierdie twee menere mag dalk na twee doodgewone onderwysers lyk, maar in die
werklikheid is hulle Skuilkrans se eie twee sporthelde. Hierdie sporthelde maak nie net seker
dat Skuilkrans se sport nuwe hoogtes bereik nie, maar ook Suid-Afrika se krieket.
Meneer Hansie Olivier het hierdie jaar die Suid-Afrikaanse
Aksie Krieketspan verteenwoordig in die Suid-Afrikaanse
Meesters Wêreld reeks waar hulle derde gekom het. Hy het
hierdie wonderlike prestasie bereik deur 3 keer per week tyd te
bestee in die gimnasium en 16 ure oor ‘n naweek te oefen.
Meneer Hansie speel ook twee wedstryde per week in die
aande. Hy het hierdie passie vir krieket 21 jaar gelede ontwikkel
toe hy en sy boetie binne en om hulle huis krieket gespeel het.
Meneer Hansie se krieket-toerusting word trots geborg deur
“HS Sports” wat verseker dat hy net sy beste kan lewer.
Meneer se raad aan jong krieketspelers is: “Hou op om net te
droom, LEEF jou droom uit.” Meneer Hansie is baie opgewonde
oor die vroue krieketspan wat hy afrig en lei 2020 se
binnenshuis krieket-toernooie in.
Meneer Rossouw van Vuuren het in 2018 ‘n brons medalje gewen vir die
0/23 Noord Gauteng Aksie Krieketspan. In 2019 wen hy ‘n goue medalje vir
die 0/30 Noord-Gauteng Krieketspan. Hierdie meneer werk baie hard en
oefen aanhoudend om eendag by die Suid-Afrikaanse Aksie Krieketspan
ingesluit te word. Soos meneer sê: “Moet nooit ophou hard werk nie en bly
passievol oor die sport.” Meneer Rossouw sê hy speel al van 5 jarige
ouderdom af krieket en het nog nooit moed op gegee nie, want hy geniet
dit. Hy was bekend gestel aan die sport deur sy oupa, ‘n groot sportsman,
wat altyd balspeletjies saam hom as kind gespeel het. Sy krieket inspirasie
was van kleins af Jacques Kallis. Meneer Rossouw sê dat aksie krieket vir
hom die lekkerste sport is juis omdat dit so uitdagend en vinnig is.
Skuilkrans wens vir hierdie twee menere alle sterkte toe met hul blink toekoms in Suid-
Afrikaanse Aksiekrieket. Ons weet Meneer Hansie en Meneer Rossouw gaan nog die sterre
bereik met hul aksie krieket loopbane.
Bladsy 11
Bladsy 12
Bladsy 13
Arno Klerck en Carina Kruger
Laerskool Skuilkrans het in 2019 drie suksesvolle spreekkore gehad wat puik gevaar het! ‘n Graad 3 groep onder leiding van Mevrou Marietjie Havenga, ‘n Graad 4 groep onder leiding van Mevrou Helena Smith en Mevrou Luitjé Wessels en ‘n Graad 6 groep onder leiding van Mevrou Marita van der Merwe en Mejuffrou Nidia Els. Mevrou Marita van der Merwe is al vir twee jaar in beheer van die organisering asook afrigting van díe spreekkore en sy is mal daaroor. Sy sê dat dit heerlik is om te sien dat skaam kinders ‘n kans kan kry om ook deel te neem, want die kollig is nie net op een spesifieke kind nie. Die aantal leerders in die spreekkore wissel tussen 25 en 30.
Spreekkore is ‘n spanpoging en daar word van al die leerders verwag om volkome saam te
werk. Wanneer een leerder die verkeerde woorde sê, word die ritme van die stuk
onderbreek en daarom is dit belangrik dat almal hulle woorde ken en saamwerk. Leerders se
gesigsuitdrukkings en die kreatiewe gebruik van hul stemme gee ekstra woema aan hulle
voorkoms. Al die spreekkore het baie goed gevaar in al hulle kompetisies, A+ en A++ is
behaal. Of jy nou skaam is voor ‘n gehoor en of jy die meeste moed het, daar is ‘n plek vir
jou!
Kayleigh Rippel
Die skool se Spelling Bee was weereens ‘n suksesvolle geleentheid met hope pret! Daar is
twee leerders van elke klas gevra om deel te neem aan die kompetisie. Daar was in elke
klas ‘n speltoets geskryf om te kyk wie deur sou dring. Die dag van die kompetisie was vol
pret! Die Engelse onderwysers het soos oulike bye aangetrek en het ons omtrent vermaak.
Hulle was baie gretig om die leerders se spelling op die proef te stel. Die ondersteuners aan
die ander kant was vreeslik opgewonde en vol hoop dat hulle klas as wenners sou uitree.
Aan die begin was die arme deelnemers iewat vreesbevange, maar op die ou end het almal
dit vreeslik geniet. Mia Bothma in Graad 7 het gesê dat sy vreeslik gespanne was, maar het
dit tog geniet en is glad nie spyt dat sy daaraan deelgeneem het nie. Al die deelnemers het
‘n oulike sertifikaat ontvang en die wenners is beloon met heerlike sjokolades.
Bladsy 11
Bladsy 14
‘
Die taal aand was ‘n opwindende aand gevul met vreugde, die
klanke van kinders wat lag en kompeterende ouers! Nie eers om te
praat van die onderwysers wat die hele aand georganiseer het nie.
Die tegniese manne was, in die woorde van ‘n baie spesiale
persoon: “#TEAMAWESOME.” Sonder bogenoemde, al die taal
onderwysers en die leerders wat met gretigheid deelgeneem het,
sou so ‘n opwindende aand nie moontlik gewees het nie. Bywoners
van die aand is bederf met heerlike eetgoed, drama opvoerings en
gedigte van Afrikaanse sowel as Engelse digters en skrywers.
‘n Gunsteling deel van die aand was toe een leerder van elke Graad 7 klas saam met hulle
ouers teen mekaar deelgeneem het in ‘n vertalingskompetisie. Die deelnemers was as volg:
Jordan en Meneer Ralton Naidoo, Kayleigh en Meneer Otto Rippel, Leane en Mevrou Cindy
Labuschagne asook Arno en Mevrou Adelé-Marie Klerck. Die Naidoo’s was voor totdat die
Rippels opgevang het met die “versoening” vraag – TWEEDE PLEK! EK WEET,
#SKOKKEND maar dit was nogtans ‘n voorreg gewees om deel van die taal aand te kon
wees.
Martiele Kotze
Die leerders van Laerskool Skuilkrans het op Woensdag, 11 September net weereens
bewys dat ons skool oorborrel van talent. Maak nie saak aan watter afdeling van die Speech
Festival die Skuilies deelgeneem het nie, elkeen het hulself goed van hulle taak gekwyt. Die
Engelse dames wat as beoordelaars opgetree het, was duidelik baie beϊndruk met die
leerders se talente en vermoëns om met gemak voor ‘n gehoor te kon praat. Al die
deelnemers het pragtige sertifikate ontvang. Ons is trots op ons Skuilies, omdat hulle hul
talente gebruik en ons skool se naam hoog hou! Ek hoop dat ons Skuilies sal aanhou
deelneem en nie skaam sal wees om hul talente met die wêreld te deel nie.
Bladsy 15
Bladsy 16
Bladsy 17
–
ê
Bladsy 18
Bladsy 19
Bladsy 20
top related