desember 2020 admin@skuilkrans skuilkrans.pdf · na ‘n elle lange grendeltydperk van jan tuisbly...

19
Desember 2020 [email protected]

Upload: others

Post on 14-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Desember 2020

[email protected]

Page 2: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom
Page 3: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

13 Januarie 2020, die dag wat

onderwysers terug gaan werk toe. Vir die

meeste onderwysers is die dag gevul met

vergaderings, voorbereiding en klas

skoonmaak. Ten danke aan die Sosiale

Komitee het die onderwysers van

Laerskool Skuilkrans die geleentheid gekry

om Minute to Win It te speel tussen deur

agendas en notules.

Die onderwysers is in verskeie spanne

opgedeel om te veseker dat verskillende

persoonlikhede in elke span teenwoordig

is. Die stasies is uitgepak in die skoolsaal

waar daar ‘n atmosfeer van opwinding en

adrenalien onder elke deelnemer was. Die

samewerking, strategiese beplanning en

motivering was uit die boonste rakke.

Tennis met koerantpapier, ballonne en

glasies, pasta kaskenades en konsentrasie

stasies was maar net ‘n paar van die vele

uitdagings wat die onderwysers moes

baasraak.

Daardie aand is onderwysers en hulle

gesinne uitgenooi om saam piekniek te hou

en heerlik gesellig te verkeer. Die klanke

van Afrikaanse musiek, kinders wat speel

en lag en gesonde kompetisie het gesorg

vir ‘n heerlike aand. As onderwysers voed

ons nie net die Skuilies wat oor ons pad

kom op nie maar ons leer, speel en lag ook

saam as ‘n span.

Page 4: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Groot Opgewondenheid

Vir ‘n nuwe mylpaal

Cherissa Bester

Die nuwe graad-eentjies was op Dinsdag, 14 Januarie 2020 (hul eerste skooldag) slaggereed van kop

tot tone uitgevat in hul skooluniforms. Die haasbekkies is met ope arms deur die vrolike personeel by

Laerskool Skuilkrans verwelkom.

Die graad een juffies se gees en opwinding het ouers se harte bietjie ligter laat voel toe hulle hul kind

by die “groot” skool moes aflaai. Die Skuilies het seker gemaak dat elke kind tuis voel deur verskeie

aktiwitiete aan te bied. Speletjies op die rugbyveld, ‘n toer deur die skool en ‘n prettige nar (naamlik

mejuffrou Cherese Coetzer) wat deur die skoolterrein gebaljaar het, het ‘n bree glimlag op elke kind se

gesiggie gesit.

Ongelukkig was die prettighede teen twaalf-uur afgehandel. Tog, het die graad een’s binne daardie

tydperk ‘n hond uit ‘n bos uit by die skool gekuier soveel so dat een van die dogters al klaar gesê het

dat sy nie kan wag om elke dag daar skool te gaan nie. Daarom sê Skuilkrans met trots dat elke kind

hier ‘n Skuilie kan wees, want dis tog hier waar kinders floreer deur te glo en streef.

Page 5: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Babbelfees Stephanie Smith

Niemand het beplan dat ‘n pandemie ons wêreld gaan oorneem nie en dat ons amper 7 maande in

inperking gaan sit nie, maar ten danke aan Juffrou Marita van der Merwe se organisering was die

babbelfees een van die min ‘’normale’’ hoogtepunte van die jaar.

Die babbelfees word aan die begin van elke jaar aangebied. Met ‘n monoloog in een kamer en ‘n

stilstaande poësie in die ander, voorbereide en onvoorbereide lees af in die gang, het elke deelneemer

sy beste gegee en goeie prestasies behaal.

Soos die tradisie verloop, is elke deelneemer aan die einde van die aand met borrels en ‘n toekenning

huistoe. Dit was miskien die enigste fees wat ons hierdie jaar gehad het, maar dit was verseker nie die

laaste een nie.

Leesweek

Page 6: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Die groot woord wat hand aan hand loop met elke nuwe skoolkwartaal: Toetsreeks. Die ure se

voorbereiding, moderering en nasien werk is nie net stresvol vir onderwysers nie, maar kan ook vlinders in

die maag veroorsaak vir ouers en leerders. Laerskool Skuilkrans se verhoudingskomitee, in samewerking

met Pastoor Paul Grobler van die Inpas Gemeente, het met ‘n blink idee vorendag gekom om stresvlakke te

verlaag - ‘n biddag voor elke toetsreeks of eksamen. Op 19 Februarie 2020 om 07:30 kom ouers, leerders

en onderwysers almal bymekaar om eenvoudig te bid. Nie net vir die opkomende toetsreeks in die eerste

kwartaal nie, maar ook vir die hart van ons gemeenskap en ons geliefde Suid-Afrika. Skuilkrans streef

daarna om ‘n bron van hoop aan sy leerders te bied deur hulle bloot te stel aan gebed en geloof. As Suid-

Afrikaners is ons bevoorreg om ons keuse van geloof vrylik uit te mag leef. Die land se ekonomie, misdaad,

korrupsie en selfs “loadshedding” laat ons Suid-Afrikaanse harte soms swaar trek. Laerskool Skuilkrans is ‘n

skool met hart en ons streef daarna om soveel as moontlik ons hart met die land te deel. Met ‘n eenvoudige

sirkel, hoofde gebuig en kragtige woorde, dra ons, ons Skuilie harte op aan hoop en aan ons mede Suid-

Afrikaners.

Buddy Bench Addi Beyers

Laerskool Skuilkrans se 2019 boelieweek is gereël en georganiseer deur Mevrou

Christel Du Toit in samewerking met die skool se terapeut, Mevrou Debbie

Slabbert. Nie net tydens die boelieweek nie, maar ook reg deur die skooljaar

word leerders aangemoedig om ‘n brief te “pos” wanneer hulle hulp benodig of

met ‘n terapeut of onderwyser wil gesels. Hierdie twee onderwysers het agter

gekom dat daar vele Skuilies is wat nie maats het nie.

Die buddy bench het toe in werking getree met die fokus om Skuilies te help wat

skaam is en nie maats het nie. Die buddy bench bied ook die geleentheid aan

ander Skuilies om ‘n hart met omgee en vriendskap te bied aan iemand wat dit

broodnodig het. Leerders gaan sit voor skool of tydens pouses by die bankie en

so laat weet hulle ander Skuilies op ‘n subtiele manier, dat hulle opsoek is na ‘n buddy.

Die buddy bench het in 2019 begin, maar is amptelik in 2020 met helder kleure en vlaggies versier.

Op hierdie manier reik Laerskool Skuilkrans uit na sy leerders en moedig hulle aan om ‘n helpende

hand en omgee te bied aan die Skuilies waarmee hulle omring word op ‘n daaglikse basis.

Page 7: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Sosiale Media. My ouers se woorde draf deur my gedagtes: “Julle kinders en sosiale

media.” Wel sosiale media is letterlik jou foon, die internet, boodskap toep (app)

byvoorbeeld Whatsapp, Instagram, Snapchat ens.

Op 11 Maart 2020 het Carla de Beer van The Digital Law Company, Laerskool

Skuilkrans besoek om die leerders sowel as die ouers in te lig oor wat sosiale media

werklik als behels. Sy het die volgende belangrike feite uitgelig: 5.1 biljoen mense het

selfone, 4.3 biljoen mense gebruik die internet en 2.2 biljoen gebruik Facebook op ‘n

maandelikse basis. Sy het die gevare van sosiale media gedeel en beklemtoon dat daar

byna geen privaatheid meer in vandag se tyd is nie en dat sekere aspekte wat jy deel op

sosiale media jou toekoms kan beïnvloed. Net ‘n eenvoudige “screenshot” van ‘n prent

of die verkeerde woorde, kan jou in die sop laat land.

Alhoewel daar slegte aspekte van sosiale media is, is daar ook talle voordele. Die feit

dat ons blitsvinnig met mense vanuit enige plek in die wêreld kan kommunikeer, verbaas

my steeds. Wanneer sosiale media verantwoordelik en vir die regte redes gebruik word,

kan dit wonderlik wees.

Page 8: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Marlouise Keet

Juffrou Van Coller, die Graad 7’s, en hul ouers het opgewonde begin beplan aan fondsinsamelingsaksies vir die

jaar. Almal wil tog graag aan die einde van die jaar pret hê en die gange het reeds gegons oor die moontlike

pretdag by Sun City… Een van die groot pret fondsinsamelingsaksies was die Hop Lig Dans aand. Dit was die

eerste Hop Lig Dans aand van 2020. Die Graad 7’s het saam met die res van die skool beplan watter klere hulle

dié jaar gaan aantrek vir die dans terwyl ouers die lekkernye beplan en bestel het.

Met “glow sticks” en ‘n waterbottel in die hand het almal in afwagting, die saal ingehop. Dit was ‘n aand van

rondspring, hop, dans, ligte wat flits en Skuilies wat rondbons. Daar was selfs ‘n onderwyser of twee wat ook

rondgehop het. Die musiek en DJ was baie goed en al die verskillende ligte het vir ‘n heerlike atmosfeer gesorg.

Mnr Theunissen het weer sy slag gewys en vriende saam op foto’s verewig. Ouers, wat gehelp toesighou het,

het wel bekommerd oor die vreemde virus wat die wêreld teister, gesels en gewonder wat die impak op ons hier

aan die Suidpunt van Afrika gaan wees. Op daardie oomblik het Skuilies hulle nie veel daaraan gesteur nie,

eerder net vinnig asem buite geskep en weer gaan jol in die saal. Dit was ‘n aand wat ons nooit sal vergeet nie.

En wie sou kon raai dat dit die enigste en laaste pret by die skool sou wees vir hierdie mal en deurmekaar jaar?

My wens vir volgende jaar se Skuilies is dat hulle meer Hop Lig Dans aande mag hê!

Page 9: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Het jy geweet?

Francois Hartslief Meneer Gerhanro Ooshuyzen begin by Laerskool Skuikrans as

Wiskunde onderwyser werk in Januarie 2020. Hy kon voor die

inperking darem ‘n paar weke ook rugby afrig. Daar is egter baie

interessante dinge wat julle nie van ons nuwe Meneer weet nie. Hy is ‘n oud - Skuilie, behaal ‘n BCom graad in

Bedryfsielkunde aan die Potchestroom Universiteit se Noordwes Kampus en is tans besig met sy

onderwysgraad. Dit is hier by die Caput manskoshuis op Potchefstroom waar sy liefde vir musiek vlerke kry.

Hy en sy koshuisvriende, Barren Jacobson en Wian Kotze besluit om ‘n “band“ te stig in 2018. Hul “band” se

unieke maar gepaste naam, NUGTERWEET het heel toevallig gebeur. Almal wou weet wat gaan hul groep se

naam gaan wees en elke keer het hulle geantwoord: Nugter weet, bedoelende niemand weet nie - dit het toe

“gestick” en is die naam van hul driemanskap!

NUGTERWEET word beskou as ‘n alternatiewe “Rock Band” en hulle musiek gaan meestal oor emosies en

denke - regte sielsmusiek. Hul musiek is beskikbaar op iTunes, Spotify en YouTube. Stellenbosch, Frangipani

en Dink is tans hul top 3 liedjies op YouTube. Hulle tree gereeld naweke op in plekke soos The Railway Café in

Centurion en The Texan Bar in Potchefstroom. Ons voel geëerd om so ‘n talentvolle en veelsydige meneer hier

by Skuilies te hê en sien uit wat 2021 vir Meneer Gerhanro en NUGTERWEET gaan inhou!

Page 10: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Geteken deur Anriëtte Kruger

Page 11: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Geteken deur

Taytim Johnson en Jade Soltau-Swart

Page 12: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik

opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom op die skoolgronde en in die klaskamers. Die

personeel het dit goed gedink om vir elke graad soos wat hul toegelaat is om terug te kom,

iets spesiaals te doen. Vlaggies, balonne, heerlike musiek en helder kleurige baniere is

gebruik om die Skuilies veilig en tuis te laat voel.

Na afloop van die nodige prosedures om

toegelaat te word op die skoolgronde is die

Skuilies warm verwelkom deur onderwysers en

mede leerders. Leerders het bymekaar gekom

op die rugbyveld, sosiale distansiëring is

toegepas en is daarna vergesel na hul

klaskamers deur hul registeronderwysers.

Alhoewel vrolike Skuilie glimlagte versteek was

agter maskers, was dit duidelik in die

vriendelike, skitterende oë van elke leerder dat

hulle opgewonde was om terug te wees by die

skool wat glo en streef.

Page 13: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Albert Lombard

2020 het baie verrassings ingehou, maar nooit het

ek gedink, sal ek nié in die skool hoef te wees vir

byna ‘n jaar nie! Ek en my ouers het verkies om

eerder tuis voort te gaan, waar die res van die gesin

veilig saam kon werk. Daar was baie voor- en

nadele. Ek het my vriende gemis en die

onderwysers wat grappies maak. Dit was ook

jammer dat ons nie kon rugby speel of KDA doen

nie. Die leerwerk op my eie was moeilik aan die

begin, maar nou is ek beter voorbereid vir graad 8.

Dit was baie lekker om meer tyd te hê vir Lego

Mindstorm en Robotica. Ek kon rekenaars beter

leer verstaan en het baie geleer van voertuie op

Youtube Kids. Ons skooldag was net van 8 tot 1 en

daarna het ons baie trampolien gespring, gaan stap

of skuilings gebou in ons tuin. Ons groentetuin

vorder mooi en nou dat dit somer is, swem ons

baie. Ek het elke week iets gebak soos “brownies,”

piesangbrood en beskuit.

Baie dankie aan al my onderwysers wat gereeld al

die werk gestuur het. Julle het altyd my vrae

beantwoord en ek het nooit gevoel ek raak agter

nie.

San-Mari Strydom

Dit was moeiliker om van die huis af te werk want

ons het nie onderwysers gehad om ons te leer nie.

Ten minste het die ouers so veel as moontlik

probeer help. Meeste van die tyd het ek al my

vriende en onderwysers gemis as ek werk, maar

om van die huis af te werk het ook sy voordele. Ek

moet sê dat ek nie kan kies of ek van die huis of

skool eerder wil werk nie, altwee is ewe lekker.

Ek het dit geniet om in my bed al my werk te doen.

Geen vroeg opstaan of skoolklere nie. Een ding wat

ek baie gemis het, is die Vrydae wanneer ons

gedans het tot ons voete pyn en lekkergoed van

ons snoepie geëet het. Ek het baie geleer in die tyd

wat ek van die huis af gewerk het.

Die jaar het ongelukkig so vinnig tot ʼn einde gekom

en ons moet hierdie laaste paar dae gebruik om

totsiens te sê vir al die onderwysers en leerders wat

ons geken het. Ons moet ook baie dankie sê vir al

die moeite en tyd wat die onderwysers gedoen het

vir ons om die hele week se werk uit te tik en uit te

druk om vir ons te stuur sodat ons beter kon

verstaan. Elke woord en verduideliking het my

gehelp. Baie dankie aan al die onderwysers

daarvoor.

Om ʼn “lockdown learner” te wees was ʼn nuwe

uitdaging wat sy voor –en nadele gehad het. Ek kon

laat slaap, maar na dit as ek opgestaan het, moes

ek hard werk om al my werk ordentlik klaar te

maak. 2020 is ʼn jaar wat ek nooit sal vergeet nie.

Page 14: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Skuilie landlopers maak plan

“Lockdown” vir die Skuilie landlopers beteken om tuis te bly en die reëls te gehoorsaam, maar nie sonder

pret nie! Daagliks word daar 2 tot 4 kilometer gehardloop en verskeie krag oefeninge word gedoen wat hul

spiere warm hou soos padda spronge en “squad jumps.” “Lockdown challenges” vind ook daagliks plaas.

Elke dag kry ‘n landloper ‘n beurt om die dag se tema te kies waarvolgens hulle dan aantrek. Tema’s soos

narre, “rappers”, “dress like the 80's” en “hats and funny faces” is al gebruik. Daar word ook ‘n uitdaging

gegee saam met die tema en die bewyse moet natuurlik ‘n foto of ‘n video vergesel, anders tel dit nie.

Uitdagings soos: Wie die langste kan “plank,” wie die langste aaneen kan springtou spring, gesig in ‘n bak

water druk dan in meel en ‘n foto neem, ‘n hardloop bordspeletjie ontwerp en ‘n video maak waar elkeen ‘n

rugby haka met hul eie woorde opvoer.

Wanneer die Skuilies sport mis maak hulle ‘n plan; landlopers maak altyd 'n plan. Die Skuilie landlopers

maak die beste van enige situasie en moedig lesers aan om positief en produktief te bly.

Sportiewe Skuilies streef steeds

Virtuele afrigting vir verskeie sportsoorte

April maand het gekom en gaan by Laerskool Skuilkrans se grasgroen sportvelde sonder enige

sportbyeenkomste, oefen of fiksheid sessies. Meneer Hansie Olivier, Sportbestuurder van Laerskool

Skuilkrans het ‘n lig laat skyn aan die einde van die donker grendeltydperk tonnel. ‘n Vriendelike video is

gepubliseer op Laerskool Skuilkrans se facebook blad wat gesorg het vir opgewondenheid by die sportiewe

skuilies = Virtuele afrigting!

Die Skuilies is uitgenooi om die skool se facebookblad gereeld dop te hou vir verskeie oefeninge wat hul tuis

kan doen tydens die grendeltydperk. Die opnames handel oor die volgende sportsoorte: Rugby, netbal, mini-

netbal, landloop, sagtebal en hokkie. Elke personeellid verantwoordelik vir die spesifieke sportsoort kry die

geleentheid om sy/haar aktiwiteit, oefening of vaardigheid te deel met die Skuilies. Spoggerig geklee in hul

sportdrag deel hulle hul wysheid en ervarings.

Dit is belangrik dat leerders nie net hul intelektuele vaardighede versterk tydens die grendeltydperk nie,

maar ook fisies sterk en gesond bly. Gaan loer gerus na die verskeie opnames:

https://www.facebook.com/pg/Skuilies/videos/?ref=page_internal

By Laerskool Skuilkrans glo ons in

en streef ons na ‘n gesonde gebalanseerde leefstyl.

Page 15: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Jaco Coetzer en Tshenolo Musenwa

Na ‘n elle lange Winter maand was die Skuilies al te bly om Lente te verwelkom. By Laerskool

Skuilkrans word alles met hart gedoen; daarom is daar besluit om ‘n heerlike piekniek dag te hou op

Skuilkrans se sonnige grasperk. Gewapen met lekkernye, komberse en blomme in die hare nes bye

boer wa is Lente hartelik verwelkom.

Twee sonnige piekniek dae is gehou, een vir die seuns en een vir die dogters. Die piekniek dae het op

‘n veilige afstand geskied maar die lag en vrolike gesels van die Skuilies het mens vir ‘n oomblik laat

vergeet dat Suid-Afrika tans ‘n pandemie beveg. Ten danke aan die bo-baas braaier mans, is die

onderwysers almal bederf met ‘n lip-lek-lekker boereworsrol.

Die dag is verder opgehelder deur ‘n paar geesdriftige Skuilies wat kleurvolle kouse en tutus aangetrek

het vir die geleentheid. Ten spyte van die tuimeltrein van ‘n jaar wat ervaar is, is dit ‘n absolute voorreg

om te sien dat die leerders van Laerskool Skuilkrans steeds blom.

Skuilkrans Blom

Page 16: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom
Page 17: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom
Page 18: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

‘n Krans waaronder ons kon skuil, leer, lag en speel - Kaela Kielblock

Wat ‘n vreemde jaar! Ek onthou hoe ek aan die begin van die jaar besef het dat dit my laaste jaar in die laerskool

sal wees en die gedagte aan hoërskool toe gaan het my terselfdertyd oorweldig en opgewonde laat voel. Ek het

na die juniors gekyk en besef hoe ver ek gekom het. Jare gelede was dit ek wat so uitbundig gehardloop en

gespeel het. Dit was ‘n heerlike ervaring. Die tyd het werklik gevlieg.

Covid 19 het ons Graad 7 jaar drasties verander en ons geleer hoe vinnig alles kan verander. Ons het skool

aanlyn begin doen en so geleer om self verantwoordelik te wees vir ons skoolwerk. Aan die begin was dit ‘n

aanpassing, maar ek het vinnig my ritme gevind en dit naderhand begin geniet om so op my eie te werk sonder

kinders wat om my ‘n lawaai maak.

Die dag toe die minister aangekondig het dat die Graad 7’s kan terug gaan skool toe was ek baie opgewonde.

Ek het my vriendinne en onderwysers gemis en uigesien daarna om almal weer te sien. Al moes ons met

maskers rondloop en ver van mekaar af staan was dit steeds heerlik om weer terug te wees by Skuilies wat ons

baie veilig laat voel het onder die vreemde Covid omstandighede.

Oor die jare het ek lief geword vir vele Skuilkrans onderwysers. Ek kyk terug na Graad 2 by Juffrou Susan

Joubert. Sy was die beste Graad 2 onderwyser waarvoor ek kon wens. Onderwysers speel so ‘n groot rol in ons

lewens en kan jou ‘n vak laat geniet of pes. Juffrou van Coller het dit reggekry dat ek van Wiskunde begin hou

het. Sy het ook my Graad 6 jaar baie spesiaal gemaak met die dans klasse wat sy aangebied het. Dit was groot

pret. Juffrou Botha het my in die klas en op die netbalveld aangespoor en gemotiveer. Juffrou Els het een van

my gunsteling onderwysers geword in Graad 4 toe ek saam met haar drama gedoen het. Ek het die kreatiewe

manier wat die onderwysers gebruik om ons iets te laat verstaan altyd geniet. Ek onthou hoe Juffrou Wessels

ons verduidelik het hoe om die spelling van interessant te onthou. Haar voorbeeld was te oulik. Sy het gesê,

“onthou een rok(r) en twee skoene(s).” Ek het waardering vir elke liewe onderwyser en is dankbaar vir wat

elkeen van hulle vir my geleer het. Julle is almal helde op jul eie manier.

Dit voel soos nou die dag wat ek my klein stoeltjie uitgetrek het en hier staan ek nou, met al die boublokke wat

Skuilkrans my gegee het, gereed vir die volgende fase van my opvoeding. Ek gaan dit mis om ‘n Skuilie te wees

en sal my jare by Laerskool Skuilkrans altyd onthou. Dankie aan elke onderwyser en elke maat wat my lewe

geraak het en saam met my die pad tot hier gestap het. Ek groet graag met ‘n pragtige Ierse seënwens:

May the road rise to meet you

May the wind be always at your back

May the sun shine warm upon your face

The rain fall soft upon your fields

And until we meet again

May God hold you in the palm of His hand.

Page 19: Desember 2020 admin@skuilkrans Skuilkrans.pdf · Na ‘n elle lange grendeltydperk van Jan Tuisbly onderrig was Laerskool Skuilkrans kinderlik opgewone om elke Skuilie terug te verwelkom

Ontwerp deur

Brigitte Schoeman