’n stukkie hemel · die streek is ’n paar uur uit kaapstad en is die tuiste van die...

4
36 Vrouekeur 1 Desember 2017 Foto credit Hulle sê as jy een maal die vars lug by Ebenaeser ingeasem het en die pienk flaminke by Papendorp gesien het, het die Namaqua Weskus-streek vir altyd jou hart. Maryke Roberts kan dit beaam Foto’s CLIFFORD ROBERTS en BRUCE VIAENE ’N STUKKIE hemel

Upload: others

Post on 15-Jul-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ’N STUKKIE hemel · Die streek is ’n paar uur uit Kaapstad en is die tuiste van die wêreldbekende Nama-kwalandse blomme, bekroonde wingerd-blokke, die uitgestrekte vlaktes van

36 Vrouekeur 1 Desember 2017

Fo

to c

redi

t

Hulle sê as jy een maal die vars lug by Ebenaeser ingeasem het en die pienk flaminke by Papendorp gesien het, het die Namaqua Weskus-streek vir altyd jou hart. Maryke Roberts kan dit beaam

Foto’s CLIFFORD ROBERTS en BRUCE VIAENE

’N STUKKIEhemel

’N STUKKIE

Page 2: ’N STUKKIE hemel · Die streek is ’n paar uur uit Kaapstad en is die tuiste van die wêreldbekende Nama-kwalandse blomme, bekroonde wingerd-blokke, die uitgestrekte vlaktes van

Vrouekeur 1 Desember 2017 37

Die Namaqua Weskus-streek met dorpe soos Vredendal, Klawer, Lutzville en Doringbaai, is pas aangewys as gasheer

vir een van die wêreld se prominentste avontuurwedlope, die Adventure Racing World Series se Expedition Africa, en ons het besluit om die streek voor die groot opwinding in Mei aanstaande jaar te gaan verken.

Die resies behels spanne atlete wat sonder ondersteuningspanne meer as 500 km se ongenaakbare terrein met navi-gasie- en trekvaardighede moet baasraak. Avontuurtoerisme is een van die Wes-Kaap se snelgroeiendste sektore en ’n fokus vir plaaslike en provinsiale regerings.

Die Namaqua Weskus in die Matzikama- gebied is sekerlik een van die Kaap se mees besonderse reisbestemmings – ’n plek van oop skoonheid en diverse kontras.

Die streek is ’n paar uur uit Kaapstad en is die tuiste van die wêreldbekende Nama-kwalandse blomme, bekroonde wingerd-blokke, die uitgestrekte vlaktes van die Knersvlakte en die lewegewende rivierval-leie wat deur dorre landskappe kronkel.

Die kaal en ru kuslyn beslaan kilo-meters verlate strande, onversteurde duine en sandveld, terwyl die binneland tot in die pieke van die Gifberg en Maskamberg “optroon”.

Dis lank reeds die geheim van diegene wat mal oor die buitelewe is en Namaqua Weskus bied van die uitdagendste land-skappe vir elke aktiwiteit – van bergklim tot voetslaan, 4x4-roetes tot bergwedlope.

Daar was padwerke aan die laaste stuk van die N7 voor ons afdraai, voor die be-plande bouwerk aan die Clanwilliam-dam begin. Ons skakel sommer gou ons radio oor na Radio Namakwaland (93,4) en kry die Weskus-ritme in ons kuite.

Dis ’n jaar of drie sedert ons in die omgewing gekuier het en daar het baie interessante restaurante en kuierervarings bygekom. Ons kan nie wag om alles te ervaar en te proe nie.

Ons eerste stop is by die toerismekan-toor en Eonie van Schalkwyk gee my die nuwe Find Yourself Guide en ’n kaart van die Namaqua Weskus-wynroete en ons belowe plegtig om soveel moontlik kelders te ondersteun terwyl ons hier kuier.

Expedition Africa ons streek as gasheer gekies het,” vertel die toerismebestuurder, Monika de Jager, toe ek oor die geleent-heid uitvra.

“Dit spreek boekdele oor die aantrek-kingskrag wat ons streek, plaaslik en internasionaal, inhou. Terselfdertyd skep dit broodnodige langtermyn- ekonomiese geleenthede vir ons plaaslike gemeen-skappe, danksy die geweldige belangstel-ling wat die geleentheid genereer en die besoekers wat daaruit voortspruit.”

Ons bly ’n paar dae by Voorsorg-gastehuis oor. Ons huisie se naam staan voor die huis in groen-en-wit krulskrif op ’n oulike klein ysterteken: Kelkiewyn. Ons kyk hoe die son teen skemer die hemele pienk verf en die Maskamberg ’n donker silhoeët maak, terwyl ons ’n braai pak.

Louise Rossouw het in 1983 die eerste gastehuis op Vredendal geopen het en ge-niet steeds vandag elke oomblik daarvan.

Ek is dankbaar ons het vooraf laat weet ons wil graag braai: die wingerdstompies is dik gepak onder die braaiplek; die slaai lyk heerlik en ek kan skaars my oë glo toe ek die oulike emaljeskottel se deksel lig en die braaibroodjies van plaasbroodsnye sien. Dit word onmiddellik as voorgereg gebraai.

Nagereg is Louise se malvapoeding in klein kolwyntjiepannetjies met tuisge-maakte witsjokoladeroomys. Dis net op die platteland wat jy só bederf word!

Soggens staan ons met ons moerkoffie op die stoep. Die sonsopkoms is te mooi vir binne sit. Dan stap ons oor eetkamer toe vir ontbyt. Maggie Botha is die afge-lope vyf jaar die bestuurder by Voorsorg. Ek het aangeneem sy en Louise is dogter en ma omdat hulle so na aan mekaar is, maar hulle lag en sê hulle voel amper soos ma en dogter, omdat almal so lekker saamwerk daar.

Ons gaan stap deur die strate, loer by

pak jou tas

’n Volstruis kuier saam Vis op die draad oopgevlek by die hawe

’n Oulike kuierplek

Page 3: ’N STUKKIE hemel · Die streek is ’n paar uur uit Kaapstad en is die tuiste van die wêreldbekende Nama-kwalandse blomme, bekroonde wingerd-blokke, die uitgestrekte vlaktes van

38 Vrouekeur 1 Desember 2017

oulike winkeltjies in en gaan drink koffie by Thi Art Coffee in die Maskam Mall, met die voormalige Bloubul Danie Thiart as eienaar. Hy het ook intussen ’n deli om die draai geopen met plaaseiers, proteas in potte en olyfolie en ’n restaurant met biefstuk, pizza en ander lekkernye.

Ons bekyk bedags die omgewing, ry uit Strandfontein, Doringbaai en Papendorp toe, soos wat daardie arme avonturiers dit volgende jaar gaan doen.

Maar genadiglik slaap ons sag, eet ons soos konings en kry ons kans om die wonderlike mense van die omgewing te leer ken.

In ons handel en wandel hoor ons by inwoners van die kanaal, die lewegewende slang wat vir meer as 260 km deur die gebied kronkel. Dis in die jare twintig met net pik en graaf gebou en die aanvank-like grondwalle is in die jare vyftig deur ’n baie ruwe sementmengsel vervang, maar die water is niemand se maat nie en spoel gereeld dele van die walle weg. Oral waar jy gaan, is mense bewus van die kanaal, selfs by die gastehuis, want sommige weke is die kanaal droog vir instandhoudings-werk en mense werk mooi met hul water in tenks by die agterdeur.

Ek dink kort-kort weer aan ons gesprek by ontbyt toe Louise en Maggie vertel het hoe oorlede Pieter Pieterse Vredendal glo daar van Vanrhynsdorp se kant af binne gery het en gesê het die omgewing se mense is so vriendelik “dit grens aan aanranding!”

Soos ons deur die streek kuier, gesels my 87-jarige pa wat ’n Koekenaap-boorling is, oor sy onthou van die kanaal en die besproeiingskema wat in die jare twintig en dertig begin is om werkskeppingsprojekte te word. Hy is weer kind as hy daardie swaarkrydae onthou en ’n mens kan nie glo in sy leeftyd het hy van pik en graaf en honger gaan slaap na selfone en satelliet-TV gevorder nie.

Een middagete stop ons by Maskam Brewing Company op die Botha-familie-plaas waar daar boetiekbier van fonteinwa-ter uit die Maskamberg gemaak word, vertel die eienaar, Maree Botha. Hy ry voor elke brousel 1 000 ℓ uit die berg agter op sy bak-kie aan brouery toe. Tans maak hulle vier soorte bier, waarvan een ’n sider is.

Die oulike restaurant het ’n groot gras-perk waar kinders uitgelate baljaar en ’n

Die historiese kerksaal op Vredendal is een van die dorp se mooi ou geboue

Dis hierdie ongerepte skoonheid wat die streek so gewild onder buitelugliefhebbers maak

Die Doringbaai-hawe is ’n geroesemoes van bedrywighede

Page 4: ’N STUKKIE hemel · Die streek is ’n paar uur uit Kaapstad en is die tuiste van die wêreldbekende Nama-kwalandse blomme, bekroonde wingerd-blokke, die uitgestrekte vlaktes van

pak jou tas

Vrouekeur 1 Desember 2017 39

groepie krieket speel. Jou onbelemmerde uitsig oor die Maskamberg in die verte laat jou met plattelandse vrede ontspan. Dinsdagaande is burgeraande en op ander aande is daar ander spesiale aanbiedinge, maar dis die pizzas en biefstuk en oulike peuselmandjies wat ons oog vang.

Maree bring vir ons elkeen ’n proe-plankie met die Maskam Cider, Amber Ale, Blonde Ale en Weissbier. Ná die proe kan jy besluit watter een jou gunsteling is.

Ons ry verder aan Doringbaai toe en sit by Fryers Cove onder die ligtoring en kyk hoe die golwe teen die kaai breek.

Mense om ons drink witwyn en eet seekos, maar ons mae is nog te vol van ons bier-en-pizza-middagete, so ons laat net die middag om ons gebeur.

By die klein skeepshelling is dit ’n warboel van mense, kinders en honde, wat almal gelyk praat soos die skuite of “bakkies” inkom. Een van die vissermanne vertel ons later dat almal wil gaan help bote uitsleep, vis skoonmaak of help afdra, in die hoop vir ’n snoek vir aandete of ten minste die kuite.

Een van die vissermanne kom staan koud en nat by ons en slaan die hele petalje gade. Hy vertel dat jy as visser-man altyd na ander omsien, en dié omgee en iets te ete gee, noem hulle ’n blessing. “Môre is jy weer in die nood, dan kyk hulle weer na jou.”

Laatmiddag ry ons terug verby Papen-dorp en Strandfontein en Lutzville. Alles is goud gekleur en ’n digte laag mis lê in die laaglande tussen die koppies langs die see. Ons motor se skaduwee maak ’n komieklike prentjie teen die vlaktes.

Ons smul die aand by Thi Art Restau, Danie se ander onderneming, aan knof-felslakbiefstuk, knoffelkruiekorsbiefstuk en rooiwyn van sy broer, Nico, van Bellpoint, op pad na Lutzville.

Die tafel langs ons doen ’n boetiek-jenewerproe en die “oe’s” en “aa’s” laat my mond water.

Die jazz is strelend oor die luidspre-kers en die pizzaoond se vlamme knetter gesellig. ’n Mens wil amper nie huis toe gaan nie.

Op ons laaste dag gaan kuier ons by Lutzville-wingerde se nuwe kelderrestau-rant. Catherine Schoeman is die nuwe

proelokaal- en restaurantbestuurder en haar glimlag nou waarlik – soos my ouma sou sê – so wyd soos die Heer se genade.

Ons drink hul Diamond Collection Sauvignon Blanc en baklei behoorlik ons pad deur die kaas- en vleisbord met oulike roosterkoeke en plaasbotter. Die kelder produseer jaarliks 50 miljoen liter wyn, maar daar word beslis nie op gehalte inge-boet nie en ons koop ses bottels Francois Le Vaillant Pinotage om huis toe te neem.

Toe die kelnerin kom vra of ons vir toffiepoeding lus is, sê ons plegtig nee dankie. Nie net omdat ons knuppeldik is nie, maar ook omdat ons weet Donder-dae word die skuinskoek vars gebak op Vredendal en daar is twee pakkies op ons agtersitplek, wat saam met wegneemkoffie padkos is vir die lang pad huis toe.

Hulle sê as jy eenmaal die vars lug by Ebenaeser ingeasem het en die pienk

streek vir altyd jou hart gesteel het.Ons glo dit en weet ons kom gou weer

terug.

KITSFEITE Expedition Africa Namaqua Weskus

word van 18 tot 27 Mei 2018 gehou. Vir meer inligting oor die geleentheid, besoek www.kinetic-events.co.za of Facebook by www.facebook.com/kineticeventsafrica

Besoek die toerismekantoor in die Sanlam-gebou in Kerkstraat, bel

Namaqua Weskus by www.visitnwc.com.

Ons gastehuis vir ons kuier het self-sorghuisies of kamers in die hoofhuis.

kingsley.co.za of besoek www.voor-sorg.co.za vir meer inligting.

Maskam Brewing Company is op die Doringbaaipad en elke dag van die week behalwe Maandae oop.

maskambrewing.co.za vir meer inligting. Vk

’n Digte laag mis lê in die laaglande tussen die koppies