’n terugblik op 40 jaar 2017 p… · cv: my “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee...

14
Simmentaler Joernaal/Journal 2017 60 se Simmentaler-skoue ’n Terugblik op 40 jaar Peter Massmann CV : My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde bywoning van belangrike skoue in Brianje, Australië, VSA, Kanada, Argennië en Suid-Afrika as uitvoerbestuurder (export) van die Duitse Fleckvieh (Simmentaler) Vleisbeesafdeling begin. Daarna was ek van 1976 tot 2007 in Suider-Afrika as rasbestuurder betrokke by ondermeer skou-administrasie en in beheer van net minder as 200 skoue, insluitende drie Wêreldkongres-skoue.

Upload: others

Post on 19-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

60

se Simmentaler-skoue

’n Terugblik op

40 jaar

Peter Massmann

CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde bywoning van belangrike skoue in Bri anje, Australië, VSA,

Kanada, Argen nië en Suid-Afrika as uitvoerbestuurder (export) van die Duitse Fleckvieh (Simmentaler) Vleisbeesafdeling begin. Daarna was ek van 1976 tot 2007 in Suider-Afrika as rasbestuurder betrokke by ondermeer skou-administrasie en in beheer van net minder as 200 skoue, insluitende drie Wêreldkongres-skoue.

Page 2: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

61

Die Prosim Studiegroep het Diana en my na vanjaar se Nasionale Kampioenskappe in Lichtenburg uitgenooi. Dit was die eerste skou sedert 1976 wat ek rus g as toeskouer kon geniet en het my laat terugdink aan ons destydse opspraakwekkende skoudeurbrake, onvergeetlike wêreldskoue en ’n paar “geskiedkundige” diere. Dis toe dat ek besluit het om ’n ar kel oor Simmentaler-skoue te skryf; vanaf die eerste amptelike skou in Suid-Afrika, tot my ui rede in 2007.

Ek was by al die Nasionale Kampioenskappe tot 2005. Die standaard van die diere op hierdie kampioenskappe was die beste wat ek ooit beleef het en ek wil elke vertoner gelukwens met hulle diere. Ek is steeds op hoogte van wat oorsee gebeur en in kontak met hulle genootskappe. Sonder twyfel het ons vandag die beste vleis pe Fleckvieh* in die wêreld!

* Internasionale naam vir rasegte, tradisionele Simmentalers. Mo vering - afgesien van Europa, waar hulle voluit vir melk gaan, lyk sake soos volg ten opsigte van die “vleis Simmental-Fleckvieh”: In Australië en Suid-Amerika (Brasilië uitgesluit) gaan dit bevolkingsgewys nie goed met die ras nie; in die VSA en veral Kanada is die ras danksy goeie, doelgerigte prestasietoetsing gewild, maar 80%+ van hulle Simmental is swart (hulle mark soek dit) en in ’n mindere mate geheel rooi oordek, derhalwe nie pies nie; Bri anje/Ierland/Noord-Europa se baie groot Simmentalers is onvergelykbaar met ons s’n.

1857: Eerste mededingende skou in Bern, Switserland. Ons Simmentaler se belangrikste oorspronglande, Duitsland en Oostenryk, se eerste skoue was in 1887 (Frankfurt) en 1894 (Schaerding). Hierdie eerste sketse van ’n Switserse skou in 1868: Drie jaar oue “Siebenthaler”*-bul met ’n ongeloofl ike kambeenhoogte van 196 cm (vergelyk

Simmentaler-skoutydlyn

Foto’s geskets deur X Amiet - Die eerste kameras was eers in 1888 beskikbaar. A. Biegler, Swiss Society

gerus met jou bul) en borsomvang van 225 cm. Die “Simenthaler”1*-koei is ses jaar oud met ’n kambeenhoogte van 154 cm (groter as vandag se volwasse bulle) en ’n borsomvang van 218 cm, gemeet net agter die skouers.

1 Destyds was daar baie rasstamme wat eers in 1890 as Simmentaler verenig is.

Page 3: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

62

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

1899: Die eerste skou buite Europa het danksy ’n fi nansiële inspui ng deur die Duitse koloniale regering in Windhoek plaasgevind. “Die 15 vertoners het 133 diere vertoon, onder hulle ’n aantal direkte afstammelinge van ingevoerde Korthoring, Hollaender (Friesland) en Siementhaler.” (Vertaling: Windhoek Anzeiger). Dit was meestal kruise, en suiwer en kruise is saam beoordeel.

1905: Volgens medaljes wat ek op Onze Rust, die plaas van President MT Steyn raakgeloop het, was hy die eerste Suid-Afrikaner wat “Swiss ca le” (destydse naam in Suid-Afrika) in Bloemfontein vertoon het. My navorsing toon ook dat dit die tweede buite-Europese land was waar met Simmentalers geskou is. Hier is “Toni”, SA Stamboek nr. 1, wat die President vanaf Switserland ingevoer en geskou het.

Toni (Foto: Argief Onze Rust)

1961: ’n Historiese geleentheid toe ’n paar telers van Suidwes-Afrika en Suid-Afrika vir die eerste keer Simmentalers by die Randse Skou inskryf, destyds verreweg die grootste skou. Ulrich Kaiser, Groo ontein (1 300 km gery) en Charlie van der Merwe, Bethlehem, was die eienaars van die eerste grootkampioene.

1966: Die nuutges gte telersgenootskap vir Suider-Afrika (1964) hou die eerste “Interna onals” in Pretoria. Met 150 inskrywings was dit destyds ’n enorme skou. Sieg Gehle (nie die Raad nie) kies die beoordelaars - Reheul Borstlap (Namibië), Sepp Roth (Oostenryk) en Gerd Engelhard (Duitsland) - en reël dat laasgenoemde twee se uitgawes deur daardie lande se uitvoerorganisasies betaal word. (Die tweede internasionale skou vind in 1968 in Windhoek plaas.) Hier die grootkampioen-koei “Eva”, vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek deur Sieg Gehle.

Eva (Foto skrywer)

1976: Drie geskiedkundige deurbrake vind in een jaar plaas: Ek is bevoorreg om die ras se eerste eie kantoor te open; Suid-Afrika word die eerste land wat ’n Simmentaler-wêreldkongres en -skou aanbied; en dis die eerste en enigste keer dat ’n aantal lande aan ’n wêreldkongresskou deelneem. Namibië, Zimbabwe en Suid-Afrika sorg vir 430 inskrywings en ons Genootskap kry spesiale toestemming van die Regering dat die tradisionele Simmentaler-lande Duitsland, Frankryk, Oostenryk en Switserland elk vier vroulike diere en ’n bul kan stuur. Die diere was groot! Gemiddeldes vir 80 senior koeie was 800 kg, senior bulle was 1 280 kg en die 50 bulle in die 2 tot 3 jaar-klas was 920 kg. Die kongres en skou is deur die Staatspresident geopen. V.l.n.r. Burgemeester Pretoria; Ernst Senckenberg, Wêreldfederasie President van Duitsland; Willie Angus President Simmentaler Genootskap en Staatspresident Dr ‘Nic’ Diederichs.

(Foto Pretoria News)

Ser fi kaat in 1909 deur die Windhoek skou aan Mnr. E. Rusch, Lichtenstein toegeken vir sy Simentaler (korrek) koeie. (Foto: R Rusch)

Page 4: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

64

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

Historiese grootkampioene by die eerste Wêreldfederasie-kongresskou: ‘Meerhof Hellas’ (3j 9mde, 1280 kg) van Gerd Olschewski, Meerhof en deur Wilhelm Hoff , Windhoek ingevoerde koei ‘Sennerin’ (6 ½ j., 925kg, IKP 378dae).

Meerhof Hellas Sennerin

1996: Danksy ’n wenvoorlegging en die suksesvolle 1976-kongres word ons die eerste land aan wie ’n tweede wêreldkongres toegeken word. Ná die skou ser fi seer die Wêreldfederasie dat dit wêreldwyd die grootste

Die skou van beeste

Vir baie dekades word skoue en beoordeling wêreldwyd gedeba eer. Vir party rasse het dit tot rasverbetering bygedra. By ander, het beoordeling gelei tot die ondergang van eens gewilde rasse weens plasing van die verkeerde pe en/of die oorbeklemtoning van “fancy points”, wat geen

verband met produksie het nie.

Simmentaler-skou ooit was (steeds van toepassing). Die 70 vertoners sorg vir 1 006 inskrywings in die individuele klasse en in die afstammeling-groepklasse word 1 175 diere vertoon. (Sien meer onder).

Beoordeling, wat net op voorkoms berus, is dikwels nie in lyn met die dier se gene ese meriete1 nie omdat geen beoordelaar kan “sien” hoeveel melk die bul se dogters gaan produseer, of die nageslag van die groot, oorvoede bul onder- of

1 Gene ese meriete of die BLUP-teelwaarde is dít wat na die nageslag oorgedra word en wat nie deur omgewing/kos beïnvloed word nie.

Foto

Skr

ywer

en

Pret

oria

New

s

Page 5: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

65

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

objek ef gemeet kan word2 nie en wat net deur middel van beoordeling en keuring onder die aandag van telers gebring kan word. Voorbeelde is ’n aantal strukturele eienskappe (loopvermoë, korrekte hoek van gewrigte, klouevorm), eienskappe wat verband hou met kalwingsgemak (groo e, gro eid, plat kruise), haarkleed en bespiering by bulle.

Die oplossing vir ons ekstensiewe toestande is eenvoudig: gebruik beide oog en die skaal. Waarom raai as jy toegang tot objek ewe syfers het? Daar is diere met goeie syfers en ‘n ondergemiddelde voorkoms en net so ook pryswenners wat swak presteer. Die belangrikste aspek in veeboerdery, naamlik reproduksie by koeie, is gelukkig al van 1976 ’n vereiste by ons skoue. In die verlede is bulle met baie swak teelwaardes in geboortegewig (kalwingsprobleme) en koeigroo e (onderhoud/herkonsepsie) aan beoordelaars uitgewys, wat ná waardebepaling hulle eie diskresie met die fi nale plasing gebruik, maar ek verneem dat dit nie meer toegepas word nie. In hierdie verband is dit insiggewend dat die gewildste beesras in Suid-Afrika mededingende skoue verbied en prestasietoetsing by almal verplig.

2 Onder die intensiewe Duitse toestande word 18 voorkomseienskappe van 40 000 Fleckvieh jaarliks vir BLUP-teelwaardes geëvalueer, naamlik me ng van kruishoogte, heupbreedte, heuplengte, rompdiepte en middestuklengte en bepun ng deur kenners van vier been-/kloukenmerke en nege uier-eienskappe. Terloops, hierdie en ander prestasietoetsing word 100% deur die Staat gefi nansier.

’n Verkeerde beoordeling-beleid kan ’n ras groot skade aandoen. In die laat 1970’s/begin 80’s veroorsaak die Noord-Amerika se “grootste-eerste-beleid” dat telers dit ook toepas en die kommersiële bulkopers weens Simmental se kalf- en kons tusie probleme ander rasse se bulle koop - die genootskap se ledetal het drama es gedaal. (Foto Fred S vers)

bogemiddelde groei sal toon en wat die kalwingsgemak van die bul se dogters gaan wees nie. Eweneens, kan die beoordelaar nie die Simdeks (ouderdom eerste kalwing en TKP) van die koeie in die ring sien nie. In die 1960’s, het navorsing oor jare se Randse Skou interras “Gold Cup” koeie getoon dat hulle meestal baie swak TKP’s het (400-600 dae, Univ. Pretoria).

Aan die ander kant, is daar egter ook belangrike funksionele eienskappe, wat nie onder ons ekstensiewe toestande

Page 6: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

66

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

Simmental-Fleckvieh skoue vandag

Mededingende skoue is steeds deel van stoetbeeswêreld, maar die belang en metodiek daarvan hang baie af van waar jy is.

In Europa, waar die lande se Veeverbeteringswet bepaal dat alleenlik bulle met posi ewe BLUP-teelwaardes gebruik mag word en waar alle koeie gemelk word, het teelwaardes/genomika volkome oorgeneem en is hoë minimum melkteelwaardes ’n vereiste om koeie by ’n skou in te skryf. Hulle word dan onder mekaar op teelwaardes en veral uier beoordeel. Hulle skou nie met droë koeie, verse en bulle nie (soms ’n klein KI-bul klas), maar groepe met dogters van KI-bulle is gewild en leersaam.

In buite-Europese lande, uitgesluit Suider-Afrika, word veral op voorkoms geskou, is skoue heelwat kleiner as jare gelede,

is daar nie senior bulklasse nie, min koeiklasse, geen droë koeiklasse nie en is die meeste klasse vir diere tussen ses en 24 maande. Ons en Brasilië skou koeie in melk sonder die kalf. In Noord-Amerika, Australië en Nieu-Seeland word koei en kalf as ’n eenheid beoordeel (top koei met gemiddelde kalf kan nie wen nie) en dis hoekom hulle nie droë koeie skou nie. Ons glo nie aan die gesamentlike koei-kalf-beoordeling nie weens ouderdomsverskille van kalwers binne ’n klas. Die kalf is slegs die hel e van die koei en daar is potensiële verskille in koei:kalf-waardebepaling deur beoordelaars. Vir ons moeilik verstaanbaar, is klasse in die Verenigde Koninkryk waar koeie in melk met kalf, drag g geser fi seerde koeie en verse binne ’n ouderdomsgroep saam beoordeel word.

In Sentraal Europa se skouring is melk en uier alles (links) vergeleke met die ware dubbeldoel pe (regs) in 1960/70s toe ek nog in Duitsland was en honderde diere met Suid-Afrikaanse pionier telers uitgesoek/aangekoop het. Die 2014 kampioen links: 6 j oud, 4 kalwings, gem. melk /laktasie 10 750kg o ewel (Foto AHpic en LWBildbera ng)

In die Verenigde Koninkryk verkies die mark baie groot en swaar Simmentalers. (Foto: A Shaw, Clonnagh Sim)

Page 7: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

67

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

Van volgeling na toonaangewer

Toe ek in 1976 bevoorreg was om die eerste “eie kantoor” van die Genootskap te open, was ons nie meer a anklik van ’n alleras-kantoorsekretariaat nie, wat oorhoofse reëls vir almal gehad het, en kon ons ons eie sake hanteer. Die destydse “Engelse skoubeleid”, wat deur almal gebruik is, is voortdurend met opbouende nuwighede verbeter, beoordelaars is van hulpmiddels voorsien en skoue is as hulpmiddel gebruik deur byvoorbeeld die belangrikheid van reproduksie by alle lede te bevorder. My ervaring met die meer moderne Europese skoustelsel het handig te pas gekom.

Van die meer konserwa ewe raadslede was in die begin nie gelukkig met van die “snaakse nuwighede” nie. Hulle kan nie verkwalik word nie, want die plaaslike skoustelsel het sedert die begin van skoue nog altyd gewerk en nou wil ons daaraan torring. Ek plaas graag op rekord dat veral raadslede Willie Angus, Reinie Rusch en Gerd Olschewski groot voorstanders vir posi ewe, nuwe skouveranderinge was. Vertoners van ander rasse, wat in die begin oor ons “nuwighede” geskerts het, het dit ’n paar jaar later ook toegepas.

Ons het die volgende eerstes in die Suider-Afrikaanse stoetveebedryf bekendgestel (van hulle was wêreld-eerstes). Die meeste hiervan word vandag as vanselfsprekend

aanvaar, maar destyds was dit nogal revolusionêr en gewaagd.

• Die beleid by alle rasse was dat die beoordelaar ná plasing van die klas geen kommentaar lewer nie. Dit is in 1966 verander toe ’n Duitse beoordelaar1 geweier het om sonder kommentaar te beoordeel, wat ’n opskudding veroorsaak het. Hoe durf ’n beoordelaar die diere bespreek! Dit was so suksesvol dat ons dit dadelik by alle skoue toegepas het en alle ander rasse het later gevolg.

• Vir die 1976 Wêreldkongresskou besluit ons op ’n eenvormige Simmentaler-skou-uniform in plaas daarvan dat elke vertoner, soos by alle rasse die geval was, sy eie ringleierkleredrag gebruik (meestal met die stoetnaam daarop). Dit was so indrukwekkend en regverdig dat dit daarna vir alle skoue verplig is en ander rasse het me ertyd gevolg.

1 Dr Gerd Engelhard beoordeel in Pretoria en ek neem hom rond en vertaal, want hy was nie Engels mag g nie. Die dag voor die beoordeling vra hy of ons ’n luidspreker gereël het sodat hy die klasse kan bespreek. Ons verduidelik dat dit glad nie toelaatbaar is nie, waarop hy besluit dat hy nie sonder skoukommentaar gaan beoordeel nie. Dit was ’n geskarrel om vinnig ’n luidsprekerstelsel te kry en Reinie Rusch as rasbeoordelaar is gevra om Gerd se kommentaar te vertaal.

Page 8: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

68

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

• Reproduksie, by verre die belangrikste aspek in beesboerdery, word nie by skoue in ag geneem nie – kan jy dit glo! Dit laat mens skaam voel vir ons 1976 Wêreldskou met al die Europese besoekers wat al dekades meetbare hulpmiddels gebruik. Na moeilike bereddering besluit die Raad dat die ouderdom en TKP2 van koeie op elke koeikaart geskryf word en deur beoordelaars in ag geneem moet word. Uit gesprekke kan ek getuig dat die oorgrote meerderheid telers nog nooit van TKP gehoor het voordat dit by skoue gebruik is en vir alle kampioenkoeie deur middel van joernale gepubliseer is nie. Hierdie nuwe gedagte het ’n welkome bewustheid vir TKP/Simdeks onder alle lede geskep. Dit word in 1988 met ’n wêreld-eerste opgevolg toe TKP met Simdeks vervang is, wat ’n geweldige posi ewe raspromosie tot gevolg gehad het.

• In 1978 skep ons die Superkoeiklas vir volwasse koeie, waar reproduksie 70% en voorkoms 30% tel en die fi nale plasing deur ’n rekenaar verwerk word. Kortweg, die wenner het nie net ’n goeie reproduksierekord nie, maar is ook mooi. Dit het baie goeie raspromosie en komplimente tot gevolg gehad. Hierdie voorkoms/prestasie benadering is later deur ’n aantal skougenootskappe onder ander benamings nagedoen. Tien jaar later word TKP met ’n meer omva ende reproduksiemaatstaf, naamlik Simdeks, vervang. Omdat dit ’n posi ewe nuwigheid was, kon ons ook hier maklik ’n borg kry wat dit reeds 39 jaar borg.

• By alle rasse bestaan groepklasse uit ’n groep onverwante diere van ’n teler. Ons verander dit in 1979, soos al dekades in Europa die geval is, na ’n groep seuns en/of dogters van ’n vader wat beoordeel word op grond van sy nageslaggroep. Die klasse weerspieël hoe ’n bul teel en aan die einde van die jaar bepaal die kantoor wie die beste “Teelbul van die Jaar” is. Ook hier het ons ’n goeie langtermyn borgskap gekry.

• Die Superkoeiklas-gedagte lei in 1980 na nog ’n wêreld-eerste, weereens met posi ewe kommentaar in die media. Dit was ’n spesiale klas vir groei-getoetste bulle (Fase C), waar groeitoename in toets (GDT) 60% tel en die beoordelaar se voorkomspunte 40%. Dit het daartoe gelei dat die wenners in beide voorkoms en gemete prestasie uitblink.

• In 1985 word ons die eerste genootskap in die wêreld wat minimum skrotumomvang vereistes vir skoue daarstel. Die reproduk ewe waarde van skrotumomvang is bekend.

• Prestasietoets-indekse word wêreldwyd met BLUP-teelwaardes vervang en in 1999 word ons die eerste genootskap in die Suidelike Halfrond wat ’n bul BLUP-klas skep. Die wenners word met behulp van rekenaars op grond van sekere teelwaardes (60%) bepaal en die beoordelaar se punte (40%) – later gewysig na 50:50.

2 In die begin is elkeen per hand uitgewerk, want die SA Stamboek-stelsel het nie TKP gehad nie. Die eerste “TKP-skou”: 70 koeie met twee en meer kalwing = ’n swak 393 dae. Tien jaar later se gemiddeld vir alle koeie oor vier jaar by die land se vyf grootste skoue = ’n ideale gemiddelde TKP van 370 dae!

Die eerste ras wat ’n eenvormige skou-uniform beleid daargestel het (1976). Die kantoor het egter nie vir alle groo es voorsiening gemaak nie. (Foto Skrywer)

Toe ons in 1978 wêreldwyd ’n totale nuwe beoordeling konsep nl. die Superkoei skep was daar nog nie skootrekenaars en selfone nie (eerste selfoon in SA 1994) en moes ‘die tafel’ by die skou die voorkoms punte per landlyn aan Bloemfontein deurgee vir die fi nale plasing berekening. As ek reg onthou het Salerika Karla (foto, 8j 11mde, Simdeks 112) oor die jare die meeste algehele Superkoei toekennings ontvang. (Foto Skrywer)

Oorsese besoekers by die 2002 Wêreldkongres in Pretoria was beïndruk deur die unieke Blup-bulklas wat ons al in 1999 bekendgestel het. Hierdie konsep het gelei tot die instelling van die populêre Breedplan Blup klas vir verskillende rasse. Hier ’n Nasionale Breedplan Interras Blup klas wenner Odensim Chares Junior van A Odendaal, Villiers.

Page 9: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

Dit staan uit

Die aangenaamste skouterrein/fasiliteite: Die splinternuwe, luukse Randse Skou-kompleks, waar ons in 1985 Nasionale Kampioenskappe met 580 inskrywings van 60 vertoners aanbied. Vir die beoordeling van die kampioene is alle eerste en tweede klaswenners in die nuwe, indrukwekkende hoofarea gebring in die teenwoordigheid van ’n groot aantal telers, besoekers, die Minister van Landbou, Mej. Suid-Afrika en ander hooggeplaaste gaste – ’n onvergeetlike prentjie.

Die bangste: Bang, dat ek gaan droogmaak in die land wat destyds die beste beoordelaars gehad het, naamlik Skotland. In 1974 by die Royal Highland-skou moes ek, sonder ’n plaaslike medebeoordelaar, die eerste Simmentaler-skou ooit in Bri anje beoordeel. Dit het gelukkig goed afgeloop.

Die onsekerste gebeurtenis: Die Simmentaler-wêreld-vereniging se eerste kongres en skou wat ons in 1976 in Pretoria sonder enige ervaring aangebied het. ’n Paar maande vantevore het ek van Duitsland gekom om die eerste kantoor te open, wat my volle aandag vereis het, maar ek was ook tesame met Willie Angus, Kwaab Johnstone en Gerd Olschewski gemoeid met die kongres-/skoureëlings. Gaan ons land se destydse poli ek oorsese

besoekers afskrik, het ons die regte program in plek, sal die skougenootskap die groot geleentheid kan hanteer (Pretoria se eerste beeskongres ooit) en gaan ons begro ng klop (elke Simmentaler teler het R25 bygedra)?

Die mees uitpu ende: Die 1996 Wêreldkongres en grootste skou ooit wat ons kantoor sonder enige buitehulp hanteer het. Dit was vir maande ’n uiters stresvolle periode vir alle betrokkenes. Amptelik registreer 220 mense oorsee van 20 lande en plaaslik 300 (Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe en Botswana). Destyds was dit die grootste SA stoetbeeskongres ooit. In die wêreldrekordbreker-skou het 820 diere van 70 vertoners gesorg vir 1 006 individuele inskrywings. In ’n spesiaal voorbereide groot arena is 1 175 diere ’n dag lank in die groepklasse beoordeel. Die beoordelaars was Georg Anderson van Skotland, Roe Wiid, Flaf Lauwrens en Mar n Seyff erdt (almal van SA). ’n Besonderse prestasie was die gemiddelde Simdeks van 104 vir die 120 koeie, of in die ou taal ’n gemiddelde TKP van 375 dae vir die 92 koeie oor vier jaar. Danksy slim beplanning, harde werk en ’n wisselkoers-waagstuk het ons ’n baie goeie wins gemaak wat vandag nog tot voordeel van die ras benut word.

Onvergeetlik 1996, sonder ’n gebeurtenis-fi rma hanteer die kantoor die grootste stoetbees kongres ooit in SA, die grootste Simmental-Fleckvieh beesskou wêreldwyd en toon ’n aansienlike wins. Foto’s: (a) Die s lte voor die storm, 2500 embleem vlaggies in die groot ‘beoordeling-stadium’ in Pretoria; (b) Bayern Gene k, Duitsland vlieg dié bul in, vertoon hom en skenk hom aan ons Genootskap – hier word die 1300kg bul op die lughawe afgelaai deur Hans van Duitsland; (c) By die arena hoofi ngang nog ’n Duitse ster en saam met Bayern Gene k mede-hoo org; (d) Mar n Seyff erdt, hier saam met Frieda Angus en Diana Massmann by die asemrowende Mercedes Benz dinee, breek ook ’n rekord - die enigste persoon wat meer as een Simmentaler wêreldskou beoordeel het.

Foto

’s: W

Sou

thw

ood

Foto

: Bay

ern

Gen

e k

a

b d

c

Page 10: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

70

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

Onvergeetlike grootkampioene

Daar was diere wat in die tydperk 1966 tot 2007 baie raskampioenskappe verower het. Met die woord “kampioenskappe, kampioen of raskampioen” word verwys na grootkampioene, dus die beste bul en vroulike dier op die skou. Vanaf die middel tag gs is die kleiner skoue (< 100) nie vir hierdie ontleding in ag geneem nie en konsentreer ek hoofsaaklik op Pretoria, Rand, Vryburg, Windhoek en a angende van getal inskrywings, soms ook skoue met streekkampioenskappe.

Vroulike kampioene

Vanaf genootskapwording (1964) tot 1970 oorheers twee koeie die Windhoek-skou se kampioenskappe. Poppie (ingevoer) van CES Miller, Windhoek, en Melis (ing) van Stoff el Oberholzer, Kalkrand, wen elk twee kampioenskappe. In 1970 word Poppie grootkampioen en haar dogter junior kampioen.

Melis (Foto: N Reiter)

Hart J Flanda (Foto: Skrywer)

Sieg Gehle (Mnr. Simmentaler) het in die 1960’s gereeld diere vir telers ingevoer en so ook die drag ge koei ‘Flamme’ van Duitsland vir Greyling Johnston, Amersfoort. Sy word grootkampioen by die 1965 Randse Skou, maar vrek weens siekte. Haar in Duitsland verwekte dogter, Hart J Flanda (464 Vol 1 kuddeboek), het die daaropvolgende jare almal aan die praat. Pretoria was destyds by verre die

grootste Simmentaler-skou en Flanda word grootkampioen in 1967, 1969, 1970, 1971 (nasionaal) en 1972. Met ’n verdere kampioenskap by die Rand was sy dus ses keer ’n grootkampioen en die eerste koei wat die vierkuns behaal (vier opeenvolgende kampioenskappe by een skou). Sy het skou oninteressant gemaak, want die vraag was altyd wie sou reserwe kampioen word.

Wisp Will Peppi (Foto: Skrywer)

Wisp Will Peppi 2 (Foto: Skrywer)

Vol susters Wisp Will Peppi (+1974) en Wisp Will Peppi 2 (+1975) van Willie Angus, Arlington, het van 1977 tot 1982, toe Peppi 2 vir ’n rekordprys van R10 000 verkoop is, om die kampioen vroulike dier gewedywer. Tussen hulle verower hulle agt kampioenskappe en verskeie kere is die eengroot kampioen en haar suster reserwe groot. Jongsus Peppi 2 was in die begin die een wat voorgeloop het, maar toe kom Sieg Gehle en plaas ousus eerste – hoe durf hy, die ander beoordelaars het dan almal jongsus kampioen gemaak! Sieg het dit uitstekend gemo veer en uiteindelik het Peppi meer kampioenskappe as Peppi 2 ingepalm. In ’n stadium het die twee Peppi’s en moeder, Wisp Will Pearl, onder mekaar gewedywer en in 1978 word Peppi 2 grootkampioen en moeder Pearl reserwe groot (9j 3m, 7 kalwings, TKP 371).

Page 11: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

72

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

Ek onthou so goed toe Willie, Sieg en ek Pearl se moeder ‘Penny’ (bekende Praefekt dogter) in 1968 in Duitsland teen ’n baie redelike prys by ’n huilende weduwee gekoop het (‘Penny’ was soos ’n dogter vir haar). Na Peppi 2 verkoop is, hou Peppi die fort en wen nog kampioenskappe (9 ¼ jaar, TKP 362 dae) en die Royal-skou interras-kampioenskap.

Dorsim Marie van Roe Wiid, Hopetown, kleindogter van WW Peppi, wen van 1984-88 ses kampioenskappe in Pretoria, Vryburg en Rand (1988, 7 ½ j, 6 kalwing, 104 Simdeks) en ewenaar daarmee Flanda se rekord, maar neem in ag dat daar in hierdie tydperk baie meer inskrywings was. Sy is die enigste koei wat twee keer (1987-88) tesame met haar seun, Dorsim Marius, albei kampioenskappe gewen het.

’n Ongeëwenaarde prestasie, Salerika Blossom van Jan Ha ngh, Barberspan, word by twee nasionale kampioenskappe (1992 en 1996) as kampioen bekroon. Sy is ook op my lys omdat sy by die grootste Simmentaler-skou in die wêreld opperste kampioen was en die mees gefotografeerde plaaslike Simmentaler is. Vir die kampioenskapbeoordeling het ons ’n “grand fi nale” gereël wat deur ongeveer 800 mense bygewoon is. Toe Blossom gekroon is, het die kamerafl itse die arena verhelder toe ’n groot aantal buitelanders gelyktydig foto’s geneem het. En moenie vergeet dat sy by hierdie groot geleentheid ook die superkoei-kampioenskap verower het nie (6 ¾ j, Simdex 112).

Ongeëwenaard in plaaslike beesrasse se skoubedryf: Van 1997 tot 2000 wen Topliz Wilske van Toppie van der Linde, Bothaville, agt goue bekers, o ewel interraskampioenskappe by die groter skoue (haar laaste oorwinning: 6 ¾ j, Simdex 104). Dis egter nie al nie; sy oortref Flanda en Marie se rekord van ses kampioenskappe by groter skoue en verower agt.

In Namibië het Wisp Will Pam van Kaspar Günzel, Groo ontein, die meeste kampioenskappe in Windhoek gewen - altesame vier. In 1994 behaal sy ’n driekuns en wen weer in 1995 met 7j 6m, 105 Simdeks.

Geskiedkundige koeie

Renosterpoort Gretel (7j 3m; TKP 330; weeg 860 kg) van Willem Pretorius, Villiers, is in 1982 die raskampioen by die Rand, wen die interras Goue Beker en ontvang ook reserwe kampioenskappe in Bloemfontein en Pretoria. Sy is egter op my lys van uitblinkers omdat sy die enigste ware dubbeldoelkampioen was, want sy was ook ’n amptelike Suid-Afrikaanse melk-rekordhouer met 7 103 kg melk in 300 dae, 4.35% BV en 3.84% prot.

Dorsim Marie (Foto: Skrywer)

Salerika Blossom (Foto W Southwood)

Topliz Wilske (Foto: Skrywer)

Wisp Will Pam

Renosterpoort Gretel (Foto: Skrywer)

Page 12: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

74

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

Die enigste keer dat ’n koei alle ras- en interras kampioen-skappe op die bekende Randse Skou wen, was in 1989 toe Odensim Mar e van A Odendaal, Villiers die volgende verower: (i) ras se superkoeikampioen, (ii) ras se nasionale grootkampioen, (iv) interras-superkoeikampioen van die skou en (v) Goue Beker-wenner1. Hoewel 9¼ jaar oud, het sy soos ’n jong senior vertoon en gespog met ’n Simdeks van 109! En dit was nie ’n gewone skou nie; ’n nuwe Simmentaler-rekord is opgestel met 900 inskrywings en ons het vir die eerste keer in die Suid-Afrikaanse skougeskiedenis ’n rekenaar met ’n spesiale skouprogram in die ring gebruik om sake spoedig af te handel.

1 Vir baie jare was die mees gesogte skoutoekenning vir alle rasse die Randse Skou Goue Beker.

Eldandi Dosami (4j 4m , Simdeks 106) van Koos Malan, Hoopstad, wen net een kampioenskap en die gesogte Goue Beker by die 1993 Randse Skou, maar sy is op my lys danksy haar Mej. Wêreld- tel. Elke lidland van die Simmental-Fleckvieh Wêreldfederasie moes ’n foto van die ideale pe na

Vlekke Alida van Dell Nichol, Randburg, kies ek omdat sy die meeste Simmentaler-superkoeikampioenskappe gewen het. By die Randse Skou wen sy meer interras-superkoeitoekennings as enige ander ras ooit. In 1994 word sy Vryburg se superkoei en grootkampioen (5j 1m, Simdeks 113).

In my bovermelde boek het ek hierdie foto van Günzel Princess (een kalwing) van Kaspar Günzel, Groo ontein, as verteenwoordiger van Namibië gekies.

die sekretariaat in Switserland stuur sodat hulle die wenner vir ‘n internasionale bemarkingspamfl et van die ras kon gebruik. Ek kies toe hierdie foto wat ek van haar by Vryburg geneem het. Wêreldfederasie-voorsi er, dr. Otmar Föger van Oostenryk, besluit dat hy en die twee visevoorsi ers die beste foto moet kies. Omdat ek een van die visevoorsi ers was, on rek ek as foto-beoordelaar, want ek het die foto ingeskryf. Dosami wen en word as die “ideal global type” in ’n pamfl et gebruik. In my boek Visual evalua on of Simmental-Fleckvieh word ’n piese dier vir elke land vertoon en die foto van Dosami verteenwoordig Suid-Afrika.

Odensim Mar e (Foto: Skrywer)

Eldandi Dosami (Foto: Skrywer)

Vlekke Alida (Foto: Skrywer)

Günzel Princess

Page 13: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

75

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

Bulle

Van 1965 tot 1973 was al die kampioene ingevoer en nie een het gedomineer nie. Sommige van die bulle was nie ’n toonvenster vir die ras nie; dis asof ingevoerde bulle, en veral die ouer bulle, moeiliker as ingevoerde verse/koeie aangepas het. Die eerste plaaslik geteelde kampioen was Wisp Will Perseus in 1974 en vir die volgende twee jaar Meerhof Hellas.

die junior kampioen en word by die 1980 Nasionale Kampioenskappe die grootkampioen met 6½ jaar, 1 250 kg en ’n kambeenhoogte van 156 cm, wat ietwat aan die groot kant was/is. Die naasgrootste gemete kampioen was Stoepsit Bigrees met 155 cm1. Noemenswaardig is dat sy mede-grootkampioen vroulike dier ses keer ook ’n Wisp Will koei was (vier keer Peppi 2).

1 In die “ou dae” het ons alle diere gemeet. Klubs het dit vergemaklik deur sementvloere vir me ng te bou.

Ri er, van Duitsland, ingevoer deur Roe Wiid, Hopetown, met Duitse Nasionale Kampioen Honig as vader, wen vyf kampioenskappe en weeg as senior 1 200 kg . As enigste bul ooit behaal hy in Vryburg in 1977 die driekuns-kampioenskappe.

Herman, wat Willie Angus, Arlington van Oostenryk ingevoer het, verower ses kampioenskappe en ’n paar interras-kompe sies. Hy en Ri er, die volgende bul, het mekaar behoorlik in die laat sewen gerjare opgekeil. Herman was al in 1976 by die eerste Wêreldkongresskou

Herman (Foto: Skrywer) Ri er (Foto: Skrywer)

Page 14: ’n Terugblik op 40 jaar 2017 p… · CV: My “skouloopbaan” het in die laat 1960’s oorsee met gereelde ... vertoon deur Greyling Johnstone, Amersfoort en in Duitsland uitgesoek

76

Simmentaler Joernaal/Journal 2017

Die beste paar grootkampioene by dieselfde skou (net skoue met meer as 200 inskrywings) is ’n moeilike keuse. Daar was ’n aantal mooi pare en die eerste wat na vore kom was by die wêreldrekord-kongresskou in 1996, naamlik Salerika Blossom (J Ha ngh) en Bulk en Brul Embrio 43 (H Besselaar). Hulle was waardige kampioene, maar hier gaan dit oor die ideale paar. Sterk in oorweging was dieselfde

Die enigste plaaslik geteelde bul met meer as vier kampioenskappe is Wisp Will Mandrake van Willie Angus, Arlington, met ses kampioenskappe in die jare 1991-94.

Geskiedkundige prestasies

Kameeldam Po het “net” vier kampioenskappe in 1981/82 gewen, maar hy is op hierdie lys omdat hy die Genootskap se Standard Bank Bul van die Jaar die meeste kere gewen het, naamlik in 1986, 1988, 1989 en 1991, wat ’n ongeëwenaarde prestasie is. Hierdie belangrike jaarlikse toekenning is gebaseer op die plasings van die drie vaderafstammeling-groepklasse te Pretoria, Rand, Vryburg en Royal. Stoetbulle word dus beoordeel op grond van hulle nageslag se skouprestasie.

My keuse val egter op groot 1989 Nasionale Kampioenskap-paar, Odensim Mar e en die senior bul Wilfred, wat Roe Wiid van Duitsland ingevoer het met die Wisp Will-stoet as mede-eienaar. Kyk na hulle as paar en hou Mar e se syfers in gedagte (9¼ j oud, Simdeks 109.) Om daar te kom moes hulle ’n lang pad stap, want 70 vertoners het 897 inskrywings gehad.

Wisp Will Mandrake (Foto Skrywer)

Kameeldam Po (Foto: Skrywer)

Salerika Blossom en Stoepsit Bigrees (A Rootman) by die Nasionale Kampioenskappe in 1992, maar Blossom was destyds ’n junior (2j 10m) en ek was nog nooit te vinde vir ’n junior as die grootkampioen nie. Ek het altyd ’n ouer koei met ’n goeie reproduksierekord verkies, want sy het al bewys wat sy is, wat nie noodwendig by ’n jonger kampioen die geval is nie. In 1982 het almal oor die mooi paar van Swaarbou Estelle (7j 10mde, 6 kalwing, TKP 369 – G Greyling) en die bekende Kameeldam Po gepraat (A Higgs en R Wiid).

Nasionale Kampioenskap-paar, Odensim Mar e en die senior bul Wilfred (Foto’s: Skrywer)