api.ning.comapi.ning.com/...20161009_radikale_aanvaarding.docx  · web viewmeer info hier: . ......

19
Liturgie Lynnwood 9 Okt 2016: RADIKALE AANVAARDING Aankondigings: Dankiemaand Orrelis: Ansie Wichman welkom 1 Kom Tuis - Nooi elkeen om nou eers tuis te kom in jou lyf, emosies, gedagtes, verhoudings, lewe en in die Here - Ps 84:1-6 & 8 Lees uit die Direkte vertaling (op volgende bladsy) - Sing Hallelujahlied 181:1,4 Saggies en teer (Kom tuis... kom tuis...) - Seëngroet: Mag jy vandag Tuiskom in die Teenwoordigheid van God: In die onvoorwaardelike liefde van die Vader In die oneindigende genade van die Seun In die omvattende inwoning van die Gees. AMEN 2 Egolose Lof - Liedboek 205:1,2,3 - Liedboek - Gebed: van Richard Foster Gees van die lewende God Wees die tuinier van my siel. Hoe lank wag ek nou al op U Stil – in ʼn koue donker van my siel. Maar nou in die kragtige Naam van die opgestane Jesus Christus Waag ek om te smeek: Hark weg die dooie blare van die verlede. Vergruis die harde kluite Van my weerbarstige gewoontes en groewe. Werk diep in my siel u lewegewende Woord. Versorg, gee lewende water, koester my hart Totdat die nuwe lewe in my ontkiem,

Upload: doanphuc

Post on 01-Feb-2018

227 views

Category:

Documents


4 download

TRANSCRIPT

Page 1: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

Liturgie Lynnwood 9 Okt 2016: RADIKALE AANVAARDING

Aankondigings: Dankiemaand Orrelis: Ansie Wichman welkom

1 Kom Tuis

- Nooi elkeen om nou eers tuis te kom in jou lyf, emosies, gedagtes, verhoudings, lewe en in die Here

- Ps 84:1-6 & 8 Lees uit die Direkte vertaling (op volgende bladsy)

- Sing Hallelujahlied 181:1,4 Saggies en teer (Kom tuis... kom tuis...)

- Seëngroet:

Mag jy vandag Tuiskom in die Teenwoordigheid van God: In die onvoorwaardelike liefde van die Vader In die oneindigende genade van die Seun In die omvattende inwoning van die Gees. AMEN

2 Egolose Lof

- Liedboek 205:1,2,3 - Liedboek

- Gebed: van Richard Foster

Gees van die lewende GodWees die tuinier van my siel.

Hoe lank wag ek nou al op UStil – in ʼn koue donker van my siel.Maar nou in die kragtige Naam van die opgestane Jesus ChristusWaag ek om te smeek:Hark weg die dooie blare van die verlede.Vergruis die harde kluiteVan my weerbarstige gewoontes en groewe.

Werk diep in my siel u lewegewende Woord.Versorg, gee lewende water, koester my hartTotdat die nuwe lewe in my ontkiem, groei en blom!Amen

- LB 163:1 en 1 vers Engels : Soos ‘ n Wildsbok

Page 2: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie
Page 3: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

3 Radikale Aanvaarding

Skriflesing: Fil 4:10 - 14 en Message Fil 4:4 -14

4-5 Celebrate God all day, every day. I mean, revel in him! Make it as clear as you can to all you meet that you’re on their side, working with them and not against them. Help them see that the Master is about to arrive. He could show up any minute!6-7 Don’t fret or worry. Instead of worrying, pray. Let petitions and praises shape your worries into prayers, letting God know your concerns. Before you know it, a sense of God’s wholeness, everything coming together for good, will come and settle you down. It’s wonderful what happens when Christ displaces worry at the center of your life.8-9 Summing it all up, friends, I’d say you’ll do best by filling your minds and meditating on things true, noble, reputable, authentic, compelling, gracious—the best, not the worst; the beautiful, not the ugly; things to praise, not things to curse. Put into practice what you learned from me, what you heard and saw and realized. Do that, and God, who makes everything work together, will work you into his most excellent harmonies.10-14 I’m glad in God, far happier than you would ever guess—happy that you’re again showing such strong concern for me. Not that you ever quit praying and thinking about me. You just had no chance to show it.

Actually, I don’t have a sense of needing anything personally. I’ve learned by now to be quite content whatever my circumstances. I’m just as happy with little as with much, with much as with little. I’ve found the recipe for being happy whether full or hungry, hands full or hands empty. Whatever I have, wherever I am, I can make it through anything in the One who makes me who I am.

Boodskap:

Radikale aanvaarding

Page 4: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

BOODSKAP: RADIKALE AANVAARDING

CLAERHOUT, FRANS (1919–2006) is in Pittem, Wes-Vlaandere, gebore. Hy kom in 1946 as Katolieke* sendeling*-priester*2 na Suid-Afrika waar hy buite Bloemfontein werk. As selfonderlegde kunstenaar maak hy tekeninge en skilderye van swartmense wie se lewe daagliks verbind is met die onontvlugbare kringloop van geboorte, voedselnood, siekte en die dood. Hy verbeeld die armoede* en die noodkreet wat op menswaardigheid aanspraak maak. Hy skilder die swartmens as forse skulpturale figuur, ferm op die aarde geplaas om deel van die bodem te wees. Hy identifiseer hom met swartmense as medegelowiges.In 1960 verhuis Claerhout na Thaba ’Nchu (Oos-Vrystaat) waar hy in 1972 ’n kerk, geskoei op die volkstradisie van die Sesotho’s, bou, bekend as Thabo ya kreste (Blydskap van Christus). Die godsdienstige temas in sy werk sentreer meestal rondom die herrese Christus*, dikwels nog met die doringkroon op, dwalend tussen sy aardse skepsels. Portrette van langgerekte, vereensaamde, droewige wesens met ’n doringkroon, het altyd die gesig van ’n swartman. Biddende vroue, asook die ma-kind-motief, boei hom ook. Hy had ’n suiwer aanvoeling vir ritme van lyne en toonwaardes en was ’n gebore storieverteller wie se werk dikwels van innerlike vreugde getuig het. meer info hier: http://www.dbnl.org/tekst/_ons003197201_01/_ons003197201_01_0013.php

Tydens ‘n besoek aan ‘n nederige vader Frans Claerhout by sy plaas in die Vrystaat het ons gemaklik gekuier. Hy het graag uitgevra oor ‘n wedersydse vriend vader Bonaventure Hinnwood wat ook studenteleraar was in die tyd wat ek by Universiteitsoord was. Ek het gesê dat ek graag een van sy werke wou koop as beskikbaar het. Hy het opgestaan en na ‘n ander kamer gegaan as die een waar die res van sy kunswerke te koop uitgestal was...

Hy het teruggekom met hierdie merkwaardige kunswerk: Hy het die kunswerk genoem: blye aanvaarding. Die kunswerk wys die gesig van Jesus aan die kruis met die doringkroon op sy kop. Bloed vloei langs die kante van sy gesig en sy oë lyk moeg... Die pers kleur van diep spiritualiteit en koningskap word aangevul met amper vrolike heldergeel blomme.

Die skildery het ‘n vreemde effek op my, dit laat my meestal met vreemde ambivalensie: aan die een kant is die lyding duidelik. Jesus se onuitspreeklike swaarkry aan die kruis word baie goed uitgebeeld... aan die ander kant vrolike blomme om die titel van die skildery “blye aanvaarding “ te verbeeld. Waarom die kontras van die blomme? Waar is die blydskap in die pyn?

Ek het nog al die jare nie gewaag om oor die skildery te preek nie want om die twee konsepte van lyding en blydskap bymekaar te bring op verantwoordelike manier is uiters uitdagend.

Mense het al in die verlede die pad geloop om voor te stel dat tekste oor lyding en blydskap eenvoudig sê dat jy moet bly wees as daar iets erg met jou gebeur! Merlin Carothers ... Leer Hom Loof is ‘n goeie voorbeeld. As daar iets slegs met jou gebeur moet jy die Here maar net daarvoor dank. As jy hoor jy het kanker moet jy maar net daar en dan vir die Here in blydskap dankie sê vir die kanker... dan word van wonderlike genesings vertel...

Page 5: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

Dit het die indruk gelaat dat ons nie moet wys dat moeilike omstandighede ons diep pyn en swaar veroorsaak nie. Ons moet nie huil nie, nie swaarkry wys nie, en net met blydskap die Here loof vir wat met ons gebeur.

As jy egter mooi na die skildery kyk, sien jy die pyn. Jy deel ‘n stuk van die lyding en swaarkry. Maar te midde daarvan kan jy sien dat Jesus die lyding aanvaar as die pad wat die Vader hom op laat loop. Aan die aan kant vra hy dat die lydensbeker van Hom af weggeneem word , maar gee totaal oor aan die wil van God... Daar kom ‘n stuk aanvaarding! Sy blydskap lê in die Here, nie in die lyding nie!

Hierdie aanvaarding maak Jesus vry om ten spyte van uiterste pyn meer as oorwinnaar te wees te midde van die uitdagings. Hy kyk met deernis na sy ma terwyl hy aan die kruis is. Hy verwelkom die man aan die kruis langs hom in die paradys. Hy vergewe die soldate omdat hulle nie weet wat hulle doen nie!!! Die universele riglyn van sterf om te lewe word weerspieël. Jesus aanvaar sy sterwe met vreugdevolle vertroue op God wat hom uit die dood laat opstaan!

Ander tekste wat hierdie vreemde paradoks verwoord is Rom 5:3, 1 Tess 5:18, Jak 1:3 en 1 Petr 4:13Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding,... (Rom 5:3)Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. (1 Tess 5:18)My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, (Jak 1:2)Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid. (1 Petr 4:13)

Blye aanvaarding... te midde van intense pyn en uitdagings... blydskap in God te midde van pyn.

Paulus skryf in Fil 4:4 uit die tronk in uiters ekstreme situasie: “Wees altyd bly in die HERE! Ek herhaal, WEES BLY! “ Hierdie blydskap gaan saam met die aanvaarding:

Paulus het geleer om vergenoegd te wees in elke omstandigheid:- I've learned to be content, whatever the circumstances. - I’ve learned the SECRET of being content!

Vergenoegdheid is om ‘n stuk aanvaarding te hê in elke omstandigheid! Paulus leer om vergenoegd te wees in swaarkry en as dit goed gaan, in honger en oorvloed. Duidelik was albei vir hom uitdaging! Vergenoegd en dankbaar te wees met oorvloed ook!

Hy gee dan die geheim van die gawe van vergenoegdheid: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee!”. Dit is iets wat hy van die Here ontvang. Dis nie iets wat hy met harde moeilike prosesse verdien nie, maar jy ontvang dit as geskenk deur die vertroue in God te stel. Op ons eie nie die uitdagings en pyn oorwin nie, maar in Christus maak Hy ons vry van onsself en ander om onsself aan die Here self toe te wy en daarin diep bevryding te vind.

Page 6: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

Let sommer net op dat “Ek is tot alles in staat deur Christus nie sê dat jy tot alles in staat is om net sukses te behaal nie! In sukses of mislukking is ons vergenoegd. Selfs as dinge skeefloop kan ons jubel, al is daar nie druiwe aan die wingerde nie, geen kleinvee in jou kampe nie en al sou die olyfoes mislik, nogtans kan jy jubel en juig in GOD! BLYE AANVAARDING!!!

DUS die teks is nie: Kan-alles-doen teks nie, maar KAN-ALLES-VERDRA teks!

Daar is verskillende maniere waarop ons op pyn en ongemaklike situasies reageer:Ons veg instinktief reaktief daarteen; of ons ontken en ontwyk dit; of ons aanvaar en draai na die uitdaging toe.

Die mees algemene reaksie op pyn en ongemak is om dadelik reaksionêr te veg of te begin stry teen die situasie wat na nou jou wense is nie.

Meestal is is jou reaksie nie teen die werklike situasie nie, maar teen jou oningeligte persepsie van die situasie. Meestal reageer jy teen die illusie van die situasie. Daar kom oorreaksie en vegtersinstink wat net wil vernietig of manipuleer of absoluut wil beheer.

Baie van die grootste frustrasies en innerlike pyn in jou lewe is self geïnduseer. Dit klink baie vreemd, maar ons veroorsaak baie keer ons eie pyn. Ongelukkig besef ons nie dat ons grotendeels verantwoordelik is vir ons eie swaarkry nie.

Mense vererger hulle eie pyn. Daar is byvoorbeeld ‘n reeds bestaande pyn of uitdaging, maar deur ons innerlike prosesse vererger ons die pyn. Ons verwyt die mense, ons liggaam, ons lewe. Ons bou frustrasie en slegte emosies in ons op. Ons gee dit olie om nog meer te brand.

As jy dadelik sonder verstaan reageer en veg en veg verdeel jy energie. Daar is energie van woede en ongemak in jou teen die situasie en dan nog die pyn self van wat jy voel! Dan sal jy sien Whatever you resist persist. Omdat jy nie werklik verstaan nie, kry jy verkeerde reaksie want jy maak dit waarteen jy veg net sterker. Aanvaarding ontwapen die situasie.

Ons ander natuurlike hantering van die swaarkry en moeilikhede: (werk, verhoudings, siekte, moegheid) is om dit weg te skuif en te probeer ontken en ontwyk. Ons wil dit probeer oplos, ignoreer of wegsteek... Soms werk die taktiek maar dan gebruik mense dit as die enigste taktiek!

Daar is sterk element van ontkenning in ons gedragspatrone oor siekte en probleme. Ons wil nie erken dat ons broos en kwesbaar is nie want is ons bang ander gaan dink ons is nie goed genoeg nie. Versoeking is sterk om enige ongemaklike gedagtes, emosies of fisiese ongemak te onderdruk. Probleme word ontken of met ‘n geestelike sousie onderdruk. Dit maak jou sieker, nie gesonder nie.

* ‘n Totaal ander benadering is om die swaarkry of moeilikhede eerlik te aanvaar en na die moeilikhede toe te draai! ! Selfs as ons nie daarvan hou nie of as dit ons bang maak.

Page 7: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

NB dis nie ‘n passiewe aanvaarding van die situasie nie > Nie opgee nie. Dit is nie om niks te voel en te “detach” nie. Die woord “Acceptance” kom van die woord “vang” en “persepsie”. >>> Aanvaar wat waar is. Aanvaar wat werklik voor jou is! Probeer om dit eers te probeer verstaan, diep verstaan hoe dinge WERKLIK is.

Aanvaarding is ‘n spasie, tydperk van toelaat om werklik diep, oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie. “STOPPING”! Kyk en voel en hoor eers ordentlik. WEES TEN VOLLE TEENWOORDIG! Aanvaar die ongemak! Voel dit.

Aanvaar is ‘n vorm van transendensie! Daar kom nuwe houding en nuwe energie. Daar is ‘n stuk erkenning dat God die gawes in die “sakrament” van die hede gee. (J-P de Caussade)

Die gevolg van VOLBEWUSTE AANVAARDING is dat jy op die korrekte goed op ‘n ingeligte manier vanuit jou diepte kan reageer. Dit is om net eers die Being modus aan te skakel voordat jy in Doing modus ingaan.

Aanvaar hartseer as dit kom. As jy bekommerd voel..voel bekommerd en neem dan aksie. This is illustrated in the following story shared by clinical psychologist Tara Brach. One of her clients, a woman called Marian, was devastated when she found out her daughter had been sexually abused as a child by her then-husband. Marian blamed herself for not protecting the little girl. Brach writes: Fearing she might harm herself, Marian sought counsel from an elderly Jesuit priest who had been one of her teachers in college. Crying, she collapsed in the overstuffed chair he offered. "Please, please help me," she pleaded. He listened to her story and sat quietly with her as she wept. When she calmed down, he gently took one of her hands and began drawing a circle in the center of her palm. "This," he said, "is where you are living. It is painful--a place of kicking and screaming and deep, deep hurt. This place cannot be avoided, let it be." Then he covered her whole hand with his. "But if you can," he went on, "try also to remember this. There is a greatness, a wholeness that is the kingdom of God, and in this merciful space, your immediate life can unfold. This pain," and he again touched the center of her palm, "is held always in God's love. As you know both the pain and the love, your wounds will heal." [italics mine] Marian felt as if a great wave of compassion was pouring through the hands of the priest and gently bathing her, inviting her to surrender into its caring embrace. As she gave her desperation to it, she knew she was giving herself to the mercy of God. The more she let go, the more she felt held. Yes, she had been blind, and ignorant, she had caused irreparable damage, but she wasn't worthless, she wasn't evil. Being held in the infinite compassion of God, she could find her way to her own heart. Feeling compassion of God and for ourselves in no way releases us from responsibility for our actions. Rather, it releases us from the self-hatred that prevents us from responding to our life with clarity and balance. The priest was not advising Marian to ignore the pain or to deny that she had failed her daughter, but to open her heart to the love that could begin the healing.

Page 8: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

Sommige leef met verwyte, bitterheid en wrokke. Daardeur maak jy jouself siek. Ons kan nie krampagtig vashou aan verlede nie! (clinging) As jy nie VERLEDE AANVAAR nie word die hede gemors!

“Radical Acceptance is the willingness to experience ourselves and our lives as it is.”

Daar is een GROOT PROBLEEM naamlik die behoefte om altyd in beheer te wees! Elkeen van ons se lewens is uitgelewer aan omstandighede waaroor ons nie beheer het nie. Ons is verbaas, verras en gefrustreerd as ons siek word, want ons loop met ‘n vreemde, onrealistiese idee dat ek nie veronderstel is om siek te word nie. Die gevolg is dat ons baie emosionele energie bestee aan die frustrasie en geveg teen die situasie.

Radical acceptance rests on letting go of the illusion of control and a willingness to notice and accept things as they are right now, without judging.- Marsha M. Linehan

Alles in die lewe verander, niks bly antyd die selfde nie.

“We are uncomfortable because everything in our life keeps changing -- our inner moods, our bodies, our work, the people we love, the world we live in. We can't hold on to anything -- a beautiful sunset, a sweet taste, an intimate moment with a lover, our very existence as the body/mind we call self -- because all things come and go. Lacking any permanent satisfaction, we continuously need another injection of fuel, stimulation, reassurance from loved ones, medicine, exercise, and meditation. We are continually driven to become something more, to experience something else.” ― Tara Brach

Verwag jy regtig permanensie: ewige gesondheid, altyd goeie emosies, alles perfek in jou verhoudings ensv ?

As jy iets aanvaar word dit lig! ALLES word manier van leef: slaap, werk, sport, asemhaling, liefde, dis in jou bloed...

Almal wat gebore is gaan sterf. Dit is nie vreemd nie, jy gaan, jou man, jou kind, jou ouers...Jy kan so beangs leef dat jy die oomblik verloor. Dood het selfs ‘n skoonheid as jy dit aanvaar. As jy dood as vriend (en vyand) aanvaar is jy skielik vry van die dood.

Reinhold Niebuhr:God, grant me the serenity to accept the things I cannot change,Courage to change the things I can,And wisdom to know the difference.

“The curious paradox is that when I accept myself just as I am, then I can change.”— Carl Rogers

Page 9: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

DUS VOLBEWUSTE AANVAARDING GEE OPSIES * (IMPULS > RESPONS met opsies - Covey)Jy reageer met respons-ability. Die impuls is niein beheer nie. Na ‘n stukkie spasie kry jy genoeg afstand opsies te sien om te reageer.

BEGEERTES en VERWAGTINGS:

Wees baie versigtig met jou verwagtings, drome, wense en ideale. As jy dit ten minste mooi kan dophou en die effek daarvan kan moniteer kan dit jou al baie help. Maak seker dat jou drome en wense en stewes regtig goed is vir jou! Daar kom ook ‘n groot bevryding as jy selfs eerlik na jou begeertes kan kyk sonder om daarop te reageer.

Dit gaan nie daaroor dat jy na niks streef nie, maar dat jy nie ongesond verbind (attached) is aan situasies nie. Die obsessionele verbintenis aan gesondheid, rykdom en eer maak jou sieker nie gesonder nie. Daar is ongesonde verwagtings van perfeksie en perfeksionisme.

Daar is ‘n konsep wat oor eeue in die kerk bespreek en bedink is wat “Holy Indifference” genoem word. Die vertaling is moeilik omdat Afrikaans ook weer ander konnotasies aan woorde het. Dit kan met iets soos Heilige Gelatenheid of Heilige Onverskilligheid vertaal word.

Ignatius van Loyola beskryf Holy Indifference so: “The concept of holy indifference involves naming and laying aside anything that will deter the person or group from focusing on God’s will as the ultimate value. When we reach this state of interior freedom we care about the outcome in a way that leaves everything wide open for God to act ” en op ander plek: “Consequently, as far as we are concerned, we should not prefer health to sickness, riches to poverty, honor to dishonor, a long life to a short.”

Sommige mense se verwagtings is dat alle verhoudings net perfek moet wees, alle finansiële probleme net uitgesorteer moet wees, ek net gesond moet wees, ek suksesvol moet wees, my kinders perfek moet wees! As dit alles reg is, is die struktuur van my lewe reg. Tot een van die pilare begin verkrummel…. En alles in duie stort.

"I have found it very important in my own life to try to let go of my wishes and instead to live in hope. I am finding that when I choose to let go of my sometimes petty and superficial wishes and trust that my life is precious and meaningful in the eyes of God something really new, something beyond my own expectations begins to happen for me. " - HenriNouwen

VOLLE VERTROUE OP GOD

Dit verskil kom daarin dat jy heeltemal ander manier van lewe het. Die struktuur van jou lewe is anders as dit in God gewortel is.

Paulus sê die struktuur in sy lewe is konstante bewussyn van teenwoordigheid van GOD! Dit is wat sy lewe struktuur gee. Hy vind sy waarde in God, God sluit die lewe oop, God gee al die gawes wat nodig is om te lewe, ek het REEDS alles ontvang wat my gelukkig maak.

Page 10: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

As jy reeds alles het, dan voel jy nie angstig nie. Nie gespanne oor elke stukkie konflik nie, nie angstig as jou geldsake druk nie, nie minderwaardig as jou lyf anders lyk as ander nie, nie onsuksesvol as jou akademie anders is as ander nie!

>>>>> Christ displaces worry at the centre of your life! <<<<<<

Die effek daarvan as God die middelpunt van jou lewe is; is dat jou gedagtes met ander dinge gevul word!

Waarvoor jy uitgenooi word is om God juis in die LEWE TE ONTMOET: die goeie en die swaar!

Maar as God die middelpunt van jou lewe word, fokus jou gedagtes op iets anders:“filling your minds and meditating on things true, noble, reputable, authentic, compelling, gracious, the best, not the worst, the beautiful, not the ugly, things to praise, not things to curse.”

VOLBEWUSSYN help jou om bewus te wees van wat jy dink, maar dit kan jou net bewus maak van die probleem! Jyt raak bewus van jou gewoontes en denkpatrone wat jou afbreek en aftrek. Dit help al om net te sien wat die gedagtes en idees met jou maak! Sien bietjie hoe dit jou beïnvloed en jou emosies aftrek. As jy begin let op jou selfpraat, sal jy sien hoe jy jou self baie keer mislei met jou eie denke!

>>> Die teks sê op twee plekke dat dit iets is wat aangeleer moet word! Dit kom nie vanself nie. Jy met jou gedagtes te oefen om genoeg die paadjie te volg tot bewussyn van God as padjie van afwesigheid van God.

“Let prayer and petitions and praises shape your worries!” deurdat jy God daarvan vertel. Dan ervaar jy sense of van God se “Wholeness”!!!!

Vergenoegdheid beteken nie om jou oë te te sluit vir die verkeerde nie. Hy erken daar was te van groot nood. Daar wat tye van honger, en waar hy op baie vlakke soveel tert beleef het. Hy kon dit sien en erken, nie ontwyk of miskyk nie. Saam met God daarna kyk.

Dit beteken nie dat jy ophou droom en optimaal ontwikkel nie. Die rede vir die droom en optimaliteit is nou nie meer angs nie maar bewussyn van God se fontein van lewe in jou!

Dis nie omstandighede wat jou voorwaarde tot geluk is nie!!! Anne Frank en Vikor Frankl het niks en vind steeds bruisende positiewe energie en geluk.

TEN DIEPSTE LAAT ONS GAAN DIE ANGS EN VREES VIR LYDING EN PYN!!! Leef in ‘n vorm van aanvaarding van pyn, dan hardloop jy nie fanaties rond om pyn te ontwyk nie! Pyn is nie opsioneel nie maar jou reaksie en verdere swaarkry is grotendeels te wyte aan hoe jy op pyn en ongemak reageer.

In Christus is ons nie meer angstig bevrees vir pyn en ongemak nie!

Page 11: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

Deur die dag nooi om te oefen in aanvaarding.. probeer om fyn ingestel te raak op frustrasies en pyn en hoe jy dit hanteer. Met deernisvolle volbewussyn kan jy daaraan aandag skenk. As jy aversie voel, erken dit en sien dit ook. Soos ontdekkingsreisiger ontdek die gebeure. Nie dadelik oplos of regmaak nie.

Jou kopseer: nie dadelik baklei daarteen nie. Laat dit toe, aanvaar, verwelkom. Voel duidelik waar, diepte, tyd en aard. Ontspan in dit in en aanvaar. Dan ‘n pil kry, water drink, gaan lê, musiek luister, dr toe gaan, iemand bel, tee drink...

Iemand vertel so mooi hoe die verskil gekom het toe hy eers sy depressie volledig aanvaar het. Hy het dit nie probeer beveg of ontwyk nie. Hy het fyn ingestel daarna geluister sonder met determinasie te veg daarteen. Hy het geleer om met sy depressie te wees. Om toe te laat dat die gedagtes en emosies kom met volbewustheid en bewussyn van die Here by hom!

Soos die see groter is as die storm en golwe het dit gekom en gegaan en kon hy tye van rus en tuiskoms kon ervaar.

Oefen geleenthede elke dag: Verkeer, rye, laat, sterftes, siekte, trap in kougom, pap wiel, ... Let op wat jou gedagtes doen. Voel die ongemak sonder om jou dadelik daarteen te verset.

Hoe vergenoegd is jy op die oomblik? Is daar by jou tevredenheid en aanvaarding van jou huidige situasie of is daar ‘n diep onvergenoegdheid?

Ons word gebombardeer ons met voorstellings hoe ons moet lyk, wat ons moet besit en hoe ander om ons moet wees wat ons baie keer ongetoets oorneem. Dan meet onsself meestal itv die eksterne - en as jy nie so lyk nie, is jy ontevrede met jou lyf- wat jy moet ry…as jy dit nie ry nie, is jy onvergenoegd- dat jy ‘n man/vrou moet hê, as jy nie het nie, ontevrede en onvergenoegd- dat jy sekere sukses moet behaal op sport/kultuur of akademiese gebied en mense is onvergenoegd al het hulle hulle bes probeer.- ander is onvergenoegd met hulle kinders wat nie goed, of soet, of suksesvol genoeg is nie- kinders is onvergenoegd met ouers wat nie perfek is nie- lidmate sien net foute in hulle gemeentes raak en is onvergenoegd- hulle banke is net swak en uit om geld te maak…ontevrede

*** Later is mense ontevrede en onvergenoegd met…alles in die lewe…ja met lewe self!

Wie is die rykste? >>> Die een wat gelukkig is met wat hy het!!!

John Nel se laaste woorde voor hy sterf: God het vrede met my en ek het vrede met myself!

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

AMEN

Page 12: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

4 Leef uit die Bron van Lewe

As Gebed: She Let Go Rev. Safire RoseShe let go. Without a thought or a word, she let go.She let go of fear. She let go of the judgments. She let go of the confluence of opinions swarming around her head.She let go of the committee of indecision within her.She let go of all the ‘right’ reasons. Wholly and completely, without hesitation or worry, she just let go.She didn’t ask anyone for advice. She didn’t read a book on how to let go… She didn’t search the scriptures.She just let go.She let go of all of the memories that held her back. She let go of all of the anxiety that kept her from moving forward. She let go of the planning and all of the calculations about how to do it just right.She didn’t promise to let go. She didn’t journal about it. She didn’t write the projected date in her day-timer.She made no public announcement and put no ad in the paper. She didn’t check the weather report or read her daily horoscope. She just let go.She didn’t analyse whether she should let go. She didn’t call her friends to discuss the matter. She didn’t do a five-step Spiritual Mind Treatment. She didn’t call the prayer line. She didn’t utter one word. She just let go.No one was around when it happened. There was no applause or congratulations. No one thanked her or praised her. No one noticed a thing. Like a leaf falling from a tree, she just let go.There was no effort. There was no struggle. It wasn’t good and it wasn’t bad. It was what it was, and it is just that.In the space of letting go, she let it all be. A small smile came over her face. A light breeze blew through her.And the sun and the moon shone forevermore.

- Persoonlike Toewyding: Stilte (Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee)

- Dankoffers : "To be grateful for the good things that happen in our lives is easy, but to be grateful for all of our lives—the good as well as the bad, the moments of joy as well as the moments of sorrow, the successes as well as the failures, the rewards as well as the rejections—that requires hard spiritual work. Still, we are only truly grateful people when we can say "thank you" to all that has brought us to the present moment. As long as we keep dividing our lives between events and people we would like to remember and those we would rather forget, we cannot claim the fullness of our beings as a gift of God to be grateful for. Let's not be afraid to look at everything that has brought us to where we are now and trust that we will soon see in it the guiding hand of a loving God." #HenriNouwen BREAD FOR THE JOURNEY

Page 13: api.ning.comapi.ning.com/...20161009_Radikale_aanvaarding.docx  · Web viewmeer info hier: . ... oop en eerlik te sien. Dit help nie dadelik te oorreageer nie

- Slotlied Lied 275:2,4,5

5 Beskikker van ons deel en lotin voor- en teëspoed,U is ons Vader en ons Godnet U is waarlik goed.

- Seën:

May today there be peace within.May you trust God that you are exactly where you are meant to be.May you not forget the infinite possibilities that are born of faith.May you use those gifts that you have received, and pass on the love that has been given to you.May you be content knowing that you are a child of God.Let this presence settle into our bones, and allow your soul the freedom to sing, dance, praise and love. It is there for each and everyone of you.”

― Teresa of Ávila

Sing

Amen 3x (Lied 314)