arbeidsreg die kontrak – remedies in geval...

21
T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za ARBEIDSREG ABR214 Lesing 10.1 Die kontrak – Remedies in geval van kontrakbreuk Hoofstuk 9 (par 9.45-9.105) in Nagel CJ (ed) “Kommersiële Reg” 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban.

Upload: dangkhue

Post on 21-Feb-2018

232 views

Category:

Documents


5 download

TRANSCRIPT

Page 1: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

ARBEIDSREGABR214

Lesing 10.1Die kontrak – Remedies in geval

van kontrakbreukHoofstuk 9 (par 9.45-9.105) in Nagel CJ

(ed) “Kommersiële Reg” 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban.

Page 2: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (LEERUITKOMSTE)

• Noem en bespreek die verskillende remedies in geval van kontrakbreuk.

• Verduidelik bedonge remedies.• Bespreek volledig die verskillende tipes remedies wat verkry kan word

wat die kenmerke van ʼn remedie van spesifieke nakoming tot gevolg het.

• Bespreek volledig die verskillende tipes remedies wat verkry kan word wat die kenmerke van ʼn remedie van terugtrede tot gevolg het.

• Bespreek volledig die verskillende tipes remedies wat verkry kan word wat die kenmerke van ʼn remedie van skadevergoeding tot gevolg het.

Page 3: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (ALGEMEEN - INLEIDING)

• Kontrak is ʼn regtens erkende verbintenis. Indien ʼn party daardeur benadeel word, is daar sekere remedies (regshulp) van regsweë.

• Partye kan ook sekere remedies in die kontrak beding, en staan dit dan as ooreengekome/bedonge remedies bekend.

Page 4: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (ALGEMEEN – REMEDIES VAN REGSWEË)

Die remedies van regsweë is as volg:• Spesifieke nakoming Natuurlike remedie. Volvoering van kontrak. Effek

aan partye se ernstige bedoeling om aan ooreenkoms gebonde te wees.• Terugtrede Drastiese remedie. Teenoorgestelde as wat partye aanvanklik

beoog het. Omdat dit so drasties is, kan daar slegs op hierdie remedie gesteun word indien dit ernstige/wesenlike kontrakbreuk was.

• Skadevergoeding Skadevergoeding is remedie wat kombinasie is van bogenoemde. Dit word altyd saam met een van die ander remedies gebruik. Of die benadeelde aan die kontrak gebonde gebly het (deur spesifieke nakoming) of daaruit getree het, maar steeds skade gely het, kan benadeelde vra dat benadeling (skade) met ʼn gepaste bedrag geremedieer word.

Page 5: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (ALGEMEEN – BEDONGE REMEDIES)

• Remedies van regsweë het vereistes waaraan voldoen moet word alvorens dit gebruik kan word.• Partye kan daarom hulle eie remedies (met ander vereistes) in ʼn kontrak beding. Hierdie bedonge

remedies is egter hoofsaaklik maar ook gerig op instandhouding van/terugtrede uit kontrak, en skadevergoeding.

• Voorbeelde van bedonge remedies is vervroegingsbedinge, ʼn lex commissoria en strafbedinge.• Sodra remedies in ʼn kontrak beding word, word remedies van regsweë uitgesluit, tensy uitdruklik

op anders ooreengekom in die kontrak.• Dit kan dus gebeur dat bedonge remedies ʼn party in ʼn slegter posisie stel as wat remedies van

regsweë sou gedoen het, dat die partye nagelaat het om steeds die reg op gemeenregtelike remedies in te sluit, en dat ʼn party dan aansienlik benadeel word daardeur. Wees dus bedag hierop!

Page 6: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (EISE VIR NAKOMING VAN KONTRAK -INTERDIK)

• Wanneer party daarvan bewus word dat die ander party ʼn handeling gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy ʼn aansoek by ʼn hof bring vir ʼn verbiedende interdik wat die ander party beveel om nie met die handeling voort te gaan nie. Indien die handeling reeds gepleeg is, kan hy aansoek doen vir ʼn gebiedende interdik om die party te beveel om dit ongedaan te maak. (Remedie van regsweë)

• Vereistes wat nagekom moet word voordat ʼn hof ʼn interdik sal verleen is die volgende:o Daar moet ʼn duidelike reg bestaan. o Die reg moet benadeel word of moontlik gaan word. o Geen ander remedie moet beskikbaar wees nie.

Page 7: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (EISE VIR NAKOMING VAN KONTRAK –SPESIFIEKE NAKOMING)• Met hierdie eis, sal hof vir A (skuldige) beveel om ooreenkomstig die kontrak te presteer,

soos wat A met kontraksluiting onderneem het om te doen. • Natuurlike remedie. B (benadeelde) is in beginsel altyd geregtig op sodanige bevel deur ʼn

hof. • Hof sal altyd spesifieke nakoming beveel tensy:

o Dit vir hof onmoontlik is om beheer en toesig oor die spesifieke nakoming van hofbevel te hou. o Dit onreg tot gevolg sou hê. o Dit strydig sou wees met openbare beleid. o Dit buitengewone las/nadeel vir ʼn ander party tot gevolg sou hê. o Waar dit duidelik blyk dat die skuldenaar nie die vermoë het om effektief die verskuldigde prestasie

te lewer nie. o Waar prestasie onmoontlik geword het. o Waar die ander party die exceptio non adimpleti contractus kan opper. o Waar die bevel die vryheid van die individu raak. o Waar kontraktante in besonder noue en persoonlike verhouding met mekaar gewikkel is.

• Elke geval moet op eie meriete beoordeel word. (Remedie van regsweë)

Page 8: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (EISE VIR NAKOMING VAN KONTRAK –EXCEPTIO NON ADIMPLETI CONTRACTUS)• By wederkerige kontrakte waar partye gelyktydig oor en weer presteer. • Indien A dus eis dat B moet presteer, terwyl A nog self nie presteer het nie, sal B die exceptio kan opper sodat B ʼn

weerhoudingsreg het totdat A ook presteer het. As A slegs ten dele presteer het en die prestasie is deelbaar, kan B sy weerhoudingsreg t.o.v. die uitstaande gedeelte uitoefen. As die prestasie in so ʼn geval egter nie deelbaar is nie, kan B die kontrak kanselleer indien die wanprestasie van A wesenlik was. B kan ook die gebrekkige prestasie verwerp en behoorlike prestasie vorder, en kan dan d.m.v. die exceptio sy prestasie weerhou totdat A voldoende presteer het. As die wanprestasie deur A (wat eis teen B ingestel het) nie so wesenlik was nie, kan B nie die kontrak kanselleer nie, maar kan telkens die exceptio opper ten einde prestasie te weerhou totdat A ten volle presteer het. Daar is egter nou ʼn probleem: Is A nie op ʼn gedeelte van B se prestasie geregtig nie, en indien wel, hoe moet dit bereken word? N.a.v. BK Tooling v Scope Precision Engineering kan die situasie soos volg verduidelik word:o By wederkerige kontrakte beskik die verweerder (B) in beginsel altyd oor ʼn weerhoudingsreg (exceptio).o Die hof kan o.g.v. billikheid die streng werking van hierdie beginsel die weerhoudingsreg verslap deur aan die eiser

(A) wie se prestasie gebrekkig was, ʼn verminderde kontrakprys aan A toeken. ʼn Verminderde kontrakprys is slegs moontlik indien B nie die kontrak gekanselleer het nie. Sodanige verslapping sal slegs oorweeg word indien eiser (A) kan bewys:

� dat die verweerder (B) die gebrekkige prestasie benut;� dat die hof sy diskresie in die guns van eiser (A) moet uitoefen o.g.v. billikheid� wat die verminderde kontrakprys is.

• (Remedie van regsweë)

Page 9: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (EISE VIR NAKOMING VAN KONTRAK –VERVROEGINGSBEDINGE)

• Skuldenaar moet in baie kontrakte betalings maak in paaiemente. Skuldeiser kan slegs paaiemente wat reeds opeisbaar en betaalbaar is van die skuldenaar eis (agterstallige paaiemente).

• Vervroegingsbeding bepaal dat alle uitstaande paaiemente onmiddellik betaalbaar en opeisbaar word sodra die eerste paaiement agterstallig word.

• (Bedonge remedie)

Page 10: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (TERUGTREDE - ALGEMEEN)

• Dramatiese remedie en partye word nie sonder meer toegelaat om terug te tree nie. Party kan slegs terugtree indien hy oor terugtredingsreg beskik.

• Partye kan kontraktueel ooreenkom, by wyse van ʼn lex commissoria, dat benadeelde by kontrakbreuk onmiddellik kan terugtree.

• Indien nie op hierdie terugtredingsreg ooreengekom is nie, moet daar by elke vorm van kontrakbreuk aan sekere vereistes voldoen word alvorens so ʼn reg uitgeoefen kan word.

Page 11: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (TERUGTREDE – LEX COMMISSORIA)

• Hierdie reg word kontraktueel beding wat beteken dat partye ʼn bepaling in die kontrak invoeg wat omstandighede uiteensit waarvolgens ʼn party geregtig sal wees om uit die kontrak terug te tree. Kan uitgeoefen word selfs al sou die party nie normaalweg dit kon doen nie (solank dit kontraktueel beding is).

• Indien daar kontraktueel vereistes gestel is waaraan voldoen moet word alvorens die bedonge remedie uitgeoefen kan word, moet daardie vereistes nagekom word.

Page 12: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (TERUGTREDE – OGV MORA DEBITORIS EN MORA CREDITORIS)In geval van mora debitoris kan benadeelde slegs terugtree indien:• Tyd tot die wese van die kontrak behoort Die skuldenaar moes reeds in mora

ex re verkeer (dag vir prestasie was bepaal en skuldenaar moes dan in versuim wees) en tydige prestasie moes tot die wese van die kontrak behoort. Tydige prestasie behoort tot die wese van die kontrak waar goedere aan voortdurende prysskommelings onderhewig is en kom ter sprake by handelstransaksies.

• Skuldeiser ʼn terugtredingsreg verwerf Waar tydige prestasie nie tot die wese van die kontrak behoort nie, kan die skuldeiser ʼn terugtredingsreg verwerf deur ʼn kennisgewing van ontbinding aan die skuldenaar te gee. Indien ʼn skuldenaar reeds in versuim is, moet die skuldeiser hom aanmaan om binne ʼn redelike tyd te presteer by versuim waarvan hy sal terugtree. Indien skuldenaar nie in versuim is nie, moet hy eers in versuim geplaas word (deur ʼn aanmaning) en daarna sal eersgenoemde kennisgewing op skuldenaar beteken moet word.

Page 13: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (TERUGTREDE – OGV POSITIEWE WANPRESTASIE)

• Wanprestasie moet wesenlik wees. • Dit moet so ernstig van aard wees dat

daar nie redelikerwys van benadeelde verwag kan word om prestasie te aanvaar nie.

Page 14: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (TERUGTREDE – OGV REPUDIERING)

• Indien benadeelde repudiëring van ander party aanvaar, kan dit ʼn terugtredingsreg aan hom verskaf.

• Dieselfde beginsels as by positiewe wanprestasie, geld ook hier.

Page 15: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (TERUGTREDE – OGV ONMOONTLIKMAKING VAN PRESTASIE)

• Onmoontlikmaking het tot gevolg dat daadwerklike vervulling nie meer moontlik is nie.

• By ondeelbare prestasie kan die benadeelde dan terugtree en skadevergoeding eis.

• By deelbare prestasie kan benadeelde terugtree t.o.v. die gedeelte wat onmoontlik gemaak is.

Page 16: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (TERUGTREDE – DIVERSE)

• Alhoewel ʼn party oor ʼn terugtredingsreg kan beskik, hoef hy nie noodwendig daarvan gebruik te maak nie.

• Sou hy dus verkies om nie dadelik van hierdie reg gebruik te maak nie, moet dit ten minste binne ʼn redelike tyd uitgeoefen word.

• Na verloop van ʼn redelike tyd moet hy kan verduidelik waarom hy nie teruggetree het nie, sodat daar nie noodwendig gesê kan word dat sy terugtredingsreg sonder meer verval het nie.

• Geen formaliteite. Mondeling, skriftelik of stilswyend.• Terugtredende party moet slegs op een of ander wyse kennis aan ander

party gee.• Verpligtinge word beëindig. Reeds gelewerde prestasie moet teruggegee

word.

Page 17: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (SKADEVERGOEDING - ALGEMEEN)

• Basiese beginsel is dat elke persoon sy eie skade moet dra.

• Indien persoon se skade egter uit een van die 6 regsverbintenisse (sien lesing 3) ontstaan het, is dit moontlik om skade regtens van iemand anders te verhaal. ʼn Kontrak is ʼn voorbeeld van so ʼn regsverbintenis.

Page 18: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (SKADEVERGOEDING - DOEL)

• Skadevergoeding is ʼn kombinasieremedie aangesien dit gewoonlik met ʼn eis vir nakoming of ʼn eis vir terugtrede gekombineer word.

• Skadevergoeding het ten doel om die benadeelde party te plaas in die posisie waarin hy sou gewees het as die kontrakbreuk nie plaasgevind het nie. Die posisie waarin benadeelde is nadat kontrakbreuk plaasgevind het, moet vergelyk word met die posisie waarin hy sou gewees het indien die kontrakbreuk nie plaasgevind het nie. Sy posisie voor kontraksluiting is nie van belang nie.

• Daar is sekere reëls wat bepaal of skadevergoeding verhaal kan word, en indien wel, wat die omvang daarvan kan wees.

• Aangesien dit soms uiters moeilik is om aan bogenoemde reëls te voldoen ten einde skadevergoeding te verhaal, inkorporeer partye ʼn strafbeding in hul kontrak. Daar word dan vooraf op ʼn bedrag besluit wat ʼn benadeelde in geval van kontrakbreuk van die skuldige party kan verhaal.

Page 19: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (SKADEVERGOEDING - BEGINSELS)

• Bewys van kontrakbreuk ʼn Eiser is nie outomaties op skadevergoeding geregtig indien kontrakbreuk plaasgevind het nie. Hy moet bewys dat kontrakbreuk plaasgevind het.

• Tipe skade Slegs vermoënskade kan o.g.v. kontrakbreuk geëis word as skadevergoeding. Indien persoonlikheidsnadeel gely is, kan dit nie as skadevergoeding geëis word nie, maar moet ʼn afsonderlike deliktuele aksie ingestel word.

• Omvang van skade Eiser moet omvang van skade bewys en skade kan nie bloot veronderstel word nie. Bedrag hoef nie presies wiskundig bereken word nie. • Eenmalige bedrag Skadevergoeding word eenmalig in die vorm van ʼn geldbedrag toegestaan. ʼn Eiser moet dus opgelope skade en toekomstige skade eenmalig eis,

aangesien daar nie op ʼn later stadium weer ʼn eis ingestel kan word nie. • Belang wat vergoed moet word Belang waarvoor skadevergoeding verhaal word, bepaal die formule vir die berekening van die bedrag skadevergoeding:

• Verwagtingsinteresse Huidige vermoënstoestand word vergelyk met die vermoënstoestand waarin hy sou gewees het as die kontrakbreuk nie plaasgevind hetnie.

• Herstellende belang Kontrak word gekanselleer en volle restitusie word geëis.• Vertrouensbelang Posisie waarin benadeelde sou gewees het as hy nie onkostes aangegaan het met die oog op uitvoering van die kontrak nie word vergelyk

met die posisie waarin hy verkeer vanweë die kontrakbreuk.• Voordele ontvang i.t.v. kontrak Indien die kontrakbreuk nie net skade nie, maar ook voordeel, vir die benadeelde ingehou het, word dit in berekening

gebring by die omvang. Die bedrag moet dan dienooreenkomstig verminder word. • Beperking van skade ʼn Benadeelde mag nie skade verhaal wat hy redelikerwys kon verhoed het as hy met redelike sorg opgetree het nie. ʼn

Benadeelde moet sy skade beperk. • Tydstip waarop skade bereken moet word Skade moet normaalweg bereken word op die datum waarop prestasie verskuldig was of datum waarop

kontrakbreuk plaasgevind. Herstelkoste word bereken op die tydstip waarop daar met herstel begin kon word. • Kousale verband tussen kontrakbreuk en skade Enige skade gely moet ʼn direkte gevolg wees van die kontrakbreuk wat die skuldige gepleeg het.

Skade wat gely is, maar nie met die kontrakbreuk verband hou nie, kan nie van die skuldige verhaal word nie. Slegs skade wat ten tye van kontraksluiting voorsien is, kan verhaal word. ʼn Onderskeid moet getref word tussen algemene skade en besondere skade:

Page 20: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za

LESING 10.1 (SKADEVERGOEDING - STRAFBEDINGE)

• Aangesien dit soms moeilik is om skadevergoeding te verhaal omdat daar soveel reëls is waaraan voldoen moet word, kom partye dikwels op ʼn strafbeding in hul kontrak ooreen. Daar word dan vooraf op ʼn bedrag besluit wat ʼn benadeelde in geval van kontrakbreuk van die skuldige party kan verhaal. Skade hoef nie bewys te word nie. Die omvang van skade hoef ook nie bewys te word nie. Die bedrag bepaal in die strafbeding kan dus aansienlik hoër of laer wees as die bedrag skade gely.

• Strafbedinge word gereël deur die Wet op Strafbedinge van 1962. ʼn Strafbeding kan afgedwing word met spesifieke nakoming of terugtrede.

• Wanneer ʼn bedrag ingevolge ʼn strafbeding verhaal word, kan daar nie skadevergoeding ook verhaal word nie. Die strafbedrag of skadevergoeding kan egter in die alternatief geëis word. Sou ʼn party dus merk dat die strafbeding nie voldoende is om skade te verhaal nie, en aan al die vereistes vir skadevergoeding voldoen, sou dit beter wees om skadevergoeding te eis.

• Die hof het ʼn diskresie om ʼn strafbedrag te verminder as dit aansienlik meer is as die nadeel wat die benadeelde a.g.v. die kontrakbreuk gely het. (Gelukkig is nadeel ʼn wyer begrip as vermoënskade)

Page 21: ARBEIDSREG Die kontrak – Remedies in geval ABR214learning.ufs.ac.za/ABR214_ON/Resources/1-Resources/6-Skyfies/14... · gaan verrig wat tot kontrakbreuk aanleiding kan gee, kan hy

T: 051 401 9111 [email protected] www.ufs.ac.za