primÊre skool jordania jaarverslag 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. baie dankie vir ouers...

14
1 Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018 PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. INLEIDING 2 2. AKADEMIE 2 3. SPORT 3 4. KULTUUR 6 5. FEESWEEK 7 6. KOSHUIS 8 7. SOSIAAL 8 8. GEMEENSKAPSDIENS 8 9. DISSIPLINE EN WAARDEGEDREWE ONDERWYS 9 10. OUERBETROKKENHEID 9 11. PERSONEEL 10 12. TERREIN, GEBOUE, VOERTUIE EN VEILIGHEID 11 13. FINANSIES 11 14. BEHEERLIGGAAM 12 15. SAMEVATTING 13

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

1

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

PRIMÊRE SKOOL JORDANIA

JAARVERSLAG 2018

INHOUDSOPGAWE

Bladsy

1. INLEIDING 2

2. AKADEMIE 2

3. SPORT 3

4. KULTUUR 6

5. FEESWEEK 7

6. KOSHUIS 8

7. SOSIAAL 8

8. GEMEENSKAPSDIENS 8

9. DISSIPLINE EN WAARDEGEDREWE ONDERWYS 9

10. OUERBETROKKENHEID 9

11. PERSONEEL 10

12. TERREIN, GEBOUE, VOERTUIE EN VEILIGHEID 11

13. FINANSIES 11

14. BEHEERLIGGAAM 12

15. SAMEVATTING 13

Page 2: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

2

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

1. INLEIDING

Dit is my voorreg om vir die 7de keer die jaarverslag van die Primêre Skool Jordania vir

u voor te hou. Daar is weereens groot werk verrig, deur alle betrokkenes, om van

Jordania ‘n spogskool te bly maak. Ons is ook nederig dankbaar vir al die seëninge wat

ons skool deur die jaar ontvang het en besef dat alle goeie gawes uit God se hand kom.

God sal altyd die Hoof van hierdie skool wees.

2. AKADEMIE

Die akademiese ontwikkeling van elke leerder is vir ons hier by Jordania eerste

prioriteit. Ons beskik oor baie bekwame personeel wat ons leerders akademies onderrig

en lei. Ons poog om elke jaar die beste onderwysers, volgens hul sterkpunte by die

onderskeie grade en vakke aan te stel, sodat die akademiese program so vlot as

moontlik kan verloop.

Ons skool volg die CAPS kurrikulum soos deur die Departement van Onderwys

voorgeskryf. Ons leerders vaar oor die algemeen baie goed in akademiese werk,

waarvan ons hoë vakgemiddelde getuig. Vanaand ontvang 22 Leerders in Graad 4, 18

in Graad 5, 11 in Graad 6 en 20 leerders in Graad 7 diamanttoekennings vir ‘n

jaargemiddeld van meer as 85%. Baie geluk!

Ons handhaaf ‘n hoë akademiese peil. Die onderwysers woon gereeld werkswinkels en

ander opleidingsgeleenthede by en ontvang goeie terugvoer en verslae vanaf

departementele vakadviseurs. Verder handhaaf ons ‘n hoë slaagsyfer en deur middel

van vroeë ingryping en kleiner klasse slaag ons daarin om druipelinge te beperk. Ons

probeer ook, waar moontlik, leerders se leerervaring te verryk deur opvoedkundige in-

en uitstappies.

Page 3: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

3

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

Leerders wat akademies presteer het weer die geleentheid gekry om die akademiese

toer mee te maak, wat enersyds baie leersaam was en andersyds vir groot genot

gesorg het. Leerders het ook die geleentheid gekry om aan verskeie akademiese

kompetisies deel te neem en het baie goed daarin gevaar. Kompetisies waaraan

deelgeneem is, was:

Amesa Wiskunde - 66 van ons leerders vanaf Graad 3 tot 7 het deelgeneem en 7

van ons leerders eindig onder die top 6 in hulle graadgroep;

WOW-spelfees – 15 leerders dring deur na die provinsiale rondte en 3 na die

nasionale eindrondte te Stellenbosch, waar Janco Botha ‘n 4de plek, Ané Joubert

‘n 7de plek en Skyla-Jordan Nel ‘n 9de plek in hierdie landswye kompetsie

behaal.

Ons is baie trots om te kan sê dat ons slaag- en deurvoersyfer by verre die beste van

enige laerskool in die distrik is. Ons eie moderering- en ondersteuningstrukture is in

plek en daardeur sorg ons dat ons ons eie hoë akademiese standaard kan handhaaf.

Ons het ook onlangs deel geword van twee nuutgestigte organisasies, naamlik die

Afrikaanse Onderwys Netwerk (AON) en die Skoleondersteuningsentrum (SOS),

waardeur ons verder kan verseker dat ons akademiese standaard op peil bly. Ons gaan

ook in die toekoms poog om nog meer van tegnologie gebruik te maak deur die

geleidelike infassering van E-leer programme in die klasse.

3. SPORT

Op sportgebied het Jordania hierdie jaar nie sy gelyke gehad nie en in alle sportsoorte

is uitgeblink en talle uitstekende prestasies is behaal. Wat provinsiale deelname van

skoolsport betref, die volgende:

Page 4: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

4

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

Hierdie jaar is daar ‘n verstommende 18 krieketspelers vir die onderskeie Oos-

Vrystaatspanne gekies, met Samkelo Lephoto (o/13A) en MC Smith (o/11A) wat

tot die Vrystaatspanne verkies is. Dit is by verre die grootste verteenwoordiging

van spelers vanaf ’n enkele skool in die streek.

37 Atlete het aan die Oos-Vrystaat atletiekbyeenkoms deelgeneem en 26 atlete

het in 39 items aan die Vrystaat kampioenskappe deelgeneem – die tweede

meeste van enige skool in die hele provinsie. Ivé van der Westhuizen (100m en

200m), Kamohelo Moses (75m hekkies en 150m hekkies), Hein Smith (Spiesgooi)

en Amy Kotze (verspring) behaal almal goue medaljes. Dié 4 atlete kwalifiseer

om in 8 items aan die SA Kampioenskappe in die Paarl deel te neem, waar Ivé

twee brons medaljes (200m en aflos) verower.

Ons tennisspelers het baie goed gevaar en 20 leerders het die Oos-Vrystaat in

tennis verteenwoordig. Weereens die meeste van enige skool in die streek!

Dertien spelers het die Oos-Vrystaat netbalspanne gehaal en 5 het die Vrystaat

verteenwoordig.

Verder is 12 seuns tot die onderskeie Griffons rugbyspanne verkies, ook die

meeste van enige skool in die Griffons streek. Tumi Khoza is tot die

Cravenweekspan verkies, terwyl Juwade Karels en Ernst Mienie as beste spelers

in hul posisies tydens die VKB rugbyweek aangewys is.

11 van ons landloopatlete is in die Oos-Vrystaatspan ingesluit en 4 in die

Vrystaatspan wat aan die SA Kampioenskappe te Port Elizabeth deelgeneem het.

8 Dogters het die Oos-Vrystaat en 4 het die Noord-Vrystaat in hokkie

verteenwoordig. Ook die meeste in die streek. Evané du Toit was die kaptein

van haar provinsiale span, terwyl Ivé van der Westhuizen aangewys is as die

speler wat die meeste doele aangeteken het tydens die nasionale toernooi.

9 Seuns is in die Oos-Vrystaat en 2 in die Noord-Vrystaat hokkiespanne ingesluit,

met Samkelo Lephoto en Nolen du Plooy wat kapteine van hul onderskeie

spanne was.

Page 5: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

5

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

Ons sportspanne het weer puik gevaar in die verskillende ligas waaraan deelgeneem is.

Dit getuig van harde werk en baie ure se oefening deur afrigters en spelers. Ek wil

graag die volgende sportsoorte uitsonder: Dogtershokkie: Die 1ste span het vir die

13de agtereenvolgende jaar die liga gewen. Vir die 2de jaar in ‘n ry behaal hulle die

besondere prestasie om as Oos-Vrystaat, Noord-Vrystaat en Super 8 kampioene

gekroon te word. By die Nasionale Kampioenskappe vir noordelike en sentrale

provinsies te Potchefstroom behaal hulle ‘n algehele 3de plek. Verder teken hierdie

span ‘n verstommende 65 doele in 17 wedstryde aan en staan slegs 5 af. Baie geluk

aan hulle en hul afrigter, me. Erika Knobel. Die 2de span het ook hul liga gewen,

terwyl twee ander spanne naaswenners was. Tennis: 3 van die moontlike 8 ligas is

gewen en by vier ander was ons naaswenners. Netbal: 3 netballigas is gewen en 6

ander spanne was naaswenners van hul ligas. Tydens die Vrystaat kampioenskappe

eindig die o/12A span 4de en die o/13A span 3de. Atletiek: Ons skool het die meeste

verteenwoordiging op streeks- en provinsiale vlak gehad met 26 atlete wat

gekwalifiseer het om aan die Vrystaatkampioenskappe deel te neem. Rugby: Van die

6 ligas in die Griffonstreek wen ons drie en is by twee ander naaswenners. Die o/13A

en B, sowel as die o/9A en o/11A spanne, het veral baie goed gevaar.

Ons weet ook dat talle leerders in sport buite skoolverband uitblink. Daar was talle

provinsiale en nasionale deelnemers in onder meer, gholf, gimnastiek, perdry, swem,

tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie

verband harde werk verrig.

Desnieteenstaande al die prestasies, is ons uiteindelike doelwit deur die aanbied van

sportaktiwiteite dat kinders se karakter moet ontwikkel deur klem te lê op aspekte soos

spanwerk en volharding. Daarom moedig ons graag massa-deelname aan sodat soveel

moontlik leerders die geleentheid kry om deel te neem en te ontwikkel. So gebeur dit

Page 6: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

6

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

ook soms dat ons leerders in B, C en D-spanne teen hoër spanne moet speel om

geleenthede, kompetisie en wedstryde te kry. Hierdie praktyk sal weer volgende jaar

plaasvind en sover moontlik uitgebrei word.

Baie dankie aan elke organiseerder, afrigter, ouer en speler wat baie moeite en tyd by

elke sportsoort ingesit het. Ons het ook die hoogste waardering vir ons borge en

donateurs wat altyd sorg dat ons kinders netjies lyk sodat hulle met selfvertroue kan

deelneem.

4. KULTUUR

Ons poog om by die skool altyd ‘n goeie balans tussen aktiwiteite te handhaaf en

moedig ook ons leerders aan om aan kultuuraktiwiteite deel te neem. Ons het weer in

hierdie afdeling verskeie geleenthede vir deelname en prestasie geskep. Ons leerders

het dan ook soos gewoonlik baie goed gevaar in kultuuraktiwiteite. Tydens die jaarlikse

Eisteddfod is die volgende simbole behaal. Die Junior koor ontvang ‘n A++ en ook

‘n meriete toekenning terwyl die Senior koor ‘n A+ simbool behaal. Individuele

leerders het ook baie goed gevaar tydens die Eisteddfod. 23 Meriete toekennings is

aan leerders toegeken. Verder het ons leerders 84 A++, 141 A+, 53 A, 18 B+ en 6 B

toekennings ontvang. Die Kore het ook die geleentheid gehad om saam met Laurika

Rauch op te tree wat ‘n spoggeleentheid was. Die Pom-poms het hierdie jaar by ‘n

wye verskeidenheid geleenthede opgetree en was tydens die kultuurfees in die Sand du

Plessis teater te Bloemfontein een van die gewildste groepe. Hulle het selfs ons skool

se naam op die radiostasie, OFM, hoog gehou. Die Voortrekkers het weer aan

verskeie kampe en aktiwiteite deelgeneem wat die kinders terdeë geniet het en wat

baie leersaam was. Sowat 80 leerders was hierdie jaar ingeskakel by die Voortrekkers.

8 leerders het hul PD Voorslag eksamens geslaag. Die Redenaars is ook weer goed

ondersteun. 2 Leerders het tot die semi-finale rondte van die ATKV Nasionale

kompetisie deurgedring, terwyl 7 leerders na die Nasionale finaal van die Radikale

Page 7: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

7

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

Redenaarskompetisie deurgedring, waar Leonelle van Niekerk ‘n 1ste plek behaal.

Verder is ook ‘n 2de plek en 3 derde plekke behaal. Talle leerders het ook weer hul

Unisa en Royal Schools musiekeksamens geslaag. Skaak is ook weer goed

ondersteun. Ons gaan in die toekoms poog om ook hierdie aktiwiteit meer formeel by

die skool aan te bied. Ons leerders neem ook graag aan kultuuraktiwiteite buite

skoolverband deel, waarin baie van hulle uitstekend presteer.

Die hoogtepunt op die jaar se kalender was egter die pantomime, Die Avonture van

Annetjie, waaraan bykans elke kind in die skool deelgeneem het. Dit was deel van ons

skool se Feesweek en het vir groot opwinding en vreugde gesorg. Baie dankie aan ons

kultuurorganiseerder, me. Tanya van Niekerk en haar span vir die organisering van die

pantomime. Ons hoogste waardering gaan uit aan almal wat ook op kultuurgebied

gesorg het dat ons kinders geleenthede kry.

5. FEESWEEK

Ons was bevoorreg om hierdie jaar ons skool se 60-jarige bestaan te vier met ‘n

feesweek waarin verskeie aktiwiteite plaasgevind het. Die pantomime, waaraan bykans

850 leerders, personeel en ouers deelgeneem het was ‘n groot hoogtepunt. ‘n Foto- en

kunskompetisie is ook aangebied. Die skep van ‘n voetspoormuur waar ouers, leerders,

personeel en ondersteuners hul naam kan verewig met ‘n naamplaatjie, het ook groot

aftrek gekry. Daarmee saam is die voorportaal vergroot en het ons ons eie museum

geopen wat as baken van 60 jaar se voortreflike onderwys dien. Spesiale feesjaar

produkte was ook beskikbaar. Die reuse verjaardagpartytjie wat gehou is om die week

af te sluit was ‘n absolute hoogtepunt waar ons ook die voorreg gehad het om oud-

skoolhoofde en personeel by die skool te kon verwelkom. Ons kyk met dankbaarheid

terug oor 60 jaar se uitnemende onderwys en glo dat ons ook met hierdie nalatenskap

die skool se toekoms sal kan verseker.

Page 8: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

8

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

6. KOSHUIS

Die koshuis was hierdie jaar vir alle praktiese doeleindes vol, met slegs twee plekke wat

by die dogters beskikbaar was. Die inskrywings vir volgende jaar dui aan dat dit weer

so gaan wees. Ten spyte van die afstand vanaf die huis en die verlange wat soms

plaasvind leer ons koshuiskinders vroeg reeds om selfstandig te wees en vaar hulle oor

die algemeen baie goed in alle afdelings van die skool. Ons is baie trots op ons

koshuisleerders en glo dat ons leiers in die koshuis kweek. In die afgelope 6 jaar was 5

van die skool se hoofseuns en talle ander skoolleiers en sportkapteine, koshuisleerders.

Baie dankie aan al die koshuispersoneel, onder leiding van mnr. en me. Truter wat

positief bydra tot die leerders se lewens. Ons wil graag hê dat ons kinders gelukkig in

die koshuis moet wees. Daarom probeer ons ‘n huis weg van die huis af vir hulle skep.

7. SOSIAAL

Ons uitgangspunt by Jordania is om leerders op alle vlakke te ontwikkel. So was ons

kinders weer deur die jaar blootgestel aan vele sosiale aktiwiteite. Daar was

geleenthede soos kampe, uitstappies, sokkies, kultuuraande, fliekaande, ens. Kinders

leer hierdeur sosiale vaardighede aan en ook hoe om in situasies met ander mense op

te tree. Ons sal ook in die toekoms probeer om op hierdie wyse ons leerders se

ervaringsvlakke te verdiep.

8. GEMEENSKAPSDIENS

‘n Saak wat ons naby aan die hart lê is om ons kinders op te voed en te leer dat om ‘n

verskil in die gemeenskap te kan maak ‘n voorreg is. Ons het weer deur die jaar aan

verskeie projekte deelgeneem, soos die Klompvoetjie-wedloop, die ATKV-kombersprojek

en die Bloedskenk-uitdaging. So maak ons seker dat ons leerders ook hul deel in die

gemeenskap doen en hulp verleen waar nodig. Verder was ons ook betrokke by

Pathways, Cansa en werk saam met die Tafelaers en Rotariërs om ‘n verskil in mense

Page 9: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

9

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

se lewens te maak en hul verpligtinge teenoor hul naaste na te kom, uit dankbaarheid

vir die genade wat ons van ons Hemelse Vader ontvang het.

9. DISSIPLINE EN WAARDEGEDREWE ONDERWYS

Dit is baie aangenaam om te kan aankondig dat ons by Jordania elke jaar baie min

dissiplinêre probleme het. Indien daar wel iets opduik word dit onmiddellik hanteer

deur middel van ons gedragskode. Ons skryf die lae voorkoms van probleme toe aan

die feit dat ons positiewe dissipline promoveer en jaarliks aandag daaraan gee om

leerders toe te rus met ‘n gemeenskaplike waardestelsel. Ons ses waardes van respek,

regverdigheid, betroubaarheid, verantwoordelikheid, omgee en goeie burgerskap word

op gereelde basis by die leerders ingeprent. Dit is hierdie jaar gedoen deur gesprekke

tydens saalopeninge en ander geleenthede, asook die aanbring van naamborde by die

stoeptrappe. Ons het ook die verskillende gange op die stoepe na die waardes

vernoem sodat leerders deurgaans bewus gemaak kan word van hul optrede. Ons

besef dat dit ‘n langtermyn invloed op kinders se lewens sal hê en sal daarom ook

volgende jaar die waardes program volg en aanmoedig sodat ons ons leerders as beter

toegeruste mense die wêreld in kan stuur.

10. OUERBETROKKENHEID

Ons ouerverenigings, per graad, het weer baie goed gefunksioneer. Talle ander ouers

het ook baie tyd en insette gelewer wat betref afrigting, ondersteuning, organisering en

finansies. Baie dankie vir elke ouer wat op ‘n positiewe wyse tot die skool se sukses

bygedra het deur fondsinsamelingsgeleenthede te ondersteun, donasies te maak en tyd

af te staan om van hulp te wees by die verskillende aktiwiteite. Positiewe

ouerbetrokkenheid is die verskil tussen ‘n goeie skool en ‘n skool van uitnemendheid.

Positiewe ouerbetrokkenheid bly die beste bemarking vir ons skool en ons sal dit ook

volgende jaar wil verbeter deur nog meer ouers betrokke te kry. Wat kommunikasie

betref, gaan ons ook volgende jaar poog om die weeklikse nuusbriewe en maandelikse

Page 10: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

10

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

skoolfondsrekeninge elektronies uit te stuur sodat dit meer ouers kan bereik en ons

sommer meer omgewingsvriendelik kan raak deurdat papier bespaar word.

11. PERSONEEL

Die personeelsamestelling het ‘n aantal veranderinge getoon, grootliks weens persone

wat die onderwys verlaat het. Mee. Yolanda Linstrom (Graad 3) en Christa Groenewald

(Wiskunde – Graad 5 en 6) as onderwyseresse en Chavonne van Heerden as

onderwysassistent, het hierdie jaar by ons aangesluit. Hulle het sommer gou deel van

die Jorrie-familie geword.

Aan die einde van hierdie jaar verlaat twee strydrosse ons. Mnre. Paul van Rensburg

(34 jaar) en Claude Ackerman (32 jaar), albei departementshoofde, gaan met pensioen.

Baie dankie vir u getroue diens aan ons skool se kinders, asook die breër gemeenskap.

Ons bring hulde aan hierdie twee personeellede, wat oor baie jare diep spore by

Jordania getrap het. Baie dankie vir al u insette in ons skool en in al die leerders se

lewens. Ons gaan u voorwaar mis! Verder het me. Elsabé de Klerk en me. Anke van

der Bergh ander geleenthede aanvaar en verlaat ons ook aan die einde van die jaar.

Baie dankie ook vir u insette met ons kinders. Onderwysassistente wat afstudeer of

ander poste aanvaar het is Nadia van Sandwyk, Yolandi Storbeck, Andries Vorster en

Chavonne van Heerden. Baie sterkte ook vir julle toekomsplanne. Ons groet ook een

van ons terreinwerkers, David Mhgomezulu, na 29 jaar diens by Jordania. Baie dankie

ook vir jou harde werk oor baie jare om ons terrein en geboue netjies te hou.

Aanstellings is reeds gemaak in die bogenoemde persone se poste, sodat die

akademiese program gereed kan wees vir 2019.

Ons is trots op ons personeel se werk. Hulle wil net die beste vir ons kinders hê. Baie

dankie aan elke personeellid vir julle insette om van hierdie ‘n 100%-skool te maak.

Page 11: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

11

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

12. TERREIN, GEBOUE, VOERTUIE EN VEILIGHEID

Talle verbeterings en opknappings is gedurende die jaar aan die skoolgeboue gedoen.

Waar nodig is klaskamers geverf, geute vervang, stoorkamers gebou, plaveisel aangelê

en tuine verfraai. Die tennisbane, asook die krieketnette is opgeknap. Die klubhuis is

voltooi en word reeds met groot vrug gebruik by die sportvelde. Baie dankie aan almal

wat hier insette en bydraes gelewer het sodat die projek afgehandel kon word. Verder

is die voorportaal vergroot sodat daar genoeg ruimte vir besoekers aan die skool is. ‘n

Groot droom, ons museum, is ook geopen en word reeds daagliks deur leerders, ouers

en besoekers besigtig. ‘n Laaste projek vir die jaar, die opknapping van die Graad 1

toilette, sal voor die einde van die jaar afgehandel wees.

Ons skoolvoertuie is nog in ‘n goeie toestand en word elke jaar so gehou. ‘n Nuwe 16-

sitplek bussie is aangekoop sodat daar genoegsame vervoer vir ons leerders beskikbaar

is. Ons leerders se veiligheid is vir ons baie belangrik en ons sal sorg dat die terrein en

voertuie deurgaans veilig en gerieflik vir hulle is.

Ons is baie trots op ons netjiese geboue en terrein en sal dit altyd so probeer hou.

Waar nodig, sal uitbreidings ook in die toekoms gedoen word. Baie dankie aan die

Beheerliggaam en terreinpersoneel vir hul insette in die verband.

13. FINANSIES

Hierdie bly ‘n netelige saak. Dat die ekonomie wêreldwyd in die knyp is, is ‘n gegewe.

Hoe ons die probleme rondom die finansies die hoof gaan bied sal altyd die uitdaging

bly. Ons besef terdeë dat ons almal in dieselfde bootjie is en dat die negatiewe situasie

van die ekonomie op ons almal ‘n invloed het. Dink maar net aan die styging van die

brandstofprys wat op ‘n maandelikse basis plaasvind en watter invloed dit op ‘n

begroting het!

Page 12: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

12

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

‘n Skool soos Jordania ontvang baie min finansiële ondersteuning vanaf die staat en ons

is grootliks aangewese op die betaling van skoolfonds van ouers om ons finansiële

uitgawes te dek. As in ag geneem word dat meer as 55% van ons begrote uitgawes

aan personeelkoste gaan, sal u verstaan dat dit baie belangrik is dat ouers skoolfonds

betaal. Die nie-betaling van skoolgeld bly egter ‘n enorme probleem en hoe gouer

ouers besef dat kwaliteit opleiding geld kos, hoe beter sal die finansies ook funksioneer.

Daar is weereens ‘n enorme bedrag van oor die R700 000 wat nog vir 2018 uitstaande

is en aan slegte skuld toegeskryf kan word! Hierdie bedrag sluit nie die honderde

duisende rande in wat ons reeds volgens wetgewing aan die kwytskelding van sommge

leerders se skoolgeld moet afstaan nie. ‘n Beroep word weereens op ons ouers gedoen

om seker te maak dat skoolgeld getrou betaal sal word. Baie dankie aan al ons ouers,

wat in moeilike finansiële omstandighede hul skoolfonds getrou betaal het. Baie dankie

ook aan elke ouer wat ‘n bydrae gelewer het rakende skenkings, fondsinsamelings en

ander projekte. Dit word opreg waardeer. Dit is die enigste manier hoe ons

kwaliteitonderrig aan ons kinders kan verskaf en ons ons standaarde hoog kan hou.

Deur effektiewe besparingsmaatreëls, sowel as deeglike beplanning, fondsinsamelings

en gesonde finansiële strukture kon ons dit steeds regkry om alles te doen wat vir die

jaar beplan was. Na aanleiding van vergelykings wat onlangs getref is, kan ons met

groot dankbaarheid sê dat Jordania die mees bekostigbare skool van sy kaliber in die

hele provinsie is, as in ag geneem word klasgroottes, fasiliteite, dienste, prestasies en

so meer. Baie dankie aan die Beheerliggaam, finansiële komitee en personeel wat ons

fondse oordeelkundig aanwend.

14. BEHEERLIGGAAM

‘n Nuwe Beheerliggaam is tydens die verkiesing in Maart aangewys. Baie dankie aan

die vorige Beheerliggaam wat groot werk verrig het om van ons skool ‘n plek van

uitnemendheid te maak. Die nuwe Beheerliggaam, onder leiding van mnr. Gerard de

Page 13: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

13

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

Boer, is alreeds goed aan die gang en alle afdelings funksioneer goed. Dit is ‘n voorreg

om sulke bekwame persone by die skool te kan hê wat raad en leiding op verskillende

gebiede kan verskaf. Baie dankie vir die onbaatsugtige tyd wat u aan die skool afstaan

en die soms moeilike take wat verrig moet word.

15. SAMEVATTING

Desnieteenstaande die feit dat die onderwys in Suid-Afrika jaarliks verval toon, kan ons

met dankbaarheid sê dat dit by Jordania nie die geval is nie. In die Rapport koerant

van 15 Oktober 2018, het die organisasie, Solidariteit aangedui dat Bethlehem een van

die toekomstige ankerpunt-dorpe in Suid-Afrika is – ook betreffende Afrikaanse

onderwys! Hier in Bethlehem, en spesifiek by Jordania, kan ons baie dankbaar wees vir

dit wat ons het en moet ons dit dalk net weer besef. Jordania kan sonder enige twyfel

beskou word as een van die top Afrikaanse skole in die land. Ons moet daarop fokus

om ‘n instelling van uitnemendheid te bly en moenie vaskyk teen al die negatiwiteite

rondom die onderwys nie.

Ons groet die Graad 7-klas van 2018. Hulle sal altyd ‘n baie spesiale plek in my hart hê,

aangesien ons saam ons eerste skooldag by Jordania begin het. Baie dankie vir sewe

jaar se pragbydraes tot die skool. Julle los Jordania definitief op ‘n beter plek as toe

julle hier in Graad 1 begin het. Baie sterkte vir die toekoms, mag al jul drome waar

word.

Dit is vir my baie aangenaam om te verklaar dat die Primêre Skool Jordania op alle

gebiede gesond is. Die geloof wat u as ouer en die gemeenskap in ons as skool het

staaf hierdie feit. Jordania is ‘n skool van uitnemendheid omdat alle belanghebbendes

saamwerk tot voordeel van ons kinders.

Page 14: PRIMÊRE SKOOL JORDANIA JAARVERSLAG 2018 · tweekamp, driekamp, karate, ens. Baie dankie vir ouers en afrigters wat ook in hierdie verband harde werk verrig. Desnieteenstaande al

14

Primêre Skool Jordania: Jaarverslag 2018

Ons uiteindelike doelwit bly steeds om die toonaangewende skool in die provinsie op

alle gebiede te wees. Daarom sal ons aanhou om kwaliteit opleiding en opvoeding na

te streef en aan al ons leerders te verskaf. Om ‘n 100% gesindheid na te streef in

alles wat ons doen, bly ons missie. So bou ons ‘n skool wat tot voordeel strek van ons

kinders en maak van ons gemeenskap en ons land ‘n beter plek.

DR. ANDRÉ SMITH – SKOOLHOOF