loerienuus - laerskool george-suidaie dankie aan die groot hoeveelheid ouers wat die sportdag teen...

4
LOERIENUUS LOERIENUUS Laerskool George-Suid Nuusbrief 9 Junie 2016 Boodskap uit die kantoor Wat noem ons iemand wat velle looi? n Onderwyser. Wat is die doel van die kies- en oog- tande? Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen. Manlike vorm van n wedu- wee? n Skaduwee. Wat is die meervoud van kabeljou? Kabeljulle Lekker lageksamenflaters Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas …” Hoe groter haaspastei. Beste Ouers, Die tweede kwartaal nader die einde met sportakwiteite wat afskaal en die eksamen wat nog afgehandel moet word. Hoogtepunte vir hierdie kwartaal is te veel om op te noem. In n neutedop, u as ouers kan baie trots wees op elke onderwyser en afrigter betrokke by Laerskool George-Suid: akademie, kultuur en sport. Kinders kry op vele terreine baie geleenthede om hulself uit te leef. Ek wil ouers aanmoedig om kinders te ondersteun sodat daar aan alle akwiteite deelge- neem kan word. Bergfietsry, rolbal en moontlik muurbal is nuwe sporte by die skool waaraan kinders kan deelneem. Daar is dus geen rede vir kinders om direk huis toe te gaan of naweke tuis te bly nie. Ons moet dalk anders begin dink rakende deelname van ons kinders en hoe hulle hanteer word. By Laer- skool George-Suid is daar plek vir elkeen om te ontwikkel. Dis die ontdekkings- reis wat so opwindend is. Baie dankie aan die groot hoeveelheid ouers wat die sportdag teen Laerskool Handhaaf in Uitenhage bygewoon het. Ek is so trots op die kinders, afrigters en ouers se gedrag langs die sportveld. n Goeie gees is gehandhaaf en ons uitslae was weerspieëling van uitstekende afrigng en ondersteuning van u kant. Dit was n voorreg om as hoof die dag by te woon. Mnr. Hein Marais en juf. Barbara Albertyn, het saam met my n ongelooflike onderwyserkonferensie bygewoon in Stellenbosch. Juf. Lorraine Kriel, Mare Ferreira en Mariet Boshoff het ook n konferensie bygewoon op Knysna. Op hierdie manier bou ons intellektuele kapasiteit, deel verskillende ervaringe. Die blootstelling aan suksesvolle sprekers inspireer ons weer om binne die skoolomgewing te vernuwe. Dankie aan die BHL wat hierdie bywoning moontlik gemaak het. Die eksamen begin vandag en let asseblief daarop dat die skool om 13:00 vir Gr 3 tot 7 leerders sluit tot en met 23 Junie. Die skool sluit vir die kwartaal om 10:30 op 24 Junie. Rapporte word op Donderdag, 21 Julie aan kinders uitge- deel. Baie dankie vir u ondersteuning met kinders se netheid en gedrag by die skool. -Mnr Sas du Plessis, Skoolhoof Kwartaal se einde in sig!

Upload: others

Post on 18-Jan-2020

33 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: LOERIENUUS - Laerskool George-Suidaie dankie aan die groot hoeveelheid ouers wat die sportdag teen Laerskool Handhaaf in Uitenhage bygewoon het. Ek is so trots op die kinders, afrigters

LOERIENUUS

LOERIENUUS Laerskool George-Suid Nuusbrief 9 Junie 2016

Boodskap uit die kantoor

Wat noem ons iemand wat

velle looi? ‘n Onderwyser.

Wat is die doel van die kies- en oog-tande? Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.

Manlike vorm van ‘n wedu-wee? ‘n Skaduwee.

Wat is die meervoud van kabeljou? Kabeljulle

Lekker lag… eksamenflaters

Voltooi die volgende idioom: “Hoe meer haas …” Hoe groter haaspastei.

Beste Ouers, Die tweede kwartaal nader die einde met sportaktiwiteite wat afskaal en die eksamen wat nog afgehandel moet word. Hoogtepunte vir hierdie kwartaal is te veel om op te noem. In ‘n neutedop, u as ouers kan baie trots wees op elke onderwyser en afrigter betrokke by Laerskool George-Suid: akademie, kultuur en sport. Kinders kry op vele terreine baie geleenthede om hulself uit te leef. Ek wil ouers aanmoedig om kinders te ondersteun sodat daar aan alle aktiwiteite deelge-neem kan word. Bergfietsry, rolbal en moontlik muurbal is nuwe sporte by die skool waaraan kinders kan deelneem. Daar is dus geen rede vir kinders om direk huis toe te gaan of naweke tuis te bly nie. Ons moet dalk anders begin dink rakende deelname van ons kinders en hoe hulle hanteer word. By Laer-skool George-Suid is daar plek vir elkeen om te ontwikkel. Dis die ontdekkings-reis wat so opwindend is. Baie dankie aan die groot hoeveelheid ouers wat die sportdag teen Laerskool Handhaaf in Uitenhage bygewoon het. Ek is so trots op die kinders, afrigters en ouers se gedrag langs die sportveld. ‘n Goeie gees is gehandhaaf en ons uitslae was weerspieëling van uitstekende afrigting en ondersteuning van u kant. Dit was ‘n voorreg om as hoof die dag by te woon. Mnr. Hein Marais en juf. Barbara Albertyn, het saam met my ‘n ongelooflike onderwyserkonferensie bygewoon in Stellenbosch. Juf. Lorraine Kriel, Martie Ferreira en Mariet Boshoff het ook ‘n konferensie bygewoon op Knysna. Op hierdie manier bou ons intellektuele kapasiteit, deel verskillende ervaringe. Die blootstelling aan suksesvolle sprekers inspireer ons weer om binne die skoolomgewing te vernuwe. Dankie aan die BHL wat hierdie bywoning moontlik gemaak het. Die eksamen begin vandag en let asseblief daarop dat die skool om 13:00 vir Gr 3 tot 7 leerders sluit tot en met 23 Junie. Die skool sluit vir die kwartaal om 10:30 op 24 Junie. Rapporte word op Donderdag, 21 Julie aan kinders uitge-deel. Baie dankie vir u ondersteuning met kinders se netheid en gedrag by die skool. -Mnr Sas du Plessis, Skoolhoof

Kwartaal se einde in sig!

Page 2: LOERIENUUS - Laerskool George-Suidaie dankie aan die groot hoeveelheid ouers wat die sportdag teen Laerskool Handhaaf in Uitenhage bygewoon het. Ek is so trots op die kinders, afrigters

Laerskool George-Suid Nuusbrief 9 Junie 2016

2

Datums vir die dagboek:

Saterdag, 11 Junie Rugby en Netbal: 0/7 - 0/9-toernooi, Laerskool Oudtshoorn-Noord. Rugby: 0/13A– en B-spanoefening by LGS Bergfiets: Eerste MTB-byeenkoms by NMMU Kampus

in George.

Donderdag, 16 Junie - Jeugdag Vrydag, 17 Junie - Skole Vakansiedag

Vrydag, 17 Junie tot Saterdag, 18 Junie Rugby: Vriendskaplike wedstryde, Interprovinsiaal

(SWD)

Sondag, 19 Junie - Vadersdag

Vrydag, 24 Junie Skool sluit om 10:30 Rugby: 0/13XV-Tal Oefenkamp (Bridgton) 24 tot 26

Junie.

LGS kommunikeer grotendeels met ouers deur mid-del van die D6-kommunikeerder. Dit is u sleutel tot inligting rondom die daaglikse bedrywighede by die skool, sowel as sportuitslae en kwartaalbeplanning.

Maak asseblief seker dat u oor die D6 beskik. Indien dit egter onmoontlik is om hierdie applikasie te bekom, word u versoek om dringend met die kan-toor te skakel sodat u op die Sms-stelsel geregistreer kan word (slegs noodboodskappe sal gestuur word).

Die kommunikeerder kan direk van die webtuiste afgelaai word: http:www.schoolcommunicator.com/downloads

Kies Laerskool George-Suid uit die lys van skole. Indien u op u selfoon toegang het tot internet, is die inligting daar ook beskikbaar:

Web: URL adres: http://mobi.d6communicator.com

Help!

Met trots aangebied deur die

Ondersteunersklub

Die Ondersteunersklub is ouers wat hul tyd en vaardighede aan die skool bied. Die groep het ten doel om fondse in te samel om fasiliteite by die skool op te gradeer. Die groep se volgende projek is die Afval- en Kerrie-aand. Almal word hartlik uitgenooi om hierdie pret-aand, by te woon. Heerlike kos en goeie ver-maak word beloof. Onthou jou dansskoene!

Indien jy betrokke wil raak by die OSK, kontak gerus:

Voorsitter: Gerhard Jordaan 082 904 0801 Sekretaresse: Elsia Bester 083 227 2766

Saam is ons beter!

Page 3: LOERIENUUS - Laerskool George-Suidaie dankie aan die groot hoeveelheid ouers wat die sportdag teen Laerskool Handhaaf in Uitenhage bygewoon het. Ek is so trots op die kinders, afrigters

Laerskool George-Suid Nuusbrief 9 Junie 2016

3

Netheidsvoorskrifte

Dogters Hare: Die kleur vir haarbykomstighede is wit, swart of geel. Leerders mag ‘n lint, rekkie, knippie, kammetjie, bolletjies of “Alice band” dra. Hare wat aan die kraag van die hemp raak moet netjies

vasgemaak of korter geknip word. Hare mag nie in die leerders se oë hang nie. Indien wel,

moet dit vasgemaak of met ‘n knippie weggesteek word.

Kort “bob” hare moet met ‘n “Alice band” gedra word. ‘n Haarband mag nie breër as 4 cm wees nie. Geen gebreide haarbande word toegelaat nie. Geen uitspattige haarstyle nie. Hare mag nie gekleur word nie. Geen gel mag gebruik word vir hare nie.

Naels: Naels moet kort, skoon en goed versorg wees. Geen naellak mag gedra word nie. Naels mag nie aan die agterkant van die vingers uitsteek

as na die palm gekyk word nie.

Juweliersware: Polshorlosies (wit, geel, swart, goud of silwer) en ‘n

mediese bandjie is toelaatbaar. Reël geldig vanaf 2017. Geen kettings of bandjies om die pols of nek nie. Geen ringe nie. Oorbelle: Slegs een goue/silwer oorknop-

pie of goue/silwer oorringetjie (nie groter as 10mm in deursnee) mag per oor gedra word.

Geen steentjies van enige aard word toegelaat nie.

Grimering: Geen grimering mag gedra word nie. Geen “lip-gloss” mag gedra word nie.

Seuns Hare: Hare moet kort en netjies geknip wees. Hare mag nie aan die ore raak as dit regaf gekam word nie. Die kuif mag nie aan die wenkbroue raak nie. Geen buitensporige of onaanvaarbare styl bv. “German

cut” word toegelaat nie. Hare mag nie gekleur word nie. Geen gel mag gebruik word vir hare nie.

Naels: Naels moet skoon, kort en goed versorg wees.

Juweliersware: Polshorlosies is toelaatbaar. Geen oorknoppies of oorringetjies. Geen kettings of armbandjies.

Veiligheid van ons kinders

Die skool het ’n behoefte aan ‘n persoon wat soggens, Maandae tot Vrydae, vanaf 07:00 tot 07:30 voetpatrollie kan doen by die voetoorgang in Fichatstraat. Motoriste wat in Fichatstraat ry, toon geen ontsag vir leerders wat hiér die pad kruis nie.

Indien u belangstel om by die liefdestaak betrokke te raak, kontak asseblief Me Moolman (044 873 3464).

‘n Dringende beroep word op ouers gedoen om stadiger te ry en ekstra versigtig te wees wanneer van paaie rondom die skool gebruik gemaak word.

Klerebank en Nasorg tye

Weens die vervroegde uitkomtyd tydens die Junie-eksamen, word die Klerebank- en Nasorgsentrumtye geraak. Klerebank: 12:30 tot 13:45 Nasorgsentrum: 13:45 tot 17:15

Fokus op die Kleredragbeleid

Laerskool George-Suid is baie trots op betrokke ouers en belangstellendes en het ’n nuwe bemarkings-identiteit vir hierdie onderstenings-groepe geskep. Die Oueraksie, Kultuurkomitee en Ondersteunersklub sal voortaan bostaande embleem gebruik vir bemarking. Die bewoording “pro ludis culturae” verteenwoordig hierdie groepe as “steun, sport en kultuur”.

Nuwe LGS Ondersteuners hemde sal eersdaags by die Klerebank te koop aangebied word. Onthou om joune aan te skaf!

Page 4: LOERIENUUS - Laerskool George-Suidaie dankie aan die groot hoeveelheid ouers wat die sportdag teen Laerskool Handhaaf in Uitenhage bygewoon het. Ek is so trots op die kinders, afrigters

Laerskool George-Suid Nuusbrief 9 Junie 2016

4

Kwaggas reik uit

Hoërskool Outeni-qua ondersteun die Caring Daisies-organisasie om voer en water in te samel vir Suid-Afrikaanse boere wat geraak word deur die droogte.

Kleurvolle armbandjies en penne, gegraveer met die woorde “Wees die VERSKIL wat jy wil sien”, word tans te koop aangebied ten bate van die projek. Armbandjies kos R20 en penne R25 elk. Beskikbaar by LGS-ontvangs.

Elke keer wat ouers die My School kaart gebruik, kry die skool geld. Hoe meer die ouers dus die kaart gebruik, hoe meer kan LGS hierby baat. Die My School kaart kos die kaarthouer NIKS. Dit is nie ‘n debiet - of kredietkaart nie, maar slegs ‘n kaart wat rekord hou van die kaarthouer se transaksies by die deelnemende winkels. Die organ-isasie My School betaal dan aan die skool ‘n bedrag uit wat ‘n sekere persentasie is van al die transaksies soos deur die kaarthouers gegenereer. Doen aansoek vir jou MySchool MyVillage MyPlanet-kaart. Dis gratis! Kry die kaart en begin om ‘n ver-skil te maak. Vir meer inligting besoek gerus: www.myschool.co.za

Ons CHOMP-mammas nooi elke belangstellende om by hulle aan te sluit. Hul vergader op Woensdae tussen 07:30 en 08:15 in die Perso-neelkamer by die skool. CHOMP staan vir: Christus Help Ons Met Probleme CHOMP-mammas bid saam vir Laerskool George-Suid en sy gesinne. Raak gerus betrokke by die CHOMP-mammas.

Vadersdag-geskenkies beskikbaar by Snoepeloerie Op Sondag, 19 Junie vier gesinne Vadersdag. Leerders wie vir Pappa ‘n geskenkie wil koop, is welkom om die Snoepie te besoek. Daar sal weer geskenke tussen R20 en R25 beskikbaar wees. Kontakpersoon: Glenda Greeff, 082 411 9920.