jacobsdal primêre skool - web viewdie foto’s word in daardie volgorde geneem en...

10
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 29 16 - 23 September 2016 KWARTAALTOETSE: Graad 1 – 3 skryf amptelike Departementele toetse op die volgende datums: Donderdag, 22 September: Afrikaans Maandag, 26 September: Wiskunde FOTODAG – WOENSDAG, 28 SEPTEMBER: [BESTELVORM] Ons jaarlikse fotodag vind op Woensdag, 28 September plaas en ouers kan vir leerders (of boeties en sussies saam) ‘n individuele fotopakket bestel wat die volgende insluit: ‘n A4 fotoblad met 1 vergroting (15 x 22cm), 2 Jumbo foto’s (10 x 15cm), 4 ID foto’s en ‘n boekmerkie. Een pakket kos R55 en kan tot Maandag, 26 September per afskeurstrokie by die klasonderwysers bestel word. Kontant met bestelling asseblief. Meld asseblief duidelik indien sussies/boeties saam afgeneem moet word. Ons heg ‘n fotolys vir ouers aan om hulle kinders se foto’s te kontroleer. Die foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op die kleredrag waarin foto’s geneem word. Leerders kom op Woensdag, 28 September met hulle skoolklere + kouse en skoene, skool toe. (Hulle bring hulle sport-/Provinsiale klere ekstra saam.) Na afloop van alle ander foto’s, word die Individuele foto’s afgeneem. JAARBLAD – 2016: Instansies en persone wat weer hierdie jaar in ons JAARBLAD wil adverteer, kan kennis neem van die volgende: Advertensiekoste: (Dieselfde as in 2015) Volblad: R2000 Halfblad: R1000 Kwartblad: R500 Dit is ‘n pragtige kleurblad wat wyd in ons distrik versprei word en ons kan sterk aanbeveel dat u hierin adverteer. Dit is werklik goeie waarde vir u geld! Kontak Lucille Bruwer 082 889 2920 (voorsitster Borge- en Bemarkingskomitee) vir enige inligting. U is self verantwoordelik vir die ontwerp van u advertensie. Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en u kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief by haar laat doen. Kontak haar gerus by: Epos: [email protected] Tel: 0725282365 IDOLS: Ouers en belangstellendes word uitgenooi na ons IDOLS kompetisie op Maandag, 19 September om 18:00. Kaartjies sal ook by die deure te koop wees @ R10. (Geen worsbroodjie ingesluit nie) REDENAARSKOMPETISIE: Ons finale Redenaarskompetisie vind op Dinsdag, 20 September om 18:00 in die skoolsaal plaas. Alle leerders moet skoolklere aanhê (ook as hulle kom as toeskouers). Ons nooi leerders, ouers en belangstellendes uit om dit by te woon. SWEMBAD-/ TENNISSLEUTELS: Ouers wat in besit is van ‘n swembadsleutel (Seisoen Sept 2015 tot Okt 2016) moet dit asseblief voor of op Vrydag, 30 September kom inhandig of hernu. Sleutels is weer vir die nuwe seisoen (wat strek van 1 Oktober 2016 tot

Upload: vuongquynh

Post on 06-Feb-2018

239 views

Category:

Documents


16 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. ... Simoné Somers en Nina Brink

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 29 16 - 23 September 2016KWARTAALTOETSE:Graad 1 – 3 skryf amptelike Departementele toetse op die volgende datums:Donderdag, 22 September: AfrikaansMaandag, 26 September: Wiskunde

FOTODAG – WOENSDAG, 28 SEPTEMBER: [BESTELVORM]Ons jaarlikse fotodag vind op Woensdag, 28 September plaas en ouers kan vir leerders (of boeties en sussies saam) ‘n individuele fotopakket bestel wat die volgende insluit:

‘n A4 fotoblad met 1 vergroting (15 x 22cm), 2 Jumbo foto’s (10 x 15cm), 4 ID foto’s en ‘n boekmerkie.

Een pakket kos R55 en kan tot Maandag, 26 September per afskeurstrokie by die klasonderwysers bestel word. Kontant met bestelling asseblief. Meld asseblief duidelik indien sussies/boeties saam afgeneem moet word.Ons heg ‘n fotolys vir ouers aan om hulle kinders se foto’s te kontroleer. Die foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. Let asseblief op die kleredrag waarin foto’s geneem word.

Leerders kom op Woensdag, 28 September met hulle skoolklere + kouse en skoene, skool toe. (Hulle bring hulle sport-/Provinsiale klere ekstra saam.)

Na afloop van alle ander foto’s, word die Individuele foto’s afgeneem.

JAARBLAD – 2016:Instansies en persone wat weer hierdie jaar in ons JAARBLAD wil adverteer, kan kennis neem van die volgende:Advertensiekoste: (Dieselfde as in 2015)Volblad: R2000Halfblad: R1000Kwartblad: R500Dit is ‘n pragtige kleurblad wat wyd in ons distrik versprei word en ons kan sterk aanbeveel dat u hierin adverteer. Dit is werklik goeie waarde vir u geld! Kontak Lucille Bruwer 082 889 2920 (voorsitster Borge- en Bemarkingskomitee) vir enige inligting. U is self verantwoordelik vir die ontwerp van u advertensie. Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en u kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief by haar laat doen. Kontak haar gerus by: Epos: [email protected] Tel: 0725282365

IDOLS:Ouers en belangstellendes word uitgenooi na ons IDOLS kompetisie op Maandag, 19 September om 18:00. Kaartjies sal ook by die deure te koop wees @ R10. (Geen worsbroodjie ingesluit nie)

REDENAARSKOMPETISIE:Ons finale Redenaarskompetisie vind op Dinsdag, 20 September om 18:00 in die skoolsaal plaas. Alle leerders moet skoolklere aanhê (ook as hulle kom as toeskouers). Ons nooi leerders, ouers en belangstellendes uit om dit by te woon.

SWEMBAD-/ TENNISSLEUTELS:Ouers wat in besit is van ‘n swembadsleutel (Seisoen Sept 2015 tot Okt 2016) moet dit asseblief voor of op Vrydag, 30 September kom inhandig of hernu. Sleutels is weer vir die nuwe seisoen (wat strek van 1 Oktober 2016 tot 30 September 2017) beskikbaar @ R350 per ouer. LET WEL: Sleutelhouers moet ouers van ons Laerskool wees en moet op datum wees met hulle skoolgeld. Ouers wat in besit is van ‘n tennisklubsleutel moet ook hulle sleutels inhandig of hernu.

SKOOL SPORTKLERE:Daar is nog leerders wat in besit is van die skool se sportklere soos bv. krieket-, tennis- en atletiekhempies/frokkies, netbalklere ens. Dit moet asseblief op Maandag, 19 September in ‘n plastiese sakkie met jou naam op by tannie Maryka ingehandig word (skoon!).

KWARTAAL 4 HUISWERKBOEK: [AFSKEURSTROKIE]Graad 4 – 6 kan huiswerkboeke vir kwartaal 4 met die afskeurstrokie bestel. Handig die strokie en R25 by julle klasonderwysers in.

LEERDERDEELNAME:KRIEKET: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende krieketspanne speel op Woensdag, 21 September teen Hopetown:Die 0/9-span speel op Hopetown. Die bussie vertrek om 12:45 vanaf dieskool en R50 busgeld is vooraf betaalbaar. Vul asseblief die afskeurstrokie in om spelers se vervoer te bevestig.Die 0/11-span speel op ons veld en die 0/13-span op HLS se veld. Spelers mag om 13:30 verdaag en wedstryde begin om 14:00.

PRO-20 KRIEKET:Ons 0/13 krieketspan speel weer hierdie jaar in die Pro-20 Krieketreeks en

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. ... Simoné Somers en Nina Brink

die eerste wedstryd vind op Donderdag, 22 September teen Andalusia op Staats se veld plaas. Alle spelers ry elke keer met die bussie na Kimberley. Die bus vertrek om 15:30 en R30 busgeld is vooraf betaalbaar. Die wedstryd begin om 17:00.

7’S RUGBY:Ons skool is uitgenooi om aan die 7’s rugbyprogram deel te neem wat op Vrydag, 23 September as voorwedstryde sal plaasvind by die Griekwa vs WP rugbywedstryd op Griekwapark. Die program begin om 13:30 en eindig om 18:10. Ons gaan 0/8 (Gemsbokkie rugby), 0/11 en 0/13 spanne inskryf. Spelers sal op Dinsdag, 20 September aangewys word en u as ouer sal deur die Sportorganiseerder gekontak word. Daar sal busvervoer beskikbaar wees.

SUID-VRYSTAAT TENNISPROEWE: [AFSKEURSTROKIE]Ouers moet asseblief kennis neem dat die Suid-Vrystaat Tennisproewe reeds hierdie jaar op 15 en 16 Oktober in Bloemfontein plaasvind. Spelers wat wil inskryf, moet reeds op Maandag, 19 September die afskeurstrokie met inskrywingsgeld van R200 na die klasonderwysers stuur. Ouderdomsgroepe: 0/10, 0/12 en 0/14. Ouers is self verantwoordelik vir die vervoer van spelers.Geen laat inskrywings sal ongelukkig ná Maandag gedoen kan word nie.

JIM FOUCHE ATLETIEKBYEENKOMS: [AFSKEURSTROKIE]Die jaarlikse Jim Fouché Atletiekuitnodigingsbyeenkoms vind op Saterdag, 29 Oktober in Bloemfontein plaas. 0/14’s mag aan beperkte items deelneem. (Navrae mnr Alfred)Inskrywings moet reeds volgende week gedoen word. Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur op Maandag, 19 September na die klasonderwysers saam met R20 inskrywingsgeld. Ouers is self verantwoordelik om atlete na die byeenkoms te vervoer.

KLEURATLETIEK - 2016: Ons jaarlikse Kleuratletiek vind op Donderdag, 27 Oktober plaas en inskrywingsvorms (ook graad R!) is aan elke kind in die skool uitgedeel. Alle inskrywingsvorms moet teen Vrydag, 30 September by klasonderwysers ingehandig wees aangesien inskrywings gedurende die vakansie op die rekenaarstelsel gedoen word.Elke leerder mag vir 5 items (of minder) inskryf. (Ontwikkelingsitems mag ekstra gedoen word.) Atlete neem onder 2017 se ouderdomsgroepe deel! Bv. Indien u kind 7 jaar oud word gedurende 2017 skryf hy/sy vir die ouderdomsgroep 0/7 in.

GIMNASTIEK:Die volgende gimnaste het almal bronsmedajes by die afgelope plaaslike gimnastiekkompetisie verower en gaan deur na vlak 1:GRAAD R:Chrizaan Hough GRAAD 1:Alissa Geldenhuys, Carlené Masuret, Sunelle Schutte, Tané van Rooyen en Sumari OosthuizenGRAAD 3:Simoné Somers en Nina Brink

KUNSTEFEES:Baie geluk aan Johané Britz wat goud vir voordrag verwerf het by die Trompsburg Kunstefees.

ALGEMEEN:TANNIE BARBARA SE LOKAAL:Baie dankie vir almal wat artikels vir tannie Barbara se lokaal gestuur het. Ons waardeer dit baie.Joline KrügerTANNIE BARBARA SE DIENS:Ouers moet asseblief kennis neem dat tannie Barbara ‘n afgetrede gekwalifiseerde maatskaplike werkster is wat aan ons leerders berading en ondersteuning bied. Hierdie diens word gratis aan leerders verskaf en ons moedig ouers aan om met haar te gesels oor probleme wat u kind ondervind. Ouers is nie altyd bewus van dinge wat hulle kinders pla nie en baie keer tel onderwysers hierdie dinge op en stel tannie Barbara daarvan in kennis. Soos u weet is die eise wat die lewe stel ook op ons kinders van toepassing. Hierdie pos het ten doel om die welsyn van ons kinders te bevorder en wil net die beste vir u kind hê. Neem asseblief kennis:Hierdie is slegs ‘n ondersteuningsdiens en geen terapeutiese diens nie.Skakel haar gerus by: 0828298149

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Danél du ToitCrous familie (afsterwe tannie Doris)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. ... Simoné Somers en Nina Brink

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK – KW 4 (GR 4-6)

OUER: ___________________________________

LEERDER: __________________________________ GR.: _____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK VIR DIE VIERDE KWARTAAL BESTEL.

INGESLUIT: R ______

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: ____________

AFSKEURSTROKIE: SUID-VRYSTAAT TENNISPROEWE (15 & 16 OKTOBER)

OUER: ___________________________________

SPELER: __________________________________

OUDERDOMSGROEP: 0/10 0/12 0/14 (merk asb.)

WIL GRAAG MY KIND INSKRYF VIR DIE SV TENNISPROEWE.

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: ____________

INSKRYWINGSGELD: R200 (Handig asb. saam met strokie in)

AFSKEURSTROKIE: KRIEKET TEEN HOPETOWN ( 0/9) (Woensdag, 21 September)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(SPELER SE NAAM EN VAN) ______________________________

GAAN MY EIE KIND/ERS NA HOPETOWN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA HOPETOWN: (MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R50

AFSKEURSTROKIE: JIM FOUCHE ATLETIEKBYEENKOMS (SATERDAG, 29 OKTOBER)

OUER: ___________________________________

ATLEET: _______________________________ OUD: 0/ _____

ITEMS: _________________________________________________

ATLEET: _______________________________ OUD: 0/ _____

ITEMS: _________________________________________________

WIL GRAAG VIR DIE JIM FOUCHE ATLETIEKBYEENKOMS INSKRYF.

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: ____________INSKRYWINGSGELD: R20 (Handig asb. saam met strokie in)

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. ... Simoné Somers en Nina Brink

BESTELVORM: INDIVIDUELE FOTOPAKKET/TE

R55 PER PAKKET

Naam van leerder:(Slegs een kind op foto) Gr: Aantal

pakkette: BEDRAG:

Name van leerders:(Meer as een kind op foto)

TOTALE BEDRAG INGESLUIT: R ______

OUER SE NAAM EN VAN:

HANDTEKENING:

FOTOKONTROLEVORM VIR OUERS - Fotodag: 28 September 2016

WIT BULLTERRIER TEFIE BESKIKBAAR

PRAGTIG EN GEHOORSAAM

10 WEKE OUD

R900

SKAKEL ANITA:0834179933

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. ... Simoné Somers en Nina Brink

HIERDIE IS NIE ‘N BESTELVORM NIE!

Alle klere moet gemerk wees sodat verlore klere terugbesorg kan word aan eienaars.

Leerders wat nie die korrekte klere het nie, word nie afgeneem nie. Kontroleer asb. die foto’s waarop u kind moet verskyn. (Om foute te voorkom) Foto’s word in onderstaande volgorde geneem.

Merk met X OMSKRYWING: PERSOON/E KLEREDRAG

Personeel (Almal neem ook ‘n individuele foto asseblief)Beheerliggaam (Lede word met verg 26/9 afgeneem)Koshuiskomitee (Lede word met verg 26/9 afgeneem)Nie-onderrig personeel: SkoolKoshuis

7:45 Merk

met X OMSKRYWING: PERSOON/E KLEREDRAGRUGBY: Danie Noeth

Jannie du Plooy

Marius JacobsBoetman MarxMathew / Schalk

Wit PT-broek: 0/13

Ander spanne:swart

PT-broek

Rugby Pienkvoete – ook gr R Rugby 0/9 Rugby 0/11 Rugby 0/13

NETBAL:Netbaldrag

met wit kouse en tekkies

Skool voorsien

netbalklere

Netbal 0/7 Netbal 0/9ANetbal 0/9BNetbal 0/10A en B Netbal 0/11A en BNetbal 0/13A, B, C en D

Saam met afrigters

Lanie

Xhariep netbal proewespan 0/12 Xhariep netbal proewespan 0/13 Slegs spelers

TENNIS: (Slegs ligaspanne vir 0/9 – 0/13)) Netbalklere(dogters)

Skool voorsien

netbalklere en tennishempies

Tennisklere (seuns)

Tennis 0/9A (Seuns en dogters)Tennis 0/9B (Seuns en dogters) Elizna

Tennis 0/11A (Seuns en dogters)Tennis 0/11B (Seuns en dogters) Delene

Tennis 0/13A (Seuns en dogters)Tennis 0/13B (Seuns en dogters) Alfred

Tennis Junior beginners (Gr 1 – 3) Marisan / NaomiTennis Senior beginners (Gr 4 – 7) Rehetta / Deandri

ATLETIEK: Atletiekklere:

Slegs die spanne alleen

Frokkies en broekies

Sone AtletiekMotheo/Gariep KampioenskappeTWEEKAMP: Irene

Wilkinson

Sportklere

Tweekampatlete (almal wat aan tweekamp deelneem)SWEM: Lanie en

AdéleVrystaat SwemkampioenskappeKRIEKET:Mini-krieketKrieket 0/9Krieket 0/11 Krieket 0/13

Pieter / KarinShaun Smit

Schalk/MatthewBoetman Marx

MatthewVrystaat KampioenskappeGIMNASTIEK: Shelene / Suné

DeandriGimnastiek-

klereGimnastiek Beginners + vlak 1 – 3

Junior koor Rina/Elza

KorrekteSomer-

skooldragmet skoene

en kouse

Klasfoto’s: Graad 1 – 7 + IK-klas KlasonderwysersSkoolleiersKoshuisleiers

Medialeiers

+ Mnr TaitSlegs die

leiers alleen+ Maryka

Skool: Hoofleier en Hoofleidster Koshuis: Hoofleier en Hoofleidster

Slegs leiersalleen

Musiekleerders (Alle leerders wat musiek neem / alle instrumente)Nautilus (Deelname ten minste 2 van 3)Wiskundeklub (Juniors) MarynaWiskundeklub (Seniors) SchalkAMESA wiskunde SchalkRedenaarsbestuur ElzaOmgewingsvasvra TersiaBybelvasvra NaomiSkaak(Almal wat gereeld skaak oefen)

Mam / AlfredPeet

Padpatrollie Karin / MamVCSV Elza & Naomi

Deandri

INDIVIDUELE FOTO’S: Graad 1 - 7 Skooldrag

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. ... Simoné Somers en Nina Brink

Provinsiale en Nasionale klere:Merk met X Omskrywing op foto: Kleredrag:

SA Atletiek

Leerders moet hulle Provinsiale klere

saambring en aanhê vir hierdie foto’s

SA TweekampSA SkaakSA NetbalTweekamp InterprovinsiaalSuid-Vrystaat TennisStreektoernooi: WildeklawerCravenweek Rugby A & B-spanneGimnastiek Sone Noordkaap HengelSA VolkspeleKrygskunsVrystaat SkietVrystaat TentpeggingSA’s Tentpegging

ANDER: Stel asseblief die skool in kennis van enige ander prestasie

Amptelike bewyse, op organisasie se briefhoof, moet aan die skool

gestuur word.Geen bewyse – geen erkenning

Hierdie vorm is vir ouers om (saam met u kind) te kontroleer in watter foto’s u kind moet wees en watter kleredrag hy/sy

benodig.

Al bogenoemde foto’s word in die Jaarblad van 2016 geplaas.(Geen individuele foto’s word bestel nie)

HANDTEKENING VAN OUER: _________________________ (Foto’s saam met my kind/ers gekontroleer en gemerk)

Hierdie vorm hoef nie terug te gaan skool toe nie.

MERKALLE

KLEREEN

SPORTSAKKEDUIDELIK

ASB.!

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDie foto’s word in daardie volgorde geneem en buite-afrigters moet asseblief kom vir ‘n foto saam met u span. ... Simoné Somers en Nina Brink