laerskool anton van wouw - wouwtjienuus...cv’s kan ingehandig word by ontvangs (me. simoné...

10
WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Donderdag, 18 April 2019 PAASNAWEEK Die skool sluit vandag, Donderdag, 18 April om 12:00 vir die Paasnaweek. Die Naskool is vandag oop vanaf 12:00 tot 17:30. Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie. Laerskool Anton van Wouw Vakature: Intersenfase-pos vanaf 9 Julie 2019 Belangstellende persone word genooi om aansoek te doen vir die betrokke pos. Die pos kan n Departementele- óf Beheerliggaampos wees. Indien die suksesvolle kandidaat tans n Departementele pos beklee, sal die roete van n inter-departementele oorplasing gevolg word. Vereistes: Kwalifikasie in Wiskunde, Natuurwetenskap of EBW sal dien as aanbeveling. Die geskikte kandidaat moet bereid wees om by buite-kurrikulêre aktiwiteite betrokke te raak. Meld asb. prestasies en ervaring. CVS kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na [email protected] Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019 VERKEER RONDOM SKOOL Die gedeelte van Langestraat wat om die rugbyveld loop, is n een- rigtingstraat. Ons doen wééreens n beroep op alle motor- bestuurders om NIE teen die verkeer te beweeg nie en ook nie in die pad stil te hou om kinders op– of af te laai nie. Dit veroorsaak onnodi- ge verkeersopeenhopings en stel die veiligheid van ander motoriste en voetgangers in gevaar. Ons versoek ook asseblief dat géén motors voor die skool se ingangs- hekke parkeer word nie. Die motorhek in Deystraat word deur ons personeel en kontrakteurs as in– en uitgang gebruik. Moet asb. nie hierdie ingang blokkeer nie (ook nie gedeeltelik nie). Géén parkering voor die ingangshekke word toegelaat nie - ook nie wanneer n leerder net vinnig op– of afgelaai word nie. Die veiligheid van ons kinders is vir ons van kardinale belang. Bestuur asb. ekstra versigtig rondom die skool. Ons sal hierdie situasie moni- tor en streng optree teen enige persoon wat nié die padreëls gehoor- saam nie. VOORNEMENDE GR. 1-LEERDERS VIR 2020 Gr 1-aanlyninskrywings open op Ma. 13 Mei 2019 om 08:00. Verdere inligting sal binnekort aan u deurgegee word. OPEDAG Ons Opedag was n gróót sukses! Baie dankie aan élke voor- nemende ouer wat dié dag bygewoon het. n Woord van opregte dank aan elke personeellid vir hul harde werk, tyd en insette. n Spesiale woord van dank aan me. Marica Botha en Mnr. Leon Wilden... sonder u hulp en organisasie sou dié dag nie moontlik gewees het nie.

Upload: others

Post on 26-Jul-2020

10 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na hoof@wouwtjies.co.za Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

1

WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Donderdag, 18 April 2019

PAASNAWEEK Die skool sluit vandag,

Donderdag, 18 April om 12:00

vir die Paasnaweek.

Die Naskool is vandag oop

vanaf 12:00 tot 17:30.

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Laerskool Anton van Wouw

Vakature: Intersenfase-pos vanaf 9 Julie 2019

Belangstellende persone word genooi om aansoek te doen vir die

betrokke pos. Die pos kan ’n Departementele- óf Beheerliggaampos

wees. Indien die suksesvolle kandidaat tans ’n Departementele pos

beklee, sal die roete van ’n inter-departementele oorplasing gevolg

word.

Vereistes:

Kwalifikasie in Wiskunde, Natuurwetenskap of EBW sal dien as

aanbeveling.

Die geskikte kandidaat moet bereid wees om by buite-kurrikulêre

aktiwiteite betrokke te raak. Meld asb. prestasies en ervaring.

CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of

gestuur word na [email protected]

Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

VERKEER RONDOM SKOOL Die gedeelte van Langestraat wat om die rugbyveld loop, is ‘n een-

rigtingstraat. Ons doen wééreens ‘n beroep op alle motor-

bestuurders om NIE teen die verkeer te beweeg nie en ook nie in die

pad stil te hou om kinders op– of af te laai nie. Dit veroorsaak onnodi-

ge verkeersopeenhopings en stel die veiligheid van ander motoriste en

voetgangers in gevaar.

Ons versoek ook asseblief dat géén motors voor die skool se ingangs-

hekke parkeer word nie. Die motorhek in Deystraat word deur ons

personeel en kontrakteurs as in– en uitgang gebruik. Moet asb. nie

hierdie ingang blokkeer nie (ook nie gedeeltelik nie). Géén parkering

voor die ingangshekke word toegelaat nie - ook nie wanneer ‘n leerder

net vinnig op– of afgelaai word nie.

Die veiligheid van ons kinders is vir ons van kardinale belang. Bestuur

asb. ekstra versigtig rondom die skool. Ons sal hierdie situasie moni-

tor en streng optree teen enige persoon wat nié die padreëls gehoor-

saam nie.

VOORNEMENDE

GR. 1-LEERDERS VIR 2020

Gr 1-aanlyninskrywings open op

Ma. 13 Mei 2019 om 08:00.

Verdere inligting sal binnekort aan u

deurgegee word.

OPEDAG Ons Opedag was ‘n gróót sukses!

Baie dankie aan élke voor-

nemende ouer wat dié dag

bygewoon het.

‘n Woord van opregte dank aan

elke personeellid vir hul harde

werk, tyd en insette.

‘n Spesiale woord van dank aan

me. Marica Botha en Mnr. Leon

Wilden... sonder u hulp en

organisasie sou dié dag nie

moontlik gewees het nie.

Page 2: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na hoof@wouwtjies.co.za Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

2

SATERDAG, 11 Mei 2019 Beste Ouer(s)

Ons nooi u graag uit na ons Verefees, op Saterdag,

11 Mei 2019.

Dié heerlike Verefees word jaarliks aangebied met die

doel om ‘n gesellige saamkuiergeleentheid vir al ons

Wouwtjie-gesinne te skep, maar ook om die

skooltrust se fondse aan te vul. Dié fondse word

vanjaar aangewend om AvW Pre-primêr se nuwe

uitbreiding te betaal (wat ‘n onmisbare voedingsbron vir die Laerskool is.)

Die hele ouergemeenskap word betrek by hierdie besonderse aand, wat bekend is vir héérlike kos en

kuier, opwindende kinderaktiwiteite en uitstallers.

Daar word ‘n graadhok vir elke graad op die rugbyveld gespan waarbinne die grade kuier, terwyl daar

lekker kos voorberei word. Die hok is onder beheer van ‘n gasvrou en hulp-gasvrouens.

U sal binnekort ‘n inligtingsbrief van u graad se gasvrou ontvang waarin ons skenkings en hulp vra

vir die hok. U hoef nie ‘n geldelike bydrae te maak nie!

Kinderaktiwiteite:

Verskeie pretrit-aktiwiteite van 14:00 tot 22:00.

Kosstalletjies:

Met allerhande lekker eet- en drinkgoed.

Uitstallers:

Verskeie stalletjies om die krieketblad.

Veiling:

Daar gaan ‘n opwindende veiling om 20:30 plaasvind. Indien u enigiets kan skenk, kontak asb. vir

Jaco van Heerden (082 415 9916)

‘n Paar voorbeelde:

Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede;

Enigiets vir die dames : spa, handsak, mooi-maak-goedjies;

Opgesaagde skaap, bok wat geskiet kan word;

Jagnaweek of vakansiehuis;

‘n Diens wat u kan lewer…

Verefees-kaartjies

Volwassekaartjie / Hoërskoolkind R160

Die kaartjie sluit ’n ete in.

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ons maak tyd vir jou kind

Page 3: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na hoof@wouwtjies.co.za Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

3

Ons maak tyd vir jou kind

SATERDAG, 11 Mei 2019

Program: Voorgereg word om 17:00 bedien.

Hoofgereg (Hoender op die spit met bykosse)

om 18:30

Nagereg om 20:00

Veiling om 20:30

Kinderkaartjie mét aktiwiteite R130

Aktiwiteite is van 14:00 tot 22:00

Kinders ontvang ‘n polsbandjie agter die Rekreasiesentrum.

Kinderkaartjie sónder aktiwiteite R50

Daar kan per rit kaartjies by die kaartjiekantoor gekoop word teen R10 elk.

Kinders onder 4 jaar: Gratis

Onthou om die volgende in te pak vir ’n lekker aand:

Opvoustoel

Eetgerei

Verversings

Warm baadjie

Kombersie vir die kinders wat vroeg moeg raak

Jou sprankelende persoonlikheid

Geldjie vir die veiling

Die Verefeeskaartjies word deur middel van die nuwe d6-toep gekoop. Volg asb.

die stappe soos op die ander bladsy uiteengesit is.

Onthou om almal in jou gesin se kaartjies saam te bring vir

toegang tot die feesterrein. Geen kaartjie, geen toegang.

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Page 4: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na hoof@wouwtjies.co.za Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

4

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Page 5: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na hoof@wouwtjies.co.za Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

5

Verefeeskaartjies in ‘n koevert wat Donderdag, 9 Mei, huis toe sal gaan.

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Page 6: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na hoof@wouwtjies.co.za Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

6

Ons maak tyd vir jou kind

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

ENVIROUW EN HERWINNING

22 April: Aarde-dag

Aarde-dag word op 22 April herdenk. Die doel van dié dag is om mense bewus te maak van ons

omgewing en van die impak van bv. klimaatverandering en ontbossing op die natuur.

Kompetisietyd!

Ter bewusmaking van Aarde-dag, loods ons ‘n kompetisie waar leerders ‘n voorstelling uit herwinbare

materiaal kan maak. Raak kreatief, Wouwtjies! Gebruik herwinbare materiaal om natuurbewaring of

omgewingsbewustheid uit te beeld. (Bv. Die belangrike rol van bye in die natuur; renosters wat kritiek

bedreig word.) Maak ‘n plakkaat of uitbeelding.

Pryse sal gegee word aan die mees kreatiewe uitbeeldings.

Sluitingsdatum : Vrydag 24 April.

Envirouwgroete

Juffrou Anѐ Friedrich

082 561 9389

[email protected]

PROGRAM: 2DE KWARTAAL GGA Gebied-georganiseerde-aksie (dag),

GGN Gebied-georganiseerde-naweek

26 tot 28 April - GGN Garsvallei Singkamp (Gr.

1-7)

4 Mei - GGA-dag Genl Hertzogh (Gr. 1-7)

11-13 Mei - GGN Rietvallei (Gr. 1-7)

24-25 Mei - GGA/N Noordpos - Gr. 1 tot 7 (Gr. 1-3 net Saterdag)

17-19 Mei - GGN Oord Goudrand (Gr. 4 - Ruimtewaarneming;

Gr. 6-Sterrekunde). Bespreek betyds hierdie is baie gewild!

Ons oord se liggieloop sal weer op Hemelvaartdag, 30 Mei, plaasvind. Hou solank die

datum oop.

Voriegroete

Pieter van der Zwaard

082 556 3596

Eco-Schools het Laerskool

Anton van Wouw met ‘n

Platinum Dekade-

toekenning vereer vir ons

strewe na ‘n gesonde

omgewing en

geheelskoolontwikkeling!

Page 7: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na hoof@wouwtjies.co.za Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

7

Ons maak tyd vir jou kind

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Baie geluk aan die volgende leerders met hul pragtige kultuurprestasies!

Naam Instansie Kategorie Prestasie

Nina Broschk ISTD Moderne dans Gr.1 80% onderskeiding

Michael Monni ABRSM Viooleksamen A

Hermann Kluge

Pierneef Kunstefees Verhaalkuns A++ Kategoriewenner - Medalje

Pierneef Kunstefees Mimiek A++ Kategoriewenner - Medalje

Pierneef Kunstefees Onvoorbereide lees A++ Kategoriewenner - Medalje

Emmi-Faye Butler

Dance de art Club Champion-ship

Tap level 2 (Cow boy dance)

High Gold - Trofee

Dance de art Club Championship

Tap level 2 (violin dance) High Gold - Trofee Most promising Tap Dancer - Junior

art @ 3 ate 5 (Yvette Myburgh)

Kreatiewe kuns A++

DASA eksamen Pre Primary Eksamen Distinction

Kiki Butler

DASA Dans eksamen Gr.1 97% Trofee

Acrobatic federation of SA Silwer Eksamen 99%

Dance de Art club Championships

Acrobatics level 2 own choreography

Gold

Dance de Art club Championships

Acrobatics level 2 solo Gold

Sweef skyn-eksamen English Poetry A+

Sweef skyn-eksamen Dramatised Prose A++

Sweef skyn-eksamen Gedramatiseerde Prosa A++

Sweef skyn-eksamen Stilstaande Poësie A++

Mia Coetzee

ACE Models Conference Modelwerk Deelname

ACE International Conference

Verteenwoordig ACE Pta-Oos

Deelname

ACE International Conference

Miss ACE International Deelname - top 5 - medalje

Emperor’s Palace Miss Million Dollar Deelname

Carnival City Flawless van Top Model SA

Deelname

Page 8: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na hoof@wouwtjies.co.za Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

8

Ons maak tyd vir jou kind

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

RUGBY o.12 en o.13 streekspanne

Hartlik geluk aan die volgende seuns wat vir die volgende

rondte van die Blou Bul proewe gekies is:

o.12

Divan Voster

Owen Engelbrecht

Tiaan Labuschagne

Phillip Peijper

o.13

Meeding Ferreira

Dean Robberts

Sebastiaan Steenekamp

Ruben Potgieter

Arno Peijper

Reinhardt de Jager

Alexander Louw

Matt Brooks

Christian Steenkamp

SPORT-TOERE 2019

24-27 Junie Midstream Ridge Primary Krieketweek (o.9, o.10 & o.11 Krieket) 1-4 Julie Camp Discovery (o.12 & o.13 Hokkie)

WOUWTJIES WAT WOEKER! Hartlik geluk aan die volgende twee atlete met hul puik prestasies:

Megan Nieman:

Biathles: Megan behaal ‘n eerste plek tydens die Noord-Gauteng distrikskampioenskappe. Sy behaal

ook ‘n 3de plek tydens die Gauteng-kampioenskappe. Sy dring deur na die Suid-Afrikaanse byeen-

koms waar sy Gauteng gaan verteenwoordig gedurende Junie, in Durban.

Ruan Nieman:

Biathles: Ruan behaal ‘n 3de plek tydens die Noord-Gauteng distrikskampioenskappe, en ‘n 8ste plek

tydens die Gauteng Kampioenskappe.

Swem: Ruan het onlangs die volgende puik prestasies as lid van die Diadora Swemklub behaal:

Aquatics Gauteng Vlak 1 kampioenskappe: 3de plek 100m borsslag en 3de plek 50m borsslag

Welgedaan, Megan en Ruan!

Op Vry. 10 Mei speel

ons Eerstespan ‘n

voorwedstryd op Loftus

Versfeld, waarna die Bulls

en die Crusaders mekaar

die stryd aansê!

Page 9: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na hoof@wouwtjies.co.za Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

9

Ons maak tyd vir jou kind

at wou jy adverteer? Jy kan ook in die Wouwtjienuus adverteer! Kontak: [email protected]

LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ultimate Upholstery Meubels herstoffering

Maak van kussings

Ottomans/headboards

Pelmits

Gordyne en blindings

Binnehuisversiering

CHRISTA: 082 376 7605

CUPCAKES & KOEK

Mooiste cupcakes/koek

op bestelling gebak.

Enige ontwerp/styl

Kontak: 082 442 8099

Ekstra klasse:

Eng/Afr/Wisk Op die terrein van L/s AvW

(Gr. 1-7)

Lynette Pretorius

0824456781

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

VOERTUIG-

LISENSIES

EK KAN HELP!! Hernuwing /

Registrasies

De-registrasie /

Nommerplate

Verander van ander

provinsie na Gauteng

Cas: 082 431 5073 /

012 807 5162

Ultimate Kitchens Kombuise

Ingeboude kaste

Studeerkamers

Dry-walling en Plafonne

Teëlwerk en Verfwerk

3D-program.

GRATIS KWOTASIES

Glen Lord: 0827882772

TUINWOONSTEL TE HUUR (GROENKLOOF) 2 slpk. ten volle gemeubileerd, plus DSTV en Wifi. R7000 pm (water en elek. ingesluit). Vir volledige inligting, kontak: Me. A Hogewind 0829091619 / 012 678 0750 [email protected] of [email protected]

Heerlike Yskastert @R30; R60 of R150 Suurlemoen Meringue Marshmallow & pynappel Peppermint Kontak: Melinda 0822149254

Koelkamers, vrieskamers, houerbakke vir verkoelingstrokke en ander geïsoleerde

ruimtes. Piet Pretoriusstraat 1, Rosslyn, Pta.

Tel (012) 541 1797/8

CASHIER/ADMIN JOB Mrs. M. Motong (32 yrs.) is

seeking a position as cashier/

admin clerk. She has a

diploma in business admin.;

computer science and health

care.

Contact:

[email protected]

076 380 8177

Page 10: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na hoof@wouwtjies.co.za Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

10

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ons maak tyd vir jou kind

Kontak ons L/s Anton van Wouw

Deystraat

Nieuw Muckleneuk Pta.

Tel: 012 460 6181/3024

Bemarking:

Marica Botha

[email protected]

Wouwtjienuus:

Navrae & Advertensies:

Lisa Potgieter

[email protected]

Verhuring van fasiliteite:

Simone Wallace

[email protected]

Sportbestuurders:

Yolanda Meiring

076 960 6390 [email protected]

Armandt Nortje

082 410 9070 [email protected]

Volg ons op:

PROJEKTE 2019 Verefees : 11 Mei

Opedag Pre-primêr : 17 Augustus

Wouwtjieklop : 14 September

Lentefees Pre-primêr : 25 Oktober

Indien u by ‘n projek betrokke wil raak of u hulp

wil aanbied, epos Marica gerus.

[email protected]

Wouwtjiegroete

MNR. CR HENNING

HOOF

AKTUEEL Wat ouers moet weet oor groepsdruk Bron: https://maroelamedia.co.za/2017/09/28 [G Hoffmann]