barmhartigheidsbediening

5
BARMHARTIGHEID Die amptelike verkondiging van Gods Woord wat aan die kerkraad opgedra is (NGB Art. 30; KO Art. 48), is ook die konkrete verkondiging van God se liefde en barmhartigheid vir 'n wêreld in nood. Die Kerk van Christus moet met priesterlike bewoëndheid omsien na die armes en ander sorgbehoewendes deur hulle te help, te troos en geestelik op te hef (KO Art. 54). Hierdie nood, hetsy geestelik of materieël, ken geen grense nie. Daarom reik die liefde van gelowiges en 'n gemeente soos Berg-en-Dal uit na hulle wat in ons eie omgewing, maar ook verder van hier, behoefte het aan God se sorg. In Berg-en-Dal funksioneer daar 'n Barmhartigheidsbedieningsgroep wat saam met die leraars, spesifiek hiervoor verantwoordelikheid aanvaar. Weens hul gedeelte doelstellings, bestaan daar noue skakeling tussen hierdie bedieningsgroep, die Diakonie en die Getuienisbedieningsgroep. Hierdie bediening gee uiting aan dit wat in ons missie gestel is, naamlik dat: "Die Ned. Geref. Kerk Berg-en-Dal geroep is om as gemeenskap van gelowiges God Drie-Enig te verheerlik, deur uit dankbaarheid vir sy genade en liefde..... in ons geloof, hoop en liefde te groei deur die onderlinge omsien na en sorg vir mekaar ... wanneer ons die Evangelie van Jesus Christus deel deur ons woorde en dade, in opregtheid en nederigheid, aan almal met wie ons hierdie tyd en omgewing deel..." BEDIENINGSTERREIN EN PERSONEEL Die sorg en omgee van ons gemeente begin in ons midde, rondom die Nagmaalstafel. Hiervandaan word "die liefde en barmhartigheid van God ook uitgedra na elke terrein van die gemeentelike lewe en na die samelewing" (Formulier vir die bevestiging van Diakens).

Upload: abri-van-vuuren

Post on 05-Mar-2016

224 views

Category:

Documents


8 download

DESCRIPTION

jeugbediening

TRANSCRIPT

Page 1: barmhartigheidsbediening

BARMHARTIGHEID

Die amptelike verkondiging van Gods Woord wat aan die kerkraad opgedra is (NGB Art. 30; KO Art. 48), is ook die konkrete verkondiging van God se liefde en barmhartigheid vir 'n wêreld in nood. Die Kerk van Christus moet met priesterlike bewoëndheid omsien na die armes en ander sorgbehoewendes deur hulle te help, te troos en geestelik op te hef (KO Art. 54). Hierdie nood, hetsy geestelik of materieël, ken geen grense nie. Daarom reik die liefde van gelowiges en 'n gemeente soos Berg-en-Dal uit na hulle wat in ons eie omgewing, maar ook verder van hier, behoefte het aan God se sorg.

In Berg-en-Dal funksioneer daar 'n Barmhartigheidsbedieningsgroep wat saam met die leraars, spesifiek hiervoor verantwoordelikheid aanvaar. Weens hul gedeelte doelstellings, bestaan daar noue skakeling tussen hierdie bedieningsgroep, die Diakonie en die Getuienisbedieningsgroep.

Hierdie bediening gee uiting aan dit wat in ons missie gestel is, naamlik dat:

"Die Ned. Geref. Kerk Berg-en-Dal geroep is om as gemeenskap van gelowiges God Drie-Enig te verheerlik, deur uit dankbaarheid vir sy genade en liefde.....

in ons geloof, hoop en liefde te groeideur die onderlinge omsien na en sorg vir mekaar ...

wanneer ons die Evangelie van Jesus Christus deeldeur ons woorde en dade, in opregtheid en nederigheid, aan almal met wie ons hierdie tyd en omgewing deel..."

BEDIENINGSTERREIN EN PERSONEEL

Die sorg en omgee van ons gemeente begin in ons midde, rondom die Nagmaalstafel. Hiervandaan word "die liefde en barmhartigheid van God ook uitgedra na elke terrein van die gemeentelike lewe en na die samelewing" (Formulier vir die bevestiging van Diakens).

In Berg-en-Dal leef daar by die leraars, diakens en lidmate 'n sensitiwiteit vir die materiële nood van lidmate. Daarom word daar jaarliks begroot vir en reëlings getref om behoeftiges deur alimentasie te help. Die hulp van 'n Maatskaplike Werker van die KMD wat aan die Ring van Bloemfontein-Noord toegewys is, kan hier ingeroep word. Die besoeke van leraars en lidmate aan siekes en eensames in die gemeente is deel van ons barmhartigheidswerk.

Die groot aantal bejaardes in Berg-en-Dal (in wyke; in Siësta en ander aftree-oorde) vra vir besondere sorg. Besoeke aan hulle, die vervoer van bejaardes na eredienste en die tweejaarlikse Welwillendheidstee reik na lidmate bó 65 uit. Daar word moeite gedoen om in besonder na die Siësta Tehuis vir Bejaardes (Wyk 8) uit te reik: op die eerste Sondag van elke kwartaal vind daar 'n erediens met Nagmaalsbediening by Siësta plaas; die tweede Donderdag van elke maand lei die leraars daar 'n biduur; die Jubilate-groep bied 'n gereelde sosiale byeenkoms met geestelike inslag daar aan; en een keer per jaar word 'n tee-geselligheid vir inwoners van die Afdeling vir Verswakte Bejaardes gereël.

Page 2: barmhartigheidsbediening

Berg-en-Dal sorg ook vir lidmate wat beproef word weens die ernstige siekte of dood van 'n geliefde. Die leraars help met sterwensbegeleiding en rousmart. Wyks- en blokleidsters is behulpsaam met die reëlings van tee en verversings by begrafnisse of 'n roudiens.

Die MIV/Vigs-epidemie in Suid-Afrika en ons eie gemeenskap, het 'n eiesoortige bedieningsgeleentheid vir Berg-en-Dal geword.

Die sorg en omgee van ons gemeente, reik ook óór die grense van ons gemeenskap hier in Dan Pienaar heen. Een keer per maand word daar by die Onkologie Kliniek (Saal 21) by Nasionale Hospitaal tee en toebroodjies aan pasiënte bedien.

Berg-en-Dal is as deel van die Ring van Bloemfontein-Noord betrokke by die Gladstoneweg Jeugsorgsentrum (voormalig Ons Kinderhuis), waar 'n tiental kinders in 'n huislike opset woon en versorg word. Kruideniers en ander ware word ook maandeliks aan die huis voorsien. Ons gemeente word deur 'n leraar en twee verteenwoordigers in die bestuur van die Jeugsorgsentrum verteenwoordig.

Aangesien die Maatskaplike Werker van die KMD gereeld vergaderings van die Barmhartigheidsbediening hier bywoon, word hierdie bediening ingelig oor behoeftes en projekte in die middestad en breër Bloemfonteinse gemeenskap. Elke jaar in Junie word 'n maandlange insamelingsaksie ten bate van die KMD in die gemeente geloods; so-ook die aand met die Kerssangdiens in November.

Ons gemeente dra deur verskeie deurkollektes by tot die noodlenigingswerk van instansies in Bloemfontein, die Vrystaat en verder. Berg-en-Dal se maandelikse sinodale bydraes verlig eweneens nood waar die Vrystaatse NG Kerk betrokke is.

'n Groot aantal lidmate het hul gawes beskikbaar gestel om in die werksaamhede van die Barmhartigheidsbedieningsgroep aangewend te word. Hierdie lidmate se name is op die Gawebank in die kerkkantoor beskikbaar.

FUNKSIONERING

Die taak van die Barmhartigheidsbedieningsgroep in Berg-en-Dal is as volg:

Die bedieningsgroep sien toe dat besluite van die kerkraad oor barmhartigheidswerk deur almal daarby betrokke uitgevoer word en dat die nodige reëlings getref is om mense in nood by te staan.

Die bedieningsgroep sien om na die oorhoofse beplanning en koördinering van die verskillende aksies en komitees wat betrokke is by die barmhartigheidswerk in en deur Berg-en-Dal.

Die bedieningsgroep dien as skakel tussen die kerkraad, die maatskaplike werker, onderskeie komitees en individue of groepe in nood.

Page 3: barmhartigheidsbediening

Die bedieningsgroep dien ook as skakel tussen die kerkraad en instansies buite Berg-en-Dal, betrokke by barmhartigheidswerk, bv. die Rings- en Sinodale Kommissies vir Diens van Barmhartigheid, ander gemeentes en noodlenigingsgroepe.

Die bedieningsgroep begroot jaarliks vir die werksaamhede van hierdie bediening, samel sover moontlik self fondse en middele in om die werk in stand te hou en bestuur daardie begroting.

Die bedieningsgroep dra sorg vir navorsing, beplanning, inligting en voorligting in belang van barmhartigheidswerk, en adviseer die kerkraad oor beleid en besluite in dié verband.

Die bestuur van die Barmhartigheidsbedieningsgroep word as volg saamgestel:

Die ouderling wat deur die kerkraad as voorsitter vir hierdie bediening aangewys en bevestig is;

die leraars; die Maatskaplike Werker van die KMD; 'n verteenwoordiger van die siekebesoekspan; 'n verteenwoordiger van die Jubilate-groep; die organiseerder van die Welwillendheidstee; ons verteenwoordigers by die Gladstoneweg Jeugsorgsentrum; 'n verteenwoordiger van die teeskinkers by Onkologie; enige ander belangstellende lidmate van Berg-en-Dal.

Om bogenoemde funksies effektief uit te oefen, vergader die bestuur van die Barmhartigheidsbediening ten minste een keer per kwartaal. Verslag van hierdie vergadering word aan die Bestuursraad gelewer. Indien nodig, kan die voorsitter van die bedieningsgroep 'n spesiale vergadering belê. Die onderskeie komitees hierbo genoem, vergader uiteraard soos nodig om hul werksaamhede te hanteer.