bloemnuusbl 20140912

12
VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS DIE boek Rebelspoor – Die aanloop, verloop en afloop van die Boereopstand van 1914 – 1915 is Woensdag in Mimosa Mall bekend gestel. BAREND VAN DER MERWE, argivaris aan die Vrystaatse Provinsiale Argief, het met die skrywer dr. Louis Bothma oor sy jongste boek gesels. Bothma skryf sedert 2006 heeltyds en Rebel- spoor is sy agtste boek en die sesde wat hy self uitreik. Die 1914-Rebellie het ’n reputa- sie onder navorsers dat dit swak gedokumenteer is. Het u ook die uitdaging ervaar en watter bronne is meestal gebruik? Die 1914-Rebellie, of Boereopstand soos ek daarna verwys, is beslis ’n omstrede en baie komplekse onderwerp wat erg deur historici afgeskeep is. Terwyl die rakke kreun onder al die boeke oor die Anglo-Boereoorlog het daar die afgelope 100 jaar slegs ’n paar boeke oor die Rebellie verskyn. Ek het ’n verskeidenheid primêre en sekondêre bronne gebruik en moes verskeie slagvelde besoek. Is dit ’n algemene boek oor die Rebellie of word op spesifieke sake gefokus? Rebelspoor is die eerste omvattende boek (530 bladsye) die afgelope 100 jaar oor die Rebellie. Dit is ook die eerste boek wat die onderwerp in sy algehele historiese konteks plaas. Die aanloop tot die opstand word van 1795 geskets en die afloop word tot by die nuwe Suid-Afrika van 1994 deurgetrek. Die teks word deur middel van 13 kaarte en ’n fotoseksie toegelig. Agterin is ’n volledige bronnelys, 1 532 bronver- wysings en ’n volledige register. Nietemin kan dit nie die laaste woord oor die onderwerp wees nie. Die geskiedenis is nooit klaar geskryf nie. Wat is die grootste nalatenskap van die Rebellie? Daar is twee lesse: ’n Volk sonder ’n ideaal sterf en ’n volk wat ander lande inval en verower, betaal in die toekoms die rekening. In 1914 het die Afrikaner ’n vryheidsideaal gehad wat in 1961 op die Republiek van Suid-Afrika uitgeloop het. In 1914 wou oud-Boe- regeneraals nie Duits-Suidwes-Afri- ka vir Brittanje inval en verower nie. Nadat die Boereopstand onder- druk is, het die Unieverdedigings- mag die Union Jack in Windhoek gaan hys. In 1917 het hulle verder gegaan en ’n volgende opstand, die keer onder die Ovambo’s, gaan onder- druk. Die Ovambo’s het nooit vergeet dat Suid-Afrikaanse soldate hul koning doodgemaak het nie. Só was die afloop van die Rebellie van 1914 nie net die aanloop tot die Republiekwording nie, maar ook die aanloop tot die latere grensoorlog (1966 – 1989). Die nageslag het ’n ontsettende rekening betaal in ’n ander land wat hul oupas nie wou binneval nie. Dit moet ’n aanskouingsles vir die huidige Suid-Afrikaanse regering wees wat sy soldate in ander lande ontplooi. Is daar reeds ’n nuwe projek op die horison? Ek het baie hard aan die boek gewerk. Vir 19 maande het ek elke dag 100 jaar in die verlede geleef. Nou wil ek net eers terugkeer na die hede en aandag gee aan die mense naaste aan my wat ek noodge- dwonge kwaai afgeskeep het. LEGALLY CONNECTED: Legal pro- fessionals at the Supreme Court of Appeal in Bloemfontein will now benefit from Wi-Fi access at the court. This will allow them greater mobility and digital access to legal information, save them time and aid their efficiency as they conduct some of the nation’s most impor- tant legal proceedings. This photo was taken in the judges’ tea room. Read more at www.bloem- nuus.co.za. Photo: LexisNexis South Africa Boek volg Rebellie-spoor Dr. Louis Bothma se boek Rebel- spoor – Die aanloop, verloop en af- loop van die Boereopstand van 1914 – 1915 is vroeër die week in Bloemfontein bekend gestel.

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 03-Apr-2016

321 views

Category:

Documents


57 download

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140912

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuusbl 20140912

VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

DIE boek Rebelspoor – Dieaanloop, verloop en afloop vandie Boereopstand van 1914 –1915 is Woensdag in MimosaMall bekend gestel. BARENDVAN DER MERWE, argivarisaan die Vrystaatse ProvinsialeArgief, het met die skrywer dr.Louis Bothma oor sy jongsteboek gesels. Bothma skryfsedert 2006 heeltyds en Rebel-spoor is sy agtste boek en diesesde wat hy self uitreik.

Die 1914-Rebellie het ’n reputa-sie onder navorsers dat dit swakgedokumenteer is. Het u ook dieuitdaging ervaar en watterbronne is meestal gebruik? Die1914-Rebellie, of Boereopstand soosek daarna verwys, is beslis ’nomstrede en baie komplekseonderwerp wat erg deur historiciafgeskeep is. Terwyl die rakke

kreun onder al die boeke oor dieAnglo-Boereoorlog het daar dieafgelope 100 jaar slegs ’n paarboeke oor die Rebellie verskyn. Ekhet ’n verskeidenheid primêre ensekondêre bronne gebruik en moesverskeie slagvelde besoek.

Is dit ’n algemene boek oor dieRebellie of word op spesifiekesake gefokus? Rebelspoor is dieeerste omvattende boek (530bladsye) die afgelope 100 jaar oordie Rebellie. Dit is ook die eersteboek wat die onderwerp in syalgehele historiese konteks plaas.Die aanloop tot die opstand wordvan 1795 geskets en die afloop wordtot by die nuwe Suid-Afrika van1994 deurgetrek. Die teks worddeur middel van 13 kaarte en ’nfotoseksie toegelig. Agterin is ’nvolledige bronnelys, 1 532 bronver-wysings en ’n volledige register.Nietemin kan dit nie die laaste

woord oor die onderwerp wees nie.Die geskiedenis is nooit klaargeskryf nie.

Wat is die grootste nalatenskapvan die Rebellie? Daar is tweelesse: ’n Volk sonder ’n ideaal sterfen ’n volk wat ander lande invalen verower, betaal in die toekomsdie rekening.In 1914 het die Afrikaner ’n

vryheidsideaal gehad wat in 1961op die Republiek van Suid-Afrikauitgeloop het. In 1914 wou oud-Boe-regeneraals nie Duits-Suidwes-Afri-ka vir Brittanje inval en verowernie.Nadat die Boereopstand onder-

druk is, het die Unieverdedigings-mag die Union Jack in Windhoekgaan hys.In 1917 het hulle verder gegaan

en ’n volgende opstand, die keeronder die Ovambo’s, gaan onder-druk. Die Ovambo’s het nooit

vergeet dat Suid-Afrikaanse soldatehul koning doodgemaak het nie.Só was die afloop van die

Rebellie van 1914 nie net dieaanloop tot die Republiekwordingnie, maar ook die aanloop tot dielatere grensoorlog (1966 – 1989).Die nageslag het ’n ontsettende

rekening betaal in ’n ander landwat hul oupas nie wou binnevalnie.Dit moet ’n aanskouingsles vir

die huidige Suid-Afrikaanseregering wees wat sy soldate inander lande ontplooi.

Is daar reeds ’n nuwe projek opdie horison? Ek het baie hard aandie boek gewerk.Vir 19 maande het ek elke dag

100 jaar in die verlede geleef. Nouwil ek net eers terugkeer na diehede en aandag gee aan die mensenaaste aan my wat ek noodge-dwonge kwaai afgeskeep het.

LEGALLY CONNECTED: Legal pro­fessionals at the Supreme Court ofAppeal in Bloemfontein will nowbenefit from Wi­Fi access at thecourt. This will allow them greatermobility and digital access to legalinformation, save them time andaid their efficiency as they conductsome of the nation’s most impor­tant legal proceedings. This photowas taken in the judges’ tea room.Read more at www.bloem­nuus.co.za. Photo: LexisNexis South Africa

Boek volg Rebellie­spoor

Dr. Louis Bothma se boek Rebel­spoor – Die aanloop, verloop en af­loop van die Boereopstand van1914 – 1915 is vroeër die week inBloemfontein bekend gestel.

Page 2: Bloemnuusbl 20140912

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014

Afrikaans onder dieloep in Steyn se boek

Jaap Steyn

KRAAL-UITGEWERS het my ’n paar jaargelede gevra om ’n boek oor die ontwikke-ling van Afrikaans sedert die einde van die19de eeu te skryf.

Dit is die soort versoek waarvan ’nskrywer omtrent net kan droom en ek hetdadelik ingewillig.

Te maklik miskien – ek moes meerskryftyd gevra het. Wat my gehelp het omdie spertyd te haal was my ondervindingas jong joernalis aan Volksblad toe dit nog’n middagblad was. By ’n middagblad moetjy vinnig werk.

Oor die jare het ek heelwat stof versa-mel wat bruikbaar was, maar ek hetbykomende inligting deur onderhoudeingewin.

Só het ’n radioman-vriend, Hendrik duBruyn, ’n ontmoeting gereël met hom en ’npaar ander radiomense soos die skrywerDolf van Niekerk, Pieter de Bruyn enMonica Breed.

In Hendrik-hulle se huis in Pretoria konek die legendes uitvra oor die tydperk watVan Niekerk “die goue era van Afrikaanseradio” noem. Dit is die tyd tussen 1950 en1975.

Behalwe oor Afrikaans as radiotaal moesek ook skryf oor Afrikaans as TV-taal, astaal van musiek en sang, oor rolprente,toneel, tydskrifte, koerante en boeke, endie digitale media van ons tyd. Uiteraardook oor Afrikaans as taal van die regbank,die staatsdiens en die wetenskap.

’n Deel van die verhaal van die taal isook die taalstryd teen verengelsing, veralná die Anglo-Boereoorlog. Dit was die tydtoe taalgetrouheid deel van Afrikaner-iden-

titeit geword het en die strewe na taalbevor-dering deel van die “geestelike DNS” vanbaie Afrikaners was.

Die moeilikste deel van so ’n boek is joueie tyd. Jy moet skryf oor prosesse wat nogaan die gang is en waarop jy nie ’n behoorli-ke perspektief het nie.

Daar is negatiewe en positiewe dinge.Negatief is die benadeling van Afrikaansdeur die ANC. Dit gebeur byvoorbeeld deurdie inkorting van televisietyd in Afrikaans.

Aan die positiewe kant is daar die werkvan verskeie ondernemings en instansies.

Vanweë die verengelsing van die tegnieseonderwys het die vakbond Solidariteit ’nAfrikaanse tegniese kollege, Sol-Tech, beginen daarna met ’n Afrikaanse telematieseuniversiteit, Akademia.

Dit was vir my taamlik gou duidelik watdie titel moes wees: Ons gaan ’n taal maak.Dit is die leuse wat een van die ouer taal-stryders bo-aan sy briewe geplaas het. ’nTaal wat vroeër net gepraat is, moes van1875 af geskik gemaak word om as kultuur-taal te dien. Die subtitel is: Afrikaans sedertdie Patriot-jare. Die Afrikaanse Patriot wasdie eerste Afrikaanse koerant wat deur dieGenootskap van Regte Afrikaners (GRA)gestig is.

Prof. Jaap Steyn se boek Ons gaan ’n taalmaak – Afrikaans sedert die Patriot­jare isonlangs uitgereik.

Charné Kotze lê op ’n kombers pers vygies naby Lambertsbaai.

Sielskos uitskone natuur

Marietjie Kotze

ONS was middel Augustus ’nweek lank Vredendal se kanttoe en het ons twee kleinkin-ders, Charné en ChristiaanKotze, saamgeneem.

Die weer het nie elke dagsaamgespeel nie, maar ons wasdarem gelukkig om tog so ’ndeeltjie van die blommeprag tesien.

Die twee kinders het dieervaring vreeslik geniet en onswas bevoorreg om die blomme-prag deur die oë van ’n kind tesien.

Christiaan (3) het gedink dieblomme lyk baie lekker en hetgesê: “Ouma, ek gaan vir onskos van die blomme maak”.

Charné (6) was soos ’n

spring-bokkietussendieblomme.Sy hetgesê:“LieweJesusmaakdaremmaar mooi blomme, Ouma.”

Dit was voorwaar sielskos omsaam met die kleinkinders sóna aan die natuur(skoon) tewees.SMarietjie wen met dié foto ’neetbewys van Rosie’ Brasserieby die Windmill Casino.

Sy is die wenner in Bloem-nuus se Leserslensfoto van dieWeek.

DIE Fichardtpark-woonbuurtvereni-ging (FWA) het sedert sy ontstaanin 2010 reeds verskeie projektebegin om die netheid van dieomgewing te verbeter en misdaadte beveg.

Parke en eilande word onderhoudeur heeltydse werkers, daar is ’nsuksesvolle herwinningsprojek insamewerking met borge soos Ratraceen op 20 September word ’n e-afval-projek in die Southern-sentrumaangebied waar lede van die publiekenige elektriese of elektroniese afvalkan bring sodat dit op die korrektemanier verwyder kan word.

Verskeie veiligheidsplanne is inplek wat ’n CCTV-projek insluit, nouesamewerking met en gereelde patrol-lies deur sekuriteitsmaatskappye,asook ’n radionetwerk wat vinniguitbrei en wat reeds ongeveer 100lede het.

Dié radionetwerk is sedert Oktober2013 in werking en voldoen aan allewetlike vereistes met die doel omkommunikasie tussen lede in noodtoe-stande te vergemaklik.

Onlangs het ’n bekommerdeFWA-lid nog ’n projek begin deur ’npatrollie-groep te begin.

Dié patrollies bestaan uit vrywilli-gers wat gereeld op ’n ad hoc-grond-slag die buurt in die dag en nagpatrolleer sodat bewustheid geskepword.

D patrolleerie FWA is ’n burgerlike,nie-politieke instansie met sowat 588lede.

Enige inwoner van die buurt kanhom of haar by die FWA aansluit. Dieinstansie wil besorgde en bereidwilli-ge inwoners nooi om betrokke te raakby die veiligheid en netheid van diebuurt.

Om jou by die vereniging aan tesluit, ’n tweerigtingradio te bekom ofby die patrollies betrokke te raakkontak die FWA-kantoor by 051-525-2497 of besoek www.fichardpark.co.za.– FWA

Brieweword graag ontvang. Die adresis [email protected].

Só sê jy

KLEURRYK GEVERF: Kosmos­toere, ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus, onderneembinnekort ’n toer naKaapstad. Dié foto is in die kleurrykeBo­Kaapgeneem.Sien adverten­sie hiernaas. Foto: Jens Friis

Page 3: Bloemnuusbl 20140912

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 3

Marcel van der Walt is die wenner van ’n nag se verblyf in die Hobbit Boutique Hotelin Bloemfonteinwat aandete en ontbyt insluit. Dié pryswas op die spel opBloemnuusse Facebook­blad. Sluit jou aan en jy kan ook die kans staan om sulke lekker prysete wen.

Wen nag in Hobbit

‘Ystervrou’om elf gegroet’n ROUDIENS word vandagom 11:00 in die NG kerkBerg-en-Dal vir Jopie Bok(93) gehou wat Sondag indie Bayswater Village-ver-sorgingseenheid oorlede is.

Jopie, getroud met wyleprof. Louis Bok, het van1964 tot 1984 die direkteurs-pos van die Bloemskoubeklee.

Sy is in 1962 aangestel enwas aanvanklik met dieskou-inskrywings gemoeid.

In 1964 is sy as waarne-mende bestuurder aangestelen in 1965 as sekretaris. In1966 is haar status tot diévan direkteur verhoog endie organisering van diejaarlikse skou was haarverantwoordelikheid.

“Haar suksesse in haardienstydperk spreek vanself– sy het behoorlik haarvrou gestaan,” sê ElmariePrinsloo, uitvoerende hoofvan die Bloemskou.

“Sy word onthou as ’nystervrou wat in haar tyd’n ongelooflike bydrae totdie vooruitgang en suksesvan die jaarlikse skougelewer het.

“Jopie was bekend om dieferm manier waarop sy dieskou in ’n manswêreldbestuur het.”

Op 23 Augustus het sy 93jaar oud geword. Sy hetdrie dae ná haar verjaardaghaar heup gebreek.

Jopie is ná haar heupver-vanging weer terug na

Bayswater Village waar sydie afgelope paar jaargewoon het. Sy het hiergesterf.

“Namens die Bloemskouons innige simpatie aanhaar kinders, klein- enagterkleinkinders. Sy salonthou word vir haarwaardevolle bydraes.”

Sy word deur drie seuns,Arnold Bok van Auckland,Nieu-Seeland, Herman Bokvan Durbanville, Kaapstad,en Bernard Bok vanBrisbane, Australië, asookvyf kleinkinders en tweeagterkleinkinders, oorleef.

SNog ’n foto van Jopieverskyn op www.bloem-nuus.co.za.

Jopie Bok was van 1964tot 1984 die direkteur vandie Bloemfontein­skou.

KrugerpraatmetRoodtMARIËTTAKRUGER, aanbie-der van dieTV-reeks Kokkedooren RSG-omroeper,gaan in Bloemfon-tein met ZarineRoodt “prontuitpraat” oor haarmemoir, Enkelreis.

Die gesprek salook gaan oor dielewenspad sekinkels, ouer worden meer.Enkelreis gaan

oor die emosioneleheling wat Roodt in’n skryfterapiekur-sus en die stap vanlaberinte gevindhet.

Die geleentheidvind op Saterdag27 September om12:30 in dieAdeo-gastehuis,Inneslaan 13A,plaas.

’n Middageteword ingesluit.Bespreek plek [email protected] 083-251-5847.

Page 4: Bloemnuusbl 20140912

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014

Dagboek

VANAAND: Beukes en Delaney met Irish­Boereblues in InnieSkuur om 19:30. Bespreek kaartjies teen R120by [email protected].

VRYDAG 12 SEPTEMBERS SAAMWERK in Hertzogvillese 100-jaar-reünie. Salomé,082-404-1686.S Die Meisieskool Oranje biedaan Elvis Blue om 19:30 in dieskoolsaal. Kaartjies kos R100 virvolwassenes, R80 vir studente enleerlinge en R60 vir kleuters.Kaartjies is by Chantelle Botes,051-448-0039, asook Träumerei(Pretty Gardens), beskikbaar.S Dr CF Visserskool hou ’nmelodrama. Bel Linda by 051-433-1213 om ’n kaartjie te koop.S Alle oudlidmate en leraarsword genooi om die NG kerkOnze Rust se 50ste bestaansjaarte kom vier. Du Preez Stoltz treevanaand in die kerk op. Kaartjiesteen R30 per persoon is by NicPrinsloo (082-926-4729) of FrikkieJamneck (083-262-0779) te kry.Môre is dit kermistyd en Sondagword Nagmaal gehou. Navrae:051-522-3367.S Eksperimentele, ongemanipu-leerde fotografie deur KeziaGerber by Moerby-galery.S A struggle without documen-tation is no struggle deur PeterMagubane tot vandag in dieStegmann-galery op die UV-kam-pus.S Die sprokie Die gestewelde katroep onvergeetlike kinderboekfo-to’s op van ’n verwaande kat optwee pote in reuse-stewels. Diébeelde word lewend wanneerUV-drama die toneelstuk virkinders in Afrikaans en Engelsopvoer. Thys Heydenrych het dieteks verwerk en is die regisseur.Die Afrikaanse opvoerings isvandag om 18:00 en môre om12:00. Die Engelse opvoerings van

Puss in Boots is vandag om 11:00en môre om 10:00. Al die verto-nings is in die Scaena-Replokaalop die UV-kampus. Bespreek byComputicket. Bel Heydenrych by072-235-3191 vir groepbesprekingsvan tien of meer mense.

SATERDAG 13 SEPTEMBERS Die NG kerk Brandfort hou ’ngholfdag. Groot vleispryse is tewen. Dit kos R180 per persoon.Emil Gordon, 074-458-9677.S NG kerk Fichardtkruin houom 08:00 basaar. Rosie, 082-413-6173.S ’n Hoogtepunt op die Vrystaat-se liggaamsboukalender is dieTitan Nutrition Free StateProvincials wat deel van dieNABBA/WFF (Suid-Afrika) is. Ditvind om 16:00 by die Windmill-ca-sino plaas. Bloemnuus is ’nmediaborg van dié geleentheid.Vir meer inligting bel KobiePieterse by 084-208-3627.S Zelda le Grange teken eksem-plare van haar boek Goeiemôre,mnr. Mandela by ExclusiveBooks, Mimosa Mall, tussen 12:00en 13:00.SAmpie du Preez tree Saterdagná die wedstryd tussen dieCheetahs en die Haaie op dieCastle Deck by die Vrystaat-sta-dion op. Die wedstryd begin om15:00 en die hekke open om 10:00.

MAANDAG 15 SEPTEMBERS Skryf jou in vir Koekedoor, ’nhandelsmerk-uitbreiding vankykNET se gewilde kookkompeti-sie Kokkedoor. In Koekedoor salop gebak gefokus word en diedeelnemers sal op hul eie deel-neem – nie in spanverband nie.

Koekedoor is uit die sukses vanKokkedoor gebore. Die uitsendingvan die eerste episode is vir April2015 geskeduleer. Om in te skryfbesoek http://kyknet.dstv.com.S Ocean Basket is vandag 19jaar oud. Om dit te vier bied hyop dié dag vis-en-skyfies teenslegs R19 aan.

DINSDAG 16 SEPTEMBERSWorld Ozone Day.S Bloemfontein-veerpyltjieklubse weeklikse kluboefening om19:00 by The Old Shute, Long-straat 1, Hilton. Almal is welkom.Carien Els, 072-99-231-99.

S Pensioners’ day every Tuesdayat Makro. Eileen Ndewere,051-101-1000.

WOENSDAG 17 SEPTEMBERS Fertile Ash: Pigment-drukwerkdeur Tanisha Bhana by Galleryon Leviseur.SKindersorg Bloemfontein enChildline Vrystaat se jaarverga-dering in die President Hotel,Bloemfontein, om 18:00. Navrae:051-430-3311.

DONDERDAG 18 SEPTEMBERS DJ Ossewa tree in Edenburgop. Rita, 083-704-0099.

S Vrystaatse ondernemings watuitvoergeleenthede ondersoek,kan ’n werksessie van diedepartement van handel ennywerheid in Bloemfonteinbywoon. Die werksessie word invennootskap met die VrystaatseOntwikkelingskorporasie (VSOK)en die Mangaung Kamer vanHandel en Nywerheid (MCCI)gehou en sal meer van bystands-programme deur die regeringvertel.Belangstellendes kan SbongileMolepo by die VSOK by 051-400-0847 bel of ’n e-pos aan [email protected] stuur.

Page 5: Bloemnuusbl 20140912

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 5

Die egpaar Deon en Christelle Steenkamp en hul dogter,Marthella, is dood in die opspraakwekkendeGriekwastad­moorde. Marthella was ’n leerling aan die MeisieskoolOranje in Bloemfontein. Die Steenkamps se seun, Don, ’noudleerling van Grey­kollege in Bloemfontein, is onlangsskuldig bevind aan dié moorde. Foto: Emile Hendricks

Treurspel dalk inrolprent uitgebeeldDIE treurspel van dieSteenkamp-gesin vanGriekwastad waarin driegesinslede vermoor is endie seun, Don, in diehofsaak skuldig bevind is,gaan moontlik in ’nrolprent uitgebeeld word.The Karoo Film Company

– ’n produksiemaatskappyvan Deon Meyer, Suid-Afri-

ka se beste misdaadskry-wer, en die vervaardigerDiony Kempen – hetgeteken vir die rolprentreg-te van die joernalis JacquesSteenkamp se boek, TheGriekwastad Murders/DieGriekwastad-moorde.Die maatskappy, wat in

2012 gestig is, het ’n jaarlank die eerste keuse om ’n

rolprent van die boek tekan maak.Die maatskappy is bekend

om rolprente soos Die laastetango, Die ballade vanRobbie de Wee en Alles watmal is.Steenkamp sal waarskyn-

lik ook die draaiboek skryf.Hy sê in ’n nuusverkla-

ring die verhaal het ’nuniversele tema en al dieelemente van ’n Grieksetragedie. Boonop is dit opware gebeure gegrond.“Die uitdaging is om die

verhaal vir die silwerdoekaan te pas en te versekerdie gehoor vind dit vars enaangrypend.”Steenkamp het in die

vroeë jare 2000 rolprentkunsin Brittanje gestudeer enwerk deesdae as ’n vryskut-vervaardiger en -joernalisvir die SAUK. Hy het vandie eerste dag af oor dieGriekwastad-moorde berig.Meyer is baie opgewonde

oor die nuwe projek en sê“die boek oor ’n hofsaakwat die hele volk vasge-nael gehou het, is briljanten ons doel is om met dierolprent reg daaraan te laatgeskied.”

Courtney Brummer en Ursula Nzimande(HTS Louis Botha). Foto: Allicinda Marais

Chanté Olivier en Kim Conley (HTS LouisBotha).

Michelle van Niekerk en Shaun Benade(Saint Andrews).

Klasvan2014DIE eerste foto’s vir Bloemnuus seMatriekafskeidfoto van die Jaar-kompe-tisie is ontvang. Stuur gerus foto’s vanjou onlangse matriekafskeid [email protected]. Kleurfoto’s vanminstens 1 MB word verkies. Onthouom te noem wie op die foto (name envanne) is, van watter skool jy is en wiedie foto geneem het. Binnekort gaan ’nmagdom foto’s ontvang word, omdatdie meeste matriekafskeide nog gaanplaasvind. So stuur nóú.

Page 6: Bloemnuusbl 20140912

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014

Guests shouldalso budgetfor weddings

Margaux Stevens

ATTENDING a weddingand all the celebrations thatgo along with it is nolonger just expensive forthe bride and groom, butcan also make a sizabledent in the guests’ pockets.The costs of buying gifts

for the wedding, bachelor’sor hen’s parties and travelall add up.“With spring and summer

knocking on the door thenumber of invitations youwill receive for weddingsare likely to increase.“Many people find it

difficult to balance whatthey can afford while notskimping on wedding-rela-ted gifts. It is important toconsider your budgetcarefully to make sure thatyou do not put yourself at afinancial disadvantage,because of someone else’sbig day,” says EuniceSibiya, head of FNBConsumer Education.There are ways around

attending the wedding andcontributing to giftswithout breaking the bank.Sibiya suggests the follo-wing tips:

Set out a budget

Once you have receivedthe invitation, decide whatyou are willing to spend onthe wedding and what youcan, realistically, afford.

“Factor in possibleaccommodation andtravelling costs and basedon your budget, startsaving up in an easilyaccessible account duringthe months leading up tothe wedding.“The idea with such an

account is not necessarilyto earn interest, but ratherto have funds readilyavailable when you spot theideal gift or when you haveto pay for accommodation.“This will help you to

avoid spending a largeamount at once or worse,incurring debt,” advisesSibiya.Once regular saving has

become part of yourmonthly budget, continue tosave a small amount everymonth for life events suchas weddings, baby showersand birthdays.

Gifts for all occasions

“There is no shame innot contributing to all ofthe gifts. Kitchenware,special lingerie or aweekend away with theboys does not come cheap.”Even if they are good

friends, do not allowyourself to incur debt thatyou will pay off long afterthe wedding day has comeand gone.Rather be creative with

your gifts: print somephotos out and make an

album, or write out yourfavourite recipes.Otherwise, consider

purchasing gifts together asa group, a small amountfrom each person can go along way.If it is a destination

wedding, be honest with thebridesmaids and explain tothem that you cannot buygifts for all the celebrationsleading up to the wedding.It is more important to be

there in the moment whenthe couple says “yes” thanto buy a lot of gifts.

Be choosy: It is yourright

Pick your weddings; youare under no obligation toattend every wedding thatyou get invited to.If the invite is from a

distant family member oracquaintance that you areunlikely to see much in thefuture, weigh up whethergoing to the wedding isworth the cost. The lastthing you need is to createmore debt to your currentcommitments.“One thing you need to

remember is if you find thewedding to be a financialstrain, it is up to you tomake the best decision foryour pocket.“If you are really unable

to afford it, it might be bestto consider declining fromthe start.”

Pite en Jessica van Biljon. Foto:PalmPhotography

GetroudSTUUR gerus ’n foto van jou troue vir gratis plasing virBloemnuus na [email protected]. Die foto (verkieslikin kleur) moet minstens 1 MB groot wees. Meld assebliefwatter fotograaf vir wie waar afgeneem het. Nog heelwatmeer troufoto’s is op www.bloemnuus.co.za te sien.

Inlas: Bronwyn en Wiaan Hanekom. Foto: Mandie Niemann PhotographyGerrit en Salomie Viljoen. Foto: PixlPixi

Page 7: Bloemnuusbl 20140912

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 7

Madelein Venter

INSKRYWINGS vir vanjaar seRoosknoppie-kompetisie is nouamptelik oop en die inskryfvorm ishieronder geplaas.Inskryfvorms is ook op

www.bloemnuus.co.za beskikbaar.Die gewilde kompetisie staan

voorts as die Bloemnuus-Roosknop-pie bekend en foto’s van deelne-mers sal in Bloemnuus en sysusterspublikasies Noordkaap,Maluti, Kroonnuus, Vista enKalahari-Bulletin verskyn afhan-gend van waar die meisietjie woon.Die wenner van die kompetisie

vir fraai, jong meisietjies van drieen vier jaar oud word op 25Oktober op die Rosefeesin die Loch Logan-water-front in Bloemfonteinaangebied.Die 30 semi-finaliste

moet ook op Vrydag24 Oktober beskikbaarwees om aan ’nuitdunronde deel teneem, waarna die tientopfinaliste aangewyssal word. Die semi-fi-naliste word deurleserstemme enorganiseerders bepaal.Die organiseerders se

besluit is finaal en geen korrespon-densie sal hieroor gevoer word nie.Die inskryfgeld van R30 word

aan Volksblad en sy sentraleplaaslike koerante se Ons geeom-fonds (voorheen die Volksblad-Kersfonds) geskenk.Ouers word versoek om hulle

van die reëls op die inskryfvorm tevergewis en daarby te hou. Diesluitingsdatum is op Maandag 29September om 12:00 en geen laatinskrywings sal aanvaar word nie.Jy kan jou inskrywing pos of by

Volksblad se kantoor inhandig.S Rig alle navrae aan MadeleinVenter deur ’n e-pos te stuur [email protected] of

skakel 051-404-7816.

Hier is verlede jaar se tien topfinaliste in die Roosknoppie­kompetisie. Hulle is van links,voor: Tineke Jansen van Rensburg, dogter vanNadine en Jaques Jansen van Rensburg,Yone van Heerden, dogter van Yolande en Jaco van Heerden (albei van Bloemfontein),Marizelle Wagenaar, dogter van Marijke en Manie Wagenaar van Parys, Megan Fourie,dogter van Jeanne en Tobie Fourie, en Halle Hardnick, dogter van Moonyeen en Lesan­dro Hardnick (albei van Bloemfontein); middel: Louandi Erasmus, dogter van Yolandéen Jacques Erasmus, Mia van der Berg, dogter van Diane en Nico van der Berg, DaleenvanHeerden,Mej. Bloemfontein­Roos, EllanéKok, dogter van Elsie enAndré Kok (almalvan Bloemfontein), Lizé Buys, dogter van Salmi en Johan Buys van Kimberley, en Lianéde Wet, dogter van Nadia en Gallie de Wet van Bloemfontein; agter: Steva Kloppervan Kloppers enMeryl Henning van die Loch Logan­waterfront, borge van die kompeti­sie. Foto: Charl Devenish

Skryf haar van vandag af in

Page 8: Bloemnuusbl 20140912

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014

FOTO’S vir die kompetisie waarinR1 000 se geskenkbewyse vanMakro op die spel is, stroom in [email protected].

Daarom verskyn die beste troe-teldierfoto’s groepsgewys inBloemnuus met die oog daaropom die finaliste te bepaal.

Stem vir jou gunstelingfoto opBloemnuus se Facebook-blad.Byna 6 800 mense is lid van diéFB-blad.

Alte dier­baar

Caleb Riddle (2) se hondjie Thyson. Elisma Strampe se Baron Zigi von Strampe. Michelle Pienaar se Kitana skuil hier. Susan Swart se Rollo lê graag hier.

Marietjie van Dyk se Lizzy dra ’n hoed. Susan Mahoney se Marmoset­apie drink ietsie. Nita Henry se stoute meerkat Mia.

Lee­Ann Ferns se Nuru verjaar. Hantie Vorster se Alec sit op Toffie. Mikayla Haindl en Brandy is groot maats. Gideon Slabbert: “Toodels se eerste badwas traumaties.”

Janet Coertzen se Booboo kruip weg. Marinda du Plessis se Rufus en Sabine slaap rug aan rug. Mizanne Segal se Zia en Kai is groot vriende.

Page 9: Bloemnuusbl 20140912

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 9

Page 10: Bloemnuusbl 20140912

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014

Kweek só geluk

Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk.

DIE meeste van mense werkhard en het te veel stres.Shawn Achor, ’n aanhangervan sogenaamde “geluksiel-kunde”, skryf in TheHappiness Advantage daar isverskeie dinge wat jougelukkiger kan maak – mitsjy ’n gewoonte daarvanmaak. Hier is ses:1. Meditasie: Achor beveelvyf minute se meditasie perdag aan.2. Iets om na uit te sien:Navorsing toon om net naiets uit te sien laat mense seendorfienvlakke styg. As jydus nie op die oomblik tyd ofgeld het vir uitgaan of ’n

vakansie nie, beplan dit.Teken die datum in joukalender aan; herinnerjouself daaraan wanneer jyongelukkig voel.3. Gee: Heelwat studies wysas jy dinge vir ander doen,verbeter jou eie stresvlakkeen gevoel van welstand.4. Vars lug: Net 20 minutein die buitelug (as die weergoed is) kan jou luim enselfs jou geheue verbeter.5. Oefening: Volgens eenstudie is oefening op korttermyn net so doeltreffendsoos antidepressante, maarop lang termyn is dit selfsdoeltreffender – minder

mense wat oefening doen, valterug in ’n depressie as diéwat net op medisynestaatmaak – 9% van dié watnet oefening doen teenoor38% van dié wat nét medi-syne neem. (Bloemnuusbeveel beslis nie aan datmense wat antidepressantegebruik, summier hulmedisyne staak nie.)6. Besteding aan aktiwitei-te, nie goed nie: Mense watgeld aan musiekkonserte,etes saam met vriende ofander aktiwiteite bestee, putbaie meer genot daaruit asmense wat goed soos skoene,TV’s of juweliersware koop.

PERSOONLIKEDIENSTE

FUNKSIES &KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

Consolidation loan online:Up to R230 000. Bad creditwelcome.E-mail: [email protected]

TE KOOP

JUWELIERSWARE &BYKOMSTIGHEDE

1645

ALLERLEI

1655

EK KOOP GOEIEgebruikte klere, skoene,linne en kombuisware

kontant. Ek besoek u tuis.Skakel: 072 185 8217

Limousine Afslaershou elke Saterdag om08:30 'n veiling by ons per-seel agter Wiesbaden opBainsvlei. Ons verkoopvee, voertuie, implemente,meubels en losgoed.Inskrywings:051 451 1211.

Naledi Tents Hire: Tents forhire for all occasions. Chairsand tables available from R450only. Contact 078 294 8662.

HUISVERBETERINGSBINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLEER vanalle plafonne en 'drywalls'. Ook dieherstel van plafonne. Gratiskwotasie. Skakel 079 581 6654.

ROMMEL-VERWYDERING

1860

ASGAT: Vullis, bourommel,bome. Oplaai en verwyder.Skakel 082 782 7433.

BOME

1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME,hoërisikobome. 082 693 0234.

VOERTUIE GESOEKOM TE KOOP

3075

VEHICLES WANTED!Can't trade yourvehicle?We can Help!Approved clients.Vehicles also available.Website:www.vehiclesoluti-ons.co.zaCALL 079 214 9284.

WOONSTELLETE HUUR

3250

Middestad: 1-slk.Onmiddellik beskikbaar.R1 675 p.m.%082 464 2575.

MIDDESTAD: Enkel-woonstel. Onmiddellikbeskikbaar. R1 505 p.m.

% 082 464 2575.

1 room: From R1 650 p.m.Bachelor flats: From R2 350p.m. Available immediately.Deloy Flats, Elizabeth Street,Bloemfontein. Contact:Rental AdministratorPROCOR SAKoki MatsabuTEL. 057 352 2990FAX: 086 558 7248FAX: 057 352 3775E-mail: [email protected]

HUISE TE HUUR

3270

PARKWES: Netjiese 2 slk,1 studeerkamer, swembad,plus veilige onderdakparke-ring, R5 000 p.m. Skakel virIlse by 082 377 8195.

WESTDENE: 4-slk-huis,2 badk, veilige onderdak-parkering te huur, R6 000 p.m.Skakel vir Ilse by082 377 8195.

MEENTHUISETE KOOP

3330

WESTDENE: Ruim 3-slk,2 badk, 2 motorhuise (1 toes-luit), lekker tuin, agterplaasmet aparte opwas. R920 000.Theo 082 457 2409.

ALGEMEEN

3680

LANGAFSTAND vragmotor-bestuurders benodig. Kode ECmet PDP 'n vereiste.Stuur CV na:[email protected]

PROFESSIONEEL/BESTUUR

3735

JR. VerkoopsbestuurderOns maatskappy is op soekna 'n jong Afrikaansspre-kende persoon met goeiekommunikasievaardig-hede.Min. vereiste: Matriek enof 3 maande verkoopson-dervinding.R4 000 - R9 000 p.m.Skakel Francois by021 839 2650.

VERKOPE &BEMARKING

3760

5 BEMARKERSOns benodig 5 Afrikaansebemarkers.As jy 'n mense-omgewinggeniet en bereid is omhard te werk vir wat jy wilhê, doen NOU aansoek!Vereistes:- Matriek- AFRIKAANS 1ste Taal- Moet kan reis. Dadelikbeskikbaar.Ons bied:- Vaste salaris (R4 000 -R10 000 p.m.)- Maatskappyvoordele- Winsdeling- Gratis vervoer plus petrol(vir werksdoeleindes)- VOLLEDIGE OPLEIDING(met sertifikaat)Slegs voltydse aan-soekers kan Maxine by021 839 2651 skakel.

ALGEMENEKENNISGEWINGS

4010

KENNISGEWING:Kennisgewing in verband met'n lisensie-aansoek in termevan die Wet opPetroleum-produkte, 1977(Wet nr. 120 van 1977).Hierdie kennisgewing het tendoel om belangstellende ofgeaffekteerde partye in te ligdat Kgosizama Investments(Pty) Ltd,hierna genoem 'die applikant','n aansoek vir 'nkleinhandellisensie,aansoeknommerC/2014/08/28/0002,Erf 26630, h/v Maselspoort-en McGregorweg, Ooseinde,Bloemfontein, ingedien het.Die doel van die aansoek isdat die applikant 'n lisensietoegestaan word ompetroleum-handelsaktiwiteitete onderneem soos uiteengesitin die aansoek. Reëlings omdie aansoekdokumentasie tebesigtig kan gemaak worddeur die Kontroleur vanPetroleumprodukte tekontak by:* Telefoon 057 391 1300* Faks 057 352 2673* E-pos: [email protected] besware teen dieuitreiking van die lisensie, watduidelik die verwysingsnom-mers soos hierbo aangeduimoet meld, moet binne 'nperiodevan twintig (20)werksdae, vanaf die datumvan publikasie van hierdiekennisgewing, by dieKontroleur van Petroleumpro-dukte ingedien word. Sulkebesware moet by die volgendefisieke adres ingedien word:Fisieke adres:Die Kontroleur vanPetroleumprodukte,Departement van Energie,The Strip-gebouStateway 314Welkom9460Posadres:Die Kontroleur vanPetro-leumprodukteDepartement van EnergiePrivaat sak X2658Welkom9460.

BOEDELKENNIS-GEWINGS

BOEDELS:KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 GP EDWARDS

In die boedel van wyle GertPhillip Edwards en nagelategade Helena ChristinaEdwards, boedelnommer24261/2014, MeesterskantoorBloemfontein, geboortedatum28 September 1935, identi-teitsnommer 350928 5009 087, laaste adres Sentrum virBejaardes, Besterstraat 3,Aandrus, Haldonweg 16,Bloemfontein.Datum van dood: 9 Augustus2014.Krediteure en debiteure in diebogemelde boedel word hier-mee versoek om hulle vorde-rings in te lewer en hulleskulde te betaal ten kantorevan die ondergetekende binne'n tydperk van 30 (dertig) daegereken vanaf 12 September2014, datum van publikasiehiervan.

EE POHLSymington & De Kok

Posbus 12012Brandhof 9324(MHE0053).

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 11: Bloemnuusbl 20140912

BLOEMNUUS, VRYDAG 12 SEPTEMBER 2014 11

Attorneys to draftwills for free next weekAS has become tradition over thepast few years, members of thepublic will be able to have a basicwill drafted by an attorney free ofcharge during National Wills Weekfrom 15 to 19 September.

“By ensuring that you have avalid will, you as the testator, canprotect the interests of your lovedones and ensure that there is nodelay in settling your estate afteryour death. It also ensures thatyour executor will act according toyour wishes as set out in your will.A valid will allows you to state whoshould inherit your assets andproperty, to appoint an executor ofyour choice for your estate and aguardian for your minor children,”says Ettienne Barnard and MaxBoqwana, Law Society of SouthAfrica (LSSA) co-chairpersons.

Persons who have recently beendivorced or widowed, or those whohave been cohabitating with theirpartners for some time, should alsoconsider having a will drafted. Ifyou have been cohabitating withyour partner, it is advisable to havea will to ensure that there are nocompeting claims on your estate.Similarly, unmarried persons –particularly those who may have anumber of people who depend onthem financially – should ensurethey have a will in place, as severalpeople could make a claim on theirestates.

Why should an attorney draftyour will?

A practising attorney has thenecessary knowledge and expertiseto ensure that your will is valid bycomplying with all the legalrequirements in the Wills Act andalso that it complies with yourwishes. An attorney can also adviseyou on any problem which mayarise with your will and assist your

executor. Often a will is not validbecause the person who drafts itdoes not have the necessary legalknowledge to ensure that all thelegal requirements of the Wills Actare met. These include that the willmust be in writing, it must besigned by the testator in thepresence of at least two competentwitnesses, and also signed by thewitnesses.

What could happen to your estateif you die without a valid will?

If you die without leaving a validwill, your assets will be distributedaccording to the provisions of theIntestate Succession Act. Theseprovisions are generally fair andensure that your possessions aretransferred to your spouse andchildren, and where applicable, tosiblings, parents, and if required,then to the extended family interms of degrees of relationships.

The following problems may ariseif you die without a will:S Your assets may not be left to the

person of your choice.S It can take a longer time to havean executor appointed. The executorwho is appointed may be somebodyyou may not have chosen yourself.S There could be extra andunnecessary costs.S There could be unhappiness andconflict among members of yourfamily because there are no clearinstructions on how to distributeyour assets.

Where to find an attorney todraft your will?

The contact details of attorneysparticipating in the National WillsWeek project can be accessed on theLSSA website at www.LSSA.org.za.

Alternatively, call the relevantprovincial law society: For attor-neys in:S Free State call the Law Society ofthe Free State on 051-447-3237;SNorthern Cape call the Cape LawSociety on 021-443-6700;S Call the Law Society of SouthAfrica on 012-366-8800.

DIE volgende mense in Bloemnuusse lesersgebied is oorlede:SWessels Jacobus Greyven-stein (1936);S Jacobus Adriaan (Attie)Vorster (1932);SGabrielle (Gabby) Berry(1995);S Nelmarie Coetzee (1959);SHarry Wilson (1941);S Trudie Cremer (1967);S Daniel Johannes JohaghemNel (1972);SAnna van Zyl (1933);SAbram Meyer Cloete (1948);S Eméltin Nigel Blair (1980);S Nadine (Choppie) Staats(1991);SGezina Elizabeth Claassens(1934);S Thom (Bertie) Mouton (1930);S Jan Hendrik (Hoppie) Kruger(1927);

SMary (Meisie) Meyer (1942);S Elizabeth Laufs (1935);S Ian Bryce Pansegrouw (1946);S Johan Johannes LodewukusGoodchild (1937);SHendrik Pieter ChristoffelTerblanche (1943);S Petrus Cornelius (Peet)Badenhorst (1936);S Johanna Nicolasina Kotze(1927);S Sarah Magdalena Matthysen(1938);S Elsie Nel (1957);S Elizabeth (Elise) Breytenbach(1928);SMarieks van der Merwe(1923);S Peter John Martin (1961);S Susan Coetzee (1958);S Tienie Bekker (1931);SKenneth Wainwright (1953); enS Natalie Lindenberg (1928).

S Dr. Ricardo Peach is van 1Oktober die Vryfees se nuweorganiseerder nadat Adri vanVeijeren (née Herbert) ná agt jaarin dié pos uitgetree het.

Ricardo is ’n kulturele konsul-tant en bestuurder in die Austra-liese raad vir die kunste.

Hy is ’n Suid-Afrikaner watsedert 11-jarige ouderdom inAustralië woon nadat sy ouersdaarheen geëmigreer het.

As ’n boorling van Ficksburgpraat hy steeds vlot Afrikaans.

Hy verlaat Sydney om opWoensdag 1 Oktober die pos asfeesdirekteur van die Vryfees inBloemfontein te aanvaar.

S Thinus Krügel is as kapteinvan die Suid-Afrikaanse mensered-dingspan gekies wat aan dieinternasionale jeugkampioenskaps-byeenkoms vir menseredders inMontepellier, Frankryk, deelneem.Hy is ’n matriekleerling aan dieHoërskool Sentraal. Thinus worddeur Tronel van der Walt afgerig.

S Dawie van Zyl sterk tuis aanná ’n nood-maagoperasie in dieRosepark-hospitaal. Hy is dieeienaar van Dave’s Deli in dieVolksblad-gebou langs Nelson

Mandelarylaan. Sy vrou, Laetitia,en sy ma, Irene, neem in sy plekwaar sodat die onderneming kanbly sake doen terwyl hy tuisaansterk.

S Susan Pietersen het Maandaghaar 80ste verjaardag gevier.

S Stuur bydraes vir Wel & Weena [email protected].

Wel & wee

Phatshoane Henney het ’n hightea vir sowat 50 sekretaresses enadministratiewe personeelledegehou. Die vroue het hulle in diepragtigste hoede en ander hoof­tooisels uitgedos en ’n wye ver­skeidenheid pikante eetgoed ge­nuttig. Van links skep Chene Mei­ring, Rina Bastone, Ria En­gelbrecht en Charlene van Ryne­veld van die eetgoed in.

Foto: Magdel LouwDie UV­damesklub het ElrethaBritz en Elsa Potgieter as sprekersgenooi ommeer te kom vertel oorhul ervaringopdieCaminodeSan­tiago­staptog. Van links is Britz,Potgieter, Magdaleen Schoch enMarietta de Kock.

Foto: Magdalena SteynCarmin Vermaak, ’n leerling aandie Hoërskool Sentraal en ’n presi­dentsverkenner van die Werk­en­wen­kommando, het ’n silwerpen­ning vir uitstekende leierskap aseen van die gebiedsjeugleiers vandie Vrystaatse Voortrekkers ont­vang.

Page 12: Bloemnuusbl 20140912

’n Hoogtepunt op die Vrystaatse liggaamsboukalender is die TitanNutrition­ provin­siale byeenkoms wat deel van die Nabba/WFF (Suid­Afrika) is. Dit word môre om16:00 in die Windmill­casino­en­vermaaklikheidsentrum aangebied. Bloemnuus is’nmediaborg. Bel Kobie Pieterse, organiseerder vandie geleentheid, by 084­208­3627vir meer besonderhede. Hier is Nanette Becker, een van die deelnemers. Nog foto’svan haar is te sien op www.bloemnuus.co.za. Foto: TM Photography

RAAP MEDALJES OP: Die jaarlikse Superligakarate­Cheetah­uitdaagreeks het on­langs plaasgevind. Die Bloemfontein Martial Arts Academy het 14 karatekas in 28afdelings ingeskryf en 17 medaljes gewen. Almal op dié foto het medaljes gewen.Van links is, voor: Danrè Swanepoel, Paul Maartens en Jandré van der Berg; middel:Jan­Hendrik van der Berg en Eléané Fouché; agter: Tian Bester, Jean Marais, JustinMarx, Sonique Barnard, Amy Fitzmaurice en sensei Liam Nel.

Liggaamsbouersmôre by casino

Gholfspelerwys sy fynhumorsinDOUG MCGUIGAN staan as die gholfspelermet die fynste humorsin in die Sonskyn-reeks bekend. Hy het egter sy bestekwinkslag nog op die prysuitdelingsdineeby ’n Pro-Am op die Arabella-gholflandgoedgegee.

McGuigan het aan tafel gesit toe diekelnerin nader kom en vra: “Still water,Sir?

“Yes,”het hy geantwoord. “I haven’tchanged my mind.”

S Dié vertelling kom uit Die uitsonderlikeboek van Suid-Afrikaanse gholf (Penguin)deur Michael Vlismas.

Michael het uit jare se ervaring as sport-en gholfjoernalis geput om ’n fassinerendeversameling trivia, aanhalings, ongeloofli-ke tellings, staaltjies en verhale van agterdie skerms van Suid-Afrikaanse gholf saamte stel.

Loting: Spelerskry hupstoot

Sanet Strydom

DIE Vereniging vir Blindes het onlangs ’ngeldinsamelingsprojek gehou vir die blinderolbalspelers wat deel is van die Suid-Afri-kaanse span wat Februarie aan die wêreld-kampioenskapsbyeenkoms in Nieu-Seelandgaan deelneem.

Die wisselkoers is swak en elke bietjiehelp om die Suid-Afrikaanse span daar tekry.

Die span is die verdedigende kampioennadat hy verlede jaar die wêreldkampioen-skapsbyeenkoms in Worthing, Engeland,gewen het.

Die Vrystaatse blinde rolbalspeler MichielKruger en sy afrigter, Willie Schoeman, isdie Vrystaters wat deel van die span is.

’n Springbok is uitgeloot en Roelf Linde-que was die wenner hiervan. Die voorsteverkopers van kaartjies was TjardinaBreytenbach, Willie Schoeman en SanmarieMaritz. Ilka de Beer was die jongstevrywilliger wat hande vol kaartjies verkoophet. Ewie Cronjé, ’n bekende in Bloemfon-teinse sportkringe, was die spreker op diegeleentheid.SWeens ’n gebrek aan plek op dié koerant-bladsy word die foto’s van die geleentheidop Bloemnuus se webblad geplaas. Maak ’ndraai by www.bloemnuus.co.za.

Op die foto’s is onder andere MarianneKruger (tesourier van die Vereniging virBlindes), Willie Schoeman (rolbalafrigter)en blinde oudrolbalspelers soos Daleen enAt Voster.