bloemnuusbl 20150327

8
Tel. 051-404-7600 | Vrydag 27 Maart 2015 | www.bloemnuus.co.za GRATIS Floreer Tiener verskyn in gesogte advertensie 2 Vol talent Jayme-Sue vir twee nasionale spanne gekies 8 Verras Bruidegom lag laaste met slim streek 2 Bekende stem groet Ruan Bruwer DIE bekende radiostem van Christie Hansen gaan Saterdag teen 13:00, ná 17 jaar en ses maande op die lug, vir oulaas gehoor word. Hy verlaat die uitsaaiwese vir ’n loopbaan in die sakewêreld. Volgens hom het hy nog nie gedink hoe hy Saterdag gaan groet nie. Hy sê hy wil nie daaraan dink nie, maar gee toe dit gaan ’n emosionele besigheid wees. Om bykans 18 jaar ononderbroke omroeper by ’n radiostasie te wees is amper ongekend. Hy het naas Manie Kitching die langste as omroeper by die stasie gewerk. “Die radio was my lewe. Toe ek begin het, was my jongste seun nog in doeke – nou is hy ’n eerstejaar- student. “Jy kry nie ’n lekkerder job as hierdie nie,” het Hansen gesê. Hansen het die laaste paar jaar weeksdae die program Before Dawn tussen 04:00 en 06:00 behartig en Die Hansen Saterdag Show Saterdae van 09:00 tot 13:00. Hy sê hoewel hy dit nie gaan mis om vroeg (om 03:15) op te staan nie, was die voordeel dat hy maklik in sy slaapklere kon gaan werk het . . . Behalwe hiervoor, sê Hansen gaan hy ook nie mis hoe daar in die uitsaaiwese so ’n streng oog op die tyd gehou word nie. Wat hy gaan mis, is die adrena- lien, die luisteraars en feeste van waar hy uitgesaai het en waar hy, “altyd op die hande gedra is”. “Jy besef nie altyd dat jy vir iemand iets beteken het met dit wat jy op die lug gesê het nie. “Ek het gereeld in pubs gaan sit en luister waaroor mense praat en kla en dít dan as gesprekspunt in my programme gebruik.” Volgens hom was die drie jaar (tot 2010) waarin hy die ontbytpro- gram saam met sy skoolvriend Pieter Möller behartig het, die lekkerste skof van sy uitsaailoopbaan. Dié twee ken van sports hê. Volgens hom is ’n mooi stem ’n bysaak en is ’n omroeper se persoonlikheid die kern, “sodat jy natuurlik voorkom op die lug en daar nie enige voorgee is nie”. Wat die werk van omroeper hom geleer het, is om nederig te bly. “Dis nie iets waarvoor ek gestu- deer het nie. Dit het toevallig oor my pad gekom.” Hansen was in die onderwys toe daar by die destydse Radio Hoogland ’n behoefte aan ’n nuusleser ontstaan het en hy deur Möller aanbeveel is. Hy het ’n stemtoets gedoen, waarna hy dadelik ’n middagskof aangebied het. Ná sewe maande by Radio Hoogland is Hansen na Ofm, toe nog bekend as Radio Oranje. Hy is nou die enigste omroeper van daardie tyd wat nog by die stasie oor is. Christie Hansen (links) se stem word Saterdag vir oulaas op Ofm gehoor. Hy hang ná 17 en ’n half jaar as omroeper die mikrofoon op. Die drie jaar op die lug saam met Pieter Möller (regs) beskryf hy as ’n hoogtepunt. Foto: Ruan Bruwer X1PWT4M1-BN270315

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 08-Apr-2016

291 views

Category:

Documents


7 download

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20150327

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuusbl 20150327

Tel. 051-404-7600 | Vrydag 27 Maart 2015 | www.bloemnuus.co.za GRATIS

Floreer Tiener verskyn in gesogte advertensie 2

Vol talentJayme-Sue vir twee nasionale spanne gekies

8

VerrasBruidegom lag laaste met slim streek

2

Bekende stem groetRuan Bruwer

DIE bekende radiostem van Christie Hansen gaan Saterdag teen 13:00, ná 17 jaar en ses maande op die lug, vir oulaas gehoor word.

Hy verlaat die uitsaaiwese vir ’n loopbaan in die sakewêreld.

Volgens hom het hy nog nie gedink hoe hy Saterdag gaan groet nie. Hy sê hy wil nie daaraan dink nie, maar gee toe dit gaan ’n emosionele besigheid wees.

Om bykans 18 jaar ononderbrokeomroeper by ’n radiostasie te wees is amper ongekend. Hy het naas Manie Kitching die langste as omroeper by die stasie gewerk.

“Die radio was my lewe. Toe ek begin het, was my jongste seun nog in doeke – nou is hy ’n eerstejaar-student.

“Jy kry nie ’n lekkerder job as hierdie nie,” het Hansen gesê.

Hansen het die laaste paar jaar weeksdae die program Before Dawn tussen 04:00 en 06:00 behartig en Die Hansen Saterdag Show Saterdae van 09:00 tot 13:00.

Hy sê hoewel hy dit nie gaan misom vroeg (om 03:15) op te staan nie, was die voordeel dat hy maklik in sy slaapklere kon gaan werk het . . . Behalwe hiervoor, sê Hansen gaan hy ook nie mis hoe daar in die uitsaaiwese so ’n streng oog op die tyd gehou word nie.

Wat hy gaan mis, is die adrena-lien, die luisteraars en feeste van waar hy uitgesaai het en waar hy, “altyd op die hande gedra is”.

“Jy besef nie altyd dat jy vir iemand iets beteken het met dit wat jy op die lug gesê het nie.

“Ek het gereeld in pubs gaan siten luister waaroor mense praat en kla en dít dan as gesprekspunt in

my programme gebruik.”Volgens hom was die drie jaar

(tot 2010) waarin hy die ontbytpro-gram saam met sy skoolvriend Pieter Möller behartig het, die lekkerste skof van sy uitsaailoopbaan. Dié twee ken van sports hê.

Volgens hom is ’n mooi stem ’nbysaak en is ’n omroeper se persoonlikheid die kern, “sodat jy

natuurlik voorkom op die lug en daar nie enige voorgee is nie”.

Wat die werk van omroeper homgeleer het, is om nederig te bly.

“Dis nie iets waarvoor ek gestu-deer het nie. Dit het toevallig oor my pad gekom.”

Hansen was in die onderwys toedaar by die destydse Radio Hoogland’n behoefte aan ’n nuusleser

ontstaan het en hy deur Möller aanbeveel is. Hy het ’n stemtoets gedoen, waarna hy dadelik ’n middagskof aangebied het.

Ná sewe maande by Radio Hoogland is Hansen na Ofm, toe nog bekend as Radio Oranje.

Hy is nou die enigste omroeper van daardie tyd wat nog by die stasie oor is.

Christie Hansen (links) se stem word Saterdag vir oulaas op Ofm gehoor. Hy hang ná 17 en ’n half jaar as omroeperdie mikrofoon op. Die drie jaar op die lug saam met Pieter Möller (regs) beskryf hy as ’n hoogtepunt. Foto: Ruan Bruwer

X1PWT4M1-BN270315

Page 2: Bloemnuusbl 20150327

2 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 MAART 2015

‘Hy lyk vir my so baie na die slimste bruidegom’

Ruan Bruwer

DIE bruidegom Hein Mulke het Saterdag (21/03) die manlike gaste op sy troue lekker uitoorlê toe hulle gedink het hulle gaan sy toespraak ontwrig.

Mulke was goed voorbereid toedit sy beurt was om ietsie oor sy bruid te sê en die bedankings te doen.

Hy het sy sweishelm en reënjasaangetrek en boonop ’n boodskap aan die voorkant vir die manne gehad – “Jo ma”.

Dit moes eintlik “Jou” gewees het, maar die “u” het afgeval.

Hy het Saterdag met Deleen deGoede by die Ilanga-landgoed in die huwelik getree.

“Ek het op troues gesien hoe die bruidegom deurloop, toe besluit ek ek gaan my nie so laat vang nie,” het Mulke gesê.

Behalwe dat sy pak klere en gesig nie deur die spuit-konfetti geraak is nie, het hy ook ’n ander slim plan gehad.

Mulke het sy toespraak voorafopgeneem en daarin rustig alles gesê wat hy wou.

Toe hy met die mikrofoon in die hand staan, het almal gedink hy is besig om te praat.

“ ’n Mens kry nie altyd alles gesê wat jy wil nie. Ek kon dus rustig hieroor wees.

“Die gaste het eers ná die tyduitgevind dat ek nie staan en praat het nie, maar dat dit ’n opname was wat gespeel is.”

Volgens die fotograaf Johan Pretorius, wat al 29 jaar lank troufoto’s neem, was dit die eerste keer dat hy so iets teëkom.

“Ek het al in baie lande oor die

wêreld heen gewerk, maar hierdie bruidegom was verreweg die beste nog teen die aanslag van die ander jong manne voorbereid,” het Pretorius gesê.

Hein Mulke het sy gaste Saterdag (21/03) op sy troue verras toe hy voorbereidvir sy toespraak opgedaag het. Hy het ’n reënjas en die helm waarmee hysweis, ingespan om hom teen die spuit-konfetti te beskerm. Foto’s: Johan Pretorius

Deleen de Goede en Hein Mulke

ENE KONSENTRASIE: ’n Junior Jeugorkes wat onder die Bloemfontein-stadsorkes val, is vanjaar begin en oefenelke Vrydagmiddag in die Musicon-saal onder leiding van Anna van Niekerk. Die kinders wat hier die enekonsentrasie is, is kloksgewys Mikael von Eschwege, Eduan van der Vyver, Chloe Gagiano, Jana Dempers, ChristieDempers, Hannelize Swanepoel, Marile Oberholzer en Renate van Staden. Belangstellendes kan Van Niekerkby 082-926-8867 bel.

Hard aan die oefen

Tiné blom voor lens

Ruan Bruwer

TINÉ KRÜGER, ’n gr. 12-leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje, hoop om binnekort ’n paar ekstra rand in haar bankrekening te sien.

Daarbenewens hoop sy ook haarvertoning voor die kamera was goed genoeg dat sy so lank moontlik in ’n internasionale advertensie vir Coca-Cola herkenbaar sal wees.

Die verfilming het verlede week indie middel van Hillbrow in ’n parkie plaasgevind.

Daar is twee advertensies geskiet:een wat in Rusland vertoon sal word en die ander in Kazakstan.

Sy is R3 000 vir die dag se werkbetaal.

Indien haar gesig op die adver-tensie vir Rusland herkenbaar is, kry sy ’n bykomende R9 000 en vir die een in Kazakstan is dit R1 600.

“Hulle neem baie skote van verskillende mense uit verskillende hoeke, so ’n mens weet nie waarop hulle eindelik sal besluit nie,” sê Tiné.

Die 17-jarige sê haar agent in Johannesburg het haar van die oudisie vir die advertensie laat weet en sy het besluit om ’n kans te vat en haar in te skryf. Dit was nie dat hulle die eerste beste een gekies het nie. Sy was een van sowat 700 mense wat ’n oudisie afgelê het.

“Dit was nogal scary, maar hullehet gelukkig baie goed na ons omgesien,” sê sy oor die berugte Hillbrow.

Sy moes vir die oudisie en die verfilming drie skooldae misloop.

“Gelukkig is die skool baie tegemoetkomend. Ek moes verlede

week eksamen geskryf het, maar daar is ingestem dat ek die vraestel-le op ’n ander tyd skryf.”

Krüger het verlede jaar aan Mej.Suid-Afrika deelgeneem, waar Jeanré du Preez, eienaar van eModels, haar raakgesien en gewerf het.

Voor dit het sy kortstondig modelklasse geneem.

Sy is baie spesifiek oor haar planne vir volgende jaar ná skool.

“Ek wil Amerika toe gaan om modelwerk te doen. Ek gaan reeds in Junie vir ’n kort rukkie vir ’n talentkompetisie daarheen.

“Indien die planne vir Amerika nie realiseer nie, sal ek steeds tussendeur modelwerk wil doen. Ek sal dan in die Kaap gaan studeer om ’n spraakterapeut te word.

“Modelwerk het vir my ’n groot passie geword. Ek geniet dit om voor mense op te tree. Ek het ’n belangstelling in die modebedryf en deur modelwerk kan jy ander se ontwerpe ten toon stel.

“Die belangstelling om voor mense op te tree het my gepak toe ek op laerskool deel van ’n dansver-toning was.

“Toe ons die verhoog moes verlaat, wou ek eenvoudig nie.”

Sy sê haar grootste prestasie totdusver was ’n vierde plek vir Mej. Tiener Hoop, ’n nasionale kompeti-sie waarin die wenners deur die publiek gekies is.

”Dit sal ’n goeie toevoeging tot my CV wees om te kan sê ek het in ’n advertensie van ’n internasionale maatskappy soos Coca-Cola verskyn.”

Volgens haar het sy nie vir almalby die skool hiervan vertel nie. Net haar beste vriendin weet.

Die 17-jarige Tiné Krüger wil ’n model word. Foto: Ruan Bruwer

Ek het bytroues gesienhoe die brui-

degom deurloop, toe besluit ek ek gaan my nie so laat vang nie. – Hein Mulke‘

BLOEMFONTEINSE instansies en sake-ondernemings kry eersdaags ’n geleentheid om op kykNET se Ontbytsake te verskyn as deel van

dié gewilde program se fokus op spesifieke dorpe of stede.

Die span besoek Bloemfontein tussen 13 en 17 April om insetsels

te verfilm wat dan die eerste keer op 9 Mei gebeeldsend word.

Rig navrae aan Ingrid Bradfieldby [email protected].

‘Ontbytsake’ binnekort in Bloemfontein

Page 3: Bloemnuusbl 20150327

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 MAART 2015 3

MARETHA MAARTENS WERK AAN KORKIE-BOEK: Maretha Maartens skryf aan ’n boeksaam met Yolandie Korkie, die vrou van dieBloemfonteinse onderwyser Pierre Korkie watin Jemen geskiet is enkele ure voordat hy asgyselaar vrygelaat sou word. Sy beskryf dit aseen van die “mees komplekse en gevaarlik-ste” stukke waaraan sy nog gewerk het. Mare-tha was op die Woordfees in ’n profielaanbie-ding ter ere van haar lewenswerk self aan diewoord. Benewens die Korkies se verhaal werksy ook aan ’n toeligtingsbybel saam met teo-loë en beskryf haar bydrae in die verband asdié van ’n “vraende Bybelleser”. Foto: Jens Friis

DUURSTE: Singapoer is die duurste stad ter wê-reld, gevolg deur Parys, Oslo, Zürich en Sydney(foto). Dit is die tweede opeenvolgende jaar datSingapoer dié twyfelagtige eer ontvang. Sy hoëlewenskoste word gedryf deur sy duur pryse virenigiets van motors tot wyn, toon die wêreld-wye lewenskoste-oorsig vir 2015 van Economistse intelligensie-afdeling (EIU). Foto: Jens Friis

VERPOOS HIER: Onderbreek die sieldodende N1en rek jou bene by die Kuilfontein-padstal langsdie Springfontein-Suid-afrit. Jy sal nie die lang-werpige gebou met die erfenisgroen dak mis-kyk nie. Martinette en Shelton Staples maak dielekkerste lam-en-kruisement-pasteie, en moe-nie van hul plaasontbyte (foto) vergeet nie. Opdie plaas is ook oornagplek.

REISWat gebeur waar?VRYDAG 27 MAART

S Herfsaandmark by die Boeremark in Langenhovenpark om 17:00 tot laat. Vermaak deur Urnus Human en ander plaaslike kunstenaars. Toegang is gratis. Navrae: 084-919-1676. S Here be Dragons: Groepuitstalling in Gallery on Leviseur tot 28 Maart.S Dan Patlansky in InnieSkuur. ’n Kaartjie kos R150.S Foster and Allen in die Sand. Bespreek by Pacofs, 051-447-7772.S Dealesville se Kansa-tak hou ‘n boereor-kesdansparty en spitbraai in Dealesville om 18:00. Kaartjies kos R100 en R50 vir kinders tussen 10 en 12 jaar oud. Bring jou eie eetgerei en drinkgoed. Hannatjie Laubscher, 079-892-4876.S Kahn in die Aasvoëlklub. S 3’s Company om 20:00 by Friend’s Pub.

SATERDAG 28 MAART

S Earth Hour.

S Figuurstudiewerksessie deur Jaco Spies en Dina Grobler in die Dina Grobler-ateljee (072-373-4022).S Volksblad se kos-en-kunsmark op die Loch Logan Waterfront se eiland om 09:00. Dit kos R20 vir volwassenes, terwyl kinders van 12 jaar oud en jonger gratis ingaan. Parkeer by die Waterfront en stap oor na die eiland of laat ‘n gholfkarretjie jou aanry na dié veilige area met sekuri-teitswagte. Lekker kos- en soetgoed van Marmalade, Iewers Nice, Bella Sarmie, The Cupcake tree, Koekelicious, Goaties cheesery en Seven-on-Kellner om maar ’n paar te noem. Hope vir kinders om te doen met springkasteel, spookasem, roomys en aktiwiteite deur die Little Ladybug-sjefskool. Navrae: Marie-Louise Smith, 083-287-8845.S Markdag ten bate van Huis Eden by Die Spens van 09:00 tot 14:00. Cybil Coetsee, 071-473-6942.S Oesfeesdansparty aangebied deur die Vrystaattak van die Boeremusiekgilde in die Rosenhofskoolsaal agter Roseparkhospitaal om 19:00. Carel Wessels, 072-358- 0840.

S ’n Spesiale oggend by Die Spens (naby Cheetah Experience) met Johan Gunter en Radio Rosestad. Jy kan eetgoed, handge-maakte artikels en sangers soos Nelmarie van Niekerk en Diandri te wagte wees. Die oggend word aangebied ten bate van Huis Eden. Sybil, 071-473-6942.

SONDAG 29 MAART

S Krieket – Wêreldbeker-eindstryd in Melbourne.

DINSDAG 31 MAART

S Jan van der Merwe stel sy boek Noord-Kaapse Dorpe bekend by Gallery on Leviseur. Foto’s uit die boek sal van 31 Maart tot 22 April daar uitgestal word.

WOENSDAG 1 APRIL

S ’n Ondersteuningsgroep vir Parkinson se siekte kom elke eerste Woensdag van die maand byeen om 10:00 by Van Heerden-straat, Wilgehof (Westerbloem). Melissa, 051- 407-7236.S Christ@Work, ’n selgroep vir werkende en studerende jong mense kom Woensdae om 19:00 bymekaar by Lukas Steynweg 1, Heuwelsig. Elna van der Walt, 082-462-5507.S Hasan en Husein Essop: Foto-uitstalling deur dié Standard Bank Jong Kunstenaars van 2014 tot 2 April in die Johannes Steggman-galery op die UV-kampus.

VRYDAG 3 APRIL

S Aanhangers van Dana Winner kan uitsien na ’n vertoning van haar in Bloemfontein.

Dié gewilde sangeres van België toer vanjaar deur Suid-Afrika om haar nuwe album, Bloom, en ’n splinternuwe liedjie, Lied van Hoop, bekend te stel. Op die toer sal sy van haar grootste treffers, asook liedjies van Bloom sing. Met die nuwe album voeg sy nog ’n album by haar suksesvolle loopbaan wat oor meer as 20 jaar in die bedryf strek. Sy tree net een aand in Bloemfontein in die Kovsiekerk op. Kaartjies kos van R270 tot R450 en is by Computicket beskikbaar.S Strikdas, die fliek, word uitgereik.S KKNK begin in Oudtshoorn en duur tot 11 April.

ROBBIE LOVE DIE VRYSTAAT: Altesaam 18lede van die Hoërskool Jim Fouché seDrummieklub het Vrydag op die musiek-konsert Ek love die Vrystaat saam metRobbie Wessels, in ’n Cheetah-rugbytrui,opgetree. Die Cheetahs is Wessels sevoorkeurspan. Foto: Verskaf

Page 4: Bloemnuusbl 20150327

4 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 MAART 2015

Onthou jy nog? As ’n foto soos die jou nostalgiese hartsnare pluk, dan behoort jy gereeld ’n draai te maakop Bloemnuus se FB-blad.

’n Ietsie van alles

laggend gevra. Die dogtertjie het op haar tone

gestaan en van links na regs en van regs na links die groot basaartafels gefynkam.

Om ‘n keuse te maak, was amper onmoontlik. Wat kies ’n mens tussen so ‘n klomp lekker-nye? Sy het gesluk. Dan het sy haar onderlip vasgebyt en van voor af die verskeidenheid sorgvuldig deurgekyk.

René het besef die keuse is moeilik. Sy het ook besef dat die geduld van die skoolmaats begin opraak.

Sy het weer probeer. “Pop, watter van hierdie lekkernye kan ek vir jou gee vir hierdie vyftig sent?”

Toe die dogtertjie daarin slaag om haar oë los te skeur van hierdie groot versoeking, het sy René in die oë gekyk en opreg geantwoord: “Iets van alles, asseblief Juffrou.”

S Karin Muller is ’n Kimberleyse rekenmeester van beroep wat sewe jaar gelede haar hart op Bloemfontein verloor het.

Karin Muller

‘n VRIENDIN se suster, René, was ‘n onderwyseres op ‘n plattelandse dorpie in die Vrystaat. Die tyd vir die jaarlikse skoolkermis het aangebreek en handgemaakte plakkate is deur die hele dorp opgesit. Skenkings is bymekaarge-maak. Die kerk op die hoek se basaartafels is geleen. Selfs die tannies by die plaaslike ouetehuis is gevra om met hul bakvernuf by te dra.

Die groot dag het aangebreek.Die koektafels het gekreun onder die verskeidenheid gebak. Sjokola-deballetjies, melktertjies, kolwyn-tjies, roompoffertjies, krimpvarkies – enige soetgebak waaraan jy kon dink en van kon droom is op die tafels verteenwoordig.

René was een van die vroue watdie koektafels beman het. Taai handjies het gekreukelde note uitgehou en opgewonde beduie watter lekkernye oorhandig moet word. Daar was ‘n gedruk en ‘n getrek en ‘n getoustaan.

Tussen die woelinge deur het ‘ngr. 1-dogtertjie uiteindelik voor in die ry beland. Sy het haar natge-swete handjie oopgevou en ‘n vyftig sent te voorskyn gebring. Sy was sprakeloos van opgewonden-heid. René het vooroor geleun. “Pop, wat wil jy met hierdie skamele vyftig sent koop?” het sy

MENINGS EN RUBRIEKE/COMMENTS AND COLUMNS

Taalbeiteltjie: Soms is Kleintjie ’n grote lummel

Corlietha Swart

BY familiesaamtrekke en reünies hoor jy dikwels troetelname en noemname (as daar mét iemand gepraat word) en soms selfs byname (gewoonlik as daar ván iemand gepraat word).

Dit kan ‘n doodswens wees om ‘n knaap, wat groter as jy is, blatant in sy aangesig op sy bynaam te noem . . .

Veral ouers en grootouers gee graag vertederende troetel-name as aanspreekvorm vir kinders of kleinkinders, soos Liefie, Poprok, Meisiekind, Poplap, Ounooi, Seunie, Pikkie en Tokkie.

Ek ken ‘n Freddie wat skielikAlfred geword het met sy mondigwording.

Sommiges verloor nooit hul troetelname nie en Kleintjie bly Kleintjie, al is hy nou ‘n grote lummel.

Om elke hoek en draai loopjy ook iemand raak wie se (lang) doopnaam deur familie en vriende verkort word – dis waar noemname, soos Sakkie (vir Izak), Bertie (Albertus), Angie (Angeliqué) en Tone/Tonie (Antonie) vandaan kom.

Veral in die ou dae, met ‘n hele paar erfgenaamgenerasies wat dieselfde naam gedra het, het dit nodig geword om ‘n naamsonderskeid te begin tref as almal nog leef en verwarring

begin intree. Dit is dan wanneer dit nodig

begin raak het om van Groot-Pe-dro, Klein-Pedro en Pedro-Junior te begin praat.

Soms ook Rooi-Koos, Wit-Koosen Ryk-Koos.

‘n Hedendaagse verskynsel, wat eintlik maar neerkom op die omseiling van die moontlike “las” van seunsfamiliename, is om dit te vervang met slegs die voorletters van familiename, byvoorbeeld JJ en CJ (Engelse uitspraak), MP, SJ, WJ, enso-voorts.

Vanne dra ook by tot naam-gewingspraktyke, soos Stoney Steenkamp, Blackie Swart, Pine Pienaar en Lappies Labuschagne.

Byname is egter ‘n perd van‘n ander kleur en het al vir menige blou oog gesorg as die benoemde agterkom dat daar met sy fisieke attribute, of ‘n uitstaande kenmerk van sy persoonlikheid, die spot gedryf word in naamgewing.

Te verstane, as jy agter jou rug ou Sementpens, Stoepstêre, Stiebeuelbek, Loerbroer, of iets soos Wintermuskiet genoem word.

S Corlietha Swart is ’n dosent aan die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die UV en voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersver-eniging.

Wie weet wat?1. DIÉ is ’n legendariese kontinent wat in die see verdwyn het.A. Antarktika; B. Atlantis; C. Arktika.

2. Skattejagters het in die 16de en 17de eeu na hierdie legendariese goudstad in Suid-Amerika kom soek.A. Egoli; B. Eldorado; C. Brasilië.

3. Hannibal het die Alpe oorgesteek met hierdie pakdiere – slegs een uit sy trop van 37 het oorleef.A. Huskies; B. Kamele; C. Olifante.

4. Wie het die hoofrol vertolk in Lawrence of Arabia (1962)?A. Peter O’Toole; B. Frank Sinatra; C. James Dean.

5. Luke Skywalker probeer prinses Leia red in watter fliek (1977)?A. Lawrence of Arabia; B. Thelma and Louise; C. Star Wars.

6. The Motorcycle diaries is gegrond op dié persoon se motorfietsrit deur Suid-Amerika in die 1950’s.

A. Che Guevara; B. Evita Peron; C. Darth Vader.

7. Wie het die eerste motorband ontwerp in 1888?A. Thomas Edison; B. John Dunlop; C. David Livingstone.

8. Hierdie Venesiese handelaar het in die 13de eeu na China gereis.A. Jan van Riebeeck; B. Vasco da Gama; C. Marco Polo.

9. Watter Suid-Amerikaanse land is baie langer as wat dit breed is, en lê aan die Stille Oseaan.A. Chili; B. Brasilië; C. Argentinië.

Antwoorde1. Atlantis2. Eldorado3. Olifante4. Peter O’Toole5. Star Wars6. Che Guevara7. John Dunlop8. Marco Polo9. Chili

OasisS In my many years I have come to a conclusion that one useless man is a shame, two is a law firm and three or more is a government. – John Adams

S If you don’t read the newspaper you are uninformed, if you do read the newspaper you are misinformed. – Mark Twain

S Suppose you were an idiot. And suppose you were a member of government. But then I repeat myself. – Mark Twain

S I contend that for a nation to try to tax itself into prosperity is like a man standing in a bucket and trying to lift himself up by the handle. – Winston Churchill

S A government which robs Peter to pay Paul can always depend on the support of Paul. – George Bernard Shaw

S Foreign aid: A transfer of money from poor people in rich countries to rich people in poor countries. – Douglas Casey

S Giving money and power to government is like giving whiskey and car keys to teenage boys. – P.J. O’Rourke, Civil Libertarian

S Government is the great fiction through which everybody endeavors to live at the expense of everybody else. – Frederic Bastiat, French economist (1801X1850)

S I don’t make jokes. I just watch the government and report the facts. – Will Rogers

S If you think health care is expensive now, wait until you see what it costs when it’s free! – P.J. O’Rourke

Page 5: Bloemnuusbl 20150327

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 MAART 2015 5

Igno van Niekerk

MY romantiese self sou wou sien dat die hoofkarakter en die joernalismeisie teen die sonsonder-gang wegry en gelukkig wees vir die res van hul lewe.

Ek is egter bevrees dat sy verlede nog tussen hulle gaan spook en in die opvolg sal die Meisiekind ook moet saamleef met haar keuse – Jan-Paul.

Hy en sy sal die yuppie-egpaarbly wat in voorstedelike onseker-heid hul egtheid moet prysgee.

Jacques sal weer die enkeling wees, en hy en Carina sal skryf-vriende bly, totdat sy iewers in die koerantwese iemand ontmoet wat haar waardeer vir wie sy is.

Die Storiemaker se geluk sal insy stories en drome wees, Carina se geluk in haar loopbaan, en die Meisiekind en Jan-Paul sal op die verkeerde plekke bly soek na geluk, wat hulle sal aanhou ontwyk, hoewel hulle dit nie sal besef nie.

Jacques sal vir baie jare geluk uit sy kinderjare put, wysheid uit sy seerkry en kreatiwiteit uit sy verwerking van die kombinasie van seer en geluk.

En eendag, baie jare later sal hyby ‘n galery instap. Die kuns sal hom tref weens die egtheid daarvan. Hy sal opkyk en haar sien. Sy sal glimlag as sy hom sien, sy sal ophou verf. Hulle sal omhels . . . en wie sy is, wel dit laat ek aan jou verbeelding oor.

Jeannette Geldenhuys

EK sou nie ‘n opvolg vir Ballade vir ‘n Enkeling aanbeveel nie, omdat die storielyn bloot net nie genoeg om die lyf het nie. Die aap is reeds uit die mou gelaat. Die Storiemaker word opgelaai deur die verslaggewer en die oop einde gee aan elke kyker die opsie om die storielyn in sy verbeelding verder te ontplooi.

Die oudste stories in die wêreldis ook liefdesdriehoeke waar daar geen gelukkige einde kan wees nie. Die Vriende vir altyd-tema het vanaf die openingsekwensies daarop gedui dat ‘n probleem aan die kom is. Daar is altyd ‘n verloorder in ‘n liefdesdriehoek, daarom is die storielyn uitgedien.

‘n Opvolg sou ‘n kunsmatige gemelk wees en die moontlikheid bestaan dat dit skamelik kan faal. Ballade vir ‘n Enkeling kan dalk Sonate vir Drenkeling word.

Indien ek wel geforseer word om‘n opvolg te doen, sal my fokus op van die ander karakters val. Die moontlikheid van ‘n Vyfster- storielyn vir die koerantman is nie uitgesluit nie.

Ek is nie ten gunste van dieself-de storie wat oor en oor vortel word nie. Kos verloor sy smaak met herhaaldelike opwarming, dieselfde met ‘n goeie storie.

Ek glo ons het genoeg talentvol-le skrywers wat met nuwe, vars stories vorendag kan kom.

Marnie van Wyk

JACQUES, Carina en Meisie vorm die nuwe driemanskap wat nie net goeie vriende raak nie, maar mekaar ook op ‘n professionele vlak inspireer.

Jan-Paul oorleef sy selfdood-po-ging, maar is verlam en het slegs sig in een oog. Lena ondersteun en help hom tydens sy rehabilitasie, maar die verhouding versuur ernstig wanneer hul die blaam op mekaar begin pak oor die leuens van die verlede. Lena soek Jacques by sy woonplek op, maar loop haar vas in Carina wat intussen haar intrek by Jacques geneem het. Weens sy nuwe liefde vir Carina wil Jacques niks met haar te doen hê nie.

Gavin Greeff, werkloos, verbitterden uiters gefrustreerd oor die rigting wat sy lewe ingeslaan het, verskyn op die toneel. Hy sien Lena as ‘n sagte teiken en oortuig haar dat Carina Human die oorsaak van hul almal se verlies is. Ook dat wraak die enigste manier is om die lewe vir hul almal beter te maak.

Die media-wêreld word geruk wanneer twee van sy mees bekwa-me werkers verdwyn. Intussen ontdek Jan-Paul inligting in sy huis wat direk verband hou met die ontvoering. Hy besef wie verant-woordelik is, maar gaan hy praat?

Die polisie slaan toe op ‘n plek waar die ontvoerders aangehou word. Die skote klap, maar wie oorleef?

Kenneth de Reuck

DIT is al middernag toe ’n man en ’n vrou in Colesberg aankom en in ’n gastehuis inboek.

Die vrou agter die toonbank herken hom dadelik en so begin sy moeilikheid van vooraf.

Die volgende oggend voor die gastehuis drom ’n klomp mense saam met plakkate soos “Waar is die moordenaar?” en “Jy hoort in die tronk”.

Hulle glip by die agterdeur uit,en ry verder.

So word hy herken oral waar hykom en elke keer moet hulle weer vlug.

Intussen is Gavin ook op hul spoor.

Jan-Paul se ouers glo dat dit Jacques se skuld is dat hy self-moord gepleeg het en huur ’n speurder om hom op te spoor.

Jacques se ma beland in ’n gestig weens skuldgevoelens.

Meisiekind vind nuwe liefde, maar dit werk nie uit nie. Haar verhoudings beland een vir een op die rotse, want sy bly lief vir Jacques.

Jacques moet sy onskuld aan diemense bewys.

Hulle vlug na Carina se ouers enskuil daar. Meisiekind besluit om Jacques te help en gaan polisie toe en vertel toe die waarheid.

Gavin word gevang, Jacques enCarien trou en meisiekind word ’n oujongnooi.

Mari Viljoen de Reuck

JACQUES en Carina beland op ‘n plaas waar hulle moet oornag nadat hulle die pad gevat het en gery het “totdat die petrol opge-raak het”.

Jacques vra vir Carina dat sy virhom moet vertel hoekom sy glo in die waarheid en wat haar gedryf het om die waarheid oor hom uit te vind.

Terwyl sy vertel, besef sy dat syverlief is op hom en hy weet dat hy vir haar lief geword het die oomblik toe hy in haar pragtige oë gekyk het daar langs die pad terwyl sy in die kar gesit het.

Carina bewonder Jacques omdathy nie wil wraak neem nie – hy glo dat die waarheid jou vry maak en nie wraak nie.

Gavin sukkel om te verwerk datJacques ‘n baie beter mens as hy is, dat hy na alles wat hy aan Jacques gedoen het geen mag oor hom het nie en hom nie kon breek nie.

Gevolglik beland hy in ‘n inrigting vir geestelik versteurdes.

Meisiekind verwyt haar vir Jan-Paul se selfmoord en nadat sy vir dae rondgedwaal en haar sorge elke dag in die drankbottel verdrink het, koop sy Denneberg-skool en maak ‘n kunsskool daar oop.

Carina en Jacques trou op ’n spoggeleentheid en baie jare later is Meisiekind, hul dogtertjie se kunsjuffrou.

’n Storlielyn vir Ballade IIVERLEDE NAWEEK het 27 500 mense na teaters gestroom om na Ballade vir ’n Enkeling te gaan kyk. Dit beteken dat die fliek R1 358 075 by die loket verdien het. JENS FRIIS het vir vyf Bloemfon-

teiners gevra hoe die storielyn sal loop as hulle Ballade vir ‘n Enke-ling II moes skryf. Dus: wat sal gebeur waar die huidige fliek op-hou?

Page 6: Bloemnuusbl 20150327

6 BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 MAART 2015

Onlangs in die eg verbind

Jolindi en Rhyno Page. Foto: Leone du Plessis Tamsin en Lorenz Erêche. Foto: Zander Visser

Michelle en Arno Schoonwinkel. Foto: Joe Dreyer Chantal en Deon Labuschagne. Foto: Codan Events Riaan en Martha Coetzee. Foto: Marizel Dreyer

Izette en Jaco de Klerk. Foto: Studio Photography Henk en Sanmari van Schalkwyk. Foto: Angelique Booyens Malcolm en Yolanda Marais. Foto: Emma Booysen

Page 7: Bloemnuusbl 20150327

BLOEMNAWEEK, VRYDAG 27 MAART 2015 7

PROMOSIE

Magic Events bied ’n eenstopdiensMAGIC EVENTS, ’n hoofborg van Bloemnuus en Athalia se Ouma en Oupa Roostoekenningsgeleentheid, is agt jaar gelede gestig.

“Ek was baie jare in die spyseniersbedryf maar die behoefte om my eie besigheid te begin het net groter geword,” sê Laura Erlank.

“Ek is geseënd met baie talente. Deur my vlerke te sprei kon ek dit uitleef. Ons bied nou ’n eenstopdiens wat ’n wye verskei-denheid spyseniering, dekor, blomme, drapering, klank . . . insluit.”

Die besigheid gaan van krag totkrag.

“Die Vader was goed vir ons endeur die resessie het ons groei getoon.

“Maar sonder ons getroue kliënte wat in ons glo en ons ondersteun, asook kosbare nuwe kliënte, sou dit nie moontlik gewees het nie.”

Laura se groot droom om vandie besigheid ’n familiesaak te maak is verwesenlik toe hul oudste seun, Pieter, hom in 2008 by hulle aangesluit het en ook Ryno in 2013.

“Ons lewer ons dienste oral oordie stad heen, maar is die afgelope twee en ’n half jaar by die Vanilla Sky-trou-en-fgesellighe-delokaal. Dit het pragtige tuine en ’n oop tuinkapel.

Dit is groot genoeg vir 250 gaste.

“Die Arriva-lokaal beskik oor ’ngroot foyer, kapel en saal vir tot 800 gaste. Dit het ’n verhoog en is ideaal vir konferensies, jaareind-gesellighede tot matriekafskeide. Ons bied ook spesiale pakkette vir skole aan.”

Laura sê daar is vir haar niks lekkerder as om vir ’n gas ’n heerlike bord kos voor te sit nie. “Mense lê my baie na aan die hart en dit is so lekker om mense gelukkig te sien of om deur middel van ’n klein gebaar ’n glimlag op iemand se gesig te sien – veral bejaardes.”

Magic Events @ Vanilla-Sky/Arri-va het nou winterpakkette wat hulle vir bruide aanbied.

Bel 082-417-7123 of kyk by www.vanilla-sky.co.za of www.arri-va-venue.co.za.

Vanilla Sky

Laura en Pieter Erlank bestuur Magic Events saam met hul twee seuns, Rynoen Pieter. Magic Events het Neil en Sandy-Leigh Nel se onthaal hanteer.

Magic Events @ Vanilla Sky.

Magic Events spesialiseer in ’n wye verskeidenheid gesellighede.

Balletproduksie se dekor manjifiekMANJIFIEKE verhoogdekor deur die voorste Suid-Afri-kaanse ontwerper Andrew Botha vir die nuutste produksie van Joburg-ballet se Swanemeer, slaan die asem weg.

Swanemeer is van 6 tot10 Mei op die planke in die Sand du Plessis in Bloem-fontein.

Selfs Botha gee toe dit isdie hoogtepunt van sy loopbaan van sowat drie dekades waarin hy honder-de verhoogstelle vir musiek-

spele, operas, ballette, musiekteater, korporatiewe geleenthede en ook vir televisie en kunsuitstallings ontwerp het.

Dirk Badenhorst, die uitvoerende hoof van Joburg-ballet, het gesê Botha is gewis ’n meester in die skep van visuele skouspel.

Daarvoor gebruik hy moderne tegnologie en geen oudmodiese stelkon-struksies nie.

Botha het ook die dekor

vir Joburg-ballet se opvoe-rings van Le Corsair, La Bayadére, Don Quixote, Aspoester en Die Neutkraker ontwerp.

Sy vaardigheid, waarvoorhy al ’n legio kere bekroon is, is nie net tot Suid-Afrika beperk nie.

Hy is ook in die internasi-onale teaterwêreld gesog en het al in Griekeland, Suid-Korea, Australië, China, Nederland, Rusland en Maleisië gewerk. – Elretha Britz

PERSOONLIKE DIENSTE

FUNKSIES & KONFERENSIES

1425

KRUIEKENNER

1435

Herbalist Doctor forcourt cases, lost lover,financial problems. AlsoMagic rings and enlarge-ment cream. PROFFPRICE MBUGA 071 9663495.

CHIEF BENGO the(fortune-teller and palm-reader).

Come and change your life nowwith special muti from Africa. 100%guaranteed. I will help you with

problems such as: Depression, suici-dal thoughts, magic ring to solve

financial difficulties, familyproblems, pregnancy problems, courtappearances, men's enlargement andabove all, lost-lover problems andmany more. BFN, 073 582 4870.

www.chiefbengo.webs.com

SPECIALIST! Penisenlargement, lost love,pregnancy problems

and many otherproblems.

072 968 3552.

LENINGS

1445

TE KOOP

ALLERLEI

1655

Black Wattle-braaihoutte koop:

R25 vir 16 stukkies.R700 vir ‘n vrag van500 stukkies.R1 400 vir ‘n vrag van1 000 stukkies.

Aflewering inBloemfontein: R50.

Skakel Aliné051 432 5650 weeksdae08:00 – 17:00.

HUISVERBETERINGS BINNE

1835

Prestige Contractors:Alle bouwerk (20 jaarervaring), plafonne,Dry Walls, staal-, teël-,verf- en loodgieterswerk.Gratis kwotasies. Skakel079 581 6654.

Page 8: Bloemnuusbl 20150327

Welslae vir spanne gemengDIE eerste rugby-spanne van die Rosestad het die naweek gemengde welslae in hul wegwedstryde behaal.

Die Hoërskool JimFouché was die ligpunt met ’n naelskraapsege van 24-23 oor die Hoërskool Witteberg in Bethlehem.

Ook in die Oos-Vrystaat is die Hoërskool Fichardt-park met 5-22 deur die Hoërskool Voortrekker verslaan.

Die HTS Louis Botha het sy eerste nederlaag van die seisoen gely.

Hy het in Kroonstad net-net met 12-13 teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooi-skool) vasgeval.

Ruan Bruwer

DIE Hoërskool Sentraal se eerste netbalspan het binne die bestek van enkele dae ’n algehele ommeswaai gemaak toe hy die Hoërskool Menlopark oortuigend met 44-6 afgeransel het.

Dit was in sy eerste wedstryd Donderdag (26/03) op die jaarlikse

Waterkloof-netbalfees. Die spanne het Saterdag (21/03) nog die louere met 32-elk gedeel.

Menlopark word gereken as eenvan die pasaangeërs op die netbal-baan vanjaar, maar Tralies het dié reputasie omgekeer. Die Bloemfon-teiners het reeds vanjaar twee sterk spanne, die Hoërskool Noord-Kaap (44-19) en Klofies (31-20), tot

oorgawe gedwing. Menlopark was ook Saterdag teen die Hoër Meisieskool Oranje in aksie. Menlo-park was toe met 25-21 baas.

Tien teenstanders, waaronder Paarl-Gimnasium en DF Malan, wag Vrydag (27/03) tot Maandag (30/03) op Sentraal en die spelers se fiksheid sal behoorlik op die proef gestel word.

Tralies ransel Menlopark dié keer af

Kook op SA atletiekkampioenskapGalaletsang Melato van die Laerskool Brandwag het uitstekend op Saterdag (21/03) se Suid-Afrikaanse laerskole-atletiekkampioenskap gevaar en sy witwarm atletiekseisoen na ’n nuwe hoogtepunt geneem. Hy het ’n gouemedalje in die hoogspring, asook die verspring vir o.10-seuns, behaal. Ook Thabo Verster van Grey-kollege(Primêr) was kookwater. Lees die volledige berig Donderdag in Bloemnuus. Foto: Verskaf

Ruan Bruwer

DIE talentvolle Jayme-Sue Vermaas (foto) is pas in twee Suid-Afrikaanse driekampspanne ingesluit.

Sy en twee ander Vrystaters het Saterdag (21/03) op ’n kwalifise-ringsbyeenkoms vir die Suid-Afrikaanse driekamp-span vir ’n Wêreldskole-by-eenkoms gekwalifiseer.

Dit vind in Junie in Frankryk plaas.

Saam met haar in dieouderdomsgroep 17 tot 18 jaar in die span is Made-laine le Roux van die Hoërskool Sentraal met Angelique Moller (soos Jayme-Sue van die Hoër Meisieskool Oranje) wat in die ouderdomsgroep 15 tot 16 jaar gekies is.

Hulle het Saterdag op die byeenkoms by Masels-poort gekwalifiseer danksy seges in hul onderskeie ouderdomsgroepe.

Daarbenewens is Jayme-Sue die enigste Vrystater wat vir die Suid-Afrikaanse span gekies is wat in Septem-ber op die Cross-Triathlon-Wêreldkampioenskap (swem, bergfiets en landloop) in Italië in aksie sal wees.

Jayme-Sue in SA span

Jayme-Sue Vermaas Foto: Saspa

HOU GESIN SE NAAM HOOG:Die sibbe Louis en CharmariSteyn van die Laerskool Wil-lem Postma het die Vrystaatonlangs op die Suid-Afrikaan-se karatekampioenskap viralle style in Johannesburgverteenwoordig. Charmariwas in die afdeling meisieso.12 (onder 40 kg) en Louiso.10 en onder 35 kg in aksie.Albei het tans ’n pers gordel.

Foto: Verskaf

GREY-KOLLEGE het nie lank geneem om sy eerste oorwinning van die jaar te behaal nie. Hy het die rugbyspan van die Hoërskool Menlopark Saterdag (21/03) in Bloemfontein met 50-27 geklop.

Menlopark het danksy ’n sterk wind van agter rustyd ’n voorsprong van 20-12 geniet.

Grey op wenpad

X1PWGMAR-BN270315

Besigheidsure:Ma. - Wo.: 09:00 - 17:00 • Do. - Vr.: 09:00 - 19:00 • Sa.:09:00 - 13:00

Barry RichterwegKays-sentrum • Fleurdal

Tel. 051 522 0874

Protea-kleure inspesiehengel

sowel as oewerhengel

Oom Danie Jacobs enJan Tolmay (Mede-eienaar).

10% AFSLAG

Mitchell Gold 5000Baitrunner

Mitchell Gold 6000Baitrunner

Shakespear BetaBaitrunner

OP GESELEKTEERDE

KATROLLE EN VISSTOKK

E

VRIENDELIKE DIENSEN KUNDIGE ADVIES

X1PWG9AD-BN270315

After 10 years of struggling, my husband isback at home after mama Linda showed memy enemies in a mirror . We are now ahappy, married couple - thank you, mamaLinda.

My husband stayed with his girlfriend for 10years. Without him I struggled to supportmyself and could not even pay ourchildren's school fees.

I visited traditional healers, but with no help. Then I heard of Maria Lindaon a radio talk show and my neighbour whom he helped and rescuedfrom black magic. I visited mama Linda and paid R200. He told me aboutmy future andmymarriage problems. He put amirror in a dishwithwaterand I saw the facesofmyenemies andmyhusband's girlfriend.He prayed for me and gave me holy water and oil to wash myself. Aftertwo days I saw results, my enemies confessed their wrong doingstowards me andmy husband left his girlfriend and come back home. I'mnowhappyafter visitingmamaLinda .

Visit Mama Linda by calling 062 4336 703X1PX05AM-BN270315