bloemnuusbl 20140228

12
VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA WWW.BLOEMNUUS.MOBI GRATIS Op die spel Wen R500 se steak om te braai bl. 7 Wel en wee Nicisha tuis ná bestraling in VSA bl. 3 Dagboek Hougaard eerste keer in lang tyd in Bfn bl. 4 JOU DRINKWATER KOM WAARSKYNLIK VAN HIER: Terwyl meer as 60000 Bloemfonteiners enkele dae gelede gesukkel het met water, was die Welbedacht-dam tussen Wepener en Smithfield tot oorlopens toe vol. Die rede vir die waternood was ’n klep wat by Brandkop aan die hoofwaterpypleiding van 118km van die Welbedachtdam na Bloemwater toegedraai is. Niemand weet waarom dit gebeur het nie. Luidens ’n ooreenkoms tussen die Mangaung-metro en Bloemwater, wat 69% van die stad se water uit die Welbedachtdam voorsien, moet daar altyd ’n spaarkapasiteit van 36 uur se water vir inwoners gehandhaaf word wat in dié geval nie nagekom is nie. Op bladsy 11 berig Hannes Haasbroek dat dit sowat 100 jaar gelede so droog in Bloemfontein was dat inwoners hul badwater moes herbruik. Foto: Jens Friis Water(s)nood Water(s)nood

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 29-Mar-2016

270 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140228

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuusbl 20140228

VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA WWW.BLOEMNUUS.MOBI GRATIS

Op die spel

Wen R500se steakom tebraai

bl. 7

Wel en wee

Nicishatuis nábestralingin VSA

bl. 3

Dagboek

Hougaardeerste keerin lang tydin Bfn

bl. 4

JOU DRINKWATER KOM WAARSKYNLIK VAN HIER: Terwyl meer as 60 000 Bloemfonteiners enkele dae gelede gesukkel het met water, was die Welbedacht­dam tussen Wepeneren Smithfield tot oorlopens toe vol. Die rede vir die waternood was ’n klep wat by Brandkop aan die hoofwaterpypleiding van 118 km van die Welbedachtdam na Bloemwatertoegedraai is. Niemand weet waarom dit gebeur het nie. Luidens ’n ooreenkoms tussen die Mangaung­metro en Bloemwater, wat 69% van die stad se water uit die Welbedachtdamvoorsien, moet daar altyd ’n spaarkapasiteit van 36 uur se water vir inwoners gehandhaaf word wat in dié geval nie nagekom is nie. Op bladsy 11 berig Hannes Haasbroek datdit sowat 100 jaar gelede so droog in Bloemfontein was dat inwoners hul badwater moes herbruik. Foto: Jens Friis

Water(s)noodWater(s)nood

Page 2: Bloemnuusbl 20140228

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014

Anmi Honiball

KINDERSORG BLOEMFONTEIN,wat vanjaar sy 100ste bestaansjaarvier, hou op Maandag 17 Maart ’nsakeontbyt by Tuscan Rose inBainsvlei, Bloemfontein.Volgens Riëtha Wagener, Kinder-

sorg Bloemfontein en Childline

Vrystaat se projek-koördineerdervan bemarking en finansiering, isdit ’n dinamiese welsynsorganisasiewat nie sonder die hulp en onder-steuning van die gemeenskap kanfunksioneer nie.“As beloning wil ons graag iets

aan ons getroue ondersteuners bieden die sakeontbyt stel ons in staat

om dit te doen.“Dit verskaf ’n geleentheid aan

professionele sakelui van Bloemfon-tein om idees en kennis te deel enstel hulle ook in staat om metsprekers – wat hoë aansien geniet –in aanraking te kom. Hul bywoningdra by tot die verligting vankinders se nood.”

Volgens haar gee dié geldinsame-lingsgeleentheid aan Kindersorg dievermoë om kinderbeskermingsdien-ste aan ongeveer 3 500 behoeftigekinders te verleen.Dawie Roodt, direkteur en

hoofekonoom van die Efficient-groep, sal die gasspreker op diégeleentheid wees.

Hy sal ’n oorsig van Suid-Afrikase huidige ekonomiese toestand geeen op ’n insiggewende manierverduidelik hoe dit sake- en andermense raak.S Die ontbyt kos R175 per persoon.Vir verdere inligting bel RiëthaWagener of Lize du Plooy by051-430-3311.

Kindersorg bied sakeontbyt aan

Page 3: Bloemnuusbl 20140228

BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 3

S DIE volgende Bloemfon-teiners is onlangs oorlede:Hettie Schreuder (gebore1916), Nic van der Walt(1934), Basil Tait (1940),Marie van Zyl (1918),Andy Gous (1941),Nicholaas HendrikSwanepoel (1930),Elizabeth Marais (1959),Daniel Johannes Hewett(1948), Siegfried GuntherHoehne (1925), LienaPottas (1931), ChristoSmith (1922), AndréRobberts (1970) enJohannes Ruben (Jan)van der Walt (1933).

S Bob van Dijk volg inMaart vir Koos Bekkerop as die uitvoerendehoof van Naspers. Kooshet in 1985 die betaaltele-visiediens M-Net begin,die selfoonmaatskappyMTN gestig en het diewynplaas Babylonstorennaby die Paarl saam metsy vrou, Karen, ontwik-kel. Bob, ’n geboreNederlander, was vroeërbaas van eBay se grootstebedrywighede buiteAmerika. Koos beskryfhom as een van dieskerpsinnigste bestuur-ders in die e-handelwêreldwyd.

S Senda Edeling enBarend van der Merweis die wenners van Wicusvan der Merwe se CD’swat weggegee is opbloemnuus.co.za.

S Tabby du Plessis,jonger broer van dieSpringbokke Bismarck enJannie, was Vrydagaand’n plaasvervanger-hakervir die OP-Kings in hulvriendskaplike wedstrydteen die Griekwas.

SNicolaas en NatashaSlabbert, albei onderwy-sers, en hul kleindingNicisha (21 maande) isdeur gr. 7-leerlinge vandie Laerskool Universitasop die Bram Fischer-lug-hawe verwelkom. Nicishahet sedert Desemberproton-bestraling vir ’nseldsame gewas op haar

breinstam, wat selfs haardood kan veroorsaak, inAmerika ondergaan. Diespesifieke soort behande-ling is nie in Suid-Afrikabeskikbaar nie.

S Tharina Stassen enTanya Beukes wen elk ’npak met drie boeke watdeur NB-uitgewersgeskenk is. Hulle het ditop bloemnuus.co.zagewen.

S Leandra Grobler (14),’n gr. 9-leerling aan dieHoër Meisieskool Eunice,is ná ’n lang siekteoorlede. Sy het in 2010uitgevind sy het ’n gewas

op haar brein. Sy wordoorleef deur haar pa,Willem, ma, Charlotte, ensuster, Charlotte.

SMaria Stryton is by ’nlykhuis se ontvangs inOranjesig deur tweegewapende mans aange-hou. Die booswigte,gewapen met messe, hetmet selfone en ’n kluisgevlug.

SAndré Meintjies (21)is in Victoriaweg,Willows, gekaap terwyl hyvoor ’n hek vir sy meisiegewag het. Die kapers hetAndré uit sy HyundaiGetz laat klim en hom

deurgesoek. Hulle hethom van sy selfoon enbeursie beroof en met symotor weggery toe ’nvrou by die huis uitkom.Die polisie doen ’n beroepop motoriste om ekstraversigtig te wees.

S Die AfrikaanseHandelsinstituut (AHI)Vrystaat se nuwe bestuuris Marnus Putter, Schalkvan der Merwe, Hetiennevon Abo-Moolman(voorsitter), CarelThomas, Gerry Wesselsen Rina Greyling.

S Joe Geldenhuys vanHuis Cecila, Noorder-bloem, is oorlede.

S Franco Smith, dievoormalige Springbok-sen-ter, is onlangs as dieVrystaat se agterlyn-afrig-ter vir die Curriekbeker-reeks aangestel. Francowas vroeër ’n afrigter byTreviso in Italië. Sy driekinders kan vlot Italiaanspraat. Toe hy in 2007 hierweg is, het Franco gehoophy sal eendag kan helpom die Vrystaat af te rig.Hy is met Tania getroud.

S Charl Blom en CobusMuller, die twee Kovsie-studente wat na beweringin ’n beweerde rasse-voor-val glo eers ’n medestu-dent met hul bakkieraakgery en toe gloaangerand het, se verhooris tot April uitgestel.

S Die Knights salvolgende seisoen ’n nuwekrieketkaptein hê. Johanvan der Wath (36) is nievir die 2014-’15-seisoengekontrakteer nie.Betrokkenes van diefranchise het Maandag opChevroletpark oor diekontrakte vergader. Vander Wath het ook Maan-dag – op die laaste dagvan die meerdagwedstrydteen die Warriors – met’n dyspierbesering vandie veld gestap. Die lysvan gekontrakteerdes wasteen druktyd nog niebekend gemaak nie.

Wel en wee

Die Presbiteriaanse kerk St. John in Bloemfontein hetsedert die begin van Februarie ‘n nuwe leraar. Hy iseerw. Jaques Murphy, voorheen van Queenstown. Byhom is sy vrou,Mariaan, en hul dogters, Abigail (agter)en Bea.

Page 4: Bloemnuusbl 20140228

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014

VRYDAG 28 FEBRUARIES Die NG kerk Hugenoot hou ’nKuier-en-aandmark om 18:00.Wilma von Wielligh, 084-507-3608.SMaha Shivaratri (Hindu).SKarin Hougaard sing om 19:30in Innie Skuur. Kaartjies teen R120is te kry by Kiki Corner en MusicInc of bespreek plek by [email protected] Moord en Roof-orkesin die Aasvoëlklub. Bel 051-446-566.SNG kerk Heuwelsig hou syweeklikse gebedsbyeenkoms om06:00. Frances Wessels, 051-436-5218.S Landboudal-wildveiling, CassieCarstens, 076-403-0972.SBeesstert (ox tail) en stamp-mielies – nes jou ouma dit soumaak. Ouma se Kombuis, TweedeLaan, Westdene, 051-447-2294.SQuenna-fees op Gariepdam. Bel051-754-0045.SNasionale Volkspele-eeufees opBoshof. Hannelie, 083-658-6633.S Jong musici kan tot vandagaansoek doen om keuring om indie Suid-Afrikaanse NasionaleJeugorkes opgeneem te word. Dievereistes is minstens gr. 6-vlak in’n orkesinstrument en Suid-Afri-kaanse burgerskap. Meer inligtingis beskikbaar by sanyo.org.za ofstuur ’n e-pos na [email protected] in ’n Lang Glas en DieHeuwels Fantasties tree op dieRietrivier-landbou-ekspo inJacobsdal op. Bel Cindy Janse vanRensburg, 083-797-4565.S Skenk bloed tussen 09:00 en16:45 in die Victorian Square, Pres.Reitzstraat. Navrae: 051-447-4122.S Clocolan-plaaskultuurfees metPieter Koen, Francois Bouwer enIzelma Lombard. Chané, 073-819-3215.SOranje-selfhelp, ’n liefdadig-heidsinstansie, hou ’n basaar metboeremusiek, kosstalletjies,skaapspitbraai, Dewald Louw semusiekskool, Franzel, Boeremusiek-gilde, veteraanmotors . . . Dit duurmôre voort. Jan de Wet, 084-443-0727.S Skemerkelkpartytjie ten batevan Kansa op Schoemanspark om18:30. Vir meer inligting skryf [email protected] Room Men Event in dieOolong Lounge. Adèl Victor,051-448-7244.S Franzel sing om 20:00 op dieOranje-selfhelpboerebasaar inMegapark. Jan de Wet, 084-443-0727.SBambi Preprimêr, Thompson-straat 2 op die terrein van die NG

kerk Bloemheuwel in Westdene,hou tussen 14:00 en 18:00 ’n kermis.Almal is welkom. AnnelénePretorius, 051-447-1352.

SATERDAG 1 MAARTS Die televisieprogramverfilmingvan Op pad na God vind tussen11:00 en 13:00 in die Mimosa Mallplaas. Die sanger is Henri Scott.Getuienisse sal gelewer word.SBoeremark van 06:00 tot 14:00,Langenhovenpark.S The Purple Shall Govern, MarySibande, Standard Bank YoungArtist 2013 (main building ofOliewenhuis): The 2013 StandardBank Young Artist Award winnerfor Visual Arts, Mary Sibande, iscelebrated for her practice ofemploying the human form as avehicle through painting andsculpture to explore the construc-tion of identity in a postcolonialSouth African context. She at-

tempts to critique stereotypicaldepictions of (particularly black)women in society.S Die Vrystaat-tak van die Boere-musiekgilde hou om 19:00 ’ndansparty in die Rosenhof-skoolsaalten bate van Genade in Aksie.Mientjie, 072-844-3667.S Philippolis-boeremark elkeSaterdag van 08:00 tot 10:00.S Die 15de Konica-Minolta-sport-dag met 33 rugbywedstryde en 80netbalwedstryde begin om 07:30 inBrandfort. Die hoofwedstryd vindom 17:00 plaas wanneer SPS teenBothaville speel.SBoekebasaar tussen 08:00 en12:00 in die Fichardtpark-biblioteek,Benaderylaan. Rina, 051-5228884/5.SMy Children, My Africa:Toneelstuk. Kaartjies teen R60 tekry by Pacofs, 051-447-7772.SDonkermaan.S Die Parlotones tree in die OuPresidensie op. Die hekke open om

16:00 en die konsert begin om 20:00.Bring jou eie piekniekmandjie.S Ina Bonnette praat om 09:30 indie NG kerk Fichardtpark. Dieboek Love is War: The ModimolleMonster sal te koop wees. Kaartjieskos R100 wat ’n ete insluit. Skryfaan [email protected].

SONDAG 2 MAARTS Die Freshford-huismuseum(Kellnerstraat 31, Westdene) istussen 14:00 en 17:00 oop.SWil jy hê jou hond moet gehoor-samer wees? Die Dog TrainingClub kan help. Klublede komSondae om 16:00 by die LaerskoolSand du Plessis byeen. Maakgebruik van die ingang in Hippo-cratestraat. Nelia Smit, [email protected] deel van die opbou tot diekroningsgeleentheid van Mej.Suid-Afrika kan Suid-Afrikanersdie werklikheidsprogram The

Road to Miss South AfricaSondae om 17:30 op Mzansi Magic(DStv-kanaal 161) volg.SHalfeeufees van die NG kerkHospitaalpark word gevier. Dienaweek van 21 tot 23 Februarie1964 is die kerkgebou ingewyen op 26 Februarie is diegemeente gestig. Ter vieringvan dié vyf dekades word ’nNagmaalfees om 09:00 gehou.Tee en “verjaardagkoek” wordná die diens bedien. Om 18:00vind ’n dankdiens plaas metsang en orrelspel uit 1964 seprogram met die inwyding vandie kerk. Alta Wessels, 051-522-8069.S Die son kom om 06:07 op en sakom 18:46.

MAANDAG 3 MAARTSGholfdag ten bate van Kansa opSchoemanspark. Vir meer inligtingskryf aan [email protected].

WEDNESDAY, 5 MARCHS Skenk bloed tussen 09:00 en16:45 in die Southern-sentrum,Benaderylaan, Fichardtpark. Skakel051-447-4122.S Vergadering van die Ladies100-klub vind om 12:00 vir 12:30 indie digitale planetarium op NavalHill plaas. ’n Piekniek sal daarnagehou word. Lede moet ’n opvou-stoel saambring. Dit kos R120 virlede en R130 vir gaste. Plekbespre-king is noodsaaklik en kan byMags Lewis-Houghton, 082-411-7412,gedoen word.SKursus in praktiese toepassingvan spelterapietegnieke. Dr. ElizeGroenewald, [email protected] with Eddie Schoemanat Oolong Lounge from 20:00. AdèlVictor, 051-448-7244.

DONDERDAG 6 MAARTS Ehrlichpark-kosprojek: Die NGgemeente Heuwelsig gee Donderdae’n bord warm, gekookte kos aan 300mense. As jy betrokke wil raak, belLauriette de Waal by 051-436-5482.S Space Odyssey: Oudiovisueleaanbieding om 19:30 deur dieBloemfontein-stadsorkes in dieSand du Plessis-teater. Musiek uitStar Wars, Die planete van Holst.Dirigent:. Paul Loeb van Zullen-burg. Kaartjies kos R120 tot R300elk. Bespreek plek by Pacofs,051-447-7772.SDGB Food & Wine Pairing inaid of the New Beginning Charity.Adél Victor, 051-448-7244.

Dagboek

Lyle the Crocodile word van 12 tot 18 Maart deur Kovsiestudente in die Scaena­repetisielokaal van die UVopgevoer. Van die spelers is van links Ané van den Berg, Rumané Grey Kot, Willem Esterhuyse en AdriaanDe Ridder. Debeer Cloete is die regisseur. Bespreek by die dramadepartement, 051­401­2160. Foto: Minette Grové

Page 5: Bloemnuusbl 20140228

BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 5

Roodt byOranjeDIE Laer Meisie-skool Oranje bied opDonderdag 24 Aprilom 08:00 ’n sake-ont-byt met DawieRoodt, hoofekonoomvan die EfficientGroup, in die MLSpiessaal aan.Roodt gaan ’n

praatjie oor finan-siële onafhanklik-heid vir die indivi-du lewer, maar dieinspirerende oggendsal ook geskenke, ’nontbyt en uitstallersbied. Kaartjies kosR200.Bel Marieta Meyer

by 051-447-6845 ofKaren Herbert by083-440-3490.

Page 6: Bloemnuusbl 20140228

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014

RAJEUNI is die Franse woord virrejuvenation of vernuwing.In die geval van die Rajeuni-la-

serkliniek verwys dit na vernu-wing van gesigvoorkoms, asookmassaverlies.Die kliniek kondig die opening

van sy Bloemfontein-tak aan.Nou kan kliënte wêreldgehalte-

laserbehandeling, asook estetiesewerk, in die Rosestad laat doen.Die kliniek bestaan al ses jaar

en word al lank in Bloemfonteinen op Bethlehem bedryf.Daar sal nou egter ’n heeltydse

ervare terapeut in ’n splinternu-we kliniek in Westdene wees.

Die personeel van die kliniek isopgewonde oor die bekendstellingvan die Cutera Excel V-laser,ingevoer van Amerika.Die Excel V is ’n hoogaange-

skrewe laser in Amerika en hetselfs die aanbieders van diegewilde werklikheidsprogram TheDoctors gaande gehad.Loer gerus na die insetsel op

http://www.youtube.com/watch?v=8ZN_fjLzdDk.Volgens die personeel is die

laser uiters doeltreffend vir diebehandeling van alle soorte are.Dit behandel van donker,

opsigtelike spatare tot selfs fyn,

rooi gesigaartjies.Sonskade en vlekke op die

gesig, sowel as nek, en décolletéword uiters doeltreffend verwy-der.Die kliniek gaan ook oor

Cutera se Coolglide-laserstelsel endie LX Prowave-haarverwydering-stelsel beskik.Die permanente haarverwyde-

ringstelsels is vir alle velkleuregeskik.Dit is die voorloper in die

wêreld om hare permanent enmet minder sessies en minderpyn te verwyder.Cutera se Titan en Lasergene-

sis, sowel as Limelight, is ook bydie kliniek beskikbaar.Talle ander mediese estetiese

behandelings is ook beskikbaar,insluitend My Cells (vampirefacelift), Botulinium toxin, fillers,afskilferings (peels), asook dieheel nuutste mesoterapie met dieDermapen.My Cells is uiters doeltreffend.

Hier word die pasiënt se eiebloed getrek en van plasma watdie rykste aan bloedplaatjies isgeskei.Die plasma kan dan in die

probleemgebied ingespuit word.Groeifaktore word deur plaat-

jies vrygestel wat die vormingvan kollageen, elastien en nuwebloedvaatjies, sowel as intersti-siële weefsel, stimuleer.Selfs verlies aan volume in die

gesig kan herstel word.Só verkry die vel ná ’n enkele

behandeling ’n fermer, gesonderen jonger voorkoms.Die personeel meen die kliniek

het beslis met al die nuutstebehandelings wêreldwyd byge-bly.Kom besoek die kliniek en

ervaar dieselfde behandelings asinternasionale sterre – hier inBloemfontein, nooi die personeel.

Laserkliniek nou oopWêreldgehalte­behandeling hier beskikbaar

Lasers

Botulinium toxin/fillers/mesoterapie

Afskilferings

PROMOSIE: RAJEUNI

Page 7: Bloemnuusbl 20140228

BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 7

Die resep vir dié steak metmosterd­en­brandewynbotterverskyn op Bloemnuus seFacebook­blad en is ook tekry in Jan Braai se boekVuurwarm. Skaf jou vleis bydie AAA­slaghuis (Hospitaal­park) aan. Wen ’n steakpakter waarde van R500 wat AAAweggee. Om te wen, stuurvoor 14 Maart ’n e­pos metjou naam, selfoonnommer endie antwoorde op die volgen­de vrae na [email protected]. Die vrae is:1) Hoeveel jare bestaan AAAHospitaalpark? en 2) Wat isdie prys van AAA­boereworsby AAA Hospitaalpark soosgeadverteer in Bloemnuus?

Wen vleis van AAA

Hemelhoog!WAT eintlik as ’n stokperdjiebegin het, het in ’n terapeutiesetuin ontwikkel.’n Jaar gelede het Joe en Jules

Venter ’n woonstel in dieMooihawe-tehuis vir bejaardesgekoop en ’n roostuin gevestig.Joe is egter ’n man wat graag syeie groentetuin wil hê.Tussen twee van die geboue

wat deel van Mooihawe is, wasdaar ’n stuk grond wat onge-bruik gelê het. Dit was die idealeplek vir so ’n groentetuin.Met vurke en grawe is dit

omgedolwe en die spinasie,tamaties, boontjies, wortels,komkommers, radyse, kool enblaarslaai het welig gegroei.En dit was mooi ook.Van die pampoene het pragtig

geblom. Vir een van die manswat daar woon, was veral diepampoenblomme baie mooi. Hyhet besluit dit moet met van die

vroue gedeel word. Hy het dieblomme afgepluk, dit in glasegeplaas en aan die vrouegeskenk. Die hele pampoen-oeswas daarmee heen.’n Paar maande gelede is

besluit om ook mielies te plant.Dit is ’n lus vir die oog. Diegewone soetmielies sal binnekortgepluk kan word.Die groter mielies groei asof

hulle bo die mure wil uittroon.Hulle staan nou al baie meer astwee of dalk drie meter hoog enenkeles maak al saad.Van die mense wat die tuin

gesien het, glo dit het terapeutie-se waarde. As van die ouermense ’n boontjie plant en sienhoe dit groei, ál groter word, ’nblommetjie maak en die mensedan eindelik hul eie boontjieskan pluk en dit eet, moet dithulle mos help om gesonder teword.

Wynand Scholtz, die bestuurder van die Mooihawe­tehuis vir be­jaardes in Brandwag, staan hier by die mielies. Wynand is sowat1,8 m lank en hier kan gesien word hoeveel hoër die mielies as hyis. Regs is van die soetmielies.

Page 8: Bloemnuusbl 20140228

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014

Getroud

André en Coreen Jooste (Kopano Nokeng). Foto: Go Urban Photography

Maryke en Neil Myburgh (Sangiro Lodge). Foto: Dream Creations Photography

Brand Fouché Schoeman en Magda van Tonder. Foto: EMET Fotografie

Louw en Cornel Stadler (Sand Stone Sleeper Estate).Foto: 3’kie’s Fotografie

Chrismi en Ryno Verster (Emoya).Foto: Eloise van Rensburg Fotografie

Leon en Lizél de Jager (The Willows). Foto: 3’kie’s Fotografie

Page 9: Bloemnuusbl 20140228

BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 9

*RICA IN WINKEL. Aanbiedinge geldig vanaf 1 Maart – 31 Maart 2014. Alle pryse sluit BTW in. Bepalings en Voorwaardes geld. Eenmalige SIM & aansluitingsfooi van R114 slegs op kontrakte van toepassing. Beperkings is van toepassing op hierdie produkte en promosies. Virhierdie beperkinge en volledige bepalings en voorwaardes, besoek asseblief www.cellc.co.za of vra in winkel. BF&W.

JHB45

336/R

LOWESTCALL RATEGUARANTEED FLAT

UITSONDERLIKE FONE.ONGEËWENAARDE WAARDE.

cellc.co.za

WORDVANDAG NOG DEELVAN DIE CELL C-FAMILIE.

100 100 100MINUTE SMS MB DATA

R389PMx24

OP STRAIGHT UP 100*

KENMERKE: Sony G-lens, 20MP Exmore™RS vir mobiele sensor, 4.3” TRILUMINOUSskerm met “X-reality”. Water- en stofbestand.

VIR SLEGSR30

400MBEKSTRADATA PM

BOOSTDATA

PM MEERKRY

100MINUTE

R389R389OP STRAIGHT UP 100STRAIGHT UP 100

KENMERKE:RS vir mobiele sensor, 4.3” TRILUMINOUS skerm met “X-reality”. Water- en stofbestand.

BOOSTBOOSTDATADATA

100 100 100MINUTE SMS MB DATA

LG G2 Smartphone

R329PMx24

KENMERKE: Pragtige 5.2” Volle HD iPS-skerm,13MP OIS-kamera met multipunt-fokus,Blitsvinnige 2.30GHz “Quad Core” sentraleverwerkingseenheid.

OP STRAIGHT UP 100*

DOUBLE

UPVIR SLEGSR100 PM MEER

OP STRAIGHT UP 200

100EKSTRAMINUTE

100EKSTRA

SMS

700MBTOTAALDATA PM

100 100 100MINUTE SMS MB DATA

Samsung Galaxy S3Mini Smartphone

R169PMx24

KENMERKE: Android 4.1, 1Ghz “Dual-Core”Verwerker, 8GG Aanboord-geheue, 4” superAMOLED-skerm.

Ook beskikbaar in Blou.

OP STRAIGHT UP 100*

PLUS SKULL CANDY HESH 2-KOPSTEL

VIR SLEGS EKSTRAR20 PM99c PER MIN. MET PER-SEKONDE KOSTEBEREKENING

99c PER MIN. MET PER-SEKONDE KOSTEBEREKENING

99c PER MIN. MET PER-SEKONDE KOSTEBEREKENING

Available at the following Cell C stores:Mimosa 084 828 0028 • Loch Logan 084 828 0612

STUUR’nfotovanjouonlangsetrouevirgratis

[email protected].

Diekleurfotomoetminstens1MBgrootwees.

Meldwatterfotograafhetvirwiewaarafgeneem.

Nogtroufoto’sisopbloemnuus.co.zatesien.

Lene en Lappies Labuschagne (Sandstone Sleeper). Foto: Tania Allen Photography Mercia­Lee en Chelleroy Buys (Olive Ranch). Foto: Tania Allen Photography

Dineo en Olihile Mojatau. Karlien en Johan Coetzee (Indaba Lodge). Foto: Gerhard Steenkamp

Page 10: Bloemnuusbl 20140228

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014

PERSOONLIKEDIENSTE

FUNKSIES &KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

PERSOONLIK

1460

Vir bekostigbare egskeidingsteen R4 500 plus uitgawes.Skakel 082 335 7195.

TE KOOP

ELEKTRIESTOEBEHORE

1620

GURU Sound and VehicleSecurity. Ons herstel radio's,amps, subs, DVD-spelers,motoralarms en 'centrallocking'. We buy and sellsecondhand sound. Hannes076 734 9988 of 071 352 7626.

ALLERLEI

1655

EKSOTIESESIEREENDE TE KOOP.Broeipare en jong eende.

Kontak Cheryl076 246 1414 of056-515 3963 -

Epos: [email protected]

Limousine Afslaershou elke Saterdag om08:30 'n veiling by ons per-seel agter Wiesbaden opBainsvlei. Ons verkoopvee, voertuie, implemente,meubels en losgoed.Inskrywings:051 451 1211.Jaco 079 603 9374 ofDanie 076 757 4972.

ALGEMENE &HUISDIENSTE

ROMMEL-VERWYDERING

1860

VERVOER VAN meubels, bourom-mel en tuinvullis. Skakel Kobus072 288 7535.

EIENDOMME

TE HUUR

3205

FURNISHED LUXURYapartments and flats inBochabelo,Bloemfontein/Mangaung. Next toparadise hall for limited rental period(3 to 6 months). Thisaccomodation is often used fortransitional period. Forenquiries please callTshidi: 072 141 8479.Les: 082 551 9732.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGSGESOEK

3670

EK LYDIA SOEK WERK vir 5 dae.Kan alles doen, skoonmaak, was enstryk, kook en babas oppas. Skakelmy asseblief: 072 546 9148.

ALGEMEEN

3680

Verkoopsman: KathuOns benodig die dienstevan 'n verkoopsman om

diens in Kathu te aanvaar.Vereistes:

• Afrikaans en Engelsmagtig

• Pastel-ervaring• Tegniese aanvoeling 'n

vereisteFaks CV na:053 723 1262.

REGSKENNISGEWINGS& TENDERS

HOFBEVELE/SEKWESTRASIES/

LIKWIDASIES4005

HOFBEVELIn die Landdroshof vir diedistrik/streek van Bloemfon-tein, gehou in Bloemfontein,in die saak tussen:EX PARTE APPLICATION:

STEVES BLOEM BK(Reg nr. 2007/100392/23)

ApplikantNa aanhoor van die regsver-teenwoordiger vir die Appli-kant word daar gelas dat:1. Steves Bloem BK ('appli-kant') onder voorlopige likwi-dasie in die hande van dieMeester van die Hoë Hofgeplaas word.2. 'n Voorlopige Bevel uitge-reik word wat alle belangheb-bendes oproep om redes,indien enige, in hierdie hof opDonderdag 13 Maart 2014 om08:30 aan te voer waarom dieApplikant nie in finale likwida-sie geplaas sal word nie.3. Hierdie bevel sonder ver-suim gepubliseer word inBloemnuus en Die Staats-koerant.4. 'n Afskrif van die likwidasie-bevel beteken moet word op:a. Die Suid-Afrikaanse Inkom-stediens.b. Die Meester van die HoëHof.

OP LAS VAN DIE HOFLanddros

BOEDELKENNIS-GEWINGS

BOEDELS:KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 TI RudmanIn die boedel van wyle TrevorIan Rudman, boedelnommer1019/2014, meesterskantoorBloemfontein, geboortedatum7 Maart 1935, identiteitsnom-mer 350307 5042 085, laasteadres: Huis nr. 7, SeweDamme Aftreeoord, Pentagon-park, Bloemfontein, datum vandood 24 Januarie 2014.Krediteure en debiteure in diebogemelde boedel word hier-mee versoek om hulle vorde-rings in te lewer en hulleskulde te betaal ten kantorevan die ondergetekende binne'n tydperk van 30 (dertig) daegereken vanaf 28 Februarie2014 (datum van publikasiehiervan).

EE POHLSymington & De Kok

Posbus 12012Brandhof 9324(MHR0088)

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

K

E

N

N

I

S

G

E

W

I

N

G

S

K

E

N

N

I

S

G

E

W

I

N

G

S

BETREKKINGS

Page 11: Bloemnuusbl 20140228

BLOEMNUUS, VRYDAG 28 FEBRUARIE 2014 11

SOWAT 100 jaar gelede wasdit so droog in Bloemfonteindat mense hul badwatermoes herbruik, skryf HAN-NES HAASBROEK.

“ELKE huiseienaar in Bloemfon-tein weet vandag dat daar ’nwaterskaarste is . . . (tog) kan ditnie gesê word dat dié uiterstegevaar van dié situasie nie lankreeds aan die owerhede bekend isnie.”Klink dit bekend? Miskien ’n

brief wat onlangs in ’n plaaslikekoerant verskyn het?Amper reg, behalwe dat dié brief,

wat oorspronklik in Engels in dieBloemfonteinse koerant The Friendverskyn het, uit Oktober 1919dateer.Dit is miskien ’n geykte uitdruk-

king, maar so waar – die geskiede-nis herhaal hom en daar is niksnuuts onder die son nie. En dieooreenkomste tussen 1919 envandag is verstommend.Oktober en November 1919 was

twee galbitter maande vir dieinwoners van Bloemfontein. Netsoos vandag was die destydsestadsraad vas aan die slaap en hetnie vroegtydig voorsorg getref virdie naderende krisis nie.Die stadsingenieur, G.A. Steward,

sou destyds onomwonde verklaardat dit net deur die genade vanGod was dat die stadsraad tot indaardie stadium kon deurdruk metwatervoorsiening.Teen die middel van Oktober 1919

was die Maselspoort- en Mockes-dam buite die stad van waar diestad sy water kry, heeltemal droog.Dit het beteken dat die héle stad

sonder water was – nie net ’n deelvan die stad soos meermale vandaggebeur nie.

Op die stadraadsvergadering op13 Oktober 1918 het die lede weiniglig op die waterkrisis gewerp enonseker voorgekom oor wie teblameer was. Ook moes toegegeeword dat daar probleme is om dienodige masjinerie vir nuweboorgate te bekom. Die stadsinge-nieur het nie doekies omgedraainie. Hy was bereid om die blaam tedra, maar het tog benadruk dat hydie raad vroegtydig gewaarsku hetdat die stad op ’n waterkrisisafstuur.Bloemfontein, wit en swart,

wagtend op reën, moes oorleef deurboorgate wat inderhaas deur dieplaaslike owerheid gesink is toe diekrisis begin opbou, asook vanprivate boorgate en putte. Toe vierboorgate boonop opdroog, het ditdie krisis vererger.

ModdergooierySoos te wagte het die pers en die

inwoners weldra gevra hoe is ditmoontlik dat die stadsraad enmunisipaliteit sienderoë in diestrik kon trap. Die waterprobleemis tog geen nuwe kwessie wat nouskielik opduik nie, is gesê.Reeds in 1914 het ’n spesiale

kommissie bevind dat die Masels-poort- en Mockesdam onderskeide-lik 45% en 75% toegeslik is. Daar isaanbeveel dat die wal by eersge-noemde met 10 voet (sowat 3 m)verhoog word en groot sluise byalbei damme aangebring word.Betrokkenes en die belastingbeta-lersvereniging het hiertoe ingestemen geld daarvoor is begroot. Ná dieuitbreek van die Eerste Wêreldoor-log in 1914 is die planne op dielange baan geskuif en laterheeltemal laat vaar ten gunste vandie Modderrivier-waterskema –ondanks die feit dat dié skema jaresou neem om te voltooi.

Ja-nee, het The Friend diestadsvaders karnuffel. Julle het tyden energie verspeel met grandiosenuwe waterskemas in plaasdaarvan om voorbereidings te trefom die krisis waarin die stadverkeer vroegtydig te troef.Veral Die Volksblad, as spreek-

buis van die Afrikaner, het kwistigdie roede ingelê om die Engels-oor-heerste stadsraad by te kom.Hulle het die voortvarende

neus-in-die-lug-houding van die ledeuitgewys en hul vergaderingsafgemaak as “sigaret-en-tee-byeen-komste”, waar onbenullige sakeaandag kry pleks van lewensnood-saaklike kwessies.Kyk na Kaapstad, is gesê, hulle

laat nie hul damme halfvol modderraak nie en hulle bepaal daagliksdie vlak van hul water. En asse-blief, is die raad versoek, moet tognie die boorgate te naby mekaarsink nie, want dan sal die een dieander leeg trek, of private boorgategaan gekneus word deur amptelikeboorgate in hul nabyheid.Ontstoke inwoners het, net soos

vandag, deur die pers van hullelaat hoor.

Bespaar water sóOp 29 Oktober het die stadsraad

vergader en sy noodmaatreëlsduidelik uitgestippel om waterbe-sparing in die “extremely criticalcondition” tuis te bring. Enigeweggooi-water, selfs badwater, isnie vir die tuin nie, maar omtoilette te spoel – oortreders sename sal in die pers aangekondigword. Diegene met windpompe enboorgate op hul erf is versoek omdit aan die stadsraad beskikbaar testel.Hotels, klubs, losieshuise en

private wonings is aangesê omslegs te stort en dan slegs tussen

ses en sewe soggens en saans.Waterkarre sou die stad bedien enalmal kon twee petrolkanne vul vironder meer hul toilette.’n Sentrale noodkomitee, ’n

water-opspoorkomitee, waterver-spreidingskomitee en klagtekomiteeis in die lewe geroep.Aan die begin van November

1919 het welkome reën begin uitsaken weldra was die waterkrisisonder beheer.Hoewel modder kwistig rondge-

gooi is oor wie die skuldiges in diekrisis kon wees, is die burgemees-ter en sy raadslede, die komiteevan openbare werke en die

stadsingenieur en sy hoofde geloofvir hul onbaatsugtige werk ommidde-in die krisis met die geriewetot hul beskikking te poog omwater aan die stad te verskaf.So, terwyl daar reuse-druk was

dat ’n kommissie van ondersoekdie hele debakel moes ondersoek endat die skuldiges aan die pen moesry, het die stadsraad besluit: neewat!Klink bekend, nie waar nie?Dit kon net so wel gister geskryf

gewees het.SDr. Hannes Haasbroek isverbonde aan die NasionaleMuseum in Bloemfontein.

Waternood niks nuuts

Page 12: Bloemnuusbl 20140228

Adriaan Strauss, kaptein van die Cheetahs, wys na die tatoeëer­merk opdie rug van ’n ondersteuner. Die Cheetahs het Saterdag­middag na Melbourne, Australië, vir die volgende ronde van dieSuperrugby­reeksvertrek.Hullemeet vandagkragte teendieRe­bels. Daarna kom hulle in Brisbane teen die Reds te staan, voor­dat hulle na Nieu­Seeland vertrek om die Hurricanes en Bluesaan te vat. Maak ’n draai op Bloemnuus se Facebook­blad omte sien hoe van die Cheetahs voor die vlug na Australasië vanhul geliefdes afskeid geneem het.

Getrouer kan dit nie

Pak dieNavalDuiwel

Rufus Botha

DIE Bloemfontein-Striders-marathonklub sejaarlikse Spar-padwedloopbyeenkoms wat ’nmarathon (42,2 km), halfmarathon (21,1 km),10 km- en 5 km-pretwedloop insluit, wordmôre gehou.

Goeie nuus is dat atlete wat nog vir dieTwee Oseane- en Comrades-ultramarathonswil kwalifiseer, môre se marathon daarvoorkan gebruik, omdat dit ’n amptelikekwalifiserende wedloop is.

Die marathon begin om 06:00 en dit kosR90 om in te skryf terwyl die halfmarathon15 minute later (06:15) begin. Inskrywingsvir laasgenoemde kos R70.

Die skoot vir die 10 km (R50) sal om 06:30klap en vir die pretwedloop (R30) om 07:15.

Die wegspring- en eindpunt is by dieBloemfontein-rolbalklub langs Unielaannaby die ingang van Naval Hill. Hieromstaan die wedloop ook as die Naval Duiwelbekend.

Inskrywings kan vandag van 16:00 tot19:00 by die wegspringplek gedoen word enook die oggend van die byeenkoms van05:00 af.

Goeie prysgeld is op die spel vir diekategoriewenners van die marathon,halfmarathon en 10 km-wedlope. Die mans-en vrouewenners van die marathon sal elkmet R1 400 huiswaarts keer.

Vir verdere inligting bel Leana by082-573-7222 of Jaco by 082-416-6779.

EERSTEKLAS: Wynand Bloem en JoubertKlopper van Grey­kollege (primêr) hetSuid­Vrystaat­A­span­kleure in tennis ver­werf. Foto: Eric Grobbelaar