bloemnuusbl 20140627

12
VRYDAG 27 JUNIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS Skoonheid Sanger se sus mooi in video bl. 4 Vryfees Hulle laat kaartjies vlieg bl. 2 Aftrede wink Argivaris groet ná jare by groep bl. 2 Hannes Haasbroek OF dit vandag is of in die verre verlede, die dienste wat Bloem- fontein se munisipaliteit lewer om die stad skoon en netjies te hou, bly maar onder die vergrootglas en in die spervuur. Tydens my omswerwinge in die Vrystaatse Argiefbewaarplek ontdek ek in die The Friend-ver- sameling ’n klompie foto’s wat die koerant as waghond van openbare belange in die 1960’s en 1970’s geplaas het om die munisipaliteit op sy tone te hou. The Friend het in 1850 sy eerste lewenslig in die stad aanskou en hoofsaaklik as Engelse medium die stad meer as ’n eeu gedien totdat die laaste asem in 1985 uitgeblaas is. Tereg kan gevra word: Wat is nuut? Ou bedeling, nuwe bedeling, probleme met munisi- pale dienste sal daar altyd wees. S Sien ook berig en nog foto’s op bl. 2. Regs: ’n Tong-in-die-kies-byskrif by die foto wat op 28 November 1969 in The Friend verskyn het: “One street up from Maitland Street, Bloemfontein, there is this large weed . . . uh, garde- ner . . . I mean, parking meter (I think).” Die kortbroek-safaripak, lang kouse en skoene was hoog “mode” in daardie jare. Botchabela-township, 1978: Om vars water in hierdie besoedelde, stagnante voor te skep is moeilikheid soek vir enigeen se gesondheid. Niks nuuts onder son

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 31-Mar-2016

260 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140627

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuusbl 20140627

VRYDAG 27 JUNIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

Skoonheid

Sangerse susmooi invideo

bl. 4

Vryfees

Hullelaatkaartjiesvlieg

bl. 2

Aftrede wink

Argivarisgroet nájare bygroep

bl. 2

Hannes Haasbroek

OF dit vandag is of in die verreverlede, die dienste wat Bloem-fontein se munisipaliteit lewerom die stad skoon en netjies tehou, bly maar onder dievergrootglas en in die spervuur.Tydens my omswerwinge in

die Vrystaatse Argiefbewaarplekontdek ek in die The Friend-ver-sameling ’n klompie foto’s watdie koerant as waghond vanopenbare belange in die 1960’sen 1970’s geplaas het om diemunisipaliteit op sy tone te hou.The Friend het in 1850 sy

eerste lewenslig in die stadaanskou en hoofsaaklik asEngelse medium die stad meeras ’n eeu gedien totdat die laasteasem in 1985 uitgeblaas is.Tereg kan gevra word: Wat is

nuut? Ou bedeling, nuwebedeling, probleme met munisi-pale dienste sal daar altyd wees.S Sien ook berig en nog foto’sop bl. 2.

Regs: ’n Tong­in­die­kies­byskrifby die foto wat op 28 November1969 in The Friend verskyn het:“One street up from MaitlandStreet, Bloemfontein, there isthis large weed . . . uh, garde­ner . . . I mean, parking meter (Ithink).” Die kortbroek­safaripak,lang kouse en skoene was hoog“mode” in daardie jare.

Botchabela­township, 1978: Om vars water in hierdiebesoedelde, stagnante voor te skep ismoeilikheid soekvir enigeen se gesondheid.

Niks nuutsonder son

Page 2: Bloemnuusbl 20140627

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 27 JUNIE 2014

Om die plaaslike vullishoop op ’n straathoek van jou buurt te hê,het die omliggend inwoners van Heidedal in 1978 as geen grap be­skou nie.

’n Paar verrinneweerde asblikke staan rondop die sypaadjie van Charlesstraat in Mei1977. In daardie jare was die houers nog in­derdaad van blik en nie plastiek soos van­dag nie. Plastiekvullissakke vir asblikke isook nog nie gebruik nie.

Stadsraadslid Danie Lombard is vies omdat die munisipaliteit op24 Februarie 1973 nog nie die welige vuilgoedbossies voor ‘n slag­huis in King Edwardweg, Willows, verwyder het nie. Foto’s: The Friend

Niks nuutsonder son

Hannes Haasbroek

OF dit vandag is of in die verre verlede, diedienste wat Bloemfontein se munisipaliteitlewer om die stad skoon en netjies te houbly maar onder die vergrootglas en in diespervuur.

Hierdie foto’s vertel hul eie storie.Op Bloemnuus se webblad word die volgen-de vraag gevra: As jy die keuse kon hê, soujy in die ou of eerder die nuwe Suid-Afrikawou woon? Bring jou stem uit opwww.bloemnuus.co.za.

Linda Geyer, argivaris van dieVolksblad-groep (waarvan Bloem-nuus deel is) in Bloemfonteingroet vandag ná 15 jaar in diépos. JENS FRIIS het met Lindagesels.

Hoe het dit gebeur dat jy by Volks-blad begin werk het? Ek het Bybelstu-die saam met die destydse redakteur,Paul Marais, se vrou gedoen. Sy hetgehoor ek is op soek na werk en verteltoe dat haar man se sekretaresse, ElmaMaritz, op kraamverlof moet gaan en dathulle ’n aflos nodig het.

So het ek Elma vir ’n paar maandeafgelos, toe vir ’n maand by advertensiesen weer vir ’n maand in die biblioteek.Len Botha van die biblioteek moes oppensioen gaan en ek was toe die gelukki-ge een om in haar plek aangestel teword.

Waar was jy op skool? Die HoërskoolPresident Steyn in die Waterbron-omge-wing, van sub A tot matriek. Ek hetwonderlike skooljare gehad. Ons was 30matrikulante en behalwe vir tweeleerlinge, was ons almal van sub A totmatriek in dieselfde skool.

Ons was ’n gesin van vyf. Ma, pa, tweedogters en ’n seun. Ek is met Jack Geyergetroud en einde Junie sal ons reedsdrie dekades getroud wees.

Wat het jou werk by Media24 behels?Om die biblioteek en elektroniesedatabasis te bestuur. Algemene toesig-houding oor die inhoud van die biblio-teek. Die effektiewe opsporing vanelektroniese gepubliseerde berigte enfoto’s na aanleiding van navrae telefo-nies of per e-pos. Administratiewe takesoos die maandelikse bind van koerante.

Wat was die lekkerste van jou werk?Om iemand te help om navorsing tedoen oor ’n sekere onderwerp en dieblydskap van lede van die publiek ashulle na ’n berig of foto soek en jy kandit vir hulle opspoor.

Dink jy dit gaan ’n skok vir jou gestelwees om af te tree en uit jou gewoneroetine te wees?

Ja, ek vermoed nogal so, ek het virbaie jare in my lewe gewerk – byVolksblad en ander plekke. Maar dit salook lekker wees om weg te kom van diedodelike roetine wat elke weeksdag virjou bring. Jy moet net besig bly en ’nstokperdjie hê.

S Sien ook die berig op bl. 11 oorloopbaankeuses.

Argivaris groetná jare by groep

Linda Geyer by duisende koerante wat oor die jare heen in die Volksblad­gebou ge­boekstaaf is. Foto: Jens Friis

BykomendevertoningsDIE Vryfees kook behoorlik en bykomendevertonings vir drie uitverkoopte produksiesis reeds gereël.

Die drama Vir ewig en altyd speel nou ookop Sondag 20 Julie om 09:00, die komedie DonJuan onder die boere speel ook op Sondag 20Julie om 10:00 en die komedie Vettie Vettie opMaandag 14 Julie om 21:00.

Die tien topverkopers lyk in hierdiestadium soos volg: Vir ewig en altyd; Hart ensee; Vettie vettie; Hol Marion!; Rondomskrik;Drie van die bestes; Feeskatte; Navi Redd; DonJuan onder die boere; en Dowwe Dolla betaalbelasting.S Kaartjies vir Vryfees-produksies is byComputicket en by die Odeion op die Kovsie-kampus te kry.

Skaf die programboekie (R10) by dieverkooppunte aan, of laai dit af by www.vry-fees.co.za.

Page 3: Bloemnuusbl 20140627

BLOEMNUUS, VRYDAG 27 JUNIE 2014 3

S DIE volgende Bloemfonteinerswat vir die JohannesburgseFilharmoniese Orkes speel, isgenooi om in Azerbeidjan op tetree:* Samson Diamond;* Richard Reid;* Francois Henkins;* Jeanne-Louise Moolman* Peter Guy;* Brahm Henkins; en* Milena Toma.

S Die raad van die VrystaatseVereniging vir Advokate is verkies:Alex Danzfuss sal as voorsitterdien en Piet Greyling as sekreta-ris. Die ander raadslede is Henri-ette Murray, Paul Zietsman,Dustin Thompson, StefanGrobler, Neil Snellenburg enTiaan Pienaar.

S Rudie van Rensburg, oudredak-teur van Bloemnuus, se boekKopskoot verkoop só goed dat ditbinne enkele weke reeds ’nherdruk beleef.

S Relene van Zyl (62) vanHarmonie, ’n Athalia-huis, isweens hartprobleme oorlede. Haarman, Chris, is steeds ’n Athalia-in-woner.

S Charles Johannes (BoetaKalla) Coetzee (72), ’n boukontrak-teur en skrynwerker van Bloemfon-tein, is oorlede. Hy word deur syvrou, Shereave, oorleef.

S Die volgende Bloemfonteinershet pryse gewen in die Bloemfon-tein-skrywersvereniging se landwyewedstryd:*Marize Meyer van die HoërMeisieskool Oranje;* Izel van Zyl van die HoërMeisieskool Oranje;* Jemima Meyer van die Hoër-skool Jim Fouché;*Handré Jankowitz van dieHoërskool Jim Fouché;* Elize Hoffman van die LaerskoolUniversitas;* Jan Beyers, en*Karen van Vuuren

SAndré-Hugo Venter en Dan-wich Beukes is in die Vrystaatselaerskole-Cravenweekspan inge-sluit. Hulle is die seuns van tweevoormalige Vrystaat-rugbyspan-maats, André Venter en JoeBeukes. Die twee seuns, albeileerlinge aan Grey-kollege (primêr),kom Maandag vir hul eersteCravenweek-wedstryd teen SWD inDurban te staan.

SAnnie Oelofse van Athalia viervandag haar 95ste verjaardag.

S Izak Fourie se uitstalling LittlePieces of Joy het by Nuance deRose op die hoek van Kellnerstraaten Tweede Laan geopen.

S Die volgende mense in Bloem-nuus se lesersgebied is oorlede:* Daniël de Kock (1937);* Lihan du Plessis (1987);*Andries Botha (1931);* Johannes Jacobus (Jaques)Gous (1955);*Andries Mathys Janse vanRensburg (1931);* Lore Edda van Schalkwyk(1940);*Mildred Irene Venter (1931);* Lettie van Niekerk (1930); en* Jacques Gous (1955).

S Die Volksblad-groep se perso-neellede het in verskeie redaksio-nele en advertensiekategorieë vanMedia24-Nuus se Legends-eerbewy-se vir 2014 koning gekraai. DieLegends-kompetisie erken enbeloon uitmuntende prestasie binneMedia24. Die vier Bloemfonteinerswat uitgeblink het, is:* Charles Smith – rubriekskrywervan die jaar;* Conrad Bornman – fotograaf vandie jaar;*Maurits van Wyk – opskrif-en-plakkaatskrywer van die jaar; en* Natasha Appelgryn – direktekleinhandel-verkoopsverteenwoordi-ger van die jaar.

S Victor Matfield het Saterdag op37 jaar en 41 dae die oudsteSpringbok nóg in ’n toets geword.

S Pietie Coetzee, wat as 16-jarigehaar buiging vir die Proteasgemaak het, se roemryke loopbaanhet vandeesmaand met die Wêreld-beker-hokkietoernooi in Nederlandtot ’n einde gekom. Coetzee (35) hetin haar swanesang teen Japan haar282ste doel in 287 wedstryde – ’nongeëwenaarde prestasie – aangete-ken.

S Vier mans wat sê hulle is askinders deur ds. Solly Ozrovech(88) gemolesteer, het verledeVrydag ’n klag van onsedelikeaanranding teen hom by die polisieingedien. Dit kom nadat dié viergekla het hulle sukkel al driemaande dat die polisie ’n dossiermoet open. Hulle beweer Ozrovechhet hulle dekades gelede asweeskinders seksueel misbruik.Ingevolge die wet het die klagtesreeds verjaar, maar daar kanuitsonderings gemaak word.

S Prof. Louis Scott, one of SouthAfrica’s leading palynologists andformer chairman of the Depart-ment of Plant Sciences at theUniversity of the Free State (UFS),recently retired. As recognition forhis great contribution in promotingpalynology, which is the study ofpollen grains and spores inarchaeological findings, an interna-tional symposium will be held inBloemfontein in July. The symposi-um: From Past to Present – Chan-ging Climates, Ecosystems andEnvironments of Arid SouthernAfrica; a Tribute to Louis Scott, willbe hosted from 7 to 11 July. Formore information, phone prof.Maitland Seaman (051-401-2863) orLouis Scott (083-629-6380).

Wel en ook wee

Desireé Jansen van Rensburg vandie plaas Groot Kaliesfontein, Phi­lippolis, is in Philippolis oorledenadat sy in ’n Bloemfonteinse hos­pitaal behandeling ontvang het.Haarman,Klaas, is in 2009oorlede.Desireé word deur twee dogters,ElfriedaSmit vanParys enAnneliseNeethling van Smithfield, asook ’nseun, Nicholaas, ’n onderwyseraan die Hoërskool Sentraal inBloemfontein, oorleef. Desireé isDinsdag uit die NG kerk Philippolisbegrawevanwaar die stoet vertrekhet na die plaas vir die teraardebe­stelling.

’n Groot trop gemsbokke wei in Vrystaatse wintervaal gras op die Woodland Hills Wildlife Estate in die noordweste van Bloemfontein. Dit sal tot Maandag nie warmer as20°C en ook nie kouer as ­2°C word nie. Daar is slegs more ’n 30%­kans op 3 mm se reën, deur weathersa.co.za voorspel. Foto: Jens Friis

Page 4: Bloemnuusbl 20140627

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 27 JUNIE 2014

LISE-MARIE, oorspronklik vanWepener, is deesdae te sien inDavid se musiekvideo Vandagmaak ek jou my vrou van sy album’n Stukkie Hemel. Dié liedjie is uitdie pen van David en die sangerVaughan Gardiner.

“David het my gevra om ’nliedjie te kies wat ek dink sy

volgende hit sou wees, waarvoordaar ’n musiekvideo gemaak souword,” sê sy.

Sy het haar keuse gemaak en toemet die konsep vir die videovorendag gekom.

“Almal droom van hul troudag,hul sprokiesrok. Die storie wat metdie liedjie vertel word, is baie

spesiaal. David het ’n uniekerigting daarmee ingeslaan en wouhê die fokus moet op die rok, ’ndroomrok vir elke vrou, wees.

Produksiedag

Vir Lise-marie was produksiedag’n heerlike ervaring.

“Ek was mal oor die gepamper-lang. Jy sit in ’n stoel en almaltrippel om jou rond om jou ‘mooi’te maak. Ek het ’n rok aangehadwat deur Thomas Thomson, eenvan die topontwerpers in Suid-Afri-ka, ontwerp en gemaak is.”

Natuurlik het die dag nie sonder’n paar snaakse voorvalle verloopnie.

“Op daardie oomblik is dit nienoodwendig snaaks nie, maar nádie tyd lag ’n mens lekker daaroor.

“Ek het Thomas nie voor die tydontmoet nie. Hy het laat weet hoehy sy modelle se figuur verkies enek het my mates vir hom gestuur.Ek het die rok ook die eerste keerop die stel gesien. Toe ons aantrek,sê hy vir my: ‘Trek in jou boude’.Nou hoe trek ’n mens jou boude in,wil ek weet?

“Toe ek net klaar in die rok wasmet die bloomer hoop en al, moesek badkamer toe. Wildvreemdesmoes my toe help om al die lae vandie rok op te lig.

“Die lede van die produksiespanwas baie professioneel en het uithul pad gegaan om my gemaklik telaat voel. Ek dink dit is belangrik,want dit laat die beste in jou navore kom. Jy moet selfvertroue hê(die kamera hou jou fyn dop). Daaris ook natuurlik die stemmetjie watvir jou sê dit is jou boetie se video,sy naam is op die spel . . . jy beterperform.”

Lise-marie, wat ook vir dieVolksblad se Vryfees gewerk het,woon deesdae in die Kaap waar syhaar juweelprojek, Happy Ears,bedryf.

Otosklerose

David, Lise-marie en hul suster,Claré Marie, is al drie met musiek-talent geseën.

“Ek dink my ma, Elise, droomvandag nog dat ons drie saam opdie verhoog sal staan.

“Ek was drie toe ek klavier beginspeel het en het op 16 jaar aanUnisa se gr. 8 begin werk, maar hettoe met my gehoor begin sukkel.

“Ek is met ’n aggressiewe vormvan otosklerose gediagnoseer watby net 5% van die bevolkingvoorkom.

“Dit is weens ’n oorerflike geen,maar interessant genoeg kan onsdit nie in ons familie naspoor nie.Dit veroorsaak dat die koglea vandie oor nie ophou groei nie – ditdruk dan teen die middeloor enveroorsaak inflammasie en dat diebeentjies in die oor nie meer kanvibreer om die klank na die breinte gelei nie.

“Ek kan nie meer voëls, die windof reën sonder my gehoorapparaathoor nie en dié het natuurlik syvoor- en nadele. Die klank iselektronies en dit neem ’n ruk omdaaraan gewoond te raak. Jy kannie daarmee sing nie, dit klink soweird.

“Die prognose is dat ek heeltemaldoof sal word, maar ek is hoopvolen my geloof is sterk. Ek glo dieHere sal vir my ’n uitweg gee.”

Happy Ears

Lise-marie het nou 51%-gehoor-verlies in albei ore en die HappyEars-projek is ’n uitvloeiselhiervan.

Nadat sy ’n juweelkursus voltooihet, het sy oorringe begin maak. ’n

Persentasie van die wins word aandie Happy Ears-fonds geskenk ommense met gehoorverlies geldelikby te staan.

“Die projek is ’n uitvloeisel vanmy gehoorverlies omdat ek mensemet ’n soortgelyke probleem wilhelp. Deon Ceronio, die Bloemfon-teinse oudioloog, ondersteun dieprojek en die oorringe is in syspreekkamer te koop.

“Dit is ongelukkig so dat diesamelewing nie baie empatie hetvir doofheid nie, omdat ’n mens niekan sien daar is fisiek met iemandfout nie.

“Ek het al gehoor mense sê ek isdom, dié wat nie weet ek kan nie

hoor nie, of ek is upstairs omdat ekhulle ignoreer of nie aan ’n gesprekdeelneem nie – selfs dat ek stadig(verstandelik gestremd) is. Dit ismaar die dinge wat met gehoorver-lies gepaardgaan.”

Ma se droom bewaarheid

Ma Elise se droom is Saterdagbewaarheid toe Lise-marie enDavid die eerste keer sedert hyprofessioneel begin sing het, hulma met ’n duet verras het. Dit wastydens ’n konsert in Burgersdorp.

“My ma het vanjaar 60 jaar oudgeword en ons wou vir haar ’npartytjie hou, maar sy het vasge-skop en gevra ons moet eerder ’nkonsert in Burgersdorp hou.”

Dié konsert, Classics on theRocks, is deur Irma Davel, IzakDavel se ma, en Elise, albeimusiekonderwysers aan dieHoërskool Burgersdorp, gereël.

“David het besluit ek moet ooksing, omdat dit haar droom is datons saam op die verhoog moetsing.”

Lise-marie sê hulle het op dieliedjie Sy besluit wat Davidspesiaal vir Ma Elise geskryf het.

“Ek het hier in die Kaap hardgeoefen en sanglesse by Hanna vanNiekerk geneem om my gehoor testimuleer, omdat ek so graag weerwil sing. Ons moes natuurlik eers’n klanktoets doen omdat ek nognie saam met David met versterkteklank gesing het nie en omdat eknie seker was of ek myself sou konhoor en op noot sou kon bly nie.”

Ma Elise het dit die eerste keertydens dié klanktoets gehoor.

“Sy het ná die tyd vir my gesêdit was pragtig en haar hart istevrede. Haar droom is nou halfpadbewaarheid, dit is nog net ClaréMarie wat kort.

“Baie mense het ná die tyd gevraof ons gereeld saam sing, so ekdink ons eerste poging was ’nsukses en, wie weet, dalk volg daarnog.”

Talent kleintyd gesmee

“Dit is ’n wonderlike gevoel dat David my vertrou en genader het virdie geleentheid – ook omdeel tewees van ’n stukkiewerkwat op kame­ra vasgevang is enwat ons altyd kan onthou en na kan kyk,” sê Lise­ma­rie Fourie, die bruid in haar broer, David, se musiekvideo Vandag maakek jou my vrou. Foto: Bianca Gainsford

Lise­marie sê die voorbereiding vir die maak van die video was opwin­dend. “Jy sit in ’n stoel en almal trippel om jou rond om jou ‘mooi’te maak.” Foto: Bianca Gainsford

“Ek het vir die maak van die video ’n rok van die ontwerper ThomasThomson aangehad. Rapport het ’n kompetisie aangebied waarin eenleser ’n sprokiesrok ontwerp en gemaak deur Thomson ter waarde vanR30 000 kon wen. Lesers moes na die musiekvideo Vandag maak ekjou my vrou kyk en twee vrae daaroor beantwoord,” vertel Lise­marie.

Foto: Bianca Giansford

David en Lise­marie Fourie het hulma, Elise, Saterdag inBurgersdorpmet ’n duet verras. Wat dit so be­sonders maak, is dat Lise­mariemet otosklerose gediagnoseer isen in dié stadium 51%­gehoorver­lies in albei haar ore het.

AS kinders het hulle saam voor die klavier vir die grootmensekonsert gehou, maar min het Lise-marie en haar ouboet, diesanger David Fourie, geweet dat dit jare later die fondament vir ’nbaie besonderse projek sou wees. THEONIE KOK het metLise-marie, wat nou in die Kaap woon, gesels en meer hierooruitgevind, asook oor die groot verrassing vir hul ma, Elise, tydensDavid en Izak Davel se konsert in Burgersdorp verlede Saterdag.

Page 5: Bloemnuusbl 20140627

BLOEMNUUS, VRYDAG 27 JUNIE 2014 5

LEADING agri-business company, Syngen-ta’s Grain Academy, today conferredcertificates to the class of 2014 that comple-ted a four-month long leadership program-me. The programme sought to equip 20commercial growers identified from all overthe country with the skills and leadershipcompetencies required to tackle the risingchallenges of food security and agriculturalproductivity.

Developed in partnership with theUniversity of the Free State’s (UFS)Business School, the programme commen-ced in February this year and entails athree-modular interactive session over theperiod of four months.

It is facilitated by Thinking Fusion, astrategic leadership development organisa-tion. The academy is Syngenta SA’s flagshipleadership development initiative and issponsored by the leading agri-business. Theclass of 2014 is the second to graduate sincethe Grain Academy was started last year.

The ceremony was graced by Prof. NeilHeideman, dean: Faculty of Natural andAgricultural Sciences, University of theFree State, Jannie de Villiers, CEO, GrainSA, Dr John Purchase, CEO of AgBiz, andchairman of Grain SA, Louw Steytler.

Antonie Delport, MD, Syngenta SA, said:“By successfully completing this rigorousprogramme, the students have demonstratedtheir work ethic and commitment to thesector.”

Students encouraged

He encouraged the students to use theskills they had learnt at the Grain Academyin the service of agriculture.

“After this leadership developmentjourney, we trust you will also serve asambassador and attract high-quality talentto meet the future workforce’s needs ofagriculture,” Delport added.

The Grain Academy initiative is suppor-ted by industry body Grain South Africawhose CEO, Jannie de Villiers, said:“Agriculture requires trained leaders whonot only understand the technical aspect offarming, but are also fully conversant of thedynamics and issues that affect the sector.

“The strategic initiative undertaken bySyngenta through the Grain Academy is amuch-needed investment that will shape thelandscape of the agricultural sector, placingit as a competitive industry that drives theeconomic development of South Africa.”

To successfully complete the programme,the students are given a modern-dayagricultural challenge to address and thefindings are presented to an audience ofindustry stakeholders, UFS faculty represen-tatives and Syngenta management.

As part of the convocation, the studentsshowcased their research findings and wererecognised for their work. Their projectsanswered questions around the imminentwater crisis in South Africa, the state ofagriculture in the country, as well as theutilisation and distribution of communalland through policy and legal frameworksto improve food security.

More information about the GrainAcademy on www.syngenta.co.za.

Goodworkethicpays off

The class of 2014 flanked by Mphilo Dlamini, AME corporate affairs manager, Syngenta, and Prof. Neil Heideman, dean: Faculty of Natural and Agricultural Sciences, Universityof the Free State, on the extreme left, and Jannie de Villiers, CEO, Grain SA, on the extreme right.

Page 6: Bloemnuusbl 20140627

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 27 JUNIE 2014

Getroud

Johan en Tanya Strydom. Foto: 3’kies Photography Marnus en Chantelle Venter. Foto: Go Urban Photography

Charlene en Llewellyn Biggs. Foto: Tania Allen Photography Dries en Karryn van der Westhuizen. Foto: KB Photography

Verna en Conrad van Kratenburg. Foto: Luzel Nel Melanie en Gunnie Store. Foto: Joke Viljoen Photography

Page 7: Bloemnuusbl 20140627

BLOEMNUUS, VRYDAG 27 JUNIE 2014 7

OOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOO

S The Friend,Wednesday, 28 April, 1971

THROWING away a matchboxwill be expensive in Bloemfonteinfrom May 1, when the CityCouncil’s litter campaign starts.Yesterday the council announcedwhat the fines would be.

In an interview yesterday, MrA.W. Hibbert, public relationsofficer of the municipality, said alarge number of City Councilemployees will be empowered toimpose spot fines on people who

littered the streets.There would be no hesitation in

taking persistent offenders tocourt, where they would be finedmore severely, he said.

The maximum fine for a personfound guilty in a court will beR100. Spot fines, could be anythingfrom 50c to R10.

Throwing bottles in the street,

or spreading broken glasses, couldcost the offender R10 and puttinggarden refuse on the pavementcould cost African offenders 50cand White house owners R30,provided the amount is small. Thesame fines will apply to shoprefuse.

Abandoned cars will cost theirowners a R5 fine and cigarettebutts or matchboxes thrown in thestreet will cost Whites R1 andAfricans 50c. The littering ofpaper will carry a fine of R2 forWhites and 50c for Africans.

LINKS: ’n Groente­en­vrugteverkoper wuif vriendelik vanaf sy stalletjie in Heidedal. Jan van der Merwe hettalle foto’s in dié Bloemfonteinse woonbuurt geneem. Gaan kyk daarna op www.bloemnuus.co.za.

Litterbugs will be finedArchive

Nuusin kortS Nederland het alles in sy vermoëgedoen om ’n vroeë ontmoeting met diegasheerland, Brasilië, in die Wêreldbe-ker-toernooi te vermy. Die manne inoranje het Chili met 2-0 getroef ensodoende bo-aan Groep B geëindig.Brasilië word as ’n gunsteling beskou omdié toernooi te wen. Nederland het in 2010teen Spanje in die eindstryd verloor.Vanjaar het hulle egter met 5-1 met Spanjeklaargespeel.

S Die Hoër Landbouskool Landboudal se1994-matrieks hou oor die naweek van 25en 26 Julie reünie. Vir meer inligting kan’n e-pos aan [email protected] word.

S Terence Bridgett, die akteur wat alrolle in Isidingo, Binnelanders en 7deLaan vertolk het, is deur rowers inKnysna aangerand. Twee verdagtes het bydie huis ingebreek wat sy produksiemaat-skappy vir hom gehuur het.

Bridgett is in die kusdorp om aan ’nnuwe rolprent te werk. Hy is in diehospitaal opgeneem, maar is reedsontslaan.

S Air France het Jens Friis, redakteurvan Bloemnuus, se bagasie op die Charlesde Gaulle-lughawe in Parys, Frankryk,verlore laat raak en dit word ná drieweke steeds gesoek.

Sy bagasie het óók onderweg vanJohannesburg na Bloemfontein met SAExpress verlore geraak, maar is dievolgende dag gevind.

S Die Protea-netbalspeler Karla Mostert isdie Kovsie-netbalspan se nuwe kapteinvir die komende Ussa- en Varsity-toer-nooie.

Die 24-jarige Mostert neem die leiselsoor by die Protea- en Vrystaat-kaptein,Maryka Holtzhausen, wat vir die universi-teite-toernooi as haar onderkaptein salwaarneem.

Die Kovsie-afrigter en voormaligenasionale breier, Burta de Kock, hetbeklemtoon die besluit is geneem met dieoog op bogenoemde twee toernooie.

S ’n Groot mielie-oes in die Vrystaat kanlaer voedselpryse tot gevolg hê, met ’nbaie positiewe uitwerking op die platte-land.

Só sê prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom aan die Universiteit van dieVrystaat (UV).

Dít volg op die nasionale oesskattingsko-mitee se landwye mielie-oesskatting, watvanjaar die naasgrootste nóg is.

S Suid-Afrika se langste en mees uitmer-gelende staking is amptelik verby. JosephMathunjwa, president van die vakbondAmcu, het die einde van die platinumsta-king in die Koninklike Bafokeng-stadionby Rustenburg aangekondig nadat ’n skarevan sowat 25 000 die loonaanbod wat hyaan hulle voorgelees het, aanvaar het.

Van 1 Julie kry werkers op die intree-vlak-poste ’n verhoging van R2 000 permaand – R1 000 vir die jaar tot eindeJunie 2014 en nog R1 000 vir die jaar toteinde Junie 2015. In Julie aanstaande jaarkry hulle nog R950 per maand by. Dieverhogings sal die basiese loon vanintreevlak-werkers wat ondergronds werk,teen Julie 2016 op tussen R8 500 en R9 700per maand bring.

Page 8: Bloemnuusbl 20140627

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 27 JUNIE 2014

Involved in a car accident?BEING involved in an accidentcan be both scary and stressful.It’s important to remain calm andcollect the necessary informationshould you need to make aninsurance claim, says MiWayhead of online marketing, RoryJudd.Whether it’s a small bumper-

bashing or a major crash – if youhave ever been involved in anaccident then you would recallthe initial shock, especially if youdid not know what to do. Acci-dents happen when we leastexpect them.The first thing to remember is

that by law you must stop yourvehicle if you are involved in anaccident that causes injury or thedeath of someone, damage toproperty or any animal. If only asingle vehicle was involved in theaccident and you did not crashinto another vehicle or person, ordamage property, you do nothave to stop.In a case where you have to

stop, find out how much damagehas been caused. You also need togive your full names, ID number,address, contact numbers and the

vehicle registration number tothe other person or peopleinvolved in the accident, as wellas the police or traffic officialattending to the scene. In turn,you should try to get this infor-mation from all parties involvedand any witnesses.These details will be crucial if

you need to claim from yourinsurance company or the RoadAccident Fund, or if you want toclaim the costs of repairs fromthe other party.If you have a camera or your

cellular phone with you, it is agood idea to take photographs atthe scene of the accident.Take photographs of the other

vehicles that are involved, thelocation of the vehicles on thescene, the damages and licenceplates.The information that has been

captured will come in handy at alater stage during the processingof your claim. This will alsoassist the investigation shouldthere be any discrepancies, forexample, regarding the extent ofthe damage.Make sure to report the

accident to the police, as thepolice do not have to be called tothe scene if no-one was injured.The accident must however, bereported by both drivers at apolice station or traffic depart-

ment office in the area where theaccident took place, within 24hours.If you are injured and cannot

report the accident immediately,you must do so as soon as

possible and explain why therehas been a delay.Contact your insurer as soon as

possible in order to start theclaim process. Most insurersrequire that you lodge a claimwithin 30 days from the date ofthe incident.Other Dos and Don’ts

) Do not make any statementsadmitting fault as this may affectthe investigation and authorisa-tion of your claim;) If your vehicle needs towing,only use a towing service that isauthorised by your insurancecompany;) If you do not have tow coverwith your insurance company askthe tow truck driver for a quotebefore your vehicle is towedaway; and) Write down the name, contactdetails and vehicle registrationnumber of the driver and towtruck and find out where yourvehicle is being taken.Remember these tips and

inform your insurance companyas soon as possible to ensure thatyou are back on the road in notime.

It’s important to remain calm after an accident and collect the necessaryinformation should you need to make an insurance claim.

Page 9: Bloemnuusbl 20140627

BLOEMNUUS, VRYDAG 27 JUNIE 2014 9

WAT gebeur, wanneer en waarin die groter Bloemfontein?Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk.Dit word ook gelaai op

www.bloemnuus.co.za.Stuur dagboekinskrywings in

die onderstaande formaat(moenie volledige nuus-verklarings stuur nie) [email protected]. Dit isgratis. Die spertyd is Dinsdagom 09:00.

VRYDAG 27 JUNIES Einde van tweede skoolkwar-taal.S Portretkuns: Keur van 40kunswerke uit die eerste SPI-por-tretkompetisie by Oliewenhuis tot20 Julie.SGood Idea Friday at Galleryon Leviseur at 07:00. This month’sspeaker is Philippe Burger, headof the economics department atthe UFS.SDonkermaan.SAdjusted: Drama met regiedeur Jefferson Dirks-Korkee om18:30 in die Sand, Ateljee 2.Pacofs, 051-447-7772.SNG gemeente Heuwelsig housy weeklikse gebedsbyeenkomsom 06:00. Frances Wessels,051-436-5218.S Skenk bloed by VictorianSquare, Pres. Reitzstraat, tussen09:00 en 16:45. Navrae: 051-447-4122.SBinnelanders (18:30 opkykNET, kanaal 144): Jana isverstom oor At se eise enQuinton stel vereistes waarmeeMargot nie saamstem nie. Okkieen Ilse besluit om die bul by diehorings te pak, terwyl daarmoeilikheid op die stel vanDokter-Dokter te bespeur is. Sonjawil vrede maak met Daleen, enJana en At is in ’n magstrydgewikkel,SVoorskou van Grahamstadsekunstefees in Smithfield. GregMay, 082-894-0769.SDarts Fun: Alle spelers iswelkom van 18:30 tot laat by dieOld Shute, Longstraat 1, Hilton.Motorwag aan diens. Bel Amandaby 073-185-7287 of Carien by072-992-3199.

SATERDAG 28 JUNIES Commencement of Rama-daan (Islamic, start of the monthof fasting).S Die Northern Free StateKennel Club se ope skou vind bydie Laerskool President Brandplaas. Alle honde is welkom.Inskrywings vind op die terreinvanaf 08:00 plaas en beoordelingbegin om 09:00. Marius Booysen(051-724-0736 – saans).SYsbeerswem by Bundu-kampby Ventersburg. Felix Burri,051-448-8281.SBoeremark van 06:00 tot 14:00,Langenhovenpark.SAnton Myburgh, Edenburg-gholfklub. Rita, 083-704-0099.SHengelkompetisie by Krugers-driftdam. Die hekke open om06:30. Amanda (073-185-7287) ofCarien (072-992-3199).

MAANDAG 30 JUNIESBinnelanders (18:30 opkykNET, kanaal 144): Grootopwinding heers oor ’n besoekeruit die buiteland,en Tertius maaksy plan aan Daleen bekend. Rianprobeer ’n middeweg vind tussenJana en At Pippa probeer Daleense vrese besweer. ’n Dokterbeïndruk Margot, en Ilse wil tweeerfstukke van Potch na Pretoriabring ná ’n droom.

DINSDAG 1 JULIESKwiltfees in Clarens. AlaëGrabe, 082-577-2232.

WOENSDAG 2 JULIES Crossing: Skilderye van waterby Gallery on Leviseur deur GregSchultz tot 20 Julie.S Elvis Blue, Naval Hill-planeta-rium, 19:30. Kaartjies kos R130.Yolandie, 051-401-9751.SVitiligo is ’n velsiekte waar-aan tot 2% van die wêreldbevol-king ly, dit is meer as 100 miljoenmense. Dit word gekenmerk deurareas van die vel waar diepigment verdwyn en wit kolleverskyn.Die presiese oorsaak van vitiligois nog onbekend maar genetieseoorerwing speel ’n rol om ’nindividu meer vatbaar te maakvir die siekte. Een moontlikheidis dat ’n persoon se eie immuun-stelsel die selle wat die pigmentvan die vel vervaardig in ’nspesifieke area vernietig. Die witkolle verskyn dikwels op diehande en in die gesig. Vitiligo isglad nie aansteeklik nie.Daar word ’n inligtingsessie inBloemfontein oor vitiligo in diegees van Wêreld-vitiligodaggehou. Dit sal om 18:00 in dieopleidingslokale op die sesdevloer van die Mediclinic Bloem-fontein plaasvind. Bevestigbywoning deur Mia Greyling by051-404-6251 te bel.

DONDERDAG 3 JULIES The Lotus Eaters: Handge-blaasde glas, klankinstallasie,digitale animasie, papier-en-foto-konstruksie en beeldhouwerkdeur Barbara Wildenboer tot27 Julie by Oliewenhuis.SUithak: Dirk van der Westhui-zen stel sy album om 19:30 byInnie Skuur bekend.

SATERDAG 5 JULIES Die Cheetahs speel om 15:00teen die Sharks in die Vrystaat-stadion. Peter Mitchell is diegaskunstenaar.SKansa-dag met pretdraf en-stap. Bel Liza by 076-768-8726.

SONDAG 6 JULIESWil jy hê jou hond moetgehoorsamer wees? Die DogTraining Club kan help. Hullekom Sondae om 16:00 by dieLaerskool Sand du Plessis byeen.Maak gebruik van die ingang inHippocratestraat. Nelia Smit,[email protected] Die NG kerk Hospitaalpark,Moyastraat, het elke Sondag tweeeredienste om 09:00 en 18:00.

Dagboek

TOP: A woman is turned away disap­pointed at the closing of the third andfinal day of the lying­in­state of formerSouth African president, Nelson Man­dela, at the Union Buildings in Pretoriaon 13December. Mandela died on 5 De­cember at the age of 95, after a prolon­ged respiratory infection. Over 100 000people lined up to pay their respect tothe former leader, but many were un­able to gain access in time to file pastthe casket. (Photo: Markus Schreiber,Germany).

Best of the cropBest of the crop

JENS FRIIS visited the World Press Photo Exhibition in Amster-dam’s Nieuwe Kerk.

RIGHT: Bonobos, along with chimpan­zees, are our closest living relatives.They are also among the least­studiedof primates. Unlike chimpanzees, whoare territorial and combative, bonobosare relatively peaceful creatures, andappear to use sex as a means of socialcommunication. Sex, for bonobos, isnot restricted to male­female copulati­on during the female’s fertile period, butincludes various gender combinations,and occurs in a variety of situations, in­cluding greeting, relieving tension, andas an expression of reconciliation.(Photo: Christian Ziegler, Germany)

BELOW: African migrants on the shoreof Djibouti City at night raise their pho­nes in an attempt to catch an inexpen­sive signal from neighbouring Somalia– a tenuous link to relatives abroad. Dji­bouti is a common stop­off point formi­grants in transit from such countries asSomalia, Ethiopia and Eritrea, seekinga better life in Europe and the MiddleEast. (Photo: John Stanmeyer, USA)

Page 10: Bloemnuusbl 20140627

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 27 JUNIE 2014

Die pragtige kosblikke wat Evert en RonelKleynhans vir hul seunReuven pak, het baieaandag getrek nadat Bloemnuus in die uit­gawe van 6 Junie hieroor berig het. Hier isnog ’n kosblik – dié keer met onder meertwee aarbei­muise wat sekerlik heerlik aandie kaas sal wil weglê.

Foto: Evert Kleynhans / Rooistoel TV

Prettigén lekker

Slimmes gaan na Seoel

Van links is, voor: dr. Elsie Schoombie (Private Skool EMS), dr. Anelize van Biljon (UV),Cara Vermeulen (gr. 9, Hoërskool Sentraal) en Soné du Pisanie (gr. 9, Hoërskool Sentraal);agter: Shin­Woo Park (gr. 10, Hoërskool Eunice), Stehann van Jaarsveld (gr. 9, HoërskoolSt. Andrew), Marietjie Wink (Dankbaar CVO­skool), Daniël Claassen (gr. 10, Grey­kollege)en Jackie Wu (gr. 10, Hoërskool St. Andrew).

Inge Strydom

SES leerlinge van Bloemfontein is asspanlede en reserwes gekies wat aan dieKoreaanse internasionale wiskundekom-petisie (KIMC) in Julie in Suid-Koreagaan deelneem. Die olimpiade vind inDaejeon, suidoos van Seoel, plaas.Hierdie span is op meriete uit onge-

veer 70 kinders gekies wat vir dieuitdunrondes ingeskryf is.Vier spanne uit Suid-Afrika is uitge-

nooi om aan hierdie olimpiade in diehoërskoolkategorie tot gr. 10 deel teneem: Bloemfontein, Kaapstad, Graham-stad en Durban.Dr. Anelize van Biljon is die spanleier

vir Bloemfontein en dr. Elsie Schoombieis die onderspanleier vir Bloemfontein.

PERSOONLIKE

DIENSTE

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

Consolidation Loan Online:Up to R230 000. Bad creditwelcome.E-mail: [email protected]

TE KOOP

JUWELIERSWARE &

BYKOMSTIGHEDE

1645

ALLERLEI

1655

EKSOTIESESIEREENDE TE KOOP

Broeigereed Pare asook loseende. Goeie Bloedlyne.

Kontak CherrylTel:056 515 3963Sel 076 246 1414

E-Pos:[email protected]

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

AAA-kwaliteit: INSTALLERING vanalle plafonne en 'drywalls'. Asook dieherstel van plafonne. Gratis kwota-sie. Skakel 079 581 6654.

LOODGIETERS

1855

Aandag! Alle loodgieters-werk. Nuwe installasies,verstopte riole asookonderhoud. 079 581 6654.

EIENDOMME

HUISE TE HUUR

3270

3 SLAAPKAMERS, 1badkamer, sitkamer eneetkamer, dubbeltoe-sluitmotohuis plus bui-tegeboue, in GideonScheepers, Generaal DeWet. R5 500 p.m. Koop-krag. Skakel Jannie 082557 3734.

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

EEN VAKANTE POS beskik-baar. Kwalifikasies vereis:*Int. gekwalif. somatoloog*NaeltegnikusE-pos CV [email protected]

PERSONEEL-

AGENTSKAPPE

3730

MANAGER (TAKE-AWAY)* Previous exp.JNR ACCOUNTANT* B.Com plus [email protected] 051 436 5641

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 NS MOSUHLI

In die boedel van wyle NgakaSamuel Mosuhli, identiteits-nommer 561217 5703 088,meerderjarige man, getroudbinne gemeenskap van goedmet Motshabi RebeccaMosuhli, identiteitsnommer580520 0858 089, in lewewoonagtig by 665 Clubview,Phuthaditjhaba, boedelnom-mer 64/2014.Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in boge-noemde boedel ter insae sal lêby die kantoor van die Meestervan die Hooggeregshof,Bloemfontein en by die Land-droskantoor, Witsieshoek, vir'n tydperk van 21 dae gerekenvanaf Vrydag 27 Junie 2014.Naam en adres van Eksekuteurof gemagtigde: LB Saffy,Honey Prokureurs, Posbus 29,Bloemfontein 9300. Tel. 051403 6600. Faks: 051 403 6714.

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 11: Bloemnuusbl 20140627

BLOEMNUUS, VRYDAG 27 JUNIE 2014 11

DIE tyd kom weer nader virdie verering van alumni enpersoneel van die Universi-teit van die Vrystaat (UV)vir hul prestasies in 2013.

Die jaarlikse Kovsie-Alum-ni-toekenningsdinee isvanjaar op Vrydag 19September en benoemingsword ingewag om erkenningte gee aan diegene wat dieafgelope jaar ’n verskilgemaak het. Die sluitings-datum hiervoor is reedsVrydag 18 Julie. Benoemingskan in die volgende katego-rieë gedoen word:

SOud-Kovsie van die Jaar:Dié toekenning word aan ’noud-Kovsie gedoen wathoogstaande prestasies opnasionale of internasionalevlak bereik het. Die toeken-ning geld nie afgestorwenesnie.SKovsie-Alumni-ambassa-deurstoekenning: Dit wordtoegeken aan enige persoon(nie noodwendig ’n alumnusnie) wat deurgaans buitenge-wone diens aan die UVlewer of gelewer het en ’npassie vir die universiteithet.

S Cum Laude-toekenning:Dit word toegeken aan ’nalumnus vir uitstaandediens of prestasie opplaaslike, nasionale ofinternasionale vlak insy/haar spesifieke beroeps-terrein.SHoofbestuurstoekenning:Dit geld uitsonderlike diensaan die UV aan enigiemand(nie noodwendig ’n alumnusnie) wat voortreflike diensaan die UV gelewer het.

Vir meer besonderhedekan Kathy Verwey by051-401-9343 gebel word.

Benoemings word ingewag vir die Kovsie­Alumni­toekenningsdinee wat vanjaar op19 September plaasvind. Foto: Jens Friis

Benoemings ingewagvir uitstaan-alumni

DIE matrieks se dae op dieskoolbanke raak ál minder.Loopbaankeuses kan virskoolverlaters ’n kopseerwees. Inge Strydom het met’n paar mense gesels oor wathul beroepe behels.

Alisha van Deventer, bemarkerin die vermaaklikheidsbedryf

Het jy gestudeer en werk jy indie beroep waarvoor jy gestu-deer het? Ja, ek het ’n diploma inbemarking. Ek het nie gestudeerom in hierdie bedryf te werk en tedoen wat ek vandag doen nie, maarbemarking was nog altyd ’n sterkpunt vir my.

Hoe lank moes jy studeer? ’nJaar, maar ek dink nie ’n menshou ooit op leer nie.

Wat behels jou werk? Ekverteenwoordig en behartig diebemarking en publisiteit vansangers, groepe, akteurs, flieks enprojekte in die vermaaklikheidsbe-dryf. Daar is nie werklik ’n roetinenie, hoewel die beantwoording enhantering van gemiddeld 200e-posse per dag algemeen is. Ekgaan deur elke kliënt se profiel omseker te maak ek bly op die hoogteen mis nie geleenthede nie. Ekwerk namens my kliënte met diemedia om vir hulle genoegsameblootstelling te verseker.

Die lekkerste van jou beroep?Die wete dat ek ’n verskil in elkeenvan my kliënte se lewe maak.Wanneer ’n CD of ’n fliek goeddoen, deel ek in die opwinding endie wete dat ek en my span ook ’nverskil gemaak het. Om elke dag te

kan doen waarvoor ek lief is en ’nlewe daaruit te kan maak.

Wat is minder lekker? Admin, ekhaat admin!

Wat dink jy weet mense niealtyd van jou beroep nie? Dit isongelooflik stresvol. PR is onlangsgelys as die sewende stresvolstewerk ter wêreld en ek verstaanhoekom. Ons is 24 uur beskikbaarvir kliënte.

Ek dink mense sien soms net dieglans raak. Soms moet jy jouself inhonderde stukke deel en almal wilvan jou tyd en aandag hê – jy moetluister, raad gee, dink, stilbly,praat, stilbly, raas, lag – jy moetalles kan doen. En die belangrikste,jy moet deur alles nooit bevooroor-deeld wees nie.

Dit vat baie van ’n mens, maaras jy dit geniet, word dit deel vanjou bestaan.

As jy iets anders kon doen, soujy? Nee, glad nie. Ek is absoluutgek na my kliënte en my beroep.Ek het hard gewerk, geskaaf engebou om tot hier te kom en sal ditvir niks verruil nie.

Doen jy die beroep wat jy vankleins af gesê het jy wou? Ek hetnooit werklik geweet wat ek woudoen nie, maar ek het altyd geweetek hoort in die vermaaklikheidsbe-dryf. Ek het ook geweet ek hoorteerder agter die kamera.

Leandré Steyn, gr. 1-onderwyser

Het jy gestudeer en werk jy indie beroep waarvoor jy gestu-deer het? Ja, ek het B Ed gestu-deer en is besig met my honneurs-graad in inklusiewe onderwys.

Hoe lank moes jy studeer? Ek hetvier jaar gestudeer.

Hoe lank is jy al in die bedryf?Vanjaar is my vyfde jaar.

Wat behels jou werk? Ek gee virgr. 1’s wiskunde, Afrikaanshuistaal, addisionele taal enlewensvaardighede.

Die lekkerste van jou beroep? Ekgeniet die hokkieafrigting en ookas ek aan die einde van die jaarsien hoe die gr. 1’s se leesvaardig-hede ontwikkel het en hoe hullesinne kan skryf.

Wat is minder lekker? Ek het 44kinders in my klas wat dit moeilikmaak om individuele aandag te geeen dan en wan sukkel ek metdissipline.

Wat dink jy weet mense niealtyd van jou beroep nie?Onderwysers word gans te minbetaal.

As jy iets anders kon doen, soujy? Ek wil eendag graag ’n huis-mamma wees en dan deeltydskinders met onder meer remedië-ring help.

Doen jy die beroep wat jy vankleins af gesê het jy wou? Ja, vankleins af wou ek ’n juffrou word.

Charlaine Pienaar, fotograaf

Het jy gestudeer en werk jy indie beroep waarvoor jy gestu-deer het? Ja.

Hoe lank moes jy studeer ofvaardighede aanleer? Vier jaar.

Hoe lank is jy al in die bedryf?Drie jaar.

Wat behels jou werk? Die neemvan trou-, paartjies- en gesinsfoto’s.Dit is meestal oor naweke en deurdie week verwerk ek die foto’s.

Die lekkerste van jou beroep?Om deel te wees van die spesialeoomblikke in mense se lewe.

Wat is minder lekker? Lang urevoor die rekenaar sit.

Wat dink jy weet mense niealtyd van jou beroep nie? Dat ditnie eindig met die foto neem nie;baie ure gaan ook daarna in.

As jy iets anders kon doen, soujy? Nooit nie.

Doen jy die beroep wat jy vankleins af gesê het jy wou? Vandie oomblik toe my pa my eerstefilmkamera vir my as tiendeverjaardaggeskenk gegee het, wasek verlief op fotografie.

Wie doen watter werk?

Alisha van Deventer, bemarker indie vermaaklikheidsbedryf.

Leandré Steyn, onderwyser. Charlaine Pienaar, fotograaf.

Page 12: Bloemnuusbl 20140627

COACHES from across the FreeState congregated at the host club,Grey College, to witness the drawof the premier youth u.17 footballtournament, the Engen KnockoutChallenge. Altogether 16 teamsfrom across the region will compe-te for the ultimate prize of beingcrowned the 2014 champions.

The renowned tournament, whichkicks off on 4 July at WindmillPark, Grey College, will see the 16participating teams play a total of48 matches over three days. Thetournament has become a firmfixture on the youth soccer calen-dar as teams of a number of Safaclubs, youth academies and schoolscompete for the champions titlewith the teams either invited orhaving qualified in the preliminaryrounds which took place in May.

Ludwig Koekemoer, the tourna-ment organiser, said they were

going to introduce a new registra-tion system this year, whereby allthe players would be doing afingerprint scan.

“We are going to have a mobileunit system at the venue after theplayer registration has taken place.Instead of asking players for theirregistration cards, we are going toask the players to make a thumbscan.

“If the player is not registeredwe’ll pick that up. However, we’llstill have their registration cardsin our possession. We want to tryand move away from the oldpaperwork system,” Koekemoerexplained.

Engen Petroleum’s representa-tive, Pumeza Ntisana, expressedher delight with her company’sinvolvement in the competition.“Engen is very proud to have beeninvolved in youth football for 11

years. This has been at the heart ofour corporation as it providesyoung footballers with the opportu-nity to showcase their talent.

“Many young footballers whocompeted in the U.17 EngenKnockout Challenge have gone onto compete at the highest level inSouth Africa,” Ntisana said.

“All the U.17 Engen KnockoutChallenge attendees can lookforward to great entertainment. Itremains our vision to supportfootball as part of our communitycohesion.

“We look forward to this tourna-ment each year where we can beinstrumental in providing opportu-nities for those who love the game,but who would otherwise nottraditionally be able to participatein the competition level,” sheconcluded.S See ad on page 11.

Teams line up forbig soccer action

BESTE IN VRYSTAAT: Die Bloemfonteinse Polisie­ringbalklub is die wenner van die 2014­ringballiga indie Vrystaat. Altesaamnege van die spanlede gaan die Vrystaat in die Suid­Afrikaanse kampioenskapsby­eenkoms in Julie verteenwoordig. Van links is, voor: ChristnaNeethling, Elize Slabber, Stefanie van Eeden,Nadine Young en Hannelize Venter; agter: Magda Maritz, Mari de Bruin, Suanita Botha (k), Martelle deKlerk en Bernadine Pienaar. Afwesig: Erika Prinsloo en Mayri Gordon. Foto: Stef Young

Spannebult hulspiereDIE Vrystaatsehoërskole-rugbyspansit sy voorbereidingvir die Cravenweekmôre in Sasolburg opdie jaarlikse Noord-vaal-Bondedag voort.

Die Vrystaat gaanop die sogenaamdemini-Cravenweekteen die Blou Bullespeel.

Vrystaat speel laterin die skoolvakansieteen die Leeus in syeerste wedstryd opdie jaarlikse Craven-week-rugbytoernooivir hoërskole watvanjaar in Middel-burg vir ’n 51ste keeraangebied word.

Bepalings van dieNoordvaal-BondedagSaterdag:

09:00: Luiperds t.Griekwaland-Wes;10:20: Limpopo BlouBulle t. Griffons;11:40: Leeus t.KwaZulu-Natal; 13:00:Blou Bulle t. Vry-staat; 14:20: Valke t.Pumas.– Sportredaksie