breederivier gazette 15 jul 2014

12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 15 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212 Bonnievalers, soos Karin Biggs (regs), is tans ywerig aan die hekel om komberse vir minderbevoor- regte mense te maak. Daleen Fouché, wat ook aan die kombersprojek deelneem, het slegs die gebruik van haar regterarm, maar laat haar nie hierdeur stuit nie. ZELDA KLOPPERS Hekelkoors loop tans hemelhoog onder Bonnievale se inwoners. Soveel so dat ’n sake-eienaar van hiér haarself leer hekel het en ’n skamele 10 dae later ’n perfek- af- gewerkte blokkieskombers vol- tooi het. Sedert dié kombers het vele meer gevolg en het Karin Biggs ook haar tuinman en sy ma, tesame met háár vriendinne in die straat, begin om blokkies te hekel. Ander Bonnievalers wat ook ywe- rig die hekelpen laat wikkel is Denise Veldsman en Daleen Fouché van die Mooivallei-dienssentrum. Fouché, wat kleintyd polio opgedoen het en haar linkerarm se gebruik verloor het, hekel fluks en gemaklik met een hand ná vele probeerslae en ’n aan- houer wen-motto. Dié dryfveer agter die hekelprojek is ’n landwye inisiatief, 67 Blankets for Mandela Day, wat daarop gemik is om komberse steek vir steek met liefde te maak, eerder as om dit te koop, en dié komberse dan aan be- hoeftiges uit te deel. Die inisiatief geniet ook mediadek- king deur die joernaalprogram Carte Blanche. In stede daarvan om die voltooide komberse na Kaapstad te stuur, het Karin en haar vennoot by Karin’s on Main, Karen Kleingeld, besluit om eerder komberse aan die gemeen- skap van Bonnievale uit te deel. Só het verskeie komberse al hul pad tot by mense wat dit broodnodig het, ge- vind. Die helderkleurige komberse weer nie net die ysige koue af nie, maar helder ook die lewe op van dié wat dit ontvang, soos te sien op die gesig- te van ’n ieder en elk wat ’n kombers ontvang. Terwyl daar al ’n hele klomp kom- berse uitgedeel is, word daar ’n be- roep op Valleiers gedoen om húl deel vir Madibadag te doen en die hekel- pen op te neem, selfs al word daar net individuele blokkies gehekel. Dié wat nie gekonfyt is met ’n hekelpen nie kan ook ’n bydrae lewer deur wol te skenk. Wol, blokkies of voltooide komber- se kan by Karin’s on Main afgegee word. Bydraes kan ook by die Gazette se kantoor in Robertson afgegee word (koffie is op die huis vir elke bydrae!). Nóú is die tyd om jou hekelwerk saam te bring werk toe. Jou vlytige vingers beteken vir iemand anders veel meer as ’n paar stukkies wol: ’n kosbare warm (én kleurvolle) toe- voeging tot hul karige besittings. Sluit aan by die hekelspan! Sluit aan by die hekelspan!

Upload: boland-gazette

Post on 01-Apr-2016

239 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Breederivier gazette 15 jul 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Breederivier gazette 15 jul 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 15 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212

Bonnievalers, soos Karin Biggs

(regs), is tans ywerig a

andie hekel

om kombersevir minder

bevoor-

regte mense te maak.

Daleen Fouché, wat ook aan diekombersprojek deelneem, het slegsdie gebruik van haar regterarm,maarlaat haar nie hierdeur stuit nie.

ZELDA KLOPPERS

Hekelkoors loop tans hemelhoogonder Bonnievale se inwoners.Soveel so dat ’n sake-eienaar vanhiér haarself leer hekel het en ’nskamele 10 dae later ’n perfek- af-gewerkte blokkieskombers vol-tooi het.

Sedert dié kombers het vele meergevolg en het Karin Biggs ook haartuinman en sy ma, tesame met háárvriendinne in die straat, begin om

blokkies te hekel.Ander Bonnievalers wat ook ywe-

rigdiehekelpenlaatwikkel isDeniseVeldsman en Daleen Fouché van dieMooivallei-dienssentrum. Fouché,wat kleintyd polio opgedoen het enhaar linkerarm se gebruik verloorhet, hekel fluks en gemaklikmet eenhand ná vele probeerslae en ’n aan-houer wen-motto.Dié dryfveer agter die hekelprojek

is ’n landwye inisiatief, 67 Blanketsfor Mandela Day, wat daarop gemikis om komberse steek vir steek met

liefde te maak, eerder as om dit tekoop, en dié komberse dan aan be-hoeftiges uit te deel.Die inisiatiefgenietookmediadek-

kingdeurdie joernaalprogramCarteBlanche.In stede daarvan om die voltooide

komberse na Kaapstad te stuur, hetKarin en haar vennoot byKarin’s onMain, Karen Kleingeld, besluit omeerder komberse aan die gemeen-skap van Bonnievale uit te deel. Sóhet verskeie komberse al hul pad totbymense wat dit broodnodig het, ge-

vind.Diehelderkleurigekomberseweer

nie net die ysige koue af nie, maarhelder ook die lewe op van dié watdit ontvang, soos te sien op die gesig-te van ’n ieder en elk wat ’n kombersontvang.Terwyl daar al ’n hele klomp kom-

berse uitgedeel is, word daar ’n be-roep opValleiers gedoen omhúl deelvir Madibadag te doen en die hekel-penop teneem, selfs alworddaarnetindividuele blokkies gehekel. Diéwat nie gekonfyt is met ’n hekelpen

nie kan ook ’n bydrae lewer deurwolte skenk.Wol, blokkies of voltooide komber-

se kan by Karin’s on Main afgegeeword.BydraeskanookbydieGazettese kantoor in Robertson afgegeeword (koffie is op die huis vir elkebydrae!).Nóú is die tyd om jou hekelwerk

saam te bring werk toe. Jou vlytigevingers beteken vir iemand andersveel meer as ’n paar stukkies wol: ’nkosbare warm (én kleurvolle) toe-voeging tot hul karige besittings.

Sluit aan by die hekelspan!Sluit aan by die hekelspan!

Page 2: Breederivier gazette 15 jul 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 15 Julie 20142

Herberg treur oor hul heldHILDERINE SCHRÖDER

Hy isnaPretoriamet diemikpuntom ’n gouemedalje terug te bringhuis toe en dít het Fabian Rassieuiteindelik gedoen.

DieVallei is steeds geskoknáFabi-an (16) op 4 Julie vermoedelik aan ’nhartaanval tydens ’n stoeigeveg bydie Suid-Afrikaanse-stoeikampioen-skapstoernooi gesterf het.Die tiener,wat verlede jaar silwer-

medaljes by die kampioenskappe ve-rowerhet,wasvasbesloteomdié jaargoud te wen, vertel sy afrigter KurtHerzog. “Ek het die Donderdag nogaan hulle sjokolademedaljes wat ingoue papier toegedraai is gegee. Fa-bian het gesê hy gaan ’n regte goudterugbring.” Stoei SA het ’n dag náFabiansedood ’ngouemedalje sowelas ’n Suid-Afrikaanse sweetpak aanhom toegeken.Fabian, ’n leerder aan

die Hoërskool Robertson,was van vierjarige ouder-domindieHerbergKinder-huis op Robertson. Ookhiér is personeel en syvriende verpletter deur sydood, sêCarisa Siemens, ’nmaatskaplike werker byHerberg wat Fabian al lan-ger as sewe jaar ken.“Hy het soveel potensi-

aal gehad. Soveel drome entalente. Party mense kryneteentalent,maarFabianhet báie talente gehad. Hyhet soveel opsies gehad(wat hy ná skool sou konvolg).”In Herberg se voorpor-

taal brand kerse ter herin-nering van Fabian, metruikers en ’n boek waarinvriendeboodskappevanaf-skeid kan skryf. Dié bood-skappies,baievansyskool-maats, getuig van dié jong-man se gewildheid.“Die dagvan sydoodwas

hier al tussen 30 en 40 vansy skoolmaats met kerse en bood-skappe voorHerberg se deur,” vertel’n bewoë Siemens.DieGazette het verlede week op sy

webtuiste berig van Fabian se doodbinne die tweede ronde van sy stoei-geveg. Hy het met 8-2 voorgeloop toesy opponent hom op sy rug gegooihet. Fabian het op sy maag gerol,

maarkonnieweerorentkomnie,hetHerzogaandieGazettegesê.Parame-dici het vir meer as 45 minute ver-geefs geveg om Fabian weer by tebring.Fabian, wat topfiks was en ook vir

sy skool se eerste rugbyspan gespeelhet, se dood was veral vir sy span-maats ’n geweldige skok, sê Herzog.

“Uiteindelik het almalvanhullebesluit omterere van Fabian voort tegaanmetdiekampioen-skappe.”Benewens sy passie

vir stoei hetFabianook’n groot hart vir sy me-demens gehad en washy gereeld by uitreikebetrokke, vertel Sie-mens. “Hy was ’n rol-model vir baie.” Met syspontane geaardheidhet Fabian diep in al-mal wat sy pad gekruishet se hart gekruis, al-dus Siemens. “Hy wasonsalmalbyHerbergsekind,maar hywas eint-lik die hele gemeen-skap se kind.”Dít blyk duidelik uit

die huldeblyke wat se-dert sy dood instroom,ook op die Gazette seFacebook-blad: “’nJongman met vele dro-meendit breek jouhart

om te sien hymoes op so jong ouder-dom gaan, maar die Vader het hommeer nodig gehad by hom”; “rip myneef ons almal gn ju mis (sic)”; “Joso pragtige jongman hoop hy krypragtige begrafnis wens kon ’n liedng ve oulaas sing”; “So sad, mythoughtsarewithhisfamily”;“Osmtleef asof dt ons laaste is ds so sad

(sic)”.Fabian het steeds kontak met sy

ma en familie gehad en het dikwelsgedurende vakansietye op Stanfordby hulle gaan kuier, sê Siemens. Hysal veral onthou word vir sy sin virhumor en lewenslus, voeg sy by.“Hy was baie vasbeslote. Toe hy

moes motiveer waarom hy na Preto-ria moet gaan (vir die kampioen-skappe)hethygesêhywil indievoor-portaal hang en al manier wat hy dítkan doen is deur goud te wen. Hy sálnou in die voorportaal hang.”Fabian se begrafnis is op 19 Julie

in Stanford. ’n Roudiens word op 22Julie vanuit die NG Robertson-Oosgemeente gehou. Fabian Rassie

Fabianhet ’n groot hart vir symedemensgehadenwasdikwelsbetrokkeby uitreike soos dié een na die Brewelskloof-hospitaal op Worcester.

Kerse, tesame met ’n boek waarin vriende boodskappe kan skryf, is stil getuies vanFabian se gewildheid. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Rus sag, FabianSomskom iemand oor jou pad netvir ’nrukkie,maardie indrukwathulle op jou maak hou vir altyd.Só iemand was Fabian (Rassie)wat op Vrydag 4 Julie oorlede is.My pad het met Fabian s’n ge-

kruis toe hy deel was van die Roc-kerBoyz, ’n groepie seuns vandieHerberg Kinderhuis wat die toe-skouers by die Robertson-skou in2010 vermaak het.Met hulle gesigte wat geverf

was soos die 1970 rockgroep KISSen hulle swart klere, blink ket-tings en pruike het hulle die toe-skouers gaande gehad.

Die seuns kon liedjies kies omte mimiek en ons het ’n medleysaamgestel. Hulle moes die woor-de ken en saamsing. Fabian sekeuseswas “Jessica” (RayDylan)en “Gooi jou arms om my”(VaughnGardner). Hyhet homsóingeleef en met soveel gevoelsaamgesing dat dit gelyk het asofdit regtig hy is wat daar sing. Diemense het dit só geniet. Dit was’n absolute plesier en ’n voorregom met hulle te kon werk.My hart is seer en al wat ek kan

sê is: Rus sag my Rocker Boy.Marianne Prinsloo

Page 3: Breederivier gazette 15 jul 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 15 Julie 2014 3

Close shave foryoung skydiverHILDERINE SCHRÖDER

Imagine jumping from a planea few thousand feet aboveground, free-falling until it istime to open your parachuteonly to pull therelease and nothearing the fa-miliar pop ofyour parachuteopening over-head.

This is exactlywhat recentlyhappened to Su-san Watts (30), amember of theRobertson Sky-diving Club.Luckily Watts,who seems re-markably laid-back about her or-deal, landed safely using her re-serve parachute.According to Watts conditions

wereideal forskydivingwhenherparachute malfunctioned. “Myparachute just wasn’t having agood day,” she laughs.Watts managed to release her

main parachute, which tumbledtowards the ground, before sheopened her reserve parachutewith plenty of time to spare. Sheended up landing off-course in avineyard where the farm ownerand a passerby raced to her res-

cue. “They were really marvel-lous. I think I might have giventhem somewhat of a fright, but Iam very thankful for their help.”According to Watts she didn’t

have time topanicwhenherpara-chute failed. “Youtrain for this fromthe moment youstart jumping.There is always achance it mighthappen.”Watts, from

Cape Town, hasbeenskydivingforjust over twoyears. Despite herclose shave shehasno intentionofstaying onmotherearth. “Being upthere is a feeling

which you can’t compare to any-thing else in the world,” she says.The downside to her ordeal is

that she is still hunting for hermain parachute which she had torelease. She has been searchingfor the pink and green parachute,along with various other parts,since her jump. “If anybody picksup anything strange I’ll be verythankful if it could be returned tome.”Wattsisofferingarewardforthe return of her lost parachute.Should anybody find the para-

chute or any part thereof, Wattscan be contacted on 079 896 0427.

Susan Watts

WINTERWARMTE: Terwyl duisende menseonlangs op die Vallei toegesak het vir dieWacky Wine, kon sowat 160 kinders van’n beker sop en ’n broodjie geniet ná diebestuurder van KFC, André van Jaarsveld,besluit het hy wil terugploeg in die ge-meenskap. Die sop is by die voedings-hulpskema bokant die Shoprite-gebouuitgedeel. Mereline Oktober, restaurant-bestuurder RobertsonKFC, bydie kinders.

POLISIE SLAAN TOE: Die Ro-bertson-polisie het onlangsdrie verdagtes vir die besit vandagga in hegtenis geneem.Die polisie se woordvoerder,lt. Cynthia Mncele, sê die hul-le is veral bekommerd oordaggaverkope aanminderjariges. Dwelmgebruikonder kinders, sê sy, het 'ngeweldige negatiewe impakop skoolbywoning. Die spanwat die arrestasies uitgevoerhet is (agter van links): ao.Abel October, serss. JohnWayne Jones en ChrispinSlingers, konstt. SheldonLeoschut en CleopatraLeoschut en sers. BandileNkumbi. Voor is konstt. RudolfValentyn, Mellisan Claassenen Eswin Lombaard.

Page 4: Breederivier gazette 15 jul 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 15 Julie 20144

Page 5: Breederivier gazette 15 jul 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 15 Julie 2014 5

IS DIT JOUNE?Die Robertson-polisie het onlangs opverskeie items beslag gelê wat vermoedelik gesteelis. Enigeen wat vermoed dat van dié items aan homof haar behoort, kan speurkapt. Jacques le Rouxby 079 894 1780 bel.

Herken jy enigevan dié items?

Page 6: Breederivier gazette 15 jul 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 15 Julie 20146

Seder val op BonnievaleHILDERINE SCHRÖDER

Een van die Vallei se groot se-ders het geval.

Hannes Conradie, een vanBonnievale se bekendste inwo-ners, is verlede Maandag (7 Ju-lie) in die ouderdom van 68 jaaraan ’n hartaanval oorlede.

As Mooiuitsig Wynkelder selangsdienende werknemer, isConradie se dood vir diegene bydié maatskappy ’n geweldigeslag, sê Marius Dicker, finansië-le bestuurder. “Oom Hannes hetmeer as 45 jaar hier gewerk. Asmens só lank op ’n plek is, word’n mens soos familie.”

Conradie was tot en met sydood die kelderbestuurder byMooiuitsig. “Oom Hannes sekennis was ongelooflik,” sê Dic-ker. “Ons kon letterlik enigietseers by hom toets. Hy het ’n breëkennis van die besigheid, eintlikvan énigiets, gehad.”

Hulle sal Conradie veral ont-hou vir sy lojaliteit, sê Dicker.“Hy was ’n ware steunpilaar endie toonbeeld van integriteit.”Conradie was ook vinnig om tehelp, ongeag die omstandighede,voeg hy by. “Al was dit ooktwaalfuur in die nag, oom Han-nessouopstaanas’nvragmotorbreekendade-lik daarheen gaan.”

By Mooiuitsig het almal die grootste respekvir Conradie gehad. “Hy was baie streng. ’nDing was óf reg, óf verkeerd. Tóg het hy ’n sag-te sy ook gehad.”

Conradie het hom uitgeleef in sy Christen-skap en het ook op die kerkraad gedien. “Sygeloof was vir hom geweldig belangrik en dítis elke dag ook in sy werk en leefwyse weer-spieël,” sê Dicker.

Conradie se kennis van en liefde vir sy taalis nog iets wat sy vriende en kollegas sal ont-hou. “Hy was baie ingestel op taalgebruik. Hysou sommer gou iemand op verkeerde taalge-bruik wys. Ons het hom ons lewende HAT ge-

noem.”Om Conradie in ’n neutedop op te som is

onmoontlik, voeg Dicker by. “Ons sal tweekoppies koffie drink en nog steeds nie klaargepraat wees oor hom nie.”

Sy kollegas sal hom onthou as iemand watsy afdelings met ’n ystervuis regeer het; áltydmet ’n goeie skeut humor daarby. “Regverdig-heid was vir hom baie belangrik. Hy het almaloor dieselfde kam geskeer. Hy het altyd ’n eer-like, konsekwente manier gehad om ’n dingte doen. Sy dood is vir almal wat hom gekenhet ’n groot tragedie.”

Conradie laat sy vrou, Barbara, drie seunsen vier kleinkinders agter. ’n Roudiens is Sa-terdag (12 Julie) vir hom gehou.

Wyle Hannes Conradie

Page 7: Breederivier gazette 15 jul 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 15 Julie 2014 7

Oom Jan: wonderdoepa en sakke vol vreugdeHILDERINE SCHRÖDER

Jan van Wyngaard groetjou met ’n gul glimlag,ferm handdruk en on-deundevonkel indie oog.

Kuier jy by dié gewildeBonnievaler en baasbreinagter die gewilde TimJanWonderJuice,het jy tydno-dig en báie daarvan wantraak jy eers aan die geselswil jy nie sommer ophounie.In dieTimJanWineShop

waar onsvoor ’nknetteren-de vuurtjie sit en gesels,kom en gaan besoekerskonstant en oom Jan groetiedereen soos ’n ou vriend.Hiér voel jy so tuis soos eenvan die talle wynbottelsvan die altesaam 25 plaasli-ke kelders wat hiér ondereen dak saamkuier.Oom Jan is in Vereeni-

ging gebore en getoë, maarwoon sedert 1987 op Bon-nievale ná hy vanaf Eppinghierheen getrek het om byMooiuitsig te begin werk.Dit is as bemarker van diékelder se wyne wat sy padmet die elikser, wat later TimJansou word, gekruis het, vertel oomJan.

Hy was by sy goeie vriend, wyleTim Pollard, op Humansdorp toedié ’n paar botteltjies aalwyndoepa

onder sy toonbank uit-help en vertel van diewondere wat dit verrig.OomJanhet die bottel-

tjies teruggebring Bon-nievale toe enaan ’npaarouer garde uitgedeel.Gou het die positiewe te-rugvoer ingestroom enhet meer mense by homaangeklop vir dié doepa.“Ek het gedink hiérmoetons ’n planmaak,” vertelhy. Hy het plakker ont-werp met ’n kombinasievan sy en sy vriend Timse name en begin om bot-teltjies van dié kombina-sie van port en suiweraalwynsap te verkoop.En gou kon hy skaarsvoorbly.Aanvanklik het hy die

elikser by sy huis ge-maak, maar dít het homlater vroulief, Malie, seargwaan op die hals ge-haal. “Sy het gesê tot diefrikkadelle smaak al naaalwyn,” vertel hy en laggoedig.Deesdae word die Tim-

Jan op die TimJan WineShop se perseel vervaar-

dig en van die nederige begin in sykombuishetdit intussengegroeina’n groot onderneming wat die ver-

spreiding van 24 000 bottels permaand sien.Staaltjies oor die genesende effek

van TimJan is daar baie, maar dieeen wat oom Jan graag vertel is diévan ’n kameel wat deur dié elikserby die doodsdeur ’n ommekeer ge-maak het.Kameel se kind, vertel hy, het al

vir dood op die grond gelê toe dieeienaar uit desperaatheid by homkom aanklop het. Teen daardie tydwou geenmiddels meer help nie enwas selfs veeartse hand in die hare.“Ek het vir hom gesê hy moet diekameel ’n halwe bottel TimJan gee.’n Paar dae later bel hy my en sêdie kameel is op die been, maarstaanenwieg.Toe sê ekgeevirhomdie ander helfte.”Intussen het hy ’n tweeliter kan-

netjie elikser aangemaak. “Ek hetdit vir hom gevat en gesê gooi!” Nielank daarna nie het die dier se eie-naar laat weet die kameel is weergesond. Dié het glo iewers ’n stukplastiek gevreet wat ’n verstoppingveroorsaak het. Die natuur het syloop geneem en die verstopping is,met die hulp van heelwat TimJan,deur die kameel se dermkanaal.Oom Jan se kop het as leerder by

die Morgenson Landbouskool inMpumalanga reguit landbou sekant toe gestaan tot hy “’n pragtigeblondekopvroutjie”ontmoethetenhy summier afgesit het Kaap toe.

Vier-en-veertig jaar later is hy entannie Malie steeds gelukkig ge-troud.Hulle het drie kinders, waarvan

die oudste, Adolf, tragies dood is.“Dit is steeds my groot hartseer,”mymer oom Jan op ’n ernstigernoot. Hul ander kinders, Hennie enYolanda,woon steedsnabyhulle enhulle het ook drie kleinkinders.Wanneer oomJannie bydieTim-

Jan Wine House is nie, sal jy homdikwels op die verhoog agter ’n mi-krofoon kry, of langs die Kersboomas oom Robbie waar hy geskenkeaan kleingoed uitdeel.Sy ander passie is om uit te reik

na dié wat nie so bevoorreg is nie.Met sy Joy Bag-projek maak hy ge-skenkpakkies met ’n wye verskei-denheid items, van lekkergoed tottandepaste en tandeborsels op, wataan kinders uitdeel.“Dit maak ’n ou se hart lekker,”

verklap hy. Dit het alles begin toe’nvroumet ’nbaba inhaararmjareterug sy pad gekruis het.Die baba was in ’n plastieksak

toegedraai. “Sy het gesê sy het nieklere vir hom nie. Die plastiek hetdie koue uitgehou en die warmtebinne. Dít iswaar dit begin het, Ou-nooi.”En wanneer hy die slag bietjie

remaandraai en tydmaak vir hom-selfsal jyoomJanheelwaarskynlikop die gholfbaan kry.

Oom Jan van Wyngaard FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Hulp vir ‘Winter Nights’-projekDie Montagu-polisie, in same-werkingmetdieRobertsonTafel-rondeenMontaguToyota,houop23 Julie vanaf 18:00 tot omstreeks21:00 sy Winter Nights-projek.Tydens dié geleentheid sal be-

amptes en lede van die Tafelron-de in T-hemde en kortbroeke omvuurkonkas by Montagu Toyotate sien wees, simbolies van diekoue en ontbering wat hawelosemenseop ’ndaagliksebasis gedu-

rende die wintermaande ervaar.Valleiers word genooi om dié

projek te steun deur warm klere,komberse en nie-bederfbare kos-produkte sowel as kontantsken-kings by die punt byMontaguTo-yota af te laai. Skenkingskanookvoor die tyd by dieMontagu-poli-siekantoor afgelaai word.Mense word versoek om aan te

dui vir watter area hul donasiesaangewend moet word.

Page 8: Breederivier gazette 15 jul 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 15 Julie 20148

Spoedoortreders op R60 gaan hul rieme styfloopHILDERINE SCHRÖDER

Soudieprovinsialeverkeersdeparte-ment se planne in werking tree, saljaagduiwels op die R60 in die nabyetoekomsinhulspoormoettrap,ófdiegevolge van hul wetteloosheid moetdra.

MetdieR60watgeïdentifiseerisaseenvan die provinsie se roetes waar spoed-oortredings ’n reusekopseer vir ver-keersowerhede en ’n bydraende faktorin baie van die ongelukke op die pad is,gaan skerp voorkomingsmaatreëls dalkbinnekort op dié roete ingestel word.Kenny Africa, provinsiale verkeers-

hoof, het vandeesweek by navraag aandieGazette gesê dit is ’n kwessie van tydvoor gemiddelde-spoed-oor-afstand-ka-meras soos dié wat reeds op die N1 oppad na Beaufort-Wes gebruik word, ookop die R60 ingespan gaan word. “En onspraat nie van jare voor dít gebeur nie,”waarsku hy. “Die roete is van só aarddat dit maklik sal wees om die kamerasop te rig,” voeg hy by.Die R60 is reeds ’n hoë prioriteit-roete

vir dié kameras, maar die ondersoek nadie implementering van dié kamerasgaan nou opnuut aan die Wes-Kaapseminister van vervoer en openbare wer-ke, Donald Grant, voorgehou word nádie grubotsing wat verlede week die le-we van vier mense geëis het, sê Africa.DieGazettehet verledeweekberig oor

die trompop botsing tussen Mowers-hoogte en Nuy op 5 Julie. Houman Jo-sephs(42),vanRobertson,wat ineenvandie voertuie was, is steeds in ’n ernstigetoestand in die Mediclinic Worcester seintensiewesorgeenheid. Onder sy bese-rings tel ’n gebreekte nek en vergruisdekakebeen.Dié botsing was die 30ste ongeluk op

die R60 sedert die begin van die jaar endie vierde waarin daar lewensverlieswas.Altesaamnegemensehet sedert Ja-nuarie hul lewe in ongelukke op dié roe-te verloor. Totdat die gemiddelde-spoed-oor-afstand-kameras opgerig word,gaan die verkeersdepartement onge-merkte voertuie inspan om oortredersvas te vat. ’n Nuwe boetestelsel, waarinboetes drasties verhoog is, is sedert diebegin van dié maand in plek.

Vier mense is dood in ’n grubotsing op die R60 op 5 Julie. Verkeersowerhede kyk nou na indringende maatreëls omspoedoortredings op dié roete te bekamp. FOTO: VERSKAF

Nog lang pad vir beseerdeHILDERINE SCHRÖDER

HoumanJoseph, dieRobertsonnerwat vroe-er vandeesmaand ernstig beseer is in ’n gru-ongeluk op die R60 sterk goed gaan.Joseph se tweelingbroer, Philmon, het

vandeesweek aan die Gazette gesê doktersis tevrede met Houman se vordering.Houman (42) het ’n gebreekte nek en ver-

gruisde kakebeen in die trompop botsingtussen Mowershoogte en Nuy opgedoen.Vier ander mense is dood in dié ongeluk op5 Julie.Volgens Philmon het sy broer reeds in só

’n mate herstel dat die asemhalingspype uitsy keel verwyder is. Hoewel hyweens sy ver-gruisde kakebeen nog nie kan praat nie,kommunikeer Houman nou deur boodskap-pe op ’n bordjie aan sy familie te skryf.Benewens sy nek- en kakebeenbeserings

het Houman ook ribbe-, been- en voetbrekein die ongeluk opgedoen. “Hy het nog gewel-dig pyn,maar onder omstandighede gaanditgoed met hom,” sê Philmon.Houman het reeds kort ná die ongeluk ’n

operasie ondergaan waarin ’n gedeelte vansy dun- en blindederm verwyder is. Hy salDonderdag ’n operasie aan sy kakebeen on-dergaan.’n Lang pad van herstel lê vir Houman

voor, aldus Philmon. “Hy sal nog ses wekein traksie indiehospitaalmoet lê.”Houman,’n onderwyser aandieLaerskoolDeVilliers,is steeds in die intensiewesorgeenheid vandieMedi-ClinicWorcester,maarkanmoont-

lik na afloop van sy operasie dié Donderdagna ’n algemene saal oorgeplaas word. “Hyhetnoudiedaggeskryfhywilhuis toegaan,”vertel Philmon oor sy broer.Houman se familie het nog nie met hom

oor die ongeluk gepraat nie enmin is in hier-die stadium bekend oor die dag se gebeure.Ooggetuies het egter ná die ongeluk verteldat die bestuurder van die Toyota Avanzawat in Houman se Kia Rio vasgery het, vir’n volstruis in die pad uitgeswaai het.DieGazette het lesers op sy Facebook-blad

gevra wat hulle dink die rede vir die hoë on-geluksyferopdieR60 is.Hier is ’npaar lesersse kommentaar:

) Daar is te veel “blind spots” waar be-stuurders kanse vat om te “overtake”. Hullekan net nie 10 tot 60 sek. wag nie.

) Ek sal voorstel dat die verkeer sowelas die polisie die paaie moet kontroleer. Ekglo daaraan dat ons genoeg wetstoepassershet om te kontroleer. Die tyd het ook aange-breek dat daar eienaarskap gevatmoetwordveral deur bestuurders op alle paaie.

) Mense is ongeduldig en vat onnodigekanse.

)Kondisie van voertuig speel ook ’n grootrol. Veral die toestand van jou “tyres”.

) Die beste wat die regering kan doen isom vni begin af na jy uitpass jou te toetsvoor jy jo license kry da sal regtig iets moetgedun word die mense worry ni almal rysoos hulle wil. (sic)

) My mening is dat die mense te vinnigry en vreeslike kanse vat!

Verkeersboewe gaan hoesVerkeersoortreders sal na dese hul handaansienlik dieper in die sakmoet steek in-dien hulle nie ag slaan op padreëls nie.Die Wes-Kaapse minister van verkeer,

Donald Grant, het onlangs aangekondigdatboetesvanaf1Augustusaansienlikho-er sal wees en dat padgebruikers strengeroptrede teen oortreders kan verwag. Diébesluit, hetGrant gesê, is onlangsdeurdiekantoorvandiehooflanddrosvandieWes-Kaap goedgekeur.VolgensGrant isdieverhoginginboetes

’n poging om roekelose en nalatige be-stuurders swaar te straf. “Ons verwelkomdie verhoogde boetes omdat dit waardevoeg tot die erns van dié oortredings,” hethy gesê.Oortredings is in drie kategorieë ver-

deel:) Ernstige oortredings, waarvoor boe-

tes tussen R1 500 en R5 000 uitgereik kanword.

) Bestuursoortredings, waarvoor boe-tes tussen R1 500 en R3 000 uitgereik kanword.

) Nie-ernstige oortredings, waarvoorboetes tussenR500 enR1 500uitgereikkan

word.Van die prysverhogings waarvan mel-

ding gemaak is sluit in:) Padgebruikers wat nie in opdrag van

’n verkeersbeampte stilhou nie sal tussenR500 en R1 500 beboet word.

) Bestuur sonder ’n rybewys: R500 totR1 500. Vragmotorbestuurders wat son-der ’n rybewys ry sal met R2 500 beboetword.

) Onpadwaardige voertuie: R1 000 totR3 000.

) Onbedagsame bestuurders kan tus-sen R1 000 en R2 500 beboet word.

) Bestuurders wat nie by ’n voetoor-gang vir leerders stilhou nie gaan metR3 000 beboet word.

)Die boete vir iemandwat verkeerslig-te ignoreer sal voortaan R2 000 wees.VolgensGrant gaan die provinsiale ver-

keersdepartement tot en met 31 Augustus327 padblokkades hou waar bestuurdersse besonderhede nagegaan sal word.Die R60 tussen Robertson en Worcester

en die N1 tussen Worcester en Touwsri-vier tel onder die areaswat as brandpuntevir spoedoortredings geïdentifiseer is.

Page 9: Breederivier gazette 15 jul 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 15 Julie 2014 9

Gail nog ’n bruidsfinalisANNELDA GROOTBOOM

GaildeWee (neéAnthony)is verlede week gekies asnog’nfinalisindieGazettese Bruidskompetisie.

Sy en haar man, Bernard,het mekaar nege jaar geledeby die inmaakfabriek opAshton ontmoet waar hulkollegas was. “Die man hetmy gedurig by die werk sodopgehou en ek het nogal ge-wonder hoekom hy my soaanstaar,” vertel Gail met ’nskamerige glimlag. “Tot diedagwatmy vriendinmy aandié aantreklike jongmanvoorgestel het. Hy het mykontaknommer gevra en sohet ons begin klets op mxiten mekaar begin uitvra.”Hul vriendskap het begin groei tot hy haar

gevrahet omhaaruit te neemvir die dag, vertelGail. “Inmy binneste het ek geweet dat hy (Ber-nard) deel van my lewe moet wees, want onshet mekaar se geselskap so geniet en kon niewag dat die nawekemoet aanbreek nie. Die ver-houding tussen ons twee het al sterker beginword.”

Op 5 Mei 2012 (sy verjaars-dag) het Bernard die grootvraag in die plaaslike Spurgevra. “Ek was in ekstase,want voor hy regtig klaar ge-praat hetwas die ja-woord opmylippe.Onshetop ’ndatumbesluit en ek kon nie wag totmy troudag, 26 Oktober ver-lede jaar, aangebreek hetnie.”Gevra watter tipe mens

haar lewensmaat is lag Gaillekker en sê hy is ’n baie rus-tige, saggeaardemenswat al-tyd uit sy pad gaan vir ande-re. Enwat altyd als in sy ver-moë doen om haar gelukkigte hou en te sien. “Hy is ’nraakvatter en kan soms jouverbaas in die kombuis metsy kosvernuf.”Gail sien die huwelik as ’n

verbintenis tussen twee mense, eerder as oorgevoelens. “Elke huwelik het sy kruis, maar asdie Hemelse Vader deel van jul huwelik is salHy julle help, krag en wysheid gee om dinge indie huwelik te benader. Die liefde kom nooit op’n eindenie.”VolgensGail geniet sy enBernardtans hul seun, Buren, en is daar nie nou al spra-ke van nog kinders nie.

Gail de Wee (née Anthony) is die nuutstefinalis in die Gazette se Bruidskompeti-sie.

Bruidskompetisie op dreefMet ál meer finalistewat deur lesers aan-gewys word moetbruidevandieLange-berg-area nie hulkans verspeel om inte skryf vir dieGazet-te se Bruidkompeti-sie nie.Alle bruide vanRo-

bertson, Ashton,Bonnievale, McGre-gor en Montagu watvan Julie 2013 tot Au-gustus 2014 die knoopdeurgehaak het, komin aanmerking virdeelname aan diékompetisie,wat insa-mewerking met dieRobertsonLenteskouaangebied word.Annelie Carolus

(née Rossouw), vanRobertson, is dienuutste finalis watsaam met die vorigepaarwekese finalistedie geleentheid hetom later vanjaar metfantastiese prysewegte stap.De Wee sal saam met finaliste wat reeds

aangewys is die geleentheid hê om op 10Oktoberby ’ngalageleentheidbydieLente-skou as wenbruid gekroon te word.’n Naweek vir twee tel onder die pryse

wat vir die Bruid van die Jaar op die spelis.Anderpryse isondermeer ’ngratisboot-reis van Viljoensdrift, geskenkbewyse

deur AP Stipp,CountryStyles,Ro-bertson Apteek enPeckers/Bon Ap-petit, ’n vrugte-mandjie van Lo-carno Droëvrugte,twee bottels FourCousins-vonkel-wyn en ’n ysbakvan Van Loveren,gratis was- enblaassessies by Ca-thy&Sarah’sHair,’n uur lange foto-sessie van C Photo-graphy, ’n ge-skenkbewys vanCara-Le Linne terwaarde van R500en ’n wegbreekna-week van Rivier-zicht-rivieroord.Die inskry-

wingsfooi is R60per vollengte-foto.Vir meer inlig-

ting oor die kompe-tisie, bel AnneldaGrootboom by dieGazette se kantoorby 023 626 5212.

Omvir jou gunsteling bruid te stemSMSdie woord “Bruid” en die bruid se naamna35405. SMS’e kos R1,50.Wenners word bepaal deur lesers se

stemme.DieGazettehetgeen invloedopdieaanwys van die wenners nie.Die beslissing ten opsigte van wenners

is finaal.

Annelie Carolus (née Rossouw) is hierdie weekse wenbruid.

Vallei spog met oulike babasDie soektog na die Langeberg se oulikstekleingoed is goed op dreef.Hierdieweek sewennertjiewat omgroot

pryse in die Gazette se Babakompetisiemeeding is Skyler Mia Smith (vier maan-de).Skylersalsaammetdieresvandie fina-liste wat reeds aangewys is, die kans staanom ’n rits fantastiese pryse los te slaan.Die pryse vir die kategoriewenners sluit

in ’n R250-geskenkbewys van Spur vir elkewenner, ’n Butterfly World-geskenkbewysterwaardevanR125, tweedoen-dit-self par-tytjies vir 10 kinders van Beauty@HeartEvents van Worcester (kliënt moet dit selfgaan haal en aflewer), ’n uur lange fotoses-sie vir albei wenners en hul gesinne deurMaryke Zeelie Fotografie ter waarde vanR450elk, ’ngeskenkbewysvir ’n springkas-teel vir ’n partytjie deur Madelein vanJaarsveldt (Mad About Cakes) en ’n ge-skenkbewys deur Shoprite Robertson, wat’n bababad en benodigdhede insluit.Valleiers wat hul kleinding wil inskryf

kan ’ngesigfotovanhulbabanadieGazettese kantoor by Paul Krugerstraat 22 (Absa-gebou) bring. Kleingoed ding mee in tweekategorieë: 0-18 maande en 18 maande totdrie jaar.Lesers sal van die Dinsdag wat die koe-

rant verskyn tot die volgendeMaandag om

10:00 vir hul gunstelingbabas kan stemdeur BABA, gevolg deur die baba se naam,na 35405 te SMS. SMS’e kos R1,50.Die wenners word bepaal deur lesers se

stemme en die Gazette het geen invloed opdie aanwysvandiewennersnie.Die beslis-sing ten opsigte vanwenners is finaal. Sienhierdie week se inskrywings op bl. 11.

Skyler Mia Smith (vier maande).

Skenk komberseMet die winter nog lang nie verby nie enysige temperaturewat snags heers, doendieGazetteopnuut ’nberoepop lesers omsy kombersprojek te ondersteun.Die projek is daarop gemik om ’n

helpende hand uit te reik na uitersbehoeftige mense in die Langeberg-om-gewing wat nie die luukshede van ’nwarm huis, die nodige winterklere entalle dik komberse het nie.’nBeroepword opValleiers gedoen om

enige warm klere en komberse te skenk,wat danmet die hulp van plaaslike orga-nisasies aan diegene uitgedeel sal wordwat dit nodig het.Komberse en klere kan by die Gazette

se kantoor by Paul Krugerstraat, 22 (Ab-sa-gebou) afgegee word.Vir meer inligting skakel die Gazette

by 023 626 5212 of 023 626 6299.

Page 10: Breederivier gazette 15 jul 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 15 Julie 201410

Ready for any disasterThe Cape Winelands District Municipality(CWDM) is ready for any type of disaster af-terrecentlyopeningitsCapeWinelandsDis-aster Management Centre in Worcester.

Delegates at the official opening of the centre,located at the emergencymedical services’ am-bulance station in Worcester, included theWestern Cape minister for Local Government,Environmental Affairs and DevelopmentalPlanning, Anton Bredel, and Alderman Neelsde Bruyn, executive mayor of the CWDM.The location of the centre was chosen follow-

ingacomprehensive study todetermine the saf-est andoptimal position for a centre serving thedistrict. TheWorcester region is a central pointwith the lowest earthquake risk, thereby mak-ing it the preferred location.The centre, opened in accordance with the

Disaster Management Act no. 57 of 2002 whichrequires that each district must establish a dis-aster management centre for its municipal ar-ea, will be manned around the clock.The centre was previously used as a commu-

nication and coordination point for incidentsand will now also provide a central coordina-tion meeting point for the role players from all

spheres of government during incidents. Thecentre will also be a central collation point forall information pertaining to early warningsandadvisories, incidentupdatesandpost disas-ter assessments. Information will be receivedfromall role players, collated anddisseminatedwhen necessary.Designed to accommodate 40 role players, the

centre is equipped with communication andtechnical equipment to enable all the necessaryparties to coordinate their response and reliefefforts in a fully integrated manner. The tech-nology implemented at the centre will enableany person in the centre to plug in their laptopsandcontinueas if theywereat theirownoffices.High-speed internet connectivity, tele-

phones, faxmachines and other administrativeequipment are all readily available.Thecentrewill beactivated in situations sim-

ilar to the 2012 farmworker protests in the dis-trict, the flooding in November 2013 duringwhich the Breede Valley and Stellenbosch Mu-nicipalities suffered significant infrastructuraldamages and loss of life, and the coordinationof state funeral activities such as those follow-ing the passing of the former president, NelsonMandela.

The Cape Winelands District Municipality recently opened its disaster management centre in Worcester. Theofficial opening was attended by a number of role players.

Johan Mulder woon al meer as nege jaar opRobertson en is al ’n ou bekende in die Lange-berg.

)Wat maak die Langeberg vir jou spesiaal?Ons vallei is een van die mooiste plekke om

jouself in te bevind.)Wat sou jy indieLangebergwouverander?Niks op die oomblik nie. Kom ons koester

die mooiheid van die omgewing en geniet dieLangeberg elke dag.

) As jy nie hier gebly het nie, waar sou jybly?Ek is doodtevrede net hier in Robertson.)Watter werk doen jy en hoekom geniet jy

dit?As mede-eienaar van Bon Appétit is daar

niks lekkerder as ommet ons kliënte te geselsen toe te sien dat jy ’n tevrede kliënt by joubesigheid laat uitgaan nie.

)Watter drie mense sou jy graag vir ete wounooi (hede of verlede) en waarom?My vrou en twee kinders, want hulle is my

kosbaarste besittings in die lewe.)Wat is die beste raad wat jy al gegee of ont-

vang het?My leuse is: Leef en laat leef – daar is plek

vir almal.Johan Mulder

Meet a localMeet a local

Bly te kenneBly te kenne

Ashton het top-polisieHILDERINE SCHRÖDER

Harde werk en toewyding het vrug afge-werp vir die Ashton-polisie toe hy aange-wys is as die nommer een polisiekantoorin die land vir Junie.Met dié prestasie het die kantoor 1 131

ander polisiekantore in die land, inslui-tend150 indieWes-Kaapen13 indieWorce-ster polisiëringsarea (waaronder Ashtonook val), uitgestof.Die kantoor spogmet ’n “slaagsyfer” van

92,42%. Dié persentasie word bepaal deur’n punteberekening van onder meer mis-daadbekamping en inhegtenisnemings tenopsigte van dwelms en dronkbestuur.Die kantoor se prestasie was vir almal

’n reuse-verrassing en elke beampte is ge-weldig trots daarop, sê speurao. JonathBuys, waarnemende stasiebevelvoerder.Volgenshomkandie sukses aanuitsteken-de samewerking tussen die polisie, ge-

meenskapspolisiëringsforum, buurt- enplaaswagte,Bambanani-lede, reservisteendie gemeenskap toegeskryf word.“Almal het ’n rol gespeel en daarvoor is

ons geweldig dankbaar,” sê Buys.Volgens Buys was een van die kantoor

se prioriteite die bekamping van kontak-misdade. Om ’n afname hierin te versekerhet beamptes hul sigbaarheid drasties op-geskerp deur onder meer gereelde voer-tuigpatrollies met voertuie se blouligteaan, sowel as voetpatrollies te hou. “Onsprobeer in die gesig wees van die misdadi-ger en voornemende misdadiger,” sê hy.Beamptes se positiewe ingesteldheid het

ook ’n rol gespeel in die kantoor se sukses,aldusBuys.“Diebestuurisookbaiedeelne-mendmetbeamptes opvoetsoolvlakenonsprobeer omdirekmet beamptes te kommu-nikeer in stede daarvan om boodskappedeur hul onderskeie bestuurders aanhulleoor te dra.”

Page 11: Breederivier gazette 15 jul 2014

Breederivier GazetteGeklassifiseerdDinsdag 15 Julie 2014 11

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

STEVENS KATYGeb.20/08/1949Gest.15/07/2013Met mooi herinneringedink ons aan Mamma methaar eerste jaar weg vanons. Die verlange en gemisaan jou Mamma sal altyddaar wees. Vinning het dietyd verby gegaan, maar ditvoel soos gister toe jy onsverlaat het. Sal u altydmet liefde onthou. Vankinders Denise, Marie,Willy, Ryno, skoonseun,skoondogters, kleinkindersen agterkleinkind.

STEYN CATHERINEJANEGeb. 19/07/1939Gest.21/01/2014JOU eerste verjaarsdagweg van ons. Die verlangeen gemis aan jou sal altyddaar wees. Van:kinders,kleinkinders en familie.

GELUKWENSINGS

1030

Raai wie word 12 vandag?16/07/2014MANEUL DEMECIAJy moet lekker verjaar ennou raak jy ’n groot dogter.Ons is baie lief vir jou.Van:Mammie, Daddy enjou gunsteling broers.

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

SAKE

DIENSTE

2420

THURSDAY 17 JULY) Eseltjiesrus Donkey Sanctuary’s annualgeneral meeting at 18:00 at the Dutch Re-formed Church hall, Voortrekker Street.

WOENSDAG 30 JULIE) 60’s Kersfees in Julie in die Robertson-stad-saal.Diegeleentheidis tenbatevandieBreëri-vier Hospice. Kaartjies: R220 elk. Dos jou uitin jou beste 60’s uitrusting. Navrae en bespre-kings: Charmaine Little, 0 023 626 5710 of2 [email protected].

6-16 AUGUST) Montagu Youth Arts Festival at the DutchReformed Chuch hall (music, art, dance anddrama) with choir performances in the DutchReformed Church on Friday 8 August.

8-10 AUGUSTUS) Robertson Slow.

WOENSDAG 3 SEPTEMBER) Die Ses Snare tree om 18:30 vir 19:00 op byJaneza. Bespreek vroegtydig. Tafels van vierof meer. Geen kaartjieverkope.Besprekings: Navrae: [email protected] of0 082 978 7020. Koste: R195 vir volwassenes(sluit bottel wyn in), R100 vir kinders.

SATERDAG 6 SEPTEMBER) Robertson Bierfees.

Soetes & Sop fest this weekendBanish those winter blues bysipping, sampling andsavouring some of the best foodand wine the country has to of-fer at the annual BreedekloofSoetes & Soup Festival, takingplace this weekend (Friday 18and Saturday 19 July).

Feast your eyes and yourtastebuds on delicioushomemade comfort soups, win-ter-inspired wines, and a week-endoffamily-friendlyentertain-ment in one of the Cape’s most breathtakingwine valleys.

Now in its sixth year, the festival has becomeamuch-anticipatedweekendforthewholefami-ly, and the perfect excuse to get out from underyour duvet, out of the city and stock up yourwinecellar (or findanexcusetobuildone).Win-eries in the Rawsonville, Slanghoek, Goudini,andBreedeRiverareaswillbeshowcasingtheirfinestwines,cateringforallpalatesandpockets.

Over the two days, food and wine lovers willbetreatedtoaprogrammefeaturinghomemadecountrysoupcomplementedbymultipleaward-winning soetes (dessert wines), including

hanepoot,muscadel,NobleLateHarvest, Red Jerepigo and port.

A R70 festival pass, bought atthe first visited wine farm, enti-tles you to complimentaryhomemade country soup-for-the-soul (fruit, biltong andbluecheese, and red wine andonion marmalade beef soup toname a few), plus award-win-ningwinetastingsateachof thevalley’s participating wineries.Wineries are also offering vari-

ous discounts on a variety of wines.Fun-filled activities include live music, mar-

ketstalls,soupandwinepairings,ahikingtrail,cupcakeandwinepairing,andchildren’senter-tainment.

Evening attractions include Opstal’s five-course food and wine pairing dinner with wine-maker Attie Louw, Kirabo’s Attitude aboutwinecourseandaWannabeItalianopastacook-ing class at PicardiPlace.

Full programme details are available atwww.breedekloof.com.

For more information email [email protected] or call 023 349 1791.

Beat the winter chill with a visit tothe Breedekloof Soetes & SopFestival.

Page 12: Breederivier gazette 15 jul 2014

Breederivier

Year 18 • 15 Julie 2014 | Tel. 023 626 5212

Get in gear for Ride2NowhereLocal mountain biking enthusi-asts can look forward to spendingsome time in the saddle with averyunique event just around thecorner.

The Ride2Nowhere, taking placefrom 12 to 14 September, will takeparticipants along scenic routes inthe McGregor area.

Apart from the relaxed and friend-ly country vibe complete with localhospitality and entertainment,riders will be treated to a classicmountain bike race with an adven-turous and exciting route surround-ed by a breathtaking landscape.

The event aims to include the

whole family with daily spectatorpoints to go and watch the riders onroute as well as daily activities forthe children at the race village.

During the evening, riders andsupportersenjoytheirdinnertogeth-er with some of the best local enter-tainment in McGregor.

Participants can look forward tothe same start and finish point oneach day of the race and can chosebetween long and short routes.

With a free bike wash each day, alocal produce market, free wine tast-ing and lucky draws, this is an eventnot to be missed.

The route takes a cloverleaf formatwitheachday’sstartandfinishat the

Dutch Reformed Church in McGre-gor.

The short route (40 km per day)will follow the same route as the longroute (60 or 65 km per day) with justan earlier turn-off to race village.

Entry fees are R6 300 per team oftwo with solo entries R3 150 perrider.

Riders can enter online at http://ride2nowhere.co.za/enter-here/

For more information or enquir-ies, contact Eulogy van Dyk [email protected] orCon Viljoen on 082 775 8737.

More information is available onwww.ride2nowhere.co.za orwww.facebook.com/Ride2Nowhere.

The Ride2Nowhere mountain bike race is the ideal racing event for the whole family.

Gholfuitslae

Gholf:Bonnievale (72): Enkel-syferplus –

D. Swart +3, J. Jonker +1, L. Wentzel-1, S. Wentzel -3, N. van Zyl -3.

Ceres (72): Aangepaste Stableford– M. du Bois +14, P. Bothma +10, W.van Heerden +9, N. Muller +9, R. En-gelbrecht +8.

Robertson (72): Samespel-Stable-ford – A. Klerck en H. Doms 48, N.Smit en R. de Jong 45, A. Schilling

en M. van Vuuren 45, J. Muller enM. Swart 45, J. Stipp en E. Stipp 45,D. van Deventer en L. Vercuiel 45, O.Rabie en O. Rabie jnr. 45.

Theewaterskloof (72): Samespel-Stableford – D. Bradley en T. Grob-belaar 50, B. Klindt en J. Deacon 45,M. Muller en G. Grobbelaar 44.

Worcester (72): Houespel – G. Lou-rens 67, W. Storm 67, D. Spies 68, J.Joubert 69, F. Esterhuyse 69.

GOLF TIP OF THEWEEK: Pick your landing spot. This is specially for your chipping.It will help you to chip the ball closer to the hole and save more shots. Thiswill help you increase your focus to deliver the great shot and will also helpyou to determine what kind ball flight is needed.