bulletin uitgawe 14 2016
TRANSCRIPT
UITGAWE 14 Januarie / Februarie 2016
SAP TIN EENHEID VETERANE BOND
SIELSKOS
Deur: Ilana Loubser
Jou stiltetyd met God
Matteus 6:33
Jesus het gesê, '...maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle heel
eerste prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge as 'n bonus byvoeg' (NLV). Watter
'dinge' het Hy van gepraat? Dinge soos geld, huise, verhoudings, gesondheid en werk. Wat het
Hy met 'die koningsheerskappy van God' bedoel? Dat jy elke oomblik onder die heerskappy
van Christus moet lewe en sy wil in alle dinge moet soek. Jesus verwag drie dinge wanneer jy
God se koninkryk eerste stel: 1) Inspanning. Wanneer iets verlore is, moet jy alle ander dinge
eenkant sit en soek tot jy dit vind. 2) Belangrikheid. Posisie, prestasies, vooruitgang en
populariteit kan goeie dinge wees indien dit reg gebruik word. Sonder die heerskappy van
Christus in jou lewe, sal jy egter altyd weerloos teenoor die duiwel staan. 3) Dringendheid.
Maak nie saak hoe lank dit vat, hoe hard jy moet werk of wat jy moet herrangskik nie, herstel
jou stiltetyd met God tot sy regmatige plek. Die Psalmdigter het geskryf, "U het vir my hart
gesê: 'Kom en dien My.' Ek antwoord: 'Here, ek kom U dien'" (Psalm 27:8 NLV). Stiltetyd is
verskeie dinge deur die geskiedenis van die Kerk genoem. Oggend toesig, daaglikse
toewyding, afspraak met God ens. Dit maak nie saak wat jy dit noem nie, solank jy dit net
gereeld het. Jou stiltetyd met God is jou daaglikse gemeenskap met Hom deur sy Woord en
gebed. Dis 'n tyd wat jy doelbewus eenkant sit om Hom te ontmoet. Die doel daarmee is dat jou
persoonlike verhouding met Hom kan groei, sodat jy Hom kan ken, Hom kan liefhê, Hom kan
dien, en meer soos Hy kan word.
Openbaring 4:11
Het jy geweet: 1) God het jou geskep sodat Hy 'n verhouding met jou kan hê? Hy het jou
gemaak sodat Hy elke dag jou geselskap kan geniet. Jou houding jeens jou stiltetyd met God
sal getransformeer word wanneer jy besef dat Hy tyd met jou wil spandeer, dat Hy op jou
wag, en jou in sy teenwoordigheid verwelkom. 2) Die kruis het hierdie verhouding moontlik
gemaak? Toe Adam gesondig het, het God hom uit die Tuin van Eden verban en engele met
swaarde by die ingang gesit sodat die mensdom nooit weer daar kan ingaan nie. Toe het
God iets wonderbaarliks gedoen; Hy het mens geword, tussen ons kom lewe, in ons plek
gesterf, en is deur die goddelike swaard by die kruis afgesny, om sodoende vir ons 'n pad
terug na sy teenwoordigheid te skep. Is dit nie wonderlik nie? In die Ou Testament kon net
een man, die hoëpriester, by die Allerheiligste ingaan. Hy kon dit ook slegs een keer 'n jaar
doen. 'n Dik gordyn het God van die mense geskei. Hulle het buite gestaan en gewonder hoe
God se stem klink, hoe sy teenwoordigheid voel, en hoe sy glorie lyk. Net die hoëpriester het
geweet. Maar toe Jesus uitroep, '...Dit is volbring!..' (Johannes 19:30 NV), sê die Bybel het
'...die swaar gordyn in die tempel geskeur, van bo tot onder' (Markus 15:38 NLV). Ons kan
nou as 'priesters vir God' (Openbaring 1:6) enige tyd in sy teenwoordigheid kom en Hom
ontmoet. Wat 'n voorreg! Genade maak dit moontlik. Dankbaarheid moet die magneet wees
wat jou elke dag soontoe aantrek.
Lukas 6:12 NLV
Hoekom het jy elke dag stiltetyd met God nodig? Omdat Jesus dit nodig gehad het, en Hy is
jou voorbeeld: 'Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op 'n
stil plek gaan bid' (Markus 1:35 NLV). Ons maak tyd vir dit waaraan ons die meeste waarde
heg, vir die mense wat ons liefhet, vir ons hoogste prioriteite, en vir dit wat ons die lonendste
vind. Let op, Jesus het selde vir enige iemand in die publiek gebid, omdat Hy alreeds sy
bidwerk gedoen het voor Hy daar gekom het! Hoe besiger Hy geword het, hoe meer het Hy
gebid. Het Hy iets geweet wat ons nie weet nie? Jesus het nie gesukkel om tussen die skare
se agenda en sy Vader se wil te kies nie. 'Ek is nie daartoe in staat om enigiets uit My eie te
doen nie. Soos Ek dit van die Vader hoor, oordeel Ek en my oordeel is billik omdat dit nie my
wil is wat Ek najaag nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het' (Johannes 5:30 NLV).
Hoekom val sommige geestelike leiers soms? Omdat hulle vasgevang raak in die Here se
werk en hulle verhouding met Hom afskeep. Dwarsdeur die geskiedenis is enige iemand wat
deur God vir groot werke gebruik is, iemand wat baie gebid het. Martin Luther het gesê, 'Ek
het so baie om te doen dat ek die eerste drie ure van elke dag in gebed moet spandeer.'
Aanhoudende aktiwiteite sal jou dreineer en jou weerloos teen satan se aanval laat. Hoe
besiger jy word, hoe meer tyd moet jy met God spandeer. Eenvoudig gestel: As jy te besig is
om stiltetyd met God te hê, is jy te besig!
Job 23:12 NLV
Jou stiltetyd met God is meer as net 'n goeie idee, dis noodsaaklik vir jou geestelike
oorlewing, sowel as jou geestelike groei en volwassenheid. Jy sê, 'Maar ek gaan elke week
kerk toe.' Kan jy jou indink wat sal gebeur as jy net een keer 'n week eet? Petrus het die Skrif
as voedsame melk beskryf (1 Petrus 2:2) en die skrywer van Hebreërs het die Woord van
God vaste kos genoem (Hebreërs 5:14). Jou stiltetyd is ook soos 'n geestelike bad. Jesus het
gesê, 'Julle is reeds skoon gesnoei deur die boodskap wat Ek met julle gedeel het' (Johannes
5:13 NLV). Jy stort elke dag om skoon te bly en liggaamsreuke te vermy. Dis nie maklik om
rondom iemand te wees wat sleg ruik nie, en jy kan dalk aanstoot gee as jy vir hulle iets
daaroor sê. As jy hulle egter liefhet, sal jy iets sê. Jesus het vir Petrus gesê, '...Jy is vir My 'n
struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê' (Matteus
16:23 NV). Hier is die kruks van die saak. Tensy jy jou stiltetyd met God beskerm: 1) sal jy
afgesny word van jou bron van krag, leiding en wysheid; 2) jou bruikbaarheid vir God sal
beperk wees; 3) jy sal inkonsekwent in jou Christelike lewe wees. Jy sê, 'Maar ek het nie tyd
nie!' Jy het dieselfde 168 ure elke week as almal anders. Hoe jy hulle spandeer word bepaal
deur wat jy dink die belangrikste is. Indien jy dink dat gemeenskap met God belangrik is,
begin om tyd daarvoor te maak.
Deur: Martin Loubser.
Uitbreiding van seremoniële drag
Aangesien daar net op Facebook oor die aangeleentheid kommunikeer is wil ek graag langs hierdie
weg alle lede inlig.
• Daar is ‘n 50 Jarige gedenk lapelwapen ontwerp en in die proses van vervaardiging. Dit gaan
op die linkerlapel onder die TIN lapelwapen gedra word as ‘n permanente toevoeging tot die
Bond se drag. Die koste vir die lapelwapen beloop R50-00
• Daar is ook ‘n naamplaatjie ontwerp en in die proses van vervaardiging. Dit gaan op die
regterbors gedra word as ‘n permanente toevoeging tot die Bond se drag saam met eenheids en
kwalifikasie kentekens. Die koste vir die naamplaatjie beloop R70-00
BESTUURSKOMMUNIKASIE
BELANGRIKE INLIGTING AAN LEDE
• Bestellings vir die lapelwapen en naamplaatjie moet asseblief aan my persoonlik gestuur word
by [email protected] aangesien die korrekte spelling van jou voornaam en van belangrik is
voordat dit aan die verskaffer gestuur word.
• Inbetaling vir hierdie items moet gedoen word in die Bond se besigheidsrekening voordat enige
bestelling geplaas word:-Bank:...................…………......... FNB
Tak:....................………….......... Pretoria
Takkode:...........…………........... 230145
Naam van rekening:………........Saptinvetbond
Tipe rekening:..........…………....Cheque
REKENING NOMMER: ………...62558278315
REKENING HOUER: ……………RL van Onselen (Tessourier)
Ledegeld vir 2016/17
• Alle lede is persoonlik herinner daaraan dat dit tyd is om lidmaatskap te hernu. ‘n Groot aantal
lede het dit dan ook gedoen, ons hartlike dank en waardering vir die spoedige respons.
• Indien u nog nie u ledegeld hernu het nie word u versoek om dit so gou doenlik te doen.
Gedurende die week van 7 tot 11 Maart gaan ons vir elkeen wat nog nie ledegeld hernu het nie
‘n persoonlike sms stuur ingeval Facebook en e-posse ons in die steek gelaat het.
• Net om u geheue te verfris; jaarlikse ledegeld vir lede is R250-00 en vir ondersteuners is
R150-00
• Dit is belangrik om te onthou dat as jy na 28 Augustus 2015 aangesluit het, jy reeds opbetaal is
vir 2016/17.
• Ledegeld word ook in die Bond se besigheidsrekening inbetaal soos hierbo vermeld.
Algemene jaarvergadering
• Elke lid is persoonlik per e-pos verwittig van ons Algemene Jaarvergadering op 12 Maart 2016
om 10:00 by die IPA Huis in Arcadia Pretoria. Hier is die e-pos soos gestuur op 15 Februarie
2016:-
Bond dasse
• Almal wat seremoniële drag aangekoop het en nog nie ‘n das ontvang het nie; met die
toevoeging van die 50 jr lapelkenteken en die naamplaatjie het ek besluit om die dasse terug te
hou totdat hierdie lede ook ‘n naamplaatjie en lapelwapen het. Lede is reeds in kennis gestel
dat die dasse gepos gaan word op die Bond se onkoste aangesien die “dasse kwessie” buite
beheer van die bestuur en die lede was en die naamplaatjie en lapelwapen dus nou saam met
die dasse gepos sal word om die lede die koste te spaar.
ENIGE inbetalings deur lede gemaak
• Besigheidsrekeninge van beide die Bond en die Maleoskop Beeldefonds is deur elke moontlike
media beskikbaar veelvuldige kere gekommunikeer. Daar word gevind dat daar steeds lede is
wat in die Capitec rekening, wat ondersoek word sedert Julie 2015, inbetalings maak. Die
bestuur wil dit duidelik maak dat enige inbetaling in enige Capitec rekening beskou sal word as
of dit nie bestaan nie, dit sal u verantwoordlikheid wees om dan die situasie reg te stel en die
bestuur aanvaar GEEN verantwoordelikheid hiervandaan verder vir inbetalings wat in ‘n
verkeerde rekening gamaak word nie.
• Beide die besigheidsrekeninge is FNB rekeninge wat geopen is ingevolge die grondwet en soos
voorgeskryf vir die registrasie as nie-winsgewende organisasie en word volgens die reëls van ‘n
besigheid bedryf. Die Capitec rekeninge was bloot geopen om van die grond af te kom totdat
daar genoeg fondse was vir die opening van besigheidsrekenings.
• U word DRINGEND versoek om asseblief, wanneer u inbetalings maak u naam en van of
minstens dan u identiteitsnommer te gebruik as verwysing. Daar word talle betalings gemaak
waar hierdie verwysing ontbreek en dit maak dinge moeilik as ons nie weet wie die betaling
gemaak het nie.
Verandering van persoonlike inligting
• Die bestuur word gedurig pakslae gegee deur lede wat geen kommunikasie van ons ontvang
nie net om later uit te vind dat e-pos adresse of telefoon nommers verander het.
• Die bestuur kommunikeer minstens een keer per maand met elke lid persoonlik oor een of
ander aangeleentheid. Dit is elke lid se eie verantwoordelikheid om die bestuur te verwittig van
enige veranderings in e-pos adresse, woon adresse, pos adresse en kontaknommers.
Miniatuur Maleoskop Beeldegroep.
Die miniatuur weergawe van die Maleoskop beeldegroep trek nou al by nommer 58 en word hierdie
beeldjies letterlik die hele wêreld vol versend. Van hulle is nog op bestelling maar meeste pryk op
hulle spesiale plek in hulle nuwe eienaars se huise.
Onthou dat die beeldjie ʼn “limited edition” gaan wees! Daarom moet daar, Indien daar nog
enige belangstelling is om so ʼn beeldjie te bekom, so gou as moontlik met Henk by
[email protected] kontak gemaak moet word vir bestellings en om teleurstelling te vermy.
Tot nou toe het ons dit net gesirkuleer onder ons eie veterane en Maleoskop lede en as daar nie
meer belangstelling onder ons eie lede is nie gaan ons die res van die reeks verder oopgooi.
Dra van seremoniële drag
• Ek word oorval met navrae oor die dra van die seremoniële drag van die SAP TIN Eenheid
Veterane Bond, wat reg en wat verkeerd is.
• Ek vra nederig om verskoning vir die awesigheid van duidelike dragsorders. Ek onderneem om
dragsorders, so duidelik en beskrywend as moontlik op te stel en per e-pos aan lede te
kommunikeer voor die Koevoet funksie op 2 April 2016
BYDRAES INGESTUUR DEUR LEDE
Burokrasie het nog altyd bestaan
Deur Tiny Nortjè
Die verhaal het afgespeel toe ek in Owamboland gestasioneer was en die storie het volgens
die bevelstruktuur van daardie tyd eintlik niks met TIN te doen gehad nie. Dit versinnebeeld
die Suid - Afrikaanse polisieman in konfrontasie met terroriste.
Twee lede wat saam met my op Ondangwa gestasioneer was, was Konstabels Visagie en
Oosthuizen.
Hierdie lede het nie kamoefleerdrag gehad nie en moes stukke by lede op die stasie leen.
Oosthuizen het my baadjie geleen. Hierdie was in stryd met die DK (Distriks Kommandant) en
DSO (Distrik Speur Offisier), beide Kapteins op Oshakati, se opdragte. Hulle mening was dat
alhoewel ons in bos is, vir watter rede ookal, ons "nie operasioneel was nie".
Dit was vir my sinneloos en niemand kon dit verstaan nie want dit was `n operasionele gebied,
ons het daar gewerk en terroriste het nie vrae gevra nie.
Om 14:15 op 13 Mei 1976 was hierdie twee lede deel van `n konvooi van vier voertuie op die
Owambo - Angola grens naby Onunda. Die konvooi het bestaan uit twee gepanserde voertuie,
`n 4x4 oop trok en `n Unimog.
Saam met die twee lede het `n swart privaat persoon verbonde aan die Departement van
Landbou en twee SAW lede agterop die bak van die trok gery.
Konstabel Oosthuizen, wie paraat en oplettend was, het `n terroriste hinderlaag opgemerk
voordat die voetuie dit kon spring. Beide Ooshuizen en Visagie het onmiddelik begin skiet.
Een van die gepanserde voertuie was deur `n RPG getref en buite aksie gestel.
Gekonsentreerde vuur het die konvooi getref maar die twee polisie lede het aanhou vuur
totdat die ander konvooi lede dekking kon kry. Eers toe al die ander lede dekking geneem het
het hulle dekking geneem en aanhou skiet totdat die vyand op die vlug geslaan het.
Na die geveg is gevind dat daar twee wit persone van Landbou, vier SAW lede en die swart
SAP lid gewond was.
Deur die twee lede se optrede wat doodsveragtend gestaan en skiet het sodat ander skuiling
kon kry, is daar verhoed dat R39 000 - 00 (en dit was baie geld in daardie tyd) gesteel word
wat aangewend moes word om die plaaslike bevolking te help16
Beide lede is die SA Polisie Ster vir Verdienste toegeken. Jy kan nou self die vraag
beantwoord of hierdie TIN was of nie.
Die storie het `n nadraai gehad; ek het hulle aanbeveel vir die Medalje vir die Bekamping van
Terrorisme waarna Oshakati dit teruggestuur het en gesê het ek moet my nie ophou met dit
wat niks met my te doen het nie.
Ek het my verslag toe Windhoek toe gestuur en die ouens in Oshakati `n afskrif daarvan
gestuur. Windhoek het dit Pretoria toe gestuur met hulle positiewe aanbeveling. Die uiteinde
daarvan was dat die manne toe vereer was en ek in die “dog box” was.
My kammoefleer baadjie wat Oosthuizen geleen het en wat op die bak gelê het tydens die
skermutseling, het agt skote deur dit gehad.
SO IETSIE OOR DIE NOORD-KAAP KOEVOET-EN TIN VETERANE SOSIALE
ONDERSTEUNINGSGROEP.
Deur Stoney Steenkamp
Gedurende 2014 begin praat ek en nog twee Koevoetlede, oorlede Jan Smit asook Rooies
Strauss oor die feit dat die Koevoet lede in die Noord-Kaap nie ‘n sameroeper of koördineerder
het soos meeste van die ander Provinsies en Namibië nie, dit het egter net by praat gebly.
Laat 2014 met Jan Smit en Hop de Jager, beide Koevoetlede, se begrafnisse op Keimoes en
Groblershoop het dit weer duidelik geword dat iemand sal moet instaan en slaapplekke en
saamry geleenthede vir besoekers en roubeklaers reël asook net die los toue optel aangesien
dit vir die koördineerders vanaf Pretoria bitter moeilik is om oor lang afstande sulke reëlings te
tref. Ek praat ook hier gedurende Februarie 2015 met ‘n Koevoet vriend wat op ‘n plaas naby
‘n sekere plek in die Noord-Kaap bly. Die veteraan is in ‘n rolstoel gekluister nadat hy na die
oorlog tydens ‘n optrede vir “Executive Outcomes” in die buiteland gewond is. My vraag aan
hom was “dat daar mos heelwat veterane om hom bly wat seker gereeld kom kuier?”. Sy
negatiewe antwoord het my toe finaal laat besluit dat iets gedoen moet word.
Omdat ek ‘n trotse lid van die SAP TIN Veterane Bond is maar ook noue bande met Koevoet
het, het ek gevoel dat TIN lede beslis deel van ‘n groep moes word wat ons in die Noord-Kaap
wil stig. Ek neem my idee dadelik weer met Yster Strauss van Koevoet op maar voeg ook by
dat ons alle veterane in die Noord-Kaap moet betrek, TIN veterane sowel as Koevoet veterane
by ‘n groep om na ons wel en weë om te sien; ‘n groep soos wat daar in die meeste ander
Provinsies en Namibië vir Koevoet bestaan. Ons groep moet egter uniek wees aangesien dit
Koevoet sowel as TIN veterane asook SWAPOL Taakmag veterane moet insluit.
Die besluit word geneem dat alle Koevoet lede outomaties lede van ons Noord-Kaap groep
sou wees aangesien hulle vêr in die minderheid is. Die TIN manne was egter ‘n ander kwessie
aangesien daar etlike honderde in ons Provinsie is. Die besluit is toe geneem dat die TIN
manne wat belang stel by ons groep kan inskakel, maar op ‘n “hangende” lys geplaas word tot
tyd en wyl hulle opbetaalde lede van die SAP TIN Veterane Bond is. Dit sou ons getalle darem
binne administreerbare perke hou. Die voorstelle word einde Maart 2015 voorgelê aan die
onderskeie voorsitters van die TIN en Koevoet Veterane Bonde wat beide hul seën aan die
groep gee.
Gedurende Maart 2015 begin ek met die bemarking van die groep en ook met die eerste
weeklikse inligtingblad aan belangstellendes van die groep. Databasisse met kontaknommers
word uitgeruil en so begin ons groepie vorm aanneem wat ledetal aanbetref vir
belangstellendes. Die toelating tot die groep is totaal gratis en daar word geen fondse
hoegenaamd genereer vir die groep nie.
Die doel van die groep word as volg uiteengesit:
Ondersteuning aan mekaar waar nodig.
Besoeke aan mekaar sou ons in ‘n omgewing kom waar ‘n ander NK Veteraan woonagtig
is.
Koördinering van alle begrafnisse en funksies plaaslik vir lede van die groep as hulp en
bystand vir die besture van beide bonde.
Om te onderhandel vir saamrygeleenthede en bekostigbare verblyf sou daar van ons groep
begrafnisse en/of seremonies van een van die twee Bonde in ander Provinsies wou
bywoon.
Om sosiale saamkom geleenthede onder mekaar en vir die groep as geheel te reël sodat
ons bietjie kan kuier en die hare kan laat hang.
So het van ons lede al tydens stigting verskeie kere saamgery om geleenthede by te
woon soos die begrafnis van wyle Kolonel Willie Fouchè in Rustenburg, die SAP TIN Bond
se eerste kranslegging ter herdenking van Ongulumbashe by die Voortrekker Monument,
die begrafnis van wyle Koevoetlid Koos “Hond” de Wet in Kuruman, die “Poppy Day”
herdenking by die Uniegebou in Pretoria en dan die begrafnis van wyle Generaal Sterk
Hans Dreyer in Pretoria. Verskeie lede en/of hul eggenotes is ook al deur veterane van
die groep besoek; party so vêr as Bloemfontein.
Die veronderstelling is dat elke “cluster groep” geleentheid moet kry om ons eie sosiale funksie
aan te bied en daarom is die Provinsie in die vyf SAP ‘clusters” ingedeel naamlik Bo-Karoo met
de Aar as hoofdorp, Diamandveld met Kimberley as hoofdorp, Gordonia met Upington as
hoofdorp, Kuruman en dan Namakwaland met Springbok as hoofdorp. ‘n Bykomende cluster,
diè vir oud Noord - Kapenaars wat tans buite die Provinsie woon is ook geskep. Die
toelatingsvoorwaarde is net dat die aansoeker ten tye van sy tydperk wat hy afgedeelde diens
gedoen het of by Koevoet betrokke was, in die Noord Kaap gestasioneer moes wees of dat hy /
sy, nou in die Noord-Kaap woonagtig moet wees.
Ons groep het ook ‘n baie geslaagde Bring-en-Braai-en-Slaap naweek gehou van die 5de tot
die 7de Februarie wat deur 16 lede bygewoon was, meer as 50% van die lede wat steeds in die
Noord-Kaap woonagtig is.
Dit het ook gou duidelik geword dat die weeklikse uitstuur van inligtingstukke baie werk en tyd
verg en ook internet kostes. Die voorstel dat slegs ‘n maandblad soortgelyk soos dit bulle-TIN
van die TIN Bond of die Posvoet van die Koevoet Bond versprei word asook voorstelle vir ‘n
naam vir die nuusblad is gesirkuleer onder die lede en einde Oktober word ons eie eerste
maandblad, die NK TINVoet tussen die lede versprei.
Daar is ook voorgestel dat ‘n WhatsApp geselsblad vir die groep oop gemaak word en
gedurende middel November is die WA blad ook in werking en gesels die manne lekker saam.
Die huidige getalsterkte van ons permanente lede is 42 lede waarvan 5 TIN Veterane Bond
lede en 5 Koevoet Veterane Bond lede is. In totaal is daar 15 oud TIN Veterane en 24
Koevoet veterane asook 3 SWAPOL Taakmag veterane. Daar is egter heelwat lede wat nog
“hangend” is en wat nog by die TIN Veterane Bond moet aansluit voor finale toelating. Dit is
nie verpligtend om by enige van die twee bonde aan te sluit nie maar die oogmerk is tog om
alle lede as opbetaalde lede vir een van die twee Bonde te werf.
Alhoewel ek die stigter van hierdie Noord Kaap Koevoet en TIN Veterane Groep asook die
WA groep is, is almal op die groep egter bestuurders van die groep in eie reg. Ek is maar net
die persoon wat die koördineering en admin van die groep behartig en hang die sukses van
die groep van die bydrae en aktiewe deelname van elke lid af.
Ek weet veral TIN veterane, opbetaald of nie, in baie van die ander Provinsies dobber nog
rond en dit sal miskien ‘n goeie ding wees as daar in elke Provinsie ‘n TIN Veteraan opstaan
en die inisiatief neem om sodanige groepe te stig. Dit sal egter sonder Koevoet lede moet
wees aangesien Koevoet in die ander Provinsies ook elk reeds ‘n koördineerder het as ek reg
is.
DIE NOORD-KAAP KOEVOET EN TIN VETERANE GROEP: BRING-EN-
BRAAI-EN-SLAAP NAWEEK VAN 5 TOT 7 FEBRUARIE 2016
Deur Stoney Steenkamp
Die beplande Bring-en-Braai-en-Slaap naweek op Upington het toe gerealiseer die naweek van
6 Februarie. Oorspronklik is die geleentheid gereël vir Saterdag die 6de vanaf 14:00 met ‘n
braai en oorslaap die aand en dan sou die manne wat oorslaap die Sondag oggend weer
vertrek. Ek was egter verplig om die gedoente te vervroeg vanaf die 5de Februarie aangesien
Senings Campbell (Koevoet Bond Z4) vanaf Kimberley en Blackie Swart (SAP TIN Bond) vanaf
Kathu nie kon wag tot die 6de nie en al die 5de by die kampeerterrein ingeklok het.
Slegs ons drie sou die Vrydagaand so bietjie kuier en litte losmaak maar toe daag Jaco
Moorcroft (oud TIN) en Japie Nel (oud TIN) van Kuruman ook op en so het ons meer geraak vir
die “rehearsal” die Vrydag aand. Op die ou einde was ons ‘n hele agt man wat die Vrydag se
inoefening meegemaak het nl. Senings, Blackie, Jaco, Japie en dan nog Bone Boonzaaier
(SWAPOL TM), Jan Burger (oud TIN), Ockie Marais (oud Koevoet ZW) en ekself. Die manne
het die Vrydag maar redelik rusig gevat want hulle het geweet dat daar Saterdag baie spore
gaan wees wat ‘n groot en lang opvolg tot gevolg gaan hê!
Foto bo: Van die manne wat al vroeg gekom het om te kyk dat daar geen ontsnappery van
enige ou sal wees nie. VLNR Leon du Toit (Rundu Veiligheid) Jan van Wyk (SWAPOL
Taakmag) Balckie Swart (SAP TIN Bond), Japie Nel (oud TIN), Jan Burger (oud TIN), Jaco
Moorcroft (oud TIN) Yster Strauss (Koevoet Bond ZV) Senings Campbell (Koevoet Bond
ZF) en Willem Boshoff (oud Koevoet ZH)
Foto links: Bone Boonzaaier, SWAPOL Taakmag
veteran kap dit uit met sy beret die Vrydag toe
daar nog vir spore gesoek is voor die groot
opvolg en kontak die Saterdag.
Die Saterdag hier so teen 14:00 het meeste van die ander
manne arriveer en het Willem Boshoff (ZH), Leon du Toit,
(oud TIN), Jan van Wyk, (SWAPOL TM) by die groep
aangesluit.
Nieteenstaande my herhaaldelike waarskuwings om nie
enige koeldrank te drink voor 14:00 nie, het een man tog hier
teen 14:00 sy hangmat uitgepluk en koppietjie onderstebo
gerus vir die aand. (‘n Foto is geneem maar ongelukkig deur
die WVK gekonfiskeer)
Hier van 14:00 die middag het dinge begin ernstig raak en het die manne 10 meter van die
kampplek af spoor gevat na die “Krip” toe waar die nodige verversings mildelik uitgedeel en
geniet is. Rooies Strauss van Z4 het ook (heelwat) later arriveer en omdat hy laat was het
hy ‘n selfopgelegde vonnis uitgedien en heel aand slegs rooi koeldrank gedrink, ook maar
goed so want ek dink Rooies het sy deel gedoen om die alkoholverbruik tydens sy tydperk
by Z4 in die Kavango hemelhoog te laat styg.
Hier is die laaste groepfoto wat geneem kon word van die manne (ongelukkig nie almal nie )
maar daarvandaan was dit elkeen vir homself en die duiwel vir ons almal. VLNR Jan Burger (oud
TIN), Yster Strauss (Koevoet Bond ZV), Ockie Marais (oud Koevoet ZW), Willem Boshoff (oud
Koevoet ZH), die uwe, Leon du Toit (Rundu en Windhoek VT), Senings Campbell (Koevoet Bond
ZF), Jaco Moorcroft (oud TIN), Japie Nel (oud TIN), Jan van Wyk (SWAPOL Taakmag). Agter is
Bone Boonzaaier (SWAPOL Taakmag) en Blackie Swart (SAP TIN Bond). (Rooies Strauss Z4 het
toe seker vir hom gaan rooi koeldrank koop want hy “figure” nêrens op die foto nie)
Ons was vyf lekker spanne wat onderling meegeding het om te kyk wie die minste/meeste kan
drink, die lekkerste vleis kan braai, die vroegste/laatste kan gaan slaap, die hardste kan
snork/roggel. Die oud TIN span (manne wat nog by die SAP TIN Bond moet aansluit) was die
beste verteenwoordig met 4 man, Zulu (Oshakati) het dan gevolg met drie man en dan het Z4
(Kavango), Swapol Taakmag, en die TIN Veterane gevolg met twee man elk in hul spanne.
Ongelukkig kon geeneen van Z5 (Kaokoland) se manne kom nie. Daar sou ook iewers oor die
naweek op voorstel van Blackie Swart ‘n pot gemaak word maar die drie dae was bietjie kort
vir so ‘n oefening en ek verneem dat Blackie oppad terug Kathu toe maar langs die pad
gestop het sodat die Landy bietjie kan afkoel en hy toe sy potjie aangeslaan het.
Dit is nog debateerbaar wie die drink kompetisie gewen het, dit lyk vir my die manne het
gedink daar sal twee wenners wees, die span wat die meeste kan vat EN die span wat die
minste kan vat want dit was duidelik dat die spanlede binne spanverband teen mekaar gewerk
het; een wil alles opdrink en die ander vat weer niks. Ek dink die Kavango span het dalk
manne soos Koos Kavango le Roux en Pieter Benade gekort om hulle in die kategorie te sit
wat die meeste kon vat. Alhoewel Senings sy bes gedoen het om sy span te laat wen het die
feit dat Rooies net rooi koeldrank sonder ”zoo” koekies gevat het, die span verder gekortwiek.
Ockie Marais van die Oshakati span het ook sy kwota lankal uitgedrink maar Yster en Willem
het werklik hul bes gedoen om die span darem in die kollig te hou. SWAPOL Taakmag het ook
gelei onder ‘n “splitting of interest” sindroom want Tripple J van Wyk wat niks gevat het nie
wou sy span laat wen wat die minste drink terwyl Bone weer gedink het die prys sal gaan aan
die span wat die meeste kan wegsit.
Op die foto links kan gesien
word hoekom ek so baie moes
vuurmaak. Willem Boshoff (oud
Koevoet ZH) is vroeg aand al
horende doof en wil net “Plan B”
toe neuk terwyl Yster Strauss
(Koevoet Bond ZV) bekommerd
toekyk dat die man dan nou
vroeg aand al so doof raak.
Ek het tweemaal vuur opgesteek
om te braai en so moes ek ‘n
derde sak hout opsit en die
ouens begin dreig met ‘n “seat” in
die parlement voordat daar einde
ten laaste ou aand begin braai is.
Hier was ook geen wenners nie
alhoewel die ribbetjies wat gebraai is eksie perfeksie was. Elke ou het sy eie vleis gebring en
op die ou einde was my vleis joune en jou vleis myne. Ek dink my vrou moet egter hier die
prys kry vir die lekker knoffelbrode en aartappelslaai wat sy vooraf vir ons voorberei het.
Ook die slaapkompetisie is deur geen span gewen nie maar ek dink die Oshakati span kan
danksy Willem Boshoff dalk hier aanspraak maak op ‘n wen want dit is die eerste maal wat ek
sien ‘n man slaap voornag met sy kop op sy matras en sy lyf op sy bakkie se bak en nanag
weer met sy lyf op die matras en sy kop op die bak. Willem het ook los hande die snork
kompetisie gewen alhoewel party manne sal stry dat hy gelê en roggel het en nie gesnork het
nie.
Ongelukkig kon almal nie die Saterdag oorslaap nie as gevolg van ander “self-inflicted” prioriteite
maar die Sondagoggend om 07:00 het Rooies Strauss vir ons laaste sewe manne ‘n kort maar
gepaste vroegoggenddiens gehou met die tema “keuses” waarna die manne uiteen is na ‘n
bevonkte lekker naweek.
Baie sal nou dink dat die naweek net om die koeldrank drink gegaan het maar die lekkerste van
alles was die gesels en staaltjies wat oor so ‘n paar koues (en ook so ‘n paar nie koues) uitgekom
het. Min oorlog stories is vertel maar die lekker herinneringe is opgediep en dan was dit mos ook ‘n
geleentheid vir die manne wat mekaar nog nie ontmoet het nie om blad te skud en mekaar beter te
leer ken.
Manne, van julle sal weet, ‘n drie dae naweek raak bitterlik lank met so ‘n klomp man om jou en ons
sal moet kyk om miskien in die toekoms vir ‘n korter tydperk te kuier dat ‘n mens darem alles kan
onthou wat gebeur. So was dit vir my ‘n straf om hierdie terugblik te skryf want ek kan nie veel
onthou wat die Vrydagaand na 23:00 of die Saterdagaand na 23:00 gebeur het nie. Lyk my as
mens ouer word sny jou geheue uit daardie tyd van die aand.
Nog ‘n ding wat my pla oor die naweek is die feit dat ek op so min fotos is. Ek is dan nou kwansuis
te lelik en sou die fotos bederf! Wat ook baie lekker en verblydend was was die ondersteuning van
die ander ouens op ons groep wat om een of ander rede nie kon kom nie en dmv ons WA
geselsgroep en FB heeltyd bly kommunikeer het met ons, moed ingepraat het, raad gegee het en
sommer net in gees saam met ons was.
Nou ja, ek glo ons eerste bymekaarkom was ‘n sukses en ek dink die Kuruman cluster, wat die
tweede meeste ouens in hul omtrek het, sal verantwoordelik wees vir die reëlings en aanbied van
ons volgende operasie.
UIT DIE BOEK
VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND
DEUR LOUIS LUBBE
BLADSY 83
Indien daar enige iemand is wat in die boek belangstel en ‘n kopie wil aanskaf kan hulle die
skrywer direk kontak by:
082 859 0764
(011) 803 6348
Die prys van die boek is R 350.00
VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND
DITJIES EN DATJIES OP FACEBOOK
VERJAARSDAE
MAART
2 Boet Meintjes 082 465 9992
9 Aurray Pilay 084 555 3417
9 Jan Jooste 082 864 2971
11 Werner Wassermann 072 665 6815
18 Jan Croukamp 082 824 3174
21 Rudolph Smit [email protected]
VERJAARSDAE
APRIL
2 Wayne Lotter 083 714 9907
11 Kobus Posthumus 084 556 6987
16 Hester Nortjè 083 269 2071
16 Fritz Rost 082 774 4297
17 Johan Visage 073 269 7546
22 Henk van Heerden 082 770 5574
25 Mark Jackson [email protected]
29 Pieter Lombard 072 419 5068
HULDE AAN HULLE WAT DIE HOOGSTE
PRYS BETAAL HET
MAART1 1974 Konst. W.J. Calitz
8 1974 Konst. W.J Conradie
7 1967 Sers. J.A Nel
30 1972 Sers. J.F Rickert
4 1973 Konst. L.H Steenkamp
8 1974 Konst. Z.A Hough
8 1974 Sers J.A Kuhn
8 1974 Konst. E.F Strydom
8 1974 Konst. R.A Swart
25 1978 S/AO E.K Johannes
29 1978 Konst. C.J Erasmus
25 1983 Sers. J.A Nell
HULDE AAN HULLE WAT DIE HOOGSTE
PRYS BETAAL HET
APRIL20 1973 Konst. B.A Ikgopoleng
20 1973 Sers. M.J Makwela
20 1973 Konst. K.E Sibeko
20 1973 Konst. R.D Sibeko
17 1974 Lt. E.P Swart
19 1976 S/Sers. S. Ogamb
21 1984 Konst. S.P. Mokwena
20 1973 J. Shointo (Boesman Spoorsnyer)
MALEOSKOP BEELDEFONDS
Help ons om ons geskiedenis te restoureer.
Elke bietjie help!!!
MINIATUUR TIN BEELDJIES
• Hou in gedagte dat hierdie beeldjies ’n
BEPERKTE UITGAWE is.
• ’n Bêrekoop opsie is beskikbaar teen 3
maandelikse paaiemente van R500-00 elk.
Bestel by Johannes Wolmarans
072 487 2341 [email protected]
TIN Pet R 70-00
TIN Hemp R 180-00
Patches R 50-00
TIN PETTE, T-HEMDE EN PATCHES
CAMO Patches R 70-00
Bestel by Henk van Heerden
082 770 5574
TIN wyn bottels R 70-00
TIN bekers R 80-00
TIN plakkers R 5-00
Maleoskop wyn bottels R 70-00
TIN Braaitange R 200-00
TIN PLAKKERS, BEKERS, WYN EN TANGE
STAANDE EN NUTTIGE INLIGTING VIR NUWE
LEDE
Dra van die seremoniele drag.
Soos vervat in die Grondwet Par 5.3
BELANGRIKE EN NUTTIGE INLIGTING
BESTUUR
Voorsitter: (Waarnemend) en
Sekretaris: Martin Loubser Sel: 084 990 2025 epos: [email protected]
Kommunikasie: Henk van Heerden Sel: 082 770 5574 epos: [email protected]
Tesourier: Robert van Onselen Sel: 079 826 8468 epos: [email protected]
Addisionele lede:
Elnic Steenkamp Sel: 072 184 7703 epos: [email protected]
EREPRESIDENT
Johan Viktor (Genl)
Facebook geslote groep (slegs vir TIN lede)
https://www.facebook.com/groups/535440839915941
http://za.linkedin.com/pub/tinveteraan-bond/a1/494/548/
Facebook Page (vir almal)
https://www.facebook.com/coinveteransleague
KENNISGEWING DEUR DIE REGISEUREk wil dit onomwonde duidelik stel dat die redaksie GEEN verantwoordelikheid neem vir
die korrektheid van die inhoud van jou plasing nie. By ontvangs van jou inset doen ek
die nodige taalversorging en sal maksimum dalk uitbrei op afkortings en TIN terme sodat
ons leke lesers ook verstaan. Dit klink dalk na ʼn snaakse versoek maar moenie plasings
stuur as jy dit nie gepubliseer wil hê nie.
Plasings wat jy op Facebook maak is openbare inligting en sekere plasings word as ʼn
reël van ons groep afgetrek en in die blad geplaas vir diegene wat nie op ons Facebook
groep is nie. As jy ʼn probleem hiermee het moet jy my asseblief laat weet, ons sal jou
versoek respekteer.
Martin Loubser
VERSOEK DEUR DIE REDAKTRISE
Ek wil almal vriendelik vra (ek sal selfs soebat as ek moet) om tog pen op papier te sit
en julle bosstories met ons te deel, ernstig of komies. Die blad sal niks anders as ʼn
inligtingsblad wees as dit nie vir die stories is wat lede tweemaandeliks plaas nie. As jy
nie ʼn skrywer van formaat is nie, moet jy nie bekommer oor spelfoute en
taalkonstruksies nie, die regisseur (Martin Loubser), klap ʼn storie vinnig reg.
Ilana Loubser
Stuur insette, stories, foto’s en ander plasings
na [email protected] voor die 20ste van
April 2016.
Redaktrise – Ilana Loubser Sel: 084 579 1269
Regisseur – Martin Loubser Sel: 084 990 2025