jaar 14 - uitgawe 37 kontak ons: [email protected] www ... uitgawe 37-… · ds andries van...

6
1 25 November 2016 Hierdie deel van die kerkjaar begin vier Sondae voor Kersfees en eindig op 24 Desember. Advent kom van die Latynse woord “adventus” wat koms of aankoms beteken. Die kerk het die tyd waar ons voorberei om die geboorte van Christus te herdenk, Advent genoem. (Klik hier om meer oor die besondere tyd, asook die gebruike te lees) 1. NG KERK VRYSTAAT - PROPONENTE 2016 (GELEGITIMEER 17/11/2016): Hierdie was regtig ‘n pragtige en geseënde geleentheid, weereens baie geluk aan almal! Ons dra ook spesiale gelukwense oor aan Lizari Dippenaar en Mias Nortier wat die pryse vir die beste skripsie, asook beste finalejaarstudent vir 2016, deel. Dr Roelf Opperman van die Algemene Steunspan Predikantesake, het die legitimasie waargeneem. Vlnr: Dr Roelf Opperman, dr Jan de Man, Gerhard Wessels, Carien Swanepoel, Mias Nortier, Johan Orsmond, Diederich Kleynhans en Lizari Dippenaar Klik hier vir die proponente se kontakbesonderhede vir moontlike toekomstige gebruik. 2. GEBEURE BY GEMEENTES: Jaar 14 - Uitgawe 37 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

Upload: others

Post on 14-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jaar 14 - Uitgawe 37 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 37-… · Ds Andries van Rooyen - VENTERSBURG - 057 651 4102, 081 289 1620, adeoandreomisso@gmail.com 1 Des:

1

25 November 2016

Hierdie deel van die kerkjaar begin vier Sondae voor Kersfees en eindig op 24 Desember. Advent kom van die Latynse woord

“adventus” wat koms of aankoms beteken. Die kerk het die tyd waar ons voorberei om die geboorte van Christus te herdenk,

Advent genoem.

(Klik hier om meer oor die besondere tyd, asook die gebruike te lees)

1. NG KERK VRYSTAAT - PROPONENTE 2016 (GELEGITIMEER 17/11/2016): Hierdie was regtig ‘n

pragtige en geseënde geleentheid, weereens baie geluk aan almal! Ons dra ook spesiale gelukwense oor aan Lizari Dippenaar en Mias Nortier wat die pryse vir die beste skripsie, asook beste finalejaarstudent vir 2016, deel. Dr Roelf Opperman van die Algemene Steunspan Predikantesake, het die legitimasie waargeneem.

Vlnr: Dr Roelf Opperman, dr Jan de Man, Gerhard Wessels, Carien Swanepoel, Mias Nortier,

Johan Orsmond, Diederich Kleynhans en Lizari Dippenaar

Klik hier vir die proponente se kontakbesonderhede vir moontlike toekomstige gebruik.

2. GEBEURE BY GEMEENTES:

Jaar 14 - Uitgawe 37 Kontak ons:

[email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: Jaar 14 - Uitgawe 37 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 37-… · Ds Andries van Rooyen - VENTERSBURG - 057 651 4102, 081 289 1620, adeoandreomisso@gmail.com 1 Des:

2

Klik op “Herhalings” vir inligting oor Kersdienste/markte, ensovoorts by ander gemeentes – die berigte het reeds hier verskyn. Al die inligting oor Kersfees 2016 @ Torings van Hoop verskyn ook in genoemde dokument – kyk asseblief waar julle kan ondersteun!

3. WÊRELDVIGSDAG 1 DESEMBER: Met die oog op Wêreldvigsdag op 1 Desember, wil CABSA gemeentes en

predikante aanmoedig om rondom hierdie dag aktiwiteite te ondersteun en te inisieer om gemeentes daaraan te bly herinner van die dringendheid en belangrikheid om MIV en Vigs steeds ernstig op te neem. In ‘n kort videoboodskap gee ds Christo Greyling agtergrond oor die huidige situasie in

Suid-Afrika en moedig gemeentes aan tot betrokkenheid. Ds Greyling leef reeds vir 29 jaar met MIV en het oor die jare ‘n groot invloed gehad op baie Christene se verstaan van, asook betrokkenheid by die MIV-epidemie – kry die video hier en deel dit ook asseblief in jou gemeente. Liturgiese riglyne vir eredienste op 27 November of 3 Desember, kan hier afgelaai word in Afrikaans en ook in Engels.

4. EERSTEJAARSKAMP 2017: Die NG Gemeente

Somerstrand in Port Elizabeth bied (saam met ander NG kerke), vanaf 17 tot 20 Januarie 2017, 'n studentekamp aan vir studente wat aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) gaan studeer. Die kamp sal by die Sumcay-kampterrein plaasvind. Die tradisionele “Eerstejaarskamp” sal van volgende jaar af ’n “Studentekamp” wees. Daar gaan steeds aspekte van ’n eerstejaarskamp wees, soos raad oor kampus en studentelewe, maar dit is meer uitgebrei vir alle studente. Die kamp se tema is En route: The Road Less Travelled. Meer inligting en inskrywings is by www.ngkerksomerstrand.co.za/studentekamp beskikbaar, of klik ook op die video hiernaas.

5. HUGENOTE KOLLEGE - PROGRAM VIR TEOLOGIE EN BEDIENING: Hugenote Kollege se waardes is

gebaseer op drie pilare, naamlik gebed, roeping en diens. Hierdie drie pilare was sentraal tot dr Andrew Murray se teologie en is steeds vandag die grondslag waarop die kollege voortbou. By Hugenote Kollege onderskei ons ons roeping om te dien in die wêreld deur die lees van die Bybel as Woord van God, gebed en gemeenskap met die Drie-enige God. Om hierdie rede is al die Hugenote Kollege-kursusse ontwerp om studente te leer om die nodige vaardighede te ontwikkel om hulle roeping in hulle daaglikse lewe uit te leef. Vir inligting oor die kollege se

Program vir Teologie en Bediening, klik hier - besoek ook www.hugenote.com (Met dank oorgeneem uit VrydagNuus)

6. BYBELSE VRYGEWIGHEID – RENTMEESTERSKAP: Ds Mossie Mostert van Sinode Noord-Kaapland skryf die

volgende: By die onlangse vergadering van die Algemene Steunspan Fondse en Bates (ASFB), is daar gepraat oor rentmeesterskap. Ek wil julle bekendstel aan ’n webblad wat jou kan help om meer van die Bybel se waarhede oor geld en besittings te verstaan. Jy sal ook kan sien hoe die waarhede prakties geleer en ervaar kan word. Vir gemeentes is dit bedoel as ’n inligtingsbron wat vrylik gebruik kan word. Op hierdie blad word jy ook genooi om deur kommentaar en interaksie saam te streef daartoe dat ons saam beter diensbaar kan wees aan die Here en aan

mekaar. Die webbladsy word deur ds Francois Cillié (vorige saakgelastigde van Wes-Kaap) bedryf) – besoek gerus die webblad hier. (Met dank oorgeneem uit Noord-Kaapland eNuus)

7. LIG FEESTYD-UITGAWE: In hierdie uitgawe wat vanaf Desember 2016 tot Januarie 2017 strek, leer ons die

ware Jesus van Kersfees ken. Ons vind ook uit hoe Kerskaartjies verander het van toeka tot nou en gesels met ouers van gestremde kinders en die seën wat hulle bring. Drie Binnelanders-aktrises, Kim Cloete, Je-ani Swiegelaar en Cindy Swanepoel vertel hoe elkeen van hulle vanjaar Kersfees vier. LiG sê basta met nuwejaarsvoornemens, kies eerder dié waardes vir jou gesin! Hulle gee ook prettige planne vir gesinne wat vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie moet ry en vind by kundiges uit wat die beste troeteldier vir jou gesin is. Kom kuier saam by Tannie Wielie Walie en leer ‘n paar lewenslesse by ‘n besonderse kerkplanter. Deel van dié

spesiale Kersuitgawe is besondere bederf geskenke. Een daarvan is 'n gratis Beloftekalender

Page 3: Jaar 14 - Uitgawe 37 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 37-… · Ds Andries van Rooyen - VENTERSBURG - 057 651 4102, 081 289 1620, adeoandreomisso@gmail.com 1 Des:

3

vir 2017. Elke maand het 'n teksvers met 'n belofte uit God se Woord - klik op die foto vir die skakel (6MB om af te laai). Elke leser ontvang ook spesiale inkleur- Kerskaartjies in hierdie uitgawe. LiG – vir jou en jou mense.

8. CLF NUUS: Hierdie week is die fokus op 16 Desember (Versoeningsdag).

Wat beteken versoening vir jou? Is versoening net vergewe en vergeet en aangaan met ons lewens, of is dit ware uitreik na mekaar en saam die pad verder loop? Versoening is ‘n hartsverandering van twee partye teenoor mekaar, dis leer om mekaar in die oë te kyk en mekaar se harte raak te sien, dis om ‘n paar myl in die ander een se skoene te stap en dan werklik te verstaan, dis uitreik na iemand met seer en sy hart omkeer met jou omgee. Lees hier verder op watter wyse CLF hiermee kan help.

9. BEROEPENUUS: Ds CV (Chris) de Vries van die NG Gemeente Suidkus, Amanzimtoti (Sinode KwaZulu-Natal), het

die beroep na die NG Studentegemeente, Bloemfontein, aanvaar en sal vanaf 1 Januarie 2017 in diens van hierdie gemeente wees.

10. VAKATURES:

LERAAR – NG GEMEENTE BOSHOF: Klik hier vir meer inligting oor hierdie pos, sluitingsdatum vir aansoeke is Saterdag

31 Desember 2016.

LERAAR (Voltyds onbepaald) – NG GEMEENTE LUCKHOFF: Vir meer besonderhede, klik hier. Die sluitingsdatum vir

aansoeke is Woensdag 11 Januarie 2017. Klik hier vir ander vakatures in die NG Kerk-familie, soos in e-Kerkbode aangedui.

11. HERHALINGS VAN INLIGTING/GEBEURE WAT IN VORIGE VRYPOS VERSKYN HET: Gaan loer gerus

weer hier om jou geheue te verfris. Die volgende inligting word daarin herhaal:

Bestelvorm vir Jaarboek 2017 – gemeentes neem kennis!

Kersfees 2016 @ Torings van Hoop – daar word heelwat hulp, bydraes, ensovoorts benodig om van hierdie program ‘n sukses te maak, kyk asseblief waar jy kan help!

12. VERJAARSDAE: Baie geluk aan die leraars wat die komende week verjaar, seënwense vir

die nuwe lewensjaar:

28 Nov: Ds Andries van Rooyen - VENTERSBURG - 057 651 4102, 081 289 1620, [email protected]

1 Des: Ds Hendrik Conradie - VIRGINIA-WES - 057 212 5033, 082 619 8946, [email protected]

13. TEN SLOTTE: In die tyd van Advent, leer ook om stil

te word en op God te wag...

Groetnis tot volgende keer...

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547

Page 4: Jaar 14 - Uitgawe 37 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 37-… · Ds Andries van Rooyen - VENTERSBURG - 057 651 4102, 081 289 1620, adeoandreomisso@gmail.com 1 Des:

4

INDIEN JY OP WIL , KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp) VRYPOS INTEKEN

AS JY WIL , KLIK hier VRYPOS KANSELLEERStuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected] (spertyd vir indiening, Dinsdae @ 14:00)

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

Wat is Advent? Met Kersfees vier en verkondig ons dat ‘die Woord vlees geword en onder ons kom woon het’ (Joh 1:14). Advent is nie dieselfde as Kersfees nie, maar is ‘n tyd van verwagting en voorbereiding op die koms van Christus. Die woord Advent beteken ook letterlik ‘koms’. As Christene vier ons nie die Adventstyd asof Christus nog nie gebore is nie, ons vier dit met die wete dat Christus gekruisig is en opgestaan het. Tog ervaar, vier en verkondig ons in dié tyd iets van die hoop waarmee Israel in donker en uitsiglose tye op die koms van die Messias gewag het.

Op hierdie wyse is Advent 'n tyd vir terugkyk na Israel se verwagting van die Messias én ook ‘n vooruit kyk na die wederkoms as finale gestalte van Christus se triomf oor die magte van sonde en dood wat met die gebeure van Paassondag ‘n werklikheid geword het. Advent dra dus die betekenis van swangerskap en afwagting. Ons verlang na die geboorte (lees ook: wederkoms) van die Seun. Ons hele lewe word op die een of ander manier spandeer in afwagting – gebeure van hoop, verwagting en onvoltooide verlossing. Waar ‘om te wag’ in ons gejaagde, moderne samelewing geassosieer word met ‘n vermorsing, wil Advent ons leer om geduldig te wag op die Here. Om te wag word ‘n kuns waarin geleer word dat (soos in die geval van swangerskap), niks van waarde tereg kan kom sonder ‘n tyd van stille ontwikkeling nie. Daarom dat simbole soos om te bak, fermentering, rypwording alles dui op ‘n proses van wat besig is om te word. So berei ons onsself voor vir die viering van Kersfees én Christus se wederkoms.

Wat vier ons in Advent? Advent is nie net ‘n voorbereidingstyd op Christus se eerste koms nie, maar ook op die tweede. In die Adventstyd leef daar iets van die spanning dat Christus reeds gekom het, maar ook dat Hy weer sal kom. Advent is die tyd waartydens ons onsself opnuut inleef in die wonder van die menswording van Christus. Ons berei ons opnuut voor om die Verlosser in ons lewens te verwelkom. Ons leef ook in die verwagting dat die Verlosser weer gaan kom en daarom is ons gebed: maranata (kom tog gou, Here!). Ons viering hiervan staan dus nie in die teken van boetedoening nie, maar van vreugde en afwagting. Ons vier fees in ‘n gees van voorbereiding en geduld. Dit maak van Kersfees self ‘n ryker ervaring. Advent is dus ‘n tyd van herinnering en verwagting. Die eerste week se tema is verwagting. Die tweede week se tema is verkondiging. Die derde week se tema is vreugde. Die vierde week se tema is reinheid.

Wanneer vier ons Advent? Die kerklike jaar begin met die eerste Sondag van Advent. In Suid-Afrika gaan die betekenis van Advent maklik verlore tussen al die afsluitingsfunksies, gejaag van die vakansie en voorbereidings vir die feestyd. Tog bied die Adventstyd ons die geleentheid om van die haastige kommersialisme voor Kersfees te ontsnap en ons voor te berei op die wonder en misterie van Christus se menswording. Daar is vier Adventsondae voor Kersfees, waartydens ons vanuit verskillende perspektiewe met verwagting op die koms van Christus voorberei. Advent strek dus gewoonlik oor so bietjie meer as vier weke. Die tweeledige fokus van Advent word ook gereflekteer in die vier Adventsondae. Waar die Adventstyd begin met ‘n fokus op Christus se tweede koms, verskuif dit stelselmatig na Sy geboorte (wat dan uitloop op Kersdagvieringe). In werklikheid word ons reeds tydens die laaste drie Sondae van die vorige Koninkrykstyd (wat oorgaan in Adventstyd) reeds voorberei vir ‘n fokus op Christus se wederkoms met temas wat reeds dan al daarop konsentreer. Die eerste Sondag van Advent is dan baie spesifiek tematies gekoppel aan die wederkoms. Tydens die tweede en derde Sondae in Advent kom daar reeds ‘n verskuiwing, met konsentrasie op die Messiaanse boodskap van Johannes die Doper. Die vierde Sondag antisipeer dan baie spesifiek die geboorte van Christus.

ADVENT

Page 5: Jaar 14 - Uitgawe 37 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 37-… · Ds Andries van Rooyen - VENTERSBURG - 057 651 4102, 081 289 1620, adeoandreomisso@gmail.com 1 Des:

5

Waar kom die tradisie van Advent vandaan? Die voorbereiding vir Kersfees het ‘n lang tradisie. Reeds so vroeg as in die vierde eeu nC is daar in Spanje en Frankryk begin met liturgieë wat dui op die kerklike voorbereiding vir Kersfees. In die sesde eeu is soortgelyke liturgieë ook in Rome in gebruik geneem. In Rome was dit aanvanklik egter net bekend as ‘n enkele dag se vas ter voorbereiding van Kersfees. Gregorius die Grote was die eerste persoon wat die lengte van Advent vasgestel het op vier weke. Die tema van die Tweede Koms van Christus was altyd dominant in hierdie kerklike seisoen. Tot so laat as die twaalfde eeu was dit beskou as ‘n tyd waarin wit klere gedra is en die Gloria in Excelsis gesing is.

Simbole en rituele in Advent In Adventstyd word die hoop op Christus gevier in die eredienste, maar ook in jou persoonlike lewe. Dit is ‘n besondere simboolryke tyd en bied die geleentheid om deur allerlei simbole en rituele ons geloof te vier.

Sedert die 16de eeu is purper die gebruiklike kleur vir Advent in die Westerse kerk. Soms is blou ook gebruik. In die antieke wêreld was purper die koninklike kleur omdat net die koninklikes die kleurstof kon bekostig.

Een van die sterk visuele hulpmiddels in dié tyd is die sogenaamde Adventskrans. Dit bestaan meesal uit vier kerse en ‘n groter wit Christus-kers in die middel.

Drie van die kerse is purper of donkerblou en ‘n vierde rooskleurig. Dit kan bydra tot die gevoel van verwagting deur op elke Adventsondag ‘n kers aan te steek. Die gebruik om gewoonlik elke Sondag ‘n kers aan te steek, terwyl die vorige kerse wat aangesteek is bly brand met die aansteek van ‘n volgende kers. So brand al vier kerse tydens die vierde Sondag, terwyl die groot wit Christus-kers in die middel op Kersdag aangesteek word. Die rooskleurige kers, wat juis ‘n uitsondering van die ander kerse is, word gewoonlik op die derde Sondag aangesteek deurdat hierdie Sondag se kers geassosieer word met die vreugde wat tiperend is van ons Adventvieringe. Die Adventskrans self leen dit uitstekend tot veral skool- en gesinsaktiwiteite rondom die betekenis van Adventstyd. Vir kinders is dit ‘n uitstekende manier om die betekenis van ‘om te wag’ oor die vier weke tot en met Kersdag tuis te bring.

In baie tradisies is dit ook ‘n bekende gebruik om kinders in Adventstyd te betrek by die maak van ‘n Adventskalender. ‘n Adventskalender help ons om die dae af te tel na Kersfees toe, en bring dus ook iets tuis van afwagting en ‘n geduldige wag waarvan Advent die betekenis dra. Een van die gewildste vorme van so ‘n kalender is dat dit in die vorm van ‘n huis is met vier vensters en een deur. Dit word gewoonlik op karton geteken en gemaak, maar op so ‘n manier dat die venstertjies en deur kan oopmaak. Verskillende kinders kan dan verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n venstertjie en iets daaragter teken of plak wat met die Kersboodskap geassosieer word. Elke Sondag is dit dan deel van die verrassing dat een so ‘n venstertjie oopgemaak word, terwyl die deur op Kersdag self oopgemaak word.

Die gebruik van die Kersboom is baie bekend. Tog het dit ‘n sterker godsdienstige betekenis as wat die meeste mense vermoed. Die Kersboom verwys terug

na die boom van die lewe in die tuin. Die boom herinner ons so aan die skepping, asook dat Christus weer sal kom om die skepping te verlos (Rom 8:19- 20). Die voorbereiding en versiering van die Kersboom kan iets van die voorbereiding en wag op die koms van die Koning weerspieël.

Die tradisie van die Isai-stomp sluit aan by die teksvers uit Jes 11:1, waar ons lees dat ‘n takkie uit die stomp van Isai sal uitspruit. Volgens tradisie word die stomp van Isai (ook genoem die familieboom van Jesus) gesimboliseer deur ‘n droë stomp met ‘n rooi lint daarom.

Woorde soos Maranata (kom, Here Jesus) en Immanuel (God met ons) kan ‘n sentrale plek in Adventstyd inneem en vir kinders verduidelik word.

Die gedagtes van wag en waak is sentraal in Adventstyd, en stilte is hiervoor belangrik. Stilte kan juis as alternatief dien op die gejaag en geraas wat dikwels met die tyd voor Kersfees gepaardgaan.

Die sing van Kersliedere in eredienste en by ander byeenkomste dra by tot die viering van die Adventstyd.

Kleure in Advent en met Kersfees Die kleure in Advent moet ons herinner aan die koms van die Koning. Die mees algemene kleure wat gebruik word is daarom koningsblou en purper (let wel – nie pers nie). Op Kersdag is die kleure wit en goud. Hierdie kleure kan gebruik word ook in die dae na Kersfees tot Epifanie, die 6de Januarie.

(Met dank aan Sinode Wes-Kaapland se Vrouebediening)

TERUG NA INHOUD

NG KERK VRYSTAAT - PROPONENTE 2016 (GELEGITIMEER 17/11/2016):

VAN VOLLE NAME SELFOON E-POS ADRES

Dippenaar (neé Du Toit) LIZARI (Elizabeth Maria) 076 840 3605 [email protected]

Nortier MIAS (Hermias Hendrik Sutherland) 083 739 5323 [email protected]

Page 6: Jaar 14 - Uitgawe 37 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 37-… · Ds Andries van Rooyen - VENTERSBURG - 057 651 4102, 081 289 1620, adeoandreomisso@gmail.com 1 Des:

6

Swanepoel CARIEN (Carien) 082 979 4194 [email protected]

Wessels GERHARD (Nicolaas Gerhardus) 083 451 8462 [email protected]

Orsmond JOHAN (Johan) 082 264 5253 [email protected]

Kleynhans DIEDERICH (Diederich Josef) 082 444 8535 [email protected]

Colloquium Doctum:

De Man JAN (Jan Abraham) 082 784 2350 [email protected]

TERUG NA INHOUD

CLF NUUS – VERSOENING:

Vir amper 60 jaar reeds ontwikkel, druk en versprei Christelike Lektuurfonds lektuur wat help om taal en kultuurgrense oor te steek. Hierdie materiaal is ook vir jou as lidmaat en gemeente beskikbaar om met ‘n gewillige hart die eerste tree tot versoening te gee. Of dit binne gesin- of familiegrense is, of verskille in kulturele denkwyse, of vas-gesemente vooroordeel is – jy kan help om mure af te breek.

1. Stel belang in die persoon wat jou kos bedien by die eetplek, die petroljoggie wat jou motor volmaak of die karwag wat jou motor op pas. Vind uit waar hy vandaan kom en wat sy hartstaal is. Volgende keer sit jy saam met die fooitjie ‘n CLF pamflet in sy moedertaal in sy hand en kyk hoe sy gesig verhelder! Ervaar hoe jou hart warm word as hy daarna glimlag as hy jou weer sien.

2. As jy Desembervakansie ‘n lang reis onderneem, sit ‘n paar CLF pamflette in jou motor of handsak en deel uit aan diegene wat ons Vader oor jou pad stuur. Die “ongewone papiersendeling” wat jy in hul hand sit is moontlik net die antwoord op hul hulproep na God die dag. Dit kan selfs in die vulstasie waar julle stop vir petrol of ‘n ete, se kleedkamer geplaas word om ander se lewens aan te raak.

3. Die publikasie, “Sê dit in isiXhosa” deur Koos Oosthuizen @ R80 per kopie, kan jou help om kultuur- en taalgrense oor te steek deur die hartstaal te leer praat van meer as 8 miljoen Suid-Afrikaners.

Vra God om jou te help om met nuwe oë na ander te kyk en ‘n positiewe versoeningsrol in jou eie omgewing te speel. Vir meer inligting of bestelling van lektuur, skakel 021 864 3707, of stuur ‘n e-pos na [email protected], of besoek ons webtuiste by www.clf.co.za

TERUG NA INHOUD

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld

16 DESEMBER

VERSOENINGSDAG