jaar 13 - uitgawe 8 kontak ons: [email protected] www...

8
1 20 Maart 2015 Oppad na die Kruis... 1. GEMEENTES BIED AAN: NG GARDENIAPARK: Hiermee ‘n uitnodiging na dié gemeente se Paassangdiens wat om 09:00 op Sondag 22 Maart 2015 sal plaasvind. Die bekende Bloemfonteinse Kinderkoor gaan ook tydens die geleentheid optree en koffie en tee word na afloop van die diens, in die kerksaal bedien. Kom geniet die mooi musiek en sang tydens ‘n besonderse geleentheid! NG FICHARDTPARK LOOP IN DIE VOETSPORE VAN JESUS: Die NG Gemeente Fichardtpark stap die week vóór Paasnaweek (Heilige Week), in die voetspore van Jesus tydens sy laaste week op aarde. Hulle gaan elke dag, vanaf 29 Maart tot 3 April stilstaan by wat Jesus daardie dag gedoen en gesê het. Sondag tot Woensdag vind die byeenkomste om 18:00 in die Toerustingslokaal plaas. Gedurende Donderdagaand 2 April om 18:30 en Vrydagoggend 3 April om 09:00 in die kerkgebou, neem die byeenkoms die vorm van n Nagmaal aan. Enige persoon is welkom om hierdie geleenthede by te woon. Skakel asseblief vooraf vir Reneé Ferreira by die kerkkantoor (09:00-13:00) by 051 522 5418, of vir ds André Barlow by 084 547 9999, om jou teenwoordigheid te bevestig dit is ter wille van logistieke reëlings. Kyk ook by Herhalings pt 9 vir gebeure by gemeentes wat reeds in ‘n vorige Vrypos geadverteer is. 2. NASIONALE KLEINGEMEENTE KONFERENSIE: Hierdie geleentheid vind weer vanaf 13 15 April 2015 by die Gariepdam plaas. Die tema met verskeie sprekers is, Gesonde Dominees in Gesonde Gemeentes. Die konferensie word deur die Eenheid vir Bedieningsbegeleiding (EBB), NG Kerk Vrystaat aangebied en hulle nooi alle predikante en belangstellendes na dié geleentheid uit. Klik hier vir die inligtingsdokument wat die registrasiebesonderhede , sowel as die voorlopige program (op bl 3 van dié dokument) bevat let wel, registrasies sluit reeds op Woensdag 8 April 2015 (ter wille van logistieke reëlings). Jaar 13 - Uitgawe 8 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

Upload: others

Post on 22-Jan-2020

20 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jaar 13 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 8-2015.pdf · Ds Dawie Swart - ROSENDAL – 051 211 0727, 082 444

1

20 Maart 2015

OOppppaadd nnaa ddiiee KKrruuiiss......

11.. GGEEMMEEEENNTTEESS BBIIEEDD AAAANN::

NG GARDENIAPARK: Hiermee ‘n uitnodiging na dié gemeente se

Paassangdiens wat om 09:00 op Sondag 22 Maart 2015 sal plaasvind. Die bekende Bloemfonteinse Kinderkoor gaan ook tydens die geleentheid optree en koffie en tee word na afloop van die diens, in die kerksaal bedien. Kom geniet die mooi musiek en sang tydens ‘n besonderse geleentheid!

NG FICHARDTPARK LOOP IN DIE VOETSPORE VAN JESUS: Die NG Gemeente Fichardtpark stap die week vóór Paasnaweek (Heilige Week), in die voetspore van Jesus tydens sy laaste week op aarde. Hulle gaan elke dag, vanaf 29 Maart tot 3 April stilstaan by wat Jesus daardie dag gedoen en gesê het. Sondag tot Woensdag vind die byeenkomste om 18:00 in die Toerustingslokaal plaas. Gedurende Donderdagaand 2 April om 18:30 en Vrydagoggend 3 April om 09:00 in die kerkgebou, neem die byeenkoms die vorm van ’n Nagmaal aan. Enige persoon is welkom om hierdie geleenthede by te woon. Skakel asseblief vooraf vir Reneé Ferreira by die kerkkantoor (09:00-13:00) by 051 522 5418, of vir ds André Barlow by 084 547 9999, om jou teenwoordigheid te bevestig – dit is ter wille van logistieke reëlings.

Kyk ook by Herhalings pt 9 vir gebeure by gemeentes wat reeds in ‘n vorige Vrypos geadverteer is.

22.. NNAASSIIOONNAALLEE KKLLEEIINNGGEEMMEEEENNTTEE KKOONNFFEERREENNSSIIEE:: Hierdie geleentheid vind weer vanaf 13 – 15 April 2015

by die Gariepdam plaas. Die tema met verskeie sprekers is, Gesonde Dominees in Gesonde Gemeentes. Die konferensie word deur die Eenheid vir Bedieningsbegeleiding (EBB), NG Kerk Vrystaat aangebied en hulle nooi alle predikante en belangstellendes na dié geleentheid uit. Klik hier vir die inligtingsdokument wat die registrasiebesonderhede, sowel as die voorlopige program (op bl 3 van dié dokument) bevat – let wel, registrasies sluit reeds op Woensdag 8 April 2015 (ter wille van logistieke reëlings).

Jaar 13 - Uitgawe 8

Kontak ons: [email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: Jaar 13 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 8-2015.pdf · Ds Dawie Swart - ROSENDAL – 051 211 0727, 082 444

2

Besoek gerus ook hul Facebook-blad by https://www.facebook.com/pages/KleingemeentesSmall-Congregations/1403932933211038?fref=nf

33.. MMAAGGIISSTTEERRGGRRAAAADD IINN SSPPIIRRIITTUUAALLIITTEEIITT -- FFAAKKUULLTTEEIITT TTEEOOLLOOGGIIEE,, UUNNIIVVEERRSSIITTEEIITT VVAANN DDIIEE

VVRRYYSSTTAAAATT:: Die eerste module van hierdie Magistergraad word in die tweede semester van 2015 aangebied. In

hierdie graad word 'n deeglike oriëntering in die belangrikste aspekte van Spiritualiteit gebied. Temas wat aan die orde kom, sluit in:

Wat is spiritualiteit?;

Vorme van spiritualiteit deur die loop van die eeue en vandag;

Bekende mistici uit die verlede en uit ons eie tyd;

Lectio divina en Spirituale praktyke

Vir meer inligting, besoek www.ufs.ac.za/spirit of kontak vir Francois Tolmie by [email protected], of skakel 083 450 5412.

44.. VVRROOEEËË KKIINNDDOONNTTWWIIKKKKEELLIINNGG--WWEERRKKSSWWIINNKKEELL:: Die vorige Algemene

Sinode het ‘n Taakspan (KMDR UK en enkele ander lede), die opdrag gegee om ondersoek te doen oor hóé gemeentes gehelp kan word om prakties by armoedevoorkoming betrokke te raak. Na ‘n deeglike ondersoek met insette van verskeie kante, het die Taakspan tot die oortuiging gekom dat die mees koste-effektiewe manier om armoedevoorkoming te doen, is om by Vroeë Kindontwikkeling (ECD programme) betrokke te raak. Die eerste werkswinkel vind op 22 April 2015 in Kempton Park plaas - klik hier vir brief met volledige besonderhede.

55.. GGRREEEENN44CCHHRRIISSTT –– VVIIDDEEOO KKOOMMPPEETTIISSIIEE:: Dr Carl Swart (Taakspan Ekologie van die bediening vir Armoede

en Sorg), versoek dat gemeentes die volgende inligting in hul afkondigings sal plaas en dit onder die aandag van

kinders en jongmense sal bring:

“Die aarde behoort aan die Here” (Ps 24:1), maar wat doen jy om die aarde te bewaar? As jy tussen 10 en 18 is, maak ’n drie minute video oor ’n groen projek. Laai die video op Bediening vir Armoede en Sorg se Facebook-blad – klik hier vir die skakel na die blad. Dié kompetisie sluit aan by die Pinksterreeks vir 2015 – “Die aarde behoort aan die Here”. Die sluitingsdatum vir video-inskrywings is Woensdag 6 Mei 2015 en wenners sal op Wêreld Omgewingsdag op 5 Junie 2015 aangekondig word. Die 1ste prys is R5000, 2de prys R3000 en die 3de prys R2000 (50% van die prys is vir ‘n GROEN PROJEK). Die kompetiesie word deur die Taakspan Ekologie van die Bediening vir Armoede en Sorg geborg – vir navrae, kontak Mizelle Prinsloo by 021 957 7113, of stuur e-pos aan [email protected]

66.. AAKKTTUUEEEELL::

STEMMING ARTIKEL 1: By die afgelope Buitengewone Sinodesitting van die NG Kerk Vrystaat is soos volg oor Artikel

1 gestem:

Ja-stemme - 109 = 32% Nee-stemme - 240 = 68%

Page 3: Jaar 13 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 8-2015.pdf · Ds Dawie Swart - ROSENDAL – 051 211 0727, 082 444

3

Klik hier vir ʼn artikel oor die Sinodesitting wat op 18 Maart 2015 in Volksblad verskyn het – dit is deur Vicus Bürger geskryf.

YOLANDE KORKIE SE OPTREDE BY NG HUGENOOT: Yolande het die afgelope Sondag by die NG Gemeente

Hugenoot gepraat oor hul tyd in Jemen, asook die gebeure daarna en die pad vorentoe. Klik hier vir ʼn berig daaroor in Volksblad van 18 Maart 2015.

77.. BBYYBBEELL--MMEEDDIIAA NNUUUUSSBBRRIIEEFF 55//22001155:: Hierdie week is die fokus op die jongste Kerkbode, April-uitgawe van

LiG en twee Bybelkor-publikasies – klik hier vir die volledige nuusbrief.

88.. VVAAKKAATTUURREESS::

VAKATURE – NG AANDBLOEM: Dié Gemeente het 'n vakature vir 'n persoon met bedieningsbevoegdheid

in die NG Kerk, wat hulle graag met ingang Junie 2015 wil vul. Die suksesvolle kandidaat moet verkieslik 'n geëmeriteerde leraar wees, bokant die ouderdom van sestig jaar en onder sewentig jaar. Skriftelike aansoeke met 'n kort CV en ten minste twee getuigskrifte, moet asseblief vóór die die einde van April 2015 by die gemeentebestuurder ingedien word. Klik hier vir meer besonderhede.

Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za – klik dan op Meer - Vakatures.

Kyk ook by Herhalings pt 9 vir poste wat in vorige uitgawes van Vrypos geadverteer is.

99.. NNBB!! HHEERRHHAALLIINNGGSS VVAANN BBEERRIIGGTTEE:: Kennisgewings en inligting wat in ‘n vorige uitgawe van Vrypos

verskyn het, word hier vir jou gerief herhaal - neem asseblief daarvan kennis!

1100.. VVEERRJJAAAARRSSDDAAEE:: Baie geluk aan die leraars wat gedurende die komende week

hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees:

20 Maart: Ds Riaan Gerber - VREDE - 058 913 1347, 082 378 2321, [email protected] Ds Mauritz Heyneman - HEUWELKRUIN - 051 436 1644, 079 895 3916, [email protected]

21 Maart: Prof Johan Janse van Rensburg - ANDREW MURRAY - 051 446 2547, 082 784 9046, [email protected]

22 Maart: Ds Jean de Villiers - SASOLBURG-TUINEDAL - 016 976 7826, 083 791 4864, [email protected]

23 Maart: Ds Dawie Swart - ROSENDAL – 051 211 0727, 082 444 7941, [email protected]

24 Maart: Ds Johan Kemp – CORNELIA - 058 841 0623, 072 425 8537, [email protected]

1111.. TTEENN SSLLOOTTTTEE::

(Met dank aan Vroue wat Glo se Webblad)

Page 4: Jaar 13 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 8-2015.pdf · Ds Dawie Swart - ROSENDAL – 051 211 0727, 082 444

4

Groetnis, tot volgende keer.

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821

INDIEN U OP VVRRYYPPOOSS WIL IINNTTEEKKEENN, KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp)

AS U VVRRYYPPOOSS WIL KKAANNSSEELLLLEEEERR, KLIK hier (dit sal ‘n fout wees!)

Gee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by [email protected] – stuur ook enige nuusgebeure, ensovoorts na

hierdie adres.

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

BYBEL-MEDIA NUUSBRIEF 5/2015:

Lees in die jongste Kerkbode van 20 Maart: Kaapse brande: Die onlangse brande in die Kaapse berge het verskeie gemeenskappe op verskillende maniere bedreig. Toe ʼn groep bejaardes in Vishoek na veiligheid geneem moes word, was daar ʼn gemeente wat vir hulle blyplek en kos verskaf het.

Waarom is Jesus gekruisig? In die aanloop tot Paasfees, fokus hierdie uitgawe uitvoerig op Jesus Christus, sy kruis en opstanding. Dit wissel van prof Dirkie Smit se optrede by die Natalse predikantekonferensie oor Christologie, tot by artikels oor waarom Jesus gekruisig is, wat die teologiese betekenis daarvan is, ʼn besoek aan die Kerk van die Heilige Graf in Jerusalem en ʼn historikus wat die gegewens oor die kruisiging en opstanding bespreek.

Brugbouers: In ʼn land met diep rasseklowe, is daar kerkmense wat brûe bou met marimbas en rapmusiek. Lees hulle verhaal.

Lees ook: - Noord-Kaap sien die VGKSA nie as naaste familie nie. - Cas Vos skryf ʼn boek oor waarom hy glo.

- Vir Sarah Jane Wessels was God getrou. - ʼn Malawiër kom tuis in die 'Dutch Church' in Newcastle.

Lees in LiG se Paasuitgawe: In die April-uitgawe vertel Ballade vir 'n Enkeling se Dorette Potgieter hoe sy as enkelma

staande bly.

Lees ook: - So vier ons Paasfees! Idees vir gesinne. - Christenvervolging – wat martelaars ons leer. - Ma is die broodwinner, Pa maak kinders groot. Hoe nou? - Raad met jou Kallie Kermkous.

Jongste Bybelkor-publikasies:

1 Korinthiërs - Om kerk in die wêreld te wees Die gelowiges in Korinte, ʼn welvarende hawestad waar ʼn groot gebrek aan goeie waardes geheers het, moes talle uitdagings oorkom. In Paulus se antwoord aan die Korintiërs op hulle probleme, leer hy ons wat vandag leef ook hoe om kerk van Jesus Christus te wees in ’n wêreld wat Hom nie ken nie. Pluspunte: - 23 studies oor wat ons as gelowiges kan leer uit die leiding wat Paulus vir die Korintiërs gegee het te midde van hulle moeilike omstandighede en spesifieke probleme. - Praktiese raad oor hoe om as Christene te leef in ʼn wêreld wat God nie ken nie.

Page 5: Jaar 13 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 8-2015.pdf · Ds Dawie Swart - ROSENDAL – 051 211 0727, 082 444

5

- Spesiaal ontwerp vir kleingroepe, maar kan ook deur individue gebruik word. Prys: R68.00 (BTW en posgeld ingesluit). Reeds beskikbaar – bestel nou! Kookpunt! - Cas Wepener

Nadenke oor woede- Mense oor die hele spektrum is kwaad... oor verskillende sake. Maar mag gelowiges kwaad word? En hoe? En mag ons hierdie woede-emosies wys?

Met Kookpunt wil Cas Wepener ons help om sinvol kwaad te word en ons aanmoedig om op ʼn spesifieke manier kwaad te word; om emosies wat gewoonlik afgekeur word eerder ten volle te beliggaam.

Prys: R125.00 (BTW en posgeld ingesluit). Bestel hierdie tydige publikasie nou!

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210

Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected]

Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

TERUG NA INHOUD

VAKATURE - AANDBLOEM GEMEENTE:

Die NG Gemeente Aandbloem is gesetel binne die Ring van Bloemfontein met 620 lidmate. Die oorgrote meerderheid van die lidmate is ouer as sewentig jaar en die gemiddelde ouderdom is rondom 80 jaar. Die Gemeente onderskryf die die Bybel as die heilige en onfeilbare woord van God, asook die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Dordtse Leerreëls en die Heidelbergse Kategismus as belydenisskrifte. Die gemeente is aktief oor 'n groot spektrum van bedieninge waarby die lidmate ten volle betrokke is.

Die Gemeente het 'n vakature vir 'n persoon met bedieningsbevoegdheid in die NG Kerk wat hulle graag met ingang Junie 2015 wil vul. Die suksesvolle kandidaat moet verkieslik 'n geëmeriteerde leraar wees, bokant die ouderdom van sestig jaar en onder sewentig jaar. Die suksesvolle aansoeker sal vir die volgende pligte verantwoordelik wees:

Prediking tydens 'n oggenddiens ten minste een keer elke drie weke; Week van Gebed elke derde jaar; Pinksterreeks elke derde jaar; Biduur en Bybelstudie elke tweede week; Nagmaal een of twee keer per jaar; Huwelike, doopbediening en aflegging van belydenis van geloof by hoogste uitsondering. Tree ook op by funksies en ander geleenthede soos nodig.

Huisbesoek: Ongeveer 205 besoekpunte in die wyke, eenkeer per jaar en 70 besoekpunte in die verswakte afdeling van Ons Tuiste, vier keer per jaar. Dit is ongeveer 485 huisbesoeke per jaar. Nuwe intrekkers word so gou as moontlik besoek.

Sterwensbegeleiding, siekebesoeke, begrafnisse soos nodig. Daar is gemiddeld drie tot vier begrafnisse per maand.

Betrokke by een van die gemeente se dienskommissies. Lid van die Bestuursraad en kerkraad van die gemeente. Lid van die broederkring (3 leraars van die gemeente) en ander ad hoc-kommissies van tyd tot tyd.

Geen verantwoordelikheid vir administratiewe take nie, behalwe rekordhouding van besoekwerk met die oog op verslagdoening aan die Kerkraad. Die huisbesoek en gemeentelike aktiwieite vind grotendeels in die dag plaas.

Die suksesvolle kandidaat is kwytgestel van alle verpligtinge teenoor die Ring en Sinode. Alle nie-gemeentelike aktiwiteite moet tot die die minimum beperk word, sodat die dienswerk in die Gemeente sy hoogste prioriteit sal geniet. Hy moet ook geen ander werks- of studieverpligtinge hê nie.

Die Kerkraad bied 'n bruto besoldigingspakket (koste van indiensneming) van R174 000 per jaar aan, sonder enige behuisingsvoordele of ander byvoordele. Die suksesvolle kandidaat kan die bedrag struktureer soos hy dit die beste ag. Hy is geregtig op 42 dae verlof per jaar.

Page 6: Jaar 13 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 8-2015.pdf · Ds Dawie Swart - ROSENDAL – 051 211 0727, 082 444

6

Die aanstelling word van jaar tot jaar hernu volgens die diskresie van die Kerkraad. 'n Wedersydse kennisgewingperiode vir diensbeëindiging van 30 dae geld.

Skriftelike aansoeke met 'n kort CV en ten minste twee getuigskrifte, moet asseblief voor die die einde van April 2015 by die gemeentebestuurder ingedien word:

Mev Petro Delport (Ma-Vr 08h00-12h00) Adres: Van Heerdenweg 22, Bloemfontein E-pos: [email protected] Faks: 051 407 7619 Tel: 051 407 7631

TERUG NA INHOUD

HERHALINGS:

INHOUD:

1. ALGEMEEN:

GESOEK!: Die NG Moedergemeente Harrismith is dringend opsoek na

opvoubare houtstoele vir ‘n nuw e Sendingkerkie in hul gemeenskap. Gemeentes of instansies wat oor sulke ou houtstoele beskik en dit moontlik aan die Moedergemeente kan skenk, kan die kerkkantoor by 058 622 1355 kontak, ‘n e-pos stuur aan [email protected], of vir ds Gert Victor skakel by 082 459 2134 / 058 622 1703.

PROPONENT BESKIKBAAR VIR PREKE / AFLOS: Proponent Chris van der Linde (ex UV 2014), is

beskikbaar om in gemeentes te preek of af te los. Hy kan gekontak word op 072 668 9982, of per e-pos by [email protected]

2. GEMEENTES BIED AAN:

NG FRANKFORT – WILGE MARATHON 2015: Drawwers kan solank van hierdie geleentheid op 2

Mei 2015 kennis neem – dit sal ook as ʼn kwalifiserende marathon vir die Comrades dien. Vir enige navrae, kontak gerus vir Anita Oberholzer by die kerkkantoor op 058 813 1487, of @ 071 382 7219...

Page 7: Jaar 13 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 8-2015.pdf · Ds Dawie Swart - ROSENDAL – 051 211 0727, 082 444

7

3. VAKATURES:

VOLTYDSE MEDELERAAR: Die NG Gemeente Berg en Dal, Bloemfontein, maak hiermee ‘n vakature

vir ‘n voltydse medeleraar bekend - dit is ‘n vastetermynpos vir vyf jaar. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 23 Maart 2015 vir diensaanvaarding vanaf 1 Julie 2015. Klik hier vir volledige besonderhede.

KASSIERE: Dié pos by die NG Gemeente Virginia word vanaf Junie 2015 vakant. Belangstellendes

wat wil aansoek doen, moet oor kennis van Pastel beskik en bereid wees om alle finansiële aspekte van die gemeente te hanteer, asook verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar. CV’s met ‘n motiverende dekbrief, kan weeksdae gedurende die oggend, by die kerkkantoor (Highlandslaan 56, Virginia) ingehandig word, of gestuur word aan Posbus 46, Virginia 9430. Aansoeke sluit Dinsdag 31 Maart 2015, vir verdere navrae, kontak vir Rika Haasbroek by die kerkkantoor op 057 212 5524 / 082 928 6045.

POS VIR PREDIKANT IN ALGEMENE SINODALE DIENS AS ALGEMENE SEKRETARIS IN DIE KANTOOR VAN DIE ALGEMENE SINODE PRETORIA: Alle besonderhede oor dié pos, is hier

beskikbaar – sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 9 April 2015, met diensaanvaarding 1 Oktober 2015, of spoedig daarna.

TERUG NA INHOUD

VAKATURE - VOLTYDSE MEDELERAAR, NG BERG EN DAL BLOEMFONTEIN:

Die Kerkraad van die Ned Geref Kerk Berg-en-Dal in Bloemfontein stel hiermee in afhanklikheid van Hom aan Wie die kerk behoort en wat sorg vir haar lewe, ‘n vakature vir ‘n voltydse medeleraar bekend. Dit is ‘n vastetermynpos (vyf jaar).

Gemeenteprofiel: Die NG Kerk Berg en Dal is in 1956 in die noordelike woonbuurt Dan Pienaar in Bloemfontein gestig. Tans het die gemeente 1030 belydende- en 276 dooplidmate, wat in verskeie dele van die stad en op ‘n aantal hoewes en plase rondom woon en in twintig wyke georganiseer is. Van hierdie lidmate, is 52% jonger as vyf-en-veertig jaar. Die gemeente bedien die Woord ook by twee skole (Laerskool Willem Postma en Hoërskool Sentraal), Huis Eie Haard-

Page 8: Jaar 13 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 8-2015.pdf · Ds Dawie Swart - ROSENDAL – 051 211 0727, 082 444

8

koshuis en Siësta Tehuis vir Bejaardes. Ons is ‘n familiekerk wat geroep is om op berge en in dale, oral voor God se aangesig te leef.

Leraarsprofiel: ‘n Geroepe bedienaar van die Woord van God, van gereformeerde belydenis en gelegitimeer in die NG Kerkfamilie, verkieslik in die ouderdomsgroep 30-45 jaar en met bedieningservaring. Van die leraar word verwag om verantwoordelikheid te aanvaar vir ‘n bediening soos in Artikel 9 van die Kerkorde omskryf, met ‘n bereidheid om in spanverband op spesifieke areas, soos byvoorbeeld die jeugbediening te fokus.

Vergoeding: ‘n Billike vergoedingspakket in ooreenstemming met sinodale riglyne van die NG Kerk Vrystaat en wat behuising insluit, sal met die beroepene onderhandel word.

Aansoeke: Meer inligting en ‘n volledige aansoekvorm is by www.bergendalkerk.co.za beskikbaar. Kandidate moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud en die proses mag verdere evaluering insluit. Die Kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie. Aansoeke op die voltooide vorm, moet die Komitee vir Diensverhoudinge (KDV) nie later as op Maandag 23 Maart 2015 by een van die volgende adresse bereik:

NG Kerk Berg-en-Dal, Posbus 28048, Danhof 9310 [email protected] Per faks na 086 603 5096 Per hand by NG Kerk Berg-en-Dal, h/v Albrecht- & Genl Hertzogstrate, Dan Pienaar, Bloemfontein

Diensaanvaarding: 1 Julie 2015 Navrae: Oudl Chris de Wet, voorsitter KDV (051 447 8745 of 083 283 0845) Mev Rita van Zyl, skriba Kerkkantoor (051 436 2750)

TERUG NA INHOUD

150 Jaar - Onblusbaar