jaar 14 - uitgawe 36 kontak ons: [email protected] www...

7
1 18 November 2016 Die keuse bly altyd joune... 1. LEGITIMASIE FINALEJAARSTUDENTE (2016) - UV TEOLOGIESE FAKULTEIT: Die volgende gemeentejaarstudente is gekeur en sal DV vanaand 17 November 2016, gelegitimeer word – die geleentheid vind om 18:00 by die NG Gemeente Universitas-Wes (Rooikerk), h/v De Bruyn- en Van Schalkwykstraat, plaas: Lizari Dippenaar Diederich Kleynhans Mias Nortier Johan Orsmond Carien Swanepoel Gerhard Wessels Colloquium Doctum-kandidaat Jan de Man is ook gekeur vir Legitimasie vanjaar Namens al die lesers van Vrypos, wens ons hierdie kandidate baie geluk met die besondere gebeurtenis – mag elkeen van hulle daagliks die goedheid en guns van Jesus beleef, dáár waar Hy hulle gaan neem, baie seën word vir hulle toegebid… 2. BUITENGEWONE SITTING ALGEMENE SINODE - SELFDEGESLAGVERHOUDINGS: Die skrywe vanaf die Algemene Sekretaris van die NG Kerk, met die volledige teks van die besluit van die Buitengewone sitting van die Algemene Sinode, is hier beskikbaar. 3. GEBEURE BY GEMEENTES: KERSFEES 2016 @ TORINGS VAN HOOP: Ds De la Harpe le Roux, leraar by hierdie sentrum (NG Tweetoring), skryf die volgende oor hul groot Kersprogram van 2016: Vanjaar werk ons met die BRANDENDE HART as simbool van God se onvoorwaardelike en kragtige liefde. ‘n Liefde wat ons bevry van eie selfsugtigheid en ons harte aan die brand steek vir ander! Kom en sluit hiérdié Kerstyd by ons aan om iets van God se liefde vir ‘n stukkende samelewing te wees. Lees asseblief deur en kyk waar jy moontlik behulpsaam kan wees: Jaar 14 - Uitgawe 36 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za Kersfees 2016 @ Torings van Hoop Die liefde van Christus dring ons! (2 Kor 5:14) Tel +27 51 430 4274 / [email protected] Volg ons op Facebook by TORINGS VAN HOOP

Upload: duongcong

Post on 31-Jan-2018

232 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jaar 14 - Uitgawe 36 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 36-2016.pdf · pannekoek, poedings, braaivleis en sien ook Zn modeltreinuitstalling

1

18 November 2016

Die keuse bly altyd joune...

1. LEGITIMASIE FINALEJAARSTUDENTE (2016) - UV TEOLOGIESE FAKULTEIT: Die volgende

gemeentejaarstudente is gekeur en sal DV vanaand 17 November 2016, gelegitimeer word – die geleentheid vind om 18:00 by die NG Gemeente Universitas-Wes (Rooikerk), h/v De Bruyn- en Van Schalkwykstraat, plaas:

Lizari Dippenaar Diederich Kleynhans Mias Nortier Johan Orsmond Carien Swanepoel Gerhard Wessels

Colloquium Doctum-kandidaat Jan de Man is ook gekeur vir Legitimasie vanjaar

Namens al die lesers van Vrypos, wens ons hierdie kandidate baie geluk met die besondere gebeurtenis – mag elkeen van hulle daagliks die goedheid en guns van Jesus beleef, dáár waar Hy hulle gaan neem, baie seën word vir hulle toegebid…

2. BUITENGEWONE SITTING ALGEMENE SINODE - SELFDEGESLAGVERHOUDINGS: Die skrywe vanaf

die Algemene Sekretaris van die NG Kerk, met die volledige teks van die besluit van die Buitengewone sitting van die Algemene Sinode, is hier beskikbaar.

3. GEBEURE BY GEMEENTES:

KERSFEES 2016 @ TORINGS VAN HOOP: Ds De la Harpe le Roux, leraar by

hierdie sentrum (NG Tweetoring), skryf die volgende oor hul groot Kersprogram van 2016: Vanjaar werk ons met die BRANDENDE HART as simbool van God se onvoorwaardelike en kragtige liefde. ‘n Liefde wat ons bevry van eie selfsugtigheid en ons harte aan die brand steek vir ander! Kom en sluit hiérdié Kerstyd by ons aan om iets van God se liefde vir ‘n stukkende samelewing te wees. Lees asseblief deur en kyk waar jy moontlik behulpsaam kan wees:

Jaar 14 - Uitgawe 36 Kontak ons:

[email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Kersfees 2016 @ Torings van Hoop Die liefde van Christus dring ons!

(2 Kor 5:14)

Tel +27 51 430 4274 / [email protected] Volg ons op Facebook by

TORINGS VAN HOOP

Page 2: Jaar 14 - Uitgawe 36 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 36-2016.pdf · pannekoek, poedings, braaivleis en sien ook Zn modeltreinuitstalling

2

Die sentrum beplan die volgende as deel van hul Kersprogram:

- Om voor Kersfees, ‘n geskenkie aan prostitute uit te deel - Uitstappie vir ongeveer 20 straatkinders - Om vir 400+ mense ‘n heerlike Kersete voor te sit (die 9de keer hierdie jaar!)

Vir hierdie enorme taak word daar baie hulp benodig, soos borge/skenkings vir geskenkies, lekkernye vir die kinders, bestandele, ensovoorts, vir die Kersete, asook heelwat vrywilligers om hulle hierin by te staan - daar kan ook finansiële bydraes gemaak word. Klik hier vir die lys van benodighede/bankbesonderhede .

Maak hierdie Kersgety ‘n daadwerklike verskil in iemand se lewe!

NG WELKOM – KERSSANGDIENS & ‘N KERSMARK:

Op Sondag 27 November 2016 om 09:00, vind hulle Kerssangdiens plaas - alle lidmate, oudlidmate en belangstellendes word uitgenooi om hierdie geleentheid by te woon.

Op Saterdag 3 Desember 2016 bied die gemeente ook 'n Kersmark aan. Dit begin die oggend om 08:00. Daar sal verskeie tafels, onder andere vir gebak (koeke, terte, koekies, koeksisters, beskuit, lekkers) en gebottel (ingelegte produkte) wees, asook vir handwerk en plante. Kom geniet heerlike

pannekoek, poedings, braaivleis en sien ook ‘n modeltreinuitstalling.

NG HEUWELSIG:

Page 3: Jaar 14 - Uitgawe 36 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 36-2016.pdf · pannekoek, poedings, braaivleis en sien ook Zn modeltreinuitstalling

3

Kerssangdiens

27 November 2016

met Inspirit-sanggroep vanaf Hartswater

Inspirit-sanggroep begin reeds om 18:35 sing,

die diens begin 19:00

Almal welkom Inligting: Grace Pretorius

Sel: 082 570 0710

NG GARDENIAPARK SE KERSMARS: Hierdie jaarlikste instelling en enig in sy soort, vind

op Sondag 27 November 2016 om 19:00 plaas. Almal kom by die kerkgebou in Nerinastraat bymekaar, bring genoeg water, ‘n kers en blaker en klim dan agter op ‘n trok of ‘n trekker met ‘n wa, of stap saam en sing die strate van Gardeniapark aan die brand…, want ons Heiland is gebore!

NG NOORDHOEK: NG WATERBRON SE KERSDIENS:

Kyk ook by “Herhalings” (pt 8) vir nog gebeure by ander gemeentes – die berigte het reeds hier verskyn.

4. GEMEENTES, WEES ASSEBLIEF DEEL VAN HIERDIE INISIATIEF:

SONDAG 25 DESEMBER 2016 OM 08:00

Plek: NG Kerk Waterbron Vergezocht pad, Bainsvlei (S 29°3’58.09” E 26°3’52.29”

Kontak: Santa Pretorius @ 051 445 2345 (k/u Ma-Vr 08:00 – 13:00 www.waterbron.co.za www.facebook.com/waterbron

Almal is welkom, bring gerus jou familie en vriende saam!

Page 4: Jaar 14 - Uitgawe 36 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 36-2016.pdf · pannekoek, poedings, braaivleis en sien ook Zn modeltreinuitstalling

4

5. NUUSBRIEWE:

CHRISTELIKE LEKTUURFONDS: Nog ʼn jaar snel ten einde en oral hoor jy: “Wat het van die jaar geword? Dit is alweer

Kersfees!” Advent is die eerste seisoen in die kerklike kalenderjaar. In teenstelling met die dolle gejaag na wêreldse glinster en plesier, is Advent ʼn stiller, nadenkende seisoen waar ons moet stilstaan by die diep verlange na God en die wederkoms van Christus. Ons moet leef volgens die voorbeeld van die Messias as die een wat geregtigheid laat geskied, wat vrede moontlik maak en wat besorg is oor die lot van die arme en die noodlydende. Die eerste Sondag in Advent staan bekend as die Sondag van Hoop en word opgevolg deur die Sondag van Vrede, Vreugde en Liefde. Advent roep ons as gelowiges dus om in afwagting op die wederkoms draers van hoop, vrede, vreugde en liefde te wees. Christelike Lektuurfonds se leesstof kan bydra om Christus weer sentraal in hierdie Kersgety te plaas - klik hier vir meer inligting.

BYBEL-MEDIA 25/2016: Dié week is die fokus op die jongste Kerkbode en ‘n besondere Bybelkor-publikasie

(Kleurmeditasies vir Kerstyd) - klik hier om te lees.

6. BEROEPENUUS: Die NG Studentegemeente, Bloemfontein, het vir ds CV (Chris) de Vries van die NG Gemeente

Suidkus, Amanzimtoti (Sinode KwaZulu-Natal), beroep.

7. VAKATURES: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is

gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Dit word ook via die nuwe e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

8. HERHALINGS VAN INLIGTING/GEBEURE WAT IN VORIGE VRYPOS VERSKYN HET: Gaan loer gerus

weer hier om jou geheue te verfris. Die volgende inligting word daarin herhaal:

Bestelvorm vir Jaarboek 2017 – belangrik vir gemeentes

Gebeure by verskeie gemeentes gedurende November 2016 – kyk waar jy kan ondersteun! Ander gebeure: ENGO – fondsinsameling vir Deo Juvante Kinder- en Jeugsorgsentrum op 19

November 2016, asook ‘n onderwysersdag op 2 Desember 2016; Eerstejaarskampe 2017 te Bloemfontein (Kougom), Stellenbosch en Potchefstroom; Seisoen van Menswaardigheid se nuwe reeks oor “Respek... Hoogtyd!” wat in Januarie 2017 afskop; GRATIS - Vaaldriehoek Jeugkonferensie, Januarie 2017; Kleingroepkonferensie 2017; LiG Vrouedag, Bloemfontein op 4 Maart 2017.

9. VERJAARSDAE: Baie geluk aan die leraar wat die komende week verjaar, seënwense vir

die nuwe lewensjaar:

22 Nov: Ds Michael Rautenbach - WESSELSBRON - 057 899 1730, 082 924 9213, [email protected]

10. TEN SLOTTE:

Groetnis tot volgende keer...

THEA BOSMAN

Page 5: Jaar 14 - Uitgawe 36 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 36-2016.pdf · pannekoek, poedings, braaivleis en sien ook Zn modeltreinuitstalling

5

Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k)

INDIEN JY OP WIL , KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp) VRYPOS INTEKEN

AS JY WIL , KLIK hier VRYPOS KANSELLEERStuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected] (spertyd vir indiening, Dinsdae @ 14:00)

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

KERSFEES 2016 @ TORINGS VAN HOOP – PROJEKTE EN BENODIGHEDE:

1. Voor Kersfees wil hulle graag een nag met hul weeklikse NAG-UITREIK na DAMES VASGEVANG IN PROSTITUSIE, ‘n spesiale geskenkie, wat iets van God se brandende liefde uitbeeld, aan die dames uitdeel. Hulle benodig ‘n stukkie kunsjuweliersware, lekkerruik goedjies, sepies, miskien ‘n mooi waslappie, sjokolade. Hulle wil dit alles in ‘n keurig-gemaakte sakkie (in hul Thessa-program), verpak met ‘n woord oor God se liefde, daarop geborduur. Daar word ongeveer 40 sulke geskenkpakkies

benodig - kan jy dalk help?

2. Vir sowat 20 van die STRAATKINDERS word ‘n lekker dag by die stadion (of ander openbare) swembad, beplan. Hulle wil die kinders bederf met ‘hotdogs’, koeldrank, ‘chips’, lekkergoed en vrugte - kan jy dalk help?

3. En dan die groot KERSETE op KERSDAG (na afloop van die Kersdiens @ 10:00, is die ete om 11:30), waarna almal uitgenooi is! Kan jy glo, dit is al vanjaar die 9de keer dat hiérdié hoogs suksevolle projek aangepak word? Van 120 mense in 2008, het dit gegroei na 400+ verlede jaar! En daar was nog altyd oorgenoeg vir almal! Baie dankie vir almal

wat dit jaar na jaar moontlik maak! Daar is reeds (danksy ‘n klompie wonderlike skenkings van individue en veral Shoprite-Checkers), baie stampmielies en rys, asook baie aanmaakkoeldrank (as iemand moontlik nog so 500 blikkies gaskoeldrank kan skenk, sal dit uitstekend wees!) - kan jy dalk help?

3.1 DIE VOLGENDE ITEMS WORD BENODIG OM 4 GROOT POTTE POTJIEKOS met bykosse te maak:

* 4x nr 22-24 ysterpotte OM TE LEEN vir die maak van die potjiekos

* 10x 5kg sakke ‘charcoal’, of OM TE LEEN ‘n groot gasbraaier met plek vir 4 groot potte

* Stowevleis sonder bene (60 kg - rooi vleis asb)

* Butternut pampoene (20 kg)

* Aartappels (30 kg)

* Spinasie (15 kg)

* Uie (10 kg)

* Wortels (15 kg)

* Tamaties (100)

* Margarien (genoeg om 500 broodrolletjies te smeer)

* Olie (5 liter)

* Knoffel (2 kg)

* Karingmelk (5 liter)

* Vanilla roomys (15 x 5 liter)

* BAIE sjokolade sous!!

* Verskeidenheid van lekkers (ons wil so 450 pakkies opmaak)

* Waslappies, toiletseep, deoderant (vir 400 geskenkpakkies)

* Vars broodrolletjies (500 ASB!)

* Polistereen glase (400)

* Polistereen ‘toeplak’ bakkies (400 – ons het nog ‘n klompie van laasjaar)

Page 6: Jaar 14 - Uitgawe 36 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 36-2016.pdf · pannekoek, poedings, braaivleis en sien ook Zn modeltreinuitstalling

6

* Plastiek ronde poedingbakkies (400 – ons het nog ‘n klompie van laasjaar)

* Wit plastiek messies, vurke, lepels (400 – ons het nog ‘n klompie van laasjaar)

3.2 Daar word ook beslis BAIE VRYWILLIGERS benodig om vooraf en op Kersdag hulp te verleen: Indien jy

beskikbaar is, kyk na die die volgende lysie en kontak asseblief vir Torings van Hoop:

Die week voor Kersfees (19 – 24 Des) - bystand met die voorbereiding van die kos.

Kersdag (07:00 – 10:00) - bystand met die dek en versier van die tafels buite op die gras.

Kersdag (07:00 – 11:00) - bystand met die laaste voorbereiding van die ete.

Kersdag (11:00 – 12:00) - deel van die span wat die mense moet bedien.

Kersdag (12:00 – 13:00) - bystand met die opruiming na die ete.

Dan is jy natuurlik ook baie welkom om ‘n finansiële bydrae te maak vir hierdie wonderlike Kersprogram. Jy kan dit by Tweetoring se kerkkantoor kom doen, of direk in hulle rekening inbetaal by: Torings van Hoop Trust, FNB (Brandwag 23-05-34), Tjekrek 622-5838-9602, merk dit asseblief duidelik, Kersprogram.

Met groot dank! Personeel & Trustees - Torings van Hoop

TERUG NA INHOUD

CHRISTELIKE LEKTUURFONDS:

Christelike Lektuurfonds se leesstof kan bydra om Christus weer sentraal in hierdie Kersgety te plaas: 1. Bestel betyds die gratis pamflet, Kersfees is ʼn Christusfees en deel dit uit aan lidmate om hulle weer bewus te maak

waaroor Kersfees werklik gaan. 2. Raak as gemeente betrokke by Christelike Lektuurfonds se Een Miljoen Bybels vir een miljoen kinders-projek en

borg pragtige Kinderbybels aan kinders in julle eie omgewing – daardeur gee julle ʼn geskenk met ewigheidswaarde. 3. Besluit as gesin om af te skaal met duur Kersgeskenke en beleef saam die vreugde op kindergesiggies wat vir die

eerste keer ʼn eie Kinderbybel in die hand hou. Dis mos waaroor Kersfees werklik gaan! 4. Maak Christelike Lektuurfondspamflette met temas oor hoop, verlossing, troos, Onse Vader/Psalm 23, die verlore

seun en vele ander, deel van kospakkies aan bejaardes en noodlydendes. Daarmee verlig jy nie net fisiese behoeftes nie, maar gee ook geestelike voedsel wat hoop bring.

Ware vreugde is nie duur geskenke en glans nie, maar die wete dat jy iemand se hart aangeraak het met God se liefde.

Vir navrae of bestelling van Bybels en gratis pamflette, skakel 021 873 6964, of stuur ʼn e-pos na [email protected], of besoek www.clf.co.za

TERUG NA INHOUD

BYBEL-MEDIA NUUSBRIEF 25/2016:

Lees in die Kerkbode van 18 November:

Uitvoerige beriggewing oor die pas afgelope buitengewone Algemene Sinode.

Lees ook: oor die miljoen rand wat deur die Groote Kerk in Kaapstad geskenk is vir vroeë

kinderontwikkeling; oor Jesus en die Griekse woord ‘splagnitsomai’; oor Stilbaai se lang tafel van vrede; oor ‘n wonderlike verhaal van grense oorsteek en versoening in die

Blouwaterbaai-familiekerk net buite Port Elizabeth;

Page 7: Jaar 14 - Uitgawe 36 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ...ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 36-2016.pdf · pannekoek, poedings, braaivleis en sien ook Zn modeltreinuitstalling

7

oor ‘n waarderende en verrykende manier waarop dominees geëvalueer word, en

oor Jaco Strydom, die stigter van Echo-jeugontwikkeling.

Sias Meyer skryf oor ‘n moderne geloof en biddae vir reën en Tielman Roux oor die ‘onheilige’ pad van Jesus...

Jongste Bybelkor-publikasie:

Kleurmeditasies vir Kerstyd: Geloofsgedagtes – Lisel Joubert, Handgetekende gebedsprente – Nico Simpson - ʼn boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God. Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy hierdie Kerstyd ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou ook met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskapstyd met God deur te bring. Die geloofsgedagtes in hierdie boek fokus op die seisoen in die kerkjaar wat Advent, Kerstyd en Epifanie omsluit.

Advent is wagtyd: Ons sien uit na Jesus se eerste koms as Kind tussen ons, maar ook na sy tweede koms om alles te vervul. Kerstyd is feestyd: Ons vier die geboorte van “God by ons” en bowenal dat God mens geword het. Epifanie is sientyd: Ons sien opnuut Jesus Christus se verskyning, sy hier-wees en sy leef-tussen-ons. Prys: R140,00 (BTW en posgeld ingesluit) - reeds beskikbaar.

Inligting, Navrae en Diensverskaffing: Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210 Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected] Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za, klik dan op winkel.

TERUG NA INHOUD

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld