bybelkunde 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/bybelkunde 1/hermeneutiek.pdf · dit is...

41
BYBELKUNDE 1 SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS. Module 2 HERMENEUTIEK

Upload: others

Post on 26-Jan-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

BYBELKUNDE 1

SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Module 2

HERMENEUTIEK

Page 2: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

INHOUDSOPGAWE Bladsy No

1. INLEIDING. 5

1.1. DIE ETIMOLOGIE VAN DIE HERMENEUTIEK. 6

1.2. DIE NOODSAAKLIKHEID VAN HERMENEUTIEK. 7

1.3. DIE AARD VAN HERMENEUTIEK. 7

1.4. VERWYSINGS. 8

2. ALGEMENE BYBELSE HERMENEUTIEK. 9

2.1. LITERêRE STYL. 9

2.2. WOORD STUDIE. 9

2.3. LETTERLIKE EN GEESTELIKE INTERPRETASIES. 11

2.4. GRAMMATIKALE INTERPRETASIES. 12

2.5. VERWYSING. 13

3. SPESIALE BYBELSE HERMENEUTIEK. 13

3.1. DIE GEESTELIKE FAKTOR VAN DIE BYBEL. 13

3.2. DIE EENHEID VAN DIE BYBEL. 14

3.3. DIE PROGRESSIEWE OPENBARING VAN DIE BYBEL. 16

3.4. DIE SELF-INTERPRETERING VAN DIE BYBEL. 17

3.5. VERWYSINGS. 17

4. DIE VERKLARING VAN STYLFIGURE. 17

4.1. DIE FABEL. 18

4.2. DIE ENIGMA. 19

4.3. DIE METAFOOR. 19

4.4. DIE TIPE. 20

4.4.1. Karaktertrekke van „n Tipe. 21

Page 3: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

4.4.2. Klassifisering van Tipes. 21

4.4.3. Verklaring van Tipes 22

4.5. DIE SIMBOOL. 23

4.5.1. Die Verklaring van Simbole. 23

4.5.2. Die Klassifisering van Simbole. 23

4.6. DIE ALLEGORIE. 25

4.7. DIE HIPERBOOL. 26

4.8. DIE IRONIE. 67

4.9. DIE SINEKDOGEE. 26

4.10. DIE PERSONIFIKASIE. 27

4.11. DIE PARADOKS. 27

4.12. VERWYSINGS. 27

5. DIE INTERPRETASIE VAN GELYKENISSE. 27

5.1. DIE AARD VAN GELYKENISSE. 27

5.2. DIE DOEL VAN GELYKENISSE. 28

5.3. DIE ELEMENTE VAN GELYKENISSE. 28

5.4. DIE INTERPRETASIE VAN GELYKENISSE. 28

6. DIE INTERPRETASIE VAN PROFESIEË. 29

6.1. DEFINISIE VAN PROFESIE. 30

6.2. DIE AARD VAN PROFESIEË. 30

6.3. DIE INTERPRETASIE VAN PROFESIEË. 32

6.4. VERWYSINGS. 33

7. SKOLE VAN BYBELSE INTERPRETASIE. 33

7.1. DIE JOODSE SKOLE. 33

Page 4: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

7.1.1. Die Palestynse Jode. 34

7.1.2. Die Alexandrynse Jode. 35

7.1.3. Die Karaites. 35

7.1.4. Die Kabbaliste. 35

7.2. DIE ALEXANDRYNSE SKOOL. 36

7.3. DIE REFORMASIE-TYDPERK. 36

7.4. DIE PIËTISTE. 36

7.5. DIE RASIONALISTE. 36

7.5.1. Die Geleentheid-teorie (Accommodation Theory). 37

7.5.2. Die Naturalistiese Teorie . 37

7.5.3. Die Mistiese Teorie. 37

7.6. DIE GRAMMATIKAAL-HISTORIESE METODE. 38

7.7. VERWYSING. 40

7.8. BIBLIOGRAFIE. 40

7.9. WERKSOPDRAG. 41

Page 5: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

1. INLEIDING.

Bybelse Hermeneutiek is die wetenskap wat hom besig hou met die bestudering

van daardie beginsels wat met die verklaring van die Heilige Skrif in verband

staan. Berkhof definieer hermeneutiek soos volg: “Hermeneutics is the Science

that teaches us the principles, laws, and methods of interpretation.”(1)

Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel,

vooraf helderheid moet verkry oor die vraag volgens welke beginsel hy die Bybel

gaan interpreteer. Alhoewel die Bybel deur God gegee is vir lering, weerlegging,

teregwysing en onderwysing in die geregtigheid (2 Tim. 3:16), is tog nie sommer

enige begrip van die Skrif geldig nie. Dus moet daar van sekere prinsiepe en reëls

gebruik gemaak word om die Skrif te kan verstaan en te kan uitlê. Enersyds wil

ons nie daardeur te kenne gee dat „n vaste metode vir die hermeneutiek neergelê

moet word wat alle “willekeur” sal uitsluit nie. Ons moet in gedagte hou dat ons

die Heilige Gees nie met „n skema kan bind nie. Hy kan ook dáár wil spreek waar

die skema nie vir Hom voorsiening maak nie (Joh. 16:13). Andersyds moet ons

ook in gedagte hou dat “vrye” eksegese ook duidelike gevare inhou (2 Pet. 1:20).

Dit blyk dus dat die hermeneutiek as taak het om sodanige reëls vir die verklaring

op te stel, dat daar enersyds voldoende ruimte gelaat word vir verskil in

interpretasie, maar andersyds tog weer so dat nie elke gril van enige

“interpreteerder” as wettige eksegese erken word nie.

In aansienlike mate hang die eksegese dan ook af van die persoon wat dit bedryf,

d.w.s. van sy konfessionele agtergrond, sy gebondenheid aan die teks, sy

geloofsgemeenskap en sy gesindheid. Kortom kan ons sê dat die Bybelse

eksegeet „n ware gelowige Christen moet wees Om die Skrif Christelik te verstaan

(1 Kor. 2:14-16). Ons moet nie vergeet nie dat ons al ons Skrifkennis bekom uit

twee bronne, naamlik „n redelike ondersoek van die Skrifte en ‟n persoonlike

meedeling. In die geval van die Heilige Skrif word onder die “persoonlike

meedeling” verstaan die ondervinding wat ons bekom deur openbaring daarvan

Page 6: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

deur die Heilige Gees. Dit blyk dus dat die eksegeet uit homself alleen die teks nie

kan verklaar nie, dog eers as hy gelei en verlig word deur die Gees, sal hy in staat

wees om dit te verstaan en te verklaar.

Geen persoon wie se hart deur enige opposisie teen God beïnvloed is, of wat Sy

waarheid bevraagteken, of wat in enige sin bevooroordeeld staan teenoor dit wat

aanspraak op Sy openbaring maak, kan ooit verwag om „n suiwer uitlêer van die

Skrif te wees nie. Geloof in God en in Sy Woord is fundamenteel en is die enigste

gesindheid wat „n persoon tot God kan hê. „n Disposisie om God te soek en te

ken sal met „n reaksie van God ontmoet word; d.w.s. met die ontvouing van Sy

weë (Matt. 5:6; 2 Kron. 15:2, 15; Jer. 29:13, 14).

1.1. DIE ETIMOLOGIE VAN DIE HERMENEUTIEK.

Die woord “Hermeneutiek” word afgelei van die Griekse woord “Hermeneutieke”

wat weer herlei word van die Griekse god Hermes, die boodskapdraer of die

openbaarder van die wil van die gode. Vandaar dan ook die woord “hermeneuin”

wat verwys na: “om te verklaar”. Die filosoof Plato was die eerste persoon om die

term in „n tegniese sin te gebruik: “he hermeneutieke” (“die kuns om te verklaar).

Hermeneutiek is tewens „n kuns sowel as „n wetenskap. Hierin is dit „n

wetenskap, dat dit Skrifverklaring tot die beperking van „n stel reëls kan afbaken;

dit is „n kuns in soverre dat die elemente in die teks nie altyd deur die verklaring

van reëls geskied nie. Hier speel die Heilige Gees sowel as die bekwaamheid en

geskooldheid van die prediker „n definitiewe en besliste rol.

1.2. DIE NOODSAAKLIKHEID VAN HERMENEUTIEK .

Die noodsaaklikheid van die bestudering van die hermeneutiek spruit uit twee

primêre oorwegings:

In die Bybel het ons „n boodskap uit die hemel aan ons, maar vanweë die

sondigheid van die mens en asook die nadelige invloed daarvan op die

Page 7: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

menslike denke, het ons nodig om te waak teen enige eiesinnige en

moontlike foutiewe begrip en uitleg. Vandaar dan die hermeneutiese reëls

om ons te help om die hemelse boodskap suiwer uit te dra.

Omdat die Bybel „n baie antieke asook „n Oosterse boek is met „n vreemde

grammatikale konstruksie, vreemde idiomatiese uitdrukkings en met „n

vreemde kultuuragtergrond, en ons Bybels bloot net vertalings daarvan is,

het ons vaste reëls nodig om dit te kan verklaar en die boodskap korrek te

vertolk.

1.3. DIE AARD VAN HERMENEUTIEK.

Die Protestantse bediening van die Woord is gegrond op die Kanon van die Ou

- en Nuwe Testament. Gevolglik is die mees belangrike oorweging van die

Christelike bediening die korrekte gebruik en aanwending van die Skrif. Paulus

gee aan Timoteus dan ook opdrag om die Woord van die waarheid reg te sny (2

Tim. 2:15). In die Grieks “orthotomeo” “om „n reguitlyn te sny”, dus om die Woord

van die waarheid langs „n reguitlyn te rig. „n Kardinale misdryf van die valse

leermeesters is dat hulle handeldryf (“kapeleuo”, “om ‟n smous te wees”) met die

Woord (2 Kor. 2:17); en dit aan te wend tot hulle eie tydelike voordeel.

Die hoofsaak in die regte hantering van die Skrif is die korrekte uitleg daarvan.

Of die prediking tekstueel, uitlegkundig en of dit om „n spesifieke onderwerp

gaan, dit bly nog die prediker se verantwoordelikheid om die Woord van God

juis en korrek te interpreteer. Daarom moet die prediking gesentreer wees in

die verklaring en toepassing van die Heilige Skrif. Dit beteken dat die boodskap

vanaf die kansel, Bybels, Eksegeties en Uitlegkundig moet wees. Met ander

woorde, die Skrif is die bron en norm van die prediking; eksegese is die

wetenskaplike vasstelling en bepaling van die betekenis van die betrokke teks;

die eksposisie of uitleg is die relevante proklamasie daarvan aan die gemeente.

Bernard Ramm stel dieselfde feite só vir ons: “The Scripture is the Word of God

written; exegesis is the Word of God understood; and preaching is the Word of

God made relevant to time and place”.(2) Eksegese en eksposisie staan in „n

Page 8: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

besonderse verhouding tot mekaar.

Eksposisie spruit en groei uit eksegese.

In eksegese konsentreer die prediker op die betekenis van die teks. Hy is nie

onmiddellik begaan oor die toepassing daarvan op die teenswoordige geslag nie,

maar is meer begaan oor die historiese betekenis van die teks of Skrifgedeelte.

As sodanig staan die eksegeet los van die moontlike sosiale, kerklike en politieke

invloede wat moontlik sy soeke na waarheid en betekenis kan beïnvloed. In

eksposisie hou die prediker hom hoofsaaklik besig met die toepassing en

toepaslikheid van die teks op die kontemporêre geslag. Hieruit blyk dit enersyds

dat eksegese sonder eksposisie bloot akademies is; eksposisie andersyds, wat

nie in eksegese gegrond is nie, is oppervlakkig en misleidend.

Uit wat ons sovêr gesê het is dit duidelik dat daar geen skeiding tussen eksegese

(betekenis) en eksposisie (toepassing) kan wees nie. Om Bybelstudie te doen

sonder die inagneming van die sosiale en politiese misdrywe is om die krag van

die evangelie te vernietig. Die historiese betekenis van die teks (eksegese) moet

op die hedendaagse lewe met al sy probleme toegepas (eksposisie) word, Anders

is dit bloot akademies sonder veel kontemporêre waarde.

As die Woord van God die kern van die bediening is dan moet die prediker sy

teks eksegeties hanteer voordat hy dit homileties toepas. As hy enigsins ‟n

verantwoordelike eksegeet wil wees, moet hy „n verantwoordelike toepaslike

begrip van Bybelse hermeneutiek of Skrifverklaring hê.

1.4. VERWYSINGS.

1. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker Book

House, 1969), p.11.

2. Ramn, B. L., Hermeneutics (Grand Rapids: Baker Book House, 1967), p.12.

Page 9: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

2. ALGEMENE BYBELSE HERMENEUTIEK.

Die wetenskap van Skrifuitleg kan geklassifiseer word in algemene en spesiale

hermeneutiek. Algemene hermeneutiek behels daardie fundamentele wette en

prinsiepe van toeligting en uitleg van taal wat van toepassing is op die Bybel,

sowel as op enige ander boek of geskrif. Spesiale hermeneutiek, aan die

anderkant, gaan uitsluitlik om daardie wette en prinsiepe wat alleen op die

Bybeluitleg van toepassing is, byvoorbeeld profesieë, gelykenisse, tipes,

simbole, allegorieë, beeldspraak, fabels ens.

2.1. LITERêRE STYL.

Met die interpretering van „n literêre passasie is die eerste vereiste en saak wat

bepaal moet word, die vasstelling van die literêre styl daarvan. Dit is die literêre

styl van „n passasie wat die raamwerk van verband bepaal waarin die woorde

gebruik word. Derhalwe is die raamwerk van verband logies vóór die woorde.

Daarom is dit noodsaaklik dat die literêre styl van „n passasie – of dit poëties,

beeldspraak, geskiedenis of „n gelykenis is – eers vasgestel moet word, want dit

sal beslis die eksegeet se wyse en trant van uitleg bepaal.

2.2. WOORD STUDIE.

Nadat die literêre styl van „n Skrifgedeelte vasgestel is, kan daar nou met die

eksegese daarvan begin word. Die ontleding begin gewoonlik met die

bestudering van woorde in die bepaalde Skrifgedeelte. Daar is etlike maniere hoe

woorde bestudeer en ontleed kan word:

• Dit kan Etimologies bestudeer word.

‟n Kennis van die komponente wat „n woord uitmaak, mag instrumenteel

wees in die ontsluiting van die woord se ware betekenis. Byvoorbeeld, die

woord “Kerk” is van die Griekse woord “ekklesia”. Dié woord is „n

saamgestelde woord wat bestaan uit “ek” wat “uit” (Eng. out of) beteken en

“klesis” wat “‟n roeping” beteken. Letterlik beteken die woord “ekklesia” dan

„n “uit geroepe gemeenskap of gemeente.”

Page 10: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

• Dit kan ook Vergelykend bestudeer word .

Elke woord het net een betekenis in enige gegewe passasie, maar dieselfde

woord mag in ander Skrif dele „n ander betekenis hê. In hierdie verband skryf

Du Plessis: “Die korrekte manier om die betekenis van „n woord na te vors,

vereis dat al die plekke waarin daardie woord binne „n gegewe stuk

literatuur, bv. die Nuwe Testament, voorkom, nagelees moet word en dan uit

te vind watter betekenis telkens binne „n spesifieke konteks aan die woord

opgedra word. Die betekenis van „n woord lê dus nie as sodanig in die woord

self opgesluit nie, maar in die konteks waarbinne daardie woord optree.”(1)

„n Goeie voorbeeld hiervan is die woord “doop”. Die woord “doop” dui

sestig keer op die Doop Sakrament en twee keer beskryf dieselfde woord

egter “wassing” (Mark. 7:4; Luk. 11:38). So wys ook die woord “ekklesia”

(gemeente – Eng. Church) op verskillende groepe van mense:

- „n gepeupel (Hand. 19:32, 39, 40 ).

- Israel (Hand. 7:38).

- die Kerk universeel (Efes. 1:22; 5:25, 32).

- na „n lokale gemeente in „n dorp (Hand. 11:22; 13:1; 1 Kor. 14:19).

• Dit kan Histories bestudeer word.

Met die historiese bestudering van Bybel terme bedoel ons die navorsing en

bepaling van die betekenis van daardie Skrif woorde soos gebruik deur die

spesifieke skrywer. Met ander woorde, dit is die spesiale betekenis wat deur

daardie betrokke skrywer aan dié spesifieke woord gegee word. Baie keer

definieer en verduidelik die skrywer self die betekenis van die woord wat hy

gebruik. Voorbeelde hiervan vind ons in: 2 Tim. 3:17 – “volkome” beteken

“volkome toegerus”; Heb. 5:14 – “volwassenes” beteken hier iemand “wat

geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen om goed van kwaad te

onderskei”; Efes. 1:22, 23 – “gemeente” hier beteken “Sy liggaam.”

Page 11: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

• Die Aard van die Onderwerp van Bespreking moet bestudeer word.

Die aard van die onderwerp onder bespreking kan soms bydrae om tot die

juiste betekenis van „n woord te kom. Byvoorbeeld, Joh. 3:1-6. Die

onderwerp van bespreking hier is geboorte. Dus, “gebore . . . uit water” in

vers 5, is om “uit die vlees gebore” (vers 6) te wees, en wys op die

natuurlike geboorte; “Gebore . . . uit . . . Gees” in vers 5, is om “uit die Gees

gebore” (vers 6) te wees, en wys op die geestelike of wedergeboorte. So is

die onderwerp van bespreking byvoorbeeld in Joh. 15:1-16 een van

vereniging. Die betekenis van die “wynstok”, die “landbouer” en die “lote”

wys op die gelowige se innige vereniging met Jesus. So verklaar ook 2 Kor.

5:1-4 vir ons die “tentwoning” en die “gebou van God” as ons aardse

liggaam en ons geestelike of hemelse liggaam.

• Sinonieme Woorde moet bestudeer word .

Die onderskeid van sinonieme woorde moet noukeurig op gelet word.

Byvoorbeeld, om “met die Heilige Gees gedoop” te word (Hand. 1:5) is

dieselfde as om “vervul met die Heilige Gees” te wees (Hand. 2:4). Christus

se doop van die gelowige in die Heilige Gees krag was die handeling; die

vervulling met die Heilige Gees krag die gevolg. In Gal. 6:2,5 is die woorde

“laste” en “pak” van dieselfde Griekse woord “lurden”, maar in vers 2 is die

gedagte “gewig”, terwyl dit in vers 5 “verantwoordelikheid” beteken.

2.3. LETTERLIKE EN GEESTELIKE INTERPRETASIES.

Die vanselfsprekende sin van „n Skrifgedeelte is die juiste betekenis daarvan. In

ooreenstemming hiermee moet die duidelike letterlike betekenis gehandhaaf

word as dit sin maak; anders moet dit figuurlik verstaan word. Byvoorbeeld,

omdat die Opstanding in 1 Kor. 15 sin maak, moet ons dit letterlik vertolk en nie

soos sommige wil voorgee dat Jesus wel fisies gesterf het, maar dat dit Christus

was wat geestelik, dit wil sê, sonder „n fisiese liggaam, opgestaan het. So „n

vertolking doen die Skrif baie duidelik oneer aan. Matt. 26:26 daarenteen maak

weer nie letterlik sin nie, want hoe kan die brood letterlik Christus se liggaam

Page 12: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

wees? Omdat dit nie letterlik sin maak nie, moet ons dit figuurlik interpreteer. Met

ander woorde, Skrifgedeeltes wat oënskynlik „n letterlike betekenis dra, moet nie

vergeestelik word nie. So is dit dan ook foutief om God se belofte aan Israel te

vergeestelik en dit dan op die Kerk toe te pas. Israel en haar uittog uit Egipte en

haar intog in die Beloofde Land, kan wel die sondaar voorstel wat uit sonde

slawerny deur die wedergeboorte in die rus van Christus gebring word. So „n

sekondêre geestelike toepassing op die Kerk is geoorloof, want dit maak nie die

letterlike geskiedenis ongedaan nie en doen die Skrif ook geen geweld aan nie.

2.4. GRAMMATIKALE INTERPRETASIES.

Dit is die grammatikale metode wat deurdring tot die ontleding en verklaring van

die sin in al sy dele. Hierdie metode van Skrifuitleg, vereis „n deeglike kennis van

die grondtale – Hebreeus en Grieks.

Twee aspekte word in besonder hier deur die eksegeet in gedagte geneem:

Die grammatikale eksegeet skenk streng aandag aan die konteks van die

woord of passasie wat hy ontleed. Die konteks of die verband waarin die

woord voorkom bepaal baie keer die betekenis van „n woord of verklaring.

Paulus gebruik bv. die woord “wet” (“nomos”) so algemeen dat die

besonderse betekenis daarvan alleen vasgestel kan word deur na die

konteks waarin die woord voorkom, te kyk.

Die volgende stap in grammatikale eksegese is om te kyk na die kulturele

elemente in die teks soos verwysings na persone, gebeurtenisse, sosiale

praktyke, die aardrykskunde en flora en fauna. Dit gaan nie hier om meer

van die genoemde dinge te wete te kom nie, maar dit betrek die poging om

die sosiale en politieke wêreld van daardie tyd vas te stel.

Die soort agtergrond sal help om sulke komplekse vrae te beantwoord soos:

Waarom was die Galasiërs so „n maklike prooi vir Judaïsme om hulle te laat

verjoods? Ons moet egter toegee dat dit onmoontlik vir die prediker is om al

hierdie dinge na te vors. Daarom is dit die beste bron vir die prediker om van

Page 13: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

gebruik te maak van goeie kommentare.

2.5. VERWYSING.

Van Eijk, R. K., In Sy Voetspore (Pretoria: Pro media Publikasies, 1977), p.13.

3. SPESIALE BYBELSE HERMENEUTIEK.

Die grootste gedeelte van Algemene Hermeneutiek behels daardie fundamentele

prinsiepe van die toeligting en uitleg van taal, wat die Bybel met alle ander boeke

in gemeen het. Spesiale Hermeneutiek daarteenoor ondersoek daardie

onderliggende prinsiepe van uitleg wat eie aan die Skrif alleen is. Die Heilige Skrif

het sekere unieke kenmerke wat spesifieke prinsiepe vereis, as ons reg wil laat

geskied aan die uitleg van die Bybel.

3.1. DIE GEESTELIKE FAKTOR VAN DIE BYBEL.

Die Bybel is Goddelik geïnspireerd en is in wese geestelik van aard en kan dus

alleen geestelik verstaan word (1 Kor. 2:14). Die Goddelike inspirasie van die

Bybel is die een groot prinsiep wat die Bybelse Hermeneutiek kontroleer. “Any

theory of interpretation that disregards it”, skryf Berkhof, “is fundamentally

deficient and will not be conducive to our understanding of the Bible as the Word

of God.” (1)

Omdat die Bybel in wese geestelik van aard is, kan alleen geestelike mense,

mense wat deur die Gees wederbaar en geestelik bevatlik is, deur die Gees verlig

word en die getuienis van die Gees ontvang van die egtheid van die Goddelike

werklikhede. Maar om bloot net op die Gees ook staat te maak is geen

plaasvervanger vir Bybelse opvoeding nie. Jou afhanklikheid van die Gees moet

altyd gepaard gaan met die beste moontlike prosedure in die eksegese. Daarom

vermaan Paulus die jong Timoteus: “Lê jou daarop toe (Eng. “Study”) om jou

beproef voor God te stel as „n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die

woord van die waarheid reg sny” (2 Tim. 2:15).

Page 14: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

3.2. DIE EENHEID VAN DIE BYBEL.

Die Hermeneutiek was nog altyd vasgevang tussen die idees van die antieke

verklaarders Origenes en Marcion. In Marcion het ons „n onchristelike redusering

van die Ou Testament, terwyl ons in Origenes weer die inflasie van die Ou

Testament het. Die balans tussen die Ou en Nuwe Testament was een van die

moeilikste Hermeneutiese strydvrae gedurende die Reformasie. Die stryd heers

vandag nog tussen Bultman en Barth. Bultman is „n voorstander van Marcion se

metode van interpretasie van die Ou Testament, wat vir hom „n blote voorwoord

vir die Nuwe Testament is. Die Ou Testament dien vir hom slegs as bron vir

Joodse godsdiens. Barth weer handhaaf ‟n Christologiese eksegese van die Ou

Testament. Insake hierdie tweestryd skryf prof. Eybers: “In hierdie gees is soms

ook verklaar dat die Ou Testament strydig is met die Nuwe Testament, en selfs

meer onlangs is daar nog beweer dat die Ou Testament deur die Nuwe opgehef is

en dus eintlik sy betekenis vir die Christen verloor het. . . . „n Totaal ander siening

van sake tref ons aan by A. A. van Ruler, wat die Ou Testament as die hoofsaak,

as eintlike Woord van God beskou en die Nuwe Testament slegs as verklarende

aantekeninge daarby sien”. (2) Veral moet hier gelet word op die feit dat die

eenheid en harmonie van die Skrif om Christus, Sy verlossingswerk (Heb.

9:24-26; Luk. 25-27; Joh. 5:39) en openbaring van God (Joh. 1:18; 14:9-11) gaan.

Indien ons na Christus kyk, kan ons nooit besluit dat die Ou Testament

belangriker as die Nuwe is nie.

Daar is eerder alle rede om te verklaar dat die Ou en Nuwe Testament in hul

diepste sin onverstaanbaar bly sonder mekaar; ja die een is byna nutteloos

sonder die ander. Die Ou Testament wys direk heen na die Nuwe, die Nuwe

Testament bou weer op die Oue. Augustinus stel dit só vir ons: “The New

Testament lies hidden in the Old, the Old lies open in the New.” (3) Daar is dus „n

eenheid tussen die Ou en Nuwe Testament wat meer is as net „n eenheid van

idees; dit is „n organiese sowel as „n dinamiese eenheid. Met betrekking tot die

organiese eenheid van die Bybel skryf Berkhof: “The word „organic‟ should be

stressed. This unity is not a mere mechanical one, consisting of different parts

Page 15: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

that were prepared with a view to their mutual correlation, like the parts of a

watch, and that were finally collected in one volume . . . The Bible was not made,

but grew, and the composition of its several books marks the stages of its

progressive development. It is, in the last analysis, the product of a single mind . .

.” (4) Al die Bybelboeke het Christus as middelpunt van belang, en wys op Sy

verlossingswerk – “in the Patriarchs we have the promise of redemption; in the

time of the Judges, the providence which was leading to redemption; in the

period of the monarchy, the prophecies of redemption; in Christ the person. who

brought redemption; and in Revelation the prediction which was the outcome of

redemption.” (5) Die Ou en Nuwe Testament getuig dus saam van dieselfde God

en Here wat werksaam is in die ou en nuwe bedeling. Omdat die dokumente so

spreek van één God wat Hom in hulle bekendmaak, daarom is daar ook „n

werklike eenheid tussen Ou en Nuwe Testament en geld beide saam as die één

Woord van die één enige Here (Heb. 1:1).

Alhoewel daar „n onontkenbare eenheid tussen die Testamente bestaan, beteken

hierdie eenheid nie identiteit nie, want waar die eenheid weer oorbeklemtoon

word, word een van die twee Testamente onnodig gemaak. In „n beskouing oor

die verhouding tussen Ou en Nuwe Testament moet sowel die eenheid as die

diversiteit gehandhaaf word. Daar bestaan dus „n werklike verband, maar geen

statiese eenvormigheid nie; net soos die kind en die volwassene steeds dieselfde

mens is, maar nie dieselfde insig openbaar nie.

Die verband wat tussen Ou en Nuwe Testament bestaan, word gewoonlik

aangedui met die terme “verwagting” (of belofte) en “vervulling”; en dit in

inderdaad die enigste wetenskaplike verklaring van die verhouding, want dit is

hoe die Nuwe Testament self die verhouding karakteriseer (Matt. 5:17; Mark. 1:15;

Luk. 4:21). Die Ou Testament word in die Nuwe gesien as die voorbereiding,

terwyl die Nuwe Testament self die vervulling wil wees. Dit kom daarop neer dat

vervulling nie oorbodig making is bv. van die Wet deur die evangelie of van die

beloftes deur die werklikheid nie, maar die volmaking met „n nuwe inhoud is – die

Page 16: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

belofte self word nou die volkome. Vervulling beteken dus wel iets nuuts, maar

iets wat direk verband het met die oue, soos die huwelik die vervulling van die

verlowing is. Vervulling is dan beide vooruitgang en oorgang. So is die Nuwe

Testament inderdaad die vervulling van die Ou Testament, want Jesus Christus

bevestig die getuienis van die Ou Testament met en verleen tegelykertyd nuwe

betekenis daaraan.

3.3. DIE PROGRESSIEWE OPENBARING VAN DIE BYBEL.

Daar is „n progressiwiteit in die Skrif en tensy die prinsiep van progressiwiteit

erken word, kan daar geen sprake van duidelike eksegese van die Skrif wees nie.

Progressiewe openbaring is die erkenning dat God se boodskap aan die mens nie

in een enkel daad gegee is nie, maar dat dit „n geleidelike reeks van

opeenvolgende handelinge van God behels en wat tot ons gekom het deur die

gedagtes en hande van baie persone met verskillende agtergrond. Die prinsiep

van progressiewe openbaring word duidelik vir ons in die Skrif self voorgehou

(Hand. 17:30; Heb. 1:1-2; Joh. 1:17). Hieromtrent skryf Terry: “With each new

series of generations some new promise is given, or some great purpose of God

is brought to light.” (6) God se waarheid was oënskynlik nie alles op een tydstip

gegee nie, en die verskillende stadiums van openbaring toon dat Hy op

verskillende maniere gewerk het op verskillende tye in die geskiedenis. Die

eksegeet moet dan noukeurig daarop let om reg te laat geskied in sy uitleg van

die Skrif.

Hierdie onderskeibare stadiums van openbaring waarin God nuwe dinge vir die

mens voorstel waarvoor die mens verantwoordelikheid moet aanvaar, noem ons

bedelings of dispensasies. „n Dispensasie uit God se oogpunt gesien is „n

ekonomie; van die mens se kant gesien is dit verantwoordelikheid; en in

verhouding tot progressiewe openbaring, is dit „n stadium in die openbaring.

“Dispensationalism, therefore recognizes both the unity of His purpose and the

diversity in the unfolding of it. Covenant theology emphasizes the unity only to

the point of forcing unwarranted, inconsistent and contradictory interpretation of

Page 17: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

Scripture. Only dispensationalism can maintain the unity and diversity at the

same time and offer a consistent, cohesive, and complementary system of

interpretation.” (7)

3.4. DIE SELF-INTERPRETERING VAN DIE BYBEL.

Ten tye van die Reformasie het die Roomse Kerk sterk daarop aanspraak gemaak

dat hy begaaf is met die genade van interpretasie en instinkmatig die bedoelinge

van die Skrif geken het. Die Hervormers het sterk hierteen kapsie gemaak en

tereg ook die aanmatiging van die Roomse Kerk verwerp. As teenvoeter hiervoor

het die Hervormers van die standpunt uitgegaan dat die Heilige Skrif sy eie

vertolker is. Hiermee bedoel ons dat die hele Skrif „n deel van die Skrif verklaar en

dat geen deel van die Bybel so geïnterpreteer moet word dat dit die leer van die

hele Skrif skade aandoen nie.

3.5. VERWYSINGS.

1. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker Book

House, 1969), p. 40.

2. Eybers, I. H., Hermeneutiese Beginsels vir die Ou Testament in die lig van die

Verhouding Ou Testament – Nuwe Testament (Pretoria: Unisa, 1963), p.7.

3. Berkhof, L., op. cit, p.55.

4. Ibid, p.53.

5. Thomas, W. H. G., How We Got Our Bible (Chicago: Moody Press, 1926), p.68.

6. Terry, M. S., Biblical Hermeneutics (Grand Rapids: Zondervan Publishing

House, g.d.), p.568.

7. Ryrie, C. C., Dispensationalism Today (Chicago: Moody Press, 1975), p.36.

4. DIE VERKLARING VAN STYLFIGURE.

Dit word van die student verwag dat hy „n deeglike kennis van die verskillende

stylfigure en die gebruik van figuurlike taal in die Bybel sal hê, indien hy as

eksegeet „n eerlike en korrekte uitleg van die betrokke Skrifgedeelte waar dit

voorkom, wil gee.

Page 18: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

4.1. DIE FABEL.

• ·Definisie.

„n Fabel is „n storie waarin die natuur en die dier met rede toebedeel word en

maak dat dit praat en handel in teenstelling met die aard van hulle wese.

Byvoorbeeld Aesopus se fabels – Die haas en die Skilpad.

• Die Aard van Fabels

Die aard van „n fabel is drievoudig:

o - Dit behels „n element van onwerklikheid;

o - Dit het ten doel „n sedelike les;

o - Die waarheid wat bedoel word is maklik waarneembaar.

Die Gees van Fabels

Die gees waarin „n fabel geskryf word is gewoonlik ironies en sarkasties.

Die Doel van Fabels

Die doel van fabels is om die onsedelikheid en dwaasheid van die mens

bloot te lê.

Bybelse Fabels

Rigters 9:7-15; 2 Kon. 14:9,10; fabels, bv. Spr. 6:6; 30:15. 2 Kron. 25:18.

Baie spreuke is maar net kort fabels.

Die Interpretasie van Fabels

Die verklaring van fabels vereis geen besonderse reëls van interpretasie

nie, omdat dit gewoonlik selfverklarend is.

Daar moet egter gewaak word dat die detail van „n fabel nie te ver gerek

word nie. Die hooftrekke van „n fabel word alleen bedoel om die

veronderstelde sedeles in te prent.

Page 19: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

4.2. DIE ENIGMA.

Die woord kom net eenmaal in die Bybel voor en wel in 1 Kor. 13:12, waar dit

as “raaisel” vertaal word in die Afrikaanse Bybel.

• Definisie.

In die gebruik is „n enigma dieselfde as „n raaisel, maar „n raaisel (riddle)

verwys altyd na aardse dinge, terwyl „n enigma na hemelse dinge verwys.

• Bybelse Enigmas.

Joh. 2:19; 18:36; 21:18.

• Enigmatiese Passasies.

Joh. 3:1-13; 4:10-15; 32-38. In Eseg. 17:1-10 het ons beide „n fabel sowel as

„n enigma.

4.3. DIE METAFOOR.

Die woord “metafoor” kom van “meta” (oor), en “pharo” (om te dra), met ander

woorde, “om oor te dra.” Ons kan dus „n metafoor soos volg definieer: ‟n

Metafoor is „n beeldspraak waardeur „n woord wat op „n spesifieke objek wys,

verplaas word tot „n ander, en wel op so „n manier dat „n vergelyking geïmpliseer

word. Berkhof gee die volgende definisie: “It is a figure of speech in which one

object is likened to another by asserting it to be that other, or by speaking of it as

if it were that other.”(1) Byvoorbeeld as ek sou sê: Die man is „n jakkals of Jan is

„n pampoen, dan is dit „n metafoor. Sou ek egter sê: Die man is soos „n jakkals, is

dit „n vergelyking (Eng. “simile”). In „n vergelyking word die twee onderwerpe

“man” en “jakkals” duidelik onderskei in die uitdrukking sowel as in die gedagte.

In „n metafoor word hulle duidelik onderskei in die gedagte, maar nie in die

uitdrukking nie. Die volgende Bybelse beeldsprake is voorbeelde van „n metafoor:

“Gaan vertel daardie jakkals” (Luk. 13:32); “Breek hierdie tempel af” (Joh. 2:19);

“Dit is my liggaam” (1 Kor. 11:24); “Ek is die deur” (Joh. 10:9); “Ek is die ware

wynstok” (Joh. 15:1). Dit dien op gelet te word dat daar twee soorte metafore in

Page 20: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

die Bybel voorkom wat na God verwys en wat ons spesiale aandag moet geniet:

(a) Daar is die antropopatismes wat menslike emosies, drange en begeertes

aan God toeskryf (Gen. 6:6; Deut. 13:17; Efes. 4:30).

(b) Dan is daar die antropomorfismes wat liggaamlike ledemate en fisiese

aktiwiteite aan God toeskryf (Ex. 15:16; Klaagl. 3:56; Sag. 14:4; Jak. 5:4).

4.4. DIE TIPE.

Die woord “tipe” kom van die Griekse woord “tupos” wat herlei word van die

werkwoord “tupto”, wat letterlik beteken „n merk of impressie wat deur ‟n harde

hou gemaak is (Joh. 20:25). „n Tipe is dus „n afbeelding van iets anders en skadu

altyd „n toekomstige werklikheid af. So was die Tabernakel se patroon en ontwerp

„n afbeeldsel en skaduwee van die ware Tabernakel in die hemel (Heb. 8:51). Net

so is Adam „n voorbeeld of tipe van Christus (die tweede Adam) wat sou kom

(Rom. 5:14).

4.4.1. Karaktertrekke van „n Tipe.

Daar is basies drie karaktertrekke wat ons aan „n tipe toeskryf:

• Daar moet „n merkbare punt of punte van ooreenkoms en oorstemming

wees tussen die tipe en die anti-tipe. Watter verskille daar ook al mag wees,

die tipe moet altyd „n ware en juiste prent van die anti-tipe in ‟n sekere

besonderse punt wees.

• Meer as net ooreenkoms is nodig om iets as „n tipe te konstitueer. Daar

moet bewys wees dat die tipe Goddelik bestem en bedoel is om die

persoon of ding te tipeer. Toevallige ooreenstemmings tussen „n Ou en

Nuwe-Testamentiese persone of gebeurlikheid maak nie die een „n tipe van

die ander nie. Daar moet Skriftuurlike bewyse wees dat dit deur God so

bedoel word (Heb. 7:1-3).

• ·Die tipe moet altyd iets in die toekoms afskadu. Dit is hierdie eienskap wat

aan „n tipe profetiese karakter gee en wat dit skaduwees maak van die

dinge wat nog gaan gebeur (Kol. 2:17; Heb. 10:1).

Page 21: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

4.4.2. Klassifisering van Tipes.

Tipes word in vyf klasse gegroepeer:

• Tipiese persone.

Persone kan tipes wees, nie sodanig as persone nie, maar vanweë sekere

karaktertrekke of verhoudings wat hulle in die geskiedenis van verlossing

handhaaf. Byvoorbeeld, Adam, die Hoof van die menseras, tipeer Christus

as die Hoof van „n nuwe ras; Melgisédek se priesterskap wys op Christus

se ewige priesterskap; Josef se lyding en triomf is „n mooi afskaduwing

van Christus se lyding en oorwinning oor die sonde en die dood; Joshua

se inlei van die volk in die beloofde land, spreek van Jesus se inlei van die

sondaarmens in die ewige rus.

• Tipiese instellings

Hier dink ons aan die Levitiese offer stelsel wat „n duidelike afbeelding van

Christus se versoeningswerk aan die kruis is; die Sabbat spreek van die

gelowige se rus; die pasga-lam wys na Christus as die Lam van God; die

Huttefees wys vorentoe na die duisendjarige vrederyk.

• Tipiese ampte

Die Ou Testamentiese profeet, priester en koning is tipes van Christus as

Priester, Profeet en Koning (Deut. 18:15; Heb. 4:14; 9:12; 7:2).

• Tipiese gebeure

Gebeure soos die sondvloed, die Exodus uit Egipte, die woestyn

omswerwinge, die rots wat Moses geslaan het, die koperslang in die

woestyn, is almal gebeure wat Nuwe Testamentiese waarhede tipeer.

• Tipiese handelinge

Soos byvoorbeeld, Jeremia wat sy gordel by die Eufraatrivier versteek het

(Jer. 13:1-11). Hy gaan na die pottebakker se huis (Jer. 18:1-6). Die juk wat

hy op sy nek geplaas het (Jer. 27:1-14). Hierdie tipes neem ook die karakter

van simbole aan en mag as simbool-tipes beskryf word.

Page 22: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

4.4.3. Verklaring van Tipes.

Die prinsiepe wat gevolg moet word om tipes te interpreteer is soortgelyk aan

die wat ons gebruik om simbole en gelykenisse te verklaar.

• Die uitlêer van die Skrif moet waak dat hy nie iets wat in sigself sondig is

as „n tipe van goed en rein sien nie. Daar moet altyd „n kongruensie wees.

„n Aasvoël byvoorbeeld, kan nooit „n tipe van die Heilige Gees wees nie,

maar „n duif kan wel.

• Vir die juiste waarheid van tipes wat in die Ou Testament voorgehou word,

moet die eksegeet na die Nuwe Testament gaan vir „n ware insig en begrip

van die waarheid wat getipeer word. Met ander woorde, tipes kan alleen

verstaan en geïnterpreteer word in die lig van die anti-tipe. Let byvoorbeeld

op hoeveel bykomende lig werp die Sendbrief aan die Hebreërs nie net op

die waarhede vervat in die Tabernakel en sy ameublement nie. Vergelyk

ook Num. 21:4-9 met Joh. 3:14,15.

• Dit is nodig asook van belang om op die verskille tussen die tipe en die

anti-tipe te let. Hier verwys ons byvoorbeeld na Moses en Christus (Heb.

3:1-6); Adam en Christus (Rom. 5:12-21). Ons kan dit dan so stel dat die

tipe „n waarheid op „n laer vlak verteenwoordig, terwyl die anti-tipe

waarheid op „n hoër stadium verteenwoordig. Ten opsigte van die feit skryf

Berkhof: “To pass from the type to the antitype is to ascend from that in

which the carnal preponderates to that which is purely spiritual, from the

external to the internal, from the present to the future, from the earthly to

the heavenly.” (2) Op hierdie basis gesien vat die Roomse Kerk mis as

hulle die Ou-Testamentiese offers in hulle mis tot vervulling wil bring; dit is

in Christus volbring! So is hulle ook verkeerd om die anti-tipe van die

Ou-Testamentiese hoëpriesterskap in hulle pous te laat kulmineer. Dit is in

Christus gerealiseer!

Page 23: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

4.5. DIE SIMBOOL.

Alhoewel beide „n tipe sowel as „n simbool op iets anders as wat dit self is wys, is

daar tog sekere punte van onderskeid:

• Soos „n tipe „n beeld (image) van iets anders is, so is „n simbool „n teken

(sign) van iets anders.

• Tipe is „n feit wat „n sedelike waarheid leer en „n werklike realisering van

daardie waarheid voorspel. Met ander woorde, „n tipe is ‟n

voorafskaduwing van „n toekomstige werklikheid. „n Simbool daarenteen is

„n feit wat „n tydlose sedelike waarheid leer en verteenwoordig dus iets wat

verlede, teenwoordig en toekomend is.

• Tipe word uitsluitlik aangewend in die sfeer van die godsdiens, terwyl ‟n

simbool gebruik word in beide die gebied van die godsdiens en die

samelewing. Byvoorbeeld, Melgisédek is „n tipe of „n beeld van Christus

(Heb. 7), maar van die eeue outyd af is die olyf takkie die simbool of teken

van vrede.

4.5.1. Die Verklaring van Simbole.

• Die name van simbole moet letterlik verstaan word – brood en wyn beteken

niks anders as brood en wyn nie.

• ‟n Simbool wys altyd op iets anders as wat dit self is – brood en wyn wys

op die liggaam en bloed van Christus.

• Die ooreenkoms, klein of groot, tussen die simbool en dit wat

gesimboliseer word, kan altyd Bybels verantwoord word (Matt. 26:26-29).

4.5.2. Die Klassifisering van Simbole.

Breed gesproke word Bybelse simbole in drie kategorieë gegroepeer, naamlik die

bonatuurlike soos die brandende bos (Ex. 3:2) en die voeding van die 5000 (Joh.

6:1-13); die natuurlike soos die bloed van die Ou-Testamentiese offers en die

brood en die wyn van die Nagmaal; die visioenêre soos die van Johannes in

Openbaring.

Page 24: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

Ons kan ook Bybelse simbole in meer besonderse klasse indeel:

• Die Tabernakel.

Die Tabernakel met sy wonderlike konstruksie, struktuur en seremonies,

was „n baie mooi simbool eerstens van Christus, dan van die Kerk en die

gelowige in Christus.

• Name.

o Sodom en Egipte (Open. 1:8).

o Babilon en Jerusalem (Open. 14:8; 21:9,10)

o Dawid en Elia (Eseg. 34:23,24; Mal. 4:5; Matt. 11:14; 17:10-13).

o Leviatan, die slang (Jes. 27:1).

• Kleure.

o Blou (Ex. 28:31) – hemels, heilig en goddelik.

o Purper en skarlaken (Ex. 26:1) – Koninklik en majesteit.

o Wit (Ex. 26:1) – reinheid en geregtigheid.

o Swart en rooi (Jer. 14:2; Open. 6:5,6; Jes. 9:5) – boosheid en oorlog.

• Algemeen .

o Blindheid – onkunde en vooroordeel.

o Kandelaar – Kerk.

o Kroon – oorwinning en beloning.

o Beker – lot en destinasie.

o Duisternis – ellende en wanhoop.

o Deur – geleentheid en diens.

o Gordel – krag.

o Honger en dors – onversadigde begeerte.

Page 25: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

o Reukwerk – lof en gebed.

o Sleutels – gesag en kennis.

o Psalm – oorwinning.

o Rots – waarheid en toevlug.

o Straf – regering en korreksie.

o Sout – goeie invloed.

o Horing – sterkte.

o Juk- dwang en swaar werk.

4.6. DIE ALLEGORIE.

‟n Allegorie (van die Grieks “allos” en “agoreno” wat beteken om anders te noem)

is „n vertelling waarvan die betekenis iets anders voorstel as wat die woorde ons

meedeel. Met ander woorde, dit sê een ding, maar bedoel „n ander. Ten opsigte

van „n metafoor is „n allegorie bloot „n verlengde metafoor (Ps. 80:9-16; Jes.

5:1-7). John Bunyan se “Pelgrim se Reis na die Ewigheid” is ‟n goeie voorbeeld

van allegorie.

Die Verskil tussen „n Allegorie en „n Gelykenis

Beide word aangewend om „n geestelike waarheid te leer.

• Gelykenis is beperk tot werklike en moontlike voorvalle en gebeurtenisse in

die sfeer van die lewe; terwyl „n allegorie soms die sfeer van die lewelose

insluit.

• Die persone in „n gelykenis is verteenwoordigend; terwyl dié van ‟n

allegorie simbolies is. Dit wil sê, nie persone nie, maar eienskappe van

karakter.

• Die betekenis van „n gelykenis moet nie gesoek word in die beeldspraak

van die verhaal nie; terwyl die betekenis van „n allegorie wel te kenne

gegee en geïmpliseer word in die beeldspraak.

Page 26: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

Die Verklaring van „n Allegorie

Die interpretasie van „n allegorie is in prinsiep dieselfde as die van ‟n gelykenis,

behalwe dat in „n allegorie die beeldspraak en die geestelike betekenis so

ineensmelt dat die geestelike betekenis gesoek moet word in die figuurlike

betekenis van die taal.

Bybelse Allegorie .

• Die Here as ons Herder – Ps. 23

• Die wingerdstok uit Egipte – Ps. 80:9-16.

• Die Here se wingerd – Jes. 5:1-7.

• Die Ouderdom – Pred. 12:17.

• Die leeu se welpies – Eseg. 19:1-9.

• Die Goeie Herder – Joh. 10:1-18.

• Die wynstok en die landbouer – Joh. 15:1-16.

• Die ou en die nuwe verbonde – Gal. 4:21-31.

• Die gelowige se wapenrusting – Efes. 6:10-17.

4.7. DIE HIPERBOOL.

‟n Hiperbool is „n stylfiguur wat baie meer of baie minder sê as die waarheid. Dit

is om iets in die oordrywende of versterkte vorm te sê. Byvoorbeeld, “Julle wat

die muggie uitsif, maar die kameel insluk” (Matt. 23:23).

4.8. DIE IRONIE.

Ironie is „n subtiele vorm van sarkasme, waarin skynbare lof of werklike afkeuring

meegedeel word. Voorbeelde hiervan lees ons in 1 Kor. 4:8-10 en 2 Kor. 11:16-20.

4.9. DIE SINEKDOGEE.

Die stylfiguur beteken om „n deel vir „n geheel te sê. Byvoorbeeld in Luk. 2:1. Die

begrip hier van “hele wêreld” beteken net die omvang van die Romeinse Ryk of

wêreld en nie die ganse aarde nie. Dieselfde geld ook vir Open. 13:3, 7, want ons

weet uit die uitsprake van die Skrif dat die Antichris nét oor die herleefde 10

Page 27: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

koninkryke van die Romeinse ryk sal regeer.

4.10. DIE PERSONIFIKASIE.

Personifikasie is wanneer lewelose dinge as lewendig gesien word. „n Mooi

voorbeeld hiervan vind ons in Gen. 4:10: “Die stem van die bloed van jou broer

roep na My van die aarde af.”

4.11. DIE PARADOKS.

Hiermee word eenvoudig „n skynbare weerspreking bedoel. Ons vind „n aantal

hiervan in 2 Kor. 6:8-10.

4.12. VERWYSINGS.

1. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker Book

House, 1969), p.83.

2. Ibid, p.147.

5. DIE INTERPRETASIE VAN GELYKENISSE.

Die gemiddelde gelowige is die mening toegedaan dat gelykenisse nie van veel

belang is nie. Ons hoor dat dit dikwels gesê word dat dit maar net „n gelykenis is,

net asof gelykenisse wegdoen met die waarheid in stede van om dit te leer.

5.1. DIE AARD VAN GELYKENISSE.

„n Gelykenis (van die Griekse werkwoord “paraballo”, wat beteken om langs

mekaar te sit met die doel om te vergelyk) is „n verhaal waarin „n vergelyking

gemaak word tussen sekere sedelike, geestelike en letterlike waarheid aan die

een kant en sekere algemene gebeure aan die ander kant. Anders gestel: “It is a

story or comparison taken from real life and from nature to illustrate some truth

in another form than the literal statement of the truth.”(1) Die werklike aard van „n

gelykenis is dat dit tot die sfeer van die werklike beperk word. Die verhaal moet

getrou wees aan die feite en ondervindinge van menslike lewe wat ware

illustrasies en vergelykings maak van die gedagtes wat oorgedra word. Die

Page 28: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

gelykenis is sigself is nie die voorgenome waarheid nie, maar „n blote illustrasie

daarvan. Die gelykenis of illustrasie is een ding en die waarheid wat daardeur

geïllustreer word, is „n ander ding. Wanneer „‟n gelykenis sy doel gedien het, om

die waarheid geïllustreerd duidelik te maak, het dit geen verdere gebruik in die

onderrig van leerstelling nie.

5.2. DIE DOEL VAN GELYKENISSE.

Die doel van gelykenisse is viervoudig van aard:

• Om sedelike en geestelike waarhede in „n aantreklike vorm aan te bied.

• Om belangstelling by die hoorders te wek (Matt. 13:10-17, 35; 2 Sam.

12:1-14).

• Om te bestraf sonder om te krenk of te grief (2 Sam. 12:1-14; Luk. 7:36- 50).

• Om waarheid aan die ernstige luisteraar oor te dra en om dit te weerhou

van onverskillige hoorders en om die karakter en gesindheid van die

luisteraars te toets (Matt. 13:10-17; 34, 35).

5.3. DIE ELEMENTE VAN GELYKENISSE.

‟n Gelykenis behels drie elemente of aspekte, naamlik:

• Daar is die geleentheid toe dit uitgespreek is. Met ander woorde, dit wat

aanleiding tot die vertel van die gelykenis gegee het.

• Dan is daar die vergelyking wat gebruik word. Dit wil sê die onderskeid

tussen die illustrasie en dit wat geïllustreer word.

• Die derde aspek waarop gelet moet word is die sedelike of geestelike les

wat dit oordra.

5.4. DIE INTERPRETASIE VAN GELYKENISSE.

Om „n gelykenis te verklaar, is daar sekere faktore wat die eksegeet in ag moet

neem:

• Let op die historiese agtergrond van die gelykenis, soos byvoorbeeld, wie

die vraag gevra het wat aanleiding tot die verhaal van die gelykenis gegee

Page 29: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

het; wat die vraag is; en waarom die vraag gestel is. Of watter gebeurtenis

het aanleiding gegee tot die vertelling van die gelykenis.

• Neem die illustrasie self in ag en definieer die letterlike betekenis van die

belangrike woorde.

• Bepaal die hoof gedagte of waarheid, dit wil sê die sedelike en geestelike

les wat die gelykenis wil illustreer. So lank as wat die eksegeet dit nog nie

bepaal het nie, kan hy nie hoop om die gelykenis te verklaar nie. Elke

gelykenis sê Jülicher, “teaches one central point, all elements of a parable

being secondary and subordinate to that one point”.(2) Derhalwe moet

detail nie onnodiglik beklemtoon en vergeestelik word nie.

• Uit die voorafgaande feit is dit dan duidelik dat leerstelling nie uit die detail

van die gelykenis geformuleer moet word nie. Besonderhede is alleen

nodig om die verhaal saam te stel, sodat dit „n spesifieke gedagte kan

oordra.

• Die sentrale boodskap van „n gelykenis word altyd duidelik vir ons gestel

in:

o Die begin of inleiding tot die gelykenis (Luk. 18:9, 11:11).

o Die slot van die gelykenis (Matt. 25:13; Luk. 16:9).

o Beide die inleiding en die slot (Matt. 18:21-35; 20:1-16; Luk. 12:15-21).

o Parallelle gedeeltes (Luk. 15:3-7 met Matt. 18:11-14).

o Die algemene omvang of konteks (Luk. 15:3-7 met Matt. 18:11-14).

6. DIE INTERPRETASIE VAN PROFESIEË.

Die verklaring van Bybelse profesie vra om „n spesifieke soort Bybelse

interpretasie. Dit is gedeeltelik vanweë die aard van die profesie as sodanig en

deels as gevolg van die vorm waarin dit soms gegee word. Daarom moet ons,

voor ons na die Hermeneutiek van die profesieë kyk, eers sekere algemene

waarnemings aangaande die aard en vorm van die profetiese taal maak.

Page 30: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

6.1. DEFINISIE VAN PROFESIE.

Louis Berkhof definieer profesie soos volg: “Prophecy may simply be defined as

the proclamation of that which God revealed.”(3) Die profeet ontvang spesiale

openbarings van God deur middel van drome, gesigte, innerlike ingewings en

mondelinge kommunikasie, en op hulle beurt dra hulle dit weer mondelings of

deur simboliese aksies aan die volk of persoon oor.

6.2. DIE AARD VAN PROFESIEË.

Daar is etlike elemente in profesieë wat in ag geneem moet word voordat „n

poging aangewend word om dit te verklaar.

Profesie is nou verwant aan Geskiedenis.

Om profesie te verstaan, moet dit gesien word teen sy historiese

agtergrond. Die profete van ouds se profesieë was ten eerste ‟n boodskap

vir hulle tydgenote. Daarom is dit foutief om die profete as abstrakte

persoonlikhede te sien wat geen kontak met hulle kontemporêre

samelewing het nie.

Profesie het sy eie besonderse perspektief.

Die profeet sien soms verskillende dinge gelyktydig en tesame as een

gebeurtenis wat in werklikheid ver uitmekaar in vervulling gaan. Profesieë

van dié aard noem ons “die Profetiese perspektief” of die “wet van dubbele

verwysing.” Dit was so omdat die profeet eerstens „n boodskap vir sy eie

dag gehad het, sowel as vir die toekoms.

Profesie is dikwels voorwaardelik.

Hiermee bedoel ons dat hulle vervulling in baie gevalle afhang van die

etiese voorwaardelike optrede van mense. Dit moet in gedagte gehou word

dat „n profesie voorwaardelik kan wees, alhoewel die voorwaardes nie

noodwendig genoem word nie (Jer. 26:17-19; 1 Kon. 21:29; Jona 3:4, 10).

Dit sê vir ons dat sulke profesieë noodwendig alleen na die nabye toekoms

kan verwys. Kan ons nou sê dat alle profesieë voorwaardelik is?Beslis nie.

Daar is sekere dinge wat die Here gesweer het en wat Hom nie sal berou

Page 31: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

nie (Ps. 110:4). In hierdie verband skryf Girdlestone: “These irreversible

promises do not depend on man‟s goodness, but one God‟s. They are

absolute in their fulfillment, even though they may be conditional as to the

time and place of their fulfillment „n ..”(4) Ons kan dus sê dat ‟n profesie

wat van die menslike bewerking afhang, voorwaardelik magwees, tensy dit

uitdruklik so gestel word.

Profesieë word simbolies uitgedruk, maar letterlik vertolk.

Alhoewel die profete hulle baie maal simbolies uitdruk, is dit verkeerd om

te aanvaar dat hulle taal regdeur simbolies vertolk moet word. Wanneer

Joël dan praat van sprinkane, dan bedoel hy letterlik sprinkane en nie

mense nie (Joël 2:25). Wanneer hy sê dat “die son sal verander word in

duisternis en die maan in bloed” (Joël 2:31), dan bedoel hy die letterlike

son en maan. Dus, wanneer die profete hulle wel simbolies uitspreek, sal

die konteks ons dit sê (Dan. 8 en Open. 17). As „n reël dan moet die taal van

die profete letterlik verstaan word. Die uitsonderings op die reël moet deur

die Skrif self bevestig word.

Profesieë word deur simboliese aksies meegedeel.

Die profeet Jesaja het drie jaar lank kaalvoet deur die strate van Jerusalem

geloop as ‟n sinnebeeld van Egipte en Kus se ballingskap deur die

Assiriërs (Jes. 20). Jeremia het sy linnegordel by die Eufraatrivier in ‟n klip

skeur versteek as „n beeld van die volk se afvalligheid van God en die Here

se verwerping van Israel (Jer. 13). Esegiël het 390 dae op sy linkersy en 40

dae op sy regtersy gelê en simbolies die volk se ongeregtigheid so gedra

(Es. 4:5,6). Die profeet Hosea trou met „n straatvrou om Israel se

afvalligheid en ontrou aan die Here uit te beeld (Hos. 1).

Page 32: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

6.3. DIE INTERPRETASIE VAN PROFESIEË.

Op grond van die bogenoemde aard en karakter van profesieë, kan ons die

volgende paar reëls van interpretasie byvoeg.

• Die woorde van die profete moet altyd in hulle gewone letterlike sin

geneem word, tensy die konteks of die manier hoe dit in vervulling gaan,

dit duidelik as simbolies verklaar. „n Letterlike interpretasie aanvaar die

beelde van figuurlike taal as beelde. Byvoorbeeld “die son sal verander

word in duisternis en die maan in bloed „n ..” (Joël 2:31). Letterlik verklaar,

beteken dit dat die son sy glans sal verloor en dat die maan se kleur na „n

bloedrooi kleur sal verander. Dit beteken hoegenaamd nie dat die maan

werklik in bloed sal verander nie. So bedoel die Here ook nie met die

woorde in Jer. 1:18 dat Jeremia werklik “‟n versterkte stad en ‟n yster pilaar

en koper mure” word nie. Die letterlike interpretasie beteken bloot die

begrip waartoe enige normale intelligente persoon kom as hy die woorde

van die profeet lees. Met ander woorde, die uitlêer moet hom ten doel stel

om die fundamentele betekenis te ontdek.”

• In die interpretasie van die profeet se simboliese aksies, moet die eksegeet

van die standpunt uitgaan dat die aksies werklik was. Sommige

kommentators wil dit as aksies in „n visioen sien. Sulke interpretasies doen

beslis die Skrif skade aan.

• Sommige van die meer belangrike profesieë word progressief vervul. Elke

vervulling is die belofte en waarborg van dit wat nog moet vervul word. „n

Voorbeeld hiervan vind ons in Joël (2:28-32) se profesie. Dit is duidelik dat

as ons Joël se profesie met die vervulling daarvan in Hand. 2 vergelyk, ons

tot die slotsom kom dat dit nie volkome in vervulling gegaan het nie, maar

net gedeeltelik vervul is. Die gedeeltelike vervulling is die waarborg en

belofte dat die res van die profesie in die toekoms nog in vervulling sal

gaan.

• In baie gevalle het ons profesieë waar die Here meer bedoel in die profesie

as wat die profeet self met sy profesie bedoel. Hierdie dieper of voller

betekenis van die profesie noem ons die sensus plenior van die profesie.

Page 33: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

Hierdie voller betekenis kom by „n latere stadium en geleentheid, in die lig

van verdere openbarings, tot sy reg en volle betekenis. „n Voorbeeld

hiervan vind ons in Gen. 3:15. Hier spreek die Here in die eerste plek die

slang aan wat Eva verlei het, maar in sy dieper en voller betekenis gaan dit

om „n profesie aangaande Christus as Verlosser. Vele kere wanneer die

profeet van Dawid en sy seun spreek, gaan dit dieper as die twee historiese

persone en wys dit op Christus.

6.4. VERWYSINGS.

1. Dake, F. J., God‟s Plan for Man (Atlanta: Bible Research Foundation, 1949),

p.561.

2. Turnbill, R., Baker‟s Dictionary of Practical Theology (London: Marshall,

Morgan & Scott, 1968), p.108.

3. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker Book

House, 1969) p. 148.

4. Girdlestone, R. B., The Grammar of Prophecy (London: Eyre and Spottiswoode,

1901), p.28.

7. SKOLE VAN BYBELSE INTERPRETASIE.

‟n Historiese oorsig van die onderwerp toon dat daar baie verskillende skole van

Bybelse interpretasie was. Ons behandel hier net „n paar van die belangrikstes.

7.1. DIE JOODSE SKOLE.

Dit word algemeen deur die studente van die geskiedenis van die

hermeneutiek aanvaar dat die interpretasie van die Skrif sy vertrekpunt by Esra

gehad het (Neh. 8:1-8), na die terugkeer van die Jode uit die Babiloniese

ballingskap. Uitleg van die Skrif was in die eerste plek nodig, vanweë die lang

periode in Israel se geskiedenis waarin die Mosiaanse Wet verwaarloos en

vergete was en in onbruik verval het. Dit was verder nodig omdat die Jode in

ballingskap hul moedertaal met Aramees vervang het. Met hul terugkeer na hul

Page 34: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

vaderland kon hulle nie hul wette verstaan nie. Daarom was dit vir Esra nodig

om die wette aan die volk te verduidelik en uit te lê. In hierdie bespreking kyk

ons na die prinsiepe wat die Jode van ouds toegepas het in die verklaring van

die Skrif. Die volgende Joodse skole moet onderskei word.

7.1.1. Die Palestynse Jode.

Hulle hoë agting vir die Skrif as die onfeilbare Woord van God, het gemaak dat

hulle selfs die letters getel het wanneer hulle afskrifte gemaak het, om seker te

maak dat hulle nie miskien „n letter uitgelaat het nie. Ten spyte van dit het hulle

die Wet hoër geag as die Profete en die Geskrifte. Hulle het noukeurig onderskeid

gemaak tussen die letterlike sin van die Skrif (“pesha”) en die eksegese daarvan

(“midrash”). Die uitstaande karaktertrek van die “midrash” was dan ook om deur

elke eksegetiese middel beskikbaar, die geheime betekenisse en toepassings van

die Skrif bloot te lê. Die “midrash” was hoofsaaklik in twee groepe vir die nodige

eksegese ingedeel:

• Interpretasies van „n wettiese aard wat gehandel het oor sake van die

bindende wet. Die verklaring van die wettiese aspek het die “Halakhah”

geheet.

• Dan was daar interpretasies wat meer vry van aard was en wat gegaan het

oor die behandeling van die nie-wettiese gedeeltes van die Skrif en dit was

genoem die “Haggadah”.

Ten opsigte van die bogenoemde metode van Skrifuitleg skryf Berkhof: “One of

the great weaknesses of the interpretation of the Scribes is due to the fact that it

exalted the Oral Law, which is, in the last analysis, identical with the inferences of

the rabbis, as a necessary support of the Written Law, and finally used it as a

means to set the Written law aside. This gave rise to all manner of arbitrary

interpretations. Notice the verdict of Christ in Mark. 7:13.”(1)

Page 35: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

7.1.2. Die Alexandrynse Jode.

In Alexandrië, Egipte, omtrent 200 jaar voor Christus, het die Allegoriese metode

van Skrif interpretasie sy oorsprong gekry. Die Jood Philo was die meester van

hierdie manier van Skrifuitleg onder die Jode. Hy het die letterlike metode van

uitleg as „n konsessie vir die eenvoudiges en ongeletterdes beskou. Vir hom en

die ander geleerdes was die letterlike metode van uitleg net die simbool van

dieper dinge. Alleen die verborge en mistiese betekenis van die Skrif was vir hom

van ware betekenis. Die gevolg hiervan was dat selfs in eenvoudige historiese

verklarings daar gesoek was na verborge betekenisse. Hierdie metode het die

weg vir allerhande verkeerde soorte van vertolkings gebaan.

7.1.3. Die Karaites.

Die Karaites was „n Joodse sekte wat deur Aanan ben David in die jaar 800 n.C.

tot stand gebring is. Hulle het as die “Seuns wat lees” (Sons of reading) bekend

gestaan. Hulle was so genoem omdat hulle die Rabbynse interpretasies en

tradisies verwerp het deur „n nuwe en noukeurige studie van Skrifte te maak. Om

hulle teen te staan het die Rabbi‟s „n soortgelyke studie onderneem, waarvan die

eindresultaat die welbekende Masoretiese Teks van die 10de eeu is. Dit is die mss

waarvan ons vandag ons Ou Testament van vertaal. Die Karaites se eksegese as

„n geheel was dan ook baie meer betroubaar as die van die Palestynse en

Alexandrynse Jode.

7.1.4. Die Kabbaliste.

Dié 12de eeu Joodse beweging het elke passasie as simbolies gesien en daarby

veel betekenis aan getalle geheg. Hulle het van die standpunt uitgegaan dat elke

letter in die Hebreeuse massora „n getalwaarde het. Dit het gemaak dat baie

eienaardige leerstellings die gevolg was. Byvoorbeeld die naam “Ketura” (Gen.

25:1) beteken in Hebreeus “soet geur.” Abraham, so lees ons in Gen. 25:1, het

met Ketura getrou, maar dit word uitgelê om te meen dat Abraham met „n “heilige

lewe” getroud was.

Page 36: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

7.2. DIE ALEXANDRYNSE SKOOL.

Aan die begin van die 3de eeu n.C. was die Bybelse uitleg geweldig sterk deur die

Alexandrynse skool van interpretasie beïnvloed. Die twee groot Kerkvaders wat

dié metode voorgestaan en gepropageer het, was Clemens en Origenes. Beide

van hulle het die Bybel as die geïnspireerde Woord van God aanvaar en die

gedagte gehuldig dat spesiale reëls toegepas moes word om die Goddelike

meedeling te interpreteer. Hulle was beide die gedagte toegedaan dat die

allegoriese uitleg alleen tot die ware betekenis van die Skrif kan bydra.

7.3. DIE REFORMASIE-TYDPERK.

Die essensiële karakter en aard van die reformasie periode se eksegese het

voortgevloei uit twee fundamentele beginsels:

• Dat die Skrif sy eie verklaarder is.

• Dat alle begrip en uitleg van die Skrif in ooreenkoms sal wees met die

analogie van die geloof. Met ander woorde, vir hulle was die

ooreenstemming van geloof die eenvoudige lering van die Skrifte.

7.4. DIE PIËTISTE.

Die Piëtiste van Duitsland en die Kwakers van Engeland en Amerika was van die

oortuiging dat die salwing van die Heilige Gees (1 Joh. 2:20) of die “Innerlike Lig”,

genoegsaam is om hulle in al die waarheid te lei. Gevolglik het hulle die reëls van

grammatika verontagsaam en die betekenis en gebruik van woorde oorboord

gegooi. As ‟n metode van uitleg is dit wetteloos en onredelik. Soos dan ook

verwag kan word, is daar geen ooreenstemming tussen die aanhangers van die

sisteem nie. Dié metode van Skrifuitleg was so uiteenlopend van aard dat dit baie

keer hopeloos onversoenbaar was.

7.5. DIE RASIONALISTE.

Onder die hoof behandel ons net die drie vernaamste skole van Skrifuitleg.

Page 37: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

7.5.1. Die Geleentheid-teorie (Accommodation Theory).

Semier, die Duitse Rasionalis het die siening voorgehou dat die bonatuurlike

element in die Bybelse wonderwerke, die opstanding en so meer as „n

lewensomstandighede van die bygelowige neigings, godsdiens vooroordeel en

uiterste onkunde van die tyd, gesien moet word. Met die teorie het hy dan ook in

„n mate daarin geslaag om die bonatuurlike element in die Skrif te elimineer en

ook om die geloofwaardigheid en eer van die Bybelskrywers asook dié van

Christus te bevraagteken en onder verdenking te plaas.

7.5.2. Die Naturalistiese Teorie.

Nog „n Duitse rasionalis, genaamd Paulus, het „n teorie gehuldig dat ons vry is

om die Skrif volgens ons eie goed denke te interpreteer. Sy idee het ten gevolg

gehad dat hy alle bonatuurlike bemiddeling verwerp het, en al die wonderwerke

van Christus as blote tentoonstellings van mediese bekwaamheid weg te praat.

Hy gee byvoorbeeld voor dat Jaïrus se dogtertjie nie werklik dood was nie, maar

in „n beswyming of floute verkeer het, waaruit Hy haar net wakker gemaak het.

Volgens hom was Jesus ook „n hipnotis. Jesus het nie werklik op die water

geloop nie, maar wel op die strand, maar het dit so laat lyk van waar die dissipels

in die boot was. Hierdie metode van uitleg doen nie alleen die taal oneer aan nie,

maar maak „n bespotting van die Bybel as die Woord van God.

7.5.3. Die Mistiese Teorie.

Die mistiese siening of teorie was deur George Strauss ontwikkel, wie se boek

“Lewe van Christus” in 1835 „n opskudding in die godsdiens wêreld veroorsaak

het. Hy was van oordeel dat die dissipels ná Jesus se dood, met vroom motiewe

Sy naam en bediening beklee het met mistiese legendes waarvan ons vandag die

feite moet losmaak en skei. Die verhaal van die wyse manne sou dan uit Bileam

se profesie kom (Num. 24:17). Die ombring van die kindertjies deur Herodus is

ontwikkel uit Farao se opdrag om al die Joodse seuntjies om die lewe te bring.

Page 38: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

OPSOMMING.

Ons studie van die belangrikste valse metodes van Bybelse interpretasie toon

dat dit hoofsaaklik die gevolg is van twee oorsake:

• „n Minagting van die Heilige Skrif deur pogings aan te wend om verborge en

obskure betekenisse in elke woord en letter te soek. Die tendens het tot „n

Bybelse afgodery gelei.

• „n Positiewe vyandigheid teenoor die Heilige Skrif, met die gevolg dat ‟n

vergeefse poging aangewend is om die bonatuurlike element in die Skrif uit

te skakel. Hierdie tendens lei tot die afplatting van die Bybel tot die

natuurlike vlak.

7.6. DIE GRAMMATIKAAL-HISTORIESE METODE.

Hierdie metode, glo ons, is die korrekte manier om die Bybel uit te lê. Die

fundamentele prinsiep is om van die Skrif self die presiese betekenis te versamel

wat die skrywers bedoel het om oor te dra. Die individualiteit en gewoontes van

die outeur en die maniere en gewoontes van die tyd, is die sin waarin die Heilige

Gees sy waarheid deur die woorde van die Skrif aan ons geopenbaar het.

Ernestinus, die vader van dié metode, het „n belangrike werk oor Bybelse

interpretasie geskryf, waarin hy vier basiese beginsels beklemtoon:

• Die veelvuldige sin van die Skrif moet verwerp word, en net die letterlike

sin moet behou word.

• Allegoriese en tipologiese interpretasies moet afgekeur word, behalwe in

gevalle waar die skrywer aandui dat hy bedoel om „n ander sin te

kombineer met die letterlike.

• Aangesien die Bybel die grammatikale sin in gemeen het met ander boeke,

moet die Bybel soortgelyk bepaal word.

• Die letterlike sin mag nie bepaal word deur „n veronderstelde dogmatiese

sin nie.

Page 39: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

In die algemeen behels die metode van Skrifverklaring die volgende feite:

• Filologie of taalkunde wat die etimologie of die werklike betekenis van

woorde, sowel as die manier van skryf deur die verskillende outeurs, asook

sinonieme insluit.

• Dit behels die karakter, grammatikale konstruksie en idiomatiese

eienaardighede van Bybelse taal.

• Beide die onmiddellike sowel as die wyer konteks word in die metode

opgeneem.

• Vergelykende passasies word deur die metode in rekening geneem.

• Die doel sowel as die objek van die skrywer word in die metode in ag

geneem.

• Die historiese standpunt van elke skrywer word in die wyse van uitleg in

oënskou geneem.

• Die plan van die ganse Skrif word in die metode ingesluit.

• Die eenheid van geloof en die eenheid van die Skrif in sy vele dele word in

die metode erken.

Ten besluite wil ons „n paar fundamentele prinsiepe wat die

grammatikaalhistoriese metode van uitleg ten grondslag het, hier beklemtoon.

• Die ganse Bybel kom van God, en besit eenheid, planmatigheid en lering.

Daarom moet ons beide die Ou as die Nuwe Testamente as „‟n eenheid

sien.

• Dit moet aanvaar word dat geeneen hom tot spraak of skrif wend sonder

om „n idee te hê van wat hy wil sê nie. Om hierdie gedagte dan uit te druk,

moet die persoon sekere vorms van spraak aanwend. Verder moet ons

aanneem dat indien hy woorde of simbole gebruik wat verskil van dit wat

gewoonlik deur sy lesers verstaan word, hy dit sal verduidelik.

• Die Bybel kan nooit in homself weersprekend wees nie. „n Lering in een

deel van die Skrif moet altyd ooreenkom en rym met elke ander lering in

elke ander deel van die Bybel. Gevolglik moet ons aanneem dat enige

Page 40: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

Skrifuitleg wat die Skrif self onkonsekwent maak, op „n verkeerde prinsiep

berus.

• Christelike ondervinding moet altyd gefundeer wees op Bybelse

leerstelling en nie leerstelling op ervaring nie.

• Geen betekenis mag uit die Skrif voorgehou word, tensy dat die Skrif

homself tot „n redelike en eerlike grammatikaal-historiese interpretasie

verleen nie.

7.7. VERWYSING.

1. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker

Book House, 1969), p.15.

7.8. BIBLIOGRAFIE.

1. Berkhof, L., Principles of Biblical Interpretation (Grand Rapids: Baker Book

House, 1969).

2. Dake, F, J., God‟s Plan for Man (Atlanta: Bible Research Foundation, 1949).

3. Eybers, I. H., Hermeneutiese Beginsels vir die Ou Testament in die Lig van

die Verhouding Ou Testament – Nuwe Testament (Pretoria: Unisa, 1963).

4. Girdlestone, R. B., The Grammar of Prophecy (London: Eyre and

Spottiswoode, 1901).

5. Ramm, B. L., Hermeneutics (Grand Rapids: Baker Book House, 1967).

6. Ryrie, C. C., Dispensationalism Today (Chicago: Moody Press, 1975).

7. Terry, M. S., Biblical Hermeneutics (Grand Rapids: Zondervan Pub. House, g.

d.).

8. Thomas, W. H. G., How We Got Our Bible (Chicago: Moody Press, 1926).

9. Turnbull, R., Baker‟s Dictionary of Practical Theology (London: Marshall,

Morgan & Scott, 1868).

10. van Eijk, R. K., In Sy Voetspore (Pretoria: Promedia Publikasies, 1977).

Page 41: BYBELKUNDE 1 - lickts.co.zalickts.co.za/sertifikaat/Bybelkunde 1/Hermeneutiek.pdf · Dit is duidelik dat iedereen wat hom besig hou met die uitleg van die Bybel, vooraf helderheid

7.9. WERKSOPDRAG.

1. Definieer en omskryf wat jy verstaan met die vak “Hermeneutiek”. [10]

2. Waarom sou u sê is die vak Hermeneutiek van belang? [5]

3. Definieer “eksegese” en “eksposisie”? [10]

4. Watter rol speel woordbetekenisse in die eksegese van „n Skrifgedeelte of

teks? Bespreek volledig. [10]

5. Waarom speel die inagneming van die eenheid van die Bybel so ‟n

belangrike rol in die Skrifverklaring? [5]

6. Wat verstaan u met die progressiewe openbaring van die Bybel en waarom

is dit belangrik vir die uitleg van die Skrif? [5]

7. Definieer „n “metafoor” en toon hoe dit geïnterpreteer word. [5]

8. Gee „n omskrywing van „n “tipe” en beskryf volledig hoe dit verklaar word.

[5]

9. Hoe sal u onderskeid maak tussen „n “tipe” en „n “simbool”? [5]

10. Wat is die punte van verskil tussen „n “allegorie” en „n “gelykenis”? [5]

11. Watter punte van belang moet in ag geneem word wanneer jy „n gelykenis

moet interpreteer? [5]

12. Skryf kort aantekeninge oor:

a. Die Wet van dubbel verwysing.

b. Voorwaardelike profesieë.

c. Profetiese aksies. [15]

13. Bespreek ten volle hoe profesie geïnterpreteer moet word. [10]

14. In watter mate het die Jode van ouds bygedra om die Skrifte te verklaar? [5]

15. Wie was die naturaliste en hoekom verwerp ons hulle metode van

Skrifuitleg? [10]

16. Waarom aanvaar ons die grammatikaal-historiese interpretasie as die

beste? Beskryf volledig. [10]

TOTAAL [120]