dag van protes teen misdaad
TRANSCRIPT
Tessa die Switserse herdershond was ook deel van Klerksdorp se optog. Sy was verlede jaar 3 keer 'n slagoffer van misdaad toe daar by haar gesin se huis op 'n plot ingebreek is. Hulle het geen genade vir haar gehad nie. Van haar tande is uit haar bek geslaan. Gelukkig het sy oorleef, maar het nou ongelukkig 'n sielkundige knou weg.