1.1 maatskaplike en omgewingsgeregtigheidbelvedereschool.co.za/lockdown/graad 10 - grade 10/gr 10...

9
Kwartaal 2 Hoofstuk 9 Maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid Opsomming Week 4 Eenheid 1: Skadelike maatskaplike en omgewingsinvloede 1.1 Maatskaplike en omgewingsgeregtigheid Armoede Armoede veroorsaak ‘n gebrek aan vryheid; Dit veroorsaak omgewings- en maatskaplike ongeregtigheid. As jy vryheid kortkom; het jy baie min keuses. Byvoorbeeld, terwyl jy in armoede leef: kan jy nie kies om in ‘n lekker huis met ‘n mooi uitsig en vars lug, baie bome in die tuin, lopende water en elektrisiteit te woon nie word jy gedwing om in ‘n klein plekkie met geen lopende water, geen tuin en geen elektrisiteit nie, te bly moet jy dalk naby ‘n rommelhoop of fabriek wat giftige dampe afgee, woon kan jy nie uit hierdie situasie ontsnap nie. Omgewingsongeregtigheid Dit vind plaas wanneer: mense met minder keuses, soos die armes die meeste ly onder besoedeling, onder werk wat gevaarlik is vir hul gesondheid en onder die feit dat hulle nie toegang tot hulpbronne het nie daar uitputting van hulpbronne is, wat beteken daar is ‘n verlies aan en vermindering van byvoorbeeld visvoorraad, bome en vuurmaakhout arm mense ongelyke toegang tot basiese hulpmiddele het soos water en energie. Maatskaplike ongeregtigheid Dit vind plaas wannermense: met beperkte keuses, soos die armes, die meeste ly onder diskriminasie gegrond op byvoorbeeld vermoë, ouderdom, kultuur, geslagtelikheid, ras en geloofsoortuigings mense met beperkte keuses ‘n gebrek aan kennis van hul menseregte het asook aan die toegang tot dienste soos gesondheidsdienste, goeie onderrig en behuising. Omgewings - en maatskaplike geregtigheid beteken die beëindiging van uitbuiting en benadeling van mense met beperkte keuses.

Upload: others

Post on 09-Oct-2020

168 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 1.1 Maatskaplike en omgewingsgeregtigheidbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR 10 LO... · 1.2 Misdaad en geweld Misdaad Die skadelike gevolge: maak mense kwaad, bang,

Kwartaal 2

Hoofstuk 9Maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid

OpsommingWeek 4

Eenheid 1: Skadelike maatskaplike en omgewingsinvloede

1.1 Maatskaplike en omgewingsgeregtigheidArmoede Armoede veroorsaak ‘n gebrek aan vryheid;

Dit veroorsaak omgewings- en maatskaplike ongeregtigheid.

As jy vryheid kortkom; het jy baie min keuses. Byvoorbeeld, terwyl jy in armoede leef:

• kan jy nie kies om in ‘n lekker huis met ‘n mooi uitsig en vars lug, baie bome in die tuin, lopende water en elektrisiteit te woon nie

• word jy gedwing om in ‘n klein plekkie met geen lopende water, geen tuin en geen elektrisiteit nie, te bly

• moet jy dalk naby ‘n rommelhoop of fabriek wat giftige dampe afgee, woon kan jy nie uit hierdie situasie ontsnap nie.

Omgewingsongeregtigheid Dit vind plaas wanneer:

• mense met minder keuses, soos die armes die meeste ly onder besoedeling, onder werk wat gevaarlik is vir hul gesondheid en onder die feit dat hulle nie toegang tot hulpbronne het nie

• daar uitputting van hulpbronne is, wat beteken daar is ‘n verlies aan en vermindering van byvoorbeeld visvoorraad, bome en vuurmaakhout

• arm mense ongelyke toegang tot basiese hulpmiddele het soos water en energie.

Maatskaplike ongeregtigheid Dit vind plaas wannermense:

• met beperkte keuses, soos die armes, die meeste ly onder diskriminasie gegrond op byvoorbeeld vermoë, ouderdom, kultuur, geslagtelikheid, ras en geloofsoortuigings

• mense met beperkte keuses ‘n gebrek aan kennis van hul menseregte het asook aan die toegang tot dienste soos gesondheidsdienste, goeie onderrig en behuising.

Omgewings- en maatskaplike geregtigheid beteken die beëindiging van uitbuiting en benadeling van mensemet beperkte keuses.

Page 2: 1.1 Maatskaplike en omgewingsgeregtigheidbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR 10 LO... · 1.2 Misdaad en geweld Misdaad Die skadelike gevolge: maak mense kwaad, bang,

1.2 Misdaad en geweldMisdaad Die skadelike gevolge: maak mense kwaad, bang, wantrouig en hartseer.

Wanneer mense hul lewe of besittings as gevolg van misdaad verloor, beïnvloed dit hulle en diegene rondom hulle op ‘n traumatiese manier.

Geweld Dit veroorsaak dat mense sterf of beserings opdoen.Dit beteken dat gesinne en geliefdes ly. Die ekonomie ly ook omdat soveel mense wat bydra tot die land se opbou ook sterf, en te vroeg, of hulle word ernstig beseer en kan nie werk nie.

Geweld en misdaad is skendings van ons Grondwet en Handves van Regte, wat bepaal dat elkeen die reg het om veilig te voel.

Korrupsie is misdaadKorrupsie is ‘n ernstige misdaad. Dit is om omkoopgeld te aanvaar ofom oneerlik te wees ter wille van geld.

Misdaad en geweld skep: depressie of hartseer vrees angstigheid en bekommernis hartaanvalle vetsug as gevolg van ooreet of eet vir vertroosting eensaamheid as gevolg van die wegbly van andere af fisieke besering, permanente liggaamsverminking of letsels.

Misdaad en geweld kan ook post-traumatiese stres veroorsaak, soos: slaaploosheid, terugflitse ofherinnering aan die skadelike gebeurtenis, bekommernis, slegte drome, eensaamheid, gebrek aan vertroue, vergeetagtigheid en ‘n gebrek aan konsentrasie of die vermoë om aandag te gee.

EKSTRA!Hulpbronne: Neem ‘n verantwoordelike standpunt in: doen iets aan misdaad en geweld

Hoe om misdaad hok te slaan Sê NEE! vir misdaad. Moenie misdaad pleeg nie. Bly weg van vriende wat van jou verwag om aan

misdaad mee te doen. Meld misdaad aan. Dit is ‘n goeie manier om misdaad te bekamp. Jy hoef nie jou naam bekend te

maak nie. SMS 32211 om misdaad aan te meld. Skakel die polisie by 10111 om lewensgevaarlike noodgevalle aan te meld.

Wat om te doen aan misdaad soos korrupsie en bedrog Moet nooit korrupsie pleeg nie. Wees eerlik en vermy bedrog. Meld korrupsie aan.

Hoe om geweld hok te slaan Bly weg van gewelddadige optrede. Moet nooit gewelddadig optree nie; moenie ander mense

seermaak nie. Meld alle vorme van geweld aan.

Page 3: 1.1 Maatskaplike en omgewingsgeregtigheidbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR 10 LO... · 1.2 Misdaad en geweld Misdaad Die skadelike gevolge: maak mense kwaad, bang,

1.3 MIV en VIGS

MIV en VIGS raak ons almal. Ons kan geïnfekteer of geaffekteer word. Ons kan met die virus, genaamd MIV, geïnfekteer word. Ons kan geraak (geaffekteer) word as gevolg van hoe MIV die mense wat ons liefhet, met wie ons

saamlef en werk, beïnvloed.

Onthou• MIV word oorgedra deur middel van

liggaamsvloeistowwe soos semen, vaginale afskeidings en bloed.

• Persone wat hul MIV-status bekend maak, het sorg, begrip, respek en ondersteuning nodig.

• Jy kan ‘n lang en redelik gesonde lewe hê as jy jou oppas en behandeling ontvang.

• Moet nooit teenoor persone wat MIV of VIGS het, diskrimineer nie.

• Teenretrovirale middels genees nie MIV en VIGS nie.

• Gaan gereeld vir MIV-berading en toetsing (MBT); ken jou status en gaan tot aksie oor.

Wat kan jy doen? Voorkom MIV deur jou van seksuele omgang te weerhou. Voorkom MIV deur kondome korrek te gebruik en stem in tot seksuele omgang as beide partye

hulle gereed verklaar om in ‘n volwasse, getroue, een-maat-per-verhouding, langtermyn en liefdevolle verhouding in te gaan.

Jy mag ‘n ander persoon nooit dwing om teen sy of haar wil seksuele omgang te hê nie. Gaan elke ses maande vir ‘n MIV-toets as jy seksueel aktief is. Vergewis jouself van die feite van MIV.

Page 4: 1.1 Maatskaplike en omgewingsgeregtigheidbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR 10 LO... · 1.2 Misdaad en geweld Misdaad Die skadelike gevolge: maak mense kwaad, bang,

DOEN HIERDIE AKTIWITEIT 3 OP 'N EKSTRA PAPIER OF IN DIE SKRIF WAT VIR JOU GEGEE IS.

Page 5: 1.1 Maatskaplike en omgewingsgeregtigheidbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR 10 LO... · 1.2 Misdaad en geweld Misdaad Die skadelike gevolge: maak mense kwaad, bang,

Kwartaal 2

Hoofstuk 9Maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid

OpsommingWeek 5

Eenheid 2: Maatskaplike kwessies en die skadelike invloede daarvan

2.1 ArmoedeArmoede beteken jy is te arm om vir jou basiese behoeftes te betaal. Armoede word nou verbindmet:

• swak gesondheid• gebrek aan kos• gebrek aan basiese hulpbronne en dienste (elektrisiteit, water, sanitasie en vullisverwydering)• gebrek aan toegang tot ‘n gesonde en veilige omgewing• minder opvoedkundige geleenthede.

Gebrek aan behuisingArmoede veroorsaak dat mense nie toegang het tot basiese hulpmiddele soos behuising nie. 46% huishoudings bly in huise met nie meer as drie vertrekke nie en 17% huishoudings bly in eenvertrekhuise.

WerkloosheidOm nie werk te hê nie is een van die hoofoorsake van armoede. Werkloosheid raak alle ouderdomsgroepe.

Die meerderheid werklose jongmense bly in arm huishoudings waar ouer gesinslede ook waarskynlik werkloos is. Byna twee derdes van Suid-Afrika se jongmense tussen 15 en 24 sowel as 60% mense tussen 25 en 34 bly in huishoudings wat minder as R1 200 per maand verdie

Wat om te doen aan armoede:Oorkom persoonlike armoede deur so hard as wat jy kan te werk op skool. Doen aansoek vir ‘n maatskaplike toelae as jy kwalifiseer.

2.2 Voedselsekuriteit en –produksieAs mense arm is, het hulle nie genoeg geld om kos te koop nie.

Voedselsekurieit • Dit beteken almal het toegang tot genoeg veilige, gesonde en voedsame voedsel om hul dieetkundige behoeftes en voorkeure te bevredig. Dit sal verseker dat hulle in staat is om aktiewe en gesonde lewens te lei.

• Vloede, droogtes en brande het slegte gevolge vir voedselproduksie en –oeste. Baie oeste word so vernietig. As dit gebeur is daar nie genoeg kos nie. Voedselpryse styg dan ook. Dit maak dit nog moeiliker vir arm mense om kos te koop.

• Wanneer voedselsekuriteit ontbreek, ontstaan ondervoeding. Dit gebeur wanneer mense nie genoeg van die voedingstowwe inkry wat hulle nodig het om behoorlik te groei en gesond te bly nie.

Wanvoeding Dit is die toestand wat ontwikkel as jy nie die regte hoeveelheid vitamiene, minerale en ander voedingstowwe inkry wat jy nodig het vir gesonde weefsels en orgaanfunksies nie.

Page 6: 1.1 Maatskaplike en omgewingsgeregtigheidbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR 10 LO... · 1.2 Misdaad en geweld Misdaad Die skadelike gevolge: maak mense kwaad, bang,

Wat jy kan doen om voedselsekuriteit te bevorder• Plant groente in ‘n groentetuin.• Plant verskillende soorte sodat jy seker is dat daar ten minste een soort groente of vrugte vir elke

seisoen is.• Sluit aan by jou skool se voedingskema sodat jy seker is van een goeie maaltyd elke dag.

2.3 Ongelyke toegang tot basies hulpbronne en diensteGebrek aan waterBaie mense wat in verarmde gebiede in Suid-Afrika bly het nie dieselfde toegang tot water as ander Suid-Afrikaners nie.

• Sommige mense het min toegang tot water; andere moetwater uit riviere of uit boorgate gaan haal, terwyl sommige een kraan met baie ander mense moet deel.

• Wanneer een kraan met mense gedeel word en terselfdertyd vir drink- en waswater gebruik word, kan water besoedel raak.

Wat jy kan doen om water te bespaar• Bespaar water; moet dit nooit vermors nie.• Stort vinnig in plaas van om te bad.• Moet nooit ‘n kraan laat loop terwyl jy jou tande borsel

nie.• Draai krane altyd toe na gebruik.• Maak lekkende krane onmiddellik toe.

Gesondheidsdienste

Suid-Afrika se gesondheidstelsel wil alle burgers graag help. Provinsies met minder hulpbronne en meer arm mense is nie in staat om in al die gesondheidsbehoeftes van die mense wat daar bly te voorsien nie.

DOEN HIERDIE AKTIWITEIT 9 OP 'N EKSTRA PAPIER OF IN DIE SKRIF WAT VIR JOU GEGEE IS .

Page 7: 1.1 Maatskaplike en omgewingsgeregtigheidbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR 10 LO... · 1.2 Misdaad en geweld Misdaad Die skadelike gevolge: maak mense kwaad, bang,

Kwartaal 2

Hoofstuk 9Maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid

OpsommingWeek 6

Eenheid 3: Maatskaplike, konstruktiewe en kritiese denkvaardighede

3.1 Maatskaplike, konstruktiewe en kritiese denkvaardighede virdeelname aan die burgerlike lewe

Sosiale denkvaardighede:

• Dit is die vaardighede wat jou in staat sal stel om ‘n behoefte of ‘n probleem raak te sien en iets daaraan te wil doen.

• Sosiale denkvaardighede help jou om andere se standpunte en gevoelens in ag te neem.

Konstruktiewe denkvaardighede:

• Dit is vaardighede wat jou op hulpvaardige maniere laat dink.

• In plaas daarvan dat jy met te veel emosie reageer op gebeure in jou lewe, interpreteer en verstaan jy die gebeure kalm en logies.

Konstruktiewe denke in die straatJy is besig om in die straat af te stap terwyl jy ‘n lemoen eet. Skielik word die lemoen deur ‘n kind uitjou hand gegryp! Wat doen jy? Is jy iemand wat:

Nie voorbeelde van konstruktiewe denke nie. Voorbeelde van konstruktiewe denke.

• reageer met woede en probeer om die kind te vang en haar pak te gee

• vir die res van die dag vies en kwaad bly• dink dat die lewe sleg is en dat misdaad buite beheer is• jou die res van die dag oor die gebeurtenis bekommer?

• kalm probeer dink oor die betekenis van die gebeurtenis

• verstaan dat die kind moontlik nog die hele dag niks gehad het om te eet nie

• vra wat die armoede en situasie ten opsigte van voedselsekuriteit in die gebied is

• wonder wat jy aan die situasie kan doen om te help• die kind sal soek en vra hoe jy kan help, terwyl jy

verduidelik dat dit beter is om te vra as om te steel?

Page 8: 1.1 Maatskaplike en omgewingsgeregtigheidbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR 10 LO... · 1.2 Misdaad en geweld Misdaad Die skadelike gevolge: maak mense kwaad, bang,

Kritiese denkvaardighede

Kritiese denke kan jou help kennis opdoen en versterk jou argument. Jy kan kritiese denke gebruik om jou maatskaplike probleme op te los.

Kritiese denke is: jou vermoë om situasies goed deur te dink om die voordele en nadele van verskeie oplossings vir ‘n probleem te vergelyk om helder, logies en sinvol te dink om op redelike maniere te dink om nie skoorsoekerig of krities ten opsigte van ander mense te wees nie.

3.2 Ingeligte besluite ten opsigte van sosiale verantwoordelikhede

As jy ingeligte besluite neem, soek jy soveel inligting as moontlik oor jou keuses. Jy oorweeg verskillende menings en moontlikhede.

Page 9: 1.1 Maatskaplike en omgewingsgeregtigheidbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 10 - Grade 10/GR 10 LO... · 1.2 Misdaad en geweld Misdaad Die skadelike gevolge: maak mense kwaad, bang,

Kwartaal 2

Hoofstuk 9Maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid

OpsommingWeek 7

Eenheid 4: Die jeug en burgerlike organisasies

4.1 Wees ‘n vrywilligerGemeenskapsdiens, projekte en vrywillige diens is deel van ons Afrika-filosofie van ubuntu.

Ubuntu beteken omgee en deel. Vrywilligers werk saam met gemeenskappe om ‘n beter wêreld te skep.

Openbare of gemeenskapsorganisasies werk daaraan om die lewe vir almal te verbeter. Jeugdiensontwikkeling en vrywillige diens is maniere om by te dra tot die bou van ‘n regverdige en, viralmal, ‘n gelyke Suid-Afrika. Vrywilliger (om namens andere te werk sonder betaling vir jou tyd en dienste; om uit die goedheid van jou hart op te tree; om vryelik te gee van jou talent, tyd en inspanning).

Burgerlike verantwoordelikheid beteken: dat jy tot aksie oorgaan wat betref sosiale en omgewingskwessies dat jy weet dat jou regte met verantwoordelikhede kom; dat jou geleenthede met pligte kom.

Vrywillige diens beteken om jou tyd vryelik tot die voordeel van andere te gee. Deur ‘n vrywilliger te wees: leer ken jy jouself leer jy nuwe vaardighede brei jy jou belangstellings uit het jy meer selfvertroue gebruik jy geleenthede om loopbaanopsies te verken voeg jy waardevolle sertifikate by jou CV help jy bou aan Suid-Afrika.