maatskaplike hulp - solidariteit helpende hand · maatskaplike hulp handleiding ’n groot deel van...

91
Handleiding Maatskaplike Hulp www.helpendehand.co.za/maatskaplike-hulp-handleiding/ 0861 25 24 23 Ons hoop vaagweg maar ons vrees in fyn besonderhede -Paul Valery

Upload: others

Post on 12-Oct-2019

48 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

Handleiding

Maatskaplike Hulp

www.helpendehand.co.za/maatskaplike-hulp-handleiding/ 0861 25 24 23

Ons hoop vaagweg maar ons vrees in fyn

besonderhede-Paul Valery

“ “

Page 2: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Maatskaplike Hulp HandleidingEerste uitgawe 2016

Gepubliseer deur Helpende Hand

Kopiereg © Solidariteit Helpende Hand 2016

ISBN - 978-0-620-73718-0

Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder skriftelike ver-lof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy

deur fotokopiëring, skryf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir

inligtingsbewaring of -ontsluiting.

Hierdie gids is bedoel om versprei te word – vir die werkswyse oor gebruik, verspreiding, vertaling of ander vorme van

benutting van hierdie publikasie, skakel gerus die Helpende Hand-kantoor by

012-644 4390 of per e-pos [email protected]

Page 3: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van weerlose

mense – kinders gestremdes en bejaardes. Ons glo dat hierdie groep mense onvoorwaardelik bygestaan moet

word. Alhoewel hierdie werk uitstekend gedoen word deur projekte van ons meer as 160 landwye takke, bly

daar altyd by ons ’n gevoel oor dat meer gedoen kan word. Die uitdagings is groot, hulpbronne en kennis is

beperk. In Suid-Afrika is daar ’n reuse- tekort aan maatskaplike werkers en stygende lewenskoste veroorsaak

groterwordende maatskaplike probleme. In baie gevalle skiet ons te kort weens die blote gebrek aan kennis.

Helpende Hand se doel met hierdie handleiding oor maatskaplike hulp is om:

• Kennis oor maatskaplike sake aan te vul.

• Alle Suid-Afrikaners in staat stel om by te dra tot die verligting van die swaarkry van weerloses.

• Seker te maak hulpbehoewendes ontvang al die staatshulp waarop hulle geregtig is.

• Saam met vennote op die terrein van maatskaplike sake ’n groeiende verskil te bly maak aan die le

wens van mense in ons land wat swaarkry.

Hierdie gids is bedoel om wyd en syd versprei te word – vir die werkswyse oor gebruik, verspreiding,

vertaling of ander vorme van benutting van hierdie publikasie, skakel gerus die Helpende Hand-kantoor by

012-644 4390 of per e-pos [email protected]

Mag die inhoud hiervan tot nut wees vir baie mense wie se roeping dit is om weerloses te help. Mag die kennis

wat ons hieruit put lei tot mense wie se lewens verryk is en waar swaarkry uit die weggeruim word.

DR. DANIE BRINKUITVOERENDE DIREKTEUR: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND

© Solidariteit Helpende Hand 2016

“Ons hoop vaagweg maar ons vrees in fyn besonderhede” - Paul Valery

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreek-likheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Die kontakbesonderhede wat verskaf word, is onderhewig aan verandering.

VOORWOORD

Page 4: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

HOOFSTUK 1 BESKERMING VAN KINDERS 1

VERPLIGTE AANMELDBARE SAKE 1

PROSEDURE VAN AANMELDING 1

ANDER AANMELDBARE SAKE INGEVOLGE ARTIKEL 150 VAN DIE KINDERWET 1

ONMIDDELLIKE VERWYDERING VAN ’N KIND 2

WAT BEHELS KINDERHOFPROSEDURES? 2

WAT BEHELS DIE PLASING VAN ’N KIND IN PLEEGSORG? 4

VERANTWOORDELIKHEDE VAN PLEEGOUERS 4

REGTE VAN PLEEGOUERS 5

WAT BEHELS PLEK VAN VEILIGHEID? 5

VERWAARLOSING VAN KINDERS 5

TEKENS VAN VERWAARLOSING 6

GEDRAGSPATRONE VAN VERWAARLOSING 6

DIE GEVOLGE VAN VERWAARLOSING 6

FISIEKE MISHANDELING 6

TEKENS VAN FISIEKE MISHANDELING 6

GEDRAGSPATRONE WAT OP FISIEKE MISHANDELING KAN DUI 6

GEVOLGE VAN MISHANDELING VAN KINDERS 7

SEKSUELE MISBRUIK VAN KINDERS 7

TEKENS VAN SEKSUELE MISBRUIK 8

GEVOLGE VAN SEKSUELE MISBRUIK 8

GEDRAGSPATRONE VAN SEKSUELE MISBRUIK 9

BESKERMING VAN JOU EIE KIND TEEN SEKSUELE MISBRUIK 9

KINDERREGTE 11

WATTER REGTE HET KINDERS? 11

WETGEWING TEN OPSIGTE VAN KINDERS WAT MET DIE GEREG BOTS: 12

INHOUDSOPGAWE

Page 5: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

OUDERDOMSGROEPE VAN KINDERS WAT INGEVOLGE DIE STRAFPROSESWET 12

BOELIEGEDRAG 12

VORME VAN BOELIEGEDRAG: 12

TEKENS DAT JOU KIND MOONTLIK GEBOELIE WORD 13

HANTERING VAN BOELIEGEDRAG 13

WENKE VIR OUERS 13

KUBER-BOELIEGEDRAG 14

WENKE VIR KINDERS /TIENERS OM KUBER-BOELIEGEDRAG TE HANTEER 14

WENKE VIR OUERS OM DIE KUBER-BOELIEGEDRAG TE STOP 14

VOORKOMING VAN KUBER-BOELIEGEDRAG 14

ALGEMENE VEILIGHEIDSWENKE VIR OUERS OM AAN HUL KINDERS OOR TE DRA 15

NUTTIGE KONTAKNOMMERS 17

HOOFSTUK 2 ALKOHOL- EN DWELMMISBRUIK 27

INLEIDING 27

STATISTIEK VAN ALKOHOL EN DWELMMISBRUIK IN SUID-AFRIKA 27

ALKOHOLMISBRUIK 27

FASES VAN ALKOHOLMISBRUIK 28

TEKENS VAN ALKOHOLMISBRUIK 28

GEVOLGE VAN ALKOHOLMISBRUIK 28

DIE BEHANDELING VAN ALKOHOLISME 29

ONDERSTEUNING 29

WENKE OP DIE PAD NA HERSTEL 29

DWELMMISBRUIK 30

Page 6: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

TIPES DWELMS 30

DAGGA (CANNABIS OF MARIJUANA) 30

MANDRAX 31

KOKAÏEN 32

HEROÏEN 33

KLUBDWELMS 33

METHAMPHETAMIEN OF TIK 34

TIPES BEHANDELING VIR AFHANKLIKHEID 35

BUITE-PASIËNT BEHANDELING 35

BINNE-PASIËNT BEHANDELING 35

VOORKOMING EN BEHANDELING VAN SUBSTANSMISBRUIK (WET 70 VAN 2008) 35

NUTTIGE KONTAKNOMMERS: 36

HOOFSTUK 3 SASSA TOELAE 39

INLEIDING 39

TIPE TOELAE 39

KWALIFISERENDE VEREISTES VIR MAATSKAPLIKE TOELAE 39

TOELAE VIR VOLWASSENES 39

KINDERTOELAES 40

BEWYS VAN IDENTITEIT 41

WAAR DOEN U AANSOEK OM ‘N TOELAAG? 41

PROSEDURES OM TE VOLG 41

BETALING VAN TOELAE 42

BEVESTIGING VAN IDENTITEIT: PENSIOENARISSE WAT PENSIOEN BY SASSA ONTVANG 42

DATUM VAN DIE TOEKENNING VAN TOELAES 42

BETALINGSMETODES 42

STAKING EN HERSTEL VAN TOELAE 42

VERNAAMSTE REDES VIR DIE OPSKORTING VAN TOELAE 43

HERSIENINGS 43

Page 7: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

MAATSKAPLIKE VERLIGTING VAN NOOD 43

TYDPERK VAN MAATSKAPLIKE VERLIGTING VAN NOOD 43

VERANTWOORDELIKHEID VAN DIE BEGUNSTIGDES 44

MIDDELETOETS 44

NUTTIGE KONTAKNOMMERS 44

HOOFSTUK 4 ONDERHOUD 49

WAT BEHELS ONDERHOUD? 49

WANNEER MOET EK ONDERHOUD EIS? 49

HOE GAAN EK TE WERK OM ONDERHOUD TE EIS? 49

VERLOOP VAN DIE PROSES: 49

GEVOLGE VAN WANBETALING: 50

ALGEMENE VRAE OOR ONDERHOUD: 50

WYSIGINGS OP DIE WET OP ONDERHOUD: 54

HOOFSTUK 5 EGSKEIDING 57

INLEIDING: 57

MOONTLIKE SLAGGATE TYDENS DIE EGSKEIDINGSPROSES 57

VOORBEREIDING VIR DIE EGSKEIDINGSPROSES 57

PRAKTIESE WENKE OM GELD TYDENS ’N EGSKEIDING TE SPAAR: 58

SORG VAN DIE KINDERS (TOESIG EN BEHEER) 62

DIE ROL VAN DIE GESINSADVOKAAT TYDENS EGSKEIDINGS 63

TOEGANG TOT KINDERS: 63

NUTTIGE KONTAKNOMMERS 63

HOOFSTUK 6 REGSHULP 67

INLEIDING 67

SAKE WAT VIR REGSHULP KWALIFISEER 67

KRIMINELE SAKE: 67

SIVIELE SAKE: 67

Page 8: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

REGSHULP VIR INDIVIDUE 68

REGSHULP VIR HUISHOUDINGS: 68

REGSHULP VIR HUISEIENAARS: 68

REGSHULP VIR PERSONE WAT HUUR: 68

WIE KWALIFISEER OUTOMATIES VIR REGSHULP? 69

NUTTIGE KONTAKNOMMERS 70

HOOFSTUK 7 GESINSGEWELD EN BESKERMINGSBEVEL 75

INLEIDING 75

WAT IS GESINSGEWELD? 75

WAT IS ’N GESINSVERHOUDING? 75

BESKERMINGSBEVEL 76

HOE WORD ’N BESKERMINGSBEVEL BEKOM? 76

BELANGRIKE INLIGTING OM IN TE DIEN BY DIE AANSOEK OM ’N BESKERMINGSBEVEL 76

MOONTLIKE REDES VIR ’N BESKERMINGSBEVEL 77

GEVOLGE INDIEN DIE BEPALINGS VAN DIE BESKERMINGSBEVEL NIE NAGEKOM WORD NIE 77

TEISTERING 78

WATTER GEDRAG WORD AS TEISTERING BESKOU? 78

BESKERMING VAN DIE WET TEEN TEISTERING: 78

HOE WORD ’N BESKERMINGSBEVEL TEEN TEISTERING BEKOM? 79

DOEL VAN DIE WET OP BESKERMING TEEN TEISTERING 79

KRISISPLAN IN DIE GEVAL VAN GESINSGEWELD 79

NUTTIGE KONTAKNOMMERS 80

BRONNELYS 81

FAMILIE-REG: 67

UITSETTINGS: 68

KONTRAKTUELE ASPEKTE: 64

ARBEIDSREG: 64

Page 9: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

Beskerming van KINDERS

Hoofstuk 1

SolidariteitHelpende Hand

®

Page 10: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Hoofstuk 1BESKERMING VAN KINDERS

Die Kinderwet nr. 38 van 2005 beskerm kinders. In hierdie artikel beteken “kind” iemand onder die ouder-

dom van 18 jaar. Die beste belange van die kind is allesoorheersend. – in alle aangeleenthede betreffende

die versorging, beskerming en welsyn van ’n kind moet die maatstaf geld dat die kind se beste belange van

oorheersende belang is.

VERPLIGTE AANMELDBARE SAKE

Artikel 110 van die genoemde wet bepaal dat die volgende sake aangemeld MOET word:

• vermoede van enige vorm van mishandeling van en handel dryf van ’n kind.

• vermoedens dat ’n kind doelbewus verwaarloos word.

Indien ’n persoon versuim om sodanige sake aan te meld, maak hy hom skuldig aan ’n misdryf.

PROSEDURE VAN AANMELDING

• Bekomvolledigeidentifiserendegegewensmetdieoogopaanmelding.

• Daar word aanbeveel dat ’n beëdigde verklaring met bogenoemde inligting afgelê sal word.

• Alhoewel sake anoniem aangemeld kan word – word daar ten sterkste aanbeveel dat alle

identifiserendebesonderhedeverskafword,aangesien’nanoniemeaanmeldingdieondersoekkan

vertraag.

Hierdie sake moet by een van die volgende instansies aangemeld word:• ’n geregistreerde kinderbeskermingsorganisasie, soos byvoorbeeld Badisa, NG Welsyn, Christelike

Maatskaplike Raad, Kindersorg, Suid-Afrikaanse Vroue Federasie;

• Departement van Maatskaplike Ontwikkeling;

• Kinderhof – by die naaste landdroshof waar die kind woonagtig is;

• SAPD – die eenheid vir gesinsgeweld en seksuele misdade;

• Kinderlyn (Childline)

ANDER AANMELDBARE SAKE INGEVOLGE ARTIKEL 150 VAN DIE KINDERWET

Daar is ingevolge artikel 150 van die genoemde wet sekere bepalings wat omskryf wanneer ’n kind sorg en

beskerming nodig het, naamlik indien hy/sy:

• verlaat of verwees is en sonder enige sigbare lewensmiddele is;

• gedrag openbaar wat nie deur die ouer of versorger beheer kan word nie;

• op die strate lewe en werk of bedel vir ’n lewe;

• verslaaf is aan ’n afhanklikheidsvormende stof en sonder enige ondersteuning is om behandeling te

verkry vir sodanige afhanklikheid;

• geëksploiteer (blootgestel of uitgebuit) word of lewe in omstandighede wat die kind blootstel aan

uitbuiting;

• leweinofblootgestelwordaanomstandighedewatdaardiekindsefisieke,geestelikeofmaatska

plike welsyn ernstig kan benadeel;

1

Page 11: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

ONMIDDELLIKE VERWYDERING VAN ’N KIND

Indien daar genoegsame gronde aanwesig is dat ’n kind in lewensgevaar verkeer, kan die kind onmiddellik uit

sy/haar omstandighede verwyder word. Sodanige verwydering word deur middel van ’n Vorm 36 soos deur

die genoemde Wet voorgeskryf is gedoen.

Die volgende persone is gemagtig om ’n Vorm 36 uit te reik:

• ’n geregistreerde maatskaplike werker in diens van ’n geregistreerde

kinderbeskermings-organisasie;

• ’n beampte van die SAPD.

Die Vorm 36 moet binne 24 uur deur die voorsittende beampte van die naaste kinderhof bekragtig word. Elke

landdroshof het ’n kinderhof.

Die betrokke maatskaplike werker het voorts 90 dae om ’n ondersoek na die omstandighede te doen en ’n

aanbeveling ten opsigte van die plasing van die betrokke kind aan die kinderhof te maak.

WAT BEHELS KINDERHOFPROSEDURES?

• Sodra bewerings ingevolge Artikel 150 van die Kinderwet onder die aandag van ’n kinderbesker

mingsorganisasie kom, word ’n ondersoek deur die betrokke maatskaplike werker gedoen.

• Maatskaplike werkers is verplig om alle sake vertroulik te hanteer – besonderhede ten opsigte

van die saak mag dus nie bekend gemaak word nie.

• Normaalweg sal ’n maatskaplike werker egter eers die saak behoorlik ondersoek alvorens die

saak voor die kinderhof gebring word - slegs in uiterste gevalle sal ’n Vorm 36 uitgereik word.

• Die beste belange van die kind moet die bepalende faktor wees in enige besluit rakende ’n kind

wat beskerming benodig.

• Die hofrolle in die kinderhof is gewoonlik baie vol en daar is dikwels ’n waglys. Die maatskaplike

werker moet die biologiese ouers in kennis stel van die hofdatum en -tyd.

• Die betrokke maatskaplike werker moet die verslag met die ouers bespreek voor die hofverrig

tinge ’n aanvang neem.

• Die biologiese ouers asook as die betrokke kind het die reg tot regsverteenwoordiging op die

betrokke dag van die kinderhofverrigtinge.

• in gevaar mag wees wanneer die kind terugbesorg word aan die toesig en beheer van die ouer,

voog of versorger van die kind aangesien daar rede is om te glo dat hy of sy sal leef in of

blootgestelsalwordaanomstandighedewatdiekindsefisiese,geestelikeofmaatskaplikewelsyn

ernstig kan benadeel;

• in’nstaatvanfisiekeofgeestelikeverwaarlosingis;ofmishandel,misbruik,doelbewusverwaarloos

of verneder word.

2

Page 12: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand3

Verwydering van kind/ers uit ouerlike sorg en plasing in alternatiewe versorging wat insluit:

o Pleegsorg

o Kinderhuis

• Daar moet ook ’n behandelingsplan vir beide die ouers en kind/ers by die kinderhof ingedien

word.

• DiedienstewatnaafloopvandieKinderhofverrigtingeplaasvind,staanbekendas

“gesinsherenigingsdienste”.

• Indien die kind/ers in alternatiewe sorg geplaas word, word die bevel normaalweg elke twee jaar

hersien. Vir hierdie doeleindes moet daar ingevolge artikel 159 van die Kinderwet ’n verslag oor

die ouers sowel as die kind/ers by die kinderhof ingedien word.

• Indien die ouers se omstandighede sodanig verbeter het en dit in die belang van die kind/ers is,

kan die kind/ers in ouerlike sorg herstel word.

• Indien daar nog nie sodanige herstel plaasgevind het nie, kan die bevel verleng word sodat die

kind/ers in alternatiewe sorg bly.

• Regshulp word verleen indien die ouers nie genoegsame fondse tot hul beskikking het om ’n

prokureur te bekostig nie.

• Die kind word ook deur regshulp ondersteun om toe te sien dat die beswil van die kind vooro

pgestel word. Dit sal gewoonlik ’n prokureur of advokaat wees wat ’n kundige op die gebied van

kinderregte is.

Die kinderhof sal op grond van die beskikbare inligting een van die volgende beslissings ten

opsigte van die kind/ers maak:

• Herstel van kind/ers in ouerlike sorg, met of sonder bepaalde voorwaardes.

In die geval van seksuele misbruik kan daar van ’n forensiese assessering gebruik gemaak word

- hierdie forensiese assessering kan slegs deur ’n geregistreerde maatskaplike werker of

opvoedkundige sielkundige wat ’n meestersgraad in forensiese assessering het, gedoen word.

• ’nVerslagvanhierdieassesseringmoetookbydiefinalekinderhofverslagingesluitword.Diedoel

van die forensiese ondersoek is om te verseker dat die inligting wat die kind deurgegee het,

kennis word. Dit gebeur soms dat kinders nie altyd die oortreder openbaar nie en deur middel

van die forensiese proses word die identiteit van die beweerde oortreder bekend gemaak.

• Indiegevalvanfisiekemishandelingmoetfoto’svandiekindsebeseringsgeneemword.Die

betrokke kind moet ook medies ondersoek word.

• Die vorm wat deur ’n mediese dokter voltooi moet word, staan bekend as ’n J88-vorm en dit

word ook as bewysstuk by die kinderhof sowel as die kriminele hof ingedien.

• Nadat die maatskaplike werker die ondersoek voltooi het, word ’n verslag volgens die riglyne van

die Wet op Kindersorg, Vorm 38, saamgestel.

Page 13: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

WAT BEHELS DIE PLASING VAN ’N KIND IN PLEEGSORG?

• Pleegsorg behels dat ‘n kind by gekeurde pleegouers geplaas word nadat hy of sy deur die

kinderhof ingevolge die Kinderwet, sorgbehoewend bevind is.

• Redesvirdieverwyderingvankindersuitouerlikesorghouverbandmetondermeerfisieke,

seksueleen/ofemosionelemishandeling,fisiekeen/ofemosioneleverwaarlosing,ernstige

gesinskonflikengesinsgeweld,alkohol-endwelmmisbruikdeurdieouersenonstabiele

maatskaplike funksionering.

• Indien daar genoegsame gronde is om die kind uit ouerlike sorg te verwyder, sal die voorsittende

beamptevandiekinderhof‘nbeveluitreikwatonderanderekanspesifiseerdatdiekindin

pleegsorg by goedgekeurde pleegouers geplaas moet word.

• ‘n Pleegsorgbevel is normaalweg vir twee jaar geldig. Die omstandighede van die kind se ouers sal

weer geëvalueer word ten einde te bepaal of die kind in ouerlike sorg herstel kan word.

• Die pleegouers werk in vennootskap met die betrokke maatskaplike werker ten einde te verseker

dat daar in al die behoeftes van die kinders voorsien word.

• Voornemende pleegouers se motiewe moet suiwer wees en hulle moet aan ‘n kind in nood ‘n

stabiele en liefdevolle ouerhuis bied. Die betrokke welsynsorganisasie doen ook ‘n keuring van

voornemende pleegouers.

VERANTWOORDELIKHEDE VAN PLEEGOUERS

Pleegouers moet die volgende verantwoordelikhede ten opsigte van die kind in hul pleegsorg nakom:

• Die pleegouers is verantwoordelik om in die daaglikse behoeftes van die kind te voorsien.

• Kontak tussen die betrokke kind en sy of haar biologiese ouers of familie (afhangende van die

omstandighede) mag nie belemmer word nie, solank hierdie kontak in die betrokke kind se belang

is.

• Hulle moet toesien dat die betrokke kind gereeld skool bywoon.

• Daar moet positiewe samewerking tussen die betrokke maatskaplike werker en die pleegouers

wees en die maatskaplike werker moet geredelike toegang tot die pleegouers se woning hê.

• Diepleegouersmoetindiekindsebelangtenopsigtevansyofhaarfisieke,emosioneleensosiale

ontwikkeling optree.

• Hullemoetdissiplinetoepasenmagniediekindaanenigevormvanfisiekegeweldofvernedering

onderwerp nie.

• Die pleegouers moet verseker dat die betrokke kind dieselfde behandeling as die res van die

kinders in die gesin ontvang. Die pleegsorgplasing behoort geborgenheid aan die kind te bied.

• Indien die pleegouers van adres verander moet die betrokke maatskaplike werker daarvan in

kennis gestel word.

4

Page 14: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand5

REGTE VAN PLEEGOUERS

• Pleegouers het die reg om daaglikse besluitneming in belang van die pleegkind te neem.

• Pleegouers het die reg tot ‘n aanvaarbare mate van privaatheid en mag nie deur die biologiese

ouers of familie gedreig word nie.

• Pleegouers het die reg om volledig oor die plasing en risiko’s (indien enige) ingelig te word deur

die betrokke maatskaplike werker.

• Pleegouers het die reg om ingelig te word oor die pleegkind se skolastiese geskiedenis,

assesserings en prestasies ten einde optimaal in sy/haar behoeftes te kan voorsien.

• Pleegouers is vrygestel van skoolfonds vir die kind wat in hul pleegsorg geplaas is.

‘n Toelaag van R890-00 vanaf die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike

Sekerheid (SASSA) is aan pleegouers betaalbaar.

• Indien pleegouers lid van ‘n mediese fonds is, mag hulle die pleegkind as afhanklike op die mediese

fonds registreer, andersins ontvang die pleegkind mediese hulp deur staatshospitale.

WAT BEHELS PLEK VAN VEILIGHEID?

• ‘n Plek van veiligheid is ‘n tydelike blyplek waar kinders tuisgaan hangende ‘n kinderhofondersoek.

• Die tydsduur wat ‘n kind in ‘n plek van veiligheid verkeer is dus korter as in die geval van pleeg

sorg. Volgens die Kinderwet moet ‘n kinderhofondersoek binne ‘n tydperk van ses maande

afgehandel wees.

• Die verantwoordelikhede van die veiligheidsplekouers is basies dieselfde as dié van pleegouers.

• ‘n Veiligheidsplektoelaag wat deur die Departement van Maatskaplike Dienste geadministreer

word, is aan veiligheidsplekouers betaalbaar.

VERWAARLOSING VAN KINDERS

Verwaarlosing beteken dat die ouer of versorger van ‘n kind nie voldoende in die kind se basiese

behoeftes voorsien nie. Hierdie behoeftes sluit die volgende in:

• Voldoende voeding

• Geskikte huisvesting

• Veilige omgewing

• Gesondheidsorg

• Beskerming teen natuurlike elemente

• Skolastiese opleiding

Verwaarlosing kom dus voor wanneer ‘n ouer of ‘n versorger van die kind wel in staat is om in bogenoemde

behoeftes van die kind te voorsien, maar versuim om dit te doen. Indien hierdie aspekte verwaarloos word,

wordkinderssegroei,asookhulfisieke,intellektueleenemosioneleontwikkelingnegatiefbeïnvloed.

Page 15: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

GEDRAGSPATRONE VAN VERWAARLOSING

• onttrekking op sosiale gebied;

• swak kommunikasie-vaardighede;

• gebrek aan motivering;

• angstigheid;

• tekens van depressie;

• bedel/steel kos;

• aandagsoekend;

• kom buitengewoon vroeg skool toe en bly tot laat by die skool;

• spraak- en taalontwikkeling is nie op standaard nie.

TEKENS VAN VERWAARLOSING

Wanneer verwaarlosing van kinders vermoed word, kan daar gekyk word of die volgende tekens

aanwesig is:

• konstante honger – word nie van voedsame voedsel voorsien nie;

• kom vuil voor – tekens dat die kind nie gereeld bad nie;

• klere is konstant vuil en onversorg;

• swak persoonlike higiëne;

• tandprobleme;

• lusteloosheid en konstante moegheid;

• fisiekeproblemeofsiekteswatnieaandaggenietnie–ouerofversorgersalbyvoorbeeld

versuim om die kind betyds in te ent;

• swak spiertonus

• openbaring van die kind dat niemand hom/haar versorg nie;

• slaperigheid – sal in die klas slaap;

• word nie teen die natuurlike elemente beskerm nie – soos byvoorbeeld erge sonbrand, of nie

genoegsaam geklee in die winter nie;

• fisiekebeseringswat‘nonveiligeomgewingimpliseer;

• velsere soos omlope en bytmerke veroorsaak deur insekte wat nie behandel word nie;

• ondergewig met ‘n geswelde maag;

• agterstand in ontwikkelingsmylpale;

• word dikwels alleen sonder toesig gelos.

DIE GEVOLGE VAN VERWAARLOSING

Kinders wat verwaarloos word kan korttermyn- asook langtermyn skade opdoen wat dwarsdeur hul

lewe duur.

Die volgende kan uit verwaarlosing voortspruit:

• Kinders wat nie voldoende liefde en sekuriteit by hul ouers of versorger ontvang nie, kan dit

moeilik vind om gesonde verhoudings met ander mense later in hul lewens te handhaaf, insluitend

hul eie kinders – bindingsprobleme kan manifesteer.

6

Page 16: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

GEVOLGE VAN MISHANDELING VAN KINDERS

Buitendiefisiekebeseringswatopgedoenword,hetdieblootstellingaanmishandelingernstigeendikwels

langtermyn gevolge vir die kind se sielkundige en sosiale ontwikkeling, hul gedrag asook hul gesondheid.

Indien hierdie aspekte nie doeltreffend aangespreek word nie, kan dit in die kind se volwasse jare steeds ’n

deurslaggewende rol speel.

Die gevolge van mishandeling is vêrreikend en kan die volgende insluit:

• depressie;

• alkohol- of dwelmmisbruik;

• angstigheid;

• selfdooddneigings.

Mishandeling in enige vorm word as uiters traumaties deur ’n kind beleef. In die geval van mishandeling word

die trauma as komplekse trauma beskryf, met ander woorde die trauma geskied herhaaldelik. Die trauma wat

die kind deur mishandeling opdoen, het ’n invloed op ontwikkeling van die kind se brein en kan lei tot leer-

probleme en vertraging in die kind se kognitiewe ontwikkeling. Indien die trauma nie behoorlik hanteer word

nie, kan die gevolge daarvan permanent wees. Soms is die invloed dadelik sigbaar, in ander gevalle manifesteer

die gevolge eers jare daarna.

• Kinders wat verwaarloos is, is meer geneig om psigiatriese probleme, onder andere depressie en

post-traumatiese stres te ontwikkel.

• Tieners wat aan verwaarlosing blootgestel word kan risiko-gedrag openbaar soos om weg te loop,

met die gereg te bots of in gevaarlike verhoudings betrokke te raak wat kan veroorsaak dat hulle

aan seksuele uitbuiting blootgestel word.

• Verwaarlosing kan ‘n invloed op die kind se breinontwikkeling hê: - wanneer ‘n baba byvoorbeeld

aan wanvoeding ly, word die breinselle swak en kan dit tot ‘n verlaagde breinfunksie lei.

• Verwaarlosing kan die risiko vir die ontwikkeling van depressie, paniek aanvalle en post

traumatiese stres gedurende volwassenheid verhoog.

SEKSUELE MISBRUIK VAN KINDERS

Seksuele misbruik van kinders kan omskryf word as die blootstelling van kinders aan seksuele aktiwiteite

waarvoor hulle nie gereed is nie, waaraan hulle nie ‘n behoefte het nie en nie toestemming voor verleen het

nie. Die aktiwiteit is bloot ter bevrediging van die volwassene of ouer kind. Die seksuele misbruik van kinders

is ’n strafbare oortreding en daar rus ’n onus op die howe om ’n minimum vonnis van 15 jaar op te lê indien

’n persoon daaraan skuldig bevind word.

Seksuele misbruik van kinders sluit onder andere die volgende dade in:

• seksuele penetrering, insluitend penetrasie van die mond (orale seks);

• aanmoediging dat die kind aan seksuele dade meedoen – insluitend masturbasie;

• seksuele omgang wat doelbewus voor ‘n kind plaasvind;

• kindblootstelaanpornografie,ofkindersgebruikompornografiesemateriaaltevervaardig;

• ontbloting aan kinders;

• gesprekke met die doel om kinders seksueel te prikkel;

• kind in prostitusie dwing.7

Page 17: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding 8

Daar word beraam dat 1 uit 4 dogters en 1 uit 6 seuns in Suid-Afrika seksueel gemolesteer

word voor die ouderdom van 16 jaar.

TEKENS VAN SEKSUELE MISBRUIK

Die volgende tekens en gedragspatrone kan voorkom by kinders wat slagoffers van seksuele misbruik is:

• skielike gewigsverlies of gewigstoename;

• enurese (bed natmaak);

• wisseling in gemoedstoestand;

• nagmerries;

• oormatige masturbasie;

• seksueel ontoepaslike gedrag;

• gedragsprobleme soos huilerigheid, probleme met dissipline, woede-uitbarstings,

depressie of die vrees om na ‘n sekere persoon of skool toe te gaan;

• ondervind ongemak om te loop of te sit;

• kneusing, bloeding in die geslagsdele;

• soms sal kinders seksuele gedrag teenoor ander kinders openbaar – seksspeletjies;

• swak portuurgroep-verhoudings;

• agteruitgang in skoolvordering of hom of haarself onder geweldige druk plaas om te

presteer;

• gevoelens van depressie;

• buitengewoon skaam en teruggetrokke;

• drastiese verandering in gedrag/persoonlikheid;

• trek lae klere oormekaar aan – selfs in die somer;

• aggressiewe uitbarstings;

• eetversteurings – soos anoreksie of bulimie (Anoreksie is ‘n eetversteuring wanneer die persoon

hom/haar doelbewus van kos weerhou om gewig te verloor. Bulimie is ‘n eetversteuring wanneer ‘n

persoon hom/haar doelbewus ooreet en agterna van die kos ontslae raak deur dit op te bring –

vinger in die keel te druk.)

GEVOLGE VAN SEKSUELE MISBRUIK

Soosindiegevalvanfisiekemishandelinghetdieseksuelemisbruikvankindersernstigegevolgevirdie

slagoffer indien dit nie behoorlik hanteer word nie. Die gevolge daarvan kan permanent wees. Soms is die

invloed dadelik sigbaar, in ander gevalle manifesteer die gevolge eers jare later.

Gevolge van seksuele misbruik van kinders kan die volgende insluit:

• verwarring oor seksuele identiteit;

• kan as volwassene ’n weersin in seksuele intimiteit ontwikkel;

• slagoffer beleef dat daar ’n stigma aan hom/haar kleef – die kind voel anders as ander kinders;

Page 18: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

GEDRAGSPATRONE VAN SEKSUELE MISBRUIK

• aggressiewe uitbarstings wat soms tot kriminele gedrag lei;

• selfbesering;

• selfdoodneigings;

• seksuele preokkupasie of kompulsiewe seksuele gedrag;

• alkohol- of dwelmmisbruik;

• eetversteurings;

• slaapversteurings;

• psigo-somatieseklagtes–fisiesesimptomesoosmaag-ofhoofpyneontwikkelasgevolgvandie

spanning wat die kind ervaar.

BESKERMING VAN JOU EIE KIND TEEN SEKSUELE MISBRUIK

Seksuele misbruik van kinders is ‘n uiters komplekse probleem – die inligting wat hier verskaf word kan nie

professionele behandeling vervang nie, maar dit bied eenvoudige pro-aktiewe stappe om kinders te beskerm.

ONTHOU dat selfs die volwassenes wat as gevolg van hul posisie in die samelewing eerbaar

behoort te wees, nie altyd vertrou kan word nie. Probeer jouself indink hoe moeilik dit vir ‘n

kind is om vir ‘n ouer, ‘n onderwyser of afrigter “NEE” te sê.

Sorg dat jy as ouer bewus is van die realiteite met betrekking tot seksuele misbruik - wees bewus van die feite:

• Kenners reken dat na beraming word 1 uit elke 4 dogters en 1 uit elke 6 seuns seksueel misbruik

word voor hul 16de verjaardag - dit wil sê dat in enige klaskamer of woonbuurt vol kinders, daar

kinders is wat die slagoffer van seksuele misbruik is.

• Op die internet word 1 uit elke 5 kinders genader om seksueel te verkeer – moontlik teen betaling

• Meeste slagoffers rapporteer nooit die misbruik nie.

• Slagoffers wat nooit die misbruik onthul nie, se risiko is groter om sielkundige, emosionele en

sosiale probleme te ervaar in hul volwasse jare.

• Die kans is goed dat die kind die molesteerder sal ken: 30% - 40% van kinders word seksueel

misbruik deur familie-lede; tot 60% van slagoffers word misbruik deur persone wat deur die ouers

vertrou word as gevolg van die posisie wat die persoon beklee.

• Die oortreder kan ook ouer of groter kinders wees (dis nie altyd volwassenes nie).

• Persone wat kinders seksueel misbruik lyk en tree nie enigsins anders op as iemand anders nie – in

teendeel, hulle sal uit hul pad uit gaan om betroubaar voor te kom ten einde maklike toegang tot

kinders te verkry.

“Dit kan nie in my familie gebeur nie – ek sal in staat wees om ‘n molesteerder uit te ken” – Tog,

in meer as 90% van sake van seksuele misbruik is die molesteerder aan die familie en die kind

bekend en heers daar vertroue tussen hulle.

9

Page 19: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

Tref voorsorg en wees bedag op ‘n een-tot-een verhouding tussen jou kind en ‘n volwassene of

ouer kind:

Individuele tyd met ‘n betroubare volwassene kan van groot waarde vir ‘n kind wees. Dit kan

egter gebeur dat die volwassene aan wie die ouer sy kind toevertrou, die kind gedurende die

een-tot-een sessies seksueel misbruik.

Seksuele misbruik kan voorkom word en jou kind kan beskerm word deur die volgende te doen:

• Ouers moet besin oor die wenslikheid dat die kind voortdurende blootstelling op ‘n individuele

basis aan ‘n volwassene of ouer kind het – kies eerder ‘n groepsituasie waar moontlik.

• Die ouer kan onaangekondig die sessie/kuier onderbreek wanneer die kind alleen met ‘n

volwassene is, selfs al is dit ‘n familie-lid.

• Die ouer moet kennis dra ten opsigte van die presiese aktiwiteite wat deur die ander persoon

beplanword.Dieouermoetletopdiepersoonsevermoëomspesifiekrakendedieaktiwiteite

met die kind te wees.

• Gesels met jou kind wanneer hy/sy terugkeer. Let op jou kind se luim en sy/haar vertelling van hoe

die uitstappie/aktiwiteit met die volwassene/ouer kind was.

• Maak ‘n punt daarvan om vir volwassenes/ouer kinders wat tyd met jou kind spandeer, te vertel dat

jou kind ingelig is ten opsigte van seksuele misbruik. Wees reguit.

• Waar ouer kinders toegang tot jonger kinders het, maak seker dat ‘n volwassene ook teenwoordig

is om toesig te hou.

• Hou toesig oor jou kind se internet-gebruik – seksuele oortreders maak gereeld van die internet

gebruik om kinders te kontak.

10

Verstaan waarom kinders bang is om oor die seksuele misbruik te praat:• Die seksuele oortreder verneder sy slagoffer; blameer die kind dat die misbruik sy/haar skuld is en dat die kind die misbruik wil hê.• Die seksuele oortreder sal deurentyd vir die kind sê dat sy/haar ouers woedend vir hom/haar gaan wees indien die kind die misbruik aan die ouers sou openbaar.• Sommige seksuele oortreders sal dreig om skade aan die kind se ouers/familie te berokken indien

die kind die misbruik openbaar.• Die seksuele oortreder manipuleer die kind tot so mate dat die kind sal voel sy ouers sal teleurgesteld wees in hom/haar.• Die kind word deur die seksuele oortreder onder die indruk gebring dat die misbruik net ‘n speletjie is.

Wees op die uitkyk vir tekens van seksuele misbruik – die tekens is dikwels daar, maar jy moet dit kan raaksien:• Fisieke tekens van misbruik is nie altyd algemeen nie, maar wanneer die kind se geslagsdele rooi en opgeswel is, moet dit ondersoek word, hiermee saam kan kroniese maagpyn of kopsere ook voorkom.• Emosionele- en gedragspatrone is meer herkenbaar onder kinders wat seksueel misbruik word: dit kan wissel van “te perfek” tot onttrekking en depressie of onverklaarbare woede-uitbarstings.

Page 20: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Gesonde en openlike kommunikasie met jou kind kan sy/haar weerbaarheid teen seksuele misbruik versterk:• Leer jou kind van kleins af wat seksuele misbruik is.• Verduidelik dat ‘n seksuele oortreder soms ‘n vriend of familielid kan wees en dat ouer kinders ook seksuele oortreders kan wees.• Leer jou kinders om nooit hul persoonlike gegewens op die internet beskikbaar te stel nie.• Praat gereeld daaroor sodat die kind ‘n gemaklikheid kan ontwikkel om enige ervaring met jou te deel.

• Seksuele gedrag wat nie ouderdomstoepaslik is nie, kan ook ‘n gevaarteken wees.

Onthou net dat by sommige slagoffers daar geen tekens sigbaar is nie.

KINDERREGTE

Artikel 28 van hoofstuk 2(Handves van Regte) in die Grondwet van dieRepubliek van Suid-Afrika verduidelik die regte van kinders:

WATTER REGTE HET KINDERS?Elke kind het die reg:

• op ’n naam en nasionaliteit vanaf geboorte;• op gesinsorg of ouerlike sorg, of op gepaste alternatiewe sorg wanneer die kind uit die • gesinsomgewing weggeneem word;• op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste;• om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word;• om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word;• m nie verplig of toegelaat te word om werk te verrig of dienste te lewer wat—• onvanpas is vir ’n persoon van daardie kind se ouderdom nie; of

• ’n risiko vir die kind se welsyn, opvoeding, liggaamlike of geestelike gesondheid; of geestelike, morele of sosiale ontwikkeling inhou nie;

• om nie aangehou te word nie, behalwe as laaste uitweg, in welke geval, in ooreenstemming met die regte wat ’n kind kragtens artikels 12 en 35 geniet:

• die kind slegs vir die kortste gepaste tydperk aangehou mag word, en die reg het om afsonderlik van aangehoudenes bo die ouderdom van 18 jaar aangehou te word; en op ’n wyse behandel te word, en in omstandighede aangehou te word, wat met die kind se ouderdom rekening hou;

• om, in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatskoste van ’n regspraktisyn • voorsien te word indien dit andersins tot wesenlike onreg sou lei; en• om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van gewapende stryd

beskerm te word.

‘n Kind se belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak.

11

Page 21: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding 12

WETGEWING TEN OPSIGTE VAN KINDERS WAT MET DIE GEREG BOTS:THE CHILD JUSTICE ACT, 2008 (ACT NO 75 OF 2008)Doel van bogenoemde wetgewing:• Dit maak voorsiening vir ’n stelsel wat kinders, asook diegene wat deur kindermisdaad geaffekteer i is, opbou eerder as afbreek. • Vergifnis en rehabilitasie word verskerp.• Die individuele behoeftes van ’n kind wat met die gereg bots word behoorlik geassesseer voordat ’n besluit oor die strafprosesreg geneem word.• Die regte en verantwoordelikhede van die kind, die slagoffer en die belange van die gemeenskap word in balans geplaas.• Deur middel van herstellende geregtigheid kry die jeugoortreder die geleentheid om die skade wat aan die slagoffer berokken is, reg te stel. Dit bevat ’n sterk rehabiliterende element en dus voorkoming van verdere kriminalisering.• In die geval van geringe misdrywe word die geleentheid geskep dat die jeugoortreder ’n afwenteling-sprogram kan volg ten einde te verhoed dat hy ’n misdaadrekord het.

BOELIEGEDRAGWat is boeliegedrag?Boeliegedrag is die herhaalde venynige en aggressiewe gedrag wat op ‘n individu gerig is, boeliegedrag kan

fisiekofverbaalvanaardwees.Diepersoonwatgeboeliewordervaargevoelensvanhulpeloosheid,angs,hartseer,isolasie,skaamteengeeselfsgedagteaanselfdood.Dieslagoffersefisiekegesondheidkandaaronderly, maar daar is ‘n groot gevaar dat emosionele probleme soos depressie, angstigheid en ‘n lae selfbeeld kan ontwikkel.

VORME VAN BOELIEGEDRAG:Fisieke boeliegedrag sluit die volgende in:• die boelie sal die slagoffer skop, slaan of stoot – of dreig om dit te doen;

• die slagoffer se goed, byvoorbeeld sy skooltas wegsteek, items van hom/haar steel of beskadig;• die slagoffer dwing om iets te doen wat hy/sy nie wil nie die doel is om die slagoffer daardeur te verneder.

Verbale boeliegedrag sluit die volgende in:• beledig die slagoffer;• terg en teister die slagoffer;• ignoreer die slagoffer totaal;• die slagoffer word totaal uit ‘n groep geskuif – veral van toepassing op die portuurgroepe;• versprei onwaarhede oor die slagoffer

Page 22: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

TEKENS DAT JOU KIND MOONTLIK GEBOELIE WORDLet op na die volgende tekens:• jou kind kom bekommerd, gespanne en buierig voor, sonder enige ooglopende rede;• nagmerries kan voorkom;• psigo-somatiese simptome soos byvoorbeeld maagpyn en kopseer;• indien jou kind ’n weersin begin toon om skool toe te gaan,• indiegevalvanfisiekeafknouerykanjoukindonverklaarbarebeseringshê.

HANTERING VAN BOELIEGEDRAGBoeliegedrag is ‘n uiters komplekse verskynsel en baie moeilik vir die slagoffer om te hanteer.

Die volgende kan as riglyne gebruik word vir die hantering:• moet jouself nie blameer nie;• wees trots op jou prestasies – dikwels is die boelie jaloers op die slagoffer se prestasies;• soek hulp by ‘n persoon wat jy kan vertrou;• dit is belangrik om ten alle tye jou selfbeheersing te handhaaf;• stap weg van die boelie en poog om selfgeldend te wees;• rapporteer die boelie aan ‘n volwassene wat jy vertrou. Indien die boelie nie gerapporteer word nie,

sal die gedrag heel waarskynlik vererger.• moenie ophou om die boeliegedrag aan te meld totdat dit opgehou het nie.

WENKE VIR OUERS• Teen die tyd dat ouers vasstel dat hulle kind die slagoffer van afknouery is, is die kind se gemoed gewoonlik baie laag, maak dit duidelik aan jou kind dat hy/sy enige tyd na jou toe kan kom. • Bring baie tyd saam met jou kind deur en doen dinge saam wat vir hom/haar vreugde verskaf.• Ondersteunjoukinddeurnuwevriendskappetevestig–identifiseermoontlikemaatsennooihulle oor sodat jou kind weer deur vriende omring kan word. Aanvaarding deur portuurgroep is baie belangrik vir ’n kind.

• Gesels gereeld en openhartig met jou kind oor die verskynsel van boeliegedrag en slagoffers. Dit is belangrik dat jou kind sal besef dat hy/sy nie die enigste slagoffer is nie. • Doen ’n rollespel saam met jou kind – op hierdie manier kan jou kind oefen om op ’n waardige manier weg te stap van die boelie. Wys jou kind daarop dat ’n boelie geen mag oor die slagoffer het indien die boelie agterkom sy/haar afknouery het geen effek op die slagoffer nie.• Helpjoukindomsy/haargevoelensteidentifiseer.Ditisbelangrikdatjoukindsy/haareieemosies sal herken en leer jou kind hoe om op die verskillende emosies te reageer. Vir ’n jonger kind kan tekeninge goed werk.• Leer jou kind om selfgeldend te wees. Dit kan veral tydens rollespel geoefen word.• Vertel voortdurend vir jou kind dat hy/sy baie spesiaal is en fokus op jou kind se sterk punte en ontwikkel dit verder. Dit is belangrik dat jou kind se selfbeeld versterk word om hom/haar die nodige moed te gee om teen die boelie op te staan.• Indien die afknouery by die skool plaasvind, maak ’n afspraak met sy/haar onderwyser om die aangeleentheid te bespreek. Hou vol om die afknouery onder die skool se aandag te bring totdat dit behoorlik aangespreek word.

13

Page 23: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

KUBER-BOELIEGEDRAGWat is kuber-boeliegedrag?Kuber-boelie onder kinders is wanneer ’n kind/tiener die internet (dit wil sê e-posse, SMS-boodskappe, sosiale media of enige ander digitale medium) gebruik om ’n ander kind te teister, te dreig of te verneder. As gevolg van die tegnologiese ontwikkeling is boeliegedrag nie meer beperk tot die skoolgrond nie. Die kuber-boelie kan iemand boelie sonder om sy/haar se identiteit bekend te maak. Die slagoffers van kuber-boelies ontsnap nooit van die kuber-boelie nie, aangesien die kuber-boelie die slagoffer op enige digitale platform kan verneder wat dan deur duisende mense aanlyn aanskou kan word.

Die invloed van kuber-boelie op die slagoffer:Vir die slagoffers van ’n kuber-boelie kan die effek daarvan verpletterend wees. Slagoffers word verneder, voel seergemaak, kwaad en angstig. Dit kan lei tot emosionele probleme soos depressie en selfdoodpogings.

WENKE VIR KINDERS / TIENERS OM KUBER-BOELIEGEDRAG TE HANTEER• Moenie reageer nie: o Indien jy geboelie word, onthou dat die boelie reaksie ontlok. Dit gee vir hom/haar mag oor jou.• Moenie met dieselfde gedrag terug reageer nie: o deur op dieselfde wyse as die boelie te reageer, word die boelie se aanslag versterk. Vermy aggressie.• Bewaar die bewyse: o Boodskappe wat aanlyn gestuur word kan gestoor word en vir iemand wat hulp kan verleen, gewys word. o Dit kan ook dien as bewys wanneer die boelie deur gesag gekonfronteer word.• Blokkeer die boelie: o Wend alle pogings aan om die boelie van jou digitale kommunikasie te blokkeer. Indien die boeliegedrag plaasvind terwyl jy op ’n gespreksgroep is, verlaat die groep en rapporteer dit aan die administrateur van die groep.

• Moenie stilbly nie: o Praat met iemand wat jy kan vertrou.

14

WENKE VIR OUERS OM DIE KUBER-BOELIEGEDRAG TE STOP

Alhoewel kuber-boeliegedrag geweldige spanning en angstigheid by kinders/tieners veroorsaak, is hulle huiwerig om dit met hul ouers of onderwyser te bespreek. Dit is dus belangrik om bedag te wees op tekens wat moontlik daarop kan dui dat jou kind ’n slagoffer van ’n kuber-boelie is.

Let op na die volgende:• verandering in gemoedstoestand nadat sy/hy die Internet of selfoon gebruik het. Tekens van hartseer, kwaad of angstigheid kan voorkom;• onttrek van familie/vriende en aktiwiteite wat sy/hy voorheen geniet het;• vermy groepaktiwiteite, openbaar ’n weersin in skool; • veranderinge in gedragspatrone, byvoorbeeld eetgewoontes, slaappatrone en gemoedsveranderinge kom voor.

Page 24: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

VOORKOMING VAN KUBER-BOELIEGEDRAG

Leer jou kinders van ’n jong ouderdom die volgende met betrekking tot tegnologiese kommunikasie:

• Blokkeer enige kommunikasie wat moontlik tot kuber-boeliegedrag kan lei.• Moet nooit enige persoonlike inligting aanlyn verskaf nie.• Moet nooit jou wagwoord met iemand buiten jou ouer deel nie.• Moedig jou kind/tiener aan om sy/haar aanlyn vriendskappe met jou te bespreek.• Moet nooit aanlyn kommentaar lewer wanneer jy kwaad of ontsteld is nie. • Wees altyd bedagsaam wanneer jy aanlyn kommunikeer.• Moenie enige inligting of foto’s aanlyn plaas wat jy nie wil hê jou klasmaats moet sien nie.• Kontroleer jou kind se tegnologiese gebruik:• Ten spyte van die feit dat jou kind weerstand gaan openbaar, kan jy hom/haar slegs beskerm deur te • monitor waarmee hy/sy aanlyn besig is.• Stel die huis se rekenaar op in ’n vertrek waar daar beweging en interaksie plaasvind, sodat jy makliker

kan agterkom indien iets verkeerd is, eerder as wat die kind alleen in sy/haar kamer daarmee werk.• Stelfiltersopjoukindserekenaarsodatjysy/haaraanlynaktiwiteitekanmonitor.

• Dring daarop aan dat jou kind sy/haar wagwoord aan jou bekend maak.• Moedig jou kind aan om jou dadelik in sy/haar vertroue te neem indien hy/sy geteiken sou word.

ALGEMENE VEILIGHEIDSWENKE VIR OUERS OM AAN HUL KINDERS OOR TE DRA • Kinders behoort hul volle name, hul ouers se name, adres(se) en telefoonnommers goed te ken. • Kinders moet weet hoe om hulle ouers, die SAPD of ’n ander betroubare persoon te kontak in geval van nood.• Kinders moet die vrymoedigheid hê om openlik met hul ouers te praat oor dinge waaroor hulle hartseer, ongemaklik of bang is. Ouers moet sensitief wees om veranderinge in hul kinders se gedrag raak te sien en ondersoek daarna in te stel.• Ouers moet ‘n veilige ruimte vir kinders skep sodat hulle die vrymoedigheid het om enige iets met hul ouers te kan bespreek. Ouers moet daarop let om nie-bevooroordeeld te wees nie.

• Leer jou kind om te onderskei tussen ’n “goeie geheim” en ’n “slegte geheim” ’n Goeie geheim is pret om te hou, maar ’n slegte geheim laat mens ongelukkig en bang voel. ’n Kind moet nooit ’n slegte geheim vir hom/haarself hou nie.• Kinders moet geleer word om nooit persoonlike besonderhede aan ’n vreemdeling bekend te maak nie. • Kinders moet dit sovêr moontlik vermy om alleen in openbare plekke rond te loop. • Leer jou kind van kleins af om nooit sonder die toestemming van sy/haar ouers geskenke van vreemdelinge te aanvaar nie.• Kinders moet geleer word dat volwassenes nie sommer by kinders sal stop om aanwysings te vra nie. Hulle moet dus weet dat indien ‘n volwassene hulle daaroor sal vra, dit verdag is en hulle nie in gesprek moet tree nie.• Manlike en vroulike vreemdelinge kan gevaarlik wees.

15

Page 25: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

• Kinders moet weet dat indien hy/sy in ‘n winkelsentrum wegraak, hy/sy dadelik na die naaste winkel toe moet gaan en by ‘n werknemer aanmeld wat sy/haar ouers sal kontak.• Ouers moet ten alle tye weet waar hul kinders is en hul maats se ouers ken.• Ouers moet nooit hul kinders alleen in ‘n voertuig los nie.• Luister na jou kind wanneer hy/sy nie na ‘n sekere plek of persoon toe wil gaan nie.• Let op indien ‘n volwassene of ouer kind buitengewone aandag aan jou kind gee, deur byvoorbeeld geskenke vir hom/haar te koop. Dit kan deel wees van die toenaderingsproses wat molesteerders volg.• Leer jou kinders om ferm “NEE” te sê indien hy/sy ongemaklik is met toenadering van ‘n ander per soon.• Veiligheid tuis: o hou deure en vensters gesluit wanneer ’n kind vir ’n wyle alleen moet wees. o Indien die kind onraad vermoed, moet hy/sy 10111 skakel. o ’n Kind moet nooit ’n deur net oopmaak wanneer die klokkie lui en hy/sy alleen tuis is nie. Hy/sy moet altyd vra wie dit is en moet nooit meld dat hy/sy alleen is nie – die kind moet geleer word om nie in ’n gesprek met die persoon betrokke te raak nie.

o Wanneer iemand bel – moet die kind nooit sê dat hy/sy alleen is nie - antwoord deur te sê dat jou ouers nie tans beskikbaar is nie en neem ’n boodskap - die gesprek moet onmiddellik kort geknip word.

16

Page 26: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Gauteng

CMR Gauteng-Oos Hoofkantoor 012 361 4613/19

CMR Faerie Glen (012) 361 5770 / 348 8829 [email protected]

CMR Bronkhorstspruit (013) 932 0459 [email protected]

CMR Coram Deo (012) 998 9083/ 8323 /8144 [email protected]

CMR Cullinan & Refilwe (012) 734 8000 [email protected]

CMR Elarduspark (012) 345 1144 cmrngelarduspark.org.za

CMR Ivory Park (012) 664 5837

CMR Lyttelton (012) 664 0901 / 5837 [email protected]

CMR Meyerspark (012) 803 1978 [email protected]

CMR Moreletapark (012) 997 8037

CMR Nellmapius (012) 804 2484 [email protected]

CMR Silverton (012) 804 1928/ 0499 [email protected]

CMR Zithobeni (013) 937 0341 [email protected]

CMR Noord Hoofkantoor (012)460 9272

CMR Roodeplaat (012) 808-1455

CMR Lynnwood (012) 348 5655 [email protected]

Provinsiale kantoreGauteng (011) 355 7687Limpopo (015) 293 6004/6054/6011/6053Noord-Wes (018) 387 3434/0255/3497/0281Mpumalanga (013) 766 3098/3253/3031OVS (051) 400 0302/0304/0307

Oos-Kaap (043) 605 5000KZN (033) 264 5400Wes-Kaap (021) 483 3858/3765/3158/5445Noord-Kaap (053) 807 5600Tolvrye nommer 0800 220 250

17

NUTTIGE KONTAKNOMMERS Departement van Maatskaplike Dienste:

Kinderbeskermingsorganisasies: Christelike Maatskaplike Raad

Page 27: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

Badisa

BADISA het 52 maatskaplike kantore in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap.Vir die naaste kantoor skakel hul hoofkantoor by:

Badisa hoofkantoor Bellville (021) 957 7130 [email protected] SAVFNasionale kantoor (012) 325 3920Provinsiale Kantore Gauteng

Germiston (011) 916 2217l [email protected]

Johannesburg (011) 477 3217 [email protected]

Carletonville (018) 786 1016 [email protected]

Pretoria (012) 325 3920 [email protected]

KZNPietermaritzburg (033) 342 1229 [email protected]

LimpopoPietersburg (015) 296 2148 [email protected] MpumalangaMiddelburg (013) 282 5055 [email protected]

Nelspruit (013) 752 3234 [email protected]

Secunda (017) 634 3919 [email protected]

Noord-WesHartbeespoort 082 560 7310 [email protected]

Lichtenburg (018) 632 4665 [email protected]

ACVVACVV Hoofkantoor (021) 461 7437

18

CMR Daspoort (012) 379 5860 [email protected]

CMR Valhalla (012) 654 6026 [email protected]

Page 28: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand19

Ekurhuleni

CMR Alberton (011) 907 2922 [email protected]

CMR Benoni (011) 422 3926

CMR Boksburg (011) 917 5147

CMR Kempton Park (011) 975 3924

CMR Springs (011) 363 2222

CMR Brakpan (011) 744 4020/1

CMR Nigel (011) 814 6088

CMR Germiston (011) 873 0100/1/2

CMR Linden (011) 886 6067

Oos-Kaap

CMR Aliwal Noord (051) 633 2658 [email protected]

CMR Burgersdorp (051) 653 1722 [email protected]

CMR Drakensberge (Elliot) (045)-9312840 [email protected]

CMR Graaff-Reinet (049) 892 3557 [email protected]

CMR Willowmore (044) 923 1296 [email protected]

CMR Humansdorp (042) 295 1103 [email protected]

CMR Joubertina (042) 273 1507 [email protected]

CMR King Williams Town (043) 642 1684 [email protected]

CMR Oos-Londen (043) 722 6104 [email protected]

CMR Port Elizabeth (041) 484 3554 [email protected]

Queenstown (045) 838 4141 [email protected]

CMR Sondagsrivier (Despatch) (041) 933 5126 [email protected]

Limpopo

CMR Louis Trichardt (015) 516 5115 [email protected]

CMR Messina (015) 534 0245

CMR Pietersburg (015) 297 3858

CMR Warmbad (014) 736 2557 / 2816 [email protected]

Mpumalanga

CMR Witbank (013) 692 4862

CMR Groblersdal (013) 262 3185

CMR Marble Hall 076 114 0656

CMR Burgersfort 082 778 1471

CMR Roossenekal 073 916 2131

CMR Belfast (013) 253 0573

CMR Rietkuil (013) 297 1105

CMR Hendrina (013) 293 0111

Page 29: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

CMR Middelburg (013) 657 5711

CMR Ermelo (017) 819 1163

CMR Carolina (017) 843 1805

CMR Piet Retief (017) 826 3422

CMR Volksrust (017) 735 5809

CMR Nelspruit (013) 744 1035

CMR Lydenburg (013) 235 2407

CMR Komatipoort (013) 793 8391

CMR Witrivier (013) 751 3446

CMR Phalaborwa (015) 781 3521

Noord-Wes

CMR Rustenburg (014) 592 0455/6 [email protected]

CMR Brits (012) 252 3207 [email protected]

Oos-Kaap

ACVV Cradock (048) 881 3113 [email protected]

ACVV Despatch (041) 933 1792 [email protected]

ACVV Middelburg (049) 842 3063 [email protected]

ACVV Newton park (041) 452 3570 [email protected]

ACVV PE Noord (041) 451 1365 [email protected]

ACVV PE-Suid (041) 585 8702/585 4176 [email protected]

ACVV PE -Sentraal (041) 487 3926 [email protected]

ACVV Somerset-Oos (042) 243 2042 [email protected]

Noord-Kaap

ACVV Carnarvon (053) 382 3010

ACVV De Aar (053) 631 2423

ACVV Kimberley (053) 831 5815 [email protected]

ACVV Kuruman (053) 712 1862 [email protected]

ACVV Prieska (053) 353 1288 [email protected]

ACVV Postmasburg (053) 313 2164 [email protected]

ACVV Upington (054) 332 1402 [email protected]

ACVV Bredasdorp (028) 424 1450 [email protected]

20

Page 30: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

NG Welsyn

Noord-WesFochville (018) 771 2871 [email protected]

Klerksdorp (018) 462 9887/8 [email protected]

Lichtenburg (018) 632 4347 [email protected]

Potchefstroom (018) 297 7347 [email protected]

Schweizer Reneke (053) 963 1156 [email protected]

Wolmaransstad (018) 596 1318 [email protected]

Zeerust (018) 642 1312 [email protected]

Koster (Zeerust lewer dienste in Koster) (018) 642 1312 [email protected]

GautengKrugersdorp (011) 660 3183 [email protected]

Meyerton (016) 362 0864 [email protected]

Roodepoort (011) 955-6924 / 955-2365 [email protected]

Randfontein (011) 412 1035 [email protected]

Vanderbijlpark (016) 981 1044 [email protected]

Vereeniging (016) 421 4044/5 [email protected]

Wes-Kaap

ACVV Franschhoek (021) 876 2670 [email protected]

ACVV George (044) 874 2030 [email protected]

ACVV Kaapstad (021) 462 1060 [email protected]

ACVV Montagu (023) 614 1490 [email protected]

ACVV Paarl (021) 872 2738 [email protected]

ACVV Riversdal (028) 713 1378 [email protected]

ACVV Stellenbosch (021) 887 6959 [email protected] ACVV Strand (021) 854 7215 [email protected]

ACVV Swellendam (028) 514 1320 [email protected]

ACVV Caledon (028) 212 2014 [email protected]

21

Page 31: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

ENGO - OVS

Gesinsorg Bloemfontein (051) 522 6914 [email protected]

Gesinsorg EdenRed (Reddersburg) (051) 553 0485 [email protected]

Gesinsorg Heilbron (058) 853 0270 [email protected]

Gesinsorg Kroonstad (056) 212 4762 [email protected] Gesinsorg Odendaalsrus (057) 398 1753 [email protected]

Gesinsorg Reitz (058) 863 1097 [email protected]

Gesinsorg Senekal (058) 481 3320 [email protected]

Gesinsorg Viljoenskroon (056) 343 0063 [email protected]

Gesinsorg Virginia / Hennenman (057) 212 4242 [email protected]

Gesinsorg Welkom (057) 352 6381 [email protected]

22

VRYSTAAT VERSORGING IN AKSIE

VVA Bethlehem (058) 303 5319 [email protected]

VVA Bloemfontein (051) 447 1838 [email protected]

VVA Bothaville (056) 515 3051 [email protected] VVA Brandfort (051) 821 1019 [email protected]

VVA Ficksburg (051) 933 2307/8 [email protected]

VVA Frankfurt (058) 813 1431 [email protected]

VVA Harrismith (058) 6221580 [email protected]

VVA Hannemann (057) 5732230 [email protected]

VVA Kroonstad (056) 2126893 [email protected]

VVA Lindley (058) 4630905 [email protected]

VVA Parys (056) 811 2971 [email protected]

VVA Ventersburg (057) 6515279 [email protected]

VVA Vrede (058) 9131529 [email protected]

VVA Vredefort (056) 9310166 [email protected]

Welkom (057) 3527587 [email protected]

Wesselsbron (057) 8991198 [email protected]

Zastron (051) 673 1078 [email protected]

Page 32: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

RATA (Voorheen Ondersteuningsraad)Hoofkantoor (012) 322 8885Brakpan (011) 740 9310Elsburg (011) 824 3226/9Heidelberg (016) 341 4333Johannesburg (011) 673 7841Kempton Park (011) 393 1718Klerksdorp (018) 462 6098Krugersdorp (011) 953 1200/1Lydenburg (013) 235 2847Nylstroom (014) 717 3594Potchefstroom (018) 293 0463Pretoria (012) 325 2320/1Rustenburg (014) 533 0535Saulsville (012) 373 5257Secunda (017) 631 1631Tarlton (011) 952 1197Vanderbijlpark (016) 981 4099/4916Witbank (013) 656 1755

23

Kindersorg Suid-Afrika het landswyd kantore. Vir die naaste kantoor skakel hul hoofkantoor by:

Johannesburg (011) 452 4110 [email protected]

Christelike Maatskaplike Dienste - KZN

Streekkantoor: Pietermaritzburg (033) 345 2276/7

Ladysmith (036) 631118

Pinetown (031) 701 9988

Port Shepstone (039) 682 2655

Pongola (034) 413 1538

Childline: Hulplyn: 0800 055 555

Childline Gauteng (011) 6452 000 [email protected]

Childline KZN (031) 3120904 [email protected]

Childline Mpumalanga (013) 752 2770 [email protected]

Childline Wes-Kaap (021) 461 1113 [email protected] Childline Noord-Kaap (053) 832 5962 [email protected]

Childline Noord-Wes (018) 297 4411 [email protected]

Childline Oos-Kaap (043) 722 1382 [email protected]

Childline OVS (051) 430 3311 [email protected]

Childline Limpopo (015) 295 6449 [email protected]

Page 33: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

SAPS – FCS (Familie, geweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings)Provinsiale kantore

Hoofkantoor (012) 393 2107 [email protected]

Oos-Kaap (040) 608 8498 [email protected]

OVS (051) 507 6628 [email protected]

Gauteng (011) 309 6016 [email protected]

KZN (031) 325 4941 [email protected]

Limpopo (015) 290 6180 [email protected]

Mpumalanga (013) 762 4770 [email protected]

Noord-Wes (018) 299 7159 [email protected]

Noord-Kaap (053) 839 2824 [email protected]

Wes-Kaap (021) 467 8390 [email protected]

SAPS NOODNOMMER: 08 600 10111

24

Page 34: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Page 35: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

Page 36: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

HOOFSTUK 2ALKOHOL- EN DWELMMISBRUIK

INLEIDINGMeer as 11% van alle Suid-Afrikaners ly tans aan een of ander verslawing. Alkohol en dagga is die gewildste dwelmmiddels in ons land. Die gevolge van verslawing kan verpletterend vir die verslaafde sowel as sy/haar familie wees. Verslawing het die potensiaal om gesondheid, loopbane, huwelike en gesinsverhoudinge totaal te vernietig.

Die volgende statistiek gee ’n idee van die uitwerking wat die misbruik van alkohol en dwelmmiddels op die samelewing het:

STATISTIEK VAN ALKOHOL EN DWELMMISBRUIK IN SUID-AFRIKA

Alkohol• Alkoholmisbruik is die algemeenste vorm van substansmisbruik in Suid-Afrika.• Dit dra jaarliks direk by tot bykans die helfte van alle motorongelukke.• Alkoholmisbruik raak na beraming 17,5 miljoen Suid-Afrikaners.• Meer as 30% van ons bevolking misbruik alkohol of loop die risiko om daaraan verslaaf te raak.Dagga• Die gebruik van dagga neem jaarliks toe – in die afgelope twee jaar het dit met 20% toegeneem.• Suid-Afrikaners spandeer jaarliks enorme bedrae om dagga te koop – daar is bevind dat die geld wat Suid-Afrikaners aan dagga spandeer jaarliks in die omgewing van R3,5 biljoen verloop.

Kokaïen (in kristalvorm)• KokaïenverslaafdeskantotsoveelsoosR30000permaandaanhulverslawingspandeer.Tik• Tik word deur tot 42% van die Wes-Kaap se dwelmverslaafdes misbruik.• Die globale tik-handel voorsien hierdie dwelmmiddel na beraming aan 51 miljoen gebruikers wêreld wyd – hierdie getal styg jaarliks.

ALKOHOLMISBRUIK

Matige gebruik van alkohol is sosiaal-aanvaarbaar. Die volgende is kenmerke van sosiaal-aanvaarbare alkoholgebruik:

• Drink tydens sosiale geleenthede of maaltye.• Drink sy drankie stadig.• In ‘n tydperk van 24 uur, word daar net een tot twee drankies gedrink.• Drink nie elke dag nie.• Alkohol word nie gebruik om ‘n persoon op te kikker of te kalmeer nie.

Wanneer word alkohol misbruik?Alkoholmisbruik word nie noodwendig aan die hoeveelheid alkohol gemeet nie, maar aan die kwaliteit van die gebruiker se funksionering. Alkoholmisbruik is ‘n groot probleem onder veral jongmense en die meeste van hulle is onbewus van die gevare daarvan. Groepsdruk speel ’n belangrike rol in alkoholmisbruik.

27

Page 37: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

TEKENS VAN ALKOHOLMISBRUIK• gepreokkupeerd met alkohol;• angstig as alkohol nie beskikbaar is nie;• begin leuens oor die alkoholgebruik vertel;• spog oor die inname van alkohol;• asem ruik die volgende dag nog na drank;• drankies word vinnig gedrink;• dink aan verskonings om te drink;• ontken afhanklikheid;• skuldgevoelens oor alkoholgebruik; • eet peperment lekkers om asemreuk te verbloem;• hoofpyne/naarheid in die oggend as gevolg van erge alkoholgebruik die vorige aand.

GEVOLGE VAN ALKOHOLMISBRUIKFisieke gevolgeDievolgendefisieketoestandekanasgevolgvanalkoholmisbruikontwikkel:• Hoë bloeddruk • Maagsere • Nierversaking• Floutes• Swak gesondheid• Slegte spysvertering• Algemene wanvoeding

FASES VAN ALKOHOLMISBRUIK

Fase 1: Sosiale gebruike• Die persoon besef geleidelik dat die gebruik van alkohol ‘n kalmerende uitwerking het.• Dit help om spanning en stres te verlig.• Die persoon begin om ‘n toleransie ten opsigte van alkohol te ontwikkel – gevolglik moet die per soon se alkoholinname vermeerder om dieselfde kalmerende uitwerking te ervaar.Fase 2: Geheueverlies• Gedurende hierdie fase begin die gevaartekens – alhoewel die persoon nie sigbare tekens openbaar dat hy/sy onder die invloed van alkohol is nie, vind hy/sy dit die volgende dag moeilik om al die gebeure toe hy/sy onder die invloed van alkohol was, te herroep.Fase 3: Die kritieke fase• Tydens hierdie fase begin die persoon beheer verloor – hy/sy drink met die doel om dronk te word. Verskonings om elke dag alkohol in te neem word uitgedink. Alhoewel die persoon van mening is dat hy/sy in beheer is, het afhanklikheid reeds begin intree.Fase 4: Die finale fase• Wanneer hierdie fase bereik word, kan die persoon vir dae lank alkohol misbruik en konstant onder die invloed verkeer. Die persoon is totaal afhanklik en kan nie meer sonder die inname van alkohol funksioneer nie. Selfs al besef die persoon dat sy/haar afhanklikheid besig is om sy lewe op alle terreine te verwoes, beskik hy/sy nie oor die wilskrag om die misbruik te staak nie.

28

Page 38: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Sielkundige (Psigiese) gevolgeDie volgende psigiese gevolge kan as gevolg van chroniese alkoholmisbruik ontwikkel:• Senuweesiektes• Ernstige afhanklikheid• Onder prestasie • Aggressiewe uitbarstings wanneer onder die invloed van alkohol verkeer• Depressie en ‘n verwoestende uitwerking op verhoudings- en gesinslewe

DIE BEHANDELING VAN ALKOHOLISMEAlhoewel die pad na genesing moeilik is, is daar wel hulp en kan alkoholisme genees word. Die volgende is belangrike aspekte wanneer behandeling noodsaaklik geword het:

• Die behandeling moet by die unieke probleem en omstandighede van elke verslaafde pas. Soek ‘n program wat in daardie behoeftes voorsien.• Behandeling moet meer as net die misbruik aanspreek. Verslawing affekteer ‘n persoon se hele lewe, insluitend verhoudings, werk, gesondheid en sielkundige welstand. Die sukses van behandeling sal afhang van die verslaafde se vermoë om ‘n nuwe lewenswyse aan te neem en te begryp waarom daar in die eerste plek besluit is om hulle na alkohol/dwelmmiddelss te wend.• Verbintenis tot die behandeling is uiters belangrik - dis nie ‘n vinnige of maklike proses nie. Nasorg is deurslaggewend vir herstel op die langtermyn, ongeag die duur van die aanvanklike behandelingsprogram.• Daar is talle plekke waar hulp beskikbaar is. Buiten dokters en sielkundiges bied maatskaplike werkers en beraders ook behandeling vir verslawing.

ONDERSTEUNINGDie pad na herstel is lank en swaar, en die persoon moet ’n sterk ondersteuningstelsel in plek hê – moet

dus nie probeer om die pad op jou eie te loop nie:

• Steun op vriende en familie in die moeilike tye wat noodwendig sal opduik.• Bou ‘n sosiale netwerk van sober vriende wat jou herstelproses verstaan en ondersteun.• Sluit by ‘n ondersteuningsgroep aan en woon die vergaderings gereeld by.

WENKE OP DIE PAD NA HERSTEL• Vermy alle kontak met ou dwelm- of alkohol vriende. • Bly weg van kroeë en klubs waar daar blootstelling aan dwelmmiddelss en alkohol is.• Wees eerlik oor jou geskiedenis van substans misbruik wanneer jy mediese hulp kry.• Gebruik voorskrifmedisyne omsigtig.• Identifiseersnellers–metanderwoordeweetwatjoudrangnaalkoholofdwelmmiddelsverskerp.• Verander die manier waarop jy dink om meer positief te wees. Hier sal jy heel moontlik die hulp van ’n sielkundige op psigiater nodig hê.• Begin ‘n nuwe stokperdjie.• Raak betrokke by jou gemeenskap.• Stel vir jouself realistiese, betekenisvolle doelwitte• Kyk mooi na jou gesondheid – oefen, kry genoeg slaap en eet gesond

29

• Sirrose van die lewer• Verlies van breinweefsel

Page 39: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

DWELMMISBRUIKDefinisie van ’n dwelmmiddel’n Dwelmmiddel is enige chemiese, natuurlike of mensgemaakte middel wat, indien dit ingeneem word, ’n verandering teweegbring in die wyse waarop ’n persoon voel, optree of hom/haar gedra. Omdat sekere middelssoostoonbank-medikasie,alkoholofnikotienook’ninvloedopdieneuro-fisiologiesefunksioneringhet, word dit ook as ’n dwelmmiddel beskou.

Weerstand teen dwelmmiddelsDie meeste dwelmmiddels kan na langdurige gebruik veroorsaak dat die liggaam by die uitwerking van die dwelmmiddels aanpas en gevolglik moet meer van die dwelmmiddel ingeneem word om die dieselfde effek te hê.

Afhanklikheid van dwelmmiddelsDaarkan’nonderskeidgetrefwordtussen’nsielkundigeen’nfisiologieseafhanklikheid:’n Sielkundige afhanklikheid verwys na wanneer ’n persoon ’n preokkupasie met of ’n drang na die dwelm-middel ontwikkel. Gevoelens soos irritasie, hoofpyne en angstigheid kan ontwikkel indien die dwelmmiddel nie op die gesette tye ingeneem word nie.Fisiese afhanklikheid kan al hierdie simptome insluit, maar die gebruiker ervaar ook ’n reeks onttrekking-simptome wat erge ongemak meebring soos naarheid, hoë koors en spierkrampe.

Oordosis’n Oordosis dwelmmiddels word geneem wanneer die gebruiker ’n dosis dwelmmiddels inneem wat hoër is as waaraan die liggaam gewoond geraak het.Die gevolge kan wissel van naarheid/vomering tot ’n lewensgevaarlike toestand soos ’n hartaanval wat fataal kan wees.

TIPES DWELMMIDDELS

Die volgende tipe dwelmmiddels word voorts kortliks bespreek:DAGGA (CANNABIS OF MARIJUANA)Dagga bestaan gewoonlik uit die blare en skutblare van die Cannabis sativa plant. Dagga bevat meer as 421 verskillende chemikalieë.

Dagga en die breinDie chemikalieë in die dagga bereik die brein deur die bloedstroom en kleef aan sekere reseptore in die brein. Hierdie reseptore kom veral dig voor in die volgende dele van die brein:• Voorste korteks van die brein – hierdie deel van die brein stoor ’n persoon se logiese denke, oor deel en redenering.• Die hippocampus - die sentrum in die brein vir lang- en korttermyn geheue.• Die cerebellum - verantwoordelik vir koördinasie van beweging en ligaamspostuur.

Die uitwerking van dagga op die korttermyn• ’n warm gloeiende gevoel van euforie en ’n verlies aan inhibisies;• meer spraaksaam en uitgesproke;• lagbuie en gegiggel;• die wit van die oë word rooi;• in die geval van hoër dosisse word die persoon se spraak onduidelik en hy/sy kan maklik in ’n diep slaap verval.

30

Page 40: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Die risiko’s wat normaalweg met dagga verbind kan word

Asemhalingstelsel• dagga rook veroorsaak ’n taaierige teer afskeiding in die delikate longweefsel;• gereelde daggarokers het ’n hoër risiko om chroniese bronchitis te ontwikkel wat gepaard gaan met ’n chroniese hoes en uitermatige slym.Hart en bloedsomloop• dagga verhoog die bloeddruk en veroorsaak ’n hoë druk op die bloedvate;• dit kleef ook vas aan hemoglobien, wat die hoeveelheid suurstof wat deur die hartweefsel vervoer word, verminder en plaas sodoende verhoogde druk op die hart.Manlike voortplantingstelsel• Strawwe dagga rook by mans word verbind met ’n verlaagde testosteroon en semenvlakke.• Toename in sperms met ’n abnormale voorkoms.Afhanklikheid• Langdurige en oormatige gebruik kan afhanklikheid veroorsaak.• Die volgende onttrekkingsimptome kan voorkom: o slaaploosheid o verlies aan eetlus o irritasie o angstigheid o rusteloosheid• Daggagebruikers kombineer dagga gereeld met Mandrax wat veroorsaak dat die onttrekkingsimptome vererger.

MANDRAXMandrax is die handelsnaam van ’n kalmeermiddel. Hierdie tablette word in verskillende vorms kleure en onder ’n verskeidenheid van name verkoop. Die algemeenste name vir Mandrax is die volgende:• Buttons• Whites• Pille• Knopies• MX

Die gewildste manier om Mandrax te gebruik is deur die berugte “witpyp” – die Mandrax word met dagga gemeng en in ’n gebreekte bottelnek gerook.

Korttermyn uitwerking• Lomerige euforiese gevoel.• Vertraagde reaksies• Stadige onduidelike spraak• Seksuele prikkeling

In hoër dosisse• Disoriëntasie• Paniekaanvalle• Abnormale vinnige hartklop• Kouekoors.

31

Page 41: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

Risiko’s wat met mandrax verbind word

Misbruik en langdurige gebruik kan die volgende risiko’s inhou:• Abnormale hartritme• Beskadiging van die lewer• Bloeding van die maagwand en maagkrampe• Erge hoofpyne• Psigotiese episodes – hoor van stemme, vreesagtigheid, paranoia • Versteurde slaappatrone, irritasie, chroniese moegheid• AfhanklikheidChroniesegebruikvanMandraxkanbeidesielkundigeenfisieseafhanklikheidinsluit.Onttrekkingsimptome kom voor een tot drie dae na die laaste dosis en kan die volgende simptome veroorsaak:• Rusteloosheid• Irritasie• Slaaploosheid• Angstigheid• Verlies aan eetlus• Hoofpyne• Naarheid en vomering• Spierpyne

Erger onttrekking kan ook voorkom wat verhoogde liggaamstemperatuur tot gevolg het wat fataal kan wees. Die sielkundige onttrekking word gekenmerk deur die drang van die sielkundige effek van die dwelmmiddel wat alle ander aspekte van die gebruiker se lewe oorskadu.

KOKAÏENKokaïenis’nfyn,witreuklosemaarbitterkristalpoeier.Ditwordverkryvandieblarevandiekokaplant–Erythroxyloncoca.Ditis’nkragtigestimulantwatduurenhoogsverslawendis.Kokaïenwordgewoonlikgesnuifofgerookmaarditkanookingespuitword.Rookbarekokaïenwordook“crack”genoem–ditkomvoor in die vorm van gelerige korreltjies. “crack” veroorsaak ’n meer intense euforiese sensasie – die ver-slawingsproses word dus verhaas.

Korttermynuitwerkingvankokaïen• Intense euforie (“high”)• Verhoogde hartklop, verhoogde bloeddruk • Vinnige asemhaling, verhoogde liggaamstemperatuur• Verhoogde bewustheid van omgewing• Verhoogde energie, spraaksaamheid• Verlies aan eetlusDieeuforie(“high”)vankokaïenneemegtervinnigaf–naongeveer20minuteneemdieonmiddellikeeffekaf en word dit vervang deur rusteloosheid, irritasie, vermoeidheid, depressie.

32

Page 42: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Langtermyn-tekens van kokaïen-misbruik• Loopneus• Slaaploosheid• Swak konsentrasie en geheue• Sere op die mond en neus• Angstigheid• Ernstige sielkundige verslawingKokaïeniseenvandiemeessielkundigeverslawendedwelmmiddelsbekendaandiemensdom.Dieintensedrang na die dwelmmiddel veroorsaak dat die die gebruiker enige iets sal doen om dit in die hande te kry. Geldverkwisting, bedrog en diefstal kom dikwels voor.

HEROÏENHeroïenis’nonwettigeenergverslawendedepressiewedwelmmiddelwatindiemelksapvandiePapaversomniferum-plantvoorkom.Afghanistanisdiegrootstevervaardigerdaarvan.Heroïenkangesnuif,gerookof ingespuit word.

Korttermyn uitwerkingDie effek begin deur ’n intense ontspanning wat gevolg word deur ’n warm lomerige toestand wat vir on-geveer 5 ure duur. Ander onmiddellike effekte sluit die volgende in:• verlaagde liggaamsaktiwiteite• slap ooglede• onduidelike spraak• jeukende sensasie op die vel• droë mond• moeilike asemhaling

Risiko’s van heroïen-gebruik:• gedeelde naalde kan HIV/MIV veroorsaak.

• bloedklonte• oordosis – wanneer ’n gebruiker vir ’n wyle nie die dwelmmiddel ingeneem het nie, kan die volgende inname maklik tot ’n oordosis lei.• nierversaking • intensesielkundigeenfisieseafhanklikheid• Onttrekkingsimptome is lewensbedreigend en sluit die volgende in: o Waterige oë, loopneus en sweet o Rusteloosheid, irritasie, angstigheid, slaaploosheid, verlies aan eetlus en konsentrasie o Bewing en kouekoors

KLUBDWELMMIDDELSKlubdwelmmiddels (of dansdwelms) word gewoonlik by dansklubs gebruik sodat die gebruiker die hele nag op die maat van “rave” musiek kan dans. Hierdie dwelmmiddels sluit gewoonlik ecstacy en tik in.

ECSTACYEcstacy is ’n stimulant-dwelmmiddel wat gewoonlik beskikbaar is in ’n verskeidenheid van pille, tablette of poeiers in verskillende kleure en vorms. Welbekende motiewe word gewoonlik op die tablette gebruik (soos swaeltjies of duiwe of korporatiewe logo’s soos Volkswagen s’n ens.)

33

Page 43: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

Korttermyn uitwerkingDie dwelmmiddel word mondelings ingeneem en neem ongeveer 30 tot 40 minute om die verlangde uit-werking te hê.

Die dwelmmiddel veroorsaak die volgende simptome:• euforie• verlies aan inhibisies• empatie• fisieseenergie• verhoogde sensitiwiteit Gevare en risiko’s• dwelmmengsels en onsuiwerhede • vergiftiging en oordosis is werklike risiko’s• hittegolwe–Ecstacybelemmerdieliggaamsereguleringvantemperatuur.Dieverhoogdefisiese aktiwiteit en die verhoogde sensoriese sensasies as gevolg van die bulderende musiek en vogtige atmosfeer in klubs dra by tot die hittegolwe.• verhoogde bloeddruk wat lewensgevaarlik kan wees.

METHAMPHETAMIEN OF TIK

Tik kom gewoonlik voor in halfdeurskynende poeier of kristalle. Dit kan verkoop word in halwe strooitjies en word mondelings ingeneem – dit kan ook ingespuit word. Die algemeenste manier om dit in te neem is om dit in ’n gloeilamp te rook waarvan die metaal verwyder is of in ’n spesiaal-gemaakte glaspyp wat ’n “lolly” genoem word.

Korttermyn uitwerking:Die stimulerende uitwerking van Tik word onmiddellik ervaar:• verhoogde wakkerheid, waaksaamheid en selfvertroue.• verhoogdefisieseaktiwiteit• spraak versnel• aggressie en irritasie

Gevare en risiko’sDie langtermyn gevare en risiko’s van die gebruik van Tik sluit die volgende in:• aggressiewe en gewelddadige gedrag• min of geen plesier uit voorheen aangename aktiwiteite• longaandoenings • gewigsverlies en wanvoeding• absesse in die gesig en mondinfeksies• slaapafwykings• hartprobleme• psigose: Intense paranoia, selfmoordgedagtes, waanbeelde – sal byvoorbeeld sensasies ervaar soos dat insekte onder die vel rondkruip• opsigtelikefisieseagteruitgang

Die gebruik van Tik lei vinnig tot die psigologiese afhanklikheid daarvan. Dit word gekenmerk deur ernstige gemoedsafwykings. Gebruikers wend hulle dikwels tot kriminele gedrag om die gewoonte in stand te hou.

34

Page 44: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Onttrekkingsimptome van Tik sluit die volgende in:• Ernstige depressie• Intense drange• Ineenstorting as gevolg van vermoeienis• Slaapafwykings• Irritasie• Maagkrampe• Asemhalingsprobleme

TIPES BEHANDELING VIR AFHANKLIKHEIDBEHANDELING AS BUITE-PASIËNT

Hierdie tipe behandeling behels dat die persoon behandeling by ‘n kliniek soos byvoorbeeld SANCA ontvang, deurdat hy/sy individuele en groepsessies bywoon, maar nie inslaap nie. Die persoon kan dus sy daaglikse verantwoordelikhede met betrekking tot sy/haar werk voortsit. Hierdie tipe behandeling is veral effektief in die vroeë stadium van verslawing.

BEHANDELING AS BINNE-PASIËNT Wanneer ‘n persoon tekens openbaar van afhanklikheid wat in ‘n meer gevorderde stadium is, is behandeling binne ‘n sentrum gewoonlik die enigste oplossing. Die verskillende klinieke se behandeling wissel van kliniek tot kliniek. Sommige klinieke se behandelingsprogram strek oor drie weke terwyl ander programme tot ‘n jaar kan duur. Dit is baie belangrik dat die persoon se motiewe suiwer is tydens opname en dat hy/sy gemo-tiveerd is vir behandeling. Indien die persoon teen sy sin gaan, is dit baie moeilik om positiewe resultate te kry.Die Wet op Voorkoming en Behandeling van Substansmisbruik (No.70 van 2008) maak egter wel daarvoor voorsiening dat indien die persoon ‘n gevaar vir homself of vir ander word, hy/sy deur die hof gedwing kan word om vir behandeling te gaan. Dit gebeur dikwels wanneer die afhanklikheid kriminele gedrag tot gevolg het.

DIE WET OP VOORKOMING EN BEHANDELING VAN SUBSTANSMISBRUIK (NO. 70 VAN 2008)Luidens bogenoemde wet moet die prosedure gevolg word om ’n persoon te dwing om vir behandeling te gaan:• ’n Beëdigde verklaring moet deur ’n maatskaplike werker, gemeenskapsleier of ’n persoon/familielid wat met die afhanklikheid van die persoon bekend is, by die landdroskantoor wat jurisdiksie oor die betrokke persoon het, afgelê word; • Die verklaring moet die volgende inligting bevat:o die persoon (respondent) is ’n gevaar vir hom/haarself asook vir die persone/omgewing rondom hom/haar;o die persoon is skadelik vir sy/haar eie welsyn of vir die welsyn van sy/haar familie en ander persone rondom hom/haar;

o die persoon maak homself/haarself skuldig aan kriminele gedrag om die afhanklikheid te onderhou;• Die klerk van die hof moet, op versoek van die staatsaanklaer, ’n dagvaarding uitreik sodat ’n polisie-be-ampte die betrokke gebruiker voor die hof kan daag om voor ’n landdros te verskyn.• ’n Maatskaplike werker wat oor die nodige bevoegdheid beskik, moet ’n verslag oor die omstan-dighede van die gebruiker opstel en aan die hof voorlê. Die staatsaanklaer mag enige persoon dagvaar om voor die hof te verskyn indien daardie persoon oor inligting beskik wat relevant tot die saak is.

35

Page 45: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

• Die hofverrigtinge vind in camera plaas – met ander woorde slegs die betrokke persone mag teen woordig wees, dit is dus nie ’n openbare hofsitting nie.• Die persoon oor wie die hofverrigtinge handel het reg tot die volgende: o regsverteenwoordiging; o mag getuies roep en kruisondervra; o mag self getuienis lewer of dit deur sy/haar regsverteenwoordiger doen; o mag redes bring waarom ’n bevel om hom/haar na ’n behandelingsentrum te verwys, ongeldig sou wees• Enige persoon wat valse getuienis lewer, maak homself/haarself skuldig aan ’n misdryf en is strafbaar volgens die voorskrifte van die wet.• Die landdros wat die verrigtinge lei moet; o gelas dat die betrokke persoon deur ’n mediese praktisyn, psigiater of sielkundige evalueer word – die betrokke maatskaplike werker laat hierdie evaluering gewoonlik voor die hofverrigtinge doen; o indien daar slagoffers van die respondent se kriminele dade teenwoordig is, kan die landdros hul getuienis aanhoor.

• Die inhoud van die verslag moet met die respondent behandel word en hy/sy moet die geleentheid gegun word om die opsteller van die verslag te kruisondervra.• Indien die landdros sou bevind dat dit in die respondent se belang is om vir behandeling te gaan, sal die landdros ’n bevel uitvaardig dat die respondent in ’n behandelingsentrum opgeneem word, vir ’n maksimum tydperk van 12 maande.

• ’n Maatskaplike werker wat oor die nodige bevoegdheid beskik, moet ’n verslag oor die omstandighede van die gebruiker opstel en aan die hof voorlê. Die staatsaanklaer mag enige persoon dagvaar om voor die hof te verskyn indien daardie persoon oor inligting beskik wat relevant tot die saak is. • Die hofverrigtinge vind in camera plaas – met ander woorde slegs die betrokke persone mag teenwoordig wees, dit is dus nie ’n openbare hofsitting nie.• Die persoon oor wie die hofverrigtinge handel het reg tot die volgende: o regsverteenwoordiging; o mag getuies roep en kruisondervra; o mag self getuienis lewer of dit deur sy/haar regsverteenwoordiger doen; o mag redes bring waarom ’n bevel om hom/haar na ’n behandelingsentrum te verwys, ongeldig sou wees• Enige persoon wat valse getuienis lewer, maak homself/haarself skuldig aan ’n misdryf en is strafbaar volgens die voorskrifte van die wet.• Die landdros wat die verrigtinge lei moet; o gelas dat die betrokke persoon deur ’n mediese praktisyn, psigiater of sielkundige evalueer word – die betrokke maatskaplike werker laat hierdie evaluering gewoonlik voor die hofverrigtinge doen; o indien daar slagoffers van die respondent se kriminele dade teenwoordig is, kan die landdros hul getuienis aanhoor.

36

Page 46: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Narcotics Anonymous (NA)Nasionale Hulplyn: 083 900 69 62

Skakel die nasionale hulplyn vir die naaste byeenkomsKaapstad Byeenkomste [email protected] Gauteng Manne Byeenkomste [email protected] Gauteng Vroue Byeenkomste [email protected] KZN Manne Byeenkomste [email protected] KZN Vroue Byeenkomste [email protected] SANCA Nasionale Hulplyn: 086 14 72622Skakel die nasionale hulplyn vir die naaste SANCA kantoorNasionale hulplyn vir substansmisbruik 0800 121314

37

NUTTIGE KONTAKNOMMERS: Alkoholiste Anoniem (AA)

Nasionale Hulplyn: 0861 HELP AA (435-722) [email protected]

Wes-Kaap: Kaapstad (021) 418 0908 [email protected]

KZN: Durban (031) 301 4959 [email protected]

Oos-Rand: Benoni (011) 421 1748 [email protected]

Oos-Kaap: Oos-Londen (082) 787 6973 [email protected]

OVS, Noord-Kaap (011) 867 5950 [email protected]

Johannesburg, Wes-Rand (011) 867 5950 [email protected]

Mpumalanga (012)9935827 [email protected]

Port Elizabeth (041) 452 7328 [email protected]

Pretoria (012)9935827 [email protected]

Vaaldriehoek (081) 795 6577 [email protected]

• Die inhoud van die verslag moet met die respondent behandel word en hy/sy moet die geleentheid gegun word om die opsteller van die verslag te kruisondervra.• Indien die landdros sou bevind dat dit in die respondent se belang is om vir behandeling te gaan, sal die landdros ’n bevel uitvaardig dat die respondent in ’n behandelingsentrum opgeneem word, vir ’n maksimum tydperk van 12 maande

Page 47: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

SASSA-TOELAE

Hoofstuk 3

SolidariteitHelpende Hand

®

Page 48: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

HOOFSTUK 3SASSA TOELAE(Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid)

INLEIDINGMaatskaplike hulp is ‘n oordrag van inkomste in die vorm van toelaes wat deur die regering verskaf word. Welsynstoelae verwys na toelaes wat deur die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) betaal word. Die verantwoordelikheid vir die bestuur, administrasie en betaling van maatskaplike toelaes is vanaf 1 April 2006 aan SASSA oorgedra. SASSA is ‘n artikel 3A- staatsinstelling, die gefokusde instelling wat daarvoor verantwoordelik is om seker te maak dat die regering die regte toelaag, aan die regte persoon, by ‘nplekwatdiegerieflikstevirdaardiepersoonis,betaal.

TIPE TOELAETOELAAT TIPE BEDRAG:• Ongeskiktheidstoelaag R1510-00• Ouderdomspensioen R1510-00• Ouderdomspensioen (bo 75) R1530-00• Oudstrydertoelaag R1510-00• Pleegouertoelaag R 890-00• Sorgafhanklikheidstoelaag R1510-00• Kinderondersteuningstoelaag R 360-00• Maatskaplike noodhulptoekenning R1500-00 maksimum van 3 maande

LET WEL: BOGENOEMDE BEDRAE IS ONDERHEWIG AAN JAARLIKSE VERHOGINGS. HIERDIE BEDRAE IS VASGESTEL VIR 2016/2017.

OUDERDOMSTOELAAGDie aansoeker moet aan die volgende vereistes voldoen:

• ‘n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner of vlugteling wees;

• in Suid-Afrika woon;• 60 jaar of ouer wees;• Die aansoeker en eggenoot ( indien getroud) moet aan die middeletoets voldoen;• nie in ‘n staatsinrigting versorg of onderhou word nie;• nie enige ander maatskaplike toelaag ontvang nie.

ONGESKIKTHEIDSTOELAAGDie aansoeker moet aan die volgende vereistes voldoen: • ‘n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner of vlugteling wees;• in Suid-Afrika woon;• tussen die ouderdom van 18 en 59 jaar oud wees;• ‘n mediese evalueringsverslag wat ongeskiktheid bevestig, saam met die aansoek indien;• mediese evalueringsverslag moet ten tye van die aansoekdatum nie ouer as drie maande wees nie;• die aansoeker en eggenoot (indien getroud) moet aan die middeletoets voldoen;• mag nie ’n ander toelaag ontvang nie;• mag nie deur ’n staatsinrigting onderhou of versorg word nie.

39

Page 49: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

OPPASSERSTOELAAG Die aansoeker moet aan die volgende vereistes voldoen:• die aansoeker moet ’n ouderdoms-, ongeskiktheids- of oudstryderstoelaag ontvang en moet as gevolg van sy/haar gebreke/gestremdheid die voltydse versorging van ’n ander persoon benodig;• nie in ‘n inrigting versorg word wat ‘n subsidie van die staat ontvang vir die sorg/behuising van sodanige bevoordeelde nie.

KINDERTOELAESPLEEGOUERTOELAAGDie aansoeker moet aan die volgende vereistes voldoen:• die pleegouer moet ‘n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner of vlugteling wees;• die pleegouer- en kind moet in Suid-Afrika woon;• die hofbevel wat die pleegsorgstatus aandui, toon;• die kind moet onder die sorg van die pleegouer bly;• geen middeletoets is van toepassing nie.

SORGAFHANKLIKHEIDSTOELAAG:Die aansoeker moet aan die volgende vereistes voldoen: • ‘n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner of vlugteling wees;• in Suid-Afrika woon;• die ouderdom van die kind moet onder die ouderdom van 18 jaar wees;• ‘n mediese evalueringsverslag wat permanente en ernstige gestremdheid bevestig, indien: o aansoeker en eggenoot (indien getroud) moet aan die middeletoets voldoen; o die sorg afhanklike kind mag nie deur ’n staatsinrigting onderhou of versorg word nie.

40

OUDSTRYDERSTOELAAGDie aansoeker moet aan die volgende vereistes voldoen:• n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner of vlugteling wees;• in Suid-Afrika woon;• moet 60 jaar of ouer wees;• medies ongeskik verklaar wees;• moes in die Tweede Wêreldoorlog of Koreaanse Oorlog geveg het;• die aansoeker en eggenoot (indien getroud) moet aan die middeletoets voldoen;• mag nie ’n ander toelaag ontvang nie;• mag nie deur ’n staatsinrigting onderhou of versorg word nie.

KINDERONDERSTEUNINGSTOELAAG:

Die primêre versorger moet aan die volgende vereiste voldoen: • ‘n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner of vlugteling wees;• die versorger en die kind moet in Suid-Afrika woon;• die kind moet na 31 Desember 1993 gebore wees;• die aansoeker moet die primêre versorger van die kind wees;• aansoeker en eggenoot (indien getroud) moet aan die middeletoets voldoen;• die aansoeker mag nie vir meer as ses biologiese kinders aansoek doen nie;• kinders tussen 7 en 18 jaar oud moet in ’n skool wees;• die kind mag nie deur ’n staatsinrigting onderhou of versorg word nie.

Page 50: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

WAAR DOEN U AANSOEK OM ‘N TOELAAG?• U doen aansoek by u naaste SASSA kantoor.• Indien u te oud of siek is om na die kantoor te reis om vir ‘n toelaag aansoek te doen, kan ‘n familielid of vriend dit namens u doen.• U aansoekvorm sal in die teenwoordigheid van ‘n beampte van SASSA voltooi word.• U sal ‘n kwitansie ontvang wanneer u aansoek voltooi is.• Bewaar hierdie kwitansie - dit is u enigste bewys van die aansoek.• U hoef nie enige geld te betaal om aansoek te doen nie.• Indien u aansoek nie deur SASSA goedgekeur is nie, moet u skriftelik in kennis gestel word waarom u aansoek onsuksesvol was.• U het die reg om skriftelik aansoek te doen by SASSA, vir die heroorweging van die aansoek, waarin u verduidelik waarom u nie met die besluit saamstem nie. Hierdie aansoek moet binne 90 dae van kennisgewing van die uitkoms van u aansoek aangeteken word. As u steeds nie saamstem met die uitslag van die aansoek om heroorweging nie, kan u dan binne 90 dae appelleer na die minister.

BEWYS VAN IDENTITEIT• Aansoekerswatnie‘n13-syfer-strepieidentiteitsdokumenthetnieofniegeboortesertifikatevirdie kinders wat by die aansoek betrokke is, het nie, kan steeds vir ‘n toelaag aansoek doen.• Die inligting rakende die alternatiewe dokumente hiervoor, kan by die naaste SASSA-kantoor bekom word.

PROSEDURES OM TE VOLGGaan na u naaste SASSA-kantoor en neem u 13-syfer-strepie identiteitsdokument (ID) saam.Indien u nie ’n identiteitsdokument het nie:

• moetu’nbeëdigdeverklaringaflêindiestandaard-SASSA-formaatindieteenwoordigheidvan’n kommissaris van ede wat nie ’n SASSA-amptenaar is nie;• moet u ’n beëdigde verklaring voorsien deur ’n persoon van aansien (soos ’n raadslid, tradisionele leier, maatskaplike werker, dominee of skoolhoof) wat u naam en ouderdom kan bevestig.

Die SASSA-amptenaar sal u vingerafdrukke neem. U sal na die Departement van Binnelandse Sake verwys word om aansoek te doen vir ’n identiteitsdokument, terwyl u aansoek verwerk word. Indien u nie ’n identiteitsdokument kry nie, sal u toelaag opgeskort word.

Die volgende dokumente word ook benodig:• bewys van u huwelikstatus, indien van toepassing;• bewys van woonadres;• bewys van u inkomste en/of dividende (indien enige);• bewys van u bates, insluitend die waarde van die eiendom wat u besit;• bewys van u privaat pensioen (indien enige);• drie maande se bankstate;• indienjygewerkhet,uWerkloosheidsversekeringsfonds(WVF)“blouboek”ofsertifikaatvan ontslag vanaf u voormalige werkgewer;• indien u eggenoot binne die afgelope vyf jaar oorlede is, ’n afskrif van die testament en die eerste of finalelikwidasieendistribusierekeninge,waarvantoepassing.

41

Page 51: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

BETALING VAN TOELAEBEVESTIGING VAN IDENTITEIT: PENSIOENARISSE WAT PENSIOEN BY SASSA ONTVANG

SASSA het onlangs ’n nuwe prosedure om pensioenarisse se identiteit te bevestig, bekend gemaak:• Ten einde bedrog ten opsigte van pensioene hok te slaan en te voorkom, het SASSA nuwe maatreëls in plek gestel om te verseker dat die betrokke pensionaris inderdaad die korrekte persoon is wat die geld ontvang en wel nog lewend is.• Pensionarisse gaan ongeveer 3 dae voordat hul pensioen uitbetaal moet word, SASSA moet skakel om te bevestig dat die pensionaris nog leef en word daar ook ‘n stemherkenningstoets gedoen.• In gevalle waar die bejaarde nie self kan kommunikeer nie, kan ‘n administrateur, byvoorbeeld ‘n familielid, namens die bejaarde skakel.• Indien ‘n bejaarde nie toegang tot telefoniese kontak het nie, is daar diensverskaffers van selfone wat gratis pakkette aangebied het vir hierdie doeleindes. In die meer landelike gebiede waar opvangs dikwels ‘n problem is, is daar wel SASSA betaalpunte wat die bejaarde kan besoek. IngevallewaardiebejaardeniefisiekinstaatisomselfdiekantorevanSASSAtebesoeknie,het SASSA onderneem om die bejaarde te besoek.

DATUM VAN DIE TOEKENNING VAN TOELAES• Indien u toelaag goedgekeur is, sal u vanaf datum van aansoek betaal word, behalwe in die geval van ’n pleegouertoelaag.• Die pleegouertoelaag word betaal vanaf die datum wat die kind/ers in pleegsorg geplaas is.

BETALINGSMETODESU kan u toelaag op die volgende wyse ontvang:• Kontantbetalings by benoemde betaalpunte wat die volgende insluit: o Banke, insluitend Postbank.

LET WEL

Indien u nie in staat is om die toelaag self af te haal nie, kan u ‘n agent benoem om dit namens u af te haal.STAKING EN HERSTEL VAN TOELAEStaking van toelaeDie volgende kan die staking van ‘n toelaag veroorsaak:

• veranderingsinomstandighede(finansieelen/ofmedies);• uitkoms van ‘n hersiening;• weiering om saam te werk wanneer ’n toelaag hersien word;• die pleeg van ‘n bedrieglike aktiwiteit of wanvoorstelling;• waar die toelaag verkeerdelik toegeken is.

Herstel van toelae‘n Aansoek vir die herstel van ‘n toelaag moet binne 90 dae na die staking daarvan gemaak word.

42

Page 52: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

HERSIENINGSU moet enige inkomste ten tye van die aansoek verklaar. Dit is die basis waarvolgens SASSA sal besluit of u toelaag hersien moet word. U sal ‘n kennisgewing drie maande voor die datum van die hersiening ontvang ofdiedatumwaarop’nlewenssertifikaat(bewysdatulewe)verskuldigis.

MAATSKAPLIKE VERLIGTING VAN NOODMaatskaplikenoodhulpisdietydelikeverskaffingvanbystandwatbedoelisvirpersonewatinsulkeergeomstandighede verkeer dat hulle nie in hul eie of hul familie se mees basiese behoeftes kan voorsien nie.Maatskaplike noodhulp word betaal aan Suid-Afrikaanse burgers of permanente inwoners of vlugtelinge wat onvoldoende middele het en aan een of meer van die volgende kriteria voldoen:

• Die aansoeker wag vir goedkeuring van permanente hulp.• Die aansoeker is medies ongeskik bevind om werk teen betaling te doen vir ’n tydperk van minder as 6 maande.• Geen onderhoud is van ‘n ouer, kind of eggenoot wat volgens wet verplig is om onderhoud te betaal, ontvang nie en bewyse word verskaf dat pogings om dit te verkry onsuksesvol was.• Die broodwinner is oorlede en ‘n aansoek word binne drie maande van die sterfdatum gemaak.• Diebroodwinnervandiegesin/familieisopgeneemin‘ninrigtingwatdeurdiestaatgefinansier word (gevangenis, psigiatriese hospitaal, staatsouetehuis of behandelingsentrum).• Dieaansoekerisgeraakdeur‘nrampsoosgedefinieerindieRampbestuurswet,ofdie Fondsinsamelings wet, 1978.• Die persoon ontvang nie bystand van enige ander organisasie nie.• Weiering van die aansoek om maatskaplike noodhulp sal buitensporige nood veroorsaak.

TYDPERK VAN MAATSKAPLIKE VERLIGTING VAN NOODMaatskaplike verligting van noodhulp word maandeliks uitgereik vir ‘n maksimum tydperk van drie maande.‘n Verlenging vir ’n verdere 3 maande kan in uitsonderlike gevalle toegeken word.

LET WEL

• Geen persoon wat ‘n maatskaplike toelaag ontvang, kan gelyktydig maatskaplike noodhulp ontvang nie.• Waar die persoon wat reeds in besit is van ‘n ander maatskaplike toelaag ook die maatskaplike noodhulp ontvang het as gevolg van ‘n ramp, sal die bedrag nie terugbetaalbaar wees nie.

43

VERNAAMSTE REDES VIR DIE OPSKORTING VAN TOELAE• dood;• opname in ‘n staatsinstelling;• indien die toelaag nie vir 3 opeenvolgende maande geëis is nie;• wanneer die tydperk van tydelike ongeskiktheid verval het;• u nie in die Republiek van Suid-Afrika teenwoordig is nie;• indien u nie meer ‘n vlugteling is nie (alle toelaes).

Page 53: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

VERANTWOORDELIKHEID VAN DIE BEGUNSTIGDES

Dit is die begunstigde se verantwoordelikheid om SASSA op hoogte te hou van veranderings in omstandighede en inkomste. SASSA het zero-toleransie vir bedrieglike aktiwiteite.

MIDDELETOETS• In Suid-Afrika is maatskaplike hulp van ’n middeletoets afhanklik, wat impliseer dat SASSA die inkomste en bates van die persoon evalueer om vas te stel of die persoon se inkomste minder as ‘n vasgestelde bedrag is.• Hierdiemiddeletoetsis‘nmanieromvastestelof‘npersoonkwalifiseerom‘ntoelaagteontvang, omdat toelae bedoel is vir diegene wat nie die middele het om hulself te onderhou nie. Die middeletoets wissel van een toelaag tot die volgende.

44

NUTTIGE KONTAKNOMMERS TOLVRYE NOMMERS VIR SASSA: 0800 60 01 60; 0800 60 10 11

SASSA-HOOFKANTOOR

SASSA HOUSE501 Prodinsa gebouH/v Steve Biko en Pretoriusstraat PretoriaPrivaat sak X55662Arcardia Pretoria0083 Tel: 012 400 2000 (Skakelbord) Webblad: www.sassa.gov.za

OOS-KAAPSASSA KantoorBKB GebouH/v Fitzpatrick& Merino straatQuigneyOos-LondenPrivaat sak X9001ChiselhurstOos-Londen5200 Tel: 043 707 6300 Faks: 043 707 6481

CPS Dienssentrum072 306 3471072 316 2050072 311 3028

VRYSTAATAfrican Life Gebou75 St. Andrews straatBloemfonteinPrivaat sak X 20553Bloemfontein9300 Tel: 051 410 8304/5 Faks: 051 409 0862

Page 54: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

CPS Dienssentrum 071 771 12 58 072 286 7972 082 259 8727

GAUTENG STREEK28 Harrison straat Johannesburg2000Privaat sak X 120Marshalltown2107 Tel: 011 241 8300 Fax: 011 241 8305CPS Dienssentrum 078 731 5908 083 518 3152 072 311 3028

KWA-ZULU NATAL1 Bank straatPietermaritzburg3201Privaat sak X 9146Pietermaritzburg3201 Tel: 033 846 3300 Faks: 033 846 9595

CPS Dienssentrum 079 780 9040 079 780 9040 079 730 2499

LIMPOPO43 Landdros Mare Polokwane0699Privaat sak X9677Polokwane0700 Tel: 015 291 7400 Faks: 015 291 7996

CPS Dienssentrum 072 201 3930 072 204 3637 072 208 9522 MPUMALANGA18 Ferreira Street Tel: 013 754 9380 Faks: 013 754 9501NelspruitPrivaat sak X11230Nelspruit1200 CPS Dienssentrum 082 701 5493 082 364 0614 082 967 2264

45

Page 55: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

NOORDWESSASSA House Tel: 018 389 4000University DriveMmabatho2735Privaat sak X44Mmabatho

CPS Dienssentrum 082 344 0493 071 100 6483 076 710 0862

NOORDKAAP95-97 Du Toit Span Road Tel: 053 802 4900 Fax: 053 832 5225Kimberley8300Privaat sak X6011Kimberley8300

CPS Dienssentrum 076 030 9929 076 662 1545 072 186 8095 071 416 6324

WES-KAAPGolden Acre Tel: 021 469 0200 Faks: 021 469 0260Adderley StraatKaapstad8001Privaat sak X9189Kaapstad8000

CPS Dienssentrum 072 268 4678 072 456 7506 072 453 7858

46

Page 56: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Page 57: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

ONDERHOUD

Hoofstuk 4

SolidariteitHelpende Hand

®

Page 58: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

HOOFSTUK 4ONDERHOUDWAT BEHELS ONDERHOUD?Onderhoudverwysnadiefinansiëlebystandvaniemandanderswatdeurdiehofgelasword.Diehofstelgewoonlik ’n bedrag vas wat maandeliks betaalbaar is.Die onderhoud van minderjarige kinders is primêr die verantwoordelikheid van die kind se biologiese of aanneemouers.

WANNEER MOET EK ONDERHOUD EIS?Die onderhoudshof moet in die volgende omstandighede genader word:• wanneer die pa of ma van u kind/ers nie gereeld onderhoud vir die kinders betaal nie;• wanneer die persoon wat wetlik vir die onderhoud verantwoordelik is, nie die onderhoudsbevel nakom nie.

HOE GAAN EK TE WERK OM ONDERHOUD TE EIS?Die onderhoudsbeampte by u plaaslike hof sal jou help om ‘n aansoekvorm in te vul en sal vir u sê wat om te doen.

Die volgende dokumente moet by die onderhoudsbeampte ingedien word:

• identiteitsdokument;• die identiteitsnommer van die persoon van wie u onderhoud wil eis;• u kontaknommer en adres;• die adres en kontaknommer van die persoon van wie u onderhoud wil eis;• indien moontlik, die adres van sy of haar werkgewer;• ukinderssegeboortesertifikate;• u bankstaat, as u ‘n bankrekening het – indien nie, ’n beëdigde verklaring om te

bevestig dat u nie ’n bankrekening het nie;• ‘n lys van u kinders se behoeftes;• u munisipale rekening vir water en elektrisiteit;• fakture vir kruideniersware, klererekeninge en mediese rekords;• gewaarmerkteafskriftevanufinaleegskeidingsbevelen-skikking(indienugeskeiis).

VERLOOP VAN DIE PROSES:• Indien die vader/moeder opgespoor kan word, sal die onderhoudsbeampte vir u ’n saaknommer en ’n hofdatum gee.• Die onderhoudsbeampte sal aan u en die persoon van wie u onderhoud eis, ‘n getuiedagvaarding uitreik om in die hof te verskyn.• Op die hofdatum sal die onderhoudsbeampte die bedrag wat u eis met julle albei bespreek.• Indien daar nie ooreengekom kan word nie, sal die saak na die hof verwys word.• Nadat dit in die hof aangehoor is, sal ‘n onderhoudsbevel uitgereik word. Hierdie bevel bepaal die hoeveelheid onderhoud wat betaalbaar is en aan wie dit betaal moet word.

49

Page 59: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

GEVOLGE VAN WANBETALING:

Wanbetaling van onderhoud is ’n misdryf en dra die volgende gevolge:• ‘n hofbevel vir siviele eksekusie (uitvoering);• ‘n lasbrief vir uitvoering kragtens artikel 27 van die Wet op Onderhoud;• ‘n loonbeslagbevel kragtens artikel 28 van die Wet op Onderhoud;

ALGEMENE VRAE OOR ONDERHOUD:Is onderhoud die verantwoordelikheid van die biologiese ouers alleenlik?• Nee, enige persoon wat verantwoordelik is vir die grootmaak van die kind, met ander woorde die wettige voog, aanneemouers en grootouers van die kind, indien die biologiese ouers nie die geldmiddele het om onderhoud te betaal nie.Onder watter omstandighede kan ek onderhoud van die grootouers eis?• indien die ouers nie onderhoud kan betaal nie;• indien die ouer onopspoorbaar is.Hoekom moet ‘n persoon onderhoud betaal?‘n Persoon moet onderhoud betaal vir die behoorlike opvoeding en grootmaak van die kind.

Dit sluit die volgende in:• voedsel;• klerasie;• akkommodasie;• mediese sorg;• onderwys.

Dis belangrik om nie moed verloor wanneer u die proses om onderhoud te eis, begin nie. Indien u nie al die dokumentasie het wat hierbo gelys word nie, handig die dokumente in wat u het en gaan voort met u eis. Indien die vader/moeder van u kind onopspoorbaar is, kan die onderhoudsbeampte opdrag aan ’n onder-soeker gee om die ander ouer op te spoor.

50

Waar moet ‘n klag om onderhoud ingedien word?

• In enige landdroshof waar die applikant (ouer wat onderhoud eis) en/of die kind woonagtig is.

Hoeveel geld moet vir onderhoud betaal word?

• Die bedrag betaalbaar vir die onderhoud sal bepaal word deur die behoeftes van die kind en die

finansiëlemiddelevandieouer.

Hoe gereeld moet onderhoud betaal word?

• Die onderhoudsgeld moet elke maand betaal word, op die datums soos ooreengekom deur beide

die partye en soos toegestaan deur die hof.

Page 60: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Op watter ouderdom behoort ‘n persoon op te hou met die betaling van onderhoud?

• Onderhoud moet betaal word totdat die kind selfonderhoudend is.

Wat gebeur wanneer die persoon wat verantwoordelik is vir die betaling van

kinderonderhoud, tot sterfte kom?

• Die onderhoud moet uit die oorledene se boedel betaal word.

Wat gebeur indien die kind 18-jarige ouderdom bereik en sy/hy is nog steeds nie

selfonderhoudend nie?

• Die betaling van onderhoud sal voortduur totdat die kind selfonderhoudend is. Die onderhoud

moet dan egter direk in die kind se bankrekening betaal word. Wanneer die kind meerderjarig is,

moet hy/sy self die onderhoudshof nader om onderhoud te eis.

Kan ek die onderhoudsbedrag verhoog/verlaag nadat die bevel toegestaan is?

• Ja,ukanaansoekdoenomdieverhoging/verlagingvandiebedrae,veralindienufinansiële

omstandighede verander het.

Kan ek onderhoud eis indien ek saam met die vader/moeder van die kind woon?

• Ja, jy kan onderhoud eis indien die ander ouer nie verantwoordelikheid aanvaar vir die kind se

onderhoud nie.

Tree die onderhoudsbeampte namens my op of moet ek ‘n prokureur aanstel?

• Ja, die onderhoudsbeampte is by uitstek ‘n hofbeampte. Sy rol is hoofsaaklik om te verseker dat

onderhoud aangeleenthede na behore ondersoek word ten einde die landdros in staat te stel om ‘n

regverdige bevinding te kan maak.

• Die onderhoudsbeampte verseker dat die knelpunte en geskille in die betrokke

onderhoudsaangeleentheid aangespreek word, administratiewe prosesse nagekom word en dat

verlangde dokumentasie ingehandig word.

Wie se plig is dit om onderhoudklagtes te ondersoek?

• Artikel6vandieWetopOnderhoudgeespesifiekopdragaandieonderhoudsbeampteomklagtes

wat op die voorgeskrewe wyse aangemeld is, te ondersoek.

• Die onderhoudbeampte mag ‘n verklaring afneem van enigeen wat oor tersaaklike inligting beskik

oor die betrokke aangeleentheid en mag getuienis insamel oor enige aspek.

51

Page 61: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding 52

Die onderhoudsbeampte kan onderhoudsbeamptes van ander distrikte en onderhoudondersoekers versoek om hom/haar by te staan in sodanige ondersoeke.

• Die onderhoudsbeampte mag ook vra dat ‘n persoon wie waarskynlik oor inligting beskik, aangesê word om voor ‘n landdros te verskyn vir ondervraging. Die onderhoudsbeampte mag hierdie persoon onder kruisverhoor neem om te verseker dat alle inligting voor die hof gebring is.• Die voorsittende landdros mag enige persoon wat by ‘n onderhoudondersoek teenwoordig is ondervra en ook enige persoon wat reeds getuig het, terugroep en weer ondervra.

Mag ek aansoek doen om ‘n bevel dat my gewese gade se werkgewer my kind se onderhoud maandeliks direk in my bankrekening inbetaal?

• Ingevolge artikel 16 kan ‘n bevel toegestaan word wat toestemming verleen aan die werkgewer van die persoon teen wie die betrokke onderhoudsbevel gemaak word, om die onderhoud van sy/haar salaris te verhaal. Hierdie tipe bevel sal slegs uitgevaardig word indien dit prakties sou wees in die betrokke omstandighede• Ingevolge artikel 16 (1) (a) mag die hof ‘n bevel uitreik dat die onderhoudsbetalings in die bankrekening van die persoon aan wie die onderhoud betaal moet word, by wyse van ‘n debietorder

of op enige ander paslike manier betaal word.• Die onderhoudsbeampte mag die landdros versoek om die bankbesonderhede van ‘n bestaande bevel toepaslik te verander in absentia (in die afwesigheid) van enige van die partye (artikel 19).• Die onderhoudsbeampte sal al die afwesige partye inlig met betrekking tot sodanige veranderinge gemaak.

Ek word gedagvaar om onderhoud te betaal, maar ek is nie die kind se pa nie – wat moet ek doen?

• Indien die beweerde vader wie om onderhoud gedagvaar is daarvan oortuig is dat hy nie die

biologiese vader van die kind is nie en dus regtens nie verantwoordelik vir die betaling van

onderhoud is nie, kan hy tydens die voorlopige vergadering vaderskap betwis.

• Indien al die partye bereid is om hulself en die betrokke kind aan bloedtoetse te onderwerp ten

einde vaderskap te bepaal, sal die onderhoudsbeampte reël dat sodanige toetse gedoen word.

• Indien enige van die partye nie die toetse kan bekostig nie, kan die onderhoudsbeampte die landdros

versoek om ‘n voorlopige ondersoek te hou ten einde die betaling van die toetse te bepaal. Die

landdros mag ‘n voorlopige bevinding hieroor maak of beveel dat die staat vir die toetse betaal.

• Indien die beweerde vader teen wie ‘n klag vir onderhoud aangemeld is toestem om vir die

bloedtoetse te betaal en daarna versuim om wel te betaal en ook versuim om ‘n toekomstige

hofdatum by te woon, kan die hof, op versoek van die onderhoudsbeampte, ‘n onderhoudsbevel

ingevolge artikel 18 ‘n onderhoudsbevel teen so ‘n persoon toestaan.

• Daar word aanvaar dat die man die vader van sy vrou se kinders is. Hierdie vermoede mag egter op

enige stadium deur hom weerlê word.

Page 62: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

• Wanneer kinders buite die huwelik gebore word en die vader word om onderhoud gedagvaar, word

daar aanvaar (in die afwesigheid van getuienis dat hy nié die kind se biologiese vader is nie) dat hy

die biologiese vader van die kind is, indien hy seksuele omgang met die vrou gehad het gedurende

die stadium toe die kind verwek kon gewees het - artikel 26 van Wet 38 van 2005.

• Weiering deur ‘n party om hom- of haarself, of die betrokke kind, aan bloedtoetse te onderwerp sal

diépartysegeloofwaardigheidnegatiefbeïnvloed-artikel37vandieKinderwetWet38of2005.

Ek moet volgens ‘n bestaande bevel onderhoud betaal vir my kinders, maar ek is werkloos – wat staan my te doen?

• As sodanige bevel bestaan, maar die persoon teen wie sodanige bevel gemaak is, sy/haar werk verloor, moet hy of sy onmiddellik die onderhoudbeampte, werksaam in die gebied waar sodanige bevel gemaak was, daarvan in kennis stel.• Hy of sy kan dan aansoek doen vir uitstel van die bevel. Die betrokke party sal bewys moet lewer vir die redes van sy/haar werkloosheid en dat hy/sy tans wel werk soek.• Indien die party weens werkloosheid agterstallig geraak het met onderhoudsbetalings ingevolge ‘n bestaande bevel, sal hy/sy egter nie van die verpligting onthef word indien dit blyk dat hy/sy onwillig is om te werk of as gevolg van wangedrag sy/haar werk verloor het nie.• ‘n Hofbevel wat uitgestel word weens sodanige werkloosheid sal hervat word wanneer hy/sy weer in diens geneem word.• ‘n Persoon kan aansoek doen om ‘n wysigingsbevel sou sy of haar inkomste nou minder wees as wat dit was voordat sodanige persoon werkloos geraak het.• Die party wat aansoek doen vir ‘n wysiging moet bewys lewer dat daar wel genoegsame gronde bestaan vir die wysiging van die bevel. • ‘n Ouer sal moet bewys dat hy/sy alles in hul vermoë gedoen het om hul situasie, soos werkloosheid of siekte te verbeter.

My gewese gade versuim gereeld om onderhoud te betaal - mag ek vra dat die hof hom arresteer?• Indien dit gebeur dat ’n ouer versuim om onderhoud gereeld te betaal, mag die ouer in wie se guns die onderhoudsbevel toegestaan is, ’n klagte indien dat hy/sy gearresteer word.• Op versoek van die onderhoudsbeampte, mag die landdros voorts ‘n lasbrief magtig vir die arrestasie van die party wat versuim om onderhoud te betaal.• ‘n Persoon wat versuim om die onderhoud volgens die bepalings van ‘n onderhoudsbevel te betaal, is skuldig aan ‘n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met ‘n boete of gevangenisstraf.• Die onderhoudsbeampte mag ook die besonderhede van ‘n persoon wat skuldig bevind word aan sodanige oortreding aan krediet-instansies verskaf.• Die hof mag ook beveel dat sodanige gevangenisstraf en/of boete opgeskort word op voorwaarde dat die beskuldigde die agterstallige onderhoud betaal.

53

Page 63: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

In die saak S vs. Visser 2002(1) SARC 50 (CPD), was die gewese man met R44500 agterstallig, maar dit was binne sy vermoë om die bedrag te betaal. Die hof vonnis hom tot 1 440 ure periodieke gevangenisstraf, uitgedien te word oor naweke en verder dat sodanige ure verminder sal word met 15 ure vir elke R500 wat hy afbetaal op die agterstallige bedrag. Hierdie straf is op appèl gehandhaaf.

Regskenners smeek al dekades vir strenger onderhoudsreëls. In Suid-Afrika word amper twee-derdes van kinders nie by albei biologiese ouers groot nie. Meer as twee-derdes verontagsaam dié bevel reeds binne die eerste jaar nadat dit uitgereik is.

WYSIGINGS OP DIE WET OP ONDERHOUD:

• Een van die grootste veranderings is dat ’n ouer se onderhoudsplig nou deel uitmaak van hul kredietprofiel.• Sedert September 2015 kom mense met agterstallige onderhoud vir geen nuwe lenings in aanmerking nie. • Kredietburo’s word ook ingelig sodra ’n ouer se betalings agterstallig raak.• Indien die ouer wat onderhoud moet betaal “verdwyn”, sal selfoondiensverskaffers verplig kan word om hul besonderhede, soos waar hulle woon, aan die hof bekend te maak.• Ouers word verplig om die hof te laat weet wanneer hulle verhuis. • Ouers kon voorheen net die onderhoudshof in die omgewing waar hulle woon, nader. Hulle kan egter nou die onderhoudshof in die omgewing waar hulle werk, ook nader.• Strenger strawwe vir die wanbetaling van onderhoud is ingestel – ’n oortreder kan nou tot drie jaar gevangenisstraf opgelê word in pleks van net een jaar.

54

Page 64: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

EGSKEIDING

Hoofstuk 5

SolidariteitHelpende Hand

®

Page 65: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

EGSKEIDING

Hoofstuk 5

SolidariteitHelpende Hand

®

Page 66: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

HOOFSTUK 5 EGSKEIDING

INLEIDING:’n Egskeiding is altyd ‘n emosionele aangeleentheid wat ernstige trauma meebring vir diegene wat daardeur geraak word. Ons moedig geensins egskeidings aan nie, maar as gevolg van die feit dat baie mense tog skei word die volgende inligting as riglyne beskikbaar gestel om die proses te vergemaklik.Die proses word gekompliseer indien ’n persoon onkundig is en emosioneel en impulsief handel.Die hele egskeidingsproses, soos alle litigasie, is op inligting gebaseer. Indien die persoon oor voldoende kennis beskik kan hy/sy hom/haarself behoorlik voorberei en beskerm.Dis belangrik om nooit agterbaks of ongeskik teenoor u gade te wees nie, maar dit is belangrik om van moontlike slaggate bewus te wees.

MOONTLIKE SLAGGATE TYDENS DIE EGSKEIDINGSPROSESDie volgende is algemene verskynsels wat tydens die egskeidingsproses kan voorkom waarop u bedag moet wees:• Indien u gade die primêre broodwinner is, kan hy/sy lank wag om die rekeninge te betaal. Sodoende worddrukopdiegadewatfinansieelafhanklikisgeplaas.Ditkanveroorsaakdatlaasgenoemde gedwing word om ’n skikking te aanvaar wat nie werklik optimaal is nie.• Sommige gades sal die kredietkaart vir eie gewin gebruik, wetende dat die ander gade die rekening moet betaal. Indien die gades gebruik maak van ’n gesamentlike kredietkaart en slegs een verantwoordelik is vir die betaling daarvan, is dit nie ’n goeie idee om dit vir eie gewin te gebruik nie. • Die een gade besluit om nie met die ander gade te praat nie. Dit plaas meer druk op die gesin, veral waar kinders betrokke is. Indien u nie direk met u gade wil praat nie, maak gebruik van ’n tussenganger soos ’n prokureur. Die weiering om te kommunikeer plaas meer druk op u én u kinders. Dit kan selfs u gesondheid benadeel. • Leuens wat versprei word - byvoorbeeld bewerings dat die een gade die ander mishandel. Die waarheid word dikwels vergeet deur ’n woedende gade. Wees voorbereid vir die feit dat sommige mense vuil speel. • Mondelinge ooreenkomste beteken niks nie – skriftelike ooreenkomste met betrekking tot alle aspekte van die egskeiding insluitend toegang tot die kinders is van uiterste belang.

VOORBEREIDING VIR DIE EGSKEIDINGSPROSESWanneer u die besluit neem om te skei is dit van uiterste belang om voorbereid op die proses te wees. Voorbereiding is ’n belangrike bate tydens die egskeidingsproses. Berei uself beide regtens en emosioneel voor: • ken die reg rakende egskeidings;• stel ‘n bevoegde egskeidingsprokureur aan, maar deur uself in te lig kan u seker maak dat u prokureur u regte beskerm;• indien u kinders het moet u uitvind wat die verskillende tipes toesig is; • indien u ‘n vader is, moet u seker maak dat u prokureur weet en verstaan dat u gelyke regte ten opsigte van die kinders verlang;

57

Page 67: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding 58

• voordatuskei,maakafskriftevanallerelevantefinansiëledokumente.Umoetafskriftevandie volgende dokumente hê: o bankstate, bankrekeninge, rekeningnommers en aftreepolisse; • maak seker dat u bewys het van alle gesamentlike eiendom;• maak afskrifte van al die dokumentasie wat by u prokureur is; • weerhou uself van enige gedrag wat u in ’n slegte lig sal stel wanneer u na die egskeidingshof gaan;• alhoewel dit nie ‘n misdryf is om met ‘n nuwe verhouding te begin nie, is dit tog beter om te wag voordat u met ‘n nuwe verhouding begin - die egskeidingsproses is oorlaai met emosionele stres en ’n nuwe verhouding kan dit vererger;• leerhoeomkonflikmetugadekonstruktieftehanteer-woedekompliseerdieegskeidingsproses;• indien daar kinders betrokke is, het elke ouer ’n verpligting om die kinders se belange eerste te stel.

PRAKTIESE WENKE OM GELD TYDENS ’N EGSKEIDING TE SPAAR:Die volgende wenke word deur ’n egskeidingsprokureur aanbeveel:

Wees u eie privaat speurder:• Niemand dra soveel kennis van u persoonlike en u gade se belange soos uself nie – die volgende vrae kan hiermee help:

o Watter bates het u? o Het u gade iets gesê wat u laat dink daar is geld in ander rekeninge as die waarvan u weet? o Lê daar rekords in die huis rond, in ‘n dagboek, op notas op ‘n tafel? o Bestaan daar ou pensioenfondsplanne van vorige werkgewers?• U moet minstens al die nodige vrae vra en u sal dalk ’n paar antwoorde daarop kry.

Vul self die finansiële vorms wat die hof benodig in:• Vrees is die grootste oorsaak van onredelikheid tussen die partye - elkeen sien ‘n toekoms waarin hy of sy in haglike omstandighede moet leef terwyl die ander gade in weelde leef. • Diefinansiëlevormshelpuomufinansiëleinligtingteorganiseeren‘noorsigtehêopwatu finansiëleposisiegaanweesnadieegskeiding.Ditgeeudiegeleentheidomteevalueerofuhuidige inkomste genoeg is om twee huishoudings in stand te hou en of u u leefstyl sal moet verander.

Kry ‘n eiendomsagent om u huis te waardeer:• Die eiendomsmark is baie wisselvallig en om bloot ‘n aanname te maak oor die waarde van u huis, strandhuis of beleggingseiendom of om hierdie aanname te baseer op die vorige jaar se verband-waardasie is nie ‘n wyse besluit nie.• Eiendomsagente doen vergelykende waardasies as deel van hul algemene besigheid en sal heel moontlik u eiendom gratis waardeer.Vra u rekenmeester om u besigheid te waardeer:• Indien u of u gade ‘n besigheid besit mag die waarde daarvan heel moontlik meer wees as net die rekenaars, tafels en motors.• Die goeie naam wat aan die besigheid geheg word, patente, ander intellektuele eiendom, ens. kan aansienlike waarde inhou.• Indien u gade ‘n aandeel of belang het in ‘n groter entiteit kan die waarde van daardie belange ‘n aansienlike deel van die gesamentlike boedel uitmaak, selfs al is daardie entiteit op daardie die stadium nie winsgewend nie.

Page 68: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Bereken onderhoud vir kinders:• Elke land het sekere riglyne vir die betaling van onderhoud - hierdie riglyne is nie wette nie, maar hangafvandiebehoeftesvandiekind,medieseuitgawesendieinkomsteenfinansiëleposisievan beide ouers.• Die hof het ‘n diskresie wat die bedrag van onderhoud betref - indien die ouers nie ooreen kan kom oor die bedrag onderhoud wat betaal moet word nie kan die hof ‘n bedrag vasstel.

Pro se of doen dit self egskeidings:• In eenvoudige sake waar geen kinders betrokke is nie, dit ‘n kort huwelik was en daar min bates tussen die partye is kan baie tyd en geld gespaar word met ‘n pro se egskeiding.• In Suid-Afrika kan partye optree sonder regsverteenwoordiging indien hulle dit so verkies en self hul egskeiding behartig.

Praat met u prokureur se sekretaresse:• Vir eenvoudige vrae soos of ‘n faks al ontvang is en of iets al gebeur het is dit dikwels vinniger en goedkoper om die sekretaresse te vra.

Praat met u sielkundige:• Talle mense maak die fout om die kundigheid van die deskundiges met wie hulle te doen kry te verwar.Uprokureurisdiebestehulpbronasditkombyregskwessiesenufinansiëleadviseuras ditkombyfinansiëlekwessies,maarvirdieemosioneleuitdagingsverbondeaan‘negskeidingisu sielkundige die een wat u kan bystaan - byna alle mense wat skei misgis hulle met die emosionele uitdagings van ‘n egskeiding.• Die haastige besluite wat partye dikwels neem terwyl hulle aan emosionele pyn ly kan baie vinnig enige skikkingsooreenkoms ongedaan maak.• Deur emosionele ondersteuning te kry en die ander party se emosies te hanteer sal grotendeels bydra tot ‘n suksesvolle skikkingsooreenkoms. • Maak seker dat die persoon wat u raadpleeg oor die kundigheid relevant tot u probleem beskik, om

sodoende die beste resultate te kry en ook geld te bespaar.

Praat met ‘n finansiële beplanner:• Vir talle mense is egskeiding die grootste ekonomiese besluit wat hulle ooit sal neem en tog verwag baie van hulle van hul prokureur om hierdie tipe vrae te antwoord: o Hoeveel is die pensioen werd? o Watse inkomste kan ek verdien vanuit ‘n enkelbedrag-ooreenkoms? o Wat is die bedrag onderhoud wat ek nodig het om kop bo water te hou? o Wat as die broodwinner sterf of gestremd raak gedurende betaling van die onderhoud?• ‘nGesertifiseerdefinansiëleontlederofbeplannerkanunienethelpomopdievoordeligstewyse u bates te verdeel en kontantvloei te verseker nie, maar ook om uself te bemagtig tydens die o organg na u nuwe lewe.• Baie vrouens hanteer nie die betaling van rekeninge tydens die huwelik nie en het nie ‘n duidelike begripvanhullewenskostenie.Teneinde‘nfinansieelstabieletoekomsteversekermoetbatesna die egskeiding belê word. • Soveelvrouensleweinvreesvanarmoede,maardeurbeheerteneemoorufinansiëlewelstandsal help om hierdie vrees te beveg.

59

Page 69: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding 60

Doen u eie kopieerwerk:Openbaarmakingvanfinansiëleinligtingmoetallesoppapierweesenaldiebetrokkepartyemoetkopieëdaarvan hê. U prokureur moet ‘n fooi hef vir die tyd wat sy personeel spandeer om kopieë van jou papier-werk te maak.Gaan na ‘n plek wat kopieë maak en maak drie kopieë van alles, een vir u, een vir u prokureur en een vir u finansiëlebeplanner.

Maak gebruik van alternatiewe geskil beslegting:• Mediasie/bemiddeling is ‘n manier om beheer te neem oor u egskeiding. Indien u en u gade kan saam werk, al is dit nie deur middel van direkte kontak nie, kan mediasie gebruik word om die uitkoms van u egskeiding te bepaal sonder om elke aspek te bestry. • Veral in die geval waar daar kinders betrokke is lyk die toekoms dikwels beter as die egskeiding nie in ‘n oorlog ontaard nie.• Vir baie mense is dit makliker om met mekaar saam te werk as om hulle prokureurs te kry om ‘n skikkingsooreenkoms aan te gaan.Lei uself op:• Ten einde die maksimum voordeel te trek uit die tyd wat u met u prokureur spandeer, is dit

belangrikdatuvertroudraakmetdieproseswatgevolggaanword.Diehofsefinansiëlevormskan u insig gee in u maandelikse lewenskoste.• Daar is baie inligting oor egskeidingsprosedures beskikbaar. Dit sal u help om die terme wat u prokureur gebruik te verstaan en te weet wat aangaan.

Verstaan die verrekenbare uur:• Die geneigdheid om u prokureur oor elke vraag wat opduik te skakel is verstaanbaar, maar hoe beter ingelig en georganiseerd u is wanneer u met u prokureur praat en vrae vra, hoe minder van sy duur tyd sal u in beslag neem.• Dit is beter om deur middel van epos of faks met u prokureur te kommunikeer.Laat u gade die dagvaarding uitreik:• Daar bestaan gewoonlik ‘n behoefte om die een te wees wat die egskeiding aanvra - dit gaan gepaard met ‘n persoon se trots en ego.• Dit is erger prakties voordelig om te wag dat die ander party dit doen aangesien dit gepaard gaan met sekere uitgawes soos prokureurs- en baljukostes.• Die party wat die egskeiding aanvra is die eiser en sal in die hof moet getuig.Verkoop van jul huis:• Die huis is dikwels die man en vrou se grootste bate en grootste uitgawe.• Indien u die huis met die verdeling van die bates gekry het, is u nie net verantwoordelik vir die betaling van die verband nie, maar vir al die aanvullende instandhoudingsuitgawes ook.• Usalheelwaarskynlikdiehuismoetlaatherfinansieromdieverbandinunaamtelaatregistreeren dit sluit sekere fooie in. • Wanneer u op die punt kom wat u besef dat die huis te veel vir u is om te hanteer en besluit om dit te verkoop, sal u die koste verbonde aan die verkoopstransaksie moet verhaal.• Daar moet ook in gedagte gehou word dat skulddelging u nog ‘n groot som geld kan kos. Dit is dus beter om die huis te verkoop voor die egskeiding terwyl albei partye in die koste kan deel.

Page 70: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Assesseer u pensioenplanne:• Die waarde van die pensioen en u aandeel daarin moet bepaal word. Dikwels sal dit die geval wees dat 50% van iemand se pensioen die gade toekom by egskeiding.

Kry ‘n goeie prokureur:Soms sal kliënte ‘n prokureur kies volgens dit wat hy per uur vra, maar hou in gedagte dat ‘n duur prokureur meer koste effektief kan wees aangesien hy moontlik ‘n beter skikkingsooreenkoms kan bewerkstellig of die saakinminderurekanafhandel.Maaksekerdatuprokureurinfamilieregspesialiseersodathyspesifiekekwessies, byvoorbeeld ‘n gade in die buiteland, kan hanteer.

Gaan u rekeninge na:• Kyk of daar enige buitengewone uitgawes aangegaan is nadat u reeds uitmekaar is - gaan die ander persoon uitgawes aan wat nie u verantwoordelikheid is nie?• Urekeningereflekteeruenugadeseuitgawesenleefstyl.Deururekeningenategaansalukan sien watter uitgawes onnodig is wanneer u nie alles kan betaal na die egskeiding nie, dit werp ook lig op die ander persoon se uitgawes en watter nie regverdig kan word as redelike uitgawes nie.

Probeer ‘n skikkingsooreenkoms aangaan:• Hoe meer u onderling kan skik sonder die gebruik van prokureurs, hoe makliker, vinniger en meer

vriendskaplik is die hele proses.• Indien u kinders het gaan die ander persoon nog lank in u lewe wees en gaan dit samewerking tussen u verg, byvoorbeeld wie vir universiteitsopleiding gaan betaal, ens.

Moenie oor die kinders baklei nie:• Die kinders word gewoonlik die meeste geaffekteer deur die egskeiding. Kinders moet weet dat alhoewel die ouers mekaar nie meer lief het nie, hulle albei steeds die kinders lief het. • Ouers kan meestal goeie en effektiewe ouerskapsplanne uitwerk wat hulle in staat stel om saam te werk tot voordeel van die kinders.• Indien die ouers nie tot so ‘n vergelyk kan kom nie kan hulle bygestaan word deur ‘n prokureur of ‘n

bemiddelaar.

Moenie oor persoonlike eiendom baklei nie:• Dis sinneloos om die prokureurs te laat argumenteer oor sitkamerbanke of kombuisware. Maak eerder ‘n lys van alles wat elkeen wil hê en onderhandel met mekaar oor die items wat beide graag sou wou hê. • Indien hierdie verdeling oneweredig is kan dit regverdig gemaak word deur geld te betaal of ander bates by te voeg.• Waar foto’s die kwessie is kan dit bloot gekopieer word. Dit is dikwels nie die bates self wat die probleem is nie, maar die sentimentele waarde wat mense aan hierdie besittings heg.• Egskeiding is die begin van ‘n nuwe lewe. Wettiglik is dit ‘n gebeurtenis, maar in werklikheid is dit ‘n proses. Deur kennis in te win en emosioneel sterk te staan gedurende egskeiding sal u in staat stel om ‘n sleutelrol te speel in die vorming van u toekoms.

61

Page 71: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

EK WIL SKEI MAAR KAN NIE DIE DIENSTE VAN ‘N PROKUREUR BEKOSTIG NIE. SAL DIE REGSHULPRAAD MY HELP?

Die Regshulpraad kan hulp verskaf aan diesulkes wie wil skei. U sal eers ‘n ‘vermoëns toets’ moet voltooi omtesienofukwalifiseer.U sal nie regshulp verkry indien:• daar ‘n redelike moontlikheid bestaan dat u met u gade mag herenig nie;• die direkteur van die raad van mening is dat nie u en u gade genoeg gedoen het om tot ‘n vergelyk te kom nie;• u voorheen van die Regshulpraad gebruik gemaak het om te skei, maar toe besluit het om voort te gaan met die huwelik;• daar geen kinders by die egskeiding betrokke is nie.U kan ook die plaaslike gesinshof nader, indien een wel in u area beskikbaar is, vir ‘n koste effektiewe eg-skeidingprosedure.

62

SORG VAN DIE KINDERS (TOESIG EN BEHEER) • Sorg (toesig) het twee bene, naamlik; o gesamentlike sorg;

o uitsluitlike sorg.

Gesamentlike sorg:• Waarouersgesamentlikefisiesesorgtenopsigtevanhulkindersuitoefen,drahullegelykwaardigby tot besluitneming ten opsigte van die kinders se basiese behoeftes en welstand.• Hulle spandeer ook gedeelde tyd saam met hul kinders. Hierdie situasie sal druk plaas op die kinders en mag ook persoonlike praktiese probleme veroorsaak ten opsigte van die kinders se roetine, bv. onderrig, ens.• So ‘n reëling sal ook praktiese huishoudelike probleme veroorsaak, bv. die voorsiening van twee huishoudings wat op ’n permanente basis volledig toegerus is vir die kinders se behoeftes ens. Hierdie reëling is gewoonlik nie prakties uitvoerbaar nie en word selde ingestel.• Gesamentlike sorg word meer algemeen beoefen - beide ouers deel in die langtermyn besluitneming tenopsigtevandiekindsewelsynenbasiesebehoeftesmaardiefisiesesorgwordaanéénvandie ouers toevertrou.

Uitsluitlike sorg:• Uitsluitlike sorg sal nie ligweg toegestaan word aan slegs een ouer nie weens die beperkings wat dit plaas op die regte van die ander ouer.• Wanneeruitsluitlikesorgtoegestaanword,beskiksodanigeouerooreksklusieweregs-enfisiese regte ten opsigte van die kind.• Toekenning van hierdie aard word ingekort tot gevalle waar die een ouer as onbevoeg beskou word as gevolg van dwelmverslawing, kindermishandeling ens. Hierdie ouer mag wel aansoek doen om gedeeltelike besoekregte, wat onder toesig sal plaasvind.• ’n Tussentydse bevel kan aangevra word deur ‘n ouer indien goeie rede daarvoor bestaan soos wanneer die ander ouer die kind mishandel het.

Page 72: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand63

DIE ROL VAN DIE GESINSADVOKAAT TYDENS EGSKEIDINGS • Elke afdeling van die hooggeregshof het ‘n gesinsadvokaat kantoor beskikbaar om die hof in skeisake by te staan.• Die rol van die gesinsadvokaat is hoofsaaklik om voogdyskap, toesig en toesighoudende regsaangeleenthede te ondersoek en voorstelle aan die hof te maak.• Die gesinsadvokaat mag ook as hof verteenwoordiger optree vir kinders wie se ouers besig is om te skei.• Die hof mag ook versoek dat die gesinsadvokaat ‘n ondersoek om te bepaal wat die beste vir die kinders sal wees.• Een van die ouers mag ook die gesinsadvokaat versoek om ‘n ondersoek te doen in geskille oor toesig waar beide die ouers toesig en beheer wil bekom.• Die ouer wat sodanige ondersoek aanvra sal nie verantwoordelik wees vir enige kostes verbonde daaraan nie.

TOEGANG TOT KINDERS: • Die ouer wat nie volle beheer oor die kinders het nie is geregtig op redelike toegang tensy ’n hof bevel anders bepaal.

• ‘n Hofbevel is nie nodig ten einde die reg tot redelike toegang daar te stel nie. ‘n Skeihof versuim dikwels om uitdruklik ‘n bevel ten opsigte van toegang uit te reik.• Om ‘n ouer te belemmer of te verhinder om so ‘n reg tot redelike toegang uit te oefen is ‘n oortreding en mag veroorsaak dat die oortreder skuldig bevind word aan minagting van die hof.• ‘n Ouer wat benadeel is deur ‘n toegangsbevel kan die hof nader vir die wysiging daarvan.• Toegang mag deur die hof ingekort word in omstandighede waar die beste belang van die kinders sodanige ingryping verg.

Kantore van die GesinsadvokaatOos-Londen 043 722 8866/7 [email protected] Graaff-Reinet 049 891 1207 [email protected] Mthatha 047 532 3998 [email protected] Elizabeth 041 585 5718 [email protected] Port Elizabeth 041 585 5718 [email protected] Bloemfontein 051 447 1115 [email protected] Johannesburg 011 333 3724 [email protected] Pretoria 012 323 0760 [email protected] Durban 031-310 6500 [email protected] New Castle 034 326 4932 [email protected] Pietermaritzburg 033 342 0616 [email protected] Polokwane 015 817 1200 [email protected] Nelspruit 013 752 2755/ 2762/ 2920 [email protected] Witbank (Vosman) 013 752 2755 [email protected] Kimberly 053 833 1019 [email protected]

NUTTIGE KONTAKNOMMERSSien ook kontaknommers van die Regshulpsentrums

Page 73: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding 64

Mafikeng 0183889500 [email protected] 018 388 9500 Kaapstad 021 426 1216 [email protected] George 044 802 4200 [email protected] Worcester 023 347 1238 [email protected]

Page 74: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Page 75: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

REGSHULP

Hoofstuk 6

SolidariteitHelpende Hand

®

Page 76: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

INLEIDINGDie Suid-Afrikaanse Regshulpraad voorsien professionele regsadvies en –verteenwoordiging aan persone wat dit nie kan bekostig nie.Die Regshulpraad prioritiseer die volgende aangeleenthede op grond van die voorskrifte van die Grondwet:• kinders in siviele aangeleenthede;• enige persoon wat in aanhouding is;• enige persoon wat aangekla word van ’n misdryf;• enige persoon wat wil appelleer;• vroue–spesifiekmetbetrekkingtotegskeiding,onderhoudengesinsgeweld

SAKE WAT VIR REGSHULP KWALIFISEERIndienuvirregshulpinSuid-Afrikakwalifiseer,kanumetdievolgendesakebygestaanword:

KRIMINELE SAKE:’n Kriminele saak is waarin u aangekla word van ’n misdryf.U in die volgende gevalle bygestaan word:

• om teen ’n vonnis te appelleer;• indien u deur mede-gevangenesse mishandel word;• u verkeerdelik deur die SAPD gearresteer is;• u deur die SAPD aangerand is.

SIVIELE SAKE:Siviele sake is wanneer ’n regter/landdros genoodsaak word om ’n dispuut tussen twee partye aan te hoor en ’n uitspraak ten gunste van een party te maak.Soms gebeur dit dat ’n saak in die kriminele- en siviele hof aangehoor moet word.Siviele sake sluit die volgende in:

FAMILIE-REG:Indienukwalifiseer,kanregshulpverleenwordwanneerdaarfamilie-problemevoorkom.Dievolgendeisvoorbeelde hiervan:• Die moeder/vader van u daarvan om u kind te sien.• U vind uit dat u onwetend met iemand getroud is.• Uwordfisiek-ofemosioneledeurugademishandel.• Aanneming van u jonger sibbe indien u ouers oorlede is.• U word uit die skool geskors op gronde van agterstallige skoolgeld, maar u het nie ouers om u finansieelteondersteunnie;• In die geval van ’n onbeplande swangerskap waar u druk van die ander party ervaar om die baba te aborteer of nie.

HOOFSTUK 6REGSHULP

67

Page 77: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

UITSETTINGS:Indienukwalifiseer,kanregshulpverleenwordindienuonwettiguituwoning-ofgehuurdewoningforseerword. U kan ook in die volgende sake met betrekking tot uitsetting ondersteun word:• Wanneer u uit u woning forseer word sonder ’n hofbevel of wetlike kennisgewing.• Wanneer u u huurkontrak kanselleer en die eienaar weier om u deposito terug te betaal.• Die akte van u eiendom in iemand anders se naam geregistreer is.• U ’n eiendom koop wat gelyktydig aan iemand anders verkoop is.• Indien u as ’n werknemer op ’n plaas woonagtig is en die eienaar van die plaas weier dat u, u familie-lid op die plaas begrawe.

KONTRAKTUELE ASPEKTE:Indienukwalifiseer,kanregshulpverleenwordindienuproblememet’nkontrakof’nooreenkomstussenu en ’n ander party ondervind.U kan ook teen onregverdige klousules in die kontrak wat u regte aantas beskerm word.Die volgende is voorbeelde van probleme wat uit kontrakte kan voortspruit:• Wanneer u ’n persoon of besigheid wil dagvaar as gevolg van dienste wat nie na wense gelewer is nie;

• WanneerUonwetendgesteeldegoederekoopenditnaafloopvandietransaksieeersuitvind;• Wanneer u goedere aangekoop het van iemand wat gelikwideer is en die likwidateur die goedere wil terughê;• Wanneer u goedere aangekoop het of gehuur het wat beskadig is.

ARBEIDSREG:Konflikbinne’nwerksomgewingkanverskeievormsaanneem,byvoorbeeld:• U word sonder die korrekte prosedures afgedank;• Nadat u bedank of afgedank is en u aansoek om u pensioen doen, die werkgewer versuim om u pensioen uit te betaal;• U werkgewer werkloosheidsversekering van u salaris verhaal het, maar dit nie aan die Departement van Arbeid oorbetaal het nie.• U werkgewer versuim om u salaris aan u te betaal;• U word afgelê en na drie maande is u vergoedingspakket steeds nie uitbetaal nie.

Arbeidsgeskille soos hierbo genoem word kan by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie - KVBA (CCMA) aangemeld word.

68

Page 78: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

WIE KWALIFISEER VIR REGSHULP?Regshulp Suid-Afrika het ’n mandaat van die Suid-Afrikaanse Grondwet om die behoeftige persoon te onder-steun met regshulp. U sal versoek word om ’n vorm te voltooi wanneer u aansoek om regshulp doen – dit word ’n middele-toets genoem en die doel daarvan is om vas te stel wat u verdien.

REGSHULP VIR INDIVIDUE:• Ukwalifiseerindienunetto-inkomsteR5,500ofminderpermaandis. (Netto-inkomste is die bedrag nadat belasting afgetrek is)REGSHULP VIR HUISHOUDINGS:• Indien u ’n huishouding vir meer as vier aande per week deel en die res van die huishouding deel die lewenskoste word die huishouding se totale inkomste geëvalueer – regshulp sal slegs toegestaan word aan huishoudings wat minder as R6000 (netto-inkomste) per maand verdien.REGSHULP VIR HUISEIENAARS:• Indien u ’n huiseienaar is, moet die waarde van die huis en inhoud daarvan nie meer as R500 000 wees nie.• Die huis moet u enigste eiendom wees en u moet daarin woon.REGSHULP VIR PERSONE WAT HUUR:• Indien u ’n woning huur, moet die totale waarde van u besittings (insluitend u motor en meubels) nie meer as R100 000 wees nie.

WIE KWALIFISEER OUTOMATIES VIR REGSHULP?Persone wat toelae vanaf SASSA (Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid) ont-vang en bejaardes:• Indienu’nSASSA-toelaagontvang,kwalifiseeruoutomatiesvirregshulp,sonderomdie middele-toets te doen. • Bewys van die toelaag moet gelewer word.Kinders:• Kinderskwalifiseeroutomatiesvirregshulpinkriminelesakesonderdathulleaandie middele-toets onderhewig is.• Indien ’n kind in ’n siviele saak betrokke is, moet die kind se familie aansoek doen om regshulp wat die middele-toets insluit.

69

Page 79: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

REGSHULP – TOLVRYE NOMMER 0800 110 110SUID-AFRIKAANSE VEREENIGING VIR ARBEIDSREG (SASLAW):Johannesburg: [email protected] Durban: [email protected] Kaapstad [email protected] Port Elizabeth [email protected] SASLAW webtuiste www.saslaw.org.za CCMA DIENSSENTRUM 0861 16 16 16 [email protected]

REGSHULPSENTRUMS IN SUID-AFRIKA

HOOFKANTOOR (011) 877 2000OOS-KAAP STREEKKANTOOR: PORT ELIZABETH (041) 363 8863Aliwal-Noord (051) 633 2530 of (051) 633 2155Butterworth (047) 401 3800 or (047) 491 0006Oos-Londen (043) 704 4700Graaff-Reinet (049) 807 2500Somerset Oos satelliet kantoor (042) 243 0610Cradock satelliet kantoor (046) 645 2279Grahamstad (046) 622 9350Fort Beaufort (046) 645 2279King Williams Town (043) 604 6600Stutterheim satelliet kantoor (043) 683 1090Port Elizabeth (041) 408 2800Humansdorp satelliet kantoor (042) 295 2794 of (042) 295 2906 of (042) 295 2799 of (042) 295 2782Queenstown (045) 807 3500

NUTTIGE KONTAKNOMMERS

VRYSTAATSE EN NOORD-WES STREEKKANTOOR: BLOEMFONTEIN (051) 412 8040 of (051) 412 8041 of (051) 412 8048 of (051) 412 8046 of (051) 412 8051 of (051) 412 8050Elliot satelliet kantoor (045) 931 1984 of (045) 931 1988Uitenhage (041) 991 1811Kirkwood satelliet kantoor (042) 230 0713

70

Page 80: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Bethlehem (058) 303 6824Ficksburg satelliet kantoor (051) 933 3061 of (051) 933 4089Bloemfontein (051) 447 9915 of (051) 447 7263Botshabelo (051) 534 4398Ladybrand satelliet kantoor (051) 924 0356 of (051) 924 0350Kroonstad (056) 216 4800Phuthaditjhaba (058) 713 4953 of (058) 713 4983Vrede satelliet kantoor (058) 913 3521Welkom (057) 357 2847 of (057) 357 1680Klerksdorp (018) 464 3022 of (018) 462 2070Wolmaransstad satelliet kantoor (018) 596 2775 of (018) 596 2733Lichtenburg (018) 632 7600Delareyville (053) 948 1092Mafikeng (018) 381 1096 of (018) 381 4582Potchefstroom (018) 293 0045Carletonville satelliet kantoor (018) 787 2346Rustenburg (014) 592 3185 of (014) 592 3186 of (014) 592 3188 of (014) 592 3190Vryburg (053) 927 0095

WES- EN NOORD-KAAP STREEKKANTOOR: STELLENBOSCH (021) 861 3000

Colesberg (051) 753 2280 of (051) 753 2281De Aar (053) 631 1950 of (053) 631 0790Victoria-wes (053) 621 0039Kimberly (053) 832 2348Hartswater satelliet kantoor (053) 474 0341Upington (054) 337 9200Kuruman satelliet kantoor (053) 712 3782Prieska satelliet kantoor (053) 353 1098 of (053) 353 1184

71

Page 81: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding 72

Athlone (021) 697 5252Mitchells Plain (021) 370 4257Bellville (021) 949 3062Caledon (028) 212 1815Swellendam satelliet kantoor (028) 514 3026Kaapstad (021) 426 4126George (044) 802 8600Beaufort-Wes satelliet kantoor (023) 415 1689Riversdal satelliet kantoor (028) 713 4620Oudtshoorn satelliet kantoor (044) 279 2255Malmesbury (022) 482 1784Atlantis satelliet kantoor (021) 572 8522Vredenburg satelliet kantoor (022) 713 1006Stellenbosch (021) 882 9221Vredendal (027) 201 1030Calvinia satelliet kantoor (027) 341 2240Springbok satelliet kantoor (027) 718 2449Worcester (023) 348 4040

GAUTENG STREEKKANTOOR: PRETORIA (012) 664 2921Benoni (011) 845 4311Nigel satelliet kantoor (011) 814 5159Germiston (011) 842 7300Johannesburg (011) 870 1480Krugersdorp (011) 660 2335Pretoria (012) 401 9200Vereeniging (016) 421 3527Heidelberg satelliet kantoor (016) 341 4430Frankfurt satelliet kantoor (058) 813 1624

KZN STREEKKANTOOR: PINETOWN (031) 717 8450Durban (031) 304 0100Empangeni (035) 792 4949Ladysmith (036) 638 2500Estcourt satelliet kantoor (036) 352 1997New Castle (034) 328 7100Dundee satelliet kantoor (034) 212 4351Pietermaritzburg (033) 394 2190Greytown satelliet kantoor (033) 417 2146Pinetown (031) 719 2700Port Shepstone (039) 688 9600Kokstad satelliet kantoor (039) 727 5081Vryheid (034) 989 8300

Page 82: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

Page 83: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

GESINSGEWELD & beskermingsbevel

Hoofstuk 7

SolidariteitHelpende Hand

®

Page 84: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

HOOFSTUK 7GESINSGEWELDINLEIDINGDie Wet op Gesinsgeweld (No. 116 van 1998) het op 15 Desember 1998 in werking getree. Die doel van hierdie wet is om slagoffers teen gesinsgeweld te beskerm.Dit stel ‘n prosedure daar vir ‘n persoon om aansoek te doen om ‘n beskermingsbevel by die hof.Die wet verwys na die persoon wat die aansoek bring as die “klaer” en die persoon wat ‘n daad van gesins-geweld gepleeg het as die “respondent”.

WAT IS GESINSGEWELD?Die volgende handelinge word beskou as dade van gesinsgeweld:• fisiekemishandeling;• emosionele mishandeling; • verbale- en sielkundige mishandeling;• ekonomiese mishandeling;• seksuele mishandeling.Diewetbreiookdiedefinisieuitnaintimidasie,teistering,agtervolgingenskadeaaneiendom.Die wet vereis dat die klaer en die respondent in ‘n gesinsverhouding moet wees of moes gewees het.

WAT IS ’N GESINSVERHOUDING?’n Gesinsverhouding is die verhouding tussen ‘n klaer en ‘n respondent op enige van die volgende maniere:• Hulle is of was met mekaar getroud, insluitend ‘n huwelik volgens enige wet, gebruik of godsdiens. • Hulle (hetsy hulle van dieselfde of van die teenoorgestelde geslag is) saamwoon of in die verlede saamgewoon het volgens die bepalings van ’n huwelik, maar is nie met mekaar getroud nie.• Hulle is die ouers van ‘n kind.• Hulle is die persone wat ouerskapsverantwoordelikheid vir die kind het of gehad het (hetsy op dieselfde tyd of nie). • Hulle is familielede wat verwant is deur middel van bloedverwantskap, aanverwantskap of aanneming. • Hulle is of was verloof, in ‘n verhouding of ‘n gebruiklike verhouding insluitend ‘n werklike of veronderstelde romantiese, intieme of seksuele verhouding van enige duur. • Hulle deel of het onlangs dieselfde woning gedeel.

Die begrippe “gesinsverhouding” en “gesinsgeweld” word dus breedvoerig omskryf in die Wet op Gesinsgeweld sodat die wydste moontlike beskerming aan slagoffers van gesinsgeweld verleen kan word.

• Asu‘nslagoffervangesinsgeweldisen‘nbeskermingsbevelvirueiefisiekeenemosionelewelstand benodig, moet u so spoedig moontlik regsadvies inwin.• Bystand deur ‘n prokureur of die regshulpkliniek in ’n aansoek om ‘n beskermingsbevel sal verseker dat die vereistes behoorlik nagekom word en dat die nodige en korrekte inligting in die aansoek weergegee word.• ‘n Slagoffer kan ook in sy of haar persoonlike hoedanigheid die hof nader. Die klerke van die gesinsgeweldhof sal u bystaan.

75

Page 85: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding

BESKERMINGSBEVEL‘n Beskermingsbevel kan beskryf word as ‘n tipe hofbevel wat vereis dat partye sekere handelinge moet verrig, of nie moet verrig nie. Hierdie bevel word deur die hof toegestaan om sekere billike regstappe toe te staan, byvoorbeeld:• Geen persoon mag ‘n handeling uitvoer wat op gesinsgeweld neerkom nie.• ‘n Persoon wat geld verskuldig is, soos huur-, verband- of onderhoudsgelde, dit moet betaal.• ‘n Persoon moet vuurwapens of gevaarlike wapens aan die polisie oorhandig indien daar ’n risiko bestaan dat die persoon hierdie wapens kan gebruik om leed aan ander te doen.

• Dit is ook belangrik om regsadvies en regsverteenwoordiging te bekom indien ‘n beskermingsbevel téén u versoek word, omdat die proses misbruik kan word en so ‘n bevel, wanneer toegestaan, ernstige gevolge vir die kriminele rekord van die respondent kan inhou.

76

HOE WORD ’N BESKERMINGSBEVEL BEKOM?Indien dit nodig is om uself deur middel van ‘n aansoek om ‘n beskermingsbevel te beskerm, moet u van die volgende aspekte kennis neem:

• Maak seker dat die hof jurisdiksie in u woongebied het.

• Kontak die hof om seker te maak op watter dae aansoeke om ‘n beskermingsbevel gedoen word, omdat baie howe net op sekere dae hierdie aansoeke hanteer, tensy u aansoek dringend is en u voel dat u lewe bedreig word.• Voor die verkryging van ‘n beskermingsbevel moet u aansoek doen om ‘n tussentydse beskermingsbevel.• Dietussentydsebevelbepaaldiedatumwaaropdiefinalebeveloorweegsalword.• Sodradiefinalebevelgemaakis,isditvankragenkanditslegsveranderwordindienusó‘n aansoek tot die hof rig. • Sodra ‘n tussentydse bevel toegestaan is, moet ‘n afskrif van sodanige bevel op die respondent beteken word deur die polisie of ‘n balju van die hof.

• Die respondent het dan die geleentheid om die saak te verdedig teen die keerdatum, en die landdroshetdiediskresieomdit‘nfinalebeveltemaakofnie.

BELANGRIKE INLIGTING OM IN TE DIEN BY DIE AANSOEK OM ’N BESKERMINGSBEVELDit is belangrik dat daar soveel moontlik inligting aan die hof gegee word wanneer aansoek om ’n besker-mingsbevel gedoen word. Volg die volgende riglyne:• Dokumenteer alle insidente van gesinsgeweld. Datums en tye van insidente is belangrik.• Maak seker u het u identiteitsdokument byderhand tydens die aansoek;• Bekom alle relevante inligting oor die persoon teen wie die beskermingsbevel gemaak moet word, insluitend die volgende: o sy/haar huisadres; o telefoonnommers; o identiteitsnommer.

Page 86: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand77

Die volgende is nie ’n vereiste nie, maar sal nuttig wees:

• foto’sindiegevalvanfisiekemishandeling-dielanddrossalderhalwe’nbeterbegripvirulydinghê;• ’n foto van die beweerde oortreder – dit kan die polisie help om hom/haar uit te ken wanneer die beskermingsbevel op hom/haar beteken moet word;• dokumentasie wat bewys dat goedere wat beskadig is, aan u behoort;• foto’s van die geweld aan eiendom of goedere;• indien moontlik, briewe van professionele persone wat die mishandeling bevestig;• beëdigde verklarings van persone wat ooggetuies van die mishandeling was; • ‘n J88-vorm wat deur ’n dokter voltooi is: o Die J88-vorm het ’n tekening van ’n mens se liggaam daarop. o Nadat die dokter die klaer ondersoek het, word die beserings op die skets aangedui. o Die J88-vorm is waardevolle getuienis in die hof. o U kan ’n J88-vorm by u naaste polisie-stasie bekom; o Indien u ’n tydelike beskermingsbevel het, neem dit saam na die polisie-stasie. o Indien die polisie u nie van ’n J88-vorm kan voorsien nie, kan u dit by die klerk van die hof waar die tydelike beskermingsbevel uitgereik is, bekom.

o Neem die J88-vorm na ’n dokter toe wat u beserings sal ondersoek en die vorm sal voltooi. o Maak twee afskrifte van die J88-vorm en handig een by die polisiestasie in en bewaar die ander kopie.

MOONTLIKE REDES VIR ’N BESKERMINGSBEVELU hoef nie ‘n kriminele klag te lê om ‘n beskermingsbevel te bekom nie. Indien u ‘n slagoffer is van enige vorm vangesinsgeweldwatookas‘nmisdaadgekwalifiseerword,kandaaraansoekgedoenwordom‘nbesker-mingsbevel, ‘n kriminele klag, of beide. Sommigevoorbeeldevangesinsgeweldwatookasmisdadegedefinieeris,sluitin:• gewone aanranding;• verkragting;• bloedskande;• poging tot moord;• die mishandeling van diere.

GEVOLGE INDIEN DIE BEPALINGS VAN DIE BESKERMINGSBEVEL NIE NAGEKOM WORD NIE• Indien die respondent die voorwaardes van die beskermingsbevel verbreek, het die oortreder ‘n misdaad gepleeg. • Hy sal gestraf word vir die misdaad van minagting van die hof.• Dit geld selfs al is die oortreding nie ‘n werklike misdaad, soos manipulerende gedrag, nie. • Indien die verbreking op sigself ‘n misdaad is, soos aanranding, kan die oortreder vervolg word vir minagting van die hof sowel as aanranding.• Indien die respondent, die bepalings van die bevel oortree, moet u die polisie onmiddellik daarvan in kennis stel. Die polisie sal dan voortgaan om hom/haar te arresteer.

Page 87: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding 78

• Dit is belangrik om daarop te let dat sodra ‘n landdros ‘n tussentydse beskermingsbevel toestaan, die dossiernommer in u identiteitsdokument aangebring sal word om te verseker dat die polisie bewus is van die aangeleentheid indien sake versleg.• Dit is ook belangrik dat u sal terugkeer na die hof op die keerdatum, want indien u versuim om dit te doen, sal die landdros die tussentydse bevel ophef en die saak sal van die rol geskrap word.

TEISTERINGVoor die inwerkingtreding van die Wet op Beskerming teen Teistering (No 17 van 2011) op 27 April 2013 was die verkryging van ‘n beskermingsbevel teen teistering ‘n langdurige en duur proses. Die situasie het egter sedertdien drasties verander. Een van die belangrikste oorwegings wat bygedra het tot die inwerkingtreding van die wet was om behoeftiges persone wat nie ’n prokureur kan bekostig nie, tegemoet te kom. In een van die eerste sake waar ‘n bevel kragtens hierdie wet toegestaan is, het dit slegs vyf ure geneem om die bevel te verkry en dit teen minimale moeite en koste.

WATSE GEDRAG WORD AS TEISTERING BESKOU?Voordat ‘n aansoek om ‘n beskermingsbevel oorweeg word, moet daar egter vasgestel word watse gedrag as teistering beskou kan word:

Teistering word oor die algemeen beskryf as optrede wat volgens die oordeel van ‘n redelike persoon, waarskynliksielkundig,geestelik,fisiekofekonomiesvirdieslagofferbeledigendenskadelikkanwees.Dievolgende is voorbeelde van teistering:• afloer;• agtervolging;• die aanhoudende stuur van SMS’e, e-posse of briewe wat die effek van bedreiging of afpersing het.

Nietemin moet daar fyn onderskeid getref word tussen boodskappe in die middernagtelike ure wat as ‘n liefdesverklaring beskou kan word en middernagtelike boodskappe wat seksueel van aard is en verleentheid veroorsaak. Die inwerkingtreding van hierdie nuwe wet beteken dat “kuberboelies” ook aangekla en vasget-

rek kan word voordat hulle iemand skade berokken. Kuberboelies is gewoonlik mense wat eksplisiete video’s of foto’s van ander sonder hul toestemming op sosiale netwerke plaas.

BESKERMING VAN DIE WET TEEN TEISTERING:

Die Wet op Beskerming teen Teistering bepaal ook dat daar selfs ‘n beskermingsbevel teen teistering verkry kan word, al is die identiteit van die teisteraar onbekend. In so ‘n geval sal die hof gelas dat die polisie onder-soek instel ten einde die identiteit van die teisteraar vas te stel. Dit weerspieël ‘n belangrike beweegrede agter die inwerkingstelling van die Wet. Snelle tegnologiese ontwikkeling het meegebring dat elektroniese teistering baie maklik is. Hierdie vorm van teistering vind veral onder skoolkinders plaas en is ‘n effektiewe metode van intimidasie en bedreiging. In sulke gevalle sal die hof ook die elektroniese diensverskaffer gelas om die identiteit van die oortreder bekend te maak. Hierdie wet is ook ontwerp om dieselfde vinnige aansoek om ‘n beskermingsbevel wat vir algemene teistering geld, op elektroniese teistering van toepassing te maak.

Page 88: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

HOE WORD ’N BESKERMINGSBEVEL TEEN TEISTERING BEKOM?

Die metode om ‘n beskermingsbevel teen teistering te bekom, is soos volg:• Wanneer u seker is u word geteister, kan u bloot ‘n beëdigde verklaring by die naaste landdroshof aflê(diehofmoetegtergeleëweesbinnediegebiedwaardieteisteringplaasgevindhetofbinnedie gebied waar die teisteraar woon).• Let daarop dat die bevel tydelik van aard sal wees en slegs toegestaan sal word indien die teisteraar se optrede u bedreig of u skade berokken.• Die volgende stap is ‘n aansoek om ‘n permanente beskermingsbevel.• Die aansoek word dan op die teisteraar beteken om hom/haar te verwittig van die datum waarop dieaansoekomdiefinalebeveldeurdiehofaangehoorgaanword.• Indien die bevel permanent gemaak word en die teisteraar met sy/haar optrede voortgaan, kan die polisie se hulp gevra word.• In so ‘n geval sal die teisteraar in hegtenis geneem word en gestraf word met ‘n boete of gevangenis straf wat nie vyf jaar oorskry nie.• Sou iemand ‘n vals klag van teistering lê, kan hy/sy op dieselfde wyse as hierbo verkla word.

79

DOEL VAN DIE WET OP BESKERMING TEEN TEISTERINGDie doel van hierdie wet is die volgende:• om teistering te bekamp;• om as hulpmiddel te dien vir behoeftiges wat nie regshulp kan bekostig nie;• die beskerming van kinders - teistering word veral ernstig geag wanneer dit by kinders kom, aangesien ons Grondwet die beste belang van ‘n kind baie hoog ag;• om beskerming teen teistering daar te stel deur ’n vinnige en goedkoop proses.

Dit is dus elke persoon se plig om homself/haarself of sy/haar kind teen teistering te beskerm deur dit aan te meld by die klerk van die naaste landdroshof om ‘n beskermingsbevel te bekom.

KRISISPLAN IN DIE GEVAL VAN GESINSGEWELDIndien u aan die risiko van gesinsgeweld blootgestel word, is dit belangrik om ’n krisisplan gereed te hê:• Verseker dat u foon altyd byderhand en gereed vir gebruik is.• Hou altyd ’n lys van noodnommers byderhand.• Indien u in ’n beskermingsbevel het, maak seker dat die mense wat u gereeld besoek, byvoorbeeld familie/bure ’n kopie daarvan het.• Versteek geld op ’n veilige plek indien u die huis vinnig moet verlaat.• Sorg dat u ’n ekstra stel sleutels vir die huis en motor het.• Indien moontlik, sorg dat u ’n stel klere vir uself en u kinders gepak het wat op ’n veilige plek is, soos byvoorbeeld by die bure.• Indien u van voorneme is om u gade/saamleefmaat te verlaat, doen dit terwyl hy/sy nie daar is nie.• Maak seker dat u al u noodsaaklike dokumente soos identiteitsdokument, mediese kaart en bankkaarte in u besit het.

Page 89: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding 80

NUTTIGE KONTAKNOMMERS

Departement van Justisie – Bevordering van die regte van kwesbare groepe Gauteng: Pretoria 012 315 1458 www.justice.gov.za

Ukukhanya (Somerset-Wes) 021 850 0061 [email protected] https://www.facebook.com/ukukhanya

Lifeline 011 422 4242 of 0861 322 322 [email protected]

Domestic violence Helpline 0800 150 150Kinderlyn 0800 055 555Gesinsgeweld SAPS 012 393 2363 072 804 5210 [email protected]

The Open Door Crisis Care Centre - Pinetown 084 409 2679

Page 90: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Solidariteit Helpende Hand

BRONNELYS

Howe, D. (2011) Attachment across the life course: a brief introduction. Basingstoke: Palgrave Macmillan.

Child Welfare Information Gateway (2009) Understanding the effects of maltreatment on brain development (PDF). Washington, D.C.: United States Department of Health and Hu-man Services.

http://www.communitas.co.za/ouerskap-mobile/378-dissipline/

https://www.westerncape.gov.za/topics/

https://www.westerncape.gov.za/topics/

www.sassa.gov.za/index.php/knowledge-centre/

http://www.blacksash.org.za/images/yourrights/older

http://www.egskeiding.org.za/index.php/

http://www.sassa.gov.za/index.php/knowledge-centre/category/37-afrikaans

Kinderwet (No. 38 van 2005)

Child Justice Act (No. 75 van 2008)

Wet op Gesinsgeweld (No. 116 van 1998)

Wet op Voorkoming en Behandeling van Substansmisbruik (No. 70 van 2008)

Wet op Egskeiding (No. 70 van 1979)

Wet op Onderhoud (No. 99 van 1998)

Wet op Beskerming teen teistering (No. 17 van 2011)

81

Page 91: Maatskaplike Hulp - Solidariteit Helpende Hand · Maatskaplike Hulp Handleiding ’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van

Maatskaplike Hulp Handleiding 82