die bordkryt - nommer 5

7
BORDKRYT DIE 2016 • Nommer 5 V andag is ’n bewys dat ons gebede nie beskaam nie,” het Aros se uitvoerende hoof, Niclaas Roets, by die gradeplegtigheid op 15 Maart 2016 gesê. Dié geleentheid was Aros se heel eerste gradeplegtigheid. Mnr. Roets het vertel van al die moeite wat in hierdie groot aand ingegaan het: studente wat hard werk; toetse en eksamens wat gemerk word; dosente wat lesings voorberei; administrasie en registrasie; studiegidse wat ontwerp word en die bemarking van Aros. Alles saam het hierdie suksesvolle gradeplegtigheid vooruitgeloop. Die gradeplegtigheid het by die Atterbury Teater in Pretoria plaasgevind. Van die oomblik wat die akademiese prosessie die gebou ingekom het, het daar ’n opwinding en ’n soort akademiese elektrisiteit in die lug gehang. Een van Aros se studente, Erhard Swart, het ’n spesiale lied (geskryf deur een van Aros se eie peroneellede, mnr. Hennie Vallentgoed) vir die geleentheid gesing. Daar is ook twee prestasietoekennings toegeken. Leandré Fourie het die toekenning gekry vir die beste akademiese Dalene de Vente Redakteur Aros se eerste gradeplegtigheid lewer 66 nuwe onderwysers Mev. West besoek Amerika Alumni kry toekennings Biblioteek skuif Wie is die Wiskunde- dosent? 4 7 4 8 presteerder en het R3000 van Aros ontvang. Silja Meijer, het vir haar prestasie as die beste presteerder in Bybelkunde R2000 gekry. Nadat 66 nuwe onderwysers hulle graad ontvang het – en offisieel as Aros se heel eerste alumni-groep aangekondig is – het prof. Barry Richter sy gelukwense oorgedra. “Onderwysopleiding is ’n belegging in die toekoms en vir ons land,” het hy gesê. Aros is bly om ook te belê in die toekoms van Suid- Afrika deur die opleiding van Christelike onderwysers. Die aand is afgesluit met lekker kos en koffie, terwyl die dosente vir oulaas met die nuwe onderwysers kon gesels.

Upload: aros-akademie

Post on 30-Jul-2016

306 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Die Bordkryt - Nommer 5

TRANSCRIPT

Page 1: Die Bordkryt - Nommer 5

BORDKRYTDIE

2016

• N

om

mer

5

Vandag is ’n bewys dat ons gebede nie

beskaam nie,” het Aros se uitvoerende hoof, Niclaas Roets, by die gradeplegtigheid op 15 Maart 2016 gesê. Dié geleentheid was Aros se heel eerste gradeplegtigheid. Mnr. Roets het vertel van al die moeite wat in hierdie groot aand ingegaan het: studente wat hard werk; toetse en eksamens wat gemerk word; dosente wat lesings voorberei; administrasie en registrasie; studiegidse wat ontwerp word en die bemarking van Aros. Alles saam het hierdie suksesvolle gradeplegtigheid vooruitgeloop.

Die gradeplegtigheid het by die Atterbury Teater in Pretoria plaasgevind. Van die oomblik wat die akademiese prosessie die gebou ingekom het, het daar ’n opwinding en ’n soort akademiese

elektrisiteit in die lug gehang. Een van Aros se studente, Erhard Swart, het ’n spesiale lied (geskryf deur een van Aros se eie peroneellede, mnr. Hennie Vallentgoed) vir die geleentheid gesing.

Daar is ook twee prestasietoekennings toegeken. Leandré Fourie het die toekenning gekry vir die beste akademiese

Dalene de VenteRedakteur

Aros se eerste gradeplegtigheid lewer 66 nuwe onderwysers

Mev. West besoek Amerika

Alumni kry toekennings

Biblioteek skuif

Wie is die Wiskunde-dosent?

4

7

4

8

presteerder en het R3000 van Aros ontvang. Silja Meijer, het vir haar prestasie as die beste presteerder in Bybelkunde R2000 gekry.

Nadat 66 nuwe onderwysers hulle graad ontvang het – en offisieel as Aros se heel eerste alumni-groep aangekondig is – het prof. Barry Richter sy gelukwense oorgedra. “Onderwysopleiding is ’n

belegging in die toekoms en vir ons land,” het hy gesê. Aros is bly om ook te belê in die toekoms van Suid-Afrika deur die opleiding van Christelike onderwysers.

Die aand is afgesluit met lekker kos en koffie, terwyl die dosente vir oulaas met die nuwe onderwysers kon gesels.

Page 2: Die Bordkryt - Nommer 5

Ek is tans in my derde jaar by Aros. Die derde jaar het uitdagings van sy eie en elke jaar is ’n trappie hoër as die vorige jaar, maar met harde werk en toewyding kom ’n mens bo uit.

Carla Roux

AROS is Awesome …

Soms is die duisternis

stil en die son se strale helder. Jy wonder wat

soek jy hier? Wat is jou doel in die lewe? Hoe ek dit sien, God het spesifiek jou lewenspad uitgelê, al dink jy nie altyd so nie, al voel jy nie altyd so nie. Aros is deel van daai spesifieke pad. Wees uniek, wees jouself, wees die wonderwerk wat jy weet jy is. Raak betrokke, doen baie, wees moeg, gee net jou beste! Dis hoe ek die emosies en gedrag van universiteit sal omskryf. Daar is soveel geleenthede by Aros om mee betrokke te raak, soveel lewens wat verander kan/gaan word. Mens moet net vertroue in jouself hê en die lewe geniet. Moenie enige iets oordink nie, volg jou hart. Aros is meer soos ʼn familie as ʼn tersiêre instansie. Funksies is intiem, mense gee om en die liefde asook warmte word aangevoel vanaf alle kante. My sienning is, maak jou merk want dis hoekom jy op aarde geplaas is en by Aros ingeskryf het …

Marisce Dold

As iemand my vra om hierdie laaste 6 maande op te som, sou ek vir hulle hierdie uitgawe

van Die Bordkryt gee. Aros kon met trots hulle eerste gradeplegtigheid hou en Die Bordkryt was daar om die oomblik in woorde vas te vang. Die biblioteek het geskuif en is groter en mev. West gaan Amerika besoek.

Dit is lekker om studentebriewe en gedigte te lees en só julle almal te betrek. Julle is welkom om briewe en foto’s te stuur. Daar is ʼn gesegde wat lui: “If you want to change the word, pick up your pen.” Mag hierdie uitgawe julle inspireer om jou pen op te tel en iets oor Aros te skryf.

Die eerste uitgawe van 2016 is iets waarop ek baie trots is. Sonder die redaksiespan se idees en harde werk, sou hierdie uitgawe nie moontlik gewees het nie. As jy belangstel om deel te word van die pret, stuur gerus ʼn e-pos aan [email protected].

jou redaksie

Wil jy graag betrokke raak by ons volgende uitgawe?

Stuur ’n e-pos na [email protected] met jou idee of artikel.

2 | Die Bordkryt Nommer 5 • 2016 Nommer 5 • 2016 3 | Die Bordkryt

jou sê

Ons wil graag jou mening, stories,

gedigte, voorstelle en opinies hoor!

Stuur ’n e-pos na [email protected]

Die SR-Voorsitter sê dankie

Die redaksiespanHoe ervaar ’n eerstejaar student Aros?

In die begin oorweldig die

werkslading ’n mens (veral as jy

’n rukkie uit die ritme van studeer was). Mens weet nie werklik waar om te vat en waar om te los nie, maar soos wat mens weer in die ritme kom, is die donker tonnel al amper ’n helder, wit lig. Die personeel is heel aangenaam en praat jou taal. Die dosente weet waardeur mens gaan en hulle doen moeite met hulle lesse. Die lewe van ’n Aros-student is veel anders as kom ons sê ’n Tukkies-student. Jou vryheid is onbeperk, jy kan jou dag spandeer soos jy wil (verkieslik met jou studies), daardeur sal die werk massa nie so groot wees aan die einde van die week nie. Dit verg baie goeie dissipline, veral omdat niemand jou daagliks monitor nie. Ek vind dit ’n aangename reis by Aros, want daar is nie een skool waar jy jouself kan uitleef met mense met dieselfde passie en liefde vir kinders soos hier by Aros nie.

Ashlee Delport

Hoekom Aros?

Toe ek in my matriekjaar

besluit om onderwys te studeer moes ek

besluit waar ek wil gaan studeer. Ek het na my opsies gekyk en besluit Aros is die beste universiteit vir my. Dit was ’n maklike besluit vir die volgende redes:

1. Grondslagfase Onderwys is my passie en by Aros kan ek my BEd Grondslagfase Onderwys in Afrikaans verwerf.

2. Aros se Christelike beginsels is ook my beginsels en by Aros leer ek hoe om die Christelike grondslag en beginsels by my leerders tuis te bring.

3. Omdat ek slegs Vrydae klas het by Aros, gee dit my die geleentheid om voltyds as assistent by ’n skool te werk en elke dag ondervinding op te doen wat van onskatbare waarde is.

Tillie Herbst

“Spinnekoppe love my bloed, ek is baie bang

vir hulle!”

Ruaan de Beer

“Look to da left, and you’ll miss the robbery on

da right”

Sonja Coertzen

“Ek het ʼn passie vir skoonmaak en binnehuis-

versiering”

Jolanda Badenhorst

“Ontsettend bang vir slange en ek skrik baie

maklik!”

Jenette Webb

“Hou van perdry en lang stappies

in die dorp.”

StudenteskribbelBriewe en gedigte deur Aros-studente

SandsporeDanika Roussouw

My skuilplek is waar die winde woes waaien die waters borrel en bruis, tol en draai.Dis waar die doudruppels tog so sout

hul een vir een in my hare kom tuismaak.Dis waar ek my sug van verligting slaak

na ’n harde jaar,o, die bagasie was swaar…

Nou kry ek kansom met die golwe te dans.

Om die fyn korrels te voel wegsak met elke tree,om die lug in te adem o, hoe mooi is die see!Om te hoor hoe breek die magtige tollende

watermassa teen die rotseen opspring asof dit in ’n fluisterstem wil sê:

“Ek is hier,kom speel met my…”

Dis die plek waar ek kan dinken in die saligheid van die natuur kan wegsink

terwyl ek toekyk hoe die laatmiddag sonstrale oor die waters blink.Dís die plek waar ek voel hoe God se genade my toevou.

Aan hierdie gedagte sal ek vir altyd vashou…Dis nou tyd om opnuut te lewe

en die nuwe reis verder aan te pak met bene wat bewe,maar aan die einde kom maak ons weer ’n draai,

dáár waar die waters borrel en bruis, tol en swaai.

Sommer netAnoniem

Sommer net omdat jy die eerste een wasom jouself te nooi vir tee;

sommer net omdat jy vir my die motordeur oopmaak en voor almal vir my vrugtesap gee;sommer net omdat jy ná Bybelstudie

met jou fiets by die straatlig vir my wag;en as ek die geut afry, vind ek jou

dubbelgevou op die dou-nat gras en lag.

Sommer net want ek en jy kan so vurig baklei:oor die Reformasie, oor Hitler en oor Rusland.

Jy vertrou my met jou seerkry en bied vir my jou hart aan.

Daarom sal ek as die bose magte jou siel probeer opeisvir jou bid

totdat my knieë bloei en my trane by die koue vloer intrek.

Dit was ʼn groot voorreg om deel te wees van Aros hierdie afgelope semester. Die semester

was propvol en die pad het partykeer onmoontlik gevoel. Ek is trots op elke student wat Aros so mooi verteenwoordig. Ons (die Studenteraad en die Huiskomitee-lede,) streef na ʼn omgee-kultuur en ons werk hard om dit ʼn werklikheid op kampus te maak. Ons is almal dankbaar vir die Here wat ons leiding gee en ons help om te fokus op dit wat belangrik is.

Ek sien so uit vir die res van 2016. Ek weet dit sal geseënd wees, dat ons lekker aksies het en ’n spesiale dinee beplan. Ek wens julle soveel voorspoed vir die eksamens toe. Ek wil ook net dankie sê vir almal wat Aros ’n spesiale plek maak. Saam sal ons aanhou en uithou om dit net beter en beter te maak. Baie liefde

Volg ons op LinkedIn

Volg ons op Facebook

Kry al jou inligting op ons webwerf

Klets saam op Twitter

“Ons is almal dankbaar vir

die Here wat ons leiding gee

en ons help om te fokus op dit

wat belangrik is.”

Page 3: Die Bordkryt - Nommer 5

4 | Die Bordkryt Nommer 5 • 2016 Nommer 5 • 2016 5 | Die Bordkryt

Die biblioteek skuif na ’n nuwe perseel

Aros personeel en hul dinge...Mev. Joyce West gaan Amerika toe vir 5 maande

jou persoonlike lewe

Daar kom tye in ons lewens wat ons geneig is om op al die negatiewe dinge te fokus. Ons word moeg, gespanne en mismoedig. Opdragte moet in, toetse lê voor en by die werk loop alles

verkeerd. Intussen gaan die lewe voort en ons moet bybly en voldoen aan al die eise wat mense en die wêreld aan ons stel. Klink dit bekend? Ek deel graag die volgende storie:

’n Brood val eendag uit ’n bewegende boorwa en rol ’n entjie verder. ’n Klein stukkie breek af en bly in die straat lê. Drie mossies peil gelyk daarop af en probeer elkeen ’n stukkie van die brood kry. Hulle baklei so hard daarvoor dat nie een van hulle die groter deel van die brood raaksien, wat net ’n entjie vêrder van hulle af lê nie.

Soms fokus ons so op kleindingetjies, maar vergeet die groter doel. Ons raak so bekommerd oor die krummels van ’n toets wat ons moet skryf, maar die hele brood van seëninge, van die geleentheid wat ons het om te studeer, kyk ons mis. Ons kwel ons oor die krummels van moeilike werksomstandighede, maar die hele brood van die seën om ’n werk te hê waar ons, ons roeping kan uitleef kyk ons mis. Ons spandeer al ons energie aan die krummels, maar dit maak ons nie gelukkig nie. Kom ons fokus hierdie week op dinge wat werklik belangrik is.

Here, dankie dat U my seën met die hele brood!

Kyk jy na die krummels of sien jy die hele brood?

“Soms fokus ons so op klein dingetjies, maar vergeet die groter doel.”

Mev. Ninette Coetzee (Studente-Ondersteuningskoördineerder)

Eerstejaars 2015 Tweedejaars 2015 Derdejaars 2015

1 Danika Rossouw Charlaine Van Staden Lizelda Houman

2 Derica Van Jaarsveld Cornelia Wehrmann Lee-Anne Visser

3 Daniella Botha Bianca Kachelhoffer Sashi Visser

4 Marlize Labuschagne Heidi Van Eeden Cecilia Janse van Rensburg

5 Mariska Last Leandri Oosthuizen Chani Krüss

6 René Pretorius Trés-Jolie Hougaard Stefnie Loots

7 Louise Van Zyl Ananda Hayes Vanessa Kemp

8 Janna Van der Westhuizen Juli Serfontein Selmarie Kahts

9 Veronica Fick Inge Wassermann Suné Swart

10 Corlia Thomas Monique Cantamessa Juanita Pieterse

TOP 10 van 2015

Mev. Joyce West, ONHT-dosent by Aros, gaan vir 5 maande Amerika toe om die Dordt College te besoek. Tydens Prof. Van Soelen se besoek aan Aros in die begin van 2015

het hy mev. West genooi om vir ʼn semester by die Dordt College te gaan doseer. Mev. West het aansoek gedoen vir ’n Fulbright Scholarship, ʼn internasionale beurs en

aan die einde van 2015 het sy dit ontvang. Fulbright is in beheer van al die reëlings en kommunikasie tussen mev. West, Aros en Dordt College.

Mev. West gaan in die 5 maande wat sy daar is, ʼn meestersklas loop en doseer by die Opvoedkunde departement van Dordt College. Sy noem dat sy en Prof. Marra hoop om saam ʼn navorsingsartikel te publiseer. Mev. West vertel dat sy tydens haar besoek ook by ʼn gemeenskaplike skool betrokke gaan wees, “sodat teorie en kennis met mekaar verbind kan word.”

Tydens Mev. West se besoek aan Dordt College is een van haar belangrikste doelwitte om ondersoek in te stel oor hoe Dordt College funksioneer as ʼn Reformatoriese Christelike instelling. “Ek wil graag idees en kennis verkry oor hulle Reformatoriese onderrigwyse en hoe studente dit in skole implementeer en hulle roeping uitleef.” Nog ʼn doelwit is om ʼn vergelykende navorsingstudie te doen oor veeltaligheid, taalonderrig en hoe taalbeleide toegepas word.

Mev. West noem dat sy nog nooit in Amerika was nie. Sy is optimisties oor die nuwe ervaring en die uitdagings wat vir haar voorlê.

Aan die begin van 2016 het Aros se biblioteek na ʼn nuwe gebou geskuif. Die nuwe biblioteek het altesaam 35 werkstasies waar studente hulleself kan besig hou met hulle studies. Een van die personeellede, Mev. Rina White sê dit is goed dat die

biblioteek nou groter is en dat daar nou bietjie meer studente van die biblioteek gebruik kan maak. Die biblioteek by Aros is al sedert 2012 oop vir die studente om boeke uit te neem. Daar is tans 2179 boeke, 7 DVD’s en 6

CD’s om uit te neem en drie personeellede wat daar werksaam is.

Hoe die biblioteek voorheen gelyk het

Hoe die biblioteek nou lyk

Al die werkstasies in die biblioteek

Dalene de Vente

jou kampus

Dalene de Vente

Het jy geweet?

Dordt College is 14 000km

van Aros af...

Page 4: Die Bordkryt - Nommer 5

Ruaan de Beer

Nege flink-dink groepe het bymekaargekom vir ’n intellektuele oorlog – en dit was ’n

fees met Petrus Harmse as die aanbieder. Daar was kragte gemeet om te kyk wie die vinnigste, maar ook slimste antwoorde kon neer pen. Sodra meneer Petrus ʼn vraag vra, was die groepe aan die gons, maar daar was twee groepe wat uitgestaan het.

6 | Die Bordkryt Nommer 5 • 2016 Nommer 5 • 2016 7 | Die Bordkryt

Eerstejaarskamp 2016

Na al die HK-lede en seniors se harde voorbereiding, was die eerstejaarskamp

van 2016 verseker die beste eerstejaarskamp nog ooit. Op 26 Januarie, nadat almal teruggekeer het van ’n luilekker vakansie, het die eerstejaars, vol energie en gereed vir ’n heerlike kamp by Aros se hekke opgedaag.

Die Rigters teen Concordia: ʼn stryd wat nie een groep gewonne sal gee nie! Wie kry die naaste beddens? Albei groepe staan gereed op die slagveld en elkeen gooi een skoen ver in die lug. Skielik is dit ʼn mengelmoes van Rigters en Concordiane wat spat in verskeie rigtings, opsoek na hulle een skoen sodat hulle eerste kan sit en die naaste beddens aan die eetsaal kan kry.

Daar was drie briljante lesings gelewer. Mev. Van Rhyn het kom praat oor hoe ’n Aros-student lyk, volgens die ABC (dit was trouens, ook die kamp se tema). Daarna het dr. Buys se lesing gevolg oor Christelike leierskap. Ds. Le Roux en sy vrou het die laaste lesing aangebied en oor verhoudings gesels.

Die oomblik wanneer Go Big or Go Home van Imagine Dragons gespeel het, moes alle studente, asook HK-lede en seniors in die eetsaal wees. Die temalied dryf alle eerstejaars

“Die beste kamp ooit!”Jenette Webb

seker al teen die mure uit en bewaar jou siel as jy laat is… (Ek hoop jy kan soos ʼn Skotse ballerina dans?)

Die hoogtepunte van die kamp was natuurlik die tradisies wat die HK-lede en seniors help volhou het. Die eerstejaars is drie uur Woensdagoggend wakker gemaak, met ʼn groot vrees vir hul lewens dat daar ʼn vuur is. Almal moes in rye op die rugbyveld staan en hulself tel om seker te maak almal is daar. Daarna moes elke daghuis ʼn kreet uitwerk sodat hulle die dosente behoorlik kan groet wanneer hulle aankom. Elke HK-lid en senior het ook tyd gehad om bybelstudie saam met die groepe te doen. Woensdagaand moes elke groep op ʼn tipiese Afrikaanse boereliedjie mimiek, wat hulle deur die dag geoefen het. Ons wil baie geluk sê aan een van die HK-lede, Wouter Roets, wie se groep die prys ingepalm het!

Dankie aan mej. Bester (nou mev. Coetzee) en mnr. Viljoen wat saam op die kamp was en soveel moeite gedoen het, asook elke persoon wat die kamp moontlik gemaak het. Die eerstejaars van 2016 is hier om almal te wys hulle is gereed vir hul ABC Arrie reis…

Aros se quiz-aand: ’n intellektuele oorlog

By Aros se eerste gradeplegtigheid het twee studente met toekennings weggestap: Sijla Meijer vir die beste Bybelkunde prestasie en Leandré Fourie vir die beste algehele prestasie.

Leandré Fourie het R3000 ontvang en Silja Meijer R2000. Die Bordkryt het vir hulle gevra hoe dié oomblik gevoel het…

Twee alumni-studente ontvang toekennings by die gradeplegtigheid

Het jy geweet jy gaan die toekenning kry vir die beste prestasie in Bybelkunde?Ek het glad nie geweet dat hulle ʼn toekenning gaan gee vir die beste prestasie in Bybelkunde nie, so ek het niks verwag nie.

Hoe het jy gevoel toe hulle jou naam afkondig?Dit was vir my ʼn ongelooflike ervaring. Ek was baie opgewonde en uit die veld geslaan.

Jy het op Pretoria FM gepraat oor Aros. Hoe was die ervaring vir jou?Dit was vir my maar baie spanningsvol en ʼn heeltemal snaakse gevoel om op die radio te praat. Ek het glad nie geweet watter tipe vrae hulle gaan vra nie, so ek moes vinnig dink.

Watter raad het jy vir Aros-studente?Studeer hard vir jou eksamens en doen baie moeite met jou semesteropdragte. Waardeer die geleentheid wat jy het om te studeer en werk tesaam, daar is min universiteite wat jou dit kan bied. Wees dankbaar dat jy in Afrikaans jou graad kan verwerf, met baie goeie dosente. Geniet elke oomblik.

Die Snortjoppies het baie hard meegeding met die Mindboggelers en hierdie twee spanne het mekaar in die “sudden death” rondte teë gekom.

Vir die ander spanne was dit nie neusie verby nie, omdat daar tenminste nog ʼn snoepwinkel was vir diegene wat met krokodiltrane huiswaarts moes keer. Hulle kon vir oulaas die gewete sus met ʼn drinkdingetjie.

Daar was sowaar ook ʼn prys op die spel, die Snortjoppies sou moes sterk staan in die gebied van kennis teen die Mindboggelers om die R250 te wen en dan sodoende hopelik die kroon te kry van Flink-dink kampioene. Die weer het selfs ook ʼn sê gehad toe die wind en yskoue druppels begin saamspeel, ja die eindstryd van hierdie kennis oorlog het afgespeel in die reën!

Petrus het dit soveel pret gemaak en die spanne aan die gons gehou, om sodoende helaas die kampioene te kon aankondig. Die Flink-dink kampioene van Aros se “Quiz night” 2016 was die Mindboggelers.

Deur bloed, sweet en reëndruppels het hulle geweet dat geen Tjoppie met ʼn snor hulle sou wen nie.

Wil jy volgende jaar ’n senior op die eerstejaarskamp wees?Stuur ’n e-pos aan: [email protected]

“Ek was baie opgewonde en uit die veld geslaan.”

“Dit het “unreal” gevoel omdat ek dit nie verwag het nie.”

Silja Meijer

Leandré FourieHoe het jy gevoel toe hulle jou naam afkondig? Dit is ’n gevoel wat ek nie kan beskryf nie. Hartkloppings, opgewondenheid en baie emosies in ’n paar sekondes was opgewek. Dit het “unreal” gevoel omdat ek dit nie verwag het nie. Dit het ook lekker gevoel om te weet dat al my harde werk oor die vier jaar, die moeite werd was.

Enige raad aan Aros-studente?Die eerste ding wat ek geleer het toe ek by Aros begin studeer het, is die ABC-metode A- ApplyB- Bottom toC- Chair.Die dosente het hierdie metode ook gereeld aan ons herhaal en ek kan met sekerheid sê dat dit goed werk.Ander raad wat ek kan gee is:Werk hard gedurende die semester en probeer om jou deelnamepunt so hoog as moontlik te kry. Dan sal die eksamenstres nie so erg wees nie en sal jy ook meer ontspanne wees omdat jy so te sê die vak klaar deur gekom het.Moet nooit moed op gee nie. Ek het in my derde jaar gesukkel om aan die leer te kom en wou net opgee. Ek was moeg geswot en wou net nie meer nie. Wanneer jy so voel, is dit belangrik om te onthou dat God jou geroep het om vir Hom ’n onderwyser te wees. Hy is daar vir jou en sal altyd luister wanneer jy moeg is en gereed is vir tou op gee. God het jou geroep om vir Hom te kom werk en ’n verskil in duisende leerders se lewens te maak. Stap een van Sy roeping is om jou graad te voltooi… So “Just do It!”

jou studentelewe jou alumni

Waar werk jy nou en sal jy nog verder gaan studeer?Ek werk tans by Laerskool Paardekraal in Krugersdorp. Ek is ’n Graad 4-onderwyser daar en geniet die leerders baie. Dit is my missie om my honneurs in Opvoedkundige Sielkunde te voltooi, omdat ek graag leerders met ’n leerprobleem vroeg wil identifiseer en help. Ek wil graag daarna my meesters in Opvoedkundige Sielkunde voltooi, omdat ek self een van hierdie leerders was wat ’n leerprobleem in die Laerskool ervaar het. Te danke aan vroeë identifisering, vandag trots kan sê dat ek Aros se top student vir 2015 was.

Page 5: Die Bordkryt - Nommer 5

Datums & Tyd: 2 Augustus – 14:30-17:30 5 Augustus – 14:30-17:30 6 Augustus – 09:00-12:00

Plek: Aros kampus – Seder

Bespreek: Mev Ninette Coetzee [email protected]

Studiemetode werkswinkel

Jy ontvang ʼn sertifikaat as bewys dat jy die

werkswinkel bygewoon het!

Studeer

beter

Presteer beter

Kies ’n datumGRATIS!

8 | Die Bordkryt Nommer 5 • 2016 Nommer 5 • 2016 9 | Die Bordkryt

Prente verkry vanaf: Pinterest (www.pinterest.com)

Waar is meneer gebore?Kimberley in die Noord-Kaap. Dit is baie droog en ek hou nie van die platteland nie, ek verkies die stadslewe meer.

Wie is meneer se rolmodel, en hoekom?Ek glo nie in rolmodelle nie, om te probeer soos iemand anders te wees, voel vir my dat jy nie in jouself glo nie. Elke mens het ʼn klein gawe van God en hy/sy moet dit ontwikkel. Wees net jouself en leef in die oomblik, fokus op jou gawe wat jy van God ontvang het. As ek ʼn naam moet gee sal dit John Nash wees, want hy het Game Theory ontwikkel.

Waar en hoe het meneer se liefde vir wiskunde ontstaan?Ek is afkomstig vanaf ʼn familie waar wiskunde positief was, maar ook ingedril was in ons as kinders. Ek was maar van kleins af goed met wiskunde, maar het in Graad 9 amper Wiskunde gedruip, omdat ek belangstelling gevind het in ander dinge soos: Call of Duty LAN saam met pelle.Ek het na Graad 9 besluit om hard te werk en rigting te vind en omdat ek nog altyd goed was met wiskunde het ek daarin begin presteer.Ek het ʼn groot liefde om mense te help, veral met wiskunde sodat hulle kan groei en verbeter.Ek het 3 jaar gelede by die Universiteit van die Vrystaat se suid-kampus vir minderbevoorregte kinders klasgegee en om te sien hoe hulle waardering toon vir die bietjie kennis wat ek aan hulle oorgedra het, het my liefde vir wiskunde net sterker gemaak. Ek het ʼn gawe gekry vir wiskunde en dit sal net selfsugtig wees om dit nie te deel nie.

Wie inspireer vir meneer om die beste “jy” te wees wat jy kan wees?My studente en vriende wat ek myself mee omring het almal karaktereienskappe wat ek graag sal wil hê, ek gebruik hierdie eienskappe om my te motiveer.

Wie is die Wiskunde-dosent werklik? Die Bordkryt het gaan ondersoek instel in die lewe van Aros se Wiskunde-dosent, Mnr. Jaco Swart.

Ruaan de Beer

Wat is meneer se sleutel tot sukses aan wiskunde studente?Deursettingsvermoë, harde werk, glo in jouself. Oefen, oefen, oefen. Selfs die slimste mense moet hard werk en ook baie oefen.

As meneer op ʼn eiland gestrand sou wees, wie sal meneer wil saam daar hê en hoekom?Angelique Naudé my verloofde. Sy is my beste vriendin en ek wil graag my hele lewe saam met haar spandeer. Ek het nooit geglo in liefde met die eerste oogopslag nie, maar met Angelique het daardie stelling gou verander. Ek het net geweet ek moet saam met haar wees.

Wat is meneer se beste eienskap?My vermoë om iets wat kompleks is, eenvoudig te maak.

Wat is meneer se grootste droom vir die toekoms van Suid-Afrika?Om te sien hoe mense mekaar waardeer en wedersydse respek toon vir mekaar. Om mense te sien vir wie hulle is ongeag hulle kleur, ras, kultuur en afkoms. Om te sien hoe mense ʼn liefde vir wiskunde kry en om wiskunde in Suid-Afrika te bevorder.

Hoe kan meneer met vier woorde meneer self beskryf?Passievol, hardwerkend, ambisieus, nederig

Wat wil meneer nog bereik in die lewe?ʼn PHD agter my naam kry. Ek sou graag ʼn manier wou uitvind om tyd te koop. Ek wil ook die stigma rondom wiskunde verander sodat studente van wiskunde sal hou.

Is daardie meneer se enigste horlosie?Nee ek dra ook ʼn silwer een by die werk, Tommy Hilfiger is my gunsteling merk.

Laaste paar aanmoedigende woorde vir Aros-studente?Moet nie so gou opgee nie, glo in jouself. Wees die beste jy deur om jou genadegawe te ontgin wat jy van God af ontvang het. Leer bietjie om meer te sukkel, moet nie so vinnig tou op gooi nie, kry bietjie deursettingsvermoë.

“Selfs die slimste mense moet hard werk en ook

baie oefen.”

ʼn Onderwyser is meer as net ʼn akademiese handboek op twee

voete. Die legende word op ʼn daaglike basis as ʼn rolmodel gesien en daarom moet hy/sy die voorbeeld van professionaliteit handhaaf.

Die stylvolle onnie se klerekas is een van diversiteit, want hy/sy is ʼn “Jack of all trades” ʼn akteur, ʼn dramaturg, ʼn atleet en die belangrikste van alles, ʼn evangelis.

Die onderwyser bring altyd ʼn dag van harde werk deur met gemaklike kleredrag, want wie het al gesien dat Sonja Laxton die 1500m hardloop in hoё hakskoene? Passiewe onnies sit nooit stil nie – elke dag is net nog ʼn wedloop wat gewen moet word.

In elke professie is daar is paar maatreëls wat ʼn mens moet nakom. Dit is die moets en moenies waarop professionaliteit gebaseer is. Jou voorkoms is ʼn spieëlbeeld van die kwaliteitonderrig wat jy gaan lewer.

Onderwysers dra nie neus- en oogringe nie, want dit sal die kinders se aandag aftrek en die ouers die verkeerde indruk gee. Hulle steek hulle tatoeëermerke weg, onderklere is nooit sigbaar nie, dra hemde/bloese wat geskik is vir fisieke bewegings, en dra nie kledingstukke wat te styf sit nie.

ʼn Stylvolle onderwyser is dus ʼn rolmodel wat die belang van die leerders hoër ag as sy/haar eie.

By hierdie prente is voorbeelde van hoe stylvolle onderwysers kan aantrek.

Die unieke modes van ’n onderwyserSonja Coertzen

Aros-kursusse vir 2016: Netbalkursus (1-dagkursus)PRAK231/331Mev. Melinda de Goede R3005/6 Augustus 2016

Krieketkursus (1-dagkursus)PRAK231/331Mnr. Philip KempR3008 Augustus 2016

Kultuurkursus (1-dagkursus)PRAK331Mev. Sarina DöngesR5008 Augustus 2016

Noodhulpkursus (2-dagkursus)PRAK431Mev. Lorraine NeethlingR350 11 en 12 Julie 2016 13 en 14 Julie 2016

Gaan soek vir nog wenke oor hoe

om professioneel aan te trek op

Pinterest

Reg vir klasgee Pin saam op Pinterest

Page 6: Die Bordkryt - Nommer 5

10 | Die Bordkryt Nommer 5 • 2016 Nommer 5 • 2016 11 | Die Bordkryt

Jy weet jy is terug by die skool as jy ʼn kind bekruip wat besig is om sy maatjie se oor te knyp. “Ek sien jou Derick!” Hy kyk om na my en

skrik. Dalk is ek wreed of iets, maar daar is niks so lekker soos om ’n boelie uit te vang nie. Derick* is daardie tipe: hy knyp sy maatjies se ore. En sodra sy maatjie sy ore terugknyp, dan val hy op die grond neer van pyn en skreeu, “Juffrou, juffrou, hy knyp my!” Dit is werklik ʼn uitdaging om hierdie woelwaters lief te hê. Ek is baie bly ek is die student en nie die onderwyser nie.

Daar is iets aan die eerste dag van skool… Iets in die lug, in die atmosfeer. Afwagting. Opwinding. En of jy ʼn onderwyser is, of ʼn kind, jy voel dit. Juffrou Marie vertel vir haar kinders die skool se reëls op die eerste dag. “Jy mag nie eerste pouse snoepie toe gaan nie. Net tweede pouse.” Om seker te maak almal verstaan, vra sy vir Johan, “So, Johan*, mag jy eerste pouse met ’n hand vol swiets loop wat jy by die snoepie gekoop het?” Johan antwoord selfvoldaan, “Nee juffrou, jy moet TWEE hande gebruik!”

Maandagoggend staan die Graad 1’s in rye op die bakstene voor saalopening. Daar is nie genoeg plek nie, so party kinders moet hulleself maar tussen die pilare probeer inpas. Dit is nogal ’n groot uitdaging vir ’n Graad 1’tjie wat orals kyk, behalwe voor hom. Toe die eerste kind vir die dag in die pilaar vasloop, kry ons hom nog jammer en bewys ons nog simpatie... Maar nadat die derde kind in die pilaar vasloop, en my medestudent haar gesig moet wegdraai omdat sy begin lag…verloor ek ook die stryd. Daar staan ons twee studente toe, terwyl ons wegkyk en wil dubbelvou van die lag.

In die LO-periode speel die kinders ʼn speletjie waar elkeen ʼn spesifieke maatjie het om te vang. Elke nou en dan is daar ʼn seun wat oor die afgebakende gebied hardloop sodat hy nie gevang kan word nie. Die onderwyser sê vir hom, “Nee, as jy oor die lyne gaan hardloop, gaan jy outomaties uit die speletjie wees.” Die seun se maatjie gee so spotlaggie en wys met sy vinger na hom terwyl hy sê, “Ha-ha, jy is tog ou tamaties!”

By etenstyd Dinsdagoggend het Megan* lekker pizza. Haar maatjie, Gina*, wat langs haar sit, maak haar kosblik oop, net om ’n vervelige konfytbroodjie daarin te vind. Gina het verlangend gekyk hoe Megan ’n stuk pizza in haar mond prop. Gina dink so bietjie na... En dan blyk dit dat Gina ’n meesterbrein is, want die volgende oomblik sê sy vir Megan, “Eeuwh...wat eet jy?” Megan kyk verontwaardig na Gina, “Dis nie eeuwh nie, dis pizza!” Sy breek vir Gina ’n stuk pizza af. “Proe dit.” En heel tevrede sit Gina toe en smul aan ’n stuk pizza.

*Skuilname is gebruik

Skooltoebroodjies, pizza’s en ou tamaties...Dalene de Vente

Koningskinderskamp. Vir sommige beteken dit niks

nie, of slegs ʼn woord wat jy al gehoor het, maar vir ander is dit ʼn onbeskryflike ervaring. Wel, wat is daar te sê oor die Koningskinders? Oor die kamp? Wat kan mens sê as woorde nie genoeg is nie? Wat kan mens sê as emosie nie jou gevoelens kan uitdruk nie? Hoe skryf jy iets, maar jy weet nie hoe om die ervaring te verwoord nie?

In Lukas 18 staan daar geskrywe: Maar Jesus het die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.”Wat is koningskinders?

Jaarliks hou dr. Buys en ʼn paar ander kerke ʼn evangelisasie-kamp wat bekend staan as die Koningskinderskamp. Die Koningskindersprojek is ʼn klompie

jare terug begin met die doel om behoeftige kinders te help en te evangeliseer. Die kinders word op ʼn gratis kamp van ʼn week lank geneem en word hulle dan by groepleiers ingedeel. Die groepleiers kry vooraf deeglike opleiding en word enige vrae beantwoord.

Hoe lyk ʼn tipiese dag by die kamp?

Jy word wakker van kinderstemme (en dié wat jou nie wakker maak nie, word gewoonlik ook baie gou wakker gemaak!). Daarna volg daar stiltetyd wat elke groepie apart doen, en dan ontbyt. (Let wel, jy sal nie in jou lewe sulke lekker kos op nog ʼn ander kamp kry nie!) Daar is na elke ete, Woordbediening wat gelei word deur die prediker – dus drie keer per dag, en tussenin is daar baie aktiwiteite. Deur die loop van die dag werk jy ook persoonlike gesprekke met die kinders in jou groep in, sodat jy kan agterkom wat is hul geskiedenis en wat gaan in hul huisomstandighede aan. In

die aande na “Ligte-uit”, is daar refleksie en ʼn kans om bietjie te ontlaai. Doen dit vir ses dae, dan is jou kop deur!

Op die laaste dag van die kamp, die Sondag, ry almal terug en het ons ʼn erediens waarna ons ʼn laaste keer saam eet en daarna die kinders terugbesorg na hul wonings.

Jy dink dalk, is dit nou dit? Klink nie te moeilik nie? Wees gewaarsku, dit is glad nie maklik nie. Dit is nie net ʼn lekker vakansiekamp met ʼn paar kinders nie. Dit is ook verseker nie vir almal nie. Dit gaan ook nie oor jouself nie, dit gaan oor die kinders: 100%, 24 uur per dag, vir 7 dae ʼn week. As jy nie geroep is om dit te doen nie, moet dit eerder nie doen nie. Jy gaan huil, jy gaan lag, jy gaan stories en herinneringe hê wat jou vir jare sal bybly – as jy dit nie vir altyd onthou nie! Jy gaan opgewonde raak, jy gaan bid, jy gaan gefrustreerd wees, jy gaan somtyds jou oë en jou ore nie kan glo nie. Jy gaan moeg wees, in

elke sin van die woord. Jy gaan dalk die kans kry om te sien hoe daar iets baie groter as jy in ʼn kind se lewe begin gebeur. Jy gaan sien hoe oë lig word, hoe ʼn hart sag word, hoe ʼn lewe nuut word.

Laaste ding van die kamp wat jy maar kan weet: Jy kom nie dieselfde terug nie. Jy kyk anders na die lewe, na kinders, na huise, na mense op strate. God gebruik ons dalk vir Sy diens met die kinders, maar Hy laat ons verseker nie onaangeraak bly nie. Jou hart en denkwyse verander. Jy is sterker en op ʼn manier sagter. Dis iets wat mens nie vir iemand kan beskryf nie!

Jesus sê ons moet die kindertjies nie verhinder nie, hulle moet na Hom toe kom. Die koninkryk is vir mense soos hulle, maar wat as hulle nie weet hulle moet na Hom toe kom nie, en hulle nie op ʼn ander manier by die koninkryk kan ingaan nie?

Koningskinders: evangelisasie-projek wat harte veranderAnnie Jongbloed

Dag 1ʼn Heerlike reukEk is dankbaar teenoor God wat ons, omdat ons één is met Christus, altyd saamneem in sy triomftog. Deur ons versprei Hy die aangename geur van Sy kennis op elke plek.2 Korintiërs 2: 14Die Bybel herinner ons dat wanneer ons in ʼn verhouding met Christus staan, ons lewe – ons gesindhede, woorde en optrede – die heerlike reuk van sy teenwoordigheid sal dra. Dit is goed as ons stil word en ʼn bietjie wonder of ander hierdie heerlike reuk ruik in ons nabyheid.

Dag 2Oë wat sienJou oog is ʼn lamp vir jou liggaam. ʼn Skoon oog laat sonskyn in jou siel binne. Maar ʼn bose oog sluit die lig uit en dompel jou in duisternis.Lukas 11:34Toe Jesus met die Nuwe-Testamentiese menigtes gepraat het, het hy hulle aangemoedig om na God te kyk – die Een wat vir ons geestelike visie kan gee. Wanneer ons op God fokus, kan ons onderskei tussen reg en verkeerd, en dinge verstaan wat ons nooit voorheen kon verstaan nie. Wanneer ons na God kyk, word ons lewens vol lig.

Dag 3God dra onsEk sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red.Jesaja 46: 4As volwassene het ek nie die behoefte om fisiek rondgedra te word nie, maar soms moet ek wel geestelik en emosioneel gedra word. Ek is dankbaar dat die God wat my gedra het nog voordat ek gebore is, gewillig is om my vandag nog te dra.

Dag 4 Skoon harteSkep vir my ʼn rein hart, o God. Gee my ʼn nuwe, standvastige gees.Psalm 51: 12Ons harte het ʼn daaglikse reiniging nodig. Hoe genadig is God dat Hy ons nie alleen laat met hierdie taak nie. Ons sal dit nooit alleen kan doen nie. Wanneer ons glo in die bloed wat Hy vir ons gestort het, word ons harte gereinig (1 Joh. 1: 7). Deur Sy Woord was Hy ons van binne af skoon (Joh. 15: 3)

Dag 5God gee omDie Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is.Psalm 34: 19Wanneer die psalmdigter sê die Here is naby die mense wat geestelik stukkend is, praat hy nie van mense wat effens ongelukkig is nie. Sulke mense voel platgeslaan en verslae, dalk selfs wanhopig. Asof hulle siel vertrap, verneder en gekrenk is. Ek is oneindig dankbaar dat God nie ons diepste, rou emosies ontstellend en in swak smaak vind nie, maar dat Hy verstaan en gereed is om ons te help.

Dag 6Ons wonderlike GodGod maak ons so bly! Ons loop oor van al die wonderlike dinge wat ons oor Hom wil sê. Ons wil dit uitsing, ons wil daaroor juig, ons wil aan God al die lof gee wat ons kan. Hoe ongelooflik groot is ons Here!Psalm 47: 2-3, Die BoodskapDaar is niks algemeen, gemiddeld, of doodgewoon omtrent ons God nie. Hy is ongelooflik. Hy is die Allerhoogste God. Watter vrees of uitdaging jy vandag ook al moet trotseer, onthou dat God nie swak, ver of buite ons bereik is nie. Hy is Koning oor die hele aarde!

Dag 7Die smaaktoetsBeproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!Psalm 34:9Is dit nie wonderlik dat die Bybel sê dat ons kan God “proe” nie? In plaas van ʼn vurk, tel ons Sy Woord op en ontdek dat Hy wonderlik is. En dan, wanneer Hy ons begin voed, word ons aptyt groter en wil ons meer tyd deurbring met Sy Woord en deur met Hom te praat in gebed. Net soos ʼn heerlike ete vreugde bring vir die gaste, bring God vreugde in ons harte.

Verwerk uit: Leef nuut vandag, ʼn Lewe die moeite werd (Ellen Banks Elwell)

Dagstukkies vir jou hele weekJolanda Badenhorst

Beskikbare posisies: Fotograaf en Joernalis

Het jy ’n liefde vir foto’s neem? Word deel van Die Bordkryt se redaksiespan.

Stuur vir ons die volgende inligting na [email protected]• Naam en Van • Studentenommer• Watter jaar jy is• Ten minste vyf voorbeeldfoto’s

Sluitingsdatum: 30 Julie 2016

“Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.”

Psalm 34: 19

Page 7: Die Bordkryt - Nommer 5

12 | Die Bordkryt Nommer 5 • 2016

3 inspirerende flieksJenette Webb

Op ’n lui lekker reëndag soos vandag is dit vreeslik moeilik om te leer. ’n Lekker fliek, springmielies en warm sjokolade klink tog na ’n baie beter opsie en ek hoor hoe my hardeskyf my nader roep… Maar moenie vrees, ek gaan steeds studeer, want uit elke van die flieks kan jy leer hoe om

prakties ’n beter onderwyser te wees en leerders te motiveer om hul beste potensiaal te bereik.

God’s not DeadHierdie inspirerende fliek gaan oor

verskillende karakters en elkeen se stories, maar die hoofkarakter is Shane Harper, ’n eerstejaar student wat teen sy filosofie meneer die klas moet oorreed dat God bestaan anders gaan sy filosofie meneer hom druip. Dis ’n moet sien fiek vir elke persoon!

“How can you hate someone when He doesn’t exist?”

“People need to realize you’re always affecting people, 24/7, in a negative way or in a positive way.”

Freedom Writers’n Jong onderwyseres (Hilary Swank)

inspireer almal in haar in-gevaar klas om die waarde van onderwys te sien, te besef dat almal ’n stryd teen iets voer en al moontlik iets verloor het, maar dat dit beter is om te vergewe as om konstant wraak te soek en te haat. Sy leer hulle verdraagsaamheid, hoe om hulself toe te pas en na onderwys te streef selfs na hoërskool.

“I don’t wan’t excuses. I know what you’re up against, we’re all up against

something. So you better make up you’re mind, because until you have

the balls to look me straight in the eye and tell me this is all you deserve, I am

not letting you fail...”

The First Grader Die inspirerende biografie is gebaseer

op die ware verhaal van Kimani Maruge, ’n Keniaan wat in die Mau Mau oorlog geveg het en nou op 84 jarige ouderdom veg vir sy reg vir primêre onderrig, nadat die regering die aankondiging gemaak het van gratis onderwys vir almal in 2003.

“My father had a saying. He was not an educated man, he was a fisherman,

but he said ‘you never stop learning until you have soil in your ears’.”

KAN ʼn OLIFANT SONBRAND?... en ander vrae Camilla de la Bedoyere en Aleksei Bitskoff (skrywers)

Het jy geweet ʼn baba olifant weeg soveel soos agt kinders?

Het jy geweet ʼn olifant se neus is die grootste ter wêreld?

Hierdie storieboek bevat allerhande feite oor olifante en vertel dit op ʼn baie interessante manier. Hierdie boek maak gebruik van snaakse prentjies en kreatiewe woordspeling. Daar is ʼn hele reeks van die stories en dit sal verseker die haasbekkies laat giggel.

Boek-dinge by Aros

jou vermaak

Besoek ons aanlynboekwinkel byhttp://aros.esolve.co.za

R65Tel: 012 332 3227/8E-pos: [email protected]