die huweliksverbondnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/kursushuwelikhersien.pdfwhat every woman...

55
DIE HUWELIKSVERBOND OPGESTEL DEUR Johan Kriel (Kopieë van hierdie kurus mag gemaak word en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei word nie.) E-pos: [email protected] Webwerf: http://www.nuwelied.info

Upload: others

Post on 05-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

DIE HUWELIKSVERBOND

OPGESTEL DEUR

Johan Kriel

(Kopieë van hierdie kurus mag gemaak word en gratis versprei word, maar mag nie

verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die teks aangebring word en dit dan onder

die naam van Nuwe Lied Bediening versprei word nie.)

E-pos: [email protected]

Webwerf: http://www.nuwelied.info

Page 2: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

2

INHOUDSOPGAWE

Bladsy

Deel 1: Doel van Studie en Agtergrond 3

Deel 2: Wees realisties 8

Deel 3: YHVH het die Huwelik Ingestel 14

Deel 4: Doel en Betekenis van `n Verbond 17

Deel 5: En Hulle sal Een Vlees Wees 23

Deel 6: Eenwording met YHVH 27

Deel 7: Die Man en die Vrou se Rol 31

Deel 8: Die Huwelik in Praktyk 37

Deel 9: Die Huwelik is „n Spanpoging 48

Deel 10: Humor en Wyshede 53

Page 3: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

3

DIE HUWELIKSVERBOND

DEEL 1: DOEL VAN STUDIE EN AGTERGROND

DOEL VAN HIERDIE STUDIE

1. Dit is baie makliker om te trou as wat dit is om `n bestuurslisensie vir `n voertuig of `n

vuurwapenlisensie te bekom. Hierdie studie sal elkeen beter voorberei en toerus vir `n

gelukkige huwelikslewe, asook om ander ten opsigte van die huwelik te kan beraad.

2. Die huwelik is `n verbond tussen `n man en `n vrou. Begrip van die doel en betekenis van die

huweliksverbond sal uiteengesit word aangesien dit die grondslag lê vir `n suksesvolle en

gelukkige huwelik wat deur YHVH geseën sal word.

3. Die rol van YHVH in hierdie verbondsverhouding, sowel as die rol van die man en vrou, sal

verduidelik word.

4. In die lig van bogenoemde sal die belangrikste behoeftes van beide huweliksmaats uitgelig en

verduidelik word. Sekere praktiese waarhede van `n huweliksverhouding sal bespreek word.

5. „n Verdere belangrike doel van hierdie kursus is om jou met die werklikheid te konfronteer en

om dit openhartig met jou huweliksmaat / verloofde te bespreek.

6. Hierdie studie is vir die wat getroud is, of beplan om te trou, of wonder hoekom hulle getroud

is. “To change your marriage from bland to grand”.

AGTERGROND

1. Satan is besig met `n totale aanslag teen die mensdom. Die verbrokkeling van huwelike, en

die gepaardgaande traumatiese effek daarvan op die hele gesin, is een area waar Satan baie

suksesvol is.

2. Talle huwelike eindig nie in egskeiding nie, maar is ongelukkig en spanningsvol. Die

resultaat van beide is `n samelewing van talle volwassenes en kinders wat ernstige

emosionele skade het.

3. Vader YHVH is egter ook besig om Sy gemeente (Sy volk) te herstel (te genees en te

restoreer) om `n vlekkelose bruid te wees (2 Pet. 3:14)

4. Vraag: Waarom is die meerderheid huwelike gedoem tot mislukking? Waarom is sommige

huwelike (die minderheid) wel suksesvol? Is dit toeval of is daar wel `n geheimenis wat

ontrafel moet word?

5. Daar is baie boeke, kursusse en beraders wat kan help om `n huwelik `n sukses te maak. Die

antwoord vir `n suksesvolle huwelik word egter in die Afgesonderde (Heilige) Skrifte (die

Bybel) gevind. Derhalwe is die enigste werklike waarborg vir `n suksesvolle en gelukkige

huwelik die insae in wat die woord van YHVH aangaande die huwelik sê en om dit nougeset

toe te pas.

Page 4: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

4

6. Huweliksberading wat nie op die Woord van YHVH gebaseer is nie, moet met versigtigheid

aanvaar word. Die huwelik moet te alle tye uit YHVH se oogpunt benader word.

7. In Ef. 5:32 sê Paulus dat die huwelik `n verborgenheid (geheimenis / ”mystery”) is. In Grieks

het hierdie woord `n godsdienstige strekking en beteken dit:

Insig / kennis wat groot voordeel inhou,

Maar slegs bedoel is vir `n uitgesoekte groepie wat bepaalde „godsdienstige rituele‟

ondergaan het, of wat ingelyf is om toegang tot hierdie kennis te verkry.

8. Huweliksgeluk is dus `n verborgenheid, maar toegang tot hierdie kennis, asook begrip en die

toepassing daarvan, sal `n gelukkige huwelik verseker. Die openbaring van hierdie

verborgenheid is te vinde in die mens se verhouding met YHVH Yeshua en deur Sy Woord

(onderrig en instruksies).

9. Verwys Deut. 28:1 tot 14 en 11:18 tot 28. Vader-God belowe om elkeen in elke area van sy /

haar lewe te seën. Die voorwaarde is egter gehoorsaamheid aan alles wat YHVH ons beveel.

Deel van hierdie seën is jou huis en die wat in jou huis is. `n Geseënde huis beteken `n

geseënde huwelik.

10. Wanneer man en vrou in die huwelik tree, sluit hulle `n verbond met mekaar. Geen ander

ooreenkoms is meer geldig, bindend en heilig (afgesonder) as `n verbond nie. Vader-God is

`n Verbondsgod (Deut. 7:9 en 12) wat getrouheid en eerbiediging van die verbond vereis.

11. Sowat 1200 jaar na die uittog uit Egipte het YHVH deur die profeet Maleagi die volk se

geestelike welstand evalueer en ondermeer gesê dat hulle afgewyk het van YHVH se vereiste

en bedoeling van die huwelik (Maleagi 2:13 tot 16). Daarom het YHVH sy seëninge van die

volk weerhou omrede hulle nie die verbond met die liefde van hulle jeug eerbiedig

(onderhou) het nie.

12. Die volk het afgewyk van YHVH se standaard (vereiste) vir die huwelik en hulle eie

standaard daar gestel. YHVH se standaard is dat hy die huwelik as `n verbond tussen man en

vrou beskou en daarom haat YHVH egskeiding, want dit is die verbreking van `n verbond.

13. Verwys Bylae 1. Die 10 belangrikste eienskappe en verwagtinge, in volgorde van prioriteit,

wat mans ten opsigte van `n vrou koester en wat vrouens ten opsigte van `n man koester,

word gelys. Hierdie opname is onder duisende Christenmans en -vroue in die VSA gedoen.

Dit is die moeite werd om hiervan kennis te neem, want dit lig die verskille uit tussen wat

mans en vroue as belangrik in `n huwelik beskou.

14. Verwys Bylaes 2 en 3. Hierdie vraelyste, een vir mans en een vir vroue, kan gebruik word om

die sukses van jou eie huwelik / verlowing te evalueer. `n Punt van 3 en minder is areas van

frustrasie en ongelukkigheid wat spanning en konfrontasie kan veroorsaak. Dit moet

aangespreek en reggestel word. Hierdie vraelyste kan ook as middel tot gesprek dien om

behoeftes en probleme tussen getroudes / verloofdes aan te spreek. Dit moet egter nooit as

`n wapen tot konfrontasie gebruik word nie!! Dit is ook aan te beveel om eers die kursus

te voltooi alvorens hierdie vraelys vir bespreking gebruik word.

15. Baie Belangrike Vraag: Wat is die grootste oorsaak van `n ongelukkige huwelik?

Page 5: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

5

Antwoord: Selfsugtigheid wat eie voorspoed en geluk bokant die van huweliksmaat en

kinders stel.

16. Dit is ook baie belangrik om te onthou dat in die verlowingsfase sit beide partye gewoonlik te

alle tye hulle beste voet voor! Daarom kan evaluering soos die in Bylae 2 en 3 moontlik nie

die ware situasie wat dit in „n huwelik sal wees, weerspieël nie!

17. Onderstaande is „n baie goeie opsomming van wat liefde is! Meet jouself hieraan wanneer jy

sê dat jy iemand liefhet. Indien jy nie bereid is om op hierdie wyse lief te hê nie, moet jy

liewers nie trou nie!

Liefde het niks te doen met wat jy verwag om terug te ontvang nie. Liefde het slegs

te doen met wat jy bereid is om te gee en ware liefde is bereid om alles te gee. Wat jy

terug ontvang sal wissel, maar dit het geen verbintenis met wat jy bereid is om te

gee of hoeveel jy gee nie. Jy gee alles en verwag niks omrede jy waarlik liefhet!!

Bylae 1. Belangrikste Eienskappe en Verwagtinge in „n Huwelik

Onderstaande tabel vergelyk die 10 belangrikste eienskappe en verwagtinge, in volgorde

van prioriteit, wat mans ten opsigte van `n vrou (huweliksmaat) koester en wat vrouens

ten opsigte van `n man (huweliksmaat) koester. Hierdie opname is onder duisende

Christenmans en -vroue in die VSA gedoen. [“What every man wants in a woman and

what every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005].

MANS VROUE

Seksuele bevrediging `n Man van YHVH

`n Maat met wie hy saam kan ontspan en

pret hê

Romanse in die huwelik

`n Mooi en aantreklike vrou `n Man met `n humorsin

`n Toegewyde tuisteskepper `n Man wat kan kommunikeer

Bewondering en waardering Eerlikheid

`n Vrou met hoë morele standaarde `n Voorsiener in al die behoeftes

`n Vrou met `n sin vir humor `n Gesinsman

`n Intellegente vrou `n Man wat haar respekteer

Iemand wat hy totaal kan vertrou Leierskap deur die man

`n Vrou wat totaal eerlik is. Getrouheid in die huwelik

Stem jy met bogenoemde saam of sal jy die volgorde van die prioriteite wil verander.

Indien wel, stel jou eie lys saam.

Page 6: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

6

Bylae 2: EVALUEER JOU HUWELIK / VERLOWING

VROUE

Evalueer jou huwelik / verlowing en die mate wat jou eggenoot / verloofde aan jou verwagtinge

en behoeftes voldoen deur `n punt uit 5 toe te ken vir elk van onderstaande aspekte in jou

huwelik:

5 = Uitstekend. Jy sal niks anders wil hê nie. Verandering is nie nodig nie.

4 = Baie goed. Daar is egter ruimte vir verbetering, maar jy sal tevrede wees (daarmee

kan saam leef) indien dit nie sou verander nie.

3 = Goed. Daar is egter een of meer areas waar verandering / verbetering noodsaaklik is.

2 = Ontevrede. Voldoen nie aan jou verwagtinge of behoeftes nie.

1 = Uiters ontevrede. Jy beskou jou huwelik/verhouding of betrokke area van jou

huwelik/verhouding as `n mislukking.

Punt

uit 5

Kommentaar

Kommunikasie

(Openhartigheid sonder vrees)

Word gerespekteer (word nie

minderwaardig behandel nie)

1Seksuele intimiteit

(bevrediging)

Romanse (nie seksuele

intimiteit)

Sekuriteit (Volle vertroue in

my huweliksmaat / verloofde,

stel my (en gesin se) belange

eerste)

Leierskap deur my eggenoot

Geestelike (godsdienstige)

bevrediging

Jou huwelik / verlowing in

die geheel

Glo jy `n 5 is haalbaar in elke

area Indien “nee” gee rede en wat

moet verander

JA

Nee

Nota: `n Punt van 3 en minder is areas van frustrasie en ongelukkigheid wat spanning en

konfrontasie kan veroorsaak. Dit moet aangespreek en reggestel word.

1 Seksuele intimiteit voor die huwelik is sonde en daarom behoort verloofdes nie hierdie vraag te

beantwoord nie!

Page 7: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

7

Bylae 3: EVALUEER JOU HUWELIK / VERLOWING

MANS

Evalueer jou huwelik / verlowing en die mate wat jou eggenote /verloofde aan jou verwagtinge en

behoeftes voldoen deur `n punt uit 5 toe te ken vir elk van onderstaande aspekte in jou huwelik:

5 = Uitstekend. Jy sal niks anders wil hê nie. Verandering is nie nodig nie.

4 = Baie goed. Daar is egter ruimte vir verbetering, maar jy sal tevrede wees (daarmee

kan saamleef) indien dit nie sou verander nie.

3 = Goed. Daar is egter een of meer areas waar verandering / verbetering noodsaaklik is.

2 = Ontevrede. Voldoen nie aan jou verwagtinge of behoeftes nie.

1 = Uiters ontevrede. Jy beskou jou huwelik/verhouding of betrokke area van jou

huwelik/verhouding as `n mislukking.

Punt

uit 5

Kommentaar

Kommunikasie

(Openhartigheid sonder vrees)

Word bewonder, gerespekteer

en waardeer.

2Seksuele intimiteit

(bevrediging)

Deel belangstellings, pret en

sin vir humor.

Sekuriteit (Volle vertroue in

my huweliksmaat / verloofde,

stel my en gesin se belange

eerste)

`n Hulp (geestelik, emosioneel

en fisies)

Toegewyde eggenote t.o.v.

selfversorging en as

tuisteskepper

Jou huwelik in die geheel

Glo jy `n 5 is haalbaar in elke

area Indien “nee” gee rede en wat

moet verander

Ja

Nee

Nota:`n Punt van 3 en minder is areas van frustrasie en ongelukkigheid wat spanning en

konfrontasie kan veroorsaak. Dit moet aangespreek en reggestel word.

2 Seksuele intimiteit voor die huwelik is sonde en daarom behoort verloofdes nie hierdie vraag te

beantwoord nie!

Page 8: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

8

DIE HUWELIKSVERBOND

Deel 2: WEES REALISTIES

Alvorens met hierdie kursus verder gegaan word, is dit baie belangrik om realisties na die

huwelik te kyk!!

Die huwelik is „n harde werklikheid wat dikwels „n ontnugtering vir een of beide partye is.

Daarom moet „n realistiese en nugtere benadering tot „n huwelik gevolg word.

Die doel met hierdie gedeelte is om die aandag te vestig op sekere realiteite wat deel is van enige

huwelik en langtermyn verhouding.

WLK TOETS (Ware Liefde Kwosïent / True Love Quotient*)

Dui aan of onderstaande stellings “waar” of “onwaar” is.

GELUKKIGE GETROUDES ..... WAAR ONWAAR

Stry / argumenteer nooit nie

Is nie afhanklik van mekaar nie

Se seksuele behoeftes is dieselfde

Word nooit kwaad vir mekaar nie

Se behoeftes word almal bevredig

Deel alle verantwoordelikheid gelyk

Voel nooit alleen / eensaam nie

Stem oor alles saam

Dink en redeneer dieselfde

Raak nooit verveeld met mekaar nie

Weet presies wat die huweliksmaat se behoefte is

Los alle probleme vreedsaam op

TOTAAL

* The Truth About Love – Dr Pat Love (2001)

Wat is jou WLK? Al die bogenoemde stellings is “onwaar”. Die ideaal is dat al die stellings

“waar” sou wees. Die realiteit is egter dat alle huwelike uitdagings en probleme gaan hê. Die

waarheid is dat alle probleme en uitdagings opgelos kan word mits die Skrifte (Bybel) as die

riglyn vir „n huwelik gebruik word en beide „n vasbeslotenheid het om dit toe te pas.

Page 9: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

9

TIPES LIEFDE

In die Griekse taal (Die taal van die Nuwe Testament) is daar drie tipes (soorte) liefde, naamlik:

Eros. Seksuele liefde. Hierdie woord kom nie in die Nuwe Testament voor nie.

Phileo. Broeder liefde. Vriendskapsliefde. Voorbeeld die gemeente van Filidelfia (Open.

3:7 tot 13) en Yeshua Messias se liefde vir Johannes en Lasarus.

Agape. Die YHVH-tipe liefde. Liefde wat losstaande van emosie is. Liefde wat „n

wilsbesluit is. Dit is die liefde wat ons vir ons medemens moet hê. Dit is die liefde soos in

1 Kor. 13 beskryf word. Dit is hoe Yeshua die gemeente (kerk; ekklesia) liefhet.

Evalueer jou huwelik en verhouding ten opsigte van eros, phileo en agape

Is al drie tipes van liefde aanwesig in jou huwelik of verhouding? (Seksuele intimiteit voor die huwelik is sonde. Die seksuele behoefte en

aangetrokkenheid bestaan egter gedurende verlowing en is dus wel deel van die

verhouding)

Ja

Nee

Watter van die drie tipes ontbreek of is onvoldoende (onbevredigend)

Eros

Phileo

Agape

Watter tipe liefde oorheers in jou huwelik / verhouding of wat is die

motivering vir die huwelik / verhouding?

Eros

Phileo

Agape

Plaas die tipes liefde in volgorde van belangrikheid (priorititeit) vir jou

Eros

Phileo

Agape

Hoekom is jou nommer een prioriteit vir jou belangrik?

OPDRAG: Bespreek bogenoemde met jou huweliksmaat of aanstaande huweliksmaat, maar

neem onderstaande in ag!

1. Jou huwelik / verhouding moet al drie vorme van liefde bevat. In „n huwelik is die

standhoudende (stabiliserende) faktor Phileo en Agape. Eros is vir mans oor die

algemeen meer belangrik as vir vroue.

2. ONTHOU:

Bevredigende (goeie) seks verseker nie „n gelukkige huwelik nie. `n Gelukkige

huwelik verseker egter „n bevredigende seksuele verhouding.

Page 10: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

10

Die gevaarlikste vorm van liefde is verliefdheid (infatuation), want dit meng in met

gesonde oordeel en het gewoonlik verkeerde besluite tot gevolg. Vrouens is veral

geneig tot verliefdheid. Liefde verander alles, maar verliefdheid verander niks nie.

Liefde is „n wilsbesluit; die gevoel kom later!!

BASIESE ELEMENTE VAN WARE LIEFDE

Die drie basiese elemente van „n gelukkige huwelik / verhouding is:

Chemie (Chemistry). Aangetrokkenheid tot mekaar. Dit is gewoonlik die eerste en

aanvanklike reaksie van „n verhouding. Aangetrokkenheid moet egter gees, siel en

liggaam behels. Intellektuele aangetrokkenheid is ook uiters belangrik.

Verenigbaarheid (Compatibility). Pasbaarheid en aanpasbaarheid. Hoeveelheid in

gemeen, naamlik belangstellings, lewenswaardes, doelwitte, ens. Vriendskap en

kommunikasie. Die lewensbloed van ware liefde. Standhoudende faktor van verhouding.

Verbintenis / toewyding (Commitment). Mate van bereidwilligheid om op te offer.

Huweliksmaat se belange eerste te stel. Toegewydheid om huwelik „n sukses te maak.

Genot- en gemoedsrusfaktor van verhouding.

OPDRAG: Bevat jou huwelik / verhouding al drie hierdie elemente en watter persentasie

maak dit van jou huwelik / verhouding uit?

%

Chemie (Chemistry). Aangetrokkenheid tot mekaar

Verenigbaarheid (Compatibility). Pasbaarheid en

aanpasbaarheid

Verbintenis / toewyding (Commitment)

100%

Watter van die drie elemente is vir jou die belangrikste? ....................................................

o Hoekom? .....................................................................................................

Watter element(e), indien enige, is huidig vir jou „n besorgdheid? ....................................

..................................................................................................................................

o Glo jy dit kan opgelos / reggsestel word? ................................................

Bespreek bogenoemde met jou huweliksmaat of aanstaande huweliksmaat. Verskil julle en

hoekom verskil julle? Is julle verskille versoenbaar?

ONTHOU:

Huwelike waar die chemie-element baie hoog is, is gewoonlik gedoem tot mislukking.

Page 11: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

11

Huwelike waar die verbinteniselement baie hoog is, is gelukkige huwelike en is mense

wat meestal „n positiewe bydrae in die samelewing lewer.

In verhoudings waar die chemie- en verenigbaarheidelement hoog is, maar verbintenis

laag, sal die koms van kinders dikwels baie spanning op die huwelik plaas.

REALISTIESE FEITE AANGAANDE DIE HUWELIK

1. Alle huwelike / lang verhoudings gaan uitdagings / probleme in die gesig staar. Meeste van

hierdie uitdagings / probleme is normaal vanweë:

Mans en vroue verskil.

Verwagtinge van huwelik verskil.

Agtergrond, kennis en ondervinding verskil.

Belangstellings verskil.

Waardes verskil.

2. Uitdagings en probleme kan opgelos word, mits beide:

Ruimte maak vir mekaar.

Bereid is om aanpassings te maak.

YHVH se Woord as riglyn in die huwelik / verhouding toegepas word.

3. Baie potensiële goeie verhoudings misluk omrede punte 1 en 2 nie verstaan en toegepas word

nie en dan gee een of beide partye moed op. Gewoonlik vind hierdie mense dan in „n

volgende verhouding dieselfde probleme.

4. „n Suksesvolle huwelik vereis „n sterwe van die eie ek. Indien jy nie bereid is om aan die eie

ek te sterf nie, moet jy nie trou nie. Onthou: Marriage is not a word it is a sentence – a life

sentence.

Daar is nie so iets soos „n ideale (perfekte) man of vrou nie, maar daar is wel „n ideale

huwelik. Indien jy vir die perfekte man of vrou moet wag, sal jy nooit trou nie. Wees

realisties: Die een met wie jy trou sal nooit 100% aan al jou verwagtinge en behoeftes

voldoen nie.

„n Huwelik is nie die soeke na die ideale man of vrou nie, maar dit is die strewe om die

ideale man of vrou te wees.

5. Daar is nie „n huwelik wat van die begin af volmaak is nie, maar „n huwelik kan wel volmaak

word deur:

Die Bybel as riglyn te gebruik. YHVH het die huwelik ingestel en Hy sal die antwoord

gee vir „n suksesvolle huwelik.

Page 12: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

12

Bereidwilligheid om aan die eie ek te sterf – doelbewuste opoffering en toegewydheid

is die wenresep.

6. Jou ondervinding van jou eie ouers se huwelik gaan jou huwelik beïnvloed – positief of

negatief. Hierdie is „n potensiële gevaar waarvan elkeen deeglik bewus moet wees. Hoe jy

reageer word grootliks bepaal deur jou kennis en ondervinding.

7. Jou eie ondervinding uit vorige verhoudings met die teenoorgestelde geslag gaan jou

verwagting van „n huwelik en jou optrede in „n huwelik beïnvloed – positief of negatief.

Hierdie is ook „n gevaar wat aangespreek moet word.

HUWELIKSVERWAGTINGE

1. Elkeen wat trou het sekere verwagtinge ten opsigte van wat „n gelukkige huwelik moet wees

en van wat „n huwelik jou gaan bied (wat jy daaruit gaan kry). Die volgende riglyne sal help

om jou verwagtinge te definieer:

Kommunikeer jou behoeftes en probleme duidelik sonder om dit as „n aanvalswapen te

gebruik

Wees realisties. Om te verwag dat jou metgesel dieselfde as jy moet dink, praat en doen

is onrealisties. Realistiese verwagtinge verbeter „n verhouding. Onrealistiese

verwagtinge veroorsaak teleurstelling en frustrasie.

Wees buigbaar. „n Huwelik behels voortdurende verandering. „n Huwelik is nie staties

nie, maar dinamies. Al waarvan jy seker kan wees is verandering.

Wees billik / redelik ten opsigte van jou verwagtinge van mekaar. Opoffering en

diensbaarheid is belangrike bestanddele van billikheid.

2. Jy kan slegs dit uit „n huwelik neem wat jy bereid is om in die huwelik te sit. Dit is soos „n

spaarrekening. Dit is „n billike verwagting. Wat jy in die huwelik saai, dit sal jy oes. Onthou:

Saad neem tyd om te ontkiem en te groei tot „n plant of boom wat vrugte dra.

3. Maak „n lys van jou huweliksverwagtinge (minstens 5 verwagtinge) en bespreek dit met jou

(aanstaande) huweliksmaat. Na die kursus voltooi is moet hierdie lys hersien word en

Page 13: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

13

weer met mekaar bespreek word. Die moontlikheid bestaan dat jou huweliksverwagtinge

na voltooiing van die kursus gaan verander.

MY HUWELIKSVERWAGTINGE PRIORITEIT

True marital love is not a once-done, permanent thing. It is a growing, living and unfolding

journey throughout one‟s natural life.

Jerold Aust

„n Huwelik vereis voortdurende positiewe insette om bevredigende uitsette te verkry.

„n Goeie huweliksverhouding vereis dat jy dinge uit jou huweliksmaat se oogpunt ook kan sien,

ongeag van jou eie siening.

-o-o-o-o-o-o-o-o-

Page 14: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

14

DIE HUWELIKSVERBOND

Deel 3: YHVH HET DIE HUWELIK INGESTEL

1. Die sukses van `n gelukkige huwelik is gesetel in die feit dat die huwelik `n verbond is en as

sulks eerbiedig moet word. Dit vereis begrip van die doel en betekenis van `n verbond en dat

die beloftes en voorwaardes van die verbond deur beide die man en die vrou nougeset

nagekom moet word.

2. YHVH het die huwelik ingestel en daarom sal Hy die vereistes stel en die antwoorde vir `n

gelukkige en geseënde huwelik voorsien.

3. Indien die skepping van die mens soos opgeteken in Genesis 1 en 2 in oënskou geneem word,

is dit duidelik dat YHVH:

Besluit het dat Adam `n lewensmaat moet hê (Gen. 2:18 en 20); iemand wat vir hom `n

hulp (intelektueel, emosioneel en fisies) kan wees. Daar was dus `n behoefte, of leemte,

by Adam wat YHVH moes aanvul.

`n Lewensmaat gebou het uit die rib van Adam (Gen. 2:21 en 22). Die Hebreeus vir bou

(banah) beteken om met vaardigheid, kunstigheid en sorg iets te maak of te herstel. Die

vrou vul die man aan, en staan hom by, in sy geestelike, emosionele en fisiese behoeftes.

Verwys 1 Kor. 11:8 en 9.

Eva aan Adam voorgestel het (Gen. 2:22).

Persoonlik betrokke was by die eenwording tussen man en vrou (Gen. 2:24).

Die voorwaardes van die eenwording bepaal het, naamlik hulle sal een vlees word (Gen.

2:24). Hierdie eenwording is die beginsel wat in `n verbondsverhouding geld. Die twee

word as te ware een persoon (identiteit)(Gen. 2:23). Daarom deel en ervaar hulle alles

saam – as een vlees.

4. Hierdie verbondsverhouding was op die horisontale en vertikale vlak. Horisontaal tussen

Adam en Eva en vertikaal as individu, maar ook as eenheid met YHVH. Hierdie eenheid mag

nie verbreek word nie.

5. Yeshua Messias se lering aangaande die huwelik was presies bogenoemde en het Hy dit ook

so aan die Fariseërs verduidelik. Verwys Matt. 19:3 tot 9. Opsommend het Yeshua die

volgende gesê:

Die siening en standaard van die huwelik soos onder Judaïsme ontwikkel het, is benede

YHVH se standaard en vereiste. Egskeiding is egter later toegelaat onder die wet (deur

Moses) weens die hardheid van die volk se harte. Van die begin af was dit egter nie so

nie.

YHVH se doel met die huwelik is soos YHVH dit beplan het toe Hy Adam en Eva

geskape het, naamlik dat `n man en vrou een sal word en nooit moet skei nie.

Page 15: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

15

Hierdie eenwording is so volkome dat beide as te ware hulle eie identiteit en geaardheid

verloor en een nuwe identiteit en geaardheid vorm deurdat hulle een vlees word. Dit is `n

eenwording van gees, siel en liggaam om iets nuuts te vorm.

Die feit dat egskeiding om ander redes as egbreuk plaasvind, is deel van die mens se

sonde geaardheid. Die doel van Yeshua se versoeningswerk aan die kruis is ondermeer

om die huwelik te herstel tot die standaard soos deur YHVH gestel is.

6. Prediker 4:9 tot 12 is bevestiging van YHVH se doel en standaard van die huwelik, naamlik:

Vers 9: Twee wat tesame arbei, bereik meer in die lewe.

Vers 10: Daar is wedersydse geestelike, morele en fisiese ondersteuning.

Vers 11: Die warmte en sekuriteit van die huwelik (verwysend ook na die seksuele en

intieme verhouding).

Vers 12: Wedersydse beskerming en ondersteuning teen die aanslae van die lewe. YHVH

self gee sterkte aan die tou, naamlik aan die eenwording van man en vrou.

“`n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie” (vers 12) verwys na die drie-eenheid wat in

`n huwelik moet wees, naamlik man en vrou en YHVH. Vader-God is die derde deel van die

tou wat die sterkte aan die huwelik gee.

7. Die mees suksesvolste en gelukkigste huwelike is waar beide man en vrou YHVH Yeshua

met totale oorgawe dien. Die man moet ook die geestelike leier (beskermer en voorsiener)

van sy huis wees wat bevoeg is om die vrou te onderrig aangaande die dinge van YHVH (1

Tim 2:11 en 12). Die vrou moet wel haar kinders onderrig ten opsigte van geloof, liefde en

heiligmaking (1 Tim. 2:15).

MANS HET `N HULP NODIG

1. Van al die wesens wat YHVH geskape het en wat Adam `n naam voor moes gee, was daar

nie een wat by Adam gepas het nie (Gen. 2:20). YHVH het gesê dat dit nie goed is dat die

mens (die man) alleen moet wees nie (Gen. 2:18), daarom het YHVH vir die man `n hulp

gemaak wat by hom pas. Die vrou is die man se hulp wat hom in staat stel om te wees en te

bereik dit wat YHVH hom voor bestem het.

2. Die woord “hulp” beteken ook om te omring, te beskerm, om uit te help en te ondersteun.

Hierdie hulp is nie soseer fisies nie, maar verwys eerder na die geestelike-, intelektuele en

emosionele hulp, asook die bevrediging van die man se sintuie.

3. Die man moet sy vrou versorg en behandel as `n hulp wat vir hom noodsaaklik is en sonder

wie hy nie kan klaar kom nie. Hy moet haar liefhê soos hy homself liefhet (Ef. 5:28). Dan

alleenlik sal die man die werklike waarde van sy vrou besef en YHVH se seën ontvang en dit

kan wees wat YHVH wil hê hy moet wees.

4. Daarom is dit belangrik dat `n man met sekerheid van sy huweliksmaat moet kan sê: “Dit is

nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees”, want sy keuse is `n lewenslange

verbintenis.

Page 16: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

16

5. Indien Adam alleen sou wees, en niemand anders het om lief te hê soos homself nie, sou sy

hele bestaan egosentries (die eie ek is die middelpunt) gewees het. Ware liefde haal die fokus

van jouself af en plaas die fokus op die een wat jy liefhet. Dit is die YHVH-tipe liefde

(agape); dit is verbondsliefde. Verwys 1 Korinthiërs 13, veral verse 4 tot 7.

Beide man en vrou staan op gelyke voet voor YHVH. Die enigste onderskeid wat YHVH

maak is in die gesagsorde waar YHVH die hoër gesag aan die man toeken (Ef. 5:23).

6. Omrede die man die hoof van die vrou is, is die vrou daarop geregtig om gekoester en

versorg te word, want haar geluk en toekoms is nou grootliks van haar man afhanklik.

7. In `n huweliksverbond, soos in enige verbond, is jou eie belange en behoeftes ondergeskik

aan jou verbondsvriend se belange en behoeftes. Die verbondsbelofte is egter dat indien beide

getrou is aan YHVH en aan mekaar, dan sal YHVH aan beide die begeertes van hulle hart

gee.

-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-

Page 17: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

17

DIE HUWELIKSVERBOND

Deel 4: DIE DOEL EN BETEKENIS VAN `N VERBOND

1. YHVH baseer sy verhouding met die mens altyd op grond van `n verbond. Die totale

geskrewe openbaring van YHVH, naamlik die Bybel, is op twee verbonde gegrond, naamlik:

Die ou verbond wat die openbaring van YHVH is tot en met die kruisiging van Yeshua

Messias.

Die nuwe verbond wat begin met die kruisiginging en opstanding van Yeshua en wat die

teenswoordige bedeling is waarin ons leef.

2. Die verhouding in die huwelik is ook gebaseer op `n verbond.

YHVH

VERBOND VERBOND

VERBOND

MAN VROU

VERBOND

3. Insae in die doel en betekenis van `n verbond, en die toepassing van hierdie kennis, is `n

waarborg tot `n gelukkige huwelik. Die ware doel en betekenis van `n verbond is egter `n

verborgenheid wat slegs vir die uitgesoektes beskore is. Wie is hierdie uitgesoektes wat in

hierdie geheimenis mag deel? Die antwoord is te vinde in Ps. 25:14 (Amplified Bible).

The secret (of the sweet, satisfying companionship) of the Lord have they who fear – revere

and worship – Him, and He will show them His covenant, and reveal to them its (deep,

inner) meaning.

4. Hierdie geheimenis deel YHVH slegs met sy vriende, naamlik die wat alles doen wat Hy

beveel (Joh. 15:14 tot 16).

5. Daarom sê Paulus in Ef. 5:31 en 32 dat die huwelik `n geheimenis is. Die wat `n openbaring

van hierdie geheimenis ontvang, is die wat “ingelyf” is by die groep wat YHVH se vriend is.

Dit is die wat die doel en betekenis van die verbond en derhalwe die huwelik verstaan.

DIE VERBOND

1. In die Bybel is daar twee basiese woorde wat vir “verbond” gebruik word. Die Hebreeuse

woord soos in die ou testament gebruik word, is b`riyth. In die nuwe testament word die

Griekse woord diatheke gebruik. Die onderliggende betekenis van beide woorde is dieselfde,

hoewel diatheke eerder verwys na `n testament wat slegs geldig word by die afsterwe van die

testateur (Heb. 9:16 en 17). Hierdie beginsel het egter onder die ou verbond ook gegeld waar

die verbondsoffer, en die bloed van die verbondsoffer, die sterfte verteenwoordig het wat die

geldigheid van die verbond verseël het.

Page 18: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

18

2. Wanneer die werklike betekenis van `n verbond ontleed word, geld die volgende beginsels

altyd, naamlik:

`n Verbond word gesluit deur `n verbondsoffer. In die ou verbond was dit `n dier wat

geoffer was en in die nuwe verbond was Yeshua Messias die verbondsoffer wat in ons

plek gesterf het. Daarom word `n verbond altyd met bloed verseël en staan dit bekend as

`n bloedverbond.

`n Verbond simboliseer die sterwe aan die eie ek. Ek gee my belange prys terwille van

die persoon met wie ek `n verbond gesluit het. Dit beteken ek het jou lief soos myself.

`n Onderneming om die beloftes en die voorwaardes van die verbond te alle tye na te

kom.

`n Verbond is ewigdurend, behalwe as dit met `n nuwe en beter verbond uitgebrei word.

DIE VERBONDSEREMONIE

1. `n Verbond word tussen twee partye (persone of volke of groepe) gesluit. Waar dit tussen

twee volke of twee groepe gesluit word, word daar `n verteenwoordiger uit elke groep

aangewys wat namens die volk of groep die verbond sal sluit.

2. Ten opsigte van `n verbond op die horisontale vlak word beide partye as gelykwaardig

beskou en onderhandel beide oor die inhoud (beloftes en voorwaardes) van die verbond. In

die geval van `n verbond tussen YHVH en die mens, besluit YHVH eensydig oor die inhoud

van die verbond. YHVH stel eensydig die beloftes en voorwaardes op. Die rol van die mens

is bloot om te reageer op YHVH se aanbod en die verbintenis en verhouding wat uit dit

voortvloei te aanvaar en te eerbiedig.

3. Die verbond word gesluit deur `n verbondseremonie waar elke handeling in die seremonie `n

duidelike betekenis het.

4. Die verbondseremonie en die betekenis is kortliks soos volg:

Die ruil van mantels of bokleed. `n Mantel of bokleed was eie aan elke persoon. Die ruil van mantels simboliseer dat jy alles

wat jy is en besit en verteenwoordig, met die ander persoon deel.

Die afhaal en oorhandiging van gordels. „n Persoon se wapens (swaard, dolk en pylkoker) is aan sy gordel gedra. Deur dit af te haal

en te oorhandig word die onderneming gegee dat elk sy krag en vegsvermoë sal gebruik om

die ander te beskerm in geval van oorlog of vyandskap.

Die sny van die verbond. „n Dier (of diere) is geneem en dan oor die lengte middeldeur gesny en die twee helftes

teenoor mekaar geplaas. Die sny van die verbond simboliseer die sterf aan die eie ek en die

begin van „n nuwe lewe (wandel) saam as verbondsvriende. Dit simboliseer ook die feit dat

sou een party die verbond verbreek, die oortreding so ernstig is dat die oortreder, soos die

verbondsoffer, moet sterf.

Page 19: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

19

Meng van bloed. Hierdie gedeelte van die seremonie simboliseer die aflegging van my ou natuur en die

aanneem van die natuur van my bloedbroer (verbondsvriend). Dit simboliseer eenwording.

Op die wyse is verbondsvennote (bloedbroers) gevorm.

Aangesien die lewe in die bloed is, het YHVH beveel dat geen mens bloed mag drink nie.

Derhalwe is hierdie gedeelte van die seremonie by Israel vervang met die drink van wyn en

die eet van brood. Dit vorm deel van die verbondsmaaltyd. Die wyn verteenwoordig die

bloed van beide en so ook die brood die liggaam van beide. Deur daarvan te eet en te drink

word elk simbolies deel van die ander. Dit simboliseer ook dat die een persoon nou in die

ander is, naamlik ek in jou en jy in my.

Maak van „n litteteken. Die snit aan beide se handpalm of voorarm is op so „n wyse behandel dat dit na genesing

van die wond „n litteteken gevorm het. Dit was dan die teken van die verbond; die bewys

dat „n verbond gesny en deur bloed verseël is. In die huweliksverbond is die trouring die

“litteteken” van die verbond.

Ruil van name. Beide partye het die naam, of gedeelte van die naam, van die ander aangeneem of ingevoeg

in sy eie naam. „n Voorbeeld hiervan lees ons in Genesis 17:5 waar YHVH Abram se naam

na Abraham verander het. Die Hebreeuse naam vir YHVH is “Yahuah”, en dus kan die

gedeelte van YHVH se naam nou in Abraham se naam herken word. Tot vandag toe staan

YHVH ook bekend as die YHVH van Abraham. Na die huwelik neem die vrou die man se

van as haar eie aan en sal die man bekend staan as die “man van (eggenote se naam)”.

Beloftes en voorwaardes. Die beloftes (seëninge) van die verbond, asook die oordele (voorwaardes) indien die

verbond verbreek sou word, is voorgelees. Verwys Deut. 11, en veral Deut. 28.

Plant „n gedenkboom. „n Boom wat besprinkel is met die bloed van die offerdier is geplant as bewys en

herinnering aan die verbond. Hiermee saam was die littetekens verdere bewys en

herinnering van die verbond wat gesluit is. Soms is „n stapel klippe gepak as

gedenkmonument van die verbond wat gesny is.

Die kruis op Golgota is die gedenkboom van die nuwe verbond (Hand. 10:39). In die

huwelik staan die kruishout op Golgota ook as herinnering aan die genadeverbond in

Messias. Hierdie genade van YHVH is ook die genade wat man en vrou aan mekaar moet

bewys soos YHVH dit deur Messias aan hulle bewys.

DIE HUWELIKSVERBOND

1. In die lig van die verbondseremonie, en die betekenis van elke handeling, behels die

huweliksverbond die volgende. Beide man en vrou belowe mekaar:

Alles wat ek is en besit is ook joune. Ek het jou lief soos jy is.

Ek beskou jou as my gelyke. Ons staan nou voortaan in `n gelyke vennootskap met

mekaar.

Ek sal jou in alle opsigte (gees, siel en liggaam) en in alle omstandighede beskerm en

ondersteun.

Page 20: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

20

Ek sterf aan myself en stel jou belange voor my eie. Ek het jou lief soos myself.

Ek gee my ou lewe prys en ek begin `n nuwe lewe saam met jou. Ek kry `n nuwe

identiteit as een vlees saam met jou.

Ek sal alle moontlike pogings aanwend om in al jou behoeftes te alle tye te voorsien.

Ek verstaan my verantwoordelikhede en aanspreeklikhede volgens die verbond wat ek

met YHVH en met jou het, en ek sal te alle tye dienooreenkomstige die beloftes en

voorwaardes daarvan handel.

2. Die Bybel praat van `n verbond op die horisontale vlak tussen twee mense, aook op die

vertikale vlak tussen YHVH en die mens. Verbreking van die verbond op beide die

horisontale en vertikale vlak word deur YHVH as `n baie ernstige oortreding beskou wat

strafbaar is.

3. `n Verbond is meer as net `n ooreenkoms (kontrak) tussen twee persone (partye); dit is die

basis waarop `n verhouding tussen twee persone gebou word. `n Kontrak is `n selfsugtige

ooreenkoms, want eie belange word beskerm, terwyl `n verbond `n onselfsugtige ooreenkoms

is, want die belange van die ander party word bo jou eie belange gestel.

4. In die lig van bogenoemde is duidelik hoekom `n gelowige (wedergebore en dus

verbondskind) nie met `n ongelowige moet trou nie, want die ongelowige staan nie in `n

verbondsverhouding met YHVH nie. Verwys 2 Kor. 6:14.

ALGEHELE OORGAWE EN TOEWYDING

1. Die mens se verhouding met YHVH vereis totale oorgawe en toewyding. Hierdie beginsel

geld ook in die huwelik. Hierdie beginsel vorm die hart van `n verbond.

2. Slegs die mens wat in `n verbondsverhouding met YHVH staan, sal gered word. Hierdie

verhouding vereis:

`n Lewe inruil vir `n lewe. Yeshua Messias het sy lewe as die verbondsoffer gegee

sodat elkeen wat glo die ewige lewe kan ontvang. Hierdie lewe word die mens deelagtig

deur sondevergifnis deur die bloed van Yeshua, die Lam van YHVH.

Totale oorgawe en totale gehoorsaamheid (toewyding). Psalm 50 beskryf YHVH se

oordeel oor die sondaars, maar ook die feit dat Hy sy gunsgenote sal kom haal, naamlik

“hulle wat my verbond by die offer sluit” (vers 5). Die woord “gunsgenote” beskryf `n

persoon wat se totale lewe aan YHVH toegewy is. Dit is om in YHVH verweef te wees

(een met YHVH te wees).

3. Die huwelik vereis ook:

`n Lewe inruil vir `n lewe, naamlik ek sal my lewe opoffer vir jou. Dit is om jou eie

belange ondergeskik te stel aan die van jou huweliksmaat.

Page 21: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

21

Totale oorgawe en toewyding. Dit vereis `n onvoorwaardelike oorgawe en toewyding

wat eenwording teweegbring – een met YHVH en een met mekaar. Dit is YHVH se

vereiste in die huweliksverbond. [Dit is „n totale verkeerde siening dat die man se

belange voorang bo die van sy eggenote het].

4. Yeshua Messias is ons verbondsoffer en verbondsverteenwoordiger (Middelaar). Met die sluit

van die nuwe verbond het Yeshua sy lewe terwille van ons geoffer. Yeshua lewe as

Middelaar slegs vir ons en dra al ons belange voortdurend op sy hart. Hierdie gesindheid

moet ook in ons wees, naamlik: Die sterwe van die eie ek sodat dit nie meer ek is wat lewe

nie maar Yeshua in my. Hierdie gesindheid geld ten opsigte van my verhouding met YHVH,

maar ook ten opsigte van my huweliksmaat. Dit is nie meer ek wat lewe nie, maar my

huweliksmaat wat in my lewe en ek in hom/haar en ons twee saam in YHVH Yeshua en

YHVH Yeshua in ons!

VERBREKING VAN DIE HUWELIKSVERBOND

1. `n Verbond word verbreek wanneer die voorwaardes en beloftes van die verbond nie

nagekom word nie. Dit geld derhalwe ook ten opsigte van die huweliksverbond.

2. Talle mense dink dat getrouheid, met ander woorde geen buite egtelike verhoudings, die

enigste belofte en voorwaarde in die huweliksverbond is wat nagekom moet word. Hierdie

siening is verkeerd. Egbreuk is wel die mees ernstigste oortreding, asook die enigste, wat

egskeiding regverdig. Onthou dat egbreuk ook plaasvind wanneer `n ander vrou begeer word

(Matt. 5:28).

3. Die huweliksverbond het egter talle ander beloftes en voorwaardes, ondermeer voorsiening in

alle behoeftes, beskerming te alle tye, morele en fisiese ondersteuning, koestering,

ensovoorts. Indien enige van hierdie beloftes nie nagekom word nie, word `n

huweliksverbond ook verbreek!!

4. Verbreking van `n verbond is strafbaar en ontneem die betrokkenes van YHVH se seën. Is dit

nie die rede hoekom talle huwelike nie geseënd is nie? Daar is wel nie egbreuk nie, maar die

beloftes en voorwaardes van die verbond word nie nagekom nie.

LESSE UIT DIE VERBOND MET ABRAHAM

1. In Genesis 15:7 tot 18 word die verbondsluiting met Abram beskryf. Hierdie gedeelte bevat

ook belangrike lesse, naamlik:

`n Verbond was vir Abram die bevestiging dat YHVH sy belofte van die beloofde land

gestand sal doen.

Die roofvoëls wou die offerhande (bevestiging van die beloftes en seëninge) kom eet,

maar Abram het hulle verjaag (vers11). Die verbondsoffer is die belangrikste gedeelte

van die verbond. Sonder `n verbondsoffer is daar geen verbond nie. Yeshua Messias is

ons verbondsoffer en sonder Yeshua in jou lewe is daar geen verbond met YHVH nie.

Skrik en groot duisternis het Abram oorval (vers 12) en Abram het te midde van dit `n

rokende oond en `n vurige fakkel tussen die stukke vleis sien beweeg (vers 17). Die

Page 22: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

22

duisternis is simbolies van die beproewinge wat op elkeen se pad sal kom. Die rokende

oond en die vurige fakkel is `n afbeelding van die lig van die Heilige Gees wat in jou

donkerste tye jou sal bystaan, asook `n herinnering aan die feit dat Yeshua Messias in jou

plek die Verbond met YHVH gesluit het. Hy is jou Middelaar wat vir jou by Vader

YHVH intree.

2. Indien bogenoemde op die huwelik van toepassing gemaak word, is die volgende duidelik:

YHVH belowe om jou huwelik te seën op grond van die feit dat jy en jou huweliksmaat

in `n verbondsverhouding met mekaar en met YHVH staan. Die huweliksverbond moet

eweneens dieselfde versekering en gemoedsrus gee.

Sonder Yeshua Messias, die verbondsoffer, in jou lewe kan daar geen verbond wees nie

en kan YHVH nie jou huwelik seën nie.

Die “roofvoëls” van twyfel, vrees, ongeloof, versoeking en beproewing sal jou erflating

in Messias ten opsigte van jou huwelik wil steel. Elkeen het die verantwoordelikheid om

die “roofvoëls” te verjaag.

In oomblikke van beproewing in jou huwelik sal die Heilige Gees jou lig wees en die feit

dat Yeshua jou Middelaar is, sal jou sekuriteit wees.

OPSOMMEND

In die huweliksverhouding stel ek YHVH se belange eerste, dan die belange van my

huweliksmaat, dan die belange van my kinders en laastens kom my eie belange. `n Huwelik wat

op hierdie basis gebou word, is `n huwelik volgens YHVH se plan en sal derhalwe geseënd en

gelukkig wees.

------------------------------

Page 23: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

23

DIE HUWELIKSVERBOND

Deel 5: EN HULLE SAL EEN VLEES WEES.

1. Die nuwe verbond maak eenwording (geestelike gemeenskap) met YHVH moontlik. Op

grond van hierdie eenwording kan man en vrou ook as een vlees een met YHVH word.

2. Daar is drie fases in hierdie eenwording tussen man en vrou, naamlik:

Beide kyk na die kruis van Yeshua Messias en bely Gal. 2:20 en Gal. 3:28. Die resultaat

hiervan is dat Messias se wil vir my, en vir my huweliksmaat, die samebindende,

oorheersende en gemeenskaplike doel is. Ons is een in YHVH Yeshua en Hy werk in my

en deur my om YHVH se wil vir my huweliksmaat te verwesenlik. Yeshua Messias in

my moet YHVH se wil vir my huweliksmaat deur my laat manifisteer. Dit beteken dat

ek saam met YHVH Yeshua werk om Sy wil vir my huweliksmaat te verwesenlik.

Uit die sterwe aan die eie ek ontstaan `n nuwe lewe waar elkeen hierdie nuwe lewe deur

die ander lewe. Elkeen het gesterf aan hulle ou lewe en saam vorm die man en die vrou

`n nuwe lewe. Beide sê vir mekaar: My lewe is in jou en daarom lewe ek my lewe deur

jou. Jy is die weerspieëling (uitdrukking, afdruk, verlenging) van wat ek is, en ek is die

weerspieëling van wat jy is.

Die verbond word voltrek deur `n fisiese eenwording van seksuele gemeenskap wat vrug

voortbring en wat die resultaat van totale oorgawe en toewyding is. Hierdie vrug wat die

huwelik voortbring is: Kinders, bevrediging, genot, vreugde, sekuriteit, voorsiening,

koestering, kameraadskap ensovoorts. YHVH het bepaal dat hierdie vrug slegs deur

eenwording en deur `n verbondverbintenis voortgebring kan word.

3. Hierdie eenwording is die waarborg tot `n huwelik van ware liefde en geluk. Soos Yeshua en

die kerk een is, so moet die man en die vrou een wees. Elke gelowige is deel van die liggaam

en een met die liggaam van Yeshua. As bruidegom kleef Yeshua ook sy bruid aan soos

geskryf is: Daarom moet die man sy ouers verlaat en sy vrou aankleef sodat hulle een vlees

kan word (Ef. 5:30 en 31).

4. Die huwelikseremonie opsigself is nie die daad wat man en vrou een vlees in YHVH se oë

maak nie, maar is slegs die toestestemming om seksueel intiem te wees wat ware eenwording

tot gevolg het en ware huweliksvrug kan voortbring. Seks (eenwording) buite die huwelik

kan nie ware vrug voortbring nie en is daarom die werk van die vlees wat sonde en dood

voortbring.

5. Die huwelik moet die uitdrukking en vertoonvenster van YHVH se onselfsugtige liefde wees.

Deur die huwelik moet YHVH vereer word.

6. Hierdie Bybelse benadering tot die huwelik is verskillend van die hedendaagse siening wat

hoofsaaklik gemik is op die voordeel wat dit vir die eie ek inhou. Dit is `n selfsugtige

beskouing van die huwelik wat meer vra as wat dit bereid is om te gee, en is daarom `n resep

vir mislukking. Indien die huwelik as `n verbond benader word, dan is die vraag nie wat kan

ek ontvang nie, maar wat kan ek gee?

Page 24: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

24

7. `n Huwelik waar die eie ek nie gesterf het nie (egosentries, selfgerig) is gebaseer op:

Prestasie, naamlik: Ek het jou lief indien jy …… (maak soos ek sê; jy moet eers presteer;

ek sal indien jy...). Ek het jou lief omdat jy ……. (aan my vereistes, verwagtinge en

standaarde voldoen). Hierdie is manupilasie.

Kompetisie (mededinging), naamlik: Ek moet meeding vir jou liefde en aandag, want ek

is nie die belangrikste in jou lewe nie.

Bogenoemde plaas geweldig druk op `n huwelik en veroorsaak spanning, want ek moet

presteer en meeding vir my huweliksmaat se liefde.

Ware liefde vereis nie een van bogenoemde nie, maar sê: Ek het jou lief vir wie jy is en

ongeag van ……!

8. Slegs binne die huwelik word twee mense en YHVH saamgevoeg as een vlees wat ware

geluk en voorspoed verseker Daarom is seks buite die huwelik sonde, omrede dit nie

gepaardgaan met `n verbondverbintenis nie.

EENWORDING

1. Verwys Gen. 2:22 tot 24; Matt 19:5 en 6, en Ef. 5:31.

2. Bogenoemde Skrifverwysings is naas die die doel en betekenis van die huweliksverbond een

van die heel belangrikste ten opsigte van `n suksesvolle huwelik. Drie dinge is duidelik,

naamlik dat `n suksesvolle huwelik gebasseer is op:

Die man (en die vrou) moet die ouerhuis verlaat.

Hulle moet mekaar aankleef en

Op die wyse een vlees word.

3. Verlaat: Die Hebreeuse woord vir “verlaat” beteken om los te maak, agter te laat, te vertrek,

weg te gaan, afstand te doen en te versaak. Hierdie verlaat moet fisies, finansieël en

emosioneel wees.

4. `n Huwelik sal spanningsvol wees, en kan selfs misluk, omrede die “verlaat” gedeelte nie

volledig plaasgevind het nie. Enige fisiese verbintenis (kinders bly by ouers) of finasiële

afhanklikheid (kinders kan nie vir hulleself sorg nie) of emosionele bindinge (kinders is nie

los van ouers se invloed, beheer of manupilasie nie) sal negatiewe gevolge vir `n huwelik hê.

5. Ouers is ook dikwels skuldig deurdat hulle nie hul seun of dogter wil “afstaan” aan `n

huweliksmaat nie. Hulle maak dus die “verlaat” gedeelte vir hul kind moeilik deurdat hulle

nie die kind losmaak nie.

6. Aankleef: Die Hebreeuse woord vir “aankleef” beteken om agterna te sit, te agtervolg, saam

te voeg, en aanmekaar te bind (te las). Wat YHVH saamgevoeg het, mag geen mens skei nie

(Matt. 19:6).

Page 25: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

25

7. Een vlees: Deurdat beide man en vrou hul ouers verlaat en mekaar aankleef, word

eenwording `n werklikheid. Om een vlees te word is `n proses waar beide verlaat en aankleef

voortdurend be-oefen moet word. Hierdie proses word bevorder deur:

Seksuele reinheid en seksuele bevrediging binne die huwelik (1 Kor. 7:2 tot 3).

Daagliks aan jou huweliksgeluk te bou (Deut. 24:5). Kies die liefde in jou lewe en wy

jou daaraan toe om die liefde in jou lewe lewenslank lief te hê. Dit is `n langtermyn

belegging.

Vergifnis (Matt. 18:22). Dit is om mekaar te vergewe soos YHVH vergewe. Onvergifnis

is soos om gif te drink in die hoop dat die ander persoon sal sterf. Pas op vir die wortel

van bitterheid (Heb. 12:15).

YHVH te alle tye die middelpunt van jou huwelik te maak. Verwys Pred. 4:12.

`n Lewenstandaard te handhaaf wat bekostigbaar is en daarmee tevrede te wees.

Finansiële laste veroorsaak spanning wat eenwording dikwels benadeel.

EENWORDING LEI TOT KEN

1. Die resultaat van `n verbondsverbintenis tussen man en vrou kan opgesom word as om

mekaar te ken. Hierdie verbintenis lei daartoe dat man en vrou mekaar op `n wyse ken wat

andersins nie moontlik is nie.

2. In Gen. 4:1 lees ons dat Adam het Eva beken. Hierdie woord het `n omvattende betekenis en

beteken ondermeer:

Seksuele eenwording.

`n Intieme verhouding (eenwording, gemeenskap) van gees, siel en liggaam. Dit is om

mekaar te ontdek, te verstaan, kennis van mekaar op te doen, bewus te word van,

erkenning te gee, begrip te hê en te respekteer.

3. Indien man en vrou volgens `n verbondsverbintenis seksuele omgang het, word die woord

beken (“knew”)(Gen. 4:1; Matt. 1:25) gebruik. Waar seks buite die huwelik plaasvind (sonder

`n verbondsverbintenis; m.a.w. volgens YHVH `n onwettige seksuele verhouding), beskryf

die Skrif dit as dat die man en vrou gemeenskap gehad het (Gen. 19:33 tot 35). By implikasie

beteken dit dat man en vrou mekaar slegs waarlik kan ken indien beide `n belofte van

algehele toewyding teenoor mekaar maak deur `n verbondverbintenis.

4. Die kern van `n suksesvolle huwelik is om mekaar ten volle te ken. Hierdie om mekaar te ken

is op emosionele, intellektuele, geestelike en liggaamlike gebied. Dit is om mekaar in

genoemde areas ten volle te verstaan en bedag te wees op elke behoefte in elke area en tydig

daaraan aandag te gee. Hierdie kennis is veel meer as verstandelike kennis en is nie staties

nie, maar bly ontwikkel sodat beide in kennis van mekaar toeneem. Dit is om jou totale

persoonlikheid oop te stel en bloot te stel vir jou verbondsmaat.

Page 26: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

26

5. Die wonder van die huwelik is die feit dat twee persoonlikhede mekaar in totaliteit kan ken,

verstaan en in een geweef word dat dit feitlik onmoontlik word om te onderskei waar begin

die een en waar hou die ander een op. Dit is `n eenwording van gees, siel en liggaam.

6. Wat is die kern verskil tussen “beken” en “seksuele gemeenskap” (egbreek, hoerery)? Dit is

geleë in `n verbondsverbintenis. Slegs `n verbondsverbintenis maak ware huweliksgeluk

moontlik. Die doel van die huwelik volgens YHVH se plan is dat die man en die vrou mekaar

so goed moet ken dat hulle waarlik een vlees word. Seks buite die huwelik maak “beken”

onmoontlik. Die wat hoereer of egbreek pleeg, word wel een, maar dit is `n eenwording in

sonde (1 Kor. 6:16) wat YHVH se straf verdien.

7. Die basis van seks buite die huwelik is dat beide man en vrou fisiese en emosionele

bevrediging van mekaar vereis, sonder `n verbondsverbintenis. Die bevrediging wat so `n

verhouding oplewer is gesteelde bevrediging, want die verbondsoffer is nog nie gebring nie.

YHVH kan derhalwe nie so `n verhouding seën nie.

8. Seksuele omgang wat nie vooraf gegaan is deur `n verbondsverbintenis nie, word deur die

Bybel as hoerery en egbreek beskryf en sal deur YHVH geoordeel word. Verwys Heb. 13:4, 1

Kor. 5:9. “Voor huwelikse seks” is die hedendaagse beskrywing vir wat die Bybel as hoerery

en egbreek beskou.

9. Hoereerders is die wat in seksuele verhoudings betrokke is sonder `n verbondsverbintenis.

Egbrekers is die wat `n verbondsverbintenis het en dit dan verbreek (nie eerbiedig nie).

10. Opsommend: Deur die verbondsverbintenis met mekaar leer beide mekaar ken op `n wyse

wat jy niemand anders as net jou huweliksmaat mag leer ken nie. Hierdie kennis van mekaar

is in YHVH se oë heilig en mag deur geen ander verhouding ontheilig word nie.

---------------------------------------------------------

Opdrag: Voltooi die opdrag in Bylae 4 en Bylae 5 op bladsy 46 tot 48. (Bylae 5 is net vir

die wat op die punt staan om te trou)

Page 27: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

27

DIE HUWELIKSVERBOND

Deel 6: EENWORDING MET YHVH

1. Die huwelik is `n spieëlbeeld (afbeelding of bloudruk) van die verhouding wat YHVH met

ons as Sy liggaam, naamlik die kerk het. Derhalwe is dit noodsaaklik om te verstaan hoe

YHVH se verhouding met ons as individu en as kerk is.

2. YHVH is die “eggenoot” van sy volk. Hierdie gedagte kom duidelik uit die ou testament na

vore. Verwys Jes. 54:5; Jes. 62:5 en Jer. 31:31 en 32. In Jer. 31:32 verwys YHVH na “my

verbond wat julle verbreek het, alhoewel ek die gebieder oor hulle was”. Die woord gebieder

beteken eggenoot. Met ander woorde toe YHVH Israel uit Egipte gelei het en met hulle `n

verbond gesluit het, het hy in `n verhouding met hulle getree soortgelyk as die rol van `n

eggenoot. Israel het vanweë hulle ontrouheid hierdie verbondsverhouding, en derhalwe

hierdie verhouding met YHVH as hulle “eggenoot”, verbreek.

3. Ten spyte van dit het YHVH nie Sy liefde vir Israel verloor nie en het Hy onderneem dat Hy

`n nuwe verbond met hulle sal sluit (Jer. 31:33 en 34). Hierdie onvoorwaardelike liefde van

YHVH vir sy volk word uitgebeeld in Hos. 3:1. Hosea moes sy vrou, Gomer, wat owerspel

gepleeg het nog `n keer bemin en terug na haar toe gaan. So sal YHVH as eggenoot die

kinders van Israel bemin ten spyte van hulle owerspel.

4. In hierdie nuwe verbond onderneem YHVH weereens om in `n verhouding met sy volk te

staan as hulle eggenoot. Die belofte hiervan is opgeteken in Hosea 2:15.

En in die dag, spreek YHVH, sal jy My noem: My man (Iysh); en jy sal My nie meer noem:

My Baäl (My Meester) nie.

Die verhouding in die ou verbond van heer en meester verander na een van liefde en

sagmoedigheid onder die nuwe verbond, naamlik “my man, my liefde”.

Die huweliksverhouding moet nie een wees van “my meester” nie, maar van “my man, my

liefde”.

5. Met die nuwe verbond sal die verbondsverhouding nie verbreek kan word nie. Verwys Hos.

2:18 en 19. YHVH onderneem om Hom aan sy volk vir ewig te verloof. Hierdie

verbondsverbintenis sal elkeen in staat stel om YHVH werklik intiem te ken. (Hos. 2:19;

Heb. 8:10 tot 13). Soos reeds gesien (Studie 4) omskryf die betekenis van om te ken `n

verhouding wat slegs moontlik is deur `n verbondsverbintenis en waarvan die mate en

omvang om mekaar te ken op geen ander wyse moontlik is nie. Dit is soos ons YHVH kan

ken en soos man en vrou mekaar binne die huwelik kan ken.

6. Die rede hoekom hierdie verbond nie verbreek sal word nie, is omrede Yeshua Messias ons

Middelaar (verteenwoordiger) van die verbond is.

7. Opsommend kan die volgende ten opsigte van YHVH se verhouding met die mens gesê

word:

Die verbond wat YHVH by Sinai met Israel gesluit het kan gesien word as `n huweliks-

verhouding waar YHVH die eggenoot van Israel geword het.

Page 28: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

28

Israel het weens hulle ontrouheid en afgodediens die verbond egter verbreek en sodoende

hulle voorregte van hierdie verhouding verbeur. Hulle het “owerspel” gepleeg deur

geestelik te hoereer.

YHVH se liefde vir Israel was egter sodanig dat Hy `n nuwe verbond met hulle

aangegaan het waar Hy weereens hulle eggenoot geword het. Ingesluit in hierdie verbond

is die nie-Jode (“gentiles” – onbesnedenes) wat tot geloof in Yeshua Messias kom.

Hierdie verbond, anders as die eerste, sal `n ewige verbond wees wat nie verbreek kan

word nie

Deur die nuwe verbond sal gelowiges (Jood sowel as nie-Jood) YHVH ken op `n wyse

wat onder die ou verbond nie moontlik was nie.

Die nuwe verbond is verseël met die bloed van Yeshua Messias wat as die Lam van

YHVH die verbondsoffer was. Daarom is geen verdere offers meer nodig nie.

In ooreenstemming met die patroon wat in die ou verbond reeds gevestig is, tree

gelowiges onder die nuwe verbond dus ook in `n verhouding met YHVH wat met `n

huwelik vergelyk kan word. Dit is hierdie patroon wat ook geld ten opsigte van die

huwelik tussen man en vrou. Daarom wat YHVH saamgevoeg het, mag geen mens skei

nie. Daarom die belofte dat niks ons kan skei van die liefde van YHVH nie (Rom. 8:35).

8. Verwys Ef. 5:22 tot 24. Die vrou moet aan haar eie man onderdanig wees (1 Pet. 3:1; Kol.

3:18 en Titus 2:5) soos sy aan die Godheid onderdanig moet wees. Dit beteken om

gehoorsaam te wees en om jouself onder die gesag van die een wat oor jou aangestel is “te

rangskik”. Onderdanigheid (gehoorsaamheid) bewerkstellig (bevorder) eenwording.

9. Verwys Ef. 5:25 tot 33. Mans moet hulle vroue liefhê soos Messias ook die gemeente

liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met

die waterbad deur die woord. Die doel van hierdie liefde is om die gemeente voor YHVH te

stel verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek

sou wees. Mans moet hulle vrouens op dieselfde wyse liefhê sodat dieselfde doel bereik kan

word. Hierdie YHVH-tipe liefde bevorder eenwording.

10. Ef. 5:22 tot 33 bevestig dat die verhouding tussen Yeshua en die kerk, asook elke individu in

die kerk, en die verhouding tussen man en vrou in die huwelik op dieselfde beginsels geskoei

is en dat dit eenwording tot gevolg het. Verdere bevestiging is die feit dat Yeshua Messias

die bruidegom is en die kerk die bruid is.

11. Die eenwording met YHVH, en die eenwording tussen man en vrou, word ook deur die

tabernakel (tempel) gedemonstreer. Toe Yeshua gekruisig is, het die voorhangsel van die

tempel geskeur en het die Allerheiligste en Heiligste een vertrek geword. Daar was geen

skeiding meer tussen YHVH en die mens nie. Die priesters kon nou self tot in die

teenwoordigheid van YHVH beweeg om daar met YHVH geestelike gemeenskap

(“fellowship”) te hê tot eenwording. Hierdie is ook `n afbeelding van die eenwording tussen

man en vrou deur seksuele gemeenskap waar daar niks meer is wat die twee skei nie. Nou is

hulle ten volle een vlees.

Page 29: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

29

12. Verwys 1 Kor. 6:15 tot 20. Omrede ons een met Yeshua Messias is, behoort ons liggame aan

YHVH en mag ons daarom nie ons liggame verontreinig deur seksuele verhoudinge buite die

huwelik nie.

Ons word een met YHVH deur geestelike gemeenskap. Indien ons egter geestelike

gemeenskap met ander geeste (afgode, dwaling, ens) het, is ons besig met geestelike

hoerery.

Vleeslike gemeenskap tussen man en vrou maak hulle een vlees. Binne die huwelik kan

beide nou as een vlees een van gees met YHVH word. Buite die huwelik word beide ook

een vlees, maar dan een gees met die sonde.

13. Daar is reeds gekyk na die verskil tussen eenwording binne die huwelik volgens YHVH se

wil en die sondige eenwording buite die huwelik deur hoerery en egbreek. Eenwording binne

die huwelik is gebaseer op `n verbondsverhouding wat die seën van om mekaar te ken inhou.

Eenwording buite die huwelik is blote seksuele bevrediging sonder enige

verbondsverhouding. Om mekaar werklik te ken is derhalwe onmoontlik.

14. Om YHVH werklik te ken is slegs moontlik deur geestelike eenwording wat op `n verbonds-

verhouding gebaseer is. Eenwording met YHVH vereis eerstens `n verbondsverbintenis.

Slegs daardie gelowige wat `n onvoorwaardelike en algehele oorgawe maak om die verbond

na te kom, sal met YHVH een gees word en sal YHVH waarlik kan leer ken. Die gelowige

wat nie bereid is om dit te doen nie, is besig met geestelike owerspel, want slegs die

geestelike bevrediging sonder `n verbondsverbintenis word gesoek.

15. Verwys Ps. 50:5 wat lees: Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer

sluit. Elke gelowige se persoonlike verbintenis en totale toewyding aan die verbond in

Yeshua Messias is die vereiste om YHVH waarlik te ken. Hierdie verbondsoffer is die sterwe

aan die eie ek (my wil) sodat Yeshua in my en deur my kan lewe. Baie gelowiges begeer `n

verhouding met YHVH, en sal selfs aanspraak daarop maak. Hulle begeerte is egter niks

meer as wensdenkery omrede hulle nog nie hulleself totaal toegewy en verbind het tot die

verbond in YHVH Yeshua nie – hulle is nog nie YHVH se gunsgenote nie. YHVH verbind

Hom nie aan die wat nie aan sy verbond verbind is nie.

16. Die gelowiges wat egter bereid is om hulle toe te wy en te verbind aan die verbond in Yeshua

Messias en die voorwaardes nakom (liefde, gehoorsaamheid, geloof) word beloon met die

grootste beloning wat enige iemand ooit kan ontvang naamlik: Om YHVH en Yeshua

Messias te ken. Joh. 17:3.

As jy YHVH waarlik ken, gaan jy deel hê aan al die seëninge van hierdie verhouding

17. Hierdie ken is `n geestelike eenwording. Dit is nie weet van nie; dit is nie teologie nie, dit is

nie verstandelike kennis nie. Nee, dit is om YHVH self te ken op `n baie intieme wyse. Dit is

die YHVH-tipe lewe en die lewe van YHVH Homself wat YHVH met sy gunsgenote deel.

18. Die man en vrou wat bereid is om die huweliksverbond in alle opsigte te eerbiedig, sal

mekaar ook waarlik ken en sal al die seën van die huwelik deelagtig wees.

19. Die verhouding tussen man en vrou in die huwelik en die verhouding tussen YHVH en die

mens het albei dieselfde ten doel, naamlik om mekaar te ken. Hierdie ken beteken

bevrediging, genot, vreugde, sekuriteit, koestering, vriendskap, bekendmaking van totale

Page 30: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

30

persoonlikhede (gees en siel), mededeelsaam, ens. Hierdie is die kenmerke van `n ware

verhouding.

20. YHVH se gunsgenote roep in Psalm 63:2 uit:

O YHVH, U is my YHVH, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in `n dor en

uitgedroogde land, sonder water. Ps. 63:2.

21. Vir `n gelukkige en geseënde geestelike lewe is daar slegs een bron van verkwikking en dit is

YHVH self. `n Eenwording van gees met YHVH se gees is die ware doel van die mens. Dit

is alleenlik deur die nuwe verbond moontlik. Soortgelyk is die huweliksverbond die enigste

weg tot volkome huweliksgeluk.

-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-

Page 31: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

31

DIE HUWELIKSVERBOND

Deel 7: DIE MAN EN DIE VROU SE ROL

1. In die verhouding wat deur die huwelik tot stand kom, het beide man en vrou `n spesifieke rol

om te speel en `n bydrae om te lewer volgens YHVH se plan. Beide moet deeglike insig

hiervan hê. Die fondament waarop hierdie rolverdeling gebou word, is die feit dat YHVH die

man as die hoof van die vrou aangestel het en dat die vrou derhalwe aan haar man onderdanig

moet wees.

2. Dit is opmerklik dat telkens waar daar na die pligte van die man en vrou in die Nuwe

Testament verwys word, word die pligte van die vrou altyd eerste genoem. Die afleiding wat

gemaak kan word, is dat die vrou grootliks die middelpunt van die verhouding is. Indien sy

nie haar rol vervul nie, sal die man op sy eie nie die verhouding kan laat slaag nie. Die man

moet egter saamwerk en ook sy rol volgens YHVH se vereiste vervul.

3. Elke vrou moet aan haar eie man onderdanig wees (Ef. 5:22 tot 24). Die vrou moet egter aan

haar man onderdanig wees op dieselfde wyse as wat sy aan Yeshua Messias onderdanig is

(onderdanig behoort te wees). Indien die vrou nie ten volle aan Yeshua onderdanig is nie, sal

sy ook nie die gesag van haar eie man aanvaar nie. Die rede hoekom die vrou aan haar eie

man onderdanig moet wees, is omrede YHVH die man as die hoof van die vrou aangestel het.

Dit is YHVH se gesagsorde en is nie op verdienste gegrond nie. Vader-God gee aan die man

hierdie verantwoordelikheid. Alvorens `n man in die huwelik tree moet hy derhalwe seker

wees dat hy verstaan wat hierdie verantwoordelikheid behels en dat hy bereid is om dit te

aanvaar.

DIE VROU SE ROL

1. In Spreuke 31:10 tot 31 beskryf Salomo `n deugsame vrou. Hierdie deugsaamheid beskryf die

karakter en vermoë van `n vrou. Uiterlike skoonheid vergaan, maar deugsaamheid is

blywend. Die sigbare skoonheid van `n vrou is nie bewys van deugsaamheid nie. Die

belangrikste deug wat `n vrou kan hê is om YHVH met totale oorgawe te dien. Dit is die

skoonheid van die siel wat blywend is. Talle mans word egter grootliks deur uiterlike

skoonheid beïnvloed in hulle keuse van `n huweliksmaat.

2. Die woord deugsaam (“chayil”) is `n omvattende woord wat die volgende beteken:

`n Vrou wat moreel, liggaamlik en geestelik sterk is. `n Bron van krag.

`n Vrou wat verstaan wat dit beteken om vrou te wees en dit suksesvol is. Sy benut die

volle potensiaal van vrou wees. Rut was so `n vrou (Rut 3:11).

3. `n Deugsame vrou se waarde is meer as die van robyne (korale of perels) (Spr. 31:10) en sy is

die kroon van haar man (Spr. 12:4). Die kroon (“atarah”) verwys hier na die feit dat sy haar

man se eer is. `n Vrou wat skande maak, naamlik nie deugsaam is nie, is egter soos verotting

van haar man se gebeente (Spr. 12:4). `n Man wat `n deugsame vrou gevind het, het iets

goeds gevind en `n welgevalle van YHVH verkry (Spr. 18:22).

Page 32: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

32

4. Volgens Spreuke 31:10 tot 31 is dit duidelik dat die vrou die man se hulp is en dat haar

deugsaamheid:

Vir haar man sy kroon van eer sal wees (vers 10)

Vir hom `n seën al die dae van sy lewe sal wees (vers 12)

Die rede is hoekom haar man ten volle op haar kan vertrou as iemand wat hom te alle tye

ondersteuning en erkenning gee (vers 11).

Hom ook help om voorsiening in al die behoeftes te maak (verse 13 tot 22).

Die rede is hoekom hy bekend sal wees as die man van `n deugsame vrou (vers 23).

Haar man en kinders rede gee om haar te prys (vers 28).

Rede vir haar is om in alles te deel wat sy en haar man bymekaar gemaak het (vers 31).

5. Die sukses (vervulling en bevrediging) van `n deugsame vrou word in haar man gesien. Dit is

hoe `n vrou haar sukses as eggenote moet meet. Sy leef nie vir haarself nie, maar vir haar

man. Sy sien haar sukses in die sukses wat hy is. Sy verheug haar in haar man se sukses. Die

feit is egter dat haar man se sukses grootliks daaraan te danke is dat sy `n deugsame eggenote

vir hom is.

6. Wat is die een ding wat `n man meer as enige iets anders in die lewe nodig het (begeer)? Die

antwoord is in vers 11, naamlik: Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit

hom nie ontbreek nie. `n Man soek in die eerste plek die goedkeuring, bemoediging,

ondersteuning en erkenning van sy vrou. Indien `n man dit by sy eie vrou ontvang, is dit nie

vir hom nodig om homself aan die wêreld te bewys nie. `n Man wat sy hart ten volle aan sy

vrou kan toevertrou, is `n man wat weet dat sy vrou hom steeds sal eer (bemoedig, ondersteun

en erken) ten spyte van sy mislukkings. By sy hulp (sielsgenoot) sal daar altyd wins

(voordeel) wees en die ondersteuning om `n sukses te maak.

7. Jou hart verteenwoordig alles wat jy is, naamlik jou sterk- en swak punte. `n Man wat sy vrou

met sy hart (insluitend sy swakhede) kan vertrou, het `n deugsame vrou gevind omrede sy aan

hom goed sal doen al die dae van sy lewe (vers 12).

8. `n Man met `n deugsame vrou geniet erkenning in die samelewing (vers 23). Die vrou lewer

dus `n belangrike bydrae tot haar man se aansien in die samelewing. `n Vrou wat skande

maak (die teenoorgestelde van `n deugsame vrou is) (Spr. 12:4) maak van haar man `n

bespotting.

9. `n Deugsame vrou verdien die aanprysings van haar kinders en man (vers 28 en 29). Vir `n

vrou is haar man se aanprysings, en waardering vir haar bydrae as sy hulp waarsonder hy nie

kan klaarkom nie, van uiterste belang.

10. In 1 Kor. 11:3 skryf Paulus dat die man die hoof is van die vrou. Die hoof (kop) van die

liggaam is die finale besluitnemer, maar die kop kan nie sonder die res van die liggaam

funksioneer nie. Die liggaam, spesifiek die nek, hou die kop in plek en gee dit die nodige

ondersteuning. Die nek is ook die naaste aan die kop. Hierdie is presies die rol wat die vrou in

die huwelik moet vervul. Hoewel die man die hoof is van die vrou kan die man nie

Page 33: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

33

doeltreffend funksioneer sonder die ondersteuning van die vrou nie. Die twee saam vorm een

liggaam (vlees).

11. `n Deugsame vrou is een wat haar man ondersteun en bemoedig. Vir die doel moet die man

altyd sy hart aan sy vrou kan toevertrou, veral in die tye wat hy dit die minste verdien. Dit is

juis dan wanneer `n man iemand nodig het wat nog steeds geloof in hom het, al het niemand

anders nie. In hierdie oomblikke benodig `n man nie `n prediker, kritikus of berader nie, maar

iemand wat hom nog ondersteun en bemoedig en laat voel hy is nog die belangrikste in haar

lewe.

12. Om in moeilike tye steeds jou man te bemoedig en te ondersteun, en jouself te weerhou van

kritiek en verwyt, is geen maklike taak nie. Veral wanneer hy verkeerde besluite geneem het,

en hyself ook tot hierdie besef gekom het, vereis dat die vrou haar eie emosie moet

onderdruk. Dit is in hierdie oomblikke wat die doel en betekenis van die huweliksverbond in

werking moet kom, naamlik: Ek leef nie vir myself nie, maar vir my man. My emosie is nie so

belangrik as dit wat hy op hierdie oomblik ervaar nie. Hierdie gesindheid vereis `n sterwe

van die eie ek en dit is die basis van die verbond.

13. Opsommend: Die sukses (vervulling en bevrediging) van `n deugsame vrou word in haar

man gesien. Dit is hoe `n vrou haar sukses as eggenote moet meet. In gevalle waar die man

egter hoegenaamd nie wil saamwerk nie, m.a.w. hy vervul geensins sy rol as hoof van sy vrou

nie, is dit onmoontlik vir die vrou om haar volle potensiaal en bydrae tot haar man se sukses

te lewer. Die man sal uiteindelik voor YHVH hiervoor verantwoording moet doen.

Above all, she fears the Lord. Beauty recommends none to God, nor is it any proof of wisdom

and goodness, but it has deceived many a man who made his choice of a wife by it. But the

fear of God reigning in the heart, is the beauty of the soul; it lasts forever. (Matthew Henry‟s

Concise Commentary)

DIE MAN SE ROL

1. Ten opsigte van die rol van die vrou het ons gesien dat die sukses van `n vrou word in haar

man gesien. Dit is hoe `n vrou haar sukses as eggenote moet meet. Dieselfde geld ten opsigte

van die man. Die vrou is die bewys van die man se sukses as hoof van die vrou. `n Vrou is `n

lewende bewys van die mate van sukses wat die man behaal as die hoof van die vrou soos

gemeet aan Messias as hoof van die kerk.

2. In 1 Kor. 11:7 skryf Paulus dat die vrou is die heerlikheid van die man. Om te weet of `n man

suksesvol is in sy verhouding met sy vrou en in sy taak as hoof van die vrou (hoof van sy

huis) (1 Kor. 11:3), hoef daar slegs na sy vrou gekyk te word. Indien sy stralend, gelukkig en

ontspanne is, en haar man haar sekuriteit van koestering en voorsiening is, het die man daarin

geslaag dat sy vrou sy heerlikheid is.

3. Hierdie verhouding van die vrou as haar man se heerlikheid kan met die son en die maan

vergelyk word. Die maan opsigself het geen glans nie, maar verkry sy glans vanaf die son wat

daarop skyn. Enige iets wat verhinder dat die son se strale die maan bereik, sal veroorsaak dat

die maan sy glans (heerlikheid) verloor. Die vrou kan met die maan vergelyk word; haar

heerlikheid (glans) word deur haar man bepaal. Wanneer die man op haar “skyn” dan sal die

vrou straal en skitter en haar man se heerlikheid wees. Indien enige iets in hul verhouding

skipbreuk ly, sal die vrou haar glans verloor.

Page 34: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

34

4. Volgens 1 Kor. 11:7 is die man die heerlikheid van YHVH en die vrou die heerlikheid van

die man. Derhalwe moet die man se verhouding met YHVH sodanig wees dat YHVH se lig

op hom skyn en hy sodoende YHVH se heerliheid weerkaats. Hierdie heerlikheid moet hy

weer op sy vrou laat skyn sodat sy ook `n weerspieëling van sy heerlikheid word.

5. Elke man behoort bogenoemde maatstaf op gereelde basis te gebruik. Jou vrou se glans is `n

weerkaatsing (weerspieëling) van jou eie verhouding met YHVH en jou vrou, en dit bepaal

jou sukses as hoof van jou vrou.

6. Mans wat hulle vrouens se tekortkominge uitwys, kan dikwels die oorsaak daarvan by hulle

self vind.

7. Die verantwoordelikheid van die man as hoof van die vrou kan in twee woorde opgesom

word, naamlik: Beskerming en voorsiening. Hierdie twee woorde kan saamgevat word as die

definisie van liefde en ware liefde bied algehele sekuriteit.Verwys 1 Joh. 4:18. As hoof van

die kerk is dit presies wat Yeshua Messias ons bied. Beskerming in elke situasie en

voorsiening in al ons behoeftes, en dit bied elkeen totale sekuriteit en dit verdryf alle vrees.

8. Dit is die man se taak om sy vrou totale sekuriteit te bied. `n Vrou kan slegs die volle

heerlikheid van haar man wees indien sy emosioneel, finansieël en sosiaal veilig en gekoester

voel.

9. Beskerming: Die man is die beskermer wat die vrou se bedekking (skuiling) moet wees. Hy

moet tussen haar en elke bedreiging (fisies, geestelik en emosioneel) staan.

10. Voorsiening: Die man moet in elk behoefte (fisies, geestelik en emosioneel) van sy vrou

voorsien. Verwys 1 Tim. 5:8. Een van die belangrikste areas van voorsiening is finansiële

voorsiening. `n Man wat nie die broodwinner is nie, gee gesag prys en kan nie maklik sy rol

as hoof van die vrou vervul nie. (Daar is egter situsies waar omstandighede die vrou dwing

om die broodwinner te wees).

11. Elke man moet sy eie vrou liefhê op dieselfde wyse as wat Yeshua Messias die gemeente

liefhet (Ef.5:25 tot 31). YHVH vereis dat elke man sy eie vrou op `n wyse moet liefhê wat `n

navolging in woord en aksie is van die wyse wat Yeshua Messias die kerk liefhet. Dit behels

die volgende:

Elke man moet sy eie lewe vir sy eie vrou aflê (vers 25). Aflê beteken om jou eie belange

prys te gee terwille van jou vrou se belange.

Die doel van die man se liefde vir sy vrou is om haar aan YHVH te wy nadat hy haar met

die woord van YHVH gereinig het (vers 26). Hy reinig haar deur teenoor haar op te tree

volgens die woord van YHVH, haar te onderrig in die woord van YHVH en deur die

woord van YHVH oor haar te spreek.

Die uiteindelike doel is om sy vrou voor YHVH te kan stel sonder vlek of rimpel of iets

dergeliks, maar dat sy heilig en sonder gebrek sal wees (vers 27). Die man se optrede

teenoor, en verhouding met, sy vrou moet derhalwe sodanig wees dat hy nie die oorsaak

is dat sy besmet word met enige vlek of rimpel of enige onheiligheid of emosionele

wond nie

Page 35: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

35

Elke man moet sy vrou liefhê soos sy eie liggaam (vers 28). Maar elke man moet sy

liggaam liefhê op `n wyse dat sy liggaam `n geskikte woonplek vir YHVH is (1 Kor.

3:16; 1 Kor. 6:19). Indien jy jou vrou op bogeneomde wyse liefhet, het jy jouself lief.

Die man moet sy vrou voed en koester net soos Yeshua Messias die gemeente voed en

koester (vers 29). Dit beteken die man moet in al die vrou se behoeftes voorsien en

teenoor haar optree dat sy algehele sekuriteit (koestering) ervaar.

12. In 1 Pet. 3:7 word die mans daaraan herinner om verstandig met hulle vrouens saam te lewe.

Dit beteken dat die man se verhouding met sy vrou bepaal moet word deur die kennis van

wat YHVH van die huwelik vereis, omdat man en vrou ook saam “mede-erfgename van die

genade van die lewe is – sodat julle gebede nie verhinder mag word nie”. Hierdie dui op `n

gemeenskaplike erfenis wat die een nie sonder die ander kan ontvang nie. Dit is `n erfenis

wat man en vrou ontvang wat die verbondsverbintenis met mekaar en met YHVH eerbiedig

en mekaar waarlik ken.

OPSOMMEND:

Die verantwoordelikhede van beide man en vrou word deur YHVH duidelik uitgespel en kan soos

volg opgesom word:

Man: Om te voorsien en te beskerm. Bereidwilligheid om op te offer

Vrou: Om te ondersteun en te bemoedig. Bereidwilligheid om onderdanig te wees.

Hierdie verantwoordelikhede vereis meer as net `n wilsbesluit en toewyding; dit vereis die genade

en bonatuurlike krag van YHVH wat aan ons gebied word deur die feit dat ons in `n

verbondsvehouding met YHVH staan. Hierdie verbintenis aan YHVH, en van die man en vrou

aan mekaar, vorm die basis van `n YHVH geseënde huwelik van geluk en voorspoed. Die wat

geen insig in die doel en betekenis van `n verbond het nie, kan nie deel in hierdie geheimenis nie

en staan as te ware sonder YHVH en sonder hoop. Verwys Ef. 2:12.

DIE HELPER VAN DIE MAN

1. Die waarde (status) van man en vrou is in die oë van YHVH gelyk, maar die rolle van beide is

verskillend.

2. YHVH se woord is baie duidelik oor die rol van die vrou in die huwelik. Indien die vrou

hierdie rol begryp en toepas, sal baie huweliksprobleme uit die weg geruim word. Ewe eens

moet die man begrip hê vir die rol van sy vrou as sy helper en haar in dit ondersteun

3. Eerstens het YHVH die vrou geskape as haar man se helper (Gen. 2:18). YHVH het gesien

dat sy werk nog nie voltooi was nie, want YHVH het gesê dat dit nie goed was dat die man

alleen is nie. Derhalwe het YHVH vir die man `n hulp geskape wat by hom pas.

4. `n Helper is iemand wat jou help om `n spesifieke doel te bereik. Dit is nie `n dienskneg,

arbeider of slaaf wat aan jou behoort om te beveel soos dit jou pas nie. YHVH het `n rib uit

Adam geneem om die vrou te skape. Dit was:

Page 36: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

36

Nie uit sy kop geneem sodat hy oor haar kan heers nie

Nie uit sy voet geneem sodat hy op haar kan trap nie

Nie uit sy hand geneem sodat sy hom moet bedien nie, maar

Dit was uit sy rib wat die naaste aan sy hart is en onder sy arm is, sodat hy haar kan liefhê en

hy haar kan beskerm.

5. Adam het Eva herken as deel van hom; as sy gelyke en as `n verlenging en uitbreiding van sy

eie vermoëns (Gen. 2:23).

6. Dit was nie goed dat Adam alleen was nie, want anders sou Adam egosentries gewees het.

Die fokus sou slegs op homself gewees het. Om soos YHVH te wees moet jy iemand liefhê,

sodat die fokus van jouself weg kan skuif na die persoon wat jy liefhet. Ware liefde is

wanneer jou eie belange ondergeskik raak aan die belange van die een wat jy liefhet.

-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-

Page 37: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

37

DIE HUWELIKSVERBOND

Deel 8: DIE HUWELIK IN PRAKTYK

MANS EN VROUE IS VERSKILLEND

1. YHVH het man en vrou verskillend gemaak. Hierdie feit moet verstaan en aanvaar word en

dit sal nooit verander nie. Hierdie verskille moet nie as teenoorgesteldes gesien word nie,

maar eerder as om mekaar aan te vul. Daarom kan `n huwelik beskryf word as:

Die proses waar twee onversoenbare mense leer om versoen te word deur passievolle

kompromie. Hierdie proses vereis volwassenheid en toewyding, veral wanneer jy nie voel om

dit te doen nie – John Hagee.

2. Navorsing deur Dr Roger Sperry (Hy het in 1981 die Nobelprys vir Medisyne ontvang) het

gevind dat daar wetenskaplike bewys is dat hierdie verskille ondermeer te doen het met die

ontwikkeling van die baba se brein gedurende die 16e en 26e week van swangerskap. In

hierdie periode skei die brein van `n babaseuntjie twee bestanddele af wat die ontwikkeling

van die regterhelfte van die brein vertraag. Die regterhelfte van die brein beïnvloed die omgee

en versorging (caring) geaardheid van `n persoon, terwyl die linkerkant van die brein die

logiese denke en redenasie vermoë beïnvloed. Daarom is mans meer logiesdenkend gerig en

vrouens meer omgee en versorgend gerig. Hierdie is `n kardinale verskil in die wyse wat

mans en vroue sal dink en optree. Daarom kan gebrek aan begrip van hierdie feit tot baie

wrywing in `n huwelik aanleiding gee.

3. Talle ander studies bevestig dat baie van die emosionele-, redenerings en interpretasie

verskille tussen mans en vroue teruggevoer kan word na verskille in die fisiologie van die

brein wat ook deur hormoonverskille beïnvloed word.

4. Voorbeelde van verskille (deur navorsing bevestig) tussen mans en vroue:

Vrouens is meer taalvaardig en sal die besonderhede van `n gesprek en gebeurtenis in die

fynste detail vertel of beskryf. Vrouens praat gemiddeld twee keer meer woorde per dag

as mans. `n Man sal met min woorde en in helfte die tyd dieselfde vertel of beskryf.

Vroue verkies linkerbreinaktiwiteite soos gesels, terwyl mans regterbreinaktiwiteiete soos

sport verkies.

`n Man sal die kortste moontlik pad of proses kies om sy doelwit te bereik. `n Vrou sal

draaie loop en meer tyd neem om haar doelwit te bereik.

Mans is meer geneig om te analiseer. Tydens `n krisis sal `n man die praktiese aspekte en

die implikasies ontleed, terwyl `n vrou besorg sal wees oor die mense betrokke by die

krisis (emosioneel betrokke).

Mans is meer geneig om emosioneel los te staan van „n situasie of probleem. Daarom is

mans geneig om seks en liefde afsonderlik te sien, terwyl vrouens nie die een sonder die

ander beskou nie.

Page 38: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

38

Vrouens is meer sensitief vir die waarneming van gesindhede en bedoelings van mense.

Dit maak vrouens meer genieg tot agterdog en daarom wil vrouens meer dikwels

versekering van hulle mans se liefde hê. Mans sal egter baie vinniger op instink reageer

as vrouens.

5. In 1 Pet. 3:7 is die opdrag dat `n man verstandig met sy vrou moet saamlewe. “Verstandig”

verwys na kennis en insig waarmee `n man teenoor sy vrou moet optree. Hy moet haar met

eer as die swakkere behandel omrede hy besef dat sy `n hulp is wat hom aanvul en

ondersteun. Die man moet hierdie hulp koester en versorg, want sonder haar hulp gaan hy

onvolledig wees en gebrek ly.

6. Moet nooit probeer om jou man of vrou te verander om meer soos jy te wees nie. Vrouens is

veral geneig om dit te wil doen. Hierdie houding is `n waarborg tot wrywing en frustrasie.

YHVH het die man en vrou met `n doel verskillend gemaak. Moenie probeer om slimmer as

YHVH te wees nie. Dank YHVH eerder vir die verskille en probeer om presies ten volle dit

te wees wat YHVH jou gemaak het, naamlik ten volle man of vrou volgens YHVH se plan.

Gebruik eerder die verskille om nuwe lewe en verskeidenheid in die huwelik te bring. Leer

om by die verskille aan te pas.

7. Die verskil tussen mans en vroue is ook aan verskillende hormone toe te skryf. Begrip van die

invloed wat sekere hormone op die denke, emosies en optrede van beide geslagte het, moet

ook duidelik deur beide partye verstaan word.

Die vrou: In `n gesonde vrou, voor menopause intree, sal haar ovulasiesiklus grootliks

haar gemoedstoestand beïnvloed. Hierdie tyd in `n vrou se lewe is `n siklus van “Days of

wine and Roses” wat deur “days of thunder and lightning” opgevolg word. In die opsig

moet mans verstandig (met kennis en insig) met hulle vrouens saamleef (1 Pet. 3:7).

Die man: Die hormoon testosteroon maak dat `n man feitlik elke dag gereed is vir `n dag

van “thunder and lighting” in die bed. Indien hy dan so `n dag beleef, sal hy voel of hy

die eerste prys gewen het. Sy logiese denkpatroon sal maak dat hy wil glo elke dag kan so

wees.

8. Bogenoemde lig die verskil tussen `n vrou se behoefte vir romantiese bevrediging en `n man

se behoefte vir seksuele bevrediging uit. Romanse en seks het besliste raakpunte, maar

romanse is nie noodwendig seks nie en seks is nie noodwendig romanse nie. Romanse kan

ook as emosionele gemeenskap (intimiteit) beskou word, terwyl seks `n vleeslike bevrediging

is wat emosionele bevrediging insluit. Romanse eindig dikwels in seks, maar nie noodwendig

altyd nie. Vir `n man is dit meestal moeilik om dit te begryp. `n Vrou wil ook liefdevolle

koestering sonder seks van haar man ontvang.

9. Die belangrikheid van romanse en seks in die lewe van `n man en vrou kan op onderstaande

skaal voorgestel word. Hoewel romanse en seks iewers op die skaal oorvleuel, is die fokus en

belangrikheid by man en vrou teenoorgesteld. Romanse is dikwels die middel waarmee die

man sy behoefte van `n bevredigende seksuele verhouding bereik, terwyl seks die middel is

waarmee die vrou dikwels haar behoefte van romanse (nie-seksuele koestering) bereik.

Page 39: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

39

MAN

10 10

Romanse 0 Seks

VROU

10. Ingesluit by `n vrou se behoefte na emosionele gemeenskap, is geestelike gemeenskap met

haar man. Daarom is die mees suksesvolle huwelike waar beide man en vrou YHVH met

totale oorgawe dien en waar die man die verantwoordelikheid as geestelike leier aanvaar het

en ook die rol suksesvol vervul.

11. Waar vrouens nie bevrediging ten opsigte van bogenoemde kry nie, sal hulle dikwels hulle

mans en huwelike afskeep terwille van betrokkenheid by die kerk of geestelike organisasies.

Hierdie optrede sal geestelike weerstand by die man wek. Die gevolg is verdere verwydering

tussen die man en vrou.

SEKSUELE INTIMITEIT

1. Vader YHVH het die mens gemaak as `n gees met `n siel wat in `n liggaam woon. Hoewel

die mens se gees vir ewig sal lewe, is die siel en liggaam uiters belangrik vir `n gelukkige en

vervulde lewe op aarde. Die volgorde van belangrikheid is gees, siel en dan liggaam. Daarom

kan die mens nie toelaat dat die siel en die liggaam die gees oorheers nie.

2. `n Bevredigende seksuele verhouding binne die huwelik is YHVH se wil. Die feit dat hierdie

onderwerp vir baie jare deur Christene vermy is, het grootliks bygedra dat Christene nie die

ware genot van seksuele intimiteit in hulle huwelikslewe ervaar nie. Dit het ook bygedra tot

skuldgevoelens en seksuele wanpraktyke. Die Kerk behoort Christene ten opsigte van

seksuele intimiteit met openhartigheid te onderrig. Die wanbegrip dat YHVH nie daarvan hou

dat Sy kinders seks moet geniet nie, word weerlê deur die feit dat YHVH die ontwerper en

skepper van die man en vrou was en dat Hy gesê het dat Sy handewerk “baie goed” was

(Gen. 1:31).

3. Die seksdrang is nie deur YHVH in die mens geplaas om `n sielswroeging te wees nie, maar

om `n genotvolle ervaring te wees wat vervulling meebring. Hierdie vervulling is slegs

moontlik indien die seksdrang reg aangewend word.

4. Seksuele intimiteit is uitsluitlik `n bevrediging van die siels- en die liggaamsbehoeftes. Seks

binne die huwelik het egter ook `n sterk geestelike element omrede dit `n eenwording van

gees, siel en liggaam tussen man en vrou behels. Hierdie totale en bevredigende eenwording

is nie buite die huwelik moontlik nie.

5. Daarom is seksuele intimiteit `n kosbare gawe van YHVH wat tot Sy eer gebruik moet word

en wat tot genot en bevrediging in die huwelik bydra. YHVH self het die seksuele dryf in die

mens geplaas en daarom is seks binne die huwelik nie sonde nie, en ook nie `n daad wat

Page 40: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

40

skuldgevoelens moet wek nie. Die seksdrang moet egter altyd onderhewig wees aan YHVH

se vereistes.

6. Dit is van selfsprekend dat die mens voor die sondeval hierdie drang gehad het, want YHVH

het die mens geseën en vir hulle gesê “wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde”

(Gen.1:28). Hierdie Skrif bevestig dat seksuele intimiteit in die huwelik YHVH se seën het

en dat dit daarom heilig is.

7. YHVH as Skeppergod gee goedkeuring aan `n seksuele verhouding binne die huwelik Die

volgende Skrifte bevestig dit, naamlik deur:

YHVH die Vader in Gen. 1:28. Die opdrag “gaan en vermeerder” beteken om te gaan en

seksueel intiem te wees. Verder het YHVH nadat Hy alles geskape het, verklaar dat dit

alles baie goed is. (Gen. 1:31). Hierby ingesluit is die mens se seksdrang, geslagorgane

en seksuele intimiteit. Oor hulle naaktheid was Adam en Eva nie skaam nie (Gen. 1:25).

In Gen. 4:1 is dit geskryf dat Adam sy vrou “beken” het. Hierdie “beken” is meer as net

seksuele omgang en beteken ook om intiem te ken, waar te neem, te onderskei, te

openbaar en kennis te hê. Dit beskryf `n eenwording van gees, siel en liggaam. YHVH

het man en vrou in die huwelik saamgebring om een vlees te word (Gen. 2:24; Matt.

19:5). Die hoogtepunt van een vleeswording vind plaas deur seksuele intimiteit. Hierdie

eenwording beteken egter niks indien dit nie ook eenwording van gees en siel insluit nie.

Yeshua Messias in Matt. 19:5. Die feit dat Yeshua ook Sy eerste wonderwerk op `n

bruilofsfees gedoen het, is ook bevestiging van goedkeuring vir die huwelik en die

seksuele intimiteit wat daarmee gepaardgaan.

Die Heilige Gees ondermeer in Heb. 13:4. Onder inspirasie van die Heilige Gees skryf

Paulus: Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet. Die betekenis

van “bed” is die geslagsdaad (koitus). Die huwelik is eerbaar en daarom moet die

geslagsdaad nie besmet word (onrein gemaak word) met buite egtelike verhoudinge of

seksuele wanpraktyke nie.

8. Die wêreld se siening van seks verskil drasties van die van YHVH. Vir die wêreldling is

genot die enigste doel van seks en daarom kan dit net soos baie ander dinge vrylik geniet

word. Hierdie siening bevorder seksuele perversie in al sy verskillende vorme. Satan het

grootliks daarin geslaag om die Skepper van seksuele bevrediging uit die prentjie te haal.

9. Sekulêre handboeke oor seksuele intimiteit fokus op die metodes en tegnieke vir seksuele

bevrediging. YHVH se Woord fokus egter op die motief vir seksuele bevrediging. As die

motief verkeerd is, word seks slegs `n fisiese hoogtepunt en word dit grootliks ontneem van

die geestelike en emosionele ervaring daarvan, asook die sekuriteit wat dit bied.

10. Veral mans moet besef dat dit `n bewese feit is dat bevredigende seks nie `n goeie verhouding

verseker nie. `n Goeie verhouding tussen man en vrou sal egter altyd bevredigende seks vir

beide verseker.

11. Die Bybel is uitgesproke oor seks.

Dit is reeds bespreek dat seksuele intimiteit in die huwelik deel van YHVH se plan vir

die mens is.

Page 41: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

41

Die Woord van YHVH is ook duidelik aangaande die feit dat `n seksuele verhouding

buite die huwelik sonde is. Seks buite die huwelik word deur YHVH verbied en die wat

oortree sal geoordeel word (1 Kor. 6:9 en 10; Heb. 13:4). Daarom is dit noodsaaklik dat

elke man sy eie vrou moet hê en elke vrou haar eie man (1 Kor. 7:2 tot 5). Dit is die

wyse waarop versoekings weerstaan kan word. Hierdie is veral belangrik in die lig van

die man se groter seksdrang.

In Spreuke 1 tot 9 word Salomo se wyshede gevind oor hoe om seksuele versoekinge en

die seksdrang te hanteer. Hiervolgens is dit duidelik dat seks binne die huwelik ware

vreugde en genot verseker. Seks buite die huwelik is kortstondige vreugde en genot wat

nadelige gevolge inhou.

Die Woord van YHVH is eksplisiet oor die seksuele verhouding binne die huwelik.

Verwys Hooglied 2:3 tot 17 en 4:1 tot 7. In Spreuke 5:18 tot 20 word vurige liefde

beskryf wat die man gedurig moet bedwelm. In Gen. 26:6 tot 11 word insae verkry in die

tipe verhouding wat Isak en Rebekka gehad het, naamlik vers 8: “En toe hy al „n lang

tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe

Isak speel met Rebekka, sy vrou”. Hierdie “speel” was sodanig dat Abiméleg besef het

dat Rebekka nie Isak se suster was soos hy aanvanklik geglo het nie. Hierdie “speel” was

die voorspel tot seksuele omgang. Verwys 1 Kor. 7:2 tot 5 wat dit onomwonde stel dat

die man en vrou mekaar se seksuele behoeftes moet bevredig ten einde versoekinge te

kan weerstaan.

In 1 Kor. 7:3 sê Paulus dat beide die man en die vrou mekaar die verskuldigde

welwillendheid moet bewys. Die bedoeling is nie net goedhartigheid nie, maar ook die

nakom van huwelikspligte. Dit beteken die betaling van dit wat verskuldig is. Seksuele

intimiteit is ondermeer die “betaling” van dit wat in die huwelik aan mekaar verskuldig

is.

12. Opsommend: Seks is nie net bedoel vir voortplanting nie. Dit is bedoel om geniet te word en

om telkens die hoogtepunt en bevestiging van eenwording te wees. Dit is die rede waarom

Satan alle pogings aanwend om daarvan iets te maak wat YHVH dit nooit bedoel het om te

wees nie. In plaas daarvan dat seks eenwording tussen man en vrou bevorder, word dit

dikwels juis die oorsaak van verwydering weens pornografie en talle seksuele wanpraktyke

en wanopvattings.

Die Skrif in 1 Kor. 7:2 tot 5 kan soos volg opgesom word:

Beide man en vrou het seksuele behoeftes wat in die huwelik bevredig moet word.

Wanneer `n persoon in die huwelik tree word afstand gedoen van seggenskap oor sy /

haar eie liggaam.

Bevrediging van die seksuele behoeftes van die huweliksmaat mag nie geweier word

nie, behalwe met wedersydse ooreenkoms vir vas en gebed en dan ook net vir `n kort

tydperk.

Waak teen versoeking wat weens seksuele frustrasie kan ontstaan.

Seks in die huwelik is `n hemelse simfonie tussen twee bemindes en YHVH is die dirigent

– John Hagee.

Page 42: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

42

Getuig jou huwelik hiervan? Indien nie is dit nodig om iets daaraan te doen.

13. `n Deugsame vrou is een wat in haar man se seksuele behoeftes verstaan en daaraan voldoen.

Wie so `n vrou gevind het, het iets goeds gevind en `n welgevalle van YHVH verkry (Spr.

18:22). Uiteraard moet `n man ook bewus wees van sy vrou se seksuele behoeftes wat in alle

waarskynlik met syne gaan verskil. Dit is egter veral die vrou wat haar man se groter

seksdrang moet verstaan.

DIE BETEKENIS VAN SEKSUELE INTIMITEIT VIR MANS EN VROUE

1. `n Seksuele bevredigende verhouding is noodsaaklik vir `n gelukkige huwelik. Dit beteken

dat die seksuele behoeftes van beide die man en die vrou bevredig moet word. Hierdie

behoeftes, asook die rede vir, en betekenis van, seksuele bevrediging, verskil by mans en

vroue. Dit is noodsaaklik dat beide van hierdie verskille bewus moet wees en dit te alle tye in

gedagte moet hou.

2. Die siening dat die vrou slegs vir die man se seksuele behoeftes daar is, is nie volgens YHVH

se plan nie. Hoewel die man, asook die vrou, geregtig is op seksuele bevrediging (1 Kor. 7:3)

moet dit eerder gesien word as `n voorreg wat die huwelik bied en `n welwillendheid wat aan

mekaar gebied word weens liefde.

3. Vanweë die man se groter seksdrang is die vrou wel ook die man se seksuele hulp. Die man

moet egter hierdie hulp met groot liefde en begrip koester. `n Vrou is `n hulp en nie net haar

man se vlees bevrediger nie.

4. Talle vroue het nie begrip van wat seksuele intimiteit vir haar man werklik beteken nie. Dit

veroorsaak verkeerde gevolgtrekkings en dat sy nie spontaan kan reageer op sy toenadering

nie. Dikwels ly dit tot spanning en groot seksuele frustrasie, veral by die man. `n Vrou moet

bewus wees van die positiewe uitwerking wat `n bevredigende seksuele verhouding op haar

man se daaglikse lewe het.

5. Baie mans verstaan egter ook nie hulle eie seksuele dryf nie, asook nie die positiewe

uitwerking wat `n bevredigende seksuele verhouding op sy daaglikse lewe het nie. Dit kan

bydra tot skuldgevoelens by die man, veral wanneer sy sekdrange nie bevredig word nie en as

buitensporig deur sy vrou beskou word.

6. Dit is egter `n fisiologiese feit dat by `n normale en gesonde man is daar elke 42 tot 78 uur `n

opbou van semen wat “drukking” veroorsaak wat vrygelaat moet word. Indien “verligting”

nie verkry word nie kan dit seksuele frustrasie veroorsaak. Dit is `n baie belangrike oorsaak

vir die man se groter seksdrang.

7. Talle mans verstaan ook nie wat seksuele intimiteit vir `n vrou beteken nie. Wanbegrip

hiervan, en omrede die vrou se seksuele behoefte nie vervul word nie, is dikwels die oorsaak

dat die vrou as “koud” beskou word.

8. Die betekenis van seksuele intimiteit vir mans en vroue word in Tabel 1 opgsom. (Tim &

Beverly La Haye – The Act of Marriage).

Page 43: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

43

TABEL 1

BETEKENIS VAN SEKSUELE INTIMITEIT

MANS VROUE

Bevrediging van sy seksdrang.

Vervulling van haar vroulikheid.

Vervulling van sy manlikheid.

Versekering van haar man se begrip vir haar

behoeftes t.o.v:

Kammeraadskap, vriendskap

Empatie en deernis (Compassionate)

Romantiese liefde

Waardering

Passie / liefderyke liefde

Dit bevorder (laat dit toeneem) sy liefde vir sy

vrou.

Bevrediging van haar seksdrang.

Dit verminder irritasie by die man en wrywing in

die huis.

Ontspannend en kalmerend

Dit is die hoogtepunt van alle fisiese en

emosionele ervaring.

Dit is die hoogtepunt van alle fisiese en

emosionele ervaring

KOMMUNIKASIE

1. Kommunikasie is die lewensbloed van liefde en sonder liefde is `n huwelik tot mislukking

gedoem. Probleme en verskille in die huwelik is nie noodwendig die tekens van `n

ongelukkige huwelik nie. Die onvermoë om openlik met mekaar daaroor te praat, is besliste

gevaartekens dat die huwelik op die rotse afstuur.

2. Die vrou het `n baie groter behoefte aan kommunikasie in die huwelik as wat die man het.

Die wyse wat mans en vroue kommunikeer is egter verskillend. Vroue verwag dat mans op

dieselfde wyse moet komunikeer as wat vroue onderling met mekaar kommunikeer. Die

teenoorgestelde is ook waar van mans. Vroue bespreek die agtergrond en omstandighede in

die fynste besonderhede alvorens hulle by die punt of feit uitkom. Mans maak hulle punt en

gee die feite met slegs die heel noodsaaklikste besonderhede.

3. Mans moet besef dat

indien jy nie kan luister en hoor en verstaan wat jou vrou sê nie of

altyd die laaste woord of mening moet uitspreek of

kwaad word omrede sy van jou verskil,

dan weet jy nie hoe om met jou vrou te kommunikeer nie.

4. Enkele goue reëls van kommunikasie is die volgende:

Kommunikasie is nie om te kla of te neul en te kerm nie, en ook nie om te spog nie.

Page 44: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

44

Goeie kommunikasie is nie soseer kwantiteit nie, maar wel kwaliteit.

Dink voor jy praat, veral aan die moontlike gevolge van wat jy gaan sê.

Die tydstip wanneer jy `n sensitiewe saak gaan bespreek moet met wysheid en

versigtigheid gekies word.

Moenie beledigend, beskuldigend of verwytend wees nie.

Gee genoeg kans om die ander se standpunt aan te hoor en dit te verstaan.

5. Kommunikasie is `n uitruil van inligting en gevoelens. In die huwelik moet dit vrylik kan

plaasvind in die wete dat persoonlike en sensitiewe inligting en gevoelens (emosies) as

vertroulik, asook met empatie hanteer word sonder om ooit misbruik te word. Kommunikasie

tussen man en vrou moet `n ontbloting van die siel tussen twee vertrouelinge kan wees.

6. Goeie kommunikasie is nie die vermoë om `n argument te wen nie. Jy kan elke argument

wen, maar dit gaan op die ou einde jou huwelik kos. Tydens `n argument moet elkeen hulself

vra: Wil ek versoen wees met my vrou / man of wil ek bewys ek is reg?

7. Kommunikasie is `n dialoog en nie `n monoloog nie. Veral vrouens kan deur `n stortvloed

van woorde dit in `n monoloog verander.

8. Goeie kommunikasie moet dit wat in die huwelik pla en ongelukkigheid veroorsaak insluit,

sonder dat dit in `n argument eindig. Kommunikasie is nie om te kritiseer en die ander

persoon af te breek nie. Moet nooit “ten volle gewapen” probeer kommunikeer nie. Dan is dit

nie kommunikasie nie, maar wel konfrontasie wat kan lei tot `n argument. Die eindresultaat

van `n argument kan vergelyk word met `n poging om `n gloeilamp dood te blaas.

9. Alle mans en vrouens begin `n huwelik met behoeftes en verwagtinge wat hulle glo deur die

huwelik bevredig sal word. Hierdie behoeftes en verwagtinge word egter selde aan die

huweliksmaat gekommunikeer. Die gevolg is spanning, frustrasie en ongelukkigheid wat

selfs egskeiding tot gevolg kan hê.

10. Dit is egter ook elke huweliksmaat se plig om uit te vind wat die ander se behoeftes en

vewagtinge is. Komunikasie is die wyse hoe om dit uit te vind. Ware liefde sal alle pogings

aanwend om in daardie behoeftes en verwagtinge te voldoen.

11. Kritiek is die sneller wat selfverdediging en selfregverdiging aktiveer, veral by mans.

Bewondering en waardering is `n groot motiveerder. Dit is veral mans wat deur die

bewondering en waardering van hul vrouens tot nuwe hoogtes aangemoedig kan word.

12. Man en vrou moet tyd inruim om met mekaar daagliks te kommunikeer sonder buite invloede

soos die televisie, telefoonoproepe, vriende, ensovoorts. Kommunikasie moet `n tyd van

ontspanning wees. Moenie sensitiewe sake aanspreek wanneer een of beide gespanne of

moeg is nie.

13. Die doel van kommunikasie in die huwelik is om die een wat jy liefhet beter te ken en te

verstaan en op die manier `n beter verhouding te bou. Kommunikasie is een manier om

uitdrukking van jou liefde te gee.

Page 45: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

45

14. Kommunikasie in die huwelik is nie `n vergadering nie, want daar is geen voorsitter nie. `n

Sakelys is wel aanvaarbaar.

15. Goeie kommunikasie bestaan nie net uit wat jy sê nie, maar ook hoe jy optree. Daarom is

dade en die gesindheid wat openbaar word, ook `n wyse van kommunikasie. Dikwels spreek

dade en gesindhede baie meer as woorde. Onderstaande tabel is `n opsomming van die

elemente van goeie kommunikasie en wat elke element behels:

ELEMENTE WAT DIT BEHELS

Openhartigheid Gee en vra terugvoer; vertel meer as wat nodig is; gee oorsig van groter

prentjie; geen geheime nie; deel gevoelens sowel as feite; kwaliteit; hou

huweliksmaat op hoogte van belangrike verwikkelinge.

Opregtigheid Genoegsame konfrontasie; Hanteer konflik – skroom nie weg daarvan nie;

erken foute; geen verskuilde agenda nie; geen manupilasie nie; stel

verwagtinge duidelik.

Betroubaarheid Kom verpligtinge na; ondersteuning te alle tye; neem verantwoordelikheid vir

optrede; respekteer verskille; stiptelikheid; gereelde betoning van

dankbaarheid; onthou van belangrike datums (verjaarsdae, huwelik)

Aanvaarding Wedersydse respek vir rolle en kundigheid; maak ruimte vir verskille; luister

na mekaar; laat foute en tekortkominge toe; laat emosie deel van gesprek

wees; deelnemende besluitneming; probeer nie die ander verander nie.

HUISWERK: KOMMUNIKASIE

1. Evalueer jou eie vermoë om te kan kommunikeer, asook die van jou huweliksmaat deur `n

punt uit 5 toe te ken vir elk van onderstaande elemente van kommunikasie soos bespreek en

gedefiniëer is op bladsy 38:

2. Bespreek julle evaluasies openhartig met mekaar. Onthou: Daar waar julle verskil oor die

punt toegeken by „n bepaalde aspek van kommunikasie is die verskil weens die wyse hoe jou

maat jou ervaar tydens kommunikasie. Indien jou maat jou „n laer punt gee as wat jy jouself

gegee het, behoort jy aandag daaraan te gee om te verbeter. Moenie jouself probeer regverdig

of verontskuldig nie.

Punteskaal:

5 = Uitstekend. Jy sal niks anders wil hê nie. Verandering is nie nodig nie.

4 = Baie goed. Daar is egter ruimte vir verbetering, maar jy sal tevrede wees (daarmee

kan saam leef) indien dit nie sou verander nie.

3 = Goed. Daar is egter een of meer areas waar verandering / verbetering noodsaaklik is.

2 = Ontevrede. Veroorsaak spanning, frustrasie en soms konfrontasie in die verhouding.

1 = Uiters ontevrede. Jy beskou die betrokke aspek van kommunikasie as „n ernstige

probleem en frustrasie wat die verhouding skade aandoen.

Page 46: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

46

EIE MAAT KOMMENTAAR / OPMERKINGS

Openhartigheid

Opregtigheid

Betroubaarheid

Aanvaarding

TOTAAL

`n Punt van 3 en minder by enige aspek van kommunikasie is „n potensiële probleemarea van

frustrasie en ongelukkigheid wat spanning en konfrontasie kan veroorsaak. Dit moet aangespreek

en reggestel word.

„n Totale punt van 3 of minder is „n ernstige probleem. Dit vereis dat iets gedoen moet word om

die probleem op te los. Indien nodig moet profesionele hulp / berading verkry word.

GEBED IS DIE BESTE HULPMIDDEL IN KOMMUNIKASIE.

1. YHVH kommunikeer met ons deur Sy Woord en die Heilige Gees wat in ons is, asook deur

mense. Ons kommunikeer met YHVH deur lofprysing, aanbidding en gebed. Sonder

kommunikasie met YHVH sal die mens se gees en siel verdor en sal hy nooit YHVH waarlik

leer ken nie. Deur kommunikasie tussen YHVH en die mens vind eenwording met YHVH

plaas.

2. Wanneer man en vrou met eensgesindheid deur gebed tot YHVH nader is dit nie net

kommunikasie met YHVH nie, maar ook komunikasie tussen man en vrou. Kommunikasie

deur gebed plaas enige moontlike geskille en verskille tussen man en vrou op die agtergrond.

Dit is onmoontlik om vir mekaar kwaad te wees wanneer daar saam gebid word.

3. Verwys Matt. 18:19. “Saamstem” beteken om te harmoniëer en eensgesind te wees. Die

belofte is dat wanneer twee, soos man en vrou, saam harmoniëer, sal hulle gebede

beantwoord word. Die doelwit moet wees dat man en vrou met mekaar, en met YHVH, een

moet wees soos wat YHVH die Vader en Yeshua een is (Joh. 10:30). YHVH die Vader en

Yeshua is ons voorbeeld van wat met kommunikasie bereik kan word. In Joh. 17:22 bid

Yeshua en vra die Vader dat ons as sy dissipels een sal wees soos wat Hy en die Vader een is.

LIEFDE EN VERLIEFDHEID

1. Daar bestaan baie verwarring oor ware liefde en verliefdheid. Hollywood het `n groot bydrae

gelewer tot hierdie verwarring.

2. Verliefdheid is kitsbegeerte wat veroorsaak word deur een stel hormone wat soos `n magneet

`n ander stel hormone aantrek. Dit is die “urge to merge”. Dit is `n kategorie 5

hormoonstorm. Alle storms woed hulself egter uiteindelik uit en al wat oorbly is die skade

wat aangerig is.

Page 47: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

47

3. Ware liefde is vriendskap wat vlam gevat het en elke dag al hoër brand tot dit onuitblusbaar

geword het. Liefde is vriendskap wat rypheid en volwassenheid bereik het.

4. Verliefdheid word deur onsekerheid gekenmerk, veral ten opsigte van die getrouheid en ware

bedoelinge van die een op wie jy verlief is. Die vrees dat jy jou geliefde dalk gou kwyt kan

wees, gee aanleiding tot `n oorhaastige trouery. Verliefdheid het altyd `n seksuele botoon met

die klem op die eie ek.

5. Liefde bied sekuriteit en kalmte, want dit bring stabiliteit. Jy voel nooit bedreig nie. Dit maak

`n beter persoon van jou, want jy is bereid om meer te gee as wat jy verwag om te ontvang.

6. Ware liefde ken geen vrees nie (1 Joh. 4:18).

7. Die beste beskrywing van liefde, veral in die huwelik, bly steeds 1 Korinthiers 13. As jy

liefde ken, ken jy YHVH (1 Joh. 4:8). Deur verliefdheid kan jy nie YHVH ken nie.

-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-

Page 48: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

48

DIE HUWELIKSVERBOND

Studie 9: DIE HUWELIK IS `N SPANPOGING

1. Elkeen is deur YHVH geskape met sekere gawes, talente (vermoëens), asook sterk- en

swakpunte. `n Spesifieke gawe of talent is nie noodwendig beter as `n ander een nie. Die

beste gawe of talent is daardie een wat jy in `n bepaalde situasie benodig.

2. Indien twee mense met verskillende vermoëns in `n huweliksverbond saamgevoeg word, dan

is hulle gesamentlike vermoë groter en beter as wat dit onafhanklik van mekaar was.

Eenwording van vlees beteken vermeerdering in vermoëns (Pred. 4:9 tot 12). Hierdie

waarheid word selde verstaan en daarom is die man en vrou geneig om te dink dat hulle beter

af op hul eie is.

3. Dikwels word die vermoë van die een huweliksmaat nie verstaan of herken nie. Dit is veral

die man wat geneig is om hieraan skuldig te wees, omrede hy bedreig voel of bang is hy gee

sy hoofskap prys of geneig is om soos `n “diktator” in die huis te wil regeer.

4. Om deur YHVH aangestel te wees as die hoof van die vrou beteken nie dat dat die man in

alles slimmer en beter as die vrou moet wees nie. As hoof van die vrou moet die man die

belange van die vrou en gesin eerste stel en altyd die beste vir hulle beding. Sy eie belange is

ondergeskik aan die van sy vrou en gesin. In hierdie proses moet hy ten volle gebruik maak

van die talente en vermoeëns van sy vrou, want dit gaan tot sy eie voordeel ook strek.

5. `n Huwelik waar beide die man en vrou die uitnemendheid van die liefde volgens 1

Korinthiërs 13 toepas, is `n gedugte huwelikspan wat van oorwinning tot oorwinning sal

gaan. Dit is `n huwelik wat alle aanslae sal kan oorleef.

6. Indien een huweliksmaat `n swakheid het, kan die ander huweliksmaat die ondersteuning gee

om die swakheid te oorwin of te neutraliseer. Dikwels word die swakheid van een

huweliksmaat egter gebruik as rede vir kritiek en vernedering deur die ander. Dit moet egter

onthou word dat ons almal het swakhede.

7. `n Verbond word juis tussen twee mense of groepe gesluit om as eenheid sterker, slimmer en

beter te kan oorleef as afsonderlik. Daarom moet die huwelik as `n spanpoging gesien word,

want gesamentlik kan meer verrig en bereik word as afsonderlik.

TIPE SPANNE

1. Daar is twee soorte spanne, naamlik:

Interafhanklike span : Voorbeeld: Rugbyspan. Ons speel as individue, maar ons wen

of verloor as span. Die individuele prestasie van elke spanlid is minder belangrik as die

span se gesamentlike prestasie. Die span het `n gesamentlike doel, maar elkeen het `n

individuele rol om te speel en `n bepaalde bydrae om te lewer. Hoewel

verantwoordelikhede en rolverdeling duidelik uitgeklaar is, sal elkeen die ander se rol

oorneem in situasies waar dit vereis word. Voorbeeld: Enige spanlid sal ook die rol van

heelagter vervul indien die heelagter vir `n wyle uit sy posisie deur die spel gedwing

word.

Page 49: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

49

Kumulatiewe span: Voorbeeld: Atletiekspan. Ons speel as individue en wen of verloor

as individue. My eie oorwinning is belangriker as die van die span. Elkeen sal

afsonderlik meeding en die prestasie van elke individu word bymekaar getel om te

bepaal of die span wen of verloor. Al verloor die span, word die uitblinkers se prestasie

steeds afsonderlik gesien.

2. Die sukses, voordele en nadele van die twee soorte spanne kan in onderstaande tabel

opgesom word:

INTERAFHANKLIKE SPAN

VOORBEELD: RUGBYSPAN

KUMULATIEWE SPAN

VOORBEELD: ATLETIEKSPAN

Sukses van span

word bepaal

deur

Gesamentlike prestasie

Samespel volgens `n spelplan

Oefening verbeter gesamentlike

prestasie

Onderlinge vertroue en lojaliteit

Individuele prestasie

Oefening verbeter individuele prestasie,

maar nie noodwendig die span se prestasie

nie

Voordele Kan ander spanlede beskerm en

ondersteun

Word grootlks dieselfde gemeet

Beter lojalitiet - spangerig

Almal moet dieselfde basiese

vaardighede aanleer

Groter spangees

Elke lid in kalklig

Prestasie word verskillend gemeet

Spesialiseer op een gebied

Selfmotiverend

Nadele Kan lyf wegsteek

Grootliks drywer afhanklik

Min ondersteuing en beskerming aan

spanlede

Swak presteerders duidelik sigbaar

Egosentries – eie prestasie belangriker

Onderling kompeterend

3. In die lig van bogenoemde is die vraag; Watter een van die twee spanne is die gewenste span

vir `n huwelik? Hoewel beide tipe spanne sekere voordele en nadele het, is die ideale

huwelikspan `n interafhanklike span. Die rede is te vinde in die voordele van `n

interafhanklike span wat beter beskerming, ondersteuning en lojaliteit bied.

4. `n Interafhanklike span se sukses is uitsluitlik afhanklik van die onderlinge vetroue wat

spanlede in mekaar het, asook die mate van toegewydheid (bereidwilligheid om alles in die

stryd te werp vir die span om sukses te behaal). Gebrek hieraan lei tot:

Verwyte en beskuldigings.

Selfverontskuldiging – dit is nie my skuld nie.

Rugstekery – min of geen lojaliteit nie.

Onvergifnis.

5. As span moet elke spanlid fokus, en toegelaat word om te fokus, op daardie vaardighede

waarmee hy / sy die beste is. Die situasie waarin die span hom bevind, sal bepaal wie op

daardie oomblik die belangrikste rol moet speel. Byvoorbeeld: Indien daar pale toe geskop

moet word, word die stelskopper in die span vir die doel gebruik. Dit is dwaasheid indien die

Page 50: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

50

spankaptein in so `n situsie die stelskopper sou ignoreer en `n ander spanlid die opdrag sou

gee om die skopwerk te doen.

6. In `n huwelik is die man die “spankaptein”. Hy is egter `n dwaas indien hy sou dink dat hy

alleen die “wedstryd” kan wen of indien hy dink dat hy alles beter kan doen as die res van die

span.

7. Dit is ewe verkeerd indien die spanlede elke besluit van die kaptein sou bevraagteken of

kritiseer. Die spanlede moet die kaptein ten volle vertrou en te alle tye ondersteun; selfs

wanneer hy `n oordeelsfout begaan het. Die vrou is deel van die huwelikspan en sy het `n

vername rol om te vervul, maar sy moet aan haar man lojaal wees en hom te alle tye

ondersteun. Sy is geregtig op kritiek, mits dit opbouend is en in liefde geskied. Kritiek moet

sonder verwyt wees, want verwyt is nie liefde nie.

HUISWERK

HOEDANIGHEDE (“ATTRIBUTES”)

Maak „n lys van jou man / vrou (aanstaande) se sewe beste hoedanighede (eienskappe),

asook „n lys van jou eie sewe beste hoedanighede. (Minstens 7)

Vergelyk met mekaar en bespreek dit. Verwys vrae en notas aan die einde van hierdie

tabel.

EGGENOOT / EGGENOTE

EIE

Page 51: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

51

Vrae:

Het jou man / vrou / verloofde „n goeie hoedanigheid van jou gelys wat nie op jou eie lys

voorkom nie?

Het jou man / vrou / verloofde een van jou goeie hoedanighede nie gelys nie?

Notas:

1. Ons is geneig om op die negatiewe hoedanighede van iemand te fokus totdat dit al die

positiewe hoedanighede oorskadu. Onthou elkeen het sterk en swak hoedanighede

(eienskappe). Behou jou fokus op jou maat se goeie (sterk) hoedanighede – dit is deel van die

redes hoekom jy met hom / haar getrou het (gaan trou).

2. Help mekaar om die goeie hoedanighede nog beter te maak deur komplimente, waardering te

toon, dankie te sê, erkenning te gee, ensovoorts.

3. Help mekaar om die swak hoedanighede te verander in sterk hoedanighede deur die nodige

ondersteuning en begrip en verdraagsaamheid.

4. Vind uit wat jou maat as jou swak hoedanighede beskou en doen iets daaraan, want dit kan „n

bron van irritasie en konflik word indien jy niks daaraan gaan doen nie.

5. Onthou egter altyd:

Almal het sterk en swak hoedanighede.

Dit wat jy as „n swak hoedanigheid beskou is dalk so volgens jou eie standaard en

maatstaf en waardes. Dit is nie noodwendig „n algemene siening nie.

Moet nooit Bybelse beginsels prysgee nie, want dit is vereiste (noodsaaklike)

hoedanighede.

BYLAE 2 EN 3

Bespreek met jou huweliksmaat / verloofde die evaluering van julle verhouding. Wees

openhartig sonder om aanvallend of beskuldigend te wees. Wees ontvanklik vir

opbouende kritiek, want onthou dit is soos jou huweliksmaat / verloofde julle verhouding

ervaar.

Onthou daar is altyd „n oplossing, mits beide bereid is om toegewend te wees en om

selfondersoekend te wees

HUWELIKSVERWAGTINGE

Bespreek weer julle huweliksverwagtinge soos aanvanklik gelys is (Bladsy 13).

Het jou huweliksverwagtinge verander?

Page 52: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

52

HOEKOM TROU JY?

Hoekom trou jy met jou verloofde?

................................................................................................................................................

................................................................................................................................................

Jou antwoord is waarskynlik: Omrede ek vir hom / haar lief is! Wat is hierdie liefde?

Beskryf dit / verduidelik dit / wat behels dit?

................................................................................................................................................

................................................................................................................................................

................................................................................................................................................

................................................................................................................................................

................................................................................................................................................

................................................................................................................................................

Gee „n kopie van hierdie verklaring van jou liefde vir jou huweliksmaat of aanstaande

huweliksmaat!

Notas:

In tye van huweliksprobleme moet jy altyd dit wat jy hier geskryf het as herinnering

gebruik van jou liefde / gevoel vir jou huweliksmaat.

Konfronteer jou liefde en maak seker jy verstaan jou liefde vir jou maat en maak seker jy

gaan om die regte redes trou. Wees eerlik met jouself.

Die regte rede om te trou kan dalk die beste soos volg beskryf word: „n Bereidwilligheid

om in „n verbondsverhouding vir ewig met jou huweliksmaat te wees. Dit beteken „n

vaste voorneme om as iemand wat aan die eie-ek gesterf het bereidwillig is om al die

voorwaardes van die huweliksverbond te alle tye na te kom.

-o-o-o-o-o-o-o-o-o-

Page 53: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

53

DIE HUWELIKSVERBOND

Deel 10: HUMOR EN WYSHEDE

Hierdie gedeelte is „n mengsel van humor en wyshede oor die huwelik. Dikwels is daar in humor

sekere wyshede verskuil, maar soms lag jy ook met „n traan in die oog. Humor neig om die

werklikheid te oordryf. Dit is egter juis dit wat so dikwels die waarheid sal uitlig en stof tot

nadenke bied. Lees dit en geniet dit!!

Die drie fases in `n huwelik is: Lust, rust and then dust – John Hagee

`n Vrou het vele foute, terwyl `n man slegs twee foute het, naamlik dit wat hy sê en dit wat hy

doen.

`n Gelukige huwelik word in die hemel gemaak. Donderweer en bliksemstrale word egter ook in

die hemel gemaak.

`n Vrou wil nie weet wat haar man dink nie. Nee, sy wil weet wat sy dink, maar haar man moet

dit sê – Bill Cosby.

Vrou neem man na dokter, want hy is lusteloos, passieloos, ens. Dokter doen ondersoek op man

en roep vrou eenkant en beveel aan dat sy hom minstens een goeie maaltyd `n dag gee, asook

gereelde seksuele intimiteit. Op pad huistoe vra die man sy vrou wat die dokter gesê het. Haar

antwoord: “Daar is nie hoop vir jou nie; jy gaan binnekort sterf”.

Man en vrou besoek huweliksberader, want hul verhouding is nie baie waffers nie. Na gesprek

met beide loop berader na vrou, neem haar in sy arms en soen haar met vurige passie en sê vir

haar man: Dit is wat jou vrou minstens een keer per week nodig het. Die man sê: Goed, ek sal

haar elke Dinsdag om 11:00 bring.

Oujongnooi se kommentaar oor die huwelik: Waarom moet ek trou; ek het `n stoof wat rook, `n

pappegaai wat vloek en kat wat heel nag uitbly.

Wat is die verskil tussen `n vrou met PMS (pre-menstrual stress) en „n Doberman Pincher?

Lipstiffie.

Wat is die verskil tussen `n vrou met PMS en `n terroris? Jy kan met `n terroris onderhandel.

Vrou: Ek het nog nooit aan egskeiding gedink nie, maar wel aan moord.

Die kortste sprokiesverhaal: Eens op `n tyd was daar `n jongman wat `n mooi meise gevra het:

“Sal jy met my trou?” Die meisie het “Nee” gesê en die man het vir ewig gelukkig gelewe.

Dit is statisties bewys dat die huwelik die nommer een oorsaak van egskeiding is. Alle

egskeidings het begin met `n huwelik.

Verskil tussen mans en vroue:

„n Man sal R10 betaal vir iets wat R5 kos omrede hy dit nodig het. `n Vrou sal R5 betaal

vir iets wat R10 kos omrede sy dit nie nodig het nie.

Page 54: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

54

`n Vrou bekommer oor die toekoms totdat sy getroud is. `n Man bekommer nooit oor die

toekoms nie, totdat hy getroud is.

`n Suksesvolle man is een wat meer geld verdien as wat sy vrou kan uitgee. `n Suksesvolle vrou

is een wat met so `n man trou.

Om gelukkig getroud te wees moet `n vrou haar man baie verstaan en net `n bietjie liefhê. Om

gelukkig getroud te wees moet `n man sy vrou baie liefhê en gladnie probeer om haar te verstaan

nie.

`n Vrou trou met `n man met die verwagting dat hy sal verander, maar dit gebeur nooit nie. `n

Man trou met `n vrou met die verwagting dat sy nooit sal verander nie en wonder dan hoekom het

sy verander.

Dit is beter dat `n vrou altyd die laaste sê in `n argument het, want enige iets wat `n man daarna

sê, is die begin van nog `n argument.

Man en vrou stry oor wat se nuwe motor hulle moet koop. Die man wil `n 4x4 dubbelkajuit koop

en die vrou iets wat meer sportief is. Na vele argumente hou sy voet by stuk dat sy iets soek wat

van 0 tot 100 in minder as 10 sekondes kan gaan. Die man koop toe sy 4x4 en vir sy vrou `n nuwe

badkamerskaal.

YHVH het `n diepe slaap oor Adam gebring sodat hy nie kan inmeng terwyl YHVH vir Eva

gemaak het nie.

Die man is geskape na die beeld van YHVH en die vrou na die emosie van YHVH. Saam vorm

hulle die persoonlikheid van YHVH (verteenwoordig hulle YHVH).

Die vrou is nie gemaak uit die voete van Adam nie en daarom is sy nie benede hom nie. Sy is nie

gemaak uit die kop van Adam nie en daarom is sy nie bokant hom nie. `n Vrou is gemaak uit die

sy van Adam en daarom staan sy langs hom as sy gelyke.

Soos die ribbes die hart beskerm, so moet die vrou haar man beskerm.

Sommige vroue sou selfs probeer het om Yeshua te verander.

Die liefde is blind, maar die huwelik maak jou oë oop.

Love has nothing to do with what you are expecting to get – only what you are expecting to give,

which is everything. What you will recieve in return varies. But it really has no connection with

what you give. You give because you love and cannot help giving. Katherine Hepburn

Men who have pierced ears are better prepared for marriage. They have experienced pain and

bought jewelry – Rita Rudner.

A man in love is incomplete until he has married. Then he‟s finished – Zsa Zsa Gabor

When I eventually met Mr Right, I had no idea that his first name was Always – Rita Rudner.

Men fall in love with their eyes. Women fall in love with their ears – Dr Phil McGraw

Page 55: DIE HUWELIKSVERBONDnuwelied.info/wp-content/uploads/2015/05/KursusHuwelikHersien.pdfwhat every woman wants in a man” – John & Diana Hagee. Charisma House; 2005]. MANS VROUE Seksuele

Nuwe Lied Bediening www.nuwelied.info Huweliksverbond (1)

55

You‟ve got to date a lot of Volkswagens before you get your Porche – Debby Atkinson

Here is the secret to a happy marriage: Do what your wife tells you – Denzel Washington

The best present a man can give a woman is his undivided attention – Usher

Daar is nie die ideale man of vrou nie, maar daar kan wel die ideale huwelik wees.

"Success in marriage is more than finding the right person: it is being the right person." -- Robert

Browning.

Any married man should forget his mistakes. There‟s no use in two people remembering the same

thing

Men wake up as good looking as when they went to bed. Women somehow deteriorate during the

night.

-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o-